Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark

Transcription

Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark
8
Bontstaan Klerewinkel
Uitgawe:
No: 5/2015
Datum:
Donderdag 12 Februarie 2015
PROGRAM VAN DIE WEEK
Donderdag
12 Februarie
(Ingang: Hek 4 in Blackwoodstraat)
Vrydag
13 Februarie
Tye:
Maandae tot Vrydae:
07:10 – 07:45
Maandae tot Donderdae: 12:45 – 13:50
Melanie Geldenhuys
(Sel: 0836547947)
Angels @ Hennops
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal
met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos
aan die behoeftige leerders van ons skool.
U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur.
Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
Graad
Graad R
Graad 1’s
Graad 2’s
Graad 3’s
Graad 4’s
Gr 5’s en Gr 6’e
Graad 7’s
Alle Grade
Voorstelle wat om te bring
Enige nie-bederfbare produk
Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
Long Life Melk en/of Tee
Suiker en/of Koffie
Rys, Pasta, Soppoeiers
Blikkieskos, alle groente en vleis en koekmeel
Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe,
toiletpapier
Finansiële bydrae
Saterdag
14 Februarie
Maandag
16 Februarie
Dinsdag
17 Februarie
Woensdag
18 Februarie
Donderdag
19 Februarie
Vrydag
20 Februarie
Valentynsverkope
Tennis: GN Geslote Toernooi
Atletiek: Cluster by H/S Zwartkop
Voortrekkers: Penkop en Drawwertjie Kamp
BLOUGOLFDAG – Bring asb ‘n Angelsproduk
Maanlig Liefieloop pretloop en pretdag
Swem: Friendly Friday Relay
Tennis: GN Geslote Toernooi
Perdry: Misty Meadows
Rugbyproewe: 8:00 – 14:00
Voortrekkers:
Spanvergadering No 3: 17:00 – 18:15
Bulletjie Rugbyoefening – Alle spanne: 17:00 – 18:00
Tennisligas
Ainos Oudisies: Gr 4 – 7: 15:00 – 16:00
Rugbyproewe: 14:00 – 18:00
Netbalproewe
Hokkiekliniek: 0/8 – 0/10
Toastmasters
Netbalproewe
Bulletjie Rugbyoefening – Alle spanne: 17:00 – 18:00
Ainos Oudisies: Gr 4 – 7: 15:00 – 16:00
Hokkiekliniek: 0/8 – 0/10
Netbalproewe
Toets: Graad 4 – 7: Afrikaans
Atletiek Distrik – Skif na 29ste
Nelbalproewe
Bulletie Rugby: Pa-en-seun aand - skuif na 27 Februarie
Voortrekkers: Oord Monument Leierskapkamp (Gr 0 – 3)
Swem: Friendly Friday relay
Jnr Revue oefenmiddag: 13:30 – 16:00
Gelukwensing: Verjaarsdae:
Saterdag 14 Februarie –
Sondag 15 Februarie -
Mev Linda Schroeder en Mev Dinah-Anne Claassen
Mev Alice Maree en Mev Ellize Bosch
Mnr Rossouw J van Rensburg
Maandag 16 Februarie - Mev Ronel du Randt
Dinsdag 17 Februarie Mev Marie le Roux
Donderdag 19 Februarie - Mev Erna de Bruin en Mej Chantel Espach
Vrydag 20 Februarie Mev Rita Swanepoel
2
Uit die Kantoor
van die beste skool in die Wêreld
Ek het ‘n besonder onaangename paar dae ervaar die afgelope week. Toe ek ‘n
hoërskoolonderwyser was, was ek gewoond daaraan om redelik groot probleme wat
die dissipline van kinders aangaan, op ‘n gereelde basis aan te spreek. As ‘n ou lank
genoeg met groot probleme te doen het, raak jy blasé daaroor, en beïndruk min
krisisse jou. Ek was letterlik voorbereid op elke dingetjie wat oor my lessenaar gekom
het.
Verlede week was ek glad nie voorbereid op wat vir my gewag het nie. Ons het ‘n
Graad 7-seun betrap met dagga by hom. ‘n Paar kinders het vir my kom sê dat die
betrokke seun dwelms by die skool het, en ek was natuurlik geskok, maar het tog
gevoel dat daar ‘n fout iewers moet wees. Dit kan mos nie waar wees nie! Nie by ‘n
laerskool nie! Nie by hierdie laerskool nie!
Nietemin, ek het hom gekonfronteer, en hy het die dwelms aan my oorhandig. Sy pa
is onmiddellik geskakel, en hy was lank hier by my in my kantoor. Die seun se pa was
platgeslaan – u kan net dink, nê? Die seun is onmiddellik vanaf hierdie terrein
verwyder, en hy kom nie terug hierheen nie.
Dat daar definitief redes aangevoer kan word vir hierdie jongman se ongelukkigheid
wat hom so ver gedryf het, is bepaald so. Ek kry hom jammer – hy moes al, en doen
steeds, moeilike en uitdagende omstandighede in sy jong lewe hanteer, en ek dink
regtig hy is ‘n slagoffer van sy omstandighede. Daarom hoop ek regtig dat hy die hulp
en bystand kry wat hom heel anderkant sal laat uitkom.
Ofskoon ek simpatie met hierdie seun het, sal geen kind in Laerskool Hennopspark
toegelaat word om ander kinders se veiligheid of geluk te bedreig nie, maak nie saak
watse “versagtende” omstandighede daar is nie. Daar is by hierdie skool ‘n zero
toleransie vir alles wat ‘n jong kind se geluk en sukses kan steel – enige vorm van
dwelms, intimidasie, afknouery, of ontwrigting.
As ‘n kind homself skuldig maak aan enige ernstige wangedrag, sal hierdie skool
dadelik en daadwerklik optree in belang van die ander kinders wat geraak word. Die
regte van een indiwidu sal nooit meer weeg as die regte van die onskuldiges nie – ek
verseker u daarvan.
Natuurlik is dit ‘n lekker sappige storie om oor te vertel. Veral mense wat die skool se
reputasie wil skade aandoen, vertel lekker aan hierdie storie (ek het darem
interessante weergawes van wat gebeur het, gehoor).
Ek verseker u dat, die dag wanneer ek besluite neem ter wille van die beskerming
van hierdie skool se reputasie, bó die beskerming van hierdie skool se kinders se
veiligheid en geluk, julle my moet fire. Die reputasie van ons mooi skool is natuurlik
belangrik, en ons het ‘n goeie reputasie, maar nooit ten koste van enigiets nie.
So ja – hier is die storie. ‘n Kind het dagga by hom gehad. Hy is geskors. Dit is al.
7
TERREINDIENS:
Personeel aan diens:
Datum
Blackwood
Mopaniestraat
16 - 20 Februarie
Pierre Buys
Line Botha
SKOLIERPATROLLIE AAN DIENS
Datum
16 – 20
Feb
Blackwood
Lehan van Aswegen
Carla v d Bank
Monique van Dyk
Daniél Jansen
Gr 6P
Gr 6E
Gr 60
Gr 6P
Mopaniestraat
Danielle Theron
Mieke v d Merwe
Jeané Liebenberg
Henko Koen
Gr 6E
Gr 6E
Gr 6S
Gr 6E
Sportbeleid
Die Sportbeleid vir 2015 lê ter insae by mev Alta Coetzee in die Hoof se
ontvangsarea vir die tydperk 26 Januarie tot 24 Februarie. Skriftelike
kommentaar kan in die tydperk gestuur word aan
[email protected]
Pieter van Sittert
Tel: 083 4494176
[email protected]
---o0o---
Gelukwense
Gimnastiek
Baie geluk aan Jessica Pretorius. Sy het die Eldo Sterre Gimnastiekklub
se wisseltrofee gewen vir Beste Junior Balk gimnas.
6
Vanaf die Beheerliggaam
Hoe belangrik gaan Maart 2015 vir Hennops wees?
As ons kyk na die funksies van ‘n Beheerliggaam hoef die
Beheerliggaam nie net uit Rekenmeesters of Teoloë of Prokureurs uit
te bestaan nie. Daar is ‘n behoefte aan al die soorte ondervinding,
kwalifikasies, vermoëns en talente wat daar bestaan. Of jy nou
regskennis het, of rekenaarkennis, goed is met bemarking of besigheid
of met menseverhoudinge, dit maak nie saak nie. Hoe meer die
verskeidenheid van talente, hoe sterker sal die liggaam as geheel wees.
Daar is nie een persoon wat beter is as ‘n ander vir die Beheerliggaam
nie, wat wel goed is vir die skool is beskikbaarheid en kontinuïteit. Die
lid moet baie betrokke wees, en ook ‘n persoon wat nie bang is om self
hand aan die ploeg te slaan nie. Vir kontinuïteit is dit belangrik dat
verkose lede so lank as moontlik op die Beheerliggaam dien. Lede wat
nie een volle termyn kan staan nie, omdat hulle kinders klaarmaak met
skool, voordat hulle termyn om is, veroorsaak baie ontwrigting, wat
nie positief is vir die skool nie.
Of jy nou skaam, of teruggetrokke, of spraaksaam of sosiaal is, maak
nie saak nie. Wees betrokke, die skool het u nodig.
Die Beheerliggaam moet omsien na elke kind in die skool. Elke kind
van die skool moet uiters belangrik wees vir ‘n lid van die
Beheerliggaam. Besluite moet objektief gemaak kan word, partykeer
selfs ten koste van jou eie kind of kinders. Daar is baie kinders in die
skool, en baie kinders se ouers het nie die geleenthede of vermoëns,
om vir hulle kind te baklei nie. Dus moet jy as lid van die
Beheerliggaam ook hierdie ouers en kinders se belange op die hart dra.
So moenie onseker wees nie, elke van u sal ‘n verskil maak as lid van
die Beheerliggaam. Maak uself beskikbaar, en indien dit regtig nie vir
u werk nie, maak seker dat die persone wat u wel dink u belange op
die hart sal dra, genomineer word.
Die Beheerliggaam het plek vir ses ouers, daar is plek vir u.
Ons sien uit na u nominasies. Ons sien uit na u betrokkenheid. Dit is ‘n
belangrike besluit.
3
Wiskunde – Graad 6 en 7
Hoërskool Centurion het 2 jaar gelede met gratis Wiskunde hulp aan leerders
by die skool begin. Ons het veral by ons juniors (gr. 8 en 9) gevind dat
leerders geweldig by individuele aandag en ‘n probleemgesentreerde
benadering baat. Hierdie klasse is dus nie gestruktureerde groepsklasse nie,
maar eerder een-tot-een werksessies wat op ‘n leerder se spesifieke
probleemarea fokus. “Buddy tutoring”, waar leerders ander leerders help, is
met groot sukses aangewend. Die groep tutors staan onder leiding van me. S.
Steenkamp, een van die Wiskunde-onderwysers by Hoërskool Centurion.
Werksessies geskied ook onder haar toesig.
Ons sukses met hierdie stelsel is sodanig dat ons gevoel het ons wil dit graag
uitbrei na ons naburige laerskole. Ons nooi dus enige gr. 6- en 7 -leerders om
vir hulp te kom met hul Wiskunde. Ons is Maandae tot Donderdae vanaf
14:00 tot 15:00 in T4 (klas oorkant die hokkieveld) besig. Leerders kan
sonder ‘n afspraak opdaag, aangesien daar elke dag tutors aan diens is.
Vir enige navrae kan ouers of onderwysers Me. Steenkamp kontak by
[email protected] of 083 278 7111.