NEW DESIGN Huis koop en verkoop - Law Society of the Northern

Transcription

NEW DESIGN Huis koop en verkoop - Law Society of the Northern
BUYING AND
SELLING A HOUSE
KNOW YOUR RIGHTS
BUYING A HOUSE
Buying a house is probably the biggest and most important investment you will
ever make. When you do find your dream home and before you sign any deed
of sale, follow these simple guidelines:1. Examine the house thoroughly. Enquire about the roof, gutters,
electrical wiring, foundations, etc. Should you have any doubts at
all, consult an expert to examine the house. Should there be any
defects provide in the deed of sale for their correction by the seller.
2. Before you sign a deed of sale, give the document to your attorney to
examine. Ask about anything that is not clear.
3. Enquire about any additional costs, such as rates and transfer costs. Your
attorney will have the answers. All provisions and promises must form part
of the written contract. Verbal agreements are not enforceable. A
document signed by you and then accepted by the buyer could become a
binding agreement.
4. Ensure that your finances are sound. Should you need a bond, make
provision for the costs of registration. Once again your attorney can tell
you about this. Furthermore, ensure that you can afford the monthly bond
payment. If your attorney is a member of the Bank's Panel, he/she can
handle the registration of the bond on your behalf. If he/she is not a
member of the panel, he/she will be able to advise you on which attorney
to use to handle the registration of the bond.
5. Ensure that the deed of sale provides for the issue of a beetle-free
certificate at the expense of the seller in the Cape Province and Natal, and
for a certificate of compliance in respect of electrical installation all
provinces.
6. Does the seller require a deposit on the selling price? Should this be the
case arrange for payment in trust to any attorney and for safekeeping in a
special savings account until the house is in your name. Ensure that you
receive the interest on the deposit.
7. Take note of the date of occupation in the deed of sale. Should you move
in before the house is in your name, you would be expected to pay rent.
Should the sale fall through after you have moved in, you would naturally
have to move out again with the attendant expense and inconvenience.
8. If the seller wants to remove any items such as plants, cupboards, a bar,
etc, this needs to be explicitly set out in the contract. Loose items that are
included in the sale such as curtains, swimming pool broom/net, etc, must
also be specified.
SELLING YOUR HOUSE
Should you be planning to sell your most important investment, do not lose the
money earned by this investment by not knowing about the legal aspects
involved.
Published on behalf of the attorneys’ profession by the:
Once again, follow these easy guidelines:1. Keep your house neat and clean so that it is attractive to prospective
buyers.
2. Consult your attorney concerning your rights and obligations. As the seller
you have the right to appoint your attorney to handle the transfer. Do not
allow an estate agent to convince you otherwise.
3. Approach one or more estate agents of your choice to list your property.
Do not give sole rights to one agency without considering it very carefully.
Your attorney will be able to inform you about this.
4. When you find a buyer, do not sign any offer or deed of sale before your
attorney has examined the document. All provisions and promises made
must form part of the written contract. Verbal agreements and promises
are not enforceable.
5. Before you sign, find out what commission is payable to the estate agent
and whether VAT is included.
6. Give the estate agent the name of your attorney. Your attorney will deal
with the legal aspects and ensure that the house is transferred to the buyer.
He/she will also organise the finances and ensure that you receive your
money.
7. The following is a list if the most important requirements that should be met
in a deed of sale. However, it should be noted that this list is not complete.
Each transaction has its individual requirements. By the way, should you
wish to do so, your attorney can draw up the deed of sale.
! The names and identity numbers and marriage status (e.g. married in
or out of community of property) or capacity (when a company is
involved) of the parties concerned, as well as the buyer's address
! The description and size of the property or stand as detailed in your
deed of transfer
! The selling price and manner of payment
! The provision that the buyer pays all your transfer fees
! The name of your attorney handling the transfer
! The date of taking possession and occupation
! The provision that the buyer is responsible for all taxes and other
municipal charges from the day of taking possession
! The provision that the house is sold "as is" (in other words without any
guarantee on your part regarding the visible or hidden faults)
! The commission due and the name of the estate agent
! Should the date of occupancy be before the date of transfer, ensure
that the buyer pays interest on the sales figure or rent until the date of
transfer. The amount and manner of payment must be stipulated
! The fact that no change to the deed of sale is valid unless put in writing
and signed by both parties
! Whether a beetle-free certificate should be obtained (Cape Province
and Natal) and if so who should pay for the inspection and any work
required
! Any special condition, for example:
! Listing any articles excluded from the sale
! Whether the sale is subject to the buyer obtaining a bond or the
sale of the buyer's house. Your attorney can advise you with
regard to these conditions
! A special deed of sale should be drawn up of the selling price
should the buyer wish to pay over an extended period of time.
This is a relatively complex issue and you are strongly urged to
allow your attorney to draw up the deed of sale.
FIRM DETAILS
HUIS KOOP
EN VERKOOP
KEN U REGTE
HUIS KOOP
Die koop van u huis is waarskynlik die grootste en belangrikste belegging wat
u ooit sal maak. Wanneer u u droomhuis vind, en alvorens u enige koopbrief
onderteken, volg hierdie maklike riglyne:
1. Besigtig die huis in daglig, vra vrae oor die dak, loodgieterswerk,
elektriese bedrading, fondament, ensovoorts. Indien u enigsins twyfel,
laat 'n deskundige dit ondersoek. As daar foute is, maak voorsiening in die
koopbrief vir die herstel daarvan deur die verkoper.
2. Voordat u 'n aanbod, koopbrief of enige ander dokument teken, gee die
dokument vir u prokureur om na te gaan. Vra hom/haar uit oor enige iets
waaroor u nie duidelikheid het nie.
3. Maak seker van alle bykomstige uitgawes soos bv. belasting en
oordragskoste - u prokureur sal u hieroor kan inlig. Alle voorwaardes en
beloftes wat gemaak word moet deel vorm van die skriftelike kontrak.
Mondelinge ooreenkomste en beloftes is nie afdwingbaar nie. 'n
Dokument deur u onderteken en wat daarna deur die koper aanvaar
word, kan 'n bindende ooreenkoms tot gevolg hê.
4. Maak seker u finansies is in orde. Indien u 'n verband moet verkry, maak
voorsiening vir verbandregistrasiekoste. Weereens kan u prokureur u
hieroor inlig. Maak ook seker dat u die maandelikse verbandpaaiement
kan bekostig. Indien u prokureur op die Bank se Paneel is, kan hy/sy
namens u toesien tot registrasie van die verband. Indien nie, sal hy/sy u
adviseer welke prokureur u moet aanstel om toe te sien tot registrasie van
die verband.
5. Maak seker dat die koopbrief voorsiening maak vir die verskaffing van 'n
kewervry-sertifikaat op koste van die verkoper in die Kaapprovinsie en
Natal vir 'n sertifikaat van nakoming ten opsigte van die elektriese
installasie - alle provinsies.
6. Word 'n deposito op die koopprys deur die verkoper vereis? Indien wel,
reël dat u dit by 'n prokureur in trust inbetaal en dat hy/sy dit op 'n spesiale
spaarrekening hou totdat die huis op u naam is. Gee opdrag dat die rente
op hierdie deposito, u toekom.
7. Let op na die datum van okkupasie in die koopbrief. Indien u intrek
voordat die huis op u naam is, sal u gevra word om rente of huur te betaal.
Indien die koop deur die mat val nadat u ingetrek het, sal u natuurlik moet
uittrek met gepaardgaande onkoste en ongerief.
8. Indien die verkoper iets wil verwyder bv. plante, kaste, 'n kroeg ensovoorts,
moet dit spesifiek in die koopkontrak vermeld word. Los items wat by die
koop ingesluit is bv. gordyne, swembad besem/net, ensovoorts, moet ook
gespesifiseer word.
VERKOOP VAN U HUIS
As u beoog om u belangrikste belegging te verkoop, moenie die geld wat u
met hierdie belegging verdien het, verloor omdat u nie u regte ken nie.
Volg hierdie maklike riglyne:
Uitgegee namens die prokureursberoep deur die:
1. Hou u huis netjies en skoon sodat dit vir voornemende kopers aantreklik
is.
2. Raadpleeg u prokureur oor u regte en verpligtinge. U as verkoper het die
reg om u prokureur aan te wys om die oordrag te doen. Moenie dat die
eiendomsagent u andersins probeer oortuig nie.
3. Nader een of meer eiendomsagente van u keuse om u eiendom te
verkoop; moet nie alleenreg aan een agent gee sonder om dit baie
versigtig te oorweeg nie. U prokureur kan u hieroor inlig.
4. Sodra 'n koper gevind word, moet nie enige aanbod of koopbrief teken
alvorens u prokureur die dokument nagegaan het nie. Alle voorwaardes
en beloftes wat gemaak word moet deel vorm van die skriftelike kontrak.
Mondelinge ooreenkomste en beloftes is nie afdwingbaar nie.
5. Voordat u teken, stel by die eiendomsagent vas hoeveel kommissie u sal
moet betaal.
6. Gee die naam van u prokureur aan die agent. U prokureur sal die
regswerk hanteer en sorg dat die huis op die koper se naam oorgedra
word. Hy/sy sal ook die finansies reël en sorg dat u u geld kry.
7. Hier volg 'n lys van die belangrikste vereistes wat in die koopbrief
opgeneem behoort te word. Dit word egter beklemtoon dat die lys nie
volledig is nie. Elke transaksie het sy eie besondere vereistes. Terloops,
indien u so verlang, kan die koopbrief deur u prokureur opgestel word.
! Die name, identiteitsnommers en huwelikstatus (bv. getroud binne of
buite gemeenskap van goedere) of hoedanigheid (waar 'n party bv. 'n
maatskappy is) van die partye, asook die koper se adres.
! Die beskrywing en grootte van die erf of standplaas soos dit in u
transportakte staan.
! Die koopprys en wyse van betaling.
! Die bepaling dat die koper alle oordragskoste betaal.
! Die naam van die prokureur wat die oordrag behartig.
! Die datum van besitname of okkupasie.
! Die voorwaarde dat die koper verantwoordelik is vir alle belastings en
munisipale rekeninge vanaf die datum van besitname.
! Die voorwaarde dat die huis “voetstoots” verkoop word (met ander
woorde sonder enige waarborg van u kant oor sigbare of verskuilde
foute).
! Die kommissie wat betaalbaar is en die naam van die eiendomsagent.
! Indien die okkupasie-datum verskil van die datum van besitname,
moet u verseker dat die koper rente betaal op die koopprys of dat
okkupasie-huur betaal word tot en met die datum van besitname. Die
bedrag en wyse van betaling moet gestipuleer word.
! Die feit dat geen veranderinge aan die koopbrief geldig is tensy dit op
skrif gestel word en deur beide partye onderteken is nie.
! Indien 'n kewervry-sertifikaat bekom moet word (Kaapprovinsie en
Natal), moet aangedui word watter party verantwoordelik is vir die
betaling vir die inspeksie en enige werk wat nodig mag wees.
! Enige spesiale voorwaarde, byvoorbeeld:
! 'n Lys van enige artikels wat nie by die verkoop ingesluit is nie.
! Of die verkoop voorwaardelik is tot die toestaan van 'n verband
aan die koper. U prokureur kan u adviseer oor hierdie vereistes.
! ’n Spesiale koopbrief moet opgestel word van die verkoopprys
indien die koper sou verkies om die bedrag oor 'n verlengde
tydperk af te betaal. Hierdie is 'n redelike komplekse
aangeleentheid en u behoort u prokureur te versoek om die
koopbrief op te stel.
FIRMA BESONDERHEDE