kies
Transcription
kies
15 0 2 SÓ GAAN JY TE WERK: KIES ’N PROGRAM – EERSTE KEUSE EN TWEEDE KEUSE (KYK WWW.MATIES.COM OF WWW.GOSTUDY.MOBI). LET OP SLUITINGSDATUMS VIR AANSOEKE. DOEN AANSOEK OM TOELATING: •DOEN E-AANSOEK BY WWW.MATIES.COM. •OF KRY ’N PAPIERVORM BY 021 808 9111. EN DAN? ONS GEE JOU ’N UNIEKE STUDENTENOMMER. BESPREEK VIR EN SKRYF DIE NASIONALE NORMTOETSE VOLGENS JOU PROGRAMKEUSES. KYK NA ’N MAAND BY WWW.MATIES.COM OF DIE UNIVERSITEIT JOU PUNTE GEKRY HET. WOON ONS OPEDAG BY OP VRYDAG, 11 APRIL 2014, VAN 9:00 TOT 16:30 BY DIE NEELSIE, ONS STUDENTESENTRUM. KRY JOU REKENAAR REG. •LEES OOR ONS SKOOTREKENAARINISIATIEF BY KYK BY WWW.STP.AC.ZA EN KYK SPESIFIKASIES VIR PRIVAAT REKENAARS BY BLOGS.SUN.AC.ZA/IT/AF/SUPPORT ONDER “IT-HULP VIR STUDENTE”. •LAAT JOU REKENAAR VROEG IN JANUARIE OPSTEL VIR ONS NETWERK BY DIE IT STUDENTEHULPSENTRUM, JOUBERTSTR. 7, STELLENBOSCH. KOM NA ONS GROOT VERWELKOMINGSWEEK BEGIN 2015! PRESTASIEVLAK VIR SKOOLVAKKE VLAK 34567 % 40-4950-5960-6970-7980-100 Tel: 021 808 9111 Faks: 021 808 3822 E-pos: [email protected] * Universiteitstoelatingsvakke: Besigheidstudies, Dramatiese Kunste, Ekonomie, Fisiese Wetenskappe, Geografie, Geskiedenis, Inligtingstegnologie, Inge nieursgrafika en -ontwerp, Landbouwetenskappe, Lewenswetenskappe, Musiek, Rekeningkunde, Religiestudies, Tale (een taal van leer en onderrig aan ’n hoëronderwysinstelling en twee ander erkende taalvakke), Verbruikerstudie, Visuele Kunste, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid. TOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT NASIONALE NORMTOETSE (NNT’S) VOLLEDIGE INLIGTING EN VORMS AANLYN BY WWW.MATIES.COM KLIËNTEDIENSSENTRUM Al ons programme is keuringsprogramme omdat groot getalle voornemende studente daarvoor aansoek doen. Ons plek vir studente is ongelukkig beperk. Al voldoen jy dus aan die minimumvereistes van ’n program, is dit nie ’n waarborg dat jy in die program van jou keuse ’n plek gaan kry nie. Kry jou studentenommer: Doen elektronies aansoek by www.maties.com onder “Aansoek” en “Doen aanlyn aansoek” of vra ’n vorm aan by: - Kliëntedienssentrum: Kontakbesonderhede hierbo - Adres: Toelating, Universiteit Stellenbosch, Privaat Sak X1, Matieland 7602 SLUITINGSDATUMS VIR AANSOEKE - Programme in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: 31 Mei - Programme in Regsgeleerdheid, Opvoedkunde en Ingenieurswese, BA/BSc (Sportwetenskap): 30 Junie - Vir die programme BA (Drama- en Teaterstudie), BMus/BA (Musiek), en BA (Visuele Kunste): Kyk by programbesonderhede verderaan - Alle ander programme: 30 Junie, met aanvaar ding van laataansoeke tot 30 September, met dien verstande dat die Universiteit die reg voorbehou om laataansoeke vir enige program enige tyd voor 30 September te sluit - Vir koshuisverblyf: 30 Junie TOELATINGSVEREISTES VIR UNIVERSITEITSTUDIE •’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudie •’n Prestasievlak van minstens 4 (50%) in elk van vier skoolvakke uit die lys van universiteitstoelatingsvakke* •Skryf die Nasionale Normtoetse (NNT’s) volgens jou program se vereistes •Kyk verdere spesifieke vereistes by die individuele programme TOETS AQL MAT Wat meet dit? Akademiese en Wiskunde kwantitatiewe geletterdheid Wie skryf dit? Alle programme se kandidate Slegs programme met ’n vereiste vir Wiskunde se kandidate Wanneer en Oggendsessie; hoe lank? meld 7:30 aan (3 uur en 5 min.) Koste?R110 Middagsessie dieselfde dag (3 uur) R85 BESPREEK JOU PLEK SÓ Met ’n rekenaar: •Op www.nbt.ac.za, klik op “Register to write”. •Volg die aanwysings en “Submit”. •Laai die brief (met EasyPay-strepieskode), wat jou registrasie bevestig, af en druk uit. Met ’n selfoon: •Gaan na www.nbt.ac.za net soos na MXit of Facebook. • Tik jou e-posadres in en die brief sal aan jou gestuur word om later te druk; of wanneer jy toegang tot ’n rekenaar en drukker het, gaan terug na www.nbt.ac.za, teken in met jou ID-nommer, en druk die brief. BETAAL DIE TOETSFOOIE SÓ Neem jou NNT-registrasiebrief na ’n nabygeleë EasyPay-betaalpunt om te betaal. Jy kan ook op die EasyPay-webtuiste, www.easypay.co.za, betaal en jou betalingsbewys uitdruk. BRING NA DIE TOETSSESSIE •jou ID-boek, paspoort, of gesertifiseerde bewys van aansoek vir ’n Suid-Afrikaanse ID; 0 1 (Toelatingsvereistes volgens die ou matrikulasiekurrikulum tot 2007 is beskikbaar by die Kliëntedienssentrum – kontakbesonderhede hierbo.) Alle voornemende studente wat as eerstejaarstudente aan die US wil registreer moet die NNT’s skryf. Die NNT’s bestaan uit twee toetse: die AQL en MAT. Bespreek jou plek betyds by ’n sentrum naby jou. •jou registrasiebrief en EasyPay-betalingsbewys van toetsfooie; •twee HB-potlode, uitveër en skerpmaker; en •middagete as jy albei toetse skryf. (Geen sakrekenaars, liniale of woordeboeke word toegelaat nie.) wetenskappe en Teologie. Toelating tot die VGP’s verskil van fakulteit tot fakulteit. Wanneer jy aansoek om toelating doen, sal die fakulteit jou in kennis stel as jy moontlik in aanmerking kom vir ’n VGP. Meestal is dit studente wat net-net nie aan die toelatingsvereistes of keuringskriteria voldoen nie. WAAR EN WANNEER? Webwerf: www.nbt.ac.za NNT-Kliëntedienssentrum: 021 650 3523 Webwerf: stbweb02.stb.sun.ac.za/sol/verlengde_ graadprogram.html BEURSE EN LENINGS Universiteit Stellenbosch bied ’n verskeidenheid beurse aan: merietebeurse, sportbeurse, beurse vir studie in spesifieke fakulteite of departemente, algemene beurse en beurslenings vir behoeftige studente. Kyk in die Jaarboek Deel 2 by www.sun.ac.za/university/jaarboek/indeks.htm. Doen aanlyn aansoek met jou studentenommer. NAVRAE EN AANSOEKVORMS Kliëntedienssentrum: Kyk bladsy 1 Adres: Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings, Universiteit Stellenbosch, Privaat Sak X1, Matieland 7602 Webwerf: www.maties.com onder “Beurse en Lenings” ONDERRIGKOSTE VIR PROGRAMME Vir meer inligting skakel die Kliëntedienssentrum Webwerf: www.maties.com onder “Gelde” VERBLYF Dieselfde voorgeskrewe aansoekvorm word gebruik vir aansoeke om koshuisverblyf as om toelating tot die Universiteit. Die sluitingsdatum vir aansoeke om kos huisverblyf is 30 Junie van die jaar wat die losiesjaar voorafgaan. NUUT! VOORDELE VIR PRIVAAT STUDENTE Studente wat nie op die kampus woon nie, is deel van die Privaatstudenteorganisasie (PSO). Die PSO se wyke word saam met die koshuise in klusters gegroepeer. Elke kluster kry sy eie naaf (hub), ’n fasiliteit op die kampus waar privaat studente nou dieselfde voordele as koshuisstudente kan geniet. Die eerste naaf, amaMaties, is reeds in gebruik. Nog twee behoort teen 2014 klaar te wees. Webwerf: www.maties.com onder “Verblyf ” en “Privaat verblyf ” Kandidate wat vir koshuisverblyf aansoek gedoen het, kan by “Aansoek” en “Status van aansoek” kyk of ’n koshuisplek vir hul gereserveer is. 0 2 AKADEMIESE STEUN DEUR VGP’S Die verlengde graadprogramme (VGP’s) is volwaardige graadprogramme wat alternatiewe akademiese roetes vir studente bied om suksesvol te studeer. VGP’s word in die volgende fakulteite aangebied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Inge nieurswese, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Natuur SENTRUM VIR STUDENTEWERWING EN LOOPBAANADVIES Die Sentrum bied ondersteuning aan voornemende studente. Ons besoek skole, doen loopbaanuitstallings en is beskikbaar om jou en jou ouers te adviseer of die kampus te wys. VAKKEUSE- OF LOOPBAANVOORLIGTING Is jy onseker oor watter skoolvakke, studieprogram of loopbaan om te kies? Maak gerus ’n afspraak met een van ons sielkundiges vir ’n vakkeuse- of loopbaanassessering. Tel: 021 808 4709 OPEDAG Vrydag 11 April 2014 van 9:00 tot 16:30 by die Neelsie, ons studentesentrum Adres: Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies, Universiteit Stellenbosch, Victoriastraat 45 Posadres: Privaat Sak X1, Matieland 7602 Webadres: www.maties.com VERWELKOMINGSPROGRAM Nadat jy voorwaardelik toegelaat is tot die studieprogram waarvoor jy aansoek gedoen het, sal die Universiteit vir jou besonderhede stuur oor wanneer jy op Stellenbosch moet aanmeld vir die Verwelko mingsprogram (verpligtend) en hoe om as student te registreer. Hierdie inligting word van Oktober af aan jou gestuur. Die Universiteit het die reg om die inligting in hierdie brosjure deurlopend en soos nodig aan te pas. Dié inligting kan dus onvolledig of verouderd wees. Die inligting word hier so akkuraat en uitvoerig gegee as wat na ons beste wete teen druktyd moontlik was. Dit bly die voornemende student se verantwoordelikheid om die gegewe inligting te bevestig. Die nuutste inligting is beskikbaar op www.maties.com en by die telefoonnommers hierbo. AFKORTINGS NSS =Nasionale Senior Sertifikaat NNT’s =Nasionale Normtoetse VGP’s =Verlengde Graadprogramme AGRIWETENSKAPPE Aansoeke sluit 30 Junie. Indien plek nog beskikbaar is, word laat aansoeke tot 30 September aanvaar. PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 BEROEPSMOONTLIKHEDE BEWARINGSEKOLOGIE EN ENTOMOLOGIE BSc IN BEWARINGSEKOLOGIE 4 jaar BOSBOU- EN HOUTWETENSKAPPE BS C IN BOSBOU (BS C B OSB ) 4 jaar Rigtings: - Bosbou- en natuurlike hulpbronwetenskappe - Hout- en houtprodukkunde • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 Vir die rigting bosbou- en natuurlike hulpbronwetenskappe ook: • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 Vir die rigting hout- en houtprodukkunde ook: • Wiskunde 6 • Fisiese Wetenskappe 5 Bosbou- en hulpbronwetenskappe: Werk as bosboukundige houtkwe ker, omgewingsbeplanner, bosbounavorser, ondernemer, voorligter of konsultant, logistiese bestuurder, boomteler, adviseur vir landelike ontwikkeling en entrepreneur. Hout en houtprodukkunde: Werk as houtprodukkundige, bestuurder in vervaardigingsaanleg vir houtprodukte, produkontwikkelingsbestuurder, kwaliteitskontroleerder, konsultant en navorser. DIEREPRODUKSIESTELSELS BS C A GRIC IN DIEREPRODUKSIES TELSELS 4 jaar Rigtings: - Veekunde (hoofrigting) - Veekunde met agronomie - Veekunde met akwakultuur - Veekunde met bewaringsekologie - Landbou-ekonomie met veekunde • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 Konsultant, entrepreneur, bestuur der, tegnikus, voorligter of produksiebestuurder in veekundeen veekundeverwante bedrywe (bv. dierevoeding, vleiskunde, dierefisiologie, diere-reproduksie en diereteling), of in die akwakul tuurbedryf, veeboer en selfs wildboer. LANDBOU-EKONOMIE EN -BESTUUR BAgricAdmin IN LANDBOU-EKONOMIE EN -BESTUUR 3 jaar Rigting: -Agri-ondernemingsbestuur BScAgric IN LANDBOU-EKONOMIE EN -BESTUUR 4 jaar Rigtings: • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 BAgricAdmin: Bestuurder by landbou en landbou-verwante ondernemings (agri-ondernemings) wat op gewasproduksie of diereproduksie gerig is. Landbou-ekonoom by finansiële instelling (lewensvatbaarheidstudies, sakeplanne en kontantvloeibeplanning). BScAgric: Navorsers in makroekonomiese ontleding (impakbepa ling en ontwerp van landbou- en Loopbane in omgewingsimpakassessering en -monitering, restourasie-ekologie, bewarings biologie, wildplaasbestuur, ekotoerisme, volhoubare landbou, bosbou en organiese plantbestuur, gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur en navorsing in bewaringsbiologie. 0 3 0 4 - Landbou-ekonomiese analise - Landbou-ekonomiese analise en -bestuur -Voedselverwerkingsbestuur voedselbeleid); landbou-ekonome by finansiële instellings of bemarkings organisasies (waardasies, risiko ontledings, sakeplanne, kontantvloei); bestuurders en spesialiste by organisasies in die openbare sektor of by internasionale organisasies in ekonomiese ontwikkeling (bv. die Wêreldbank). Bestuurder van voedselverwerkingsonderneming. LANDBOUPRODUKSIE EN -BESTUUR BAgric IN LANDBOUPRODUKSIE EN -BESTUUR: ELSENBURG 3 jaar Rigtings (kies twee): -Agritoerisme -Agronomie -Diereproduksie - Entomologie -Groenteverbouing -Kelderbestuur -Pomologie -Voorligting - Wingerd- en wynkunde • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 5 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Lewenswetenskappe 4 OF Landbouwetenskappe 4 Algemene boerderybestuurder, landbouproduksiebestuurder, wynmaker, kelderbestuurder, voorligter, beroepe in agritoerisme, navorsing, onderwys en opleiding in jou gekose studierigtings. Meer inligting by 021 808 5451. PLANT- EN GRONDWETENSKAPPE (voorheen Gewasproduksiestelsels) BScAgric IN PLANT- EN GRONDWETENSKAPPE 4 jaar Rigtings: -Gewasproduksie - Gewasbeskerming en -teling - Grond- en waterbestuur (met Grondkunde en Chemie as hoof vakke) • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 Vir die rigting grond- en waterbestuur soos bo, MAAR: • Wiskunde 6 Beroepe in gewasproduksie (akkerbou, sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerd en kweekhuis), gewasbeskerming, genetiese gewasverbetering en grond- en waterbestuur. ’n Verskeidenheid loopbane in die landboubedryf of in die landbouverwante bedrywe, soos konsultant, entrepreneur, bestuurder, voorligter, tegnikus of navorser. VOEDSEL- EN WYNPRODUKSIE STELSELS BS C IN VOEDSELWETENSKAP 4 jaar Rigtings: - Voedselwetenskap met biochemie - Voedselwetenskap met chemie BScAgric IN WINGERD- EN WYNKUNDE OF IN WYNKUNDE (SPES) 4 jaar Rigtings: - Wingerd- en wynkunde algemeen - Wynkunde gespesialiseerd • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Landbouwetenskappe 6 BSc Voedselwetenskap: Voedsel wetenskaplikes word onder meer in diens geneem om kwaliteitsversekering, produkontwikkeling, navorsing, tegniese ondersteuning, verkope, aankope en produksie bestuur in die voedselbedryf te doen. BScAgric: Wynmaker, wingerdkundige, navorser, produksiebestuurder, bemarker, tegnikus, konsultant of entrepreneur in wynverwante bedrywe. VERLENGDE GRAADPROGRAMME (VGP’S) 1 bykomende studiejaar • ’n NSS-gemiddelde van tussen 50 en 59,9% • Die NNT-resultate word in ag geneem • Enige student wat vir ’n hoofstroomprogram aanvaar is, kan oorskakel na die VGP Soos vir elke program hierbo genoem. Met die uitsondering van BAgric in Landbouproduksie en -bestuur (Elsenburg) word al die boge noemde programme ook as verlengde programme aangebied. EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE Sluitingsdatums vir aansoeke: Aansoeke sluit 30 Junie (eerste keuringsrondte); laat aansoeke tot 30 September. Taalvereistes: Die eerste jaar van al ons programme word in Afrikaans en in Engels aangebied (A&E-spesifikasie of parallelmediumonderrig). Met die uitsondering van twee programme, BRek en BCom (Bestuurswetenskappe), word die opvolgende jare egter net in Afrikaans (A-spesifikasie) aangebied. Daarom stel ons vir hierdie programme toelatingsvereistes vir Afrikaans én Engels. BREË GRAADPROGRAMME MET VERSKEIE BEROEPSFOKUSSE TOELATINGSVEREISTES • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 5 • Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4 • Engels Eerste Addisionele Taal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 Vir BCom (Wiskundige Wetenskappe): • Wiskunde 6 Vir BCom (Bestuurswetenskappe): • Afrikaans Huistaal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 OF Engels Huistaal 4 OF Engels Eerste Addisionele Taal 4 Vir BCom (Bestuurswetenskappe) (Verlengde Graadprogram): • Wiskunde 4 • Afrikaans Huistaal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 OF Engels Huistaal 4 OF Engels Eerste Addisionele Taal 4 Indien jy Wiskunde 114, 144 en/of Rekenaarwetenskap 114, 144 as universiteitsvakke wil neem, dan: • Wiskunde 6 PROGRAMME BEROEPSMOONTLIKHEDE PER FOKUSAREA BCom 3 jaar Jy bou jou eie kurrikulum op uit ’n wye verskeidenheid vakke, waarvan een uit die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe mag wees. Fokusareas (kies in tweede jaar): -Beleggingsbestuur - Finansiële beplanning - Landbou-ekonomie - Openbare en ontwikkelingsbestuur ’n Kundige wat in die privaat en die owerheidsektore waarde kan toevoeg op die terreine van ekonomiese denke en die bestuur van ondernemings en van openbare instansies, insluitend finansiële bestuur en menslikehulpbronbestuur. Beleggingsbestuur: Die leerplan is gebaseer op dié van die internasionaal gesogte ‘Chartered Financial Analyst’. Moontlike loopbane sluit in beleggings analis, portefeuljebestuurder, aandelemakelaar en -handelaar. Finansiële beplanning: Beroep as finansiële adviseur in jou eie onderneming of die bankwese, versekerings- en ander bedrywe. Vir die internasionaal erkende kwalifikasie ‘Certified Financial Planner’ (CFP) volg op met die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en skryf die toelatingseksamen. Landbou-ekonomie: Werksgeleenthede sluit in entrepreneurskap, algemene bestuur, finansiële bestuur en logistieke bestuur by die lewering van landbouinsette en -dienste, die verwerking en verspreiding van landbouprodukte en by landboufinansiering. Openbare en ontwikkelingsbestuur: Bestuursberoepe in die openbare, vrywillige en ontwikkelingsektor soos algemene, strategiese, finansiële, personeel-, projek- of programbestuurder. Ontwikkelingsbeplanner; gemeenskapsontwikkelaar of ’n spesialis in beleids- en bestuursnavorsing. Bemarkingsbestuur: Bemarkers fokus op produkbesluite, prysbepaling, verspreiding van produkte/dienste en die bekendstelling daarvan. Moontlike loopbane: bemarkingsbestuurder, verkoopsbestuurder, kliëntebestuurder en reklamebestuurder. Entrepreneurskap en innovasie: Dit stel jou in staat om eie werksgeleenthede te skep en ook om ’n kreatiewe bydrae tot ander ondernemings te maak. Finansiële bestuur: Of jy ’n eie onderneming oorweeg of vir ’n groot maatskappy wil werk, ’n goeie kennis van finansiële bestuur is noodsaaklik vir sukses. Loopbane is beleggingsanalis, finansiële bestuurder of finansiële adviseur. 0 5 BCom (BESTUURSWETENSKAPPE) 3 jaar Fokusareas (kies in tweede jaar): -Bemarkingsbestuur - Entrepreneurskap en innovasie - Finansiële bestuur -Informasiestelselbestuur - Kwantitatiewe bestuur - Logistieke bestuur -Menslikehulpbronbestuur Klasse in Afrikaans en in Engels (parallelmediumonderrig) tot in finale jaar. Studente wat vir hierdie program aanvaar word, sal nie toegelaat word om na ander programme oor te skakel nie tensy hulle aan albei taaltoelatingsvereistes voldoen. BCom (EKONOMIESE WETENSKAPPE) 3 jaar Fokusareas (kies in tweede jaar): - Ekonomie (ekonometrici) - Ekonomie (ekonomiese en bestuurskonsultante) - Ekonomie (finansiële sektor) -Vervoerekonomie BCom (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) 3 jaar Fokusareas (kies in tweede jaar): - Finansiële risikobestuur - Operasionele navorsing -Rekenaarwetenskap - Wiskundige statistiek BCom (BESTUURSWETENSKAPPE) (VERLENGDE GRAADPROGRAM) 4 jaar Plek vir ±100 studente. Onderrig in Afrikaans én in Engels (parallelmediumonderrig) vir volle duur van program. Informasiestelselbestuur: Kennistegnologie word met die bedryf van ’n onderneming geïntegreer om aan die eise van produktiwiteit, effektiwiteit en (soms) innovasie te voldoen. Kwantitatiewe bestuur: Ná voldoende praktykservaring kan jy bedryfsfunksies en -prosesse in ondernemings op strategiese, taktiese en operasionele vlak ontleed en bestuur. Logistieke bestuur: ’n Logistieke bestuurder beplan die vloei en opberging van goedere, dienste en verwante inligting vanaf die plek van oorsprong tot by die plek van verbruik. Menslikehulpbronbestuur: Lei tot niestatutêre registrasie as ‘Human Resource Practitioner’ by die South African Board for People Practices. Moontlike loopbane is menslikehulpbronbestuurder, marknavorser, opleidingsbestuurder, konsultant en arbeidsverhoudingebestuurder. Vir statutêre registrasie as Psigometris of Bedryfsielkundige kyk BCom (Bedryfsielkunde). Ekonomie: ’n Loopbaan in die finansiële sektor as ekonomiese of finansiële analis, ekonomiese of bestuurskonsultant. Graduandi met ’n sterk kwantitatiewe agtergrond (d.w.s. ’n opleiding in wiskunde en statistiek saam met ekonomie) en aanvoeling kan as ekonometrici in die finansiële sektor, openbare sektor of by ’n navorsingsinstansie werk. Vervoerekonomie: Vervoerekonome beplan en bestuur vervoerinfrastruktuur, formulering van vervoerbeleid en beheer van vervoerstelsels vir owerhede en vervoerondernemings. Finansiële risikobestuur: Persone met opleiding in finansiële risikobestuur, wiskundige statistiek en finansiële wiskunde kan by groot finansiële instellings werk as finansiële kwantitatiewe analiste soos finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders en finansiële-instrumenthandelaars. Operasionele navorsing: ’n Operasionele navorser los praktiese probleme vir ondernemings op deur wiskundige modelle te soek wat die beste moontlike antwoorde bied vir komplekse situasies in fabrieke, sakeondernemings, banke en die mynbou- en landbousektore. Rekenaarwetenskap: Die breë kennis van rekenaarwetenskap en die besigheidswêreld wat jy opdoen, sal jou in staat stel om suksesvol ’n beroep in enige omgewing as programmeerder te aanvaar. Wiskundige statistiek: Wiskundig-statistiese teorie, prosedures en gepaardgaande rekenaarvaardighede is in aanvraag in die nasionale en internasionale korporatiewe sake-, navorsings- en owerheidsektore. Statistikus, data-ontginner, databestuurder en statistiese analis in bemarkings-, inligtings- en bestuursafdelings. Fokusareas soos vir BCom (Bestuurswetenskappe) hierbo. Studente wat vir hierdie program aanvaar word, sal nie toegelaat word om na ander programme oor te skakel nie. 0 6 GRAADPROGRAMME VIR PROFESSIONELE REGISTRASIE PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BCom (AKTUARIËLE WETENSKAP) 3 jaar • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 7 • Afrikaans Huistaal 4* OF Engels Huistaal 4* • Engels Eerste Addisionele Taal 4* OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4* *Vir minstens een van die taalvakke word 5 vereis. Om as ’n aktuaris te kwalifiseer (Fellow of the Actuarial Society of South Africa) moet jy al vyftien eksamens van die beroepsliggaam slaag en ook gepaste werksondervinding opdoen. Suksesvolle studie by ’n universiteit mag lei tot vrystelling van verskeie eksamens. BRek 3 jaar Klasse in Afrikaans en in Engels (parallelmedium-onderrig) tot in finale jaar. Studente wat vir hierdie program aanvaar word, sal nie toegelaat word om na ander programme oor te skakel nie tensy hulle aan die taaltoelatingsvereistes vir Afrikaans én Engels voldoen. BCom (BESTUURSREKENINGKUNDE) 3 jaar BCom (FINANSIËLE REKENINGKUNDE) 3 jaar BCom (BEDRYFSIELKUNDE) 3 jaar • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 én Rekeningkunde 6 • Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4 OF Engels Eerste Addisionele Taal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 Hierdie kwalifikasie word internasionaal hoog aangeslaan en is gesogte opleiding vir voornemende geoktrooieerde rekenmeesters. Jy verkry die professionele kwalifikasie van geoktrooieerde rekenmeester as jy die eksamens van die SuidAfrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en/of die Independent Regulatory Board for Auditors (IRBA) slaag. ’n Geoktrooieerde rekenmeester kan as ouditeur werk vir ’n ouditeursfirma. Hierdie beroep word statutêr beskerm. Ander beroepe in bv. finansiële bestuur, bestuursrekeningkunde of belastingkonsultasie kan ook oorweeg word. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 5 • Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4 • Engels Eerste Addisionele Taal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 Om die internasionaal erkende rekeningkundige kwalifikasie van geoktrooieerde bestuursrekenmeester te verkry, moet jy in die eksamens van die Geoktrooieerde Instituut van Bestuursrekenmeesters (CIMA, Londen) slaag. Bestuursrekenmeesters gebruik finansiële vaardighede en interpre teer en gebruik finansiële inligting in die bestuur van ’n onderneming. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 5 • Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4 • Engels Eerste Addisionele Taal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 Om die internasionaal erkende professionele kwalifikasie van geoktrooi eerde gesertifiseerde rekenmeester te verkry, moet jy in die eksamens van die Geoktrooieerde Assosiasie van Gesertifiseerde Rekenmeesters (ACCA, Londen) slaag. Gesertifiseerde rekenmeesters berei finansiële state voor, doen interne ouditering en verskaf belasting- en besigheidsadvies. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Wiskunde 5 • Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4 • Engels Eerste Addisionele Taal 4 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 Statutêre registrasie as psigometris by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) word verkry deur die BCom (Bedryfsielkunde) en die HonsBCom (Bedryfsielkunde) te voltooi, ’n internskap van 6 maande te doen en ’n professionele raadseksamen te slaag. Statutêre re gistrasie as bedryfsielkundige by die HPCSA word verkry na die MCom (Bedryfsielkunde)-program, ’n internskap van 12 maande en die slaag van die professionele raadseksamen. 0 7 GRAADPROGRAMME MET ’N REGSFOKUS Vir toelatingsvereistes en beroepsmoontlikhede, kyk by die Fakulteit Regsgeleerdheid verderaan: BCom (Regsgeleerdheid) BRekLLB GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE Leerders word vir hierdie programme gekeur op grond van akademiese skoolprestasie (45% van die keuringspunt), prestasie in die NNT’s (30% van die keuringspunt) en nieakademiese prestasies op hoërskool (graad 10–12) op gebiede soos leierskap, sport, kultuurbedrywighede, gemeenskapsdiens en veeltaligheid (25% van die keuringspunt). Onderrig is tweetalig (Tspesifikasie) in Afrikaans en Engels. Kyk keuringsriglyne by www.maties.com en laai die vereiste vorms daar af. PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE MB,C H B 6 jaar Aansoeke sluit 31 Mei; ±235 kandidate word gekeur. Lewer Nieakademiesemerietevorm met aansoek in. • Skryf die NNT’s AQL en MAT teen einde Junie • ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 • Lewenswetenskappe 4 • Sterk aanbeveling: Afrikaans en Engels as skoolvakke Na ’n verdere twee jaar van internskap én ’n gemeenskapsdiensjaar kan jy as Onafhanklike Mediese Praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer. B IN ARBEIDSTERAPIE 4 jaar Aansoeke sluit 31 Mei; ±50 kandidate word gekeur. Lewer Nieakademiesemerietevorm met aansoek in. Lewer Medieseverslagvorm teen 31 Julie in. • Skryf die NNT’s AQL en MAT teen einde Junie • ’n NSS-gemiddelde van minstens 50% • Wiskunde 3 • Lewenswetenskappe 4 • Sterk aanbeveling: Afrikaans en Fisiese Wetenskappe as skoolvakke Na ’n verdere gemeenskapsdiens jaar kan jy as Arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer. BS C IN DIEETKUNDE 4 jaar Aansoeke sluit 31 Mei; ±35 kandidate word gekeur. Lewer Nieakademiesemerietevorm met aansoek in. Lewer Mediesever slagvorm en Kliniesebesoekvorm teen 31 Julie in. • Skryf die NNT’s AQL en MAT teen einde Junie • ’n NSS-gemiddelde van minstens 50% • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 • Lewenswetenskappe 4 • Sterk aanbeveling: Afrikaans as skoolvak Na ’n verdere gemeenskapsdiens jaar kan jy as Dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer. BS C IN FISIOTERAPIE 4 jaar Aansoeke sluit 31 Mei; ±55 kandidate word gekeur. Lewer Nieakademiesemerietevorm met aansoek in. Lewer Medieseverslagvorm teen 31 Julie in. • Skryf die NNT’s AQL en MAT teen einde Junie • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 • Lewenswetenskappe 4 • Sterk aanbeveling: Afrikaans as skoolvak Na ’n verdere gemeenskapsdiens jaar kan jy as Fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer. • Skryf die NNT’s AQL teen einde Junie • ’n NSS-gemiddelde van minstens 50% • Engels en Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Sterk aanbeveling: ’n derde taal • Aanbeveling: Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe as skoolvakke Nuwe vereistes vir studie in 2016: • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% • Ten minste 2 van die volgende 3 tale: Engels en/of Afrikaans en/ of ’n derde taal (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5 • Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe 4 Na ’n verdere gemeenskapsdiens jaar kan jy as Spraak-taalterapeut by die Raad vir Gesondheidsbe roepe van Suid-Afrika registreer. 0 8 B IN SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE 4 jaar Aansoeke sluit 31 Mei; ±30 kandidate word gekeur. Lewer Nieakademiesemerietevorm met aansoek in. Lewer Mediesever slagvorm en Kliniesebesoekvorm teen 31 Julie in. INGENIEURSWESE Die BIng-programme is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie van gegradueerdes as Professionele Ingenieurs, na verwerwing van toepaslike ondervinding in die praktyk. MINIMUM TOELATINGSVEREISTES VIR DIE VIERJAARPROGRAM • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% • Wiskunde 6 • Fisiese Wetenskappe 5 • Engels Huistaal 3 OF Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Engels Eerste Addisionele Taal 4 saam met óf Afrikaans Huistaal 3 óf Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5 • Afgesien van bostaande vereistes, word aansoekers ook volgens keuringskriteria gekeur. • Aansoeke sluit 30 Junie; laat aansoeke sluit 30 September. KEURINGSKRITERIA VIR DIE VIERJAARPROGRAM Ons pas ’n keuringsformule toe waarvolgens die resultate van 6 Matriekvakke (uitgesluit Lewensoriëntering en Wiskundige Geletterdheid) gebruik word, met Wiskunde en Fisiese Wetenskappe wat dubbel tel. Om ’n redelike kans vir keuring te hê, behoort die Wiskundepunt, asook die gemiddelde punt, bokant 75% te wees, en bo 60% vir Fisiese Wetenskappe. VERLENGDE GRAADPROGRAM Voornemende studente wat nie aan die minimum toelatingsvereistes en keuringskriteria vir die vierjaarprogram voldoen nie, mag aansoek doen en sal vir die Verlengde Graadprogram oorweeg word. BEROEPSMOONTLIKHEDE PER FOKUSAREA BI NG (BEDRYFS) 4 jaar Bedryfsingenieurs ontwerp, implementeer, bedryf, verbeter en bestuur tegnologiese stelsels om ondernemings meer mededingend te maak. Hier die stelsels bestaan gewoonlik uit mense, toerusting, inligting, kapitaal, prosesse en prosedures. Bedryfsingenieurs verbeter die gehalte, produktiwiteit en koste-doeltreffendheid van hierdie elemente deur optimering. BI NG (CHEMIES) 4 jaar Chemiese en mineraalprosesseringsingenieurs is gemoeid met al die prosesse vir sowel die vervaardiging van chemikalieë en ander verbruiksgoedere as die ekstraksie van minerale op industriële skaal. Hulle beklee beroepe in bedrywe soos die chemiese industrie, myne en metallurgiese aanlegte, vervaardigingsaanlegte, die voedselbedryf en farmaseutiese, biotegnologiese en navorsingsinstansies. BI NG (ELEKTRIES EN ELEKTRONIES) 4 jaar Elektriese en elektroniese ingenieurs is gemoeid met die aanwending van elektriese energie in bedrywe soos elektrisiteitsvoorsiening, fabrieke en chemiese aanlegte, myne, munisipaliteite, spoorweë en hawens. Hulle werk ook byvoorbeeld waar elektroniese inligtingstelsels, soos rekenaars, mikroverwerkers en rekenaarnetwerke, telefone, selfoonnetwerke, televisie, satellietstelsels, radar en outomatiese vlugstelsels gebruik en ontwikkel word. BI NG (MEGANIES) 4 jaar Meganiese ingenieurs ontwerp, ontwikkel en vervaardig masjinerie, strukture, aanlegte en produkte vir sowel groot ondernemings as kleiner konsultasievennootskappe en ondernemings. Verder speel meganiese ingenieurs ’n sleutelrol in die ontwikkeling, bestuur en onderhoud van stelsels soos kragstasies, vliegtuie, voertuie, prosesaanlegte en vervaardi gingsaanlegte. BI NG (MEGATRONIES) 4 jaar Megatroniese ingenieurs ontwerp toestelle wat uit rekenaar-, elektroniese en meganiese komponente bestaan, bv. deur masjienonderdele, sensors en aktueerders te integreer en dan met rekenaarstelsels te beheer. Voorbeelde hiervan is mediese toestelle, kunsharte, geoutomatiseerde vervaardigingstoerusting en enjinbeheerders. 0 9 PROGRAMME BIN G (SIVIEL) 4 jaar Siviele ingenieurs is betrokke by die ontwerp, konstruksie en instandhouding van ekonomiese, residensiële en sosiale infrastruktuur, bv. brûe, damme, hawens, hidroëlektriese-, son-, steenkool- en windturbinekragsentrales, lugha wens, myne, paaie, spoorlyne, woon- en kantoorgeboue, hospitale en skole. KRYGSKUNDE Hierdie programme, wat toegespits is op nasionale sekerheid en verdediging, word vir gekeurde offisiere van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en ander weermagte aangebied. Elke kandidaat kies ’n program in ooreenstemming met die loopbaanontwikkelingsplan wat vir hom/haar as individu opgestel is. ’n Aanbeveling van die Militêre Akademie Keurraad wat die toelatingsvereistes soos bepaal deur die Universiteit en die SANW in ag neem, word vereis vir al die ondergenoemde programme. Aansoeke sluit 30 Junie. PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BM IL IN MENSLIKE EN ORGANISASIE-ONTWIKKELING 3 jaar • Minimum vereistes vir universiteitstudie geld (kyk bladsy 1) BM IL IN ORGANISASIE- EN HULPBRONBESTUUR 3 jaar • Wiskunde 3 of Wiskundige Geletterdheid 5 BM IL IN TEGNOLOGIE 3 jaar • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 BM IL IN TEGNOLOGIE EN VERDEDIGINGSBESTUUR 3 jaar • Wiskunde 4 • Fisiese Wetenskappe 4 BM IL IN VEILIGHEID- EN AFRIKASTUDIE 3 jaar • Minimum vereistes vir universiteitstudie geld (kyk bladsy 1) LETTERE EN SOSIALE WETENSKAPPE Daar is twee breë groepe programme: die algemene programme wat jou ’n breë agtergrond gee vir verskeie beroepe in verbandhoudende velde en die gespesialiseerde programme juis op spesifieke beroepe gerig. 1 0 ALGEMENE TOELATINGSVEREISTES • Skryf die NNT’s AQL • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% • Kyk verdere toelatingsvereistes by die programme PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BA IN GEESTESWETENSKAPPE# 3 jaar Algemene graadprogram Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. Bane: - Die mens se denke, taal, kultuur en kuns - Die mens en die samelewing • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6 Jy kan kies uit ’n groot aantal vakke wat fokus op een van die twee bane. Nagraadse opleiding kan lei tot beroepe as onderwyser, sielkundige, taalpraktisyn, joernalis, stads- en streekbeplanner. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 Loopbane in die taal- en kultuur professies, diplomatieke diens, onderwys, uitgewersberoep, advertensiewese, toerisme, joerna listiek en die vertalingsbedryf. • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5 • Wiskunde 5 of 6 (afhangende van jou modulekeuse: kyk by www.informatics.sun.ac.za) Beroepe in die komplekse, markeko nomiese werkomgewing waar leierskap en besluitneming vereis word. Entrepreneur, besigheidsanalis, projekbeplanner, scenario-ontwerper, joernalis, diplomaat, navorser, skakelbeampte, bestuurskonsultant, bemarker en kommunikeerder. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 4 • Kandidate moet einde September beskikbaar wees vir ’n oudisie en/ of onderhoud by die Dramadepartement in Stellenbosch Hierdie kwalifikasie berei jou voor vir ’n loopbaan in die teater- en mediabedryf en verwante terreine soos skakel- en bemarkingswese, onderwys en kultuursake. • Engels Huistaal 4 of Engels Eerste Addisionele Taal 5 Diplomatieke diens, parlement, nasionale intelligensie-agentskap, toerismebedryf, internasionale joernalistiek, skakelwese, invoeren uitvoerbedryf, bevordering van handel en investering (bv. WESGRO), wêreld-organisasies (Verenigde Nasies, Amnesty International, World Economic Forum). • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 Maatskaplike werker op nasionale, provinsiale en plaaslike owerheidsvlak, asook by welsynsorganisasies en nieregeringsorganisasies. BA IN MENSLIKE HULPBRONBESTUUR# 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • Wiskunde 4 Indien jy Statistiek 186 as universiteitsvak wil neem, dan: • Wiskunde 5 Opleidingsbestuurder, menslikehulpbronbestuurder, psigometris, bestuurskonsultant, arbeidsverhoudingpraktisyn. B IN MUSIEK (BM US ) 4 jaar Aansoeke sluit 31 Augustus; keu ring op grond van die Dept. Musiek se oudisie en teoretiese toets, • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande Musiekonderwyser, uitvoerende kunstenaar, begeleier, musiekregisseur, dosent, musiekwetenskaplike, komponis of koordirigent. Musiekverwante beroepe soos BA IN TAAL EN KULTUUR# 3 jaar Algemene graadprogram Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. BA IN BESLUITNEMING EN KENNISBESTUUR 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. BA IN DRAMA- EN TEATERSTUDIE 3 jaar Spesialiseringsterreine: - Toneelspel en performance-opleiding - Tegniese en bestuursopleiding Aansoeke sluit 15 Augustus; keu ringsvereistes en opdrag beskikbaar by [email protected]. BA IN INTERNASIONALE STUDIE# 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. B IN MAATSKAPLIKE WERK# 4 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. 1 Vakke soos Ekonomie, Geografie en Omgewingstudie, Geskiedenis, Politieke Wetenskap, Sielkunde, Sosiale Antropologie en Sosiologie kan met nagraadse studie lei tot ’n loopbaan in sielkunde, beplanning, media, onderwys en opleiding, skakeling, politiek, bestuur, navor sing, beleidsanalise en konsultasie. 1 • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6 Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 5 BA IN SOSIALE DINAMIKA# 3 jaar Algemene graadprogram Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. waartydens kandidate bewys van die vereiste standaarde moet lewer; meer inligting by [email protected]. BA IN MUSIEK 3 jaar Aansoeke sluit 31 Augustus; keuring op grond van die Dept. Musiek se oudisie en teoretiese toets, waartydens kandidate bewys van vereiste standaarde moet lewer; meer inligting by [email protected]. Bane: -Algemeen -Musiektegnologie DIPLOMA IN PRAKTIESE MUSIEK 3 jaar Aansoeke sluit 31 Augustus; keuring op grond van die Dept. Musiek se oudisie en teoretiese toets, waartydens kandidate bewys van vereiste standaarde moet lewer; meer inligting by [email protected]. HOËR SERTIFIKAAT IN MUSIEK 1 jaar Aansoeke sluit 31 Augustus; keuring op grond van die Dept. Musiek se oudisie en teoretiese toets, waartydens kandidate bewys van vereiste standaarde moet lewer; meer inligting by [email protected]. 1 2 BA IN ONTWIKKELING EN OMGEWING# 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 6 joernalis, ’n verwerker van musiek of musiektegnoloog. Kan nagraads spesialiseer in: musiekopvoedkunde, uitvoering, kamermusiek/begeleiding, solosang/solospel, musiekwetenskap, komposisie, musiektegnologie, etnomusikologie of koorleiding. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen Vir die baan musiektegnologie, ook: • Wiskunde 4 Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 6 Algemene baan: Privaat musiek onderwyser, uitvoerende kuns tenaar, begeleier, musiekregisseur, dosent, musiekwetenskaplike, komponis, koordirigent, musiekjoernalis, musiekterapeut, of hoërskoolonderwyser. Nagraadse studie in jou gekose hoofvak ontsluit verdere moontlikhede. Musiektegnologiebaan: Musiek onderwyser, komponis en verwer ker, musiektegnoloog, klanktegnikus en entrepreneur in omgewings waar multimediastelsels interaktief gebruik word. Afhangende van jou program se vakkeuse, ook hoërskoolonderwyser na die verwerwing van die Nagraadse Onderwyssertifikaat. • Skryf nie die Nasionale Normtoetse • ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) • Minstens 3 in elk van 4 skoolvakke (uitgesonderd Lewensoriëntering) • In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringliggame se Graad III/IV-eksamen Instrumentale of sangonderwyser, koordirigent, kerkorrelis, uitvoe rende kunstenaar of orkesspeler. • Skryf nie die Nasionale Normtoetse • ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) • In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek gelykstaande aan die Graad V/VI-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige van die musiekeksamineringliggame se Graad III/IV-eksamen Jy kan ’n bydrae lewer tot musiek projekte in die gemeenskap. Hierdie kwalifikasie kan jou voorberei vir die Diploma in Praktiese Musiek of een van die musiekgraadprogramme, mits jy aan al die toelatingsvereistes voldoen. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6 Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 5 Loopbane in gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stads- en streekbeplanning, toeris me, hulpbronbestuur en omge wingsbeplanning in die openbare en privaat sektore. BA IN POLITIEKE, FILOSOFIESE EN EKONOMIESE STUDIE (PPE) 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. BA IN REGSGELEERDHEID BA IN SOSIO-INFORMATIKA# 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September. BA IN SPORTWETENSKAP 3 jaar Aansoeke sluit 31 Julie; plek vir 80 studente; vul die Departement Sportwetenskap se keuringsvraelys en mediesegeskiedenis-vorm in (beskikbaar by www.maties.com of 021 808 9111) en lewer saam met die Universiteit se amptelike aansoekvorm in. BA IN VISUELE KUNSTE 4 jaar Aansoeke sluit op 30 September; lewer portfolio in teen 30 September; tel. 021 808 2508 soggens vir inligting. Bane: - Juweliersware- en metaalontwerp - Skone kunste - Visuele kommunikasie-ontwerp # VERLENGDE GRAADPROGRAMME (VGP' S ) 4 jaar Alle programme met ’n # gemerk. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • Wiskunde 5 Bestuurder, joernalis, sakeman/ vrou, diplomaat, staatsamptenaar, navorser, konsultant of akademikus. Kyk by Fakulteit Regsgeleerdheid. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • Wiskunde 5 Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 6 Kennisingenieur, besigheidsanalis, projekbestuurder, internetontwikkelaar, korporatiewe informasiesisteem-argitek, kennisbestuurder, elektroniese besigheidspesialis, databasisbestuurder en analis in besluitnemingsteundienste. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • Wiskunde 3 • Fisiese Wetenskappe 3 of Lewenswetenskappe 4 • Bywoning van en deelname aan sportpraktika is verpligtend Sportafrigting, rekreasieleierskap, sportadministrasie, bemarking, sportbestuur, werk met mense met gestremdhede, fiksheidsindustrie, biokinetika, sportnavorsing en onderwys (liggaamlike opvoeding). Sportwetenskap kan met Geografie en Omgewingstudie, Sielkunde, Afrikaans en Nederlands of English Studies gekombineer word. • Huistaal 4 • Eerste Addisionele Taal 3 • Keuring op grond van ’n voorgeskrewe portefeulje Professionele kunstenaar, grafiese ontwerper, illustreerder, juweliers ware-ontwerper of kunskritikus. Verwante beroepe: verhoogontwerper, boekontwerper, museumbeampte, kunshandelaar, kunsentrepreneur, gemmoloog, tegniese produksiewese (beeldhou, sweis, gietwerk, litografie) en velde soos filmproduksie, kunsdireksie, fotografie, advertensiewese. Studente word vir die VGP’s gekeur volgens die oordeel van die Fakulteit. Kyk “Akademiese steun...” op bladsy 2. Beroepe soos vir die onderskeie programme hierbo beskryf. NATUURWETENSKAPPE Die eerste jaar van ’n BSc-program word gewy aan die bou van ’n platform van kundigheid en vaardigheid in een van die breë studierigtings. Studente word aangemoedig om hulle driejarige BSc-studie op te volg met ’n honneursgraad, wat hulle in staat stel om erkenning en registrasie (waar van toepassing) as professionele wetenskaplikes te bekom. 1 3 KEURING • Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is 30 Junie van die jaar voor studie. • Al ons studieprogramme is onderworpe aan keuring, op grond van vasgestelde minimum vereistes en die getal studente wat per program geakkommodeer kan word. • Die minimum vereistes vir keuring is ’n keuringspunt van 65% en programspesifieke vereistes vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. • Die keuringspunt word volgens prestasievlakke in jou graad 11- of 12-vakke (Lewensoriëntering uitgesluit) só bereken: (beste taalpunt + (Wiskunde x 2) + vak 1 + vak 2 + vak 3 + vak 4) ÷ 7 • Indien jou program die vak Fisiese Wetenskappe vereis, moet dit by hierdie formule ingesluit word. PROGRAMME IN BIOLOGIESE WETENSKAPPE TOELATINGSVEREISTES • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Fisiese Wetenskappe 4 Die wiskundevereiste hang af van jou vakkeuse op universiteit. 1. Indien jy Wiskunde 114 of 144 en Fisika 114 of 144 as universiteitsvakke wil neem, dan ook: • Wiskunde 6 2. Indien jy Wiskunde (Bio) 124 en Fisika (Bio) 134 of 154 as universiteitsvakke neem, dan ook: • Wiskunde 5 PROGRAMME BEROEPSMOONTLIKHEDE PER FOKUSAREA BS C IN BIODIVERSITEIT EN EKOLOGIE 3 jaar Bioloog of ekoloog in die staatsdiens, privaat sektor of die akademiese wêreld; onderwyser; navorser; loopbaan in ekotoerisme en omgewingsbewaring. Wiskunde-vereiste 2 hierbo. BS C IN MENSLIKE LEWENSWETENSKAPPE 3 jaar Strome: -Biologie - Biologie met sielkunde Fisioloog, biochemikus, anatoom, genetikus of sielkundige (met die nodige nagraadse kwalifikasie) in die privaat, openbare, akademiese of gemeenskap sektore. Vir biologie: Wiskunde-vereiste 1 of 2 hierbo. Vir biologie met sielkunde: Wiskunde-vereiste 2 hierbo. Mikrobioloë, biochemici, genetici en biotegnoloë werk met menslike, dier- en plantselle, giste, bakterieë, fungi en virusse om siektevrye gewasse (landbou, voedselindustrie), nuwe medisynes (farmaseutiese industrie), of ensieme van nut vir die industrie of mynbousektor te ontwikkel. Wiskunde-vereiste 1 of 2 hierbo. BS C IN MOLEKULÊRE BIOLOGIE EN BIOTEGNOLOGIE 3 jaar Sportafrigting, sportbestuur, bemarking, sportnavorsing, werk met persone met gestremdhede, fiksheidsindustrie, biokinetika, onderwys (liggaamlike opvoeding). Wiskunde-vereiste 2 hierbo. BS C IN SPORTWETENSKAP 3 jaar Keuringsvorms vir mediese en fisieke geskiktheid vir hierdie program is verkrygbaar by www. maties.com of [email protected] of 021 808 4723. 1 4 PROGRAMME IN FISIESE WETENSKAPPE PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BS C IN CHEMIE 3 jaar Strome: - Chemie en polimeerwetenskap - Chemiese biologie - Tekstiel- en polimeerwetenskap • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 6 • Fisiese Wetenskappe 4 Polimeerchemikus, materiaalkundige: Beroepe in die verpakkings-, verf-, kleefmiddel- en tekstielindustrie, asook die vervaardigingsektor of verskaffers van rou materiale. Analitiese chemikus: Beplanning en bedryf van chemiese aanlegte, ontwikkeling van nuwe analitiese metodes en produksieprosesse, bemarking van chemikalieë en wetenskaplike instrumente, onderwys en omgewingswetenskaplikes. Organiese en biochemikus: Navorsers in staatslaboratoriums soos die forensiese laboratoriums in Kaapstad en Pretoria, vervaardigers van plaagdoders asook farmaseutiese en kosmetiese produkte, en chemici wat prosesse en die kwaliteit van grondstowwe en vervaardigde produkte moet beheer. Beroepe in tekstielbedryf: Bestuurder, produkontwikkelaar (bv. hipertegnologieprodukte, prostese, sportdrag en -toerusting, beskermende klere), tekstielingenieur (mediese tekstiele, industriële tekstiele, mikrovesels, nanove sels), tegniese verkoopsbestuurder, produksiebestuurder, kwaliteitsbestuurder, aankoper of navorser. BS C IN FISIKA 3 jaar Strome: - Kernfisika - Laserfisika - Stralings- en gesondheidsfisika - Teoretiese fisika • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 6 • Fisiese Wetenskappe 4 Kernfisikus: Navorsingsgeleenthede by die versnellersentrum iThemba LABS en nywerhede soos Eskom, WNNR, Sasol, Iscor en die SABS. Laserfisikus: Werk in industrieë, bv. optiese stelsels, kommunikasie (optiese vesels), mediese praktyk (kankerbestraling), ekologie (besoedelingsmonitering), kriminologie (forensiese wetenskap) en verdediging (beheer en kommunikasie). Stralingsfisikus: Monitering van stralingsgevare vir die Departement van Gesondheid, kernkragsentrales, uraanmyne. Teoretiese fisika: Werksgeleenthede in die breë sektors van informasietegnologie, geologie, en die biologiese en ekonomiese wetenskappe. BS C IN AARDWETENSKAP 3 jaar BS C IN GEOINFORMATIKA 3 jaar • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Fisiese Wetenskappe 4 Indien jy Wiskunde en Fisika as universiteitsvakke neem, dan ook: • Wiskunde 6 Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as universiteitsvakke neem, dan ook: • Wiskunde 5 Geoloog en aardwetenskaplike: Nasionale of internasionale beroepe in mynbou, eksplorasie, toegepaste mineralogie en omgewingswetenskap. Moontlike werkgewers is die Raad vir Geowetenskappe, Mintek, die WNNR, Suid-Afrikaanse mynbou- en eksplorasiebedryf, en plaaslike en internasionale geologiese en omge wingswetenskaplike konsultante. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Fisiese Wetenskappe 4 Indien jy Wiskunde en Fisika as universiteitsvakke neem, dan ook: • Wiskunde 6 Indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as universiteitsvakke neem, dan ook: • Wiskunde 5 Geografiese inligtingswetenskaplike: GIS- (Geografiese Inligtingstelsels) en aardwaarnemingspesia liste (afstandwaarneming) werk vir omgewingskonsultgroepe, beplannings- en ingenieursfirmas, programmatuurontwikkeling- en rekenaarkonsultgroepe in alle vlakke van die regering gemoeid met hulpbron- en infrastruktuurbestuur, agentskappe betrokke by natuurlike hulpbronontwikkeling en menslike ontwikkelingsprogramme, eksplorasie van minerale en mynwese. ’n HonsBSc-jaar by voldoen aan die vereistes vir professionele registrasie as ’n Geografiese Inligtingswetenskaplike (GIW). PROGRAMME IN WISKUNDIGE WETENSKAPPE PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BS C IN WISKUNDIGE WETENSKAPPE 3 jaar Strome: - Biowiskunde met molekulêre biologie - Biowiskunde met ekologie - Finansiële wiskunde - Operasionele navorsing (ON) -Rekenaarwetenskap - Toegepaste wiskunde -Wiskunde - Wiskundige statistiek • Skryf die NNT’s AQL en MAT • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 • Wiskunde 6 • 4 in enige ander skoolvak uit lys van universiteitstoelatingsvakke (kyk bladsy 1) Indien jy Chemie of Fisika as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Fisiese Wetenskappe 4 Vir die fokusse biowiskunde met molekulêre biologie en met ekologie: • Fisiese Wetenskappe 4 Die stroom wat jy kies bepaal jou beroep. Biowiskunde: Biowiskundiges werk vir farmaseutiese maatskappye, die regering, gesondheidsorganisasies, die landbou- en omgewingsektor of as navorser op die gebied van molekulêre biologie, sisteembiologie, bioinformatika of ekologie. Finansiële wiskunde: Beroepsge leenthede in die bankwese, verseke ringswese en by beleggingsinstansies. 1 5 Operasionele navorsing: ’n Logistikus soek oplossings vir ingewikkelde kwantitatiewe probleme en wys skaars bronne optimaal toe. Toepassingsmoontlikhede in maatskappyboerdery, mynbou, bosbou, vervaardigingsektor, produkbemarking, konsultantdienste en spesialisraadgewing. Rekenaarwetenskap: Programmeerder, stelselontwerper, sekuriteitsanalis, netwerk-ontwerper, ontwerper van mobiele toepassings vir slimfone en tablette, 3D-animeerder vir filmindustrie. Toegepaste Wiskunde: Programmeerder of kundige in modellering van dinamiese prosesse, beeldverwerking, numeriese metodes en vloeimodellering in nywerheid, bankwese of rekenaarbedryf. Wiskunde: loopbane wat gesofistikeerde kwantitatiewe vaardighede benodig, soos in die bank-, versekerings- en beleggingswese. Sekondêre of tersiêre onderwys. Wiskundige statistiek: Ontleed en interpreteer inligting in data vir bank- en versekeringswese, of tersiêre onderwys. VERLENGDE GRAADPROGRAMME Al bogenoemde programme word ook as verlengde programme aangebied, wat een bykomende studiejaar behels. Kyk “Akade miese steun...” bladsy 2. • Kyk die onderskeie programme se toelatingsvereistes • Wiskunde of Fisiese Wetenskappe een vlak laer as die toelatingsvereistes • ’n Keuringspunt tussen 55 en 65% Soos vir elke program hierbo genoem. OPVOEDKUNDE PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BE D (GRONDSLAGFASE) 4 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; plek vir 120 studente; vra keuringsriglyne by [email protected]. BE D (INTERMEDIÊRE FASE) 4 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; plek vir 120 studente; vra keuringsriglyne by [email protected]. Ons raai jou aan om van die volgende vakke op skool te neem: Geografie, Besigheidstudies, Ekonomie, Fisiese Wetenskappe, Wiskunde, Geskiedenis, Inligtingstegnologie, Lewenswetenskappe, Rekenaartoepassingstegnologie, Rekeningkunde en Religiestudies. • Skryf die NNT’s AQL • ’n Gemiddeld van minstens 55% vir die NSS of IEB (uitgesluit Lewensoriëntering) • Wiskunde 3 OF Wiskundige Geletterdheid 5 EN Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het: • Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5 • Engels OF Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 OF Leerders wat in Engels skoolgegaan het: • Engels (Huistaal of Eerste Addi sionele Taal) 5 • Afrikaans of Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 Onderwyser vir graad R tot 3. ’n Graad uit enige ander fakulteit met een of twee vakke waarin jy kan skoolhou. Kyk Jaarboek Deel 6 vir kurrikulumstudiespesialiserings se vereistes. Onderwyser in een vak vir graad 10 tot 12 (VOO) en onderwyser in twee vakke vir graad 7 tot 12 (Senior en VOO). NAGRAADSE ONDERWYSSERTIFIKAAT 1 jaar Spesialisering: - Verdere Onderwys- en Opleidingfase (VOO) - Senior en VOO Onderwyser vir graad 4 tot 6. Met verdere nagraadse opleiding kan jy ’n remediërende onderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of ’n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig)) word. Of jy kan spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid. 1 6 REGSGELEERDHEID PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE LLB (VIERJARIG) 4 jaar Aansoeke sluit op 30 Junie; skryf NNT’s voor einde Junie. • Skryf die NNT’s AQL • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans OF Engels Huistaal 5 Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 5 Stel jou in staat om as prokureur of advokaat te praktiseer of as regsadviseur op te tree nadat jy die vereiste praktiese opleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen geslaag het. Indien jy ’n universiteitsvak uit ’n ander fakulteit wil neem, maak seker dat jy aan sy toelatingsvereistes voldoen. • Enige B-graad van ’n SuidAfrikaanse Universiteit met ’n gemiddelde van minstens 60% in die finale jaar Loopbaan in die regte, bv. advokaat of prokureur, nadat jy die vereiste praktiese opleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen geslaag het. BA (REGSGELEERDHEID) 3 jaar Aansoeke sluit op 30 Junie; skryf NNT’s voor einde Junie. • Skryf die NNT’s AQL • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans OF Engels Huistaal 5 • Eerste Addisionele Taal 3 Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook: • Wiskunde 5 Indien jy ’n universiteitsvak uit ’n ander fakulteit wil neem, maak seker dat jy aan sy toelatingsvereistes voldoen. Stel jou in staat om na die voltooiing van die LLB-program (’n verdere 2 jaar nagraadse studie) die klerkskap of pupilskap te doen om onderskeidelik as prokureur of advokaat te praktiseer of as regsadviseur op te tree. BC OM (REGSGELEERDHEID) 3 jaar Aansoeke sluit 30 Junie; skryf NNT’s voor einde Junie. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans OF Engels Huistaal 4 • Engels OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 • Wiskunde 5 Gee jou die nodige agtergrond vir ’n loopbaan in die sakewêreld en in die kommersiële reg. Stel jou in staat om ná die voltooiing van die LLB-program (’n verdere 2 jaar nagraadse studie) die klerkskap of pupilskap te doen om onderskeidelik as prokureur of advokaat te praktiseer. BR EK LLB 5 jaar Aansoeke sluit op 30 Junie; skryf NNT’s voor einde Junie. • Skryf die NNT’s AQL en MAT • ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering) • Afrikaans OF Engels Huistaal 4 • Engels OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4 • Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 en Rekeningkunde 6 Die BRekLLB graad is ’n unieke graad, wat in effek uit 2 grade bestaan. Die LLB stel jou in staat om ’n klerkskap of pupilskap te doen om onderskeidelik ’n prokureur of advokaat te word. Die BRek gee jou toegang tot ’n Honneurs in Rekeningkunde wat onder andere vereis word om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word. PROGRAMME TOELATINGSVEREISTES BEROEPSMOONTLIKHEDE BT H (BACCALAUREUS IN DIE TEOLOGIE) 3 jaar • Skryf die NNT’s AQL • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%* (sonder Lewensoriëntering) • In vier universiteitstoelatings-vakke 4 Jeugwerker, berader of gemeen skapswerker. BD IV (BACCALAUREUS DIVINITATIS) 4 jaar • Skryf die NNT’s AQL • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%* (sonder Lewensoriëntering) • In vier universiteitstoelatingsvakke 4 Om predikant te word in die NGK of die VGK, volg die BDiv op met die MDiv. NGK-kandidate verwerf ook die Nagraadse Diploma in Teologie (Christelike Bediening). LLB 3 jaar As tweede B-graad TEOLOGIE 1 7 * Voornemende studente wat ’n NSS-gemiddelde van tussen 55 en 60% behaal, kom in aanmerking vir die verlengde graadprogram. Die eerste jaar se modules word dan oor twee jaar versprei. Kyk bladsy 2.