Rugbykrag ding mee op tuisveld

Transcription

Rugbykrag ding mee op tuisveld
P08
26 June 2015, PLATINUM BUSHVELDER, Tel: 081 309 3876 / 081 542 6796, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected]
Bosveld se O/9-spannetjie
tree met eer uit stryd
HFM hokkie deur na
Limpopo-halfeindstryde
Lephalale – Die Laerskool Bosveld Primary se o.9-rugbyspan het Saterdag, 20 Junie 2015, goed
vertoon in hul uitspeelwedstryd teen die Laerskool Pietersburg-Oos.
Die wedstryd is gespeel op die veld van die Hoërskool Warmbad, waar al die Limpopo halfeindVWU\GHHQHLQGVWU\GHYLUODHUVNROHLQ/LPSRSRJHVSHHOLV'LH%RVVLHVKHWLQGLH¿VLHNHHHUVWHGHHO
van die wedstryd hul stem dik gemaak en die seuns van Pietersburg-Oos het aanvanklik gesukkel
om gate in die rotsvaste verdediging van die Bossies te kry. Later in die wedstryd het Oos-Skool
se ekstra vaart egter die deurslag gegee en die Bossies moes die knie buig met ‘n telling van 20-0
teen hulle.
Laerskool Bosveld Primary is egter steeds baie trots op hierdie spannetjie en wens die span en
sy afrigters, mnre. Johan van Heerden en Thys Taljaard, geluk met hul goeie vertonings in 2015.
Mokopane – Drie hokkiespanne van die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het Saterdag, 20 Junie 2015, aan die Limpopo-liga-halfeindstryde op die Hoërskool Piet Potgieter se
velde deelgeneem.
Die o.16A’s het teen die Hoërskool Ben Viljoen (Tzaneen) gespeel en het ná ‘n harde wedstryd 0 – 2 verloor, maar die telling is nie ‘n weergawe van die wedstryd nie. Die meisies het
hul harte uitgespeel en kon ongelukkig net nie die bal in die kas kry nie.
Die tweede span het teen die Hoërskool Merensky (Tzaneen) opgedraf. In ‘n harde wedstryd
met uitstekende hokkie kry hulle die bal in die doelhok en wen die wedstryd 1-0. Daarmee
dring hulle deur na die eindstryd op 1 Augustus in Pietersburg waar hulle teen Ben Viljoen te
staan sal kom.
Die o.14A’s het teen Stanford Lake College (Tzaneen) gespeel. Dit was ‘n baie harde wedstryd wat enige kant toe kon gaan. HFM het die eerste doel aangeteken, waarop Stanford
Lake College antwoord gee. Daarna het die bal egter reg gehop in die guns van HFM en
teken hulle nog twee doele aan. Hul wen die wedstryd 3-1 en dring ook deur na die eindstryd
ZDDUKXOOHWHHQ3LHW3RWJLHWHUJDDQPHHGLQJ'LpWDOHQWYROOHRVSDQNZDOL¿VHHURRNRP
aan die Noordvaal –toernooi deel te neem wat van 13 tot 15 Augustus in Krugersdorp plaasvind.
Die o/9 rugby-span van Laerskool Bosveld Primary gedurende hul uitspeelwedstryd teen
Laerskool Pietersburg-Oos.
HFM spog met hul tweede hokkiespan wat deurdring na die Limpopo-eindstryd op 1
Augustus.
Rugbykrag ding mee op tuisveld
Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer het
Saterdag, 20 Junie 2015, die voorreg gehad
om die eindstryde en uitspeelwedstryde van die
grootskolekompetisie tuis aan te bied.
Die skole betrokke in hierdie liga isdie hoërskole
Ben Vorster en Pietersburg (verteenwoordig die
Noordsirkel) en ook die hoërskole Frikkie Meyer
en Tom Naudé (verteenwoordig Suidsirkel). Daar
is geen ander skole in ‘n groter liga (makroskole)
in Limpopo nie en daarom kan hierdie skole
gereken word as die rugbykrag in die provinsie.
Die eindstryd van die tweede-, derde- en B-spanne
is Saterdag gespeel en die Hoërskool Pietersburg
(PHS) het met die louere weggestap by die senior
spanne, terwyl Ben Vorster die kompetisie in die
junior groepe gewen het.
Die uitspeelwedstryde van die eerste- en A-spanne
om te bepaal wie in die provinsiale eindstryde
op Saterdag 25 Julie teen mekaar uitdraf, het
ook plaasgevind. Die o.14A-span was bitter
ongelukkig om te verloor op ‘n uittelbeslissing
nadat hulle gelykop teen Ben Vorster eindig (15
punte elk). Die uittelstelsel bepaal dat indien
spanne gelykop eindig, die span met die meeste
drieë wen. Indien gelyk, wen die span wat eerste
‘n drie gedruk het – in dié geval was dit Ben
Vorster. Die o.15A-span het skitterende rugby
gespeel en wen die wedstryd teen PHS 17 -0.
Hulle sal in die provinsiale eindstryd weer teen
Ben Vorster te staan kom.
Die o.16A’s (verloor 22 – 10 teen PHS) en die
eerstes (verloor 39 – 5 teen Ben Vorster) kon
ongelukkig nie hul wedstryde wen nie en val dus
uit. ‘n Besondere woord van dank aan die insette
en borgskappe van Northam Toyota en Northmec
Case Thabazimbi om hierdie dag besonders te
maak.
Dank ook aan elke ouer en instansie wat vanjaar
weer by Frikkie Meyer se rugby betrokke was – op O/15 Ben Vorster is die wenners van die junior groewelke wyse ook al.
pe van die grootskolekompetisie.
HFM se eerstespan was wel nie die
wenners nie, maar hulle bly die skool
se trots. Hier is van links, voor: Frans
Maila, Dewald du Preez, Francois
Buys, Heinrich Herman, Dirk Coetzee, Jonathan Viljoen en Wiehan
Koen; agter: mnr. Colin Campbell
(hoof), Dave van Heerden, Stefan
Allen, Francois Everson, Ettiene van
Staden, Dale Sorour, CJ vd Merwe,
Dawie Jacobs, Awie Jordaan, Cornis Swanepoel, Lebo Lesupi, Kevin
Calitz, JJ de Beer, Willem Beukes,
Paul Vorkel, mnr. Pierre van Jaarsveld (afrigter). By hulle is HFM se
borge.
Hoërskool Pietersburg (PHS) is die wenners van die
senior spanne se grootskolekompetisie.
Jongspan maak
gereed vir
SAVF-vakansieprogram
Thabazimbi – Die
wintervakansie het
amptelik op Vrydag,
26 Junie 2015, begin.
Vir die jongspan van
Thabazimbi is daar
sommer ‘n bondel
prettige aktiwiteite wat
die SAVF Maatskaplike
Dienste-tak uitgedink
het vir alle tuisblyers.
Laerskoolleerlinge
(vanaf gr. R) kan
inskryf vir kunsprojekte,
boeresport, koekies
bak en allerhande
speletjies. Die kostes
beloop R40 per kind en
sluit ‘n versnappering
tydens teetyd in. Die
aktiwiteite word op 6,
8, 9, 14 en 16 Julie
van 09:00 tot 13:00 by
Parklaan 5, Thabazimbi
aangebied.
Belangstellendes kan
vir Rachel of Christelle
skakel by 014 777 1093
of 084 514 6178 om
plek te bespreek.