HOE BEPLAN EK `N PROJEK? - Aanleer van Afrikaans Graad R

Transcription

HOE BEPLAN EK `N PROJEK? - Aanleer van Afrikaans Graad R
1
HOE BEPLAN EK 'N PROJEK?
2
ORDEN JOU GEDAGTES SÓ - ONS WYS JOU HOE
Kry jou gedagtes agter mekaar


Lees die opdrag versigtig
Maak doodseker jy verstaan die onderwerp voor jy
wegspring.
Begin jou navorsing


Soek jou feite op die regte plekke
Gebruik betroubare bronne wat akkurate inligting
verskaf
Skryf dit in jou eie woorde





Moenie inligting sommer net herhaal nie
Skryf jou idees neer op jou eie manier en in jou eie
woorde
Moenie te slim probeer klink nie
Maak seker die inligting pas by die opdrag
Is al die feite in 'n logiese volgorde?
Rond jou projek nou af

Kontroleer die titel en inhoudsopgawe
3




Nommer die bladsye
Het al die foto's onderskrifte?
Waar het jy jou feite gekry? Stel 'n bronnelys op
Ten slotte - Maak seker jou blaaie is netjies en in die
regte volgorde.
MAAK JOU EIE BREINKAART



Neem 'n skoon bladsy. Begin deur 'n klein sirkel in die
middel te trek. Skryf die titel of opdrag van jou
skooltaak daarin neer. Dit is jou oorspronklike idee.
Werk jou navorsingsinligting deur en identifiseer die
hooftemas wat met jou oorspronklike idee te doen
het. Trek nou 'n paar sirkels om jou oorspronklike ideesirkel en skryf die hooftemas daarin neer.
Neem elke hooftema en identifiseer kleiner subtemas
wat daarmee te doen het. Trek kleiner sirkels om elke
hooftema-sirkel en skryf jou subtemas daarin neer.
4
5
Die kunstenaar en skrywer Hans Anton Aschenborn (1 Februarie 1888 – 10 April 1931)
was bekend vir sy skilderye en illustrasies van diere in Suid-Afrika en Duitsland (sien ouer Duitse Thieme-Becker of
Saur kunsensiklopedies, daar is ook ‟n doktors tesis gedoen oor Hans Anton Aschenborns se grafiese werk in die
bekende kultuurtydskrif 'Lantern' van 1965 - sien |1| onder). Hy, Sangiro en Pierneef was vriende. Aschenborn het
illustrasies gemaak vir Sangiro se 'Uit Oerwoud en Vlakte' en sy 'Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld'.
Aschenborn se eie boeke soos 'Onduno und andere Tiergeschichten' en 'Satan und andere afrikanische Erzählungen' is
in Afrikaans vertaal. In 1916 het hy die teks vir die lied "Heia Safari" geskryf.
Uli Aschenborn
Die kunstenaar Uli Aschenborn (Hans Ulrich Aschenborn) is in 1947 in Johannesburg Suid-Afrika
gebore |1| |4|.
Sy pa Dieter Aschenborn en sy oupa Hans Anton Aschenborn (of Hans Aschenborn) is albei bekende kunstenaars in
Suider-Afrika |2| |3| |12|. Ook is Uli een van die bekendste kunstenaars van Namibië en soos sy pa en oupa bekend veral
vir dinamiese diereskilderye en landskappe van Afrika |8| |9| |11|. Daar is in Windhoek ook ‟n Aschenbornstraat. Uli wat in
Aachen Duitsland lewe, begin ook alhoemeer bekend raak in Europa |11|.
Uli geniet aansien as 'n restoureerder van Afrikaanse en Europese skilderye, en het ook 'n paar merkwaardige
muurskilderye in Namibië gedoen (soos by Düsternbrook, Okapuka, die Cañon Lodge, Kings Den en meer). Hy het ook
al verskeie hekke ontwerp |9|.
Uli kyk terug op 'n suksesvolle loopbaan as kunstenaar en die feit dat hy talle nuwe, interessante tegnieke ontwikkel
het om 'n verskeidenheid skilderye, beelde en voorwerpe te skep wat voor jou oë van voorkoms kan verander. Die
media beskryf dié innovering as "Uli Aschenborn's Amazing Changing Art" |9| |11|.
6
Uli se nuwe werk - wat 2006 in die Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek uitgestal was - bestaan onder
meer uit sy innoverende beelde wat om 'n aslyn draai. Die silhoeët vertoon dus 'n verandering. 'n Sprekende voorbeeld
hiervan is 'n roterende beeld in silhoeëtvorm wat die voortdurende verandering van 'n jong dame na 'n ou vrou
uitbeeld, of 'n aap wat in 'n mens omskep word. Dit word selfs duideliker uitgebeeld wanneer hierdie sogenaamde
'Morfo-Skulpture' verlig word sodat die skaduwees op 'n muur val (sien video links bo) |8|.
Tot Uli se nuwe werk behoort ook poli-aspek skilderye. Van hierdie werke roteer om 'n aslyn en kan van verskillende
kante bekyk word. Elke kant beeld 'n verskillende tema uit. Sommige vertoon kleiner voorwerpe in verskillende lae uit
wat soos 'n legkaart saamgestel is. Dit kan baie ingewikkeld wees, soos die been van 'n vrou wat terselfdertyd die
voorkop van 'n man kan wees, of dalk die neus van iets anders, en so voorts (sien heel onder) |8|.
Nog 'n rits werke is helder tekeninge wat onder glasstene monteer is. Uit elke oogpunt verander die enkele beeld in
iets heeltemal anders. Een daarvan is 'n vis wat lyk asof hy onder water swem. Afhangend van hoe dit gedraai word,
lyk dié vis eers vriendelik, dan kwaad, dan skrik hy, op 'n stadium gaap hy selfs oopmond (sien foto onder) |8|.
Toekennings


1964 Wenner van die "Kunswedstryd Suidwes-Afrika"
1978 Borchers-toekenning
Uitstallings (keuse) |1|









1993 “Afrika & ‚Komper-Kuns´“ Galery Artelier Windhoek (Namibië)
1999 “Afrika“ Port Andrat‟s (Mallorca)
2005 “Morphs“ gelyktydig in die twee galerye FAH en HAF in Maastricht (Nederland)
2006 “Morphs“ Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek (Namibië)
2007 “Aschenborn – Retrospektive Kendzia Galery“, Windhoek (Namibië)
2007 “Retrospektive“ in die Hexagone Galery in Aken (Duitsland)
2008 “Afrika" Kendzia Galery, Windhoek (Namibië)
2009 "Out of Afrika" - Uli Aschenborn – Malmedé Galery, Keulen (Duitsland)
2009 "Afrika - Uli Aschenborn" - Artedomus, Parys (Frankryk)
Groepuitstallings (keuse) |1|





1965 “3 Generasies Aschenborn“ Windhoek (Namibië)
1975 en 1976 gekies deur „n jurie vir die "Winter Uitstalling" Suermondt-Ludwig-Museum Aken (Duitsland)
1979 "Fotos vanuit drie Perspektiewe”, Atrium Aken (Duitsland)
2007 "Teëls" Ludwig Forum vir Internasionale Kuns in Aken (Duitsland)
2009 "20 Jare Galery Hexagone" Aken (Duitsland)
Bronnelys en verwysings - Eksterne skakels






|1| Lewensbeskrywing van Uli Aschenborn gevind by die duitse 'BBK' (dit is die grootste organisasie van
kunstenaars in Duitsland) - Lys van sy uitstallings
|2| Hans Anton Aschenborn op die Engelse wikipedia
|3| Dieter Aschenborn op die Engelse wikipedia
|4| Uli Aschenborn op die Engelse wikipedia
|5| Namibiese Duitse tydskrif Allgemeine Zeitung
|6| Tydskrif in Duitsland met sommige skilderye
7










|7| Duitse tydskrif
|8| Namibiese tydskrif Republikein
|9| Namibiese tydskrif Republikein
|10| Namibiese tydskrif Republikein
|11| Namibiese tydskrif New Era
|12| Namibiese Lewensbeskrywings
|13| Namibiese Duitse tydskrif Allgemeine Zeitung
|14| Tydskrif in Duitsland
|15| Namibiese tydskrif Republikein met sommige van Uli Aschenborn se kunswerke
|16| Duitse Galery in Keulen met sommige van Uli Aschenborn se etse
8
Marlene Dumas
Marlene Dumas (gebore 3 Augustus 1953 in Kaapstad, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaans gebore kunstenaar wat sedert
1976 in Amsterdam, Nederland woon en werk. Sy kombineer elemente van Ekspressionisme met konsepsuele kuns in
ink en waterverf werke en olie op doek skilderye.
Marlene Dumas het in Kuilsrivier groot geword en by die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch skool gegaan. Sy
het daarna by die Universiteit van Kaapstad studeer van 1972 tot 1975 waar sy 'n BA in beeldende kuns verwerf het.
Sy het daarna in 1976 na Nederland geïmigreer waar sy by die Ateliers '63 in Haarlem gewerk het.[1]
Dumas het spoedig internasionale sukses bereik. In 1982 het sy op 29-jarige ouderdom aan Documenta VII in Kassel
deelgeneem. Sy het solotentoonstellings in van die wêreld se voorste galerye en museums gehad soos die Tate in
Londen (1996), die Pompidou-sentrum in Parys (2001) en die Museum vir Eietydse Kuns in New York (2002). In 1995 het
sy Nederland op die Venesiese Biënnale verteenwoordig. Op 8 November 2007 is haar eerste solouitstalling in SuidAfrika, getiteld Intimate Relations, by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad geopen. Die uitstalling
skuif later na Johannesburg waar dit van 6 Februarie tot 29 Maart 2008 in die Standard Bank-galery vertoon sal
word. In 2008 word ‟n solotentoonstelling van haar werk in die Museum vir Moderne Kuns in New York gehou.[2][3]
Die doel van haar werk is om die verhouding tussen kuns, vroulike modelle en selfs pornografie uit te beeld. Die
beginpunt van baie van haar werk is Polaroidfoto's van haar vriende en minnaars. Sy gebruik ook tydskrifte en
pornografiese materiaal. Marlene Dumas skilder ook portrette van kinders en erotiese tonele.[4]
In Februarie 2005 is haar skildery "Die Onderwyser" wat sy in 1987 geskilder het vir 'n rekordprys van $3,34 miljoen
deur die afslaers Christie's in Londen verkoop. Die skildery vertoon 'n uitbeelding van 'n geposeerde klasfoto.[5]
Eksterne skakels [wysig]




website Marlene Dumas
Zeno X Galery - Marlene Dumas beelde, biografie en cv.
Die Saatchi Galery - Marlene Dumas, galery in Londen met beelde, inligting, teks en 'n biografie van Marlene
Dumas
Die dokumentêre program 'Miss Interpreted' volg Dumas se aktiwiteit vir 'n periode van ses maande terwyl
sy vir 'n uitslalling voorberei wat sodoende intieme insae in haar werk en idees vertskaf. Dit is beskikbaar by
DocsOnline
Verwysings [wysig]
1.
2.
3.
4.
5.
^ MARLENE DUMAS \ INTIMATE RELATIONS, Jacana Media, Roma Publications,
^ Rapport, Menswees deur die oë van Dumas deur Cobus van Bosch, Besoek op 15 Desember 2007
^ iziko, current exhibitions, besoek op 15 Desember 2007
^ Frith Street Gallery, MARLENE DUMAS, Besoek op 15 Desember 2007
^ The New York Times, Marlene Dumas's Number Comes Up, Besoek op 15 Desember 2007
9
ANN NOSWORTHY
Ann Nosworthy in 2008
Ann Nosworthy (gebore Anna Margareta Uys) is 'n Suid-Afrikaanse Impressionistiese skilder wat in Constantia,
Kaapstad, woon. Sy is twee keer deur die Suid-Afrikaanse Kunstenaarsvereniging as olieverfskilder van die jaar
genomineer.
In 1936 was sy die sewende inskrywing op die dag dat die Laerskool Groote Schuur in Rondebosch, Kaapstad, gestig is,
nadat haar moeder, wat 'n lidmaat van die NG gemeente Rondebosch was, te hore gekom het van die stigting van 'n
Afrikaansmediumskooltjie in die onafrikaanse suidelike voorstede. Na sy haar laerskoolopleiding eers in die NG
kerksaal en daarna in die skool se tweede tuiste, die herehuis Forest Lodge, voltooi het, was sy 'n jaar lank 'n leerling
aan die Hoërskool Jan van Riebeeck tot sy na die Hoër Meisieskool La Rochelle op Stellenbosch gegaan het.
Haar eerste solo-uitstalling was byna uitverkoop en dié wat daarop gevolg almal so te sê ook. Sy word geïnspireer
deur plattelandse tonele en die see. Buiten haar huis in Constantia, het sy ook jare lank al 'n vakansiehuis op
Blouwaterbaai, Saldanha, waar sy baie van haar werk doen.
10
11
NELSON MANDELA ART
Original Lithographs by Nelson Mandela
“My Robben Island” is the title of artwork by ex-president and Nobel Laureate Nelson Mandela.
The Robben Island series was sketched and completed by Nelson Mandela between
March and June of 2003. The series is made up of 21charcoal sketches and subjects from Robben Island. They are
images that Mr. Mandela found deeply meaningful during the period of his incarceration on the island.
The sketches have been executed in simple black charcoal lines with selected elements highlighted in pure pastel
colours. The symbolism behind Nelson Mandela‟schoice in use of line, colour and composition is significant. Colour has
significant symbolic value African culture and it is this , and the simple use of line, that plays a dominant role in all
the drawings.
“My Robben Island Series 1”, consists of an edition of 500 signed and numbered colour lithographs and 50 artists
proofs, made from hand-drawn colour separations by Nelson Mandela. The series consists of “the Cell, the Window,
the Artists Motivation, all in portrait format, measure 650mm x 500mm full paper size, unframed. “The Lighthouse,
The Church, and The Harbour” are presented in landscape format
“My Robben Island Series 2”, “The Tower Mandela‟s walk, The Courtyard, The Tennis court and The Ward” each consist
of an edition of 350 signed and numbered colour lithographs lithographs and 25
artists proofs, made from hand drawn colour separations by Nelson Mandela.
Each lithograph is presented with a commissioned photograph and hand
written motivation.
The processing proofing and printing of the series was done under the
supervision of the Michaelis School of fine art, University of Cape Town by Prof.
Stephen Inngs and Tamarind Master Printer Ernestine White assisted by Russel
Jones. All the printing materials and plates were destroyed on completion of
the printing of the lithographs. Proceeds of the sales of the lithographs are
distributed to programmes and projects that Nelson Mandela personally
supports.
The Cell. The Cell is a lithograph of the cell that became a home for Nelson
Mandela; 27 years of his life were spent here after he was convicted under the
Apartheid regime for terrorism.
12
The Window. This is a symbolic representation of Table Mountain from
Nelson Mandela‟s prison window. Table Mountain presented a hope to
the prisoners of freedom. The mountain could not be seen from Mr
Mandela‟s window but the lithograph presents, vividly, that envisioned
freedom.
The Motivation. Through the eloquent words of Nelson Mandela an insight is
given into the life he led while imprisoned and the hope he wishes to express
through his art. A part of The Motivation reads; “In these sketches…I have
attempted to colour The Island sketches in ways that reflect the festive light
in which I view it.
The Church. A refuge for the prisoners of Robben Island, The Church was an encouraging anchor in the often troubled
times of imprisonment.
13
The Harbour. The only contact with the outside world came via the harbour. Through letters and news from those on
board the ships the prisoners received scraps of news which buoyed their hearts.
The Lighthouse. The Lighthouse
kept all ships away from the
dangerous rock shelves which
surround Robben Island but to the
prisoners it was a constant
reminder of where they were and
how impossible escape was.
14
My Robben Island Series 2
The Ward
Part of the hand written motivation By Nelson Mandela reads: “The hospital I have sketched here served as a vital
and secret link between us and the rest of the world.
Through the hospital, news about our families, our friends, the struggle and everyday events outside the prion would
trickle through. It became one of our most important lifelines to the outside world.
The Tennis Court
Part of the hand written motivation by Nelson Mandela reads: “…...we painted the cement courtyard surface to
create a traditional tennis court layout. Strangely, Robben Island was the first opportunity for me to play tennis
since university…..”
The Courtyard
Part of the hand written motivation by Nelson Mandela reads: “the courtyard in Robben Island prison was an
unfriendly, empty and barren place.
It was a somber reminder of where I was. From the beginning of my imprisonment I asked to start a garden to
change this…..”
15
The Tower
Part of the hand written motivation by Nelson Mandela reads: “in the prison, the towers looked over us throughout
the day. In this sketch I have attempted to pull together the two elements that overshadowed our lives for so many
years: the towers and the ever restraining barbed wire…..The use of more cheerful colours in the sketch is my way of
presenting how we feel today
.”
Mandela‟s Walk
Part of the hand written motivation by Nelson Mandela reads: “we worked the quarries for thirteen years as part of
our hard labour sentence.
It was hard work, but we did not mind, as it meant we could leave the prison compound and have the “freedom” to
walk and talk together on the long road to the quarry.
Impressions of Mandela
Colour left hand
A lithographed impression of Nelson
Mandela‟s left hand with handprints
of children. Edition size 500. Also
available in black .
The Right hand
A lithographed impression of
Nelson Mandela‟s right hand
displaying “Africa in the palm of
his hand.”
From an edition of 1000 signed
and certified lithographs.
16
Illustrated Long Walk to Freedom
Leather bound and personally signed by Nelson Mandela. This
item includes four commissioned photographs.
Edition size– 950
Bars and Key, also called “freedom”- an exact replica in bronze,
of the key to Nelson Mandela‟s Robben Island cell is mounted
below the bars; symbolizing freedom after 27 years in prison.
Edition size 3000. All signed personally by Nelson Mandela.
Struggle Series”
The Struggle Series
A collection of five charming line drawing tracings and one
handwritten motivation by Nelson Mandela.
They depict the various stages of our countries development and the
direct influence that Nelson Mandela has brought from “struggle,
imprisionment, freedom, unity and future.”
Each line drawing lithograph has a printed signature with the
motivation having been personally signed by Nelson Mandela.
Edition size 950.
17
BETTIE CILLIERS-BARNARD
Bettie Cilliers-Barnard (distrik Rustenburg 18 November 1914 - Pretoria 15 September 2010) was 'n gevierde SuidAfrikaanse skilder en is tot haar dood beskou as die doyenne van plaaslike kunstenaars. Buiten in haar geboorteland
het sy ook in Parys, Switserland, die VSA en die Verenigde Koninkryk gestudeer.
Sy het in 1937 'n BA aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 1940 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Later jare
volg eredoktorsgrade van onder meer die Universiteit van Pretoria (2002), die Randse Afrikaanse Universiteit (1999) en
die Universiteit van Potchefstroom (1990).
Cilliers-Barnard hou haar eerste solo-uitstalling in 1946 in Pretoria. Sy het aan verskeie biënnale wêreldwyd en meer
as 70 solouitstallings deelgeneem, waarvan etlike ook in die buiteland vertoon is. Die groepuitstallings waarby haar
werk binnelands sowel as buitelands ingesluit is, tel meer as 150.
Haar opdragwerke sluit onder meer die Provinsiale Gebou in Pretoria en Bloemfontein, die ou Jan Smutslughaweterminaal, die Gesondheidsdepartement, Staatsteater en Pretoriase Oooginstituut in.
Cilliers-Barnard is met meer as 20 toekennings vereer, onder andere:










Goue Medalje vir Skilder - Transvaalse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Johannesburg
Merietesertifikaat - XIe Grand Prix International d'Art Contemporain, Monte Carlo
Erepenning vir Skilder - Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Kanselliersmedalje - Universiteit van Pretoria
Staatspresidentstoekenning vir Eervolle Diens
Certificate of Merit for Distinguished Achievement, The World Who's Who of Women
Commemorative Medal of Honour - American Biographical Institute
World Decoration for Excellence - American Institute (Biographical)
The "First Five Hundred", International Biographical Centre of Cambridge, Verenigde Koninkryk
"Women of the Year" - International Biographical Centre of Cambridge
Sy was lewenslange lid van die Grand Council of the ConFed of Chivalry, Australië en vollid van die Suid-Afrikaanse
Akademie vir Wetenskap en Kuns.
18
PERSOONLIKE LEWE [WYSIG]
Sy was die dogter van Johannes Christoffel en Johanna Wilhelmina Barnard, getroud met Carel Hancke Cilliers en die
moeder van die aktrise Jana Cilliers.
‟N TOEGEWYDE KUNSTENAARSKAP
2010-09-17 23:23



Artikelopsies
Deel
Kry Die Burger op
Bettie Cilliers-Barnard in 2008.Foto: Lisa Hnatowiczbettie cilliers-barnard
1914?–?2010
Foto's · Lesersfoto‟s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Kaapstad – Die kunstenaar Bettie Cilliers-Barnard is Woensdag oorlede. Renée Rautenbach, ‟n jarelange vriendin,
bring aan haar hulde.
Bettie Cilliers-Barnard was altoos ‟n petite vrou met ‟n kragtige, ondersoekende gees. Sy is in haar interessante huis
teen die koppie van Menlopark waarin sy vir meer as 60 jaar gewoon het, oorlede, omring deur haar geliefde pragtuin.
Die vermaarde, vereerde kunstenaar van Pretoria wat op 18 November 96 jaar sou word, laat die plaaslike kunswêreld,
19
haar familie en vriende met ‟n merkwaardige erfenis na.
Elizabeth Petronella Barnard is in 1914 in die distrik Rustenburg gebore, die vyfde kind van sewe.
Haar pa, Johannes, het uit die distrik Carnavon as transportryer in Transvaal kom werk. Ná die Anglo-Boere-oorlog
(hy was ‟n krygsgevangene in Bermuda) is hy met Johanna Conradie van Rustenburg getroud en het op haar
familiegrond begin boer.
Bettie Cilliers-Barnard se fyn “Fransheid”, verwonderdheid oor haar groter omgewing, toegewydheid aan haar
naastes en matelose werkdissipline het van haar ‟n bewonderde kunstenaar, ma, ouma, grootjie en vriendin gemaak.
Haar liefde vir Parys het in 1948 begin toe sy ná ‟n ruk in Nederland daar gaan studeer het. Sy is daarna vyf keer vir
korter periodes terug na Parys en is in 1998 – 50 jaar ná haar eerste besoek – terug op die ouderdom van 84 jaar.
Om saam met haar (in bittere koue) op haar ou spore te loop, was meer as ‟n voorreg: van die akademie in
Montparnasse tot die litografiese ateljee in die Marais waar sy gewerk het, kon sy elke straatnaam, metrostasie,
gebou en kafee van die pad aandui en ‟n staaltjie vertel.
As een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Kunsvereniging en aktiewe betrokkene van die Kunsvereniging
Pretoria was Bettie Cilliers-Barnard belangstellend en inspirerend vir jong kunstenaars. Haar kennersoog is vir jare
ingespan om uitstalwerke met presisie en perfeksie te hang.
Sy sal onthou word vir haar aansporing vir jong kunstenaars, veral dat beeldende kuns harde werk is en dat ‟n mens
nie net bloot kan wag vir inspirasie nie. Sy was ook grootliks gemoeid met die aankoop van die SA Kunsvereniging se
woonstel vir belowende kunstenaars in die Cité des Arts in Parys.
Die handtekening van Bettie Cilliers-Barnard is vir meer as ses dekades al tekenend van nie-figuratiewe skilderkuns in
Suid-Afrika. Haar werk verteenwoordig ons land wêreldwyd; sy is talle kere nasionaal en internasionaal vereer, het 77
solo-uitstallings gehad en aan talle groepuitstallings deelgeneem.
‟n Oorsigtelike uitstalling van haar werk in die Universiteit van Pretoria (waarmee sy ‟n lewenslange lojale verbintenis
gehad en waar sy ‟n ere-doktorsgraad ontvang het) se versameling is in April vanjaar onder die titel Vlerke Binne Tydlose Ruimte op die hoofkampus gehou. Hierdie titel kan as tekenend van haar as mens en kunstenaar beskou word: sy
het haar omgewing, werk en mense om haar sonder begrensing beskou en was tydloos, ouderdomloos.
Die groot ruimte van die heelal het haar altyd gefassineer en die behoefte aan ‟n “wegwêreldse” (om haar eie woord
te gebruik) verplasing was dikwels teenwoordig. Sy het graag haar sin vir ruimtelikheid aan haar kinderjare se wye
horison met die Pilanesberg op die agtergrond toegeskryf.
In 1996 het ‟n boek deur Muller Ballot oor haar werk verskyn en in 2006 is ‟n bygewerkte weergawe in Engels as Bettie
Cilliers-Barnard: Towards Infinity gepubliseer.
)?‟n Gedenkdiens word op Donderdag 23 September om 12:00 in die NG gemeente Pretoria-Oos in Stellastraat,
Brooklyn, gehou.
JAN VOLSCHENK
20
Aandgloei: Die Langeberge by Riversdale (Mozambiquerskop) (1927)
Widdringtonia nodiflora, Heather (1918)
Mistige oggend in die Langeberg (1916)
Jan Ernst Abraham Volschenk (gebore Riversdal-distrik, 20 Augustus 1853 – oorlede Riversdal, 22
Januarie 1936) was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns gewy het. Die
onderwerpe van sy skilderye kom byna almal uit die Riversdal-omgewing in die tydperk vanaf 1870.
INHOUD
21
[versteek]










1 Kinderjare
2 Opleiding
3 Styl, kleur, tegniek, onderwerpe
4 Professionele loopbaan
5 Karakter, belangstellings
6 Volschenk-gesin
7 Vera Volschenk en Elaine Hayward
8 Volschenk se bekendste werke
9 Volschenk leef voort
10 Bibliografie
KINDERJARE [WYSIG]
Volschenk is op die plaas Melkhoutkraal gebore. As jong seun was hy reeds vroeg by die boerdery as skaapwagter
betrokke. Plaasskole het daardie jare daar nog nie bestaan nie en sy onderrig het bestaan uit Bybelonderrig en
basiese lees-, skryf- en rekenvaardigheid. Met sy tekeninge in die sand en op klippe van die omringende berge en die
plaaslike plante openbaar hy „n besondere tekenaanleg. Dit het veral die aandag getrek van landmeter James Reitz
op sy besoek aan die plaas. Met die gevolg dat Volschenk op 13-jarige ouderdom ingeskryf word as leerling aan die
pasgestigte Hoër Seunskool op Riversdal. Na sy skoolloopbaan tree Volschenk as boekhouer in diens van prokureur
Gysbert Reitz, broer van die landmeter, by die firma Reitz en Versfeld op Riversdal.
OPLEIDING [WYSIG]
In sy vrye tyd lees Volschenk wyd oor die skilderkuns, bekyk skilderye en eksperimenteer met die penseel. „n
Sesmaande-lange reis in 1893 bring hom in verskeie Europese lande. Hy besoek talryke kunsgalerye en bekyk hul
kunsskatte. Met die oog op moontlike hoëvlakonderrig spreek hy „n Belgiese meester. Daar kry hy die onverwagte
advies om voort te gaan op sy reeds ingeslane weg en om nie formele opleiding te ondergaan nie. Volschenk se
enigste werklike kunsonderrig was dus die kunslesse wat hy as leerling volgens die normale skoolleerplan ontvang het.
STYL, KLEUR, TEGNIEK, ONDERWERPE [WYSIG]
Omdat Volschenk homself in die skilderkuns onderrig het, kan hy moeilik by „n groep skilders met „n bepaalde styl
ingedeel word. Na sy uitgebreide Europese besoek het sy gebruik van kleur merkbaar verander. Voorheen was dit baie
donkerder en na sy besigtiging van skilderye van die Impressioniste was daar „n bepaalde invloed deur die groep in sy
werk merkbaar. Sy latere skilderye was ligter van kleur met flou pienk, oranje, blou, grys en pers. Tipiese kleure van sy
omgewing wat hy gebruik, is die mistige blou, silweragtige grys en rosige vlaktes. Verder gebruik hy donker rooi en
pers tinte en lig op die berghellings. Kenners bespeur „n ooreekoms tussen sommige van Volschenk se werke en Duitse
kunstenaars van sy tyd. Volschenk het die natuur so getrou as moontlik op die doek probeer vasvang. Sy tegniek was
eenvoudig. Veral opvallend was sy smal verfhale. Sy onderwerpe was meesal uit sy omgewing: Langeberg, Riversdal,
Boland, Klein Karoo, „n lae oggendson, see, aalwyne, pienk heide, wolke. Sy nalatenskap lê veral in sy uitbeelding van
die landskap van die Suid-Kaap.
PROFESSIONELE LOOPBAAN [WYSIG]
Die jaar 1879 kan beskou word as die begin van Volschenk se professionele loopbaan as landskapskilder. Toe neem hy
vir die eerste maal en slegs met 4 skilderye deel aan „n uitstalling in Kaapstad. Sy bekendheid het van toe af stadig
toegeneem en kunskopers het by hom aan huis gekom om skilderye te koop. In 1904 word hy die eerste SuidAfrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns wy. Sedert 1914 raak sy werke landswyd gewild, veral ook
deur die bemarking deur die firma Lezard. Sy werke het belangstelling en „n liefde vir skilderkuns by die Suid-
22
Afrikaanse publiek gewek. Gevolglik word hy in 1931 verkies tot erelid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap
en Kuns.
KARAKTER, BELANGSTELLINGS [WYSIG]
Volschenk was „n beskeie, beminlike en verdraagsame persoon. Daarby was hy oplettend en noukeurig. Die
karaktertrek lei daartoe dat hy „n versameling van 4 000 verskillende kewersoorte opgebou het. Dit het soveel
buitelandse belangstelling gewek dat hy moes kies tussen „n loopbaan as kunsskilder of insektekundige. Ook die
heraldiek het sodanig sy belangstelling geprikkel dat hy as „n kenner beskou is. Houtwerk, houtsnywerk en tuinmaak
was sy stokperdjies. Vir jare lank was hy ere-sekretaris van die skoolkomitee van die plaaslike Hoër Meisieskool. Die
Volschenk-gesin was betrokke by hul gemeenskap en by feestelike geleenthede het Volschenk die leiding geneem in
dorpsverfraaiing.
VOLSCHENK-GESIN [WYSIG]
Die 44-jarige Volschenk trou in 1898 met Helen(a) Smalberger, „n meisie van die plaas De Draai net buite Riversdal. Uit
die huwelik is nege dogters gebore wat almal „n kunstalent geopenbaar het. In die gees van die tyd was die
Volschenk-gesin se huistaal oorwegend Engels.
VERA VOLSCHENK EN ELAINE HAYWARD [WYSIG]
Volschenk se oudste dogter Vera is op 11 Mei 1899 te Riversdal gebore. Ook sy het „n bekende skilder geword met „n
styl wat verrassend veel met die van haar vader ooreenkom. Sy skilder ook dieselfde onderwerpe. Vera het haar
opleiding in Grahamstad ontvang en is daarna dosent aan die destydse onderwyserskollege op Oudtshoorn. Na haar
egskeiding vestig sy haar op Stilbaai en hou gereeld uitstallings. Haar dogter Elaine Hayward (later bekend as Helene
Volschenk Hayward en na haar troue as Helene Volschenk Gerrand) het haar moeder en oupa se kunstalent geërf. Sy
leer die fynere tegniek van die skilderkuns by „n kunsskool in Londen. Vera Volschenk sterf op 20 April 1987 en haar
dogter Elaine (gebore 1924) enkele dae later op 26 April 1987.
VOLSCHENK SE BEKENDSTE WERKE [WYSIG]
1.Plaashuisie, distrik Riversdal (1912); 2.Berg, Riversdal (1915); 3.Gemengde plantegroei om die voet van die Langeberge
(1932); 4.Bergpad, Riversdal (1932); 5.Mosbegroeide rotse, Riversdal (1934); 6.Oggendgloor op die Drakensteinberge,
Daljosafat (1935); 7.Dagbreek in die Karoo; 8.Groot Drakensteinberge; 9.Sonderendrivier; 10.„n Appelkoosboord op
Wellington; 11.„n Stellenbosse wyngaard op die plaas Bon Foi; 12.Aalwyne; 13.Berge en aalwyne; 14.Skape; 15.Aandgloor
(1927); 16.Seetoneel; 17.Bergsipresse (1918); 18.Huis op die heuwel; 19.Bainskloof
VOLSCHENK LEEF VOORT [WYSIG]
Jan Volschenk leef nie net voort in sy werke wat landswyd in verskeie kunsgalerye vertoon word nie. Laerskool
Volschenk en Volschenkstraat, beide op Riversdal, dra sy naam. In 1978 het die poskantoor 4 posseëls uitgegee met
skilderye van Volschenk. Op die eerstedagkoevert wat saamgegaan het met hierdie posseëls is ook „n foto van die
skilder. Volschenk lê begrawe in die begraafplaas aan die suidekant van die nasionale pad N2 wat deur Riversdal gaan.
DAVID KUIJERS
David Kuijers is 'n Suid-Afrikaanse skilder.
23
Kuijers is gebore op 30 Maart 1962 in Vanderbijlpark, naby Johannesburg. Sy ouers is Nederlandse immigrante. Sy pa
was ook 'n kunstenaar en het David van 'n vroeë ouderdom aangemoedig om te teken en te skilder. Hy voltooi sy
opleiding aan die Skool vir Kuns, Musiek en Ballet in Pretoria. In 1980 behaal hy 'n onderskeiding in grafika sowel as die
beste skilder van die jaar toekenning aan die skool. Nadat hy 'n kort tydperk as 'n letterskilder gewerk het, het hy 'n
grafika ontwerpersdiploma aan die Kaapstad Technikon voltooi met illustrasie as hoofvak. Hy gradueer in 1989, en die
ondwerper/illustreerder meriete sertifikaat word aan hom toegeken.
Kuijers het 'n tyd as vryskut ontwerper en illustreerder gewerk maar is nou 'n voltydse kunstenaar.
BRAND EIS BEKENDE SKILDER
2010-08-26 12:02



Artikelopsies
Deel
Kry Beeld op
Thinus Dippenaar
Kaapstad. – Die kunstenaar Ferrie Binge (84) is in haar woonstel dood toe ‟n verwoestende brand op die derde
verdieping van die St. Martini Gardens-woonstelle in die Tuine uitgebreek het.
Die brand het eergister omstreeks 23:30 begin.
Nooddiensbeamptes het deur die nag gewerk om die brand te blus.
Binge kon nie gered word nie en is weens die hitte en rook dood, het paramedici gesê.
Ander inwoners is vir rookinaseming behandel.
Niemand anders is dood nie. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Haar dood is ‟n groot skok vir almal, het ‟n familievriend, mnr. Jan du Toit, gisteraand gesê.
Haar seun, die bekende rolprentvervaardiger Herman Binge (wat getroud is met die aktrise Joanie Combrink) was
gisteraand van Windhoek na Kaapstad op pad.
Binge was getroud met wyle dr. Ludwig Binge, kultuurattaché in Nederland, en is in 1968 met die beroemde
kunstenaar Christo Coetzee getroud.
Sowat 120 van haar skilderye is op haar 80ste verjaardag by die Hoërskool Jan van Riebeeck in die stad uitgestal.
“Sy was ‟n onvoorwaardelike vriendin. Sy het nooit tussen mense onderskei nie. Sy was ‟n spontane skilder en het
sonder enige beperkinge geskilder,” het Du Toit gesê.
Binge het by geleentheid oor haar kleurgebruik gesê: “Het jy al ooit gesien hoe veldblomme hulself in kleure rangskik?”
Sy word ook deur oorleef haar kleinseuns Ludwig en Laurie.
Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
24
Frans Oerder (1867-1944), Hollander van geboorte, word as die „Vader‟ van skilderkuns in Suid-Afrika beskou en
dit is daarom goed dat sy kuns - portret, landskap en stillewe - verteenwoordig is. Van hom is daar tekeninge en
olieverfskilderye, maar die mooiste stuk is ongetwyfeld „Stillewe‟, 'n ruiker fyn Hollandse veldblommetjes in 'n swaar
eenvoudige koperpot teen 'n donker agtergrond.
Oerder is in Rotterdam gebore en het as jong man vir 'n paar jaar na Suid-Afrika gekom. Vir dertig jaar was hy weer
in Europa, hoofsaaklik in Holland, maar het sy laaste jare in Suid-Afrika deurgebring en is in Pretoria oorlede.
'n Suid-Afrikaanse kunstenares wie se faam buite haar landsgrense gestrek het, is Irma Stern (1897-1966) Van haar is
daar verskeie werke in die Versameling maar die uitstaande is die portret „Maleiermeisie‟, waarin bruin, geel, groen en
rooskleurtinte oorweeg. Die Maleierbevolking het vir Irma Stern en vir ander Suid-Afrikaanse kunstenaars meermale
geïnspireer. 'n Ander kenmerk van die Versameling, waarin Suid-Afrika se voorste kunstenaars deur hul beste werke
verteenwoordig word, is ook dat die onderwerp dikwels tipies Suid-Afrikaans is.
Neem nou maar vir Pierneef. Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957) het op aanmoediging van Oerder kunsopleiding aan
die Rotterdamse Akademie gaan geniet. Hy was landskapskilder, ook nie net skilder van die Suid-Afrikaanse landskap
in die algemeen nie, maar veral van dié van die Laeveld van Transvaal en die omgewing van Pretoria. „Landskap met
Berge‟, 'n olieverfskildery in sy vroeë styl waaruit sy bewondering vir Hugo Naudé, 'n ouer landskapskilder blyk, en
„Plaas naby Derdepoort‟ in die kenmerkende Pierneef-styl is daarom baie mooi
Walter Battiss het in 1964 die Erepenning van die Akademie ontvang en is 'n Suud-Afrikaanse kunstenaar wat
geruime tyd reeds in die buiteland erkenning geniet. Die twee-dimensionele neiging en helder kleur verleen 'n sterk
dekoratiewe karakter aan sy werk. Hiervan is „Aandmark in Afrika‟, 'n olieverf - skildery 50×50 cm groot, 'n goeie
voorbeeld.
toevoegings tot die Sanlam-versameling.
25
Van Hugo Naudé (1869-1941) is daar 'n gevoelvolle landskappie uit die Bolandse omgewing van Worcester waar die
kunstenaar lewenslank gewoon het, getitel „Breërivier‟.
Volschenk (1853-1936), Suid-Afrika se eerste professionele kunstenaar, was ook 'n Bolandse boerseun wat by uitstek
die landskap van sy omgewing geskilder het, aanvanklik in die donker kleure en romantiese gees van die negentiende
eeuse Europese skildertradisie. Die Sanlam-landskap „Uitsig langs die Vetrivier‟ is 'n baie goeie voorbeeld van sy vroeë
styl, voordat hy in Europa die werk van die Impressioniste leer ken het en sy palet ligter geword het. 'n Mens sou
graag ook 'n later Volschenk, in sy kenmerkende styl, hiernaas vertoon wou sien.
Nà Oerder, Volschenk, Naudé en Pierneef volg daar in die Suid-Afrikaanse kuns ander landskapskilders. 'n Mooi Kaapse
landskap van die Hollands-gebore Pieter Wenning sou die Versameling baie verryk. Nietemin, deur die landskappe wat
wel vertoon is - soos „Maan en Skaduwees‟ van Bertha Everard (1873-1965), „Umdonipark, Suidkus, Natal‟ van Edward
Roworth (geb.
[p. 125]
Maleier-meisie van Irma Stern, 'n olieverfskildery 59×49 cm. groot, is in bruin, geel, groen en rooskleurtinte uitgevoer
en is een van die mooiste stukke in die Sanlam-versameling.
1880), „Constantia-landskap‟ van Enslin du Plessis (geb. 1894), die landskappe van Gregoire Boonzaier (geb. 1909) en van
Paul du Toit (geb. 1922) onderskeidelik, en „Bok in die Veld‟ van Gordon Vorster (geb. 1924) kon die besoeker aan die
tentoonstelling hom 'n sketsmatige idee van die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse skilderkunstradisie in hierdie
genre vorm, deur die stylrigtings van die Realisme, die Impressionisme en die Ekspressionisme soos in gewysigde
vorm hier te lande beoefen. Met hulle individuele style het kunstenaars ook tot genoemde stylrigtings bygedra in
hulle uitbeelding van tonele langs die Suid-Afrikaanse kus, by die hawens, uit die lewe van die vissersgemeenskap. In
dié verband is voorbeelde in die Versameling baie interessant, soos „Ou Kaapse Visser‟ van Dorothy Kay (1886-1964),
„Durban-landskap‟ van Clement Seneque (1897-1930), „Vishawe, Kaapstad‟ van Alfred Krenz (geb. 1899), „Vissersmense‟
van Maurice van Essche (geb. 1906), „Onrusrivier‟ van Francois Krige (geb. 1913), „Huisies by Arniston‟ van Terence McCaw
(geb. 1913), en „Vissersdorp, Waenhuiskrans‟ van Marjorie Wallace (geb. 1925).
26
Skilderye soos „Skemer‟ ook van Maurice van Essche, „Terugkeer van die Myne‟ van Nerine Desmond (geb. 1908),
„Blommeverkoopsters‟ van Eleanor Esmonde-White (geb. 1914), „Perde-oefening‟ van Carl Büchner (geb. 1924), en
„Sinjaalman en Ertstreine‟ van Alexander Podlashuc (geb. 1930) - is tonele tipies van Suid-Afrika.
Die Inboorling het sedert Frans Oerder se dae sy ikonografiese plek in die Suid-Afrikaanse kuns en twee mooi
voorbeelde in die Sanlam-versameling is „Naturellekop‟ van Fritz Krampe (1913-1966) en „Hereros‟ van Otto Schröder
(geb. 1913).
Nà Frans Oerder het heelwat Suid-Afrikaanse kunstenaars met mooi stillewes voor die dag gekom. Die mooistes van
Sanlam is seker „Twee Potte‟ van Florence Zerffi (1882-1962), „Proteas‟ van Alice Tennant (geb. 1887), „Stillewe met Rooi
Blom‟ van Jean Welz (geb. 1897) en „Suurlemoene‟ van Frank Spears (geb. 1906). Die dekoratiewe „Proteas‟ van Pranas
Domsaities (1880-1965) is 'n verdienstelike stillewe, maar 'n mens sou baie graag hierdie kunstenaar ook deur een van
sy tipiese Karoc-landskappe in die Sanlam-versameling verteenwoordig wou sien.
Dat Sanlam se keuse nie net tot tradisionele kuns beperk is nie, blyk uit 'n paar stukke van kontemporêre
kunstenaars soos „Opdrag‟ en „Aandmark in Afrika‟ van Walter Battiss (geb. 1906) en „Reverie Bleue‟ van Maud Sumner
(geb. 1902) waarin 'n sterk neiging tot die dekoratiewe en nie-figuratiewe voorstelling bespeur kan word. Beide hierdie
kunstenaars se faam het reeds verby Suid-Afrika se landsgrense gesprei.
Hoewel die Versameling gekritiseer is omdat belangrike Suid-Afrikaanse skilders nog nie met goeie voorbeelde van hul
kuns daarin verteenwoordig word nie, moet onthou word dat die Versameling steeds deur nuwe aankope aangevul
word, wat in die toekoms hopelik ook beeldhouwerk sal insluit sodat die beeldende kunste in Suid-Afrika volledig gedek
sal word.
Riena van Graan
Jean Welz se Stillewe met Rooi Blom is onder andere op die Sanlam-kalender vir 1969 afgedruk en het sodoende aan
baie mense groot genot verskaf. Dit is 'n olieverfskildery, 39×50 cm. groot. Jean Welz is tans een van Suid-Afrika se
mees gesogte kunstenaars. Die Erepenning vir skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is
onlangs aan hom toegeken.
27
JACOBUS HENDRIK PIERNEEF
J. H. Pierneef
Doopnaam
Jacobus Hendrik Pierneef
Geboorte
13 Augustus 1886; Pretoria
Afsterwe
4 Oktober 1957; Pretoria
J. H. Pierneef (gewoonlik slegs verwys na as Pierneef, 1886 - 1957) was 'n Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar en word
algemeen beskou as een van die beste ou Suid-Afrikaanse meesters. Sy kenmerkende styl word wyd herken en sy
werk is grootliks deur die Suid-Afrikaanse landskap beïnvloed.
Baie van sy kunswerke is van die Suid-Afrikaanse hoëveld, waarin hy ook 'n lewenslange inspirasie gevind het. Pierneef
se styl was om die landskap tot meetkundige strukture te reduseer, deur plat vlakke, lyne en kleur te gebruik om die
harmonie en orde in natuur voor te stel.
INHOUD







1 Lewensbeskrywing
2 Kunsloopbaan
3 Toekennings
4 Galery
5 Nalatenskap
6 Sien ook
7 Bronnelys en verwysings
LEWENSBESKRYWING
28
Pierneef is in Pretoria as een van ses kinders gebore aan Gerrit Pierneef en Neeske Christiane Buser. Gerrit Pierneef
was 'n meesterbouer van Nederlandse afkoms terwyl sy vrou en Neeske van Voortrekkersafkoms was. Tydens
Tweede Vryheidsoorlog het Gerrit 'n hulppolisiemag in Pretoria opgestel. Met Lord Roberts se besetting van die stad
moes Gerrit Pierneef kies tussen gevangenskap of deportasie. Die gesin het in April 1901 na Nederland verhuis, maar
sou in 1902 weer na Suid-Afrika terugkeer. In Nederland het sy ouers behandeling kon soek vir Pierneef se regterbeen;
hy het aan rumatiekkoors gely en dit het veroorsaak dat sy regterbeen korter as sy linkerbeen is.
Hy het in 1910 teen sy ouers se wense met Agatha Delen getrou, 'n vrou wat 12 jaar ouer as hy is. Agatha het aan 'n
geestesversteuring gely wat in die volgende tien jaar sou vererger en sy het later begin om haar sig te verloor. Haar
toenemende afhanklikheid van Pierneef het hom harder laat werk, hy het die land deurgetoer om lesings te gee en
uitstallings te hou.
Tydens 'n werk vir ene Mr. Johan Schoeman, as deel van 'n advertensieprojek om grond rondom Hartbeespoortdam
te verkoop, het hy by die Agnes-hotel gebly. Hier het hy sy toekomstige tweede vrou ontmoet: 'n Nederlandse vrou
genaamd Marian Frances Schoop, beter bekend as May. Pierneef het in 1923 van Agatha geskei en in 1924 met May
getrou. Die paartjie het in April 1927 aan 'n dogter, Marita Jennifer, geboorte geskenk.
In die veertigerjare het Pierneef se ma, sy peetpa, sy gewese vrou en 'n goeie vriend gesterf. Sy dogter emigreer ook
na haar troue en Pierneef se gesondheid begin agteruit gaan. Hy oorleef 'n hartaanval in die tydperk, maar sterf op 4
Oktober 1957 in Pretoria.
KUNSLOOPBAAN
Anton van Wouw, Pierneef se peetpa, het hom aangemoedig om sy kuns te beoefen en later saam met hom
uitgestal.
Pierneef het sy eerste kunsklasse (saam met toekomstige kunstenaars Cordon Leith en Fanie Eloff) by die hoër
Staatsmodelschool in Pretoria bygewoon. Daar het sy onderwyser, J.F. Hondius, sy voorliefde vir die platteland
aangemoedig. 'n Ander onderwyser, dr. H.G. Breyer, het sy leerlinge die veld ingeneem om hulle meer oor
natuurwetenskap te leer. Met sy gesin se terugkeer na Nederland het hy oorspronklik deeltyds in 'n verffabriek in
Hilversum gewerk en snags tekenklasse van 'n ou argitek ontvang. In die verffabriek het hy geleer hoe om verskillende
soorte verwe te meng een aan te wend. Die gesin het na 10 maande na Rotterdam verhuis vir hul kinders se mediese
behandeling (Pierneef het ook 'n suster gehad wat ook mediese sorg benodig het). Alhoewel sy ouers wou hê dat hy 'n
dominee moes word, het hy aan die Rotterdamse Kunsakademie gestudeer. Daar het hy kennis gemaak met die
29
werke van die ou meesters, wat 'n blywende indruk op hom gemaak het. Hy het ook met gipsmodelle
geëksperimenteer en letterskilderwerk aangeleer.
Hy het op 18-jarige ouderdom saam met sy gesin na Pretoria teruggekeer, vasberade om argitektuur te studeer. Sy
ouers se finansiële ontberings het hom egter genoodsaak om 'n werk in 'n tabakwinkel aan te neem, waarin sy pa 'n
vennoot was. Hy het egter volgehou om kunstegnieke te studeer en het gevestigde kunstenaars ontmoet en
aanmoediging van hulle ontvang. Onder hierdie kunstenaars was sy peetoom, Anton van Wouw, asook Hugo Naudé,
Frans Oerder en die Ierse kunstenaar George Smithard. Hy het tussen 1905 en 1908 van Oerder onderrig ontvang in
skilderwerk en na 1908 van Smithard onderrig ontvang in grafiese mediums soos etsing en linosnee. Dit was Smithard
wat hom aangemoedig het om sy eie skilderstyl te ontwikkel en nie bloot Europese kunstenaars na te boots nie.
Sy eerste openbare uitstalling was saam met Van Wouw en Naudé in 1902. Van Wouw het bronsstandbeelde
uitgestal en Naudé het, nes Pierneef, skilderye uitgestal. Die uitstalling is deur 'n aantal bekende persoonlikhede
besoek en Pierneef se werk is oor die algemeen goed ontvang. Na 'n onderonsie tussen sy pa en dié se vennoot het
Pierneef in 1908 'n werk as assistent by Staatsbiblioteek aangeneem; hy het nagskofte gewerk en oordag in sy studio
geverf.
Geloftekerk (1938) het deel van Huisgenoot se Gedenkuitgawe van die Groot Trek gevorm.
In 1910 verkoop hy sy eerste olieverfskildery aan die kunshandelaar Emil Schweikerdt: 'n Blik op Meintjieskop, teen 'n
prys van R6,30. In 1911 het hy by 'n groep Pretoriase kunstenaars aangesluit, Die Individualiste, en saam met hulle aan
nog 'n groepsuitstalling deelgeneem: hy het twee etse uitgestal wat beide verkoop het. Hy het sy eerste solouitstalling in 1913 gehou. Die kritici het hom geprys en sommige het hom selfs as 'n genie beskryf. Sy tweede solouitstalling is twee jaar later gehou en ook goed ontvang. Hy het in hierdie periode ook 'n aantal stofomslae en
illustrasies vir boeke en tydskrifte gemaak, waaronder Die Brandwag in 1917 en The Independent in 1919.
30
Rustenburgkloof, een van die panele wat Pierneef vir die Johannesburg-stasie geskep het.
In 1918 het Pierneef sy werk by die Staatsbiblioteek gelos en 'n loopbaan as 'n kunsdosent by die Heidelbergse Kollege
(in Suid-Afrika) begin. In die daaropvolgende jaar het hy ook begin om tekenklasse by die Pretoria Kollege te gee.
Hierdie posisies het hom die geleentheid gegun om op sy kuns te fokus en in 1920 en 1921 het hy aan baie solo- en
groepsuitstalling deelgeneem. Een van hierdie was 'n belangrike uitstalling in Pretoria, waar Pierneef meer as 300
werke in verskeie mediums uitgestal het. Pierneef het in hierdie tyd begin het om hoë aansien as kunstenaar te
geniet.
In 1923 het Pierneef as dosent bedank, as gevolg van meningsverskille met die Departement van Onderrig rakende die
skoolkurrikulum: die stelsel was gebaseer op die Engelse stelsel, maar Pierneef het gevoel dat Suid-Afrikaners hulle eie
styl moes ontwikkel en hulle eie stel reëls moes hê om te volg. Hy het hierdie idee benadruk tydens 'n lesing in
Bloemfontein, waar het die belang van 'n individuele en eg-Suid-Afrikaanse kunsstyl beklemtoon het. Hy het ook na
die Boesmans (San) se kuns verwys, menende dat dit besonder met die Suid-Afrikaanse omgewing rym.
Suidwes-Afrikaanse landskap met termiethoop, sambreelbome en berge in die agtergrond (1935)
Pierneef het nie 'n ander onderrigposisie aangeneem nie, maar begin om voltyds te verf. Benewens skilderye het hy
ook pastelwerke, tekeninge, linosneë en etse geskep. Hy het ook aangehou om illustrasies vir Afrikaanse tydskrifte te
skep en selfs gedigte geskryf. Hy het Suidwes-Afrika (tans Namibië) van 1923 tot 1924 besoek. Daar het hy talle sketse
gemaak wat hy later as skilderye in sy studio sou voltooi. Hierdie skilderye word dikwels onder sy beste werke
gereken. In Suidwes-Afrika het hy ook vriend geraak met die bekende diereskilder Hans Anton Aschenborn.
Ondanks die kritici se erkenning was Pierneef steeds nie finansieel suksesvol nie en was hy genoodsaak om ander
werk te soek om sy sak aan te vul. Saam met sy vrou, May, het Pierneef Europa van 1925 tot 1926 besoek. Hy het die
tyd gebruik om sy kuns te bevorder en die nuutste kunsbewegings te studeer. Binne die eerste week het 'n paar
linosneë aan die Victoria and Albert-museum verkoop. Hy het ook 'n solo-uitstalling in Nederland gehou, waar sy
Boesmantekeninge aandag getrek het. Hier het Pierneef ook kennis met die impressionistiese kuns. Hy het ook Parys,
Berlyn, Antwerpen, München en Düsseldorf besoek, waar hy in aanraking met met moderne kuns gekom het.
Die paartjie het aan die begin van 1926 met 'n Nederlandse vragskip terug gevaar, deur die Middellandse See en Rooi
See, suid langs die ooskus van Afrika. Dié reis het Pierneef die geleentheid gebied om hawetonele te teken en te
31
skilder en te eksperimenteer met die impressionistiese styl wat hy in Europa raakgeloop het. Baie van hierdie werke
is vandag in die Johannesburgse Kunsmuseum te sien.
In die begin van 1926 reis Pierneef en sy vrou op ‟n stadige Nederlandse vragboot deur die Middellandse See en Rooi
See, en al teen die ooskus van Afrika af suidwaarts, wat hom die kans bied om plek-plek hawetonele te teken en te
skilder.
Pierneef se abstrakte werke het hewige kritiek gelok en hy het uiteindelik na sy tradisionele styl teruggekeer.
Pierneef het in 1927 'n baie suksesvolle uitstalling van 86 van sy werke in Pretoria gehou. Tydens 'n solo-uitstalling die
volgende jaar het hy 'n aantal van sy meer moderne, abstrakte werke uitgestal. Alhoewel die werk as
impressionisties beskryf kan word, het Pierneef egter nie werklik op indrukke en optiese verskynsels gekonsentreer
nie, maar eerder die Suid-Afrikaanse landskap in 'n logies geordende en geometriese komposisie geabstraheer. Vir
hierdie geometriese komposisies is hy veral deur die Hollandse kunstenaar Willem van Konijnenburg beïnvloed. Ook
was Pierneef se werk nooit werklik abstrak nie, maar het hy meer op die dekoratiewe moontlikhede van geometriese
vorme gekonsentreer. Hierdie nuwe werke, wat deur sommige as "futuristies" beskryf is, het egter sulke slegte
resensies ontvang (ook van Anton van Wouw) dat hy na sy ou styl teruggekeer het.
Sy kleurpalet hoofsaaklik uit sonverbleikte pastelkleure soos sagte bloue, okers en pienk bestaan, alhoewel hy soms
ook helder kleure soos blou, pers en oranje gebruik het. Hy het landskappe van verskillende dele van Suid-Afrika
geskilder, maar was meer vertroud met die Transvaalse Bosveld en die skilderye wat in dié deel van die land uitgevoer
is word as sy beste werke beskou.
In 1929 is Pierneef opdrag gegee om 32 panele vir die binnekant van die nuwe Johannesburgse stasie te skep, 'n taak
wat hy in 1932 voltooi het. Hierdie 32 werke beeld natuurtonele en geskiedkundige Suid-Afrikaanse plekke uit. Die
panele kan vandag steeds in Graaff-Reinet besigtig word en word dikwels as van sy beste werke beskou. In 1933 het
hy ook opdrag ontvang om sewe muurskilderye vir die Suid-Afrika Huis, die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen, te
skep. Hy het hierdie opdrag in 1934 voltooi en die werke het weereens Suid-Afrikaanse natuurtonele uitgebeeld.
In 1939 het Pierneef 'n plaas oos van Pretoria gekoop wat beide as woning en ateljee gedien het. Pierneef het self sy
huis uit klip en dekstrooi in die vorm van 'n kraal gebou. Die naam van die plaas was "Elangeni", wat beteken "waar die
sonskyn by die hek is". Die perseel is vandag in Moepelstraat, Lynnwood. Hier het hy se laaste jare deurgebring. Sy
laaste werk was in 1955: ‟n ontwerp vir die wapen van die Laerskool Pierneef in Pretoria, wat 'n kameeldoringboom
uitbeeld.
32
In 1951 het Emil Schweikerdt, aan wie Pierneef sy eerste olieverfskildery verkoop het en toe aan die hoof van E
Schweikerdt (Edms) Bpk was, 'n aantal van sy werke in verskeie tydskrifte en boeke gereproduseer
TOEKENNINGS
Pierneef het talle toekennings en eretoekennings in sy lewe ontvang, waaronder:




1935 - Die Medalje vir Visuele Kunste vir sy panele en muurskildery in die Johannesburg-stasie en Suid-Afrika
huis.
1951 - Eredoktoraat aan die Universiteit van Natal
1957 - Eredoktoraat van Filosofie aan die Universiteit van Pretoria
1957 - Erelidmaatskap by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
GALERY

Die Groot Trek (1938)

Rooiplaatplaas, Noord-Transvaal - Sonopkoms (1925)

Mont-aux-Sorces (1925-1932)

Dar-es-Salaam (1926)
33

'n Somersmiddag, Bosveld (1928)

Naak (1934)

Watermeule naby Stellenbosch (1944)

Hardkoolbome - Bosveld (1945)

Akasiabome in die veld (1954)
NALATENSKAP
34
Die Kremetartboom (1934) is in 2008 vir £826 400 verkoop
Pierneef se werk kan in talle private, korporatiewe en publieke versamelings gesien word, waaronder die Africana
Museum, Durbanse Kunsmuseum, Johannesburgse Kunsmuseum, die Pierneef-museum en die Pretoriase
Kunsmuseum.
Pierneef se dogter, Marita ("Miekie") Bailey, en haar man het in die sewentigerjare die Bailey-versameling gestig, wat
uit ‟n groot aantal van Pierneef se werke en persoonlike besittings bestaan. Sommige van die werke was reeds in hul
besit, maar 'n aantal is deur hulle uit verskeie plekke verwerf. 'n Deel van die versameling is deur die destydse
Departement van Nasionale Opvoeding gekoop en in die Pretoriase Kunsmuseum gehuisves: dit het bestaan uit
sowat 600 werke in verskillende mediums, 300 persoonlike besittings, 300 geskiedkundige foto's en 150 geskrewe
artikels. Die res van die versameling (ongeveer 350 items) is in 'n openbare uitstalling geplaas in 'n galery wat vir
hierdie doel in Stellenbosch geskep is (die Baileys het in Stellenbosch gewoon). In 1980 het die Departement die res van
die versameling ook gekoop, met die doel om uiteindelik 'n Pierneef-museum te skep. Die versameling is weer in 1984
vir veilige bewaring aan die Nasionale Kultuurhistoriese Museum oorgedra en verplaas na die Pierneef-museum in die
Leendert te Groen-gebou in Vermeulenstraat, Pretoria. Buiten die 347 kunswerke, wat olie- en waterverfskilderye,
potloodtekeninge, etse, pastelle, kool- en inktekeninge insluit, bevat die versameling ook van die Pierneef-familie se
persoonlike besittings in, soos plaaslik vervaardigde meubels van inheemse hout en Pierneef se verfkwaste, esel en
etspers. Dié versameling is die enigste in die Suid-Afrika wat so 'n volledige oorsig van 'n kunstenaar se werk gee.
In 2008 is 'n skildery van Pierneef, "Die Kremetartboom", by 'n veiling in Londen vir £826 400 (R11,8-miljoen) verkoop. Dit
is die hoogste prys wat tot op hede vir 'n Suid-Afrikaanse kunswerk betaal is. Die skildery is waarskynlik in 1934
geskilder waarna Pierneef die werk aan die Suid-Afrikaanse Hoë-Kommissaris in die Verenigde Koninkryk, Charles te
Water, oorhandig het nadat Te Water Pierneef se ateljee besoek het en die toe onvoltooide skildery bewonder het en
hom aangemoedig het om dit te voltooi.[1]
Van Pretoria tot Perigueux, en 'n lewe wat (om) 'n maag draai
Onderhoudvoerder en resensent: Christo Lombaard; respondent: Anita Viljoen
'n Tyd gelede het 'n groepie Suid-Afrikaanse skilders 'n tyd lank in Frankryk gaan werk.
Die resultaat van die besoek is van 16 tot 29 April vanjaar uitgestal in Galery 20/20 in
Pretoria, onder die titel Van Pretoria tot Perigueux. Hieronder volg 'n kort onderhoud
met een van die uitstallers, Anita Viljoen, asook 'n bespreking van een van haar
kunswerke.
35
Lombaard: Baie geluk met die uitstalling. Hoe het hierdie hele projek ontwikkel? Hoe het jy daarby betrokke geraak?
Viljoen: Mimmie van der Merwe het „n paar jaar gelede „n toer na Frankryk onderneem, en dit het so lekker geklink dat
ek my naam opgesit het vir verlede jaar se toer. Ons was 18 in die groep, waarvan 15 kunstenaars was. Elkeen het sy
eie styl en tegniek en sodoende is daar ook so „n wye verskeidenheid van werk geskep.
Ek het die dorpies en straatjies in die Dordogne mooi gevind, maar kon net geen inspirasie daaruit kry nie. Die dorpie
waar ek uiteindelik daardie inspirasie gekry het, was Aubeterre. „n Fantasties plek teen „n berg wat uitkyk oor die
Dronnevallei. Ons het „n hele dag in Aubeterre spandeer tussen die kerke, Chateau en winkeltjies.
Lombaard: Vertel ons oor kreatiwiteit, en hoe die dinge by jou werk as jy aan't skilder, skep of voorberei daarvoor is...?
Viljoen: Hierdie werke op die uitstalling is van die min stukke wat regtig ontstaan het na „n afbeelding van iets anders.
Meestal werk ek heeltemal anders (ek praat nou spesifiek van olies en akrielle).
Die skildery begin met spirit shapes - toevallige lyne en vorms word oor die doek of papier getrek om sodoende beelde
te skep. Hierdie beelde is onbeplan en dit gebeur net. Uit hierdie vorms en lyne kom my eie beelde, en projekteer ek
dus nou my eie persoonlike simbole. Iets te make met Jung se kollktiewe onbewuste, of wat Andre Breton genoem
het: „psychic automatism , the procedures of invoking an image by chance association and doodling."
Die kreatiewe proses en persoonlike groei deur die skildery is belangriker as die eind-produk. As ek kyk na van my
vorige werke, kom die vis en hond nogal gereeld voor. Visse is skatte uit die see wat die psige simboliseer. Die vis
beteken onder andere ook hergeboorte. Die spirituele in kontras met die materiele , die liggaam. Ook soms „n wese
(vroulik), wat „n engel of beskermer kan wees. Op „n stadium, terwyl ek swanger was, het ek baie labirinte geskilder.
Vir my is dit maar „n persoonlike soeke na antwoorde en oplossings.
Lombaard: Hoe sien jy die rol van die kunstenaar in die samelewing?
Viljoen: Ek dink die kunstenaar het net soveel verantwoordelikheid teenoor die samelewing as die joernalis. Elkeen
lewer verslag op sy manier. Dit wat die kunstenaar skep is tog wat hy/sy beleef en hoe hy/sy die samelewing sien.
Die kyker en luisteraar moet egter ook verantwoordelikheid neem, en nie verwag dat als ter wille van hulle gesensor
of mooi gemaak moet word nie.
[Skakel gerus met Anita Viljoen by: [email protected] .]
***
Regs bo op hierdie blad is 'n foto van een van Anita Viljoen se skilderye, getiteld Labirint. (Klik gerus op die foto, en dit
sal op jou rekenaarskerm vergroot.)
Hierdie skildery reflekteer iets wat reeds uit die onderhoud hierbo na vore gekom het: dat Viljoen tydens haar
swangerskap, onwillekeurig, labirinte op haar werke ingeskilder het. Dit stel meteens die twee mees duidelikste
onderwerpe op hierdie skildery aan ons voor 'n swanger vrou, en die labirint op haar buik:
domineer haar gewone vrou-wees; van gewone seksualiteit is hier nie hier sprake nie. Tog merk die swangerbuik juis
hierdie mens as vrou. Haar vergrote bene, voete en linkerarm (haar regterarm is half versteek) onderstreep dit, en
weerspieel verder ook iets wat die meeste vroue gedurende swangerskap beleef: hoedat die hele lyf uitswel en
psigologies nog meer as fisiologies. Die beklemtoonde sirkelvorm van die buik is ook betekenisvol. Soos Gilman (1989:15)
uitwys, is die sirkel lank reeds in die Christelik-Westerse skilderkuns simbool van die vroulike skeppingsgegewe, dikwels
direk geassosieer met Eva. Die kleurskakering van die sirkelvorm herinner egter ook, meer modern, aan 'n foto van die
aardbol, geneem vanuit die ruimte. Binne hierdie aard-sfeer kom (totdat ruimte-teleskope dalk eendag anders
bewys) alle lewe voor. Die linkerarm wat die buik ondersteun teken daarom, dubbelsinnig, vir ons die versorgende
36
beskutting van die komende lewe deur die moeder (ook die skilder self, dus) en die versorging van alle lewe deur God.
Om vir 'n oomblik die twee betekenisse te vermeng met die bekende Engelse kerklied: she has the whole world in her
hande
lewe, onsekerheid, misterie, en onderweg-wees. Die labirint het verskeie konnotasies: om op 'n onsekere weg te wees;
selfs om grens verdwaal te wees, binne iets, en jy kan nie buitentoe uitsien nie / 'n uitweg sien nie. Die labirint is egter
terselfdertyd die madala-vorm , die antieke teken van lewe, maar ook van die geheimenis daarvan. Hier, met 'n
naelstring wat vir ons oe blootgeale is, word ons en hierin het ons nie meer 'n keuse nie tot aanskouers gemaak van
hoe die geheimenis van die lewe in die swangerbuik werklikheid word. Die gevleuelde voete is 'n teken van hoop: hier
kom iets (klassiek die betekenis van vere). Soos was Hermes, die boodskapper van die Griekse gode, tyding moes bring,
is dit hier ook teken van iets nog onbekends, tog reeds daar, wat binnekort sigbaar teenwoordig sal wees: 'n nuwe
mens. Die uurglas toon dat die tyd aanbreek. Die uurglas is egter onvolmaak gekantel, en met te veel sand dat dit
ooit volledig kan deurloop. Die driehoek- en reghoek-vormspel van die uurglas word verder gedomineer deur die sirkelvorm van buik en labirint/madala. Die feit van die lewe, en die misterie daarvan, is dus groter as die tyd waarbinne die
lewe gegiet is. Die 8-figuur van die vrou se buik en kop tesame, is binne Jungiaanse raamwerk 'n teken van ewigheid
(geen begin of einde nie), want hierdie klem op die lewe en geheimenis versterk. Die swaai waarop die swanger vrou
sit, suggereer laastens iets van die beweeglikheid van die situasie waarin sy verkeer, die onsekerheid, maar ook iets
van ondersteuning wat haar verleen word, vanuit êrens bokant, buite die visuele veld, waar die onsekerheid geanker
is.
WAARDEVOL? JA. UNIEK? GMF.
OORSPRONKLIK? NOOIT!
2010-12-10 22:23



Artikelopsies
Deel
Kry Volksblad op
Die Tamatieplukker deur Irma Stern.
Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou
foto's
Hoekom behaal Irma Stern se werk rekordpryse op veilings? Sy was dan nóg oorspronklik,
nóg vernuwend? En daar is soveel ander plaaslike kunstenaars wat eerder pioniers was?...
RUDIE VAN RENSBURG ruik lont.
37
Die skilderye van Irma Stern het Suid-Afrikaanse kunsversamelaars vanjaar koorsig na hul
tjekboeke laat gryp en miljoene rande is op veilings aan haar werke bestee.
In Londen het ’n Suid-Afrikaner meer as R26 miljoen vir haar Bahora-meisie betaal, ’n
rekord vir ’n Suid-Afrikaanse skildery wat op ’n veiling verkoop is.
Daar is meer as R13 miljoen vir ’n Stern-stillewe betaal (die Suid-Afrikaanse rekord vir ’n
stillewe) en twee ander is vir onderskeidelik meer as R11 miljoen en R8 miljoen van die hand
gesit.
Dis hoog tyd dat Suid-Afrikaners hul eie “ou meesters” na waarde skat, word gesê. Maar dit
is vreemd dat juis Stern se skilderye as die topverkopers uittroon...
Wêreldwyd is die topverkopers van twintigste eeuse kuns geskep deur mense wat waarlik
uniek was: Picasso, Matisse, Miró, Dali, Pollock, Warhol, Johns en Rauschenberg, om maar
’n paar te noem.
Dié kunstenaars se werk was innoverend, vernuwend en oorspronklik, en hulle het só
wêreldroem verwerf.
Dit is ook daarom dat internasionale versamelaars die hand diep in die sak steek vir hul
kunswerke.
Deesdae word Suid-Afrikaanse kunstenaars soos William Kentridge en Marlene Dumas
onder van die voorstes ter wêreld gereken. Maar geen van ons “ou meesters” het werklik die
geleentheid gehad om ’n impak op die wêreldverhoog te maak nie.
Tog was daar kunstenaars wat kuns eie aan Suid-Afrika en Afrika geskep het en in dié
konteks uniek was.
Jacob Pierneef was die pionier van ons moderne landskapkuns en het ’n nuwe visuele
betekenis aan landskappe gegee met sy eiesoortige berge, bome en wolke.
Hy was ook die eerste landskapkunstenaar wat die skerp Suid-Afrikaanse sonlig tot sy reg
kon laat kom in sy skilderye.
Maar hoewel sy kunswerke goeie pryse op veilings behaal, kom dit nie by die pryse wat vir
Stern se werk opgedok word nie.
Nog twee plaaslike grotes wie se pryse ook nie naastenby by Stern s’n kan kers vashou nie, is
Alexis Preller en Walter Battiss.
Preller het dalk ’n skeut surrealisme weg, maar sy vermoë om die Afrika-ervaring vir die
kyker te visualiseer, was ongekend en uniek.
Die kunshistorikus Esmé Berman verwys daarna as “African mistique”. Preller se visie is
ongetwyfeld gevorm deur sy ervaring van die vasteland en het hom ’n eg Suid-Afrikaanse
kunstenaar gemaak.
Na Battiss word soms verwys as ’n “kunstenaar sonder ’n styl”. Destyds het kunskenners nie
38
geweet wat om te verwag voor ’n Battiss-uitstalling nie, want hy het met styl, tegniek en
materiale geëksperimenteer.
In die middel-veertigs het Battiss Suid-Afrikaanse rotskuns as basis vir sy werke ingespan en
daardeur ’n nuwe dimensie in plaaslike kuns ingelui. Hoewel hy nie daarby gehou het nie,
was hy sekerlik ons mees innoverende kunstenaar van die 20ste eeu. Sy Fook Islandkaperjolle was maar een voorbeeld van die uitinge van sy kreatiewe brein.
Daar is hoeveel ander kunstenaars wat die inspirasie vir hul skeppings uit Afrika geput het:
Cecil Skotnes (hy was ’n student van Afrika-kuns en sy werke ’n weerspieëling van sy
kundigheid daarvan); Gerard Sekoto (veral sy vroeëre werke); die surrealis Fred Page; die
landskapkunstenaar Erik Laubscher – om maar net ’n paar uit te sonder.
Daarteenoor was Stern, en haar tydgenoot Maggie Laubser, navolgers van Duitse
Ekspressionisme.
Stern het haar kunsopleiding hoofsaaklik in Duitsland gekry. In 1916, toe sy 22 jaar oud was,
het sy Max Pechstein ontmoet.
Pechstein was ’n lid van Die Brücke-groep van kunstenaars, die inisieerders van ’n nuwe
beweging in Duitsland wat later as Duitse Ekspressionisme bekend sou staan. Haar kuns het
in dié styl tot vervulling gekom.
Om te sê Stern was ’n vurige navolger van dié beweging, is om dit versagtend te stel. Die
kunshistorikus Frieda Harmsen sê daar is ongetwyfeld parallelle tussen Stern se werk en dié
van Die Brücke-groep – en dit is dalk ’n onderskatting.
Vergelyk ’n mens byvoorbeeld Stern se reeks “Bather-skilderye” van 1965 (kort voordat sy
oorlede is) met soortgelyke baaier-tonele wat tussen 1910 en 1913 in Duitsland deur
Pechstein, Karl Schmidt-Rottluff en Ernst Ludwig Kirchner geskilder is, lyk dit na goeie
nabootsings.
Stern en Maggie Laubser se Afrika-tonele kon nooit hul Duitse Ekspressionistiese kwaste
ontsnap nie. Sekere van Laubser se werke sal beswaarlik op ’n uitstalling van Alexei von
Jaw- lensky of Gabriele Münter van Duitsland onderskei kan word.
Hiermee beweer ’n mens nie dat Stern en Laubser nie uitstekende kunstenaars was nie.
Trouens, albei verdien sekerlik om onder ons voorste “ou meesters” te tel.
Maar dit is ook so dat albei kunstenaars in ’n breër kuns- konteks nie soos baie van hul
landgenote uittroon as unieke of oorspronklike kunstenaars nie.
En dit laat die vraag ontstaan: Waarom behaal Stern se werk dan sulke astronomiese pryse op
kunsveilings?
Die hoofrede hiervoor lê moontlik te vinde in die feit dat Stern een van die produktiefste
Suid-Afrikaanse skilders van alle tye was. Volgens Berman het Stern in haar
beroepsloopbaan van nagenoeg vyftig jaar 99 uitstallings gehou. Op elke uitstalling was
gemiddeld tussen 80 en 100 skilderye.
39
Berman skat Stern het duisende skilderye geproduseer.
’n Mens sou kon redeneer dat ’n ooraanbod soos dié die prys van ’n produk juis nadelig sou
beïnvloed. Maar in ’n kunsmark werk dinge anders. Veilinghuise bemark maar al te
geesdriftig aan die waarde van ’n kunstenaar se werk as daar ’n oorvloed beskikbaar is –
sonder om ’n onderskeid tussen goeie en swak werke te tref.
Niemand uit dié geledere sal immers wil sien hoe die Stern-soustrein ontspoor nie.
Dat versamelaars so maklik aan hul neuse gelei word, is ook nie verrassend nie. Dit is bekend
dat versamelaars wêreldwyd nie juis uittroon as kenners nie, maar eerder emosionele besluite
neem wanneer aankope gedoen word.
En as die veilinghuise sê Stern is ’n goeie belegging, wil almal sy Stern-skildery (natuurlik
ook vir die prestige-waarde daarvan) bo die kaggel hang.


Rudie van Rensburg is ’n oud-joernalis, kunstenaar en kunsliefhebber.
Bronne: The Story of South African Painting deur Esmé Berman; Art & Artists of
South Africa deur Esmé Berman; Expressionism – A Revolution in German Art deur
Dietmar Elger; en Looking at South African Art deur Frieda Harmsen.

E-pos ons by [email protected].
LIFE
She was born in Schweitzer-Renecke, a small town in the Transvaal, of German-Jewish
parents. Her father was interned in a concentration camp by the British during the South
African War because of his pro-Boer leanings.[1] Irma and her younger brother, Rudi, were
thus taken to Cape Town by their mother. After the war, the family returned to Germany and
constant travel. This travel would influence Irma's work.
In 1913 Stern studied art in Germany at the Weimar Academy, in 1914 at the Levin-Funcke
Studio and notably from 1917 with Max Pechstein, a founder of the Novembergruppe. Stern
was associated with the German Expressionist painters of this period. She held her first
exhibition in Berlin in 1919. In 1920 Stern returned to Cape Town with her family where she
was first derided and dismissed as an artist before becoming an established artist by the
1940s.
In 1926 she married Dr Johannes Prinz her former tutor, who subsequently became professor
of German at the University of Cape Town. They were divorced in 1934.
Irma Stern travelled extensively in Europe and explored Southern Africa, Zanzibar and the
Congo region. These trips provided a wide range of subject matter for her paintings and gave
her opportunities to acquire and assemble an eclectic collection of artifacts for her home.
Stern was to travel extensively in her lifetime: in 1930 to Madeira, in 1937 and 1938 to
Dakar, Senegal, 1939 Zanzibar, 1942 Congo, 1945 Zanzibar, 1946 Central Africa, 1952
Madeira, 1955 Congo, 1960 Spain and 1963 France. Stern travelled extensively in South
Africa, for example in 1926 to Swaziland and Pondoland, in 1933 to Namaqaland, in 1936
generally, and in 1941 to the Eastern Cape. In 1931 she visited Madeira and Dakar, Senegal,
40
in 1937 and 1938. Irma Stern refused to either travel or exhibit in Germany during the period
1933 - 1945. Instead, she undertook several exotic journeys into Africa; going to Zanzibar
twice in 1939 and 1945 and then planned three trips to the Congo region in 1942, 1946 and
1955. These expeditions resulted in a wealth of artistic creativity and energy as well as the
publication of two illustrated journals; Congo published in 1943 and Zanzibar in 1948.
Almost one hundred solo exhibitions were held during her lifetime both in South Africa and
Europe: including Germany, France, Italy and England. Although accepted in Europe, her
work was unappreciated at first in South Africa where critics derided her early exhibitionsin
the 1920s with reviews titled "Art of Miss Irma Stern - Ugliness as a cult".
The Irma Stern Museum was established in 1971 and is the house the artist lived in for almost
four decades. She moved into The Firs in Rondebosch in 1927 and lived there until her death.
Several of the rooms are furnished as she arranged them while upstairs there is a commercial
gallery used by contemporary South African artists.
On the 8th of May 2000, one of her works sold at Sotheby’s South Africa in Johannesburg for
an all time record of R1.7 million.[2] This record was soon broken, however, and in March
2007 Stern's work was sold for R6.6 million.[3] Stern's Gladioli was sold for an all-time high
of R13.3 million in October 2010[4], but was then followed by the sale of Bahora Girl for
R26.7 million later that month[5] - both were also records for sales of South African art at the
time. A new South African record was set in March 2011, when a Stern painting sold for R34
million at Bonham's, London.
[EDIT] GALLERY

Still life with African pot, Johans Borman Fine Art Gallery, Cape Town 1936
[EDIT] BIBLIOGRAPHY
41

At home with Irma Stern; A guidebook to the UCT Irma Stern Museum, by Helene Smuts
ISBN: 978 0 620 39702 5

IRMA STERN: The Early Years (1894-1933), by Karel Schoeman ISBN: 0-86968-112-5

PARADISE, THE JOURNAL and LETTERS (1917-1933) OF IRMA STERN EDITED WITH A
COMMENTARY, by Neville Dubow ISBN: 1-874812-08-X

IRMA STERN : A FEAST FOR THE EYE, by Marion Arnold ISBN: 0-620-19014-0

HIDDEN TREASURES IRMA STERN HER BOOKS, PAINTED BOOK COVERS AND BOOKPLATES, by
Irene Below ISBN : 0620-267275

REMEMBERING IRMA. Irma Stern-a memoir with letters. ISBN : 1-919930-27-

Irma Stern - The Woman
Irma Stern was born in 1894 to German Jewish parents at Schweizer-Reneke, a small
town in the North West Province of South Africa.
Her father, Samuel, and a brother, Leopald, had emigrated earlier in 1891 and
established a thriving trading store and cattle farm. However, both brothers were
interned during the Anglo Boer War (1899-1902) because of their pro Boer
sympathies so Irma together with her young brother, Rudi, were taken by their
mother, Henny (nee Fels) to Cape Town.

After the war the children went to Germany
with their parents and thus began a pattern of
regular travel, which was to characterize and
influence Irma's development as an artist and
individual and continue throughout her adult
life.
Although the family returned to South Africa
for intermittent periods while Irma was
growing up, they spent the years of the First
World War (1914-1918) in Germany. Irma decided to become a painter and was
supported in her decision by her parents.
She studied in Berlin and Weimer and met the Expressionist, Max Pechstein in 1916
who encouraged and influenced her work and helped arranged her first exhibition in
Berlin before she returned to South Africa with her family in 1920. Initially derided
and dismissed as an artist in Cape Town where her work was not understood by the
conservative citizens, Irma Stern remained passionate to her vocation and was
regarded as an established artist by the 1940s.
In 1926 she married Dr Johannes Prinz her former tutor, who subsequently became
professor of German at the University of Cape Town. They were divorced in 1934.
A house named "The Firs" in Rosebank, Cape Town was bought for her by her
parents in 1927 and remained her home until her death in 1966.
42
This house became the Irma Stern Museum in 1971. It was established by Trustees of
her estate and is administered by the University of Cape Town. Three of the rooms are
furnished as she arranged them; the sitting room, dining room and studio all
demonstrate her unique style and eclectic taste as a collector. Upstairs there is a
commercial gallery available for hire by contemporary South African artists. A
temporary exhibition programme is arranged annually and visitors can enjoy the
garden.
The museum, situated in Cecil Road, Rosebank, Cape Town, is open from Tuesday Saturday: 10h00-17h00. A modest entrance fee is charged. Phone 685 5686 for further
details.
Her travels as an adult
Irma Stern travelled extensively in Europe and explored Southern Africa, Zanzibar
and the Congo. These trips provided a wide range of subject matter for her paintings
and gave her oppurtunities to acquire and assemble an eclectic collection of artifacts
for her home.
She journeyed to Swaziland and Natal in particular during the 1920's, producing two
of her seminal works titled Umgababa and The Hunt, both of which can be viewed at
the Museum.
In 1931 she visited Madeira and Dakar, Senegal, in 1937 and 1938.
A letter from the artist to friends in Johannesburg named Richard and Frieda Feldman,
dated 26 June 1937, written from Brussels, describes some of these travel plans.
"... after Holland - a week in Paris for sights and hats and pictures... - then Salsburg
Festspiele for a week - then Vienna. After that Italy - and I start working - there and
in Marseille and on my back I am staying a month in Dakkar... We hope there will be
no war - things are so unsettled just now."
Irma Stern refused to either travel or exhibit in Germany during the period 1933 1945. Instead, she undertook several exotic journeys into Africa; going to Zanzibar
twice in 1939 and 1945 and then planned three trips to the congo in 1942, 1946 and
1955. These expeditions resulted in a wealth of artistic creativity and energy as well
as the publication of two illustrated journals; Congo published in 1943 and Zanzibar
in 1948.
Two short quotes from the respective journals about her travels in Africa show how
the artist enthusiastically responded to the new exotic environments.
"I am on the road to the interior of the Belgian Congo. The Congo has always been
for me the symbol of Africa, the very heart of Africa. The sound "Congo" makes my
blood dance, with the thrill of excitement; it sounds to me like distant native drums
and a heavy tropical river flowing, its water gurgling in mystic depths."
In Zanzibar Irma Stern describes Indian women in purdah and Arab men wearing
turbans and white robes. The food market was a daily delight where "..fish are
brought in straight from the sea, huge skites, small vivid blue fish with yellow stripes,
43
silvery kinds, red roman, enormous lobsters as made of turquoise matrix, phantastic
huge turtles-all came out of the tropical sea. The stall had a daily surprise of strange
kinds of fruit and vegetables. A pale yellow grapefruit called ballunga intrigued me.
When I opened it the flesh was a lovely pink embedded in a heavy woollen white...
There is a variety of bananas, small yellow, large green, as long as a man's forearm,
fat red bananas which are rich in flavour, thin twisted green bananas, long yellow
looking bananas, gourds and pumpkins..."
Irma Stern - The Artist
Almost one hundred solo exhibitions were held during her lifetime both in South Africa and
Europe: including Germany, France, Italy and England. Although accepted in Europe, her
work was unappreciated at first in South Africa where critics derided her early exhibitionsin
the 1920s with reviews titled "Art of Miss Irma Stern - Ugliness as a cult".
Gradually Irma became acknowledged
as an established artist and from the
1940s achieved success locally.
Her method of working in her studio
demanded intense concentration. She
often put up a sign saying "Do not
disturb" and proceeded to paint while
chain smoking and drinking strong
black coffee. She generally framed her
own work, packed exhibitions and
arranged sales herself.
Apparently, when working on a portrait she would observe the model very closely, step back
and view them through half closed eyes and aim to complete the painting in one sitting.
Irma described the process of art production as follows: "I work a long time at a picture in my
head... I never touch the canvas after it is finished."
Her style evolved over the years. A very versatile artist, she worked in a range of media
including oils, water colour, gouache, charcoal as well as ceramics
and sculpture.
University of Cape Town,
Irma Stern Museum
Often the outline of a composition was delineated in blue. The use
is governed by the
of thick paint sometimes applied with a palette knife creates a
University of Cape Town
sense of emotional intensity expressed in the choice of subject
and the Trustees of the
matter, be it landscape, portrait or still life.
Irma Stern Estate
Ceramics
Examples of Irma's ceramics can be viewed in the studio. Created between 1949-1954, they
include large earthenware jars and jugs as well as vases decorated with female figures and
unglazed plates embellished with faces.
44
Irma Stern - The Collector
The home created by Irma is full of artifacts she collected on her numerous trips to Europe
and various journeys in Africa.
The highlight of the African collection is the Buli stool, possibly acquired
by the artist before 1935. Experts agree it was probably carved in the
early 20th century by a master craftsman in the Congo, known as the
Master of Buli.
Various collections assembled by Irma create an extraordinarly rich and
highly individual domestic environment which reflect the artist's interests
and tastes. The furniture, ceramics and textiles from many parts of the
world including Europe, Africa and the East are not confined to a
particular period. Instead artifacts date from classical and medieval times
to those designed in the 19th and 20th centuries.
Irma's zest for life expressed in her love of abundant colour is evident
everywhere in each of the rooms in which she lived, worked and enjoyed
entertaining. Visitors to the museum can experience this uniquely
furnished interior when viewing the sitting room, dining room and studio retained in the
manner left by the artist.
45
46
DIE GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKAANSE SKILDERKUNS I: VROEE SKILDERS
OPSOMMING
Die Suid-Afrikaanse skilderkuns - in die sin van skilderkuns wat deur Europa beïnvloed is - begin
werklik eers in die begin van die negentiende eeu. Hierdie artikel volg die vroeë geskiedenis van die
skilderkuns van 1655 tot die eerste helfte van die 20ste eeu.
Links: Pieter Wenning, Maleierstraat, Kaapstad, met Maleier in rooi fes. Regs: Jean Welz, Erdewerk
en kasdeur. (SA Openbare Biblioteek.). © SESA
Die Suid-Afrikaanse skilderkuns - met 'n paar uitsonderings - begin in die eerste helfte van die
negentiende eeu. Die oudste bekende skildery van die Hollandse nedersetting aan die Kaap is 'n
waterverfskildery, tans in die Staatsargief in Den Haag, wat Tafelberg gesien vanuit Tafelbaai
uitbeeld. Dit is vermoedelik in ongeveer 1655 geskilder. 'n Aantal kleurtekeninge deur reisigers en
seemanne is bekend, maar nie die name van enige beroepskilders wat tydens van die tweede helfte
van die sewentiende eeu of gedurende die agttiende eeu aan die Kaap gewoon het nie.
VROEË SKILDERS
In 1761 het J N von Dessin, die eerste Suid-Afrikaanse bibliofiel, sy indrukwekkende biblioteek asook 'n
aantal Europese skilderye aan die Nederduits Hervormde Kerk bemaak. Die oudste Suid-Afrikaanse
skildery wat bewaar gebly het, is waarskynlik die Wrak van De Vis, in 1740 geskilder. A Gordon-Brown
skryf hierdie olieverfskildery toe aan die jong landmeter Jurgen Leeuwenberg. Behalwe die groot
geskiedkundige waarde daarvan, is die skildery met sy oorheersende vrolike rooi kleure 'n bekoorlike
voorbeeld van amateurkuns op sy beste. Dit toon die elegante Kaapstadse gemeenskap wat die
wrak besoek.
47
Die belangrikste skilders wat gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu in Suid-Afrika
geskilder het, was W H Langschmidt (1805-1866), die waterverfskilder T W Bowler (1813-1869) en die
ontdekkingsreisiger Thomas Baines (1810-1875). Langschmidt se werk is beperk in getal. Esteties is sy
belangrikste olieverfskilderye sy vreedsame Kaapstadse straattonele. Bowler, wat hoofsaaklik
homself leer skilder het, was nogtans 'n hoogs bedrewe skilder in olie- en waterverf. Sy Kaapse
landskappe, dorpstonele en skepe, waardevol as geskiedkundige dokumente, het ook 'n romantiese
bekoring. W de Vignon van Alphen (1815-1871) se waterverfskilderye van die Knysna-bos moet as
kleurtekeninge beskou word. Hulle behoort tot die Suid-Afrikaanse grafiese kuns.
Hoewel Baines 'n beroepskilder was, moet hy in die eerste plek as ontdekkingsreisiger beskou word.
Hy het in Engeland 'n vakleerlingskap net as huisskilder geloop, en sy skilderye met hul sterk kleure
het altyd die beperkings en die aangename eenvoud van 'n negentiende-eeuse 'primitiewe' skilder
vertoon. Benewens die uiters interessante motiewe (tonele uit die oorloë van 1851-1852 teen die
swartes of van die ekspedisie na die Victoria-valle (1861-1864), en Namibiese landskaptonele), het sy
werk artistieke verdienste. Ander skilders, soos Frederick T I'Ons (1802-1887), werksaam in
Grahamstad gedurende 1834-1887; Abraham de Smidt (1819-1908) en H W Hermann (1841-1916), het
hoofsaaklik die lewe van hul tyd opgeteken: van groot geskiedkundige waarde, maar van weinig
estetiese waarde.
W H F L Langschmidt, Langstraat, Kaapstad, 1850. (Fehr-versameling.). © SESA
A Gordon-Brown noem 17 Kaap-gebore 'beroepskunstenaars en onderwysers' in sy lys van 400
kunstenaars, wat hoofsaaklik bestaan uit staatsamptenare, sendelinge, reisigers en soldate mans
wat gedurende drie eeue tot 1875 prenterekords van Suid-Afrika gelaat het. As 'n reël is en word die
negentiende eeuse litograaf, illustreerder of selfs kunsonderwyser meer as 'n vakman en nie as 'n
kunstenaar in die eng sin van die woord beskou nie, selfs al kon hy realisties die natuur nateken.
Jan Ernst Abraham Volschenk (1853-1936) is dus die eerste Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar wat as
baanbreker op die gebied van die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns beskou kan word. Volschenk
het homself geleer en het eers ná sy aftrede as rekenmeester op die ouderdom van 51 voltyds begin
48
skilder. Sy skilderye getuig van sy diepe liefde vir die Afrika-landskap, veral dié van die Langebergreeks. Hulle ly egter onder die kunstenaar se gebrek aan opleiding. Sy kleure lyk dikwels dof en word
slegs opgehelder deur bykomende aksente wat deur die inbring van aalwyne met rooi blomme
verskaf word.
Frans Oerder (1867-1944) is in Rotterdam gebore, waar hy professionele onderrig as skilder ontvang
het. Hy het na Suid-Afrika gekom toe hy 23 jaar oud was. Gedurende die Tweede Anglo-Boere-oorlog
het hy die Republikeinse magte vergesel en sy sketse van hierdie tydperk is van groot
geskiedkundige waarde. Oerder se kuns is van onewe waarde. Op sy beste toon sy skilderye en
tekeninge hom as 'n kunstenaar wat stewig gevestig is in die groot tradisie van die Hollandse
skilderkuns, en om hierdie rede van groot verdienste. Voorbeelde is sy selfportret in die Pretoriase
Kunsmuseum en sy Stillewe met uie in die Nasionale Galery, Kaapstad.
Hugo Naudé (1869-1941) was werksaam in Worcester (Kaap), waar hy gebore is. Met sy
impressionistiese landskappe, byvoorbeeld Namakwaland se blomtonele, het hy geslaag as een van
die eerste skilders om die kenmerkende lig van die Suid-Afrikaanse landskap uit te beeld.
Pieter Wenning (1873-1921), gebore in Den Haag, het sy Suid-Afrikaanse loopbaan as 'n boekhandelaar
se assistent in Pretoria begin. Hy het eers op 43 voltyds begin skilder. Nogtans is hy Suid-Afrika se
invloedrykste realistiese skilder van die begin van die twintigste eeu. Sy stillewes, landskappe en
Kaapse tonele beïndruk met hul sensitiewe kleur en goed gebalanseerde komposisie, selfs al lyk sy
styl soms agterlik vergeleke met sy tydgenote wat in Europa gewerk het.
Erich Mayer (1876-1960), uit Duitsland, het beskeie, konserwatiewe Transvaalse landskappe geskilder,
asook tonele van die Boerelewe. Sy werk is in die eerste plek van geskiedkundige belang.
R Gwelo Goodman (1871-1939), in Engeland gebore, het na Suid-Afrika gekom toe hy 15 was. Hy het die
skilderkuns in Parys bestudeer en die Suid-Afrikaanse publiek met sy akademiese, tegniese
virtuositeit beïndruk. Sy pastelle is gewoonlik beter as sy olieverfskilderye, en sy kuns word meestal
deur die treffende motiewe, tipies Suid-Afrikaans, gedra. Dit geld ook vir ander realistiese skilders
van daardie generasie.
Van hulle moet melding gemaak word van G S Smithard (1873-1920), uit Engeland, wat vier groot
muurpanele in die Pretoria-spoorwegstasie geskilder het; Nita Spilhaus (1878-1967), wat in landskappe
met bome en blomme gespesialiseer het; Allerley Glossop (1871-1955), uit Engeland, goed bekend vir
haar landelike tonele, dikwels in Natal; G Crosland Robinson (1858-1930), wat in 1895 in Kaapstad
gevestig het en die beste portretskilder geword het (President Kruger, 1904) totdat die minder
konserwatiewe Roworth oorgeneem het; en laastensTinus de Jongh (1885-1942), uit Nederland, wat
in sy eerste jare in Suid-Afrika, van 1921 af, bergtonele in die sober Hollandse styl geskilder het, maar
spoedig toegegee het aan populêre smaak en kleurvolle landskaptonele met oordrewe ligeffekte aan
die publiek gelewer het.
Edward Roworth (1880-1965), in Engeland gebore, het in 'n konserwatiewe, pre-impressionistiese
manier óf in die styl van vroeë Engelse landskapskilders óf in navolging van die sewentiende-eeuse
Hollandse skilderkuns geskilder. Hoewel hy in 'n leë roetine verval het, was hy 'n tegniese virtuoso en
hoog op prys gestel as portretskilder. Hy het die ligeffekte van sy romantiese landskaptonele
oorgedramatiseer, maar 'n paar van sy vroeë werke was van 'n hoë standaard.
49
Ruth Prowse (1883-1967), van Queenstown, het hoofsaaklik Kaapstadse straattonele en portrette in
'n ietwat donker palet, akademies in die beste sin van daardie woord, geskilder. In 1938 was sy, saam
met Gregoire Boonzaier (in 1909 gebore), een van die gewildste landskapskilders, 'n stigterslid van die
Nuwe Groep. Hierdie vereniging van beroepskunstenaars wat hoofsaaklik in die Kaap gebly het, het
hulle ten doel gestel om die standaard van kuns en kunswaardering te verhoog. Die lede het egter
nie 'n artistieke program gedeel nie. Die doel van die Nuwe Groep was wesenlik ekonomies, wat
hoofsaaklik bereik sou word deur groepuitstallings te reël.
H Stratford Caldecott (1886-1919), in Kimberley gebore, het van 1912 tot 1923 in Parys gestudeer en
gewerk. Hy het net 'n paar jaar voor sy vroeë dood in die Kaap geskilder. Hoewel hy nie baie skilderye
gemaak het nie, is hulle van belang en waarde. Sy werk verteenwoordig Suid-Afrikaanse
impressionisme op sy beste en is 'n oorspronklike en geslaagde poging om die lig van hierdie land uit
te beeld, wat aansienlik verskil van dié van Frankryk wat die impressionistiese landskapskilders van
Europa begeester het. Sy vrou, Florence Zerffi (gebore 1883, Londen), het, daarenteen, die sterk
plaaslike lig vermy en 'n hoogs gedissiplineerde portret- en interieurskilder geword, wat van 1916 tot
1956 in Suid-Afrika gewerk het.
Strat Caldecott, Kragstasie. (Met vergunning van regter J W van Zyl.). © SESA
Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957), in Pretoria gebore, was hoofsaaklik in Transvaal werksaam, en die
Transvaalse landskaptonele, met hul stapelwolke en kenmerkende bome - inheems soos die akasia of
die kremetart, of ingevoer soos die populier en bloekom - was die hooftema van sy kuns. Hy het in
Nederland studeer, asook by Oerder in Pretoria. Sy persoonlike styl was altyd streng reglynig; sy
grafiese werk, veral sy houtsneë, was net so belangrik soos sy skilderye in olie en waterverf. In sy
later jare het hy sy landskaptonele in 'n prismatiese manier wat aan die kubisme herinner, probeer
stileer. Sy swakker skilderye, hoewel altyd dekoratief, lyk soms te droog en sonder gevoel. Sy reekse
groot, gestileerde landskaptonele in die Johannesburgse spoorwegstasie weerspieël die essensiële
karakter van baie dele van die land.
50
VROULIKE KUNSTENAARS
In die kort geskiedenis van Suid-Afrikaanse kuns het vroulike kunstenaars - nie net getalgewys nie 'n belangrike rol gespeel. Die eerste van talle vroulike skilders was die Durban-gebore Bertha Everard
(1873-1965). Sy is in Londen opgelei en het landskaptonele geskilder waarin sy post-impressionistiese
idees van kleur en komposisie, sterk gesteun deur ritmiese grafiese patrone, ingebring het.
Twee ander vroulike kunstenaars, Irma Stern (1894-1966), in Schweizer-Reneke gebore, en Maggie
Laubser (gebore 1886, Malmesbury-distrik), albei in Duitsland opgelei, het die ekspressionistiese
skilderkuns na Suid-Afrika gebring. Albei moes groot probleme oorkom om die publiek, wat aan 'n
realistiese, akademiese skilderstyl gewoond was, se guns te wen. Hoewel hul kuns tot dieselfde
beweging behoort, verskil hul persoonlike style ontsettend baie.
Maggie Laubser, Oestyd in België, 1922. (SA Nasionale Galery.). © SESA
Irma Stern, die belangrikste koloris onder die Suid-Afrikaanse skilders van haar tyd, het 'n groot
hoeveelheid werk nagelaat - die bestes van hoë gehalte. Haar reeks motiewe is wyd: Dit sluit in
figuurskilderye en landskappe, geïnspireer deur haar reise na die Kongo, Zanzibar, Spanje en ander
lande, maar haar eselskilderye het nooit bloot illustratief geword nie. Talle energiek geskilderde
stillewes en ekspressionistiese portrette, asook 'n paar muurskilderings, getuig van haar kuns.
Benewens 'n groot aantal tempera- en gouache-skilderye, het sy ook 'n paar beeldhouwerke en
keramiekwerke gemaak.
Maggie Laubser se werk, daarenteen, bestaan hoofsaaklik uit figuur- en diereskilderye met 'n
doelbewus primitiewe styl, almal relatief klein van formaat en tekenend van die landskap van die
Wes-Kaap waar die kunstenaar die grootste deel van haar lewe deurgebring het. Sy het dikwels
landelike tonele uit die lewe van die kleurlinge en vissers geskilder. Hoewel haar werk in haar later
51
jare baie onewe in gehalte geword het, het sy jonger skilders met haar styl en tipiese palet
beïnvloed.
EKSPRESSIONISME
In teenstelling met die impressionisme en kubisme, speel die ekspressionistiese skilderkuns 'n
belangrike rol in die Suid-Afrikaanse kuns. Nog 'n verteenwoordiger van hierdie styl was die vroeg
gestorwe Wolf Kibel (1903-1938). Sy styl is beïnvloed deur dié van Soutine, sy palet soms deur dié van
Cézanne. Sy sensitiewe kleur en sy vreugde in eksperimente het sy plek in die Suid-Afrikaanse kuns
verseker.
Prams Domsaitis (1880-1965), gebore in Oos-Pruise, het hom in Suid-Afrika gevestig toe hy al amper
70 jaar oud was. Nogtans het hy sy merk op die Suid-Afrikaanse kuns gelaat as 'n skilder van
ekspressionistiese, droomagtige Karoo-landskappe en godsdienstige temas, sterk beïnvloed deur die
styl van Georges Rouault. As laat-ekspressioniste kan Frans Claerhout (gebore 1919), sterk beïnvloed
deur sy Vlaamse landgenoot Permeke, genoem word, asook die Indies-opgeleide Zainab Reddy, in
1930 gebore en in Durban werksaam.
Ander wat deur die ekspressionisme beïnvloed is, is John Dronsfield (1900-1951), portretskilder van
bruinmense van die Kaap; Fritz Krampe (1913-1966), wat in 1950 na Suidwes-Afrika (nou Namibië)
gekom het, en die skilder van sy wildlewe geword het; Russell Harvey (1904-1963), 'n sensitiewe en
teruggetrokke maar diep menslike figuurskilder; Gerard Sekoto (in 1913 gebore), die eerste swart
skilder van belang, wat op die lewe in die townships gekonsentreer het voordat hy in 1947 in Frankryk
gaan woon het; en Albert Adam (gebore 1919, Kaapstad), wat die eerste kleurling-skilder was en
groot ekspressionistiese krag vertoon het, beïnvloed deur Oskar Kokoschka. Hy het egter na Londen
vertrek en nie weer teruggekeer nie.
Tot die jonger generasie van ekspressionistiese behoort ook Carl Büchner (gebore 1911), skilder en
opvoeder, en Judith Mason (gebore 1938). Laasgenoemde, diep spiritueel in haar betrokkenheid by
menslike probleme, huiwer nie om abstraksie en inkrustasie met objets trouvés soos stukkies been
te gebruik nie. Stanley Pinker (gebore 1924) hou by 'n simboliese ekspressionisme wat Frans van
oorsprong is.
SURREALISME
Die surrealistiese styl word deur 'n paar skilders in Suid-Afrika verteenwoordig. Drie mans, van
heelwat wisselende belang, kan genoem word. Die leier onder hulle is Alexis Preller (gebore 1911), 'n
skilder met 'n ryk verbeelding wat deur die stamtradisies, lewe en kuns van die inheemse mense
besiel is. John Heath (gebore 1915) is lief vir die kragtige skilderagtige stelling, maar bly dikwels grof in
sy kleure. Die werk van sy leerling Fred Page (in 1908 gebore) is van belang vanweë die kunstenaar se
oorspronklikheid van visie, hoewel dit beperk in uitset en karakter is omdat hy feitlik net in swart en
wit skilder.
(Sien ook artikel: "Skilderkuns, Suid-Afrikaanse II - Die geskiedenis van: Aard".)
52