aan een genealogy meld site

Transcription

aan een genealogy meld site
Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak
Jaargang 9, uitgawe 3
FAMNEA
Volume 9, number 3
GLORIA VICTIS
Quarterly of the SA Genealogical Society - North West Branch
deur Simon du Plooy
INHOUDSOPGAWE
“Ter gedachtenis aan de oud
studenten en studenten van de
Gloria Victis
1
Theologiese School der
Gereformeerde Kerk in den oorlog
1899-1902,
Ons kan voor konings
staan
7
die hun leven gaven voor Vrijheid en
voor Recht”
‘n Brokkie geskiedenis uit
die Anglo-Boereoorlog
11
Fokus op families: Die
Yssels van Elandskuil
Distrik, Ventersdorp
13
Genealoog van die jaar
2012: Jan Visagie
15
Toekenning vir uitnemendheid 2010: Rachel
Mercia Nepgen
16
Sosiaal
18
Agterblad: Familie hiërargie in die Basotho-Kultuur
20
Bydraes vir publikasie:
Riglyne
20
KOMdt. Karel David COETZEE
KOMdt. Calman Efraim LIONCACHET
Jacob Philippus MARÉ
Johannes Abraham VENTER
Jan Christoffel KRUGER
Foto geneem deur Cornel van Heerden
O
p die terrein van die
Gereformeerde Kerk se
Teologiese
skool,
half
weggesteek in die suidoostelike hoek, staan ‘n beskeie
monument in die vorm van ‘n 3.50 m
hoё gedenknaald. Die letters op die
eenvoudige wit marmersteen is baie
verweerd weens jarelange blootstelling
aan die elemente, maar by nadere
besigtiging is die volgende bewoording
leesbaar:
Foto geneem deur Cornel van Heerden
Besoekers wie geen familiebande
met
bogenoemde persone het
nie, het sekerlik al gewonder wie
hulle was en hoe dit gekom het dat
die monument met hulle name sy
staanplek hier gekry het.
Dit is algemeen bekend dat
die Teologiese skool aanvanklik op
Burgersdorp gesetel was. Na die uit-
breek van die oorlog het die studente
vanuit die Boererepublieke huiswaarts
gekeer om die wapen te gaan opneem
met noodlottige gevolge vir die vyf wie
se name op die monument vermeld
word. Na die oorlog het die studente
weer teruggekeer en die idee het
ontstaan om ‘n monument ter
nagedagtenis van die gesneuweldes op
te rig. Koste is deur hulself, asook
gemeenskaplike vriende gedelg.
(Vervolg op bladsy 2)
GLORIA VICTIS
(vervolg vanaf bl. 1)
Op 24.03.1906 is die monument onthul deur
Ds. W.J. De Klerk. Die treffende opskrif
GLORIA VICTIS was die idee van Prof. Jan LionCachet.
Tydens die onthullingsplegtigheid is
‘n lied “Gloria VICTIS” met woorde deur die
jong J.D. Du Toit (Totius) op die wysie van
Wilhelmus van Nassau gesing.
Prof. F.
Postma het die rede gevoer en nadat student
H.J.R. Du Plessis die bedankings gedoen
het, is met die sing van Ps. 98:4 afgesluit.
Maar dit was nie die finale staanplek
van die monument nie. Aanvanklik is
dit geplaas voor die eerste teologie-gebou op
Potchefstroom wat op 13.2.1905 ingewy is.
Dit is egter later verskuif na die huidige
posisie - vermoedelik na voltooiing van die
kompleks ongeveer 1950.
’n Verkorte lewenskets sal
vervolgens gegee word van die studente wat
gesneuwel het:
KOMMANDANT KAREL D. COETZEE
Karel David Coetzee *Burgersdorp 1.3.1872
=Burgersdorp Geref. Kerk 31.3.1872 (Get: Carel
David Aucamp, Petrus Jacobus Coetzee, Anna
Elizabeth M. Snijman) +24.2.1902 (S/v Dirk Jacobus Coetzee *16.3.1848 Eselshoek + Tolkop,
Burgersdorp 17.5.1917 x Burgersdorp 30.1.1865
Johanna Alida AUCAMP * distr Albert 25.11.1849
+ Olyfenfontein 9.10.1876) x Hester Maria VAN
TONDER *Ca 1880 (D/v Henning Willem Jacobus
Van Tonder *1827 +1903 xx 2.4.1866 Johanna
Adriana Marais * 1838 + 1888).
REDAKSIE
Esther Visser-Stieger
(Redaktrise)
Karel was die 2de van 5 kinders uit sy
vader se eerste van 3 huwelike waaruit 18 kinders
gebore is.
Vir Karel en Hester is een kind gebore te
wete Dirk Jacobus *12.11.1899 = Dewetsdorp
21.1.1901 wat op tweejarige ouderdom in
Springfontein-konsentrasiekamp sterf. Karel David
Coetzee *Burgersdorp 1.3.1872 (Blackie Swart
meld in sy publikasie “963 Days at the Junction”
dat ‘n Dirk Jacobus Coetzee, 2 jaar oud, op
16.11.1901 sterf).
Karel sluit hom by Genl. De Wet se
kommando aan en in die begin van 1901, tydens
De Wet se reorganisasie, word hy bevorder tot
Kommandant vir Wepener en veg onder Asst.
Komdt. Piet Fourie.
Op 25.12.1901 was hy deel van die groep
wat Groenkop, ook genoem Krismiskop, bestorm
het. ‘n Internetbron beskryf die gebeure kortliks as
volg:
Stephan Botha
Elmarie Weyers
“Battle of Groenkop:
A memorial monument has been erected on the
top of Groenkop situated between Bethlehem and
Kestell (40 km from Bethlehem), remembering
those (Britishs soldiers) who died during the battle
Foto: Boere-Offisiere 1899—1902
Sonja vd Westhuizen
(Bladuitleg)
VANAF DIE REDAKSIE
ERRATUM
Ons wil hiermee 'n regstelling doen en verskoning
maak dat ons in ons vorige FAMNEA-uitgawe per
abuis die verkeerde foto geplaas het by Ferdie
Jansen se bekendstelling van hom en sy gesin. Ons
plaas vervolgens nou 'n foto van die eintlike
Jansen-gesin. Die foto is op hul oudste kind se
huweliksplegtigheid in 2004 in die Paarl geneem:
V.l.n.r. Johannes Jansen, Elise Jansen, Frederik
Jansen, Ferdie Jansen en Wynand Jansen:
Kopiereg © outeurs van FAMNEA-artikels:
Lesers moet nodige erkenning aan outeurs, sowel as FAMNEA gee indien artikels of gedeeltes daarvan gebruik word. (Redaksie)
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
2
Monument te Groenkop ter ere van Britse
gesneuweldes . (Foto e-GGSA)
on 25 December 1901. Major
Williams with 550 men, most of them
from the 11th Battalion, Imperial Yeomanry, a 15-pounder gun and a pompom were positioned at the top of the
61m. high Groenkop.
And as one British prisoner of war
stated after, some of their Boer captors were so short on clothing that
they were wearing women’s clothing.
But despite their attire, the Boers defeated the
British soldiers after
climbing Groenkop barefoot at 02:00 on Christmas morning
1901. The Boers fired shots down into the tents of the sleeping British soldiers camped at the foot of the hill, reigning down a massacre which lasted for 40 minutes before the
British surrendered”.
sterfdag is dus 24.4.1902. Dit stem ooreen met Malan se
datum in sy publikasie “Boereoffisiere”.
Sy S/k word onderteken deur Hester M. Coetsee en
hy laat na bates van minder as ₤75, maar wel ‘n
versekeringspolis van ₤ 300. (Polis No 38649 van SouthAfrican Mutual Co.).
Hulle gesamentlike testament is onderteken op
20.10.1899. Die egpaar was toe woonagtig op Rosebank in
die Wyk Morokka, distrik Bloemfontein. Volgens die
inventaris was die ander bates: 1 Koei en kalf: ₤15; 2 Koeie
@ ₤12-10-0 elk = ₤25; 10 Skape @₤0-15-00 elk =₤7-10-0; 4
Bucks @ ₤2-0-0; Horse @ ₤2-0-0 Totaal: ₤51-10-0 (Later is
“Goats” bygeskryf).
Volgens ‘n nota in die boedeldokumente het die
egpaar een kind gehad wat oorlede is voor haar eggenoot
volgens ‘n beëdigde verklaring deur Hester Maria voor Jean
Francois von Idekkinge (Resident Magistraat van Thaba Nchu)
gedateer 8.1.1903. ‘n Hertrou-sertifikaat is vir haar uitgereik
op 30.11.1903.
CALMAN EFRAIM LION-CACHET
.
Groenkop se ligging
Groenkop is geleë op die koördinate S: 28°18'42.08" en O: 28°
41'40.49" tussen Bethlehem en Kestel.
Na die oorgawe van Genl. Prinsloo in die
Brandwaterkom word Coetzee kaptein van die sogenaamde
“Vliegende Korpse” soos die vinnige patrollies genoem is.
Hulle tree op in die Suid-Vrystaat en Noord-Kaapland. Hy
sneuwel a.g.v ‘n skoot deur sy hoof in ‘n geveg met Kleurling
spioene, maar daar is nie eenstemmigheid oor die plek en
datum van sy dood nie. Volgens die Geref. Kerk Venterstad se
Eeufeesalbum was dit op 2.5.1901 te Paardefontein, distrik
Bloemfontein, maar volgens Malan se Boereoffisiere sneuwel
hy op 24.4.1902 by Rooikop naby Dewetsdorp. In die Geref.
Kerke se eeufeesgedenkboek “My Erfenis is vir my mooi:
1869-1969” word die voorval kortliks soos volg beskryf:
“Kommandant Coetzee het op die dag van wapenstilstand
met sy kommando huis toe gery. Hulle het gemeen dat alles
veilig is. Skielik het ’n klomp Hottentotsoldate op hulle begin
vuur. Hy is dodelik getref.” Volgens sy sterfkennis was sy
ouderdom met oorlye 30 jr 1mnd en 23dae en sy berekende
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Calman Lion-Cachet Foto—TAB 3090
Calman Efraim was die derde kind en tweede seun van Prof.
Jan Lion Cachet *29.11.1838 +21.9.1912 xx 1877 Catharina
Viljoen *6.10.1855 +1888 en is hy gebore te Philipstown op
24.5.1878 ~ Philipstown 23.6.1878.
3
In ‘n versoekskrif gedateer 13.12.1897 aan die
Kaapse Hoofregter vra hy dat sy erfenis van ₤231-0-0 uit sy
oorlede moeder se boedel aan hom uitbetaal moet word. As
rede voer hy aan dat hy reeds meer as drie jaar te Steynsburg
as klerk in die besigheid van Anne Francoise van
Rooy (weduwee van Johannes Cornelis van Rooy) werksaam
was. Sy salaris by “J.C. van Rooy - Direct Importers and
General Dealer” was aanvanklik ₤4-10-0 per maand maar
later ₤7-10-0. Gedurende die tydperk het hy homself
onderhou en apart gewoon van sy vader wat in Burgersdorp
woonagtig was. Hy het fondse benodig om ‘n “General Dealer
and Importer” besigheid op Reddersburg te begin waar daar
goeie moontlikhede vir ‘n besigheid van die aard was. Die res
van die versoekskrif word gewy aan die kontantvloei
vooruitskattings en terugbetalings en sluit af met die versoek
om as meerderjarige verklaar te word. As minderjarige is hy
deur sy vader bygestaan. Die aansoek was vergesel van ‘n
verklaring deur A.C. van Rooy beëdig voor A. Postma, “Justice
of the Peace. Steynsburg”. Verdere verklarings in sy guns is
ook ingedien deur ene Francois Samuel Hoskin en Edward
Barnard. Die aansoek is ook aanbeveel deur Landdros William
Hare van Steynsburg.
koeёl neergevel is, was deur ‘n paar los klippe aangedui. Die
trekgeselskap het op die dag, 11.10.1938, ‘n
eenvoudige maar stewige monumentjie van klippe uit die
omgewing gestapel om die plek aan te dui. (In 1967 is ‘n
monument vir hom opgerig op die plek waar hy geskiet is).
Monument ligging te Steynsburg
Met die uitbreek van die oorlog sluit hy hom aan by
die kommando van Genl. Kritzinger. Hy was ‘n dapper vegter
Sy sterfkennis is op 23 Augustus 1901 te
en ontvang eervolle vermelding vir sy optrede in ‘n geveg Burgersdorp onderteken en hiervolgens was hy ongetroud,
naby Lady Grey. Dit is nie bekend wanneer hy tot 23 ½ jaar oud en ‘n “Shopkeeper” woonagtig te Reddersburg.
kommandant bevorder is nie.
Verdere inligting meld dat hy wel ‘n testament gehad het
maar dat dit nog nie opgespoor kon word nie. Die testament
Op 13.8.1901 word hy op die plaas Ruiterskraal
is wel later opgespoor. Dit is onderteken te Steynsburg op
tussen Venterstad en Steynsburg ernstig bokant sy regteroog
10.12.1897 met getuies A. J. Liebenberg en A. Postma en sy
gewond en sterf dieselfde aand. Hy is op Steynsburg langs sy
vader was die enigste begunstigde uit sy boedel. Sy besittings
moeder begrawe.
was “In this Colony moveable property, In the OR Colony both
Dit is duidelik dat Calman nie ‘n teologiese student moveable and immovable property”. Roerende bates was
aan die Teologiese skool was nie. Hy was waarskynlik ‘n “None – all destroyed – no compensation received” en vaste
skolier aangesien daar in die beginjare wel leerlinge bates ‘n halwe aandeel van erf 18 in Reddersburg,
ingeneem is. Dit, asook sy vader se verbintenis met die skool gewaardeer teen ₤225 deur die waardeerder Hans Christiaan
as dosent en rektor het die oprigters waarskynlik die besluit Dessels. Die erfbeskrywing was “Corner of Postma- and
laat neem om ook sy naam op die monument in Church streets, village of Reddersburg, registered in the name
of “Lion-Cachet and Co” formerly of Reddersburg of which
Potchefstroom te plaas.
firm deceased was a partner” Elders word die erf se volle
Tydens die 1938 Voortrekkergedenktrek het Ruyterskraal ook
waarde aangetoon as ₤450.
besoek van een van die waens ontvang deurdat die “Louis
Dit sluit aan by Malan se “Die Boereoffisiere “ wat
Trichardt” op weg van Steynsburg na Venterstad daar
aangedoen het. Die plek waar Cachet deur ‘n verdwaalde meld dat hy na sy skoolloopbaan en voor die uitbreek van die
oorlog ‘n vennoot in ‘n meubelwinkel te Reddersburg saam
met sy oom Jan(sic.) Lion-Cachet was.
ONDERSTEUN
ONS
BORG!
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Later het sy vader ‘n gedig ter herinnering aan hom
geskryf en in die Vrystaatse argief is ‘n lêer gevind waarin P.
Postma, skenker van die dokument, in sy begeleidende
briefie meld dat hy die gedig van wyle Ds. Hammersma gekry
het … “ Soos u sien uit die aantekening wat hy gemaak het is
die gedig deur wyle Prof. Cachet, vader van die gesneuwelde
gemaak en deur hom oorhandig aan Ds. Hamersma.
Ds. Hamersma skryf op sy beurt op 31.03.1930 aan
Postma:“Toen Prof. Cachet my het gedicht reciteerde luidde
de eerste regel:’Lag de jongeling by zyn moeder’”
4
Die gedig het later ook in die “Het Studentenblad”verskyn.
Herinnering 13 Aug 1901
Laat hem rusten langs zijn moeder,
Wind hem in die Oranjevaan,
Nu hy goed en bloed en leven
Voor zyn volk heft prysgegeven
En sy taak is afgedaan.
Omdat Engeland had besloten
Mens te verven bloedig rood
D’ Afrikaanse groene velden,
Vloot hat bloed van onze helden,
Stierf ook hy den vroegen dood.
Toe de roepstem klonk “Te wapen!”
Greep de jonglin naar ‘t geweer,
Zag me steeds zyn strydros draven,
Gaan hy viel op’t veld van eer.
Den verwinnaar ridderkruisen,
Goud en schatten heerschappy,
Den verwonnene tot looning,
Tvl. (Volgens A.V. Oosthuizen se “Rebelle van die
Stormberge” is hy op Potchefstroom begrawe wat ‘n
wanopvatting is. Die skrywer het waarskynlik aanvaar dat hy
by die monument begrawe is).
‘n Interessante brokkie is dat ‘n halfsuster aan
vaderskant, Susara Margaretha, blykbaar “Sarie” van die
bekende volksliedjie “Sarie Marais” was. Haar eggenoot
Jacobus Toerien het die liriek geskryf en dit het ’n gewilde
Suid-Afrikaanse volksliedjie op die wysie van die Amerikaanse
lied “Ellie Rhee” geword.
’n Verdere interessante familieskakeling is dat nog ’n
suster, Elizabeth Johanna Deborah ca *5.7.1881 +29.7.1935
later getroud is met Petrus Lion-Cachet *ca 1880 +14.11.1940
S/v Jan Lion Cachet x Catharina Viljoen, die ouers van Calman
Lion-Cachet wie se naam direk bokant sy naam op die
monument verskyn. Derhalwe 2 persone met indirekte
familiebande wat mekaar waarskynlik nie in die hoedanigheid
geken het nie maar wie se name op een monument verskyn –
gesterf vir dieselfde ideaal.
JOHANNES ABRAHAM VENTER
Johannes Abraham (ook bekend as John) Venter was die
oudste van 7 kinders van Diederik Johannes Venter *
4.10.1846 en tweede eggenote Susanna Sophia Kruger (wed.
Coetzee) * 14.3.1858.
Hy is gebore op 13.10.1879 en word gedoop in die
Geref Kerk Bethulie op 16.11.1879 (Getuies: Jan Hendrik van
der Merwe en Johanna Catharina van der Merwe; Magiel
Hendrik Kruger en Catharina Jacomina Elizabeth Venter).
Waar zyn goed en trouwbetooning
Ruste aan zyn moeders zy”
JACOB PHILIPPUS MARÉ
Jacob Philippus MARÉ, was die sesde kind van Jacob Philippus
Maré *26.2.1823 +Machadosorp 11.2.1899 maar die derde
uit sy huwelik met Johanna Catharina Louisa (Hannie)
SCHABORT (wed. van Jan Christoffel Bosman –“hy het Fotos van die wabrug oor die Oranjerivier by Bethulie nadat
die Bethulie–kommando die brug opgeblaas het
spoorloos verdwyn” *18.11.1842 +27.10.1895). Jacob
(Foto verskaf deur Trudie Venter)
Philippus snr. was ‘n Voortrekker uit die Nuweveld, Beaufort
(Wes) met Jacob De Klerk se geselskap in 1837. Hy woon eers
in die Heidelberg-omgewing waar hy ook Volksraadlid
John sneuwel op 11.3.1900 op 20-jarige ouderdom
was, maar verhuis omstreeks 1890 na Middelburg in die ZAR.
naby Bethulie op die wabrug oor die Oranjerivier. Die latere
Hy was bekend as ‘n standvastige en vrome kerkman.
Komdt. A. Griesel van Bethulie beskryf hom soos volg: “‘n
Hoe en onder welke omstandighede sy seun Jacob jong man van ongeveer 22 jaar, gematrikuleerd, veel
gesneuwel het kon nie vasgestel word nie. Volgens sy S/k is belowend en wat nog verder wou studeer. Johnnie was
hy in die distrik Machadodorp oorlede terwyl De Klerk in ‘n dieselfde man wat saam met hulle uitgekruip het naby die
publikasie oor die Geref. Kerk se gesneuweldes meld dat hy brug en wie se geweer soveel rook gemaak het dat
Grobbelaar hom gevra het om nie te skiet nie”. Hy is op die
op die plaas Zuikerboschkop, Dullstroom sneuwel.
plaas Driefontein, hulle famileplaas begrawe, maar word later
Jacob se suster “Lily“ Maré bygestaan deur sy swaer op 20 Januarie 1906 op Bethulie herbegrawe. Hy word ook op
J.P. Toerien onderteken sy S/k op 20.2.1902 te Heidelberg die Burgermonument van Fauresmith herdenk.
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
5
Behalwe die individuele graf is daar in die Bethuliekerkhof ook ‘n monument vir Vrystaatse en Bethulieburgers
wat tydens ABO II gesterf het. Hierdie monument is deur
genl. J.B.M.Hertzog op 20 Januarie 1906 onthul. Behalwe
Venter verskyn die volgende name ook daarop: J.J. de Wet;
A.C. de Villiers; L. Coetzer; J.(L.) Vosloo; H. Verster; (J.) H.
Viljoen; A.(J.) Roux; P.(H.) Van Vrede; W.(P.) Grobbelaar; C.J.
Roelofse.
Gloria Victis
The glory of the vanquished
ROEMRYKE OORWINNING
Die inhuldiging van die monument het saamgeval
met die inwyding van die gerestoureerde N.G. Kerk waarvan
die toring onder andere vervang is. ‘n Herbegrafnis van vier
burgers wat tydens die oorlog gesneuwel het, het ook
plaasgevind. Die plegtigheid is deur bykans 1000 familielede
en belangstellendes bygewoon. Die oorskot is in een kis
geplaas en het voor die kansel gestaan. Daarna is na die
kerkhof beweeg waar ‘n “sierlike grafsteen of monument”
gewag het. Verskeie draers en 28 meisies in wit geklee met
blommekranse was deel van die stoet.
Slegs drie name van diegene wat herbegrawe is
word genoem, naamlik Roux, Van Vrede en Venter met die
vierde persoon wat onbekend was.
‘n
Lys
van
burgersterftes
by
die
Oorlogmuseum, asook A.V. Oosthuizen se “Rebelle in die
Stormberge” meld dat hy in Potchefstroom (her) begrawe is,
maar dit is foutief soos bostaande onteenseglik bewys.
Foto geneem deur Cornel van Heerden
BRONNE
Na die oorlog het sy ouers Argentinië toe getrek De KLERK, W.J. 1904. De Gesneuvelden en Gestorvenen van
de Gereformeerde Kerken in Zuid-Afrika gedurende den
waar sy vader op 24.3.1907 te Chubut oorlede is.
oorlog 1899-1902 (N.D. van den Heyden).
JAN CHRISTOFFEL KRUGER
Jan Christoffel Kruger *Venterstad 30.09.1877 ~Geref. Kerk
Venterstad
14.10.1877
(Kruger-register
gee
doopdatum foutief as 4.10.1877) (Get: Jan Christoffel Kruger
en Johanna Margaretha Kruger +07.06.1901. Hy was die
sewende kind van Gert Hendrik Jacobus Kruger *Colesberg
1843 + Steynsburg 1923 en Hester Anna neé Kruger *1845
+ca 1881.
Hy was 'n student van die Burgersdorpse Teologiese
skool en lid van Kmdt. Van Reenen se kommando. Weens sy
plek van herkoms (Venterstad) en verblyf (Burgersdorp)
tydens die uitbreek van die oorlog was hy ‘n Kaapse burger
en derhalwe ‘n rebel.
Hy sneuwel te Ruigtevlei, Steynsburg tydens 'n geveg met die
Britse magte. Volgens sy sterfkennis was die oorsaak van sy
dood “Killed in action”. A.V. Oosthuizen in “Rebelle van die
Stormberge” sowel as Barry Kruger in die Krugergeslagregister meld dat hy te Potchefstroom begrawe is,
maar dit is foutief aangesien hy in Steynsburg begrawe is. In
sy boedel is die bedrag van ₤ 187-17-6 in kontant nagelaat.
You live as long as you are remembered. -- Russian proverb
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
HEESE, J.A. & LOMBARD R.T.J. 1999. Suid-Afrikaanse
Geslagsregisters Deel 5: L-M. Stellenbosch: Genealogiese
Instituut van SA .
HEESE, J.A. & Medewerkers. 2004.
Suid-Afrikaanse
Geslagsregisters Deel 10: Roo-Schn. Uitgegee deur die
Genealogiese Instituut van SA .
KRUGER, B. 2007. Die Krugerfamilie in SA (CD - Eerste
Uitgawe).
MALAN, J. 1990. Die Boere-offisiere van die Tweede
Vryheidsoorlog, 1899-1902. (J.P. van der Walt )
MOSTERT, D. 1940. Gedenkboek van die Ossewaens op die
Pad van Suid-Afrika. Eeufees 1838-1938. Uitgegee deur die
ATKV.
OOSTHUIZEN A.V. in samewerking met die AliwalNoordmuseum. 1999. Rebelle van die Stormberge - Tweede
Vryheidsoorlog. 1899-1902 (J.P. van der Walt, Pretoria.
Tweede druk).
SWANEPOEL, R. Okt 2011: Pretoria Nuusbrief.
SWART, B. 2010. 963 Days at the Junction – A documented
history of Springfontein during the Anglo-Boer War 18991902 (Privately Printed).
VAN DER VYFER, G.C.P. 1969. My Erfenis is vir my mooi.Gedenkboek by die Eeufees van die Teologiese Skool van die
6
Gereformeerde Kerke in SA. Uitgegee deur die Kalvyn
Jubileum Boekefonds (Potchefstroom Herald).
VELDKAMP-VISSER, GROESBEEK I. & ZöLLNER L. 1991.
Coetzee Familie in SA (Ongepubliseerde Manuskrip - RGN).
“ONS KAN VOOR KONINGS STAAN”
Amelia Nasorgsentrum benoem na leerling
deur
VENTER J.D. & KRUGER V.R. Familie-Album van die Geref.
Kerk Venterstad oor 100 Jaar (Kerkraad Geref. Gemeente
Venterstad).
VENTER, T. 2011. Bethulie en die ABO.(Privaat uitgegee).
VILJOEN,
1978).
H.C.
1978.
Elmarie Weyers
SUMMARY
Die Viljoen Familie Register (RGN
Buildings and institutions are usually named after promiVISAGIE, J.C. 2011. Voortrekkerstamouers 1835-1845 – nent people due to their contribution and or role in society.
Tweede uitgawe, Tweede druk (Protea boekhuis).
This is actually not the case in Amelia Aftercare Centre in
Potchefstroom. This institution for mentally handicapped
DOOP EN HUWELIKSREGISTERS:
adults is named after Amelia Alice (Poppie) van Wyk, a former student. Despite her disability, she embodied the motto
Burgersdorp Geref. Kerk - Doopregister 1868-1888.
of this institution: “We can stand before kings.” The old resiBurgersdorp Geref. Kerk – Huwelikregister.
dents of Potchefstroom will always remember her as the girl
on the red bicycle who was loved by all.
Philipstown Geref. Kerk – Doopregister.
Venterstad Geref. Kerk – Doopregister.
ARGIEFDOKUMENTE:
KAB: CSC 2-6-1-178
KAB: MOOC – 6/9/450-1461
TAB: Foto versameling 3090
VAB: MHG – C1251
VAB: MHG – C 961
VAB: A:155.147.
VAB: MHG – C1321
KAARTE:
MAPS & TRAVEL: Padatlas ISBN 1-86809-800-1
D
ie gebruik in Suid-Afrika is om geboue en fasiliteite
na bekende persone te benoem. Dit is gewoonlik
vanweë hul posisie in die samelewing (die
hofgebou in Potchefstroom is vernoem na Minister
Louis le Grange), hul bydrae tot die instelling (E.S. le Grange
Skool is vernoem na Elizabeth Susanna (Bessie) le Grange (nee
Raats) – een van die stigterslede van die Skool) en of hul
pretasie (die sportstadion in Potchefstroom is vernoem na die
eertydse Olimpiese Marathon-atleet, Kenneth Kane
McArthur).
Dit was egter nie die geval met Amelia
Nasorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes in
Potchefstroom nie. Die sentrum is vernoem na een van hul
beminde leerlinge wat, ten spyte van haar gestremdheid, die
leuse van die sentrum uitgeleef het: “Ons (ek) kan voor
konings kon staan.”
PERSOONLIKE MEDEDELINGS:
VENTER, B. Inligting uit databasis.
WIE WAS AMELIA
WESSELS, E. Inligting uit databasis.
Mej. Amelia Alice van Wyk was ‘n leerling in 'n senior klas van
E.S. Le Grange-sentrum vir verstandelik gestremde
kinders. Toe die Departement van Nasionale Opvoeding in
1975 bepaal het dat leerlinge, wat skoolverlaat-ouderdom
bereik het, nie verder in E.S. le Grange-sentrum
geakkommodeer sou kon word nie, moes daar dringend na 'n
heenkome vir die leerlinge gesoek word.
WEBWERF:
http://www.wheretostay.co.za/information/topic/4107
(1.8.2012)
"There is no king who has not had a
slave among his ancestors,
and no slave who has not had a king
among his."
-- Helen Keller
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Amelia se klasonderwyseres, mev. Mostert, het
onmiddellik die inisiatief geneem en 'n groepie, bekend as die
“Vriende van Amelia” gestig. Die groepie is na Amelia
vernoem omdat sy op 34-jarige ouderdom die oudste leerling
in die senior klas was. In Mei 1976 is daar besluit om 'n
werkswinkel, wat
voortgesette
opleiding
en
werksgeleenthede aan volwasse intellektueel gestremdes sou
verskaf, in 'n plaashuis op die ou Vyfhoek-skoolterrein net
7
AMELIA EN HAAR ROOI FIETS
Op haar rooi fiets was Amelia van Wyk 'n bekende gesig in
Potchefstroom. Sy het die dorp vol gery om inkopies te doen,
briewe te pos en rekeninge vir haar vriende te betaal. Almal
in Potchefstroom het haar geken as Poppie. Dit was volgens
haar jongste broer Benjamin (Bennie) 'n naam wat sy aan
haarself gegee het.
Poppie was die oudste van drie kinders en is op 1
Julie 1941 te Port Alfred uit die huwelik van Johannes
Mattheus (Hans) van Wyk (*Distrik Bethlehem 1913?.08.02
+Adelaide 1960.06.03? Begrawe Springs) en Coral Daphne
(noemnaam was Daphne) Hittler (* Durban 1922.12.01
+Boksburg 2008.09.26) gebore. Haar twee broers was Willem
Paul (Billy) van Wyk *1943.05.16 (getroud met Susanna
Weideman) en Benjamin George (Bennie) Van Wyk
*1945.06.14 (getroud met Maria C. van Zyl). Kyk verkorte
stamlyn van Amelia vir meer inligting.
Haar pa, Johannes Mattheus van Wyk het hom by
die Graaff-Reinet Onderwyskollege as onderwyser bekwaam.
In die tydperk het hy tuisgegaan by Eerw. Blignaut, die
skoonpa van die bekende Afrikaanse skrywer, Audrey
Blignaut. Hy was later egter 'n landdros in Nigel en ook in
Adelaide. Volgens Bennie het sy ma, Daphne hul verlaat toe
Poppie slegs sewe, Willem vyf en hy drie jaar oud
was. Coral Hittler is vir 'n tweede keer getroud met Charles
David Quinn (oorlede in 1975). Sy sou eers weer haar
opwagting in 2001 met die viering van Poppie se 60ste
verjaarsdag in Potchefstroom maak. By hierdie geleentheid
was die eerste keer dat Amelia weer persoonlike kontak met
haar eie moeder gehad het.
Na haar pa in 1948 van Coral Daphne Hittler
geskei is, het hy in Nigel in 1955 in die huwelik getree met
Maria Susanna (Joan) Tempelhoff (*1924.12.10 +
Potchefstroom 1986.07.12) (weduwee van Paul Smidt). Uit
die huwelik is die volgende kind gebore:
buite Potchefstroom tot stand te bring. Die werkswinkel het
aanvanklik geen staatshulp ontvang nie en was hoofsaaklik 1. Anneliese Catharina VAN WYK (*Adelaide 1959.09.24 X
van skenkings afhanklik.
1981
Johannes Petrus BEUKES.
Geskei 1995. Uit
laasgenoemde huwelik is twee seuns, naamlik Johan
(*Potchefstroom 1987.06.24) en Renier (*Potchefstroom
EERSTE SOOIE WORD GESPIT
1989.01.10) gebore.
Die Nasorgsentrum sou later onder die destydse
Departement van Gesondheid en Volkswelsyn ressorteer. Op
11 Mei 1989, op die 14de verjaarsdag van die
Nasorgsentrum, is die eerste sooi vir nuwe werkswinkels en
wooneenhede op 'n terrein langs die E.S. Le Grange-sentrum
(Richardsonstraat, Potchefstroom) gespit. Die eerste fase van
die projek is in November 1992 voltooi. Die destydse
Stadsraad van Potchefstroom (tans bekend as Tlokwe
Stadsraad) het die lening van R1 miljoen rand geborg.
Na Johannes Mattheus van Wyk se afsterwe, het
Joan weer in 1964 te Potchefstroom in die huwelik met die
Potchefstromer, Harry Fuller getree. Poppie het by hulle in
Potchefstroom gebly tot die afsterwe van haar stiefmoeder,
Joan.
SO WORD AMELIA ONTHOU
Na die afsterwe van Joan (1986), het Amelia se halwe suster
Amelia is later as klashulp by die E.S. Le Grange(Anneliese Beukes) haar aan huis geneem.
sentrum aangestel. Op veertigjarige ouderdom het sy
afgetree.
Anneliese onthou haar soos volg:
“Vir my was Poppie gedurende my kinderjare 'n sussie wat
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
8
enige iets kon doen en van almal iets geweet het. My
grootste bederf was dat sy elke koue wintersaand vir my 'n
warm watersak gemaak het en dan by my gelê het totdat ek
as klein dogtertjie aan die slaap geraak het, terwyl sy vir my
stories uit die Kinderbybel gelees het. As enkelma het sy baie
ondersteuning aan my gebied met die grootmaak van my
twee seuns.”
Poppie het vir 13 jaar by Anneliese gewoon waarna
sy, weens haar diabetiese siektetoestand en vir ekstra
versorging op 24 Junie 1999 na Huis Anna Viljoen in
Potchefstroom oorgeplaas is. Gedurende die drie jaar in Huis
Anna Viljoen het sy baie nuwe vriende gemaak en was sy
bemind onder almal. Sy het naweke by Anneliese en die
twee seuns gaan kuier.
Johan Beukes, oudste seun van Anneliese Beukes,
deel met deernis sy herinneringe aan Amelia met die leser.
“Wanneer dit by Poppie kom, is daar so baie om te vertel!
Poppie het ‘n reuse rol gespeel in ons grootmaakproses. Sy
was nie net ons beste vriend nie, maar ook ons held! Sy het
ons bederf met die lekkerste lekkernye en alhoewel sy ‘n
diabeet was, het sy ‘n lekker soettand gehad. Poppie was n
groot ondersteuner van atletiek en het gereeld vir my en my
broer op haar fiets na atletiekbyeenkomste in Potchefstroom
geneem. Sy was ook die een wat ons leer fietsry het en was
altyd so kwaad as ons wiele pap was. Gelukkig het sy altyd
'patch and solution' gehad om ons fietswiele mee reg te
maak.”
Hy vertel verder: “In ons kinder-oë kon Poppie alles
doen. Poppie was ook vreeslik goed met name en sy sou
iemand een keer ontmoet en hom altyd onthou. Poppie het
ook altyd seker gemaak dat ek en my broer alle versamelings
bymekaar maak. Ek onthou so goed dat Engen in 1995, net na
die Lion King-film, ‘n versameling van albasters uitgegee het
met al die Lion King-karakters daarop. Die kinders by die
skool was so jaloers, want ek en my broer het, danksy Poppie,
die hele versameling gehad.
TEN SLOTTE
Die nagedagtenis van Amelia (Poppie) van Wyk leef voort in
Amelia nasorgsentrum – tans die tuiste van nagenoeg 130
verstandelik gestremde volwassenes vanuit Potchefstroom
en omgewing.
AMELIA SE VERKORTE STAMLYN
Stamvader: Roelof Adriansz VAN WYK *Nederland C.1632 +
Stellenbosch Okt. 1699 X Nederland 1667.08.21 Trijntje
JANS(Z)
b6c8d6e3f12 Willem Petrus VAN WYK *1849.09.05
~Winburg 1850.02.03 + "Muldersvlei", distrik Bethlehem
1909.10.04 X Winburg 1869.10.18 Anna Maria KOEKEMOER
*OVS Aug. 1850 +"Mooihoek, distrik Lindley 1901.04.09
g3 Johannes Mattheus VAN WYK *1876.10.07, boer
"Mooihoek", Distrik Bethlehem.
Begrawe Paul Roux
Begraafplaas X NG Kerk Senekal 1899.02.21 Anna Johanna
VAN NIEKERK van "Nieuwejaarsfontein", distrik Winburg
*OVS
1882.12.26 +"Mooihoek", Distrik Bethlehem
1900.03.06 (d.v. Izak Andries van Niekerk en Johanna van der
In die winter het ons altyd warm slaapsokkies gehad
Watt). Beide sy en haar kind is na bewering in die
met die mooiste tossels. Poppie kon vreeslik mooi brei en
konsentrasiekamp oorlede.
ongelukkig moes sy elke jaar nuwe sokkies brei omdat ons so
vinnig gegroei het.
NOTA: Johannes Mattheus van Wyk was 24 jaar oud toe hy
As daar een eienskap van Poppie uitstaan, is dit die
tydens die Anglo-Boereoorlog op 1900.07.04 op Lindley
feit dat sy altyd wou bederf. Sy sou haarself heel laaste plaas
gevange geneem is. In die register van die deurgangskamp,
om ‘n glimlag op iemand anders se gesig te sien! Sy word
Tin Town te Ladysmith word Johannes Matheus van Wyk as
oneindig baie gemis, maar ons hou ‘n warm plekkie in ons
krygsgevangene nr. 7360 aangedui. Hy is as krygsgevangene
harte vir haar.”
met die skip, Ranee na die Diyatalawa Kamp te Ceylon
gestuur, waar hy in hut 20 gehuisves is. Krygsgevangenes is
aanvanklik eers na St. Helena gestuur. Nadat die kampe daar
“WAT JY WAAR KRY?”
te oorvol geraak het, is krygsgevangenes vanaf Augustus
Amelia is op 30 November 2002 in die Kalie de Haas Hospitaal 1900 na Ceylon gestuur. As een van vyf kampe aldaar, was
te Potchefstroom oorlede met die laaste woorde op haar Diyatalawa die grootste met 4000 krygsgevangenes.
lippe: "Wat jy waar kry?" Op 4 Desember 2002 is sy in die
Potchefstroomse Begraafplaas (E4/86) begrawe.
Genealogy is like playing hide and seek:
They hide... I seek! - - Unknown
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
9
h1 Anna Johanna VAN WYK *1900.02.18 ~ NG Kerk Lindley h7 Anna Catharina VAN WYK
1900.04.21
h8 Abraham Christoffel VAN WYK
XX 1903.04.13 Anna Catharina ROOS *1885.08.15. Begrawe
Paul Roux Begraafplaas.
h2 Jacoba Elizabeth VAN WYK *1904.04.25 ~NG Kerk Lindley BIBLIOGRAFIE
1904.06.26
Anglo Boer War Museum. 2011. Prisoners of war. http://
h3 Willem Petrus VAN WYK *1905.06.14 ~ NG Kerk Lindley www.anglo-boer.co.za/database-/result.phpsearch. Datum
1905.06.23 X Paul Roux Anna Johanna Maria WILLIAMS van gebruik: 7 Mei 2012.
*Distrik Paul Roux 1909.08.03 +Pongola 1969.06.26
ANON. sj. Stam lyst van Johannes Mattheus van Wyk
h4 Frans Paul VAN WYK *1907.09.06 +1989.07.30. Begrawe (handgskrewe) [e-pos: [email protected]]. 16 Mei
te Lindley X Christina Adriana VENTER *1910.02.23 2012, Potchefstroom.
+1993.05.25 Begrawe Lindley
ANON. 1987. Poppie het baie vriende. Potchefstroom
Herald. 5, 7 Apr.
h5 Anna Maria VAN WYK
h6 Johannes Mattheus (Hans) VAN WYK *Distrik Bethlehem ANON. 1989. Amelia kry nuwe gebou. Potchefstroom
1913.08.02 ~NG Kerk Lindley 1912.11.24
+Adelaide Herald. 8, 5 Sep.
1960.06.03 Begrawe Springs
ANON. 2002. Grafsteen [E4/86]: Amelia Alice van Wyk.
X
Coral
Daphne
HITTLER
*Durban
1922.12.01 Potchefstroomse Begraafplaas.
+Boksburg 2008.09.26. Veras. Geskei c.a.1948 (sy trou later Beukes, A. 2012. Amelia van Wyk (biografiese inligting) [emet Charles David QUINN +1975).
pos: [email protected]]. 9 Mei, Potchefstroom.
XX Nigel 1955 Maria Susanna (Joan) TEMPELHOFF (wed. van GISA (Genealogiese Instituut van Suid-Afrika). 2008. Van
Paul Smidt) *1924.12.10 +Potchefstroom 1986.07.12. Joan Wijk/Van Wyk. (In Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, 16:471 –
trou na Johannes se afsterwe met Harry FULLER.
53).
KINDERS UIT EERSTE HUWELIK
Groesbeek, I. 2012. Van Wyk-geslagsregister
[email protected]]. 12 Mei, Potchefstroom.
[e-pos:
i1 Amelia Alice VAN WYK (ID 410701 0034 006)*Port Alfred SAVF (Suid-Afrika Vroue Federasie) Huis Anna Viljoen. 1999.
Opname-sertifikaat:
Amelia van Wyk.
26 Jun.,
1941.07.01 +Potchefstroom 2002.11.30 (ongetroud)
Potchefstroom.
i2 Willem Paul VAN WYK *1943.05.16 X Durban 1967.02.03
Suid-Afrika. Departement van Binnelandse Sake. 2012.
Susanna (Susan) WEIDEMAN *Johannesburg 1942.05.03
Geboortesertifikaat (verw. c4488620): Amelia Alice van Wyk.
5 Mrt., Potchefstroom.
j1 Johannes Mattheus VAN WYK
Van Niekerk, B. 2012. Amelia van Wyk (persoonlike
j2 Maria Hendrina VAN WYK
onderhoud). 2 Mei, Potchefstroom.
Van Wyk, B.G. 2012. Amelia van Wyk: lewensbeskrywing [e
i3 Benjamin George VAN WYK *1945.06.14 X Krugersdorp
-pos: [email protected]]. 7 Mei, Potchefstroom.
1970.12.12 Maria C. (Rina)
VAN ZYL *Johannesburg
1947.06.26
Van Wyk, B.G. 2012. Amelia van Wyk: lewensbeskrywing en
foto’s *e-pos:
[email protected]].
16 Mei,
Potchefstroom.
j1 Willem Petrus VAN WYK
j2 Reinet VAN WYK
KIND UIT EERSTE HUWELIK
i4 Anneliese Catharina VAN WYK (*Adelaide 1959.09.24 X
1981 Johannes Petrus BEUKES. Geskei 1995.
j1 Johan BEUKES *Potchefstroom 1987.06.24
J2 Renier BEUKES *Potchefstroom 1989.01.10
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Wees
Ma, as jy nog hande het
sal jy my weer vashou
en as jy nog lippe het
sal jy my rowe soen
ag, Ma, ás jy nog ‘n lyf het
sal jy my weer baar
dat ek met ‘n klap op die boud
uit volle bors kan skree - - Kobus Lombard
10
‘n BROKKIE GESKIEDENIS UIT DIE ANGLOBOEREOORLOG
(4) Martha Johanna – vroeg oorlede
(5) Pieter Hendrik – * 5.10.1895 (My vader)
(6) Frederika Johanna (Frikkie) – * 1897
Deur Pieter Hendrik Potgieter (a12b1c7d7e1f6g1h5i4)
D
ie stukkie geskiedenis wat ek hier probeer
weergee, is gebeure uit die Anglo-Boereoorlog
soos deur my Vader, Pieter Hendrik Potgieter
onthou is. In 1970, toe vader reeds 75 jaar oud
was, het ek ‘n gesprek met hom gevoer en sy vertellings van
gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog op ‘n kasset
opgeneem. Graag deel ek hierdie verhaal, oor die ontberinge
wat my Ouma en haar kinders gedurende die AngloBoereoorlog moes deurmaak, met julle.
My Oupa Frederik Johannes
(Vaal Fritz) Potgieter
* 20.02.1859, was die oudste
van elf kinders van Johannes
Hermanus Jacobus (Jan
Rooiwal) Potgieter en Elsie
Magdalena Adriana Kritzinger
wat op die plaas Roodewal,
distrik Alexandria geboer het.
My Ouma Martha
Johanna de Necker
(Hansie) –
* 27.08.1868, was die
vierde van dertien
kinders van Pieter
Hendrik de Necker en
Martha Johanna
Raubenheimer wat op
die plaas
Pampoenkloof in die
Swellendam-distrik
geboer en later
verhuis het na die
plaas Populierbos in
die Ventersburgdistrik
My Vader Pieter Hendrik Potgieter vertel dat Oupa Frederik
en Ouma Martha met beeste, skape en perde geboer het op
die plaas Tweepunt naby Wonderkop-Stasie in die distrik
Kroonstad. Oupa wat ook ‘n transportryer was se wa en osse,
waarop Oupa en ‘n vriend van hom was, het op ‘n dag voor ‘n
trein beland. Volgens oorlewering was die liggaam van Oupa
se vriend so erg vermink dat dit wat van hom oorgebly het,
Oupa in sy nekdoek bymekaar gemaak het. Oupa kon nooit
oor die grusame dood van sy vriend kom nie en dit het
daartoe gelei dat hy hierna aanvalle van vallende siekte begin
kry het.
Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is Oupa
Frederik in Febuarie 1899 op die plaas Tweepunt oorlede na
‘n aanval van vallende siekte terwyl hy besig was om turksvye
agter die kraalmuur te pluk.
Kraalmuur waar Oupa Vaal Fritz Potgieter doodgeskiet is
In dieselfde jaar het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek. Toe
die Engelse Kroonstad inneem het Ouma Martha se twee
bywoners Oom Koos Menson en Oom Dolf de Necker hulle by
die Engelse magte op Kroonstad aangesluit om hulle deur die
Vrystaat te lei.
Die eerste groot kolon Engelse wat van Kroonstad na
Bethlehem getrek het, het die eerste aand op Ouma se plaas
Tweepunt oornag. Die waens en ruiters het by die huis en
teen die bult laer getrek terwyl die Skotte met die orkes by
die boonste dam aan die suidekant laer opgeslaan het. Die
Uit die huwelik van Oupa Frederik en Ouma Martha is ses volgende oggend het hulle alles verwoes, selfs Ouma se
kinders gebore:ganse is op die dam doodgeskiet, al die bome is afgekap en
het die bult vol gelê. Vader onthou hoe die skape in die kraal,
(1) Johannes Hermanus Jacobus (Jan) – * 28.05. 1889
deur die Engelse met bajonette doodgekap is en hoe die
(2) Elsie Magdalena Adriana (Ellie) – * 18 .06.1892
bloed in ‘n stroom by die kraalhek uitgeloop het. Die
volgende dag het hulle nog lewendige skape onder die hoop
(3) Adriana Josina – gebore * 14 .12. 1893
dooie skape uitgehaal. Vader het self ‘n bajonet wat in die
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
11
slagting gebruik is, in die kraal opgetel. Die bajonet is steeds het, is later deur die boere gevange geneem en tereggestel.
in die familie.
Kort voordat die vervolging van vroue en kinders
Die tweede kolon Engelse wat van Kroonstad na gestaak is en terwyl Ouma steeds met haar kinders voor die
Bethelehem getrek het, het vroue en kinders gevange Engelse gevlug het, het sy ook haar kar en perde verloor.
geneem en na die konsentrasiekampe geneem. Toe Ouma Ouma het die Engelse gewaar en die kar op die plaas van
verneem dat die Engelse in aantog is, het sy twee oom Piet Pieters in die distrik Lindley in ‘n populierbos
plaaswerkers die wa laat inspan en alles wat sy kon daarop versteek en met takke toegeslaan. ‘n “Joiner” het egter die
gelaai en hulle na Oom Jannie Prins se plaas Plesierfontein kar opgespoor, uit die populierbos gesleep en aan die brand
aan die Valsrivier gestuur. Vader se broer Jan wat toe 10 jaar gesteek.
oud was en ‘n swartman het met die beeste saam met die wa
Nadat dit vrede geword het, is Ouma met haar kroos
getrek.
van vyf wat sy deur hierdie tyd van swaarkry trou beskerm en
Toe Ouma verneem dat die Engelse op versorg het, terug na hul plaas Tweepunt waar net die huis se
Nuweputsfontein is het sy en haar vyf kinders met die kar en swartgebrande mure nog sigbaar was. Hul lewe moes letterlik
perde gevlug. Hulle het aan die Valsrivier op Plesierfontein in van voor en met niks begin.
die bosse geskuil totdat die gevaar verby was. In die tyd het
Ouma Martha trou weer na die oorlog met
Ouma die onstellende nuus ontvang dat haar woonhuis op
Gerhardus Petrus (Gert) Pieterse – * 7.09.1871. Uit die
Tweepunt afgebrand is. Later het sy verneem dat ‘n “Joiner”
huwelik is vyf kinders gebore:by name Klein Karool Botha, wat aan haar bekend was, haar
huis afgebrand het.
(1) Martha Johanna * ± 1903
Ouma het met die kinders van Plesierfontein na
Pietersdeel, naby waar Steynsrus vandag is, gevlug. Vandaar
was hulle pal op die vlug voor die Engelse terwyl Vader se
broer Jan en die swartman voortdurend met die beeste
gevlug het. By tant Hannie Wolmarans se plaas
Makawaanstad, was die Engelse kort op hulle hakke. Net
bokant die huis by die hek moes Oom Jan en die swartman
die beeste los en gaan skuiling soek want die Engelse was op
hulle. Daar voor die hek het die Engelse al die beeste
doodgeskiet.
(2) Gerhardus – jonk oorlede
(3) Hendrik – * ± 1907
(4) Elizabeth Maria – * 1909
(5) Georginia Maria - * 1912
Die egpaar woon later jare op Viljoenskroon waar Ouma
Martha oorlede is op 24.09.1951 en Oupa Gert op 8.06. 1954.
Beide grafte is in Viljoenskroon se begraafplaas te sien.
Hierdie stukkie geskiedenis wat handel oor die stryd
om oorlewing van ‘n moeder en haar kinders gedurende die
Anglo-Boereoorlog, illustreer weereens die ontberinge wat
ons voorouers gedurende hierdie tyd moes verduur. Die
geloof en deursettingvermoë van veral die vroue wat, deur
die oorlog met klein kinders en babas, hierdie toestande
moes hanteer, laat ons weereens besef dat ons die
Met die laaste vrouelaer wat deur die Engelse vernietig is, is afstammelinge is van voorouers van edele inbors met ‘n
al die osse voor die waens doodgeskiet en die waens besondere karakter van durf en volharding.
verbrand. Die vrouens en kinders het egter wonderbaarlik
met kar en perde van die Engelse ontvlug, hulle was egter
sonder kos gestrand want daar is aangeneem is dat al die
waens en osse vernietig was. Laat daardie middag het daar
iets wonderlik en onverstaanbaar gebeur toe vier osse het op
hul eie, sonder drywer of touleier, daar opgedaag met die wa,
bekend as die blikwa, waarop die kos en meel was. As gevolg
van hierdie gebeurtenis, wat deur die vroue as ‘n
wonderwerk beskryf is, het almal daardie aand kos gehad om
te eet.
Onder omstandighede van soms bittere koue het
Ouma haar kroos gevoed en versorg terwyl sy gedurig op die
vlug was en deur die Oos-Vrystaatse distrikte van
Petrussteyn, Reitz, Bethlehem en verskeie kere deur Lindley
getrek het. In die dorp Lindley was al die huise en selfs die
Kerk afgebrand.
Hierdie was ‘n uiters gevaarlike tyd vir die vroue en
kinders wat nog op die plase was. ‘n Sekere Generaal Brett
het met ‘n mag van 800 swart troepe in spelonke in die berge
by Bethelehem geskuil vanwaar hulle strooptogte op die
plase uitgevoer het en veral jag gemaak het op vroue. Een
van Brett se luitenante was ene Stuart wat snags strooptogte
uitgevoer en vroue aangeval het. ‘n Kleurling wat ‘n
skrikbewind gevoer het en talle vroue verkrag en vermoor
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Die skrywer, Pieter en sy vrou Sarie Potgieter
12
FOKUS OP FAMILIES
DIE YSSELS VAN ELANDSKUIL DISTRIK
VENTERSDORP
Deur Susan Schutte (Geb. Yssel - 24.3.1931)
Ventersdorp dan ook vernoem is.
Oom Hans het sy broer met sy familie by Oupagroot
agtergelaat op Elandskuil. Hier het Oupagroot hom geanker,
’n hartbeeshuisie opgerig en ’n nuwe lewe begin. Nadat daar
vir behoorlike behuising gesorg is en die nodige voorsiening
gemaak is vir ’n toekomstige gevestigde lewe, het Oupagroot
in die huwelik getree met Elsie Lasea Sophia Petronella
(laaste naam nie in SAG 14-Bl. 84) Venter (2.8.1835 ?.5.1863), dogter van Jan Adriaan Venter(*1795) en Anna
Maria Sophia Pretorius (* 9.11.1814).
Uit Oupagroot se huwelik met oumagroot Elsie Venter is
drie seuns gebore. Die oudste het maar drie maande oud
geword. Tant Annie Booyens het vertel dat sy moeder besig
was om klere te was langs die spruit. Sy het hom agter haar
neergelê terwyl sy besig was om te was. Ongemerk het ’n
hondjie op hom kom lê terwyl sy was en hom versmoor. Wat
’n tragedie!
Oupagroot se tweede seun by ouma Elsie was Jan Adriaan
*13.10.1854 +17.6.1924 (Tydens ABO II verban na St Helena)
x Susanna Johanna Sophia Dyzel (31.5.1855 + 2.5.1950)
SUSAN SCHUTTE
W
Die derde seun was Gabriel Ernst *30.9.1856 x 26.2.1881
Susanna Cornelia Emmerentia van Aswegen (*9.6/7.1864
+22.9.1962). Gabriel Ernst was maar twaalf dae oud toe ’n
terugslag sy moeder tref deurdat sy ‘n invalide word tot en
met haar oorlyde toe hy maar sewe jaar oud was. Gelukkig
het Oupagroot se skoonouers by hom gewoon en kon hulle
help met die versorging van die twee seuntjies.
yle Sarel Gerhardus Yssel (26.1.183129.7.1898),
ons
vader,
grooten
oorgrootvader, wat ek in die skrywe
“Oupagroot” sal noem, het hom op 21
Augustus 1851 op Elandskuil kom vestig.
Oupagroot se vader was Gabriel Ernst Yssel, van
Colesberg, later koster van die kerk te Colesberg, en sy
moeder was Maria Catharina Nienaber – sy vader se derde
eggenoot.
Oupagroot het grootgeword by Oom Hans Venter, ’n
welgestelde boer. In 1851 het oom Hans en sy broer Jan
Adriaan Venter Transvaal toe getrek. Die trek het bestaan uit
familie van Hans Venter en Oupagroot as 18-jarige jongman.
Die trek het hom in Augustus 1851 bevind op ’n plaas naby
die oog van Schoonspruit. Aan die plaas is die naam
Elandskuil gegee omdat in die laagte wat van Doornpan
afloop ’n eland geskiet is. By die bekende koppietjie het die
trek halt geroep, omdat dit naby water was wat maklik bereik
kon word weens die feit dat daar ’n oop kol aan die spruit
was terwyl sy walle byna orals toegegroei was met
fluitjiesriet. Voorts het die koppietjie skuiling gebied, nie
alleen teen wind en weer nie, maar ook teen roofdiere wat ’n
gewilde skuiling gevind het in die rietvleie.
Blye dae het weer aangebreek toe Oupagroot in 1864
weer getroud is en wel met ouma Maria Cornelia van Vuuren,
dogter van oupa Gert Johannes van Vuuren, gewoonlik
genoem “Oom Dik Gert” van Buffelshoek naby Parys.
Uit die huwelik is agt seuns en een dogter gebore. Die
dogtertjie is vroeg oorlede aan witseerkeel – haar naam was
Maria Elizabeth – noemnaam Nonnie.
Dit is toe besluit dat Oupagroot hierdie plaas sou koop,
Corneelsie, die jongste seuntjie, het twee jaar oud geword
terwyl Oom Hans ’n ent verder opgetrek het en hom gevestig
toe
hy en sy oppastertjie albei oorlede is aan witseerkeel en
het op die plek waar Ventersdorp vandag staan en na wie
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
13
in dieselfde graf begrawe is. ’n Sekere Morris op Ventersdorp
het ’n pleister gemaak en dit het blykbaar hier en daar
gehelp. Die naaste dokter was Dr. Poortman van
Potchefstroom.
Daar het die nege seuns gewoon – van die oudste tot die
jongste – van Ventersdorp na Klerksdorp ± 10 Km uit
Ventersdorp op linkerkant. Die Yssel – begraafplaas is dan
ook op een van die broers se erfdeel op linkerkant so 100m
van die pad.
Maar nou kom ons bietjie nader aan die “hede”.
Oupagroot het dus twee seuns uit die eerste en sewe seuns
Die broers was dan ook later in die politiek betrokke.
uit die tweede huwelik gehad wat volwassenheid bereik het. Hulle was Sappe en Natte – een Sap dan ’n Nat, so is hulle
Uit die eerste huwelik is Jan Adriaan en Gabriel Ernst gebore ook oorlede van die oudste tot die jongste.
en uit die tweede huwelik Gert Johannes, Sarel Gerhardus,
Oupagroot het ’n werker gehad genaamd Adonis. Op ’n
Andries Gerhardus Christiaan, (my oupa) Stephanus Petrus,
keer het ’n leeu hom beetgekry op die koppietjie waar hy
Daniel Johannes, Pieter Lodewyk en Christoffel Lourens.
gewoon het. ’n Worsteling het plaasgevind en Adonis het
Oupagroot was drie keer getroud, laaste keer met die naderhand daarin geslaag om sy arm in die leeu se bek te
weduwee Johanna Snyman geb. Du Preez. Sy het drie seuns steek en met die ander hand die leeu aan die bek te gryp en
gehad, maats van oupa se jongste drie – dus hulle stiefbroers. te hou totdat die ander werkers die leeu van kant kon maak
Nou iets i.v.m die nege seuns van Oupagroot. Na sy oorlye
is die gronde verdeel soos bepaal is in Oupagroot se
testament. Oupagroot het vir sy nege seuns elk sy
watergrond afgemeet op die westekant van Skoonspruit.
Daar het hy hulle op ’n ry laat woon. Onderkant die jongste
het hy aan die drie Snyman-stiefseuns elk ’n deel gegee
gesamentlik so groot as die van sy eie seuns. Wat ’n unieke
gebeurtenis dat ’n vader en sy nege eie seuns en drie
stiefseuns bymekaar op een plaas woon!
Ek, Susan Schutte, stam af van Andries Gerhardus
Christiaan Yssel, die sesde seun van Oupagroot. Oupa Andries
was ’n besondere man, baie begaafd om stories te vertel, Hy
het ook stories geskryf. Wat daarvan geword het, weet ek
nie. Hy het altyd vir my en nog ’n niggie stories vertel. Ons
was dan betrek by die stories as Susanski en Marinski.
Waarom die name? Ek weet nie! Myne was Susan en Marina
was my niggie.
My Oupa Andries en ouma Maria geb. Jansen van Vuuren,
was vir ons baie wonderlik. Altyd kos om te eet! Oupa het
gereeld die skaaprammetjies ‘reggesien’. Die peertjies met ’n
suursous gaargemaak, was vir oupa en ouma ’n heerlike
gereg! Snaaks, ek was 7 jaar oud toe oupa oorlede is – maar
ek onthou dit baie goed – ek was nooit ‘honger’ as ek weet
waar die gereg vandaan kom nie.
Ouma en Oupa het elf kinders gehad. Sewe seuns en vier
dogters. Vyf kinders is oorlede terwyl Oupa nog gelewe het.
Ouma het haar man en ses kinders aan die dood afgestaan
voor sy oorlede is in die ouderdom van 88 jaar.
Die Bekende Dr. J.D. Du Toit (Totius) saam met 3 oorlewende kinders van
Sarel Gerhardus Yssel en Maria Cornelia van Vuuren. VLNR: Stoffel Yssel;
Totius; Sannie Yssel en Piet Yssel.
Foto geneem tydens Yssels se 100 jarige feesvieringe op Elandskuil.
J.D. du Toit -Totius – by onthulling van die Ysselgedenkteken te Elandskuil
Distr. Ventersdorp 25.5.1951. Tant Sannie Yssel (97 Jr) het die kranslegging
waargeneem en Totius het die huldigingsrede gelewer.
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
Ons Oupagrootjie het dus in Augustus 1851 op Elandskuil
aangekom. Op 21.08.1951 het ons as Yssel-familie die 100jarige fees van die aankoms van die Oupagrootjie gevier. Dit
het plaasgevind op die plek teen die koppie waar die eerste
hartbeeshuisie was. Daar is dan ook ’n monument opgerig ter
herdenking. Oom Piet en Stoffel Yssel, die jongste twee van
die elf broers, het nog gelewe en het die monument onthul.
Prof. J.D. Du Toit (Totius) het die feesrede gevoer en verskeie
staaltjies wat met die Yssels verband hou opgediep. Dit strek
vanaf so vroeg as 1899 toe hy verklaar het “Ek kan sê ek was
toe ingeburger by die Ysselfamilie”.
In Augustus 2007 het die Yssels weer ’n fees gehou,
hierdie keer die 150-jarige fees. Ons het ’n replika van die
gedenknaald laat maak wat onthul is in die begraafplaas aan
die westekant van Schoonspruit. Die Yssels het
bymekaargekom by die Rietspruit-dam in Ventersdorp
distrik. Daar is van Vrydag tot Sondag feesgevier. Meer as
1 500 persone het die fees bygewoon – familie en
aanhangsels.
14
ELANDSKUIL 1851-1951 Wayne & Gibson Jhb.
Yssel Familie: Gedenkboek van die Yssel-Familie Elandskuil
1851-2001. EFJS Drukkers Orkney.
Persoonlike herinneringe van outeur.
Suid- Afrikaanse Geslagsregisters 14: Va-Vir (GISA 2006)
GENEALOOG VAN DIE JAAR 2012:
JAN VISAGIE
NOMINASIE
D
r. Jan Visagie is deur GGSA Weskaap benoem vir
GGSA se meriete toekenning, maar die
keurkomitee het beslis dat die publikasie voldoen
aan die riglyne vir “Genealoog van Jaar” en
gevolglik is die outeur as Genealoog van jaar
aangewys.
Replika van oorspronklike gedenksteen. VLNR Susan Schutte en haar broer,
Okkie Yssel.
Iets oor die oorspronklike 1951-gedenknaald: Die persoon
wat die plaas intussen aangekoop het wou nie die
oorspronklike een aan die familie teruggee nie - daar is ’n
allemintige bedrag voor gevra – toe laat maak ons ’n replika.
Sela!
MOTIVERING
Die eerste uitgawe van Voortrekkerstamouers 1835-1845
(Unisa-uitgewers, Pretoria, 2000) het 362 bladsye beslaan
met ongeveer 80 foto’s en 6 kaarte, terwyl die tweede
uitgawe wat in Januarie 2011 verskyn het, ’n grondige
hersiene en uitgebreide weergawe is.
Dit het so noemenswaardig verander van die eerste
uitgawe, dat die nuwe uitgawe nou 752 bladsye beslaan en
Die Ysselbroers was baie betrokke by die Gereformeerde die foto’s vermeerder is na 214. Die 2011-uitgawe is
Kerk Potchefstroom en met die afstigting van die Geref. Kerk inderdaad ’n geheel nuwe boek waarin ook 246 bykomende
Ventersburg. Voor daar ’n gemeente was te Ventersdorp het biografieë van Voortrekkergesinshoofde ingesluit is.
die 9 broers gereeld saamgekom op die eerste dag van die Nomineerders: J.A. Kok en M.D. de Klerk
week, al om die beurt in elkeen se huis. Later het hulle
Jan Visagie dien ook op die bestuur van GGSA vir vier
saamgekom in die skoolgebou wat sentraal geleë was. Die
diens is dan waargeneem deur een van die broers wat as termyne (1985-1988) as ondervoorsitter van die Genootskap.
ouderling opgetree het. Niemand het van die diens weggebly
nie, tensy om gewigtige redes.
DIE YSSELS SE GODSDIENS
DIE ONTVANGER
Die mooi Gereformeerde lewenspraktyk van die broers in
hierdie opsig vind sy weergawe in Ps. 84 “As hulle jubelend
aanhef”
“ Hoe lieflik is u wonings – Heer
Der leërkare! Hoe begeer
My siel en hunker van verlange
Om na Gods woning op te gaan
En in u tempelpoort te staan
Met jubelende lofgesange”
BRONNE
Yssel G. J. : Gedenboek Eeufeesviering YSSEL-FAMILIE VAN
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
VLNR: Mariana Fourie -dogter, Jan Visagie, sy vrou Christine en dogter Anelle
van Reenen. Foto is geneem op die dag van toekenning.
15
JAN VISAGIE VERTEL
“Ek is gebore op Petrusville, Noord-Kaap, op die 7de Mei
1938 en het op Jacobsdal, Vrystaat, in 1956 gematrikuleer. In
1959 het ek ’n BA-graad behaal op Stellenbosch en na ’n kort
rukkie as onderwyser op Lady Grey het ek in 1963 in diens
getree van die Staatsargief in Kaapstad waar ek vir 8 jaar as
argivaris en senior-argivaris gewerk het. My verdere grade
het ek deur Unisa behaal. Daarna was ek ’n dosent in
geskiedenis by die Departement Geskiedenis van die
Universiteit van Stellenbosch waar ek as senior-lektor in 1996
afgetree het. Dan van 1996 tot 1998 het ek vir die
Universiteit ’n argiefbewaarplek op die been gebring en toe
finaal afgetree.
Ek
hou
my
sedertdien
besig
met
geskiedenisnavorsing. Benewens die vier boeke van my wat
verskyn het, het ek ongeveer 60 vaktydskrifartikels geskryf en
ook heelwat hoofstukke in ander boeke. Vir die boek van die
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Geskiedenis van SuidAfrika: Van voortye tot vandag wat in Junie 2012 bekend
gestel gaan word, het ek drie hoofstukke en ’n kaart bygedra.
Op 21 Junie 2012 lewer ek by die Akademie in Pretoria ’n
referaat oor ”Vraagstukke in verband met grondbesit in SuidAfrika, 1652-1845.”
Ek het reeds vroeg in my loopbaan as historikus van
genealogie gebruik gemaak, veral om persone te identifiseer.
Vir die honneursstudente op Stellenbosch het ek dikwels ’n
kort kursus in genealogie aangebied. In 1994 het ek die
voorreg gehad om in Den Haag en Antwerpen
familienavorsing te doen. Onder meer het dit daartoe gelei
dat ek kon vasstel dat die stamvader Pieter Visagie die eerste
Afrikaanse stamvader was wat hier voet aan wal gesit het,
naamlik vroeg in 1655. Die ander persone voor hom het almal
weer vertrek of het nie hier ’n nageslag gehad nie.
Op Genealogiese terrein het ek in die 1980’s vir 4
termyne (1985-1988) op die bestuur van die Genealogiese
Genootskap gedien. Toe was daar nog net die sentrale
liggaam en nie takke nie. Ek was toe onder-voorsitter en dr.
C. Pama was voorsitter. Mnr. Johan Krige was sekretaris en
dr. Anna Boeseken was saam met ons op die bestuur”.
TOEKENNING VIR UITNEMENDHEID
2010:
RACHEL MERCIA NEPGEN NEé SMITH
Saamgestel in samewerking met Claudie Jooste
MOTIVERING VIR NOMINASIE
“Die toekenning geskied vir 'n uitnemende genealogiese
bydrae oor 'n aantal jare, en moet tot voordeel van die GGSA
in die besonder en/of genealogie in die algemeen wees”
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
S
o lui die toekenningsriglyn vir GGSA se “Toekenning
vir Uitnemendheid” en dit is GGSA – Noordwes se
voorreg om vir Rachel Mercia NEPGEN, voorheen
Van Heerden neé Smith voor te stel vir die
toekenning op grond van haar navorsing oor ‘n tydperk van
meer as 40 jaar in die Ooskaap, asook die onvoorwaardelike
skenking van die resultate aan GGSA.
Tydens GGSA se 2008 AJV lees die voorsitter ‘n brief
voor waarin Rae Nepgen aanbied om haar navorsingsnotas
van meer as 30 jaar aan GGSA te skenk. Die aanbod word
opgevolg maar het ongelukkig nie op daardie stadium
gerealiseer nie.
Vroeg in 2010 kontak Rae haar jeugvriendin Claudie
Jooste woonagtig te Bloemfontein en Claudie skryf later:
“Rae (sy is 'n baie ou vriendin van my) het my eendag byna in
trane gebel en gesê sy weet nie wat om met haar navorsing
te doen nie en sy wil dit vir my gee om te hou en bewaar
aangesien sy 84 is. Sy stuur my toe 'n gedeelte per
geleentheid…” en so het die versameling dokumente by die
Vrystaattak van GGSA ‘n tuiste gevind.
Claudie skryf verder:
“Rae se liefde vir die Genealogie kom uit haar
belangstelling in haar Skotse en Engelse voorouers . Sy en
haar skoonsuster Koeks Pretorius gebore van Heerden, later
‘n bekende in Genealogiese kringe, begin saam met alle erns
navorsing doen. Sy help vir Koeks met die insameling van data
en dra hoofsaaklik daartoe by om die hele omgewing van
Dordrecht, Barkly-Oos, Indwe en Molteno se genealogiese
inligting volledig aan te teken sonder die hulp van ‘n rekenaar
en ander moderne hulpmiddels soos kameras en
skandeermasjiene.
Rae het al haar Suid-Afrikaanse navorsing
goedgunstiglik aan die GGSA geskenk en hou haar nou
hoofsaaklik besig met waarmee sy begin het en wat haar so
na aan die hart lê, naamlik haar Skotse en Engelse voorouers
se genealogie waarvan sy ‘n skatkis van inligting en briewe in
besit het”.
Die
versameling
bestaande
uit
Rae
se
navorsingnotas handel uitsluitlik oor inwoners en families van
die voormelde en ander Ooskaapse dorpe en is, hoewel in
ruvorm, in familieverband gesistematiseer volledig met
verwysings op haar eie unieke manier aangetoon.
Die versameling bestaan uit ongeveer 4 000 getikte
folios en neem naastenby 4,0 meter rakspasie op.
‘n Groot bate is die feit dat die breër gemeenskap
van die tyd en omgewing in die navorsingsnotas opgeneem is
dus nie beperkings plaas op die potensiaal van die notas nie –
derhalwe sal meer genealogiese navorsers daarby baat vind.
"Those who forget their past are destined to
repeat it." -- Robert A. Heinlein
16
Uit die huwelik is ses kinders gebore naamlik:
1. Stephanus Cornelius plaasboer van Smitsdal Barkly-Oos
*5.9.1951 x Charmaine Lake.
2. Hugh Smith plaasboer op die familieplaas Mar’s Hill
*13.7.1953 x Charlotte Pagel.
3. Maria Andrina bekend as Marien *7.8.1955 x Piet Oelofse
boer van die plaas Perserverance Dordrecht distrik.
4. Elizabeth Jacoba, bekend as Lizette *24.3.1959 +3.12.2009.
Sy het in Amerika koperblaasinstrumente bestudeer en haar
daarna as musiekonderwyseres op Stellenbosch gevestig x
Chris Malan.
Johan Pottas, Voorsitter Vrystaattak, oorhandig Rae se toekenning in die
hospitaal waar sy behandeling ontvang het.
5. Mercia *10.7.1964. Musiek onderwyseres te Paarl
Gimnasium x Iwan Labuschagne.
Haar reaksie in ‘n brief later, waarin sy haar dank uitspreek oor die toekennig
wat aan haar oorhandig is was: "Ek het die navorsing vir my eie plesier
gedoen en nie vir erkenning nie ... Baie dankie vir die wonderlike gebaar"
6. Wilma Jean (bekend as Jeannie) *8.8.1965 Intensiewesorgverpleegster by Vergelegen Privaat Hospitaal asook
lektor in intensiewe-sorg te Tygerberg Mediese skool.
WIE IS RAE NEPGEN
Na die dood van haar man op 1.5.1997 te Mar’s Hill
Dordrecht loop sy ‘n ou liefde, Arnold Nepgen *18.4.1926,
weer raak. Sy vrou is in tussen oorlede en hulle trou op
14.2.1998 te Morriston, Waschbank, Indwe en vestig hulle
eers op die plaas Pretoriusrus, Molteno, waarna hulle hul net
voor Arnold se dood, by die aftreeoord Siesta. te Molteno
vestig. Arnold is op 9.7.2005 oorlede”.
Rachel Mercia Smith beter bekend as Rae, *16.8.1926 te
Dordrecht, Noord-Oos-Kaap was die oudste dogter van Hugh
Smith en Maria Adrina Sophia Venter. Sy en haar suster Jean
Russel Smith *27.11.1927 en haar broer George John Smith
*26.5.1934 het grootgeword op die plaas Morriston in die
Rae se liefde vir genealogie kom uit haar
Indwe-distrik. Haar vader het van Londen gekom en het eers belangstelling in haar Skotse en Engelse voorouers. Sy en
by ‘n kaasfabriek in nuwe Engeland en daarna op die haar skoonsuster Koeks Pretorius (neé van Heerden), later ‘n
Waschbank in die Indwe distrik begin werk.
bekende in genealogiese kringe, begin saam en alle erns
Hy verloor sy linkerarm in ‘n ongeluk by die navording doen. Sy help vir Koeks met die insameling van
kaasfabriek en het daarna geboer op die plaas Morriston data en dra hoofsaaklik daartoe by om die hele omgewing
waar hy ten spyte van die verlies van sy arm, ook pragtige van Dordrecht, Barkley-Oos, Indwe en Molteno se
genealogiese inligting volledig aan te teken sonder die hulp
houtwerk en meubels gemaak het.
van ‘n rekenaar.
Sy ouers George Russel Smith, van Skotse afkoms en
In ‘n samelewing waar navorsing,
Emily Anne Steed van Engelse afkoms, het hulle in London
dokumentering
en
bewaring van genealogiese inligting, in
gevestig.
welke vorm ookal, baie lae prioriteit geniet, is dit GGSA se
Haar Oupagrootjie Steed was ‘n Superintendent by voorreg, nee plig, om erkenning te gee aan diegene wat dit
Scotland Yard London. Rae se moeder het lank onderwys wel doen. Hierdie mense offer hul tyd op en stel hul kennis
gegee op Steynsburg en was die dogter van Jan Abraham en energie beskikbaar vir die navorsing, dokumentering,
Venter, LV vir Wodehouse en Rachel Maria Coetzer.
bewaring en beskikbaarstelling van inligting wat andersins
Rae het eers op die tweeman-plaasskool op verlore sou gaan.
Morriston, Indwe wat deur haar vader gebou is, skoolgegaan
tot standerd 6. Daarna is sy na Indwe waar sy haar matriek te
Indwe Hoërskool geslaag het, voordat sy vir 3 jaar na die
Grahamstown Training College is waar sy haar as
kindertuinonderwyseres bekwaam het.
Na ons mening is Rachel Mercia NEPGEN deur haar
navorsing en werk oor meer as vier dekades en die
onbaatsugtige skenking aan GGSA die toekenning waardig en
is dit ons eer en voorreg om haar te nomineer vir GGSA se
“Toekenning vir Uitnemendheid - 2010” en haar vriendin
Sy het eers op Indwe en daarna op Queenstown by Claudie skryf ook verder:
Hangklipskool skoolgehou. Sy tree op 4.10.1950 te Indwe in
die huwelik met Willem Pieter Jacobus van Heerden
*13.1.1925 seun van Stephanus Cornelius van Heerden en “Ek is so bly alles word nou mooi bewaar
Elizabeth Pretorius en hulle vestig hulle op die plaas Mar’s
en
Hill, Rossouw.( daar bestaan vandag nog enkele geboue van
dat sy die eer daarvoor kry...sy verdien dit
die dorpie, maar die dorpie is lankal verlate)
oor en oor”
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
17
SOSIAAL
Gaspreker Nicol Stassen (middel) saam met gaste
Daan Hamman wat sy toekenning as Genoot van
GGSA vanaf die uitgetrede President van GGSA,
Hendrik Louw (regs), ontvang het. Saam op die
foto is Pierette Hamman en Sharon Louw,
weerskante van Nicol.
Nicol Strassen—Gasspreker tydens die Junie
byeenkoms.
Blaaskans vir helpers
by Antiekdag
(28/5/2012):
VLNR Christa Loxton,
Elmarie Weyers,
Amanda Addisson,
Esther Visser-Stieger
en Isabel Groesbeek
(voormalige GGSA VisePresident)
Antiekdag 28 Mei 2012 en GGSA se stalletjie
word druk besoek.
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
18
SOSIAAL
VLNR Pierette Hamman, Annie Campbell, Daan Hamman, Suzie
Kleynhans en Rita Vincent
Sewes Scholtz en Lindie van Zyl
VLNR Linda van Zyl,
Simon du Plooy,
Celia Fourie en
Renier Feldtmann (Vaal
Driehoek),
Pierette Hamman en
Sharon Louw
VLNR Elizabeth van Deventer,
Esther Visser-Stieger en
Hendrik Louw
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
19
AGTERBLAD
FAMILIE HIëRARGIE IN DIE BASOTHO-KULTUUR
Oorgeneem uit en erkenning aan Maiores 1997—3
Hierdie berig is die produk van ‘n onderhoud wat met Lucas Makhele, Posbus
23871, Kagisanong, gevoer is. Baie dankie aan Lucas. Red.
I
n vorige uitgawes het ons gewys op die belangrike rol wat
genealogiese rangorde in Europa n Brittanje gespeel het.
Hier by ons, in die Basotho-kultuur, is die
genealogiese hiërargie vandag nog van wesentlike belang.
Elke familielid se posisie in die familie-hiërargie bepaal die rol
of posisie wat hy/sy by familie-aangeleenthede vervul. Die
posisie van ‘n persoon is veral belangrik in tradisionele
leierskapsposisies, by die neem van belangrlike besluite, by
familie-rituele en tydens eerbewysing by begrafnisse.
Wanneer daar onsekerheid oor die genealogiese
posisies van familielede bestaan, kan dit tot ernstige konflik by
enige familie-aangeleenheid lei. In Lesotho en op die SuidAfrikaanse platteland, waar tradisies nog streng gehandhaaf
word, is die familielyne gewoonlik bekend en is die kanse vir
hierdie soort konflik baie skraal. In die stede, waar die
Westerse invloede hul laat geld het, is die familie-hiërargie
dikwels onduidelik, wat problematies kan word. Gevalle kom
voor waar sommige familielede in Suid-Afrika en ander in
Lesotho woon. Vir baie jare is daar geen kontak tussen die
familiegroepe nie en die familielyne vervaag. As ‘n familielid
dan te sterwe kom en begrawe moet word, lei dit tot lang
uitgerekte debatte om familieposisies op te klaar. Dit lei soms
daartoe dat ‘n persoon wat jarelank in sy geografiese
omgewing as die hoofman geag is, skielik ‘n ondergeskikte
posisie moet inneem. Andermaal ontstaan ‘n situasie met hoë
konflikpotensiaal!
Gelukkig word die probleem in meeste gevalle darem
vreedsaam opgeklaar.
Die genealogiese hiërargie by die Basotho, fokus net
soos in meeste ander kulture, op die manlike bloedlyne.
Poligamiese huwelike maak die struktuur egter meer
kompleks. Die man se eerste vrou met haar kinders geniet
hoër status as daaropvolgende vroue en hul kinders. Die
oudste seun van die vader se eerste vrou, neem die hoogste
posisie in. Daarna volg die jonger seuns van die eerste vrou in
die volgorde van hul ouderdomme. Dan eers kom die oudste
seun van die tweede vrou aan die beurt, ongeag sy ouderdom.
‘n Derde vrou se hele manlike kroos sal weer ondergeskik
wees aan die jongste seun van die tweede vrou …. En so aan.
Wanneer eer aan ‘n gestorwene betoon word, sal die
seun wat die hoogste posisie in die hiërargie beklee, voor in
die tou staan en die een wat die laagste plek beklee, laaste.
Eers nadat al die manlike lede in die nageslag eer betoon het,
volg die vroulike nageslag, sowel as die vroue van die manlike
nageslag. Die vroulike hiërargie volg dieselfde vlakke as dié
van die mans, behalwe dat getroude dogters buite die familie
val en tot hul mans se families behoort.
Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3
BYDRAES VIR PUBLIKASIES:
RIGLYNE
FOTOS & SKANDERINGS
Formaat: J-Peg
Resolusie: 700 Kb – 1 Mb
Meld bron van grafika so volledig as moontlik. Fotos
word nie daarsonder opgeneem in artikel nie.
Moenie fotos in teks plaas nie, stuur apart met byskrif
van foto as leêr-naam.
Dui met hoofletters en vetgedruk in die teks aan waar
grafika geplaas moet word, bv. FOTO: DIE ESTERHUIZEN
FAMILIE, 1871
Heg ook foto van outeur aan
UITLEG
Kort samevatting van artikel in een paragraaf, kursief
gedruk. Indien artikel in Afrikaans geskryf, is opsomming in Engels en andersom.
Lettergrootte: 10 Pt
Lettertipe: Calibri
Enkellyn-spasie
Geen indenturing, maak van enkelspasie tussen paragrawe gebruik
Bladuitleg: Normaal. Bo, onder, links en regs - 2.54
Titel lettergrootte: 14 Pt, gesentreer, hoofletters, vetgedruk
Alle hoofopskrifte vetgedruk, hoofletters, 12 Pt
Onderopskrifte, vetgedruk, 10 Pt, kleinletters en kursief
Teks geblok
Geen tabelle of kolomme
Geen ander formaat as MS Word 2003 en 2007 vir teks
BRONNELYS
Baie volledig en volgens Harvard metode http://
www.lib.uct.ac.za/infolit/bibharvard.htm
NOTAS
Indien van voetnotas gebruik gemaak word: NIE ‘bladsyend’ nie maar notas aan einde van teks
PROEFLEES
Dit is die outeur se verantwoordelikheid om te sorg dat
die bydrae taalkundig en feitlik korrek is.
DATUMFORMAAT
10.02.1998
KONTAKBESONDERHEDE
[email protected]
018 299 5021/7
Posbus 1493 POTCHEFSTROOM 2520
20