wat daai kopseer dalk vir jou sê
Transcription
wat daai kopseer dalk vir jou sê
2|Leefstyl Woensdag 4.8.2010 FOTO: IMAGE SOURCE Resep van die week Dié resep is ’n effense aanpassing van een uit Jamie Oliver se boek Jamie’s Dinners. Dis maklik, heerlik en gerieflik, want jy maak hoender en groente in een bak gaar. MARYLAND-HOENDER Genoeg vir vier mense 4 hoenderborsfilette, of 4 hoenderborsies, vel verwyder 4 mielies, of 23 blikkies (400 g) heel mieliepitte in soutwater, gedreineer 1 blikkie (400 g) cannellini of botterbone, gedreineer sout en vars gemaalde swartpeper 1 glas witwyn (sowat 150 ml) 250 ml dik room 50 g botter 12 stukke gerookte strepiespek of pancetta ’n handvol vars mentblare ) Voorverhit die oond tot 220 °C. ) Neem ’n oondbak wat groot genoeg is dat die hoenderstukke knus langs mekaar daarin pas. ) As jy vars mielies gebruik, stroop die pitte met ’n skerp mes van die stronke en plaas in die bak, of maak bloot die blikkies daarin leeg. ) Maak die helfte van die cannelli ni of botterbone met ’n vurk of jou vingers fyn. Voeg dié pulp en die res van die botterbone by die FOTO UIT JAMIE’S DINNERS DEUR JAMIE OLIVER mielies. ) Gooi die wyn en room by en meng liggies deur. Stip die botter daaroor. ) Geur die hoenderstukke met sout en peper. Plaas dit op die mielies en bone. ) Drapeer die spek booor die hoenderstukke. ) Bak in die oond vir sowat 35 tot 40 minute totdat die spek bros en die hoender deurgaar is. Proe en geur verder indien nodig. ) Jy kan die bak sommer net so tafel toe neem. Net voordat jy dit voorsit, strooi ’n paar mentblare booor. Wat gebeur? ) 1 tot 7 Augustus is wêreldborsvoedingsweek. Lees op bl. 5 meer en besoek www.worldbreastfeedingweek.org. ) Vanaf 2 tot 6 Augustus word rumatiekkoorsweek gehou. Die harten beroertestigting van SuidAfrika wil gedurende dié week ouers en sorggewers oplei oor rumatiekkoors en hoe dit tot rumatiese hartsiekte kan lei. Kinders so jonk as vyf jaar oud kan rumatiekkoors kry as hulle ’n keelinfeksie gehad het weens ’n bakterie genaamd streptokokkus (soge naamde “strep throat”) en dit nie behandel is nie, sê die organisasie. Herhaalde gevalle van rumatiekkoors kan lei tot rumatiese hartsiekte. Kinders wat ’n seer keel het maar geen hoes, loopneus of ander verkoue of griepsimptome nie, moet dokter toe geneem word, want hulle het dalk streptokokkus. Vir meer inligting, besoek www.heartfoundation.co.za of skakel 0 021 403 6450. ) 2 tot 7 Augustus is die departement van wetenskap en tegnologie se nasionale wetenskapweek, ’n week waarin die wetenskap landwyd gevier word. Besoek www.saasta.ac.za vir meer inligting oor aktiwiteite of bel die wetenskapweekprojekbestuurder, Jabu Nukeri, by 0 012 392 9335. ) Maandag word Vrouedag landwyd gevier. Sê jou sê Stuur vir ons jou kommentaar. SMS jou mening na 0 41748. Begin jou SMS met die woord Leefstyl. ’n SMS kos R1,50. Pak groen in Het Woolworths se mooi, kleurryke, herbruikbare inkopiesakke al jou oog gevang? Dié sakke het nie net die eerbare doel om die hoeveelheid plastieksakke te verminder nie, maar help ook ’n klein, Kaapse swartbemagti gingsmaatskappy, Isikhwama, om te floreer. Isikhwama is in 2004 begin om sakke vir Woolworths te maak en werk te verskaf aan van die mense wat hul werk verloor het toe baie Kaapstadse klerefabrieke hul deure gesluit het. Hy het ongeskoolde en semigeskoolde werkers in diens wat voorheen werkloos was. Daar is vandag sowat 80 mense in diens en hulle maak tussen 20 000 en 30 000 sakke elke week. Twee vroue wat vervaardi gingstoesighouers daar is, besit 25% van die maatskappy. Die sakke dien ook om mense meer bewus te maak van van Woolworths se Good Business Journeyinisia tiewe, waarmee dié winkelgroep beoog om die mensdom en planeet te help. ’n Nuwe toevoeging is onder meer die helderblouengroen sak wat onderskeidelik Woolworths se volhoubareseekosinisiatief en Sassi (die Wêreldnatuurlewefonds se program vir volhoubare seekos) bevorder. 5 dinge wat daai kopseer dalk vir jou sê 1 JY’S GEDEHIDREER Meer as 75% van die menslike brein bestaan uit water. Wanneer die brein agterkom die watervoorraad raak min begin dit histamiene vervaardig. Dis in beginsel ’n proses van waterrantsoenering en -bewaring om die brein te beskerm ingeval die waterskaarste voortduur. Die histamiene veroorsaak pyn en moegheid, met ander woorde ’n kopseer en die gebrek aan energie wat daarmee gepaardgaan. Dr. Elliot Shevel, Suid-Afrika se pionier in migraine-chirurgie, verduidelik: “Een van die basiese feite van ons liggame wat dikwels vergeet word, is dat pyn ’n funksie het. Pyn is die liggaam se manier om vir ons te sê iets is verkeerd. “As ons gedehidreer raak en dan pynmedikasie of antihistamien neem, doen ons iets oor die pyn, maar nie die onderliggende rede daarvoor nie. Ons sê eintlik net vir die liggaam om stil te bly.” Volgens Shevel is dit noodsaaklik, veral vir hoofpynlyers, om goed gehidreer te bly. As jy nie gereeld baie water drink nie, probeer volgende keer as jy ’n hoofpyn het om ’n oomblik stil te raak en kyk of jy kan agterkom wat jou liggaam vir jou probeer sê – dalk dat jy ’n paar glase water nodig het. 2 JY HET SINUSITIS Sinusse is holtes in jou skedel wat openinge het in die neus. Inflammasie en pyn in die sinusse, wat onder meer deur verkoue en allergieë veroorsaak kan word, word gewoonlik sinusitis genoem. ’n Hoofpyn weens sinusitis gaan dikwels gepaard met pyn en druk om die neus en wange en jy kan dalk agterkom dit word erger ná vinnige bewegings. Lug, etter en slym wat in die sinusse vassit, veroorsaak die pyn. As jy weens infeksie ’n sinushoofpyn en -inflammasie het, is die beste manier om daarvan ontslae te raak met antibiotika, sê Shevel. Maar pyn in daardie plekke is nie noodwendig ’n sinushoofpyn nie. Jou dokter sal ’n X-straalfoto moet neem om te sien of die pyn aan ’n infeksie toe te skryf is voordat hy antibiotika voorskryf. Ontstumiddels, wat gedrink of in die neus gespuit word, word oor die algemeen aanbeveel om inflammasie en ander sinussimp- Die meeste mense sluk vinnig ’n pil wanneer hulle ’n kopseer het. Maar dan behandel jy net die simptoom en nie die oorsaak nie. MARZANNE VAN DEN BERG het by dr. Elliot Shevel van The Headache Clinic uitgevind watter boodskap daardie hoof pyn vir jou kan stuur. tome te behandel. Shevel voeg by: “Hoewel die sinusse ’n rol kan speel in hoofpyn, is dit nie naastenby so algemeen soos wat mense dink nie. Navorsing deur hoofpynklinieke wêreldwyd wys dat ‘sinushoofpyn’ die algemeenste verkeerde diagnose is. “As die pyn in die sinusomgewing is of die pasiënt het ’n postnasale drup of toe neus wanneer die hoofpyn toeslaan, beteken dit nie noodwendig die sinusse is die rede vir die pyn nie. “Trouens, as die onderliggende oorsaak van die hoofpyn behandel word, klaar die sinusprobleem dikwels op.” 3 JY OOREIS JOU OË As jy hoofpyn kry wanneer jy lees, televisie kyk of aaneen op die rekenaar werk, is dit moontlik te wyte aan ooreising van jou oë. So ’n kopseer ontstaan weens ongemak as jou oë moeg word nadat jy ’n taak ’n lang tyd aaneen gedoen het. Maar jy kan iets daaromtrent doen. As jy op ’n rekenaar werk, is dit in die belang van jou sig noodsaaklik om minstens elke uur minstens twee minute te rus. Maak jou oë toe en ontspan. Die plasing van jou rekenaarskerm is ook belangrik. Die ideaal is dat jou oë gelyk moet wees met ’n denkbeeldige lyn wat oor die skerm loop, sewe tot agt sentimeter onder die bokant van die skerm. As jy ’n boek lees, rus elke halfuur so ’n bietjie. Maak die boek toe en kyk in die verte na die lug of tuin. Besoek die webwerf www. headacheclinic.co.za om gratis ’n illustrasie af te laai wat die ideale postuur agter jou rekenaar wys. Kliek op “Free Assistance”. 4 JY SLAAP NIE GENOEG NIE Hoofpyn weens ’n gebrek aan slaap is nie so ’n snydende pyn soos migraine nie. Dis eerder ’n dowwe, swaar pyn wat jou kop swaarder laat voel as wat dit is. Jy kan daarmee wakker word of dit kan ’n paar uur later in die dag ontstaan. Dit kan dikwels vermy word deur jou kop te gebruik: As jy heelnag uit is en dan klas of werk toe gaan met net ’n uur se slaap, vra jy vir ’n hoofpyn. Jy het sewe tot agt uur slaap per nag nodig en meer as jy nog groei, siek is of herstel van ’n siekte. As jy nie genoeg slaap nie, moet jy vasstel hoekom nie en dit verander. As gedragsaanpassings nie help nie, moet jy ’n dokter spreek. Jou slaapkamer moet so donker en koel as moontlik wees. Probeer om jou bed byna net vir slaap te gebruik. Moenie in die bed lê en lees nie. Só leer jy jou liggaam om te slaap wanneer dit die bed tref. 5 JY HET MIGRAINE Migraine kan kom van een of meer van drie strukture: die are wat die kop en kopvel van bloed voorsien (nie in die brein nie); die spiere van die kop, nek en kakebeen; en die senuwees wat hierdie plekke bedien. By migraine ontstaan die meeste van die pyn in die are van die kopvel wat die onderliggende spiere van bloed voorsien. Wanneer die spiere gespanne raak, kan die are pynlik word. Migraine kan dikwels voorkom word deur die spierspanning te verlig wat die aarpyn veroorsaak. Migraine-chirurgie kan gedoen word nadat ’n pasiënt ondersoek is om vas te stel of die spiere en are ’n rol speel in sy migraines. ’n Pasiënt word in ’n dagkliniek opgeneem vir die prosedure, waartydens die kopvelare wat as die kernoorsaak van migrainepyn uitgewys is, gekouteriseer word of die proteïne in die spiere wat die pynseine uitstuur, geneutraliseer word. ’n Postuuraanpassingtoestel, wat gebruik word om gevoeligheid en disfunksie van die kop-, gesig- en nekspiere te behandel, kan ook doeltreffend wees om migraine te voorkom. ) The Headache Clinic het takke in Johannesburg, Kaapstad en Durban. Skakel 0 0861 678 911 of besoek www.headacheclinic.co.za.