Hier kom `n ding!

Transcription

Hier kom `n ding!
tegnologie vir die boer
technology for the farmer
Nr 117
Oktober 2009
ISSN 1042–1558
PinZ2yl:
Hier kom ’n ding!
FAW-trok ry
maan toe
Omskep riool
in ’n bate
Slimkopboerepatente
Sien
AgriTrader
binne vir puik
aanbiedinge
ProAgri 117 Oktober 2009
In hierdie uitgawe
Met die teling van die PinZ2yl word
daarna gestreef om die gehardheid en
lae onderhoudsbehoefte van die Nguni
te behou, maar die gesogte vleis- en
melkproduksie-eienskappe van die
Pinzgauer, om ’n gesogte voerkraalen veldbees te produseer, daarby te
voeg. In hierdie stadium word enige
kleurpatroon toegelaat, maar
voldoende pigment is belangrik. Die
kleurpatroon sal hersien word namate
die ras vorder. Indringende studie word
tans gedoen om die prestasie van die
ras te evalueer. Vroeë aanduidings is
baie belowend. Lees meer oor die
PinZ2yl op bladsy 19.
p 12 September is ’n persoon oorlede
wat ’n ongeëwenaarde bydrae tot
voedselproduksie gelewer het. Norman
Borlaug (1914 – 2009) was ’n Amerikaanse
landboukundige wat deur sy toegewyde
navorsing op koring, opbrengste veelvoudig
laat vermeerder het en miljoene mense van
’n hongerdood gered het.
O
Dr Borlaug het in 1942 sy doktorsgraad in
plantsiektes en genetika aan die
Universiteit van Minnesota verwerf, waarna
hy in Mexiko hoëproduserende
koringvariëteite ontwikkel het, wat ook
weerstand teen siektes bied.
Deur sy toedoen het Mexiko in 1963 na ’n netto uitvoerder van
koring verander, waar hulle vroeër glad nie in hulle eie
behoeftes kon voorsien nie.
Meganisasie
Dié nuwe variëteite en verbeterde produksietegnieke het tot
gevolg gehad dat koringproduksie in Pakistan en Indië tussen
1965 en 1970 viervoudig toegeneem het.
7
8
Hierdie dramatiese verhoging in voedselproduksie het die naam
van Groen Revolusie gekry en Norman Borlaug word as die
vader daarvan beskou.
In 1970 het dr Borlaug die Nobelprys ontvang vir sy bydrae tot
vrede deur voedselproduksie te verhoog. Later in sy lewe het
hy ook ’n groot bydrae tot hoër voedselproduksie in Asië en
Afrika gelewer.
Die beperktheid van grond vir landboudoeleindes was altyd vir
hom ’n bekommernis. In Maart 2005 het hy gesê ons sal teen
2050 die voorsiening van voedsel moet verdubbel.
5
10
13
16
18
KMC van Rovic & Leers:
Flink werktuie maak grondbone lonend
Valtrac se FH maak optel ligte werk
FAW-trok ry lag-lag maan toe!
(en is sterk op pad terug)
Spilpuntbesproeiing:
Wenboere verkies Valley
Omskep riool in ’n bate met Biosorb
Omnia se boerepatente:
Boere wys hoe met puik planne
Monicol is in die kol met puik werktuie
Gebeurtenisse
14 Bien Donné is vir die boer:
Jy het ’n afspraak op 5 tot 7 November!
13
Veeboerdery
Dr Borlaug was 95 jaar oud.
5
2
19 PinZ yl: Hier kom ’n ding!
21 Boer vir geld en genot met Hugenoot
23 Brennco is die boer se voervennoot
Coenraad Rall <[email protected]>
Bron: www.wikipedia.org en www.monsanto.com
Copyright © 2009. All rights reserved. No material, text or photo graphs
may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the
written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily
those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and
logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be
liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Wen groot!
ProAgri-lesersopname 2009
Neem deel en wen:
Insetverskaffers
AgriTrader
25
27
28
30
Veilings
GeneGids
AgriGids
Agri-Werktuie
19
Die ProAgri-span
Business-to-Business
Magazine
(April – June 2009)
with a free circulation
of 59 080 per month.
(Paid 22, Total 59 102)
Tramirloc-veebeveiligingstelsel
ter waarde van
R14 755
Distributed by
smart
distribution
LG R510-skootrekenaar
ter waarde van
R9 000
Published by
En nog vele meer!
Om deel te neem skakel 012-362-6390
of e-pos [email protected]
of neem aanlyn deel by www.proagri.co.za
www. p roagri .c o.z a
14
20 The Original Muck Boot
SMARTPUBLISHING
MASS MEDIA SPECIALISTS
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
Redakteur
Coenraad Rall > 083-973-3297
[email protected]
Uitvoerende redakteur
Suzanne Grobler > 083-742-6370
[email protected]
Senior advertensieverteenwoordger
Stefan van Wyk > 082-381-7563
[email protected]
Bemarkers
Anelda Strauss > 083-748-3413
[email protected]
Eurika Willcock > 082-327-2393
[email protected]
Hein Slabbert > 082-442-8607
[email protected]
André de Beer > 078-161-1967
[email protected]
Uitleg & grafika
Esta van Niekerk
[email protected]
Taalversorging
Mediadienste
Rekeninge & intekening
Paula MacMavis > 012-362-6390
Sakebestuurder
George Grobler > 083-460-0402
[email protected]
3
Meganisasie Hanteringstoerusng
Valtrac se FH maak optel ligte werk
• Sy kragtige Deutz-enjin haal uit die
minimum diesel altyd oorgenoeg krag
vir alle uitdagings. Die enjin en oordragstelsel is aan die kant gemonteer
vir perfekte balans, onbelemmerde sig
en maklike bereikbaarheid tydens
onderhoud.
• Sy robotgesweisde, knakbestande
staalonderstel verseker dat die masjien
sy vrag soos ’n man dra en altyd
stabiel bly.
• Sy kragtige teleskopiese laai-arm is
gebou om swaar vragte te hanteer
sonder om te knak of te buig. Die
hidrouliese silinder is buite gemonteer
vir maklike onderhoud.
• Sy aste is stewig en duursaam vir lang,
veilige diens, selfs in strawwe
omstandighede.
• Sy gerieflike kajuit spreek van
veiligheid, maklike hantering en ’n
perfekte uitsig oral waar sy
teleskopiese “slurp” kan bykom. Die
arm wat al sy aksies beheer pas knus
in jou regterhand en dit is baie maklik
om met die FH te werk.
Die FH Faresin teleskopiese hanteerder is die boer se regterhand wat enige
plek raakvat en sy prys is ook binne jou bereik. Die FH 7.35 kan 3 000 kg
optel en sy hyshoogte is 7,8 m. Hy draf teen ’n flink spoed van 32 tot 40
km/u van taak tot taak.
s ’n mens ’n olifant het, en verstand
en geduld, kan jy wonders uitrig,”
het Sagmoedige Neelsie gesê nadat hy
en sy olifant, Herrie, een middag die
kranse versit het om die pad deur
Meiringspoort snaarreguit te maak. Die
episode word beskryf in Sonde met die
Bure.
“A
Goeie nuus is dat vandag se boer nie
meer hoef te droom oor hoe nuttig Herrie
op die plaas gebruik sou kon word nie –
jy kan jou eie werksolifant
aanskaf: Valtrac se FH Faresin
teleskopiese hanteerder. En die FH kan
dalk net vir Flukse Herrie staan.
Die Faresin-groep vervaardig reeds
sedert 1973 meganiese produkte van die
hoogste gehalte. Sy teleskopiese
hanteerders berus op die vervaardiger se
skatkis van ervaring en kundigheid, en is
saam met gebruikers ontwikkel om te
verseker dat dit nommerpas aan elke
behoefte voldoen.
Faresin is deurlopend besig om sy produkte nog verder te verbeter om immer
op die voorpunt van die tegnologie te bly.
Op die plaas verrig die FH ’n magdom
take vir die boer: Voerhantering,
www. p roagri .c o.z a
misverwydering, verskuiwing van swaar
toerusting, grond of rommel, kunsmis-,
saad- en produktehantering, stapel-werk,
oplig van personeel om op hoë plekke te
werk en selfs sleepwerk.
Om dit alles te doen, het die FH ’n wye
verskeidenheid hegstukke wat
een-twee-drie aan sy teleskopiese arm
gekoppel kan word. Van die hegstukke
wat op die plaas
nuttig is, is baalgrypers vir ronde
en vierkante bale
van enige grootte,
palletvurke, skoppe
met of sonder tande en grypers,
misoptelvurke met grypers, ’n verskeidenheid armverlengstukke met of sonder
wenaste, betongietemmers en personeelplatforms waarmee werkers omhoog
gelig kan word om aan dakgewels, hoë
ligte of radiomaste te werk, boomtoppe
af te saag of te snoei.
• Die FH kan selfs in klein ruimtes
aangewend word, want hy stuur perfek
vanweë sy drieledige stuurstelsel: As jy
gewoonweg werk of van plek tot plek
met hom ry, stuur hy net soos jou
bakkie met sy voorwiele.
• Wanneer jy knapper wil draai, druk jy
’n knoppie en siedaar – as jy met die
voorwiele na regs krink, draai die
agterwiele na links om jou draaisirkel
drasties te verklein.
• Jy kan hom ook met die druk van ’n
knoppie verstel sodat al vier sy wiele in
dieselfde koers krink vir ’n
krapstappie.
Flukse Herrie vat raak
op jou plaas
Jy kan ook omskakelingsplate vir jou FH
kry sodat jy bestaande hegstukke van
ander fabrikate kan gebruik.
Om al hierdie werk uitmuntend te
verrig, het die FH die volgende wenkenmerke:
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
Die FH is ’n werktuig in sy
eie klas wat die boer se
taak immer makliker
maak. Wat boere veral opgewonde maak,
is sy mededingende prys en die feit dat
hy in Suid-Afrika verskaf en gerugsteun
word deur Valtrac – die landboumaatskappy wat bekend is vir sy
skitterende produkte en legendariese
diens aan die boer.
As jy ook die FH wil benut om groter
hoogtes in jou boerdery te bereik,
praat met Hennie du Toit van
Valtrac by 056-817-7308 of stuur
vir hom ’n e-pos-boodskap by
[email protected]. Besoek ook
www.valtrac.co.za om die res van
Valtrac se produktereeks te bekyk.
7
Meganisasie Vragmotors
FAW-trok ry lag-lag maan toe!
(en is sterk op pad terug)
Al ooit gehoor van ’n perd wat nog heeltemal vars is nadat die saal stukkend gery is? Al wat Trans Atlantis se FAW
13.160FLS-agttontrok (regs bo) na 500 000 km nodig gehad het, was ’n nuwe sitplek, en dié het FAW sommer vir
hulle present gegee. Dis immers ’n prestasie om sonder probleme met een trok maan toe en ’n derde van die pad
terug te ry. Die ingenome mense van Trans Atlantis is Etienne Deetlefs en Klaus Nissen (voor) en Wilma Deetlefs
(regs agter). Ewe tevrede met FAW se prestasie is FAW se Barry Davidtz en Eugene van der Berg (links en middel
agter).
is kinderspeletjies vir ’n FAW-vragmotor om maan toe te ry. Dit word
bewys deur die bekende Vrystaatse
koeriersaak, Trans Atlantis. Een van
hulle FAW-vragmotors, ’n 13.160FLSagt-tonner, het nou reeds 500 000 km
afgelê. Dit is al die pad maan toe en
byna ’n derde van die pad terug!
D
Volgens die mede-eienaar van Trans
Atlantis, Etienne Deetlefs, was dit
boonop ’n halfmiljoen probleemvrye
kilometer. “Die vragmotor, wat in 2004
gekoop is, het geen ernstige probleme
opgelewer nie en sy prestasie staan
gelyk aan die beste prestasie wat ons
nog ooit met enige voertuig in ons
bedryf behaal het.”
Hulle het net een kontrak gehad: om vir
Atlas Copco boorpunte na die myne toe
aan te ry.
Toe hulle die kontrak verloor het, het
hulle die keuse gehad om die handdoek
in te gooi of om die saak op te bou. Met
harde werk, ’n bietjie geluk en FAW se
betroubare vragmotors het hulle die
paal gehaal.
Vandag tel van die voorste maatskappye
onder Trans Atlantis se kliënte. Hulle
vloot brei ook vinnig uit en die jongste
toevoeging is ’n FAW 9.130FL-viertonner,
wat beroemd is vir sy brandstofekonomie en betroubaarheid.
FAW speel ’n belangrike rol in Trans
Atlantis se sukses, sê Wilma Deetlefs,
mede-eienaar. Die maatskappy het in
1995 begin sake doen met ’n Nissan
1400 bakkie en ’n 2,7 Nissan diesel.
8
FAW bied ’n volledige reeks vragmotors
vir elke taak onder die son (of maan) en
hulle is gebou om te werk, soos hulle al
deeglik in Afrika en elders in die wêreld
bewys het.
Dit is hierdie einste FAW 9.130 wat
boere so gaande gehad het by Nampo,
sê FAW se nasionale verkoopsbestuurder, Eugene van der Berg.
As jy enkele skape of beeste wil aanry,
of reuse vragte diere of produkte oor
groot afstande en op moeilike paaie wil
vervoer, daar is ’n FAW-trok presies
geskik vir jou taak, met ’n rugsteunspan
wat bereid is om die pad maan toe en
terug saam met jou aan te durf, so sê
Barry Davidtz, FAW se agent in Kroonstad.
En ook geen wonder nie, want soos al
FAW se produkte, is die viertonner ’n
stoere, stewige vragmotor in murg en
been – sonder oorbodige tierlantyntjies
wat die prys onnodig opjaag en jou
langs die pad in die steek kan laat.
Vir meer inligting, skakel
Eugene van der Berg van FAW by
011-392-1530 of 082-496-2825 of
Barry Davidtz van Kroonstad by
083-628-8939 of gaan kuier op die
webwerf www.fawtrucks.co.za.
Boere is gaande
Dit is Trans Atlantis se beleid om sy
voertuie op te pas en nie te verniel nie.
Etienne is so gesteld op diens dat hy
self die onderhoud van sy voertuie
doen, maar dit doen geen afbreuk aan
die prestasie van FAW nie.
Dis nie net FAW se voertuie wat respek
afdwing nie, vertel Etienne, maar ook
die skitterende gehalte van hulle diens.
As jy ’n FAW besit, het jy ’n span
kundiges agter jou wat enige tyd van
die dag of nag, enige plek in die land,
sal sorg dat jou vragmotor se wiele
rol.
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
www. proagri .c o.z a
Meganisasie Besproeiing
Spilpuntbesproeiing:
Wenboere verkies Valley
‘n
Mens word nie jou streek se Boer
van die Jaar met sukkeltoerusting
nie. Van der Spuy Botes Boerdery van
Douglas vertrou hulle kosbare aartappels, koring, mielies, uie, gars, lusern,
saadsonneblom en weidingsgewasse net
aan die beste spilpunte toe: Valley.
Tweedens laat Valley jou nooit in die
steek nie. Sou ’n onderdeel na jare en
jare se diens vervang moet word, dan is
nuwe, betroubare Valley-onderdele in ’n
kits beskikbaar en voor jou gewasse
begin dors ly, stap jou Valley-spilpunt
weer!
Spilpunte is immers die sleutel van
hierdie boerdery se sukses, sê Tiaan
Vlok, bestuurder. Insetkoste is hoog en
as ’n spilpunt staan, kan die skade baie
groot wees, sê hy. Aartappels kan
siektes kry en mielies en koring kan
onderbestuif, met aansienlike opbrengsverlies as gevolg.
Boonop word Valley gerugsteun deur die
voorste kenners van besproeiingstegnologie.
Douglas se wêreld is warm en droog.
As koring in die aar kom, moet dit tot
65 mm water per week kry.
Valley gee die boer gemoedsrus op
meer as een manier: Eerstens is Valley
die wêreldleier wat ontwerpvernuf,
vervaardigingstandaarde en
betroubaarheid betref.
Jy kan ook wen met Valley. Praat
met Cobus Myburgh 082-734-1283
as jy in die Noord-Kaap of Vrystaat
boer, of met Gert van der Werff
082-451-5055 as jy elders in
die land boer. Besoek ook
www.valleyirrigation.co. za.
In Douglas se warm, droë wêreld kan ’n man nie kanse waag met besproeiingstoerusting nie. Daarom reken Tiaan Vlok van Van der Spuy Botes Boerdery op
Valley se doeltreffendheid en betroubaarheid. Hierdie boerdery koop geen
ander spilpunt nie en gebruik ook Valley-onderdele om gewone spilpunte wat
hulle saam met nuwe grond aangekoop het op te gradeer.
SNY VEEDIEFSTAL
JOU BOERDERY KEELAF?
Beskerm jou
eiendom!
Stop veediefstal goedkoop en effektief!
Kontak ons vir ’n gratis kwotasie of
besoek ons webwerf.
Kontak ons
sel: 079 526 7232
www.tramirloc.co.za
www. proagri .c o.z a
Meganisasie Sanitasie
indingryke tegnologie sorg daarvoor
dat boere nooit weer hoef te sukkel
met verstopte of oorvol septiese tenks,
of met duur suigdienste nie.
V
Die Biosorb geaktiveerde slikstelsel is
perfek en lonend vir enigiets van so tien
huishoudings af tot by hotelle en vakansie-oorde; van so 8 000 liter per dag tot
meer as 500 000 liter.
Dit word in eenhede gebou, waar elke
eenheid ’n volledige stelsel op sy eie is.
As jou behoefte uitbrei, voeg jy bloot
meer modules by.
Waar ’n septiese tenk ’n anaerobiese
stelsel met ’n nare reuk en ’n klomp
vastestowwe is, pomp die Biosorbstelsel lug in die water in om mikroorganismes wat die riool verteer te
onderhou. Die mikro-organismes breek
alle vastestowwe tot vlokkies af, wat na
onder sink.
Die mikro-organismes sorg dat die
water skoon en reukloos is. Die skoon
water loop oor na ’n skoonwaterkompartement, vanwaar dit vir besproeiing
van enigiets behalwe groente gebruik
kan word. Dit is perfek vir vrugtebome,
grasperke, tuine en voergewasse vir
diere.
So een keer elke drie maande onttrek jy
van die oortollige, bakterie ryke slik uit
die stelsel en pomp dit op jou
komposhoop om baie goeie kompos te
maak.
So dien die Biosorb-stelsel jou op drie
maniere: Dit raak op ’n doeltreffende en
bekostigbare manier van riool ontslae,
dit verskaf besproeiingswater en dit help
jou om eersteklas kompos te maak.
Om die stelsel op te rig is maklik: Die
boer bou self die struktuur volgens
Omskep riool in ’n
bate met Biosorb
Hierdie meenthuiskompleks buite Bloemfontein se Biosorb geaktiveerde
slik rioolstelsel is bo die grond gebou en daar is geen reuk nie. Lug word in
die water gepomp om mikrobes te onderhou wat die riool verteer. Die lug
laat ook die water sirkuleer. Skoon water loop oor na die volgende
kompartement en word uiteindelik vir besproeiing gebruik
planne wat Biosorb verskaf. Dis ’n eenvoudige konstruksie bestaande uit ’n
betonvloer met ’n dubbele steenmuur
aan die binnekant gepleister en ’n dak
bo-oor, nes ’n septiese tenk.
die klein bietjie elektrisiteit wat die
blaser en pomp gebruik.
So een keer per maand laat jy ’n werker
die lapfilter skoonmaak en die water
toets. Dis ’n maklike en eenvoudige
taak. As daar te veel slik is, onttrek jy
Die stelsel kan ook bogronds gebou
daarvan bloot met die verstelling van
word, maar dan moet daar ’n onderkleppe. Biosorb verskaf ’n verstaanbare
grondse houtenk wees vanwaar die
handleiding en ’n
riool na die
toegewyde naverkoopBiosorb-stelsel
Die Biosorb-stelsel dien jou op drie
diens.
gepomp word.
maniere:
So ’n
1) Dit raak op ’n doeltreffende en
As jy ook jou riool in
bogrondse
bekosgbare manier van riool ontslae;
’n bate wil omskep,
stelsel het nie
2) Dit verskaf besproeiingswater; en
praat met Ronnie
’n dak nodig
3) Dit help jou om eersteklas kompos te
Trollip by 083-625nie, aangesien
7230 of e-pos
maak.
daar geen
[email protected].
stank is nie.
Wanneer die struktuur gereed is, kom
installeer Biosorb se mense die stelsel,
bestaande uit ’n lugblaser, ’n spesiaal
ontwerpte tussenskot wat die regte
sirkulasie van riool bewerkstellig, ’n
lapvanger en al die nodige pype, pompe
en kleppe.
Al die toerusting wat onder die water is,
is van hoëdigtheid poli-etileen of vlekvry
staal gemaak en word vir tien jaar
gewaarborg. Die blaser en pomp word
vir ’n jaar gewaarborg, maar daar is
blasers wat al vyf jaar loop sonder enige
probleme.
So lyk die betroubare blaser wat lug
in die Biosorb-stelsel pomp.
www. p roagri .c o.z a
Die geld wat jy in ses maande of ’n jaar
aan rioolsuig sou spandeer, betaal die
stelsel en daarna kos die Biosorb jou net
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
Hierdie lapvanger is van vlekvry
staal gemaak. Die water in die
Biosorb-stelsel sirkuleer daaroor en
die penne vang al die lappe en
ander goeters wat dalk die pype en
pompe sal kan verstop. So een keer
per maand moet die lapvanger
skoongemaak word.
13
Gebeurtenisse Bien Donné Landbou-ekspo
Bien Donné is vir die boer:
Jy het ’n afspraak op 5 – 7 November!
lles wat jy oor landbou wil sien en
alles wat jy wil hoor. Alles knus
bymekaar sodat jy jou nie flou hoef te
loop nie, en met genoeg koelte en
rusplekkies om tussenin tot verhaal te
kom.
A
Dit is die LNR se Landbou-ekspo by Bien
Donné, so ’n hanetreetjie buite
Franschhoek, wat vanjaar van 5 tot 7
November ’n interessante belewenis vir
boere en ander belangstellendes bied.
Die organiseerders, Marlize Snynman,
Rashaad Carlsen en George van der
Merwe van Kunene Multi-media, is
opgewonde oor alles wat hulle die boer
en die uitstaller vanjaar gaan bied.
Vir die professionele boer sal daar
oorgenoeg wees om te beleef en te wete
te kom.
Kundiges gaan met boere gesels oor
verskillende aspekte van landbouwetenskap en die resultate van navorsing.
Boere sal ook nuwe tegnologie in aksie
kan sien en interessante inligting kan
bekom, selfs oor sake soos byeboerdery
en die spesiale patats wat die LNR by
Roodeplaat teel.
Daar sal by die 200 uitstallings wees
van al die tegnologie wat die boer se
taak makliker kan maak, van
snoeimasjiene tot werktuie, trekkers en
voertuie.
Wat diere betref, sal daar onder
meer alpakkas, kamele, skape,
bokke, perde, honde en beeste
wees. Dorpsjapies wat die
ekspo bywoon, sal kan sien hoe
’n koei gemelk word en selfs
self hulle slag met die spene
kan toets.
Bien Donné se mense besef dat
die boer ook ’n gesin het en wil
graag die gesin ook by die
Ekspo sien. Daarom word daar
oorgenoeg vir die boerevou
aangebied, soos praatjies en
demonstrasies oor velsorg,
grimering en juwele. Kookkunsdemonstrasies, veral met die
oog op tydbesparing, sal
aangebied word, sowel as
modevertonings.
Kinders kan pryse wen met ’n
skattejag, op ’n groot verskeidenheid goeters ry en aan
verskeie speletjies en
wedstryde deelneem. Daar sal
ook narre en towenaars wees
om hulle verder te vermaak.
Kinders is baie welkom by die
Ekspo, wat hulle probeer
aanmoedig om loopbane in die
landbou te oorweeg. Die
toegangsgeld is baie redelik,
maar skoliere wat in georganiseerde groepe kom, stap gratis
deur die hekke.
Sorg vir die innerlike
Al hierdie aktiwiteite kan ’n mens lekker
honger maak, maar ook daarvoor word
daar ruim voorsiening gemaak. Daar is
’n boerekombuis waar tradisionele
boerebrood in verskillende geure gebak
sal word en ’n swetterjoel eetplekke en
eetgoedstalletjies vir elke smaak. En vir
die dorstiges is daar gespesialiseerde
koffiestalletjies en ’n biertent.
Die organiseerders se mikpunt is om die
Ekspo al hoe beter te maak. Uitstallers,
boere en ander besoekers se menings
word ingewin om die Bien Donnébelewenis immer nuttiger, interessanter
en lekkerder te maak.
Vir meer inligting oor die Bien Donnélandboubelewenis, praat met
Marlize Snyman by 079-549-1792 of
George van der Merwe by
082-466-5410 of e-pos
[email protected].
Besoek ook www.arc-expo.co.za.
14
P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
Meganisasie Boerepatente
Omnia se boerepatente:
Boere wys hoe met puik planne
lank te moet staan en wag was
net nie aanvaarbaar nie.
AJ se oplossing was om ’n menger
te maak wat die mengtyd tot agt
minute verkort en wat meng
terwyl die spuit loop. Hy gooi
bloot 500 kg kunsmis in die tenk,
suig met sy pomp en pyp water
uit die dam, laat hersirkuleer die
water sodat drie plat pype in die
tenk die inhoud deeglik in die
rondte jaag en pomp die
gefiltreerde mengsel teen ‘n
tempo van 1 500 liter per minuut
oor na sy spuit se tenk.
AJ du Toit van Hanskraal, Protem,
het rede om so ingenome te lyk:
Met hierdie boerepatent, ’n kunsmismenger, het hy die eerste prys
ter waarde van R3 000 losgeslaan.
Die pomp word met ’n hidrouliese
motor aangedryf en die menger
word met ’n trekker gesleep. Jy
kan nou met jou menger en mengsel tot
by jou spuit ry vir hervullings. Hierdie
gawe plan het vir AJ ’n koopbewys van
R3 000 van Outdoor Warehouse in die
sak gebring.
V
Jakkie le Roux van Kliprug, Bredasdorp, het die tweede prys, ’n koopbewys
van R2 500, losgeslaan met sy oulike
voerbakke vir skape.
Alhoewel daar vanjaar min deelnemers
was, was die gehalte hoog en al die
projekte wat ingeskryf is, is nuttige
bespaarders van geld en tyd.
Dié praktiese voerbak bestaan uit ’n
pypraam wat inmekaar skuif en ’n bak
van 80% Alnet-skadunet. Die konstruksie kan skarnier sodat die bak selfs op
ongelyke grond altyd met al vier pote
stewig op die grond staan. (Miskien
moet ons Jakkie vra om ook tafels vir
Wimpy te ontwerp.)
ernuf, skranderheid en skeppende
denke kenmerk die boerepatente
wat vanjaar as deel van Omnia se
Boerepatentekompetisie by Megaweek
in Bredasdorp gepryk het.
Omnia is verbind tot die projek en gaan
dit volgende jaar uitbrei na nog meer
skoue, sê die organiseerder van die
wedstryd, Marinus de Beer. Dié
toonbeelde van boerevernuf gryp
immers ook die algemene
publiek se verbeelding aan
en help om ’n gunstige
beeld van die boer te vestig.
Jakkie het ook ’n voermenger van ’n ou
wynkaronderstel en ’n oopgesnyde ou
dieseltenk gemaak, waarmee hy
Hierdie goedkoop, maar stewige en
doeltreffende skaapvoerbak het vir
Jakkie le Roux van Kliprug, Bredasdorp, die tweede prys, ’n koopbewys van R2 500, in die sak
gebring. Die 80% Alnet-skadunet
hou die hele konstruksie bymekaar.
Die voerbak is lig en maklik verskuifbaar, maar tog staan dit lekker
vas op die grond.
konsentrate by voer inmeng volgens
resepte wat hy by Voermol kry. Die
menger het hom, met verf en al, net
R19 500 gekos. Die besparing teenoor klaargemengde
voer het sy menger na net
vyftien ton betaal.
Vanjaar se wenner is AJ du
Toit van die plaas, Hanskraal, by Protem, met sy
vernuftige kunsmismenger
wat sy spuitproses sowat
vyftig persent doeltreffender
maak.
AJ gebruik ’n sleepspuit met
’n balk van 28 meter en sy
probleem was dat die mengtyd tydens hervulling
telkens meer as ’n halfuur
geduur het. Soos elke boer
weet, moet ’n mens die beste
van gunstige toestande maak
wanneer jy spuit, en om so
16
Die derde prys is ’n nuttige
enjinaangedrewe spuit wat
Pieter Fourie van Koringberg gebou het om sy
olyfbome mee te bespuit.
Vir dié taak was ’n rugsakspuit te effens en ’n nywerheidspuit te duur. Pieter het
besluit om sy eie spuit presies tussen die twee te bou.
Dis hierdie plat pype wat die water so aktief sirkuleer om
500 kg kunsmis binne agt minute te laat oplos om vir AJ
du Toit ure tyd per dag te bespaar wanneer hy besig is om
sy koring te bespuit.
P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
Die meeste van die onderdele
het hy maar daar op die werf
gehad, maar die pomp het
hom R1 700 uit die sak
gejaag. Party van die spuitwww. p ro a gr i.c o .za
Jakkie het hierdie punt van die voerbak se skadunet nie
vasgeryg nie om te wys hoe hy die net sny om te pas sonder
om ’n stukkie te vermors. Die pote se stutte skarnier in die
oorlangse pype sodat die voerbak altyd stewig staan; selfs
op ongelyke grond. Wanneer die net vasgeryg is, hou dit die
hele konstruksie netjies bymekaar.
stowwe vreet gewone metaal en daarom het hy ’n pomp van brons
en vlekvry staal gekoop.
Die spuit is geskik vir alle klein aanwendings en ’n mens kan selfs
’n spuitbalk aan hom monteer om brandpaaie mee te spuit. Hy
loop lekker lig op sy drie motorfietswiele (nogal met heel sportiewe
vellings) en een persoon sleep hom lag-lag aan sy hingsel.
Boere regoor die land kan solank maar hulle sweismasjiene en
hoekslypers aan die werk sit vir volgende jaar se boerepatentekompetisie, sê Marinus. Puik pryse kan gewen word.
Daar is drie kategorieë waarin deelgeneem kan word, naamlik:
A: Gemodifiseerde landboutoerusting
B: Gereedskap en algemene toerusting
C: Skoliere en studente
Vir meer inligting oor Boerepatente, praat met Marinus de Beer
by 083-655-0129. Besoek ook www.omnia.co.za.
Attie Haasbroek van Omnia demonstreer hoe Pieter Fourie
van Koringberg se petrolaangedrewe spuit vir klein
aanwendings werk. Pieter gebruik die spuit in sy olyfboorde, maar dit kan vir enigiets, selfs brandbestryding,
ingespan word. Jy kan ook ’n balk aan die spuit monteer
om brandpaaie skoon te spuit.
www. proagri .c o.z a
Meganisasie Trekkers, trokke en werktuie
Monicol is in die kol met puik werktuie
lke jaar ’n wenseisoen. Dis hoe jou
boerdery kan presteer as jy die
skitterende produkte en dienste van
Monicol Truck & Tractor deel van jou
wenplan maak.
E
Die are van al Monicol se mense is vol
boerderybloed en dit is vir hulle ’n
plesier om altyd vir die boer die
bekostigbaarste, betroubaarste en
lonendste meganisasie-oplossing te
bied. Kyk net:
• Wees baas op jou plaas met Claas se
onverbeterlike trekkers, stropers,
snyers en baalmasjiene, rotsvas
ondersteun deur Barloworld.
• Nog ’n nuttige Barloworld-produk wat
Monicol jou bied, is die gedugte, maar
bekostigbare, SEM-laaigraaf waarmee
jy hope geld kan bespaar deur jou eie
ontbossing en grondverskuiwing te
doen en selfs jou eie damme te bou.
• Monicol bemark ook ’n volledige reeks
nuttige werktuie van die gewilde
Radium Engineering.
• En om jou wenoes winsgewend weg te
ry, kan jy by Monicol ’n betroubare
Ashok Leyland-vragmotor aanskaf –
volledig met ’n toegewyde naverkoopdiens soos met al Monicol se produkte.
Monicol se verkoopskonsultant, André
van Heerden, het nie net in die
plaaslike landboubedryf ervaring nie,
maar ook in Amerika, Engeland en
Duitsland. Hy is immer gereed om die
boer ’n bekostigbare meganisasieoplossing te bied. Gesels gerus met
hom.
Die wakker Maud Schoeman, dogter
van Monicol se stigter, Nicol van der
Walt, is in beheer van die onderdeleafdeling. Sy sorg dat daar altyd vir elke
produk wat Monicol verkoop onderdele
beskikbaar is sodat jou boerdery nooit
hoef te staan en wag nie.
Johan du Rand is in beheer van
Monicol se herstelwinkel en daar is
niks wat hy nie kan regmaak nie.
Maak jou jaar ’n wenjaar. Praat met
André van Heerden by 083-9978130 of Nicol van der Walt by
012-252-0548 vir die beste
produkte en diens.
Veeboerdery PinZ2yl
Maar nou is die klub besig om meer
wetenskaplike evaluasiemetodes in te
stel. Een van die stappe in die rigting is
die meestersgraadstudie van Pieter
Visagie, wat handel oor die vergelyking
van die PinZ2yl se produksievermoë
teenoor verskeie ander rasse, waaronder die twee ouerrasse.
Die studie geskied onder leiding van
prof Eddie Webb en dr Estie Koster
van Tukkies se Departement Vee- en
Wildkunde.
Die klub het ook ’n ontwikkelingsregister
waarin diere na inspeksie deur ’n
keurder aangeteken kan word.
Keuringsvereistes sluit in rasegtheid,
tipe, simmetrie, balans, melk en vleis.
Diere moet kenmerkende eienskappe en
geslagegtheid vertoon.
PinZ2yl: Hier kom ’n ding!
Met die teling van die PinZ2yl word daarna gestreef om die gehardheid, lae
onderhoudsbehoefte en kenmerkende velpatroon van die Nguni te behou,
maar die gesogte vleis- en melkproduksie-eienskappe van die Pinzgauer.
ie beste van beide wêrelde – dit is
wat die telers van die PinZ2yl
kombineer om ’n opwindende nuwe ras
te skep om ’n spesifieke rol in die
wêreld van beesvleisproduksie te speel.
D
Die mikpunt is om ’n bees te teel wat
lae onderhoud vereis, maar met baie
goeie vleiseienskappe, sê Paul Bester,
hoofbestuurder van ZZ2-boerdery se
beesafdeling en een van die telers van
die PinZ2yl.
Dit moet ’n funksioneel doeltreffende
dier wees met ’n medium raam en met
genoeg melk om kalwers goed groot te
maak.
As die oudste Afrika-beesras, word die
Nguni as moederlyn gebruik, en as
oudste Europese ras, die Pinzgauer, as
vaderlyn.
Sanga se gehardheid
en lae onderhoud;
bos taurus se vleis en melk
Die PinZ²yl Ras is alreeds as ’n nuwe
Ras onder evaluasie deur die Registrateur van Veeverbetering aanvaar.
Die huidige telers is
Paul Bester 083-627-6899
Hardus Steenekamp 084-491-0220
Dr. Piet Prinsloo 084-799-5920
Jim Bredenkamp 083-679-7333
Dave Henderson 084-603-3098
Flip van Zyl 083-626-6364
Mitch van den Bos 082-553-2846
Wayne Poisson 071-607-7495
John van den Bos 082-897-8757.
Hulle staan bekend as die PinZ2yl-klub,
wat onder die beskerming en grondwet
van die Pinzgauer-telersgenootskap
staan.
Tot op hede berus evaluasie op waarnemings deur kenners en voorlopige
indrukke is baie gunstig. So is waargeneem dat die PinZ2yl ’n goeie
bosluisweerstand bied en nie maklik
siek word nie. Hulle hou ook hulle
kondisie deur die winter, selfs sonder
dat hulle lek kry.
PinZ2yl-kalwers is stewig en gesond
en groei vinnig.
www. p roagri .c o.z a
Bulle moet goeie algehele spierontwikkeling hê, veral oor die voorarm, die
skouer, die oogspier en die agterkwart,
sonder enige oortollige vet. Die teelballe moet goed ontwikkeld en eenvormig wees. Vroulike diere moet ’n
vroulike voorkoms hê en die liggaamsprofiel moet wigvormig na voor wees.
Hulle moenie oorbespierd of oormatig
groot, swaar, klein of
kompak wees nie.
Daar mag op geen
deel van die liggaam
oormatige vetaanpakking wees nie.
Die geslagsorgane
moet goed ontwikkeld
wees. Koeie moet
goeie, volgevormde
uiers hê en verse goeie speenontwikkeling.
Dit is ook reeds duidelik dat die beeste
in enige omgewing aanpas, dat hulle
goed op die veld aard en dat hulle ’n lae
onderhoudsbehoefte het.
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
Die koei moet in staat wees om ’n swaar
kalf te speen wat aanvaarbaar is vir die
voerkraal, maar dieselfde dier moet
gesonde veldvleis kan produseer.
Reproduksie, melkeienskappe en groei
is belangrike teeldoelwitte.
Prestasietoetsing word sterk
aangemoedig en geen dier sal as
F4 aangeteken word as daar nie
teelwaardes beskikbaar is nie.
Die PinZ2yl het steeds die Nguni se
gesogte velpatroon, wat vir kommunale
boere ook as onderskeidingsteken dien,
sowel as sy aanpasbaarheid en lae
onderhoudskoste, maar dit voeg waarde
by ten opsigte van melk- en vleisproduksie.
Hou die PinZ2yl dop, sê Paul Bester en
sy medelede van die PinZ2yl-klub.
Vir meer inligting, praat met
Paul Bester by 083-627-6899 of
Albert Nöffke by 083-446-1180 of
Isaih Ramathwala by 073-337-8599
of e-pos [email protected].
19
Products Clothing
The Original Muck Boot
season. Quite naturally our customer
base has developed into a variety of
lifestyle segments which include, but are
not limited to, the categories of Farm &
Ranch, Equestrian, Outdoor Sporting
and Lawn & Garden.
he Original Muck Boot range is now
available at most well known co-op
branches or agri suppliers throughout
South Africa, ie Afgri, ECAC, Humansdorp Co-op, Overberg Agri, Suidwes
Landbou, Tuinroete Agri and TWK. Other
co-ops are also in the process of opening codes and getting in stock for the
summer rainfall area.
T
The Original Muck Boot Company is a
protective footwear brand which prides
itself on building the most comfortable,
high performance footwear on the
market. The MUCK BOOT™ brand
defines a standard of comfort and
quality that goes beyond the expectations of customers around the country.
The Original Muck Boot Company has
established a strong and loyal customer
base, which continues to grow with each
20
line the fastest growing in the waterproof market today.
For more information, contact Sanet or
Johannes at 021-557-0606, or visit
our website www.fourlakes.co.za.
Muck Boots are made of neoprene, the
same material wet suites are made of,
while the sole and foot parts are made
of very durable and flexible rubber. In
addition, the boots are equipped with 6
mm removable Nitracell liners, providing
added support and comfort.
Muck Boots are a lot lighter than regular
waterproof footwear, and have added
toe and achilles protection. The closed
cell neoprene and rubber construction
prevents smelly feet in summer, but also
keeps feet warm in winter.
An added bonus is a pull strap which
assists in getting the boots on, and a
kick bar for getting the boots off one’s
feet.
As you browse through our website, we
are sure you will find the perfect boot or
shoe you have been looking for and at
the same time learn what makes The
Original Muck Boot Company’s footwear
P roA g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
Veeboerdery Vleisproduksie
eer kilogram goeie, smaaklike
rooivleis per kilogram voer. Dit is
wat Hugenote die beesboer bied.
M
Fase C-toetse by Irene bewys oor en
oor: Dié goue beeste se voeromsetverhouding is verstommend – so min as
5,04 kg voer vir elke kilogram gewig wat
opgetel word. En daardie gewig is nie
nuttelose vet nie – dis goeie, gesonde,
smaaklike, eetbare rooivleis.
Hugenote aard oral en sorg goed vir
hulleself op die veld, maar as hulle voer
kry, dan groei hulle teen verstommende
tempo. Dis hoekom voerkrale elke
Hugenoot wat hulle kan kry gretig
opraap.
Die Hugenoot is sorgvuldig geteel uit die
Afrikaner en die Charolais. Sy 40%
Afrikanerbloed sorg vir gehardheid,
stapvermoë, kort, gladde, glansende
hare, hoë gehalte rooivleis, maklike
kalwing en goeie moederseienskappe.
Die Charolais se bydrae is ’n groter
konformasie, stewige gestel, uitmun-
Dít is die klas Hugenote-bulle wat telers en kommersiële beesboere by
Koperkop Hugenote kan bekom. En al lyk hulle so mooi, bly Koperkop se
eerste oorweging om kommersiële produksiemikpunte te bereik: winsgewende vleisproduksie.
Boer vir geld en genot met Hugenoot
tende bespiering, snelle groei deur alle
fases, gunstige voeromsetverhouding,
hoë vrugbaarheid, hoë libido en
aangename temperament.
teeldoelwit is steeds ’n ekonomiese
vleisbees wat funksioneel doeltreffend is
met die maksimum eetbare en smaaklike rooivleis.
Dit alles beteken dat jy met Hugenote
winsgewend en volhoubaar kan boer –
en boonop elke oomblik daarvan kan
geniet!
Suiwer Hugenote is lonend, maar hulle
presteer ook uitstekend met kruisteeltproduksie. Maak nie saak met watter
soort beeste jy boer nie, as jy jou vleisproduksie ekonomies wil opstoot, is ’n
Hugenoot-bul jou antwoord.
Janna Botha, ervare en gerekende
kenner van beeste, het in 1980 begin
Hugenote teel. Koperkop Hugenote se
Goeie nuus is dat Koperkop Hugenote
nou nog sterker geword het deurdat
Janna nou in vennootskap gegaan het
met ’n boer van Dendron, Henk van
Rensburg.
Die stoetbeeste is na Dendron verskuif
waar hulle op harde hartwater, rooiwater en galsiekte bosveld loop.
Verdere goeie nuus is dat kopers nou
hulle bulle rustig op die plaas kan kom
uitsoek en ook kundige raad kan kry oor
presies watter bul die beste vir hulle
behoeftes sal wees.
Koperkop loop ook die pad saam met
almal wat hulle bulle gebruik. Daarmee
word immer meer ervaring opgedoen en
prestasiegegewens versamel om steeds
’n beter diens ten opsigte van sowel
genetika as kundigheid te kan lewer.
Goue genetika – dis presies wat Koperkop Hugenote bied. Gentleman is ’n
voorbeeld van ’n uitgegroeide Hugenoot-bul. Sy kalwers is so klein dat hy
op verse gebruik word, maar na geboorte groei hulle vinnig en ekonomies
om net sulke kolosse soos hy te word.
www. p roagri .c o.z a
P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
Vir meer inligting oor winsgewende,
volhoubare vleisproduksie, praat met
Janna Botha by 082-969-5236 of
Henk van Rensburg by
082-345-1270 of e-pos
[email protected]
en kom kyk self.
21
Veeboerdery Veevoer
Brennco is die boer se voervennoot
kan maak uit die produkte en raad wat
Brennco hom bied nie, gaan hy nie sy
rekening kan betaal nie en gaan hy nie
ons produkte koop nie.”
Daarom is dit Brennco se beleid om nie
maar net bloot aan die minimum
vereistes te voldoen nie – “Ons wil die
beste diens en gehalte bied, wat die
boer in staat stel om volhoubaar en
winsgewend te boer. Dit verseker ook
ons eie toekoms.”
Spesialis-voedingkundiges word ingespan om die samestelling van elke soort
voer te bepaal en boere se kennis en
ervaring word ruimskoots benut om te
verseker dat elke produk presies aan die
behoeftes voldoen.
Vir Minnei le Roux, hoofbestuurder
van Brennco Voere, is gehalte en
diens aan die boer nie onderhandelbaar nie. “As ons produkte en raad
nie die boer help om wins te maak
nie, sal hy nie sy rekening kan
betaal nie.”
restasie is die grondslag van
suksesvolle veeboerdery en gesonde,
gebalanseerde voeding speel ’n sleutelrol in diereprestasie.
P
Al hoe meer boere skakel oor na
Brennco Voere se wetenskaplik
saamgestelde en bewese produkte,
want jy weet presies wat jy in elke
Brennco-sak kan verwag.
Brennco Voere se hoofbestuurder,
Minnei le Roux, is ’n man wat daaraan
glo om reguit sake te doen en reguit te
praat. Hy erken: “As die boer nie geld
Brennco is lid van AFMA (Animal Feeds
Manufacturing Association) en al hulle
produkte is behoorlik geregistreer.
Gehalte is vir Brennco Voere ononderhandelbaar. Die fabriek, wat langer as
dertig jaar as Louis Trichardt Rollermeule bekend gestaan het, en die
afgelope tien jaar onder die Brennco
Voere-vaandel staan, is tans in die finale
fase van opgradering om nog beter
produkte en diens te bied.
Die aanlegte vir enkelmaag- en
herkouervoer is apart en daar is geen
kans dat daar dierlike proteïene in
herkouervoer kan beland nie.
Die enkele probleme wat met dienslewering ondervind is, is volkome
uitgestryk en Brennco is besig om snel
uit te brei. Albei aanlegte werk reeds
twee skofte per dag. Produkte word in
grootmaat sowel as
in sakke gelewer. Dit
kan op die plaas
afgelewer word of
die boer kan dit by
die fabriek of depot
kom oplaai.
Brennco Voere is die boer se voervennoot.
www. p roagri .c o.z a
Al hoe meer boere
oor ’n al hoe wyer
gebied gebruik
Brennco Voere se
produkte. Minnei en
sy span is besig om
Brennco se verspreidingsgebied vinnig te
vergroot met die
oprigting van depots
en die aanstel van
verspreidingsagente
op plekke soos
Tzaneen en
Potgietersrus.
P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
Volledige reeks
Brennco se voortreflike produkreeks
sluit omtrent alles behalwe viskos in. Vir
beeste is daar van lekke en bulrantsoene tot vetmesting en suiwelmeel
en -korrels. Daar is ’n volledige reeks vir
skape, volstruise, varke, perde,
pluimvee, konyne, wild, honde, en selfs
vir bosvarke, krokodille en tuinvoëltjies.
Sommige van hierdie produkte is ook in
supermarkte beskikbaar onder die
Brennco-naam of as supermarkte se
huishandelsmerke.
Besoek gerus
www.brennermills.co.za om die
volledige produkreeks te bekyk.
Minnei glo dat ’n verskaffer rats en
buigsaam moet wees om aan die eise
wat diereproduksie stel te voldoen. Elke
kliënt het sy eie omstandighede en
behoeftes en Brennco Voere gaan uit sy
pad om presies die regte raad en produk
te verskaf – selfs om ’n mengsel spesiaal vir ’n boer se behoefte saam te stel.
Vir meer inligting, praat met Minnei
le Roux by 015-516-0133 of
082-566-6900.
Minimumvereistes is nie goed
genoeg vir Brennco Voere nie. Soos
sy ander produkte, is A-team-hondekos van die allerbeste gehalte.
23
24
P ro A g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
AgriTrader
Advertensiediens vir die boer
Advertising service for the farmer
60 00 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd
AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-arkels wat die
betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekosgbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:
Stefan van Wyk (Bloemfontein)
051-446-0789 | 082-381-7563
[email protected]
Eurika Willcock (Bloemfontein)
051-446-0846 | 082-327-2393
[email protected]
Anelda Strauss (Pretoria)
012-362-2732 | 083-748-3413
[email protected]
Hein Slabbert (Pretoria)
012-362-2732 | 082-442-8607
[email protected]
André de Beer (Pretoria)
078-161-1967
[email protected]
tuli
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
25
Veilings
nguni
bonsmara
www. p roagri .c o.z a
Veilings
26
P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
Veilings
dorper
Genegids
braford
beefmaster
boerbok
dorper
vleismerino
landskaap
dorper
dorper
27
P ro A g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
www. p roagri .c o.z a
limousin
charolais
brahman
tuli
dorper
dormer
nguni
Genegids
enegids
AgriGids
Anelda Strauss
28
P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
www. p ro a gr i.c o .za
Agrigids
Belê in Diamante
Belê in Liefde
0861-GEMSTONE
0861-436786
Koop ’n gesertifiseerde geslypte Praus
diamant voor 30 Oktober 2009 en kry
10% afslag. Vermeld net “ProAgri” by
die aankoop van die diamant.
Wen ’n diamant van R5 000!
Stuur ‘n teksboodskap (SMS) en staan ’n kans om ’n
diamant van R5 000, geskenk deur Praus, te wen!
In watter gewigseenheid word diamante geweeg?
Stuur jou antwoord, voor 30 Oktober 2009 per
teksboodskap aan 34634. Teksboodskappe kos R2.
Terme en voorwaardes beskikbaar by www.praus.co.za
Navrae: Danie van Niekerk
078-695-0087, e-pos: [email protected]
www.praus.co.za
www. p roagri .c o.z a
P roA g r i 1 17 O ktob e r 2 0 0 9
29
AgriGids
Agri-Werktuie
30
P roA g r i 1 17 O k tob e r 2 0 0 9
www. p roa gr i.c o .za