Oktober 2013 - Gereformeerde Kerk Welkom Noord

Transcription

Oktober 2013 - Gereformeerde Kerk Welkom Noord
slingervel oktober 2013
1
in hierdie uitgawe ...
SSlingervel,
li
l Jaargang
J
55
Nommer 951, Oktober 2013
REDAKTEUR
Dr Nico vd Merwe
e-pos: [email protected]
Tipografie en uitleg
Joey Fourie
e-pos: [email protected]
MEDEWERKERS
Dr. Nico van der Merwe
Oordenkings vir tieners en
laerskoolkinders
Marina Kotze
Junior Rubrieke en Penmaats
Riana Jonker
Verjaardaghoekie
Susan Lourens
Boekeblad
Tersia van der Merwe en Rina
Myburgh
Blokkiesraaisels en Kopkrappers
Attie Venter
2
3 Die redakteur skryf
4 Verjaardaghoekie
6 Bybelleesrooster vir
November
8 Oordenkings vir
laerskoolkinders
10 Spreuke vir die
tiener verklaar
11 Blokkiesraaisel
452
12 Die kromsteelpyp
Wetenskap-Artikels
Rika du Plessis en Sophia van der
Walt
Stories
13 Wie sou dit kon raai
...
14 Vier vriendinne (2)
16 Met die maan gepla
(2)
17 Voël Kopkrapper
18 Boekeblad
22 Oordenkings vir
tieners
24 Pluto kry 'n planeetmaat?
Intekengeld
R191,00 per jaar
(posgeld en BTW ingesluit)
Artikelskrywers dié uitgawe
Dr. Nico van der Merwe
Advertensietarief
Op aanvraag beskikbaar
by Wymie du Plessis
tel. 018 297 3986
Eienaars en uitgewers
Deputate vir Kerklike Tydskrifte
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Posbus 20008, Noordbrug 2522
Die Redakteur
Posbus 6433, Flamwood 2572
Drukkers
V & R Drukkery
Tel. 012 333 2462
Intekening
Administratiewe Buro
Afdeling Publikasies
Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tel: 018 297 3986
Bydraes en briewe
Posbus 6433,
Flamwood 2572
Jaargang 55
Nommer 951,
Oktober 2013
ISSN 0037 685 X
slingervel oktober 2013
Die redakteur skryf ...
Die Kerkhervorming
en die jaar 2013
V
ir die Protestantse
kerke is Oktobermaand
herinneringsmaand
met die oog op die Kerkhervorming. Ek is oortuig daarvan dat julle tieners al in die
katkisasie in die lesse oor
die kerkgeskiedenis van die
Hervorming geleer het. Uit die
lesse onthou julle sekerlik die
name van Johannes Calvyn,
Martin Luther, Huldrich
Zwingli, John Knox. Hulle was
almal manne wat aktief besig
was in die tydperk van die
Kerkhervorming.
Die Kerkhervorming het gesorg vir die volgende vyf
uitgangspunte:
•
•
•
•
Die Hervorming het
wel honderde jare gelede
plaasgevind, maar dit
het daagliks steeds vir
ons groot betekenis.
Die Kerkhervorming het
plaasgevind nadat die kerk
van die Middeleeue oor eeue
heen al verder en verder
van die Woord van God
afgedwaal het. Daar is al
meer en meer gekonsentreer
op die mens en wat hy doen.
Eer wat God toegekom het,
is aan mense gegee. Teen
hierdie afdwaling van die
Bybel af het die hervormers in
opstand gekom.
slingervel oktober 2013
•
Aan God alleen die eer! Alle eer kom God alleen toe. Die eer
kom geen mens toe nie – ’n volk of ’n kerk of ’n universiteit
of die beginsels en ideale van die mens nie. Ons ewige en
almagtige God is die enigste aan Wie die eer gegee kan
word.
Alleen op grond van die Heilige Skrif! Hiermee word bely dat
die Woord van God die rigsnoer vir die mens se hele lewe is,
nie tradisies of mensgemaakte reëls en riglyne nie. Nét God
se Woord alleen!
Alleen uit genade is die verlossing! Die mens kan niks bydra
tot sy verlossing nie. Die mens kan nie die verlossing by God
koop nie. Hy gee dit uit louter genade. Die mens kan dit nie
verdien nie.
Alleen deur die geloof! God bind Homself aan die mens, en
die band is sy genade. En daardeur word die mens aan God
gebind, en die band is die geloof.
Christus alleen betaal die sondeskuld! Word ons dan nie
deur die geloof gered nie? Ja! Maar dit nie deurdat ons glo
nie. Ons word gered deur die inhoud van ons geloof, dit is
Christus. Ons word dus gered deur wat ons glo. Dit is nie dat
ons glo wat ons red nie, maar wat ons glo – en dit is Jesus
Christus alleen! SV
3
verjaardag
hoekie
Die volgende Velliemaats verjaar gedurende OKTOBER 2013. Veels geluk
en mag die nuwe jaar net vreugde en liefde bring. Geniet die dag saam met
julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan
my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752;
of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana
1
Alexander Turner (Randburg), Alwin Kruger (Alberton-Wes), Charni Strydom (Bloemfontein-Suid),
Damian Hartslief (Boksburg-Suid), Edwin Opperman (Potchefstroom-Oos) Frits Brough (Rustenburg), Jackie Roos
(Magol), Kayla de Jager (Rustenburg), Lynn Oosthuizen
(Krugersdorp), Suné Hermann (Laeveld).
2
Adrico Els (Lydenburg), André Daniël Erasmus (Kathu), Bernard van Eeden (Lindley), Ceané de Klerk
(Boksburg-Suid), Deon du Plessis (Bloemfontein-Suid),
Divan van Jaarsveld (Potchefstroom-Oos), Inge Kotze
(Bethal), Kayle Els (Lydenburg), Pieter-Coen van Schalkwyk
(Boksburg).
(Brackenhof), Mignon Kruger (Magol), TJ Minnie (Secunda).
7
Daniel van der Walt (Middelburg Mpumalanga), Donovan van Staden (Magol), HP Jansen (Lydenburg),
Kalinka Vermaak (Port Elizabeth), Keabetswe Kobedi
(Randburg), Lohann van der Westhuizen (Hermanus), Suria Denkema (Oudtshoorn).
8
Dian Mynhardt (Laeveld), Jeamé Stone (VereenigingOos), Louwan Horn (Kuruman), Mia Fouché (Port
Elizabeth), Michael Janse van Rensburg (Krugersdorp),
Neill Janse van Vuuren (Krugersdorp), Schalk du Preez
(Potchefstroom-Oos).
3
9
4
10
Anke Serfontein (Port Elizabeth), Gean Olivier (De
Aar), Johnny Muller (Frankfort), Julia van Rooyen
(Randburg), Lara Fourie (Port Elizabeth), Marieta Jooste
(Reddersburg), Nicolene van den Berg (BloemfonteinSuid), Sune Reinecke (Ermelo), Vayda Coetzer (Ermelo).
Hannes Venter (Kuruman), Ida Bekker (Lindley), Marizaan Venter (Kuruman), Philip-Johan van Schaik
(Randburg).
5
Alrich Immelman (Port Elizabeth), Elrika Erasmus
(Secunda), Karlitza Blignaut (Brackenhof), Kris n Labuschagne (Port Elizabeth), Lisa van der Wa (Magol), Menishia Heyneke (Magol), Mia Grobler (Randburg), Okkie
Geldenhuys (Vanderbijlpark-Trinitas), Quean Bonnema
(Waterkloofrand), Tobias Kruger (Randburg).
6
4
Chris an Heydenrych (Brackenhof), Hanlie de Vaal
(Middelburg Mpumalanga), Johnré Heydenrych
Annemarie Booysen (Gobabis), Arina Collins (Alberton-Wes), Gawie Oelofse (Secunda), Isaac Theron
(Kuruman), Johandre Kruger (Burgersdorp), Marrissa Vermeer (Alberton-Wes), Monique Erasmus (Krugersdorp),
Nico Snyman (Magol).
Aiden Smith (Welkom-Noord), Bianca Calitz
(Port Elizabeth), Caroline Cornelissen (Bergbron), Danel Calitz (Port Elizabeth), Karla Weideman (Krugersdorp), Mecayla Ha ngh (Reddersburg), Pre y Mokgosi (Randburg), Siegfried Frauendorf (Randburg), Simoné
Viljoen (Boksburg-Suid), Thinus van Rooyen (Magol), Tina
Kleynhans (Secunda).
11
Jana Enslin (Welkom-Noord), Lenieke de Beer
(Vaalpark), Peet du Plessis (Nylstroom), Ricu
Geyer (Magol), Suané Meiring (Randburg), Velize de Bruyn
(Potchefstroom-Oos), Waldo de Beer (Duineveld).
slingervel oktober 2013
12
Chris aan Smith (Zeerust), Marcus Robinson
(Rustenburg), Rikus Floor (Randburg), Wimpie
Nienaber (Bethal).
13
14
Marco Labuschagne (Boksburg-Suid), Sonja van
der Schyff (Vanderbijlpark-Trinitas).
Alché Smit (Randburg), Anelle van der Merwe
(Potchefstroom-Die Bult), Anika Laage (Vanderbijlpark-Trinitas), Emma Burger (Kleinmond), Mar n Etsebeth (Randburg), Onica Thage (Randburg), Theunis du
Preez (Zeerust).
23
Adéle Havenga (Brackenhof), Carlo Snyman
(Randburg), Chris an Terblanche (Potchefstroom-Oos), Danie van den Berg (Boksburg), Hailey Wilcocks
(Randburg), Jolani van Heerden (Wolmaransstad).
24
Bartho Saayman (Secunda), Dareau du Plessis
(Randburg), Gerhardus van der Linde (Warmbad), Henze du Preez (Welkom-Noord), Johan van Tonder
(Krugersdorp), Olaf Burger (Kleinmond), Wilhelm Kruger
(Vereeniging-Oos).
15
25
26
16
27
Carla van der Merwe (Potchefstroom-Oos), Edward van der Westhuizen (Ermelo), Le cha Venter (Magol), Lourens Myburgh (Waterkloofrand), Marize e Strömbeck (Secunda), Stephan Terblanche (Potchefstroom-Die Bult), S an Griffen (Secunda), Tenielle Bouwer
(Vereeniging-Oos).
Chantelize Slabbert (Vereeniging-Oos), Cindy
Els (Brackenhof), Clarissa Stander (Lydenburg),
Gerdes Steenekamp (S lbaai), Jacqueline Pohl (Ly elton),
Ruben Bester (Kaapstad), Twane Barnard (Heilbron).
17
Asher Murambadoro (Potchefstroom-Die Bult),
Delia Weideman (Vanderbijlpark-Trinitas), Hilmer
Backer (Randburg), Imke van Wageningen (Hermanus),
Luzaane Bezuidenhout (Zeerust), Manie van der Linde
(Bloemfontein-Suid), Nathan von Ronge (Randburg).
18
Armand du Toit (Kleinmond), Bea-Landi Lourens
(Vanderbijlpark-Trinitas), Chris aan van der
Walt (Paarl), Hardus Hermann (Laeveld), Juane Oberholzer
(Wolmaransstad), Paul Buys (Potchefstroom-Die Bult).
19
Eleana van der Merwe (Randburg), Marco Pretorius (Secunda), Mikayla Versfeld (Brackenhof),
Vene Roodt (Welkom-Noord).
20
21
A e Coetzee(Zeerust), Emma Erasmus (Wolmaransstad), E enne van der Merwe (Randburg).
Leonize Wagener (Magol), Liné Liebenberg
(Alberton-Wes), Mar-Louizs Pretorius (Kathu),
Ruben Kruger (Bergbron), Schammarié van Heerden (Vereeniging-Oos).
22
Angelique Pretorius (Boksburg-Suid), Claudine
van Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas), Julie e
Kayayan (Potchefstroom-Die Bult), Louri van Deventer
(Randburg), Tanya Meere (Secunda), Tian van Heerden
(Rustenburg).
slingervel oktober 2013
Franciska de Beer (Magol), Moshe Morake
(Randburg), Nina du Plessis (Benoni).
Anel Venter (Lydenburg), Arnel Swart (Randburg), Elizma Erasmus (Magol), Gizane Pringle
(Randburg), Harry van Rooy (Vanderbijlpark-Trinitas), JanHendrik Snyman (Krugersdorp), Kian Ferreira (Randburg),
Marli Buys (Ly elton), Nadia du Preez (Port Elizabeth),
Roelof Fouché (Port Elizabeth).
Aimeé Lynn Botha (George), Bianca Claasen
(Magol), Clarisa Breedt (Messina), Jandre du
Plessis (Bergbron), Sumari Pretorius (Magol), Tanya Claasen (Magol), Wian de Klerk (Bethal), Wimpie Jansen van
Vuuren (Buffeldoorns).
28
Anais Thoms (Krugersdorp), Donovan Swanepoel
(Secunda), Erik van der Steen (Upington), Nico
du Plessis (Lydenburg), Shanté Heunis (Rustenburg), Whelmé Jacobsz (Gobabis).
29
Cobus van den Heever (Buffeldoorns), Esme Kruger
(Randburg), Georgia Greeff (Vanderbijlpark-Trinitas), Jandre van Niekerk (Wolmaransstad), Jean-Mare
Venter (Upington), Lizelle Snyman (Zeerust), Mikhe du
Plessis (Kathu), Mila Botha (Randburg), Sanja Steenekamp
(S lbaai), Wilmari Wiggill (Potchefstroom-Oos).
30
Anje Uys (Randburg), Braam Oosthuizen (Randburg), Chris-Marie Erasmus (Kathu), Hernus
Aucamp (Boksburg-Suid), Jason Donovan du Plessis (Kathu), Lambert Vorster (Botswana), Magdeli Steenekamp
(Potchefstroom-Die Bult), Meyer Olivier (PotchefstroomOos).
31
André van der Merwe (Middelburg KP), Carnelle
Ha ngh (Bloemfontein-Suid), Charlize van
Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas), Gerhard (jr) Turkstra
(Potchefstroom-Oos), Luciano McKenzie (Warmbad), Marië e van Jaarsveld (Brackenhof), Nico Hermann (Rustenburg), René Weideman (Krugersdorp), Rynard van Heerden
(Boksburg), S aan Marx (Secunda).
5
Bybelleesrooster vir November
Dr. Nico van der Merwe
Josef en sy broers
Vrydag 1 November – Lees: Genesis 50:15-21
God stuur die lewe volgens sy wil (vs. 19-20).
Saterdag 2 November – Lees: Genesis 29:16-30 en
30:22-24 (vs. 20)
Liefde verduur die tyd wat langsaam verbygaan.
Sondag 3 November – Lees: Genesis 37:1-11 (vs. 3
& 11)
Jou rykdom en jou drome is belangrik.
Maandag 4 November – Lees: Genesis 37:12-28
(vs. 24)
God span sy veiligheidsnet om Josef.
Dinsdag 5 November – Lees: Genesis 37:29-36 (vs.
35)
Die hartseer gevolge van die sonde.
Woensdag 6 November – Lees: Matteus 21:33-42
(vs. 38)
Josef en Jesus se lewensloop kom ooreen.
Donderdag 7 November – Lees: Genesis 39:1-6a
(vs. 2)
Die rede waarom dit met Josef baie goed gaan.
Maandag 11 November – Lees: Genesis 40:1 – 41:1
(vs. 23)
Mens vergeet maklik die goeie optrede van iemand
anders.
Dinsdag 12 November – Lees: Genesis 41:1-8 (vs.
8)
God begin Josef se vrylating uit die tronk voorberei.
Woensdag 13 November – Lees: Genesis 41:9-32
(vs. 16, 25, 32)
God is aan die werk vir Josef se vrylating uit die
tronk.
Donderdag 14 November – Lees: Genesis 41:33-45
(vs. 41)
Soos God optree in die lewe, is die allerbeste.
Vrydag 15 November – Lees: Genesis 41:46-57 (vs.
51)
God laat jou die swaarkry en ellende vergeet.
Saterdag 16 November – Lees: Genesis 42:1-24 (vs.
7 en 9)
Jou sondes haal jou een of ander tyd in.
Vrydag 8 November – Lees: Genesis 39:6-12 (vs. 8)
Dit is nie maklik om vir die sonde nee te sê nie.
Sondag 17 November – Lees: Genesis 42:25-36 (vs.
35)
Josef toets sy broers se liefde vir mekaar.
Saterdag 9 November – Lees: Genesis 39:13-20 (vs.
20)
Betaal dit ’n mens om goed te doen? Kyk wat
gebeur met Josef.
Maandag 18 November – Lees: Genesis 42:35 –
43:10 (vs. 36)
Jakob is negatief en depressief vanweë die
swaarkry.
Sondag 10 November – Lees: Genesis 39:20-23 (vs.
22)
Sonder God is ‘n goeie tyd moontlik in ‘n aaklige
plek.
Dinsdag 19 November – Lees: Genesis 43:11-15
(vs. 11-12)
Jakob se hoop hang aan dun draadjies.
6
slingervel oktober 2013
Woensdag 20 November – Lees: Genesis 43:16-34
(vs. 34)
Josef se liefde blyk uit die feesmaal.
Maandag 25 November – Lees: Genesis 45:4-13
(vs. 7)
Josef gaan terug na die toekoms toe.
Donderdag 21 November – Lees: Genesis 44:1-17
(vs. 16)
Josef se broers is uitgevang oor hulle optrede
teenoor Josef.
Dinsdag 26 November – Lees: Genesis 45:16-24
(vs. 20)
Daar sal vir Josef se pa en broers gesorg word.
Vrydag 22 November – Lees: Genesis 44:18-34 (vs.
30-31)
Juda dink aan die verskriklike hartseer van sy pa
Jakob.
Saterdag 23 November – Lees: Genesis 45:1-3 & 2
Korintiërs 5:10
Josef se broers word tot in hulle diepste geskok.
Sondag 24 November – Lees: Genesis 45:1-4 en 1415 (vs. 2)
Trane van verligting en blydskap.
slingervel oktober 2013
Woensdag 27 November – Lees: Genesis 45:25-28
(vs. 28)
Jakob belewe die hemel voor hy sterf.
Donderdag 28 November – Lees: Genesis 46:1-7 en
26-27 (vs. 2)
God praat met Jakob op weg na Egipteland.
Vrydag 29 November – Lees: Genesis 46:28-30 (vs.
29)
Alles is goed wat goed eindig.
Saterdag 30 November – Lees: Genesis 46:31 –
47:12 en 27 (vs. 10)
Die farao ontmoet vir Jakob by sy aankoms.
7
dr. nico van der merwe
109. Hou vas wat God vir jou gee
110. Die mens se eie, gemaakte reëls
M
A
Lees in jou Bybel Markus 7:1-8 (vs 8)
ense het verskriklik baie reëls en voorskrifte waarvolgens gelewe moet word. Dink net aan al die reëls in
jou huis, by jou skool, in die sport waaraan jy deelneem,
en in die dorp waar jy woon. Reëls is nodig, want dit keer
dat mense nie verwilder nie. Die belangrikste reëls vir die
Christen is God se reëls. In Markus 7:2 lees ons dat die
Fariseërs vir Jesus kwaad was omdat sy dissipels nie hulle
hande was voordat hulle eet nie. Dan sê Jesus vir hulle
dat hulle baie nougeset is ten opsigte van reëls wat mense
gemaak het, maar die wet van God ignoreer hulle. Jesus
leer ons ’n baie belangrike waarheid. Die reëls van mense
kan verander volgens die mens se smaak, maar God se
reëls verander nie. Daarom moet jy getrou en gehoorsaam
wees aan dit wat God vir jou in die Bybel sê, want dit is die
allerbelangrikste.
l is jy nog ’n kind op laerskool, is daar ten opsigte van
jou godsdiens ’n groot gevaar waarvoor jy versigtig
moet wees. Dit is die gevaar dat jy luister en gehoorsaam
is aan reëls wat mense maak, maar dat jy baie maklik God
se reëls vergeet. Dit kan gebeur dat jy al die verkeersreëls
nakom as jy met jou fiets ry – natuurlik moet jy dit nakom!!
Maar aan die ander kant steur jy jou nie aan die reëls wat
God vir jou gee vir die lewe nie. Die reëls van hoe die
Christen moet lewe, staan in die Bybel opgeskryf. Daaroor
preek die dominee elke Sondag. Wat die reëls is en hoe jy
dit moet verstaan, leer jy in die katkisasie. Ook as jou ma
of pa met jou uit die Bybel gesels, vertel hulle vir jou wat
die Here van jou verwag. Die reëls vir die lewe wat God
gee, mag jy nie vergeet nie en jy mag dit ook nie ignoreer
nie – jy moet daarvolgens lewe.
111. Jy moet hoor en verstaan
112. Skuld en angs pak die mens
Lees in jou Bybel Markus 7:14-16
D
Lees in jou Bybel Markus 7:17-23
J
aar was op ’n dag ’n groot klomp mense by Jesus om
na Hom te luister. Net soos ons luister as daar uit die
Bybel gelees word of as die Bybel in die katkisasie met
ons behandel word. In hierdie verband sê Jesus iets baie
belangriks: “Luister julle almal hier na My en verstaan dit
goed” (vs 14).
Hoor jy wat Jesus sê? Hy praat van luister en verstaan,
hoor en begryp. Wat jy uit die Bybel hoor, moet jy ook verstaan, want as jy dit nie verstaan nie, nie begryp nie, sal jy
nie aan God gehoorsaam wees nie.
Wat moet jy doen as jy iets in die Bybel lees wat jy nie
verstaan nie? Gaan vra eerste vir jou ma en pa. Of vra in die
katkisasieklas wat dit beteken. Jy kan ook vir jou dominee
vra om dit vir jou te verduidelik. Jy kan ook in boeke wat
oor die Bybel en godsdiens handel, na antwoorde soek.
esus sê in hierdie paar verse twee dinge: [1] Niks wat
van buite af in jou liggaam ingaan, kan jou onrein maak
nie, want dit het nie te doen met jou verhouding met die
Here nie. [2] Dit is dinge wat uit die hart van die mens uitkom wat hom onrein maak. Om ’n groot klomp reëls te hê
oor aardse sake help niks in jou verhouding met die Here
nie. Al sou jy al daardie uiterlike reëls getrou nakom, kan
jy in jou hart, in jou verhouding met die Here steeds onrein wees. In jou verhouding met die Here moet jy nie op
uiterlike reëls konsentreer nie.
Die reëls wat belangrik is, is die reëls wat God in die
Bybel vir jou gee. God se reëls het te doen met jou verhouding met Hom. As jou verhouding met die Here reg is,
sal jy gereeld Bybel lees, bid, die eredienste en die katkisasie bywoon en doen wat reg is volgens God se wil.
113. Noodsaaklikheid van die geloof
114. Alles wat God doen, is goed
D
D
Lees in jou Bybel Markus 7:24-30
ie Here Jesus doen wonderlike dinge in die lewe van
dié mense wat in Hom glo. In Markus 7:24-30 is Jesus
in Fenisië, ’n gebied van die heidene, waar Jesus ’n bietjie
wou rus. Die mense het egter agtergekom dat Hy daar
is en na Hom toe gekom. ’n Griekse vrou kom na Jesus
en vra dat Hy tog haar dogtertjie wat deur ’n onrein gees
beset is, sal verlos. Die vrou weet dat sy nie ’n Jood is of
’n burger van Israel nie. Tog vra sy dat Jesus haar en haar
dogtertjie moet help. Hy is haar laaste hoop. Dan doen
Jesus ’n wonderteken deur die dogtertjie van die onrein
gees te verlos. Dat sy in Jesus geglo het, was vir Jesus
genoeg om haar dogtertjie te verlos.
Jy kan geen verhouding met God hê as jy nie in Hom
glo nie. Die Here vra altyd na ’n mens se geloof. Die Heilige
Gees maak geloof in jou hart deur die Bybel.
8
Lees in jou Bybel Markus 7:9-13
Lees in jou Bybel Markus 7:31-37
aar is mense wat vertel dat God nie net goed doen nie,
maar ook die slegte. Dan wys hulle na al die ongelukke,
swaarkry, ellende en smart op aarde. Hulle sê hoe kan
God goed wees as Hy toelaat dat kinders gesteel en slawe
gemaak word. Hoe kan God toelaat dat klein dogtertjies
verkrag word? Hoe kan God toelaat dat ’n ma of ’n pa kanker kry en doodgaan? Hoe kan God toelaat dat daar soveel pyn en hartseer is in die lewe van mense wat vigs
kry? Ons moet onthou dat dit nie God is wat hierdie dinge
doen nie. Al die hartseer dinge van pyn en smart kom oor
die mens vanweë die sonde waarin die mens leef. God het
vir ons sy Seun, Jesus Christus, gestuur om ons van die
sondeskuld en sondestraf te verlos. Elkeen wat in God glo,
ontvang redding en verlossing, want alles wat God doen,
is goed (vs 37).
slingervel oktober 2013
115. God sorg vir die daaglikse behoef- 116. Die mense vra ’n teken
Lees in jou Bybel Markus 8:11-13
tes
Lees in jou Bybel Markus 8:1-10
V
ink jy ooit daaraan dat jy elke dag genoeg het om te eet
en te drink? Dit is so maklik om te dink dat jou mamma en pappa werk vir geld, en dit is die vernaamste rede
waarom ons kos en lekkernye kan koop. Dan vergeet jy
dat dit God is wat aan jou ouers die vermoë gee om te kan
werk en hulle ook in hulle werk seën. Onthou, dit is God
wat ons versorg en alles gee om van te lewe, soos Christus die skare mense daardie dag kos gegee het. Jesus
leer ons in sy die bed, Ons Vader, om vir Hom te vra: “Gee
ons vandag ons daaglikse brood” (Matt. 6:11). God weet
dat die mense op aarde moet eet sodat hulle krag kan kry
om hulle werk te kan doen. Omdat dit God is wat ons versorg, moet ons voor ete vra dat die Here die voedsel sal
seën, en na die ete moet ons vir God dankie sê vir dit wat
ons kon eet.
oel dit soms vir jou dat jy nie alles kan glo wat in die
Bybel geskryf staan nie? Dalk hoor jy hoe grootmense
met mekaar praat en sê dat hulle twyfel of alles wat in die
Bybel staan, waar is. In die tyd wat Jesus Christus as mens
op aarde was, was daar ook mense wat nie geglo het dat
Hy die Seun van God, die Verlosser van sondes is nie.
Hulle het vir Jesus gevra om ’n wonderteken te doen, sodat
hulle kan glo. Hulle wil hê dat Jesus met ’n wonderteken sal
bewys dat Hy die Seun van God is, dan eers sal hulle glo.
Jesus doen dit nie, want ’n mens kan nie ten opsigte van
die godsdiens dinge bewys soos in die wetenskapklas by
die skool nie.
As dit kom by godsdiens, moet jy glo. Jy moet ophou
twyfelvrae vra oor die waarheid en die werklikheid in die
Bybel. Glo alles wat God in die Bybel opgeskryf het.
117. Die suurdeeg van die bose
118. God genees geloofsblindheid
E
J
D
Lees in jou Bybel Markus 8:14-21
k wonder of jy weet wat suurdeeg is. Suurdeeg word in
brooddeeg gebruik sodat die brood kan uitrys (vra vir
jou mamma om jou te vertel hoe werk suurdeeg). Nou sê
Jesus dat die mense wat nie in hom glo nie (die Fariseërs)
net soos suurdeeg is. Net soos ’n klein bietjie suurdeeg die
hele brood laat uitrys, net so was die ongeloof en boosheid
van die Fariseërs genoeg om die hele gemeenskap van
mense teen Jesus op te sweep en hulle teen Hom te laat
draai. As jy dus met maats en vriende te doen het wat die
Bybel kritiseer of vir jou sê dat ’n mens nie kan glo wat in
die Bybel staan nie, moet jy nie hulle praatjies aanvaar
nie. Hulle houding teenoor die Here en die Bybel werk in
die harte van klomp mense soos suurdeeg in die deeg.
Moenie na hulle luister nie en lees jou Bybel en bid elke
dag tot God.
Lees in jou Bybel Markus 8:22-26
ou oë waarmee jy kyk en sien, is vanself ’n wonder
van God. As jy op skool van die oog leer of dit self in ’n
ensiklopedie lees, besef jy watter wonderlike liggaamsdeel
God in die oog vir die mens gegee het. As ’n mens met
godsdiens te doen het, moet jy ook oë hê om te kan sien.
Maar dit is nie soos jou gewone oë nie, dit is geloofsoë
waarmee jy in jou hart die dinge van God kan raaksien.
Omdat ons in die tyd van die sonde leef, wil Satan jou
geloofsoë blind maak. Hy wil nie hê jy moet die waarheid
in verband met God en sy wonderdade sien en glo nie.
Maar elkeen wat in Jesus Christus glo, is mense wat deur
Christus van hulle geloofsblindheid genees is.
Jy moet elke dag tot God bid dat Hy jou geloofsoë sal
genees, soos Christus die oë van die blinde man in Betsaida gesond gemaak het.
119. Wat is jou belydenis van God?
120. Jesus Christus is jou Verlosser
M
A
Lees in jou Bybel Markus 8:27-30
ense het baie opinies oor die Bybel en God. Jy hoor
dit ook seker as jy na die geselsery van jou vriende
en maats luister, en ook as jy te hore kom wat grootmense
oor hierdie saak te sê het. Mense dink nie daaraan as hulle
hul eie opinie oor God en die Bybel uitspreek, dat dit in
werklikheid ’n geloofsbelydenis is nie. Dit is ook die vraag
wat Jesus Christus vir die dissipels gevra het: “Wie sê die
mense, is Ek?” Party mense het gesê dat Jesus Johannes
die Doper is. Ander mense het weer gesê dat Jesus Elia is
en nog ander het gesê dat Hy een van die profete is. Dan
vra Jesus vir die dissipels: “Maar julle, wie sê julle, is Ek?”
Dan antwoord Petrus die vraag: “U is die Christus”.
Hoe sal jy, al is jy nog ’n kind, antwoord? Wat jy sê,
gaan jou geloofsbelydenis wees. Wees dus versigtig hoe
jy antwoord.
slingervel oktober 2013
Lees in jou Bybel Markus 8:31-33
s jy die vraag moet beantwoord: Hoe word jy van jou
sonde verlos? – wat sal jy antwoord? Van kleins af is jy
geleer dat die Here Jesus Christus ons sondes wegneem.
Hý is jou Verlosser. Maar Jesus moes iets doen sodat God
die Vader jou sondes kan wegneem. In Markus 8:31-33
sê Jesus wat Hy moes doen. Hy moes ly. Hy moes aan
die kruis sterwe en Hy moes drie dae daarna uit die graf
opstaan. Dit is wat Jesus vir die dissipels vertel. Dit is wat
met Hom gebeur het.
Omdat die mens sonde gedoen het, staan die mens
skuldig voor God. Die mens is te swak om die skuld van die
sonde te betaal, daarom het God sy Seun, Jesus Christus,
gestuur om in jou plek te ly, aan die kruis te sterf en op te
staan uit die dood. Elke keer as jy bid, moet jy vir die Here
dankie sê dat Hy dit vir jou gedoen het.
9
dr. nico van der merwe
Spreuke vir die tiener verklaar
Koning Salomo skryf
die Spreuke
Spreuke 10:1a
I
n Spreuke 10 begin ’n volgende afdeling van die spreuke van Salomo. Dit is altyd goed om as jy
Bybel lees of Bybelstudie doen, van die geheel van die gedeelte waarmee jy besig is, kennis te
neem. Waar ons nou Spreuke 10 gaan saam lees, moet ons let op die onderafdeling waarvan
hierdie hoofstuk ’n deel is.
Hoofstuk 10-15:29 handel oor die teenstelling tussen ’n regverdige mens en ’n boosdoener,
iemand wat slegte dinge doen. Hoofstuk 10 handel onder andere dan oor die volgende sake:
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Vers 1a – Die opskrif van hierdie afdeling van spreuke.
Vers 1b – ’n Inleidende spreuk vir die afdeling van spreuke.
Vers 2-5 – Hierdie spreuke handel oor wysheid en welvaart.
Vers 6-16 – Hierdie is spreuke wat handel oor kommunikasie.
Vers 17 – Die effek van gehoorsaamheid.
Vers 18-21 – Verstandige en onverstandige taalgebruik
Vers 22-26 – Pyn en plesier.
Vers 27-30 – Sekerheid en onsekerheid.
Vers 31-32 – Mond en lippe.
Vers 1a meld dat ons in hierdie gedeelte die spreuke lees wat Salomo geskryf het. Salomo was
die seun van koning Dawid en Batseba, en sy naam beteken vrede. Hy het ná sy pa koning van
Israel geword. By die dorpie Gideon het God een nag aan Salomo in ’n droom verskyn (1 Kon.
3:5). God vra vir Salomo wat Hy vir hom as koning kan gee. Wat het Salomo gevra? Rykdom?
Eer? Status? Nee! Hy vra: “Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in
alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk regeer!” (1 Kon. 3:9). God antwoord
Salomo: “Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of na jou sal hê nie.
Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: rykdom en aansien, sodat daar onder die konings
niemand soos jy sal wees solank jy leef nie” (1 Kon. 3:12-13).
Sy wysheid om die spreuke te skryf, het Salomo dus van God ontvang. Ons is baie bevoorreg
vandag om hierdie spreuke in ons eie taal, Afrikaans, te kan lees. Ons gaan met oorgegewe
aandag elke spreuk deurlees en ook met mekaar oordink wat God daarin laat skrywe het. SV
10
slingervel oktober 2013
TERSIA
Pos julle antwoorde aan:
Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572
DWARS
1. Hy is sterk en het met ’n harde stem uitgeroep
(Openb. 5:2).
3. Hy is met pynlike swere getref (Job 2:7).
5. Jakob het gesê hy sal dit bly doen oor sy seun (Gen.
37:35).
7. Die Here belowe Abraham hy sal ’n nageslag hê so
baie soos die ______ van die see (Gen. 22:17).
8. Dié diertjies kom volop daarin voor (Lev. 11:29).
10. Jesus sê Hy is die Begin en die _________ (Openb.
22:13).
12. Elke _______ moet vol wyn gemaak word (Jer.
13:12).
13. Paulus-hulle het in hierdie stad die Woord
verkondig (Hand. 14:25).
slingervel oktober 2013
AF
1.
2.
4.
5.
6.
7.
9.
11.
Hulle is almal sulke mense van Dawid (2 Sam. 5:1)
Juda is dít (Gen. 49:9).
Die doringbos het aangehou om dit te doen (Eks.
3:2).
Die vuur het daarin verdeel (Hand. 2:3).
Moses se ma het hom tussen dít in die rivier gesit
(Eks. 2:3).
Agimaäs se pa (2 Sam. 18:19).
Só ’n vrou is baie meer werd as edelstene (Spr.
31:10).
Rut moes dit op die land van Boas gaan optel (Rut
2:8).
11
Tannie Rika du Plessis
Die kromsteelpyp
Oupa Hans is al oud. Sy lang baard is spierwit-grys, en sy kop is kaal. Hy
werk nie meer nie, en bly by sy dogter en haar man in die huis. Bedags
na ontbyt gaan sit Oupa altyd op die stoep in die son, en wanneer dit te
warm word, gaan sit hy op die gras in die koelte van ‛n groot akkerboom.
D
ie ding wat Oupa altyd by hom het, is sy kromsteelpyp. Selfs al rook hy nie, hang die ou kromsteel in sy mond. Sy kinders het al baie geraas oor
die ou pyp wat Oupa so rook, maar hy wil darem nie
nou op sy oudag van sy ou kromsteel ontslae raak
nie. Dientjie hoor hoe haar ma en pa oor haar oupa
se gesondheid praat. Hulle is bekommerd omdat
Oupa nie wil ophou rook nie. Hy hoes juis soms so
aanmekaar dat hy skoon kortasem raak. Dientjie raak
nou benoud. Sê nou maar Oupa kan eendag glad nie
asem kry na so ’n hoesery nie? Sy wil nie hê haar
oupa moet doodgaan nie. Wie sal dan vir haar sulke
lekker stories vertel, en bowendien is sy lief vir haar
oupa. Sy moet ’n plan maak om Oupa van daai pyp
te laat afsien. Maar hoe? Sy dink en dink tot sy al
skoon moedeloos gedink is. Die volgende dag sit sy
op die gras langs die tuinstoel waarin Oupa onder die
boom sit. Hy sit en suig al weer aan die ou pyp, sien
sy. Langs sy stoel op ’n tafeltjie lê sy sakkie tabak en
skielik dink Dientjie aan ’n plan. Sy staan op en sien
Oupa se oë is toe. Hy slaap dikwels sommer ’n bietjie
so regop in sy stoel. Nou is haar kans, en sy gryp die
sakkie met die bietjie tabak in en draf om die huis se
hoek. Sy stap na haar ma se kruietuin toe en gaan
pluk blaartjies van die krui waarvan haar oupa niks
hou nie. Hy sê altyd hy word sommer naar as hy die
goed proe. Sy kap die blaartjies baie fyn en meng dit
met die tabak in die pyp voor sy die sakkie weer gaan
neersit.
“Oupa moenie so in die stoel sit en slaap nie. Oupa
gaan omval of uitval en ek kan Oupa nie ophelp nie,”
sê sy hard toe sy weer langs hom gaan sit.
Oupa kyk na haar toe en lag net sy gewone ou
roggellaggie. Hy vat die sakkie tabak en begin sy pyp
vol stop met die tabak. Daarna sit hy die pyp in sy
mond en steek die tabak aan die brand. Sommer na
die eerste suig aan die pyp spoeg Oupa dat dit daar
ver trek en bekyk die pyp vies.
“Nou vir wat smaak my ou kromsteel dan vandag
so sleg? Dis net so sleg soos daai kruie van jou ma.”
Hy kap die pyp se inhoud teen sy skoen se hak uit en
maak die pyp skoon met ’n pypskoonmaker wat hy
uit sy sak haal. Daarna stop hy die pyp van vooraf.
Maar weer het Oupa skaars die eerste trek aan die
pyp gegee, en dié keer gooi hy sommer die pyp dat
12
hy doer trek en spuug vies
in die gras.
“Nee, kyk, as ou kromsteel
nou glad vir my begin smaak
soos daai kruiegoed, is dit
seker tyd dat ek moet ophou rook, of wat sê jy my
klein Dientjie?” vra Oupa en vryf oor haar kop.
“Ek dink ook so, Oupa, dis sommer ’n baie goeie
besluit. Wil Oupa ’n lekkertjie hê? vra Dientjie en hou
gretig haar pakkie lekkers na Oupa toe uit. Hy kan
veel liewer van haar lekkers eet as om aan ’n ou stink
pyp te suig wat glad nie goed vir hom is nie.
“Dankie, Dientjie, die lekkertjie sal lekker smaak.
Wil jy dan nie vir Oupa ’n glas yskoue water gaan
haal nie? My mond smaak darem nou alte sleg van
binne.”
“Natuurlik, Oupa, ek is nou terug,” antwoord sy
en hardloop huis toe waar sy vinnig vir haar mamma
vertel wat sy gedoen het en wat Oupa se besluit is.
“Haai, Dientjie, jy moenie so met Oupa maak nie,
maar ai, as dit gehelp het dat hy daai ou pyp gaan los,
is dit maar oukei so. Hier, neem sy water vir hom,”
antwoord haar mamma.
Buite het Oupa sy sakkie tabak gevat en dit in sy
hand uitgegooi. Al is sy ou oë al swak, het hy tog die
fyn stukkies groen tussen die bruin tabak raak gesien.
Hy glimlag nou sag. Hy weet sommer dis Dientjie se
werk, en hy weet sy wil net so graag soos sy kinders
hê hy moet ophou rook. Miskien moet hy regtig maar
nie weer die ou pyp aansteek nie. Dit wys vir hom sy
kinders en kleinkindjie is vir hom lief, en wil hom by
hulle hou so lank as wat hulle kan. Hy glimlag dus
wyd toe Dientjie die glas water vir hom gee.
“Dankie, my poplappie, die water gaan nou lekker
smaak, en daarna jou lekkertjie. Jy moet dan daai ou
pyp gaan optel en gooi hom in die dam, hoor.”
“Ek doen dit sommer nou dadelik, Oupa,” sê Dientjie
gretig. Netnou verander haar oupa van besluit, dink
sy toe sy die ou pyp oomblikke later met ’n boog in die
dam gooi en terughardloop na haar oupa toe.
“Kan ek nou ’n mooi storie hoor, Oupa?” vra sy en
gaan klouter op sy skoot.
Sy ou eelterige hand hou haar styf vas en hy begin
vir haar ’n mooi storie van Jakkals en Wolf vertel. SV
slingervel oktober 2013
Liewe Slingervelmaatjies
V
andag wil ek vir al die Slingervelmaatjies van die afgelope 20 jaar baie
dankie sê dat ek saam met julle die kinderwêreld van feetjies, kabouters,
diertjies, dinge en klein kinders kon deel. Sedert 1993 loop ek al die paadjie
saam met die ou kleintjies van Slingervel soos hulle gekom en gegaan het.
Ek wil hê julle moet weet hoe baie ek dit geniet het om saam met julle
tussen al die karaktertjies rond te kuier. En nee, ek sê nie hiermee tatta vir
altyd nie. Ek sal by julle bly vir solank as wat ek kan of vir so lank as wat ek
nodig hier is. My hart lê by julle kleingoed, en sal altyd daar wees. En weet julle
wat, al is ek vandag al 'n ou tannie, is dit steeds vir my heerlik om so saam
met julle in kabouterlande vir 'n rukkie lang weg te raak en te speel.
Baie dankie ook vir die outjies wat oor die jare heen so dan en wan vir my
'n ou briefie gestuur het, en selfs onlangs 'n e-possie gestuur het. Sy mamma
het vir my gevra wat is my e-posadres, want hy wil dan so graag vir sy tannie
Rika 'n briefie “oppie” lug stuur. Is dit nou nie dierbaar nie? Julle briefies is
almal veilig weggebêre. En as daar nog outjies is wat wil weet, hier is my
e-posadres, en julle briefies is vir my belangrik: [email protected]
Ook baie dankie aan dominee Nico en sy span wat sorg dat die Slingervel
by ons maatjies uitkom. Dit is baie werk, maar elke maand is julle boekie daar.
Maatjies, julle moet mooi bly, ek is lief vir julle almal, al ken ek
julle nie persoonlik nie.
Tannie Rika
Wie sou dit kon raai dat daar in die
Bybelse tyd ook diewe en rowers was?
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Ragel het haar pa se afgodsbeeldjies gesteel (Gen. 31:19).
Akan het klere, silwer en goud uit die bangoed by Ai gesteel (Jos. 7:11-21).
Die inwoners van Sigem het hinderlae in die berge opgestel en almal wat met daardie
pad verbygekom het beroof (Rigt. 9:25).
Miga steel 13 kilogram silwer van sy Maandag (Rigt. 17:2).
600 mans van die stam Dan het Miga se godsbeeld, afgodsbeeldjies en efodbeeld
gesteel (Rigt. 18:16-18).
Die mense van die stam Juda het God beroof van die tiendes en die offergawes (Mal.
3:8).
Saam met Jesus Christus is twee rowers ook gekruisig (Matt. 27:38).
Judas Iskariot, een van Jesus se dissipels, het van die bydraes gesteel wat die mense
vir die dissipels gegee het (Joh. 12:4-6).
Barabbas, wat uit die tronk vrygelaat is toe Jesus veroordeel is, was 'n rower (Joh.
18:40).
slingervel oktober 2013
13
Tannie Marjorie Whatley
Vier vriendinne (2)
J
o en Caitlin is altwee sowat tien
minute vroeg en kom dieselfde
tyd by Lisa se huis aan. Met uitbundige opgewondenheid druk hulle
die sekuriteitsklokkie. Hulle kan nie
wag om ingelaat te word nie, en trippel
soos twee hiperaktiewe kleuters voor
die hek rond.
“Haai julle,” groet Lisa vanaf die
voorstoep. “Kom sit solank julle
oornagsakke en lekkergoed vir ons
middernagfees in my kamer neer.
Ek hoop darem een van julle het sjokolade gebring. Ek het koeldrank en
springmielies gekoop.”
“Hier is die kaneel, dis mos wat ek
moes bring. Caitlin het jy die suiker
onthou?” vra Jo, en hou haar hand uit
na die pakkie suiker wat Caitlin aangee.
Alhoewel dit nie nodig is nie, het
die meisies besluit om hierdie oorslaapaande uit hulle eie sakgeld te
betaal. Dit laat hulle verantwoordelik
voel.
“Kom ons gaan sit dit gou in die
kombuis, dan gaan sê julle sommer
vir my ma en pa hello … hulle is
hieragter in die tuin. Nina sal seker
nou-nou hier wees,” sê Lisa oor haar
skouer, op pad kombuis toe.
14
Daar heers ’n ongemaklike stilte
met die noem van Nina se naam.
“Wat’s dit met julle? Natuurlik kom
sy! Nina verbreek nooit ’n belofte
sonder om ons te laat weet nie. Sy sal
nou-nou hier wees.”
Lisa is heeltemal gerus dat Nina wel
sal kom. Sy het met aandete, terwyl
haar pa die seën gevra het, ’n spesiale
gebedjie opgesê om vir Liewe Jesus te
vra om vir Nina te help met wat ook
haar probleem mag wees, en dit vir
haar moontlik te maak om vanaand
hier by haar drie vriendinne wat baie
lief vir haar is, te wees.
Brrr! Brrrrrrr! Die sekuriteitsklokkie
lui.
“Dis Nina, dis Nina!” Die drie
stamp mekaar amper om, om eerste
die deur te gaan oopmaak.
“Hello, julle! Sjoe, my sak is
swaar.” Nina laat sak die swaar kruidenierswaresak en gee haar oornagsak
vir Lisa aan.
“Wat op aarde is in daai swaar sak?”
vra Jo terwyl sy daarin loer voordat sy
dit indra.
Caitlin loer ook nuuskierig in die
sak en bars hard uit van die lag. Lisa
wil ook nou sien wat die twee, wat
nou amper histeries is van die lag, so
snaaks vind.
“Wat’s so snaaks?” wil Nina weet.
“Julle het mos gesê ek moet die meel
bring. En suurlemoene.”
“Maar nie so ’n groot sak meel nie,
jou aap. En hier is amper ’n hele boom
se suurlemoene ook,” proes Caitlin.
“Aag, hou nou op julle, ek het julle
mos gewaarsku ek weet niks van bak
of kook af nie. Hoe moes ek nou weet?
Julle het nie gesê hoeveel meel nie, so
liewer te veel as te min.” Nina grinnik
ook maar saam.
“Kom ons gaan eers na my kamer
toe en maak vir ons beddens op die
vloer.”
“Ja, kom ek wil julle my nuwe pajamas wys, sê Jo. “Dis so oulik, met ’n
smurf voor op die bors.”
“Al weer nuwes? Skaam jou Jo, hoe
het jy hierdie keer weer jou ouma se
arm gedraai?” berispe Lisa haar.
“Flippen bederf!” voeg Caitlin by.
Jo paradeer soos ’n wafferse model
in die kamer rond met die nuwe pajamas voor haar gedrapeer.
“Baie oulik, moet ek sê. Ek het sommer my oues gebring,” sê Nina terwyl
sy haar oornagsak uitpak.
“Selfde hier, sê die ander twee. Ons
slingervel oktober 2013
het nie ’n ouma wat vir ons streke val,
soos Jo nie,” pruil hulle.
Die vier beste maats luister na hulle
gunstelingmusiek, terwyl hulle hul
slaapplek op die grond maak. Die
kamerdeur gaan oop en mevrou Snyman loer in.
“Die kombuis is nou reg vir julle,
meisies,” sê sy vriendelik.
“Dankie, Tannie,” lag Jo en Caitlin.
“Operasie pannekoek! Operasie
pannekoek! Hier kom ons!” so sing
en dans hulle gang-af na die kombuis
toe.
“Dink julle nie Nina moet die beslag
aanmaak aangesien sy nog nooit pannekoek gebak het nie?” vra Lisa.
“Goeie plan … ons meet eers alles
af en gee die nodige vir haar aan,”
stem Jo saam.
“Nou gee aan daai yslike sak meel
dat ons een kilogram kan afweeg,” vra
Caitlin terwyl sy kamstig sukkel om
die sak op te tel. “Ons sal seker vir jou
ma en pa ook elk ’n paar bak, of hoe,
Lisa?”
“Ja, ons verdubbel die resep. Dan
sal daar oorgenoeg pannekoek beslag
wees. Dit wat oorbly, kan Willie, my
broer, self vir hom bak as hy laataand
van sy meisie af kom,” sê Lisa.
Gou is alles afgemeet en die vier
spring aan die werk met operasie pannekoek.
“Goed gedaan, Nina! Die beslag is
lekker dun en nou vir die belangrikste.
Die pan word net lig gesmeer en moet
die regte hitte wees.” Jo voel baie belangrik dat sy vir die slim Nina iets
kan leer.
“Ek het nou genoeg gedoen, julle
kan eerste bak, ek sal mooi kyk … en
leer,” sê Nina soos ’n kamstige soet
skoolkind. Eintlik is sy erg bang vir
daai flip van die pannekoek.
Jo en Lisa flip sommer gou-gou vier
pannekoeke elk. Caitlin wat heelwat
kleiner en korter as haar maats is, sukkel ’n bietjie, maar kry ook vier pannekoeke geflip.
“Kom Nina, dis nou jou beurt. Jy
het mos gesien hoe ons dit doen. Wag
slingervel oktober 2013
tot die pannekoek borrels begin maak.
Skud dan die pan so effe, flip in die
lug en walla, daar lê hy, in die middel
van die pan,” bemoedig Lisa haar.
“Ooo, ek weet nie so mooi nie,
julle. Maar ok, hier gaan die eerste
een.” Nina flip die pannekoek, maar
ooo wee, te hoog en sy vang mis. Nou
is sy senuweeagtig en die volgende
twee misluk ook.
“Ontspan nou eers. Skud die pan so
effe en dan flip jy met jou gewrig. Dis
jou laaste kans, jy kan dit doen,” por
hulle haar aan.
Vier paar oë is vasgenael op die
pannekoek in die pan. Nina skud, flip,
en sowaar … flop! land die pannekoek
reg in die middel van die pan.
“Flip flop in die middel van die pan!
Flip flop in die middel van die pan!”
sing die vierstuks terwyl hulle hul
nuwe dans, Die Pannekoekskoffel, so
pas uitgedink, al om die tafel uitvoer,
terwyl elkeen ’n denkbeeldige pannekoek in die lug flip.
Die gelag is so aansteeklik dat meneer en mevrou Snyman kom inloer.
“Haai, julle,” sê mevrou Snyman.
“Waar’s ons s’n? Onthou ons hou
van baie suurlemoen … daar is mos
baaaaaie suurlemoene,” glimlag sy na
Nina se kant toe.
Nina lag uitbundig en vir Lisa is dit
wonderlik om haar maat so ontspanne
en gelukkig te sien.
Die meisies wys vir Nina hoe om
’n pannekoek met suiker en kaneel te
bestrooi en ook ’n paar druppels suurlemoen by te voeg.
“Opgerol, nog so ’n bietjie suiker
en kaneel bo-op en ons is klaar!” juig
Jo.
Die pannekoeke word nou op ’n
bord gerangskik. Nina se een is die
kroon-pannekoek en lê heel bo met ’n
kersie versier.
Na die meisies opgeruim het en
vir meneer en mevrou Snyman hulle
pannekoeke gegee het, dra hulle die
pannekoeke kamer toe en nou begin
die fees.
“Kyk wat het ek gebring.” Nina
haal iets uit haar haar slaapsak. “Dis
Hoofmeisie, die dvd,” waai sy dit in
die lug.
“Hoofmeisie! Nina jou doring, dis
net wat ons wil sien!” gil die ander
drie uitbundig.
Hmm! Hmmm! Hmm! smul hulle
aan die pannekoeke. Al die lekkergoed
word verdeel en elkeen maak haarself
gemaklik op die vloer. Tussendeur die
eet, lag, en dvd kyk, word daar darem
ook van die oulike ouens in die skool
gepraat. Selfs Lisa en Nina noem ook
’n paar ouens wat darem ’n meisie se
hart aan die bons kan laat gaan. Jo
en Caitlin het albei al weer met hulle
ouens uitgemaak.
“Gmf, seuns! Is vir die voëls, sê ek
julle. Hulle weet niks van ware liefde
nie. Verkul mens net en breek jou hart.
Bly weg, waarsku ek julle, bly weg!”
kla Jo met haar oordrewe dramatiese
gebare.
“Slegte nuus, ja slegte nuus! Vra
maar vir my en Jo,” beaam Caitlin Jo
se woorde.
Dis ná eenuur in die oggend en
dit word al stiller daar in die kamer.
Mevrou Snyman loer in, want die
televisie blêr nog kliphard. Die vier
meisies is vas aan die slaap … arms
en bene oor mekaar.
“Ai!” sê sy, “dis darem maar wonderlik om jonk te wees!”
Die volgende oggend toe die meisies wakker word, is daar geen teken
van Nina nie. Mevrou Snyman verduidelik Nina het vroegoggend ’n
sms van haar pa gekry. Sy het stilstil gepak en net gesê dat hulle vroeg
vertrek … Kaapstad toe. Glo na haar
ouma toe en dat sy heelwaarskynlik
nie Maandag en Dinsdag skool toe
kom nie. Die skool sluit in elk geval
Woensdag. Die drie meisies kyk
vraend na mekaar.
(Slot volg. Sal Nina se probleme
uitgesorteer word en sal die vier
vriendinne uiteindelik na daai groot
dubbelverdieping huis vir ’n oorslaap
genooi word?) SV
15
Oom Attie Venter
Met die maan gepla (2)
Daar is iets in die maan wat
mense na die pen laat gryp om
te dig en om liefdesliedjies te
komponeer en dit te sing. Maar
daar is ook iets in die maan
wat wetenskaplikes teleskope
en vuurpyle laat maak om te
gaan kyk wat daar aangaan,
en of dit regtig van kaas
gemaak is! Dit bly in elk geval ’n
skeppingswonder dat daar so ’n
groot hemelliggaam sommer op
ons agterstoep bestaan sonder
om op die aarde neer te stort of
in die ruimte vir ewig te verdwyn.
Hoeveel armer sou ons dan nie
gewees het nie!
V
an groot hemelliggame
gepraat – die maan se
deursnee is 3 475 km,
en dis die vyfde grootste in die
sonnestelsel. Die vier grootste
mane is: Ganymede – grootste
(Jupiter), dan Titan (Saturnus),
Callisto (Jupiter) en Io (Jupiter).
Die eerste maanlanding is
van 16-24 Julie 1969 deur Neil
Armstrong en Edwin E Aldrin
uitgevoer (Apollo 11), gevolg
deur Charles Conrad van 1424 November (Apollo 12). Hier
voor my is nog sewe name van
“ruimtehelde” wat hulle lewens
op die spel geplaas het. Almal
hoogs gekwalifiseerd en uiters
fiks.
Helde
Ons kan hierdie manne met
reg helde noem, want daar
was – en is nog steeds – baie
16
gevare aan so
’n onderneming
verbonde.
Eerstens is daar
geen atmosfeer
op die maan
nie. Dis vir ons
moeilik om ons
in ’n toestand in
te dink waar daar
geen lug is nie,
net so moeilik as
wat dit vir ’n vis is
om aan ’n see te
dink waarin daar
geen water is
nie. Dit bring mee
dat –
→ die ruimteman
sy eie
suurstof moet
saamkarwei
sodat hy
darem ten minste kan asemhaal;
→ hy aan meteore en allerhande bestraling (onder andere ultrtavioleten kosmiese strale) blootgestel word. Sy ruimtepak moet dus so
ontwerp wees dat dit die skadelike strale blokkeer. Aan die impak
van meteore kan hy ongelukkig nie veel doen nie;
→ hy aan uiterste hitte en koue blootgestel word. Die een oomblik
moet hy ’n temperatuur van 105o C verduur (waarvoor sy ruimtepak
ook voorsiening moet maak), wat binne ’n kort tydjie na -155oC
oorslaan wanneer die son agter die horison verdwyn. Op aarde
dien die atmosfeer as ’n soort “kombers” wat die hitte, koue en
bestraling in so ’n mate temper dat toestande darem leefbaar is.
→ Van braaivleisvure is daar natuurlik nie sprake nie. Kan julle dink
waarom nie?
→ Die voetspore van al die maanwandelaars sal vir miljoene jare net
so bly, aangesien daar geen lug, water of vulkane is om hulle te
versteur nie.
Gravitasie
Nog ’n probleem (uitdaging!) waarmee die ruimteman te doen het,
slingervel oktober 2013
is dié van swaartekrag. Op die maanoppervlak weeg ’n voorwerp
maar omtrent 12% van wat hy op die aarde sou geweeg het. As
ons ruimtewandelaar normaalweg 170 kg weeg, sal hy, as my
sommetjie reg is, maar 20,40 kg op die maan weeg, al bly sy massa
dieselfde. Onthou jy nog wat die verskil is? Die gevolg van sy geringe
swaartekrag is dat die maanwandelaar –
•
•
•
maar fyn sal moet trap en nie groot treë gee nie, om sy balans te
behou;
hy redelik stadig moet beweeg om hom nie teen die baie rotse te
beseer nie;
hy nie langer as ’n paar dae daar moet vertoef nie, anders kan sy
spiere weens die geringe gravitasiekrag daar verswak (tensy hy
natuurlik spesiale oefeninge doen).
Van oefeninge gepraat – kan julle dink hoe opwindend ’n
atletiekbyeenkoms op die maan sal wees? Veral die ver- en
hoogspringitems sal die toeskouers na hulle asems laat snak. Die
hoogspringlat sal byvoorbeeld hoër as ’n huis se dak moet wees.
Werpskywe en spiese sal knaend agter die omringende rantjies
beland, of in die een of ander krater.
Maanloos
Wat sal gebeur as die maan eendag skielik verdwyn? Hier is ’n paar
moontlike gevolge (dalk kan julle
nog ’n paar byvoeg):
→ Die sterre sal elke nag
helderder skyn as hier op die
aarde in die donkerste nag,
met geen maanlig om die
sterreglans te verflou nie.
→ Geen springgety of dooiegety
nie. As die maan aan
dieselfde of teenoorgestelde
kant van die son is, ontstaan
springgety, met ander woorde
buitengewone hoog- en
laagwater. As die son-aardemaan ’n hoek van 90 grade
vorm, ontstaan dooiegety.
Dus: geen maan, geen
dooiegety.
→ Baie seediere se voortplantinggewoontes en lewenslope
is gesinkroniseerd met die
getye. As die getye tot ’n
einde kom, sal hierdie diere
so stadigaan uitsterf. SV
RINA
In hierdie kopkrapper
skuil 15 voëlname wat
in die Bybel voorkom.
Gebruik die
onderstaande
teksverse vir hulp:
Psalm 84:4,
Jesaja 38:14,
Levitikus 11:16,
Jesaja 34:11,
Jeremia 17:11,
Levitikus 11:18-19
slingervel oktober 2013
17
tannie susan
Wat kan ek lees?
Van Genechten,
Guido. 2012. Dirkie
en die eekhoring. Uit
Nederlands vertaal deur
Shané Kleyn. Pretoria:
Protea Boekhuis. Prys:
R100,00. ISBN: 978-186919-753-7.
D
irkie en sy maatjie, Annie, het ’n eekhorinkie
in die bos gevind, en omdat
die eekhorinkie vir hulle
siek gelyk het, het hulle
hom huis toe geneem.
Mamma Hasie het gesê
dat hy dood was en vir die
kinders verduidelik wat
dit beteken. Pappa Hasie
het hulle gehelp om die
eekhorinkie te begrawe om
daardeur van hom afskeid
te neem.
Die pragtige, eenvoudige
volkleurillustrasies ondersteun die verhaal pragtig.
Die taal is eenvoudig en
beginnerlesertjies sal
dit maklik kan lees. Die
storie hanteer die tema
van dood nugter, maar
met deernis. Dit skep ’n
ideale geleentheid vir ouers
om met hulle kleuters en
jong kinders oor hierdie
onderwerp te gesels.
Daar is ook ander stories
in hierdie reeks waarna die
18
lesertjies kan uitsien.
Willberg, Hans Peter.
2012. Die vervlakste,
vertakte, verwikkelde
storie van die vet klein
hondjie. Illustrasies deur
Peter Beckhous en uit
Duits vertaal deur Nicol
Stassen. Pretoria: Protea
Boekhuis. Prys: R100,00.
ISBN: 978-1-86919-745-2.
D
ie vet klein hondjie
slaap graag in sy
hondehok, maar as hy
wakker is, hou hy van speel
en hy kuier ook graag
by ander honde of ander
vroue – by wie hy bene
bedel. Hy hou baie daarvan
om bene te kou. Om te
verseker dat hy altyd een
het, versamel hy die bene
en steek dit sorgvuldig oral
weg.
Ongelukkig het dit
gebeur dat hy soms
vergeet waar hy dit
weggesteek het, en die
wegsteekplekke was ook
nie altyd so veilig nie, want
ander honde het dit ontdek.
Hierdie kostelike boek
se teks vertak in die eerste
sin en uiteindelik kan drie
verskillende stories gelees
word – elkeen anders en
uniek. Jong kinders sal
van hierdie leesavontuur
hou en gretig self wil lees
of die illustrasie volg om
elke storie daardeur te kan
lees. Die kleurillustrasies is
eenvoudig, maar treffend
om die humor en die
storielyn te ondersteun en
aan te vul.
Hierdie boek is ’n
móét op jong kinders se
boekrakke.
Donnio, Sylviane. 2012.
Ek sou graag ’n kind wil
opvreet. Illustrasies deur
Dorotheé de Monfreid
en uit Frans vertaal deur
Nicol Stassen. Pretoria:
Protea Boekhuis. Prys:
R100,00. ISBN: 978-186919-743-8.
K
lein Kareltjie Krokodil
het elke oggend mooi
soet en gehoorsaam die
piesangs geëet wat sy
mamma vir hom vir ontbyt
gebring het. Een oggend
het hy egter geweier om
enigiets te eet, want hy
wou liewer ’n kind opvreet!
Hoe sy ma en pa ook al
met lekkernye geprobeer
het om hom van die lawwe
slingervel oktober 2013
idee te laat afsien, dit het net mooi niks
gehelp nie.
Toe het Kareltjie ’n onversigtige klein
meisie by die rivier gevind en gedink dat
hy uiteindelik sy begeerte om ’n kind op te
vreet, kon bevredig. Maar watter avontuur
het hy daar beleef dat hy tog maar besluit
het om eerder sy piesangs te eet om groter
te word?
Hierdie humoristiese kinderboek met sy
treffende illustrasies sal kleuters en jong
kinders gespanne laat luister/lees en dan
heerlik laat skaterlag. Die vertaling is puik
in goeie moderne Afrikaans gedoen.
Larsen, Carolyn. 2012. Jesus se
woorde vir seuns; en Jesus se woorde
vir dogters. Vereeniging: Christelike
Uitgewersmaatskappy. Prys: R119,95.
ISBN: 978-1-4316-0322-0 (seuns); 978-14316-0321-3 (dogters).
H
ierdie 366 dagstukkies wat in elkeen
van hierdie dagstukkieboeke opgeneem is, is spesiaal vir kinders (8-12 jaar)
bedoel. Dit fokus op temas of gebeure
waarmee hulle in hulle ouderdomsgroep
daagliks gekonfronteer word. Die
dagstukkies se temas en inhoud is vir albei
boeke dieselfde, maar in die aanbieding
spesifiek op dogters en seuns respektiewelik gerig.
Elke dagstukkie bevat ’n teksvers (uit die
1983-vertaling) wat kortliks bespreek word
sodat die boodskap/opdrag daaruit duidelik
blyk. Daarna volg ’n praktiese voorbeeld
uit seuns (en dogters) se lewe waarin die
tema van die betrokke dagstukkie prakties
toegepas word.
Die dagstukkies is in eenvoudige en
maklik verstaanbare taal, sonder om ooit
voorskriftelik of prekerig voor te doen.
slingervel oktober 2013
Kinders sal werklik baat kan vind by
hierdie dagstukkies – spesiaal ontwerp vir
dogters se aandag en ook met ’n spesiaal
aanvaarbare voorkoms om in seuns se
kraal te pas.
Daar word gekonsentreer om Jesus
se woorde as uitgangspunt te gebruik om
kinders te lei waar hulle daagliks oor verskillende en soms uiteenlopende waardes
en idees moet besluit.
Die dagstukkies handel oor verskeie
onderwerpe soos hoe om tot eer van God
te lewe, om jou geloof te bely en prakties
uit te leef en standvastig te wees te midde
van aanslae op jou geloof, en nog vele
ander sake.
In die land van Kammalielie. 2012.
Pretoria: LAPA Uitgewers (CD). Prys:
R80,00. ISBN: 978 0 7993 5978 7.
H
ierdie CD bevat 21 heerlike en prettige
saamsingliedjies. Daar is prettige en
uitbundige liedjies soos “Spat in die bad”
en “Handeklap”, maar ook meer rustige en
bedaarde liedjies soos “Slaap Sibongile”
en “Teddie se wiegelied”. Die liedjies wat
op aftelrympies gebaseer is, soos onder
andere “Tien pikkewyne”, sorg ook vir
heerlike pret. Die liedjies word gesing deur
Anna Davel saam met die Jakarandakinderkoor. Die lirieke is geskryf deur Jaco
Jacobs en kom hoosaaklik uit sy bundels
kinderverse. Die musiek is ook deur Anna
Davel geskryf.
“Daar is baie humor, bewegings en aksies
in die liedjies wat kinders se verbeelding kan
aangryp”, aldus die CD se persverklaring.
Hierdie CD is ’n prettige luisterervaring en
saamsinggenot vir peuters, kleuters, jong
kinders en elkeen wat deur vrolike musiek
met interessante lirieke meegevoer word.
19
Ahlers, Nerine. 2012. Onkant. Pretoria:
LAPA Uitgewers. 144 p. Prys: R100,00.
ISBN: 978 0 7993 5801 8.
K
ayla is die kaptein van die Eerste Hokkiespan en ’n uitmuntende speler. Sy
het egter nie meer kans gesien om verder
hokkie te speel nie, want die onwelkome
attensies van Coach het haar ongemaklik
laat voel. Sy moes dit eintlik aan Miss
Brown gaan rapporteer, maar sy was
huiwerig. Was dit regtig wat aan die gang
is, of was dit haar verbeelding of verkeerde
interpretasie van die gebeure? Dit was
in elk geval haar woord teenoor dié van
Coach. Dan was daar ook nog die kwessie
van haar pa wat sy werk verloor het en
hulle gevolglike finansiële krisis met die
gepaardgaande skinderstories wat haar
lewe versuur het.
Haar lojale en standvastige
boesemvriendinne, Jessica en Nathalie,
het haar egter met raad en daad bygestaan
en so ook dierbare Zack. Wat was Emile se
rol?
Onkant is ’n boeiende, spanningsvolle
jeugroman wat die leser se belangstelling
enduit gevange hou. Die taalgebruik is in
moderne tieneridioom en tienerlesers sal
maklik met die verskillende karakters en
situasies kan identifiseer.
Rühmann, Karl. 2012. En wie is jy?
Illustrasies deur Susanne Smajié.
Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen.
Pretoria: Protea Boekhuis. Prys:
R100,00. ISBN: 978-1-86919-770-4.
ling. Sy naam is Frikkie, maar hy weet self
nie watter soort dier hy is nie.
Kokkie het hom probeer help om sy
identiteit te bepaal en Frikkie het ywerig
saamgehelp. Telkens wanneer Kokkie
besluit het dat hy dalk ’n spesifieke soort
dier is, het Frikkie dan soos daardie dier
opgetree – maar sonder sukses. Uiteindelik
het hulle twee ’n verrassende ontdekking
oor Frikkie se identiteit gemaak!
Die vrolike kleurillustrasies dra by tot die
genot van die verhaaltjie. Kleuters en jong
kinders sal die humor geniet en skaterlag
of grinnik oor die verskillende gebeure in
die boek. ’n Prettige boek vir heerlike ontspanning.
Waechter, Philip et al. 2012. Die
krabbelboek. Pretoria: Protea Boekhuis.
Prys: R140,00. ISBN: 978-1-86919-552-6.
H
ierdie aktiwiteitsboek bevat meer
as 80 illustrasies wat kinders
kan voltooi, inkleur, of waarby hulle
prentjies kan teken. Hierdeur word
hulle kreatiwiteit aangemoedig en die
verbeelding gestimuleer. Hulle moet
eers hulle eie storie uitdink voordat hulle
die masjienprentjie kan voltooi, of die
skatkaart, die Indiane se geveg kan voltooi,
of die ontdekking van Atlantis, of die
ruimteskip en al die ander temas kan teken
en inkleur.
Krabbelboek waarborg ure se pret en
plesier. Dit is geskik vir enige ouderdom en
moedig skeppende en fantaseeraktiwiteite
aan. ’n Heerlike geskenk vir konstruktiewe
besigwees en ontspan! SV
K
okkie die papegaai ken almal in die
oerwoud, behalwe die nuwe aankome-
20
slingervel oktober 2013
slingervel oktober 2013
21
dr. nico van der merwe
145.
Die vermoëns wat God jou gee
Lees: Eksodus 28:1-14
Teks: Eksodus 28:3
M
ense het nie almal dieselfde vermoëns nie. Dink maar aan die
kinders in jou skool. Daar is kinders wat akademies baie goed
is, daar is ander wat in een of ander sportsoort uitblink. By julle is
ook kinders wat in een of ander kunsvorm uitmunt, en sommige
is baie vaardig met hulle hande om iets te maak. So is die mense
saamgestel. Dit gee ’n groot verskeidenheid van gawes waarmee
mense die gemeenskap kan dien. Dit is nie die mens self wat verantwoordelik is vir die vermoëns wat hy het nie. Eksodus 28:3 sê dat dit
God is wat die gawes, die talente aan mense gee. Die mens is egter
verantwoordelik vir die toepassing van die vermoëns.
Waarmee het God jou lewe verryk? Dink na oor die besondere
gawes wat die Here aan jou gegee het, gebruik dit dan tot eer van
God se Naam en dank Hom daarvoor.
147.
Ontwikkel jou gawes en talente
Lees: Eksodus 35:4-35
Teks: Eksodus 35:10
O
146.
Die regte gesindheid met jou gawes
Lees: Lukas 12:35-48
Teks: Lukas 12:48
J
y weet nou ’n baie belangrike ding – jou gawes jou vermoëns, jou
talente het jy van God ontvang (Eks. 28:3). Elke mens het sy eie
talente van God gekry. As ’n Christentiener het jy die opdrag van
God om jou talente tot eer van God en tot diens van jou medemense
uit te leef. Jy moet die regte gesindheid ten opsigte van die gawes hê
wat God aan jou gegee het. Christus het geleer hoe die gelowiges
moet lewe tot met sy wederkoms. Jy moet elke dag jou pligte en
verantwoordelikhede nakom en in jou hart verlang na die koms van
Christus.
Met jou eie gawes kry jy verantwoordelikhede en geleenthede
wat jy moet benut. “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis
word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word”
(vs 48). Oordink hierdie teks met eerlikheid.
148.
Stel jou Godgegewe talente vas
Lees: Lukas 19:11-26
Teks: Lukas 19:26
W
m die tabernakel van God te bou, was daar baie mense nodig
met gespesialiseerde kennis en bekwaamheid. ’n Hele klomp
vakmanne, kunsvaardige mense het help bou (Eks. 36:4). Daar
was kleremakers (Eks. 28:3), ontwerpers (Eks. 31:3), weefsters en
spinsters (Eks. 35:25-26), borduursters (Eks. 35:35) asook goud-,
silwer-, yster-, brons- en kopersmede en skrynwerkers (Eks. 31:4;
35:32-33).
Hierdie mense het hulle vaardigheid en wysheid van God gekry,
en jy ook! Daarom het jy die verpligting teenoor God om die gawes
wat Hy aan jou gegee het, prakties te beoefen. Jy moet jou gawes
ook slyp en daarin verbeter sodat jy dit tot eer van God se Naam
kan toepas. Jy moet dus ophou om ander se gawes te begeer en jou
toespits op die gawes wat God aan jou alleen gegee het.
aarom was die koning so hardvogtig met die derde man in
hierdie gelykenis (vs 20)? Hy straf die man op grond van drie
dinge: (1) Hy het nie sy eienaar se belange in die koninkryk gedeel
nie. (2) Hy het ook nie sy eienaar se bedoelings vertrou nie. (3) Sy
enigste lojaliteit was teenoor homself. Net soos die koning in hierdie
gelykenis het God aan elke gelowige die nodige vermoëns gegee, sy
talente. Die vermoëns wat jy van God ontvang het, moet jy gebruik
in God se koninkryk – dit is die daaglikse lewe waarin jy is.
Gee jy iets om vir God se Koninkryk? Wil jy sien dat God se
Koninkryk uitbrei? Of dink jy net aan jouself: jou eie eer, jou eie prestasies? Op hierdie vrae moet jy eerlik antwoord! Dit sal vir jou die
aanduiding wees of jy jou gawes tot eer van God en vir sy Koninkryk
aanwend.
149.
150.
Maak met jou gawes ’n bydrae
Lees: Deuteronomium 32:48 – 33:29 Teks: Deut. 33:1
K
Bevredig die behoeftes met jou gawes
Lees: Handelinge 6:1-7
Teks: Handelinge 6:3
N
ort voordat Moses gesterf en die Israeliete Kanaän ingeneem
het, het God hulle eers geseën. In opdrag van God moes Moses
God se seën oor elkeen van die 12 stamme uitspreek. God se seën
oor elke stam is dit wat God aan daardie stam gee wat hulle blyplek
in Kanaän betref en die karaktereienskappe wat die lede van elke
stam sal vertoon. Die gawes het God nie verniet aan hulle gegee
nie. Met dit wat elkeen van God ontvang het, moes hulle ’n bydrae
lewer in die koninkryk van God. Gelowiges hoef nie die gawes wat
hulle elkeen persoonlik van God ontvang het met mekaar te vergelyk
en op te weeg nie. Die gawes en bekwaamhede wat God aan die
gelowiges gee, het gesamentlik die doel om God se wil en plan te
volvoer. Hou jaloers wag oor ander se Godgegewe gawes en stel
jou eie gawes vir God beskikbaar.
amate die eerste Christelike kerk kort na die uitstorting van die
Heilige Gees uitgebrei het, het daar meer en meer behoeftes by
lidmate ontstaan. Die apostels het al hulle kragte ingespan om die
evangelie van verlossing te preek. Daarom is daar ander gelowiges
in die gemeente gekies om na die behoeftes van die lidmate om te
sien. Elke lidmaat het ’n sekere rol in die gemeente gespeel (1 Kor.
12). So is sewe manne gekies om as diakens in die gemeente te sorg
vir dié wat hulpbehoewend, arm en lydend was. Behalwe diakens,
ouderlinge en predikante gee God in elke gemeente genoeg gawes
aan lidmate sodat aan al die behoeftes in die gemeente voldoen
kan word.
Wat is jou besondere gawes wat God vir jou gegee het? As
Christentiener moet jy na behoeftes soek waaraan jy kan voldoen.
151.
152.
G
Menslike bekwaamheid
Lees: Eksodus 31:1-11
Teks: Eksodus 31:2-5
od gee bekwaamhede aan mense waarmee ’n vakman sy werk
moet doen (Eks. 31). ’n Klomp vakmanne en -vroue het die
tabernakel gebou (Eks. 36:4): kleremakers (Eks. 28:3), ontwerpers
(Eks. 31:3), weefsters en spinsters (Eks. 35:25-26), borduursters
(Eks. 35:35), goud-, silwer-, yster-, brons- en kopersmede en skrynwerkers (Eks. 31:4; 35:32-33). Hierdie mense het hulle vaardigheid
en wysheid van God gekry (Eks. 28:3; 31:3-5; 35:31-35). God
gee ook seemanswysheid (Ps. 107:27), koopmanswysheid (Eseg.
28:4c, 12), regeerderswysheid (Gen. 41:39).
Hierdie waarhede is ook van toepassing in ons tyd. Jy moet
vasstel watter bekwaamhede God aan jou as Christentiener gegee
het en dan moet jy daardie gawes van jou elke dag toepas in jou
diens aan die Here.
22
Jy mag jou gawes nie aanbid nie
Lees: Jeremia 31:1-10
Teks: Jeremia 10:8
W
at het die mense gedoen waarvan sprake is in Jeremia 10?
Hulle het hulle ambagsbekwaamhede gebruik om afgodsbeelde
te maak, wat hulle dan aanbid het (vs 3-5). Die heidene het hulle
vertroue en sekerheid in afgodsbeelde gesoek; afgodsbeelde wat
hulle kunsvaardig gemaak en versier het. Dit beteken dat hulle dus die
ambagsgawes wat God aan hulle gegee het, misbruik het om afgode
te maak. Daar is mense wat die gawe ontvang het om medisyne
te maak, wat dit misbruik om dwelmmiddels te vervaardig. Daar is
mense wat die gawe ontvang het van fotografie en dan misbruik
hulle dit en skep pornografie. Ander ontvang regeerderswysheid en
misbruik dit deur ’n diktator te word. God se gawes wat aan jou
geskenk is, moet jy gebruik om die Naam van die Here te vereer en
nie om jou te verryk nie.
slingervel oktober 2013
153.
God se gawes is vir alle mense
Lees: Spreuke 31:10-31
Teks: Spreuke 31:31
G
154.
Verantwoordelikheid en mislukkings
Lees: 1 Kronieke 21:1-8
Teks: 1 Kronieke 21:8
’n
od se gawes en bekwaamhede is nie gereserveer net vir sekere
mense nie. God se talente is nie bedoel net vir blankes alleen of
net vir swartes alleen nie. Die bekwaamhede wat mense ontvang,
is ook nie net bedoel vir enkele spesifieke volke in sekere lande nie.
Bedrewenheid ten opsigte van alle fasette van die mens se lewe is
nie net bedoel van mans of net bedoel vir vrouens nie. Die vermoë
om op verskillende vlakke van die lewe vakmansvermoëns te besit,
is ook nie net beperk tot sekere ouderdomsgroepe nie. Daarom deel
jy as Christentiener ook in die gawes wat die Here gee.
In Spreuke 31 vestig God die aandag daarop dat vrouens net
soos mans bevoeg is om verskillende talente in die praktyk toe te
pas. Soek jou eie gawes sonder om jaloers te wees op die talente
van ander.
Verantwoordelike mens het vier kenmerke: (1) Hy ken sy verkeerde dade. (2) Hy is getrou met dit wat aan hom gegee is.
(3)
Hy beplan vir die toekoms. (4) Hy ken sy vermoëns én sy tekortkominge. Dat ’n verantwoordelike mens sy verkeerde dade ken,
word duidelik uit die lewe van koning Dawid (1 Kron. 21:8). Hy weet
dat dit verkeerd van hom was om die volk te tel, want daardeur
wou hy maar net bewys hoe ’n goeie en gewilde koning hy is. Hy
het op daardie stadium nie aan God gedink en die feit dat God die
Beskikker is van alles nie.
Jy kan nie wil aanspraak maak op die verlossing in Christus as
jy nie jou sonde bely en daaroor berou het nie. Eers as jy die diepte
van jou sonde besef, dit wat jy teen God verkeerd gedoen het, dan
kan jy tot berou kom en smeek om verlossing.
155.
156.
Vrugbare gebruik van jou gawes
Lees: Matteus 25:14-46
Teks: Matteus 25:14
’n
Verantwoordelike mens ken sy verkeerde dade en bely dit
berouvol voor God. ’n Verantwoordelike mens is verder getrou
met wat aan hom gegee is. Die man, in die gelykenis wat Christus
vertel het, het sy geld onder sy slawe verdeel, volgens elkeen se
vermoë. Nie een het meer ontvang as wat hy kan hanteer nie, en
ook nie minder as dit nie. Niemand kan sê die verantwoordelikheid
was vir hom te veel nie. As hy nie slaag in sy opdrag nie, dan is dit
as gevolg van luiheid of ontrouheid.
Die goue muntstukke wys op die gawes wat God vandag aan
sy kinders gee, ook aan jou as Christentiener. God gee aan jou tyd
en geleenthede om jou gawes positief te gebruik. Dit gaan nie om
hoeveel gawes jy het nie, maar of jy dit wat jy het, vrugbaar gebruik.
157.
Ken jou vermoë en jou tekortkominge
Lees: Handelinge 6:1-7
Teks: Handelinge 6:3-4
I
Die onkruid van verslawing
Lees: Lukas 19:11-27
Teks: Lukas 19:16-18
E
erstens ken ’n verantwoordelike mens sy verkeerde dade. Tweedens is hy is getrou met dit wat aan hom gegee is. Derdens beplan die verantwoordelike mens vir die toekoms. In die gelykenis
van die goue muntstukke word die gevolge van die slawe se optrede
uitgelig. Die twee slawe wat met goeie beplanning handel gedryf
het met die munte en dit vermeerder het, is as getrou beskou en
beloon. Die slaaf wat ongeërg was en nie veel omgegee het nie, is
gestraf. Ons het reeds vasgestel dat elke Christentiener sy gawes
wat hy van God ontvang het, tot eer van God moet gebruik en ook
tot opbou van God se Koninkryk. Op dieselfde wyse sal jy in jou
lewe ook moet beplan en vooruit bereken op watter manier jy jou
gawes ten beste kan aanwend in diens van die Here. Daarin moet
jy absoluut eerlik wees.
158.
Rekenskap word van jou gevra
Lees: Romeine 14:1-23
Teks: Romeine 14:12
A
n die eerste plek ken ’n verantwoordelike mens sy sonde. In die
tweede plek gebruik ’n verantwoordelike mens getrou sy gawes.
In die derde plek beplan die verantwoordelike mens vir die toekoms.
In die vierde plek ken die verantwoordelike mens sy vermoëns én
sy tekortkominge. Jy moet jou Godgegewe gawes ken. Dit is die
positiewe aspek van jou lewe. Vanweë die sonde waarin die mens
leef, het jy ook ’n klomp tekortkominge. Dit beteken dat jy nie in
staat is om alles suksesvol te doen nie. Die gawes wat jy besit, is
sekere gawes op sekere terreine van die lewe. Kennis van jou tekortkominge dwing jou om van die hulp van ander mense gebruik te
maak. Die apostels moes in die Nuwe Testament gebruik maak van
die hulp van diakens. So kan jy jou tekortkominge oorbrug met hulp
van ander mense.
s leerder by jou skool is jy gewoond daaraan om rekenskap
te gee van dit wat jy doen. In elke vak kry jy huiswerk en jy
skryf toetse waarin jy rekenskap gee van jou voorbereiding en jou
kennis. By die huis gee jou ma en pa vir jou opdragte en dan moet
jy rekenskap gee van hoe jy dit afgehandel het. In Romeine 14:12
lees jy dat jy aan God ook rekenskap moet gee vir jou optrede as sy
verloste kind. Ten opsigte van Bybel lees, bid, eredienste bywoon,
katkisasievoorbereiding, lewe volgens God se Woord is jy nie aan
mense rekenskap verskuldig nie, maar aan God! Jy kan nie jou lewe
bou en beplan op jou eie gedagtes en jou eie wil nie. Jy moet jou
lewe bou volgens God se wil, volgens wat God in die Bybel aan jou
opdra. “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap
moet gee” (Rom. 14:12).
159.
160.
Jou lewe beïnvloed ander mense
Lees: Josua 7:1-15
E
Teks: Josua 7:11
en ding het die lewe jou as Christentiener seker al geleer, dat
as jy deel is van ’n groep en jy maak skande of oortree iewers,
dan beïnvloed dit die hele groep waarvan jy deel is. As een of twee
leerders van jou skool hulle êrens wangedra en skokkend optree,
dan word die naam van die skool deur die modder gesleep. Dit
gebeur ook met Israel toe Akan aan die Here ongehoorsaam is en
sonde doen. Toe ly die hele volk onder Akan se oortreding en verloor
die oorlog teen Ai.
God is nie tevrede as jy net af en toe iets doen wat goed is
nie. God verwag van jou om oral en altyd op te tree soos Hy jou in
die Bybel die riglyne gee. Die skande en jou optrede waarin jy jou
wangedra, het dus ook te doen met die gelowiges saam met wie jy
lewe. God vra van jou rekenskap oor jou dade.
slingervel oktober 2013
Rekenskap vir groepswangedrag
Lees: Rigters 6:1-16
Teks: Rigters 6:13
R
igters 6:13 leer jou dat jy ook toerekenbaar is vir die skande wat
die groep begaan waarvan jy ’n lid is. Dit is die vraag waarmee
Gideon worstel. Dit voel soms vir hom of die Here hulle in die steek
gelaat het (vs 13). Gideon sug oor die swaarkry waaronder die volk
gebuk gaan. Hy vra vir God: “Waarom kom al hierdie dinge oor
ons?” (vs 13). Die feit is dat die Israeliete hierdie dinge oor hulleself
gebring het, want “die Israeliete het gedoen wat verkeerd was in
die oë van die Here” (vs 1). Toe sommige van die volk van God afdwaal en saam met die heidene tot hulle afgode offer en bid, tref die
gevolge van hulle sonde die hele volk.
Hoe maklik is dit nie om jou persoonlike verantwoordelikheid
ten opsigte van swaarkry van jou af te skuif en die vinger na ander
mense te wys. Kom tot geloof en bekering!!
23
TELLIE SKOOP
Pluto kry 'n
planeet-maat?
Pluto die verste planeet in die sonnestelsel
ie sonnestelsel waarvan die aarde deel is,
bestaan uit ’n son en nege planete. Dié planete in ons sonnestelsel is: Mercurius, die
planeet naaste aan die son. Dan volg Venus, die
Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus
en Pluto. Van hierdie getal planete is dit net Venus,
Mars, Jupiter en Saturnus wat jy suksesvol met die
blote oog kan sien in die aand. Die ander planete
is net eenvoudig te dof om met die blote oog in die
hemelruim op te spoor.
Pluto is in Februarie 1930 deur Clyde W Tombaugh
ontdek. Van die nege planete is Pluto die kleinste
en ook die verste van die son af. Pluto is gemiddeld
5 900 miljoen km van die son af. Pluto wentel in ’n
elliptiese baan om die son eenkeer elke 247,7 jaar.
Op sy verste punt is Pluto 7 375 miljoen km van die
son af en op sy naaste punt 4 425 miljoen km van
die son af.
Pluto roteer een keer om sy as in 6 dae, 9 uur,
17 minute. Pluto is 2 324 km in deursnee, wat dit die
kleinste planeet in ons sonnestelsel maak. Pluto is
die enigste planeet in ons sonnestelsel wat nog nie
deur ’n ruimtetuig besoek is nie.
D
Pluto se maan Charon kry nog twee maats
Sover die astronome in die verlede kon vasstel,
het Pluto net een maan, Charon. Hierdie maan is in
1978 deur sterrekundiges ontdek, en dit is Charon
genoem. Vanweë die afstand wat Pluto van die aarde is (± 5 700 miljoen km), is dit baie moeilik om
van dié planeet ’n studie te maak. In Mei 2005 het
astronome egter verdere studie van Pluto en sy
omgewing gemaak. Met die hulp van die Hubbleruimteteleskoop is nóg twee manevan Pluto ontdek.
Hulle word Hydra en Nix genoem. In 2011 en 2012 is
nog twee mane om Pluto ontdek, maar hulle het nog
nie name gekry nie en word P4 en P5 genoem. Daar
is voorgestel dat die twee mane Vulcan en Kerberos
genoem word.
Pluto kry ’n planeet-maat
Dit is nou bekend gemaak dat NASA-wetenskaplikes ’n tiende planeet van ons sonnestelsel ontdek
het, wat ná Pluto kom. Omdat X die Latynse syfer
is vir 10, is die nuwe planeet, aanvanklik Planeet X
genoem of ook 2003 UB313. Voorlopige ondersoeke
het getoon dat Planeet X 97 maal verder van die
son is as die aarde. Dit is dus die verste voorwerp in
ons sonnestelsel. Dit neem die planeet 580 jaar om
eenmaal om die son te wentel.
Wetenskaplikes is van mening dat die nuwe planeet groter is as Pluto. Die oppervlakte van die nuwe
planeet is dieselfde as dié van Pluto, dit bestaan uit
bevrore metaan. Die kern van die planeet is ’n mengsel van rots en ys. Die temperatuur op die planeer is
405o onder vriespunt.
Die wentelbane om die son van die planeet Pluto
en die nuutgevonde planeet 2003 UB313. SV
(Bronne: Astronomy, Junie 2006;
Atlas of the Universe, 1994; Sterrekunde Woordeboek,
JH de Klerk, 1990; http://space.about.com/b/a/256720.
htm; http://space.about.com/cs/pluto/a/plutoplanet.htm;
http://space.about.com/od/astronomynews/a/planetx.
htm; http://www.gps.caltech.edu/-mbrown/planetlila/;
Astronomy for Dummies, 2005)
24
slingervel oktober 2013