Mini-netbal - Bossies kook
Transcription
Mini-netbal - Bossies kook
P08 27 February 2015, PLATINUM BUSHVELDER, Tel: 081 309 3876 / 081 542 6796, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] EHS wen interhoër swemgala - rekords spat! Thabazimbi - Vier skole het Saterdag 21 Februarie deelgeneem aan ‘n interskole-swemgala by die Hoërskool Frikkie Meyer. Die hoërskole Ellisras (EHS), Warmbad, Rustenburg en Frikkie Meyer het kragte gemeet, met die Rassies wat as wenners uit die stryd tree. Die Rassies het ‘n storm losgeswem en junior victrix ludorum gaan aan Cherise Mans en senior victor ludorum aan Dario Geyser van Ellisras. Dario wen vyf goue medaljes en Cherise Mans vier. Die Rassies behaal sewe tweede plekke en 13 derde plekke. Die Rassies wen met 244 punte. Frikkie Meyer is tweede met 196, Warmbad kry 161 en Rustenburg 155. Op Saterdag 28 Februarie ding dié skole weer mee by die interhoër by die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane (Potgietersrus). Foto’s: Annabelle Tromp en Eugene Swanepoel. Cherise Mans (EHS) is die junior victrix Dario Geyser (EHS) is die senior victor ludorum. By haar is Klaas Tromp van ludorum. By hom is Klaas Tromp van Case IH Northmec Thabazimbi. Case IH Northmec Thabazimbi. Nuwe rekords Altesaam ses nuwe rekords is Saterdag 21 Februarie opgestel. Die helfte hiervan was in kruipslagitems. GP du Preez (o.14) van die Hoërskool Ellisras, Danie Geyser (o.16), ook van EHS, en Bert Greeff (seuns ope-afdeling) het tye verbeter. Twee van EHS se swemmers, Danie en Cherise Mans (o.15) het nuwe rugslagrekords opgestel, en Cherise het ook ‘n vlinderslagrekord verbeter. Anmarie Schutte word aangewys as senior victrix ludorum (HFM). Klaas Tromp van Case IH Northmec Thabazimbi wens haar geluk. Die Hoërskool Warmbad spog met die junior victor ludorum, Roelof Daling. By hom staan Klaas Tromp van Case IH Northmec Thabazimbi. Mini-netbal - Bossies kook Bossies in aksie tydens die mininetbalkliniek. Lephalale – Die Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 21 Februarie ‘n mininetbalkliniek gehou vir o.6- tot o.9-meisies. Elsu Bakker, die plaaslike kinderkinetikus, het die kliniek aangebied en baie nuwe vaardighede vir die jong spelers aangeleer. Dit was ‘n warm dag, maar die Bossies is nou gereed vir aksie hierdie seisoen. Baie dankie aan elkeen wat die warm son trotseer het. “Go Bossies!” Mogol parkrun results Lephalale - The results for the Mogol Parkrun for Saturday 21 February’s event are: Men’s placings: Mmaphuti Solomon Moruni (SM20-24) (Unattached) was first over the line in 16:56 16th time in 22 appearances, Caleb Khokhololo (SM20-24) (Unattached) was second over the line in 17:38 - has been first to finish on 11 previous occasions and Sipho Kgodu (SM20-24) (Unattached) was third over the line in 19:16. Current standing in the men’s annual points competition: Andre Stevens (Unattached) 2555 pts, Mmaphuti Solomon Moruni (Unattached) 2163 pts and Erhard Geyser (Mogol AC) 2124 pts. Women’s placings: Jolande Viljoen (VW5054) of Mogol AC, was first (8th overall) over the line in 24:30 - 11th time in 18 appearances, Lindie Smit (SW30-34) (Unattached) was second (10th overall) over the line in 25:13 and Be- nise Geyser (SW30-34) of Mogol AC, was third (14th overall) over the line in 25:46 - has been first to finish on 11 previous occasions. Current standing in the women’s annual points competition: Benise Geyser (Mogol AC) 2430 pts, Marietjie Nel (Mogol AC) 2354 pts and Rene Lubbe (Unattached) 1913 pts. The following runners recorded the best age grade scores: Mmaphuti Solomon Moruni (SM20-24) was graded 76.18% for the time 16:56 (first overall), Caleb Khokhololo (SM2024) was graded 73.16% for the time 17:38 (second overall) and Jolande Viljoen (VW5054) was graded 68.44% for the time 24:30 (8th overall). Saturday’s full results and a complete event history can be found on the Mogol parkrun results page. Laerskool Dwaalboom atlete presteer Twee atlete van die Laerskool Dwaalboom het JHNZDOL¿VHHU RP DDQ GLH SURYLQVLDOH DWOHWLHNbyeenkoms op 28 Februarie in Polokwane deel te neem. Hier is Phitlhello Mangena (hoogspring 0.13) en Christiaan Welgemoed (gewigstoot 0.12).