Reënboognasie

Transcription

Reënboognasie
Deur Martie Swart
Reënboogn
boog
Suid-Afrika is ’n reënboognasie met
11 amptelike tale en hope kulture.
Suid-Afrika se tale
Suid-Afrika het 11 amptelike tale wat in die Grondwet van ons
land vervat is. Die 11 amptelike tale is Zoeloe (isiZoeloe), Xhosa
(isiXhosa), Afrikaans, Engels (English), Tsonga (Xitsonga), Venda
(Tshivenda), Swazi (siSwati), Ndebele (isiNdebele), Tswana
(Setswana), Suid-Sotho (Sesotho) en Noord-Sotho (Sepedi).
HET JY GEWEET?
IN ’N NEUTEDOP
Suid-Afrika is naas Indië die land
met die meeste amptelike tale.
Engels en Afrikaans
Suid-Afrikaanse mense hou baie daarvan om in die buitelug te braai. Alhoewel
Engelse Suid-Afrikaners ook van braai praat, word daar oorsee gepraat van ’n
barbeque. Kinders word meestal van kleins af in kleuterskole gesit en bitter min
bly in die dag by hulle ouers of familie. Die aktrise Charlize Theron bly al langer
as tien jaar in Amerika, maar sy praat steeds met haar ma Afrikaans!
38 Hoezit!
Noord-Sotho
Huwelike in die Noord-Sotho-kultuur word altyd deur die oudste mense van die
stam gereël. Wanneer mense doodgaan, word hulle ná sewe dae begrawe sodat
daar genoeg tyd is om almal in kennis te stel en alles gereël te kry. Daar word soms
verkeerdelik verwys na Sepedi as daar van Noord-Sotho gepraat word. Sepedi is
eintlik ’n dialek van Noord-Sotho.
Sê jou sê in Sepedi:
Ja – Ee
Nee – Aowa
Hallo – Thobela
Totsiens – Gabotse
Dankie – Ke a leboga
Asseblief – Hle
Ndebele
Die Ndebele is bekend vir hul versierings en kleurvolle
huise. Ndebele-vroue dra gewoonlik koperringe om hul
arms, bene of nekke. Hoe ryker haar man is, hoe meer
ringe dra sy. Wanneer haar man doodgaan, word die
ringe afgehaal.
40 Hoezit!
Bronne: Feitegids: ’n Kernensiklopedie. Isabel Uys. 2007. Kaapstad: Pharos.; Multilingual
Illustrated Dictionary. John Bennet, Nthuseng Tsoeu. 2006. Kaapstad: Pharos.
Deur Martie Swart
FEIT
Gauteng is ’n Sotho-woord wat plek van
goud beteken. Mpumalanga is ’n Swazi-woord
en dit beteken plek waar die son opkom.
Illustrasies: Maja Sereda
gnasie
Xhosa
Die Xhosas is bekend vir hulle kralewerk. Hul tradisionele klere en versierings
beeld die verskillende stadiums van ’n vrou se lewe uit. Mans het soms meer
as een vrou en moet lobôla betaal vir die bruid. Vroeër is lobôla met koeie
betaal, maar vandag betaal hulle eerder met geld. Xhosa word die click-taal
genoem omdat daar so baie klikgeluide is. Van die bekendste Xhosas is
oudpresident Nelson Mandela en wyle Miriam Makeba wat die eerste SuidAfrikaner was om ’n Grammy te wen! Miriam het die Xhosa-huwelikslied
Qongqongthwane opgevoer as die Click Song #1. Dit het wêreldwyd
Sê jou sê in Xhosa:
’n treffer geword.
Ja – Ewe
Nee – Hayi
Hallo – Molo
Totsiens – Sala Kakuhle
Dankie – Enkosi
Asseblief – Nceda
Sê jou sê in Zoeloe:
Ja – Yebo
Nee – Cha
Hallo - Sawubona
Totsiens – Sala/Hamba Kahle
Dankie – Ngiyabonga
Asseblief – Ngicela
Zoeloe
Die tradisionele Zoeloe-man se kleredrag bestaan uit bokvelle, veral dié van ’n
springbok. Die man se ouderdom en sosiale posisie bepaal hoe lank die agterste
deel van sy tradisionele drag is. Die Zoeloe-konings het altyd verskeie vrouens
gehad om seker te maak dat daar ’n seun sou wees om hom op te volg.
Zoeloes glo dat jy nie ’n ouer persoon in die oë mag kyk as hulle met jou
praat nie.
In 2004 was Shaka Zulu onder die toptwintig in die televisieprogram Great South
Africans. Duisende Suid-Afrikaners het gestem om ’n tophonderd-lys saam te stel.
Die huidige president Jacob Zuma is Zoeloe.
Reënboognasie ... vervolg
Hoezit! 39
Bronne: Feitegids: ’n Kernensiklopedie. Isabel Uys. 2007. Kaapstad: Pharos.; Multilingual
Illustrated Dictionary. John Bennet, Nthuseng Tsoeu. 2006. Kaapstad: Pharos.
http://en.wikipedia.org; http://www.info.gov.za; http://www.encounter.co.za;
http://www.krugerpark.co.za; http://www.mashovhela.com
Leer nog ’n taal
l jou die geleentheid
sa
ry
na
tio
ic
D
ed
at
tr
Die Multilingual Illus
n jou vriende se tale
va
en
ei
br
te
t
ui
t
ka
gee om jou woordes mas met baie prentjies wat leer baie
te
te leer. Daar is twaalf t byskrifte in Engels, Zoeloe, Sotho,
a he
maklik maak. Elke tem
ans en Noord-Sotho.
Xhosa, Tswana, Afrika
SMS net die woorde ATKV TALE met jou
naam, van en posadres na 35477. Een
SMS kos R3 en jy kan soveel keer SMS
as wat jy wil. Die kompetisie sluit 31 Oktober.
Swazi
Daar is twee feeste wat belangrik is in die Swazi-kultuur. Die eerste
een is die Umhlanga-rietdans wat elke Augustus plaasvind. Die koning
kry dan geleentheid om vir homself ’n nuwe vrou te kies. Ncwala is die
tweede fees en staan ook as die eerste vrugte-seremonie bekend. Dit
word gehou om die koning se krag te hernu.
Die Swazi’s glo dat die koning meer as een vrou mag hê. Elke vrou
kry egter haar eie hut met ’n leefarea, kombuis en ’n spasie om goed
soos bier te berg. Hul tradisionele byekorfhutte word met droë gras
gebou.
Venda
Die Vendas is bekend vir hulle beeldhouwerk, pottebakkery en
kleurvolle huise. Dromme speel ’n groot rol in hierdie kultuur
omdat verskeie legendes en simbole aan hierdie instrument
gekoppel word. Die mans is verantwoordelik vir die bou van
hutte, om die vee op te pas en die landerye te ploeg. Die vroue
sien om na die oes en ook na enige huishoudelike pligte.
Hoezit! 41

Similar documents