dieVOETNOTA - Magalies Hiking
Transcription
dieVOETNOTA - Magalies Hiking
VOETNOTA die Magalies Voetslaan November 2014. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 1 / 48 Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 2 / 48 Voorblad : 2013 se Wen-Fotos in Magalies Voetslaan se fotokompetisie. 1Ste Prys Petro Steyn, 2de prys Brian French, 3de prys Petro Steyn. Lees elders meer oor die fotos en die inspirasie daaragter. BESTUUR Andries Roesch (Voorsitter) Brian French (Ondervoorsitter) Chris Leipoldt (Sekretaris) Wilma du Plooy (Tesourier) Delveen French Elzabé Spies 082 881 7301 012 807 1888 – 082 688 5638 012 329 0462 – 072 476 8438 012 381 3348(w) – 082 417 5153 012 807 1888 – 082 662 4024 082 374 2410 Marius Stander 083 305 6223 of 012 998 6267 (w) [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] VOETNOTA [email protected] Magalies Voetslaan se bankrekening (tjek) is by ABSA, rekeningnommer : 2890 186 095 en die takkode is: 632-005 vir elektroniese inbetalings. POSBUS 945, IFAFI, 0260 WEBTUISTE: http://www.magalieshiking.co.za Magaliesaande: Ons vergader elke laaste Dinsdag van die maand om 19:00 in die kerksaal van die PHILADELPIA HERVORMDE GEMEENTE (Studentegemeente) te Lunnonstraat 127, HILLCREST, langs die UP. Lunnonstr. is tussen Duxbury en Lynnwoodweg en die ingang is tussen Harold en Duncan (Jan Shoba). LAAT BERIG : Ons mag dalk nie meer vanaf 2015 die' lokaal kan gebruik nie. Raadpleeg die webtusite of epos die bestuur voor jy ry volgende jaar. Lede van Magalies Voetslaan betaal ’n donasie van R10 en nie-lede betaal R15 om adminkoste te dek. Lidmaatskap 2014 As jy dalk nog wik en weeg of jy by Magalies moet aansluit, nooi ons jou om van ons byeenkomste te kom bywoon. Sonder jou kan ons nie ‘n sukses van ons Magaliesaande maak nie en ons kort nog lede! Kom vul jou vorm (sien die Aansoekvorm elders in die Voetnota) in en betaal jou R70 per persoon vir die jaar. Inhoud Aansoekvorm..........................................................48 Alexandria staproete...............................................27 Algemene kontak inligting......................................45 Bermanzi Basiskamp Stap......................................13 Blue Wildebeest, Badplaas......................................20 Boesman weervoorspelling.....................................41 Bokkraal Waterfall Valley - Swartruggens..............31 Citizen Science at the Animal Demography Unit...44 Claim to Fame.........................................................15 Die einde van 'n lang en bedrywige voetslaanpad op aarde..........................................................................9 Dingilizi Wildsplaas, Pretoria.................................30 Ezemvelo, Bronkhorstspruit...................................24 Fanie Botha.............................................................23 Frogs, Cullinan........................................................12 Kaapchehoop - Klipspringers................................13 Kumbagana natuurreservaat , Eagle cove staproetes .................................................................................17 Lighter Side of Exercise..........................................12 Magaliesaande terugvoer..........................................4 Mariepskop, Mpumalanga......................................28 Die Voetnota. November 2014. Outenikwa-trip..................................................35, 37 Phaladingwe Dagstapverslag..................................18 Queen Rose.............................................................22 Rebranding the Otter Hiking Trail..........................24 Richtersveld Toer....................................................42 Roetes gestap deur Magalies-lede...........................11 Rustig......................................................................25 Silver Falls..............................................................14 Stamvrug Warmbad, Bela-Bela..............................12 Stapfoto en Staproete van die Jaar 2013...................8 Strandloper..............................................................33 Strandloper, Oos-Kaap............................................33 Suiker-bos-fontein...................................................19 Thabapashwa...........................................................18 Vaal Ribbok / Grey Rheebok Staproete..................20 Visrivier, Namibië...................................................43 Walvis Staproete.....................................................15 Wathaba-Lekker!!!..................................................16 ..........................................................................10, 22 'n “rustige” naweek.................................................26 Magalies Voetslaan. Bladsy 3 / 48 Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het en julle ervarings met ons deel. Daarsonder sou die Voetnota net nie moontlike kon wees nie. Dit het heelwat 'grawe' gekos om al die stukkies en brokkies bymekaar te kry, maar hier is dit. Chris Leipoldt met sy gereelde Nuusbriewe vir Magalies EN Viva Voetslaanklub se nuusbriewe. Andries Oosthuizen vir ons webtuiste, Dave (Rustig). Wilna Horn (Richterveld), Wilna Du Plooi (Boesman weerburo), Andries Oosthuizen vir Ndaba Voetslaanklub se nuusbriewe, Klipsprings se nuusbrief (Trailmail) en Bakkiesblad, Rina Blomerus, Wilna Loxley-Ford, Hennie Blomerus, Ina Stahmer, Ansa Coetsee, Elize Langenegger en elkeen wie se fotos gebruik is. Ook elkeen wat iet ingestuur het en nie hier gelys word nie. Jou bydrae word baie waardeer. Samesteller : Marius Stander (Nomades) Magaliesaande terugvoer. Sommige stappers se stewels vergader soms bietjie stof in die kas, ander word opgeloop. Waar jy ook al inpas, die maandelikse byeenkomste is altyd intresant met die sprekers wat ons het, en dan natuurlik die roete-terugvoer van die' wie se skoene nie stof vergaar nie. Hiermee dan 'n opsomming van die maandelikse byeenkomste en sprekers. 28 Januarie: Leni Hamilton van Hiker’s Paradise in Centurion het foto’s gewys van die wonderlike toerismeland, Nepal wat ’n smal bergagtige deel tussen China en Indië vorm. Die meeste van die hoogste pieke op aarde is daar geleë, onder andere Mt. Everest. Dit is ’n land met arm, vriendelike mense. Behalwe in die stede en groter dorpe, is hulle stappers. Hulle dra alles wat nodig is op smal en steil paadjies na hul afgeleë dorpies. ’n Groot deel van hul lewe draai om toerisme en daarom is daar baie netjiese herberge en hulle fokus geweldig daarop om toeriste gelukkig te hou. Behalwe vir die staproetes kan jy byna enige buitelewe-aktiwiteite daar aantref. Daarvan is kajakroei op die onstuimige en bruisende riviere, hangvlieg, rotsklim, abseil ook by watervalle af, rekspring en nog meer. Dit is ’n land van oorvloed wat besienswaardighede betref, by voorbeeld die baie tempels, die versierings met vlae, poorte by die tempels en die kleurvolle herberge. Die natuur is asemrowend met die pieke van meer as 8,000m, meestal wit van die sneeu, woude, heuwels, hangbrue heen en weer oor diep skeure, ens. Die lughawe van Katmandu (met 5 miljoen inwoners) bly vir my (en ek dink baie ander) ’n wonderwerk. Daar land weliswaar nie Airbusse of 747’s nie, maar die loodse van daardie 16 sitplekkers waag daagliks hul en hul passasiers se lewens. Leni se pleidooi is om, as jy van die buitelewe hou, te vergeet van eksotiese plekke en eerder Nepal te besoek. Dit is ’n veilige land om in te wees en jy stap teen jou eie pas. Sy spreek haar dank uit teenoor Magalies se bestuur vir die geleentheid om op te tree en vir die groot werk wat hulle doen. Die boek waaroor sy so opgewonde geraak het is: The Monk who sold his Ferrari deur Robin Sharma. 25 Februarie: Dit was ons tweede byeenkoms in ons nuwe lokaal en ons is aangenaam verras deur die steeds goeie opkoms. Johan Pretorius het vir ons foto’s van hul toer deur die Richtersveld, die Weskus en Sederberg gewys. Daar is plekke waar net ’n bobbejaan met ’n kierie, en sommige 4X4s, oor die weg kan kom. Die Richtersveld bly maar ’n pragtige gebied. Daar is nou waarlik iets van alles. Daar is ruwe rotse, berge, hul eie Springbokvlakte, die eiesoortige plantegroei met die mooiste klein blommetjies, akkedisse en ander klein outjies waarvoor jy maar moet fyn kyk. Vir so ’n barre wêreld is daar ook ’n verbasende verskeidenheid van voëls. Hulle het na die Richters ook die Donkiekar-stap agterstevoor gery en by die aanskoue van die foto’s roep dit heerlike herinneringe op by diegene wat al daai mooi kusroete gestap het. Vasgesit in diep sand, ja, dit bly ’n nagmerrie. Gelukkig was hulle meer as een voertuig en kon hulle darem mekaar uithelp. By Kammieskroon/Garies se wêreld was die plate blomme ’n lus vir die oog. Die Sederberg is natuurlik ook altyd ’n belewenis met die pragtige opeenvolgende rotsformasies. Baie dankie, Johan vir jou interessante vertellings en die wys van die foto’s. Ons geniet dit altyd. 25 Maart: Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 4 / 48 Ons lede en besoekers is nou al gewoond aan ons nuwe lokaal. Nou moet ek nog net onthou om my kussinkie in te pak sodat my boude nie so seer word op die harde stoele nie! Willie Froneman (Pa van die bekende natuurfotograaf Albert) het 76 geword en ons wens hom spesiaal baie geluk en voorspoed toe vir sy nuwe lewensjaar. Andries Roesch het die 21ste verjaar. Baie geluk. Willie het ’n passie vir die Kransaasvoël. Vir my lyk die voëls maar koddig, behalwe as hulle vlieg. Ek weet dis nie ’n arend nie, maar ’n mens wil sommer “Vlieg soos ’n arend” begin neurie as jy na daardie pragtige 2,5 meter vlerke kyk. En die “landingsliggies” naby die punte van die vlerke is iets besonders as hulle met oopgespreide vlerke inkom om te land. Ongelukkig is hul habitat grootliks deur die mens versteur en is van hul kolonies uitgewis sodat daar net enkeles oor is. Die voëls weeg tot 10 kg en sukkel om op te styg, maar maak hoofsaaklik van warm lugstrome gebruik om daar bo rond te sweef en na prooi te soek. Hulle, asook ander aasvoëls, is saam met, onder andere, jakkalse en hiënas die ouens wat die karkasse moet opruim nadat koning leeu en prins luiperd hul maaltyd genuttig het. Die witkruisarend is ietwat kleiner en weeg ongeveer 7 kg met ’n vlerkspan van 1,5 meter. Hulle kom in die Kruger en ander reservate voor. Die Magaliesberg wemel natuurlik van ander diertjies en voëls en Willie het pragtige foto’s van hulle gewys. Hy het ook van diere en voëls in die Kruger gewys en sommer by die foto’s ook die lesse van die derdes, die inbeweeg in die foto en beligting verduidelik. Baie nuttig om mooi foto’s te neem. En onthou daardie “DELETE”-knoppie as die foto uit fokus is of die pootjies en/of oortjies afgesny is! April: Ons het nie vergader nie omdat die maand vol langnaweke en vakansiedae was. Hoop julle het goed gerus en/of vakansie gehou. 27 Mei: Tim Hartwright van Jacana het sy nuwe boek - "Gauteng Hikes and Walks" kom bekendstel wat April 2014 uitgegee is. Daar is ongeveer 50 staproetes in Gauteng – dus is daar een naby elkeen van ons. Die boek bevat alle inligting wat nodig is om by elke roete uit te kom. Die roetes word beskryf, maar ook deur middel van foto’s toegelig. {Redakteursnota : Wees net gewaarsku, van die kontak inligting is alreeds nie akuraat nie en van die kaarte is ook baie jare oud. Maak maar eers seker by die roete-eienaar van die inligting, voordat jy te veel beplan.} Elzabé Spies het die Groot en Klein Karoo staproete in 10 dae oor 301 kilometers gestap en van haar ervaring met ons kom deel. Die dele wat hulle gestap het, sluit pragtige natuurskoon in wat wissel van lae karoobossies tot die Swartberge en die pragtige fynbos. Plekke op die roete wat agterpaaie volg, was: Seweweekspoort wat sy naam van ’n varing kry. Bosch Luyskloof kry weer sy naam van ’n oerbosluis en dan het hulle Calitzdorp ook aangedoen en die Swartbergpas op gestap en af gewiel. Hulle het so 30 km per dag gestap en in gastehuise en plaashuise oornag. Die woord karoo beteken droog. Hulle het in middel September gestap, maar hulle het koel weer ondervind. Sy sê dat ’n mens beslis baie fiks moet wees om die roete te doen. As jy in ’n Eco Ventures-toer belangstel, kan jy hulle kontak by [email protected] of 082 343 7853 (Frik Olwage) of 082 883 0039 (Lizette Olwage). Hul webadres is www.ecoventures.co.za Kyk daar ook vir meer inligting. Sorg net dat jy vooraf met jou bankbestuurder reël, want dit is nogal duur teen R1,000 per dag. Die Groot Karoo word in 11 substreke ingedeel, met natuurlik talle interessante stapgeleenthede. Vir meer inligting kan Elzabé gekontak word. 24 Junie: Jaco Joubert is ’n veldwagter en as ’n mens so na sy doen en late kyk, het hy al menige graspol en klip en wilde dier en voël op sy pad teëgekom. Hy reken dat ’n mens nie sommer op ’n dag besluit jy word veldwagter nie, nee, jy moet ’n passie daarvoor hê. Uit sy interessante vertelling het hy DIT. Hulle ondergaan streng opleiding as veldgidse. Ek weet nie julle nie, maar ek het vir die eerste keer die term “om gras te tel” gehoor. Ja, vreemd, maar dit maak sin. Die veldwagter se take sluit onder andere dit in. Daar is so baie verskillende grassoorte en in die wildomgewing is daar so baie smake en vereistes wat wild aan die veld stel, dat hulle juis moet gras tel om die drakrag van die veld te bepaal en vir watter soort wild dit geskik sal wees. Dit bepaal ook of en wanneer die veld gebrand moet word. Hy het foto’s van wild en voëls gewys. Van ons kom baie in die veld en ken ook baie wild, maar nie naastenby so intiem soos die veldwagter nie. Die skaarser soorte wat net snags rondloop word min gesien. Hoeveel van ons het al ’n ratel gesien? Die ratel doen die spreekwoord “ so taai soos ’n ratel” gestand. Die luiperd en jagluiperd is van die mooiste diere, maar uiters skaam. Die jagluiperd is die vinnigste landdier. Die bromvoël wat sy snaakse bromgeluid maak is een van die spesies wat die Kainen-Abel-reël toepas. Daar word twee eiers gelê en as albei uitbroei, word een kuiken uit die nes geskop sodat hulle net een grootmaak. Hulle leer ook spoorsny, nou nie so perfek soos die Boesman nie, maar tog. Dit sluit in om ook die diere se mis te identifiseer en na hul gedrag te kyk. Van die sebra sê hy dat die vul by geboorte ’n “foto” van sy ma se strepe op die retina van sy oë neem en haar so kan uitken. Die rooibokke kom in hul duisende voor en skakel in tussen die koedoe wat blare vreet en die sebra wat gras vreet. Van olifante sê hy dat die matriargale stelsel toegepas word, d.w.s dat daar ’n koei aan die hoof van die trop staan. Interessant is ook dat die sware kolos verwant is aan die piepklein dassie dmv die rangskikking van hul tande. By wildehonde is daar amper so iets soos by olifante deurdat die alfa teef die kleintjies – tot 13 op ’n slag- kry. Ons dink dat alles in die natuur net maanskyn en rose is, of in harmonie. Moenie glo nie. Kyk maar na die gevegte om besitreg tussen bulle/ramme en hulle veg ook vir gebied. Dan is daar natuurlik die voedselketting waar jy as rooibok op jou tone moet wees om nie leeukos te word nie. Die seekoei is die derde grootste landdier en word die meeste in Afrika doodgemaak. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 5 / 48 Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 6 / 48 29 Julie: Daniël Cornelissen van Sanparke het kom gesels. En kan hy gesels! Ons het nie die gebruik van die truprojektor gehad nie, maar dit het hom nie afgesit nie. Uit die staanspoor was dit duidelik dat hy ’n passie vir die natuur het en hy het met sy lewendige aanbieding almal se aandag geboei. Hy was 13½ jaar in die Midde-Ooste werksaam en het in Dubai gebly. Verder het hy wyd gereis en gewerk. Daar is baie mooi plekke, maar Suid-Afrika het ’n uniekheid wat die groot oop ruimtes en ryke dierelewe en voëls betref. Hy werk spesifiek met die Wildekaart (Wildcart). Ons parke is nog goedkoop in vergelyking met ander in Afrika. Wat hartseer is is die uitbuiting van ons natuur deur gewetenlose mense. Dink maar aan die uitroei van ons renosters, die verkoop van skaars voëls en ander eksotiese diertjies as troeteldiere. Die natuur het ons hulp nodig en ons het die natuur nodig. Besoedeling is ook ’n groot probleem. Sanparke is voortdurend besig om maniere te vind om die natuur vir meer mense toeganklik te maak. Geriewe word verbeter en meer gebiede word oopgestel. Daar word ook met privaat en ander instansies oorleg gepleeg, wat natuurlik tyd vat. Daar word inligtingsessies vir skole en ander groepe gehou om natuurbewaring en die korrekte benutting van parke te bevorder. Om in die natuur te wees, is om sielskos te ontvang. Die stilte ver van selfone en die daaglikse gejaag kan net goed wees. Hul ondervinding is dat tot 60% besoekers aan hul parke ywerige voëlkykers is. Selfs sonder die foto’s was die praatjie uiters stimulerend. 26 Augustus: “Euphorbia” is vetplante – soorte van. Prof. Rolf Becker het, wat as stokperdjie begin het, kom vertel van dié wonderlike plante wat so effe Aspoestertjie speel en regtig met min (water) tevrede is. Kyk net na die tipiese blom regs en volgende keer as jy een sien blom, gaan nader en kyk mooi die verskil tussen hul blomme en dié van ander plante. Daar is ongeveer 8,000 spesies en hulle verskil in grootte, sommige het kwaai dorings en kom intimiderend voor. Daar is self plante wat lyk of dit Euphorbias is, maar hulle is net sogenaamd “look-alikes”. Laasgenoemdes besit nie al die eienskappe van die egtes nie. Die egtes het ook ’n versameling van klein blommetjies. Daar is gebruike vir die plante. Soms word dit as kraal vir diere gebruik, of heinings of medisinaal. Hulle kan piepklein wees of groot soos die Naboom. Hulle melksap is wit as jy dit breek, maar dit is baie giftig. Moenie daaraan raak nie en moenie van die plante vuurmaak om vleis te braai nie. Die meeste kom in droë dele voor, byvoorbeeld die karoo en die Richtersveld, maar hulle groei ook langs die kus en in bergagtige gebiede. As jy vetplante in jou tuin het, pasop dat jy hulle nie versuip nie. Prof Rolf Becker ([email protected]) en Alma Moller ([email protected]) wat ons nou so mooi ingelig het oor die Euphorbias vra groot asseblief dat wanneer julle stap, julle ASB vir hulle foto’s en waar moontlik GPS- koördinate (of ten minste net so goed moontlik die naaste ligging) van enige Euphorbias (of wat julle dalk dink Euphorbias is), aanstuur. Kom ons verras hulle en ontdek iets wat daai twee nog nie weet nie (dis dalk moontlik, want Euphorbias kan selfs wegkruip…). 30 September: Dit is Eugene Marais wat dit gesê het: “O koud is die windjie en skraal”. En daar kom ons toe by ’n donker saal. Nouja, soms kan dit ’n avontuur wees net om Magaliesaande by te woon. Gelukkig het Marius plan gemaak nadat ons tot vervelens die knoppies op die elektriese bord gedruk het, ons hande in die lug gehou het om die ligte te laat werk, maar tevergeefs. In die lapa moes ons maar skuil en die eerste uur bibber van die koue. Dankie, Marius, ons kon darem ’n ent (die eerste drie dae) vorder. Hoerikwaggo – Werner Spies en Carla Taljaard het van hul wonderlike stap vanaf Kaappunt tot op Tafelberg vertel. Dié woord beteken in Koi-taal – Tafelberg. Dit is ’n vyfdagroete, maar ’n mens kan dit so lank maak as wat jy wil. As jy goed beplan, kan jy jou goed laat aanpiekel, want voertuie kan by al die kampe kom. Die tweede dag se roete is nog nie gereed nie, dus word jy “geshuttle”. Wat mooi is van die roete, is die pragtige uitsigte op die see en natuurlik daardie fynbos. Die roete is ook nie so afgesonder soos waaraan ons gewoond is nie. Daar is gedurig mense in sig, motors doer op die paaie wat uit die hange gekerf is en die stad en omliggende gebiede. Wat ook natuurlik ’n faktor is, is die wind wat jou soms van jou voete af wil waai. Die kampe word netjies gehou en het elkeen ’n bestuurder. Daar is net plek vir 12 stappers, dus maak seker jy het slaapplek. ’n Mens moet voor 18:00 inklok, want dan sluit die hekke. Dit is gevolglik baie veilig. Die derde kamp is tot ekovriendelik met sonpanele en wat nog. As jy tot op die berg geklim het, kan jy natuurlik in een van die klowe afgaan (steil en ruig) of die gemaklike uitweg kies, die “foefieslaaid”, dis nou mits hy die dag werk. Baie dankie aan Werner en Carla. Ons plaas hom op ons moet-stap-lysie. 28 Oktober: Elize Langenegger het hierdie roete in April 2014 gestap. Dit is baie jare se droom wat vir haar hierdie jaar `n werklikheid geword het. Dit kan of baie goedkoop of baie duur wees. Daar is dus verskillende opsies. Sy en ’n vriendin het die pakket van 21 dae gekies. Dit het ongeveer R31,000 gekos. Geen visum is nodig vir Peru nie maar wel ’n geelkoorsinspuiting. Eina! Interessanthede is o.a.Sao Paulo (geweldige groot en moderne stad), die Andes (massiewe bergreeks) wat SuidAmerika in twee deel van Noord na Suid. Die Colga Canyon, die Titicacameer en Amazone -rivier is `n "moet-sien" ! Die vier kameelagtige bokke is besonders, hiervan is die Lama en Alpakka die bekendste. Elize se aanbieding was puik! Sy het dit reggekry om menige Magalies Voetslaner lus te maak vir hierdie Suid-Amerikaanse stap / reiservaring! Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 7 / 48 2 November (Sondag ) : Ons het toe in ’n massa by Fort Schanskop by die Monument opgedaag, nou nie so ’n massa soos die vorige dag se fees nie, maar 39 was heelwat meer as verlede jaar se groepie. Die weer was heerlik, bewolk en lekker koel. ‘n Hartlike dank aan ’n ieder en ’n elk wat hierdie 2014-afsluiting bygewoon, moontlik gemaak en dus onvergeetlik gemaak het! Baie dankie aan Daleen en Sophie vir die reëlings en die lapa. Baie dankie aan die stokers wat die kole laat gloei het onder aanvoering van Andries R. Die staproete was ’n gemaklike en heerlike oefening, die braai-area uitstekend en die gaste …. onverbeterlik! Almal wat dit moes mis weens omstandighede, moet nie bekommer nie, volgende jaar maak ons weer so en dan is julle daar. / Deur Chris Leipoldt, uit Magalies Voetslaan se maandelikse nuusbriewe. / Stapfoto en Staproete van die Jaar 2013. Toekennings Beste Kort roete van 2013 : Rustig www.rustig.co.za Foto-kompetisie : Sien fotos op voorblad. (Groot:1ste plek, links onder: 2de plek, regs onder: 3de plek) 1ste Prys : Petro Steyn. 2de Prys : Brian French. 3de Prys : Petro Steyn. Baie geluk aan elkeen en ook 'n groot dankie vir elkeen wat fotos ingestuur het. Onthou om elke maand jou beste stapfotos vir Andries R te stuur. Beste Lang Roete van 2013 : Num Num Roetes, www.thenum-numtrail.co.za Petro sê sy was waarlik baie verbaas dat haar foto’s gewen het, dit is die eerste keer wat sy foto’s instuur vir enige kompetisie. Selfs na die Magaliespraatjie oor foto’s neem, weet sy nog steeds niks daarvan af nie en gesels sy nie saam as die mense oor foto nemery praat nie. “Dis maar ‘n simpel persoonlike voorkeur en sal verseker baie debat uitlok– ek neem gewoonlik foto’s met mense van agter af, Dis vir my minder geforseerd / “ge-pose” , want vir my gaan stapfoto’s nie oor die mens/e op die foto’s nie, maar van die natuur waarin ek op daardie gegewe stadium is. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 8 / 48 Foto met plek nr 3, was tydens ‘n privaatstap saam met ‘n groepie stapvriende, maw nie deur ‘n klub nie. Dit was Magoebas, Augustus 2013. Ek is maar net erg oor inheemse woud, en neem altyd ‘n paar sulke foto’s – al die verskillende groene fassineer my. Min van hierdie foto’s van my is regtig suksesvol want dis gewoonlik mos redelik vol skaduwees en/of donker in die woud. Foto met plek nr 1, was vanaf Noetsie hut geneem. Dit was op die Walvis wat ons oor nuwejaar gestap het. Die “model” is my stap buddy van 2004 af, Silvia Strassberger, ‘n Duitsertjie. Sy het so rustig en vreedsaam gesit, ek moes ‘n foto hê, die bedaardheid van die toneel is vir my amper aanvoelbaar. Dis nie haar rugsak nie, dis myne, ek het net voor ek die foto geneem het, gedog nee gits, daar kort iets in die foto…….. en gou my rugsak gaan neersit. Ons probeer so 1x per maand ‘n rugsakroete saamdoen, ons is ‘n privaat groepie van so 5 wat gereeld saamstap.” Die einde van 'n lang en bedrywige voetslaanpad op aarde. Sy het by die Klipspringers aangesluit in die eerste jaar van die klub se bestaan en daarna vir meer as 'n kwarteeu saamgestap. En nie net saam met die Klipspringers nie – sy was ook lid van Ndaba, Viva, SAPSTAP en die Radio Pretoria Voetslaanklub. Dis nou Bossie van wie ek praat! As sekretaresse van die Klipspringers vir baie jare het sy saam met talle voorsitters gewerk, en hulle kon maar die klub aan haar toevertrou – sy het stappe bespreek, gereël, boekgehou. En as moeder hen opgetree wanneer dit by nuwelinge kom: Op my eerste stap saam met die Klipspringers kort na die klub se stigting het sy gou gesien ek kan 'n ander (maar tingerige) nuweling se heelwat swaarder sak dra sodat ons al twee gemaklik die stap kon voltooi, en sy het ons laat sakke ruil. Haar liefde vir die veld, veldblomme, hoogtes en uitsigte, mooi klippe en waterstrome, blou lug en donderwolke het sy waarskynlik as kind op die plaas in die Noord-Oos Vrystaat geleer. En toe sy later in die stad vasgevang word, MOES sy van tyd tot tyd weer gaan vrede soek in die natuur. Een van haar base het dan ook gou agtergekom as sy moeilik op kantoor raak, en dan gesê: "Bossie, dis hoog tyd dat jy weer gaan voetslaan." As 'n enkellopende het sy haar altyd ontferm oor ander enkellopende volwassenes of tydelik "wees" volwassenes, en oor kinders. En sy het beslis 'n paar witbroodjies in die klub gehad vir wie sy baie sou doen. Ek dink aan Gerhard Claassen, André van Wyk, Len Carver en Nico van Rijn (haar "verloofde" vir baie jare). Hulle kon altyd by haar lekker groente en poeding kry. En 'n pynpil en salf was altyd beskikbaar vir die wis en die onwis. Die kinders is die lang, laaste bulte uitgepor met sjokolade as beloning. Dié het sy benewens haar eie kosvoorraad in roomysbakke saamgedra. Ben Meyer onthou hoe sy seuntjies in die nag by tannie Bossie gaan inkruip het toe hulle erg koud gekry het op die Holkransroete. En hoe sy van haar kos aan hulle gegee het omdat hulle ouers uit onkunde te min kos ingepak het vir die stap. My seun onthou die Boendoepet wat hy by haar gekry het vir die Visrivierstap, die stywe klim saam met haar na die hoë piek bokant Ais-Ais op dieselfde dag toe ons die Visrivierstap voltooi het, en die slap tjips op pad huis toe na 'n naweek se stap. Ek self het my eerste stapsak as geskenk van haar gekry, en so ook my pa en ma. En in die beginjare het ek net in die kar geklim – als was gepak en gereël – en betaal. En haar kar was altyd beskikbaar vir 'n stap. En die persoon wat bereid was om haar kar te bestuur het nie petrol betaal nie. Foto's het sy ook agterna kwistig uitgedeel. Maar Bossie het ook haar eienaardighede gehad: In die beginjare het sy daarop aangedring dat mans en vrouens (getroudes uitgesonderd) aan verskillende kante van 'n vertrek of in verskillende hutte slaap. Sy wou jou beboet as jy kortpad vat op roete. En jy mag nie veldblomme durf pluk nie, totdat sy ook voor die einste versoeking begin swig het en uitgevang is nadat sy en 'n trawant blommetjies in hulle hoede weggesteek het. En jy mag nie in die voetpad gaan staan en rus as daar ander agter jou is nie – jy tree uit die pad uit, veral as dit kronkelend opdraend en links en regs oor rotse lei. Finish en klaar! Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. 'n Bladsy 9 / 48 Bossie se laaste uitstappie saam met ons was na Wag-'n-Bietjie teen ongeveer 2009. Sy het op daardie stadium net saam gegaan op basiskampstappe en by die kamp gebly terwyl die klub gestap het. Hoewel dit in die middel van die winter was en sy baie geriefliker en warmer in haar eie huis sou wees, wou sy saam kom. Sy het die geselskap van die stappers baie geniet, miskien omdat dit haar laaste saamwees met die klub in die veld sou wees. Sy het daarna nog twee afskoppe bygewoon voordat sy Meyerton-ouetehuis toe is. Daar het sy baie van haar tyd deurgebring onder 'n pragtige sertifikaatjie wat Magalies vir haar uit erkentlikheid vir haar bydrae tot voetslaan gegee het. Die foto daarop wys haar met 'n rooi stapuitrusting en rooi hoedjie iewers op 'n staproete. As ons vir haar in die ouetehuis gaan kuier het en stapfoto's saamgeneem het, het sy steeds met lewendige belangstelling daarna gekyk. En op 24 Julie 2013 het sy finaal gegroet. Haar skildery met rooi rose bokant my trap flits die boodskap: Gryp die lewe aan en onthou om deurentyd dankie te sê vir al jou seëninge! / Deur Ina Stahmer, 2014/02 / Vanaf Klipspringers se Bakkiesblad. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 10 / 48 Roetes gestap deur Magalies-lede. ROETES DEUR MAGALIES KLUBS GESTAP in 2014 [en beplan vir 2015] Opgedateer 2014/10/29 14:15 MS Nom ades 1 Alexandria 2 Ama Poot-Poot Dullsptroom 3 Baviaanskrans Rustenburg 4 Bermanzi Machadodorp 5 Blou Wildebeest Badplaas 6 BokkraalWaterfall Swartruggens 7 Brandberg Namibia 8 Cycad Middelburg 9 Dingilizi Wildplaas Pretoria 10 Eagle Cove Hartbeespoortdam 11 Elangeni Waterval Boven 12 Eye view Rustenburg 13 Ezemvelo Bronkhosrspruit 14 Frogs Cullinan 15 Groenkloof Pretoria 16 Grye Rheebok Amersfoort 17 Hennops Hartbeespoortdam 18 HoeKwaggo Kaappunt 19 Holhoek Paul Roux 20 Idwala Loskopdam-Middelburg 21 Inca (Machu Pichu) 22 Injisuthi Drakensberg Sentraal 23 Kaapchsehoop Waterval Boven 24 Klipkraal 25 Korongo Middelburg 26 Kosi Baai KosiBaai 27 Kransberg Thabazimbi 28 Kranskloof Rustenburg 29 Kranspoort Middelburg 30 Magoebaskloof Tzaneen 31 Makwekwe Nylstroom 32 Mariepskop Klaserie 33 Monk's Cowl Bergville Fickburg 34 Moolmanshoek/Lagnesnek 35 Moreletakloof Pretoria 36 Morgenzon Pelgrimsrust 37 Mount Aux Sources Kestel 38 Mount Komati Machadodorp/Badplaas 39 Namakwa Blomme stap 40 Nylsvley Naboomspruit 41 Oom Paul/Five Assegai Machadodorp 42 Oorlogskloof Nieuwoudtville 43 Otter Plettenbergbaai 44 Outeniqua George 45 Queen Rose Baberton 46 Renosterpoort Nylstroom 47 Rietvlei natuurreservaat Pretoria 48 RooiHaas Potchefstroom/Koepel 49 Rooikrans Middelburg 50 Rustig Magaliesburg 51 Sanipas/Tendele Drakensberg 52 Schoongezicht Swartruggens 53 Sederberge (6 nagte) Algeria 54 Silverfalls Middelburg 55 Skeepswrak Port Alfred 56 Slagthoek Middelburg 57 Stamvrug Warmbad(Bela-Bela) 58 Strandloper Keimond 59 Suikerboschfontein Carolina 60 ThabaPhaswa Potgietersrus 61 Tonquani Rustenburg 62 Tsitsikama Oos-kaap 63 Visrivier Namibia 64 Wag n Bietjie Bothaville 65 Walvis De HoopBredasdorp 66 Wathaba Machadodorp 67 WindyBrow Cullinan 68 Zongororo Waterval Boven Ndaba Viva 201404 201410 Klipspringers 201409 201402 201409 201408 201406 201409 Radio Ons Klub Parakletos Cycad 201406 201401 201403 201402 201511 201501 201401 201503 201403 201505 201409 201410 201407 201402 201401 201403 201410 201405 201404 201402 201408 201402 201412 201402 201410 201405 201409 201511 201409 201405 201504 201408 201403 201402 201506 201408 201407 201407 201405 201411 201406 201403 201410 201407 201408 201403 201409 201406 201409 201403 201404 201509 201400 201412 201407 201405 201406 201408 201411 201410 201408 201508 201404 201405 201406 201508 201510 201404 201404 201403 201402 201408 201409 201410 201407 201504 201502 201411 201410 201412 201411 201405 201412 201408 201402 201406 201408 201412 201402 201410 201404 201408 201404 201407 201403 201407 201401 201402 201412 201410 201507 / Saamgestel deur Marius uit die onderskeie klubs se webtuistes, nuusbriewe en Bakkiesblaaie (Facebook). / Die Voetnota. Ander November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 11 / 48 Frogs, Cullinan, 16 Februarie 2014 Dis nou Sondagaand na die Frogsstap anderkant Cullinan. Ek het net Sondagoggend gou deurgery om saam te gaan stap. Nou voel dit vir my of ek hele naweek weg was. Ek is heeltemal ge-“recharged”. Dit was ongelooflik lekker. Toe ek by die kamp aankom was ek totaal verbaas en trots op ons klomp kampstappers. Kyk net hier hoe lekker cosy” lyk dit! Blykbaar het die ouens saterdag gaan stap, maar totaal die pad byster geraak en die mooiste deel heeltemal gemis, soos ek kon aflei van hulle geselsies. Voor ons in die pad val is ons mooi verduidelik hoe die pad nou eintlik loop, maar dit het natuurlik vir my geen sin gemaak nie. Hoe verder ons al langs die rivier langs loop, op en af oor rotse word dit net al hoe mooier. Van ver af hoor jy die waterval en dan eweskielik doem die mooiste gesig voor jou op. Ons het bietjie hier vertoef alhoewel daar nie veel skadu was nie. Verder af in die kloof kom jy by die “rock pools” uit. Ons het onmiddellik ingeduik, en amper het my hart gaan staan, die water was vrek koud maar regtig heerlik verfrissend. Daar was sulke warm en dan weer yskoue dele in die rivier, heel eienaardig. Wanneer jy van daardie rots af induik gee jy nie regtig op daardie stadium om hoe jy weer gaan uitkom nie. Terwyl jy so in poel rond dobber dan begin jy eers wonder…….hoe deongeluk gaan jy weer daar bo uitkom waar Amanda staan? “Dis maklik” sê Wilma, jy trap en daar en daar en dan vat jy my hand en siedaar!! Dit was so ‘n bietjie meer van ‘n missie as wat hierbo breedvoering beskryf word Uiteindelik na ‘n rukkie se gespook en gespartel is ons weer bo-op die rots. Dankie Wilma. Dit was ongelooflik warm en jy stap die hele pad omtrent in die son en dit was die rede waarom ek en Lizette onmiddelik na ons aankoms by die kamp weer in die rivier gaan spring het. Dankie Ndaba julle het weereens gesorg dat my naweek as fanfreakentasties beskryf kan word. / uit die “keybord” van Ansa Coetsee, 2014/02, Ndaba / Stamvrug Warmbad, Bela-Bela, 16 – 18 Mei 2014, Sewe van ons het in die Kloof-kamp gebly. Chris McSeveney kon ter elfder ure nie gaan nie weens ’n infeksie in sy voet. Met die aankoms kon ons die geweldige verskil in die veld waarneem na die verwoestende brand van Augustus 2013. Hier en daar toon ’n boom brandmerke, maar die veld het pragtig herstel en was mooi groen. Ek dink die wild het die naweek afgevat en elders gaan wei, want ons kon hulle nie gewaar nie. Ons het beide aande die braaivleisvuur gestook en lekker gebraai. Saterdagaand het nuwe lid, Eugene Potgieter, sy kulinêre kunsies uitgehaal deur ’n ysterpot uit sy sak te pak en ’n rys- en- maalvleisdis opgetower – natuurlik vir eie gebruik. Dit het lekker gelyk en geurig geruik. Hy het ook kunsies met batterye en ligte uitgehaal om die duisternis te verdryf. Die plaashulp het saans en soggens (nog donker) die donkies kom stook. Die Kloof-kamp gaan steeds agteruit. Die warmwater is steeds roesbruin (soos die Nyl destyds tydens die 10 plae) en die stelsel behoort vervang te word. Sondag het die gas opgeraak. Ons het gelukkig stofies saamgeneem en kon darem water kookvir tee na die stap. Die Kloof-roete wat ons Saterdag gestap het is matig en was so 11 km lank. Sondag het ons padlangs tot by die vakansiehuisies en terug gestap en dit was op Eugene se GPS maar 5 km. Hennie het vir die Vis ge-oefen en het terug Warmbad toe gestap. Wonder hoe ver hy gekom het voordat Nicoline hom jammer gekry het. Baie dankie aan Georg wat die heerlike naweek gereël het. (Georg en Margaret, Hennie en Nicoline, Chris, Eugene en Gudrun). / Uit Viva Voetslaanklub se Junie 2014 nuusbrief / The Lighter Side of Exercise • • • • Walking can add minutes to your life. This enables you at 85 years old to spend an additional 5 months in a nursing home at R9,000 per month. My grandpa started walking five miles a day when he was 60. Now he's 97 years old and we have no idea where the hell he is! I like long walks, especially when they are taken by people who annoy me. The only reason I would take up walking is so that I could hear heavy breathing again. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 12 / 48 • • • • • I have to walk early in the morning, before my brain figures out what I'm doing... Every time I use the dirty word 'exercise', I rinse my mouth with chocolate. I do have flabby thighs, but fortunately my stomach covers them. The advantage of exercising every day is so when you die, they'll look at you lying there in the coffin and say, “Doesn't he look good!” • If you are going to try cross-country skiing, start with a small country. • I know I got a lot of exercise the last few years,.. just getting over the hill! • We all get heavier as we get older, because there's a lot more information in our heads. That's my story and I'm sticking to it! • Every time I start thinking too much about how I look, I just find a pub with a Happy Hour and by the time I leave, I look just fine. • You could run this over to your friends But just e-mail it to them! It will save you the walk! / via Audrey Ehlers 2014/06 / Kaapchehoop - Klipspringers – 22 Augustus Op 22 Augustus 2014 om 17:00 kom die laaste voertuig, deur die gate en oor die klippe bult uit gekronkel, by ons oornag hut aan. Almal groet. Ek ontmoet sommiges van wie Frankie my so baie vertel, en ook ander- nog onbekendes. Spoedig dwing die aandkoelte ons almal rondom die vuur. Laura probeer haar bes om met ons die tentatiewe stap beplanning vir 2015 deur te gaan. Dis duidelik dat aandag afleibaarheid nie noodwendig ontgroei word nie! Elkeen geniet sy braai kos. Daar word heerlik gesels, steeds geskerts en gelag. Hier is beslis ‘n paar karakters wat die lewe smaak gee! Die temperatuur bly daal. Party kruip vroeg in, ander kuier tot laat. Saterdag oggend lok die lekker reuk van Johan se ketel warm koffie ons uit die slaapsakke. Om 07:00 staan ons reg om te vertrek. Die dag se roete van 16.67 km tot by Florence Hill wag op ons. Die inligtingstuk sê: “Difficulty. Moderately to difficult”. Met vertrek besef ek die klippe klouter en onder takke deurkruip beteken alreeds laasgenoemde. Toe ons bo die kneuwel van daardie koppie op die plato begin aanstryk, aanvaar ek dis die “moderate” deel hierdie. Ons eerste stop is by die uitkykpunt waar De Kaap Vallei in al sy glorie van plase en plantasies daar doer onder ontvou. Langs die baken wat die hoogtse punt aandui, in ‘n nóg hoër dubbelverdieping kamer, sit ‘n brandwag stoksiel alleen om enige rook wat ‘n vuur verklap, dadelik aan te meld. Arme mens. Hiervandaan stap ons gemaklik. Al op die rand van die plato met loodreg steil kranse. ‘n Yswindjie knyp-knyp aan die lywe. Om 11:30 rus ons weer, kyk vir oulaas uit oor die vallei. Dis ook hier waar ek besef my geen eetlus was ‘n sluimerende maagvirus. Ek vertrou my innerlike reserwes, want Florence Hill is nou nader as Kaapse Hoop. Gou word ons toegevou in ‘n dennegeur woud. 30 Jarige denne bome troon hemelhoog bo ons. In die koelte geniet ons om 12:30 middagete. Knip selfs ‘n uiltjie. Hierna is die roete ‘n variasie van maklik en effens klim en klouter teen berghange met reusagtige melkhoutbome tot weer op gelyk plato. Dapper stappers arriveer tussen 15:30 en 16:00 by die baie gerieflike Florence Hill hut. ‘n Heerlike warm stort verwelkom ons. Ek is “down and out” met ‘n leë maag, krampe en koors. So word Frankie en Sadie se stap ook noodgedwonge kortgeknip. Om 08:00 Sondag kom laai ‘n voertuig ons en Elsabè, wie ook siek is, op. Sy wag by die Kaapse Hoop hut vir die res van die groep. Ons ry Pretoria toe om by ‘n dokter uit te kom. Ai! So ‘n klein kiem met sulke groot gevolge…. En dit op my eerste Klipspringer stap / Uit klipspringers se 'Trailmail – Aug/Sep 2014, geskryf deur Magda / Bermanzi Basiskamp Stap, 12 -14 September 2014 Stapleier :Pierre Rossouw, getal stappers :19 Omgewing: Berge tussen Machadodorp, Waterval -Boven en Badplaas. Stap:2 dae. Afstande: Dag een 10.50 km Dag twee 5-7.50 km. Geriewe: Ou Stalle wat gerestoureer is in slaap vertrekke. Groot gerieflike volledig toegeruste kombuis, Groot Boma, Storte (Warm op dag 2) Hoogtepunte op roete: Stap in Oom Paul se voetspore. Stap onder deur Houtkapper skeur met majestueuse rotswande. Bankspruit wat oor rotse vloei en lieflike swempoele vorm. Hang bruggies oor die rivier, party nie goed vir hoogtevrees leiers nie. Inheemse woude langs die spruit. Pragtige Melkhout bome. Hoë kranse met fantastiese uitsigte op die Komativallei Uitkoms Waterval, (tweede hoogste in Mpumalanga) Stort neer oor hoë kranse en vorm lieflike poele na benede. Die helder hemelruim met die duidelike Melkweg en sterre. Roete duidelik gemerk en genommer. Weer perfek Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 13 / 48 Samesyn: Ons geniet ʼn besondere stap naweek saam. Daar heers ʼn heerlike gevoel van samehorigheid. Saans word daar kostelike stories en sê goed langs die kampvuur uitgeryg . Aan lekker lag en kuier is daar geen tekort. Ons deel mekaar se spierpyne na die geklim en geklouter. Teen skemer pak ons ons stoele in ʼn ry en bekyk die verskeidenheid van voëls wat Christo met sy slim boek nader lok. Baie dankie aan ons Stapleier en elke stapper wat dit ʼn fantastiese stap naweek gemaak het. NDABA SOOS ALTYD BO!!!! / deur Elize Langenegger / Silver Falls. Ligging: Die afdraai na Silver Falls is ongeveer 23,5 km vanaf Middelburg (Cowen Ntulistraat kruising) in Mpumalanga op die N11 Loskopdam/Groblersdalpad. Afdraai GPS S25 34.078 E29 27.970 Daarna is dit ongeveer 5,6 km tussen landerye deur tot by die Silver Fallshutte. Silver Falls Basiskamp: GPS - S25 31.425 E29 27.293 Algemeen: Dit is 'n twee dag basiskamproete met twee dagsirkelroetes van 15 km en 6 km. Die Silver Falls basiskamp is pragtig en het plek vir 18 mense in drie verskillende hutte. Daar is hutte met kamers wat twee beddens elk het en ander het 3 of 4 beddens elk. Alles baie netjies met linne en komberse ingesluit. Die fasiliteite sluit in braaiplek met braairoosters, drinkwater, elektrisiteit, badkamers met warm storte, spoeltoilette, toegeruste kombuise en 'n swembad. Die staproete is duidelik gemerk met roete aanwysings asook naambordjies by interessante plekke, soos byvoorbeeld "Sandy Bay" wat 'n heerlike swemplek met skoon sand is. Verder is daar is duidelike aanwysings waar die roetes begin. Dag 1 is 'n sirkelroete van 15 km. Die roete gaan oor gravlaktes, waterstrome, swempoele en uitsigte. Uitstekende 15 km wat mens goeie afstand gee vir 'n goeie dag se stap. Dag 2 is 'n sirkel roete van 6 km. Dis 'n pragtige roete af in klowe, waterstrome, watervalle, swempoele, inheemse woud en uitsigte. Die roete gaan die heeltyd op en af vir goeie oefening en deur pragtige rotsformasies. Opsomming: 'n Goeie opsomming vir hierdie voetslaanpad is watervalle en asemrowende swempoele. Die uitsigte is mooi en die rotsformasies is ongelooflik. Silver Falls is regtig iets besonders om te beleef en 'n moet vir elke voetslaner. Besprekings: Forever Resort Loskopdam, 013 268 3075, [email protected], http://www.foreverloskopdam.co.za/ / deur Andries Oosthuizen, geneem uit : http://www.ndabavoetslaanklub.co.za/silverf.htm // Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 14 / 48 "Claim to Fame" - Bermanzi Ek het onlangs ontdek Bermanzi is op familie-grond, en baie naby aan die plaas UITKOMST wat deur die van der Merwes besit was en waarop al die familie grafte is. Die Van der Merwe-vrouens het glo agter die waterval geskuil tydens die Anglo-Boereoorlog om die konsentrasie kampe te ontsnap. Hulle het hul vee en huisraad daar in die digte inheemse bosse versteek. Die familie-opstal is bo naby die kop van die waterval. Ek is so bly ek het dit destyds saam met julle gestap nou hoef ek dit nie weer te doen nie, Destyds toe ons dit gestap het was die rivier in vloed en was die waterval een van die mees asemrowenste waarby ek nog was. Min het ek kon dink dat dit die einste plek was waar die voorvaders en moeders van my eie kjennertjies heen gevlug het om te oorlewe. / deur Jeanne vd Merwe 2014-09 / Walvis Staproete: 27-31 Julie 2014. Ester de Castro het vir ons die verslag geskryf, baie dankie daarvoor.So kan ons ander ook ‘n bietjie deel in julle ervaring. Piet en Ester het die fotos geneem. ”Nege opgewonde stappers arriveer Sondagmiddag 27 Julie by die basiskamp Potberg; die huis (hut) bestaan uit 3 vertrekke – met ‘n solder, asook die toilet en storte buite, wat naby die huis is. Genoeg buitedeure na die een braai area, asook na storte en toilet. Twee van die huise se ablusie is buite, en twee binne. Die genoegsame deure wat na buite uitgaan, gee almal die toegang om vrylik te beweeg (indien mooi weer) en met wind en weer beweeg jy soos stappers doen. Deur die kamers. Dis voorwaar ‘n groot verrassing, (beter as die prentjies). Volledige kombuis met alles van twaalf, binnebraai en (let wel) 45 stukkies hout. Dus die inligting wat deurgegee word, is Net so! Ann staan stiptelik 18h00 voor die deur om ons van al die moets en moenies te vertel, vrae te beantwoord en ons ‘n lekker stap toe te wens. Met al die inligting vars in die kop word die kratte gepak om daarna heerlik te kuier om die groot tafel, vuur wat knetter en die geur van braaivleis. Dit voel sommer net lekker. Almal help met die opruim en Piet kondig aan sy wegspring tyd is 8.00, aangesien Ann ons vertel het van die groot klim. Met skoon lywe en toe kratte duik almal vir die beddens. Maandag, 8.00 staan 9 gestewel voor die huis met baie geduld terwyl die kamera se rooi liggie flikker vir ‘n “selfie”. Karre is geparkeer en die spoortjie word gevat na Cuppidoskraal. ‘n Stewige klim van 611 meter. Die paadjie is baie mooi oop tussen die fynbos en dit sal inspanning verg om te verdwaal. Die klim self is van so aard zig zag, dat net voor jou asem weg is draai jy en die proteas slaan sommer die asem weg. Dis fynbos en blommetjies orals, dus word die kameras gereeld gebruik. Met ‘n teetjie in die hand kyk ons uit na die Breederivier en die canola landskap, met fynbos agter jou. Die afstap na Cuppido sien ons later die dam wat aandui dis nie meer ver nie. Tussen ons 9 het “lovie”(Eckard) sy amp as vuurmaker en braaier ingeneem, waaroor daar geen klagtes was nie. Hy het ons heerlik bederf; met aankoms was die huis oopgesluit, braai-area reggepak en die ketel aan die kook. Die huis het groot agterstoep gehad, en daar is werklik tot ‘n wasgoeddraad. Almal soek sy krat en so word daar geskrop, onsself, uitpak& inpak, foto's geneem en omgewing bekyk. Elkeen kry hom gereed vir eet en lekker kuier, en later is almal se liggies af, aangesien môre se stap langer is en die vooruitsig dat die see voor ons is. Vroeg word daar reggemaak. Kophou is die in-ding, wat moet gaan, wat vat jy saam en as dit reën? Maar ons word gereeld verseker, daar’s geen reën. Weereens ‘n mooi oop dag, en met elke nou en dan se terugkyk na ons huisie, word die fynbos meer en meer tot heup hoogte. Die voetpaadjie is hier nie baie oopgetrap nie, en hier en daar hang ‘n wit stukkie “lappie” aan ‘n plant, ons volg dit, wat blyk die spoor moet wees. Later kronkel die pad af en ons kan tot drie- drie langs mekaar stap, oor diekalkklip heuwels. Ons drink tee tussen ‘n droë bos, dis waar die perdevlieë moet wees (somer). Met nuwe ywer pak ons die pad aan wat ons net hier en daar wil mislei, maar Piet hou kop en wys die pad aan. Met groot opgewonde gille sien ons die see asook ‘n bokkie met groot bruin oë. Lyk soos ‘n klipspringertjie, en so loop ons en wonder, wie is die ander lewe wat deel van die natuur is. Heel flink stap ons uit op die strand. Dis laagwater en van ons besluit om die grotte te besoek en foto's te neem. So stap elkeen besig met sy eie gedagtes, dan skielik verskyn ‘n skool dolfyne voor ons, en ons oë soek na die walvisse, en heelaas stel hulle ons nie Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 15 / 48 teleur nie. Lank staan en tuur ons na die seelewe, en voëls van alle soorte wat sierlik hul verskyning maak. Dit voel of die dolfyne ons agtervolg en die pad aanwys. Hamerkop staan so skamerig vir ons en wegkruip agter ‘n groot duin. Hier is ‘n huis met ‘n stoep bo. Heerlik sit ons buite na die lang dag met ‘n soet sjerrie in die hand. Heerlike binne storte en vuur met braaivleis verdwyn die moegheid vinnig. Met die volgende dag wat voorlê, verdwyn een-een na sy bed. Dag drie lê voor so ook die dag op die strand, wat sonder reën is. Met dankbare harte begin ons oor die duin, en ander wat liewers omloop. Vandag is dit strand, dolfyne, walvisse, voëls, klein pampoenskulpies, golwe wat breek met ‘n harde slag en groot glimlagte. So slenter ons voort, deel van die skoonheid en alleenheid op die groot strand. Klein voetspoortjies hardloop ons vooruit en het almal aan die raai? Wonder nog wat dit was. Die see “lewe”, ons kan net nie almal sien nie, die dolfyne maak hul verskyning na die oggend se groet by Hamerkop, hulle was vroeg op ons spoor. Ons maak ons tuis vir middag ete op die strand voor” Lekkerwater”. Twee dames besluit na ete dis tyd vir swem………die 2 manne begin solank aanstap. Na die swem stap die 7 vroue fluks voort. Ons sien Piet in die verte wat vir ons wag en op die regte pad hou. Drie van ons loop so en gesels, dat ons verby die ander loop wat die vreeslike mooi rotspoele ontdek het. Gou word daar omgedraai, en geniet dit saam. Hier word baie baie foto’s geneem voor die res van die pad aangevat word. Ons stap terug deur ‘n anderste soort fynbos en suikerbos. Dit begin koud word en om elke draai hoop ons vir Vaalkrans, drie van ons sing volkspele liedjies met ‘n voorsanger en al singende sien ons die pad na die huis. Wat ‘n aangename gesig. Boop ‘n groot “grot” “kalkklip” gebou in ‘n L-vorm. Almal kies vinnig ‘n bed, buite is dit pragtig met die gety wat inkom. Met warm koffie in die hand verken ons die uitsig. Dit was ‘n stil oomblik vir almal, elkeen besig met sy eie ding. Foto's neem, staar na die see, bestudeer die klip en swartvoëls wat van een grot na ander vlieg. Later die aand het almal weer gesellig gekuier en stil- stil bed toe gegaan, jammer dat môre die laaste dag gaan wees. Ons het soos 1 man besluit – dit was te kort, wou nog bly. Vrede gemaak en die volgende dag met stadige lang treë begin stap. Verseker nie gelukkig om nou al terug beskawing toe te gaan nie. Dis 2 tree loop, omdraai, soek nog na walvis of dolfyne, 2 tree loop omdraai en weer kyk…. en op die stadige slakkepas stap ons weer deur die fynbos weg van die see op na die beskawing. Die enigste plek wat hier te gou verskyn is Koppie Alleen. Al het ons stadig gestap was ons heeltemal te vroeg daar. Piet het die kantoor geskakel om vroeër as twaalf te kom haal. Van ons is af na die ablusie blok en hout bruggie af strand toe vir die laaste paar foto's, waarna die bussie ons kom haal. Terug na Potberg, waar die karre staan. Daar word gestort, kratte uitgepak en oor en weer gegroet. “ / Deur Ester de Castro – Nomades Voetslaanklub / Wathaba-Lekker!!! Wathaba is bekend aan al die Ndaba-stappers! Dis mos lekker, lekkerder, lekkerste en dan Wathaba-lekker!!! Miskien is daar tog iemand wat hierdie nuusbrief lees en nog nie daar was nie. Dis eintlik onmoontlik om die Wathabaondervinding te beskryf...waar begin 'n mens? ...by die hemelhoë bruisende watervalle ...die diep verfrissende poele ...die ongelooflike bome, party gemerk as van die merkwaardigste in Suid-Afrika ...uitsig oor n see van berge ...die groen groen groen ...die swamme-tot perses ...die paddatjie, opgeblaas met ‘n gesiggie soos ‘n krimpvarkie wat piep soos ‘n voëltjie ...die lieflike geriewe-dit laat n stapper waardig voel (sepies, handdoekies en als) ...haai tot sunlight liquid, waslappies en vadoeke ...baie skoon kamers met netjiese matrasse ...die varsgebakte mieliebrode ...baie hout vir groot vure Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 16 / 48 ... lekker reën wat tussen-deur kans gee vir vuurmaak, braai, stap en swem ??? So waar moet ek nou begin? Miskien moet ek maar net eindig met: wat-ha-ba klomp stappers en groepleier was dit nie!!!! My dankie strek tot ver verby die horisonne van Wathaba. / Deur Ria Ligthelm, 2014/02 / Kumbagana natuurreservaat , Eagle cove staproetes. Sowat 100 km vanaf Pretoria af, wes van Pretoria, naby die Buffelspoortdam. Die padaanwysings het geblyk self meer van ‘n uitdaging te wees as die staproetekaart!. 25 Persone het saamgegaan. Ons het in 6 vierbed houthuise by die lodge gebly. Luuks met elektrisiteit, en-suite badkamer per huisie, volledige toegeruste kombuis per huisie, swembad en Lapa. Ons het die Geel! Roetes geloop. Vrydagmiddag het almal so stuk-stuk aangekom en party het gebruik gemaak van die lekker groot swembad om af te koel. Later die middag het ons by die huisies vuur aangesteek en saamgebraai by die huisies. JS het ons weer bederf met sy heerlike roosterkoeke. Mag dit 'n gewoonte word! Saterdagoggend 7:30 begin die grootste deel van die groep die 9 km(volgens die kaart) roete nommer 3 wat met geel voetjies gemerk is) loop. Ons het uiteraard 'n entjie verder geloop op beide roetes, aangesien ons nie by die stapperskamp gebly het nie, en die roetes begin by die Eagle Cove hut. Ons het dus met elke stap so 1.3km ekstra in en weer uit geloop vanaf ons luukse huisies na die Eagle Cove kamp en vandaar die roetes geneem. Fantastiese uitsig op die kloof en die mees interessante rots stapel formasies. Party rotse lyk of hulle op mekaar gepak is, ander lyk weer of hulle enige oomblik kan omtuimel. Die roete loop ongeveer in ‘n figuur 8-formasie met die groot kloof in die middel. Om korter te loop kan net die een 'lus' van die '8' geloop word. Aan die heel-bokant van die roete het ons ook die geleentheid gehad om bietjie asem te skep en aan die anderkant van die Magaliesberge af te kyk. Ver uitsigte!. Daar is ook n plaasdam amper aan die einde van die roete waarin mens ook mag swem. JS het die geleentheid ook benut. Die groep was redelik verdeel in die haastige stappers-groep, die normale stappers-groep en die lui-lekker-agter stappers. Maar almal het lekker teen hulle eie tempo geloop en veilig die kamp bereik per geleentheid. Volgens my opgeneemde GPS data was die totale stap 12.78 km wat die in- en uitloop ingesluit het. Die middag het, nadat die meeste mense darem al terug was, het daar n lekker buitjie reen geval, waarna sommige weer geswem het. Die aand het ons so vanaf 17:30 in die groot lapa van die lodge vure met charcoal aangesteek en lekker gesellig saam kos gaargemaak, Waatlemoen ge-eet, gekuier, weer van JS se roosterkoeke geeet en lekker gesels waarna almal later in die donker terug is na hulle onderskeie huisies toe vir n welverdiende nagrus. Sondagoggend het ‘n paar mense gevoel dat hulle het die vorige dag genoeg gestap. Wilna en Christo, Jannes, JS, Erika, Norma, Vicky, Phirina en Marius het egter Sondag die sowat 6 km (volgens die kaart) roete in die kloof geloop waar ons weer op geel voetjies, roete nommer 2 in die Hamerkopkloof af is met n laaaang baie stewige aluminium leer en baie netjies stewig geboude sement en klip trappies aan die onderkant. Heel veilig, alhoewel as dit baie nat is sal dit tog ‘n uitdaging wees. Onder in die kloof gekom was die stappie eindelik baie maklik en gelyk. Al wat jammer was, was die waterpyp wat uit die kloof gaan na die plaasopstal wat die natuur so ’n bietjie bederf. Nie baie 'boulder hopping' nie. Daar is ook ‘n baie lekker swempoel wat mens sou kon benut daaronder. Dan na sowat 1.5 km onder oin die kloof begin ons steil klim en dis net hier waar Helene en ‘n perdéby mekaar skielik ontmoet. ‘n Redelike seer ervaring. Op met die laaste steilte op uit die kloof en n bietjie bo-op die rand gerus, vanwaar ons grotendeels dieselfde pad uitloop as wat ons gister die eerste sowat 1.2 km ingeloop het. Oor en tussendeur die vreemdste klipformasies en af met die rivierlopie. Ook weer baie mooi gewees. As mens loop kyk mens mos nie gedurig agter jou nie, dus die uitsig was heel anders as die vorige dag. n Paar stappers wat nie die die kloof roete geneem het nie, of vroeg huis toe is nie, het die 'Game walk' of fiets roete geloop rondom die Lodge op die onderste plato. Ook blykbaar ‘n lekker entjie en mooi pad. My GPS data het gesê die kloof roete nommer 2, was so 6.35 km vanaf ons hutte en terug. As julle weer wil gaan terugkyk gaan besoek gerus www.kumbagana.co.za as jy internet toegang het. / Deur Marius Stander, Nomades Voetslaanklub, 2014/01 / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 17 / 48 Thabapashwa, 17-19 Oktober 2014 Thabapashwa is op ‘n plaas sowat 17 km noord van Makopane (voorheen Potgietersrus) geleë en dus sowat 3 ure se ry vanaf Pretoria. Almal was bewus daarvan dat die slaapplek Kanniedood-kamp ‘teen ‘n krans’ is en dat mens graag voor donker daar wil wees. Sonder enige ooreengekome vertrektyd het almal (behalwe Kobus en Susan) binne bestek van twintig minute daar opgedaag. Ons was 10 persone (Louis en Wilna, Human en Saartjie, Kobus en Susan, Kerneels en Human se broer, Adriaan en Francois en Kenau). Dit was my eerste stap waar daar aangedui is dat mens met ‘n 4x4 moet ry tot by die kamp en waar dit inderdaad nodig was. Selfs dit was nie genoeg nie. Die laaste 40 meter moes die stap- en kamptoerusting teen ‘n steil bult (Wilna sê dit was kranse en klippe) opgedra word, sodat almal redelik pootuit was vóór ons nog gestap het! Kobus en Susan het weens teëspoed eers laataand aangekom en moes by die eienaar se opstal slaap. Hulle was betyds om die volgende oggend saam te begin stap. Die Kanniedood-kamp het 14 beddens en bied ‘n besonderse ervaring met ‘n mooi uitsig oor ‘n uitgestrekte vallei. Die stort, donkie en toilet is baie behendig “om die hoek” agter ‘n rots versteek en nie bedoel om snags besoek te word nie. Selfs bedags benodig dié uitstappie genoeg oefening om jou asem te laat jaag. Die uitsig daarvandaan is ook asemrowend. Die braaiplek is ‘n gesellige kuierplek en daar is heerlik geëet en tot laat gekuier. Die eerste staproete na Dome Rock het ons oor die rant geneem met ‘n stywe op en ‘n gevolglike stywe af. Dit het die keur van die Waterberg bevat met pragtige bosse, kanniedoodbome wat lyk of hulle vervel en uitgestrekte vergesigte. Die staproetes is baie duidelik gemerk en baie goed onderhou. Dit bied verskeie verrassings met mooi plekke om te sien. Die roete was slegs sowat 7.5 km maar het ons lekker moeg na sowat ses ure by die kamp teruggebring. Die middagete by die dronk papegaaiboom was prentjiemooi met groen grasperke en pragtige Ngunibeeste wat nuuskierig kom naderstaan het. Human moes die ‘foefie slide’ terstond uittoets en het gehoop om droogvoets oor die dam te kon gly. Hy moes maar die laaste paar treë met stewels en al deurstap tot almal se vermaak. Verskeie damme in dieselfde stroompie bied baie mooi stilhoupunte. Die aand se braai na ‘n lekker stort was ‘n hoogtepunt gevolg deur lekker kuier om die kampvuur. Sondag het ons die res van die plaas gaan verken voordat die oppak en afdra van toerusting vir oulaas ons laat sweet het. Ek dink dat ek sonder vrees vir teëspraak kan sê dat dit een van die lekkerste stappe was wat fisies ietwat uitdagend was en ons verby baie mooi plekke geneem het. / deur Francois Siebrits (Parakletos) / Phaladingwe Dagstapverslag, 30 Augustus Al was ons 'n klein groepie van ses op die roete het ons dit baie geniet en ons was verras oor alles wat te sien was op en om die roete. Die Roete is baie naby aan Pretoria by Pelindaba. Dit is geleë naby die historiese Preller Huis, wat deesdae ok as restaurant dien. Die ingang is vanaf Hek 1 Pelindaba, en daarna in die rigting van die Preller restaurant. Betaling vir die roete word vooraf by die restaurant gedoen. Die roete is 'n korterige dagstap en kan binne enkele ure kafgedrag word, maar as mens bietjie tyd spandeer is die uitsig pragtig van daar af oor die omgewing, en kan die Hartbeespoortdam daarvandaan gesien word. Die 6.8 kilometer is 'n baie gemaklike stap langs die krokodilrivier en die Hennopsrivier. Ons het egter op een geleentheid 'n gemerkte los klip verkeerd gelees wat die roete nog korter gemaak het. Die omgewing word ook gebruik vir 4x4 roetes en 4-wiel motorfietse. Ons het hulle egter nie teegekom nie. Naby die restaurant is ook braaifasiliteite, maar ons het nie daarvan gebruik gemaak nie omdat ons 'n koue winderige dag verwag het as gevolg van 'n koue front, maar ons was aangenaam verras met 'n perfekte stapdag. Dit is beslis 'n roete wat weer oorweeg kan word as dit dalk gedoen word saam met 'n jaarvergadering op een dag. / deur Louis van der westhuizen : Parakletos / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 18 / 48 ‘n Stroopsoet Suiker-bos-fontein uitstappie ‘n Diep verhaal in jou eie taal. Glo wat jy wil, van’ie bosse en’ie fonteine, van die res kan jy verskil ☺ Ons deel met jou: ‘n terugblik op 48 uur in die lewens van “lucky number” 13 stappers. Oom Japie my skapie ons’t lekka in jou huisie geslapie. Oftewel, die skamele paar uur wat ons lywe die kooie gegun was.Voordat iemand opgevlieg het en laaaaank voor dagbreek besluit het: dis NOU opstaantyd. (dis daai’s wat soggens by hulle huise die hoeners gaan wakkermaak). Na almal in hulle plêstieksakke gegrou het en koffie gedrink het, vat ons die mistige voetpad, party van ons, soos ek, nog ietwat deur die mis, maar kry darem die triek om rugsak en al oor die doringdraadheining te klouter sonder om (nog benodigde) liggaamsparte te beskadig. Met al die soorte mis, mis ons die beesmis en ‘n stukkie van die uitsig op die eerste rantjies maar niemand het die merkers gemis nie. Die bobbejaanhotel het net sy deure oopgesluit na Vrydagaand se rowwe bachelorspaartie, toe sit die voorste stappers al op die stoep en plaas hulle orders. Die wat nie so vroeg al dors was nie het solank gestaan en stry oor hoe kortbeen die boesmans was wat daai koddige diere op die hotelmure geskilder het. Soos Salomo gesê het – wat is was alreeds en sal weer wees – graffiti is nie deur druggies in downtown Joh’burg uitgedink nie. En ja, baie in die storie is sommer storie, maar sien foto hier onder vir die feite van hierdie verhaal. Vir diegene wat nog lewenslank gedroom het om eendag “Branch Manager” te wees, apply by die bobbejaanhotel, daar is glo vakante poste. Stap langs lieflike rotse en inheemse woud met sy koeligheid en geelhoute tot jy uitklim tot op die plato, omstap en terugkyk tot waar jy netnou was – en nie kan glo jou eie voete het jou hier gebring nie. Nou kom ons by die sandsteenformasies, waar ek nog een hele dag lank met ‘n kamera en ‘n sak kos wil gaan rondjol sonder die missie van ‘n hut wat ek voor sononder moet haal. Hierdie rotse is nou ‘n plek vir die siel van ‘n mens soos ek met meer verbeelding as verstand, en ons gaan altyd te haastig hier verby asof die plaasboer van laaskeer af die oornag hut 10km verder geskuif het. Jy kan al die diere in die diereryk hier opmaak, oopbek vetgat seekoeie, krokodille met vratjies op die neus en al. Ons sit voet neer om die plein grasvlakte agter die rug te kry want ons weet iewers is daar ‘n kolletjie water waarin ons kan leopard crawl om die ergste sweet af te spoel. Daarvandaan is dit uitkap vorentoe na die rigtingraaisel wat g’n mens nog kon uitlê nie, want die noord wil nie opmatch met die manne se slim gadgets se noord nie. Ons kry al die bulte op en af baasgeraak tot ons uiteindelik opklouter in die lieflike kloof met sulke helder water mens wens hulle wil jou sommer daar los tot môre. En dan! is ons met ‘n leer tussen twee bitterlike groot rotsblokke uit boontoe. Ek sê jou, as jy onder staan en opkyk, wonder jy of jy jou longe moet intrek en jou oorbelle moet afhaal om daar deur te kan pas. Jy is so benoud jy vergeet jy het nog ‘n rugsak ook wat moet saam. Maar watwou, ons voorouers was voortrekkers en ons is almal boontoe. Ek gaan sit op ‘n klip en maak of ek die uitsig geniet maar eintlik wil my bene nie ophou ritteltit na daai leerklim ini skoorsteen nie. En ek weet: ek sou nie ‘n goeie vader krismis uitgemaak het nie. Ek sou die sak persente net daar onder gelos het. Nou is dit nog ‘n skaflike entjie hut toe, maar nes jy voel nou beginne jou geduld dun uitrafel en het jou smile van ordentlikheid reeds afgesweet oor die roete nie end kry nie, dan verwelkom die ingangspoort na Flint Stone Village jou. Kyk hoe fluister die wag vir sy maat: “vries! hier’s nog mense, hulle vertrap ons weer vandag ” Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 19 / 48 Afpak, uitpak, the feeling “I have arrived”. Dag 2 daal stil op ons neer, min wetende dis nie die maklikste stukkie aarde wat voorlê nie. Hop-hop oor die rotse, opgewonde soos sprinkane op pad na ‘n vars mielieland, vertrek ons die dag in. Al om die rand van die kloof gaan dit nog maklik, en met respek kyk ons in die 47 meter se dieptes af, wonder of die dangerous waarteen hulle ons waarsku, die oertydse familie van kangerous is, derduisende miljoene jare gelede toe Australië nog deel van ons was. Daar is altyd ‘n watertjie om te drink, soeter as wat jy ooit by jou huis sal kry. Dit help, want die hitte en die bulte voel vir my erger as gister s’n. Die sweet stroom darem nie oor die brein nie want ons onthou om versigtig te trap: Gladdekloof sê die kaart. Kloof af en kloof op, die een gladder as die ander. Meestal praat ons nie want dis net te mooi om met geluide te verwoes. Van enige roete bly daar altyd baie om te vertel – soos julle almal weet. Grappies en gebeure vloei ineen. “Andries ek is bang!” roep iemand met hoogtevrees. Hy is ‘n entjie ondertoe en hoor : ”Andries hier’s ‘n slang!” “Hou hom vas! Ek wil ‘n foto neem!” Ter slotte dan net vir die wat nog wonder..... die kriteria hoe ons stapleiers in hierdie klub kies: slegs as jy ‘n roete omtrent 20 jaar gelede gestap het, maak ons staat op jou geheue om ‘n groep deur die klowe te lei. Slegs dan, so het ons vooraf geweet, sal die hele kudde op ‘n Sondagmiddag, skoon gestort, rustig sit en wag dat die stapleier laaste instap, nadat hy al die moontlike klowe 2x gecheck en seker gemaak het dat die roete reg uitgelê is, en sowaar die groep nog betyds ingehaal het om te kyk dat niemand by die swemgat verdrink nie. Mense, neem kennis, DIS hoe dit gedoen word!, Vra die wat weet, want hulle gaan nie sê nie…… / Foto’s Andries Oosthuizen; Storie: Petro Steyn / Blue Wildebeest, Badplaas : 14 – 16 Februarie 2014 – Viva. Dit was ’n pragtige stap. Die geriewe is baie mooi met genoeg ruimte en ’n onderdak lapa met seile wat ons laat sak het sodat die kerse nie doodwaai nie. Samson was op en wakker om die donkie te stook en die braaivleisvuur aan te steek. Alles is netjies en skoon. Vrydagaand het ons heerlik Valentynsdag gevier, met rooi getooi. Marlene het haarself oortref met die opmaak van die lapa. Baie dankie vir jou moeite. Saterdag het ons heerlike bewolkte weer gehad. Die roete is duidelik en goed gemerk. Ons moes maar klim tot op die rant. So 1,5 km vanaf die hut op die langroete het ons die pragtigste bonsaituintjie op ’n rotsplaat aangetref. Daar is foto’s uit alle hoeke geneem (net soos die misvang of paaltjies in krieket). Ons was so net na middag terug by die kamp. Daar is meningsverskil oor die afstand, maar dit is nie minder as 10 km nie. Die Sondag het ons die binneroete geneem wat as 6,5 km aangegee word. Ons het maar die son se aanlê op ons trotseer en weer tot byna bo-op die rant gestap. Ja, daar was ook wild soos blesbokke, sommige wit, en blouwildebeeste en rooibokke. Die veld is pragtig groen en die klofie loop redelik. Groot dank aan Margaret vir al die reëlings. Dit was voorwaar ’n heerlike wegbreek. (Georg en Margaret, Johan en Marlene, Louis en Petro, Deon en Dalida, Hennie en Nicoline en Chris). / Deur Chris Leipoldt, Viva , 2014/02 / Vaal Ribbok / Grey Rheebok Staproete. 21-23Februarie 2014. Geleë tussen Amersfoort/Ermelo en Piet Retief, Mpumalanga. Anna-Marie Lotter, Phrina Oosthuizen &Corrie van Rensburg; Marius Stander, Erika Barnard & Carolien Pienaar; Isabel Baatsen, Helene Gertenbach & Silvia de Jong; Jannes & Irma van Ryssen; Konrad & Hanlie en Wilna Moolman Stap saam. 14 Siele in totaal wat in die stappersakkomodasie bly. Wel....byna alles op die hierdie naweek was 'anders' of non-standaard. Nie noodwendig sleg nie, net 'anners'. Die roete is nou sowat een en ‘n half jaar oud en Jeanette en Sam het so 2 jaar gelede hier ge-arriveer en alles van niks af gebou. Al die geboue, infrastruktuur en die staproetes. Eerstens bel Jeanette, die eienaar van die roete wat die grond huur, my so n week vooraf en vertel die 'normale' padaanwysings wat ons gekry het, sal ons op verskriklike slegte paaie neem en verduidelik oor die foon 'n nuwe beter roete. Ek tik dit oor en sowaar-dit werk. Niemand het heeltemal verdwaal nie. 332km vanaf Moreletapark af later is ek daar. Die 332km neem dan oor die 4 ure, agv die kwaai reen en storms wat die meeste van ons op die N4 snelweg rondom Witbank/Middelburg beleef het en dan bykomend die grondpaaie wat volg. Die GPS koordinaat van die hek wat ek voorsien het was verkeerd, aangesien die inrypad nog nie op GoogleMaps wys nie en letterlik deel van die grasvlakte is waar hulle net klippe weggeskuif het. Maar almal het wel Vrydag middag laat per geleentheid by die stapperskamp aangekom. Die laaste sowat 1.5km na die kamp is redelik steil en klipperig en Jeanette dui aan ons moet ons motors langs ‘n bos, so 1.7km vanaf die grondpad parkeer, dan sal sy ons kom haal met haar bakkie en afry. 'n Paar mense het wel kans gesien en die paadjie afgery en dit tot onder by die kamp gemaak. Die Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 20 / 48 kamp.... Daar is 'n 5 bed (2 Stapel en 1 enkel) bed tuisgeboude hout-kamer met deurskynende plastiek as vensters en tent-seile teen van die mure. Ou Baniere vorm die gordyne en word ook oral elders in die 'kompleks' gebruik as waterdigting teen die mure/vloere en selfs die klein badkamer se dak. Pluspunte: Redelik Ruim, lekker dik matrasse en tafeltjies/rakkies oral op die ou mat. Daar is nie elektrisiteit nie, maar son-krag lampies word voorsien. Dan is daar ook 'n 8 bed kamer (4 stapelbeddens) kamer met en-suite badkamer met stort/wasbak en spoeltoilet. Baie karaktervol. Warmwater vir al die badkamers word deur 'n paar donkies bewerkstellig. Sam sorg dat die donkies altyd gestook is, daar warm water is en dan begin hy sommer ook die braaivleis/kuiervuur in die aande. Hout ingeluit. Bonus!. Dan is daar ook ‘n stoepkamer voor die kombuis met 2 stapelbeddens by die kuier-tafel. Die kombuis is ten volle toegerus met alle breekgoed en eetgery ens. Daar is n Union houtstoof wat altyd brand en altyd ‘n keteltjie warm kookwater bo-op het en die honde se slaapkissies onder die stoof. Dit is sommer ook dieselfde kombuis wat Jeanette en Sam gebruik. Dan is daar 'buite-ablusie', een kleiner kamertjie nadat jy verby die plaas se 'werkswinkel' geloop het met stort, wasbak sonder uitloop en manuele spoeltoilet. Tap net die bak vol met die hand-kraan en lig dan die stopper met die hand. Geen handvatsel. Maar baie funksioneel!. Die groter badkamerkompleks begroet jou met n sitkamer/kwekery kamer. Uit die kamer loop 4 vertrekkies. 'n Bad, 2 storte en 'n toilet/wasbak. Weereens warmwater uit die donkies. Nog n bonus is die witgoud wat voorsien is en die warmwater krane is reg gemerk! Daar is spieels ook! Die gedeeltelik onderdak met ‘n kombinasie van sink en skadunet bo-oor-lapa-area pas knus in tussen al die plante, 'n algemene stoorarea en die voëlhokke waar Jeanette se boerdery is. 'n Lekker groot opgeboude braai area met n groot rooster, houtknyper, kole krapper en selfs n roerbraaipan! Pas net op so deur die toer om nie oor een van die 4 honde - Sokkies,Snorre,Snoekie en Tinkie te val nie. Dan is daar ook nog 6 plaaslike katte. Oral is ou tyskrifte, stap- en plante boeke beskikbaar as jy dalk n ledige oomblik het. Daar is n hele paar roetes op die plaas. Almal gemerk met ou blikkie-en-margarien-deksels wat geverf is in die roete se kleur. Wat die roetes baie besonders maak is die baie broodbome, oral klein stroompies, die mooiste verskeidenheid veldblomme en die oop grasvlaktes word afgewissel met inheemse woude vol orgidee, oumansbaard, varingwoude en enkele klipformasies. Daar is ook vele waterpoele en watervalle van verskeie grootes. Saterdag oggend 7h30 is 12 van die 14 stappers gereed. Veral omdat die hoenders ons al 4:00 wakker gekraai het. Al die honde is ook daar en Jeanette is gereed om as gids saam te stap om ons die blomme en plante te wys en te sorg dat ons nie verdwaal nie. Die eerste intressantheid binne die eerste paar honderd meter is ‘n Sekretarisvoelnes in die klofie onder ons. Die masiewe nes is bo-op die plat top van ‘n boom gemaak en die enkele kleintjie was baie stil, maar heel heel sigbaar. Die ouers was nie in sig nie. Dan oor die vlaktes en ‘n blaaskansie gevang in die klipkoppie wat oor die plaas uitkyk. Verby die familie-broombome. Drie teenmekaar. Pa, Ma en Baba. Ons sien die Watsonias, Vuurpyle, Drakensberg klokkies en rooi Tolbos-Kandelare. Dan klim ons bietjie om in die orgideewoud in te gaan. Teen spesifiek die ouhoutbome se stamme groei die intressantste orgidee. Ongelukkig nie nou in blom nie. Mosse, oumansbaard en paddastoele is ook daar. Oor ‘n houtbruggie en rus by die waterval en uitkyk oor die wye vlakte. Oor die stroompie met sy pers mosse en die broomboom met sy voelent. Wit en rooi sewejaarjies en die rooi-rivier-lelie. Dan die swempoel met sy gly-geut vir die brawes. Ek het net geswem in die koel verfrissende water, terwyl die ander net rustig verkeer het, sommige met hul voete in die water en ‘n eetdingetjie geniet. Geel, room en rooi Crasulas asook die Wilde pynappel sien ons ook en terug na die kamp weer verby die alleen Sekretarisvoelbaba op sy hoë nes. 'n Bietjie gerus en net ge-wees, toe loop sewe (honde uitgesluit) van ons die geel 6km roete. Die 4 honde en Jeanette is weer saam. Nou sien ons die plat Protea-Sugarbush wat teen die grond groei en die massiewe tot 1 meter diameter vingerpolle en die groot waterval. Verby die 4 susters -vier massiewe Broodbome bymekaar. Verby die ander opstal tot by die groot swempoel. Dan hoofsaaklik terug met die 2-spoorpaadjie en die laaste pylvak na die kamp waar die honde wat kortpad gevat ons begroet. Jannes wou die Sekretarisvoelouers sien en is die middag weer na die nes om hulle in te wag. Geen sukses na ‘n uur of twee nie. Almal wonder of hulle die baba alleen gelos het. Die aand weer lekker gebraai en gekuier om die vuur. Sondagoggend 7:00 is die grootste deel van de groep weer op pad. Hierdie keer die 8km rooi roete. Weer naby die groot waterval verby, dan af in ‘n Broodboomklofie, verby ‘n klein swempoel, dan ‘n rukkie saam met die geel roete, naby die 'karpark' langs die bos verby en dan begin ons al op die krans van die groot kloof styg na die ander groot kaskade watervalle en poele. 'n Bietjie tyd daar by die ongelooflike mooi stukkie natuur met sy kranse en poele vertoef. Dan op en om, en terug kamp toe. Daar gekom was die warmwater weer gereed. Dankie Sam!. Lekker gestort en dan het somige die geleentheid benut om Jeanette se tuisgemaakte konfyt of ingelegde beet of plante te koop. Rondom 11:00 is die bakkie gelaai en Jeanette gaan laai ons en ons bagasie by die karpark af en almal is op pad terug na gewone ‘normaliteit' van Pretoria. ‘n Paar Vaal ribbokke met hul wollerige stertjies huppel oor die pad kort nadat die motors die pad gevat het... wat ‘n pragtige afskeid! En dan ‘n verdere groot verrassing. 'n Paar kilometer vanaf die plaas op die grondpad sien ek die 3 motors voor ons stop. Eers gewonder wat die probleem kan wees, en dan sien ons 'n entjie in die veld in Jannes se 2 Sekretarisvoëlouers. 'n Intresante roete wat aanbeveelbaar is. Ietwat ver, maar baie mooi omgewing en as dit warmer was, sou al die swempoele sekerlik meer aftrek gekry het. Roetes wat ons nie geloop het nie is die Blou-kamp-300m, Groen-2km-waterval en Oranje-4km-Swempoel roetes. Sien ook www.TheGreyRhebokHikingTrail.com . Bespreek by Anvie. / Deur Marius Stander - Nomades Voetslaan klub, 2014/02 / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 21 / 48 Queen Rose, 31 Mei tot 1 Junie 2014. Die staproete lê in die Makonjwa berge by die samevloei van die Queens- en Rose riviere in die Barberton distrik. Die eerste stappers het reeds om 15:00 by die Oueensviewhut (Jeugsentrum) gearriveer. Daar was groot opgewondenheid om mede-stappers weer te sien. Danksy Nico het die vuur teen 17:00 al hoog gebrand terwyl daar in die kombuis rond geskarrel is. Antoinette het die manne gevra om ‘n tafel uit te dra vir koeke, terte en lekkernye. Ons het Grobbie se vyftigplus verjaarsdag gevier en so lekker aan die lekkernye weggelê dat min daarna kans gesien het vir vleisbraai. ‘n Paar tjoppies is wel op die kole gegooi, al was dit dan ook net vir die volgende dag. Die weer was heerlik en die Gautengers kon skaars glo dis reeds winter. Wilma wou weet waar Mars, Saturnis en die Skerpioen is. Thinus en Andries het verkykers uitgehaal en kwasi-sterrekykers het hul kennis van die naghemel gedeel. Die meeste is vroeg bed toe, want Saterdag wou ons vroeg vertrek. ‘n Paar het tot heelwat later gekuier en moontlike stappe vir 2015 bespreek. Die helfte van die groep het van die “dagsak” opsie gebruik gemaak. Saterdag oggend het Juda, die voorman, sy rooi trekkertjie en bliksleepwa voor die hut getrek om die bagasie op te laai. Retha, ons stapleier, het ons in ‘n suid-oostelike rigting gerig deur ‘n dennewoud met Franci en Laura voor. ‘n Paar manne moes eers terug hardloop om seker te maak hul voertuie is gesluit. Tipies van dennewoude was daar feitlik geen natuurlewe nie, maar soos ons afgedaal het na Roland se trappies in ‘n kloof met inheemse bome, is ons verwelkom deur die wielewaal en ander inheemse voëlgesang. Onder in die kloof kom ons by die Rose rivier uit. Party se tone was ongemaklik seer. Sakke is afgelaai, sommige het tee gemaak en ander het stroom-op gestap om Alvin se waterval af te neem. Nico was die enigste een wat kans gesien het om te swem. Na tee het ons stroom-af vertrek. Oor ‘n afstand van 500 m het ons die rivier ongeveer 12 keer gekruis. Soms was daar mankolieke bruggies. Op ander plekke het ons sommer oor droë klippe met net ‘n tou wat oor die rivier gespan was, gekruis. Dit het geblyk dat ‘n watermassa ‘n paar jaar gelede al wat sementbrug was eenvoudig uit die pad gevee het. Dit herinner ‘n mens opnuut aan die krag van die natuur. ‘n Paar stappers het gereken ons sou te vroeg vir middagete by Pat se piekniekplek aankom. Nico het die kaart bestudeer en gewaarsku dat ons eers teen 13:00 daar sal wees. Ons het uit die kloof gestap, weg van die rivier af, deur ‘n stuk verbrande veld. Om 12:30 was ons weer terug by die Rose rivier en so ‘n entjie verder het die voorste stappers by Pat se plek aangekom. Die roete was besonder goed gemerk. Almal het iets te ete geniet en sommige die lafenis van die koue water oor die voete en ander weer het ‘n vinnige knikkie gevat. Na ‘n heerlike uitspan het ons die laaste 2.7 km na die Makesh hut aangepak. Daar aangekom, het die eerste stappers vir Juda en ons bagasie ontmoet. Die donkie het reeds gebrand en die eerstes kon ‘n lekker warm stort geniet. Grobbie en Thinus het probeer vasstel hoe die solar krag stelsel werk. Daar was weer ‘n geskarrel in die kombuis. Die keer was dit Klipspringer tradisie om met sjampanje en soutbeskuitjies afskeid te neem van Marielise en Piet en om die nuwe lede, Andries, Wilma en Frankie te verwelkom. Dit was swaar om afskeid te neem van hulle wat diep spore saam met die Klipspringers gestap het. Die vuur het weer vroegaand gebrand. Die kuier was ewe lekker en weer het die weer saamgespeel. Daar is vroeg reggemaak om weer sterre te kyk. Sommige het vroeg ingekruip. Dit het die vraag laat onstaan hoekom vrouens oor die algemeen makliker koud kry as mans. Marielise het ‘n breedvoerige uitleg gegee van die biologiese verskille, wat daarop neerkom dat ‘n man se vel dikker as die van ‘n vrou is. Opsommend is ‘n man sommer net eenvoudig dikvellig. Grobbie kon dit bevestig. Hy is seker hy het alreeds toe hy drie was masels opgedoen, maar nog nie uitgeslaan nie. Daarmee is die argument tot ruste gelê. Die vasbyters het tot heelwat later gekuier met meer argumente en verklarings oor diep en beuselagtige sake. Die aand is met maroelakoffie afgesluit. Sondag oggend het ons nog vroeër opgestaan om die 8 km terug na Queensviewhut aan te pak, blykbaar heelpad opdraend. Ons was aangenaam verras met ‘n baie mooi roete al langs die Queens rivier. Die opdraende was inderdaad steil en knaend. Teen teetyd het ons uitgespan by die GPS piekniekplek. Daar was ‘n merkbare haastigheid tussen die voorlopers. Die agterosse wou kuier en was glad nie haastig huis toe nie. Die opdraandes het net aangehou, maar ons is beloon met ‘n ongelooflike mooi Kupid waterval. Elmarie het drie keer terug stroom-op gestap om mooi mikpute vir uitstekende fotos te kry. Van die fotos behoort sekerlik die foto kompetisie te haal. Die agterosse wou uitspan en kuier by die waterval, terwyl die voorlopers ingesit het terug hut toe. Nog opdraendes het op ons gewag, toe die dennewoud en uiteindelik die Jeugsentrum. Die heerlike naweek is afgesluit met bevestigings van wanneer ons weer mekaar op die volgende stappe gaan sien. Kan nie wag nie! /uit Klipspringers se Junie 2014 'TrailMail' nuusbrief. Deur Frankie Van Niekerk / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 22 / 48 Fanie Botha, Desember 2013 , Ndaba. Ek was so bly toe ek op die Ndaba-program sien dat die "Fanie Botha" op is vir die l a n g Desember-vakansie! Ek het dadelik my twee "onnie-vriendinne" Carol en Ronel gekontak ! "Hoe lyk dit, julle, kom ons gaan stap die "Fanie"! Carol is `n deurwinterde stapper,en Ronel het `n hele paar jaar gelede ook heelwat gestap saam met Ben, haar man wat ongelukkig intussen oorlede is! Ek sien in my Voetslaan-foto-album dat ek die "Fanie" 26 jr gelede in 1987 gestap het,saam met my dogter Elzette toe sy gr 7 was! Nou is sy al byna 10 jr in die buiteland! Ons wat nou die Fanie gestap het, was `n heerlike groep! Baie gesels, gekuier en grappies! Die "hutte" was baie netjies en skoon.Elke hut het 'n "wag" of "oppasser" , mens voel heel veilig! Meestal kon ons warm stort! Die Burgersforthut by Mac-Mac het selfs 'n lekker diep skoon bad gehad! Danksy Petro se oorspronklike badprop ('n ou Eno`s bottel se plat wit doppie!) het ons vrouens lekker luuks gebad! Mens kan sien Petro is `n ervare stapper! Die stap begin 'n paar km buite Sabie, 2012 se "Dorp van die Jaar" Die omgewing is fantasties, maar die dorp word ontsier deur die altydteenwoordige slaggate! Ai,ai !!!!!! Die eerste dag was lekker sonnig, warm genoeg om bokant die "Lone Creek"-waterval in die rivier te swem en te"baai"! Ons het so 9 km gestap van Ceylonhut na Maritsbos. H`e`el gewoon! Die wag hier was die trotse besitter van 'n fiets en baie kreatief! Van draad en metaal het hy 'n oulike "kontrepsie" in 'n stroompie geprakseer wat soos 'n turbine werk .Dit draai en waai heeltyd! In die einste stroompie het Ronel haar botterbakkie met 'n toutjie vasgemaak sodat die botter deur die nag weer styf kon word! Dag twee was egter 'n perd (of klowe) van 'n ander kleur! Die 13 km na Stableshut was baie op en af,en soms lekker steil! Ons moes `n paar keer oor die rivier! Skoene en kouse "uit en weer aan" dan gou weer " uit en aan"! Danksy Andries se hulp het ons darem al die rivierkruisings oorleef! Die dag was bewolk en ons het Stables uiteindelik gehaal.Die mis het lekker toegetrek en dit het liggies begin reen! Ons skoene was nat en modderig! Dag Drie was 9 km afdraand terug na Ceylonhut.Hier en daar "gly-gly" maar lekker koel! Paul, Pierre en Annetjie ry terug na die stap want die werk roep! Ons ander gaan eet die aand uit in Sabie. As ek aan Pierre en Annetjie dink sien ek hoe lekker sit hul op hul oulike "stoele" wat hul saamdra ! Hulle vat nie nonsens nie en hou van gerief! Paul draai geen doekies om nie, hy praat reguit en as hy jou iets vra moet jy mooi dink wat jy antwoord! Ons gaan hulle 3 mis! Dag Vier ry ons na Burgersforthut by Mac-Mac. Pragtige groot , ou bome! Hier sien ons die Mac-Mac Watervalin al sy glorie! Die Regterkantste" MAC" het die Linkerkantste "mac" van sy water beroof (natuurverskynsel) By die "M M poele" ontmoet ons `n paar Lewensredders. Hier het die afgelope jaar `n hele paar mense verdrink! Wat `n voorreg om saam met ons eie "Kilimanjaro-meisie ", Anel,te kon stap! Vars uit Polokwane! Johan Jacobs is die "Stille water" en tot Carol se verbasing, ook `n vegetareer! (resepte uitgeruil!) Werner die "Stoepslaper" is `n baaskok, en het die laaste oggend vir ons `n heerlike ontbyt gemaak! Hy het die drie "Golden Girls" (60-plussers) ewe diplomaties die "Drie Muskutiers" genoem! Luister wat beteken al drie se name! Laat mens dink! -"ARAMIS" (Carol) :"a deeply religious younger Muscateer" (die Dopperbloed?) -" PORTHOS" (Ronel) : "a dandy (spoggerige, modegek) fond of fashionable clothes" -"ATHOS" (Elzabe) : "The last one to be introduced.He (she) seems immune to romantic feeling, though we learn late in the novel that this has not always been the case Dankie aan Andries en die Ndabakomitee en lede vir byna 20 jr se wonderlike stappe en avonture landwyd wat ek saam met julle kon beleef het! Stapgroete, / Deur Elzabe Spies / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 23 / 48 Ezemvelo, Bronkhorstspruit, 12 – 14 September 2014. Ezemvelo is ’n wildsplaas en bekend by baie Viva-stappers. Die pad daarheen is maar steeds swak met baie sinkplaat en los sand. Die Impala-lapa is voldoende en ons het lekker gekuier. Dit was ’n warm naweek en Saterdag se 14 km was grootliks oor grasveld sonder ’n koelteboom om effe te rus. Gelukkig was die roete nie moeilik nie en kon ons dit vinnig voltooi. Daar is uit die aard van die saak baie wild. Ons het Saterdag elande, koedoes, ’n likkewaan, blou- en swartwildebeeste, blesbokke, sebras, rooibokke en hartbeeste gesien.Daar dwaal ook ’n aantal volstruise rond en ons was verbaas om twee kraanvoëls te gewaar. Saterdag se roete was nie opwindend nie. Na die stap het die “jongklomp” in die swembad gaan afkoel. Sondag het ses van ons die Penduka-roete gaan stap. ’n Mens moet ’n paar km na die rivier ry en dan die 5 km roete stap. Ons het nie veel verwag nie, maar die cliché “bes bewaarde geheim” spring dadelik in my gedagte. So ’n km of twee stap jy gemaklik in ’n vallei op en dan swenk jy af rivier toe tussen die pragtige rotsfomasies deur. Ons het behoorlik geklim en geklouter en die pragtigste uitsigte oor die riviere (Boom en Wilge) gehad. Die foto’s gee ’n idee van die omgewing waardeur ons gestap het. Die middelste foto toon waar die Boom en Wilge in mekaar vloei. Vanaf die hoogste uitkykpunt het ons afgedaal tot by die water en al langs die rivier gestap. Dit was voorwaar ’n opwindende stap en ’n moet as jy Ezemvelo besoek. Op die stap het ons twee kameelperde, twee duikers, ’n jakkals, vlakvarke en ’n trop van elf koedoes by ons lysie gevoeg asook ’n euphorbia met een of ander eksotiese naam. Baie dankie aan Hennie en Nicoline vir die reëlings. (Hennie en Nicoline, Chris, Tonny, Marthie, Georg, Louis en Petro, Neels en Hetta, Danie en Daleen). / uit Viva se Oktober 2014 Nuusbrief / A truly happy person is someone who can enjoy the scenery on a detour. “Rebranding the Otter Hiking Trail" Hierdie skrywe is na aanleiding van ‘n artikel wat geplaas is in Sanparke se September 2014 uitgawe van die SANParks Times. Voordat ek enige kommentaar lewer; kom ons kyk eers wat beteken die woord “rebranding”? Aanhaling uit Wikipedia: “Rebranding is a marketing strategy in which a new name, term, symbol, design, or combination thereof is created for an established brand with the intention of developing a new, differentiated identity in the minds of consumers, investors, and competitors.[1][2] Often, this involves radical changes to a brand's logo, name, image, marketing strategy, and advertising themes.” Eerstens die SANParks Times se kort artikel: Die doel van die opgradering is baie duidelik om meer “avid hikers” na Suid Afrika te lok. Ek neem dus aan die Otter voetslaanroete is onder benut en hulle sukkel om besprekings te kry. Ek persoonlik doen al besprekings vir die Otter sedert 1974 en elke keer moet dit ‘n jaar voor die tyd gedoen word anders kry jy nie plek nie. Selfs ‘n jaar voor die tyd kry mens dikwels nie plek nie. Ek neem dus aan ek is nie entoesiasties genoeg nie en val onder die “non-avid” groep waarvan SANParke vermoedelik ontslae wil raak. Of miskien wil hulle net stappers van oorsee akkommodeer. Die opgradering van die infrastruktuur sal sekerlik verwelkom word, soos byvoorbeeld ‘n veiligheidskabel of selfs ‘n Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 24 / 48 hangbrug by die Bloukrans riviermond. Ek weet daar is beslis mense (soos ek) wat die Otter stap juis vir die avontuur om deur die Bloukransrivier te swem met jou rugsak en al, maar toegegee, die Bloukransrivier het gevaarlik geword. Daar moet egter gewaak word teen te veel “boardwalks” en bruggies wat die natuur skend. Luukse hutte is ook onnodig en verg te veel instandhouding. Dalk wil hulle “slack-packing” instel. Vreemd dat ek die werklike betekenis van die woord “slack-packing” juis by ‘n Engelsman moes hoor: “sleg-packing”. Naamsverandering? Ek persoonlik is nie teen naamsveranderings gekant nie en ek wou al selfs die Ndaba Voetslaanklub se naam verander, maar dit was uitgestem. Ek is dikwels in gesprek met oorsese stappers en mense en die eerste op hulle lippe is natuurlik: Kruger, Cape Town, Drakensberg en Otter hiking trail. Geen woord van Tsitsikamma National Park nie. Uit ‘n oorsese oogpunt sou ek dit dus nie oorweeg om die Otter voetslaanroete se naam te verander nie. Mense kla wel en sê hulle het nog nooit ‘n otter gesien terwyl hulle die Otter stap nie en dis waar, mens sien baie selde ‘n otter. Ekself het die otters nog net twee keer gesien tydens die eerste keer wat ek die Otter gestap het: by die Bloukransrivier en by André se hutte. Miskien was Otter dan oorspronklik nie die regte keuse nie. Ek sou dit eerder die Dolfynroete (“Dolfin Hiking Trail”) wou noem. Wie van ons het nie dolfyne by Oakhurst gesien nie. Of die Stormsrivierroete, of die Knysnaloerieroete… Om ‘n inheemse naam te gebruik sou ook goed wees en die beste waaraan ek kan dink is die Khoisan word: Tsitsikamma, maar daar is reeds ‘n Tsitsikammaroete parallel aan die Otter. Tsitsikamma in Khoisan beteken plek van baie (skoon) water. Om polities korrek te wees sou ‘n naam soos President Zuma Hiking Trail beslis nie ‘n goeie keues wees nie. Dit is nuus oor die Otter voetslaanroete, direk uit SANParke se koerantjie: daar gaan ‘n “rebranding” plaasvind en die res is net my persoonlike menings en spekulasies. / Deur Andries Oosthuizen, 10 Oktober 2014 / Rustig, 4-6 April 2014 Rustig is sowat ‘n uur se ry van Pretoria naby Scheerpoort. Die laaste 7 km na die oord is grondpad wat jy met ‘n gewone stadsmotor kan ry. Die oord is goed omhein en toegang word beheer met hekke en ‘n interkomstelsel. Ons is Vrydagmiddag vriendelik ontvang. Die roete was 2013 se staproete van die jaar. Elke stapper het ‘n stel kaarte ontvang van die verskillende roete opsies. Die verblyf vir stappers is ‘n huis met 5 kamers met ses beddens elk. Daar is ‘n kombuis met yskas, opwasbak en kookwater wat permanent beskikbaar is. Die ablusie fasiliteite is uitstekend, netjies en skoon. Daar is onderdak plek vir ontspan en kosmaak, neem net jou eie stoel en gas vir kosmaak saam en jou eie potte en eetgerei. Daar is ‘n braaidrom asook ‘n groot blad vir vuurmaak. Die oord verskaf een sak hout per dag en addisionele hout kan teen R10 per sak gekoop word. Die staproete is baie goed gemerk met bordjies en die voetpad word goed in stand gehou. Na al die reën onlangs is daar enkele plekke wat verspoel is, maar die oord se bestuur sê dat hulle besig is om alles reg te kry. Daar is ook ‘n oornagroete wat tydelik gesluit is totdat opknappings voltooi is. Die oornaghut is ‘n baie netjiese huis. Ons het Saterdag die 13 km roete gestap. Die staptog begin net agter die huis en die eerste aantal kilometers stap jy gemaklik tussen bome deur waarna die paadjie dan steiler begin en jou tot bo op die berg neem. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 25 / 48 Daar is heelwat hoogtepunte op die roete. Sodra jy bo-op die berg kom sien jy ‘n Engelse bomskuiling wat dateer na die Anglo-Boere oorlog. Hiervandaan daal die pad ietwat en neem jou na die onderkant van die kranse en jy stap dan in koelte tot by die Nuwejaarsgrot waar jy heerlik kan rus. Na die grot volg die pad die kontoer tot jy ‘n split in die voetpad kry. Hier kan jy of terugkeer na die begin of dan die steil klim na die vlermuisgrot waar die Chiroptera vlermuise woon en dan verder tot bo-op die berg waar daar weereens oorblyfsels van die Anglo-Boere oorlog is. Die roete loop nou gemaklik bo-op die berg met mooi uitsigte en mooi verweerde rotsformasies (en hier sit die manne, almal op ‘n ry...) Daar is nie lopende water op die berg nie, so dra asseblief genoeg water saam. Op die berg is daar bordjies wat aandui in watter rigting jy moet kyk om byvoorbeeld Krugersdorp, Johannesburg en Hartbeespoortdam te sien. Daar is nie baie diere te sien nie behalwe die aasvoël kolonie wat groot is. Die voetpad daal en jy kom weer by ‘n split. Die een neem jou weer terug na die begin en is die sogenaamde Chicken Run. Die ander is Brave Heart. / uit Ndaba se April 2014 nuusbrief / 'n “rustige” naweek Ons sien uit na die naweek van die Voetslaanklub na Rustig. Die weer is perfek en ons sal ou vriende weer raakloop. Daar is staproetes vir almal, van die vlugvoetiges tot die wat hink-en-pink. Die Saterdag verloop vlot met ’n lekker stap oor brûe tot bo op die kranse en daarna ’n bietjie lafenis in die swembad (net die bene, te koud!) en lekker lê en lees onder die bome. Die aan eindig met ’n gesellige braai. Die Sondag oggend besluit ons Louise, Annelise, Elise en ek (Hélène) om met die groen lere teen die krans op te klim. Ander stappers het dit die vorige dag gedoen. Ons klim geleidelik deur die woud. Ons kan bobbejane hoor skree en later sien ons hulle bo die krans. Ons stap maar aan - wie is bang vir kees – en kom by die voet van die krans. Ons klim die eerste twee lere, en ek stop om foto’s te neem. Skielik kom klippe op my af en die ander skree want ’n groot rots pyl reguit op my af. Ek het net tyd om myself plat op die grond te gooi, maar ongelukkig val ek op ’n rots wat my been lelik onder die knee sny. Ek staan op bebloed en sluit by die ander aan wat hulleself so plat teen die krans as moontlik maak. Ons wag ’n rukkie om te sien wat gebeur. Annelise bid hardop en ons wag. Ons wonder of ons moet klippe gooi na die leer om te sien of die bobbejane weer rotse gaan afrol, maar ons besluit ons gaan nie die noodlot verder tart nie en ons begin afgaan, die hele tyd skrikkerig want ons moet al langs die krans loop om by die pad af te kom. Op pad af besluit ons, ons moet nou iets eet en drink om van ons emosies te herstel. Ons sien ’n oulike nekkie met groot rotse waar ons kan sit. Ek sit op ’n lekker plat rots aan die onderkant van die paadjie en die Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 26 / 48 ander op rotse aan die bokant. Skielik begin die rots waarop ek sit die berg af te gly. Met my rug na die afgrond kan ek niks doen nie en ek gly met die rots bene en arms in die lug en hoop dat die rampspoedige rit tot ’n einde sal kom. Gelukkig na omtrent 3 meters is daar ’n boom wat die rots stop, maar my arm en hand is onder die rots vasgepen en dit is seer. Ek skree “My hand! My hand!” en die ander sê hulle dink nie hulle kan die rots oplig nie, maar gelukkig kry hulle dit tog reg. Gelukkig het ek niks gebreek nie, maar ek is sleg gekneus en my een been is velaf en baie geswel. Ek is so bly oor die boom wat my rit op die rots gestuit het , anders was ek die berg af en dan bokveld toe – 2 keer in ’n half uur tyd! Ons gaan maar verder af. My maters is meer getraumatiseer as ek, want hulle het gesien wat kon gebeur het. By die kamp toe my man my sien, met die bloed wat oral loop, was hy kwaad want “wat wil ek op die berg op my ouderdom doen!”, Ek stort en trek weer my vuil kortbroek aan want ek kan nie ’n langbroek met die gapende wond aantrek nie. Aangekom in Pretoria sê die mense in die kar hulle is honger. Toe gaan ons na die Dros toe om hulle “Sondag spesiaal” te eet. Ek wonder wat het die kliente gedink toe ek daar aankom vuil en bebloed! Dit het hulle aptyt seker bederf. Daarna het ons huis toe gegaan om alles af te pak en eindelik is ons Hospital toe om my wonde te laat oplap. Gelukkig was die personeel en doktor baie behendig en gaaf. Ek moes 8 steke in die been en 3 in die vinger kry sowel as ’n tetanus inspuiting. Die egste was die inspuiting in die vinger Die positiewe kant van die hele petalje was dat toe ek by die motorslisensieplek moes gaan in die week daarop, kon ek voor almal in die tou instap met my kierie en verbande! Nou ja, ek is weer reg vir die volgende stap en avontuur en ek is bly ek is nog hier om die storie te kan vertel. / deur Hélène du Preez - 2014/09/07 / Alexandria staproete, 20-21 April 2014 Dis nie Alexanderbaai (in Namibië?) nie hoor. Jy ry asof jy PE toe gaan – die N1, dan die N9, dan die N10 tot by die dorpie Paterson (met ‘n ice cream pienk winkeltjie waar jy soos ‘n luis voel om met ‘n Gauteng voertuig daar aan te kom en net ‘n skamele Coke te koop). Die grondpad is maar rof en skud jou GPS uit sy konnektor uit op pad na die dorpie Alexandria wat darem ‘n OK het waar mens heeltemal met geruste hart jou voorrade kan aanvul. Alhoewel in die ADDO Nasionale Park, was daar geen olifante op parade nie. Langeboshut was gesluit weens opgraderingswerk en ‘n lekker groot ou bosbouershuis word aan ons as woonplek vir die aand toegeken. Lekker ruim eetkamer met aansit eetplek vir al 12 van ons. Nodeloos om te sê dit was die aand van 19 April, net na die voorsitter se verjaarsdag en het hy dit sy ernstige plig geag om ons na ete op die sagste verjaarsdagkoek (met 60 kersies, a ja a!) en lekker soet, smooth Amarula te trakteer. Ons het skoon grênd gevoel met elektrisiteit, mikrogolf, yskas en ‘n geyzer wat ‘n dameskoshuis op pad na ‘n skoonheidskompetisie van warm water sal kan voorsien – eenvoudig onuitputlik. Te wonderlik dat mens laaste kan stort en nie in en uit die louerige water hoef te duik nie. Ek stap nog nie ‘n 100 jaar nie en het soveel roetes nog nie gedoen nie, maar gegradeer vanuit my beskeie stapondervinding, is Alexandria die 2-dagrugsakroete met die mees verrassende verskeidenheid en vind ek myself onuitgesproke bevoorreg om dit te kon stap. Dag 1 klink toe eers vir my benoud rof: 19,5km. Nou nie jou “average” naweekrugsakroete afstand nie, stem jy saam. Maar weet jy, die inheemse woude waardeur mens stap, laat jou nie eers dink aan afstand nie; dis net so mooi jy gaan maar net. Voor jou oë moeg gekyk is aan al die verskillende soorte groen, stap jy uit op ‘n grasvlakte en dan ‘n (soos altyd simpelrige) stuk “jeep track” wat maar op meeste roetes iewers ingewerk word. Seker verteenwooordigend van die lewe: om jou die mooi stukke te laat waardeer en jy dan daarna weer diep dankbaar deur die mooie bos kan loop tot waar hy oopmaak op die strand: ja! rêrig! nou is jy by die see! Hierdie roete werk met jou vermoë om ratte te ruil hoor. Nog voor jy gewoond is aan ‘n sekere tipe omgewing, stap jy soos in ‘n toneelstuk op ‘n verhoog, in op heeltemal ander dekor. Holderstebolder is ons duin af; branders toe; om die sweetsout vir seesout te verruil. Mmmmmmmm…. en dan 6km strandlangs! Voor mens die see verlaat, nog ‘n oulaas se baai in ‘n warmgebakte see poeletjie, verby verflenterde sonverbrande vistermanne, en dan…. ou maat, duin uit, met ‘n dik skeepstou en ‘n stukkie leer om jou op te help tot bo. Nie dat dit die einde van jou probleme is nie hoor. Nog lekker duinklim voor jy die lang pad vat hut toe, al met ‘n breë, oop, netjies kortgesnoeide….heiningpaadjie langs. Vir ‘n paar mense net te lank en te bedompig en te eentonig, maar vir my alte lekker om vir ‘n slag bo-oor die bossies te kan sien. Natuurlik het niemand daai stuk gesnoei nie, maar dit lyk waarlik soos ‘n flukse tuinier se trotse handewerk. Woody Cape hut is so ver en diep in die bosse in, nie eers die army sal jou daar kry nie. Tog “smart” genoeg met ‘n houtdek waarvandaan jy die see kan sien. En Voëleiland gelukkig net-net ver genoeg om te sien, maar nie te ruik nie…. ☺ Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 27 / 48 Dag 2 15,5km Net so ‘n entjie weer terug al met die gesnoeide laninkie langs, dan draai jy links uit duine toe. En hier begin die pret. Dis blykbaar die grootste kus duineveld in die Suidelike Halfrond. Nie dat ek sou weet as dit nie was nie, want dit is by indrukwekkend verby soos wat jy dieper en dieper in die “woestyn” in stap. En jy glo nie jou eie brein as hy jou probeer herinner aan net gister se lowergroene woude en al-met-die-see-langs se strandstap nie. Dit help nie om die duine storm te loop nie, jy wen hom nie met spoed nie maar met blote verbete aanhou probeer om bo te kom – soveel so dat jy soms in die dik los sand naby die kruin nie dink jy vorder ‘n halwe duim in daai los sand nie. Mens kan nie veel sê van die sandduine stap nie, behalwe dat dit absoluut mind blowing is soos die Engelse sê. So van blowing gepraat – ons het gelukkig nie wind gehad nie, wat ons sand ervaring regtig net pret gemaak het. Daar was wel mense wat gedink het die duine was nou net mooi 3km te lank, maar ek was spyt dat ons weens mis en swak sig met motreën, skielik moes begin wikkel om uit die duine te kom. Ek sit nog met ‘n emosionele agterstand dat ek toe nooit my sak kon afhaal en net 1x by ‘n duin kon afrol tot die sand by my ore uitloop nie……….☺ Toe ons by die laaste rigtingaanduidingspaal verby is, en weer in die bos inloop, dog ek: ok, die dag is nou done and dusted, die hut is nou naby. Toe nie. Nog ‘n fris 5km om te gaan ou matie. Een daarvan, ‘n merkwaardige opdraande al langs ‘n heining……. En dit op ‘n moeë lyf…….. Maar wat, so by so kom almal by die bosbouershuis aan, party in 1 stuk en ander soos ek, in meer as 1 stuk……… :>) ‘n Warm stort :>) kos, ‘n bed, en môre-oggend skuif ons aan na Strandloper se begin... / uit Ndaba nuusbrief, April 2014. / Mariepskop, Mpumalanga, 21-23 Maart 2014 Stappers vir die naweek: Hennie en Rina Blomerus, Francois en Kenau Siebrits, Louis van der Westhuizen en Wilna LoxleyFord. Vroeg Vrydag oggend ontmoet Hennie en Rina vir Francois-hulle om saam Mariepskop toe te ry. Wilna laat weet Louis voel nie lekker nie en hulle hoop om later by ons aan te sluit. Die pad is lank en die laaste 24 km is ‘n uitdagende grondpad en ons nader die kop wat in die mis weggesteek is. Wilna en Louis bereik hierdie stuk grondpad met klippe en gate in die donker en hoe hoer mens gaan hoe digter is die mis, een en ‘n halfuur later bereik ons die kampplek en is heel verdwaal in die mis. Die aand braai ons wors en eet lekker braaibroodjies, maar gaan kruip gou in as gevolg van die mis en die nattigheid. Die aand geniet ons braaibroodjies en wors in die mis by die vuurtjie. Louis en Wilna sluit so net na 21h00 by ons aan. Dankbaar dat hul in die mis die pad kon kry! Die houthuisie is gemaklik ingerig en dateer duidelik nog uit die era toe alles bestuur was deur die lugmag. Daar is ‘n stoof en mikrogolfoond, elektrisiteit, beddens en warm water! Ons gaan verken die omgewing en kry ‘n voorsmakie van die volgende dag se stap. Die Here seen ons met ‘n heerlike sonskyndag en die natuurskoon om ons is asemrowend. Later tydens die stap hoor ons by die gids dat meeste van die jaar is die kop en di bos onder die mis en dis koel en nat. Die stap begin met ‘n stewige 3km opdraende op ‘n gewone kar pad tot by die ingang na die natuurlike bos. Die inheemse bome en plante is onbeskryflik mooi en ons stop meer as wat ons stap om dit te bewonder en fotos te neem. Die “Bush Pig Trail’ neem ons binne in die bos in. Ons stap stadig deur die inheemse bos en verkyk ons aan mos, hoë bome en plantegroei. Ons is dankbaar vir ons gids Sarah, want die paadjies word min gestap en sy moes so een of twee keer eers weer die pad soek. Die bos is ‘n pragtige Afrika reenwoud, die plantegroei is ruig met boslelies (clivias) wat hoog in die bome groei, watervalle en stroompies elke nou en dan, mos wat orals aan die bome en op die rotse groei met die Streptocarpus wat natuurlik hier voorkom. Om alles te kroon hoor ons die Knysnaloerie wat sing bo in die bome, en op ‘n ander stadium sien ons sy rooi vlerke soos hy oor die pad vlieg. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 28 / 48 Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 29 / 48 Sondag oggend is weer ‘n heerlike sonskyndag. Na ‘n frittata en oorskietwors en broodjies vir ontbyt, ry ons op na Mariepskop om die wereld van bo-af te beskou. Soos ons hoër klim verander die plantegroei na fynbos en laat dit ons terugdink aan die Walvis stap. Die uitsig na alle kante is absoluut asemrowend, mens voel ‘on top of the world”! Ons sien die “Drie rondawels” en “Gods’ window” en Blyderivierspoort uit ‘n ander hoek. Hierdie word die Motslatse vallei genoem, alles saam deel ban die Provinsiale Natuurreservaat waarvan Blyde Rivier ook ‘n deel uitmaak, Mpumalanga. Hier onder is ‘n saamgestelde foto van nog ‘n klompie fotos wat geneem is bo-op die berg van die fynbos en die pragtige uitsig. Julle kan sien ons het bietjie op loop gegaan met die fotos. Kan julle ons blameer? Teen middag ete pak ons die 7ure terugrit aan, deur Graskop, Sabie en Lydenburg en almal is dit eens, die ry was absoluut die moeite werd! Ons moet definitief weer ‘n stap reel vir 2015 na Mariepskop en die hele klub saamneem!!! Daar is ook ‘n ander roete, die ‘Orchid Route’ wat so 17 km lank is wat nie tans onderhou word nie. Die rede is dat ‘n dokter laas jaar op die roete verdwaal was en dit het 10 dae geneem voor hulle hom weer gevind het. Daar is ‘n bekommernis dat hierdie roetes nie goed onderhou word nie. Ons het besluit om die saak na Hosa Vosa te neem om op te volg. / Geskryf deur: Rina Blomerus, Redigeer deur: Wilna Loxley-Ford, Fotos deur: Hennie Blomerus / Dingilizi Wildsplaas, Pretoria 14 – 16 Maart: . Marlene het dagstappe op dié wildsplaas gereël. Dit is ’n tipiese bosveldplasie wat sopnat is na die afgelope reën. Ons het rooibokke, kameelperde, koedoes, njalas, rooihartbeeste en blouwildebeeste gesien. Ons het ’n aantal groot sampioene gesien. Die plasie is maar om en by 10 hektaar en ons het elke paadjie gestap. Afstande is moeilik om te bepaal, maar dit was nogtans goeie oefening. Die geriewe is goed. Huisies is ’n bietjie beknop vir die aantal persone, maar dit is netjies. Die kuierplek en kombuis was gesellig en daar is ’n uitkykpunt bokant ’n eetkamer/kroeg vanwaar jy ver kan sien. Die weer was bewolk op Saterdag, wat die stappie aangenaam gemaak het. Baie dankie, Marlene. Dit was ’n heerlike ontspanne naweek. (Georg en Margaret, Johan en Marlene, Joe en Aletta, Hennie en Nicoline, Piet Grobler, Elsa-Marie, Tonny, Gudrun, Stefan, Liana, Aliya, Chris). / uit Viva voetslaanklub se April 2014 nuusbrief / MS: "As al die beskikbare paadjies gestap word sal jy net so onder die 9Km kan loop op die plasie. Daar was op 'n 'n tyd 'n 2de plaas waar jy 'n verdere sowat 9km sou kon loop, ek is nie seker of dit nog 'n opsie is nie. Vra gerus die baas van die plaas as julle daar is." Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 30 / 48 Bokkraal Waterfall Valley - Swartruggens, 19 tot 21 September 2014 Die roete instruksies wat die roetebestuurder vir ons gestuur het is redelik duidelik en met enkele verby-‘n-afrit-ry en ander foutjies kom almal daar aan. Die laaste sowat 22 km is op 'n groot grondpad (rigting Zeerust) en nog 'n kort entjie, sowat 1.5km tot by die plaashek met sy riet-heining (S25º 48' 14.4", E26º 26' 55"). Dan nog seker so 2km tot by die huise. Sommiges via die N14-Muldersdrift-Magaliesburg-Derby-koster-roete en ander via die Rustenburg-Swartruggens opsie. Opsie 1 se pad is goed maar vloei stadig agv spoedbeperkings. Opsie 2 vloei beter, maar is heelwat besiger en die tolgelde is sowat R40 per rigting. Ons akkomodasie is in twee ou plaashuise, elkeen met sy eie karakter. Rhebok huis was die kleiner huis met ‘n stoep aan 2 kante en die 2de badkamer met die stort buite op die stoep en die binnebadkamer met die ou groot pootjiesbad. 3 kamers wat elk 2 slaap en 'n 4de kamer wat 3 kan slaap. 2 van die beddens was 3/4 gewees. Die dokumentasie het aangedui hier kan net 6 slaap, maak ek het gevra vir sover moontlik enkel beddens en vermoed hulle het toe bv in die sitkamer die 2 ekstra enkel beddens ingesit. Marius, Jannes, Janie, Magda, Ron, Laetitia en Helene slaap hier. Bremer huis het die lekker groot oop stoep/braaiarea gehad waar ons beide aande gebraai en gekuier het. Die kombuis is meer modern en baie netjies. 3 Slaapkamers wat elk 2 slaap en dan nog twee beddens in die groot sitkamer/eetkamer wat ons nie eers benut het nie. 8 persone kon hier slaap. By die Bremer huis is ook 'n klein A-Raam huisie wat gebruik sou kon word. Hier is ook 'n lekker yskoue swembad met natuurlike rivierwater wat deur die swembad gekanaliseer word. Dit moet dalk eers ietwat warm wees voordat die' fasiliteit meer aftrek sal kry. Beide het elektrisiteit, warm water en ten volle toegeruste kombuise met yskas, ketel, stoof en self 'n broodrooster. Beddegoed word voorsien. Wilna, Christo, Phrina, Daniela, Leonore, Erika en Sue slaap hier. Ronel, die roetebestuurder, het vir my die mees unieke 'roete-kaart' gestuur vir dag 1. 'n Lys met 38 notas wat elke draai-punt op die roete beskryf en die rigting met 'n pyltjie aandui. Vreemd maar heel funksionel. En nee, die draaipunte op die roete het nie die nommers gemerk nie, maar die roete is heel duidelik gemerk met bruin voetjies op wit plaatjies of rooi plaatjies teen die bome of rooi verf-rigting pyle op die klippe en bome. Ons Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 31 / 48 het net die geweet waar die roetes begin nie, maar nadat ons vir Tshepo opgespoor het, het hy my gou Vrydagmiddag gaan wys waar is die beginpunt van die roetes. Dit het langer as 'n halfuur geneem, aangesien ons toe agterkom die begin is sowat 800m vanaf ons huise. Vrydagaand neem die 'Rhebok'-huis-inwoners hulle braairooster na die 'Bremers' en ons braai saam. Daar was 'n voorraadjie hout ook beskikbaar wat ons na die braai vir 'n lekker kuier vuurtjie gebruik het. Saterdag oggend so 8h00 kry ons mekaar en almal vat die pad na die beginpunt. Op met 'n lekker stywe opdraande, tot by die werkershuisie, af met die stappaadjie, oor die bruggie, verby die piekniekarea, gou 'n groepsfoto geneem en dan agter hout-chalet 2 begin die roete. Dit was goeie opwarming van so 800 meter. Nou kan ons begin stap. Die bordjie dui aan dit is die 'Long route' en ons doen dit op eie risiko. Verby 'n 'leiklipmyn', deur die hek, op met die pad, afdraai, verby die begraafplaas en deur 'n Suikerbos plato. Dan is ons sekerlik op van die hoogste punte op die roete en ons kan die klowe en berge rondom ons sien en waardeer. Af met die pad, deur 'n hek, regs by die gebrande boom en afdraand verby die koppies met hulle mooi klippe en aalwyne, in die rigting van die rivier. Die groep het intussen weer ietwat verdeel tussen 'n super vinnige groepie, die flinkes en die agterosse. Die flinkes wag vir agterosse by die rivier met sy mooi groot klippe, siloette in die stil water en groot kranse op die agtergrond aan die oorkant. Almal verkeer rustig en drink die mooi van die natuur en die kabelende stroompie se klanke in. Dan vat ons die pad, eers langs die rivier stroomop en dan weer bietjie bos verby die 'Caution/Danger' bordjie as ons teen 'n helling weer afdaal rivier toe. Ons is nou Diep in die kloof met die massiewe kranse beide kante van ons. Skoene uittrek, en oor die rivier. Daar is 'n boomstomp geplaas om te help, maar niemand beproef hulle balans so deur daaroor te loop nie. Rustig sit anderkant, voete afdroog, die rustigheid van die natuur inneem en weer skoene aantrek. Onder die 'oorhang/grot' verby met sy grafiti en mosse en varingkies teen die klippe. Dan loop ons weer aan die regterkant van die rivier stroomop. Weer skoene uit en deur die vlak water die breë rivier kruis. Net daar met die weer-afdroog-en-aantrek-sessie beland Janie se handoekie in die water en spoel stroomaf. Ons kon hom nie vang nie. Oor die koppies, die veld en bos is maar baie droog hier en reën sal sekerlik waardeer word. Ons volg steeds die rooi plaatjies, rooi merkers op die bome of die bruin voetjies op wit plaatjies. Die paadjie is mooi duidelik uitgeloop en gee nie probleme nie. Ons spesiale padkaart is ook in die kol en gee tog bevestiging as mens onseker sou raak. Maar dit gesê, dit is net hier langs die rivier waar 'n paar van die agterstes dink die paadjie wat opgaan na die draad is die beter een en kyk die bordjie wat duidelik af-wys mis. Met groot moeite is ons vier teen 'n helling deur 'n draad, deur die bosse en uiteindelik terug deur die draad, af met die selfde paadjie en vind dan weer die regte bordjie. Na die avontuur saam met Janie, Magda en Laetitia stap ons nog 'n entjie langs die rivier, dan op die regte plek deur die draad en deur die Poppelier-bos-gang. Ons kruis 'n klein riviertjie waar ons darem oor die klippe kon loop, en deur 'n riet-bos. Hier word eers ge-oes om materiaal te versamel vir pen-makery. Weer oor die stroompie. Dan moet mens mooi kyk om die afdraaipaadjie na die waterval se onderkant te sien, anders moet jy bult-op, en weer bult af na die waterval. 'n Paar fotos geneem van die tufa val met sy vreemde vorming dan weer die bult op waar party sommer net gewag het. Hier dink ons is 'n goeie plek vir ete, en na 'n rustige tydjie hier, en net 'n paar honderd meter verder en teen nog 'n bietjie van 'n bultjie uit is ons by die roete se amptelike beginpunt/eindpunt en die piekniekarea met sy afdakkie, mooi grasperke, die swembad wat sy water kry van 'n natuurlike deurvloei van rivierwater. Ek en Laetitia waag dit in die poelietjie in. KOUD!, maar o so lekker en verfrissend. My termometer dui aan 12 grade in die water, maar dit kon kouer word. 'n Groepie van ons kuier nou lekker hier, ek maak tee en almal eet dit wat nog oorgebly het in die sakkie. Die mooiste privaat 'Plekkie' is ook op die rand van die krans gebou met heel indrukwekkende uitsigte op die kloof daaronder. Hier is ook 'n uitkykdek met 'n paar trappies af sodat mens mooi die tufa-val kan bekyk. Wat besonders is van tufa valle in kort is dat hulle nie rots verweer nie, maar opbou agv die minerale in die water en die eienskappe van die klip en mossie bo-op hulle. Dan begin die weer ietwat winderig raak en dit lyk na reën wat kom. Ons pak op, oor die bruggie, op met die paadjie, verby die beginpunt van dag 2 se roete, verby die werkershuisie en terug tot by ons huise vroegmiddag. Sowat 9km gestap vir die dag. Almal verkeer rustig en aangesien dit nog vroeg is stap 'n paar persone sommer vandag gou Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 32 / 48 Sondag se roete. Toe die wonder. Wilna en Christo wat agter gestap het, het die handdoekie stroom-af in die rivier gevind en teruggebring na die regmatige eienaar. Saterdagaand weer heerlik gebraai en gekuier by die 'Bremer's. Sondag oggend ry 'n paar persone vroeg en die res begin die 'Short route'. Hier leer ons ook dat dit maar beter om nie kortpaadjies te neem nie en die roete op die regte plek te begin. Ons spandeer eers ‘n hele tydjie om die roete te vind wat toe nie begin het waar die voorstappers gedink dit begin nie. Dan die eerste reel van stap volg. Retereer na die laaste bekende plek waar jy voetjies gesien het en seker was, en dan van daar die pad neem. Moet nooit net 'dink' die paadjie loop in die' rigting nie, veral as daar nie aanduidings of voetjies is nie. Op die regte stappaadjie, deur bosse, verby 'n vervalle ou klipgebou met 'n vars grasdak. Dalk gaan dit ook nuwe akkomodasie word. 'n Bietjie paadjie gesoek in die bosse langs die rivier en dan oor die stukkie avontuur van die dag. Oor die hout-pale bruggie wat 'n tydjie gelede ingestort het, maar die watervlak is laag en daar is genoeg oor van die bruggie om dit nog nuttig te maak. Die sirkel word voltooi en ons eindig weer by die twee hout chalets en die piekniek area. Ons swem nie weer hier nie, die weer is nie lekker nie. Op met die paadjie, verby die baie bome wat gemerk is met hulle name. Almal begin dan na sowat 3km se stappie op te pak, die laaste tee te drink en vat die pad terug huis toe. 'n Baie mooi roete, redelik kort en maklik, met sy intressante stukkies en uitsigte en mooi rivier tonele, 'n unieke tufa waterval en puik karaktervolle skoon en goed toegeruste akkomodasie met beddegoed. Jy kan hier ook bergfiets ry. Om te bespreek kontak Ronel by 018 642 2137 of [email protected] / Deur Marius Stander, Nomades Voetslaanklub, soos ook vervat is Nomades nuusbrief van Oktober 2014 // Strandloper, Oos-Kaap, 11 – 15 Augustus 2014. Die Strandloper - Nie so gemaklik soos ek onthou het nie, baie op en af en dan nog al die klippe, klippe klippe, maar mooi, so mooi met die oneindige see en sy branders wat rol en rol. Ons was vier VIVA-lede en ses ander stappers, Helena, Erna en Beeuwen met hul groepie. Ons was so gelukkig met die weer. Vier sonskyndae. Die eerste dag het ons nog 'n rukkie vertoef by die destydse eerste staphut, wat deur 'n storm tot niet gemaak is. Die tweede dag het ons by die eerste rivier aangekom– 1 meter diep. Beeuwen en ons eie Neels het eerste deur die water gegaan om te kyk hoe diep dit is. Die stroom was sterk en kon ek nie op my eie deur die water nie. Daar was egter altyd 'n helpende hand om my oorkant te bring. As groep het ons altyd by mekaar gebly. Die derde dag was die lang dag – 23 km, maar ook dit het ons sonder te veel pyne gemaak. Ons het selfs kans gesien om 'n laat "lunch" by 'n restaurant langs die see te geniet en daarna was dit nog 4 km. En toe breek die laaste dag aan met twee riviere om deur te gaan. Dit was weer die twee mans wat Gudrun en my rugsakke oorkant gebring het – 'n bietjie moeg maar tevrede oor die pragtige natuur en nuwe vriendskappe wat gemaak is, het ons gewag vir die "Shuttlebus" wat ons weer terug na ons motors gebring het. Ek sê dankie aan al my mede-stappers, wat die stap so 'n sukses gemaak het. (Tonny, Gudrun, Neels, Hetta, Erna en Beeuwen Gerryts, Sonja Grobler , Helena en Piet en Christina du Toit). / deur Tonny, uit Viva se September 2014 nuusbrief / Strandloper, April 2014 Danksy die goeie beplanning van ons stapleier, het ons tyd gehad om ons vuil en ons skoon bondels mooi uitmekaar te maak nadat ons klaargemaak het met Alexandria, en het ons eers die volgende dag aangeskuif na Strandloper se begin by die Eco Sentrum by Cape Morgan. Daai nag reën dit sodanig dat tot met vertrektyd mens nie geweet of jy met of sonder jou deftige reënuitrusting die dag moet aanpak nie. Die oggend begin met die roete eienaar se pittige, maar so vinnige, oorsig oor die roete dat ek dog ek is heeltemal te onnosel om hierdie roete te stap want ek kan glad nie als onthou wat ek moet raaksien en waarby ek moet verbystap voor ek soek vir die afdraai nie…….. Dis egter net hier waar die lekker van ‘n groep inkom. Meeste indien nie almal nie, was doodeerlik van dieselfde mening :>) Soos wat ons egter begin stap van die Eco Sentrum af Keimond toe, lig die wolke (en die groepsgees :>) Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 33 / 48 En dis toe waarlik heeltemal maklik om uit te figure waar jy moet loop: daar is merkers en pale en voetspore om saam met jou common sense en die roete eienaar se laaste wenk “hou die see aan jou linkerkant”; seker te maak jy vorder in die regte rigting: die stappershut by die Double Mouth woonwapark. Die van ons wat die Morgans Bay strand vir ‘n swem uitgetoets het, was tot vandag toe nie spyt nie. Die helfte van die groep stap versoekingloos by al die uithangplekke van Morgans Bay verby, sit kop en voet neer met net die hut as eindbestemming in gedagte. Die ander klompie dog toe weer, neeeeee wat, dis vakansie, Gauteng lê 2 dagreise ver, ruik hoe lekker vars ruik hierdie hotel se tjips, en ‘n bier wat by die see gebottel word, kan net beter borrels hê. So trek ons toe af, elkeen vir sy eie aandeel aan die menu. Of die wat hulle hier lekker knuppeldik geëet het, inside information gehad het, sal nugter weet…… einde dan sal jy verstaan… Met vol rugsak en vol pens is ons die Morgan Bay Cliff uit vir ‘n ware mooie uitsig op die see. lees tot aan die Dis nie te ver stap nie, seker 3 of 4km, dan is mens by die hut. Toe ons agterosse so al met die reën saam by die woonwaparkie instap, kom die vinnige outjies welriekend uit die badkamers by ons verby. So soort van amper nat, haal ons die hut. En dit was toe die tweede vers en die derde vers van die res van die storie. Nat… Die reën gooi asof met emmers op die hut neer. En ja, die stappers deel die woonwapark se ablusiegeriewe – heelwat meer as ‘n hele klompie paar treë van die hut af… Maar ons kook ons stapkossies ewe vrolik in die hoop dat die weer sal opklaar. Nee. Dit reën. Volgende oggend nog voordat voordag se nimlike self nog weet dis tyd om op te staan, skarrel dit in daai hut soos ons regmaak vir hierdie dag se stap met sy vreemde onbekende uitdagings. Storm iemand met tyding die hut in: die roete eienaar het geskakel en ‘n boodskapper gestuur: all hikers stay in the hut, do not hike! Met ‘n openinkie in die watersluier stap ons later gou na die rivier waar ons moes kruis – nee. Dis ‘n bruin woedende malende massa wat lyk of hy iemand nogal moeiteloos see toe sal kan vat. Oor en weer selfoon kontak met die roete eienaar regdeur die dag. Stuk-stuk begin die vervaarde inpakproses van vroegoggend, hom in reverse herhaal: begin maar weer jou goedjies uitpak. 12 mense ‘n ekstra dag in ‘n stappershut tussen 2 riviere, kan verseker redelik entertaining raak… ☺ Baie interessant om vanuit jou warm slaapsak, die groepsdinamika te sit en dophou, hoe elkeen na sy aard op hierdie onbeplande kinkel in die kabel reageer… Nou raak ons innoverend met die beperkte kos in die sak: gister se hotel burger en tjips is al vergete en vanaand se ete is nie in die rugsak nie: ons sou mos by Haga-Haga gaan uiteet… JET se brein het gelukkig nog genoeg reserwes om ons op lekker lawwe grappies deur die dag te kry. Alhoewel: dit was nadat hy besluit het om te proe of mens sonbrandmiddel nr 40 sou kon eet, sou die nood hoog raak :>) Dit sous maar erg en van buite rondloop is daar naderhand al hoe minder sprake want jy kom nat tot op jou haarwortels toe terug in die hut. Om die aand bietjie korter te maak, kry iemand darem ‘n volkome ware verhaal van ‘n spookstorie uit die stapleier uit. Met die wind en die reën in ‘n donker stappershut in die bos alreeds ietwat spokerig, is van die dames toe veiligheidshalwe twee-twee badkamer toe om tande te borsel………. Volgende oggend nog voor ek my spoeg kon insluk is die roete eienaar daar. Hy kon met sy bakkie deurkom deur die driffie wat die vorige dag met die 260mm reën van die 2 dae, ‘n meter oor sy merk was. Hy laai die rugsakke en ons gaan te voet padlangs of seelangs soos jy wil, terug Eco Sentrum toe. Die riviere verder af Gonubie toe, net te gevaarlik hoog om dit wys te ag om met ‘n groep te probeer oorsteek en aanstap. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 34 / 48 Fluit-fluit my storie is uit. Sowaar. Daarvandaan het die rygroepe besluit hoe verder en dit was die einde van April 2014 se Strandloper. Ai. Kan jy dit nou glo. Ag wat. Next time………… / uit Ndaba nuusbrief, April 2014 / { Some mistakes are too much fun to make only once (A.O) } Outenikwa-trip : April.Mei 2014 KORTGROEP (Corné, Maureen, Jessica, Johan en Elzabè) Vrydag, 25 April (Pretoria – Bloemfontein) Die afgelope week was daar met groot opgewondenheid voorbereidings gedoen en finale reëlings bespreek. Teen twee uur het Maureen en Jessica gou van die skoolklere ontslae geraak en gemaklik aangetrek vir die lang rit, die sleepwa is gehaak en almal in die Prado gelaai met Corné agter die stuur. Wonderbaarlik vloei die verkeer goed en na sowat ’n uur of so is ons deur Johannesburg se betonwoud, en is ons goed oppad met die N1, rigting Bloemfontein waar ons vanaand gaan oornag. Saterdag 26 April (Bloemfontein – Nature’s Valley) Vroegoggend, sewe uur draai Corne die Prado se neus in die N1 se rigting, net voor Colesberg stop ons by Springfontein Padstal, wat ‘n lekker Karoo ontbyt, die koffie puik!! Ek beveel hierdie Padstal vir koffie sterk aan, en die kontreimense is so vriendelik! Tussen Aberdeen en Willowmore ry ons langs die Beervleidam. Die dam is leeg. Ons “google” beervlei dam. Die resultaat is interessant: Beervleidam is in die Grootrivier ('n sytak van die Kouga), op die N9, 20 km noord van Willowmore. Die dam is in 1957 gebou, het 'n kapasiteit van 85 miljoen kubieke meter, en 'n oppervlakte van 23,145 vierkante km. Die damwal is 31 m hoog. Na die Gariep, het die Beervleidam die tweede grootste opvanggebied van al die damme in Suid-Afrika, maar as gevolg van lae reënval is dit feitlik altyd leeg. Die dam is eerder gebou om vloedwater te absorber as om water te berg vir verbruik. Enige vloedwater word ook so gou as moontlik deur die stroomaf boere gebruik, en die reservoir word leeg gehou weens die soutgehalte van die Karoo-sedimente in die opvanggebied van die dam. Langdurige stoor van die water is nie wenslik nie. By Uniondale draai ons weg en neem die R339, die Prins Albertpas. Ons verwonder ons aan al die proteas en fynbos soos erikas en heide wat blom. Halfpad deur die pas begin dit saggies reën. Die pad het baie vloedskade gehad maar die owerhede is besig om dit te herstel. Terug op die teerpad kies ons rigting na Nature’s Valley, ons oornag by die gastehuis. Kuier-stap op die strand, bewonder die plante ens. Maandag 28 April (Nature’s Valley – Beervlei) Na ontbyt vertrek ons Knysna toe. Eers besoek ons die kastele van Noetzie. Aangesien dit ’n bewaararea en privaat eiendom is, moet jy ver weg parkeer en ’n steil afdraende met 137 trappies afklim tot by die strand. Hmmm, goeie oefening! Ons stap tot op die strand. Ai, almal wil ‘n huisie by die see hê. By Beervlei-hut doen die manne die nodig reëlings met die motors, en die vroue maak solank vuur. Johan en Elzabe besluit hulle slaap op die stoep aan die agterkant van die hut. Sakke word vir die laaste keer uit- en ingepak – niks “luxury” gaan saam nie. Dinsdag 29 April (Beervlei– Windmeulnek) Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 35 / 48 07:30 wuif ons vir Maureen en Jessica, 14 stappers, verdeel in 2/3 groepe, na ongeveer 2 km draai ons weg in die inheemse woud in. Dit het nie lank geneem vir die rugsak om met my te “gesels” nie, dit is nog ‘n gemaklik stap, hoe verder ons in die woud in vorder, besef ek weereens hoe bevoorreg ek is om die natuur so te kan geniet. Die “oppe en affe” begin, en dit hou net aan en aan en aan. Die laaste ongeveer 3km stap ons op die bosbou pad, op en op en op na Windmeulnek hut. Die reën haal ons in, dit was wonderlik om op te kyk en die hut regvoor my te sien, die wind het ook nou begin waai. Die vuur/braai plek is gerieflik ingerig. Johan maak vuur, Nico sorg vir warm water, hy het sy “geyser” saam gedra. Die “stort hokkies” laat nie veel plek toe om droeë klere iewers te hang of neer te sit, dus sien ons net, ‘n figuur met ‘n geel poncho …en iewers was daar ‘n blerts rooi … mmm … kledingstuk … ook gewees, … verby gehardloop kom, in die rigting na die storte, tot groot vermaak van toeskouers. Johan en Corne kry ook warm water, die res het of nie gestort nie of ‘n koue stort gehad. Genadiglik trek die mis weg, die wind het gaan lê en die reën het ook opgehou. Woensdag 30 April (Windmeulnek– Platbos) Ons besluit om nie die bergpad te stap nie, maar wel die “korter” roete na Platbos. Ons val weg in ‘n paadtjie teen die berg, om die koppie, dan weer 1km af teen die berg, tot in die bosbou pad, Links is die bome reeds “geoes”, regs staan die fynbos in blomme, en die suikerbekkies baljaar in die bosse. Ongeveer 600m van Platbos af, kry ons ‘n paar boswerkers in die pad, word ek aangemoedig met die woorde “hang in there madam, hang in there”. Platbos hut is gerieflik, storte koud maar skoon, en gerieflik, spoel toilette, ‘n lekker braai plek. Noodeloos om te sê, vandag was dit maklik, ons eet middagete by Platbos, ‘n goeie rus en rondlê, ‘n kans om blase te “dokter” en seer voete te masjeer. Donderdag 1 Mei (Platbos – Millwood) Ons val in die bosbou pad teen 07:30, ongeveer ‘n kilometer verder, dui die dubbele wit voetspore vir ons aan om in die inheemse bos in te swaai, dit is ‘n lang stadige opdraaende. Die inheemse bos is pragtig, koel en groen, die riviere vol, ons sien tekens van olifant aktiewiteite, ek wonder die heeltyd oor die olifante – hoeveel is daar, wat sal gebeur indien ons hulle te siene sal kry? Die oppe en affe bly, ‘n die afdraandes is erg, die woud droog ook nie uit nie, dus is dit modder en glad, party plekke is dit glyerig ook, onder by die rivier is dit nou weer stewels uit, hier is ‘n “troos tou” om aan vas hou, yskoue “tee-rivier”, gelukkig is dit redelik maklik so knie diepte deur die water. Dan is die piekniek plek Jubilee Creek daar, dit lyk soos beskawing, rustig, hier sit ons in die koel skadewee, by klip-ensement tafel en bankies en middag ete eet. Een knie en tien tone vol blase is gedaan, ek neem ‘n baie moeilike besluit in sekondes, Dit is nog 4 km na Millwood hut, ek steek my trots in my sak, kop onderstebo, … soek ek ‘n geleentheid, vriendelike samaritane, Marlene en Hendrik bied met graagte aan om my in hulle voertuig na Millwood te neem. Ek was nog nooit so dankbaar nie. By Millwood is dit ‘n verrassing om warm water storte te kry, en die “owerhede” is besig om die hut – ‘n ou huis – om te knap. Klaar gestort en skoon aangetrek, stap ek na Mother Holly’s koffie winkel ongeveer 200m van die hut af. Daar is ‘n kamer vol versamelings oudhede, koerant artikels en foto’s van die vroeer houtkappers. Die res van die groep kom so een-een aangestap, ek voel eintlik baie “droewig” kan hulle nie eintlik in die oë kyk nie, want ek weet hulle het so pas weer ‘n stywe opdraende uitgestap. Garth en sy span het sy belofte gehou en gesorg vir heerlike kaas burgers en skyfies, met wyn en yskoue bier en koeldrank. Dit is ‘n fees, later sit ons by die vuur en Laura vertel van die ou man en sy dogter, Elsie, wat in die huis gebly het, en hoe Elsie uitgevind het waar haar oorlede pa die goud weggesteek het. Vrydag 2 Mei (Millwood – Diepwalle, skiep Rondebossie) Christopher, finale jaar, elektriese ingenieurs student, wat vakansies en naweke uithelp by Mother Holly’s bied aan om my direk Diepwalle toe te neem, Ina en Jendeline besluit ook hulle kan nie verder stap nie, ek is baie dankbaar, by Diepwalle aangekom “boek” ons in by die “backpackers hut”. Die res van die groep sal eers more so 12 uur se kant begin opdaag. Ek voel vreemd hartseer, n seer knie, seer tone, die Outeniqua het my oorwin, ek hoop op ‘n geleentheid in die toekoms Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 36 / 48 om die roete te kom klaar stap. Interessante brokkie inligting Gewoonlik ry ons so vinnig op die hoofpaaie verby al die goed. Wanneer ek en Johan iewers heen ry is dit ook gewoonlik agterpaaie en vergeet ons van die besige snelweg, maar die keer, met Corne aan die stuur, het ons die N9 gery en hierdie stukkie “geskiedkundigheid” ook ontdek. Ek het die geskiedenis van Willowmore gaan naslaan, baie interressant, by die skakel: http://www.poortjiegamereserve.co.za/willowmore.php. Die Wonderboom van Willowmore: "… ongeveer 10 km buite Willowmore, oppad na Aberdeen, staan die “wonder boom” trots! Die Wonderboom “gebore” uit ‘n Ghwarrie boom (Eudea Undulte) en ‘n Skaapwagter’s boom (Boscia oleolides – ook bekend as ‘n Karoo witgat). Die Wonderboom is ondek in die vroeë 1906, maar dit was eers in 1961 toe die pad geteer is wat dit geklasifiseer is as ‘n “natuurwonder”. Wat maak hierdie verskynsel bome so uniek? Die Karoo witgat het 3 stamme wat uit die grond groei, twee van die stamme het inmekaar gegroei, en ‘n “oog-naald” gevorm, die derde stam het sy weg gevind perfek deur die “oog” en dus ‘n “needle and thread” effek geskep. Die Ghwarrie boom hou die Witgat net geselskap." / deur Elzabé Dessels / Outenikwa-trip : April.Mei 2014 LANGGROEP (Nico, Laura, Gerhard, Jendelene, Helene, Hester, Ina, Quintin, Susan) Saterdag tot Maandag, 26-28 April (heenreis) (Hester) Saterdagoggend, 26 April 2014, 03:00, word ek afgelaai by die BP petrolstasie in Lynnwoodweg. Quintin en Susan is reeds daar, maar geen teken van die res nie. Teen 03:30 daag die laaste twee van die begin sewe op. Die sleepwaens word gepak na Nico eers sy hele sleepwa uitpak en ons vertrek 4 am soos beplan. Ons eerste stop is 7 uur en Laura deel lekker toebroodjies en koffie uit. Sommer gou is ons weer oppad en op Bloemfontein laai ons vir Gerhard en Jendelene op. Nou is die langgroep volledig. Ons kuier lekker in die bus, so deur die dut sessies. Middagete eet ons weer van die toebroodjies. Net voor 16:00 uur kom ons by Travalia aan. (Naby die Drie Susters.) Gerhard, Jendelene en Helene gaan stap die koppie uit, terwyl die res van ons die aandete se voorbereiding klaarmaak. Nico organiseer gou vir ons eetgerei en borde, en die speserye is 'n bonus. Hier het Fransie en Charlie ook by ons aangesluit. Natuurlik was daar meer as genoeg nagereg na die braaivleis. Sondagoggend staan ons 5am op en vertrek net na 7am. Ons stop by die Travalia padstal en meeste van ons ondersteun hulle. Ons kuier so lekker in die bus dat ons skoon verby die afdraai na Oudtshoorn ry. Gelukkig is Susan en Quintin oplettend, en laat weet ons moet omdraai. Nico is opsoek turksvye en na ‘n ruk word daar van die pad afgetrek. Met tang in die hand stap hy en Quintin ‘n ent terug om te gaan pluk. Ongelukkig is die vrugte nog te klein of was dit nog nie ryp nie. By Meiringspoort nuttig ons 'n lekker 'brunch', net jammer die spek het agter gebly by Travalia. Gerhard bied hul kaasworsies aan en ons smul lekker. Na ete stap 'n paar van ons na die waterval toe. Daar vandaan ry ons na die dorp Prins Albert via die Prins Alfredpas. Die dorp het sy 250 bestaansjaar gevier in 2012. Die straat is toegemaak en daar is 'n klomp mense bymekaar. Is dit 'n optog? Moet ons maar verby hou? Nee – dis die Olyffees. Ons is net betyds om 'n paar olywe en gedroogde vye te koop voor die mense oppak. Op soek na die plaas waar Kokkedoor verfilm word laai ons twee jong dogters op. Nico oortuig hulle om in die bussie te klim en sommer met die intrapslag raas Laura met hulle omdat hulle dit doen. Bianca is die boer se dogter op wie se plaas die program verfilm word en in 'n japtrap is ons daar. Na 'n foto sessie en hanekraai, dankie Charlie, val ons weer in die pad. Nou pak ons die Swartbergpas aan. Die uitsig is asemrowend. Dis steil en ons vorder maar stadig. Dit gee my kans om sommer 'n klomp foto's te neem. Ons stop ook by 'n uitkykpunt en trotseer die koue wind. Net na 16:00 uur is ons by die volgende oornagpunt – Kangobergoord. Quintin doen weer diens by die braaivleisvuur en nagereg is ook weer op die spyskaart. Maandag, 28 April. Gerhard word aangestel om die bussie se vensters droog te vee, voor ons die pad vat na Kangogrotte. Ons tyd is beperk en daarom neem ons die 1 uur 'Heritage' toer. Die toer stop kort voor halfpad die grot in. Ons gids is 'n jong vrou wat ons vrae in Afrikaans antwoord. In die eerste groot vertrek het hul konserte gehou en een van die besoekers sing ‘n stukkie opera op uitnodiging van die gids. Die geskiedenis word opgesom en jy kry ‘n kykie in die verlede in toe die grot nog nie so begaanbaar gemaak was nie. By die laaste punt voor ons omdraai, skakel sy die ligte weer af en in die stilte wat volg kraai 'n haan. Ja – Charlie, op versoek van Nico. Die gids sing Nkosi sikelel' iAfrika terwyl sy trom slaan op een van staligtiete, nog steeds met die ligte af. Baie mooi en spesiaal. Na die tyd gaan eet ons by Wilgewandel vakansieplaas en 'n paar bekyk die kamele met 'n kritiese oog. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 37 / 48 Tussen Oudtshoorn en George val daar 'n klip van 'n vragmotor af en die projektiel tref die bussie se vooruit. Gelukkig het die venster nie gebreek nie, maar daar is nou 'n gekraakte sirkel in die voorruit. Die volgende pas wat ons aanpak is die Outeniqua pas. Die ou pas kan duidelik gesien word. Weereens word daar stadig gery en kan daar foto's geneem word na hartelus. Ons stop weer by ‘n uitkykpunt vir nog foto’s. Op George kry almal kans om vir oulaas 'n paar inkopies te doen – weereens by Pick-'n-Pay. Ansolette, Laura se dogter, sluit hier by ons aan. Nou reguit na Beervlei hut, die beginpunt van die Outeniqua staproete. Quintin neem die leiding want sy GPS weet waarheen om te ry. Daar aangekom sorteer ons vir oulaas ons goed uit tussen wat moet saam in die rugsak en wat bly in die sleepwaens. Die kortgroep sluit net na 16:00 by ons aan. Dis nou Johan, Elzabe, Corne, Maureen en hul dogter. Gerhard hou homself besig deur hout te kap. Later wys van die ander manne dat hulle ook weet hoe. Net versigtig want die bylkop kom los. Eers 17:00 vertrek die bestuurders om die voertuie na die eindpunt toe te neem. Die res van ons begin dink aan vuur maak vir aandete. Die bestuurders keer laat terug. Daar was probleme met Franci se motorfiets. Meeste van ons is al klaar geëet, toe hulle eers na 20:00 opdaag. Die getroudes het darem vir hul manne gewag. Die nagereg het soos gewoonlik byval by almal gevind. Vroegaand begin die ouens in die bed kruip vir 'n goeie nag se rus. Dinsdag, 29 April (Stapdag 1) (Beervlei – Windmeulnek) (Quintin) Na groot geskarrel om alles gereed en in die stapsakke te kry en Johan se heerlike boeretroos almal mooi wakker het, is al 14 stapers om halfagt gereed om te vertrek. Nico heet almal welkom en lig ons in oor die dag se staproete. Daar word besluit dat daar in 2 groepe gestap sal word maar gou-gou sorteer die stappers se pas hulle uit en is daar 3 groepe. Ina is stapleier en sy gee nogal ‘n stywe pas aan. Na ‘n entjie op die bospad draai ons af in inheemse woud en nie te lank nie of ons hoor hoe die nuuskierige bosloeries ons op ‘n afstand volg en verlustig ons ons ook in die ander bosgeluide en pragtige natuurskoon. Die paadjies is nat en glad en moet ons mooi loop om nie te val nie en ook “bundu bash” oor en om omgevalle bome wat die pad versper. Nie te lank nie of ons volg ‘n steil afdraande al langs die plantasie om die hoëkraal rivier te kruis. As gevolg van die spanning op die bene weens diè steil afdraande en die yskoue bergwater bewe ‘n hele paar van ons se bene toe ons die water betree. Hierna was daar ‘n moeilike rotsafklim en het ons met korterige bene dit moeilik gevind. Toe begin die opdraande deur die inheemse bos en daarna die bospad – opdraande, en nogmaals opdraande langs Corneliskop verby – gelukkig is dit ‘n heerlike bewolkte dag en was die son nie nog ook ‘n faktor nie. Net toe ons begin dink die opdraandes is nou verby tref die laaste opdraande ons tot by Windmeulnek kamp. Ons is almal gelukkig veilig by die kamp toe die wolke vanaf die see vinnig saampak en dit begin reën. Daar is 4 slaapvertrekke en die hut is pragtig. Die puttoilette is ook nuut gebou en die braailapa baie mooi maar o genade, die yskoue karige stort het ver te kort geskiet. Woensdag, 30 April (Stapdag 2) (Windmeulnek – Platbos) (Susan) Na die vorige aand se reën is dit oopgetrek en ‘n lieflike oggend met asemrowende sonsopkoms en weereens is Johan se boeretroos ‘n treffer. Ons besluit om nie die boonste pad verby Spitskop te volg nie maar wel die onderste pad om Perdekop se lyf. Die paadjie is baie nat en glad na die vorige aand se reën en dikwels moet ons maar in die stroompies in die paadjie stap waar dit nie moontlik is om dit te vermy nie. Die afdraande na die bospad gaan gly-gly maar gelukkig heel voorspoedig. Die opdraandes is vandag minder as gister en ons kruis die Karatara- en Plaatrivier oor brue. Die inheemse woud met sy verskillende kleure swamme en eie bekoring laat jou totaal van die buitewêreld vergeet en verlustig jy jou in die stilte en natuurskoon en hoor ons ook weer hoe die bosloeries ons op ‘n afstand volg. Op een gedeelte van die bospad is die pad aan die berg se kant bedek met ‘n asemrowende digte plaat varings wat ongeveer 3 meter hoog strek. Die roete is so nat dat ons sommer teetyd en etenstyd in die middel van die pad sit om ‘n droërige rusplek te probeer kry. Platbos hut het 2 slaapvertrekke en ‘n kombuis gedeelte met ‘n kaggel. Hier is spoeltoilette en alhoewel die storte koud is is dit meer beskut as die een by Windmeulnek en maklikeer om die koue water te trotseer. Ons kuier die aand heerlik buite onder die afdak waar die mans vir ons ‘n vuur aangepak het. Donderdag, 1 Mei (Stapdag 3) (Platbos – Millwood) (Helene) Ons is weer vroeg aan die gang – te vroeg vir die voëls. Later hoor ons 'n loerie. Ons gly-gly in die modder naby die Platbos spruit in die inheemse bos. In die plantasie hoor ons 'n wielewaal. 'n Paar mense sien 'n olifant spoor en kry sy reuk. Ons klim omtrent duisend "trappies" en kom later by die Houdinirivier. Dit vloei sterk en ons moet klou aan die twee toue wat oor die rivier gespan is. Jendelene se hak begin lol. Daar is kort-kort 'n steil opdraend; dan volg 'n laaang opdraand. Ons loop deur ou denneplantasies wat nou braak lê en die inheemse plante kry kans om weer oor te neem. Ons hoor van ver af boswerkers. Vir ongeveer 10 km is heelwat bome deur olifante omgestoot waarom ons 'n pad moet uitswoeg. By Jubilee Creek piekniek area is heelwat ander mense, waarvan sommige die modderige paadjie rivierop aangedurf het. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 38 / 48 Ons moet ons kos oppas anders gryp die apies dit. Dit is 'n baie mooi riviertjie en gou het ons 'n keuse van óf met 'n boomstomp voetjie vir voetjie oorloop óf skoene uittrek en deur die vlak water loop. Daarna is daar 'n lang warm opdraand. Van bo af sien ons Millwood in die vallei lê. Daar is ou strate met naamborde bv St Thomas Str. Ons kan by Mother Hollies (wat 3 uur toemaak) heerlike koek of muffins bestel en ook die hamburgers eet wat Elzabe vooraf bestel het. Langsaan is 'n museum wat die bosbou en goudmyn aktiwiteite van die verlede uitbeeld. Die storte by Millwood hut is warm en die huis ruim – ook met twee dakvertrekke. (Jendelene skryf oor Stapdag 3: Rustige stap deur die rivier met toue omtrent so 09:00. Styl opdraende tot bo by Outeniqua trail bordjie. Heerlike windstil dag. Omtrent 12km merk op n groot boom wat omgeval het en die pad verper waar ons moet loop. Pad baie uitgespoel en moes maar ompad kry om te loop. 12:30 by Jubilee Creek vir lunch. Oulike apies wat almal se kos met honger oe sit en aankyk. Vanaf Jubilee Creek lekker klim tot bo, pragtige natuurskoon. By Mother Holly's Tea Garden rustig ontspan en lekker hamburgers geeet. Slaap daardie aand by Millwood Hut.) Vrydag 2 Mei (Stapdag 4) (Millwood – Rondebossie) (Helene) Ina se skoen gee vir haar baie pyn op die sening en sy, Elsabe en Jendelene kry vervoer na Diepwalle. Gerhard verlaat ook die groep om by Jendelene aan te sluit. Die pad loop effe opdraand, eers deur ou plantasie en dan inheemse bos met talle groot kalanders, sommige wat halfpad afgesaag is. Hier stap mens deur die Lelievleibos waar geen bosbou aktiwiteit nou meer mag plaasvind nie. Dan volg 'n opdraand en daarna 'n paar klein leertjies (wat nie aan iets vasgemaak is nie). Hierna volg die Knysnarivier wat baie sterk en diep vloei – die meeste van ons dames word tot by die middellyf nat ten spyte van die twee kabels. Ons sien 'n klein boomslamg en ook 'n klein bruin slangetjie. Almal stem saam: hierdie is die mooiste deel van die roete veral by die teebreuk langs die rivier waar die skuim pragtige patrone maak. 'n Laang effense opdraand volg. Ansolette en Fransie sien 'n vars luiperdspoor en skrik hul boeglam. By Rondebossie hut is ook 'n gesin wat in die omgewing boer en ook tot by Diepwalle stap vanuit die Millwood omgewing. Daar is onder andere vier kinders onder omtrent 11 jaar oud. Die boer noem vir ons van die diere wat daar voorkom: luiperd, rooikat, wilde vark, bosbok, duiker, ratel, klein grys- en kommetjiesgatmuishond, otter en ystervark. (Jendelene skryf oor Stapdag 4: Het nie gestap saam met groep nie, het saam met Elzabe en Ina die groep verlaat en saamry geleentheid gekry saam met Christopher tot by Diepwalle. Het saam met Ina n 8km stap op die Elephant walk gedoen baie mooi en net die woud se geluide. Paar plekkies moes ons maar mooi getrap het, lekker glad en modderig. Het na ons terug gekom het, het ek bietjie deur die museum gestap, baie interresant gewees. Het later nog so lekker ontspan toe moes ons weer "trek". ’n Skoolgroep van 34 kinders het die hut geboek vir die aand. Ons 3 (Elzabe, Ina en ek) het toe in die self-catering huisie gebly, was ’n lekker upgrade van die hutte!) Saterdag 3 Mei (Stapdag 5) (Rondebossie – Diepwalle) (Laura) Laaste dag (12 km), die 5 dae het so gou omgegaan. Vir oulaas asem ons die vars lug diep in, spring-spring oor die eerste rivier, verby Suzy, ’n ou masjien gebruik vir die saag en sleep van hout en dan is ons by die begin van die opdraende teen Jonkersberg. Wie ook al die pad uitgelê het, het nog nooit van kontoere gehoor nie, ons swoeg en sweet, steun en kreun maar die opdraende hou net aan en aan. Ongeveer ‘n uur later as ons bo by die baken rus, kan jy in die verte Windmeulnek, waar ons die eerste aand geslaap het, sien en as jy omdraai sien jy The Heads by Knysna. Die laaste gedeelte van die roete ploeter ons weereens deur ‘n nat modderige paadjie, digte woud en bosloeries wat kortkort van hulle laat hoor maar nooit sigbaar is nie. Ons kies ‘n kortpad vir die heel laaste gedeelte maar heelaas weer ‘n stywe opdraende en dan is ons by Diepwalle! Dis nie ‘n roete om ligtelik aan te pak nie maar o, so die moeite werd! Ons sien vir Charlie en Fransie af op hulle ysterperde, Ina se mense kom haal haar vir ‘n bietjie bederf terwyl die res van ons dit baie geniet om sonder ‘n swaar rugsak net te ontspan. Sondag 4 Mei (Diepwalle – Stilbaai) (Laura) Toe ons Sondagoggend wegry by Diepwalle sluk ek swaar aan ‘n knop in my keel, sekere dinge moet ‘n mens aanvaar, ek sal nie weer die Outeniqua stap kan doen nie maar ten minste is daar baie herinneringe aan gesellige saam verkeer. Na ‘n heerlike braai Saterdagaand, danksy Corne en Maureen, is ons groep in die kombi reg vir Stilbaai. Corne se groep is reeds oppad huistoe toe ons ry. By Stilbaai se afdraai moet ek totsiens sê vir Ansolette en nog ‘n knop in my keel afsluk! Teen die tyd wat ons in Stilbaai kom is ons almal lus vir vis, maar dis Sondagmiddag op Stilbaai, buite vakansie tyd en alles is toe. Gelukkig is daar ‘n braai plek binne-in die huis en vat dit nie lank voor ons met ‘n ietsie in die hand voor die vuur kan ontspan nie, ons slaap vas soos net stappers, wat 5 dae gestap het, kan slaap. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 39 / 48 Maandag 5 Mei (Stilbaai) (Laura) Maandagoggend is bewolk en die wind waai, net die dapperes gaan stap langs die see. Ons gaan koop voorraad en kort voor lank staan Quintin voor die gasbraaier; spek, eiers, sampioene en uie, hy weet net hoe om ‘n midbyt (brunch) voor te berei. Ons kyk hoe die muise en voëls hulle dik vreet aan die uitgekrapte pap, drink wyn en doen baie niks, dis mos vakansie en dis lekker op Stilbaai. Dinsdag 6 Mei (Stilbaai) (Helene) Nico laai ons af by die beginpunt van die 11km na Jongensfontein. Hy gaan doen sy besigheid. Ons stap by mooi inheemse plante verby. Daar is ook viskuipe wat steeds bedryf word met lisensies. Die tegniek is geleer by die Khoi afstammelinge. Met springgety hoogwater stoot die water op en vis word daarin vasgevang. Dan volg 'n lang ry baie luukse grasdak huise al op die rif langs die see. 'n Mooi omgewing. Ons moet wikkel om by Ina te hou. In die mooi netjiese dorpie Jongensfontein laai Nico ons weer op en ons eet roomys. Die weer is heerlik. Na 'n draai by winkels om kosvoorrade aan te vul eet en rus ons. Quintin en Susan het ons die aand bederf met liplekker potjiekos en potbrood. Woensdag 7 Mei (Stilbaai) (Helene) Nico laai ons by die hawe af en ons stap langs die Goukourivier se wesoewer op. Die argitektuur van die huisies is 'n pragtige mengsel van tradisioneel en eietyds. Die oudste huis op die dorp Riveriena is ook hier geleë. Die name is ook baie vindingryk en gepas vir 'n kusdorp. Die hele dorp se plante word gerehabiliteer en die omgewing se plante pryk oral soos byvoorbeeld die Stilbaai protea. 'n Kano vaar verby en eende duik-duik in die water. Ons stap na die inligtingsentrum waar daar ook 'n oudhede asook skulp museum is en omvangryke uitstallings van die argeologie van die omgewing. Daar word ook palings gevoer. Die vroulike palings woon in die fontein op die werf en word omtrent 15 jaar oud. Met geslagsrypheid beweeg hulle af met die stroom en op langs die ooskus van Afrika waar hulle eiers lê en sterf. Ons gaan stem by die gemeenskapssentrum (ons mag net nasionaal stem). Ten spyte van die lieflike warm weer waag net Ina en Helene dit in die see. Die middag span Nico sy vrywillige arbeid in om te help met instandhouding van Oppidyn. Die aand eet ons uit: vis en "chips", net om die draai, seelangs. Donderdag, 8 Mei (Stilbaai – Nieuw Bethesda) (Ina) Met 'n bos fynbosblomme stewig staangemaak voor in Nico se kombi vertrek ons 08:30 "renonserig" van Oppidyn in Stilbaai terug na die harde werklikheid, maar gelukkig is daar nog twee nagte en 'n volle dag in Nieuw Bethesda voor. Ons volg 'n agterpad via Droëvlakte na die N2. Is die baie dooie dennebome die gevolg van aardverwarming of 'n onoordeelkundige besluit? Kort na ons op die N2 kom, hou ons stil by 'n aalwynwinkel en koop pamperlanggoed vir lywe wat binnekort in die stadslewe daarna gaan smag. Die aalwyne by die plek blom met oorgawe, en soveel pragtige groot botterkleurige vlinders het ek glad nie so naby aan 'n besige hoofpad verwag nie. By Mosselbaai draai ons weg om via die pragtige berglandskap van die Robinsonpas na Oudtshoorn te ry, en vandaar na De Rust waar daar maar min mense op straat is en 'n pastei 'n fortuin kos. Langs 'n uitloper van die Groot Swartberge volg ons die pad oor 'n Olifantsrivier (nou weet ons van drie riviere met hierdie naam) en die wêreld word droër, al word die berge nie minder aanskoulik nie. Baviaanskloof se berge rys op regs net voor Willowmore, maar dis 'n trip vir 'n ander dag, want dit raak al laat, en Aberdeen en GraaffReinet en Nieuw Bethesda se Karoo Lamb-aandete lê nog ver! As ons uiteindelik by Outsiders B&B afpak, verwelkom die stoepkatte ons en die beddens roep uit: Kom strek jou knus uit onder my donskombers! Ook maar goed vir so 'n lekker vooruitsig, want die karige porsie wildspastei wat ons vir aandete kry het sommige warm onder die kraag. Die nag is doodstil en pikdonker, en die sterre is skelhelder. Vrydag, 9 Mei (dag op Nieuw Bethesda) (Ina) Dis koud as ek die volgende oggend 07:00 neus by die deur uitsteek waar die stoepkatte om aandag vry. 'n Vyfjarige dogtertjie met pienk mussie, rokkie en stewels (Isobella) neem haar Princess (Jack Russell, met drie stringe krale plus 'n leiband om die nek) om te "gallivant". Ek sou later leer dat haar kunstenaarma (Melinda) die eienaar van the Melting Pot is, waar ek teen 10:00 kaneelpannekoek met kwepertameletjie en tee voor 'n knetterende kaggelvuur geniet. Die dorpenaars is op pad werk toe, maar rustig. Glad nie naastenby die gemaal van taxi's en strome mense op die hoek van Vermeulen- en Van der Waltstraat wat ek ken nie. Ons loop die dorp plat – die brouery, hangbrug oor die Gatsrivier, kunswinkels, boekwinkel, die Uilhuis en Helen Martins Museum, Fossielsentrum en rivierbedding vir 'n les in uitken van fossielreste. ("Do you know where to go? No? You go everywhere. Just knock and go in." En ons het.) Ons ry weer saam Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 40 / 48 met Jakob van Staden wat die "manne" (donkies Vellies en Karolus) aanpor om mekaar te help en die swepie net liggies agter hulle klap. Hy stop vir ons by die begraafplaas en ons vind gou Helen Martins se eenvoudige graffie met die groot uil as kopstuk. (Helene skryf: By die “Bethesda Arts Centre” is ‘n gemeenskapsprojek wat alle vorme van kuns behels asook teater. Op die perseel word kunsklasse gegee en een kunstenaar was besig om laslappiepatrone uit te lê en ’n ander ’n beeldhouwerk. Daar is ’n hele kamer vol baie professionele, kunstige etswerke te koop en in ’n ander kamer is pragtige muurgrote lapskilderye (met laslappe gemaak), elk met ’n unieke omgewings-verwante storie.) Laatmiddag ry ons na Antie Eveline se huisie aan die kant van die township vir aandete. Die koolstofie in die eetvertrek gesels diep dinge, en ons maak ons tuis om twee tafels. Die ete bestaan uit 'n voorgang (varsgebakte koringbrood, dik gortsop en vleispasteitjies), hoofgang (pampoen, spinasie, gebakte aartappels, skaapbredie, koolslaai en mengelslaai) en nagereg (asynpoeding en vla) en koffie, en dit word afgesluit met koorsang deur vier dogtertjies met "Die Here sal sy mantel om jou gooi" (of iets in dier voege), terwyl hulle ritmies beweeg en hande klap. Dis duidelik dat hierdie huis en sy mense 'n groot hart het. Arm kinders van die township kry daagliks een ete uit die sopkombuis, en daarmee saam 'n lewenslessie. Ons voel nederig. Saterdag, 10 Mei (terugtog) (Ina) Vir oulaas eet ons Susan se heerlike beskuit saam met ons beker koffie voor ons 06:00 van Outsiders vertrek. Die skrif is aan die muur. Gauteng, hier kom ons. Gelukkig het ons wonderlike herinneringe en pragtige foto's om jou te besweer. [Baie hartlik dankie aan almal wat sy deel gedoen het om die trip 'n plesier te maak. Baie dankie vir al die reëlings vooraf. Baie dankie vir die bestuurders van die voertuie. Baie dankie vir al die bydraes tot die verslag. Mooi loop tot wederom. / deur Ina Stahmer / Boesman weervoorspelling. Dit is April en die Boesmans in die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof "Spaarwater Kruiper" of dit hierdie winter matig of koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kan hy nie voorspel hoe die winter gaan wees nie. Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy verklaar dat dit 'n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding. Hy is egter 'n praktiese man en na 'n paar dae kry hy 'n plan. Hy stap na 'n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra, "Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?" "Ja dit lyk so." bevestig die een wat geantwoord het. Hy gaan terug na die stam en gee instruksie dat hulle nog meer hout bymekaar moet maak. 'n Week later skakel hy weer die weerburo. "Lyk dit nog steeds na 'n baie koue winter?" vra hy "Ja, dit gaan baie koud wees." Kom die antwoord. Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle kan vind, op te tel. Na twee weke skakel hy weer. "Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?" vra hy "Absoluut" kom die antwoord, "dit lyk al hoe meer of dit een van die koudste winters ooit gaan wees." "Wat maak julle so seker?" "Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak woes hout bymekaar, en hulle is nooit verkeerd nie. / ingestuur deur Wilma Du Plooy 29 Augustus 2014 / Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 41 / 48 Richtersveld Toer : 29 Augustus 2014 29 Aug 2014 Kom in Port Nolloth aan wat in 1855 aangelê is vir uitvoer produkte. Daar is net ‘n paar visserbote omdat daar nie meer veel vis is nie. Diamante word steeds deur bote in die see ontgin. Dit is nog vroeg en ons verken eers die dorpie hoewel dit koud is en die wind waai!!!! Later die middag meld ons by Johan en Magda de Waal van die Richtersveld Toere aan. Dis die ene bedrywigheid om alles reg te kry vir die volgende dag. Ontmoed vir Reinhard en Maria Kramer van Duitsland ons mede toeriste. Na ‘n geselsie oor die toer is ons baie opgewonde. Elkeen kry ‘n keps – buff – en waterbottel. Johan se 13 jarige seun Boela is sy pa se assistant en fotograaf vir die toer 30 Aug 2014 Alles is gelaai – na ‘n kort geologiese lesing en ‘n groep foto vertrek ons 9h10. Die wind waai erg en dit is vrek koud so die inligtings uitstappie in en om Port Nolloth is nie juis ‘n sukses nie. Ons vat die grondpad na Alexanderbaai!!! Erens oppad ry ons verby die Boegoeberg - nou is ons in ‘n stofstorm en kan feitlik niks sien nie alles is vaag. Stop by ‘n Fontein in die Woestyn langs die pad, ons klim uit en neem fotos. Alexanderbaai ry tot by die see ‘n ent weg van waar die Oranjerivier in die see uitmond. Weens die koue en die storm sterk wind kan Johan nie ons brunch buite bedien nie en eet ons sommer in die voertuig aan die lekker kos wat Magda voorberei het. Langs die pad stop Johan by die vullishope wat deur die Strandlopers wat daar gebly het agtergelaat is. Daar is baie seekos skulpe en ander goed. Sien ‘n ou geboutjie wat lank terug die kluis was waarin diamante toegesluit was. Langs die pad stop ons by ‘n groot plant – die blare is vol groen sap – dit word Soutslaai genoem. Johan was sy hande daarmee dit is glo baie goed. Beauvallon sien ons bokke en volstruise Waar die pad split na Kuboes – Sendelingsdrift (dit is tussen die Ploegberg – Van der Sterrberg) - draai af na Kuboes ‘n grooterige Nama nedersetting – ons koop koeldrank by die kafee – die mense is glad nie vriendelik nie soos ons ook verder sal ondervind – Ons oornag in 3x chalets by die Annisrivier – pragtige huisies – so tussen die berge - maar dit is nie baie netjies nie. Johan is baie ongelukkig. Magda en ek was in ons opvou skotteltjies want die stort is sonder water. Ons gaan stap – sien mooi blomme en ‘n pragtige sonsondergang. En die wind waai. Eet die aand braaivleis en slaai – kan nie buite kuier nie. 31 Aug 2014 – Eet beskuit en koffie – die sleepwa het ‘n papwiel wat eers reggemaak moet word. Vertrek 9h00 – die pad is maar sleg – Anniasrivier – die berge is baie mooi – Sendelingsdrift – Johan moet by die park se hek inboek – sien hoe 2x voertuie met die pont oor die rivier geneem word na Namibie - ons eet die heerlikste brunch – gedekte tafel onder die bome die lot. Weens die slegte weer besluit Johan om liewer die aand by Potjiespram te kamp – dit is meer beskerm teen wind – daar is baie Doloriet in die berge – stap rond en neem fotos - oppad loop ons vir Maria en Job (Namas) raak wat van die rivier afkom waar hulle bokke water gedrink het, is baie arm en stap baie ver. ‘n ent verder – en daar sien ons die Oranjerivier. Ry teen ‘n steil afdraand af en stap na die rivier wat soos ‘n slang kronkel – by die kamp aangekom gaan stap ons vier af na die rivier terwyl Johan en Boela kamp opslaan. Reinhard stap tot knie diep in die rivier – die kamera was reg as hy in die water val – maar niks gebeur nie – ons sit heerlik en kuier by die rivier wat pragtig groen is. Boela het ons tente baie spesiaal gemaak – mooi opgevoude skoon handoeke – matjie en ‘n lekkergoed. Dit is elke aand gedoen. Spoeltoilette en lekker koue stort. Mooi sonsondergang fotos. 01 Sept 2014 9h10 – Vertrek na die Halfmenspas – die halfmens plante is uitsonderlik – daar is ook baie ander plante en blomme op die koppie – Penkoppas – Akkedispas – Pylkopberge – draai af na Koerdegappas en Koedegap Plains – om in die pas te ry is ‘scary’ Johan maak vir ons brunch op die top van die pas – gedekte tafel – die uitsig is awesome daar is pragtige blomme en plante – Ons wil nie in die voertuig teen die pas afry nie – en stap die pas af tot onder by die rivier en wag vir die voertuig. Ry verby waar die Hakkiesdoring staproete begin. Rosyntjieberg - stop by ‘n grot (sonder naam) Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 42 / 48 Gannakorieprivier – Dan die Tattasberg – het so ‘n spitskoppie – stop by ‘n uitkykpunt – Secret Valley – dit is ‘n ongelooflike uitsig – massiewe soliede rotse – ‘n poeletjie water in een van die rotse bevat Fairy Shrimps – ry na die anderkant van die berg – pragtige uitsig oor die Springbok Vlakte – daar is ‘n memorial plaatjie en foto van ‘n vrou se as wat daar gestrooi is – kom aan by die Kokerboomkloof kamp waar ons oornag – baie Kokerbome en groot rotse. Dit is bietjie warmer die aand. 02 Sept 2014 – Na koffie en beskuit gaan stap ons 9h00 om die rots formasies en plante te bekyk. Ons klim so 800m teen die Tattasberg op. Baie snaakse klip formasies – mushroom – screaming skull – Queen Victoria – chicken bone – ons is 11h00 terug aangesien vanaand se kamp is nie baie ver nie, eet ons eers brunch – Vertrek 12h15 - ry deur die Springbok vlakte draai af na Grasdrift – ou huis by die Oranjerivier – mooi rotse verweer deur die water – daar is ook fosiele in die rotse. Net oorkant die rivier is die grootste druiwe plaas in Namibie. 2x kanoes kom aan geroei op die rivier- die huis se mure is vol graffiti – (ry om die Tatasberg) terug oor die Springbok vlakte – die voertuig kry ‘n pap wiel – ons stap rond en bekyk alles – Maerpoortpas (Rooiberg) stop op die pas en neem pragtige fotos. Ry vir ‘n langtyd in die Kookrivier loop ( Kookrivier Gorge )– dit is mooi maar scary daar is by party plekke water en dit is maar gly – gly. Ons is by De Hoop oulike kamp teen die Oranjerivier – die water is vrek koud – die mans swem - dit is ons laaste aand in die Richtersveld Park – Magda – ek en Reinhard kuier tot laat. 03 Sept 2014 – besigtig eers die Nama grafte bo-op die koppie ( dit is net klippe wat gepak is ) sien ook die huis se vloer van Avenant gesin – vertrek 9h00 weer terug deur die Kookrivier loop (Kookrivier Gorge) Stop by ‘n oeroue boom met groot wortels (Sherperds Tree) net jammer mense het hulle name uitgekrap tot so ver terug as 1957 – ry die Akkedispas van die anderkant af op. Kry weer ‘n heerlike brunch bo-op die pas by die “Rock Café” ‘n motorfietsryer stop by ons – Johan is baie onsteld want geen motorfietse word in die park toegelaat nie. Daarna besoek ons “The Hand of God” Halfmenspas – Stop by Sendelingsdrift – die motorfietsryer het pad gegee uit die park. Vyf sustersberge - Jakkalsberg Ry na Alexanderbaai – alles lyk nogal anders want nou is daar nie ‘n sandstorm nie. Stap rond in Cornellskop – groot Kokerbome – kyk na die “Very rare parasite plant” amper ‘n kort swart stuk stompie – diep sinkgate – wondergat - baie mooi plante – Grootderm – sien weer waar die Oranjerivier in die see uitmond – dit is baie koud en die wind waai wanneer ons na die geel “Lichens Forest” (4km x 5 km) daar is baie besondere plantjies maar Magda en ek vlug na die voertuig te koud. Terug na Port Nolloth. Ons eet die aand heerlike gebraaide vars vis. Kuier almal saam Magda de Waal sing vir ons een van haar liedjies. Slaap oor. 04 Sept 2014 Na koffie & beskuit – oor en weer gegroet vat ons 8h50 die pad verder. ‘n Mens is half hartseer - dit was so ‘n wonderlike bederf toer en elke sent werd. Wat dit baie lekker gemaak het, ons was net 4 toeriste – ons het baie persoonlike aandag gekry Richtersveld Toere – Johan de Waal – gaan kyk gerus op Internet / Deur Wilna Horn, 2014/09 / Visrivier, Namibië 15 – 22 Julie 2014 . Twaalf van ons was baie opgewonde en miskien ’n bietjie bang om die GROOT VIS aan te pak. Dit is ver om te ry en in jou agterkop is die angs dat jy dalk iets vergeet het, of jou rugsak te swaar gepak het, of dit gaan koud wees en jy gaan verkluim, of ... Die reis heen en terug was voorspoedig. Behalwe Louis en Petro wat ’n ander draai gery het, het ons ander in Upington by Werda Gastehuis oornag. Die pad was deurgaans goed, sonder slaggate. Woensdag (16de) is die voertuie na Ai-Ais geneem en die bestuurders is met die bussie na die beginpunt gebring. Ons ander het solank die 600 m in die kloof afgedaal – so gly-gly. Dit het ons so drie ure geneem, maar ons wou nie op die eerste dag al beserings opdoen nie. Ja, die Vis het so floutjies geloop en die water was nie te troebel nie. Net die laaste twee dae was die Vis tot stilstand geruk. Daar was egter volop groot watergate – steeds drinkbaar. Ons het dit maar met druppels en pille en Game gedokter. Die palmbome is nog daar, maar die verspoelings het die warmbron se dammetjie weggevat. Die water is egter warm en VROT, so ons het dit nie benut nie. En ja die bromponie is in sebrakleure geverf. Soos ons gevorder het, het ons agtergekom dat Elize haar linker beenspier beseer het. Sy het moeilik beweeg en ons kon een aand nie op die beplande plek slaap nie. Ons was so net meer as 3 km kort. Noodplanne is beraam en daar is besluit om in drie groepe te verdeel. Georg en Johan en Elize sou aansukkel tot by die driffie. Richardt en Anton sou spoed opsit en die 35 km in een dag doen en hulp by A-A kry om die drie te kom haal en ons ander sewe sou ons normale pas stap en klaarmaak. Die twee jongmanne het gewikkel en die drie is met Georg se 4X4 en ’n bakkie van die Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 43 / 48 parkeraad gehaal. Gelukkig dat daar ’n toevoerroete na die driffie is. Ongelukkig dat die watertenk in die onlangse vloed weggespoel het en dat die parkeraad besluit het om nie vars water te voorsien terwyl die Vis nog vloei nie. Die weer het pragtig saamgespeel, nie te warm nie en nie te koud nie. Vir ons wat die Vis al gestap het, was dit weer eens ’n aangename belewenis en ek glo vir dié wat dit die eerste keer gedoen het was die ervaring iets om te onthou. Baie, baie dankie aan Georg wat baie moeite met die reëlings gedoen het en baie dankie aan almal wat dit vir ons aangenaam gemaak het. Wilna, Magda en Anton het sommer lekker by ons groep ingeskakel. Baie dankie ook aan jul bydrae. O, ja, die Vis kan wel met ’n “loopraam” gestap word! In die groep voor ons was selfs iemand wat kaalvoet gestap het! Vir interessantheid die volgende statistiek: Ouderdomme Mans X 7 Dames X 5 Totaal in jare 375 283 Gemiddeld 53.5 56.6 Gemiddeld 28-60 114 / 3 = 38 153 / 3 = 51 Gemiddeld bo 60 261 / 4 = 65.25 130 / 2 = 65 Gemiddeld totaal 658 / 12 = 54.8 (Georg, Chris, Richardt, Johan vd M, Hennie B, Elize, Louis en Petro, Helen, Magda en seun, Anton (van Aswegen) en Wilna Horn). / Uit Viva se Augustus 2014 nuusbrief deur Chris Leipoldt / Requesting your help with Citizen Science at the Animal Demography Unit Hier is julle kans! Onthou julle nog ons praatjie deur Renier Balt oor Burgerwetenskaplikes? Al die inligting en hulp is hieronder. Die registrasie is maklik en jy kry binne 2 dae jou ADU nommer. Log net in op http://www.adu.org.za/ en dan op die http://vmus.adu.org.za/ en volg die aanwysings. "We at the Animal Demography Unit are a conservation organisation with the goal of promoting an appreciation of nature and biodiversity in South Africa as well as the rest of Africa. Our purpose is to provide a platform for all South Africans, and people from other African countries, to contribute to conservation projects (Citizen Science Projects) by taking photographs of animals and plants in the wild and submitting them to our Virtual Museum (http://vmus.adu.org.za/). These records help us to understand the distributions of species, how they are impacted by humans, and what actions are needed to protect them. We have produced some of the most important publications for the conservation of birds, frogs, butterflies and other animals in the country. Our portfolio of projects is growing (see the project logo banner below), and we would like to extend the reach of these projects to as many people as possible. One of the ways we would like to promote our projects is through the conservation and tourism industry. Our natural heritage is one of our most important assets for tourism. We would like to ask if you would be willing to forward this email to your network of contacts to ask if they would be interested in learning more about us and contributing to our projects. Or you could print out the poster (see attachment) and put it up in your office or on a noticeboard. If you would like to become involved that would be fantastic! Here is an easy to follow slideshow that shows you step-by-step how to register with the ADU and start uploading photos to our Virtual Museum: http://www.slideshare.net/meganloftieeaton/how-tosubmit-records-to-the-animal-demography-units-virtual-museums-28710898 You can also visit the ADU website, http://www.adu.org.za/, https://www.facebook.com/animal.demography.unit and have a look at the http://vmus.adu.org.za/ or Facebook Virtual Museum We look forward to hearing from you. Kind regards, Megan Loftie-Eaton LepiMAP Project Coordinator (Butterfly & Moth Mapping Project)" Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 44 / 48 Page website at at Algemene kontak inligting. Sommige inligting op van die webtuistes is sekerlik nie meer op datum en akuraat nie, maar dit gee altyd rigting al tel jy net 'n roete se naam op. Hierdie lys kan uiteraard ook nooit 100% volledig wees nie. Webtuistes word ook maar soms toegemaak of net agtergelaat en nie meer instandgehou nie. Laat weet asb as jy van intresante webtuistes weet wat wel stapverwant is of skakels wat nie meer aktief is nie. Staproetes / Stapgeleenthede / Roete-inligting: Mount komati Machadodorp [email protected] www.mountkomati.co.za 082 950 2417( Pieta Wessels) www.mtoecotourism.co.za www.mtoecotourism.co.za/tsitsikama.htm www.capenature.co.za/ www.ezemvelo.co.za www.kznwildlife.com/ www.sanparks.co.za/ Moreletakloof [email protected] ; Jeannie du Plessis ;082 927 4673 Vriende van Faerie Glen Natuurresertvaat (VFGNR); www.fgnr.co.za; F:faerie.glen.nature.reserve E:[email protected] Jaco: 071 140 4412; Louise: 072 275 0614 www.strandlopertrails.org.za /www.donkeytrail.com/ www.wagnbietjie.net/ (By Vaalrivier) www.wagnbietjie.com/ (Bela-Bela) www.sunshinecoasttourism.co.za/hiking.htm http://tablemountainhikes.wordpress.com/tag/south-africa (Tafelberg-stappe) www.campingandhiking.co.za/jl2/index.php/about-us www.linx.co.za/trails www.birding.co.za/ www.TheGreyRhebokHikingTrail.com www.portelizabethforever.co.za/hiking.html www.gansbaaiinfo.com/experiences/hiking.html (Stappe in die Gansbaai area) http://plak.co.za/search.php www.sahikes.co.za www.active-escapes.co.za/activity/hiking/hikes.html South African National Biodiversity Institute(SA se botaniese tuine): www.sanbi.org North West Parks (Soos Pilansberg/Borakalalo/Kgaswane Mountain Reserve): www.parksnorthwest.co.za www.dolphintrail.co.za/ www.suikerboschfontein.co.za/ www.kemptalk.com/hikingtrails.htm www.hikinginfo.co.za/ http://greathikes.blogspot.com www.mountainbackpackers.co.za/ www.parkrun.co.za (As jy hier registreer kan jy bv meeste Saterdae GRATIS by o.a. Die Monument stap/hardhoop www.slingsbymaps.com As jy kaarte soek, moet die webtuiste besoek. Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 45 / 48 Ander: Prof Rolf Becker ([email protected]) en Alma Moller ([email protected]) wat ons nou so mooi ingelig het oor die Euphorbias vra groot asb. dat wanneer julle stap, julle ASB vir hulle foto's en waar moontlik GPS oordinate(of ten minste net so goed moontlik die naaste ligging) van enige Euphorbias(of wat julle dalk dink Euphorbias is), vir hulle aanstuur. Kom ons verras hulle en ontdek iets wat daai 2 nog nie weet nie(dis dalk moontlik want Euphorbias kan selfs wegkruip...). As jy wonder of dit 'n Euphorbia is,kyk,hy sal gevaarlike melksap he en het 'n versameling van klein blommetjies Kloofendal Nature Reserve www.kloofendalfriends.org.za Vriende van Kloofendal in Roodepoort? Het gereeld stapies en dinge wat hulle doen. Besoek gerus hulle webtuiste vir 'n dag uit. Kontak Karin Spottiswoode 079-693-5608, Galena Avenue, Kloofendal, Roodepoort, Gauteng NOTAS: Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 46 / 48 VOETSLAANKLUBS... Klubs in die groter Pretoria omgewing: Klipspringers Voorstitter : Laura Nel, (013 697 4946h /082 562 9832) [email protected] Viva Voetslaanklub Voorsitter : Joe Marais,012 653 7740 / 083 741 6058 en e-pos [email protected] Ndaba Voetslaanklub: www.ndabavoetslaanklub.co.za / www.facebook.com/NdabaHiking Voorsitter : Andries Oosthuizen; 082 926 9657 / 012 664 2168 ;E-pos: [email protected] ; Nomades Voetslaanklub: Voorsitster : Wilna Moolman, Ons Klub: www.nomades.co.za 082 804 2830; E-Pos: [email protected] Annanien Pretorius; 012 998 9389(H) 012 460 9910(W); [email protected] Radio Voetslaanklub: www.radio-voetslaanklub.co.za Hans Erasmus; 012 345 4441; 072 250 9941 Pretoria Dapper Stappers: www.pdsk.co.za Bergklub van SA. Magalies streek: http://mag.mcsa.org.za Spore Voetslaanklub: Parakletos www.spore.co.za [email protected] [email protected] [email protected] https://www.facebook.com/parakletoshikingclub 0844255500 / 0735421823 www.meetup.com/Pretoria-Hiking-Club/ Ander Stapklubs www.footprint.co.za (meer in die Johannesburg area) www.boksburghiking.co.za/ www.eastrandhikingclub.co.za/ www.floridahiking.co.za/ Johannesburg hiking club : http://jhbhiking.co.za/main/ www.facebook.com/JohannesburgHikingClub Johannesburg Section of the Mountain Club of South Africa http://mcsajohannesburg.org/ Gantouw Voetslaan Klub (Kaap) www.gantouwhiking.co.za Stellenbosch Voetslaanklub : http://stb-voetslaan.co.za ; [email protected] ; Kosie Smit ; 073 537 8809 Klein Karoo Voetslaanklub: www.kleinkaroohiking.org.za www.berg-en-dalvoetslaanklub.co.za/ (George area) www.durbanramblers.co.za http://voetsachikingclub.co.za/ (Port-Elizabeth area) http://www.gohiking.co.za/ [email protected] (Midlands hiking club - Pietermaritzburg) http://www.tirmanmak.co.za/ (Kaapse omgewing) http://www.ramblers.org.za/ (The Peninsula Ramblers Hiking Club is based in Cape Town) http://www.trailsclub.co.za/ (Kaapstad omgewing) http://www.meridian.org.za/ (Kaapstad omgewing) http://kosmoshikingclub.yolasite.com/#! http://www.cumhike.co.za/index.asp (Cape Union Mart Hiking Club, Kaapse omgewing) Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 47 / 48 Magalies Hiking Magalies Voetslaan Posbus 945, IFAFI, 0260 ABSA, Rekening Nr : 2890 186 095 www.magalieshiking.co.za Aansoekvorm Voltooi asb. en Fax na: 086 535 2391 (Aandag - Wilma) [email protected] of handig in by ‘n Magaliesaand. Tel 079 872 4794 Datum: Ledegeld per persoon: Ledegeld kan by ‘n Magaliesaand betaal word, of betaal direk in ons ABSA-rekening. Faks asb. die inbetaalstrokie of handig dit in by ‘n Magaliesaand. R70.00 Naam Van Posadres Tel. Nr. (H) Tel. (W) Selnommer Faks. E-pos Klubnaam Handtekening: ________________________ Die Voetnota. November 2014. Magalies Voetslaan. Bladsy 48 / 48