hier - Kyknet

Transcription

hier - Kyknet
TONEEL
ATKV-Tienertoneel
Amper, Vrystaat
Mense sê die Vrystaat is waar geheime die emmer skop en waar die aarde so plat is dat jy
jou toekoms kan sien as jy ‘n windpomp uitklim. Drie vervreemde susters ontmoet vir Ma se
begrafnis in Amper, ‘n dorpie duskant nêrens, en die vreemde omstandighede rondom hul ma
se dood het die hele kontrei aan die gons… Met Cintaine Schutte, Antoinette Louw en Milan
Murray.
Bacchus in Hillbrow
Man of god? Jy kan net een kies. Meer en meer mense verruil vastelande vir kleiner ruimtes,
maar is die gras werklik groener aan die ander kant? Met Francois Maree en Peter Crafford.
Debuut.
Balle in die lug
Dominique Player is ‘n getroude eiendomsagent wat graag die lewe “interessant” hou. Pop,
haar assistent, beskryf haar baas as ‘n sirkus-juggler wat probeer om vier balle tegelykertyd
in die lug te hou. ‘n Tipiese guitige klug met ‘n mengelmoes van manlike ego’s en vroulike lis;
verdagte motiewe en frenetiese skuiwe; effe stout, dog skoon. Met Cindy Swanepoel en uit
die pen van Barry van Rensburg. Debuut.
Beurtkrag
Beurtkrag is ‘n verhoudingsdrama wat handel oor die kwesbaarheid tussen geliefdes. ‘n
Kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie en nader aan mekaar. Die perfekte
verhouding word onder ʼn vergrootglas geplaas. Met Ivan Botha en Donnalee Roberts.
Debuut.
‘n COCK & BULLshit storie
TJ (Dean John-Smith), ‘n belowende bokser op die vooraand van ‘n geveg wat sy loopbaan
kan maak of breek, wag op sy boesemvriend, Jaco (Edwin van der Walt), wat hom altyd vir sy
gevegte help voorberei. Vanaand wag daar egter ‘n ander tweestryd in die kleedkamer wat
hul vriendskap tot die uiterste sal toets. Dié opwindende stuk het die emosionele uitklopkrag
van ‘n swaargewigbokser. Regie en ontwerp: Marthinus Basson.
Die ontelbare 48
‘n Dag in die lewe van vier kleurvolle inwoners van die klein plattelandse dorp Wakkerfontein.
‘n Satiriese blik op die alledaagse oorlewingstaktieke van die mens. Met Wessel Pretorius.
Die vrou uit die see
Die aangrypende liefdesverhaal van Ellida, dr. Wangel, sy twee dogters en die geheim wat
Ellida het. In hierdie psigologiese en simboliese drama plaas die dramaturg die kyker volslae
in die komplekse verhoudings van sy karakters – vol passie en menslike humor met onder
andere Jana Strydom, Neels van Jaarsveld en Eric Holm.
‘n Geworry
‘n Geworry gee perspektief op ouerwordende ouers en hul ouerwordende kinders. Dit speel
hier, daar en oraloor af. David en Coba praat soms direk met die gehoor en wat tussen hulle
afspeel dek die spektrum van brutaal tot genadig – ‘n direkte gevolg van ‘n huwelik van meer
as 40 jaar. Met Elize Cawood en Wilson Dunster.
Hond
Frank Opperman vertolk die rol van ‘n man wat afskeid neem van sy hond wat te oud en siek
is om veel langer te leef. Die stuk is ‘n bietjie hartseer en ‘n bietjie snaaks, nes die lewe self.
Hond se gedagte
Ná ‘n lang, gelukkige huwelik begin Raymonde aan haar man se getrouheid twyfel as hy
skielik belangstelling in seks verloor. Met ‘n vriendin se bystand bedink sy ʼn skelmstreek om
hom te toets by ‘n hotel met ‘n bedenklike reputasie. ‘n Wilde reis van verkeerde aannames,
noue ontkomings, geheime eskapades, gekke toeval en wit leuentjies wat kleur kry. Hond se
gedagte word allerweë beskou as die grootste klug van alle tye. Met onder andere Sandra
Prinsloo, Louw Venter, Neels van Jaarsveld en Lorraine Burger.
Kristalvlakte
Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ‘n gemeenskap – ‘n verhaal veel
groter as dié van individuele karakters. Hierdie verwerking van Bertolt Brecht se Mutter
Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ‘n sosiale
werklikheid tot op die been oop.
Mamre
Mamre is ’n nuwe eenmanstuk uit die pen van Nico Scheepers (Amper Vrystaat, Rooivalk) en
die teaterdebuut van die opkomende jong kunstenaar Whaden Johannes. Dit is die verhaal
van ’n dorpie en sy mense, een eie aan Afrikaans, en die lot van klein gemeenskappe wat in
die stof van vooruitgang agtergelaat word. Debuut.
My briljante egskeiding
Dit wás ‘n bietjie vreemd die dag toe Manie terugkeer van sy besigheidstrippie en hy sy tas
begin in- en nie uitpak nie en voordat Engela van Tonder-Strydom weet wat haar tref,
hardloop hy tas en al af met die trappe, uit by die voordeur en uit Engela se lewe. Dis eers
later dat sy hoor van Rosa. Met regie deur Hennie van Greunen en uit die stal van Die
Naaimasjien en Shirley Valentyn. Met Anthea Thompson.
My passie vir Jesus
Die bekende mimiekmeester, John Jacobs, is terug met ‘n produksie wat die wêreld gaan
bekoor – sonder woorde, met slegs bewegings en uitdrukkings. In My Passie vir Jesus vertolk
John die unieke verhaal van Jesus van Nasaret – sy lyding, sterwe en opstanding – op ʼn
aangrypende wyse. Debuut.
Pa
Die toneelstuk bied insae in die wêreld van ‘n man met erge demensie/Alzheimer se siekte.
André is trots, sjarmant, intelligent en aspris, en stukkie vir stukkie sien ons hoe sy
herinneringe vervaag en hoe alles wat hom uitsonderlik maak, stadig kwyn. Met onder andere
Chris van Niekerk en Milan Murray.
Rooivalk
JP, ‘n seun wat grootword op 'n plaas in Limpopo, se vriendskap met Rooivalk, een van die
plaaswerkers se kinders, is ‘n bekende en roerende Suid-Afrikaanse storie wat perfek vertolk
word deur die ongelooflike Richard September. Benoem vir die Kanna vir Beste Produksie in
2016.
So ry Miss Daisy
Die Afrikaanse première van die Pulitzer-bekroonde drama Driving Miss Daisy. Die bejaarde
Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun ’n chauffeur, genaamd Hoke, aanstel om met
haar rond te ry nadat sy haar motor afskryf. Hoke en Daisy se reis duur uiteindelik 25 jaar en
hul vreemde verhouding boei ten spyte van destydse kleurgrense en sosiale stand. Met onder
andere Sandra Prinsloo en John Kani. Debuut.
Welkom in Suid-Afrika
Die toneelstuk is saamgestel uit verskeie sketse en parodieë, waar drie aktrises in die skoene
van verskeie karakters klim en sosiale kommentaar lewer wat relevant is tot hedendaagse
omstandighede. Die gehoor kan identifiseer met hierdie figure, terwyl hulle saam giggel, sug
en kopskud. Met Dania Gelderblom, Nastassja Jooste en Suné Hennig.
KINDERTEATER
Gertjie die brandweerertjie
Gertjie is ‘n grasgroen ertjie met ‘n groot droom. Hy wil ‘n brandweerman word. Die ander
ertjies dink hy is nie lekker nie, maar Gertjie glo vas sy droom kan waar word. Nou moet hy
net sorg dat hy nie geëet word voordat hy sy doel bereik nie.
Gretha Pers
Gretha Pers is ‘n komiese interaktiewe teaterproduksie vir die hele gesin wat gehore oraloor
laat krul van die lag en smeek vir nog.
In die Land van Kammalielie
Kom kuier saam met Anna Davel en Nastassja Pretorius in die Land van Kammalielie en help
die verdwaalde houtfeetjie Klara tot sy weer veilig in haar huisie is saam met Kieliekabouter
en al haar kleurvolle Kammalielie-vriende.
Liewe Heksie en die rolskaatse
Haai oe! Ampertjies het die nare ou Geelheks die Aardklop-fees laat verdwyn, maar toe wiks
Levinia haar met die besem en siedaar! Die heldin van oud en jonk is terug om haar
verjaarsdag in Potchefstroom te vier. Met Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse.
KOMEDIE
#dowwedolla
Die wêreld is deesdae onderstebo en hâshtâg beduiweld – Dolla ook! Een van die
toptienverkopers by vanjaar se KKNK. Met Margit Meyer-Rödenbeck.
Net ‘n chilli burger en chips asseblief!
Dié komedie speel af in die kombuis van Skyfies en Burgers, vennote Bruwer Dippenaar en
Adriaan Burger, se lekker burger-joint in Parow. Die probleem is die onbesonne sakebesluite
wat Bruwer gemaak het en nou is Skyfies en Burgers op die rand van bankrotskap. Met:
Deon Lotz en Waldemar Schultz.
Ooms
Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis
beland. Hierdie is egter nie ʼn gewone ouetehuis nie – eerder ʼn tipe verbeteringskool vir
skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Al manier hoe jy
‘vrywillig’ hier uitkom, is in ‘n doodskis. Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as
dit deel uitmaak van ‘n indrukwekkende ontsnappingsplan! Die Ooms is slim, snaaks en
klaargepraat!
PAY BACK the CURRY
Pay back the curry is a one-person satirical revue. With the script by award-winning
playwright Mike van Graan, Rob van Vuuren directs the young, multi-talented Daniel Richards
in this 70-minute show that takes on many topical themes which are either the subjects of
heated discussion or studiously avoided in polite conversation.
Skerpskerts Comedy Festival
Sluit jou feesdag saans af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste
komediante. Met Schalk Bezuidenhout (4-7 Oktober) en Die Flying Dutchman (8 Oktober) as
gashere en onder andere Joe Parker, Mojak Lehoko, John Vlismas, Loyiso Madinga en
Simmi Areff.
INTIEME TEATER
Bonjour Monsieur Brel
Die liedjies van Jacques Brel gesing deur Jannie du Toit in Afrikaans, Frans, Engels en
Nederlands met begeleiding deur klavier en trekklavier (Coenraad Rall), tjello (Susan Mouton)
en kitaar (Jannie du Toit).
Herman van den Berg en Mauritz Lotz
Herman van den Berg (tweemalige SAMA-finalis) span saam met die ikoniese kitaarspeler
Mauritz Lotz om ʼn musikale ervaring soos min te skep!
Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê
In hierdie vertoning speel Laurinda veral musiek van haar nuutste Ghoema-benoemde album,
wat ek wou sê. Sy word oudergewoonte ondersteun deur baskitaar-legende Schalk Joubert
en Kevin Gibson op dromme.
Luna Paige – ‘n solosang
Luna Paige se musiek is opreg, eiesoortig en topklas. Haar musiek is verweef met stories
terwyl haar stem aandag vereis en diep sny tot in enige luisteraar se gevoelswêreld.
Sixty – Love: Op reis met Joan Hambidge
Joan Hambidge word 60 in September 2016. Babette Viljoen en Olga Leonard neem ‘n
blitsreis deur 20 bundels en meer as 600 gedigte met toonsettings; vertellings en voorlesings
deur Alanka Craffert.
Steffie le Roux en die Hoenderboer
Steffie le Roux en die Hoenderboer is ‘n vars en vrolike debuutproduksie met heerlike stories
en ongelooflike musiek. Die meeste musiek is oorspronklik geskryf deur Le Roux wat in Junie
2016 haar debuutalbum vrygestel het.
MUSIEK
MUSIEKTEATER
Heidi
‘n Musikale weergawe van Heidi. Kom beleef haar avonture as sy saam met bokwagter Peter
en Snoekie die bokkie oor berge huppel. Volg haar spoor na Frankfurt waar sy en vriendin
Klara onder Juffrou Rottenmeier deurloop. Eindig die reis by Oupa waar die heilsame Alpe vir
Klara genesing bring. Uitbundig soos die jeug en hartroerend soos die herontmoeting met ‘n
ou vriend – kom huppel saam op bekende paaie. Met onder andere Tobie Cronjé, Dawid
Minnaar en Ilze Klink.
KLASSIEK EN JAZZ
Alle eer aan God/Glory to God
Kom beleef die Nasionale Jeugkoor en vriende (‘n paar verrassings) wat dankbaarheid uitleef
dat Aardklop hier is om te bly! Musica sacra, gospel en tradisionele gospel.
Beste Blondes
Tweeklavierverwerkings van klassieke en ligte musiek: Mozart, Beethoven, Verdi en
Tsjaikofski, en die Beatles, Queen, Elton John en ABBA, saam met geliefde Afrikaanse
volksliedjies. Soos altyd deur die immer gewilde Elna van der Merwe en Zorada Temmingh.
Boulevard Harmoniste – Koel a capella
Die Boulevard Harmoniste is ‘n gemengde ses-stem a capella ensemble wat klassieke, volksen populêre werke uitvoer. Uitnemende kwaliteit sang en wonderlike musiek sal sorg vir ‘n
uur van musikale sjarme en genot!
Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band
Klim op die A-Train by Aardklop saam met Charl du Plessis en sy Boogie Woogie Big Band
en kom swing saam met musiek van Duke Ellington, Count Basie en Glenn Miller. Suid-Afrika
se top-instrumentaliste kry jou In the mood vir ‘n Sentimental journey waar die klavier uitbars
in Great balls of fire en die blasers hulle vingers verbrand. Ook met Musanete.
Chromatique
Chromatique, met Wilken Calitz (viool, kitaar, bekfluitjie, ukelele), is ‘n
eenmanmusiekvertoning waar die grense tussen klassiek en kontemporêr met
klanktegnologie oorbrug word.
Elvis Blue – Singfonie van stemme/Elvis Blue Singphony of voices
Elvis Blue sing sy gunstelingmusiek (oud en nuut) saam met ‘n groot jeugkoor, rockorkes en
simfoniese instrumentaliste.
Karakterstukke vir klavier
Tinus Botha lewer ʼn solouitvoering met karakterstukke uit die Romantiese tydperk. Werke van
Mendelssohn, Schumann, Schubert en Scriabin word ingesluit.
Messa di Gloria
Hoendervleis-oomblikke lê voor vir die gehoor wanneer 150 musikante van die NWU-PUKKoor en -Simfonie-orkes twee grootse werke uitvoer: die Messa di Gloria (Giacomo Puccini)
en die Magnificat (John Rutter).
Molen Kórus – Koorjunkies
‘n Wêreldklas kamerkoor sing alles van Middeleeuse madrigale tot warm-uit-die-oond werke
van die nuutste Amerikaanse en Skandinawiese komponiste en a capella-groepe. Vir
koorjunkies, deur koorjunkies!
Mozart gaan fliek toe
Mozart se musiek is al in meer as 900 uiteenlopende films se klankbane gebruik. Beleef die
kalmte, melodrama en majestueuse glorie saam met Sempre Opera in hierdie unieke
program.
Roccorasie
Roccorasie is ‘n okkasie, ‘n gedoente en ʼn verskoning vir ʼn viering van pianis Rocco de
Villiers se beste (musiek) en blinkste (pakke).
Zorada se orreljaar
Nuwe oorspronklike orrelimprovisasies op gewyde liedere verspreid oor die kerkjaar: musiek
rondom Kersfees, Paasfees en Koninkryktyd.
KONTEMPORÊR
EENMALIGE OPTREDES
Vier van ons land se vooraanstaande sangers kan gesien word by die Sanlam Ouditorium
tydens Aardklop vanjaar. Hulle is:
- Bobby van Jaarsveld en orkes
- Elvis Blue en orkes
- Karen Zoid
- Theuns Jordaan & Anton L’Amour
Die song wil my nie los nie
Sewe unieke talentvolle mense is gekeur vir die ATKV-Liedjieslypskool. Hulle is meer as net
liedjieskrywers – hulle is talentvolle sangers, elk met ʼn storie, en so is hul stories en liedjies
vervleg tot ‘n snaakse, roerende en opruiende musiekteaterproduksie wat met elke vertoning
deur juigende gehore verwelkom word. Vertel my jou storie, sing my jou song, en dalk sal ons
mekaar beter verstaan.
Hartklop
Hartklop vier die beste van Suid Afrikaanse musiek oor alle grense en dekades heen. Vanaf
die 70’s met Koos Doep, die 80’s en die Voëlvrybeweging, tot hedendaagse treffers van
onder andere Mango Groove, Johnny Clegg en Koos Kombuis. Met Joshua na die Reën,
Gloria Bosman, Anna Davel, Timothy Moloi, Charl du Plessis Churchill Naudé en Christo
Davids.
Mathys Roets – 21 jaar
Mathys Roets vier vanjaar sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hierdie
vertoning is ‘n nostalgiese terugblik op sy sangloopbaan waar hy die storie vertel met die
musiek en skrywers waarmee hy die pad as sanger geloop het.
‘n Rugsak vol Robyne
Amanda Strydom, wenner van vanjaar se Fiësta-toekenning vir beste prestasie in ‘n
musiekgedrewe produksie, bring ter viering van haar sestigste verjaarsdag ‘n Rugsak vol
Robyne na Aardklop. In hierdie musiekproduksie sing sy liedjies uit haar omvangryke
repertoire, asook gunstelinge in Frans, Engels en Nederlands.
ANDER
Local is lekker
Die Beef Boys Cachet Kleinteater word vanjaar uitsluitlik gebruik om plaaslike kunstenaars
die geleentheid te bied om met hul talent te spog. Wees gereed vir ‘n verskeidenheid van
toneelstukke en musiekvertonings wat beloof om te vermaak en verras.
Vonkelwyn, potstill brandewyn en sjokolade smaaksensasie
Kaapse wynmeester, Conrad Louw, neem wyn-en-sjokolade-proe na ‘n hoër vlak in sensuele
proe-ervarings van fyn sjokolades, vonkelwyne en komplekse potstill brandewyne.
GEMEENSKAPSPROJEKTE
Taxi teater (Promosa, Ikageng, Vida Verde, Potchefstroom-dam)
Wasgoedlyn (Riku Lätti)
Flieks (Promosa en Ikageng)
AARDKLOP 2016: BOEKE-OASE
Die boekeprogram wil graag aan alle boekliefhebbers presies dit bied wat die naam
suggereer – ‘n oase waarna jy kan ontsnap waar boeke, skrywers en lesers bymekaarkom. In
die programmering was dit vir my belangrik om verskeie genres te betrek en ‘n
gebalanseerde program saam te stel. Ons het daarom vurige gesprekke oor aktuele sake,
van die beste misdaadskrywers wat saamgesels, kookboekskrywers, sessies oor
liefdesromans, digters wat hul bundels bekendstel en ʼn kuier met digters wat kopknik vir een
van ons groot bome wat geval het, Adam Small.
DINSDAG, 4 OKTOBER
Familiebesigheid – wat ek moet weet, en wat ek liewers moet vergeet!
Met: Ewan Oberholzer
Ewan Oberholzer van PricewaterhouseCoopers is ’n passievolle familiebesigheidskenner wat
sy tande in die besigheidswêreld in ’n eie familiebesigheid geslyp het. As vennoot in PWC se
familiebesigheid-afdeling, werk hy daagliks met entrepreneuriese besighede van verskeie
groottes uit verskeie industrieë.
09:00. 60 min.
Klimaatsverandering – wat moet ons weet?
Met: Bob en Mary Scholes
Bob en Mary Scholes gesels oor hul boek Climate change: Briefings from Southern Africa en
beantwoord vrae oor die impak van klimaatsverandering op onder meer landbou en wat
gewone mense soos ek en jy behoort te weet.
10:30. 60 min.
Woorde hul storie sien ken
Met: Bernard Odendaal en Marlies Taljard
Bernard Odendaal, poësiedosent in Bloemfontein en later skryfskooldirekteur op
Potchefstroom, gesels by die fees oor Woorde hul storie sien ken – ’n boek met kort
vertellings, sketse en besinnings wat gegrond is op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle
wat oor die skrywer se lewenspad gekom het.
12:00. 60 min.
Missing
Met: John Kani en Sandra Prinsloo
John Kani, legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, gesels oor sy
jongste drama, Missing. Dié toneelstuk vertel die verhaal van Robert Khalipa, ’n ANCkameraad wat in Swede in ballingskap leef en uitgelaat is in die onderhandelinge. Robert is
getroud met Anna, ’n welgestelde Sweed, en hulle het ’n dogter wat in ’n hospitaal in
Stockholm praktiseer. Daar is ook Robert se protégé, Peter Tshabalala, wat, hoewel hy nie
soos Robert ’n senior ANC-lid is nie, uitgenooi word om aan te sluit by die demokratiese SuidAfrikaanse regering. Wat hierop volg, is ’n verhaal van leuens, rugstekery en teleurstellings.
Die gesprek strek ook wyer – oor ’n lewe in die teater.
14:00. 60 min.
Die liefde onder kruisverhoor
Met: Hans du Plessis en Bernette Bergenthuin
Dominee Johannes van die Kolonie, Hans du Plessis se hoofkarakter in sy nuwe roman,
Tussen die klippe, word in 1851 deur die Sinodale kommissie gestuur om ’n saak van kerklike
tug aan te hoor. Hy is ook maar mens en vind dat lyflikheid en geestelikheid bots. Vida, die
hoofkarakter in Bernette Bergenthuin se Viva la Vida, is dertig en hou van haar werk. Dis haar
ma en haar vriendinne wat bekommerd raak, nie sy nie. Tog raak sy verlief. Dit kan nie, dit
mag nie. Hy is haar beste vriend en sy gaan nie dié vriendskap opfoeter nie. Du Plessis en
Bergenthuin gesels oor hul jongste romans waarin die liefde onder kruisverhoor geplaas
word.
15:30. 60 min.
By die nag se wit kant in
Met: Etienne Terblanche en Thys Human (gespreksleier)
In Etienne Terblanche, professor in Engelse letterkunde aan die NWU se
Potchefstroomkampus, se debuutbundel, By die nag se wit kant in, kom ’n groot
verskeidenheid onderwerpe, versvorme, emosies en toonaarde aan die bod. Hy skryf oor die
Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voëls en
skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke
soos Indië waar hy gereis het.
17:00. 60 min.
WOENSDAG, 5 OKTOBER
Waar die sakewêreld en kultuur mekaar ontmoet
Met: Japie Gouws
Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV, het ’n lang geskiedenis van
besigheidservaring op sy kerfstok. Kom neem deel aan ’n interaktiewe gesprek met Japie oor
besigheid en -beginsels.
09:00. 60 min.
Suid-Afrika se Grensoorlog
Met: o.a. Willem Steenkamp
’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, is daar steeds talle
mistastings oor dié oorlog. Sedert Willem Steenkamp se topverkoper, Suid-Afrika se
Grensoorlog, in 1989 gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van
die slagveld gaan lê. Dié hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite op die
tafel en gee ’n skerpogige terugblik op die oorlog. Willem Steenkamp is ’n oudjoernalis,
skrywer, historikus en militêre analis.
10:30. 60 min.
Marita van der Vyver – Dis koue kos, skat
Met: Marita van der Vyver en Harry Kalmer
Harry Kalmer gesels met Marita van der Vyver oor haar boek, Dis koue kos, skat, wat as film
verwerk is en nou landswyd in teaters vertoon word; haar nuwe roman wat binnekort verskyn;
en haar lewe vanaf die destydse opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie tot vandag.
12:00. 60 min.
Goudduiwel
Met: Duan Aslett en Thys Human
Agent Rex Reynecke lei ʼn ondersoek vir die Valke. Sy verhouding met Alicia blom, maar dan
verdwyn haar broer – as hoofverdagte in ʼn moordsaak. Spoedig blyk die verdwyning verband
te hou met die Anglo-Boereoorlog se Krugermiljoene, en Rex moet hom red van die duistere
Ysterhoutlaer. In dié aksiebelaaide roman bou die spanning op tot in Skukuza – wilde
jaagtogte op stofpaaie wat nie vir kat-en-muis-speletjies met kragtige voertuie gemaak is nie.
Duan Aslett is ’n senior lektor in forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit.
14:00. 60 min.
Ontdek die diva in jou!
Met: Sophia Kapp en Ilse Salzwedel
Sophia Kapp se nuutste roman, Oorlewingsgids vir ’n bedonderde diva, het lesers goed aan
die praat. Nie net slaag sy daarin om haar karakters lewensgetrou te skep nie, maar gee sy
uitstekende raad om die diva in jouself te ontdek. Ook het Joernaal vir ’n bedonderde diva en
’n romanza, Die probleem met ’n meermin, vanjaar verskyn. Ilse Salzwedel gesels met haar
oor die beginsels van diva-wees.
15:30. 60 min.
In ’n oomblik
Met: Cas Vos en Dawid Minnaar
In ’n oomblik toon die hand van ’n ervare digter wie se poëtika reeds gevestig is in terme van
temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig ’n voortsetting van dié aspekte van Cas
Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie
effektiewe gebruik van ’n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poëtiese vondse
oplewer.
17:00. 60 min.
DONDERDAG, 6 OKTOBER
Gesprek met ’n vreeslose entrepreneur
Met: Wouter Snyman
“Wie is mal genoeg om ’n besigheid te begin in die middel van 2009 se resessie?” het ’n
vriend aan Wouter Snyman gevra. Sy antwoord: “Dan is my kans op sukses mos baie groot –
want dan is ek die enigste een!” Kom skuur skouers met die befaamde skrywer van boeke
soos Slim met jou geld en The ordinary millionaire.
09:00. 60 min.
Waar is God?
Met: Frits Gaum en Johannes Froneman
Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in konsentrasiekampe gesterf
het? Waar was God toe Christen-nasies mekaar met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë aan
die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was
God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en
duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met
Marikana? Waar wás God? Ís daar ooit ’n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons
bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons “sekerhede” en ons
wanhoop.
10:30. 60 min.
Corli se kombuis
Met: Corli Botha en Gary Botha
Corli Botha, Kokkedoor-wenner van 2016, gesels oor haar smaaklike gunstelingresepte soos
opgeneem in Corli se kombuis – ’n boek vol heerlike resepte wat deeglik beproef is en geskik
is vir beginners; en vir die ervare kokke is daar ook ’n paar uitdagings.
12:00. 60 min.
Misdaadromans: die grens tussen feit en fiksie
Met: Henk Breytenbach, Chanette Paul, Madelein Rust en Ilse Salzwedel
Spanning as genre groei teen ’n geweldige tempo. Drie gewilde skrywers in hierdie genre is
Chanette Paul (Offerhande), Henk Breytenbach (Moordlys) en Madelein Rust (Bloedlyn). Ilse
Salzwedel gesels met hulle oor die uitdagings van die genre en oor hul nuutste boeke,
Moordlys en Bloedlyn.
14:00. 60 min.
Die groot misterie van twee vroue – Briewe aan Anna
Met: Heilna du Plooy, Petru Wessels en Carel Trichardt
TT Cloete het briewe aan sy vrou, Anna, begin skryf van 2002 toe sy met ongeneeslike
kanker gediagnoseer is, tot vyf jaar voor sy gesterf het in 2007. Hy het ná haar dood
volgehou met die briewe tot met sy sterwe in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos
gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap. Heilna du Plooy van die Skool vir
Tale, NWU, voer ’n gesprek oor hierdie aangrypende jongste en postume publikasie van
Cloete, terwyl Petru Wessels en Carel Trichardt van die briewe voorlees.
15:30. 60 min.
Adam Small – ons salueer jou
Met: Frazer Barry, Churchil Naude, Deniel Barry en Benjiman Voete
Woordkunstenaars met uiteenlopende style kom bymekaar om een van Suid-Afrika se
grootste literêre legendes se werk te vier. Hulle interpreteer Adam Small se woordkuns deur
nuwe toonsettings.
17:00. 60 min.
VRYDAG, 7 OKTOBER
Hoe doen jy besigheid in die Suid Afrika van vandag?
Met: Stefan van der Walt
Stefan van der Walt, die hoof uitvoerende beampte van die Premium Groep wat
handelsname soos Nikon, Lexar, King Price, Premium Capital, Hi-Drone, Duke en vele meer
insluit, gesels oor hoe hy as doodgewone mens sy besigheid begin en uitgebou het; oor wat
hy dink oor die toekoms van klein- en mediumbesighede in Suid-Afrika, asook oor die lesse
wat hy in besigheid geleer het.
09:00. 60 min.
Wat nou Suid-Afrika?
Met: Theuns Eloff en Theo Venter
Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so
hoog op soos die vonke. In Wat nou, Suid-Afrika? kyk oud-visiekanselier Theuns Eloff, na die
kwessies op almal se lippe – werkloosheid en verlammende armoede; die impak van
regstellende aksie; die bedreigings vir die oppergesag van die grondwet; die probleme in ons
onderwys; en misdaad. Eloff se vars, positiewe stem bring hoop en gee die leser nuwe
maniere om hul vinnig veranderende wêreld te verstaan en beter te hanteer.
10:30. 60 min.
Tannie Poppie kook weer
Met: o.a. Poppie Coetzer
Tannie Poppie is ’n fenomeen! Maar vóór kykNET se Kokkedoor was Tannie Poppie net ’n
gewone huisvrou, bekend in haar kontrei as topbakster. Sy was een van die gewildste
deelnemers vir haar vrolike gemoed, eenvoudige benadering tot kos en lekker resepte.
Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en bak en kook die land aan die brand. In Tannie
Poppie kook weer deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunstelingresepte.
12:00. 60 min.
Switched at birth
Met: o.a. Jessica Pitchford
Switched at birth vertel die aangrypende verhaal van twee Suid-Afrikaanse ma’s wat in die
1990’s besef het dat hulle twee seuns by geboorte omgeruil is. Hoe gee jy jou ‘eie’ kind terug,
al is jy nie die biologiese ouer nie? Beide ma’s het besef dat dit ondenkbaar is om hul kinders
aan mekaar terug te gee. Maar wat gebeur as een van die seuns as tiener wel anders
besluit?
14:00. 60 min.
Mishandel, misbruik, misken – my ma was Joey Haarhoff
Met: Carla van der Spuy en Amor van der Westhuyzen
Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel
Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar
enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar
seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Maar sy het die trauma danksy pure
vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld
stopgesit het.
15:30. 60 min.
SATERDAG, 8 OKTOBER
Students must rise
Gesprekvoerder sal bevestig word.
2016 is die veertigste herdenking van die 16 Junie 1976-opstand. Students must rise
herbesin oor die konvensionele diskoers van jeug en studente-aktivisme in Suid-Afrika deur
die 1976-gebeure in ’n dieper historiese en geografiese konteks te plaas.
09:00. 60 min.
In die skadu van skisofrenie
Met: Marga van Rooy
Marga van Rooy gesels oor haar en haar dogter se aangrypende boek, Marga en Henriette:
in die skadu van skisofrenie. Die boek ondersoek die verloop en verskrikking van skisofrenie,
die effek daarvan op ʼn gesin en op die vernietigende terugslae wat die lyer telkens ervaar. Dit
lê op hartroerende maniere die broosheid van mense bloot: die breekbaarheid van die
menslike gees aan die een kant en die wondbaarheid van 'n magtelose ouer aan die ander
kant.
10:30. 60 min.
Kook saam Kaaps
Met: Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker het op Amore Bekker se RSG-program, Tjailatyd,
huishoudelike name geword met die deel van hul resepte. Hulle is ook te sien op die kanaal
Via met hul eie program, Kook saam Kaaps. Amore gesels met hulle oor waar hul liefde vir
kosmaak vandaan kom, hul gunstelingresepte en oor hul betrokkenheid by hul gemeenskap.
12:00. 60 min.
Koning en koningin van die cliff hanger
Met: Karin Brynard en Francois Bloemhof; Deborah Steinmar (gespreksleier)
Met die blitsverkopers Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een
van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman, Tuisland, wat
reeds uiters goed in die media ontvang is, kom haar karakters te staan voor groter uitdagings
as ooit te vore.
Die veelbekroonde Francois Bloemhof skryf op sy beurt reeds vyf-en-twintig jaar lank vir
volwassenes, tieners en kinders. Doodskoot is sy vier-en-twintigste roman – ’n boek vol
versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie. Dié twee veterane van die
spanningsverhaal vra mekaar uit oor hul stories en waar dit vandaan kom.
14:00. 60 min.
Kristalvlakte
Verdere inligting rondom hierdie gesprek sal bevestig word.
15:30. 60 min.
PRODUKSIEVENNOTE: Akademia, Lapa-uitgewers, Naledi-uitgewers, NBuitgewers, Penguin Random House SA, Pooka, Protea Boekhuis, Wits University Press
VISUELE KUNSTE
(kurator: Christina Naurattel)
The modern condition
Solouitstalling deur die Potchefstroomse kunstenaar Jodi Olien.
Venue: NWU-Botaniese Tuingalery
#sitditaf
Kurator: Heidi Erdman van Erdmann Contemporary, Kaapstad
Venue: Sanlam Ouditorium, NWU-Potchefstroomkampus
Urban impressions
Multidissiplinêre samewerking tussen die Pretoria-gebaseerde visuele kunsinisiatief, die
FOUND Collective, komponiste Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout, videograaf Christo
Niemandt en kurator Elani Willemse.
Venue: Almuni-saal
Saadjies
Kurator: Peter Mathews, organiseerder van Cool Capital
Venue: Almuni-saal
Crossing borders
Groepsuitstalling.
Kurators: Rika Nortje en Daniel R Mosako
Venue: Almuni-saal
Divine
Solouitstalling deur kunstenaar French Paul Boulitrea.
Venue: Almuni-saal
Tiro
Groepsuitstalling van Botswana deur kunstenaars Sedireng Olehile Mothibatsela, Ann Gollifer
en Aldo Brincat.
Kurator: Sandi Baker
Venue: Alumni Saal
Beeldhou
Beeldhoukuns deur Potchefstroomse kunstenaar Rowland Daniel.
Venue: Almuni-saal
Figuratively speaking
Hierdie groepsuitstalling bring ʼn keuse van kunswerke uit die MTN-Kunsversameling en die
NWU-Kunsversameling byeen en ondersoek ʼn wye spektrum van komplekse betekenisse
geassosieer met figuur in die analise van visuele en materiële vorme.
Venue: NWU-Galery, NWU-Potchefstroomkampus
Bending light
Kunstenaars: Lothar Botcher en Kleoniki Vanos
Venue: Die Blou Galery
Kunssafari vir kinders
Die Aardklop Kunstefees 2016 is ʼn geleentheid om kinders en tieners bloot te stel aan die
kunste in die algemeen en om ʼn liefde en waardering vir spesifiek die visuele kunste te
kweek.
Venue: NWU-Potchefstroomkampus
Fringe festival
Plek: Snowflake // Kurator: Martie Bothman
Kunste in die Kleine
Kurator: Venessa van der Westhuizen
Groepuitstalling van die Potchefstroom Kunsvereniging.
Plek/Place (foto’s)
Jan van der Merwe, Johan Moolman, Emma Willemse, Nellien Bruwer, Anna-Carien Goosen,
Magdel van Rooyen, Jean Lampen, Colleen Attenborough, Nelmarie du Preez
Living with cancer unmasked
Kurators: Natasha Pretorius en Martie Bothma
Groepuitstalling van gekose kunstenaars in Potchefstroom, Klerksdorp en Parys in
samewerking met die Potchefstroom Kunsvereniging en Wilmedpark onkologie – Rene
Bishop.
Styl: Steampunk
Groepuitstalling met ʼn kombinasie van verskeie mediums en tegnieke.
Kurator: Martie Bothman
Beeldhou:
Marinda du Toit
Meubels:
Dahla Hulme
Keramiek:
Rika Senekal
Mode:
EulogeoZelooCouture
Grafiese werke: Kobus Rossouw
Kinderkuns van EK LIEF KUNS Kunsskool
Kurator/onderwyser: Odette Viljoen