Zwarrie W`s 2/2015 - Hoërskool Zwartkop
Transcription
Zwarrie W`s 2/2015 - Hoërskool Zwartkop
Uit die hoof se pen ... Voeg jy waarde toe tot ander se lewens? Onlangs het ’n prediker ’n preek gebring met die tema: “Wees ‘n Meaning Maker”. By die deur het elke gemeentelid ‘n teksvers met ’n M&M daarop geplak, gekry. Ek kyk nou met heeltemal ander oë na M&M’s. In Genesis 12:2 gee God vir Abraham die opdrag om vir ander tot seën te wees. Ek dink dit is wat God van elkeen van ons, wat ’n verhouding met Hom het, verwag — om vir ander mense ’n seën te wees. Dit moet vir ander mense lekker wees om in jou geselskap te wees, jy moet waarde tot hul lewens toevoeg. Jy moet na hulle kan luister wanneer hulle ’n oor soek, jy moet hulle bemoedig wanneer die lewe hulle druk en dan moet jy ook vir hulle bid. Zwarries spog met 100% slaagsyfer en met top Wiskunde prestasie! Toe die uitslae van ons 2014 matriekgroep aan die begin van die jaar uitkom, was daar slegs een matrikulant wat slegs een persent in een vak gekort het om te slaag. Ons het onmiddelik aansoek gedoen vir ‘n hermerk. Die uitslag het gekom: Die kandidaat slaag met matrikulasievrysetlling, wat beteken dat die kandidaat universiteit toe kan gaan. Dit bring mee dat Hoërskool Zwartkop se matriekgroep van 2014 spog met ‘n 100% slaagsyfer en dat hulle sesde op die akademiese ranglys in Gauteng is. Ons is voorwaar trots op hulle. Die wiskunde department het dan ook die toekenning ontvang dat hulle onder die top 30 Afrikaanse skole op nasionale vlak is met hul wiskunde uitslae. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het tydens ’n seremoniële plegtigheid Afrikaanse skole vereer wat tydens die 2014-matriekeindeksamen uitstekend in Wiskunde gevaar het. “Wiskunde is een van die grootste uitdagings in ons huidige onderwysstelsel en ook die hekwag vir talle studierigtings en skaars beroepe. Ons weet dat dit baie harde werk verg om hierdie soort resultate te verkry en daarom verdien hierdie skole erkenning vir hul uitnemende prestasie en die onskatbare bydrae wat hulle tot hul leerders se skoolopleiding en hul toekoms maak” het een van die sprekers, dr. Danie Brink, gesê. Annette Lovemore, die Demokratiese Alliansie se skaduminister van onderwys, en prof. Gerrit Stols, voormalige wiskunde onderwyser by Hoërskool Zwartkop en tans Wiskundedosent aan die Universiteit van Pretoria, het ook as gassprekers by die geleentheid opgetree. Lovemore het gesê dat die regruk van SuidAfrika se onderwysstelsel sentraal staan tot elke ander probleem in Suid-Afrika. As ons verlede jaar se uitslae as maatstaf neem, sal slegs 11% van die een miljoen jong kinders wat elke jaar met hul skoolloopbaan begin, wiskunde in matriek slaag. Dit kan nie bloot net aanvaar word nie. Dit móét verander. Sy het beklemtoon dat onderwysers help om kinders vir ’n suksesvolle lewe voor te berei en dat hulle daarom ’n enorme verantwoordelikheid op hul skouers het. “Ek is bevoorreg om vandag in die geselskap te wees van mense wat die waarde van onderwys en die resep vir sukses verstaan. Solank ons mense soos julle in die onderwysstelsel het, is daar hoop vir elke kind wat vanjaar met sy of haar skoolloopbaan begin het”, het Lovemore gesê. Ons is trots op Mev Liza Smith en die Wiskunde-departement met hul mooi prestasie. Top akademiese presteerders 2014 Graad: 11 Van der Walt Van der Merwe Botha Idema Gräbe Van Staden Smalberger Pretorius Botha Esterhuizen Linda Marnu Simoné Albert Ruan Zelda Bianca Wian Jaco Renette 92.10 88.70 88.40 87.90 87.70 87.60 85.80 85.70 85.60 85.50 Elke Lise Wian Elisca Natasha Marlé Shavonne Du Toit Samantha Lara 90.20 89.90 89.60 89.60 89.50 89.30 89.20 89.20 89.00 88.60 Johannes Carla Reni Moné Sarel Christo Elizma Yanka-Marié Leané Zanler 94.60 93.80 92.90 91.80 90.90 89.60 88.30 88.30 88.10 87.70 Bruwer Coetzer Pretorius Venter Alta Jana Saroné Juandré 96.00 93.60 93.00 93.00 Nieuwoudt Buys Gräbe Laubscher Richardson Meyer Bianca Gert Drikus Bernice Michiel Henk 92.79 92.20 91.90 91.50 91.20 90.70 Graad: 10 Geerlings Bruwer Du Plooy Marais Nel Gräbe Doyle McLachlan Pretorius Krahtz Graad: 9 Conradie Meyer Hoffmann Collyer Bester Van Schalkwyk Joubert Serfontein Cerff Smit Graad: 8 Wiskunde Olimpiade Die volgende leerders is deur na die tweede rondte van die Wiskunde Olimpiade wat op 13 Mei 2015 plaasvind: Juniors: Johannes Broekman Alta Bruwer Seniors: Johannes Conradie Marnu van der Merwe Adriaan de Clerq Natasha Nel Eliska Marais Emily van der Merwe Patrick Wigget Big Brag 2014 Wat ‘n wonderlike belewenis as Zwarrie-huishoudings sommer van die Big Brag ‘n piekniek maak. Die Big Brag was soos elke jaar ‘n groot sukses. Die afwagting was groot en het die Zwarrie-huishoudings, oud-Zwarries en nuuskieriges in getalle opgeruk om die skouspel te sien. Die Zwarries het gepronk en het die geleentheid maar net weer bevestig waarom die Zwarries die skool met die beste gees is. Die foto’s spreek vanself. Hoërskool Zwartkop kraai koning by Interhoër-Atletiek Na ‘n uiters suksesvolle atletiekbyeenkoms by die LC de Villiers atletiekstadion, kon Hoërskool Zwartkop se spankapteine die trofee as wenskool omhoog hou. Die Zwarrie atlete het puik prestasies op die dag gelewer en dit het gou geblyk watter skool die voortou sou neem. Die top 10 seuns en dogters atlete gemeet op die ABSA tabel is as volg: Seuns: 1. Werner Visser 1200 diskusgooi en 994 gewigstoot 2. Brendan Killian 974 verspring 3. Stefan du Plessis 922 spiesgooi 4. Willie Nel 920 800m 5. Johan Burger 910 400m hekkies 6. Johny Vorster 906 800m 7. Albeto Maarman 904 verspring 8. Phillipe Coetzee 889 800m 9. James Myburgh 869 200m 10. Gerhard v Rooyen 865 100m hekkies Dogters: 1. Georgia Channon 952 diskus en 837 gewigstoot 2. Danielle du Plooy 914 gewigstoot 3. Marni de Vries 880 spiesgooi 4. Carla Venter 862 800m en 810 1500m 5. Amor Armstrong 858 hoogspring 6. Merene Kotze 853 hoogspring 7. Mone Schoeman 847 100m, 830 200m en 817 verspring 8. Chante Reynecke 837 100m 9. Natalies Niemand 822 spiesgooi 10. Lisha Joubert 806 Hoogspring Die volgende atlete het almal rekords verbeter: Werner Visser o17: 62,02m diskusgooi Georgia Shannon o14: 32,43m diskusgooi Stefan du Plessis o14: 51,00m spiesgooi Llewellyn Coleman o17: 3000m Werner Visser is aangewys as die beste veldatleet en die senior Victor Ludorum. Die atletiekorganiseerder, mnr. Willie Engelbrecht, is baie trots op die span se prestasies en sê ook dat dit net weereens ʼn teken is van goeie spanwerk en sportmanskap wat tot suksesse soos hierdie lei. Nie net het die atlete die skool tot oorwinning gelei nie, maar elke afrigter se harde werk en toewyding, asook die skouspelagtige vertoning en motivering van die toeskouers op die pawiljoen, was deel van die hierdie jaar se suksesverhaal. Ons Beheerliggaamvoorsitter het ook in ‘n skrywe sy emosies oor die interhoër weergegee. ‘n Verkorte weergawe daarvan volg hieronder: Geagte Dr Strydom Ek het die naweek nodig gehad om presies te kon neerpen wat deur my gedagtes gaan... Vrydag was die groot dag en ons het alreeds verlede jaar na die vorige interhoër begin werk hieraan. Die druk was op en die verwagtinge groot. My ervaring van Vrydag was eenvoudig ongelooflik. Die dissipline, voorbereiding en karakter wat vertoon is deur ons atlete, toeskouers en afrigters was foutloos. Ons het duidelik nie net gekom om deel te neem nie...maar om te wen! Baie geluk aan elke atleet wat so hard gewerk het om hierdie doelwit suksesvol deur te kon voer. Baie geluk ook aan elke afrigter wat vir sovee l oefensessies langs die baan gestaan het. Julle is skatte in ons wapenrusting. Baie geluk ook aan ons toeskouers wat hulleself weereens puik van hul taak gekwyt het. Julle is wonderlik en ek is so trots om met Zwarries te assosieer. Enige iemand kon sien dat daar baie ure se oefen en moeite ingegaan het. Elke personeellid wat betrokke was by die dag en gehelp het wil ek sê baie dankie. Élkeen van julle word baie deur die ouergemeenskap waardeer. Vir Juffrou Ilza Louw, wat tydens die byeenkoms beseer is, wil ek net sê, baie sterkte met die herstel proses. Baie dankie ook vir wat jy vir elke kind gedoen het wat oor die eindstreep gekom het. Jou liefde en omgee word raakgesien. Mag die wenresultaat nie in ons harte stagneer nie, maar soos ń broeikas werk om te groei in iets selfs beter. Ek is trots om ń Zwarrie te wees! Groete en seën. Bertus Myburgh Die atleet van die seisoen is sonder twyfel Werner Visser. Werner Visser is besig om sy naam te vestig onder die groot name in die atletiekwêreld. Hierdie diskusgooier spog vroeg in die jaar reeds met puik prestasies. Hy het gedurende ʼn Sentraal-Gauteng atletiekbyeenkoms in Januarie op die Ruimsigstadion die diskus oor ʼn afstand van 65,30m laat grond vat. Werner het hierna sonder veel inspanning die diskus gereeld oor die 62 meter gegooi. Sy verdienste op die ABSA punte-tabel is ʼn vol totaal van 1200 punte en hy was ook by die skool se Interhuis atletiekbyeenkoms as die beste senior seuns veldatleet aangewys met ʼn wenafstand van 63,62m. Werner is ook ʼn aanspraakmaker op ʼn medalje later vanjaar by die Wêreld Jeugkampioenskappe in Cali, Colombia. Die IAAF kwalifiserende standaard is 55m. Hou gerus vir Werner dop. Ons is seker hy gaan nog puik vertonings in Suid-Afrikaanse en wêreldatletiek lewer! Hy het by elke byeenkoms hierdie jaar die byeenkomsrekord verbeter. Onderstaande is ‘n verkorte uittreksel uit Beeld van Maandag 9 Maart 2015: Visser verbeter rekord van 1991 Suid-Afrika se voorste diskusgooier op 0/17 – 59.86m gestaan het, te verbeter. Potgieter het vlak, Werner Visser van Hoërskool Zwartkop, destyds vir die Hoërskool Waterkloof deelge- het op die NWU-Puk se jaarlikse interskole- neem. atletiekbyeenkoms in die Royal Bafokengstadion in Phokeng die vorige byeenkoms- Visser het ook in die gewigstoot koning rekord wat deur Frits Potgieter gehou is, gekraai. verbeter. gestoot. Dié kragman van Zwartkop is as die Hy het die ysterbal 17.99m ver senior Victor Ludorum vir sy vertonings Visser het met ʼn poging van 61.10m losgetrek aangewys. om Potgieter se rekord, wat sedert 1991 op Ons PUBS is impakspelers! As daar nou ‘n groep is wat ‘n verskil maak, dan is dit nou die PUBS. Ons dank hul in die besonder vir hul leeue-aandeel in ons atletiekoorwinning. Hulle is die manne wat vir ons die Zwarrie-trots versimboliseer. Hulle demonstreer leierskap daar waar dit saak maak. Ons kan maar oorlog toe gaan met hulle. Doen so voort, PUBS – ons hou julle dop. Van Naam AGENBAG Ruben ALLNER Brandon BOTES Alex BROODRYK Ivan COETZEE Attie CRONJE Zean-Burger DELPORT Ashän DREYER Lourens DU RAND Wian ERASMUS Jandré ERASMUS Tristan GROBLER Henku JACOBS Dylan JORDAAN Duàne KLEINHANS Konrad LABUSCHAGNE Ruben MEETS Armand MEISSNER-ROLOFF Konrad NIEZEN Tristan PEARLE Ignatius PRETORIUS Michael SMALL Robert STEYNBERG AJ VAN DER LITH Pieter VAN DER MERWE Marnu VAN GRAAN Gerrit WIGGETT Patrick Interhoërswem 2015 Swem by Hoërskool Zwartkop is vuurwarm! Die skool se swemspan het ‘n 3de plek uit 10 skole by die interhoër swem behaal. Die swemmer wat by die interhoer uitgestaan het is Talea Claassens. Sy is aangewys as die Victrix Ludorum vir die junior dogters. Sy het twee silwer medaljes verower en een goue medalje waar sy die rekord gebreek het. Die volgende swemmers het brons medaljes gewen: Leone Gouws - senior dogters 200m individuele medley aflos Kyle Sampson - ope seuns 100m vryslag Pierre de Klerk - ope seuns 50m rugslag Ruben Pieterse - o/14 seuns 50m vlinderslag Karin vd Westhuizen - ope dogters 50m vlinderslag Seuns o/14 - 4 x 50m medley aflos Rigardt Labuschagne Ruben Pieterse Milan du Randt Franco vd Merwe Die volgende swemmers het silwer medaljes gewen: Rigardt Labuschagne - o/14 seuns 50m rugslag Kyle Sampson - ope seuns 50m vlinderslag Ope seuns 4 x 50m medley aflos Pierre de Klerk Alex Botes Calin Claassens Kyle Sampson Seuns o/14 4 x 50m vryslag aflos Franco vd Merwe Milan du Randt Rigardt Labuschagne Ruben Pieterse Dogters o/17 4 x 50m vryslag aflos Tarien Zietsman Jancke van Heerden Lize Haupt Danelle van Dalen Seuns ope 4 x 50m vryslag aflos Pierre de Klerk Alex Botes Calin Claassens Kyle Sampson Die volgende swemmers het goue medaljes gewen: Leone Gouws - dogters o/16 100m vryslag en dogters o/16 50m vlinderslag Jurisa van Wyk - ope dogters 100m vryslag Ruben Pieterse - o/14 seuns 50m borsslag Xander van der Merwe - o/15 seuns 50m borsslag Seuns o/16 - 4 x 50m vryslag aflos Ruan van Achterbach Marinus de Fouw Brendan Rademeyer Michael Oosthuizen Perdry Die eerste interskole perdry is verby en kan ons ruiters met die onderstaande prestasies pronk: Rider name Brendan Van Rijn Level Level 1 Brendan Van Rijn Westhuizen Carmen van der Westhuizen Carmen van der Westhuizen Johané Daniel Showjumping 70cm - Level Macgyver Elimineer Ideal time 70cm jumping Macgyver Elimineer Equitation 70cm Level 2 Sultan's Pearl Elimineer Accumulator 80cm jumping Sultan's Pearl Geskraap Showjumping 80cm - Level Sultan's Pearl Geskraap Showjumping 70cm - Level South Central 26 Working Hunter 70cm - South Central 2 Equitation 70cm Level 2 South Central 3 Working Hunter 80cm - Light my fire 9 Equitation 90cm Level 4 Light my fire 5 Showjumping 1m - Level 4 Light my fire 12 Accumulator 1m jumping Light my fire 11 2 Level 2 Level 2 Level 2 2 Level Level 1 Johané Daniel Placing Level 1 Level 1 Johané Daniel Horse 1 Level 1 Carmen van der Item Level 1 Level 1 1 Marjean Groenewald Level 3 Marjean Groenewald Level Level 3 4 Marjean Groenewald Level 4 Marjean Groenewald Level 4 Michelle Johnson Level Level 4 Prix Caprilli - Level 1 1 Michelle Johnson Level 1 Sparkling Geskraap Mistletoe Working Riding - Level 1 Sparkling Mistletoe 17 Johané Daniel het aan haar eerste interskole perdrybyeenkoms deelgeneem. Op versoek het sy haar belewenis neergeskryf: Die naweek was my eerste interskole, as 'n perdruiter en 'n leerling van Hoërskool Zwartkop. Ek het baie gestres voor die tyd, ek bedoel, wat vat jy saam? Wat doen jy alles daar? Hoe werk dit? ensovoots, maar toe ek die saal en die Zwarrie-numnah op my perd se rug sit, toe was ek en hy reg om stof in almal se oë te skop! Ek het aan drie items deelgeneem: 70cm Working Hunter, 70cm Equitation en 70cm Competition Show-Jumping. Ek het 'n 2de plek behaal in Working hunter met 'n gemiddeld van 85%, 'n 3de plek in Equitation met 32/40 vir my rondte en ek het in die Show-jumping se jump-off 26ste geeindig, nadat ek per ongeluk vergeet het waar sprong nommer 9 was! Dit was 'n belewenis om al die ander Zwarries en hul perde raak te loop. Ek tel nou al die slapies af tot die volgende kompetisie op die 22ste Maart. Ek en my perd, South Central, gaan die keer vir goud gaan! Skaak Die jaarlikse interne skaakkampioenskappe het plaasgevind. Daar was ‘n gekners van tande en gesweet voordat die wenners uiteindelik uitgetroon het. 1 ste plek: Marnu van der Merwe (hy wen al die afgelope 5jr). 2 de plek: Ruben Pieterse 3de plek: Simone Grobbelaar en Imiel Stapelberg Die skaakspanne het reeds in hul eerste PUK-kompetisie teen Bastion behoorlik spiere gebult. Die junior en senior skaakspanne wen elk met 10 – 0 teen Bastion. Wintersporte vat aflosstokkie oor Na ‘n puik atletiekseisoen vat die wintersport nou die aflosstokkie oor. Ons is baie opgewonde oor die 2015 seisoen. Zwarries se volgende wedstryd in die PUK-reeks is teen Wesvalia voor ons eerste tuiswedstryd teen Hugenote van Springs. Rugby slaggereed Die 1ste en o/16 span toer saam na George, terwyl ons o/15 span deelneem aan die Francois Swart-week by Affies waar hulle Monument, Kemptonpark en Waterkloof gaan speel. Gedurende die Aprilvakansie toer die o/14 span na die Hansieweek op Naboomspruit. Die eerste span oefengroep het ‘n spanbounaweek gehad. Die foto’s hieronder spreek vir hulself: OORBLYWENDE RUGBYDATUMS Kwartaal 1ste Kwartaal AprilVakansie 2de Julie vakansie Datum Opponent Tuis/Weg vir ZWK 21 Maart 24 Maart Wesvalia Hugenote Weg Tuis 31- 4 April 1 – 6 April 1 – 8 April 7 – 11 April Vryheid Rugby Week 2de span Francois Swart Toernooi 0/15A George Week 0/16A + 1STE SPAN Hansie Week 0/14A Vryheid AHS George Naboomspruit 18 April PUK Semi-Finaal Tuis 22 April 23 April 29 April 9 Mei 16 Mei 16 Mei 23 Mei 30 Mei 6 Junie 25 Julie PBHS Proewe 0/16 + 1STE SPAN (WB) Wonderboom PUK Finaal HTS John Vorster “DONKIE DERBY” Eldoraigne “Classic Clash” Centurion Montana Blou Bulle uitspele Tuis nie bevestig Loftus Weg Potchefstroom Tuis Nog nie bevestig Toer vir alle spanne wat nog in uitspele betrokke is na die vakansie Nog nie bevestig 1 Augustus 8 Augustus 15 Augustus 22 Augustus Beeld uitspele Beeld Kwartfinaal Beeld Semi-finaal Beeld Finaal Nog nie bevestig Nog nie bevestig Nog nie bevestig Nog nie bevestig Weg Tuis Tuis Nog nie bevestig OEFENTYE EN –VELDE & KONDISIONERINGSTYE DAG & TYD MAANDAG 14H45-16H15 16H15-17H45 AVELD BVELD CVELD 0/15A & 0/14A 0/15 B & C 0/14 B & C 1STE & 2DE 3DE-5DE 0/16A 0/16C 0/15A & 0/14A 0/15 B & C 0/14 B & C KONDISIONERING 05H45 14H4515H30 15H3016H15 16H1517H00 17H0017H45 SENIORS 0/14 VIDEO & 0/15 KONDIS 0/14 KONDIS & 0/15 VIDEO 0/16 KONDIS & 1STE VIDEO 0/16 VIDEO 05H45 0/16 KONDISIONERING 0/14 & 0/15 PASS & SKOPPE/voete SENIORS 18H00 RUGBY VERGADERING DINSDAG 14H30-16H00 16H00-17H30 WOENSDAG 14H30-16H00 16H00-17H30 DONDERDAG 14H30-16H00 16H00-17H30 VRYDAG 14H30-16H00 OOP VIR ALMAL 1STE & 0/16A 0/15A & 0/14A 2DE5DE 0/15 B & C 0/16 B & C 0/14 B & C 1STE & 0/16A 2DE-5DE 0/16B 0/16C 0/15A & 0/14A 0/15 B & C 0/14 B & C 1STE & 2DE 3DE-5DE 0/16A 0/16C 16H0017h00 15H1516H00 17H3018h30 0/16 & 1STE PASS & SKOPPE/voete 05H45 SENIORS 16H0017h00 14H3016H00 17H3018h30 0/14 & 015 PASS & SKOPPE 0/14 & 0/15 KONDISIONERING 0/16 & 1STE PASS EN SKOPPE 05H45 0/16 KONDISIONERING 014 & 0/15 SKOPPE 16H0017h00 15H1516H00 16H0016H45 17H3018h30 SENIORS 0/14 & 0/15 KONDISIONERING 0/16 & 1STE SKOPPE Rugby-uitslae teen Bastion ZKP BASTION VERSKIL O/14 A 34 7 27 O/14 B 41 7 34 O/14 C 0 0 0 O/15 A 64 0 64 O/15 B 86 0 86 O/16 A 25 0 25 O/16 B 43 0 43 1 12 10 2 2 39 6 33 3 48 0 48 4 0 0 0 TOT 392 30 362 Rugydansers Sonder twyfel verleen ons tradisionele rugbydansers besondere glans aan on eerste rugbyspan. Hulle is ingeoefen en het reeds hul debuutoptrede vir 2015 gehad tydens die proewedag. Ons sê dankie vir die dogters se harde werk en vir Juf Louina en Juf Andrea vir hul toeweiding. Hokkie 2015 se hokkieseisoen het uiteindelik aangebreek. Elke hokkieliefhebber kan nader staan en die nuwe seisoen saam met ons geniet. Graag wil ons nou al dankie sê vir al die ondersteuning wat u gaan gee. OORBLYWENDE DOGTERS EN SEUNSHOKKIEDATUMS Datum Maandag 16 Maart Dinsdag 17 Maart Woensdag 18 Maart Vrydag 20 Maart Saterdag 21 Maart Maandag 23 Maart Dinsdag 24 Maart 27-30 Maart 1-5 April 7-11 April 8-11 April 9-12 April Gebeurtenis Northerns Proewe: Seuns o/14A Northerns Proewe: Seuns o/16A *Vriendskaplik: Dogters o/14C en 3e span vs Midstream Plek Menlopark Northerns Proewe: Seuns o/18 PUK Reeks: Seuns Northerns Proewe 2e rondte: PUK Reeks: Dogters PUK Reeks: Seuns PUK Reeks: Dogters TUKKIES Kliniek: Seuns en dogters o/14A R1500 QUEENSMEAD KLINIEK: Seuns en Dogters 1e spanne R2500 POTCH kliniek: Dogters & Seuns o/16A R2300 TUKKIES Kliniek: Dogters o/15A R1500 CAMP DISCOVERY: Alle B spanne (seuns en dogters) R1300 Affies Astro St Albans College Midstream Astro Wesvalia (Weg) Wesvalia (Weg) Hugenote (Tuis) Hugenote (Tuis) TUKKIES Durban Potch TUKKIES CAMP DISCOVERY Seunshokkie-uislae versus Bastion ZKP BASTION VERSKIL O/16 A 1 0 1 1 STE 3 1 2 TOT 4 1 3 Dogtershokkie-uitslae versus Bastion O/14 A O/14 B O/15 A O/15 B O/16 A O/16 B ZKP BASTION VERSKIL 5 0 5 0 0 2 -2 0 3 0 3 0 1 0 4 -4 2 0 2 -2 TOT 8 8 0 Hokkieklerepryse: Dogters: Seuns: Hokkiehemp: R220 Hokkiehemp: R220 Hokkieromp: R190 Sportbroek: R130 Hokkiekouse: R50 Hokkiekouse: R50 Netbal ‘n Harde voorseisoen lê agter ons en die meisies is gereed vir aksie. Uitdunne het onderskeidelik op die 4de en 5de Maart plaasgevind en die spanne is gekies. ‘n Positiewe atmosfeer heers onder die meisies en die opwinding vir die seisoen om te begin is tasbaar. Die goeie nuus is dat die seisoen reeds afgeskop het of sal ons eerder sê “afgegooi”. Op Woensdag 11 Maart het die fluitjie vir die eerste vriendskaplike wedstyde by Hoërskool Randburg geblaas. Die eerste PUK-reeks wedstryde was teen Bastion. Ons gaan hierdie ‘n seisoen maak om te onthou. Eerste Netbalspan hou dinee en klere-oorhandigingseremonie Die eerste span het ‘n dinee en klere“Point de Vue”-restaurant Barloworld Toyota oorhandigingseremonie in ons eie gehou. Ons hoofborg, Centurion, borg die eerste netbalspan en was dit vir ons ‘n voorreg Johann dat Mnr handelaarshoof, teenwoordig Die spreker was Elize Kotze, afrigter van die Protea boodskap het Fölscher, die dogters voormalige netbalspan. geïnspireer was. om Haar hierdie seisoen optimaal te presteer. Op die foto is Elize Kotze met die span in ‘n groep besig om met hulle koppe te smokkel en in hul harte in te praat. Ons hou hierdie dogters dop. Hieronder word die oorblywende wedstryde vir die seisoen weergegee: MAART 16 Maart Maandag D4 0/16 + 0/17 Proewe (AHMP) 17 Maart Dinsdag 1STES Vriendskaplik H/S Randburg (Tuis) 19 Maart Donderdag D4 0/14 + 0/15 Proewe (H/S Waterkloof) 21 Maart Saterdag Pukreeks vs Wesvalia (Weg) 23 Maart Maandag Pukreeks vs Hugenote (Tuis) Slegs 1STES 24 Maart Dinsdag Pukreeks vs Hugenote (Tuis) 25 Maart Woensdag B+C span kursus (Tuis) 26, 28, 30 Maart Do, Sat, Ma Waterkloof Fees 0/14A-0/17A en 2de span APRIL 6-11 April Ma – Sat 1STES George Toer 16 April Donderdag Barloworld Funksie Slegs 1STES 18 April Saterdag Pukreeks Semi-finaal (Tuis) 23 April Donderdag Friendly vs EG Jansen (Tuis) MEI 6 Mei Woensdag Liga vs PHSG (Tuis) 9 Mei Saterdag Pukreeks Finaal (Potchefstroom) 13 Mei Woensdag Liga vs Wonderboom (Weg) 15 Mei Vrydag Liga vs Menlopark (Weg) 20 Mei Woensdag Liga vs AHMP (Tuis) 23 Mei Saterdag Classic Clash Eldoraigne (Weg) 25 Mei Maandag Liga vs Waterkloof (Weg) 27 Mei Woensdag Liga vs Garsfontein (Tuis) JUNIE 6 Junie Saterdag Tshwane uitspele Netbaluitslae vs Bastion ZKP BASTION VERSKIL O/14 A 13 4 9 O/14 B 40 7 33 O/15 A 45 2 43 O/15 B 34 0 34 O/16 A 25 11 14 O/16 B 26 0 26 O/17 A 14 6 8 O/17 B 0 O/19 A 48 4 44 O/19 B 32 1 31 277 35 242 TOT Tennis Ons is trots op Hanro le Roux en Louise Jacobs wat ons graad 8 tenniskampioene is. Ons hou hulle tennispad oor die volgende vyf jaar met groot belangstelling dop. Die tennis het met die eerste PUK-byeenkoms teen Bastion ‘n skittervertoon opgesit. Ons Juniors wen met 63 – 0 en die Seniors met 62 – 1. Toeskouergedragskode By Hoërskool Zwartkop moedig ons alle toeskouers aan om die karakter en beginsels van sport by ons skool, hulle eie te maak. Alhoewel ons die strewe van sportspanne om te wen ten volle ondersteun, besef ons ook dat wedstryde individuele vaardighede ontwikkel en dat deelname as sulks ‘n opbouende ervaring vir almal behoort te wees. In die lig van ons uitgangspunt, versoek ons al ons toeskouers en ondersteuners om assebief die volgende in gedagte te hou: Moedig u kind aan en beklemtoon die feit dat u kind altyd binne die reëls moet speel. Respekteer die beslissings van die skeidsregter en wedstrydbeamptes, selfs al is dit verkeerd. Volg die regte prosedure en opper enige besware deur die regte kanale te volg. Indien 'n ouer of ondersteuner enige klagte het, moet dit op skrif of via e-pos aan die sporthoof gerig word. Bevorder agting en waardering teenoor beamptes, skeidsregters en helpers. Hulle is daar ter wille van u kind! Verwerp en vermy vuil taalgebruik, onbeskofte gedrag en aggressie. Tree altyd op as ’n positiewe rolmodel vir jong spelers. Wees ten alle tye bewus daarvan dat spelers op die veld deurentyd kennis neem van verbale of emosionele aggressie langs die veld, en dat dit die standaard van spel merkbaar kan beïnvloed. Beklemtoon die positiewe en weerhou u om negatief te kritiseer of foute uit te wys wat deur ‘n speler of spelers begaan is – dis die afrigter se werk. Gee erkenning aan uitmuntende spel aan spelers van beide spanne, ongeag watter span u ondersteun. Onthou dat dit ‘n spel is en dat wen óf verloor ook dien as ‘n leerkurwe vir die spelers. Om met eer en goeie sportmangees te verloor, is ‘n onontbeerlike fasset in die ontwikkeling van ‘n positiewe houding en die wil om te wen. Geen alkoholiese drank word by enige sportbyeenkoms toegelaat nie . Ouers en ondersteuners moet tydens wedstryde binne die afgebakende gebied vir toeskouers bly. Tydens halftyd is dit slegs die afrigter(s) se voorreg om met die span te praat. Onthou dat dit ’n spel is en dat wen of verloor ook dien as ’n leerkurwe vir die spelers. Hierdie toeskouergedragskode is in lyn met die waardes wat ons aan ons kinders wil leer. Om deel te neem, is goed. Om te wen, is beter. Om dit te geniet, die beste. Om die Here te verheerlik, die "ultimate"! Gholf Die gholfproewe is sterk aan die gang en etlike spelers het al hul telkaarte ingehandig met die hoop om in die skool se ligaspanne opgeneem te word. Daar kan nog steeds uitdunrondtes tot die einde van die kwartaal gespeel word. Die eerste span van die skool - Juan Diedericks, Jaco Lubbe, Ruhan Oosthuizen en Reuben Bakker - neem tans deel aan die Voorsitterstrofee wat op ‘n uitklopbasis geskied. Ons het Garsfontein se eerste span uitgestof en dring deur na die kwartfinale van hierdie reeks. Dankie aan Ruhan wat na ‘n “sudden death” uitspeelwedstryd die knoop deurgehak het. Welgedaan seuns! Op 14- 17 Maart speel die eerstespan in ‘n Elite Dainfern toernooi wat oor drie dae strek. Ons wens julle alles van die beste toe en hoop julle laat die balle in die gate val. Die Gholfakademie is reeds ses weke al aan die gang met hul klasse by Zwartkop CC. Nuwe spelers is nog steeds welkom om te kom aansluit by hierdie prestige groep spelers. Ons Zwarrie gholfspelers kom skool by die pragtige elke Woensdag en Vrydag voor Zwartkop Country-klub bymekaar vir afrigting uit die boonste rakke. Afrigting gefasiliteer vernaamde word Elsabe die Hefer wat as een van die Top 10 afrigters in word. Almal van beginners deur Suid-Afrika tot pro’s is bestempel welkom. Lidmaatskap sluit ook in dat Zwarrie gholfspelers minstens een maal per week teen geen ekstra koste op die Country-klub se baan kan gaan speel. Wat vervoer aanbetref word Zwarries na oefeninge tot Zwarrie bodem veilig terugbesorg. So, as jy vermoed dat jy Suid-Afrika se volgende Ernie Els is, kom maak gerus ʼn draai by Juffrou Carol Botha of Juffrou Lize Jansen van Rensburg vir meer inligting. Noodhulpspan lewer diens by marathon Ons noodhulpspan het diens gelewer by die Deloitte Maraton. meer as 10 000 hardlopers wat Daar was deelgeneem het en moes ons skool se eie noodhulpspan bont staan om al die atlete by te staan en seker te maak dat hulle pyne en beserings hanteer word. Daar was vier skole genooi en Zwartkop was die enigste skool wat Die organiseerders van die wedloop het groot lof gehad vir die Zwarrie noodhulpspan – hul kundigheid en hul toeweiding. Hulle het ons skool opgedaag aangedoen. het! ‘n Groot dank aan se naam groot eer Mevrou Mariet Louw wat al die reëlings getref het. Mnr & Mej Zwarrie finaliste reik uit Die Mnr & Mej Zwarrie finaliste het betekenis gegee aan ons jaartema Zwarries reik uit, waar hulle aan die jaarlikse deurnag Cansa relay 4 life deelgeneem het. Die atmosfeer by die geleentheid aansteeklik was en was daar geen keer aan hierdie Zwarries se gesindheid om ‘n verskil te maak nie – soos ook op die agterkant van hul T-hemde uiteskryf staan. Ons dank ook aan die personeel wat betrokke was by dié deurnaggeleentheid. In die besonder ‘n woord van dank aan Mev Natasha Beyers wat die hele projek georganiseer het. In die foto hiernaas is ‘n deel van die groep. Die res van die span was met die aflos besig. By nog ‘n fondsinsamelingsfunksie vir kanker het Mnr Fielies Coetzee sy hare ook laat kleur – alles vir ‘n goeie doel. (Mnr Fielies, ons kan nie agterkom of jy beter of slegter lyk nie). Ons eer ook Mev Tippie Viljoen wat baie tyd gegee het vir hierdie projek wat die gemeente waarby sy betrokke is, gereël het. Boogskiet ’n Passievolle groep Zwarries is met boogskiet as sport besig. Vir hierdie skuts is daar nie maklik iets wat by die gevoel kan kom wanneer jy jouself agter die boog posisioneer en die pyl op die tyken rig nie. Die gevoel van afwagting en die neerslag van presiesheid en dissipline wat met die sport gepaard gaan, is onbeskryflik. Ons wens die Zwarrie-skuts sterkte toe met hulle seisoen. Lan-partytjie Dit was ’n Zwarrie eerste – ’n Lan-partytjie in H1 - Mnr Slabbert se klas. Die manne het mekaar die stryd in die kuberruimte aangesê. Daar was onverwagse oorwinnings, maar ook hartseer neerslae – alles in goeie gees! Mnr Slabbert het ook Lan gespeel – dit is nou as Power Point en Word op sy rekenaar vir Lan kan deurgaan! Beeld Joernalistiek Kompetisie Vier graad 11 leerders het saam met Mev. Amelda Kies (fasiliteerder van ons eie Zwart op Wit skoolkoerant), die Beeld koerantkursus by Hoërskool Tuine bygewoon. Die vier redaksielede van die Zwart op Wit het geleer hoe om ʼn koerant aanmekaar te sit, hoe om die uitleg te doen, die belangrikheid van ʼn goeie onderhoud en die neem van kwaliteit foto’s. Die kursus is aangebied deur ervare joernaliste. ʼn Mini perskonferensie is ook gehou, voordat die verteenwoordigende skole (Zwartkop, Garsfontein, Affies, Akasia & Tuine) aan ʼn kompetisie deelgeneem het. Die redaksiespanne het ʼn kort tydperk gehad om hul eie voorblad te ontwerp. Daar moes die regte ”koppe”, “prikke”, berigte en foto’s wees. Hulle moes ook ʼn eie logo en slagspreuk uitdink vir hulle “koerant”. Hoërskool Zwartkop se redaksiespan was die algehele wenners van hierdie kompetisie. Baie geluk aan die volgende redaksielede met dié prestasie: Lara Krahtz Jana Boshoff Michelle Cordier Daniëlla Labuschagne VLR – neem dienend die voortou Die VLR van Hoërskool Zwartkop gee betekenis aan dienende leierskap. Hulle staan reg om ’n positiewe verskil te maak. Ons wens hulle almal geluk met hul verkiesing tot leiers en dank hul vir hul diens. HOËRSKOOL ZWARTKOP VLR – BESTUUR – 2015 President : Maryke du Toit Vise-President : Henku Grobler Sekretaris : Linda van der Walt Tesourier : Simoné Botha GRAAD 12 Van Klas 12/1 12/2 12/3 12/4 12/5 12/6 12/7 12/8 12/9 12/10 Naam Booyse Natasha Broodryk Ivan Davel Shane De Kock Lydia Du Plooy Zanri Delport Ashän Du Toit Celine Esterhuizen Renette Fourie Chantélle Gilfillan Michelle Honiball Marli Jacobs Dylan Kaiser Angélica Malan Armand Nothnagel Gerrit Oosthuizen Juan Pretorius Wian Ramakokobo Fukama Viljoen Megan Vorster Hanno GRAAD 11 Klas 11/1 11/2 11/3 11/4 11/5 11/6 11/7 11/8 11/9 11/10 Van Naam Barrett Danielle Bezuidenhout Zelswa Burger Johan Bruwer Lise Doyle Shavonne Chambers Marike Du Plooy Wian Fourie Hanro Geerlings Elke Greyling Deidré Krahtz Lara Labuschagne Regard Meyer Colleen McLachlan Du Toit Schoeman Pieter Serfontein Durandt Steenkamp Carmen Van Dalen Danélle Van Staden Michelle Venter Henco GRAAD 10 Klas 10/1 10/2 10/3 10/4 10/5 10/6 10/7 10/8 10/9 10/10 10/11 Van Naam Bakker Zandri Bester Sarel Botes Cara Collyer Moné Conradie Johannes De Vries Marni De Villiers Ian Drinkwater Ewanti Elliott Johnny Geldenhuys Armandi Gresse Edrich Groenewald Marjean Hoffmann Reni Leech Robin Meissner-Roloff Lara Meyer Carla Meyer LELANI Prinsloo Sharissa Schoeman Moné Van Der Merwe Emily Wagner Abigail Renata Wentzel Eliska GRAAD 9 Klas 9/1 9/2 9/3 9/4 9/5 9/6 9/7 9/8 9/9 9/10 9/11 Van Naam Buys Heinrich Burger Reuben Benneman Lyon Potgieter Miquette Van Biljon Heinrich Bruwer Alta Du Preez BERNARD Coetzee Phillippe Els Beáte Engelbrecht Devon Lategan Bernard Jordaan Henry Myburgh Nika Lubbe BERNARD Olivier Daniel Niewoudt Bianca Richardson Michiel Terblanche Cara Van Der Westhuizen Herman Strydom SJ Vreugdenburg Behr Van Rooyen Kyle GRAAD 8 Van Klas 8/1 8/2 8/3 8/4 8/5 8/6 8/7 8/8 8/9 8/10 8/11 8/12 Naam Pace Hannco Richardt Erika Van Den Berg Janco Wentworth Louise Dinkelman David Channon Georgia Ackermann Marco Basson Nicole Doyle Caelynne De Vries Karlee Du Toit Franco Kriegler Kaylin Le Roux Manie Jonck Bevan Scholtz Juandré Joubert Lischa Ritter Kayla Schellingerhout Anje Scheuer Jean Strydom Tatum Van Der Walt Emma Uys Maryke Loots Shani Vermaak Kyla Trots op ons Stadsraadverteenwoordiger Elke jaar word ʼn nuwe leerder tot die Junior Stadsraad van Pretoria verkies. Die Junior Stadsraad is ʼn nie-winsgewende organisasie wat die jeug en die gemeenskap van Pretoria dien. Die lede van die Junior Stadsraad is leerders en verteenwoordigers van 37 skole regoor die hele Pretoria. Hieruit kan reeds afgelei word watter groot prestasie en eer dit is om tot ʼn lid verkies te word. Verder is die Junior Stadsraad ook verantwoordelik vir die beplanning van funksies en om dan die fondse wat ingesamel word, terug te ploeg in die jeug om sodoende ook die interaksie tussen verskillende kulture in die jeug te bevorder. Die Junior Stadsraad bestaan uit 7 komitees wat hul eie funksies gedurende die jaar organiseer. Om tot die Junior Stadsraad verkies te word, is nie net ʼn baie verantwoordelike en veeleisende werk nie, dit is ook ʼn baie groot prestasie wat min mense in hul lewens te beurt val. Die verkose lid moet baie toegewyd wees, sy / haar tyd goed kan bestuur en altyd verantwoordelik en voorbeeldig optree omdat hy / sy ʼn verteenwoordiger van Hoërskool Zwartkop is. Hierdie lid se ampstermyn strek oor twee jaar. Die prosedure van die verkiesing het soos volg verloop: Alle graad 10 leerders was toegelaat om hulself verkiesbaar te stel om op die Junior Stadsraad te dien. Die graadgroep het gestem vir ʼn leerder met wie hulle gerus voel om die skool te verteenwoordig by die Stadsraad. Die top vyf kandidate het voor ʼn paneel verskyn en ʼn intensiewe onderhoud was met elk gevoer. Dit is aangenaam om die kandidaat aan te kondig, wat nie net die meeste stemme van die leerders verwerf het nie, maar ook die mees suksesvolle kandidaat tydens die onderhoud was. Baie geluk, Sarel Bester. Ons weet en vertrou dat jy ʼn groot sukses hiervan sal maak! Lauren maak ons trots Die vorige Zwarrie W’s het berig oor Lauren Botha se opgang in die dramakringe. Sy tree eersaags op by die Montecasino in ‘n vertoning van Rocco de Villiers. Dit is egter haar opgang in Binnelanders waaroor ons opgewonde is. In hierdie Zwarrie W’s word daar graag ‘n berig wat onlangs van haar in ‘n koerant was, gepubliseer. Ons is trots op Lauren en hou haar suksespad met groot belangstelling dop. Hoërskooldogter maak opgang in Binnelanders Lauren Botha het Dinsdagaand aspirantmodelle toegespreek oor haar rol in Binnelanders. Oppas Charlize Theron – ’n blonde meisie van Centurion gaan jou dalk eersdaags van jou Hollywood-troontjie afskop. Dit is Lauren Botha se grootse droom om eers suksesvol in haar eie land te wees en daarna vir Charlize te wys waar Dawid (of is dit nou Lauren?) haar dramawortels begrawe het. Lauren is ’n graad 11-leerling aan Hoërskool Zwartkop, wat verlede jaar haar eerste verskyning op Binnelanders gemaak het as ‘n ekstra. Sy moes as ‘pasiënt’ deur die hospitaalgange loop. Daar was geen dialoog vir die rol nie en sy het net nodig gehad om af en toe haar kop te knik wanneer een van die dokters verbyskarrel. Binnelanders-regisseurs het egter Lauren se toewyding raakgesien en haar ‘n paar maande later ‘bevorder’ tot ‘kelner’ in die hospitaal se restaurant waar dokters en hospitaalpersoneel graag eet. Lauren het Dinsdagaand ’n drama- en modelkursus vir opkomende skones by Model Management in Brooklyn aangebied. “Om aktrise te wees, is beslis nie net roem en maanskyn nie,” het die 17-jarige gewaarsku. “Dit is harde werk. Ek was 16 toe ek as ekstra by Binnelanders begin het en het baie skoolure misgeloop.” Vir al die ure wat sy op stel in Johannesburg deurgebring het, is sy net R120 per dag betaal. “Intussen het ek darem ’n verhoging gekry,” het sy gespot. Volgens Lauren wou sy nie gehad het die hele skool moes weet dat sy ’n gesig in Binnelanders sou wees nie. “My skoolhoof het egter voor die hele skool gesê dat ek nou beroemd is. Dit was moeilik, want skielik was sekere mense ’n bietjie snaaks met my. Ek het nie meer geweet wie werklik my vriende is nie,” het sy aan die tieners vertel. Elmarie Botha, Lauren se ma, sê haar dogter het ’n balans tussen haar skoolwerk en akteursloopbaan gevind. “Sedert sy by Binnelanders begin het, is haar punte baie beter. Sy het haar sokkies opgetrek, is gemotiveerd en weet wat sy uit die lewe wil hê.” Lauren werk saam met top-akteurs soos Gys de Villiers, Hans Strydom en Stefan Ludik. “Ek is mal oor al die akteurs, maar my gunsteling is beslis Gys de Villiers. Hy het hom eendag uit die bloute aan my kom voorstel… en Hans het my skrikgemaak. Ek het amper ’n skinkbord laat val,” het Lauren gesê. Lauren sê sy sal nie in die voetspore van ander kinderakteurs volg wat die skool verlaat nie. Sy wil matriek voltooi en daarna musiekteater studeer voor sy moontlik groter roem in Hollywood gaan soek. Dit woel in ons Zwikimedia Hoërskool Zwartkop se eie mediasentrum is konstant ‘n miernes van bedrywighede. Die span wat die voortou neem in 2015 om die akademiese ratte geolie te hou, is die volgende: Graad 11: Stefan Fouchè (Hoof-mediaprefek) Kayla Viljoen Bernice Khubayi Bertus Reyneke Melissa Ras Graad 10: Marette Kleynhans Heyno van der Walt Le-anne Liebenberg Deandrè Hattingh Armandi Geldenhuys Johann Geldenhuys Graad 9: Mariëlle Maritz Behr Vreugdenberg Pieter Vorster Natasha Wilkins Lanè Snyman Daniël Viljoen Graad 8: Marochè Viljoen Monique Karsten Nicole Basson Monique Wright Rean Odendaal Daniëlle Meyer Monica Victor Megan Wiggett Een van die aktiwiteite wat hoog op hierdie span se kalender is, is die jaarlikse biblioteekweek en skrywerswerkswinkel. Sien die advertensies in die verband hieronder: Zwarrie-Zone: Ouers-met-beste-gees! 2015 het reeds met ‘n vaart weggespring en verskeie sportbedrywighede is al in volle swang. Die ouers wat deel is van die Zwarrie Zone het wonderlike gees en sorg vir ‘n besondere “vibe”van Zwarrie kameradie onder ons ouers. Ons wil ons ouers aanmoedig om deel van hierdie ondersteuningstruktuur te word en in die vreugde te deel. Redenaars hou interne kompetisie Na die redenaarsdag waartydens ons redenaars hul slag met die gesproke woord gewys het, is dit nou aangenaam om die uitslae bekend te maak. Heinrich Nienaber en Lara Krahtz was die beste junior en senior redenaars onderskeidelik. Hulle albei het die meeste punte vir onvoorbereid en voorbereid verwerf. Lara Krahtz is die algehele wenner. Geluk aan die redenaars wat vir ATKV gekies is: Juniors Voorbereid Bianca Boshoff Minette Peo Shani Loots Onvoorbereid Juandre Scholtz Caelynne Doyle Heinrich Nienaber Daniel Olivier Alta Bruwer Chane Lume Seniors Voorbereid Maryna Leonard Mornay Marais Abigail Wagner Onvoorbereid Sarel Bester Johannes Conradie Natasha Nel Lara Krahtz Sabrina Visser Maryke du Toit Baie sterkte met die ATKV-kompetisie! Daar word met groot afwagting uitgesien daarna. ATKV-debat Ons gelukwensing aan die onderstaande leerders wat deel van ons debatspanne was en by Afrikaans Hoër seunsskool die Zwarries se naam hoog gehou het: Gr 11 Venique Gibson & Natasha Nel Lise Bruwer & Lara Krahtz Du Toit Mclachlan & Elke Geerlings Gr 12 Annika van Achterberg & Maryke du Toit Coenie Ackerman & Linda van der Walt Ons hou Gholfdag Vrydag, 20 Februarie was ‘n groot dag vir ons skool! Hoërskool Zwartkop het sy eerste groot fondsinsamelingsgholfdag in samewerking met Barloworld Toyota Centurion gehou! Die dag is by die Copperleaf gholfbaan wat deur Ernie Els ontwerp is, gehou. Al die vierballe was uitverkoop en ons kon met trots 136 persone in die veld stuur. Die kompetisie formaat was baie sosiaal en die spanne het dit geniet en behoorlik spiere gebult teen die baan met al sy uitdagings. Die manier waarop die prysuitdeling gedoen is, was ‘n verrassing vir baie spelers, maar tog baie pret. Die aandete en kuier daarna was baie gesellig en daar is tot laataand gekuier! So ‘n dag kan net suksesvol wees as verskillende partye saamwerk en hul positiewe bydrae gee. Baie dankie aan die volgende: Die klasse wat geld ingesamel het om geskenke te koop. Leerders wat pryse gebring het. Elke onderwyser wat sy/haar klas gemotiveer het om pryse te bring of om vierballe te koop. Elke borg soos hieronder genoem wat geld in ons skool belê. Ons is trots om met elkeen van julle geassosieer te word. Die komitee, Me E Wagenaar, M Kuhn, H J v Rensburg, C Botha, E vd Berg, I Vorster, H du Toit, mnre. K Jackson, J Joubert, F Coetzee wat baie hard gewerk het. Barloworld Toyota Centurion wat as hoofborg opgetree het. Copperleaf se personeel wat gehelp het. Borge van die dag: Makro Momento Oasiswater Hennopspark PJC Sport & Fietse Saxby Medicross Spar Saxby Span Clubview Biltong@za Jawitz properties Attooh Copwatch Barloworld Lexus Centurion Ouers kan solank 19 Februarie 2016 in hulle dagboeke aanteken! Volgende jaar gaan ons sorg dat al 18 putjies geborg word. Kontak Charlene Badenhorst (082 667 2248) vir enige navrae. Leerderprestasies Francois van Heerden en Garreth Jacobs was deel van die Gauteng karatespan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het. Werner Visser en Danielle du Plooy gaan Gauteng verteenwoordig by die SuidAfrikaanse Skole atletiekkampioenskappe. Ons wens hulle sterkte toe met hul voorbereiding en deelname. Adriaan Cloete is deel van die Suid-Afrikaanse varswater oewerhengelspan wat later die jaar aan die Nasionale kampioenskappe gaan deelneem. JJ Prinsloo het aan die D4 Individuele skaakproewe deelgeneem. Hy het 'n Bronsmedalje ontvang in die o/15 afdeling. Karen van der Westhuizen het hierdie jaar vir die 5 de keer aan die Midmarmyl deelgeneem. Sy het in die kategorie Vroue 13 – 30 jaar weggespring en 309 de geëindig. Daar het 14 500 swemmers deelgeneem. Wian Kendall het aan die Suid-Afrikaanse 10 km padwedloopkampioenskappe deelgeneem. Ons is trots op hierdie Zwarrie-blits! Ons is baie trots op Adriaan de Clercq en Elianna de Clercq wat deel van die gesogte Simfonia Juventi-orkes is. Dit is die hoogste vorm van prestasie wat ‘n skolier in Suid-Afrika in ‘n simfonieorkes kan kry. Adriaan speel Altviool en Elianna Viool 1. Chenell Grimsell is met ‘n aanskoulike prestasiekurwe in die lewe besig. Sy is deur na die tweede rondte van 7 de laan se talentkompetisie. Sy is ook deur na die Nasionale kampioenskappe van die uitvoerende kunste en dan speel sy die hoofrol in die nuwe SA musiekblyspel “Once upon a song – a Cinderella story”. Sy speel Cinderella. Ons hou Chenell se suksespad met groot belangstelling dop. Personeelnuus Mev Marna Winter en Mev Letha Kotze het elk oumas geword van pragtige kleinseuns. Mev Hentie Kruger se dogter het ‘n aanstelling by die Universiteit van die Vrystaat as Chemiese Patoloog gekry. Mnr Adam Barnard is aangestel as afrigter by die o/16 Boubulle-span. En dan wens ons hom ook geluk met die nuweling wat vir die Barnard-huishouding oppad is. Mev Elize Liebenberg is opgeneem in die hospitaal vir ‘n jeupvervangingsoperasie. Ons wens haar alle sterkte toe met haar herstel. Mev Angelique Bacon se dogter en Mev Lynette Meyer se seun het elke Diploma’s ontvang. Mnr Douw Pretorius se dogter het haar Honeursgraad ontvang. Slotwoord Met die lees van hierdie Zwarrie W’s loop enige Zwarrie se hart van trots en dankbaarheid oor. Ons is uitsonderlik geseënd. ‘n Groot dank aan elke huishouding – ouers en leerders wat verbonde is aan Zwarrieland vir hul lojale ondersteuning. Ons waardeer elke onderwyser wat horisonne vir ons pragtige skool verken. Bo alles trompetter ons dit uit: Soli Deo Gloria! Advertensies LOJALITEITS OOREENKOMSTE My School Hoërskool Zwartkop is in vennootskap met MySchool waar ons maandeliks ʼn bedrag geld ontvang wat bereken word volgens die aankope van die ouers van ons skool. Hierdie kaart kan by talle winkels gebruik word en daar is geen finansiële implikasie vir u as ouer nie. Ons doen ʼn beroep op al ons nuwe graad 8-ouers om die vorm in te vul en terug te besorg aan Hoërskool Zwartkop, sodat u ʼn kaart kan ontvang. Indien u reeds ʼn kaart het, moet u nog steeds die voltooide vorm vir ons terugstuur sodat ons Hoërskool Zwartkop as die begunstigde skool kan geregistreer. In hierdie geval word daar nie ‘n nuwe kaart aan u uitgereik nie. U kan ook self die webtuiste besoek. WEBTUISTE: www.myschool.co.za. Kies dan die opsie van « Get a my School card of onder « service » ‘Update my profile’ Dis belangrik dat u asb. vir die jaar moet herregistreer. Indien u dit nie self wil doen nie, vul die skeurstrokie in en stuur dit terug skool toe. Vul in faks na 0866355419/e-pos na [email protected] of stuur terug skool toe. Naam en Van: _____________________________________________ Id nr: _____________________________________________ My Schoolkaart nr.: _____________________________________________ Makrokaart nr.: _____________________________________________ Selnr: _____________________________________________ ____________________________________ Handtekening ___________________________ Datum Makro Ons het met Makro dieselfde ooreenkoms. Ons sal die inligting op die vorm gebruik om aan u ʼn Makrokaart uit te reik. Indien u alreeds ʼn kaart het, word Hoërskool Zwartkop as die begunstigde geregistreer. U kry dan nie ʼn nuwe kaart nie. Ons benodig net u makrokaartnommer. Ons skool baat baie by hierdie lojaliteitsprogramme! Dankie vir u ondersteuning. Grape Stomping [Druiwetrap] @ Leriba Hotel and Spa, Centurion on 30 April 2015 This day of fun is ideal for companies /corporate groups! L’Avenir Wine Estate, Stellenbosch will assist you in creating your own wine from grape to bottle. Book your table now for R5000 [10 guests] This rate includes: Round table, seating ten [10] people Coffee/Tea and a la carte meals throughout the day L’Avenir Wines will be available at trade prices [almost 50% discount]to guests Cash bar available Stomping of the grapes [all equipment and ingredients provided by L’Avenir] The table of 10 design will design their own logo/label for their wine Each guest will receive a bottle of their wine, with their designed logo/label, delivered 4 5 months after the event Date : 30 April 2015 Time : From 10:00 – 18:00 Venue : Chapters Restaurant, Leriba Hotel and Spa, 245 End Ave, Clubview, Centurion [www.leriba.co.za] Dress code : Book now at: Informal 012 6603300 [email protected] [email protected] [email protected] Bookings are essential and only confirmed on receipt of full payment. The Grape Stomping Day is the prelude to the Harvest Festival that will take place at Leriba Hotel and Spa from 1- 3 May 2015. Bookings are open for the wine Oesfees/Harvest Festival at Leriba Hotel and Spa in Centurion from 1-3 May 2015.
Similar documents
Rugbykrag ding mee op tuisveld
Die o.14A’s het teen Stanford Lake College (Tzaneen) gespeel. Dit was ‘n baie harde wedstryd wat enige kant toe kon gaan. HFM het die eerste doel aangeteken, waarop Stanford Lake College antwoord g...
More informationAfrikaans Eerste Addisionele Taal Vraestel 1
huise – ʼn huis wat hulle óf besit óf huur. Daarby het 80% huishoudings nou elektrisiteit terwyl net sowat 69,7% huishoudings in 2001 elektrisiteit gehad het. In 2001 het 71% Suid-Afrikaners toegang...
More information