Mielies: ken jou kultivars

Transcription

Mielies: ken jou kultivars
Tydskrif van die Senwes Groep • Oktober 2007
Tuinwenke
vir Oktober
Mielies:
ken jou kultivars
Versigtig
vir goedkoop
brandstof
Vir die jongspan:
inkleurkompetisie
Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes
internet
www.senwes.co.za
Gerrit Oosthuizen
Oosthuizzen
Korrekte kultivarkeuse is een
van die belangrikste aspekte
by mielieverbouing en ’n groot
verskeidenheid kultivars en
kultivarpakkette is beskikbaar om van
te kies. Dit is gevolglik belangrik om
die verskillende eienskappe van die
onderskeie kultivars te ken, sodat die
beste keuse gemaak kan word.
T
egnologiese ontwikkeling soos geneties gemodifiseerde organismes (GMO) het ’n nuwe
dimensie in mielieverbouing veroorsaak. Kultivars verskil van mekaar wat aanpasbaarheid, opbrengspotensiaal en aspekte soos siekteweerstandbiedendheid betref. Aan die einde van elke seisoen
moet die produsent die kultivars wat aangeplant is,
evalueer en besluit of daar aanpassings gemaak
moet word. Risiko kan ook verminder word deur ’n
kultivarpakket aan te plant.
Belangrike faktore wat in ag geneem moet word:
Opbrengspotensiaal en aanpasbaarheid
As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat
die biologiese sisteem beïnvloed, is daar ’n groot
variasie in die toestande waaronder mielies in SuidAfrika geproduseer word. Die somersaaigebied is
verder bekend vir wisselvallige klimaatstoestande.
Een van die belangrikste kriteria by kultivarkeuse
is opbrengspotensiaal. Sommige kultivars presteer
beter in die droër, warmer produksiegebiede (westelike produksiegebiede), terwyl ander weer beter
presteer onder gunstiger omstandighede in die
oostelike produksiegebiede (koeler, hoër reënval).
Daar is kultivars wat ewe goed oor ’n wye reeks van
potensiaaltoestande presteer en dit is juis kultivars
soos dié wat risiko kan verlaag en opbrengs kan
stabiliseer.
Oessekerheid (stabiliteit)
Kultivarkeuse is ’n belangrike deel van produsente se boerdery.
10
Senwester, Oktober 2007
Oessekerheidswaardes is ’n waardevolle hulpmiddel
in kultivarkeuse. Gemiddelde opbrengs, opbrengsgeneigdheid en stabiliteit van ’n kultivar word gebruik
in die berekening van oessekerheidswaardes. Die
oessekerheid van ’n kultivar vir ’n sekere opbrengspotensiaal is die minimum opbrengs wat daardie
kultivar in nege uit tien gevalle kan behaal.
Die Landbou Navorsingsraad (LNR) doen jaarliks
hoofstorie
objektiewe kultivar-evaluasieproewe wat die grootste gedeelte
van die somersaaigebied verteenwoordig. Hierdie resultate
word jaarliks in die Mielie Inligtingsgids (MIG) gepubliseer en is
baie handig wanneer daar oor kultivarkeuses besluit moet word.
In Tabel 1 en Tabel 2 word inligting (oessekerheidswaardes)
weergegee vir onderskeidelik die wit- en geelmieliekultivars
waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (soos verkry
uit MIG 2007).
Groeiseisoenlengte
Met groeiseisoenlengte word bedoel die periode van plant tot
blom en fisiologiese rypheid. Saam met plantdatum is dit baie
belangrik wanneer aspekte soos die intreedatum van ryp en
mid-somerdroogtes ter sprake is. Groeiseisoenlengte is ook
belangrik in wisselbou (opvolggewas by besproeiing) en die
bemarkingstrategie wat ’n produsent volg.
13 X
‘
As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat die biologiese
sisteem beïnvloed, is daar ’n groot variasie in die toestande waaronder
mielies in Suid-Afrika geproduseer word.
’
Tabel 1: Witmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (15 proewe).
Kultivar
2 Ton
3 Ton
4 Ton
5 Ton
Gem
Helling
D2
DKC 78-15B
2,42
3,48
4,52
5,51
5,79
0,95
0,2913
CRN 3505
2,21
3,28
4,32
5,32
5,59
0,96
0,2747
PAN 6995B
0,18
2,29
3,72
5,09
5,49
1,31
0,6540
SNK 2551
2,39
3,35
4,29
5,18
5,47
0,85
0,3279
CRN 3549*
2,00
3,08
4,12
5,13
5,38
0,97
0,2265
PAN 6611*
1,21
2,48
3,70
4,89
5,17
1,14
0,2915
PAN 6537
0,98
2,28
3,57
4,80
5,10
1,19
0,3581
PANTHERA
0,92
2,14
3,33
4,47
4,81
1,09
0,4294
PAN 6053
1,07
2,14
3,19
4,14
4,56
0,92
0,6183
SAFFIER
1,54
2,36
3,14
3,89
4,12
0,71
0,2249
CARACAL
0,43
1,49
2,50
3,45
3,86
0,89
0,7068
* Verwysingskultivar.
Tabel 2: Geelmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (15 proewe).
Kultivar
2 Ton
3 Ton
4 Ton
5 Ton
Gem
Helling
D2
DKC 80-12B
1,40
2,73
4,04
5,27
5,77
1,16
0,5966
DKC 80-10*
2,12
3,12
4,09
5,00
5,40
0,84
0,4330
PAN 6146*
1,17
2,48
3,77
5,01
5,36
1,21
0,1804
PAN 6966
1,44
2,65
3,83
4,97
5,36
1,08
0,3081
PAN 6734
1,54
2,68
3,80
4,85
5,23
1,06
0,3513
AFG 4410
1,61
2,62
3,62
4,58
4,88
0,92
0,1640
LS 8504
1,26
2,20
3,10
3,93
4,37
0,74
0,5617
SYNCERUS
1,10
2,18
3,23
4,23
4,00
0,94
0,3690
* Verwysingskultivar.
Senwester, Oktober 2007
11
hoofstorie
11 W
Meerkoppigheid
Meerkoppigheid is die potensiaal wat ’n kultivar het om meer
as een kop per plant tot volwassenheid te bring. Hierdie
eienskap kan goed benut word by laer plantpopulasies en is
nou gekoppel aan die aanpasbaarheid van ’n kultivar. Hoe hoër
die plantpopulasie, hoe minder sal meerkoppigheid ’n rol by
kultivarkeuse speel.
Siekteweerstand
’n Mieliestronkboorder.
Die teling van mielies met siekteweerstand of -verdraagsaamheid
geniet voortdurend baie aandag by die mielietelers. Kultivars
verskil in hul vatbaarheid vir belangrike siektes soos stam- en
wortelvrot, streepsiekte, grysblaarvlek, roes, kopvrot en kop- en
pluimbrand. Indien ’n kultivar(s) gekies word met weerstand
of verdraagsaamheid teen ’n prominente siekte(s) in ’n sekere
gebied, kan daar heelwat op siektebeheerkostes gespaar word.
Hierdie siektes het ook opbrengsverliese tot gevolg.
Omval
Indien ’n kultivar geneig is tot omval, kan dit groot finansiële
implikasies vir die produsent inhou, naamlik opbrengsverlies
en die arbeidskoste om die koppe op te tel. Vordering (teling)
is gemaak om omval te beperk, maar hoë plantpopulasies
bevorder ook die kanse vir omval. Toestande soos te veel of te
min water (stremming) kan ook die staanvermoë van ’n kultivar
beïnvloed.
GMO-kultivars (biotegnologie)
Biotegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van lewende
organismes om nuwe produkte te ontwikkel. Goeie voorbeelde
hiervan is stronkboorder-weerstandbiedende kultivars (“Bt”mielies) en glifosaatbestande kultivars (“Roundup Ready”mielies). Kultivars met beide bogenoemde eienskappe in een
kultivar is nou beskikbaar en staan bekend as die “stapelgeen”.
Saad van GMO-tipe kultivars is egter aansienlik duurder as die
saad van tradisionele of gewone kultivars, maar die produsent
kan weer op insekbeheer- en/of onkruidbeheerkostes spaar.
Roundup Ready-mielies bied veral ’n uitweg op lande met
moeilik beheerbare onkruide. Onthou dat daar voorwaardes
en regulasies is, soos die aanplant van “toevlugsgebiede” (niestamrusper-weerstandbiedende kultivars) wat saam met Btmielies geplant moet word.
Opsommend
• Moet nie al jou eiers in een mandjie sit nie – kies ’n kultivarpakket om risiko te versprei.
• Moet nooit ’n staatmaker-kultivar binne een seisoen met ’n
nuwe of onbekende kultivar vervang nie.
• Evalueer eers ’n “nuwe” kultivar in aanplantings saam met
bewese kultivars.
Tipiese stronkboorderskade.
• Kies ’n kultivar met ’n wye aanpassingsvermoë sodat dit
hoër potensiaaltoestande kan benut, asook by laer potensiaaltoestande ’n aanvaarbare opbrengs kan lewer.
• Maak gebruik van objektiewe, onverbonde kultivar-evaluasieresultate.
• Die LNR-IGG publiseer jaarliks ’n Mielie Inligtingsgids (MIG)
met waardevolle inligting oor mielie-kultivars, bemesting, gewasproduksiestelsels, chemiese onkruidbeheer en gewasbeskerming.
• Hersien kultivarkeuse jaarliks om by veranderde omstandighede en vordering in tegnologie aan te pas. S
Verwysings
Handleiding vir die verbouing van mielies in die somerreënvalgebied –
LNR-IGG; Mielie Inligtingsgids 2007 – LNR-IGG; Seed for thought (Volume
3, Number 2, 2006) – PANNAR; www.monsanto.co.za – Biotegnologie;
www.push-pull.net; http://www.poljinos.hr/english/maize
Gerrit Oosthuizen is ’n senior akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Skakel hom by (018) 462-8533 of 084 506 8791 vir enige
navrae. E-pos kan gestuur word na: gerrit.oosthuizen@senwes.
co.za.
Senwester,
Sen
en
nw
we
es
e
ster
te
er, O
Oktober
Okto
kto
tob
to
ber 2007
7
1
13
internet
www.senwes.co.za
Jaco Vermeulen
Geelmielie-kultivarproewe
op Vaalharts
Produsente moet jaarliks besluit watter kultivars die beste
onder hul eie spesifieke omstandighede in hul pakket
sal inpas. Jaarliks word daar nuwe, verbeterde kultivars
vrygestel en die produsent vind dit moeilik om weg te breek
van die bekende tradisionele kultivars wat reeds beproef is.
S
enwes Landboudienste op Vaalharts doen vir die afgelope
vier jaar hul onafhanklike proewe waar alle betrokke firmas
drie kultivars wat aanbeveel word, kan insluit in die proef.
Daar word ook een nuwe kultivar vir toetsing toegelaat om teen
bestaande kultivars te meet.
Op Vaalharts met sy gewasrotasiestelsel speel die ultra-kort
kultivars ’n baie meer prominente rol as in die droëlandgebiede.
Met die oorskakeling na spilpuntbesproeiing het die fokus
verskuif van ’n 90% relatief laat mielie na ongeveer 50% vroeë
mielie en 50% mielie na koring of gars. Die kultivarkeuse word
ook grootliks hierdeur bepaal. Onder besproeiing kan ultra-kort
groeiers wat einde September tot 20 Oktober geplant word, onder
normale klimaatstoestande reeds in Maart geoes word. Pryse is
dan gewoonlik hoog weens lae voorraadvlakke in teenstelling
met die heelwat laer Julie-pryse, weens die stroopdruk van die
droëlandgebiede. Die mark bepaal egter deesdae meer die
behoefte en uiteindelik ook die produsent se besluitneming.
Die opbrengsrisiko onder besproeiing is ook minder as onder
droëlandverbouing. Elke jaar het egter sy eie spesifieke klimaat
en dit is verstommend om die kultivarverskille waar te neem oor
die verskillende toestande, asook siektevoorkoms. In dié artikel
word die afgelope twee uiteenlopende seisoene se proefdata
weergegee.
Die 2005/2006-seisoen (sien figuur 1)
Die seisoen was gekenmerk deur buitengewoon baie reën van
ongeveer 1 000 mm in die groeiseisoen wat van Januarie tot
Maart voorgekom het. Weens die baie reën was die voorkoms
van blaarsiektes soos noordelike blaarskroei en roes baie hoog.
Dit het ’n duidelike effek op die kultivars gehad wat meer vatbaar
Figuur
Figuur
F
urr 1:
1: Opbrengsresultate
Op
O
pbre
brrengs
rengs
ng
gsre
resul
ult
lttate vir
vir kultivars
vi
kult
kult
u iva
vars
ars
s getoets
get
ge
eto
oe
oet
etts in
in die
diie
e 2005/200620
200
20
00
05/2
5/2006
06
0
6seisoen.
14
Senwester, Oktober 2007
is vir die siektes. Die oorskakeling na meer vroeë mielies het
ook die nadeel dat die voorkoms van mieliestamrusper en
streepsiekte drasties verhoog het. Produsente moet nou baie
meer voorsorg tref en monitering van die gewas doen om
voortydig op te tree. Dit is hoofsaaklik ook die rede hoekom
daar soveel BT-kultivars aangeplant word.
Daar moet ook genoem word dat daar by twee geleenthede
hael op die proefperseel voorgekom het, wat wel opbrengsverliese teweeg gebring het. Gelukkig was die skade nie so drasties
nie, maar dit het die effektiewe groeiseisoen verkort. Aansienlike
loging van stikstof en verspoelings het ook voorgekom weens
die baie reëns in die relatief kort periode.
Die 2006/2007-seisoen (sien figuur 2)
Anders as die vorige jaar was hierdie ’n relatief droë groeiseisoen. Met die uitsondering van geïsoleerde gevalle met
digte plantestand en nou rye met ’n hoë mikroklimaat, was
blaarsiektes weglaatbaar min. Die voorkoms van stamrusper
het egter tydens sekere stadiums straf voorgekom, maar deur
middel van spoedige chemiese beheer is dit hokgeslaan. Die
nagevolg hiervan was die toetrede van rooispinnekop. Alhoewel
daar wel skade veroorsaak was, was die omvang nie te groot
nie en het daar oor die hele Vaalharts-gebied ’n relatief goeie
mielie-oes gerealiseer. Toestande was baie meer optimaal vir
goeie opbrengste weens die goeie hitte-eenhede. Produsente
moes dié seisoen bontstaan om met die besproeiingswater
by te bly, vandaar die groot verskille in opbrengs tussen
spilpuntbesproeiing en tradisionele vloedbesproeiing wat waargeneem is.
Figuur
Fig
Fi
F
ig
iguu
u r 2:
uur
2: Opbrengsresultate
Op
O
pb
bre
br
re
en
ng
ngs
gs
gsres
re
es
sult
ullt
u
la
attte
ate
e van
vva
an die
diie
e kultivars
ku
k
kul
u
ultiv
ttiiv
i ars
arrs getoets
getoe
ge
oe
ets
ts in
in die
di
di
2006/2007-seisoen.
landbou in praktyk
Tydens die stroopdag by ’n weegkarretjie. Van links: Pieter van
Niekerk (medewerker), Andries Zandberg (Pannar verteenwoordiger)
en Neels van Niekerk (medewerker).
Algemeen
Saadgrootte
Plantestand kan deur die verskille van saadgrootte beïnvloed
word en daar moet noukeurig op die verskille gelet word wanneer planters gekalibreer word, of wanneer pitgroottes gewissel
word. Dieselfde pitgrootte moet verkieslik deurgaans gebruik
word. Wanneer daar selfs met lugdrukplanters geplant word,
word drastiese verskille in plantestand opgemerk wanneer met
verskeie saadgroottes geplant word. Die kleiner sade lewer selfs
50% dikker stand met kleiner pitte teenoor die groter pitte (verskil
van 58 000 tot 88 000 plante per hektaar). Daar kan aangeneem
word dat die kleiner pitte twee-twee opgesuig word. Dit het nie
alleen koste-implikasies nie, maar kan ook tot te digte stand lei.
Die kultivars met die kleiner pitte het dan ook weens hul dikker
stand tydens die uitstekende jaar beter presteer as die kultivars
met groter pitte en laer stand. Indien ’n goeie jaar nie realiseer
nie en stremming ondervind word, kan die omgekeerde ook
gebeur. Saadgrootte opsigself het na my mening nie ’n invloed
op die opbrengspotensiaal nie. Dit is net belangrik om die planter
volgens die pitgrootte waarmee jy plant te kalibreer. Klein pitte
kan ook maklik te diep geplant word.
Samevatting
Verskeie proewe word deur verskillende instansies gedoen.
Geeneen van die proewe moet geïgnoreer word nie. Hoe meer
inligting tot die produsent se beskikking is, hoe beter besluite
kan hy neem. Wat egter baie belangrik is, is dat daar na
meerjarige data gekyk moet word en dat verskeie seisoene en
klimaatstoestande in ag geneem moet word. Moet ook nie net
op een kultivar besluit nie, maar eerder op ’n pakket. Wanneer
al die faktore soos saadgrootte, toevlugsoorde, klimaat en
kultivarpakket in ag geneem word, behoort dit die risiko te
verminder. Die beste kultivar wen nie noodwendig die proewe
nie, meer die een met die mees konstante opbrengs oor jare. S
Jaco Vermeulen is ’n akkerboukundige by Senwes Landboudienste.
Vir meer besonderhede oor die proefresultate, siektedruklesings en
plantestand kan jy met hom in verbinding tree by (053) 474-9647
of 082 948 2557. Baie dankie ook aan die medewerkers PJJ van
Niekerk en Seun, sonder wie se insette hierdie proewe nie moontlik
is nie.
Twee kultivars weerskante van ’n
kontrolestrook wat reeds uitgestroop is.
Toevlugsoorde
Daar moet voorts onthou word dat indien BT-kultivars geplant
word, daar voorwaardes en regulasies aan verbonde is. Dit
is baie belangrik om by die regulasies te hou. Indien daar
nie toevlugsoorde of BT-vrye stroke geplant word tussen
die BT-aanplanting nie, kan weerstand opgebou word. Dit
gaan definitiewe gevolge vir die tegnologie inhou en selfs
volhoubaarheid van die tegnologie kortwiek. Maak dus seker
dat jou verteenwoordiger jou volledig inlig oor die voorwaardes
en regulasies. Geen waarborge of ondersteuning kan deur
saadfirmas gegee word indien die vereistes nie nagekom word
nie.
Senwester, Oktober 2007
15
internet
www.senwes.co.za
Johan du Toit
An agri-business
perspective on
South Africa’s land
d reform
efo
programme
o
e
involves three key elements: the
redistribution of agricultural land to new
producers; the restoration of land, or cash
compensation to restitution claimants who
were dispossessed after 1913; and the
securing of tenure rights for residents of
commercial farms and communal areas.
A
lthough some progress has been made in each of the areas, land reform is proceeding at a very slow pace overall
due to a number of factors, including complex bureaucratic processes and inadequate budgets.
Target and achievement
The land reform target set by government is to transfer 30% of
productive commercial agricultural land by 2015 to previously
disadvantaged groups or individuals, which implies 25,9 million
hectares. This figure excludes all state owned land, as well as
former homelands.
In the case of the Free State and North West provinces, which
constitute the biggest part within the Senwes geographical service area, it implies the transfer of 3,51 million and 3,03 million
hectares respectively.
According to the ministry of agriculture and land affairs as at
16
Senwester, Oktober 2007
July 2005
2005, 3
3,137
137 million hectares had been transferr
transferred nationally, which represents 12% of the 2015 target. In order to achieve
the target, 2,28 million hectares will have to be transferred per
annum during the next ten years which is far higher than what
has been delivered in any one year to date.
Almost two-thirds of the total amount spent on restitution
awards to date has been spent on cash compensation rather
than on purchasing land.
Challenges that have to be addressed
The following could be regarded as critical issues that have to
be addressed in order for land reform to succeed in South Africa:
• Better alignment between political, sosio-economical and
pure economical objectives that must be achieved through
the process of land reform. Land reform in its present status
doesn’t necessarily imply an improvement in the sosio-economic well-being of a household or community.
• The selection process. Clear distinction should be made during the selection process between who wants land for farming
purposes and who wants it just for the sake of owning land or
traditional purposes. Knowledge of basic business practices,
commitment and the willingness to acquire the necessary
technical skills through mentorship and formal training are
some of the basic criteria that should be applied.
• After selection, proper training could be regarded as an absolute prerequisite. The department of agriculture doesn’t have
agriculture in practice
•
•
•
•
the capacity or the skills to do it on their own. Therefore,
more funding should be made available for private institutions and initiatives in this regard.
The productive use of transferred land – South Africa,
who is fast becoming a net importer of staple commodities, could not afford to withdraw 30% of its already limited
high potential agricultural land from commercial production as it would put self sufficiency under further pressure.
Given the lack of knowledge and applicable experience
amongst land beneficiaries, a reduction in yield (output)
will be inevitable. This will have a negative impact on agribusinesses whose core business is the storage, handling
and marketing of grain.
Given the already low profitability caused by factors such
as unfavourable terms of trade, it is doubtful whether land
reform would improve the quality of living especially for
those who want to engage in dry land cash crop farming. A lack of protection against imports and subsidies are
factors which is not conducive for land reform within the
South African context.
A proper post-settlement support programme is a prerequisite for successful land reform. At present it is lacking
to a large extent.
Despite a sharp increase in the price of land over the past
five years due to normal market factors, the formula for
calculating the amount available per beneficiary to acquire
land through the LRAD scheme had not been adjusted
accordingly. This implies that less land could be acquired
which in many instances is not an economic viable unit.
Conclusion
All the abovementioned factors have a direct influence on the
future existence of any agricultural related business in South
Africa. It is, therefore, important for leading agri-businesses
to be actively part of the process through existing structures
in order to advise and influence government to pro-actively
amend policy where necessary. S
CoverTex
Rekbaar
Duursaam
Lae onderhoud
Maak jou verfprojek die moeite werd. Gebruik die
nuwe reeks Kaufmann verf en kry gemoedsrus
op die koop toe. Kwaliteit wat jou sak pas.
Johan du Toit is the manager of Senwes Agri-Services. For more
information, contact him on (018) 464-7543 or email [email protected].
Kom tuis na kwaliteit
17
internet
Somertyd is
fosfortyd
www.senwes.co.za
Ulrich Müller, Voermol Voere
D
it is nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling vir weidende diere op groen weiding. Groen
weiding is hoog in proteïen en hoogs verteerbaar, diere op
sulke weidings neem dus toe in massa. Met ‘n mineraal-aanvulling
(P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer
hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om
optimale gewigstoename te verkry.
Energie
Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word,
vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie
dus saam met P aangevul moet word om ‘n verdere respons in
toename te verkry. Energie-aanvulling is relatief duur en om dié
rede bevat ‘n energie-aanvulling ‘n ionofoor soos Salinomycin-Na.
Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik
bespaar dit voer en so ‘n aanvulling is koste-effektief.
Produkte beskikbaar
Katvoet loop vir
Die volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word:
Mineraal-aanvullings
Voermol Superfos
V17422
Rumevite 6P
V11995
Klaar gemengde mineralelek. Aanbevole
inname: 110 g - 240 g/bees/dag.
Rumevite 12P
V11994
Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke dele sout om ’n P6-lek te gee. Aanbevole inname: 110 g - 240 g/bees/dag.
Voermol
Fosfaatblok
V10264
Fosfaatblok gereed om te voer. Verwagte
inname: 110 g - 240 g/bees/dag.
Selfmeng
mineralelek
Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg
sout en met 50 kg Voermol Super 18.
Hierdie mengsel is ’n smaaklike lek wat
goeie resultate gee, veral waar lekinname
op P6-lekke laag is. Aanbevole inname:
120 g - 240 g/bees/dag.
Energie en mineraal-aanvullings
Groei kan verder verhoog word deur ‘n energie-aanvulling. Die
volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik
dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoende
goeie kwaliteit groen weiding.
Energie en minerale-aanvulling met 20% proteïen
vir diere op groenweiding. Geen vermenging is
nodig nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/
bees/dag.
Voermol
Supermol
V7267
Voermol
Energieblok
V11456
Voermol
Molovite
V10264
goedkoop
Hierdie is ’n smaaklike, klaar gemengde
mineralelek. Aanbevole inname: 120 g 240 g/bees/dag.
Blok; gebruik as energie en minerale-aanvulling
vir diere op groenweiding. Aanbevole inname:
1 400 g - 2 000 g/bees/dag.
Energie en minerale-aanvulling vir diere op top
kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig
nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/bees/dag.
Vir navrae, skakel Ulrich Müller van
Voermol Voere by 083 414 5928.
Vir meer besonderhede kontak jou naaste Voermol agent of Voermol se
hoofkantoor by (032) 439-5599 of e-pos [email protected]
brandstof
P
rodusente se brandstofverbruik is geweldig hoog en
met brandstofpryse wat aan die toeneem is, is sommige
produsente bereid om tot uiterstes te gaan om kostes
te bespaar. Die kanse dat goedkoper brandstof nie op die
standaard is wat dit moet wees nie, is egter baie goed en
produsente moet katvoet loop om seker te maak dat hulle nie
’n rat voor die oë gedraai word nie.
Die hoeveelheid insidente waar brandstof gesteel word, is
aan die toeneem. Hierdie gesteelde diesel word weer in die
sisteem ingewerk deur dit teen ’n goedkoper prys te verkoop.
Die brandstof wat op ’n oneerlike wyse bekom word, word
gewoonlik in houers gestoor wat verweer is deur die gebruik
van ander vloeistowwe. Hierdie vloeistowwe meng met die
brandstof en kan verwoestend wees vir gewone enjins. Daar
is ook gevalle waar die diesel opsetlik vermeng word met
goedkoper vloeistowwe, soos geïllumineerde paraffien – wat
jou inspuitingsisteem beskadig.
Volgens Lourens Swanepoel (nasorgbestuurder: ELB) is
die skade wat goedkoop brandstof aan trekkers aanrig, selfs
groter as die skade vir kommersiële voertuie.
Gesteelde of onderpresterende diesel en petrol vind dikwels
hul pad na vulstasies wat nie deur ’n erkende handelsmerk,
soos BP, Engen, Shell en Sasol, ondersteun word nie. Hierdie
maatskappye het streng kwaliteitskontroles wat nie petrol of
diesel wat jou enjin kan beskadig, deurlaat nie. S
Wees op die uitkyk vir die volgende
uitgawe van die Senwester, waarin ’n
artikel sal verskyn wat onder andere
sal kyk na hoe jy jou brandstof op
jou plaas kan bestuur om die beste
waarde vir jou geld te kry.
20
landbou in praktyk
Brandstofbesparing
Elmarie
El
i Cronje
C j
nie net leë woorde by John Deere
J
ohn Deere se 7030-reeks is
vroeg vanjaar bekend gestel,
met die belofte aan produsente dat dit as die beste in sy klas
beskou word wat brandstofverbruik betref. Hierdie trekker doen
verseker sy belofte gestand.
Frikkie Kirsten, ’n Senwes-klant
wat op die plaas Dowwespruit in
die Makwassie-omgewing boer,
het sy 30-reeks John Deere-trekkers getoets teen die 20-reeks.
“Ons het albei trekkers oor twee
dae van sesuur die oggend tot
sesuur die aand laat werk. Teen
die einde van die dag, het ons ’n
28ℓ tot 31ℓ besparing op die 30reeks aangeteken,” het Frikkie
bevind.
As ’n mens op ’n minder wetenskaplike manier daarna wil kyk,
was Frikkie se bevinding dat die
20-reeks se brandstoftenk teen die
einde van die dag leeg was, waar
die 30-reeks se naald net onder
half gelê het.
Dit is dus nie net mooi kooppraatjies wat John Deere se 7030reeks so gewild maak nie, maar
wel die 6,8 liter enjin wat op ’n
noemenswaardige brandstofbesparing kan aanspraak maak, terwyl dit meer kilowatt uitskop.
Die reeks spog ook met meer
krag en ’n beter verkoelingsisteem,
met groter wringkrag en vinniger
reaksies. As jy dus op soek is
na ’n trekker wat waarde vir jou
geld bied, kan jy dié een beslis
oorweeg. S
• Gesels vandag nog met Willie
Dietrechsen (bemarkingsbestuurder: John Deere) by (018) 4647216 vir meer inligting oor die
7030-reeks trekkers.
‘
’
John Deere se 7030-reeks word as die beste in sy klas beskou in terme van brandstofverbruik.
internet
www.senwes.co.za
landbou in praktyk
Mariana Purnell
Chemiese verklarings
word beproef
ook vervat op die graanleweringstrokies waar die produsent
bevestig dat hy die voorskrifte nagekom het en nie onwettige
middels en/of teen foutiewe dosisse of op verkeerde tye van die
wettige middels toegedien het nie.
Landbouchemiese middels op mielies getoets
D
ie verbouing en hantering van landbouprodukte moet
voldoen aan vereistes soos neergelê in verskeie wette*
wat die graderingsregulasies en leweringstandaarde van
die onderskeie grane, asook die teenwoordigheid van giftige
plantsade en die maksimum vlakke van plaagdoder-residue in
voedsel beskryf. Vir die beroking van graanprodukte word ook
riglyne voorgeskryf.
Nuwe Voedselveiligheidswetgewing (2005) vereis dat alle
voedselhanteerders in die voedselwaardeketting, soos Senwes,
aan minimum voedselveiligheidstandaarde voldoen. Dit sluit in
aspekte soos die ontvangs van landbouprodukte wat moontlik
met sekere onkruiddoders, insekdoders, bemestingstowwe en
verskeie ander landbou-chemikalieë behandel mag wees. Dit
behels ook die versekering dat toegelate residu-vlakke van die
relevante produkte wat in die produk teenwoordig mag wees,
nie oorskry word nie en dat slegs geregistreerde middels toegedien is.
Om te voldoen aan hierdie wetlike vereistes het Senwes die
afgelope seisoen versoek dat produsente ’n verklaring van nakoming indien ten opsigte van chemiese bespuiting alvorens
enige graan by ‘n silo gelewer word. Hierdie verklaring word
Die produsent se onderneming:
“Ek bevestig hiermee dat graan deur
my gelewer, met geen chemiese
middels wat ’n gevaar vir menslike en
dierlike gebruik inhou, behandel is nie
en dat die bespuiting aan alle wetlike
vereistes voldoen”.
22
Senwester, Oktober 2007
Senwes, wat as koper ter enige tyd volgens sy diskresie geregtig
is om ondersoek te doen met betrekking tot die nakoming van
hierdie vereistes, het by verskeie silo’s monsters getrek vir
ontleding, veral in gevalle waar onbekende, skerp reuke op die
produk voorgekom het.
Alhoewel daar etlike monsters getoets was, is geen middels
met organofosfate, triofosfate en karbamate bespeur nie en is
die besendings dus aanvaar. Dit is dus ‘n riem onder die hart dat
Senwes op sy kliënte se integriteit kan staatmaak. Senwes sal
egter in die toekoms deurgaans hierdie metode toepas om aan
die Voedselveiligheidswetgewing te voldoen en die verbruiker
se veiligheid te verseker.
Naspeurbaarheid op die plaas
Dit is dus uiters belangrik dat die produsent:
• let op die etiketvoorskrifte rakende registrasie van middels vir
spesifieke gewasse om ’n bepaalde onkruid, swam of plaag
te beheer;
• noukeurige rekords op plaasvlak hou;
• die lotnommer en die vervaardigingsdatum van die houers
bewaar;
• die invloed van tipe spuitpunte, tyd van toediening, spuitlewering, gebruiksbeperkings, mengbaarheid met ander produkte
en algemene veiligheidsmaatreëls in ag neem;
• altyd daarop aandring dat alle aanbevelings op skrif gestel
word; en
• uitvind of die agent of verteenwoordiger wat aanbevelings
maak aan die nodige vereistes voldoen, soos deur ACDASA
(Agricultural Chemical Distribution Association of South Africa) voorgeskryf word.
* Wette ten opsigte van die verbouing en hantering
van landbouprodukte
- Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels, 1972 (Wet no 54 van 1972).
- Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet no 119 van
1990).
- Wet op Landboumiddels (Wet 36 van 1947). S
Mariana Purnell is die bestuurder van Graan Spesialiteitsprodukte
by Senwes. Vir meer inligting, skakel haar by (018) 464-7271 of
e-pos [email protected].
internet
www.senwes.co.za
Why a breeding season for
Livhu Ngwekhulu
beef animals?
Beef cattle production, like any other
business, relies on increased profits.
This can be achieved by minimising
costs, increasing production while keeping other factors low, higher beef prices
and breeding cattle that are adapted to
the environment, to name but a few.
high. It must be remembered that for a beef producer to be profitable, he must constantly try to keep production costs of his
enterprise as low as possible.
C
ontrolled breeding can help improve many of these factors. Under controlled breeding, the producer decides
on the time and period to run bulls with the cows instead
of running the bulls with the cows all year round (uncontrolled
breeding season).
Uncontrolled breeding season
This practice results in calving distributed throughout the year
and through a range of environmental conditions. Cows that
calve outside the best time of the year will struggle to raise a calf
and get back in condition. Producers who use this method, like
the fact that there will be calves to sell all year round, thereby
taking advantage of the high beef price during the December
period, as the price cycle shows (see figure 1). However, the
feeding and veterinary costs of raising such calves can be very
Figure 1: Monthly weaner price fluctuations
fluctuations (1997 - 2001).
2001) It can be
seen from the graph that beef prices peak during December month,
mainly due to high demand during the Christmas season.
Controlled breeding season
The best way to reduce the costs of production is to match
the cow/calf production cycle with the quality and availability of
agriculture in practice
forage, “synchronising with nature”, just like antelopes do.
Cost effective management will ensure that high quality
and quantity of forage supply coincide with the dropping
of a calf through to weaning, thus keeping your cows’ condition and minimising supplementary feeding costs.
Advantages of controlled breeding season
Uniform calf crop
• This eases management procedures like castration,
dehorning, nutrition, vaccination, weaning and marketing, as the calves will be almost the same age.
• A uniform calf crop will also allow you to manage your
heifers well so that the highest percentage obtains sufficient weight and development to be mated at the right
time.
• Sexual rest, taking the bull away from cows will afford
the cow herd time for treatment of venereal diseases.
Problem identification
• Cattle can be closely related for calving difficulty and
helped in time before the calf or the mother is lost.
• Cows with reproductive problems, like failure to conceive, can be identified and culled. An open cow will
consume feed continuously while returning no revenue
for a year. If not identified, with the increasing costs of
keeping animals which rise annually, this can not be
afforded.
When does the breeding season start?
Interestingly, one thing that should be remembered is
the longer the breeding season, the less the uniformity
in the calf crop. Calves that are born late in the calving
season will not attain good weight when they are weaned
and hence this means a lower income. The earlier they
are born, the heavier they will be (refer to Table 1). In the
Senwes service area, the right time would be at the beginning of December. By this time cows that calved in spring
already had about three months rest for their reproductive
system to recover sufficiently.
Conclusion
A balance should be struck between beef profit and what
the farm can offer naturally, with costs from the producer.
Beef prices do indeed peak during December, but is it economical to breed all year round so that you can sell when
the price is high? With the rising costs of raising weaners,
this practice does not always prove economical.
It is highly beneficial to have a specific breeding season
that you can adhere to, to reduce stress on animals by
handling them constantly for vaccinations, dehorning and
branding. The higher the number of cows that calf early
during the breeding season, the higher the kilograms of
weaner beef you will be able to sell the following year. S
Livhu Ngwekhulu is a livestock specialist. For more information, contact Livhu at Senwes Developing Agriculture on (018)
464-7720 or 083 278 7742.
25
Table 1: Weaner values at different weaning weights (Milton, 2003).
Period of
birth (days)
Weaning weight (kg)
when oldest is 7 months
R/kg
Value of weaner
in rand
0 - 20
240
12,0
2 880
21 - 41
219
12,0
2 628
42 - 62
198
12,0
2 376
63 - 83
177
12,4
2 194
84 - 105
156
12,7
1 981
internet
www.senwes.co.za
VSA mieliesituasie
belangrik vir plaaslike produsent
Thys Grobbelaar
Die Amerikaanse oes speel ’n groot rol in die Suid-Afrikaanse
mielieprysvormingsproses. Die Suid-Afrikaanse mielieprys vorm op ’n vlak tussen
die berekende in- en uitvoerpariteit van mielies. In die berekeninge word die
internasionale prys gebruik, wat gewoonlik die Amerikaanse prys is. ’n Hoër of laer
Amerikaanse mielieprys het ’n hoër of laer in- of uitvoerpariteitsprys tot gevolg.
I
Figuur 1: Die produksie, verbruik en oordrag as % van verbruik (uitvoere uitgesluit) van mielies in die VSA.
Figuur 2: Die beraamde verbruik van mielies vir etanolproduksie in
die VSA.
Figuur 3: Die oppervlakte onder mielies in die VSA asook die gemiddelde opbrengs per seisoen.
26
Senwester, Oktober 2007
n die onlangse verlede was die verskil tussen die berekende
in- en uitvoerpariteit ongeveer R800/ton. Tans is dit ongeveer
R1 200/ton, aangesien daar ’n $40/ton premie op witmielies
in die VSA is. Die berekende invoerpariteit vir mielies gelewer
by Randfontein is ongeveer R2 100/ton, terwyl die uitvoerpariteit
ongeveer R900/ton is. Die potensiële prysbeweging van SuidAfrikaanse mielies is dus R1 200/ton, wat ’n wesenlike effek op
die produsent se winsgewendheid kan hê.
Soos algemeen bekend het die vraag en aanbod van enige
kommoditeit ’n wesenlike effek op die prys daarvan. Die mark kyk
veral na wat die berekende oordragvoorraad van die kommoditeit
as persentasie van die verbruik van die kommoditeit is. Sou die
persentasie laer as 15% daal, het dit gewoonlik tot gevolg dat
die kommoditeit se prys skerp begin styg. Dit beteken dat die
land slegs ’n maand en ’n half se oordragvoorraad het. Dit is ook
gewoonlik die tyd wat dit neem om ’n kommoditeit in te voer. Die
mark raak dan redelik onrustig en volatiele kommoditeitspryse
is die gevolg.
Eerstens kyk ons wat die situasie in die VSA is ten opsigte
van hul berekende oordragvoorraad van hulle mielies.
Die berekende oordragvoorraad van mielies in die VSA vir
die 2007/2008-bemarkingsjaar is 38,5 miljoen ton, wat slegs
14,3% van hul verbruik is. Volgens Fimat gaan die volgende
bemarkingsjaar se oordragvoorraad nog kleiner wees, naamlik
25,7 miljoen ton, oftewel 8% van hul verbruik. Nieteenstaande
die drastiese uitbreiding in oppervlakte en hoë opbrengs wat
landbou in praktyk
verwag word, bly die berekende oordragvoorraad laag in die
VSA. Dit stut die prys van die kommoditeit baie.
Uit Figuur 2 kan afgelei word wat die berekende verbruik
van mielies vir etanolproduksie in die VSA is. Teen die
bemarkingseisoen 2008/2009, gaan hulle reeds 120 miljoen
ton mielies vir etanolproduksie gebruik. Dit het tot gevolg dat
die Amerikaners se oordragvoorraad bly krimp, nieteenstaande
die drastiese uitbreiding in oppervlakte en baie hoë opbrengste
wat realiseer. Hulle verwag tans ’n gemiddelde opbrengs van
152,8 boesels/akker, wat 9,6 ton/ha in ons terme is.
Figuur 3 dui die oppervlakte in akker aan wat die Amerikaners
onder mielies verbou. Dit is duidelik dat hulle die oppervlakte
drasties uitgebrei het. So het hulle hierdie bemarkingseisoen
die grootste oppervlakte mielies sedert 1944 aangeplant.
Hulle kan in die stadium nie wesenlik verder uitbrei nie. Hul
opbrengste styg steeds soos nuwe tegnologie en genetiese
materiaal ontwikkel en aangewend word.
Opsomming en gevolgtrekking
Die Amerikaners se mieliebedryf neem elke jaar toe in omvang.
Veral ten opsigte van opbrengste wat behaal word, is daar
groot vordering. Hulle oordragvoorraad bly onder druk, omdat
hulle verbruik van mielies vir etanolproduksie drasties toeneem.
Dit het tot gevolg dat die Amerikaanse mielieprys op redelike
hoë vlakke sal bly. Volgens hulle behoort hul mielieprys bo $3/
boesels te bly vir die afsienbare tyd.
Die Suid-Afrikaanse produsent moet onthou dat hoewel
die berekende in- en uitvoerpariteitsyfers redelik gestyg het,
Suid-Afrika se berekende oordragvoorraad gaan bepaal of ons
mielieprys by in- of uitvoerpariteit gaan vorm en daar is tans ’n
R1 200/ton verskil. Ons moet steeds waak teen oorproduksie. S
Thys Grobbelaar is ’n graananalis by Senwes Graan. Vir verdere
inligting, skakel hom by (018) 464-7385 of e-pos thys.grobbelaar@
senwes.co.za.
27