Lewensoriëntering - Kids Development Academy
Transcription
Lewensoriëntering - Kids Development Academy
Lewensoriëntering Leerderboek Graad 12 © Kids Development Academy (Pty) Ltd 1 Hoe om hierdie boek te gebruik My Jaarbeplanning KWARTAAL 1 ONDERWERP 1 - Ontwikkeling van die self in die gemeenskap Weke Eenheid 1 1 - 5 Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende Tipe gesonde leefstylkeuses - Stressors en stres Akt. 1: Bepaal die stresvlak Doen/Bespreek Akt. 2: Maak seker van jou feite Bespreek Akt. 3: ‘n Vinnige lees (Selfstudie) Lees Lewensoriëntering word in vier kwartale ingedeel. Elke kwartaal begin met ‘n beplanning en die tipe aktiwiteite word aangedui. Eenheid 2 Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende Akt. 1: Klasbespreking Bespreek Akt. 2: Maak seker van jou feite Doen Eenheid 3 Hierdie opskrif help jou om te beplan en te kontroleer. Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses - Aanvoering, opbou en handhawing van positiewe verhou-dings: Kommunikasie Akt. 1: Praat en luister Doen Eenheid 4 Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses - Ontwikkeling en verandering Akt. 1: Lewensiklus Doen/Bespreek Eenheid 5 Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses - Persoonlike leefstylplan ONDERWERP 5 - Studievaardighede Weke Eenheid 1 6 - 7 Besin oor die proses van assessering en eksamenskryftegnieke Akt. 1: Leesstuk: Matrieks … en die eindeksamen Lees/Bespreek Akt. 2: Hoe gereed is jy? Doen Akt. 3: Leerstyltoets Doen Eenheid 2 Belangrikheid van skoolgebaseerde assessering, verkryging van ‘n Nasionale Senior SertiAkt. 1: Studieplan Doen ONDERWERP 4 - Loopbane en loopbaankeuses Weke Eenheid 1 8 - 10 Verbintenis tot besluitneming Akt. 1: Steve en werk FAT Akt. 2: Wat van ‘n gapjaar? Bespreek Eenheid 2 Redes vir en impak van werkloosheid Akt. 1: Werkloosheid en armoede Bespreek Akt. 2: Is jy ‘n entrepreneur? Doen Eenheid 3 Impak van korrupsie en bedrog Akt. 1: Hoe dan nou? Bespreek Akt. 1: Wat bedoel meneer dan nou? Doen Besin oor die assesseringsproses en eksamenskryftegnieke Hoekom hersien? Hierdie blad dien as ‘n kernopsomming. Elke onderwerp word ingelei met die tema. Elke onderwerp is in eenhede ingedeel. Die definisies van die kernbegrippe word hier opgesom. Maak seker dat jy hierdie woorde verstaan en leer wanneer jy studeer. Verwysings na grade 10 en 11 word hier aangedui. 2 ‘n Mens se korttermyngeheue berg ongelukkig slegs vir ongeveer 20 sekondes inligting. Deur inligting te herhaal, word hierdie kennis in jou langtermyngeheue gestoor. Herhaling, of te wel hersiening, is dus van die uiterste belang vir suksesvolle studie. Ons vergeet in elk geval binne 24 uur 75% van wat ons ingeneem het! Om hierdie vergeetproses teen te werk, moet jy die inligting wat in jou korttermyngeheue is, so veel as moontlik deur middel van herhaling versterk. Suksesstrategieë Onderwerp 5 Eenheid 3 in graad 11-boek As jy vir die leerders wat suksesvol in hul studies is, vra wat hul resep vir sukses is, kom die volgende in die meeste antwoorde voor: • Konstante, harde werk • Alle opdragte, take, ensovoorts, is betyds afgehandel en nie tot op die laaste oomblik gelos nie • Tuiswerk is daagliks voltooi • Goeie beplanning en tydsbestuur • ’n Sinvolle studieprogram/rooster • Werk hard vir elke toets en interne eksamen • Hersiening. Deurwerk van vorige vraestelle • Maak gebruik van elke kans waar ekstra onderrig aangebied word. Studiestyle Onderwerp 5 Eenheid 1 in graad 11-boek Mense leer op verskillende maniere. Party wil die leerstof hoor en ander verkies weer om alles self te ervaar. Jy behoort teen hierdie tyd te weet watter styl jy verkies. Waarom is dié insig belangrik? Navorsing het bewys dat studente beter presteer as hul studiemetode met hul persoonlike leerstyl ooreenstem. Om beter begrip van jouself as ’n leerder te kry, sal dit raadsaam wees om vas te stel wat jou voorkeurstudiestyl is. Daar is verskeie hulpmiddels/toetse soos die Myers Brigg-toets en die Kolb Learning Style Inventory wat jy kan aflê om jou hiermee te help. Ons beveel aan dat jy jou onderwyservoorligter hieromtrent nader. Voltooi intussen Aktiwiteit 3 om te sien watter leerstyl jy verkies. Jy is in die pylvak van jou skoolloopbaan. Die eindstreep is al in sig en saam daarmee het dit tyd geword om net weer te kyk hoe jy hierdie laaste gedeelte van skool so suksesvol moontlik kan voltooi. Die wyse waarop jy dít gaan doen, gaan ’n groot impak op jou toekoms hê. Aktiwiteit 1 Elke eenheid het onderafdelings wat jy moet bestudeer. Klasbespreking Hierdie is ’n werkboek. Die aktiwiteite bestaan uit ‘n verskeidenheid van: • Leer • Lees • Bespreek • Doen • FAT Lees die onderstaande aanhalings en bespreek dit in die klas: • An eye for an eye will only make the whole world blind. – Mohandas Gandhi • Do not think of knocking out another person’s brains because he differs in opinion from you. It would be as rational to knock yourself on the head because you differ from yourself ten years ago. – Horace Mann • Two wolves battle inside of all of us. One is good the other evil. The one that wins depends on the one we feed. – Cherokee Proverb • An apology is the superglue of life. It can repair just about anything. – Lynn Johnston Aktiwiteit 2 Maak seker van jou feite bevind. Wees eerlik in jou antwoorde. 1. Die meeste mense stry of baklei wanneer hulle: .................................................................................................................... ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................... 2. Die meeste mense stry of baklei oor: ......................................................................................................................................... ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................... 3. Een goeie ding wat mense uit stry of baklei kry, is: .............................................................................................................. ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................... 4. Een slegte ding van stry en baklei is: ......................................................................................................................................... ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................... ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………............................................................................................................................................................................ 6. Ek stry of baklei wanneer: ................................................................................................................................................................ ……………………………………............................................................................................................................................................................ ……………………………………............................................................................................................................................................................ My Jaarbeplanning Kwartaal 1 Liggaamsopvoeding vir weke 1-10 Die liggaamsopvoeding word in vier kwartale ingedeel. Normaalweg sal een uur per week bestee word aan praktiese oefeninge. Hierdie oefeninge is in die onderwysersgids en sal deur jou onderwyser met jou behandel word. Weke 1 2-3 4 5 6 7 8 - 10 Onderwerp Les Neem deel aan programme wat persoon- Les 1: Fiksheids-asbevorder sessering Neem deel aan programme wat persoonbevorder Veiligheidsmaatreëls wat verband hou met oefening Neem deel aan programme wat persoonbevorder Waar Fiksheids-assessering Saal/Veld Opstel en Lesse 2-3: deelneem aan Oefenprogram oefenprogram Saal/ Klaskamer Les 4: Dinamiese Opwarming en R.I.C.E. Dinamiese opwarming en konsep van R.I.C.E. Saal/ Klaskamer Les 5: E-les Aërobiese aktiwiteite Saal Aërobiese aktiwiteite Saal/Veld Spoed- en ratsheidoefeninge Saal/Veld Les 6: Rondtebaan-oebevorder feninge Les 7: Neem deel aan programme wat persoonSAQ (Speed Agility bevorder and Quickness) Neem deel aan programme wat persoon- Neem deel aan programme wat persoon- Lesse 8-10: Aksiesporttoernooi bevorder Aktiwiteit Neem deel aan aksiesportSaal/Veld minitoernooi 3 Jy sal opmerk dat daar op sommige bladsye ‘n vergrootglas met verwysings na die Gr. 11-Lewensoriënteringboek is. Daar is heelwat onderwerpe in Gr. 12 wat aansluit by wat jy verlede jaar in Gr. 11 gedoen het. Hierdie terugblikke behoort jou geheue te verfris en jou voor te berei op wat jy hieroor in Gr. 12 gaan leer. 4 Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses Stressors en stres Wat is dit? Stressors is enige eksterne of interne stimulus of situasie wat stres veroorsaak. Stres is een van die Stres en stressors tyd en daarom Stressors is situasies wat vir die mens ‘n bedreiging skep of ongemak veroorsaak. Wanneer stressors teëgekom word, reageer die menslike liggaam deurdat fisiologiese veranderinge plaasvind wat jou toelaat om die betrokke situasie te hanteer. Dit staan as die veg-of-vlugsindroom bekend. Baie mense verwar stres met stressors. Soos genoem, veroorsaak stressors ‘n reaksie en as gevolg daarvan ervaar iemand stres. Stressors kan deur eksterne faktore geskep word of die uitvloeisel van ons eie gedagtes wees. Soorte stressors • Fisieke stressors soos mishandeling, swak gesondheid, pyn en dwelms • Emosionele stressors soos verhuising, nuwe skool, einde van ’n verhouding en dood • Sosiale stressors soos diskriminasie, armoede en min vriende • Finansiële stressors soos werkloosheid, skuld en regsgedinge • Omgewingstressors soos verkeersknope, besoedeling, woonbuurt en misdaad Tekens en simptome van stres gonswoorde van ons behoort dit vir jou so bekend soos skool en eksamen te wees. Dit wil ook voorkom of niemand sy bose kloue ontsnap nie. In hierdie eenheid gaan ons stres onder die vergrootglas plaas en kyk hoe ons dié verskynsel tot ons voordeel kan gebruik. Stres is ‘n uitdrukking van die manier waarop die mens met sy omgewing en die eise wat daardeur aan hom gestel word, omgaan, sowel as die wyse waarop hy die eise wat hy innerlik aan homself stel, hanteer (Roos en Möller, 1988). Die moderne mens ervaar dieselfde fisiologiese reaksie op stres as sy prehistoriese voorvaders. Ons haal vinniger asem om meer suurstof vir die liggaam en spiere beskikbaar te stel en meer suiker word vir energie in die bloedstroom vrygestel. Ongelukkig het ons nie dieselfde uitlaatkleppe, byvoorbeeld veg of vlug, om van dié energie ontslae te raak nie. As gevolg hiervan beïnvloed stres die moderne mens se liggaam en gemoedstoestand en word dit ’n bydraende faktor in verskeie fisieke en emosionele probleme en siektes. Daar word gereeld na stres as die siekte van ons tyd verwys. Nou hoe lyk en voel stres? Dit is omtrent soos wanneer jy tydens ’n saalbyeenkoms voor almal moet praat. Daar is ’n knop in jou keel, jou hart klop vinniger en jou bors trek toe. Jou bene voel soos jellie en jy wil liewers weghardloop! Gelukkig is dit net tydelik en gaan die gevoel verby. Raak die gevoel egter deel van jou daaglikse bestaan, dan praat ons van chroniese stres. Hierdie tipe stres kan jou gesondheid nadelig beïnvloed en selfs tot versteurings soos depressie, slapeloosheid, gewigsverlies of gewigstoename lei. Daar word vandag algemeen aanvaar dat stres ’n bydraende faktor tot die ontwikkeling van hartsiektes is. 5 Positiewe en negatiewe stres Nie alle stres is nadelig vir jou nie. Daar moet eerder onderskeid getref word tussen gevaarlike en niegevaarlike stres. Sonder ’n mate van stres sal die lewe maar ietwat vervelig wees. Stres ontstaan dus nie net uit ongunstige omstandighede of gebeure nie. Baie situasies wat vir jou aanvaarbaar en aangenaam is, genereer ook stres; in hierdie gevalle positiewe stres wat jou laat goed voel en jou liggaamlike en geestesgesondheid positief beïnvloed. Streshantering Om stres te kan hanteer is ’n baie belangrike lewensvaardigheid. Niemand kan stres geheel en al uitskakel of altyd op die laags moontlike stresvlak funksioneer nie. Jy moet leer om stres so te hanteer dat dit nie jou gesondheid en algemene welstand negatief beïnvloed nie. Mense se stresvlakke verskil ook van mekaar. Miskien is jy ’n adrenalienverslaafde wat die beste presteer wanneer die stres hoog is. Die geheim is om die stresvlakke so te beheer dat jy optimaal kan funksioneer. Daar is bewys dat indien ’n mens se stresvlak verby hierdie optimale vlak beweeg, produktiwiteit begin afneem. Is jou stresvlak weer te laag, verloor jy belangstelling en raak jy gou verveeld. Indien jy egter by jou optimale stresvlak funksioneer, sal jy lewenslustig, energiek en effektief voel. Hoe dan met stres gemaak? 1. Verminder stressors: Identifiseer wat veroorsaak stres. Leer om nee te sê. Vermy mense wat stres op jou plaas en neem beheer oor jou lewe en omstandighede. 2. Verander die situasie: Sê hoe jy voel en staan jou man! Moenie gevoelens opkrop nie. 3. Pas aan: As die stressor nie kan verander nie, verander self. Wees positief, sien die groter prentjie raak. 4. Aanvaar wat jy nie kan verander nie: Baie omstandighede kan ons nie beheer nie; veral nie ander mense se gedrag of iets soos die dood nie. 5. Pret en ontspanning: Sorg vir jouself. Bou verhoudings en doen iets waarvan jy hou. ‘n Gesonde humorsin help baie om stres in toom te hou. 6. Gesonde leefstyl: Gereelde oefening en ‘n gesonde dieet verlaag jou stresvlak. AFSLUITING Stres is deel van elke mens se daaglikse bestaan. Jy sal dit nooit heeltemal kan uitskakel nie. Jy sal ook nie wil nie, want sonder stres sal die lewe maar vaal en vervelig wees. Die suksesvolle hantering van stres behels die identifisering van die stressors en die doeltreffende hantering daarvan. Onthou die woorde van die sanger Bobby McFerrin: Don’t worry, be happy! Voorwaar goeie raad. 6 Aktiwiteit 1 Bepaal die stresvlak Werk eers op jou eie en evalueer elk van die volgende gebeure in terme van die stresvlakke wat jy dink dit tot gevolg sal hê ( jy hoef nie noodwendig al iets te ervaar het om te dink hoe stresvol dit mag wees nie). Bespreek nou as ’n klas jul gevolgtrekkings. Gebeure 1 Glad nie stresvol nie 2 ‘n Bietjie stresvol 3 Stresvol 4 Baie stresvol 5 Uiters stresvol Om van skool te verander Om te probeer ophou rook Om deur die skool se bullebak geboelie te word Om uit te vind dat jy MIV-positief is Om nie vir ‘n sportspan gekies te word nie Egskeiding van jou ouers Om ‘n eksamen te druip Om jou werk te verloor Jou vriende aanvaar jou nie meer nie Om deur jou meisie/kêrel afgesê te word Dood van ‘n ouer As jou sakgeld opraak Ouer verloor sy/haar werk 7 Aktiwiteit 2 Maak seker van jou feite Bespreek die volgende in jul groepe: 1. 2. 3. 4. Mense beweer dat die lewe al meer stresvol raak. Dink jy dit is waar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Dink aan ten minste vyf fisieke simptome van stres. Noem hulle op. Wat is die veg-of-vlugmeganisme wat ons met ons voorvaders deel? Waarom het hulle dit nodig gehad? Wanneer mense onder stres is, kies hulle dikwels kitsmeganismes vir stresverligting wat hulle waarskynlik vir ’n kort rukkie beter laat voel, maar hulle skep vir hulself probleme op die lange duur. Kyk of jy agt hiervan kan opnoem. 5. Hoe hanteer jy stres? Wat werk die beste vir jou? Deel dit met die groep. Kyk of jy ’n kort lysie kan opstel van effektiewe stresverligtingsmeganismes wat jou laat beter voel. 6. Probeer in die groep bepaal wat die volgende is: Endorfien: ................................................................................................................................................................................................. Meditasie: ................................................................................................................................................................................................... Joga: ............................................................................................................................................................................................................. T’ai chi: ......................................................................................................................................................................................................... Serotonien: ................................................................................................................................................................................................. Depressie: ..................................................................................................................................................................................................... Antidepressante: ....................................................................................................................................................................................... Aromaterapie: ............................................................................................................................................................................................ Aktiwiteit 3 ‘n Vinnige lees (Selfstudie) Lees die onderstaande artikel en kyk of jy enige iets by hierdie lys kan voeg. Watter van hierdie voorstelle dink jy is die waardevolste? Tien vinnige maniere om stres die nek in te slaan Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie. Daar is dae wat jy rêrig net hartseer en moedeloos voel, wanneer jy voel asof jou familie die aakligste in die hele wêreld is, wanneer jy niks geld het nie, en wanneer jy met jou kêrel / meisie baklei het. Kry ’n bietjie oefening. Verhoog jou polsslag – dit sal jou serotonienvlakke (die “goedvoelhormoon”) laat styg en jy sal beslis baie beter voel. Bel ’n vriend. Jy hoef nie altyd in sak en as te sit nie – ’n sagte stem aan die anderkant van die telefoon kan jou somtyds help om stukke beter te voel. Eet iets. ’n Toebroodjie, ‘n koppie tee of ’n stukkie vrugte mag jou dalk onmiddellik beter laat voel, veral as jou bloedsuikervlakke laag is. Maar bly weg van gemorskos – dit sal net meer probleme op die lange duur veroorsaak. 8 Verdiep jouself in ’n boek. Daar is niks so lekker soos ’n interessante storie om jou aandag van jou eie probleme af te lei nie. Leen ’n boek by ’n vriend, of gaan kyk in die biblioteek – en moenie die boek op sy baadjie takseer nie. Kom uit in die natuur. ’n Bergklimuitstappie, ’n besoek aan die strand of ’n nabygeleë woud – selfs net ’n mooi sandduin (afhangende van waar jy is) is alles goed wat jou beslis beter sal laat voel. Bestee tyd saam met iemand van wie jy hou. Daar is niks so lekker as om saam met ’n goeie vriend te kuier wat van jou hou en jou goedgesind is, nie. Praat openlik oor wat jou pla, maar moenie daarby vashaak nie. Praat ook oor ander lekker dinge. Koop iets vir jouself. Dit hoef nie ’n fortuin te kos nie. ’n Tydskrif of ’n lekker smulhappie sal die ding doen. Bederf jouself – maar nie in so ‘n mate dat jy gewig optel of bankrot speel, of albei, nie. Maak ’n afspraak om ’n berader te besoek. Net die feit dat jy die afspraak maak, sal jou al klaar laat beter voel. Praat met die skoolberader of bel Lifeline waar daar 24 uur per dag opgeleide raadgewers aan diens is. Die nommer is in die telefoongids. Knip ’n uiltjie. Dikwels het ‘n mens net ’n bietjie slaap nodig om jou gemoed reg te kry. Die gevaar bestaan dat, indien jy allerhande probleme in jou lewe ervaar, jy nie genoeg slaap kry nie. Maak vriende met daardie duvet. Huil uit jou hart. Daar is niks wat so goed werk as om werklik uit jou hart te huil om die pynlike dinge uit jou sisteem te kry nie. Moet dit nie opkrop die – dit sal jou net erger laat voel. BRON: Susan Erasmus. (Hierdie artikel is vir die eerste keer op Health24.com gepubliseer.) ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ ……………………………………........................................................................................................................................................................ 9