Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark

Transcription

Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark
8
Bontstaan Klerewinkel
Uitgawe:
No: 2/2015
Datum:
Donderdag 22 Januarie 2015
PROGRAM VAN DIE WEEK
Donderdag
22 Januarie
(Ingang: Hek 4 in Blackwoodstraat)
Tye:
Maandae tot Vrydae:
07:10 – 07:45
Maandae tot Donderdae: 12:45 – 13:50
Melanie Geldenhuys
(Sel: 0836547947)
Angels @ Hennops
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal
met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos
aan die behoeftige leerders van ons skool.
U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur.
Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
Graad
Graad R
Graad 1’s
Graad 2’s
Graad 3’s
Graad 4’s
Gr 5’s en Gr 6’e
Graad 7’s
Alle Grade
Voorstelle wat om te bring
Enige nie-bederfbare produk
Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
Long Life Melk en/of Tee
Suiker en/of Koffie
Rys, Pasta, Soppoeiers
Blikkieskos, alle groente en vleis en koekmeel
Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe,
toiletpapier
Finansiële bydrae
Vrydag
23 Januarie
Saterdag
24 Januarie
Sondag
25 Januarie
Maandag
26 Januarie
Dinsdag
27 Januarie
Woensdag
28 Januarie
Donderdag
29 Januarie
Vrydag
30 Januarie
Graad 4 Ouer inligtingsaand: 18:30 – saal
Jnr Koor oudisies vir Gr 2 en 3 - 15:00 – 16:30
Snr koor oudisies - 16:30 – 18:00
Graad 1 kom 12:00 uit
Atletiek teen Fairland (weg)
Swem: Friendly Friday Relay
Graad 1 kom 12:00 uit
Mnr Raath verjaar
Hennops Verwelkoming Kerkdiens by NG Sesmylspruit –
18:00. Alle ouers en leerders welkom welkom.
Graad 5 Ouer inligtingsaand – 18:30 – Saal
Interne Redenaars – 1ste rondte
Jnr Revue oefening begin
Tennisligas begin
Graad 1 kom 12:00 uit
Graad 7 Ouer inligtingsaand- 18:30 – saal
Graad 1 kom 12:00 uit
Toastmasters
Gr 6 Ouer inligtingsaand – 18:30 – saal
Jnr Revue oefening begin
Gr 1 kom 12:00 uit
Atletiek teen Wierdapark – weg
Gr R atletiek en kenmekaardag
Gr 1 kom 12:00 uit
Swem: Friendly Friday Relay
Gr R Fotodag
Laaste dag wat Gr 1’s 12:00 uitkom
Gelukwensing:
Verjaarsdae:
Maandag 26 Januarie: Idene Nepgen
Woensdag 28 Januarie: Rene Bezuidenhout
Donderdag 29 Januarie: Adri van Noordwyk
2
Uit die Kantoor
van die beste skool in die Wêreld
(met erkenning aan Prof Johann Coetzee – NWU)
Laasweek het ek ‘n uittreksel met u gedeel oor ‘n voorlegging wat ek aangehoor het, en wat
ek aangepas het om by ons unieke omstandighede hier by Hennopspark aanklank te vind. Ek
borduur graag voort…
Die drie dimensies wat ons bestel gaan orden, is, eerstens, meganisties van aard. Dis die
dinge wat ons benodig om ons besigheid te bedryf – dit is dinge soos fasiliteite, leergange,
geld, ensovoorts. Dis maklik.
Tweedens, het ons sistemiese goed nodig. Dit is infrastruktuur, logistiek, administrasie,
prosesse, inligtingstegnologie, ensovoorts. Dit koop ons.
Tot hier, as ons aan die eise van die bogenoemde dimensies voldoen, was ons nog glad nie
suksesvol nie. ons het nog niks bereik nie. Te veel kere in my loopbaan het ek gesien dat
skoolhoofde en beheerliggame hulself en hul organisasie meet aan bogenoemde dinge.
Meganisties en sistemies – dis ‘n gegewe. Kry dit. Word oulik – kry ‘n borg, kry skenkings, bou
die mooiste plek. Maklik.
Maar nie hier nie – ons gaan onsself meet aan die derde dimensie – die normatiewe
komponent. In die normatiewe onderbou van Hennopspark is waar ek en jy ‘n verskil gaan
maak. Dit val uit 7 dimensies – waardes, norme, beginsels, standaarde, ideologie, geloof en
godsdiens. En dit is ons pligstaat – om dit op ‘n gepaste, unieke en verkwikkende manier vir
die jeug in te gee.
As ons hier wegspring met slegs kennis van die meganistiese en sistemiese goed, het ons
niks geleer nie. maar as ons die normatiewe perspektief ten opsigte van die “sagter materiaal”
– daardie dinge en nuanses wat kinders laat “WOW” sê, onderskryf en ons eie maak, dan
staan ons ‘n kans om ons doel te bereik.
Ons moet ons kinders leer van hul menseregte. Maar daarmee tesame moet hulle leer dat
saam met daardie regte, kom daar verantwoordelikhede. Selfs by die puberteitskind én by die
vroeë adolessent is daar ‘n diepgegronde versugting na-, en waardering vir orde. Solank dit
kontemporêr aangebied word. Kinders verstaan nie meer die eeue-oue redenasie van “Maak
soos ek sê” nie. Hulle wil verstaan hoekom. En as hulle verstaan hoekom die reël daar is,
neem hulle verlief daarmee.
Ons skool het ‘n maatskaplike instelling geword – maatskaplike versorging het deel van ons
pligstaat geword. Amper die helfte van ons kinders kom uit gebroke huise. AMPER DIE
HELFTE! Sommige van ons kinders kry dalk meer geborgenheid hier as by hul eie huise. As
elke onderwyser en ander rolspelers nie ‘n onblusbare drang het om hier te wees nie, hoort
ons nie hier nie.
Daarom, en ek herhaal wat ek voorheen gesê het, vra ons onsself af: Wat is my doel hier?
Wat is die neerslag van my effek? Hoeveel van hierdie kinders sal op hulle 20-jaar reünie sê:
“Afrikaans was terloops, maar daai juffrou het my op my wang gesoen”? Daai juffrou se
produk is vir altyd – sy het nie net geïnvesteer in my toekoms op akademiese gebied nie,
maar in my MENSWEES.
(Vervolg op Bl 3)
7
6
3
(Vanaf Bl 2)
TERREINDIENS:
Personeel aan diens:
Datum
Blackwood
Mopaniestraat
19 - 23 Jan
Amanda Bezuidenhout
Lynette Smit
SKOLIERPATROLLIE AAN DIENS
Datum
19 - 23 Jan
Blackwood
Stefan Rudman
Franco Bester
Wouter du Toit
Altus du Plessis
Gr 6K
Gr 6K
Gr 6K
Gr 6N
Mopaniestraat
Carla Prinsloo
Cheyenne Pretorius
Mari-Louise Botha
Megan Swanepoel
Gr 6K
Gr 6S
Gr 6S
Gr 6N
---o0o---
Sportbeleid
Die Sportbeleid vir 2015 lê ter insae by mev Alta Coetzee in die Hoof se
ontvangsarea vir die tydperk 26 Januarie tot 24 Februarie. Skriftelike
kommentaar kan in die tydperk gestuur word aan
[email protected]
Pieter van Sittert
Tel: 083 4494176
[email protected]
Wat gaan ek en jy bly aflewer – die uitgediende, outydse, afgeleefde, voorspelbare weergawe van
jouself, of ‘n radikale kentering van jouself? Is ons net konvensioneel, of is ons relevant hedendaags?
By Hennopspark mag ons nie slegs fokus op Money nie – maar wel op Memories, en Moments, en
Magic. Dis wat ons kinders van ons verwag. In my tyd as kind was dit baie makliker vir my ouers en
onderwysers om magic en memories by my te ontsluit. Nou is dit die ander “M” – Moeilik.
Hier is die brief wat die leerlinge van Laerskool Hennopspark aan hulle ouers en onderwysers skryf:
“Rond ons af. Rig ons af – oor die algemeen. Leer ons van die lewe – ons weet te min daarvan. Neem
ons by die hand en lei ons in by dit wat groter en wyer is as net die sillabus. Lê by ons op die gras en
vertel ons waaroor dit gaan – ons wil leer van die suksesse, en ook die negatiewe. Help ons met ons
selfontdekking, want niemand verduidelik aan my van die veranderinge in my liggaam, en in my
emosies nie. Ek wil dit by iemand leer wat dit reeds ervaar het – nie by my maatjie omdat my
grootmense te skaam was om daaroor te praat nie. Almal van ons het geword wie en wat ons is, vanuit
ons ervaringe. Baie van ons is net die bestek van ons hartseer – ons wil ook iets anders ontdek. Ons
wil grootmense in ons lewens hê wat arms het – arms om ons te omhels.
Ons is nuuskierig – lei ons in die rigting waar ek iets kan uitvind. Ons wil “WOW” sê. Vertel ons van
menseverhoudinge – naasbestaandes en ons verhoudinge met hulle, dat ons dit beter kan hanteer.
Verstom ons met julle skeppende vermoë.
Ons wil speel. En ons wil wees. Maar julle ken ons nie. Julle het vergeet hoe dit is om ‘n kind te wees.
Kan ons net weer bietjie die lewe geniet? En minder werk? Ons wil nie net leer nie. Ons wil skoolgaan
geniet. Ons wil grootword geniet – sonder die alewige pressure. Ons wil die verskil tussen goor en
genot ervaar – diepgrondig. Daar’s te veel goor, en te min genot. Ons is maar net kinders.
Ons verstaan nog nie die implikasies van adolessensie en puberteit nie – help ons om heel anderkant
uit te kom. Ons hormone oortref ons intellek by verre. Maar julle is al daardeur. Praat reguit met ons op
‘n manier wat ons verstaan. Ons weet dis moeilik, maar ons soek ‘n weergawe van jou wat by is, wat
cool is, wat ons taal praat, al is dit ook hoe moeilik. Sonder om dit wat jy is prys te gee. Want dit wat jy
is, en dit wie jy is, is wat ek ook wil word.
Vind die balans tussen julle verantwoordelikheid om my te leer daai dinge wat my toekoms gaan
bepaal, en dit wat my menswees gaan bepaal. Want ek is jonk genoeg om nog te luister en te
verander. Dis nou die tyd – nou, terwyl ek nog glo wat julle sê. In die hoërskool is dit te laat”.
Mag ons gehoor gee.
4
5
LAERSKOOL HENNOPSPARK
Vanaf die Beheerliggaam
Geagte Hennopsouers
Ek hoop dat julle lekker gerus en die vakansie geniet het. Ek wil namens die
Beheerliggaam vir alle ouers en kinders ‘n voorspoedige 2015 toewens. Ek vertrou
dit gaan ‘n lekker jaar wees en dat ons nog ‘n suksesvolle jaar daarvan gaan maak.
Ons wens alle nuwe kinders en hulle ouers baie welkom by Laerskool Hennopspark.
Ons hoop julle vind julle voete en word gou deel van die blougolf.
Die jaar het begin met ‘n spoed. Die tempo waarteen dinge gebeur die tyd van die
jaar is altyd verstommend. Die onderwysers gaan vra vir klasverteenwoordigers en
ouers om te help. Ek wil graag ‘n beroep op julle doen om betrokke te raak en te
kom help. Die skoolsisteem het betrokke ouers nodig en daar is baie wat gedoen
moet word. Die sukses van ons projekte hang grootliks van julle ondersteuning en
hulp af.
Ek wil graag nuwe ouers inlig en bestaande ouers herinner aan die prosedure om
probleme aan te spreek in die skoolsisteem. Ons probeer eers om die probleem
met die betrokke onderwyser uit die weg te ruim, (daar is inligtingsdae en beplande
klasbesoeke of per afspraak), indien u nie regkom nie praat met u kind se
voogonderwyser. As dit nie daar opgelos kan word nie kan u die graadhoof gaan
spreek. Daar is dan nog steeds die departementshoof waarmee u kan praat en dan
laastens kan u ‘n afspraak by mnr Raath maak. Hy sal graag wou sien dat u al die
betrokke kanale gevolg het, al staan sy deur altyd oop vir U.
Die rekeninge vir skoolfooie gaan ook binnekort uit en julle aandag daaraan word
waardeer.
Skakel of e-pos my as u enige navrae het.
Hennopsgroete
Bert du Plessis
Voorsitter
Beheerliggaam Laerskool Hennopspark
082 449 4110
[email protected]
Skoolgelde 2015
Op die ouervergadering van 3 November 2014 om 18:00 in die saal van Laerskool
Hennopspark, is die skoolgelde vir 2015 bepaal.
Ons wil graag al die ouers wat daar was en insette gelewer het, hartlik bedank. As
Beheerliggaam is ons dankbaar vir die ouers wat saam met ons uitnemendheid nastreef.
Die skoolgelde vir 2015 is soos volg:
Graad R:
R15 700.00 per leerder per jaar.
Graad 1:
R13 570.00 per leerder per jaar
Graad 2 en 3: R12 720.00 per leerder per jaar
Graad 4:
R12 400.00 per leerder per jaar
Graad 5 – 7:
R12 950.00 per leerder per jaar
Dit is betaalbaar oor 10 maande van Januarie tot Oktober van elke jaar.
Debietorders tree in Februarie 2015 in werking vir ‘n 10 maande periode. Nuwe leerders se
debietorders moet voor 16 Januarie 2015 by die Finanskantoor ingedien word.
Let asseblief daarop dat u ons moet verwittig indien daar ‘n graad R/1 leerling bygevoeg moet
word. Die Finanskantoor moet onmiddellik in kennis gestel word as u debietorder
gekanselleer moet word.
Ouers is verantwoordelik vir die koste verbonde aan VT-debietorders. Indien u debietorder
twee keer ge-VT het, word dit outomaties deur hierdie kantoor gekanselleer.
Bankbesonderhede: Laerskool Hennopspark:
Bank:
Absa
Takkode:
630445
Rekeningnommer:
2890490002
Verwysingsnommer:
Kry nommer van leerder by Finanskantoor
Kaartbetaalstelsel is ook by skool beskikbaar.
Vrystelling of Vermindering van Skoolgeld:
Indien u probleme het met die betaling van skoolgeld, moet u asseblief vroegtydig met die
Finanskantoor in verbinding tree. Ons beskik oor ‘n vorm: “Aansoek om korting/vrystelling
van skoolgelde” waarin ‘n glyskaal in terme van die Skolewet, getoon word. U moet asb
jaarliks die vorm voltooi indien u korting of vrystelling verlang. Aansoek sluit einde Maart. Dit
word vertroulik hanteer.
Finanskantoor
Tel: 012 654 4308
NB: Ouers: – Daar is 5% korting vir volle vereffening van skoolfonds voor einde Januarie Vrydag 30 Januarie vir 1 kind en voor einde Februarie vir meer as 1 kind.
Ons doen ‘n beroep op ouers om van hierdie vergunning gebruik te maak. Ons maak staat
op u!