Laerskool Thabazimbi beloon uitblinkers
Transcription
Laerskool Thabazimbi beloon uitblinkers
P08 21 November 2014, PLATINUM BUSHVELDER, Tel: 081 309 3876 / 072 026 0414, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] Laerskool Thabazimbi beloon uitblinkers Thabazimbi – Die Laerskool Thabazimbi het op 10 en 11 November hul jaarlikse prysuitdelings gehou. By hierdie geleenthede ontvang die leerlinge erkenning vir hul harde werk van die afgelope jaar. Die kleinspan het hul toekennings by die grondslagfase-geleentheid op Maandag 10 November gekry terwyl die intermediêre- en seniorfases op 11 November vereer is. Die leerarea toekenning word gemaak aan die gr. 7-leerling met die hoogste JHPLGGHOGLQµQVSHVL¿HNHOHHUDUHD+LHULVYDQOLQNVYRRU-DQFR%OLJQDXW (Afrikaans, English - First Additional Language en wiskunde), Anthony Opperman (ekonomiese en bestuurswetenskap), Jo-Lize Butler (EBW, kuns en kultuur en lewensoriëntering) en Bianca Letole (Afrikaans First Additional Language); agter: Dominik Rijetkovic (tegnologie), Tjaart Pelser (sosiale wetenskappe) en Charlize van Niekerk (natuurwetenskap). Die Thaba-leerlinge van gr. 4 tot 7 wat ‘n gemiddeld van 85% behaal het, se name word op die ererol van die skool geplaas. Voor is Jani du Plessis, Jo-Lize Butler, Elize-Marie Coetzee, Anthony Opperman, Petrus Marais en Erich Wende; agter: Daneel Jacobs, Lara du Plessis, Charlize van Niekerk, Mine Lategan, Janco Blignaut, Diaan Coetzee en Ansu Barkhuizen. Leerlinge in die kultuurleerders in die intermediêre- en seniorfases wat kultuurtoekennings ontvang het, is, voor: Lieselotte Smit (kultuurtoekennings vir die musiekafdeling intermediêre fase); agter: Lize-Mari Rossouw (senior kultuurtoekenning vir die musiekafdeling), Gerdie du Plessis (senior kultuurtoekenning vir die drama-afdeling), Vihan Wentzel (kultuurtoekenning vir die drama-afdeling intermediêre fase) en Janco Blignaut (uitsonderlike prestasie in musiek). Miné Lategan is aangewys as die atleet én die hokkiespeelster van die jaar. André Lusse (gr. 7) en Tshiamo Dlamini (gr. 4) is het toekennings vir beste vordering ontvang. Dié toekenning word per graad gedoen. ‘n Leerling moet van die eerste tot die derde kwartaal minstens 10% op sy/haar gemiddeld vorder en geen ander akademiese toekenning kry nie. Janco Blignaut is die dux. Hy het ‘n gemiddeld van 91.1%. Leerlinge van gr. 4 tot 6 kom in aanmerking vir die toekenning vir die hoogste akademiese gemiddeld per graad. Die ontvangers is, van links, Emma Stow (gr. 5), Stiaan Joubert (gr. 6) en SJ. Van der Linde (gr. 4). Devoux Deysel is die krieketspeler van die jaar. Izandri Joubert is die kultuurleerling (grondslagfase) van die jaar. Tshiimiswa Nemavhola is die rugbyspeler van die jaar. Die netbalspeelster van die jaar is Danielle Janse van Rensburg. Ansu Barkhuizen en Jovan Barkenhuizen is vereer vir 7 jaar se getroue skoolbywoning. Carols by Candlelight for Setaria Kerssangaand by The Junction Setaria - The New Way Christian Church based in Thabazimbi is hosting yet another Carols by Candlelight event on Sunday 23 November 2014 in celebration of Jesus. The Carols by Candlelight event, which will be a free event to all attendees, will be hosted in Setaria for all of the surrounding communities. The event kicks off at 17:00 at Setaria Recreation Club, close to Northam Platinum. The following will take place: Artist - free to the public, Concert - promise to be brilliant!, Food and drink stalls, Christmas tree and free sweets for all kids and of course Carols and candles. “Your attendance will ensure a memorable evening, touching hearts and lives in the Setaria and surrounding communities. Please remember to invite your friends and family to this joyful event. Hope to see you there!” For any enquiries please contact Ilse Stander at 082 200 6179. Lephalale - Inwoners van Lephalale kan uitsien na ‘n heerlike gesinsaand op Vrydag 28 November wanneer daar van 18:00 af ‘n Kerssangaand by The Junction aangebied word. Toegang is gratis, maar skenkings vir KANSA kan by die hek gelaat word. Bring jou piekniekmandjie met eet- en drinkgoed, kombers/stoele en moenie die muskietweerder vergeet nie. Daar sal egter ook verversings te koop aangebied word. Kom vroeg vir hierdie feestelike gebeurtenis - die hekke open reeds 17:00. KANSA Lephalale se voorsitter, Marika van Zyl, het aan Platinum Bushvelder gesê hulle is bewus van ‘n geweldige aantal kankerpasiënte in Lephalale. Sy vra dat kankerlyers wat nog nie by KANSA ingeskakel het nie, haar bel by 082 824 6286 of ‘n epos stuur aan [email protected].