ons bly by ons verbintenis om die ekonomie op

Transcription

ons bly by ons verbintenis om die ekonomie op
AFRIKAANS
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
n Gesamentlike publikasie van die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
WAT IS DIE
BEGROTING
2
ISSUED BY: National Treasury
Tel: (012) 315 5757
www.treasury.gov.za
Jaarliks, gedurende Februarie, kondig die Minister van Finansies die regering se spanderings-, belasting-, en leningsplanne vir die volgende drie jaar aan.
Dit word die Nasionale Begroting genoem. Die Nasionale Begroting verdeel geld tussen nasionale departemente, provinsies en munisipaliteite.
1. Boodskap van die minister
3
1. Naskoolse onderwys en opleiding
4
1. Inkomstebelastingwysigings
2. Vinniger ekonomiese herstel
2. Waar geld vandaan kom
2. Sondebelasting
3. Beskerm maatskaplike toelaes
3. Hoe sal die geld bestee word
3. Belastingkoerse
4. Maatskaplike toelaes
4. Befondsing van munisipaliteite
4. Suikerbelasting
Photo provided by GCIS
ONS BLY BY ONS
VERBINTENIS OM DIE
EKONOMIE OP DIE
REGTE PAD TE PLAAS
Die regering
sal in venootskap
met die privaatsektor in
infrastuktuur
D
ie 2016-Begroting bevestig
die regering se verbintenis
om die gaping tussen
besteding en inkomste kleiner
te maak en om ’n plan vir sterker
ekonomiese groei te implementeer.
Dit gaan daaroor om by ons planne
te bly ten spyte van toenemende
uitdagende omstandighede.
Die regering se oogmerk is om
ondoeltreffende besteding uit te
skakel en om uitgawes op niekritiese items te verminder, om
dienslewering vol te hou en sterk
openbare finansies te handhaaf.
Reeds vir ’n aantal jare was SuidAfrika se ekonomiese groei nie sterk
genoeg om indiensneming aan te
moedig, belegging te bevorder en
staatskuld te verminder nie. In die
afgelope maande het die situasie
verder agteruitgegaan terwyl
verwagtinge vir groei verminder het,
die rand gedepresieer en besigheidsen verbruikersvertroue gedaal het.
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Ekonomiese groei was 1.3 present
in 2015 en sal na verwagting na 0.9
persent in 2016 daal voordat dit na
1.7 persent in 2017 en 2.4 persent in
2018 toeneem.
Die lae ekonomiese groei lei
tot laer belastinginkomste. Die
gaping tussen staatsbesteding en
inkomste staan op 4.2 persent van
die BBP in 2015/16. Besteding het
inkomste oortref want die regering
het met diensleweringprogramme
voortgegaan ten spyte van swak
ekonomiese prestasie. In daardie
periode het die skuld geleidelik
toegeneem.
Oor die volgende drie jaar sal die
regering die bestedingsplafon
verlaag, belastinginkomstes
verhoog, en die grootte van die
werksmag van die regering bestuur,
wat ’n groot bron van uitgawe is.
Om dit te bereik sal die regering
vergoedingsbegrotings verminder
met R10 miljard in 2017/18 en
www.treasury.gov.za
projekte, ondernemerskap,
vaardigheidsontwikkelingsprojekte
en die onafhanklike
kragprodusentprogram, wat
kragvoorsiening
sal laat toeneem,
belê
R15 miljard in 2018/19.’ n Addisionele
R48 miljard in belastingsinkomste sal
oor die volgende drie jaar verhoog
word deur belasting aan te pas en
belastinginvordering te verbeter.
Alhoewel die bestedingsplafon
verlaag word, sal dit steeds matig
groei. Maatskaplike toelaes is
RSA Budget
#Budget2016
beskerm en kern maatskaplike en
ekonomiese programme sal instand
gehou word.
Die land benodig vinniger
inklusiewe ekonomiese groei om sy
ontwikkelingsdoelwitte te bereik en sy
openbare finansies te verbeter. Hierdie
soort groei is afhanklik van verhoogde
vlakke van vertroue en belegging deur
die privaatsektor. Dit sal bereik word
deur verbeterde samewerking tussen
die regering en die sakesektor. Die
regering sal in venootskap met die
privaatsektor in infrastuktuurprojekte,
ondernemerskap,
vaardigheidsontwikkelingsprojekte
en die onafhanklike
kragprodusentprogram, wat
kragvoorsiening sal laat toeneem,
belê. Hierdie vennootskap met
die privaatsektor, ’n groeiende
toerismesektor, minder arbeidsonrus
en beter wêreldwye groeitoestande
behoort ’n oplewing in ekonomiese
groei oor die medium termyn te
ondersteun
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
MAATREËLS MET DIE
OOG OP VINNIGER
EKONOMIESE HERSTEL
D
ie waarde van maatskaplike
toelaes sal in 2016/17 verhoog
om te verseker dat toelaes tred
hou met inflasie.
VAN DIE
MINISTER
M
’n Groeiende ekonomie gee ons meer
inkomste; ons leen minder, skep
werksgeleenthede, nuwe geleenthede
vir die jeug en stel ons in staat om
nuwe tipe besighede te begin. Ons
fokus is om saam met die sakesektor en
arbeid te werk om die ekonomie te laat
groei. Ons is verbind om die openbare
finansies van Suid-Afrika te herstel na
’n gesonde toestand. Dit vereis dat ons
moeilike besluite moet neem.
Ons as regering het dus besluit om
ondoeltreffende besteding verder te sny,
meer selfbeheersing aan die dag te lê
en ook ‘n paar projekte uit te stel. Maar
ons sal nie ’n kompromie aangaan oor
die besteding aan maatskaplike dienste
vir die armes nie. Verdere toekennings
aan hoër onderwys sal verseker dat
meer studente uit arm agtergronde
toegang tot universiteite sal hê. Dit is
maar een voorbeeld van ons verbintenis
tot die beskerming van maatskaplike
besteding. Ons is ‘n veerkragtige nasie
en ons uitdagings is nie onoorkombaar
nie, as ons saam kan werk
2
Photo provided by GCIS
ede-Suid-Afrikaners, ons lê
hierdie begroting voor aan
die mense van Suid-Afrika,
in erkenning dat ons verantwoording
doen aan die publiek oor hoe ons
hulle belasting en die geld wat ons
leen bestee.
D
ie regering is verbind tot die
verhoging van groeikoerse oor
die medium en lang termyn.
Sukses sal afhang van die aktiewe
ondersteuning van die sakesektor,
arbeid en die burgerlike samelewing
vir die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Sleutel areas van ingryping sluit in:
• Fokus op elektrisiteitsvoorsiening:
Elektrisiteit was die grootste
beperking op vinniger
ekonomiese groei. Die regering
fokus dus op maatreëls wat
elektrisiteitsvoorsiening en die bou
van infrastruktuur sal verhoog om
beleggings aan te moedig en werk
te skep. Oor die volgende 3 jaar,
sal Eskom R157 miljard belê om
elektrisiteitsopwekkingsvermoë uit te
brei
• Die bou van infrastruktuur is
noodsaaklik vir die aansporing
van beleggings, werkskepping
en die ontwikkeling van die regte
omgewing vir die ekonomie om
vinnig te groei. In ooreenstemming
met die Nasionale Ontwikkelingsplan,
prioritiseer die 2016- Begroting
besteding aan infrastruktuur. Oor die
volgende drie jaar, het die regering
R796 miljoen geoormerk vir
belegging in behuising, paaie,
openbare vervoer, water en
elektrisiteit.
• ‘n Totaal van R121.5 miljard is
toegeken vir water en sanitasie. Die
Departement van Waterwese en
Sanitasie sal voortgaan om te fokus
•
•
•
•
op die ontwikkeling en rehabilitasie
van waterinfrastruktuur en om
huishoudings daarby aan te sluit.
Fokus op sektore wat minder energieintensief en meer arbeidsintensief is
soos toerisme, die oseaan-ekonomie,
landbou en landbou-verwerking. Die
regering sal regulatoriese beperkings
wat steeds groei in hierdie sektore
belemmer, identifiseer en verwyder.
Die gebruik van openbare
hulpbronne om ekonomiese
aktiwiteit te stimuleer deur die
prioritisering van besteding aan
aksies wat ’n direkte impak op die
ekonomie het.
Fokus op klein besighede, veral
besighede wat nuut begin.
Die transformasie van die stede
na gemengde inkomste buurte
waar mense naby aan netwerke,
werksgeleenthede en vervoer
is. Dit behels ook deurlopende
belegging in die instandhouding
van infrastruktuur.
Om die momentum van groei te
herstel vereis groter vertroue in die
toekoms deur alle Suid-Afrikaners.
Vinniger groei in privaatbelegging is
belangrik vir ekonomiese herstel en
werkskepping. Herstrukturering van
die ekonomie na ‘n vinnig groeiende
een behels die skep van wêreldwye
mededingende sektore. Die regering
is bewus daarvan dat hierdie moeilike
proses tyd neem en sal dus fokus op
daardie maatreëls wat die ekonomie sal
laat groei en werk skep
Verhogings in die Maatskaplike
Beskermingsbegroting sal ook
voorsiening maak vir ‘n styging in die
aantal begunstigdes, hoofsaaklik diegene
wat die ouderdomspensioenstoelaes
en kinderonderhoudstoelaes ontvang.
Hierdie toename in begunstigdes
is hoofsaaklik as gevolg van beter
verskaffing van gesondheidsorg en
basiese dienste deur die staat oor
die jare - ou mense leef langer en
kindersterftes neem af. In 2016/17 sal
die ouderdomspensioenstoelae met R90
en die kinderonderhoudstoelae met R20
verhoog word
MAATSKAPLIKE
TOELAES
2015/16
2016/17
STAATSOUDERDOMSPENSIOEN
R1 415
R1 505
STAATSOUDERDOMSPENSIOEN,
OUER AS 75
R1 435
R1 525
TOELAE VIR OUDSTRYDERS
R1 435
R1 525
ONGESKIKTHEIDSTOELAE
R1 415
R1 505
PLEEGSORGTOELAE
R860
R890
SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAE
R1 415
R1 505
KINDERONDERHOUDSTOELAE
R330
R350
Photo provided by GCIS
BOODSKAP
Hierdie Begroting kom op ’n tyd
van verhoogde onsekerheid in die
wêreld ekonomie; ‘n tydperk wat
gekenmerk word deur negatiewe
beleggersentiment teenoor
ontluikende markte. Hierdie wêreldwye
agtergrond en ons uitdagings wat
elektrisiteitstekorte en droogte insluit,
beteken dat ‘n moeilike tydperk ons
in die gesig staar. Ons ekonomie is nie
inklusief of groei vinnig genoeg om
betekenisvolle deelname deur alle SuidAfrikaners te verseker nie.
BESKERMING
VAN MAATSKAPLIKE TOELAES
BEGUNSTIGDES
TEEN STYGENDE
INFLASIE
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Photo provided by GCIS
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
UITBREIDING VAN TOEGANG TOT
NASKOOLSE ONDERWYS EN OPLEIDING
U
itbreiding van toegang tot
hoër onderwys bly ‘n prioriteit
vir die regering ten einde die
vaardighede te voorsien wat nodig is
om poste te vul en die ekonomie ’n
hupstoot te gee.
Die behoefte om die uitdaging
van die befondsing van hoër onderwys
aan te spreek is na vore gebring na
studente-opstande by universiteite
landswyd. Ná die aankondiging dat
daar geen verhogings in 2016 sal wees
nie, het President Zuma ’n taakspan
aangestel om ondersoek in te stel
oor hoe die uitdagings aangespreek
kan word en moontlike oplossings
voor te stel. Die geen verhoging in
fooie vir 2016 het ‘n R2.3 miljard tekort
tot gevolg gehad, wat deur middel
van bydraes van die regering en
universiteite gefinansier sal word.
Sedert die ontstaan van die
Nasionale Studente Finansiële
Hulpskema (NSFHS) in 1991, is
1.5 miljoen studente uit arm
agtergronde met R50 miljard in
lenings en beurse vir universiteit en
beroepskolleges, bygestaan. Die NSFHS
befondsing sal R32.1 miljard oor die
mediumtermyn beloop.
Sowat R8 miljard sal huidige
onbefondsde nuwe en voortgesette
studente ondersteun en
R2.5 miljard sal verligting aan 71 753
universiteitstudente bring wat nie in
staat was om lenings tussen 2013 tot
WAAR DIE GELD
VANDAAN KOM
D
ie grootste gedeelte van
die geld wat die regering
bestee is afkomstig uit
die Nasionale Inkomstefonds,
hoofsaaklik deur belastings
en heffings.
Die regering leen ook van beleggers,
sodat skole, hospitale en beter paaie
gebou kan word. As gevolg van die
wisselvallige ekonomiese groei en
belastinginvorderings wat onder
Ander
R153.7 Mjd
Basiese Onderwys
druk kom, het die regering lenings in
die afgelope jare verhoog. Net skuld
het van R673 miljard in 2009/10 tot
R1.8 triljoen tans verhoog.
Die regering is deeglik bewus van
die risiko’s wat verband hou met
opgehoopte skuld en verwag
gevolglik van departemente om
meer doeltreffend met openbare
fondse te werk en vermorsing
te verminder
BELASTINGINKOMSTE
2016/17
%
PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING
441.0
37.5
KORPORATIEWE INKOMSTEBELASTING
198.3
16.9
BTW
301.3
25.6
DOEANEBELASTING
54.0
4.6
BRANDSTOFHEFFINGS
64.5
5.5
115.7
9.8
1 174.8
100.0
ANDER
TOTAAL
R228.8 Mjd
Maatskaplike
Beveiliging
R167.5 Mjd
Algemene
Openbare
Dienste
R73.7 Mjd
Menslike
Nedersetting
en Munisipale
Infrastruktuur
HOE
SAL DIT
BESTEE
WORD
400
300
200
100
Persoonlike
Korporatiewe
Inkomstebelasting Inkomstebelasting
BTW
Doeanebelasting
Brandstofheffings
Ander
Gesondheid
R168.4 Mjd
Verdediging,
Openbare
orde en Veiligheid
R181.5 Mjd
R182.6 Mjd
Ekonomiese Sake en Landbou
R238.4 Mjd
Naskoolse Onderwys
en Opleiding
R68.7 Mjd
HOE BEFONDS DIE
REGERING MUNISIPALITEITE?
M
unisipaliteite speel ‘n
belangrike rol om te verseker
dat mense in behoorlik
gedienste, skoon en waardige stede en
dorpe woon.
500
0
2015 te kry nie. Hierdie addisionele
befondsing word moontlik gemaak
deur die verskuiwing van fondse weg
van ander regeringsprogramme sowel
as kostebesparingsmaatreëls in
die department.
Hoëronderwysinstellings sal
subsidies van R93.1 miljard oor die
volgende drie jaar ontvang met
‘n gedeelte daarvan wat vir die
finansiering van infrastruktuur en
die bedryf van die nuwe Universiteit
van Mpumalanga en Sol Plaatje
Universiteit aangewend sal word.
Die Nasionale Vaardigheidsfonds
en Sektorale Onderwys- en
Opleidingsowerhede (SOOO) speel
ook ‘n belangrike rol in die voorsiening
van vaardigheidsontwikkeling en
opleiding. Dit word hoofsaaklik
gedoen deur vaardigheidsprogramme,
leerlingskappe, internskappe en
vakleerlingskappe, en vennootskappe
met beroepskolleges, universiteite
en die arbeidsmark, om studente te
voorsien van geleenthede om ervaring
in die werkplek te kry. Inkomste uit
die vaardigheidsontwikkelingsheffing
word direk aan die SOOO en die
Nasionale Vaardigheidsfonds
oorgedra, en sal R22 miljard teen
2018/19 bedra
Hulle voorsien dienste soos water en
sanitasie, elektrisiteit, vullisverwydering,
stormwaterbestuur en straatbeligting
en subsidieer sommige hiervan, vir die
armes. Van die totale begroting, word
9.1 persent aan munisipaliteite toegeken.
Hulle ontvang ‘n kleiner aandeel omdat
hulle self inkomste invorder deur
middel van verbruikerskostes, heffings
en belastings. Die grootste oordrag is
die plaaslike regering billike deel, wat
gebaseer is op ‘n formule wat verseker
dat arm en landelike munisipaliteite
groter oordragte ontvang. Munisipaliteite
ontvang ook voorwaardelike toelaes, wat
infrastruktuurbouwerk befonds
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
3
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
BELASTINGKOERSE
BELASTING
VOORSTELLE
PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING
HOE BEÏNVLOED DIE
WYSIGINGS IN PERSOONLIKE
INKOMSTEBELASTING JOU?
D
ie 2016-Begroting maak
voorsiening vir ’n vermindering
van R5.65 miljard in persoonlike
inkomstebelasting vir individue.
Dit is saamgestel uit R5.5 miljard
om die impak van inflasie op die
belasting betaalbaar deur lae- en
middelinkomstegroepe gedeeltelik te
verminder en R1.1 miljard wat toegeskryf
kan word aan ‘n toename in maandelikse
mediese skema belastingkrediete
minus R950 miljoen as gevolg van die
verhoging van kapitaalwinsbelasting.
Hierdie Begroting maak voorsiening
vir ‘n paar veranderinge aan persoonlike
inkomstebelasting, insluitend
aanpassings aan die drie onderste
belasbare inkomste belastingskerwe
en die primêre korting, om ‘n bietjie
verligting vir laer inkomste individue
vir die effek van inflasie te verskaf. Die
bedrag wat ‘n individu kan verdien
voordat van hulle verwag word om
belasting te betaal is as volg aangepas vir
die jaar van aanslag wat strek vanaf
1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017:
BELASTINGDREMPELS
Onder die ouderdom van 65
Ouderdom 65 to 74
Ouderdom 75 en ouer
BELASTINGKORTINGS
Elk van die eerste twee begunstigdes
Elke adisionele begunstigde
2015/16
R73 650
R114 800
R128 500
2016/17
R75 000
R116 150
R129 850
BELASTINGJAAR 2015/16
R270
R181
BELASTINGJAAR 2016/17
R286
R192
BELASTINGKOERSE
Belasting betaalbaar vir die belastingjaar wat op 28 Februarie 2017 eindig
BELASBARE
INKOMSTE VAN
INDIVIDUE (R)
0 tot 188 000
188 001 tot 293 600
293 601 tot 406 400
406 401 tot 550 100
550 101 tot 701 300
701 301 en meer
Trusts uitgesluit
spesiale trusts
BELASTING BETAALBAAR (R)
18% van belasbare inkomste
33 840 + 26% van belasbare inkomste bo 188 000
61 296 + 31% van belasbare inkomste bo 284 100
96 264 + 36% van belasbare inkomste bo 406 400
147 996 + 39% van belasbare inkomste bo 550 100
206 964 + 41% van belasbare inkomste bo 701 300
Belastingkoers van 41%
INKOMSTEBELASTING: MAATSKAPPYE
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017
Tipe
Belastingkoers (R)
Maatskappye
28% van belasbare inkomste
INKOMSTEBELASTING: KLEINSAKEKORPORASIES
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017
Belasbare Inkomste (R) Belastingkoers (R)
0 – 75 000
0% van belasbare inkomste
75 001 – 365 000
7% van belasbare inkomste bo 75 000
365 001 – 550 000
20 300 + 21% van belasbare inkomste bo 365 000
550 001 en hoër
59 150 + 28% van belasbare inkomste bo 550 000
OMSETBELASTING VIR MIKRO-BESIGHEDE
Finansiële jaar wat eindig op enige datum tussen 1 Maart 2016 en 28 Februarie 2017
0 – 335 000
0% van belasbare omset
335 001 – 500 000
1% van belasbare omset bo 335 000
500 001 – 750 000
1 650 + 2% van belasbare omset bo 500 000
750 001 en hoër
6 650 + 3% van belasbare omset bo 750 000
SONDEBELASTING
VERHOGING IN BELASTING
OP TABAK EN ALKOHO
Aksynsbelasting op alkoholiese drank (veral bier, appelwyn, vrugte drankies
en sterk drank) sal met tussen 6.7 en 8.5 persent verhoog. Die verhogings in
aksynsbelasting is soos volg:
Moutbier
Ongefortifiseerde wyn
Gefortifiseerde wyn
Vonkelwyn
Appelwyn en alkoholiese vrugte drankies
Sterk drank
Sigarette
Sigarettabak
Pyptabak
Sigare
0800 007 277
4
|
VERHOOG MET :
11c per 340ml blikkie
18c per 750ml bottel
27c per 750ml bottel
59c per 750ml bottel
11c per 340ml bottel
R3.94 per 750ml bottel
82c per pakkie van 20
94c per 50g
27c per 25g
R4.32 per 23g
SUIKERBELASTING
BELASTING OP
SUIKERVERSOETE DRANKIES
Vetsug wek wêreldwyd kommer, maar Suid-Afrika het tans die mees ongewenste
vetsug-posisie in Sub-Sahara Afrika. Dit het ’n groter risiko aan hartsiektes, diabetes en
kanker tot gevolg. Die Regering stel dus voor dat ’n belasting op suikerversoete drankies
vanaf 1 April 2017 gehef word om die oormatige inname van suiker te verminder.
BRANDSTOFHEFFING
VERHOGING IN DIE ALGEMENE BRANDSTOFHEFFING
Die algemene brandstofheffing sal toeneem met 30c per liter vanaf 6 April
2016. Dit sal die algemene brandstofheffing na R2.85 per liter brandstof en
R2.70 per liter diesel verhoog.
www.sars.gov.za
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids