Vaselinetjie

Transcription

Vaselinetjie
Vaselinetjie
Anoeschka von Meck
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
’n Onderwysersgids
deur
Danie Steenkamp
01316_Vaselinetjie.indd i
2/20/07 5:33:13 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Eerste uitgawe in 2007 deur Tafelberg-Uitgewers,
’n afdeling van NB Uitgewers (Edms.) Bpk
Heerengracht 40, Kaapstad
Uitgebrei en bygewerk deur Elna Harmse
Ikone deur Judy Shaul
Bandontwerp en tipografie deur Mckore Graphics
Geset in Times New Roman 10 op 12 pt deur Mckore Graphics
Gedruk en gebind deur Paarl Print, Oosterlandstraat, Paarl, Suid-Afrika
Alle regte voorbehou
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer
of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur
fotokopiëring, skyf- of bandopname, of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting
ISBN–10: 0 624 04405 X
ISBN–13: 978 0 624 04405 5
Voorbladfoto met vriendelike vergunning deur Marietha Goosen, joernalis vir Die Piketberger.
01316_Vaselinetjie.indd ii
2/20/07 5:33:16 PM
Inhoudsopgawe
Vooraf .............................................................................................................................1
Algemene inleiding: die kurrikulum ...............................................................................1
Algemene inleiding: jeugliteratuur .................................................................................5
Werkswyse en benadering van hierdie Onderwysersgids ...............................................7
Deel 1: Agtergrond ......................................................................................................13
Inleiding tot hierdie afdeling.........................................................................................13
Die skrywer ...................................................................................................................15
Maslow se hiërargie van behoeftes ...............................................................................20
)T
(c
Deel 2: Voor die lees ....................................................................................................24
Inleiding tot hierdie afdeling.........................................................................................25
Die voorblad..................................................................................................................25
Die titel en flapteks .......................................................................................................27
Algemene literêre teorie ................................................................................................28
itg
-U
rg
be
el
af
Deel 3: Tydens die lees ................................................................................................41
Inleiding tot hierdie afdeling.........................................................................................42
Vrae: Hoofstuk 1–10 .....................................................................................................42
s
er
ew
Deel 4: Na die lees .......................................................................................................84
Inleiding tot hierdie afdeling.........................................................................................85
Leerders se response op Vaselinetjie .............................................................................85
Die literêre kenmerke van Vaselinetjie..........................................................................86
Kritiek op Vaselinetjie ...................................................................................................95
Woordelys .................................................................................................................. 100
Assesseringsbylaag: Graad 10–12 Huistaal ............................................................101
Kritieke en Ontwikkelingsuitkomste ..........................................................................101
Leeruitkomste en Assesseringstandaarde ....................................................................101
Assessering .................................................................................................................105
Rubrieke en merklyste wat vir daaglikse assessering gebruik kan word ....................110
Rubrieke wat vir die Assesseringsprogram gebruik kan word ....................................114
Bronne ........................................................................................................................ 119
Die skrywer van die gids........................................................................................... 120
01316_Vaselinetjie.indd iii
2/20/07 5:33:16 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
01316_Vaselinetjie.indd iv
2/20/07 5:33:17 PM
Vooraf
Algemene inleiding: die kurrikulum
Hierdie Onderwysersgids is gebaseer op die beginsels van Uitkomsgebaseerde Onderrig
(UGO) soos uiteengesit in die Departement van Onderwys se dokument getiteld Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad 10–12 (Algemeen) Tale: Afrikaans Huistaal.
UGO het betrekking op voorafbepaalde uitkomste wat berus op beginsels soos:
•
•
•
kennis, vaardighede en waardes wat die •
leerders sal benodig
fokus op die leerders
•
geïntegreerde leerervarings
•
die assessering van leerders in
lewensegte situasies
prosesse en produkte van leer
lewenslange leer.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
In Graad 7–9 word leerders voorberei op Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) en vir
die volwasse wêreld van leef en werk. Hulle moet dus hoë vlakke van vaardigheid in
luister, praat, lees, skryf en dink demonstreer.
In Graad 10–12 word leerders op meer gekonsentreerde wyse voorberei op hul
naderende kontak met die wêreld van werk. Hulle moet gesonde waardes hê en optree
in die belang van ’n samelewing wat gegrond is op respek vir demokrasie, gelykheid,
menswaardigheid en sosiale geregtigheid soos dit in die Grondwet voorgehou word.
Hulle moet ook die vermoë demonstreer om logies, ontledend, holisties en lateraal te
dink. Hulle moet vaardighede vanaf bekende na onbekende situasies kan oordra.
Vir Graad 10–12 leerders om toegepaste bekwaamheid te verwerf, moet hulle
hul kennis en vaardighede oor vakgebiede en -terreine heen integreer. Toegepaste
bekwaamheid is die integrasie van praktiese, grondliggende en besinnende bekwaamhede.
Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir Graad 10–12 staan hierdie geïntegreerde
leer van teorie, praktyk en nadenke voor.
Die NKV is gerig op die bevordering van toewyding asook bekwaamheid onder
onderwysers wat vir die ontwikkeling van hul eie Leerprogramme verantwoordelik sal
wees. Die Departement van Onderwys voorsien beleidsriglyne wat op elke Leerareastelling
gegrond is.
Die onderliggende beginsels en waardes van die NKV Leerareastellings stut as ’t ware
die Leerprogramme. Waar die Leerareas die begrippe, vaardighede en waardes wat bereik
moet word, op ’n graad vir graad grondslag stipuleer, spesifiseer die Leerprogramme die
omvang van leer- en assesseringsaktiwiteite vir elke fase. Leerprogramme bevat ook
werkskedules wat die tempo en volgorde van hierdie aktiwiteite elke jaar voorsien, asook
voorbeelde van lesplanne wat in enige klasperiode geïmplementeer kan word.
Die Taalleerarea – Afrikaans
In die Algemene-Onderrig-en-Opleidingband word tale in die Taalleerarea gedek;
in die Verdere-Onderwys-en-Opleidingband (Graad 10–12) skakel die leerveld Tale
1
01316_Vaselinetjie.indd 1
2/20/07 5:33:17 PM
in by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) se organiseringsleerveld:
Kommunikasiestudies en Taal. Ter wille van kontinuïteit word dieselfde organiseringsbeginsels gebruik.
Verskillende benaderings tot Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede
Addisionele Taal
Net soos al die ander amptelike tale word die Leerarea vir Afrikaans in drie dele aangebied,
elk met sy eie inhoud: Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal.
Elke deel word op ’n ander wyse benader. Die aktiwiteite en assesserings in hierdie
Onderwysersgids is gebaseer op die Leeruitkomste (LU’s) vir VOO Afrikaans Huistaal.
Assesseringsrubrieke en bykomende assesseringsaktiwiteite vir Graad 10–12 word
verskaf in die bylaag tot hierdie boek.
)T
(c
Huistaal
Die Assesseringstandaarde (AS’e) vir Huistaal het die uitgangspunt dat leerders skool
toe kom met die vermoë om die taal te verstaan en te praat. Die AS’e ondersteun die
ontwikkeling van hierdie bekwaamheid, veral betreffende verskillende tipes geletterdheid
(lees, skryf, kyk en kritiese geletterdheid). Die AS’e stel ’n sterk kurrikulum daar wat die
taal van onderrig en leer ondersteun. Hierdie gids fokus op die LU’s en AS’e vir Huistaal.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Eerste Addisionele Taal
Die Assesseringstandaarde vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal in Graad 7, 8 en 9
gaan van die vertrekpunt uit dat leerders nie noodwendig enige kennis van Afrikaans dra
wanneer hulle in Graad 1 by die skool aankom nie. Die kurrikulum begin deur die leerders
se vermoë om die taal te verstaan en te praat, te ontwikkel. Dis op hierdie grondslag wat
geletterdheid gebou word. Leerders is in staat om die geletterdhede wat hulle in hul
Huistaal verwerf het, na hul Eerste Addisionele Taal oor te dra. Die kurrikulum voorsien
goeie ondersteuning aan daardie leerders wat hul Eerste Addisionele Taal as ’n taal
van onderrig en leer gaan gebruik. Teen die einde van Graad 9 behoort hierdie leerders
hul Huistaal en Eerste Addisionele Taal doeltreffend en met selfvertroue vir verskeie
doeleindes, insluitende leer, te kan gebruik.
Tweede Addisionele Taal
Die AS’e vir die Tweede Addisionele Taal is bedoel vir leerders wat Afrikaans as ’n derde
taal aanleer. Die AS’e verseker dat leerders Afrikaans vir algemene kommunikatiewe
doeleindes kan gebruik. Die AS’e neem ook aan dat daar minder tyd aan die aanleer van
Afrikaans as aan die Huistaal of Eerste Addisionele Taal afgestaan sal word.
Die LU’s vir Taal
Die LU’s vir Afrikaans Huistaal, Graad 10–12, fokus op die volgende:
• LU1 Luister en Praat
• LU2 Lees en Kyk
• LU3 Skryf en Aanbied
• LU4 Taal
2
01316_Vaselinetjie.indd 2
2/20/07 5:33:18 PM
Die eerste drie uitkomstes dek dus verskillende taalvaardighede – luister, praat, lees,
kyk en skryf, terwyl LU4 fokus op die kern van taalkennis – klanke, woorde en taalreëls
– in tekste. Hierdie kennis word geaktiveer deur die taalvaardighede wat in die ander
uitkomste beskryf word.
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Fokus
Wanneer jy Vaselinetjie saam met jou leerders bestudeer, moet jy in gedagte hou dat die
voorgeskrewe letterkundeteks net een van drie dele in die literatuurkomponent van die
Taalkurrikulum is (die ander twee is digkuns en drama). Die fokus in hierdie Onderwysersgids
is dus op daardie AS’e wat direk met verhale of novelles verband hou. Aktiwiteite is egter
só ontwerp dat aspekte van taal, lees en kyk, praat en aanbieding wat deur ander AS’e
gedek word, met die studie van die letterkundeteks geïntegreer word. Wanneer die leerders
byvoorbeeld die omslagontwerp van hierdie bepaalde storieboek bekyk en ontleed, doen
hulle ook werk wat vereis word vir die lees, besigtiging en begrip van advertensies.
Die leerders sal langer tekste as in laer grade skryf. Hulle moet ook tekste lees wat
visuele, grafiese en syfermateriaal insluit (byvoorbeeld foto’s en statistieke). Hulle
moet vaardig raak in ontwerp en uitleg en sal leer hoe om op verskillende maniere vir
verskillende doeleindes te lees; hul leesspoed verbeter; tekste vluglees en herlees; tekste
opsom; naslaanbronne soos woordeboeke, ensiklopedieë en die Internet gebruik en tekste
en inligting krities benader. Hierdie vaardighede word almal in dié gids aangespreek.
Die lys van aanbevole werke vir Graad 10–12 sluit in fiksie (soos die verhaal wat
nou bestudeer word) en multimediatekste soos films en videos, CD-ROM’s en Internet
(waar dit beskikbaar is). Onderwysers word derhalwe met tussenposes in hierdie
Onderwysersgids aangemoedig om multimediatekste te gebruik om leerders se begrip
van temas wat in die letterkundeteks voorkom, te verbeter.
s
Bystand aan leerders met spesifieke leesprobleme
Stel eers vas watter spesifieke probleme deur leerders met leesprobleme ervaar word
voordat jy met onderrig en leer begin (verwys na die gedeelte oor aanvangsassessering
in die Bylaag tot hierdie gids). Probleme wat algemeen voorkom, sluit in moeilike
woordeskat in verhale, die pas waarteen nuwe woorde aangeleer moet word, die min tyd
wat vir die aanleer van nuwe woorde beskikbaar is en nuwe begrippe in die teks.
Swak lesers sal individuele simbole en woorde probeer ontsyfer in plaas daarvan om
betekenis uit die teks as geheel te probeer vind. Hulle doen nie voorspellings nie, maak
nie gevolgtrekkings nie en sien nie ooreenkomste en verskille raak nie.
Sodanige lesers sal met groter begrip lees indien hulle oor iets lees wat reeds aan
hul bekend is, indien hulle in die inhoud belangstel en as hulle weet hoedat verskillende
elemente van die teks, soos lettertipes en opskrifte, die betekenis beïnvloed.
Hierdie Onderwysersgids bied hulp aan swak lesers deur jou, die onderwyser aan te
moedig om hardop voor te lees terwyl leerders in hul boeke volg, sodat swak lesers nie
by individuele woorde of klanke vashaak en sodoende vergeet wat hulle gelees het teen
die tyd wat hulle die einde van die sin bereik nie. Leerders kry spesifieke opdragte soos
om ’n teks te vluglees of te herlees. Hulle word gelei om in te sien dat veranderinge in
3
01316_Vaselinetjie.indd 3
2/20/07 5:33:18 PM
lettertipe of ander uitleg-elemente betekenisverandering kan aandui. Aktiwiteite wat in
hierdie gids ingesluit is, help die leerders om voorspellings te maak, tot gevolgtrekkings
te kom en vergelykings te tref.
Integrasie met waardes, inheemse kennisstelsels en etiese kwessies soos
menseregte en omgewingsbewaring
Waardes, vaardighede en kennis wat aangespreek word, word telkens aan die begin van
elke deel van hierdie Onderwysersgids gelys.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Waardes
Net soos ander tekste, weerspieël die letterkundeteks wat die leerders nou bestudeer sekere
waardes, wat positief (byvoorbeeld demokraties) of negatief (byvoorbeeld seksisties of
rassisties) kan wees. Hierdie waardes is nie altyd opvallend nie. Leerders moet bewus en
krities raak teenoor die waardes wat in letterkundige tekste vooropgehou word.
Wanneer leerders aktiwiteite doen wat vereis dat hulle die waardes in hierdie teks
ontleed en/of bevraagteken, leer hulle hoe die teks ’n bepaalde siening van mense en
gebeure handhaaf. Hulle sal ook die kritiese vaardighede ontwikkel om sodanige sienings
en gepaardgaande waardes te ondersoek en, waar nodig, teen te staan.
Om beredeneerde menings oor etiese kwessies en waardes te kan verwoord en om
krities met ’n verskeidenheid tekste te kan omgaan, is twee van die oogmerke van die
Kritieke en Ontwikkelingsuitkomste van die VOO-kurrikulum vir Graad 10–12 leerders.
Van die temas en subtemas wat in hierdie letterkundeteks voorkom, is ras, kultuur,
ideologie, klas, geloofstelsels, geslag, dwelmgebruik, asook kindermishandeling en
-molestering. Deur by hierdie teks betrokke te raak, sal die leerders hul eie waardestelsel
ontwikkel en die perspektiewe, waardes en magsverhoudings wat in die teks verskans is,
kan bevraagteken.
Inheemse kennisstelsels
In die sestigerjare het die teorie van veelvuldige tipes intelligensie opvoedkundiges
gedwing om te erken dat daar baie maniere is waarop inligting verwerk en sin in die wêreld
gevind word en dat, sou intelligensie opnuut omskryf word, ’n mens hierdie verskillende
benaderings in berekening moes bring. Tot op daardie tydstip het die Westerse wêreld
net waarde geheg aan logiese, wiskundige en spesifieke taalvaardighede en mense net as
“intelligent” beskou as hulle op hierdie terreine uitgeblink het. Deesdae erken ons egter
die wye verskeidenheid kennissisteme waardeur mense die wêreld waarin hulle woon,
verstaan en daaraan betekenis gee.
Inheemse kennisstelsels in die Suid-Afrikaanse konteks het betrekking op ’n korpus
kennis wat deel vorm van die filosofiese denkrigtings van Afrika en sosiale praktyke wat
oor duisende jare ontwikkel het. Die NKV gee erkenning aan die ryke geskiedenis en
erfenis van hierdie land as belangrike bydraers tot die aankweek van die waardes wat in
die Grondwet genoem word. Jy word dus aangemoedig, om waar toepaslik te verwys na
inheemse kennis wat uit die letterkundeteks en aanverwante werk voorspruit. Jy kan die
leerders ook aanmoedig om verder te delf en ondersoek hierna in te stel.
4
01316_Vaselinetjie.indd 4
2/20/07 5:33:19 PM
Menseregte en omgewingsbewaring
Tale is ’n belangrike instrument waarmee menseregte en omgewingsbewaring bewerkstellig kan word. Deur die AS’e poog die Leerareastelling vir Tale om hierdie instrument
ten volle te ontwikkel. Leerders moet selfversekerde tweetalige (of meertalige) sprekers
word wat oor die kritieke middele beskik om hul wêreld en al die stories wat daaroor
geskryf is, te kan lees.
In die letterkundeteks wat die leerders nou bestudeer, gaan hulle temas en subtemas
teëkom wat met die regte en verpligtinge van mense verband hou, veral die regte van kinders
en die regte van verskillende kultuurgroepe. Aktiwiteite in hierdie Onderwysersgids sal
die leerders in staat stel om die teks te ontleed, om sodanige kwessies raak te sien en te
identifiseer en dan krities daarop te reageer.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Assessering
UGO is ’n manier van onderrig en leer wat dit baie duidelik maak wat leerders moet bereik.
In UGO is daar ’n noue band tussen die leer en die assessering. Die beginsel waarvolgens
dit werk, is dat die onderwyser die leerders vooraf inlig oor wat van hulle verwag word.
Die onderwyser se taak is om te onderrig ten einde die leerders te help om aan die
vereistes van die AS’e in die kurrikulum te voldoen; die leerders se taak is om dit wat
die AS’e van hulle verwag, te leer of te doen. Assessering is noodsaaklik vir UGO omdat
dit moontlik moet wees om vas te stel wanneer ’n leerder alles wat in elke graad verwag
word, bereik het.
AS’e vir Graad 10–12 Huistaal, soos vervat in die NKV, is in ag geneem en opgeneem in alle aktiwiteite in hierdie Onderwysersgids. Assesseringsaktiwiteite is spesiaal
ontwerp om luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbieding en taal te integreer. Hierdie
onderskeie bekwaamhede word deur middel van ikone aangedui by elke aktiwiteit.
Aan die einde van hierdie gids is daar vir jou gerief ’n Assesseringsbylaag gevoeg,
met riglyne vir hoe om die aktiwiteite in die gids te assesseer vir elke onderskeie graad
waarop die boek gemik is. Hierdie bylaag moet in samehang met elke afdeling in die
boek gebruik word. Moet dus nie eers daarna kyk wanneer jy Dele 1–4 afgehandel het
nie. Verwys asseblief deurgaans na die assesseringswenke en rubrieke in die bylaag vir
toepaslike assessering van jou leerders se prestasie en vordering.
Algemene inleiding: jeugliteratuur
Onder jeugliteratuur word tekste gereken wat eksplisiet vir jongmense geskryf is, of
deur volwassenes as uiters “geskik” vir jong lesers beskou word. Die beeld wat volwasse
skrywers van jeugdiges het, bepaal in ’n groot mate die inhoud en vorm van hierdie
tekste. In die algemeen verwys jeugliteratuur na kinder- sowel as adolessenteliteratuur.
In ’n enger sin verwys jeugliteratuur na tekste vir die ouderdomsgroep 12 tot 16 jaar.
Kinderliteratuur het ’n spesifieke betekenis en verwys na boeke en tekste vir peuters tot
kinders van ongeveer 11 tot 12 jaar.
Sedert die jare sestig van die vorige eeu het die belangstelling in, en waardering vir,
jeugliteratuur merkbaar toegeneem. Deesdae omvat hierdie term ’n versameling van sterk
5
01316_Vaselinetjie.indd 5
2/20/07 5:33:19 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
uiteenlopende tekste. Danksy vertalings het jeugliteratuur ’n internasionale verskynsel
geword, en is daar ’n toenemende aantal pryse, asook literêre kritiek.
Kenmerkend van die hedendaagse jeugliteratuur is voorts die betrokkenheid en
emansiperende karakter daarvan.
In die sogenaamde ontwikkelingsroman word die geleidelike en innerlike groei van
’n karakter verhaal. Dit vind gewoonlik deur sielkundige ontleding plaas tot ’n ewewig,
of ’n soort ideale lewenshouding bereik word. Waar die aandag van die leser hoofsaaklik
gevestig word op die vorming van die hoofkarakter deur sy/haar omgewing (die breë
kulturele konteks sowel as persoonlike ervaringe met familie en vriende) word die
term Bildungsroman gebruik. Ontwikkelingsromans verteenwoordig dikwels die ideale
lewensbeeld van die skrywer. Hulle word dikwels ook in die ek-vorm geskryf.
In ’n psigologiese roman word die emosionele lewe en die psigologie van karakters
in die eerste plek uitgebeeld. Handelinge en gebeurtenisse is hier ondergeskik aan die
motivering daarvan; wat gebeur is minder belangrik as die waarom.
In avontuurromans, weer, is aksie en spanning belangriker as idees of die ontwikkeling
van karakters. Avontuurromans speel gewoonlik in ’n vreemde milieu af. As gevolg
van die nuuskierige aard van jeugdiges speel avontuurromans ’n belangrike rol in die
leesontwikkeling van kinders.
Nicholas Tucker en Julia Eccleshare deel hul keuse van 200 goeie en gewilde
tienerboeke in elf kategorieë in hul boek The rough guide to books for teenagers. Die
eerste twee van dié kategorieë tipeer hulle soos volg: “Liefde, seks en verandering” en
“Moeilike tye”. Van die beste literatuur wat nou vir tieners in Afrikaans verskyn, val in
een of albei hierdie kategorieë.
Volgens Tucker en Eccleshare was Judy Blume se Forever die eerste jeugroman wat
seksuele aktiwiteit enigsins in besonderhede beskryf. Hierdie boek is in dele van Amerika
verbied. Tucker en Eccleshare beweer Blume het in Forever gereageer op die duisende
briewe wat sy van tieners ontvang het waarin hulle kla hul ouers vertel hulle niks van
seksuele sake nie. Forever gaan dan ook oor die verwarde gevoelens wat kenmerkend van
die tienerjare is, en hoe seks verhoudings kan vereenvoudig sowel as kompliseer.
Tucker en Eccleshare verwys ook na The last virgin van David Belbin waarin tieners
hul rypwordende seksualiteit ondersoek en probeer verstaan. Hulle is angstig om nie
onskuldig voor te kom nie, maar nie ervare genoeg om werklik wêreldwys te wees nie.
Party probeer hierdie moeilike tyd hanteer deur groot te praat, terwyl ander ’n eerliker
benadering het. Volgens Tucker en Eccleshare is die openhartige manier waarop seks in
besonderhede in ’n simpatieke konteks bespreek word, sekerlik welkom in ’n tyd wat
Brittanje die grootste aantal onbeplande tienerswangerskappe in Wes-Europa het.
Hulle verwys onder meer ook na die skryfster Lynn Reid Banks se vermoë om die
onvermydelike spanninge tussen tieners, hul ouers, en soms tussen hulle en hul beste
vriende uit te beeld.
In hul voorwoord tot The rough guide to books for teenagers maak Tucker en
Eccleshare die volgende stelling: Baie skrywers slaag daarin om meer onmiddellike sin
te maak van enigiets as wat tieners uit tipiese gesprekke of vermaak kan leer.
In die Afrikaanse letterkunde vind daar in die vroeë tagtigerjare ’n ontploffing plaas
met die publikasie van ’n Pot vol winter van Maretha Maartens. In hierdie werk word
6
01316_Vaselinetjie.indd 6
2/20/07 5:33:20 PM
die seksuele ontwaking tussen tieners onder andere ondersoek. Sedertdien verskyn ’n
wye reeks publikasies wat temas oor die hele spektrum van tienerwees dek. Daar’s vis
in die punch, deur Jackie Nagtegaal, verken onder andere die ontwikkeling van tieners se
onafhanklike denke, terwyl Luc en Libertine van Marzanne Leroux liefde oor die kleuren landsgrense ondersoek.
Francois Bloemhof is in hierdie genre sekerlik die mees bekroonde skrywer. In sy oeuvre
spreek hy ’n wye verskeidenheid temas aan – nie almal noodwendig tienervraagstukke
nie. Hy skryf ook verhale wat die grense van die Afrikaanse jeugliteratuur oorsteek en
verbreed. Sy werke is op internasionale standaard en as skrywer skep hy ook standaarde
wat jeugliteratuurskrywers van ander tale moeilik sal ewenaar.
Een feit staan soos ’n paal bo water: die Afrikaanse jeugliteratuur is ’n sterk en
polsende deel van die Afrikaanse letterkunde in sy geheel en geen tiener (of ouer!) kan
vandag kla dat daar vir hulle niks is wat hulle met belangstelling kan lees nie.
Werkswyse en benadering van hierdie Onderwysersgids
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Werkswyse
Die gids stel hom ten doel om die volgende te doen.
• Die ervaring van die boek ’n visuele faset te gee.
• Materiaal te bied om die boek te verken op letterlike, figuurlike, tematiese,
emosionele, sielkundige en literêre vlakke.
• Tesame met die letterkundeteks, ook transaksionele, naslaan-, visuele, oudiovisuele
en multimediatekste, tesame met ander kreatiewe tekste as deel van die
onderrigproses aan te wend.
• Die sosiopolitieke en kulturele agtergrond van Vaselinetjie vir die leerders duidelik
te maak.
• Agtergrond te bied oor die skrywer van Vaselinetjie.
• Assesseringsmoontlikhede vir Graad 10–12 vir jou as onderwyser uiteen te sit en op
die boek Vaselinejtie van toepassing te maak.
Die gids bied ’n reeks aktiwiteite wat op die Departement van Onderwys se Leeruitkomstes
(LU’s) en Assesseringstandaarde (AS’e) vir Huistaal, Graad 10–12 gebaseer is. Die fokus
van hierdie gids is LU2 (Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir
begrip, om krities te evalueer en om op ’n wye verskeidenheid tekste response te lewer),
met spesifieke klem op die AS’e wat hieronder gelys word.
2.1 Toon verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en waardering.
2.2 Verduidelik die betekenis van ’n wye verskeidenheid geskrewe, visuele, oudio- en
oudiovisuele tekste.
2.3 Verduidelik hoe taal en beelde waardes en houdings kan weerspieël en vorm in
tekste.
2.4 Verken die hoofkenmerke van tekste en verduidelik hoe betekenis deur die leser se
interaksie met tekste geskep word.
7
01316_Vaselinetjie.indd 7
2/20/07 5:33:20 PM
Neem asseblief kennis dat sekere gedeeltes in hierdie gids sal fokus op spesifieke
letterkunde AS’e. Dit beteken egter nie dat dié AS slegs op een plek aangespreek word
nie. Al die toepaslike AS’e vir Graad 10–12 word deurlopend in hierdie teks geïntegreer,
alhoewel daar in sommige afdelings meer klem op spesifieke AS’e sal wees.
Die res van die LU’s vir Graad 10–12, word ook deurgaans met die spesifiek letterkundige
LU en AS’e (soos hierbo gelys), geïntegreer. Hierdie LU’s word hieronder gelys.
• LU1 Luister en Praat: Die leerder is in staat om te luister en te praat vir verskillende
doeleindes en teikengroepe in ’n verskeidenheid kontekste.
• LU3 Skryf en Aanbied: Die leerder is in staat om vir ’n wye verskeidenheid
doeleindes en teikengroepe te skryf en aan te bied deur konvensies en formate gepas
vir verskillende kontekste te gebruik.
• LU4 Taal: Die leerder is in staat om taalstrukture en -konvensies gepas en
doeltreffend te gebruik.
Hierdie integrasiemoontlikhede word visueel in die teks aangedui by elke aktiwiteit ten
einde vir jou ’n aanduiding te gee of die aktiwiteit luister, praat, lees, kyk, skryf of
aanbieding (of enige kombinasie hiervan) sal behels. Hier is ’n lysie van dié ikone:
Praat (LU1)
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Luister (LU1)
Lees (LU2)
s
Kyk (LU2)
Skryf (LU3)
Aanbied (LU3)
Die gids bestaan uit sewe afdelings (Vooraf, Deel 1: Agtergrond, Deel 2: Voor die lees,
Deel 3: Tydens die Lees, Deel 4: Na die lees, ’n Woordelys en ’n Assesseringsbylaag).
’n Lysie van die Kennis, Vaardighede, Houdings en Waardes wat deur die uitvoer van
die aktiwiteite in elke afdeling verkry behoort te word, verskyn aan die begin van Dele
1–4 van die gids.
8
01316_Vaselinetjie.indd 8
2/20/07 5:33:21 PM
Vooraf
In hierdie afdeling word die konsep van UGO uiteengesit en die algemene kurrikulêre
aansluitingspunte verduidelik. Die Vooraf-gedeelte verduidelik hoe hierdie boek
aangewend kan word vir Graad 10, 11 en 12 op Huistaalvlak. Die voorafgedeelte verskaf
ook ’n breë oorsig oor jeugliteratuur en beskryf die benadering en werkswyse wat in
hierdie gids gevolg word.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Deel 1: Agtergrond
In hierdie afdeling word biografiese gegewens van die skrywer verskaf, tesame met
aktiwiteite wat hiermee verband hou, sowel as voorgestelde antwoorde. Die historiese/
politieke/sosiale konteks waarbinne die verhaal afspeel, word ook hier inleidend ontgin.
In hierdie afdeling is die fokus dus op AS2.1.1 (vra vrae ten einde voorspellings te kan
maak) en AS2.2.10 (gee en motiveer persoonlike response op tekste).
Hierdie afdeling sluit die werkwyse en plakkate in wat vooraf vergroot en in die klas
aangebring kan word, sowel as verduideliking van Maslow se hiërargie van behoeftes.
Maslow se model sal in hierdie gids deurgaans gebruik word as tematiese skakel met die
historiese/politieke/sosiale konteks waarbinne Vaselinetjie afspeel. Dié tema spreek dus
deurgaans AS2.2.6 (verduidelik die sosiopolitieke en kulturele agtergrond van tekste) en
AS2.3.2 (verduidelik die aard van partydigheid, vooroordeel en diskriminasie) in hierdie
gids aan. Die leerders sal ’n begripstoets oor Maslow se hiërargie van behoeftes voltooi.
Dié begripstoets behoort vooraf gedoen te word om die leerlinge vertroud met die model
te maak.
s
er
ew
Deel 2: Voor die lees
In Deel 2 word die titel, omslag en flapteks van die boek bespreek. Die leerders se
nuuskierigheid word dus geprikkel. Hierdie gedeelte fokus op AS2.1.1 (vra vrae ten einde
voorspellings te kan maak) en AS2.1.6 (lei die betekenis af van onbekende woorde of
beelde in geselekteerde kontekste deur kennis van grammatika, woordaanpakvaardighede
en kontekstuele leidrade).
Die afdeling bied ’n algemene inleiding tot letterkundige teorie en terminologie. Jy
kan hierdie gedeelte vir die leerders fotostateer, sodat hulle tydens en na die lees van
die boek – wanneer hulle die teorie prakties op Vaselinetjie moet toepas – hierna kan
terugverwys. Alternatiewelik kan jy die klas in groepe verdeel en vir elke groep die
opdrag gee om sekere aspekte van dié gedeelte in ’n plakkaatvorm aan te bied, sodat daar
uiteindelik ’n reeks plakkate met literêre teorie teen die klaskamermure is vir deurlopende
verwysingsdoeleindes. Die AS’e wat in dié generiese letterkundegedeelte gedek word,
word hieronder gelys.
2.2.5 Verduidelik/ontleed die skrywer/verteller/karakter se standpunt/perspektief en
gee bewyse uit die teks.
2.2.7 Ontleed die impak van ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre
stylmiddels op die betekenis van ’n teks soos metafoor, simbool, woordspelimg,
onderbeklemtoning, geestigheid, hiperbool, vergelyking, kontras, sarkasme,
karikatuur/spot, ironie, paradoks, antitese en antiklimaks.
9
01316_Vaselinetjie.indd 9
2/20/07 5:33:23 PM
2.4.2.1 Beskryf/ontleed die ontwikkeling van intrige, subintrige, konflik en karakter en
die rol van die verteller waar toepaslik.
2.4.2.2 Identifiseer en verduidelik/interpreteer en evalueer die boodskappe en temas en
toon die verband met die teks.
2.4.2.3 Verduidelik/evalueer hoe agtergrond en milieu (ruimte) verband hou met die
karakter en/of tema.
2.4.2.4 Identifiseer en beskryf/verduidelik/interpreteer stemming, tydsverloop afloop
en wendings.
Al die bostaande AS’e word ook aangespreek in die aktiwiteite in Dele 3 en 4 van hierdie
gids.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Deel 3: Tydens die lees
In hierdie afdeling is daar notas wat as ’n werkboek vir die leerlinge dien. Die vrae is
hoofsaaklik gemik op vaslegging van inhoud oor die storielyn en karakterontwikkeling.
Van die vrae toets egter ook insig en kennis van literêre teorie. Sekere vrae spreek
houdings en waardes aan. Die vrae vereis van die leerders om weer met die teks om
te gaan en ontwikkel ook soekleesvaardighede. Die opdragte behoort in die volgorde
waarin dit verskyn, gedoen te word. Dit is nuttig om aktiwiteite af te wissel sodat daar
nie net ’n hele periode gelees word nie, maar ook geskryf en bespreek word. Die AS’e
waarop klem gelê word in hierdie afdeling (afgesien van die deurlopende integrasie met
al die ander letterkunde AS’e) word hieronder gelys.
2.1.6 Lei die betekenis af van onbekende woorde of beelde in bepaalde kontekste deur
kennis van grammatika, woordaanpakvaardighede, kontekstuele leidrade.
2.1.7 Herlees/kyk weer na en hersien tekste om begrip te bevorder.
2.2.1 Vind toepaslike inligting en besonderhede in tekste.
2.2.10 Gee en motiveer persoonlike response op tekste.
2.3.1 Identifiseer en verduidelik/evalueer die sosiokulturele en politieke waardes,
houdings en oortuigings soos sienings oor geslag, klas, ouderdom,
magsverhoudings, menseregte en inklusiwiteit.
Deel 4: Na die lees
Al die aktiwiteite in hierdie afdeling behoort eers gedoen te word nadat die boek klaar
gelees is en die opdragte in Deel 3 afgehandel is. Die meeste van die opdragte in hierdie
afdeling kan net so by die leerlinge se portefeuljes ingesluit word. Die leerders gee hier
hul eie response op die teks en evalueer dit krities. Hulle kyk ook na ’n aantal resensies
oor Vaselinetjie. Hierdie resensies word dan in die klas bespreek en die leerders voer ook
individuele opdragte wat hierop betrekking het, uit. Die afdeling sluit luisterbegripstoetse
in, sowel as ’n aantal skryfprojekte. Hier moet die leerders die teorie wat in Deel 2 aan hulle
verduidelik is en in Deel 3 kortliks op Vaselinetjie toegepas is, uitvoerig en in besonderhede
op die letterkundeteks van toepassing maak. Die leerders konsolideer ook in hierdie afdeling
verkreë houdings en waardes wat met die sosiopolitieke agtergrond van die boek – en die
insigte wat hulle hieruit verkry het – verband hou. Afgesien van al die literêr-teoretiese
AS’e, fokus die afdeling ook op die AS’e wat op bladsy 11 gelys word.
10
01316_Vaselinetjie.indd 10
2/20/07 5:33:23 PM
2.2.3 Onderskei tussen feite en menings en gee/verduidelik/motiveer eie respons.
2.2.4 Herken/verduidelik die verskil tussen direkte en geïmpliseerde betekenis.
2.2.8 Verduidelik/evalueer die skrywer se afleidings en gevolgtrekkings en vergelyk
met leerder se eie.
2.2.10 Gee en motiveer persoonlike response op tekste.
Woordelys
In hierdie afdeling word ’n alfabetiese woordelys verskaf. Die woorde wat hierin vervat
is, kom alles uit die letterkundeteks Vaselinetjie. Die leerders kan ’n fotostaat van
hierdie woordelys kry en deur die loop van die leesproses deurgaans na die lys verwys
indien hulle onseker is oor ’n woord se betekenis. Jy kan ’n deurlopende projek hiervan
maak, waar ’n afskrif van die woordelys in die klas beskikbaar is en waar leerders wat
“moeilike” woorde identifiseer wat nie op die lys verskyn nie, die woordbetekenis naslaan
en dié woord en omskrywing ook by die lys voeg. Hierdie taak bied ideale geleenthede
vir integrasie met VOO Huistaal LU4 (Taal: Die leerder is in staat om taalstrukture en
-konvensies gepas en doeltreffend te gebruik.)
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Bylaag
’n Assesseringsbylaag word vir jou gerief aan die einde van hierdie gids ingesluit. Hierdie
bylaag bied bykomende assesseringsaktiwiteite en rubrieke vir onderskeidelik Graad
10-, 11- en 12-klasse, sowel as algemene riglyne en wenke vir die assessering van al die
werk in hierdie gids.
s
er
ew
Benadering
Vaselinetjie is ’n interessante en boeiende storie, maar die vertelling is met tye baie
eksplisiet en daar kom heelwat vloektaal voor. Aktiwiteit 1.1 bestaan uit ’n klasbespreking,
waar jy saam met die leerders grondreëls sal neerlê vir hoe om hierdie aspek van die boek
te hanteer op ’n wyse wat almal se sienings oor dié kwessie in ag neem.
Dit behoort baie leersaam te wees om die boek met Maslow se hiërargie van behoeftesmodel in die agterkop te lees. Leerders kan dan sien wat karakters se optrede motiveer en
ook hulle eie gedrag ondersoek.
Die boek is effens te lank om met gemak in sy geheel in die klas te lees, maar met
deeglike beplanning is dit tog moontlik en verkieslik. Indien mens teen ’n gemiddelde
spoed van twee minute per bladsy lees, sal dit ongeveer agt uur neem om die minder as
246 bladsye klaar te lees.
Jy kan die werk en hoe dit gedoen word, indeel volgens jou eie oordeel en die
hoeveelheid tyd wat beskikbaar is. Die leerders kan die vrae in die klas beantwoord of vir
huiswerk doen. Probeer egter om soveel moontlik van die aktiweite saam met die klas te
doen. Dit sal geleenthede vir klasbespreking verseker, asook dat die antwoorde volledig
en korrek is en jy as opvoeder die hele tyd weet of die leerders die werk verstaan.
Jy kan ook self besluit watter van die aktiwiteite na jou mening geskik sal wees vir
insluiting by die leerders se portefeuljes.
11
01316_Vaselinetjie.indd 11
2/20/07 5:33:24 PM
Vir jou gerief sluit ons ook antwoorde by elke vraag wat ’n direkte antwoord vereis,
in. Hierdie antwoorde is in vierkantige hakies [ ] na elke vraag gedruk. Elke aktiwiteit
bied wenke vir aanbieding en gee vir jou ’n aanduiding of die aktiwiteit deur groepe,
individue, pare of as klasgroep gedoen moet word. Die ikoon langs elke aktiwiteit dui
aan of die aktiwiteit skriftelik of mondelings gedoen moet word.
Dit sou logies wees om aktiwiteite soos begripstoetse en ander take in hierdie gids wat
dalk op van die ander afdelings van taalonderrig van toepassing gemaak kan word, eerder
in daardie tipe periodes aan te bied. Jy hoef dus nie al die werk in hierdie gids tydens
letterkundeperiodes te doen nie. Die uiteindelike besluit hieroor berus egter natuurlik by
jou as opvoeder.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
12
01316_Vaselinetjie.indd 12
2/20/07 5:33:24 PM
Deel 1: Agtergrond
Kennis
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• weet dat die stel van vrae ’n leser in staat stel om voorspellings te maak
(Aktiwiteite 1.2 en 1.3)
• demonstreer hoe om toepaslike inligting en besonderhede in tekste te vind
(Aktiwiteite 1.3 en 1.4)
• bewus wees dat alle verhale binne ’n bepaalde sosiopolitieke en kulturele
agtergrond afspeel (Aktiwiteit 1.5)
• bewus wees van verskillende sosiokulturele en politieke waardes, houdings en
oortuigings (Aktiwiteit 1.5)
• weet dat Maslow se hiërargie van behoeftes as model gebruik kan word om
sosiopolitieke kwessies te ontleed (Aktiwiteite 1.4 en 1.5).
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Vaardighede
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• hul vermoë demonstreer om binne verskillende kontekste te luister en te praat
(Aktiwiteite 1.1 en 1.2)
• vrae kan stel ten einde voorspellings te kan maak (Aktiwiteite 1.2 en 1.3)
• persoonlike response op ’n teks gee en motiveer (Aktiwiteite 1.1 en 1.2)
• in staat wees om toepaslike inligting en besonderhede in tekste te vind (Aktiwiteite
1.3 en 1.4)
• weet hoe om Maslow se hiërargie van behoeftes aan te wend as model waarvolgens
vlakke van menslike groei gemeet kan word (Aktiwiteite 1.4 en 1.5)
• Maslow se model kan gebruik om te bepaal waarom sekere probleme (byvoorbeeld
misdaad) in ’n samelewing kan ontstaan (Aktiwiteite 1.4 en 1.5).
Houdings en waardes
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• besef dat alle tekste implisiete en eksplisiete boodskappe oor sosiopolitiese
kwessies kommunikeer (Aktiwiteit 1.5)
• begrip toon daarvoor dat mense soms in situasies beland of op maniere optree as
gevolg van ’n tekort aan basiese behoeftes (Aktiwiteite 1.4 en 1.5).
Inleiding tot hierdie afdeling
In hierdie afdeling is daar materiaal wat jy as inleiding tot die lees en ontleding van
Vaselinetjie kan gebruik.
• Aktiwiteit 1.1 is ’n klasbespreking om jou as onderwyser, sowel as die leerders,
voor te berei op die ongemaklikheid wat julle moontlik kan ervaar betreffende die
vloektaal wat in die boek voorkom.
13
01316_Vaselinetjie.indd 13
2/20/07 5:33:24 PM
•
•
•
•
•
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 1.2 is ’n klasbespreking oor watter verwagtinge die leerders oor die boek
koester. Hierdie aktiwiteit sal weer in Deel 4 van die gids opgevolg word met ’n
aktiwiteit wat sal vasstel of die boek aan dié verwagtinge voldoen het.
Daar is inligting en ’n plakkaat oor die skrywer van Vaselinetjie. Jy kan hierdie
inligting aan die klas voorlees. Jy kan ook hierdie inligting en plakkaat vir die
leerders afrol indien ’n fotostaatmasjien beskikbaar is.
Aktiwiteit 1.3 kan in groepe gedoen word en stel Anoeschka von Meck verder aan
die leerders bekend. Die leerders moet vir hierdie aktiwiteit navorsing oor Von
Meck doen.
Jy kan Maslow se hiërargie van behoeftes as ’n model gebruik tydens die ontleding
van die verhaal. Op bladsy 20 is daar ’n plakkaat oor hierdie model. Jy kan die
plakkaat vergroot en in die klas opplak vir deurlopende verwysing. Aktiwiteit 1.4
is ’n begripstoets oor Maslow se hiërargie van behoeftes. Hierdie aktiwiteit kan in
enige stadium voor die lees van die boek gedoen word en behoort die leerders in
staat te stel om ’n basiese begrip van die hiëragie te ontwikkel.
Aktiwiteit 1.5 ontwikkel die leerders se vaardigheid verder om die hiërargie toe te
pas. Hierdie vaardigheid sal handig te pas kom om krities na die handelinge van
karakters in Vaselinetjie te kyk en maak leerders ook bewus van die sosiopolitiese
omgewing waarbinne die verhaal afspeel.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
Aktiwiteit 1.1 Hoe gaan ons die boek benader?
Hou ’n klasbespreking oor Vrae 1–4.
1. Is dit aanvaarbaar om vloektaal in ’n boek te gebruik? Waarom dink julle so?
2. Is dit aanvaarbaar om vloektaal op sommer enige plek te gebruik?
3. Beteken dit, omdat daar vloektaal in die klas gelees word, julle dit in gesprekke in
die klas mag gebruik?
4. Waarmee gaan almal, die onderwyser ingesluit, gemaklik voel tydens die lees van
die boek?
[Julle kan byvoorbeeld besluit om vloekwoorde gewoonweg te lees, om die woorde
nie hardop te lees nie of om dalk net die beginklank van die woord hardop te lees.
Dit is baie belangrik vir jou as onderwyser om gemaklik te voel met wat gedoen
word, aangesien jy die toon aangee. Nog ’n oplossing kan wees om sensors aan te
stel wat vloekwoorde moet “uitbiep” soos dit gelees word. In die laaste instansie
gaan die klas se volwassenheid en die verhouding wat hulle met jou het, bepaal hoe
jy die kwessie hanteer.]
Aktiwiteit 1.2 Verwagtings
Hou ’n klasbespreking oor Vrae 1–4.
1. Het julle al van die boek gehoor?
[Laat ’n kort bespreking oor hierdie vraag toe.]
2. Wie, dink julle, is die hoofkarakter in die boek?
[Laat ’n kort bespreking oor hierdie vraag toe.]
14
01316_Vaselinetjie.indd 14
2/20/07 5:33:25 PM
3. Watter assosiasies maak julle met ’n naam soos Vaselinetjie?
[Skryf leerders se assosiasies met die naam Vaselinetjie op ’n groot vel papier of
op ’n transparant neer, indien dit beskikbaar is. Verkieslik moet jy die assosiasies
nie slegs op die bord skryf nie, omdat leerders tydens die lees van die boek weer na
hierdie assosiasies moet kyk. Die klas kan hierdie assosiasielys tydens die lees van
die boek aanvul, terwyl die leerders die karakter beter leer ken.]
4. Wat van die inligting wat julle dalk reeds oor die skrywer en die boek weet, laat
julle daarna uitsien om die boek te lees?
Die skrywer
be
el
af
)T
(c
Biografiese besonderhede
Anoeschka het grootgeword op McGregor tot voor haar Graad 1-jaar. Sy woon as jong
skoolkind in Amerika by haar pa en matrikuleer daar, waarna sy mariene biologie in San
Francisco gaan studeer. Sy keer op 23 terug na Suid-Afrika en trou in die Paarl nadat
iemand haar uitgedaag het om te trou. (Dié huwelik eindig in die skeihof ongeveer sewe jaar
later.) Sy behaal later ’n M.A.-graad in argeologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Nadat sy pas dertig geword het, word sy ’n koshuismoeder en kinderversorger in ’n
kinderhuis in Worcester/Robertson. Later jare werk sy as verslaggewer by die Swartland
& Weskus Herald. In 2006 het sy as verslaggewer by die Kaapse kantoor van Rapport
gewerk.
s
er
ew
itg
-U
rg
Ander publikasies deur Anoeschka von Meck
• ’n Kortverhaal, “Bokse met druiwe en drome”, in Lyfspel, ’n bundel erotiese
kortverhale saamgestel deur Rachelle Greeff in 1994.
• ’n Roman, Annerkant die longdrop, in 1998.
• Kort-kortverhaal, “Aanstap rooies”, in die bundel Vonkfiksie.
’n Paar feite oor Annerkant die longdrop
• Dit is Anoeschka von Meck se debuutroman en verskyn in 1998.
• Anoeschka skryf die roman binne drie weke. Dit is semi-outobiografies en handel
onder andere oor dwelmverslawing en die mistieke soeke na sin.
• Dit was een van die vyf finaliste in Sanlam/De Kat-romanwedstryd.
• Daar is drie alter ego's in die roman: Sy-wat-dink, Sy-wat-doen en Sy-wat-droom.
• André P. Brink sê: “As ’n verwikkelde en verruklike greep uit vandag se lewe,
vandag se jonk-wees, se vrou-wees, se mens-wees, gaan Annerkant die longdrop nie
máklik sy gelyke kry nie.”
Wat ander mense oor die skrywer sê
“’n Enigma wat nooit wortelskiet nie, maklik haar goed kan pak en aanbeweeg na ’n
volgende plek, land, avontuur. Wat soggens en saans die honde langs die pad na haar huis
15
01316_Vaselinetjie.indd 15
2/20/07 5:33:26 PM
toe polonie gevoer het, gestap het waar sy wou wees en nooit bang was vir die donker
nie. Die enigste mens wat ek ken wat onvoorwaardelik lief is vir die mensdom. Met al sy
geite.” Minette Brink, voormalige kollega (aangehaal op Litnet, 25 Mei 2004).
“’n Uitbundige blonde, ’n weird kettle of fish, ’n girl wat daarvan hou om dinge op haar
eie manier te doen. Gut wat skrik vir niks.” Jaco Botha en Tom Dreyer (aangehaal op
Litnet, 25 Mei 2004).
“ ... [Onder] die sogenaamde Nullers (skrywers wat in die nuwe millennium moet oorvat
by die sogenaamde Sestigers en Tagtigers) is Anoeschka von Meck een van die sterkste
en mees flambojante stemme.” ... “Met Anoeschka is sommige dinge sommer net so,
ongekompliseerd en onopgesmuk.” ... “ ... Vaselinetjie, ’n boek waarmee sy uit die
skool klein vissies breek en die grense van die jeugverhaal in Afrikaans verskuif, maar
waarvoor sy nog nie naastenby genoeg erkenning gekry het nie.” Sonja Loots, joernalis
(Rapport, 7 Julie 2004).
el
af
)T
(c
Anoeschka aan die woord
In Die Burger, 17 Junie 2005:
“Maar ek weet hoekom ek die pryse gewen het. Dis omdat my ma op die plaas doer
op die vlakte vir my sit en bid.”
itg
-U
rg
be
“ ... die Here het gekies om Vaselinetjie vorentoe te stoot.”
“Die boek was nodig sodat ek ’n tydperk in my lewe kon afsluit.”
er
ew
s
“Dit was ’n katarsis vir my, en ek kon dit beheer deur dit ’n gelukkige einde te gee.
Dit was vir myself nodig om my gedagtes en herinneringe in ’n veilige kapsule te
sit. Dis ongelukkig so dat dit nie werklik altyd goed gaan met kinders nadat hulle
die kinderhuis verlaat nie.”
“Skryfwerk gaan nie in die eerste plek vir my daarom dat dit gepubliseer moet word
nie. Ek probeer nog verstaan hoekom ek soveel onverdiende guns beleef terwyl ek
eintlik nog besig is om my lewe in orde te kry.”
In Beeld, 13 Julie 2005:
“Longdrop was in my maalkolkende kop, Vaselinetjie is ’n storie wat ek as
buitestander oordra.”
“Daar gebeur ’n vreemde, amper outomatiese uitstorting van woorde. Dit kom in
sulke blokke inligting en die oomblik voor ek iets tik, is dit nie eens in my kop nie.
Dit gebeur weinig dat ek iets hoef ‘uit te dink’, selfs die name van mense pop net
uit en ek is verbaas oor waar al die goed vandaan kom.”
16
01316_Vaselinetjie.indd 16
2/20/07 5:33:27 PM
In Rapport, 19 Junie 2005:
“Ek hoef gewoonlik nie oor boeke te wroeg nie, hulle tref my soos ’n meteoriet uit
’n ander dimensie, asof die Here manuskripte gooi.”
In Rapport, 7 November 2004:
“Ek kon skoolgaan nie handle nie. Ek was hierdie broos, bang kind wat so nié kon
interact met ander teenagers nie. Ek het in die toilet gesit en wegkruip ... “
Aangehaal op die Internet:
“Al waarin ek werklik belangstel is om kontak met die Allerheiligste te maak
en die gedagte dat dit eenvoudig net moontlik móét wees, hou my in die lewe.”
(informante.web.na, 20 Julie 2004)
“Boonop is Vaselinetjie met omtrent ’n derde gesny en heelwat ‘ligter’ gemaak. Ek
het byvoorbeeld glad nie onderwerpe soos verkragting, sodomie, mishandeling, en
wanbestuur binne kinderhuise aangeraak nie.” (Litnet, 25 Mei 2004)
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Nota aan die onderwyser: Jy kan die volgende bladsy fotostateer en vergroot sodat
dit as ’n plakkaat op die klaskamermuur kan geplak word.
17
01316_Vaselinetjie.indd 17
2/20/07 5:33:27 PM
ANOESCHKA VON MECK
Oor Vaselinetjie
“Vaselinetjie is soos Koos Prinsloo
sou sê faksie ... ’n vertelling waar
fiksie en feite saam in die kas kuier
en niemand seker is wie se sleutels
is nou juis in die slot nie. Ek het
ware insidente met goed wat kinders
en personeellede my vertel het in ’n
fiktiewe verhaal vermeng. Sommige
van die karakters is beslis eg,
hoewel die meeste van hulle nou
reeds die skool verlaat het en sodanig
in die boek verbloem is dat net ek
hulle kan uitken.”
Enkele biografiese besonderhede
• Was ’n koshuismoeder en
kinderversorger in ’n kinderhuis in
Worcester/Robertson.
•
Het vir jare in die VSA gebly en
skoolgegaan.
•
Werk as verslaggewer by die
Swartland & Weskus Herald en
deesdae as verslaggewer by die
Kaapse kantoor van Rapport
Ek word deur stories
gelei. Karakters mors
met my soos hulle
wil. Ek volg maar net
noodgedwonge en slaafs
die lettertjies soos
Hansie en Grietjie se
broodkrummels. Daar
blyk min beheer van my
kant te wees.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
(Beeld, 13/07/05)
(Beeld, 13/07/05)
18
01316_Vaselinetjie.indd 18
2/20/07 5:33:27 PM
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 1.3 Die skrywer
Die leerders werk in groepe en beantwoord die vrae.
1. Anoeschka von Meck het al verskeie loopbaanrigtings gevolg. In 2007 het sy by
Rapport in Kaapstad gewerk. Vind uit watter beroep sy op die oomblik beoefen.
[Die leeders doen navorsing en vind die antwoord. Hulle kan byvoorbeeld op die
Internet vir inligting soek, Rapport skakel en uitvind, of op enige ander manier te
werk gaan om die inligting te bekom.]
2. Watter pryse het die skrywer vir Vaselinetjie gewen?
[Jan Rabie/Rapport-prys; M.E.R.-prys vir jeuglektuur; M-Net-prys vir ’n
Afrikaanse teks in kortformaat.]
3. Kleinboer skryf in Rapport (19/06/05):
“Sy sê ek kan haar maar Snoek noem.” ... “ ... [ek] praat met die 38-jarige vrou
wat al in ander onderhoude laat blyk het sy is ’n intens private mens.” ... “Sy
maak haar oë toe en bid hardop nadat die kos voor ons neergesit is, ’n kort
gebed, en ek kyk met geboë hoof na haar hande weerskante van haar bord.” ...
“ ... sy verfoei ruggraatloosheid by mense, sy eet vleis, sy kyk rugby op TV
saam met haar broers, maar sal nie ’n been breek om ’n rugbytoets te sien nie,
en sy het nog nooit gerook of Lotto gespeel nie.” ... “En ja, Snoek het my ook
intens uitgevra. Ek is vooraf gewaarsku sy is ’n sterk vrou wat dalk meer vrae
gaan stel as antwoorde verskaf.”
s
er
ew
itg
-U
rg
(a) Wat lei julle oor die skrywer as mens af uit hierde uittreksel? Noem ten minste
vier karaktereienskappe.
[Laat die leerders hul eie oordeel hier gebruik. Hulle kan heelwat afleidings
maak, byvoorbeeld: sy is godsdienstig – sy bid voor ete; sy hou nogal baie van
sport, maar is nie mal daaroor nie – sy kyk rugby, maar woon nie toetswedstryde
by nie; sy kan veroordelend wees – sy “verfoei” ruggraatloosheid; sy dobbel nie
– sy het nog nie die Lotto gespeel nie, ensovoorts.]
(b) Wie is Kleinboer?
[Kleinboer is ’n omstrede Suid-Afrikaanse outeur wat die roman Kontrei geskryf
het.]
4. Vind uit wat die volgende woorde beteken: longdrop; eroties; mistiek; enigma;
katarsis; dimensie.
[Die leerders raadpleeg hul woordeboeke en skryf die woordbetekenisse neer. Hulle
deel hul antwoorde hardop in die klas.]
Nota aan die onderwyser: Jy kan die volgende bladsy fotostateer en vergroot sodat
dit as ’n plakkaat op die klaskamermuur kan geplak word. Verwys deurgaans tydens
die lees en bespreking van die boek na hierdie plakkaat.
19
01316_Vaselinetjie.indd 19
2/20/07 5:33:29 PM
Maslow se hiërargie van behoeftes
Selfverwesenliking
persoonlike groei en vervulling
Selfbeeldbehoeftes
prestasie, status, verantwoordelikheid,
reputasie
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Behoort- en liefdesbehoeftes
familie, liefde, verhoudings, groepsaanvaarding
s
er
ew
Veiligheidsbehoeftes
beskerming, sekuriteit, orde, wette, perke, stabiliteit
Biologiese en fisiologiese behoeftes
suurstof, kos, water, skuiling, slaap
20
01316_Vaselinetjie.indd 20
2/20/07 5:33:30 PM
Nota aan die onderwyser: Jy kan die teks oor Maslow se hiërargie van behoeftes op ’n
transparant fotostateer en aan die klas vertoon tydens die begripstoets. Alternatiewelik
kan jy die gedeelte apart vir elke leerder fotostateer.
Abraham Maslow is in 1908 in New York gebore en het in 1970 gesterf. Hy het sy
hiërargie van behoeftes-model tussen 1940 en 1950 in Amerika ontwikkel. Sy
doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit van Wisconsin het die basis gevorm van
sy motiveringsnavorsing. Maslow het sy model in die boek Motivation and Personality
in 1954 gepubliseer. Hierdie model is vandag nog baie bruikbaar om te verstaan wat
menslike gedrag motiveer.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Volgens Maslow is daar vyf vlakke waarin behoeftes opgedeel kan word.
Vlak 1: Biologiese en fisiologiese behoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan suurstof,
kos, water, skuiling of slaap.
Vlak 2: Veiligheidsbehoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan beskerming, sekuriteit,
orde, wette, perke of stabiliteit.
Vlak 3: Behoort- en liefdesbehoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan familie, liefde,
verhoudings of groep-aanvaarding.
Vlak 4: Selfbeeldbehoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan prestasie, status,
verantwoordelikheid of reputasie.
Vlak 5: Selfverwesenlikingsbehoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan persoonlike groei
en vervulling.
s
er
ew
Maslow sê elke vlak se behoeftes moet eers vervul word voordat daar na die hoër vlakke
aanbeweeg word: Vlak 1 word as die laagste behoeftes en Vlak 5 as die hoogste behoeftes
beskou. Byvoorbeeld: ’n Mens wat honger genoeg is, se fokus sal by Vlak 1 bly. So ’n
mens sal moontlik veiligheid (Vlak 2) en al die ander vlakke se behoeftes inboet om
die hongerbehoefte te bevredig. Iemand wat weens honger steel, se behoefte aan kos is
groter as sy behoefte aan wette (Vlak 2) of status (Vlak 4).
Pret
Duiwelsadvokate sal sê: “Waar pas pret by die model in die prentjie? Mense doen dinge
baie keer net om pret te hê.” Pret kan ook na aanleiding van Maslow se model verklaar
word; mens moet net die regte vrae vra. Die vrae moet wees: “Hoekom ervaar die mens
die aktiwiteit as pret? Is die wortel van die pret nie byvoorbeeld die beloning van ’n
selfbeeldbehoefte soos ’n behoefte aan status nie?” Die antwoorde op hierdie vrae sal
wel laat blyk dat “pret-aktiwiteite” pret is omdat dit ’n sekere behoefte vervul. Indien jy
die regte vrae vra en handelinge deeglik ondersoek, sal jy omtrent alle menslike gedrag
na aanleiding van die behoeftes in die model kan verklaar.
21
01316_Vaselinetjie.indd 21
2/20/07 5:33:30 PM
Nie ’n growwe instrument nie
Alhoewel Maslow sê elke vlak se behoeftes moet eers vervul word voordat daar na
die hoër vlakke aanbeweeg word, moet die model nie rigied toegepas word nie: mense
se motivering is meer kompleks. Mense beweeg wel op of af tussen die vyf vlakke,
afhangende van wat in hulle lewens gebeur. Wát mense op enige gegewe tyd motiveer, is
’n samestelling van behoeftes uit verskeie vlakke.
Maslow se instrument is ’n gids wat ’n mate van interpretasie en ondersoek vereis om
menslike gedrag te verstaan.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 1.4 Begripstoets – Maslow se hiërargie van behoeftes
Die leerders werk op hul eie. Hulle lees die deel oor Maslow se hiërargie deur en
beantwoord die vrae wat daarop volg in een volsin, tensy die vraag anders spesifiseer.
1. Hoe oud was Maslow toe hy gesterf het?
[Hy was 62 jaar oud.]
2
2. Hoekom is Maslow se model vandag nog belangrik?
[Ons kan dit gebruik om te verstaan wat menslike gedrag motiveer.]
2
3. Hoe word Maslow se hiërargie opgedeel?
[Dit word in vyf vlakke wat elkeen ’n tipe behoefte beskryf, verdeel.]
2
4. Hoekom het dit sin dat die mens eers Vlak 1 se behoeftes bevredig wil hê?
[Indien hierdie behoeftes nie bevredig word nie, sal jy sterf: dit is die mens
se mees basiese behoeftes.]
2
5. Identifiseer die vlak van behoeftes waarop gefokus word as iemand die
volgende doen (verduidelik ook hoekom jy so sê): ’n Seun bel sy meisie wat
vir die vakansie van hom geskei is.
[Vlak 3, want hy bevredig ’n behoort- en liefdesbehoefte deur met sy meisie te
praat.]
2
6. Verduidelik wat “duiwelsadvokate” is.
[Mense wat ter wille van die redenasie allerhande besware teen ’n saak opper.] 2
7. ’n Behoefte aan pret word nie by een van die vlakke gelys nie. Verduidelik hoe
mens ’n behoefte aan pret na aanleiding van die model kan verklaar.
[Mense ervaar iets as pret omdat dit die een of die ander behoefte wat in die
model beskryf word, bevredig.]
2
8. Hoe, volgens die stuk, kan jy “omtrent alle menslike gedrag” verklaar?
[Jy moet die regte vrae vra en menslike gedrag deeglik ondersoek.]
2
9. Hoekom moet Maslow se model nie rigied toegepas word nie?
[Mense se gedrag en wat dit motiveer, is kompleks en daarom kan jy nie die
model nie met ’n absolute benadering toepas nie.]
2
10. Haal twee woorde aan wat na dinge verwys wat in ’n mate nodig is om die
model effektief te gebruik.
[“interpretasie” en “ondersoek”.]
2
Totaal 20
22
01316_Vaselinetjie.indd 22
2/20/07 5:33:31 PM
Aktiwiteit 1.5 Toepassing van Maslow se hiërargie van behoeftes
Die leerders doen die voorbereiding en navorsing in pare. Hulle lewer terugvoering oor
hul werk tydens ’n klasbespreking. Gee vir hulle die opdragte hieronder.
1. Bring ’n koerant skool toe.
2. Soek ’n berig in die koerant en kyk of julle die persone in die berig se motivering na
aanleiding van Maslow se hiërargie van behoeftes kan verklaar.
[Moedig die leerders aan om nie net op “misdadigers” te fokus nie, maar
ook op slagoffers, vermaaklikheidsterre, briefskrywers, die redakteur, die
spotprenttekenaar, sportondersteuners, resensente, ensovoorts]
3. Kyk na die advertensies en identifiseer watter behoeftes “uitgebuit” word om
produkte te verkoop.
4. Probeer om ’n voorbeeld vir elke vlak van die hiërargie te kry.
5. Lewer terugvoering deur kortliks van julle voorbeelde te vertel, watter behoeftes ter
sprake is en dan te verduidelik waarom julle so dink.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
23
01316_Vaselinetjie.indd 23
2/20/07 5:33:32 PM
Deel 2: Voor die lees
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Kennis
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• weet dat die stel van vrae ’n leser in staat stel om voorspellings te maak
(Aktiwiteite 2.1 en 2.2)
• weet hoe om persoonlike response op tekste te gee en te motiveer (Aktiwiteite 2.1
en 2.2)
• weet dat daar ’n verskil is tussen direkte en geïmpliseerde betekenis (Aktiwiteite
2.1, 2.2 en 2.3)
• weet dat ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre stylmiddels
’n impak op die teks het – byvoorbeeld, metafoor, simbool, woordspeling,
onderbeklemtoning, geestigheid, hiperbool, vergelyking, kontras, sarkasme,
karikatuur/spot, ironie, paradoks, antitese en antiklimaks (Aktiwiteit 2.3)
• kennis demonstreer van die begrippe intrige, subintrige, konflik, karakter en
vertellersrol (Aktiwiteit 2.3)
• kennis demonstreer van die boodskappe en temas wat in ’n teks vervat kan word
(Aktiwiteit 2.3)
• weet hoe agtergrond en milieu (ruimte) verband hou met die karakter en/of tema
(Aktiwiteit 2.3)
• kennis demonstreer van die konsepte stemming, tydsverloop en afloop (Aktiwiteit
2.3).
s
er
ew
Vaardighede
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• vrae kan stel ten einde voorspellings te kan maak (Aktiwiteit 2.1 en 2.2)
• die betekenis van onbekende woorde of beelde in geselekteerde kontekste kan aflei
(Aktiwiteite 2.1 en 2.2)
• persoonlike response op tekste gee en motiveer (Aktiwiteite 2.1 en 2.2)
• die verskil tussen direkte en geïmpliseerde betekenis kan herken (Aktiwiteite 2.1,
2.2 en 2.3)
• teoretiese kennis van algemene literêre teorie demonstreer (Aktiwiteit 2.3).
Houdings en waardes
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• besef dat die stel van vrae ’n waardevolle hulpmiddel vir ’n voornemende leser van
’n teks kan wees (Aktiwiteit 2.1 en 2.2)
• besef dat daar ’n verskil is tussen direkte en geïmpliseerde betekenis (Aktiwiteite
2.1, 2.2 en 2.3)
• besef dat ’n verskeidenheid literêre stylmiddels aangewend kan word om by te dra
tot die betekenis van tekste (Aktiwiteit 2.3).
24
01316_Vaselinetjie.indd 24
2/20/07 5:33:33 PM
Inleiding tot hierdie afdeling
Die leerders se belangstelling in die boek behoort geprikkel te wees na afloop van die
aktiwiteite in Deel 1. Hier volg nou twee aktiwiteite waar die boek direk betrek word en wat
die leerders verder sal help om voorspellings oor die verhaal te maak. Die voorblad, titel en
flapteks word in in hierdie Deel ondersoek. Deel 2 vervat ook ’n bondige uiteensetting van
verskillende aspekte van van literêre teorie. Jy kan hierdie afdeling kortliks met die leerders
behandel. Hulle moet aantekeninge maak oor die verskillende letterkundige definisies,
aangesien van hulle vereis word om hierdie teorie in Dele 3 en 4 op Vaselinetjie toe te pas.
Die voorblad
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 2.1 Begripstoets – Die voorblad
Die leerders werk in pare, bespreek die antwoorde en
skryf dit dan individueel in hul werkboeke neer. Die
voorgestelde antwoorde wat hier verskaf word, is slegs
aanduidings van die tipe antwoorde wat die leerders
moontlik kan gee. Daar is nie “regte” of “verkeerde”
antwoorde op die vrae in hierdie aktiwiteit nie.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
Bestudeer die voorblad van Vaselinetjie en beantwoord
die vrae hieronder.
1. Hoe oud skat julle die dogtertjie wat op die
voorblad is?
[Dit is ’n jong dogtertjie van so ongeveer tien
jaar oud.]
2. Wat aan haar kleredrag laat haar weerloos lyk?
[Haar klere lyk effens te klein vir haar. Die
rompie is kort en die kouse druk bietjie in haar
kuite in. Die klere en skoene is silwerskoon,
maar lyk oud. Die manier waarop sy haar knieë bymekaarhou en haar voetjies
effens skeef staan, verhoog die indruk van weerloosheid.]
3. Julle sal dit nie op hierdie afbeelding sien nie, maar die enigste kleur op die
voorblad is die blou letters wat die naam van die skrywer spel.
(a) Hoekom, dink julle, is die skrywer se naam in kleurletters?
[Dit kan moontlik wees omdat die skrywer nie “deel” is van die verhaal van
Vaselinetjie nie en dus die enigste kleurvolle element bied in ’n verhaal wat
oënskynlik grys gaan wees.]
(b) Hoekom, dink julle, is die voorblad in swart en wit?
[Dit skep ’n gevoel van oudheid en verhoog die indruk van waardige armoede
wat die dogtertjie se klere skep.]
25
01316_Vaselinetjie.indd 25
2/20/07 5:33:34 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
4. Wat, dink julle, word in die boonste helfte van die agtergrond uitgebeeld?
[Die leerders bespiegel en verskaf hul eie hipoteses.]
5. Waarop staan die meisie?
[Dit lyk of sy op ’n verweerde teeroppervlak of leiklip staan.]
6. Wat laat ’n mens dink die meisie het haar skoolklere aan?
[Die skoene lyk soos tradisionele skoolskoene. Die manier waarop die kouse
netjies opgetrek is en die lengte en snit van die rok suggereer ook skoolklere.]
7. Hoekom sou julle sê is daar besluit om nie die meisie se gesig te wys nie?
[Die foto van slegs ’n onderlyf is meer treffend as wat ’n vollyffoto sou wees. Die
gesiglose figuur op die voorblad laat die voornemende leser ook wonder oor die
meisie en hoe sy lyk. Verder kan die gesiglose foto moontlik simbolies dui op die
“gesiglose” status van arm kinders in die samelewing.]
8. (a) Beskryf die lettertipe van die titel, Vaselinetjie.
[Dit is ’n kinderlike lettertipe. Dit lyk of iemand met ’n ongeoefende hand in
drukskrif probeer skryf het.]
(b) Aan watter soort mens laat die lettertipe jou dink?
[Dit kan mens laat dink aan ’n kinderlike, jong, ongevormde persoon.]
9. Skryf twee moontlike vrae neer wat by julle opkom oor die die inhoud van boek
nadat julle die voorblad bestudeer het.
[Wie is die dogtertjie op die voorblad? Waarom lyk sy so verwese?]
10. Evalueer die voorblad op grond van die kriteria hieronder. Kies telkens tussen die
beskrywings in kolom A om julle indruk weer te gee. Kolom B is ook voorsien om
as riglyn te dien. Gee telkens ook ’n kort verduideliking vir jul evaluasie.
(a) Oorspronklikheid
(b) Trefkrag
(c) Gebruik van kleur
(d) Gebruik van beelde
(e) Lettertipes
Kolom A
Kolom B
Uitstekend
80–100 %
Verdienstelik
70–79 %
Voortreflik
60–69 %
Voldoende
50–59 %
Gemiddeld
40–49 %
Elementêr
30–39 %
Swak
0–29 %
26
01316_Vaselinetjie.indd 26
2/20/07 5:33:36 PM
Die titel en flapteks
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 2.2 Bespreking – Die titel en flapteks
Maak leerders daarvan bewus dat Vaselinetjie (soos ander voorgeskrewe fiksie) nie
geskryf is met die doel om voorgeskryf te word en in klasse behandel te word nie. Dit
moet ook ’n bemarkbare produk wees wat in boekwinkels moet meeding om lesers se
aandag te trek. Die leerders voer hierdie aktiwiteit as ’n klasgroep uit.
1. Laat die leerders hulle verbeel hulle is in ’n boekwinkel en daar sien hulle
Vaselinetjie op ’n rak en tel dit op. Verwys weer na Aktiwiteit 1.2 en vul die lys van
assosiasies met die titel aan.
2. Lees die uittreksel op die flapteks (die agterblad) vir die leerders voor en stel die
vrae hieronder aan hulle.
(a) Wat let julle op in verband met die taalgebruik?
[Dit is informeel met Englese woorde en tienertaal.]
(b) Wat is die karaktername wat in die stuk voorkom?
[Vaselinetjie, Puck, Maud, Lolita]
(c) Waarom dink julle is hierdie name almal moontlik byname?
[Hulle is nie algemene doopname nie; Vaselinetjie klink asof dit van die
produk vaseline kom; Puck en Maud klink baie Engels vir Afrikaanssprekende
karakters; Lolita herinner aan die naam van ’n fiksionele karakter; die karakter
Maud spreek die karakter wat die verteller Puck noem, as Lolita aan.]
3. Lees die stuk oor Anoeschka von Meck en die boek Vaselinetjie vir die klas voor.
Die leerders moet dan die vrae hieronder beantwoord.
(a) Wat is ’n “debuutroman”?
[’n Skrywer se eerste gepubliseerde lang, verhalende prosawerk.]
(b) Waar speel die storie in Vaselinetjie grootliks af?
[In ’n kinderhuis.]
(c) Hoekom kan ’n mens ’n outentieke, aangrypende storie oor die kinderhuislewe
van Anoeschka von Meck verwag?
[Die storie is op “haar werklike ervarings” gegrond.]
(d) Wat, dink julle, kan ’n boek “onvergeetlik” maak?
[As dit aangrypend, vermaaklik, skokkend, insiggewend, leersaam,
meesleurend, ensovoorts is.]
4. Sou julle hierdie boek koop of uitneem na aanleiding van wat julle op die flapteks
gesien en gelees het?
27
01316_Vaselinetjie.indd 27
2/20/07 5:33:36 PM
Algemene literêre teorie
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Inleiding
In sy werk Living to Tell the Tale sê die bekende Suid-Amerikaanse skrywer, Márquez, dat
’n storie ’n spel tussen werklikheid en fiksie is. Deur middel van fiksie kry ons ’n blik op
die lewe, kry ons die geleentheid om dinge in die lewe te bevraagteken en te verstaan. Dit
lê dinge aan ons bloot wat ons andersins nooit mee in aanraking sou kom nie. Dit laat ons
toe om ander se leefwêreld te betree en te deel in hul vreugdes en smart. En uiteindelik kan
hierdie ervaringe ons leer om met groter verdraagsaamheid en begrip teenoor ander en die
omgewing op te tree.
Om hierdie wonderlike wêreld van geletterdheid te betree, beteken dat jy vertroud
moet raak met taalstrukture en grammatika, maar ook literêre terme moet kan eien – en
natuurlik self leer gebruik. Dit kry ’n mens reg deur allereers ’n oplettende leser te word.
In baie opsigte is die lesers van ’n literêre werk die “medeskrywers” omdat hulle hul eie
lewenservaring, sienings en begeertes na die teks bring en dit hulle verbeelding is wat elke
toneel, elke beeld en elke gesprek aanvul. Dit wat met die karakters gebeur, word dan ook
deel van die lesers se lewe, en so versmelt werklikheid en fiksie. Hierdie interaksie van die
leser met tekste skep vir hul betekenis.
Die roman is een van ’n paar genres in die letterkunde en hier volg ’n kort uiteensetting
van die belangrikste aspekte wat in gedagte gehou moet word tydens die bestudering
daarvan
s
er
ew
Tema
Die tema van ’n roman verwys na die sentrale idee of algemene insig in die lewe wat die
roman wil uitdra. Met ander woorde, wat kan ons uit die boek leer? Deur die temas te
ontleed probeer ons vasstel hoe die tema by ons ervaring aansluit en hoe dit ons lewe kan
verryk. Leerders moet boodskappe en temas in literêre tekste kan identifiseer en verduidelik
en deur middel van geselekteerde uittreksels die verbande kan aandui.
Milieu
Die milieu van ’n verhaal verwys na die tyd en plek waar die gebeure in die verhaal
afspeel. Die milieu word onthul deur beskrywing (van die weer, dorpe, vertrekke, meubels,
kleredrag en gebruike) en dialoog. Die skrywer gebruik beeldspraak om die leser se vyf
sintuie by hierdie beskrywings te betrek (sig, reuk, gehoor, aanraking en smaak).
Die milieu is ’n implement wat gebruik word om die vertelling realisties en geloofwaardig
te maak. ’n Realistiese milieu help die leser om meer te leer oor verskillende maniere
waarop mense hul lewens leef. ’n Goeie milieu skep ’n atmosfeer vir die verhaal en dien as
agtergrond tot die sentrale konflik of struweling in die verhaal. Die milieu dra dikwels by
tot die tema of sentrale boodskap van die verhaal.
Die funksies van die milieu
• Dit maak die boek geloofwaardig.
• Die leser leer meer oor verskillende lewenstyle.
28
01316_Vaselinetjie.indd 28
2/20/07 5:33:38 PM
•
•
•
Dit skep atmosfeer.
Dit verskaf agtergrond tot die sentrale konflik in die verhaal.
Dit bou die tema van die verhaal uit.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Tyd
’n Geskrewe werk speel altyd binne ’n bepaalde tyd en teen ’n sekere agtergrond af.
Hierdie elemente kan fiktief wees (nie in die werklike lewe bestaan nie), met ander woorde
dit is deur die skrywer uitgedink of geskep. ’n Futuristiese verhaal op ’n planeet êrens in
die ruimte, of sprokies is voorbeelde hiervan. Dit is soms die keuse van die skrywer om
by bekende tye en plekke te hou ten einde die leser se identifisering met gebeure en/of die
geloofwaardigheid daarvan te verhoog. Tydsverloop in ’n verhaal dra daartoe by om die
stemming, ironiese wendings en die afloop van die verhaal uit te wys.
’n Verhaal word gewoonlik chronologies vertel, dit wil sê van die begin tot die natuurlike
einde. Ons onderskei gewoonlik tussen leestyd, verteltyd en vertelde tyd. Leestyd dui op
hoe lank dit duur om ’n verhaal te lees. Verteltyd verwys na die letterlike getal bladsye
waaruit ’n geskrewe werk bestaan, of hoe lank dit die skrywer neem om die storie te vertel.
Vertelde tyd dui op die tydperk(e), tye – hede, verlede, toekoms – wat die skrywer gebruik
om die verhaal te laat ontvou.
Verskeie tegnieke kan toegepas word om gebeure, gedrag/optrede of situasies toe te lig,
byvoorbeeld:
• terugflitse – ’n teruggaan in tyd na die verlede – kan ’n karakter se optrede verduidelik
• vooruitskouings kan moontlike implikasies van besluitneming weergee.
s
er
ew
Simbole
’n Voorwerp/teken wat ’n saak (gewoonlik abstrak) verteenwoordig. Simboliese waarde
wat aan voorwerpe geheg word, is nie absoluut en eksklusief nie. ’n Kruis, byvoorbeeld,
simboliseer ’n verskeidenheid dinge: die Christengeloof, die dood, ensovoorts. Simbole
word gebruik om die tema te onderskryf en te ondersteun of om elemente voor te stel.
Die keuse van ’n vertelperspektief/vertellingshoek
Is die skrywer die verteller of die verteller die skrywer? ’n Outeur skryf ’n verhaal of
drama, en ’n digter ’n gedig, maar dit is gewoonlik nie hy/sy wat die storie vertel nie.
Daar is gewoonlik ’n ander stem of verteller aan die woord. Uitsonderings is natuurlik die
outobiograaf wat sy of haar eie lewensverhaal (outobiografie) vertel en sekere gedigte, soos
“Edms. Bpk.” deur D.J. Opperman.
Die vertelperspektief is die hoek waaruit die verteller die karakters, ruimte en gebeure
waarneem. Hierdie perspektief kan weergegee word deur middel van beskrywing, dialoog,
opsomming of implisering. Wanneer ’n outeur ’n boek beplan, sal die keuse van die
vertelperspektief afhang van die oogpunt waaruit die verhaal die beste vertel kan word.
Die verteller
Die skrywer kies ’n toepaslike verteller om die verhaal te vertel. Dié persoon sê wat gebeur,
hoe die ruimte lyk, en beskryf die aard van die karakters. Die skrywer is nie die verteller
29
01316_Vaselinetjie.indd 29
2/20/07 5:33:39 PM
nie, maar die werklike outeur. Die verteller is die instansie wat aan die woord is. Hy/sy skep
die ruimte waarbinne die verhaal afspeel; bewerkstellig die verloop van tyd in die werk en
dra die emosionele, sosiale en morele aard van ’n karakter op verskillende wyses aan die
leser oor. Die verteller van ’n verhaal kan intern of ekstern wees. Beide tipe vertellers hou
voordele in vir die spanningslyn van ’n verhaal – die een vanweë sy/haar meerdere kennis
en die ander juis vanweë sy/haar “onkunde”.
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Eerstepersoon-, ek-verteller, interne verteller
’n Eerstepersoonverteller is self ’n karakter in die verhaal – gewoonlik die hoofkarakter,
en die leser leer hom/haar baie goed ken. In die verhaal kom die voornaamwoorde “ek”,
“ons”, “my”, gereeld voor. Hierdie verteller is gewoonlik intiem en onmiddellik betrokke
by die gebeure in die verhaal. Die belangrikste voordeel van hierdie soort verteller is dat
hy/sy oortuigend is en dat die leser sy/haar gedagtes en ervarings eerstehands beleef. Die
nadeel is dat die perspektief beperk is omdat die verteller slegs sy/haar eie gedagtes en
ervarings kan weergee en die leser dus nie die ander karakters se perspektief kry nie.
Die weergee en beleef van gebeure en karakters is dus meer subjektief by die
eerstepersoonverteller en kan daarom óf as meer, óf as minder geloofwaardig deur die leser
aanvaar word. Dié verteller wil van meet af aan die indruk skep dat hy/sy baie oplettend is
en sodoende sorg dat die leser die korrekte inligting kry; dikwels word dit gekoppel aan ’n
ruimte en ander inligting wat aan die leser bekend is. ’n Beter illusie van werklikheid word
deur ’n ek-verteller geskep omdat hy/sy die gebeure self beleef. Die verteller is ook meer
gebonde aan tyd en ruimte binne die verhaal en kan net berig oor wat hy/sy self beleef. Die
leser mag soms wonder of die verteller in alle opsigte eerlik is. As gewone mens het die
ek-verteller ook sy/haar tekortkominge en beperkinge, en vooroordele kan deel daarvan
wees.
s
Tweedepersoonsverteller
Dit gebeur wanneer die verteller die leser as ’t ware betrek, en die verhaal in die tweede
“jy”-persoon vertel word. Hierdie vertellersperspektief is nie algemeen nie.
Derdepersoon- en eksterne verteller
’n Derdepersoonverteller is as ’t ware onsigbaar en is nie ’n karakter in die verhaal nie.
Hy/sy verwys na die karakters deur hul name of voornaamwoorde (“hy”, “sy” of “hulle”)
te gebruik.
Die alwetende eksterne verteller
So ’n verteller kan soms alwetend en alomteenwoordig wees. Hy/sy ken gewoonlik die
karakters beter as wat hulle hulself ken, wat hulle dink en beplan, hoe hulle voel en hoe
hulle gaan optree in verskillende situasies. Hierdie verteller is nie noodwendig gebonde
aan tyd en plek nie en is meer objektief in sy/haar waarneming.
Hierdie soort vertelling hou baie voordele in. Ons kan sien wat in al die karakters
se gedagtes omgaan. Hierdie verteller is alwetend en onbeperk in terme van kennis en
bewegings. Die verteller lewer ook kommentaar, verklaar dinge, maak voorspellings en
30
01316_Vaselinetjie.indd 30
2/20/07 5:33:39 PM
lê insig aan die dag. Omdat hierdie verteller gedistansieerd is van die verhaalwêreld, het
hy/sy ’n wye visie daarop.
Die eksterne verteller wat nie alwetend is nie
Soms is die verteller nie alwetend nie en fokus hy/sy op die gesigspunt van een besondere
karakter wat die fokalisator genoem word. Die fokalisator is ’n karakter wat die leser se
aandag rig en fokus in ’n vertelling. Die verhaal word dan vertel soos waargeneem deur die
oë van hierdie karakter. (Fokalisasie is ’n term wat aan die fotografie ontleen is, en gee ’n
antwoord op die vraag: “Wie sien?”). Die fokalisator kan egter ook die verteller wees.
el
af
)T
(c
Konflik en intrige
Daar is ’n sentrale konflik in alle romans. Hierdie konflik verteenwoordig die hoofkarakter
se belangrikste probleem of struweling. Konflik verwys dus na die stryd/botsing/
worsteling tussen karakters en individue of groepe en hul omstandighede en sosiale
kontekste. Hierdie tipe konflik staan bekend as eksterne konflik. Konflik in letterkunde
kan egter ook intern wees, wanneer daar strydende begeertes en waardes in een karakter
ontstaan.
Intrige verwys na ’n ontwikkelende situasie waarop die verhaal gebaseer is.
Subintrige verwys na die ondergeskikte verwikkelde situasie(s) wat ’n skrywer uitdink
en waarop die verhaal gebaseer is.
itg
-U
rg
be
Die ses onderafdelings waarin die reeks gebeurtenisse (of intrige) in ’n
roman ingedeel kan word
s
er
ew
1. Inleiding tot die intrige
Die inleiding verskaf agtergrond, beskryf die milieu en stel die belangrikste karakters
aan die leser bekend.
2. Insident wat die intrige aanblaas
Hierdie insident kondig die begin van die belangrikste konflik wat in die boek gaan
voorkom, aan.
3. Ontwikkeling van intrige
Gedurende die ontwikkelingstadium van die roman begin verskeie dinge gebeur en
konflikterende standpunte word aan die leser bekendgestel.
4. Klimaks
Die klimaks is die hoogtepunt van die roman, waar die konflik ’n toppunt bereik.
5. Oplossing
Gedurende die oplossingsfase kom die konflik tot ’n einde en die gevoelens van frustrasie
word opgelos.
31
01316_Vaselinetjie.indd 31
2/20/07 5:33:40 PM
6. Ontknoping
Al die los drade word saamgevat en die leser kry ’n idee van hoe dinge in die toekoms
sal verloop.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Karakters
In enige verhaal is daar karakters wat handelend optree en sekere gebeurtenisse beleef.
Hierdie karakters hoef nie noodwendig menslike figure te wees nie, maar alle karakters
word voorgestel as wesens met bepaalde gedagtes en emosies.
In ’n verhaal word gewoonlik ’n hele paar figure/karakters aangetref wat handelend
optree en help om die wêreld van die verhaal te skep. Hierdie karakters is nie almal van ewe
groot belang nie en verskil ook van mekaar ten opsigte van hul funksie in die verhaal.
Die karakters wat help om die agtergrond van die verhaal te vul, staan as plat karakters
bekend. Hulle word gewoonlik as tipiese karakters of stereotipes voorgestel en deur die loop
van die verhaal verander en ontwikkel hulle nie juis nie. Die leser sien as ’t ware net een kant
of die kenmerkende eienskap van so ’n karakter.
Daarteenoor is daar die ronde karakters, die figure wie se gedagtes, motiewe,
agtergrondgeskiedenis, gedrag, ensovoorts die volledigste uitgebeeld word. Hierdie karakters
leef, stry en verander namate die verhaal ontwikkel – die hele verhaal sentreer rondom hulle.
Namate die verhaal ontvou, leer die leser hierdie karakters met al hul uniekhede baie goed
ken. Die hoofkarakter (wat ook die protagonis genoem word) is die persoon om wie die
storiegebeure draai; hy/sy is gewoonlik ook die mees komplekse karakter wat in verskillende
fasette uitgebeeld word en in die loop van die verhaal verder ontwikkel. In sommige verhale
is daar een belangrike teenspeler, wat die antagonis genoem word.
Alle karakters in geskrewe werk word aan die leser voorgestel op twee maniere, direk of
indirek. Direkte beskrywings verwys na beskrywings van hoe die karakters lyk of reageer
en watter soort mense hulle is. Indirekte beskrywings verwys na dele van die teks waar
die lesers op ’n indirekte wyse iets oor karakters leer deur wat hulle sê en hoe hulle in
situasies in die verhaal optree. Dit staan bekend as karaktertekening of -uitbeelding. Die
stelselmatige uitbouing van ’n karakter deur die outeur: wat hy/sy dink en doen; hoe hy/sy
lyk; wat die ander karakters van hom/haar dink en vir hom/haar sê en wat geïmpliseer word,
staan bekend as karakterisering.
Karakters word uitgebeeld deur beskrywings van:
• voorkoms
• persoonlikheid
• agtergrond
• motivering
• verhoudings
• konflik
• groei/verandering.
Vrae om te stel wanneer ons karakters bestudeer
• Hoe lyk die karakter? Hoe voel ons daaroor en hoe voel die karakter self daaroor?
• Watse tipe persoonlikheid het die karakter?
32
01316_Vaselinetjie.indd 32
2/20/07 5:33:40 PM
•
•
•
•
•
Wat is die karakter se agtergrond? Kom hy/sy uit ’n gelukkige gesin? Wat is hulle
lewensomstandighede?
Wat motiveer die karakter? Wat is sy/haar drome en ideale?
Wat is die karakter se verhouding met die ander karakters in die roman? Wat is sy/haar
verhouding met die gemeenskap?
Watter konflik beleef die karakter? Is dit ekstern of intern? Hoe reageer hy/sy op die
konflik?
Verander of groei die karakter deur die loop van die verhaal?
Ons leer ook die karakters ken deur:
• wat die ander karakters in die verhaal van hulle sê
• wat hulle self sê, met ander woorde die karakter se eie woorde
• wat hulle doen, veral in ’n krisissituasie
• gedagtepraat of selfbeskouing.
)T
(c
Karakters se optrede teenoor ander en die omgewing weerspieël hul waardes, en mense se
waardes gee “betekenis aan persoonlike spirituele ervarings en intellektuele speurtogte”
(NKV Graad 10–12: 5). Waardes rig ons verhoudinge met ander en die omgewing.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Woord, sin en paragraaf
In enige geskrewe werk is dit vir die skrywer van uiterste belang om die mees gepaste
woord te gebruik. Binne die digkuns is dit essensieel; binne prosa is daar die ruimte van
verduidelikende sinne en paragrawe. Taal is iets waarsonder ons nie kan klaarkom nie.
Ons gebruik dit orals: by die huis, by die skool, op die sportveld, wanneer ons ontspan
en wanneer ons vakansie hou. Deur en met woorde raak een hart aan die ander, en een
gedagtegang aan die ander. Ons gebruik woorde om te verstaan en verstaan te word, maar
ook om allerlei ander redes.
Soms kruip mense agter mooi of harde woorde weg omdat hulle hulleself nie wil laat
ken nie; ander kere misbruik hulle taal weer deur hul medemens te probeer manipuleer,
byvoorbeeld deur vleitaal of dreigemente. Maar taal word “stomp” wanneer die hart in ’n
ander sleutel as die mond sing. Gelukkig, of ongelukkig, is woord en toon “deursigtig”:
die ware betekenis en bedoeling skemer feitlik altyd deur. Daarom slaag ’n mens selde
daarin om ander mense op die lange duur te mislei. “Alles van A tot Z word eendag
woord” sê Elisabeth Eybers.
In enige skryfstuk bly die ideaal dat die skrywer hom/haar by erkende skryf- en
taalreëls hou ten opsigte van woord-, sin- en paragraafgebruik. Keurige taalgebruik
en kundige woordkeuses beteken allermins hoogdrawendheid. Die kuns om ’n goeie
skrywer te wees, lê juis in verrassende én aanvaarbare taalgebruik.
Karakters in ’n verhaal se woordgebruik moet eweneens by hulle pas – ’n tiener
wat soos ’n professor praat, en andersom, sal nie geloofwaardig wees nie. Dis juis die
kundige gebruik van spreektaal, streektaal, uitdrukkings en idiome wat karakters laat
leef, ’n verhaal laat slaag en sorg vir ’n aangename leeservaring.
33
01316_Vaselinetjie.indd 33
2/20/07 5:33:41 PM
Woorde is . . .
“... wapens”. George Santayana
Woorde kan miskien as wapens beskryf word wanneer dit rondgeslinger word om te
kwets, te spot, te vloek of te oordonder – of jouself straks net beskaaf te handhaaf!
“... gelaaide pistole”. Jean-Paul Sartre
Maar gladde woorde kan ook die skild word waaragter mense veg, en mooi woorde
die sagte wapen wanneer dit gebruik word om iemand anders te “verower” of te
“oorrompel”.
“... die kleingeld van die denke”. Jules Renard
Bogenoemde stelling kan verwys na die feit dat sommige ervarings gedagtes en emosies
opwek wat te diep, te hoog en te wyd vir woorde is. Die intense ervaring van liefde,
ontnugtering of die dood moet dikwels eers innerlik verwerk word voordat jy dit kan
verwoord. En selfs dán verbeeld die woorde net ’n klein deel daarvan.
be
el
af
)T
(c
“... pennetjies waaraan ’n mens idees ophang”. Henry Ward Beecher
Soms stu woorde die denkproses self voort deur idees sigbaar te maak – oftewel “op
te hang”. Jou gedagtes ontwikkel juis terwyl jy skryf – of terwyl jy praat. Amper soos
foto’s wat een-een in ’n donkerkamer opgehang word.
s
er
ew
itg
-U
rg
“... groot vyande van die realiteit”. Joseph Conrad
Tussen die spreker of skrywer enersyds, en die hoorder of leser andersyds, gaan
die waarheid of diepste betekenis partykeer verlore vanweë apatie, subjektiwiteit of
selfgesentreerdheid, sluheid of wispelturigheid – en al die ander speletjies wat mense
speel.
“... die sterkste dwelmmiddel wat die mensdom gebruik”. Rudyard Kipling
Die gevaar bestaan dat woorde gebruik kan word om te sus en te streel terwyl
hulle mislei en bedrieg. Of dat woorde dade of aksie vervang. Mense kan selfs so
woorddronk raak, dat hulle hul eie leuens glo.
“... ál wat vir altyd hou”. William Hazlitt
Wyse woorde of die gedrukte woord kan in bepaalde omstandighede lank na die
spreker of skrywer se dood nog lééf.
“... is ál wat ons het”. Samuel Beckett
Woorde kan wel ontoereikend, manipulerend, of dalk heeltemal vals wees, maar dit is
ál manier waarop ons mekaar leer ken en ons ons wêreld kan verken.
En soos Jacques Derrida gesê het “Om te praat maak my bang want deur nooit genoeg
te sê nie, sê ek ook te veel”.
34
01316_Vaselinetjie.indd 34
2/20/07 5:33:41 PM
Die roman as letterkundeteks
Die benaming roman is van toepassing op ’n wye reeks tekste waarvan die een
gemeenskaplike kenmerk is dat dit fiksie is wat in prosavorm geskryf is. Die roman is ’n
uitgebreide narratief wat onderskei kan word van ander prosawerke, soos die novelle, essay
en kortverhaal en die teksformate wat hieronder genoem word. Weens die omvangrykheid
van die roman, laat dit ruimte vir die gebruik van meer karakters en hul ontwikkeling,
milieuverandering, die kompleksiteit van die verhaal en die ontwikkeling van temas.
Ander teksformate
Kenmerke van die dagboekinskrywing
• ’n Datum in die boonste, regterkantste hoek.
• ’n Dagboek word altyd aangespreek asof dit ’n persoon is, aangesien
dagboekinskrywings soos ’n gesprek met die self is.
• Die inskrywing begin altyd met ’n groet (byvoorbeeld: liewe Dagboek).
• ’n Dagboekinskrywing is ’n persoonlike weerspieëling van dinge wat vir die
skrywer belangrik is.
)T
(c
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Kenmerke van ’n dialoog
• Daar is ’n onsigbare linkerkantlyn wat die spreker netjies skei van die woorde wat
gesê word.
• Aanhalingstekens word nooit gebruik nie.
• Die teenwoordige tyd word altyd gebruik, aangesien ’n dialoog ’n verbale gesprek
weergee.
• ’n Dubbelpunt word gebruik om die spreker se naam van sy of haar woorde te
onderskei.
Kenmerke van ’n narratiewe essay of opstel
• ’n Opstel vertel ’n storie en moet ’n begin en ’n einde insluit.
• Stories word met ’n spesifieke gehoor in gedagte geskryf en die skrywer moet
aandag skenk aan dinge wat die leser sal geniet om te lees.
• ’n Opstel kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.
Kenmerke van ’n koerantberig
• Die trant van ’n koerantberig is onpersoonlik.
• Alhoewel dit nie as goeie styl beskou word nie, word die lydende vorm dikwels
gebruik, veral as die agent van die sin onbekend is of verdoesel word. Die lydende
vorm word ook gebruik om sekere inligting te beklemtoon deur dit aan die begin
van die sin te plaas.
• Sinne is gewoonlik bondig en paragrawe nie baie lank nie.
• Indien bekend en gepas, word persone wat in die berig genoem word se ouderdom
tussen hakies, in syfers na hulle name geskryf.
35
01316_Vaselinetjie.indd 35
2/20/07 5:33:43 PM
Die paragrawe word as volg gestruktureer:
Paragraaf 1
Hierdie paragraaf dra die belangrikste inligting waaroor verslag gedoen word oor. Die
vyf “W’s” word beantwoord: wie het wat wanneer en waar gedoen en waarom? Die
paragraaf begin met die naam van die plek waarvandaan berig word en word gewoonlik
in hoofletters geskryf.
Paragraaf 2
Meer inligting oor die vyf “W’s” word gegee. Soms word die vyfde “W”, die “waarom”,
eers in dié paragraaf genoem.
Paragraaf 3 en verder
Verdere inligting oor wat gebeur het en wat mense se reaksie was. Mense wat direk
aangehaal word gee die berig meer trefkrag.
)T
(c
Algemene literêre terme
Hierdie afdeling bevat kort beskrywings van die belangrikste terme wat gebruik word vir
elemente wat oor die algemeen in literêre werke voorkom, nie noodwendig net in romans
nie. Dit dien as sleutels tot ’n beter begrip van die verhaal.
itg
-U
rg
be
el
af
Alliterasie
Die herhaling van ’n konsonant/medeklinker, byvoorbeeld “Baksteen vir blerrie baksteen”
(Vaselinetjie, bladsy 42) en “ ... stywe strepies lipstick ... ” (Vaselinetjie, bladsy 49).
s
er
ew
Anekdote
’n Kort, onderhoudende storie; ’n klein voorval of gebeurtenis wat vir ’n spesifieke doel
vertel word, byvoorbeeld as inligting of vermaak, in humor of venyn, of om karakter
te openbaar. Anekdotes word dikwels tydens preke of toesprake vertel om ’n punt te
illustreer.
Antiklimaks
’n Opbou na iets dramaties wat omswaai en eindelik nie die verwagting tref nie; ’n
omswaai na die doodgewone.
Antitese
Dit beteken die gebruik van teenoorgestelde begrippe naas mekaar; ’n teenstelling,
byvoorbeeld dood teenoor lewe. Die twee dele volg gewoonlik dieselfde woordorde en
struktuur.
Antonieme
Antonieme – woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van ander woorde
uitdruk: “vriend” is die antoniem vir “vyand”, en “goed” dié vir “sleg”.
Assonansie
Die herhaling van ’n vokaal/klinker, byvoorbeeld “Ons alles. Salf vir oumense se harte”
(Vaselinetjie, bladsy 245).
36
01316_Vaselinetjie.indd 36
2/20/07 5:33:44 PM
Beeldspraak
Die prentjies wat die skrywer in die leser se verbeelding teken – op dié plek waar denke
en sintuie mekaar ontmoet, byvoorbeeld “Loop pluk vir my die son.”
Betekenis
Die sin, waarde of begrip van ’n saak. Dit kan direk, dus voor die hand liggend wees of
indirek, met ander woorde verskuil of geïmpliseerd.
Bevooroordeeldheid
’n Mens is bevooroordeeld wanneer jy vooropgestelde idees oor ’n individu, groep, idee
of saak het wat billike assessering bitter moeilik maak.
Cliché
Afgesaagde uitdrukkings wat so dikwels gebruik word dat hulle hul uitdrukkingskrag
verloor, byvoorbeeld die woord “shame”. “Shame” is ’n woord wat so dikwels in SuidAfrika deur sprekers van alle tale gebruik word, dat dit nie meer veel empatie kan oordra
nie.
)T
(c
Disfemisme
Waar iets doelbewus kras gestel word, byvoorbeeld “As jy nie gedurig jou gat in ’n krul
ruk aan tafel nie ... ” (Vaselinetjie, bladsy 59).
itg
-U
rg
be
el
af
Diskriminerende taalgebruik
Taalgebruik wat kwessies met onderskeid behandel. Die gebruik om manlike terme vir
alle persone aan te wend, word byvoorbeeld as diskriminerend beskou. Diskriminerende
taalgebruik kan ook rassevooroordeel verwoord, byvoorbeeld “’n Meid wat haar hande aan
haar apron moet afvee voor sy die merrim se tee mag skink” (Vaselinetjie, bladsy 144).
s
er
ew
Dubbelsinnigheid
’n Tweërlei betekenis wat geskep word deur die manier waarop woorde of sinne gebruik
word: “Hy wil haar nie langer hê nie”. Dit kan beteken hy wil haar nie meer hê nie of
hy wil nie hê sy moet langer wees as wat sy is nie. Langenhoven het eenkeer in die
parlement gesê dat die helfte van die agbare lede donkies is. Toe hy gevra word om
sy woorde terug te trek, staan hy op en sê: “Die helfte van die agbare lede van hierdie
parlement is nie donkies nie”.
Ellips
’n Onvoltooide sin, aangedui deur beletselteken of stippels, byvoorbeeld, Vaselinetjie,
bladsy 147 “Oumie, ek kan nie meer nie! Ek’s jammer oor als, ek ... ” (Die rede vir die
stippels? Sy soek na die regte woord en kry dit dan nie.)
Eufemisme
Iets onaangenaams of sosiaal onaanvaarbaar word sagkens gestel om die impak daarvan
te versag of te verbloem.
Geestigheid
Ratse, lewendige, oorspronklike sêding/opmerking wat gewoonlik lighartige, goedige
spot bevat.
37
01316_Vaselinetjie.indd 37
2/20/07 5:33:44 PM
Genre
Dit verwys na ’n vorm van letterkunde, soos gedigte, romans, essays, draaiboeke. Dit
word ook gebruik om verskillende soorte films en selfs style in die beeldende kunste te
klassifiseer.
Hiperbool
’n Doelbewuste oordrywing, byvoorbeeld “Kinderhuisreël nommer driehonderd-ensewe: MOET NOOIT NA ENIGIETS UITSIEN NIE!” (Vaselinetjie, bladsy 103).
Idiomatiese uitdrukkings
Dit sluit in spreekwoorde, segswyses, gesegdes en spreuke, al die uitdrukkings wat deur
gebruik neerslag in ’n bepaalde taal kry en wat sáám ’n heeltemal ander betekenis het as
wat die afsonderlike woorde het, byvoorbeeld “moenie die wa voor die osse span nie”,
“sy het haar varkies verloor”, “hulle wil die bordjies verhang”.
Intrige
Die verwikkelde situasie wat ’n skrywer skep en waaruit die verhaal ontknoop. Subintrige
verwys na ’n ondergeskikte verwikkelde situasie.
el
af
)T
(c
Ironie
’n Stylfiguur waar die teenoorgestelde gesê word van wat bedoel word; ook ’n uitslag,
omstandigheid of stand van sake wat die teenoorgestelde is van wat verwag word.
er
ew
itg
-U
rg
be
Karikatuur
Die oordrewe uitbeelding van ’n mens deur die spot te dryf met persoonlike karaktertrekke
of voorkoms. Sekere herkenbare eienskappe van ’n karakter word dus so oordryf dat dit
bespotlik raak. In klassieke dramas word die sogenaamde hofnar dikwels as karikatuur
geteken, enersyds om die spanning te breek, maar andersyds ook om indringende
kommentaar te lewer.
s
Klanknabootsing
Wanneer ’n klank nageboots word, byvoorbeeld “Die hek ... tingeling liggies teen
’n geroeste paal” Vaselinetjie, bladsye 19–20 en “... stap tiek-tak-tiek-tak met haar
halfmashakkies ... ” (Vaselinetjie, bladsy 50).
Kontekstuele leidrade
Hierdie leidrade kleur “die wêreld van die storie” vir ons in: wat voor en na die sentrale
gebeure staan, help ons om laasgenoemde reg te vertolk.
Kontras
Sake wat in teenstelling met mekaar staan, maar wat gewoonlik ’n eienskap deel.
Kulturele geletterdheid
Begrip vir die kulturele, sosiale en ideologiese waardes wat beïnvloed hoe ons tekste
lees. Dit verwys na die dinge wat ’n mens wéét omdat jy dit feitlik met moedersmelk
ingekry het: in Afrikaans word die gebruik van God se naam as stop- of kragwoord
byvoorbeeld in ’n veel ernstiger lig beskou as in Engels.
38
01316_Vaselinetjie.indd 38
2/20/07 5:33:45 PM
Leenwoorde
Woorde wat aan ’n ander taal ontleen is en nou deel van die woordeskat vorm. Die woord
“ubuntu” is byvoorbeeld ’n woord wat uit die Ngunitale in Afrikaans en Engels opgeneem
is. “Sokker” en “tennis” is uit Engels en “detail” en “crèche” uit Frans opgeneem.
Litotes
Waar iets onderbeklemtoon word of sagter gestel word, asook in die ontkennende
vorm, byvoorbeeld “Bly stil,” sê die lyfwag. “Of ek maak jou vir ewig stil.” (Litotes of
versagting kom hier voor, want die lyfwag bedoel eintlik dat hy die persoon met wie hy
praat wil vermoor.)
el
af
)T
(c
Metafoor
’n Metafoor neem die proses van die skildering van woordprente een stap verder as
beeldspraak, deurdat dit voorwerpe of aksies vergelyk wat nie letterlik eenders is nie,
en dan op dié manier nuwe verbindings in die leser se gedagtegang vestig. Dit is dus ’n
direkte of beknopte vergelyking waar dinge direk aan mekaar gelykgestel word; baie
keer “saak A is saak B”. In Vaselinetjie, bladsy 181, verskyn die volgende voorbeeld van
’n metafoor: “Hulle soen tot die maan ’n glimlag word en die kinderhuisliggies in die
sterrehemel wegsmelt”. (Hier word die maan en ’n glimlag dus aan mekaar gelykgestel.
Daar kan ’n letterlike verband tussen die twee dinge wees, byvoorbeeld dat die maan ’n
sekelmaan kan wees wat dieselfde vorm as ’n glimlag vertoon.)
itg
-U
rg
be
Motief
’n Motief kom herhaaldelik in die loop van die werk na vore, miskien telkens in ’n
gewysigde vorm. Sulke motiewe bevorder die tema, en help om die verhaal saam te
bind.
s
er
ew
Onderbeklemtoning
’n Saak word sagter of minder ernstig as wat dit is gestel; dit word gewoonlik vir effek
gebruik.
Paradoks
Dit verwys na ’n skynbare teenstrydigheid, waar dit lyk of twee woorde nie by mekaar
pas nie. Dit word ook soms ’n oksimoron genoem.
Personifikasie
Beeldspraak waardeur menslike eienskappe of handelinge aan lewelose dinge, diere
of plante toegeken word. Byvoorbeeld “Die wind huil om die hoeke van die huis”. ’n
Menslike eienskap, naamlik die vermoë om te huil, word hier aan die wind toegedig.
Register
Die woorde, styl en grammatika wat deur sprekers en skrywers gebruik word; amptelike
dokumente word byvoorbeeld in ’n formele register geskryf, terwyl ’n skets meestal in
humoristiese register geskryf is.
Retoriese vrae
Vrae wat gevra word, nié om iets uit te vind nie, maar vir beklemtoning, om eintlik jou
eie mening uit te spreek, vir dramatiese effek of om die sosiale wiele te olie: ’n goeie
39
01316_Vaselinetjie.indd 39
2/20/07 5:33:45 PM
voorbeeld van laasgenoemde is die formele vraag: “Hoe gaan dit met jou?” In bepaalde
situasies is daar net een regte antwoord – en dit is: “Goed dankie”.
Sarkasme
’n Snydende, smalende, bytende of minagtende opmerking. Die woord kom van die
Grieks wat beteken om vleis op ’n dierlike wyse te verskeur.
Sinekdogee
Die geheel word deur ’n onderdeel daarvan beskryf.
Stereotipes
Vaste en dikwels bevooroordeelde sienings van spesifieke soort persone, byvoorbeeld
“dom blondines”.
Struktuur
Die bou of samestelling van ’n teks.
)T
(c
Vergelykings
Die naasmekaarstelling van dinge om die ooreenkoms of verskil te vergelyk deur die
gebruik van die woorde “soos”, “nes” of “as”, byvoorbeeld “... sy neus lyk soos ’n stuk
klei wat iemand skeef op sy gesig vasgedruk het” (Vaselinetjie, bladsy 142).
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Woordspeling
’n Woord word op ’n slim (en gewoonlik humoristiese) wyse gebruik waar dit meer as
een betekenis het. Byvoorbeeld: Daar is twee visse in ’n tenk. Die een sê vir die ander
“Beman jy die gewere, ek sal bestuur”. Die woordspeling is hier dus op die woord “tenk”
en die humor lê daarin dat mens aanvanklik dink dat daar na ’n vistenk verwys word,
totdat jy deur die absurde stukkie dialoog hoor die visse is in ’n oorlogstenk.
s
Aktiwiteit 2.3 Klastoets – Algemene Literêre teorie
Hierdie aktiwiteit bied ’n ideale geleentheid vir formele assessering. Stel ’n klastoets
saam gegrond op die inligting hierbo. Die leerders moet weet wat elkeen van die konsepte
hierbo beteken, aangesien hulle dit prakties gaan toepas in Dele 3 en 4 van hierdie gids.
40
01316_Vaselinetjie.indd 40
2/20/07 5:33:46 PM
Deel 3: Tydens die lees
Kennis
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• weet hoe om om te onderskei tussen feite en menings in ’n teks en in staat wees om
’n eie respons te gee (Aktiwiteite 3.1–3.2, 3.6–3.8, 3.10 en 3.11)
• besef dat tekste implisiete en eksplisiete sosiopolitieke en kulturele boodskappe
bevat (Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.6 en 3.8–3.12)
• die sosiopolitieke en kulturele agtergrond van Vaselinetjie ken (Aktiwiteite 3.1–3.3,
3.5, 3.6 en 3.8–3.12)
• weet wat die impak is van ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre
stylmiddels op die betekenis van Vaselinetjie (Aktiwiteite 3.1, 3.3, 3.6 en 3.10–3.11)
• weet wat partydigheid, vooroordeel en diskriminasie beteken en hoe dit in hierdie
teks manifesteer (Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.8 en 3.10–3.12).
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Vaardighede
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• tekste kan herlees en hersien om begrip te bevorder (Aktiwiteite 3.1–3.12)
• toepaslike inligting en besonderhede in tekste kan vind (Aktiwiteite 3.1–3.12)
• tussen feite en menings kan onderskei en ’n eie respons gee (Aktiwiteite 3.1–3.2,
3.6–3.8, en 3.10–3.11)
• die sosiopolitieke en kulturele agtergrond van ’n teks kan verduidelik (Aktiwiteite
3.1–3.3, 3.5–3.6 en 3.8–3.12)
• die impak van ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre stylmiddels
op die betekenis van Vaselinetjie ontleed (Aktiwiteite 3.1, 3.3, 3.6 en 3.10–3.11)
• die sosiokulturele en politieke waardes, houdings en oortuigings in Vaselinetjie kan
identifiseer en verduidelik (met ’n fokus op sienings oor geslag, klas, menseregte en
inklusiwiteit) (Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.6 en 3.8–3.12)
• die aard van partydigheid, vooroordeel en diskriminasie verduidelik (Aktiwiteite
3.1–3.3, 3.5–3.8 en 3.10–3.12)
• in staat wees om te luister en te praat vir verskillende doeleindes (Aktiwiteite 3.1,
3.3 en 3.10).
Houdings en waardes
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• besef dat die herlees van tekste begrip sal bevorder (Aktiwiteite 3.1–3.12)
• ’n onderskeid tussen feite en menings kan tref (Aktiwiteite 3.1–3.2, 3.6–3.8 en
3.10–3.11)
• nadink oor die sosiopolitieke en kulturele agtergrond van ’n teks en watter
betekeniswaarde dit inhou (Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.6 en 3.8–3.12)
• begryp dat ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre stylmiddels tot
die betekenis van ’n teks kan bydra (Aktiwiteite 3.1, 3.3, 3.6 en 3.10–3.11)
41
01316_Vaselinetjie.indd 41
2/20/07 5:33:47 PM
•
•
besin oor die sosiokulturele en politieke waardes, houdings en oortuigings in
Vaselinetjie (Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.6 en 3.8–3.12)
die aard en onwenslikheid van partydigheid, vooroordeel en diskriminasie begryp
(Aktiwiteite 3.1–3.3, 3.5–3.8, en 3.10–3.12).
Inleiding tot hierdie afdeling
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
In hierdie afdeling is daar vrae oor elke hoofstuk. Die vrae is hoofsaaklik gemik op
vaslegging van inhoud oor die storielyn en karakterontwikkeling. Van die vrae toets egter
ook insig en kennis van literêre teorie. Sekere vrae spreek houdings en waardes aan.
Die vrae vereis van die leerders om weer met die teks om te gaan en ontwikkel ook
soekleesvaardighede.
Die leerders moet die meeste van die vrae in hierdie afdeling in hul werkboeke
beantwoord. Die beantwoording kan afgewissel word: as huiswerk wat individueel gedoen
word (ook om te toets of leerders gedeeltes wat hulle op hulle eie moes lees, gelees het),
as bespreking in kleingroepies, waar die groepe hul antwoorde met die klas deel, of as
’n klasbespreking waar almal dieselfde antwoord neerskryf. (Laasgenoemde kan ook
ingespan word om leerders se skryfvaardigheid te verbeter aangesien jy klem kan lê op
spelling en sinskonstruksie tydens die neerskryf van die model-antwoorde.) Alhoewel
sommige van die aktiwiteite in klein groepies bespreek en beantwoord kan word, verg
hierdie hoofstuk meestal individuele werk en klasbespreking. Die selfstandige werk om
self antwoorde te vind en neer te skryf spreek die assesseringstandaard van “lees vlot en
aandagtig volgens doel en opdrag” goed aan.
Vrae wat met ’n
gemerk is, is ideaal om as ’n klasbespreking te hanteer. Leerders
kan notas in hulle werkboeke maak ter voorbereiding om aan die klasbespreking deel te
neem en dan hierdie notas tydens die klasbespreking aanvul.
Ideaalgesproke moet jy self die teks vir die klas voorlees, of vir vaardige leerders
vra om soms te lees. Baie leerders vind dit moeilik om te volg wanneer minder vaardige
leerders die teks hakkerig voorlees. Leerders sal hul vaardighede in soeklees en vluglees
ontwikkel wanneer hulle op hul eie na die antwoorde soek.
Vrae: Hoofstuk 1–10
Vooraf (bladsye 5–6)
In ’n neutedop
’n Ongeïdentifiseerde, bang tienermeisie sluip in die nag na ’n begraafplaas om in die
geheim geboorte te skenk. Die geboorte is moeilik en sy bloei baie en verloor uiteindelik
haar bewussyn.
Aktiwiteit 3.1 Vooraf
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
42
01316_Vaselinetjie.indd 42
2/20/07 5:33:47 PM
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf. Van die vrae hieronder
is uitgemerk as voorgestelde klasbesprekingsvrae. Na die klasbespreking moet almal die
modelantwoorde in hul werkboeke neerskryf.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Bladsy 5
1. Hoekom, dink jy, word die karakter net as “sy”
geïdentifiseer?
[Dit skep spanning en afwagting by die leser.]
2. Noem drie dinge waarvoor “sy” gehoop het.
[Sy het gehoop alles sal voor dagbreek klaar
wees, dat die maan vol sou wees en om te sterf
voor die volgende dag.]
3. Waaruit lei ons af “sy” is nog ’n skoolkind?
[Sy het huiswerk gedoen.]
4. (a) Watter ongelukkige feit van die meisie
se lewe word beklemtoon deur die
herhaling van die woord, “niemand”?
[Daar is niemand in haar lewe wat haar kan help, wat vir haar omgee of wat
sy genoeg vertrou om om hulp te vra nie.]
(b) Wat sê hierdie feit oor die sosiale waardes van haar gesin?
[Hulle gee blykbaar nie baie vir mekaar om nie.]
5. Van watter toestand kan “opgooi” in die oggend ’n teken wees?
[Dit kan ’n simptoom van swangerskap wees.]
s
er
ew
Bladsy 6
1. “Sy” het hierdie dag goed beplan.
(a) Wat het “sy” saamgebring?
[Sy het ’n handdoek saamgebring.]
(b) Hoe het sy probeer verseker dat
niemand haar hoor nie?
[Sy het die handdoek vasgebyt.]
(c) Waarmee word “sy” vergelyk en
waarom?
[Sy word met ’n kat wat ’n veilige
hoekie soek om ’n werpsel te kry,
vergelyk. Die vergelyking beklemtoon
hoe dierlik die omstandighede is waaronder sy geboorte skenk. Net soos sy,
soek katte ook gewoonlik ’n private plek om geboorte te skenk.]
2. “Sy” het baie gely daardie dag.
(a) Haal twee pare opeenvolgende woorde aan waar die tweede woord ’n
werkwoord is wat bogenoemde stelling ondersteun.
[Enige twee van die volgende: “sy’t vasgebyt”; “aanhou kerm”; “en skrou”;
“skeef getrap”; “pyn inmekaargesak”; “knieë gevreet”; “haar gehyg”]
43
01316_Vaselinetjie.indd 43
2/20/07 5:33:49 PM
3.
4.
5.
6.
s
er
ew
Hoofstuk 1 (bladsye 9–13)
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
(b) Haal twee byvoeglike naamwoorde aan wat gebruik word om daardie nag te
beskryf.
[“langste” en “bangste”]
Sê of jy empatie met die meisie het en waarom.
[Sommige leerders sal moontlik “ja” hier antwoord – sy is ’n kind wat baie
pyn ervaar, desperaat en alleen is. Ander kan dalk minder empaties en selfs
veroordelend voel. Fasiliteer ’n klasbespreking oor hierdie kwessie.]
Verwys na hierdie bladsy en die vorige een. Watter van die volgende dinge skep
moontlik spanning en afwagting?
(a) Die meisie word nie geïdentifiseer nie.
(b) Die meisie se motiewe is onbekend.
(c) Dit is onseker of die baba oorleef het.
(d) Dit is onseker of die meisie oorleef het.
(e) Al die stellings in (a) tot (d).
[Die antwoord is (e). Fasiliteer ’n klasbespreking oor hoekom (a) tot (d)
spanning skep.]
Wat sê hierdie meisie se desperate poging om haar swangerskap vir haar gesin weg
te steek van hulle waardes oor tienerswangerskap?
[Hulle is heel moontlik baie konserwatief en dit is duidelik die meisie voel hulle
sou haar verwerp.]
Hoe word bladsye 5–6 tipografies van die res van die boek onderskei? Antwoord
deur na iets wat ontbreek en lettertipe te verwys.
[Die hoofstuknommer ontbreek en die hele gedeelte is in ’n skuinsgedrukte
lettertipe.]
In ’n neutedop
Die kinders by Vaselinetjie (Helena Bosman) se skool knou haar af omdat hulle sê sy
jok vir hulle. Die skoolhoof neem vir Vaselinetjie na haar ouma (Tant Kitta Bosman) en
oupa (Simon Joagim Bosman wat ’n groentewinkeltjie bedryf) se huis toe. In die tweede
kwartaal van die volgende jaar daag twee maatskaplike werkers by Vaselinetjie se skool
op en ondervra haar in die skoolhoof se kantoor. Die Sondag na kerk vertel Simon vir
Vaselinetjie sy moet die volgende kwartaal na ’n ander skool, ver daarvandaan, gaan.
Vaselinetjie is baie kwaad oor hierdie nuus en sy haat die hele wêreld.
Aktiwiteit 3.2 Hoofstuk 1
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
44
01316_Vaselinetjie.indd 44
2/20/07 5:33:50 PM
be
el
af
)T
(c
1
1. Wat verbind Vaselinetjie met die “sy” op die vorige bladsye?
[Vaselinetjie se knieë is ook stukkend soos die “sy” wie se knieë
deur die klippertjies “gevreet” is.]
2. Waarom wil “hulle” vir Vaselinetjie seermaak?
[Hulle wil ’n waarheid by haar uitvind.]
3. Die prinsipaal kom laai vir Vaselinetjie by die huis af.
(a) Die hoeveelste keer is dit dié kwartaal?
[Die derde keer.]
(b) Hoe weet ons hy is ’n goeie, besorgde man?
[Ouma Kitta dink so en hy staan ook bekend as iemand wat “nie bang is om sy
moue vir die kinders in sy skooltjie op te rol nie”.]
(c) Hoekom sug Kitta Bosman van verligting toe sy vir Vaselinetjie sien?
[Sy sien Vaselinetjie is veilig.]
(d) Wat sê die prinsipaal vir Vaselinetjie se ouma wat veroorsaak dat sy huil?
[Hy sê die situasie met Vaselinetjie en die boelies kan nie so aangaan nie en
hulle sal iets aan die saak moet doen.]
(e) Watter feit oor die magsverhoudings wat daar tussen kinders bestaan, blyk uit
Vaselinetjie se situasie?
[Kinders vorm gereeld drukgroepe en intimideer en knou ander kinders af; veral
kinders wat “anders” is.]
7.
8.
9.
10.
s
6.
er
ew
5.
itg
-U
rg
4.
2
Wie het die volgende jaar een aand saam met die prinsipaal met Ouma en Oupa
kom praat?
[Die predikant.]
Wat omtrent die motor van die twee vrouens wat by die skool opgedaag het, dui vir
Vaselinetjie daarop dat hulle van ver af kom?
[Die voorruit is vol dooie insekte en stof en Vaselinetjie ken nie die
registrasienommer nie.]
Wat is Vaselinetjie se oupa se werk?
[Hy besit en werk by sy groentewinkeltjie.]
Watter twee dinge laat Vaselinetjie ongemaklik voel in die prinsipaal se kantoor?
[Die swart vrou kyk haar net stip aan en skryf dinge in ’n lêer neer.]
Hoekom, reken Katie Draghoender en Cherise, het die “anties” vir Vaselinetjie
“kom haal”?
[Hulle sê sy jok altyd en is ’n tweegesig.]
Voltooi die volgende deur een woord te verskaf: Daardie naweek heers daar ’n ...
-atmosfeer rondom Vaselinetjie.
[hartseer]
Wat vertel Oupa vir Vaselinetjie wat hom tot trane dryf?
[Vaselinetjie moet aan die begin van die kwartaal na ’n ander skool toe ver
daarvandaan gaan en hulle kan niks aan die saak doen nie.]
45
01316_Vaselinetjie.indd 45
2/20/07 5:33:52 PM
Hoofstuk 2 (bladsye 17–32)
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
11. Wat, dink jy, is dit wat Vaselinetjie in die spieël sien wat haar laat besef dit het iets
te doen met haar weggaan?
[Sy sien dalk haar voorkoms verskil van haar ouma en oupa en die mense van die
omgewing s’n.]
12. Aan die einde van die hoofstuk is Vaselinetjie baie kwaad. Op daardie stadium haat
sy baie dinge. Voltooi die paragraaf hieronder deur telkens een woord neer te skryf.
Vaselinetjie haat daardie (a) ... . Sy haat die prinsipaal omdat hy vir haar sê hoe
(b) ... sy is en hoe (c) ... hy op haar is en omdat hy haar uitgelok het om met die
vreemde vrou te (d) ... . Sy haat die kinders wat haar (e) ... , (f) ... , haar hare trek
en sê sy (g) ... . Sy haat haar ouma en oupa omdat hulle te (h) ... en (i) ... is om
haar weg te steek. Sy haat haar (j) ... en haar (k) ... .
Sy haat (l) ... die meeste omdat sy glo sy het die (m) ... goed vir die twee vrouens
gesê.
[(a) dag
(b) slim
(c) trots
(d)
praat
(e) spot
(f) afknou
(g)
jok
(h) oud
(i) arm
(j)
boksterte
(k) naam
(l) haarself
(m) verkeerde]
13. Watter oorblyfsels van politieke waardes van voor 1994 is moontlik
verantwoordelik vir Vaselinetjie se weggaan?
[In die era voor 1994 is daar geglo mense van verskillende rasse moet nie op ’n
sosiale en familievlak meng nie en dit is hoekom “wit” Vaselinetjie diskriminasie
van veral die bruin skoolkinders ervaar.]
s
In ’n neutedop
Vaselinetjie (11) reis saam met haar oupa per trein na Johannesburg. Daar ontmoet die
maatskaplike werker haar en neem haar die na die “koshuis” (kinderhuis) toe. Vaselinetjie
word by die koshuis opgeneem en by ’n huis ingedeel. Die kil, onpersoonlike atmosfeer
en kwaai huistannie maak haar bang. Die volgende oggend ontmoet Vaselinetjie vir Albie
(versnipperde vaal haartjies en bruin afgebreekte voortande), Killer (baie maer, bleek
gesig met spierwit hare in twee dik boksterte) en Kitcat (groot meisie, met lang, swart
hare en langer as almal). Die kinders ondervra Vaselinetjie oor sy wit lyk, maar soos
’n bruinmens praat. Vaselinetjie ontvang die nommer “113” en haar eerste plig in die
kinderhuis is om uit te vee. Sy leer die volgende oor die “koshuis”: die sekuriteitshek is
gesluit, daar is vyftien kinders in ’n huis met een huisma, die swart koshuistannie se naam
is S’laki, die groter kinders moet soms die kleiner kinders voer, die dorpskinders noem
die kinderhuiskinders “Peppies” en haar huistannie se bynaam is “Snorre”. Vaselinetjie
is in Graad 6 en haar registerklasonderwyser is meneer Du Pisanie. Nazrene Diergaardt
dreig vir Vaselinetjie omdat Vaselinetjie wit lyk, maar “bruin” praat.
46
01316_Vaselinetjie.indd 46
2/20/07 5:33:53 PM
Aktiwiteit 3.3 Hoofstuk 2
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in
hul werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om
sekere van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek
en die antwoorde waarop hulle ooreenkom in hul werkboeke te skryf. Een van die vrae
hieronder is uitgemerk as voorgestelde klasbesprekingsvraag. Na die klasbespreking
moet almal die modelantwoord in hul werkboeke neerskryf.
1.
2.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
3.
el
af
)T
(c
1
Van watter dorp vertrek Vaselinetjie op haar eerste treinreis?
[Sy vertrek van Upington af.]
(a) Hoe het haar ouma en oupa haar probeer troos nadat sy gehoor het sy moet
van hulle af weggaan?
[Hulle het vir haar nuwe klere gekoop.]
(b) Verwys na Maslow se model. Verduidelik hoekom gesê kan word hierdie
troospoging probeer Vaselinetjie se Vlak 1, 3 en 4 behoeftes bevredig.
[Op Vlak 1 word haar basies behoefte aan “skuiling” deur die klere bevredig.
Op Vlak 3 probeer haar ouma en oupa vir haar sê hulle is vir haar lief en op
Vlak 4 word haar selfbeeldbehoeftes aangespreek deur mooi, nuwe klere wat
aan haar “status” kan verleen.]
(a) Hoe beëindig Oupa die stryery tussen hom en Ouma oor die predikant se vrou
wat by Ouma gaan kom slaap in Oupa se afwesigheid?
[Hy stamp sy kierie op die vloer en sê daar sal nie verder ’n stryery wees nie.]
(b) Wat kan ons aflei oor die magsvehouding wat daar tussen Oupa en Ouma
bestaan?
[Oupa het uiteindelik die finale woord en is die dominante persoon in die
verhouding.]
Wie ontmoet vir Vaselinetjie en haar oupa by die Johannesburgse stasie?
[Dieselfde wit maatskaplike werker wat Vaselinetjie in die skoolhoof se kantoor
uitgevra het.]
Hoeveel geld gee Oupa vir Vaselinetjie voor hulle afskeid neem?
[Hy gee vir haar vyftig rand.]
Watter houding of waarde het Vaselinetjie se ouma by haar gevorm wat dit vir
Vaselinetjie moeilik maak om met die Welsynvrou ongeskik te wees?
[Haar ouma het haar geleer om nie ongeskik met grootmense te wees nie en hulle
te respekteer.]
Bestudeer die aanhaling en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“‘Is dit die nuwe opname?’ vra ’n stem sonder om die deur op meer as ’n skrefie
oop te maak.” (Bladsy 20.)
(a) Watter indruk skep dit dat daar na Vaselinetjie as ’n “opname” verwys word?
[Dit skep die indruk van ’n baie onpersoonlike, koue houding jeens
Vaselinetjie.]
4.
5.
6.
7.
47
01316_Vaselinetjie.indd 47
2/20/07 5:33:53 PM
(b) Beskryf kortliks die voorkoms van die gebou waaruit die stem kom.
[Dit is ’n H-vormige tweeverdieping waar daar net een lig brand.]
8. Hoe reageer die rooikopseuntjie op die tweede verdieping toe hy vir Vaselinetjie sien?
[Hy hou op met huil, waai vir haar en vee sy neus aan die gordyn af.]
9. In watter verskillende eenhede is die kinderhuis opgedeel?
[Daar is verskillende eenhede in die gebou wat almal dieselfde lyk. Elkeen van hierdie
eenhede word ’n “huis” genoem, het ’n naam en ’n verskillende huistannie wat na die
vyftien kinders in haar huis omsien.]
10. (a) Watter verrassende inligting hoor Vaselinetjie van die fluisterstem oor haar
huistannie?
[Haar skellende, grillerige huistannie is een van die gaafste tannies.]
(b) Hoekom is hierdie onthulling ironies en wat impliseer dit oor die ander tannie?
[’n Mens sou nie verwag dié tannie kan die gaafste koshuismoeder wees nie.
Per implikasie is die ander tannies nog meer skellerig en grillerig.]
Leidrade
AF
el
af
)T
(c
2 en 3
11. Voltooi die blokkiesraaisel deur die leidrade hieronder te gebruik. By elke leidraad
is ’n bladsyverwysing.
P 10
Groot meisie, met lang swart vlegsel
en langer as almal (bladsy 23).
K1
DWARS
be
A1
Ouma Kitta het dit aan Vaselinetjie
se klere vasgewerk (bladsy 22).
A2
itg
-U
rg
Die meisie met versnipperde, vaal haartjies
en bruin afgebreekte voortande (bladsy 22).
Vaselinetjie praat nie soos ’n mens van
hierdie ras nie (bladsy 23).
Meisie met bleek gesig, spierwit
hare wat in twee boksterte
vasgemaak is (bladsy 24).
I2
Vaselinetjie se nommer is “een-een- ...”
(bladsy 25).
D1
Vaselinetjie se eerste plig in die
kinderhuis (bladsy 26).
A8
Aan etenstafel wag almal vir Vaselinetjie
om dit te doen (bladsy 25).
G1
Dit is gesluit (bladsy 26).
G 14
Van die meisies maak hulle rompe onder
die bome so (bladsy 26).
C8
Dié meisie van Vaselinetjie
se tuisdorp is lig van kleur en
aanstellerig (bladsy 26).
C6
Van die dorpskinders noem die
kinderhuiskinders so (bladsy 27).
P1
Vaselinetjie se doopnaam (bladsy
29).
J4
Vaselinetjie se ouderdom (bladsy 28).
N7
Aantal kinders in een huis met een
huisma (bladsy 24).
E 11
Vaselinetjie se van (bladsy 28).
K12
Killer voer nie graag die kleintjies
nie, want sy sê dit ruik hierna by
hulle (bladsy 32).
F9
Nazrene Diergaardt wat vir Vaselinetjie
tydens pouse intimideer se bene lyk so
(bladsy 29).
L7
Swart kostannie se naam (bladsy 30).
A15
Huistannie se bynaam (bladsy 31).
s
er
ew
N 15
48
01316_Vaselinetjie.indd 48
2/20/07 5:33:55 PM
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
)T
(c
13
14
Antwoorde
DWARS
Albie
Wit
Drie
Praat
Korter
Peppies
Elf
Bosman
Dik
Snorre
s
A2
N 15
I2
A8
G 14
C6
J4
E 11
F9
A 15
er
ew
AF
Naamlappies
Kitcat
Killer
Uitvee
Sekuritetshek
Avril
Helena
Vyftien
Pie
S’laki
itg
-U
rg
A1
P 10
K1
D1
G1
C8
P1
N7
K12
L7
be
el
af
15
Aktiwiteit 3.4 Maak ’n boekmerk
Die leerders doen hierdie aktiwiteit op hul eie. Die boekmerkplan en die woorde wat in
verskillende lettertipes gedruk is, moet vir die leerders gefotostateer word (in ’n groter
formaat).
Die leerders benodig
• ’n skêr
• gom
• ’n pen
• ’n tydskrif/koerant om prente uit te knip
49
01316_Vaselinetjie.indd 49
2/20/07 5:33:56 PM
•
•
plastiek/kontakpapier
Vaselinetjie.
Opdrag
• Knip die boekmerk uit of maak een met soortgelyke afmetings.
• Skryf jou naam in die driehoek.
• Soek of teken ’n prent wat aansluit by iets waarvan jy al in die eerste twee
hoofstukke gelees het.
• Plak dit in die area wat daarvoor aangedui is.
• Knip die volgende woorde uit en plak dit op jou prent om ’n collage-effek te skep:
Vaselinetjie OUPA BOSMAN OUMA KITTA KINDERHUIS BYBEL
KITCAT ALBIE KILLER
LIEG HELENA
KOS
PEPPIES
113
•
•
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Maak jou boekmerk stewig deur die twee sye op ’n karton te plak en met plastiek of
kontakpapier oor te trek. Jy kan ook bloot die twee sye aan mekaar vasplak en dit
met kontakpapier oortrek.
Doen ’n kort mondeling waarin jy verduidelik waarom jy die prent en aanhaling
gekies het.
s
MASLOW SE HIËRARGIE
VAN BEHOEFTES
PRENT
SELFVERWESENLIKING
SELFBEELDBEHOEFTES
“Soos ’n kat voor die tyd ’n
veilige hoekie in ’n krat vir
haar werpsel soek.” (Bladsy 6.)
BEHOORT EN LIEFDE
VEILIGHEIDSBEHOEFTES
“Soos haar ouma haar geleer
het.” (Bladsy 10.)
BIOLOGIESE BEHOEFTES
“... groet sy haastig en vat vlugtig
aan Vaselinetjie se rug.” (Bladsy 20.)
50
01316_Vaselinetjie.indd 50
2/20/07 5:33:58 PM
Hoofstuk 3 (bladsye 35–43)
In ’n neutedop
Vaselinetjie verlang vreeslik na haar ouma en oupa. Die kinderhuiskinders is baie hups
en is altyd honger. Vaselinetjie se maatskaplike werker is Issakar Kedibone en sy snap vir
die eerste keer sy is in ’n kinderhuis; hulle is in “Madiba” se sorg. Sy is nie meer bang
vir Nazrene Dierdaardt nie. Vaselinetjie kan nie vir die vakansie huis toe gaan nie, want
die staat dra nie die vervoerkoste van kinders wat ver bly nie. Haar ouma stuur egter vir
haar ’n brief en pakkie.
Nota aan die onderwyser: Jy kan nou weer die gedeelte oor “Maslow se hiërargie
van behoeftes” verduidelik. Jy kan weer die begripstoets se leesstuk bestudeer en
binne die konteks van wat die leerders pas klaar gelees het, die hiërargie met behulp
van die plakkaat verduidelik.
1.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 3.5 Hoofstuk 3
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
2.
3.
4.
s
er
ew
1
Watter drie dinge van die kinderhuislewe sukkel Vaselinetjie om aan gewoond te
raak?
[Sy kan nie gewoond raak aan die loeiende sirenes, bakleiende kinders en nors
tannies nie.]
(a) Wat dink Vaselinetjie sal haar ouma-hulle doen as hulle sien hoe “voor op die
wa en hups” die kinders is (bladsy 35)?
[Hulle sal haar daar uithaal en weer by die huis laat skoolgaan.]
(b) Watter betekenis het die woord “hups” in hierdie konteks?
[Die kinders tree onbeskof, onbeskaafd en seksueel eksplisiet op.]
(a) Vaselinetjie verlang vreeslik na haar ouma en oupa. Waarna verlang sy
spesifiek op Sondae?
[Sy verlang om tussen haar ouma en oupa in die kerk te sit en Stasoft te ruik.]
(b) Watter behoefte, volgens die Maslow-model, word nie hier vervul nie en
veroorsaak Vaselinetjie se verlange?
[Haar behoefte om te behoort en haar behoefte aan liefde.]
(a) Hoe bekom die honger kinderhuiskinders kos by die skool?
[Hulle bedel, steel of vat dit van die dorpskinders af.]
(b) Verwys na die Maslow-model en sê hoekom dit vir die kinderhuiskinders nie
altyd so belangrik sal wees om wette te gehoorsaam en op skool te presteer nie.
51
01316_Vaselinetjie.indd 51
2/20/07 5:33:58 PM
5.
6.
7.
8.
s
er
ew
itg
-U
rg
11.
be
10.
el
af
9.
)T
(c
[Die kinders se basiese biologiese en fisiologiese behoeftes word nie altyd
bevredig nie. Daarom sal die behoeftes na wette en prestasie wat hoër op in die
hiërargie van behoeftes is, nie altyd vooropgestel word nie.]
(a) Hoekom vermy Vaselinetjie die snoepie as sy baie honger is of baie verlang?
[Sy is bang sy kan haarself nie keer nie en iets steel.]
(b) Sê of jy met die volgende stelling saamstem en verduidelik kortliks hoekom jy
so sê: Vaselinetjie wil nie steel nie, want dit sal teen haar waardes indruis.
[Ja, haar ouma en oupa het haar oor reg en verkeerd geleer en sy wil hulle nie
teleurstel deur haar waardes oorboord te gooi nie.]
Wat is Vaselinetjie se maatskaplike werker se naam?
[Meneer Issakar Kedibone.]
(a) Hoekom is Vaselinetjie nie meer bang vir Nazrene Diergaardt nie?
[Haar hartseer is nou groter as haar bang.]
(b) Verduidelik n.a.v. die Maslow-model wat ’n moontlike verklaring hiervoor kan
wees.
[Vaselinetjie se behoefte aan familie (Vlak 3) is nou groter as haar behoefte aan
sekuriteit (Vlak 2).]
Wat snap Vaselinetjie vir die eerste keer werklik oor haar nuwe tuiste op bladsy 38?
[Dit is nie ’n gewone koshuis nie, maar ’n weeshuis of kinderhuis.]
Wat gebeur met ’n meisie in die weeshuis as sy swanger word?
[’n Maatskaplike werker reël dat jy die baba op ’n ander plek gaan hê, jy mis baie
skool en dop gewoonlik jou graad.]
(a) Wat beteken die van, “Kedibone”?
[Dit beteken iemand wat deur uiters moeilike tye gegaan het.]
(b) Wat sê meneer Kedibone beteken Vaselinetjie se naam?
[Dit vertel van haar ouma en oupa se liefde vir haar.]
Hoekom kan Vaselinetjie nie vir die vakansie huis toe gaan nie?
[Die staat betaal nie die vervoerkoste van kinders wat ver bly om vakansies huis toe
te gaan nie.]
(a) Wat, sê Oupa, breek Ouma “se hart in twee” (bladsy 41)?
[Dit is wanneer Vaselinetjie huil en smeek oor die telefoon en hulle kan niks
doen om haar te help nie.]
(b) Voltooi die volgende deur een woord neer te skryf: Ouma “se hart [breek] in
twee” is ’n vorm van … taal.
[metaforiese]
Waaroor spog die kinders wat vir die vakansie uitgaan?
[Hulle spog oor die lekker kos en sê hulle kom nie weer na die kinderhuis toe terug
nie.]
In wie se sorg sê die weeshuiskinders is hulle?
[Hulle is in Madiba se sorg.]
Wat sê Killer is die ergste en wreedste vir kinderhuiskinders?
[Dit is om hoop te hê.]
12.
13.
14.
15.
52
01316_Vaselinetjie.indd 52
2/20/07 5:34:00 PM
16. Hoekom weier die maatskaplike werker die pakkie beskuit wat Vaselinetjie vir haar
aanbied?
[Die tannie sê sy moet dit hou, want die ander kinders sal baie daarvan vir hulleself
opeis.]
Hoofstuk 4 (bladsye 47–85)
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
In ’n neutedop
Vaselinetjie is nou in Graad 7 en ses maande by die kinderhuis. Sy word by ’n nuwe huis
ingedeel en haar nuwe huisma is mevrou Claerhout. Pizzaface (ouer meisie met oranje
hare) word deur ’n groep meisies (o.a. Denise Toolo en Tara Padadopoulos) aangerand
en meneer Hefner tree smalend teenoor mevrou Claerhout op oor die insident. Twee dae
later rand die meisie weer vir Pizzaface aan, maar hierdie keer kom Vaselinetjie tot haar
redding. Vaselinetjie, Puck, Killer en Albie probeer wegloop Johannesburg toe (na Puck
se gesellin-ma), want veral Vaselinetjie is bang vir die wraak van die groot meisies. ’n
Boer kom op hulle af en “vang” vir Albie. Later “vang” ’n polisieman vir Puck en ’n
gawe man wat Vaselinetjie langs ’n treinspoor kry, neem haar terug kinderhuis toe. Twee
dae later word Killer teruggebring. Tara-hulle is nou agter Vaselinetjie aan. Die hoof
van die skool vaar die Maandag tydens saalbyeenkoms uit teen “slegte elemente” en
Vaselinetjie reken hy bedoel eintlik die kinderhuiskinders. Vaselinetjie besluit “om op
te hou probeer”. ’n Seun bied vir haar ’n sigaret aan en sy rook daarvan. Die verteller
noem nou vir Vaselinetjie, Vaseline. Tydens aandgodsdiens kom rand Kitcat vir Tara aan
en stamp in die proses vir Tara en Vaseline deur die venster. Daarna heers daar ’n ekstra
gespanne atmosfeer. Die kinders is verpletter om te hoor dat tannie Snorre weggaan.
Meneer Hefner tree al vreemder op en die kinderhuis word onder “noodmaatreëls”
geplaas. Vaseline en Puck loop – dié keer suksesvol – na laasgenoemde se ma weg. Daar
ontdek Vaseline Maud (Puck se ma) gebruik vir Puck as ’n kinderprostituut.
Aktiwiteit 3.6 Hoofstuk 4
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in
hul werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om
sekere van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek
en die antwoorde waarop hulle ooreenkom in hul werkboeke te skryf. Een van die vrae
hieronder is uitgemerk as voorgestelde klasbesprekingsvraag. Na die klasbespreking
moet almal die modelantwoord in hul werkboeke neerskryf.
1
1. Waarvoor het Vaselinetjie ’n sertifikaat by die prysuitdeling gekry?
[’n Sertifikaat vir Beste Vordering.]
2. Waarom word sommige kinders aan die begin van die jaar na ander huise geskuif?
[Sommige kinders is ongelukkig en kla genoeg en sommige word geskuif omdat
hulle te intiem by ’n ander kind betrokke is.]
3. Hoekom wil Vaselinetjie nie van Killer en Albie af weggaan nie?
53
01316_Vaselinetjie.indd 53
2/20/07 5:34:01 PM
4.
5.
6.
7.
9.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
8.
[Killer verduidelik altyd vir haar hoe goed werk en as Albie iets van haar steel,
weet sy waar Albie dit wegsteek.]
(a) Wat maak Vaselinetjie opgewonde oor haar nuwe huismoeder, mevrou
Claerhout?
[Sy is bruin en laat Vaselinetjie aan haar ouma Kitta dink.]
(b) Wat laat die rede vir hierdie opgewondenheid blyk oor Vaselinetjie se houding
jeens ras?
[Sy identifiseer met bruin mense en voel gemakliker met die rassegroep
waaraan sy gewoond is.]
Wat doen ’n groep meisies aan die “ouer meisie met hare wat skrou-oranje gekleur
is” (bladsy 51)?
[Hulle jaag haar, kap haar met die skerp kant van ’n skoen teen die kant van haar
gesig en skop haar toe sy op die grond val.]
Hoekom, dink jy, noem die kinders vir Denise Toolo ’n “mannetjieswyfie”?
[Sy het dalk baie stereotipiese manlike kenmerke.]
Hoe tree die hoof teenoor mevrou Claerhout op na die insident met die oranjekop?
[Hy tree smalend en verkleinerend teenoor haar op totdat sy verskonend en
tranerig is.]
Voltooi die sinne hieronder deur telkens ’n naam neer te skryf:
Die meisie met die oranje hare word (a) … deur van die ander meisies genoem.
Die mooi meisie met die letsel op haar gesig is die hoofmeisie. Haar naam en van
is (b) … en haar kamermaat is Denise Toolo. Die meisie met die kort swart hare en
lewendige swart oë, (c) … se bynaam is (d) …, sy kan Engels praat en sy maak vir
Vaselinetjie touwys.
[(a) Pizzaface (b) Tara Papadopoulos
(c) Lolita
(d) Puck]
Vaselinetjie knak op bladsy 57. Sê of jy met hierdie stelling saamstem en motiveer
jou antwoord.
[Voorgestelde antwoord: Ek stem saam, want toe sy vir Pizzaface verdedig het, het
sy in haar woede vir Tara probeer doodmaak deur haar lugpyp uit te ruk.]
10.
11.
12.
13.
2
Hoekom loop Vaselinetjie, Puck, Killer en Albie van die kinderhuis af weg?
[Hulle, veral Vaselinetjie, is bang vir die wraak van die groot meisies nadat
Vaselinetjie vir Tara aangeval het.]
(a) Wat is die woord wat die weeshuiskinders vir “wegloop” gebruik?
[whallap]
(b) Wat is ’n “botterwa”?
[’n Geel polisievangwa.]
Wie kom op hulle af toe hulle wil begin eet?
[’n Boer in sy bakkie kom onverwags daar aan.]
Na watter stad is hulle op pad?
[Hulle is op pad na Johannesburg.]
54
01316_Vaselinetjie.indd 54
2/20/07 5:34:02 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
14. “Vaselinetjie voel sommer hartseer omdat Puck so trots van haar ma kan vertel.”
(Bladsy 61.)
(a) Watter werk doen Puck se ma?
[Sy is ’n gesellin.]
(b) Hoekom voel Vaselinetjie hartseer oor wat Puck vertel?
[Dalk omdat sy wat Vaselinetjie is, nie ’n ma het om stories oor te vertel nie.]
15. Hoe gebeur dit dat Vaselinetjie ontsnap toe die polisieman haar en Puck probeer
vang?
[Puck byt die hand van die polisieman wat haar vashou en hy klap haar. Puck val
en hierdie gebeure gee vir Vaselinetjie genoeg tyd om te ontsnap.]
16. Wat kan jy van “die boer” se houding jeens kinders aflei uit sy woorde aan die
polisieman: “Van wanneer af slaan julle aan kinders?” (Bladsy 62.)
[Hy klink na iemand wat omgee vir kinders en nie glo kinders moet seergemaak
word nie.]
17. Hoekom is die stilte langs die treinspoor waar sy slaap vir haar ’n “vreemde stilte”
(bladsy 63)?
[Dis vreemd omdat dit ongewoon is – dit is oor die algemeen baie raserig in die
kinderhuis.]
18. Haal ’n sin op bladsy 63 aan wat wys Vaselinetjie is gereed om boedel oor te gee.
[“As daar weer ’n trein kom, kan hy sommer bo-oor haar ry.”]
19. Beskryf hoe die man wat vir Vaselinetjie na die weeshuis toe terugbring, teenoor
haar opgetree het.
[Hy was baie vriendelik en gee vir haar sy baadjie om onder te sit.]
20. Hoe lank na Vaselinetjie word Killer na die weeshuis teruggebring?
[Dit was twee dae later.]
21. Tara-hulle het belangstelling in Pizzaface verloor. Hoekom is dit slegte nuus vir
Vaselinetjie?
[Hulle aandag is nou op haar gefokus.]
22. (a) Waaroor spreek die skoolhoof die skool tydens die saalbyeenkoms aan?
[Hy praat oor “slegte elemente” in die skool teen wie daar streng opgetree
gaan word.]
(b) Hoekom reken Vaselinetjie diskrimineer hy teen veral die kinderhuiskinders?
[Vaselinetjie dink hy fokus sy aanval op die kinderhuiskinders.]
23. Hoekom het die dominee tydens sy huisbesoek “senuagtige hoesies” gegee
(bladsy 67)?
[Pizzaface het haar sekssondes in trane bely en op haar knieë afgegaan en sy het ’n
baie kort rompie aangehad.]
24. Op bladsy 68 besluit Vaselinetjie “om op te hou probeer”.
(a) Waarom besluit sy so?
[Sy voel mense verwerp haar sonder om om te gee of sy goed of sleg is.]
(b) Wat neem sy haar voor om nie meer te doen nie?
[Sy gaan nie meer probeer om: goed, lief en dierbaar te wees, hard te leer,
goeie punte te kry, stil te sit en luister na haar onderwysers, haar ouma en
oupa trots te maak, haar graad deur te kom en matriek te kry nie.]
55
01316_Vaselinetjie.indd 55
2/20/07 5:34:03 PM
(c) Hoe gaan sy nou optree?
[Sy gaan nou net soos die ander kinderhuiskinders net deur die dae probeer
kom.]
(d) Hoe word die “nuwe Vaselinetjie” getoets toe sy in ’n groep kinderhuiskinders
vasloop?
[Een van hulle bied haar ’n brandende sigaret aan.]
(e) Slaag sy die toets? Verduidelik hoekom jy so sê.
[Alhoewel haar rookpoging nie suksesvol is nie, lag hulle nie vir haar nie en
sy slaag die kinders se toets, omdat sy deelneem en nie haar neus optrek nie.]
25. (a) Na hierdie insident gebruik die verteller nie meer “Vaselinetjie” nie, maar
“Vaseline” om na die hoofkaraker te verwys. Hoekom, dink jy, doen die
verteller dit?
[Dit is dalk om te wys hoe ingrypend haar karakter verander het: weg is
die onskuldige, naïewe “Vaselinetjie” en teenwoordig is die ontnugterde,
pessimistiese “Vaseline”.]
(b) Watter betekenis kan dit inhou dat hierdie nuwe verwysingsvorm die eerste
keer voorkom in die konstruksie “Vaseline-hulle” op bladsy 70?
[Sy is nou meer soos die ander kinders en meer deel van die groep.]
)T
(c
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
3
26. Lees oor die insident wat op bladsye 69–72 plaasgevind het en beantwoord die vrae
hieronder.
(a) Waarmee wou mevrou Claerhout begin, toe daar ’n klop aan die voordeur is?
[Sy wou met aandgodsdiens begin.]
(b) Die persoon wat klop het ’n boodskap vir Tara Papadopoulos. Van wie dink
Vaseline-hulle is die boodskap?
[Hulle dink dit is van een van die seuns in die kinderhuis.]
(c) Wie is die boodskapper?
[Kitcat.]
(d) Hoekom is die boodskapper eintlik daar?
[Sy het gekom om vir Tara aan te rand.]
(e) Hoe beland Vaseline op mevrou Hefner se roosboompies?
[Kitcat het vir Tara met ’n stoel bestorm, en in die proses vir Vaseline en Tara
deur die venster gestamp.]
(f) Wat is die aard van Tara se besering?
[Die hoofslagaar in haar pols is gesny.]
(g) Voltooi die volgende: (i) … gil Vaseline se naam en laat haar oorgaan tot aksie
om vir Tara te help. (ii) … gooi ’n handdoek van bo af sodat Vaseline die
bloed kan stuit. Die eerste huistannie op die toneel is (iii) … .
[(i) Killer; (ii) Puck; (iii) Snorre.]
(h) Wat dink jy sal voorkom dat kinders mekaar by die skool aanrand?
[Laat ’n kort klasbespreking oor hierdie onderwerp toe. Alle menings en
opinies is geldig en moet as sulks oorweeg word. Skryf alle voorstelle op die
56
01316_Vaselinetjie.indd 56
2/20/07 5:34:03 PM
27.
28.
29.
30.
31.
39.
s
38.
er
ew
37.
itg
-U
rg
36.
be
35.
el
af
34.
)T
33.
(c
32.
bord neer en laat die klas vir die tien beste voorstelle stem. ’n Afgevaardigde
moet dan namens die klas ’n brief aan ’n koerant skryf om hierdie voorstelle
met die publiek te deel. Leerders kan ter agtergrond navorsing doen oor
onlangse insidente in skole wat in die media gerapporteer is.]
Watter effek het die Tara-insident op die huistannies en hoe kan dit gesien word?
[Hulle is meer gespanne en hulle gesigte lyk al in die oggend moeg en geplooi,
hulle skel meer en van hulle huil agter by die waskamers.]
Hoe tree Tara nou anders op?
[Sy is besadig en praat amper nie ’n woord nie.]
Hoe gebruik Denise Toolo haar kennis van mevrou Claerhout se optog-foto om
haar te treiter?
[Sy maak asof sy aan ’n optog deelneem deur te skree en haar vuis in die lug te
swaai.]
Hoekom dink Vaseline op bladsy 74 “[o]ral is dit net ’n bakleiery”?
[Bo en behalwe die gewone bakleiery onder die kinders, is meneer en mevrou
Hefner ook stryerig.]
Watter nuus ontstel vir Albie en die kinders van die kinderhuis?
[Tannie Snorre het bedank.]
Denise Toolo is al van haar babadae in die kinderhuis. Sê of dié stelling waar of
onwaar is en haal ’n sin op bladsy 75 aan om jou antwoord te bewys.
[Waar: “Denise is een van die kinders wat al van nappy-tyd af hier opgesluit is”.]
Hoekom word die kinderhuis onder “noodmaatreëls gesit” na tannie Snorre se
vertrek?
[Baie kinders loop weg.]
Op bladsy 76 staan daar meneer Hefner tree “al vreemder op”. Wat behels hierdie
vreemde gedrag?
[Hy het sy hare borselkop gesny en hy sluip snags in die eenhede rond.]
Haal ’n sin op bladsy 77 aan wat ’n vergelyking bevat wat daarop wys Vaseline het
drasties verander as gevolg van haar tyd in die kinderhuis.
[“Die Vaseline van vroeër se woorde het soos water in ’n lekpyp als weggesyfer.”]
4
Hoe finansier Vaseline en Puck hulle weglopery?
[Vaseline het al haar geld uit haar poskantoorspaarboekie getrek en Puck het
grimering en klere verkoop.]
Wat is in die koevert wat Denise Toolo vir Vaseline en Puck gee?
[Daar is ’n papiertjie met afskeidsgroete en vyftig rand in.]
Puck is vol “stadstories” (bladsy 78) en dit blyk sy weet baie van die stad en
beweeg met selfvertroue daar rond. Op watter twee maniere kom Vaseline egter
agter iets in Johannesburg maak vir Puck senuweeagtig?
[Puck raak al hoe stiller hoe nader hulle aan die stad kom en haar naels is tot in die
lewe afgekou.]
Hoe laat die rook van die sigaret saam met Puck vir Vaseline voel?
[Dit laat haar hardegat voel.]
57
01316_Vaselinetjie.indd 57
2/20/07 5:34:04 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
40. Die vrou by wie Puck en Vaseline aanklop se eerste woorde aan hulle is: “Piss off,
I’m busy!” (bladsy 81). Verduidelik hoekom daar gesê kan word hierdie woorde is
’n goeie opsomming van die behandeling wat hulle van die vrou ontvang.
[Sy nooi hulle nie in nie en stel dit baie duidelik dat hulle sal moet werk as hulle
daar wil bly.]
41. Wat is die vrou se naam en wat noem sy vir Puck?
[Haar naam is Maud en sy noem vir Puck Lolita.]
42. Vaseline vind uit die vrou is Puck se ma. Hoekom hou Puck nie van haar
doopnaam, “Lolita Havenga”, nie?
[Dit was haar oorlede ouer suster se naam en Puck voel die naam is tweedehands.]
43. Watter een van die feite in (a)–(f) oor Puck se familie is nie waar nie?
(a) Al sewe kinders het verskillende vanne.
(b) Puck se ouer suster is dood.
(c) Al die kinders is deur die Welsyn afgevat.
(d) Puck se oudste broer is in die tronk.
(e) Twee van Puck se broers is bruin.
(f) Cyril se pa is ’n Chinees.
[Antwoord: (c)]
44. (a) Puck se ma se “gaste” (bladsy 83) is nie gewone kuiergaste nie. Wie of wat is
hierdie “gaste” eintlik?
[Hulle is eintlik kliënte wat haar ma betaal vir seks.]
(b) Hoekom is die gebruik van die woord “gaste” hier ’n woordspeling en ’n
voorbeeld van onderbeklemtoning?
[Die spel op die woord “gaste” onstaan hier omdat dit verskillende
betekenisse het: die gewone een wat “kuiermense” beteken en dit waarna dit
eintlik verwys, “kliënt”. “Gaste” klink baie onskuldig en onderbeklemtoon die
kriminele aard van die mans se besoeke.]
45. Watter skokkende ontdekking maak Vaseline op bladsy 85?
[Maud laat mans met Puck seks hê vir geld.]
Hoofstuk 5 (bladsye 89–106)
In ’n neutedop
Vaseline (12, in Graad 8) voel meer gelukkig in die kinderhuis na die ervaring by Maud:
daar was ’n skietery en Maud en Puck is deur die polisie weggevat. Killer skeer haar hare
poenskop in protes teen meneer Hefner se besluit om al die seuns se hare poenskop te skeer.
Die ander kinderhuiskinders ondersteun haar en die meisies, Vaseline ingesluit, volg haar
voorbeeld. Die skoolhoof dreig die kinderhuiskinders en sê hy sal streng teen hulle optree
as hulle ’n skoolreël oortree. Vaseline besluit sy kan net haarself wees en voel dit traak haar
nie wat ander mense dink nie. Die kinderhuiskinders gaan vir ’n piekniek by die rivier.
Daar probeer mevrou Claerhout se seun, Colin, hom aan Vaseline opdring, maar Texan
(hy het vir Vaselinetjie die sigaret aangebied en is ’n berugte straatbakleier) kom tot haar
redding. Vaseline gaan kuier by haar ouma en oupa, maar voel soos ’n vreemdeling daar.
58
01316_Vaselinetjie.indd 58
2/20/07 5:34:05 PM
Aktiwiteit 3.7 Hoofstuk 5
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
1
1. Hoe oud is Vaseline op hierdie stadium?
[Sy is twaalf.]
2. Waar is Maud en Puck nou?
[Die polisie het hulle weggevat.]
3. Hoekom voel Vaseline nou meer positief oor haar lewe in die kinderhuis?
[Sy ken nou al die dinge daar en sy is omring deur maats wat dieselfde probleme as
sy het.]
4. Hoekom is mevrou Claerhout se “gewone streng manier” van praat vir Vaseline nou
meer aanvaarbaar (bladsy 90)?
[Dit is baie beter as Maud se geskel.]
(c
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
2
5. Hoekom, dink jy, sê die verteller “dis so stil dat ’n mens ’n weeluis kan hoor skarrel”
(bladsy 92) in plaas van die gebruiklike “so stil dat jy ’n speld kan hoor val”?
[Weeluisplae breek soms in kinderhuise uit en die verhaal speel grootliks in ’n
kinderhuis af.]
6. In protes waarteen het Killer haar lang hare borselkop geskeer?
[Sy doen dit in protes teen meneer Hefner se besluit om al die seuns se koppe
poenskop te skeer.]
7. Hoe het die ander kinderhuiskinders gewys hulle ondersteun vir Killer?
[Hulle stap by die eetsaal uit sonder om te eet.]
8. (a) Wat is die skoolhoof se reaksie op die meisies, Vaseline ingesluit, se
afgeskeerde hare?
[Hy roep al die kinderhuiskinders saal toe en dreig hy sal enigiemand wat ’n
skoolreël oortree van die skoolgrond verwyder. Hy sê die matrieks sal nie hul
matriek daar skryf as hulle nog een misstap begaan nie.]
(b) Wat blyk uit die skoolhoof se reaksie oor die houding wat hy het oor meisies
en hulle hare?
[Hy dink dit is nie gepas vir ’n meisie om afgeskeerde hare te hê nie en
glo moontlik meisies moet lang hare hê. Dit dui op geslagsvooroordeel en
stereotipering van vroue.]
9. Watter belangrike besluit oor haarself maak Vaseline op bladsy 95?
[Sy besluit sy kan net haarself kan wees en voel dit traak haar nie wat ander mense
dink nie.]
10. Wat voel Vaseline uiteindelik oor haar plek in die kinderhuis op bladsy 95?
[Sy voel deel van die groep en dat sy iewers behoort.]
59
01316_Vaselinetjie.indd 59
2/20/07 5:34:05 PM
11.
12.
13.
14.
16.
17.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
15.
3
Hoe reageer die kinderhuiskinders op die nuus dat hulle ’n piekniek by die rivier
gaan hou?
[Hulle spring gillend op en af, slaan bollemakiesie en hang by die vensters uit en
waai stukke klere.]
Waar het Vaseline vantevore van Texan Kirby bewus geword?
[Hy was die een wat vir haar die sigaret aangebied het en ook die een wat by die
saalbyeenkoms vir haar gekyk het.]
(a) Waarvoor is Texan berug onder die skoolkinders?
[Hy is berug as ’n baie goeie straatbakleier.]
(b) Voltooi die volgende deur een woord neer te skryf: Texan se berugtheid
verleen aan hom ’n sekere … onder die kinders en dit is ’n voorbeeld van ’n
selfbeeldbehoefte wat vir Texan bevredig word.
[status (Maslow – Vlak 4)]
(a) Wat is die rooikop-outjie, Bart, se regte naam?
[Sy naam is Gideon.]
(b) Hoekom “spot” die kinders hom met die naam?
[Hulle reken hy lyk soos die geanimeerde karakter, Bart Simpson.]
Mevrou Claerhout se perverse seun Colin ontbloot homself gereeld aan die meisies.
’n Mens sal hom in Engels ’n flasher noem.
Gee ’n kreatiewe Afrikaanse nuutskepping
vir flasher.
[Enige kreatiewe nuutskepping.]
Watter dinge omtrent rook geniet Vaseline
die meeste (bladsy 100)?
[Dit verlig die verveling en sy geniet die
planmakery wat dit verg.]
Hoe kom Texan tot Vaseline se redding?
[Hy ruk vir Colin Claerhout van Vaseline af
toe hy haar probeer verkrag.]
4
18. Vaseline is baie opgewonde om by haar ouma en oupa te gaan kuier, tog is daar
dinge waaroor sy bekommerd is. Wat is hierdie dinge?
[Sy is bekommerd: oor hulle moontlike reaksie op haar kort hare; oor hulle haar
dalk nie meer sal ken nie; oor haar ouma dalk die aaklige goed wat sy gesien en
gedoen het, in haar sal kan sien; en bang hulle sal met haar raas oor die weglopery.]
19. Voltooi die volgende deur telkens een woord neer te skryf:
Vaseline voel soos ’n (a) ... in haar eie huis. Sy voel die persoon wat sy eers was
net as ’n (b) ... in die huis aan. Dinge is baie (c) ... tussen haar en haar ouma en
oupa en later probeer Vaseline nie eers meer om dinge te laat (d) ... nie.
[(a) vreemdeling
(b) spook
(c) ongemaklik
(d) regkom]
60
01316_Vaselinetjie.indd 60
2/20/07 5:34:07 PM
20. Hoe laat die seer wat Vaseline aan die einde van die hoofstuk ervaar haar oor haar
ouma voel?
[Dit laat haar nog meer verwyderd van haar ouma voel.]
Hoofstuk 6 (bladsye 109–151)
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
In ’n neutedop
Vaseline is in Graad 9. Cyril Pong (Puck se bababoetie) kom in ’n haglike toestand ook
na die kinderhuis en Vaseline besluit om haarself oor hom te ontferm. Vaseline se oupa
word in die hospitaal ogeneem met angina en meneer Kedibone bel sodat Vaseline met
haar oupa kan praat.
Die kinderhuiskinders wat nie gehok is nie gaan Woensdae dorp toe. By die biblioteek
word hulle stief deur die dorpsmense behandel. Albie en haar suster, Marietjie, baklei
met mekaar
In September skryf Vaseline se ouma vir haar ’n brief om te sê dit gaan beter met haar
oupa, maar sy noem hulle sal dit nie kan bekostig om Vaseline die Desembervakansie
huis toe te laat kom nie. Die kinders wat nie die vakansie uitgaan nie, word egter vir
’n strandvakansie geneem. Tannie Hilde (die gewilde huismoeder van een van die
seunseenhede) en die Voordewinds (’n Hollandse egpaar wat ’n woonstel op die
kinderhuisgrond huur) vergesel hulle. Tydens die vakansie mis Vaseline vir Killer en
Puck. Sy kom tot die besef God is haar Vader. Vaseline is baie aangetrokke tot Texan,
maar dink hy sien haar nie raak nie.
Die oggend na hulle aankoms gaan die kleintjies speletjies speel saam met
stranddienswerkers en die Voordewinds neem die seuns op ’n uitstappie. Skollies
daag by die strandhuis op op soek na Texan. Tannie Hilde laat al die meisies by die
badkamer inhardloop en sluit die deur. Die skollies skree vir Vaseline sy is gemerk
en sê hulle gaan haar nog verkrag. Nadat die seuns teruggekom het en die polisie
daar was, gaan haal Vaseline tannie Hilde se medisynetassie in die stoorkamer.
Daar verskyn Texan en vra haar uit oor die skollies en raak vir ’n oomblik aan haar
hand.
Texan oortuig vir Vaseline om saam met hom weg te loop, want hy die sê die
skollies sal terugkom standhuis toe. Hulle loop weg, maar kom nie ver voor die
skollies van die Bad News Boys-bende hulle voorkeer nie. Die skollies rand vir Texan
herhaaldelik ernstig aan. Dit kom aan die lig Texan en Juice (leier van die groep)
is halfbroers en Texan se ma is bruin en werk as ’n huishulp. Die skollies los ’n
verskrikte en beseerde Vaseline en ernstig beseerde Texan eindelik agter. Dié twee
sukkel tot by die strand en kom by ’n woonwapark uit. Vaseline en Texan voel baie
naby aan mekaar. Sy sê sy sal sy geheim oor sy herkoms bewaar en sy voel daar is
’n plan met haar lewe.
Aktiwiteit 3.8 Hoofstuk 6
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
61
01316_Vaselinetjie.indd 61
2/20/07 5:34:08 PM
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
1.
2.
3.
4.
5.
el
af
)T
(c
6.
1
Wat sien Vaseline toe sy na die lys van die huisindeling van die kleuters kyk?
[Sy sien Cyril Pong is ook in die kinderhuis opgeneem.]
Hoe verduidelik die tannie by die kleuterafdeling vir Vaseline die kleuters se
aggressiewe gedrag teenoor die hondjie wat iemand hulle eendag kom wys het?
[Die kleintjies ken net slaan en afknou en aap die gedrag na.]
Beskryf Cyril se fisieke toestand toe Vaseline hom die eerste keer besoek.
[Hy het kaal kolle in sy yl, swart haartjies, daar is rooi omlope om sy mond en
neus, op sy een oor is ’n harde kors, daar is kneusmerke aan sy armpies en bene en
daar is ’n uitslag met bloederige rowe op sy binnebene.]
Wat besluit Vaseline wil sy vir Cyril doen?
[Sy wil vir hom liefde gee tot hy weer gesond is.]
Watter slegte nuus ontvang Vaseline in die brief van dominee Koortzen?
[Haar oupa is in die hospitaal opgeneem met angina.]
Hoekom is Vaseline se oupa se reaksie op haar stem so lekker vir Vaseline?
[Sy hoor hy klink opreg bly om haar stem te hoor en hy klink weer soos haar oupa
toe sy nog klein was.]
s
er
ew
itg
-U
rg
be
2
7. Hoe veroorsaak Vaseline se ervaring van vooroordeel haar onwilligheid om na die
dorpsbiblioteek te gaan?
[Die mense beloer die kinderhuiskinders asof hulle melaats is en die personeel is
ongeskik en pik op hulle.]
8. (a) Van watter talent van Albie vind jy uit op bladsy 116?
[Sy speel goed skaak.]
(b) Hoekom is die ontdekking ironies?
[’n Mens verwag nie iemand soos Albie sou iets soos skaak kon speel nie,
aangesien die spel heelwat vaardigheid en breinkrag vereis.]
9. Hoe het Albie en Marietjie in die visdam beland?
[Hulle het baklei en in die gestoei in die dammetjie beland.]
3
10. Hoekom kan Vaseline nie die Desembervakansie huis toe gaan nie?
[Haar ouma en oupa kan nie die buskaartjie bekostig nie weens haar oupa se
mediese onkoste.]
11. Hoekom is die kinders skielik so fluks?
[Hulle sien uit na die beloofde vakansie by die see en wil ook nie gestraf word deur
die vakansie mis te loop nie.]
12. Wie gaan toesig hou oor die kinders tydens die vakansie by die see?
[Die Voordewinds het ingestem om dit te doen.]
62
01316_Vaselinetjie.indd 62
2/20/07 5:34:09 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
13. Watter “kettingreaksie” vind in die bus plaas nadat die kinders hulle kospakkies
geëet het?
[Albie raak naar op Marietjie en toe Marietjie opspring, spat van die braaksel op
Loeloe – wat veroorsaak dat laasgenoemde ook opgooi.]
14. Waar stop die bus vir die eerste keer?
[Dit stop by die Shell Ultra City.]
15. Hoekom is Pizzaface bly tannie Hilde gaan saam met hulle met vakansie?
[Sy sê die tannie is die beste van al die huismoeders.]
16. (a) Hoe beskryf Marietjie die Voordewinds se Hollands op bladsy 122?
[Sy beskryf dit as “koekerige Afrikaans”.]
(b) Hoekom dink jy berskryf sy dit so?
[Die Hollands klink seker vir haar formeel en outyds met die gerolde r’e en
ander uitspraak as Afrikaans. Sy dink ook heel moontlik die Voordewinds self
is koekerig.]
17. Watter twee vriende mis Vaseline tydens die reis?
[Sy mis vir Killer en Puck.]
18. Watter reuk maak vir Vaseline wakker?
[Sy ruik die see.]
19. Wat besef Vaseline toe sy op die houtbankie sit? (bladsye 124–125)
[Sy besef God is haar Vader.]
20. Hoekom wil die meisies nie op die rotse sit nie?
[Dit ruik na aas en vrot vis daar.]
21. Watter spontane gedrag van tannie Hilde vermaak en verbaas die kinders?
[Sy daag hulle uit om van die jetty af in die water te duik en doen dit toe eerste met
haar klere aan.]
22. Watter opmerking maak Pizzaface oor Texan se lyf op bladsy 126?
[Sy sê sy lyf is so mooi dit maak eintlik haar hart seer.]
23. Wat is hierdie “lekkerste seer” wat Vaseline voel (bladsy127)?
[Sy ervaar ’n sterk aangetrokkenheid tot Texan en dit is baie lekker, maar dit maak
seer want sy weet nie of hy haar regtig raaksien nie.]
24.
25.
26.
27.
4
Hoe tree die mans in die motor met die CA-registrasie teenoor Vaseline op?
Gebruik ten minste drie byvoeglike naamwoorde in jou antwoord.
[Hulle is ongeskik, uittartend, dreigend, hardhandig en aggressief.]
Wat is die rede vir hulle besoek aan die strandhuis?
[Hulle is op soek na Texan.]
Hoe probeer tannie Hilde die meisies veilig hou toe die mans by die strandhuis
instorm?
[Sy laat hulle almal in die badkamer inhardloop en sluit die deur.]
Waarmee dreig die mans vir Vaseline voor hulle wegry?
[Hulle dreig om haar te verkrag wanneer hulle haar weer sien.]
63
01316_Vaselinetjie.indd 63
2/20/07 5:34:10 PM
28. Wat dink Vaseline het die seuns dalk gedoen wat die moeilikheid by die strandhuis
veroorsaak het?
[Sy wonder of hulle dalk in die township gaan dobbel het en sodoende die
moeilikheid veroorsaak het.]
29. Hoekom, dink jy, fokus die polisiemanne op Brutus Ithuba tydens hulle
ondervraging?
[Hulle is moontlik rassisties en sonder hom uit omdat hy swart is.]
30. Wat gebeur toe Vaseline tannie Hilde se medisynetassie gaan haal?
[Texan verskyn skielik, vra haar uit oor die mans en hulle hande raak vir ’n
oomblik aan mekaar.]
31.
32.
33.
35.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
34.
)T
(c
5
Hoe is die atmosfeer en omstandighede anders na die voorval met die mans?
[Die vakansie-atmosfeer verdwyn, almal is stil en alles is gesluit.]
Hoe word Texan getipeer op bladsy 133?
[Hy is nie die tipe ou vir wie jy vrae vra nie, want hy praat net wanneer hy wil.]
Hoekom sê Texan moet Vaseline saam met hom vlug?
[Hy sê sy is gemerk en as die ouens terugkom, sal hulle nie skroom om haar seer te
maak nie.]
Hoe sluit die gedeelte hieronder aan by Killer se “kinderhuisreël 307” op bladsy
103?
“Nes dit beter gaan met haar, kan sy maar weet, dan sny iets haar geluk af.
Dis nou maar eenmaal haar lot. Die vakansie, die see, is verby vir haar.”
(Bladsy 134.)
[Killer se reël lui jy moet nooit na enigiets uitsien nie. Hierdie pessimistiese uitkyk
sluit aan by Vaseline se gedagtes – sy verwag nou altyd alle positiewes sal ’n
negatiewe einde hê.]
Voltooi die blokkiesraaisel deur die leidrade op die volgende bladsy te gebruik. By
elke leidraad is ’n bladsyverwysing.
64
01316_Vaselinetjie.indd 64
2/20/07 5:34:10 PM
Leidrade
AF
DWARS
Vaseline gebruik dit om haar
beddegoed op te stop (bladsy 135).
A1
Voltooi: Vaseline wens tannie Hilde wil
wakker word en hulle ... (bladsy 134).
E3
Hy is al een van die kinders wat van
die wegloopplanne weet (bladsy 135).
A3
Vaseline voel steeds so as sy in Texan se
geselskap is (bladsy 135).
I2
Vaseline noem die ouens wat die
vorige dag daar was so (bladsy 135).
G5
Vaseline is vasbeslote om tot hierdie vlak
te vorder (bladsy 136).
Q1
Vaseline en Texan is dit van die skollies,
G7
kinderhuis, ensovoorts (bladsy 136).
Voltooi: Texan se stappie is nie bang nie,
maar ... (bladsy 137).
L1
Vaseline hoor hierdie persoon se stem
in haar gedagtes (bladsy 137).
A 10
Vaseline se kop is vol hiervan
(bladsy 138).
D8
Big Boy se voornaam (bladsy 138).
N6
Die aantal ouens wat uit die kar spring en
Vaseline en Texan aanval (bladsy 138).
F9
Die ou met die strepiesbaard snou
Vaseline hierdie woorde toe (bladsy 138).
J1
Texan lê hierop in die kar (bladsy 139).
O4
Voltooi: Vaseline besef verlig Texan ...
nog toe sy hom hoor kreun
(bladsy 139).
K 11
Vaseline oorweeg om hierdie patroon
met haar toon op Texan se rug te trek
(bladsy 139).
F2
Vaseline voel bang omdat sy nog nie
hierdie deel van die een ou gesien het
nie (bladsy 139).
A 15
Juice en Texan het ’n identiese keep in
hierdie gesigsdeel (bladsy 141).
A 12
Die weerkaatsing van die
sigaretkooltjie in die sonbril word
hiermee vergelyk (bladsy 140).
C3
Juice is dit van sy groep (bladsy 140).
M8
In vergelyking met die ander in die
D 22 Vaseline gil soos een (bladsy 145).
groep is Juice se klere so (bladsy 141).
G 13
Vaseline besef die donkerte op Texan
se gesig is alles hiervan (bladsy 142).
D 19
Vaseline kan dit in Juice se stem hoor
(bladsy 146).
Q 13
Daar is iets gevaarliks in hierdie dinge
tussen Juice se woorde (bladsy 142).
M 16
’n Beeld hiervan flits deur Vaseline se
gedagtes (bladsy 147).
K 11
Juice en Texan is op hierdie manier
aan mekaar verwant (bladsy 143).
A 24
Vaseline gebruik dit om haarself los te
sny (bladsy 148).
E 15
Texan se ma se werk (bladsy 144).
L 24
Texan maak hierdie geluid nadat Vaseline
hom op sy sy rol (bladsy 148).
I 16
Rashad druk dit in Vaseline se mond
(bladsy 145).
A 26
Hierdie gevoel bestaan nie meer tussen
Texan en Vaseline nie (bladsy 150).
N 19
Vaseline gebruik dit om haarself en
Texan gedeeltelik mee skoon te maak
(bladsy 149).
A 21
Vaseline besef met sekerheid van Sy
bestaan (bladsy 150).
Q 21
Vaseline is bang sy sien Texan dit
doen (bladsy 149).
J 26
Vaseline se ouderdom op hierdie stadium
(bladsy 150).
K 19
Texan se geheim laat Vaseline só aan
hom voel (bladsy 151).
L9
Vaseline en Texan doen dit vir die eerste
keer (bladsy 151).
be
el
af
)T
(c
A1
itg
-U
rg
Voltooi: Vaseline vind uit Texan is nie
O 14 heel-temal so ... is as wat sy gedink het
nie (bladsy 143).
G 17
s
er
ew
Voltooi: Vaseline sien Juice se oë is die
kleur van suur ... (bladsy 144).
65
01316_Vaselinetjie.indd 65
2/20/07 5:34:10 PM
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
18
er
ew
19
itg
-U
rg
17
be
16
el
af
15
)T
14
(c
13
20
s
21
22
23
24
25
26
66
01316_Vaselinetjie.indd 66
2/20/07 5:34:11 PM
Antwoorde
AF
DWARS
Kussing
A1
Keer
E3
Bart
A3
Selfbewus
I2
Tsotsis
G5
Matriek
Q1
Vlugtelinge
G7
Slim
L1
Oumie
A 10
Muisneste
D8
Rashad
N6
Twee
F9
Teef
J1
Vloer
O4
Lewe
K 11
Hartjie
F2
Oë
A 15
Wenkbrou
A 12
Duiwelsoog
O 14
Wit
C3
Leier
G 17
Druiwe
M8
Duur
D 22
Besetene
G 13
Bloed
D 19
Seer
Q 13
Stiltes
M 16
Bybel
K 11
Half
A 24
Vishoekie
E 15
Bediende
L 24
)T
Roggel
I 16
Duim
A 26
Ongemak
N 19
Hemp
A 21
God
Q 21
Huil
J 26
Veertien
K 19
Nader
L9
Kus
(c
A1
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Hoofstuk 7 (bladsye 155–181)
s
In ’n neutedop
Vaseline is nou in Graad 10. Sy en Texan is amptelik ’n paartjie en Texan word soos
’n held behandel na wat in die Kaap gebeur het. Die volgende oor Texan blyk uit dié
hoofstuk: sy ma het hom weggestuur om te voorkom dat hy ook ’n bendelid soos sy
broer word; hy het steeds vakansies Kaap toe gegaan; aan die einde van sy Graad 8jaar is sy beste vriend (’n mede-bendelid) doodgeskiet; hy verpes rook; Juice het die
litteken bo Texan se oog weggesny om te wys hulle is nie meer broers nie. Vaseline is
dolverlief en sy skryf weer gereeld vir haar ouma. Texan baklei nie meer nie en maak
toekomsplanne.
Killer probeer selfmoord pleeg en Vaseline voel skuldig omdat sy haar vriendin
afgeskeep het. Sy skryf vir Killer ’n brief om haar van haar vriendskap te verseker.
Meneer Hefner is baie onsimpatiek oor die selfmoorpoging. Killer is verlief op die
skoolprefek, Wessel Griesel.
Meneer Hefner gaan weg vir ’n operasie en tannie Hilde en tannie S’laki reël die
Kerspartytjie. Alles is meer ontspanne weens Hefner se afwesigheid. Killer en Wessel
begin amptelik uitgaan. Vaseline en Killer word tot prefekte verkies en Texan tot hoofseun
67
01316_Vaselinetjie.indd 67
2/20/07 5:34:13 PM
van die kinderhuis. Vaseline en Texan gaan swem skelm in die dominee se swembad.
Hulle soen mekaar en dit voel asof niemand anders bestaan nie.
Aktiwiteit 3.9 Hoofstuk 7
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
1
1. Voltooi (a)–(c) deur telkens een woord neer te skryf.
(a) Daar het iets baie ... tussen Vaseline en Texan gebeur (bladsy 155).
[spesiaals]
(b) Die ... van die woonwapark het Vaseline en Texan na die strandhuis teruggevat
(bladsy 155).
[opsigter]
(c) Wat met Vaseline en Texan gebeur het, bly hulle ... (bladsy 156).
[geheim]
2. Hoekom het Texan se ma hom uit die Kaap weggestuur?
[Sy wou voorkom dat hy ook ’n bendelid soos sy broer word.]
3. Wat het gebeur om Texan te laat besluit hy sal die Bad News Boys verlaat?
[Aan die einde van sy Graad 8-jaar is sy beste vriend in die bende doodgeskiet.]
4. Hoekom het Juice die litteken bo Texan se oog “verwyder”?
[Hy het sodoende gewys hy verbreek alle bande met Texan, hulle is nie meer broers
nie en hulle sal vyande wees indien hulle mekaar weer sou raakloop.]
5. Van watter twee dinge van kerk toe gaan hou Vaseline baie?
[Sy hou daarvan om die gemeentelede dop te hou en sy kan ook die hele tyd Texan
se oog vang.]
6. Soos ’n wat behandel die kinders nou vir Texan?
[Hulle behandel hom soos ’n held.]
7. Watter een van Vaseline se vriendinne ontwikkel ’n amperse obesessie oor Vaseline
en Texan se verhouding?
[Pizzaface.]
8. Wat sê Vaseline vir die maatskaplike werker is die rede waarom sy weer van voor
af bang is om té gelukkig te wees?
[Sy sê sy is al te veel kere teleurgestel.]
9. Hoekom loop Vaseline aspris stadig uit meneer Kedibone se kantoor uit?
[Sy loop Texan tegemoet en sy wil nie oorywerig of soos ’n ’n bakvissie lyk nie.]
10. Hoe en hoekom het Texan vir Vaseline getoets toe hy vir haar vroeër ’n sigaret
aangebied het?
[Hy het toe al in haar belanggestel, maar wou kyk of sy van hom “weet”. Hy het vir
haar ’n sigaret aangebied en as sy van hom geweet het, sou sy ook geweet het dit is
nie sy sigaret nie, omdat hy rook verpes.]
68
01316_Vaselinetjie.indd 68
2/20/07 5:34:13 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
11. Gee ’n aanhaling van vier opeenvolgende woorde op bladsy 161 wat Texan se
bevestiging dat hy nie in die toilette vir geld baklei nie, opsom.
[“klaar met daai goed”]
12. Hoekom moet jy nooit ’n Peppie verneder as jy met een uitgaan nie?
[Ander mense verneder hulle gereeld.]
13. (a) Watter planne maak Texan vir die toekoms?
[Hy wil nie weer Kaap toe gaan nie, dalk ’n sportbeurs bekom en gaan studeer
en sy ma uit die Kaap wegkry.]
(b) Hoe dink jy het Vaseline bygedra tot Texan se toekomsplanne? Verwys na die
Maslow-model in jou antwoord.
[Sy het veral Texan se behoort- en liefdesbehoefes bevredig en daarom is sy
selfbeeld- en verwesenlikingsbehoeftes nou meer prominent.]
14. Wat speel die seuns elke dag na studietyd?
[Hulle speel raakrugby of krieket.]
15. Watter positiewe ontwikkeling is daar in Vaseline se verhouding met haar ouma?
[Sy begin weer gereeld vir haar ouma briewe skryf en sy is eerlik en reguit in die
briewe.]
16. (a) Identifiseer ’n tipografiese afwyking op bladsy 163.
[’n Ander lettertipe word vir ’n paar reëls gebruik.]
(b) Wat is die funksie van die afwyking?
[Die ander lettertipe dui aan dit is ’n uittreksel uit ’n brief wat Vaseline vir
haar ouma skryf.]
(c) Watter effek het hierdie afwyking?
[Dit laat mens voel asof jy Vaseline meer direk leer ken deur na haar
“handskrif” te kyk.]
17. Wat sê Pizzaface het haar ouma aan haar gedoen?
[Sy sê haar ouma het haar vir R35 met die tuinwerker laat seks hê.]
18.
19.
20.
21.
22.
2
Hoekom dreig Marietjie om weg te loop?
[Sy en Albie het alweer baklei en sy sê Albie stel haar in die verleentheid.]
Hoe het Killer probeer selfmoord pleeg?
[Sy het haarself met ’n das aan ’n stortkop opgehang.]
Watter prentjie van haarself sien Vaseline in Killer?
[Sy sien hoe sy al self gevoel het: moeg, klaar met die wêreld, verlate en of selfs
die kleinste dingetjie jou kan breek.]
Wat is meneer Hefner se reaksie op Killer se selfmoordpoging?
[Hy gee vir Miss Frankot opdrag om die geld vir die skade aan die stort en die
koste van ’n nuwe skooldas van Killer se geld af te trek.]
Hoe probeer Vaseline vir Killer van haar vriendskap verseker?
[Sy skryf vir Killer ’n brief waarin sy om verskoning vra omdat sy haar so
afgeskeep het en sê sy gaan meneer Kedibone vra om haar na Killer se eenheid
terug te skuif.]
69
01316_Vaselinetjie.indd 69
2/20/07 5:34:15 PM
23. Watter twee aandenkings van haar ma is vir Killer baie spesiaal?
[Sy koester ’n foto van haar ma en haar ma se trouring.]
24. Waar kom Killer se naam vandaan?
[Haar ma se geliefde hond se naam was Killer.]
25. Wat maak Wessel Griesel anders as baie van die dorpskinders en die
kinderhuisseuns?
[Hy is gaaf, nie snobisties nie, maar ook nie rof nie.]
26. Hoekom het Killer vir Nazrene met ’n passer gesteek?
[Nazrene het vir Wessel geknipoog.]
27.
28.
29.
s
er
ew
33.
itg
-U
rg
32.
be
31.
el
af
30.
)T
(c
3
Hoekom reël tannie Hilde en S’laki daardie jaar se Kerspartyjie?
[Die hoof gaan weg wees vir ’n operasie.]
Wat haat meneer Hefner met ’n passie?
[Hy haat duiwe.]
Noem twee merkbare veranderinge in die kinderhuis kort na die begin van meneer
Hefner se siekteverlof.
[Die binneste gangdeur van die kinderhuis is ongesluit en oop en die huismoeders
kuier oor en weer by mekaar.]
Watter kleintjie sit by Vaseline tydens die Kerspartytjie?
[Cyril sit by haar.]
Waarmee word Killer se sang op bladsy 176 vergelyk?
[Dit word met die sang van ’n engel vergelyk.]
“Vaseline se ore is toegeslaan van skok en ekstase” (bladsy 177). Wat het hierdie
reaksie veroorsaak?
[Sý, Vaseline, is tot prefek verkies.]
Wie word tot hoofseun van die kinderhuis verkies?
[Texan word tot hoofseun verkies.]
Watter ongeskikte ding doen mevrou Hefner en haar dogter Esmé?
[Hulle neem hulle kos en gaan eet dit by hulle huis.]
Hoe soen Texan?
[Hy soen soos hy baklei: voluit.]
Watter gedagte maak vir Vaseline bang toe Texan haar van die partytjie af weglei?
[Sy is bang hy wil weer wegloop. Hulle is pas tot prefekte verkies en sy wil nie die
reël breek wat bepaal hulle mag nie die gronde verlaat nie.]
Na wie se swembad neem hy haar?
[Hy neem haar na die dominee se swembad toe.]
Oor wat is Vaseline bly (wat sy en Killer voor die partytjie gedoen het)?
[Sy is bly hulle het mooi onderklere aangetrek en hulle onderarms en bene geskeer.]
Gee ’n aanhaling op bladsy 180 wat die volgende weerspreek: die swembadwater is
koud.
[“Al is die water glad nie koud nie …”]
Hoe laat Vaseline en Texan se soenery hulle voel?
[Dit laat hulle voel of niemand anders as hulle bestaan nie.]
34.
35.
36.
37.
38.
39.
40.
70
01316_Vaselinetjie.indd 70
2/20/07 5:34:15 PM
Hoofstuk 8 (bladsye 185–207)
In ’n neutedop
Vaseline kuier die Kersvakansie by haar ouma en oupa. Sy voel weer asof sy daar hoort
en is baie dankbaar vir alles wat regloop in haar lewe. Sy maak ’n “dankbaarheidslysie”
in haar Bybel.
Dit is Vaseline se Graad 11-jaar en sy trek as bevoorregte prefek by die die “Holiday
Inn” in. Texan is by ’n sportkamp. Vaseline se nuwe koshuismoeder is Meredith Pike wat
onbevoeg is en blykbaar ’n drankprobleem het. Die klein seuntjies ruk hand uit in die
groot seuns se afwesigheid. Texan-hulle keer terug en dis ’n blye weersiens. Vaseline en
die ander prefekte moet van die huismoeder se pligte oorneem.
’n Damesorganisasie van die dorp reël ’n fondsinsamelingete by die kinderhuis.
Vaseline is baie opgewonde omdat haar ouma en oupa ook die ete gaan bywoon. Killer
is bekommerd omdat Vaseline nog nie vir Texan vertel het van haar bruin ouma en oupa
nie. Texan is erg geskok toe hy Vaseline se ouma en oupa ontmoet en hy vermy Vaseline
daarna.
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 3.10 Hoofstuk 8
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in
hul werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om
sekere van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek
en die antwoorde waarop hulle ooreenkom in hul werkboeke te skryf. Een van die vrae
hieronder is uitgemerk as voorgestelde klasbesprekingsvraag. Na die klasbespreking
moet almal die modelantwoord in hul werkboeke neerskryf.
s
1
1. Hoekom sê Vaseline moet haar ouma nie huil oor die goed wat in die Kaap gebeur
het nie?
[Sy sê dit het haar oë oopgemaak vir die lewe en vir haar en Texan by mekaar
uitgebring.]
2. Haal ’n sin op bladsy 185 aan wat heeltemal in teenstelling is (wat ’n kontras vorm)
met Vaseline se gevoel oor haar vorige besoek aan haar ouma en oupa.
[“Dit voel regtig weer soos háár huis.”]
3. Vaseline is dankbaar vir baie dinge en sy maak ’n lysie daarvan in haar Bybel. Wat
staan alles in die lysie? Identifiseer telkens watter behoeftes van Vaseline bevredig
word langs elke item van die lysie.
[Die volgende staan in haar lysie: sy het lang hare – selfbeeldbehoeftes; ’n
kêrel – behoort- en liefdesbehoeftes; Graad 10 deurgekom – selfbeelden selfverwesenlikings-behoeftes; is ’n prefek – selfbeeld- en
selfverwesenlikingsbehoeftes; het ’n ouma en oupa wat haar liefhet – behoort- en
liefdesbehoeftes; sy het baie vriende – behoort- en liefdesbehoeftes; sy glo God
is haar Hemelse Vader – selfverwesenlikingsbehoeftes; sy is weer hardwerkend
– selfbeeld- en selfverwesenlikingsbehoeftes.]
71
01316_Vaselinetjie.indd 71
2/20/07 5:34:16 PM
4. Wat, sê Vaseline vir haar poppe, is haar nuwe filosofie?
[Sy gaan nie wag vir mense om haar te aanvaar nie, sy gaan hulle eerste aanvaar.]
5. Tot watter ironiese besef kom Vaseline oor haar ouma en oupa se gedrag teenoor
haar tydens die vorige vakansie?
[Hulle het so vreemd opgetree omdat hulle bang was sy sou vrae oor haar herkoms
vra en omdat hulle bang was sy verwerp hulle omdat sy nou so “wit” geword het.]
6. Met watter gedagte raak Vaseline aan die slaap?
[’n Mens kan nie die verlede oordoen nie.]
7. (a) Hoekom noem die “kopdoekvrou” vir Vaseline “kleinnôi” op bladsy 188?
[Die vrou herken nie vir Vaseline nie.]
(b) Wat laat hierdie aanspreekvorm blyk oor die sosiale waardes wat nog in
Vasline se leefwêreld by haar ouma-hulle bestaan?
[Die bruinmense daar glo nog witmense geniet ’n hoër status en dat hulle met
onderdanige terme soos “kleinnôi” aangespreek moet word.]
8.
12.
13.
14.
15.
16.
s
er
ew
itg
-U
rg
11.
be
10.
el
af
9.
)T
(c
2
Oor watter twee dinge van die nuwe eenheid waarin Vaseline daardie jaar bly, is sy
baie opgewonde?
[Sy is saam met Killer in ’n eenheid en hierdie eenheid is reg langs Texan-hulle s’n.]
Beskryf wat die pluspunte van die “Holiday Inn” (bladsy 190) is.
[Daar is net twee beddens (in plaas van vier of vyf), dit is normaalweg gereserveer vir
matrieks of prefekte en dit het deure, wat meer privaatheid beteken.]
Waar is die seuns op hierdie stadium?
[Hulle is by ’n sportkamp.]
Hoe het Vaseline en Texan se kommunikasie tydens die vakansie verloop?
[Sy het in die eerste week vir hom drie briewe geskryf, hy het nooit teruggeskryf nie,
maar ’n paar keer gebel. Later het hy nie meer gebel nie.]
Vaseline gebruik haar “hoër” status om Diesel se gedrag te manipuleer toe sy hom
nooi om by haar te sit terwyl sy uitpak. Wat sê sy moet hy doen?
[Hy moet stilsit en nie winde los nie.]
Wat is meneer Hefner se dogter se tweede naam?
[Haar tweede naam is Emmet.]
Wat is Vaseline se nuwe huistannie se naam?
[Haar naam is Meredith Pike.]
Wat is die verklaring vir Killer se bitsigheid?
[Sy verdedig haarself deur bitsig te wees.]
(a) Waaroor is Vaseline se nuwe huistannie glad nie ingelig nie?
[Sy ken glad nie die reëls en roetine van die kinderhuis nie.]
(b) Watter vlak se behoeftes sal sy dus nie van die kinderhuiskinders kan bevredig
nie?
[Vlak 2: veiligheidsbehoeftes, byvoorbeeld ’n behoefte aan orde, wette, perke
en stabiliteit.]
72
01316_Vaselinetjie.indd 72
2/20/07 5:34:17 PM
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
17. Hoekom het Bart die venster stukkend geskop?
[Brutus het sy matras afgevat en toe kry Bart die horries.]
18. (a) Hoekom reken Loeloe rafel die kleintjies so uit?
[Sy sê dit is omdat die groter seuns nie daar is nie.]
(b) Wat sê dit van die magsverhouding wat daar tussen die ouer en jonger seuns
bestaan?
[Die ouer seuns het die mag om die jonger seuns in toom te hou.]
19. Hoekom sukkel Vaseline en Texan om mekaar behoorlik te groet?
[Die toe sekuriteitshek versper hul toegang tot mekaar.]
20. Wie is die “donker gedaante” waarvan daar op bladsy 196 gepraat word?
[Meneer Hefner.]
21. Hoekom verslaap Vaseline-hulle nou so gereeld?
[Meredith Pike vergeet om hulle wakker te maak.]
22. Watter nuwe plig word die prefekte in Vaseline se eenheid opgelê?
[Dit is nou hulle verantwoordelikheid om soggens die kinders wakker te maak.]
23. Wat behels Vaseline se voorstelle altyd as hulle iets soek om hulle te vermaak?
[Dit behels altyd iets wat tot gevolg het dat sy vir Texan kan sien.]
24. Watter twee bewyse van Meredith Pike se drankprobleem sien die meisies toe hulle
ondersoek instel?
[Hulle vind haar aan die slaap met al haar klere aan langs ’n wynbottel en ’n glas.]
25. Hoe is Meredith Pike moontlik ’n voorbeeld van een van Puck se teorieë?
[Puck sê mense met ’n geraamte in die kas kom baie keer by kinderhuise werk
omdat hulle dink dis maklike werk en hulle kan daar wegkruip. Meredith Pike het
blykbaar ’n “geraamte” soos aan haar drinkery gesien kan word. Uit haar apatie en
onbevoegdheid kan gesien word sy het moontlik nie geweet waarvoor sy haar inlaat
nie.]
s
3
Noem een voorreg en een “plig” wat die prefekte van die kinderhuis het.
[Hulle voorreg is vrye toegang tot al die eenhede. Die plig is om beskikbaar te
wees wanneer enige van die huismoeders hulp nodig het.]
Hoekom hou Vaseline en Killer vir Albie vasgepen?
[Sy het in mevrou Claerhout se eenheid rondgesluip en in kaste gekrap en toe het
dié huismoeder hulle hulp ingeroep.]
Hoekom is Killer so verbaas dat Vaseline haar ouma en oupa na die
fondsinsamelingsete wil nooi?
[Sy het nie gedink Vaseline sou haar “geheim” oor haar “gekleurde” herkoms
openbaar nie.]
Wat wil Killer vir Vaseline laat belowe?
[Sy wil Vaseline laat belowe om Texan voortydig voor te berei op die onthulling
van haar bruin ouma en oupa.]
Watter onderwerp veroorsaak vir ’n rukkie spanning tussen Vaseline en Texan?
[Sy sê (voor sy dink) hy moet sy ma ook na die fondsinsamelingsete nooi.]
26.
27.
28.
29.
30.
73
01316_Vaselinetjie.indd 73
2/20/07 5:34:18 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
31. Weens watter rasvooroodeel van Texan is Vaseline bang om vir Texan van haar
ouma-hulle te vertel?
[Sy het hom nooit gesê haar ouma-hulle is bruin nie en sy weet – na aanleiding van
Texan se skaamte oor sy eie bruin ma – dit sal hom verneder as mense uitvind sy is
van “gemengde” afkoms.]
32. Vaseline is oorstelp toe sy haar ouma en oupa by die kinderhuis ontmoet. Hoekom
voel sy egter sy moet haar emosies onder beheer bring?
[Sy voel sy is ’n prefek wat haar meer volwasse moet gedra.]
33. Op bladsy 204 staan daar oor Esmé Hefner: “Haar vermakerige laggie spreek
boekdele”. Wat is hierdie boekdele?
[Esmé weet Vaseline se ouma-hulle is bruin en dat hierdie feit moeilikheid tussen
Vaseline en Texan kan veroorsaak.]
34. Watter tradisionele geslagsrolle vervul die meisies en seuns van die kinderhuis
onderskeidelik by die fondsinsamelingsete?
[Die meisies help met die kook van die kos en die seuns is kelners. Hou ’n
kort klasbespreking oor geslagsvooroordeel. Hoe voel die leerders oor die
tradisionele rolle wat onderskeidelik aan seuns en meisies toegeken word? Hoe kan
geslagsvooroordeel verminder word?]
35. Hoekom noem Killer vir Vaseline “Helena Williehorie” op bladsy 206?
[Vaseline wil nie gehoor gee aan Killer se aanmaning dat sy vir Texan van haar
ouma en oupa moet vertel nie; m.a.w. sy “wil nie hoor nie”.]
36. Watter twee kinders vermaak die gaste met instrumentele musiek?
[Wessel Griesel (begeleier) en Esmé Hefner (viool) vermaak die gaste.]
37. Watter twee karaktereienskappe van Killer wens Vaseline het sy ook gehad?
[Sy wens sy het ook so baie selfvertroue en bekkigheid gehad.]
38. (a) Van watter “ou koeie” praat Vaseline se ouma op bladsy 207?
[Sy praat van Nazrene Diergaardt wat vir Vaseline getreiter het toe Vaseline na
die kinderhuis toe gekom het.]
(b) Wat is die hele idiomatiese uitdrukking oor “ou koeie”?
[Ou koeie uit die sloot haal/grawe.]
39. As wie stel Vaseline Texan aan haar ouma en oupa voor?
[Sy sê hy is haar “spesiale vriend”, Texan Kirby, hoofseun en hulle kelner.]
40. Vaseline wil haarself wysmaak sy verbeel haar weens stres “dat ’n rooigesig-Texan
haar oë opsetlik vermy het toe hy wegstap” (bladsy 207).
(a) Wat, dink jy, het alles deur “rooigesig-Texan” se gedagtes gegaan?
[Hy was dalk verleë en geskok.]
(b) Waaruit, dink jy, spruit Texan se oënskynlike rassevooroordeel?
[Texan ly nog aan die geïnternaliseerde vooroordeel dat witmense beter is as
bruin- of swartmense. Dit is nog ’n oorblyfsel van die Apartheidsideologie
waarmee hy grootgeword het.]
(c) Hoekom, dink jy, sou hy “haar oë opsetlik vermy het”?
[Hy het moontlik gevoel sy het hom verraai, maar wou in die verwarring nie
sy emosies met haar deel deur middel van oogkontak nie.]
74
01316_Vaselinetjie.indd 74
2/20/07 5:34:18 PM
Hoofstuk 9 (bladsye 211–232)
be
el
af
)T
(c
In ’n neutedop
’n Week na die fondsinsamelingete sê Texan vir Vaseline af. Vaseline is verpletter en
verneder haarself telkens deur toenadering tot Texan te soek. Texan tree weer op soos
in die verlede en is skommerig, uittartend en onverantwoordelik. Later hou Vaseline op
om agter Texan aan te loop en voel nou liefde én haat jeens hom. Meneer Hefner hou
nie van Texan nie en wil hom graag van sy hoofseunskap onthef. Texan verdwyn en
meneer Hefner hok die kinders omdat niemand hom wil sê waar Texan is nie. Texan word
deur die dominee en meneer Hefner na die kinderhuis teruggebring nadat hy saam met
dorpsmaats gedrink het en toe naby die kinderhuis omgekap het.
Texan baklei gereeld. In die laaste week van die kwartaal sien Vaseline op die buslys
hy gaan vir die vakansie Kaap toe. Vaseline leer hard tydens die September-vakansie.
Wanneer Texan van die vakansie terugkom, het hy “afgekoel” en tree teruggetrokke
op. Esmé Hefner vergesel Texan na sy matriekafskeid. Vaseline is baie ontsteld hieroor
en Loeloe slaan vir Nazrene omdat sy vir Vaseline uittart. Daardie aand rook en drink
Vaseline saam met Meredith Pike. In die tyd daarna tree Vaseline soos ’n zombie op en
sy ervaar ’n doodse gevoel jeens Texan. In die week waarin die matrieks regmaak om die
kinderhuis te verlaat, daag Texan buite Vaseline se kamer op. Hy sit sy hand teen haar
venster en nadat sy haar hand aan die ander kant gesit het, verdwyn hy weer.
s
er
ew
itg
-U
rg
Aktiwiteit 3.11 Hoofstuk 9
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
1
1. (a) Op watter manier is Vaseline se hart soos die vasgehaakte plastieksak wat sy
op die dak sien?
[Haar hart voel asof dit, soos die plastieksak, stukkend geruk word en nie van
die pyn (dak) kan loskom nie.]
(b) Hoekom is hierdie ’n voorbeeld van ’n vergelyking en nie ’n metafoor nie?
[Die twee dinge word nie direk aan mekaar gelykgestel soos met ’n metafoor
nie: Vaseline se hart is “soos” ’n vasgehaakte plastieksak en nie absoluut en
geheel en al “’n vasgehaakte plastieksak” nie.]
2. Formuleer ’n kort opsomming van hoe Texan met Vaseline opgebreek het. Die
opsomming moenie meer as 50 woorde lank wees nie.
[’n Week na die ete het Pizzaface meneer Immelman se klas onderbreek om vir
Vaseline ’n brief van Texan af te bring. Vaseline het die brief in die kleedkamer
gaan lees. In die brief het gestaan: “Jy het my gedis. Ek ken jou nie. Ons kys is af.
T.K”.]
75
01316_Vaselinetjie.indd 75
2/20/07 5:34:19 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
3. Hoe het Texan opgetree toe hy en Vaseline mekaar die eerste keer na die opbreek sien?
[Hy het harder met sy vriende begin praat en lag, sodat almal kon sien hy verwerp
haar.]
4. Wie huil almal saam met Vaseline in die kleedkamer?
[Marietjie en Pizzaface huil saam.]
5. Hoekom word Pizzaface weggejaag?
[Killer verwyt haar omdat sy Texan se brief vir Nazrene-hulle voorgelees het.]
6. Op bladsy 213 praat Vaseline van haar en Texan se ontberinge in die Kaap en
watter effek dit op hulle verhouding gehad het. Sy sê oor hul verhouding: “Hy kan
dit mos nie net so kom afsny nie!” Hoe is hierdie woorde ironies in die lig van wat
in die Kaap tussen Texan en Juice gebeur het?
[Juice het vir Texan ook “afgesny” deur letterlik die keep in Texan se wenkbrou
weg te sny en sodoende simbolies hulle familie- en “vriendskapsbande” te
verbreek.]
7. Killer sê Vaseline se rou raak nou te veel. Hoe tree Killer daarna vir Texan in die
bresse?
[Sy sê dit is die eerste keer in sy lewe wat Texan hom so aan iemand blootgestel het
en dat meneer Hefner baie druk op Texan plaas.]
8. (a) Hoe het Vaseline haarself telkens verneder?
[Sy het vir Texan oral ingewag en dan het hy net weggedraai as hy haar
gewaar.]
(b) Hoekom het sy met hierdie gedrag opgehou?
[Sy het opgehou nadat Texan haar gekonfronteer het deur kil na haar te kyk en
vir haar te sê sy maak haar naam goedkoop en sy moet besef hulle verhouding
is verby. Hy het gevra sy moet hom uitlos.]
9. (a) Hoe, sê Killer op bladsy 215, het Texan verander?
[Sy sê hy het nou weer verander in die persoon wat hy vroeër was:
skommerig, uittartend en onverantwoordelik.]
(b) Verduidelik hoekom sy gedrag so verander het deur na die Maslow-model te
verwys.
[Texan voel sy status het gedaal en sy reputasie het skade gely het weens die
onthulling dat hy blykbaar met ’n meisie van gemengde afkoms betrokke
was (Maslow se Vlak 4: Selfbeeldbehoeftes). Hy voel dalk ook asof hy liefde,
verhoudings en groep-aanvaarding verloor het (Maslow se Vlak 3: Behoorten liefdesbehoeftes). Hy word nou “gedwing” om weer te streef om hierdie
behoeftes deur negatiewe gedrag vervul te kry. Aangesien Vlakke 3 en 4 se
behoeftes nie meer vervul is nie, is die behoefte na selfverwesenliking (Vlak
5) nie meer so prominent nie. Vlak 5 se dryfveer om sy gedrag positief te rig
het weggeval.]
10. (a) Wat het Texan gemaak met die brief wat Vaseline vir hom geskryf het?
[Hy het dit opgeskeur terwyl hy weet sy kan hom sien.]
(b) Hoekom, dink jy, doen hy dit?
[Hy wil wraak neem op haar deur haar te verneder en wil dit duidelik aan haar
maak hy wil nie enige soort verhouding met haar hê nie.]
76
01316_Vaselinetjie.indd 76
2/20/07 5:34:21 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
11. Wat het Texan aan Nazrene gedoen in die biblioteek?
[Hy het haar geklap.]
12. Wat sê Loeloe se woorde (“Ek’t nie geweet jy kan ook so praat nie”) op bladsy 216
oor hoe sy vir Vaseline sien?
[Sy sien vir Vaseline as iemand met goeie maniere, wat nie skeldtaal gebruik en
aggressief is nie.]
13. Hoekom, sê meneer Kedibone, moet Vaseline vir Texan ruimte gee?
[Hy sê Texan is besig om te worstel met homself en sy verlede.]
14. Watter twee baie sterk emosies voel Vaseline jeens Texan?
[Sy ervaar liefde en haat jeens hom.]
15. Verduidelik wat die stemmetjie in Vaseline se kop bedoel met “haat [is] ’n valse
soort krag” (bladsy 217).
[Haat is net iets wat woede en seerkry bedek en binnehou. Dit is egter nie ’n ware
oplossing nie, want dit wat die haat binnehou, vergiftig jou later.]
16. Hoe dink Killer het die kwessie van Texan se hoofseunskap tussen hom en meneer
Hefner verloop?
[Sy dink Hefner soek al lank na ’n verskoning om die hoofseunskap weg te vat en
Texan het reg in sy hande gespeel.]
17. Hoekom word al die kinders gehok?
[Niemand wil vir meneer Hefner inligting gee oor waar Texan hom mag bevind nie
en hy sê hy hok hulle tot hy weet waar Texan is.]
18. Wie bring vir Texan terug na tannie Hilde se afdeling?
[Meneer Hefner en die dominee bring hom terug.]
19. Hoekom begin Vaseline huil?
[Die toneel van die “hulpelose” Texan laat haar terugdink aan hulle traumatiese
aand in die Kaap.]
20. Wat het Texan glo gedoen?
[Hy het glo by die dorp se rugbyklub saam met sy dorpsmaats gedrink en toe by
die kerk oorkant die kinderhuis se grasperk omgekantel.]
2
21. Wat sien Vaseline deur die venster ná die seuns se bakleiery?
[Sy sien hoe Texan glimlaggend bloed van sy vuiste aflek.]
22. Waarom is Vaseline geskok toe sy die buslys vir die Kaapse bus sien?
[Sy sien Texan gaan ook vir die vakansie Kaap toe en is bang vir wat daar met hom
kan gebeur.]
23. (a) Wat is ’n kind se reg rondom huis toe gaan vir vakansies?
[As ’n kind se buskaartjie betaal is, het hy/sy die reg om huis toe te gaan.]
(b) Dink jy die kinders in die kinderhuis geniet basiese menseregte? Hoekom sê
jy so?
[Die leerders gee hul eie opinies op hierdie vraag. Kontroleer hul begrip van
die konsep “menseregte”.]
77
01316_Vaselinetjie.indd 77
2/20/07 5:34:21 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
24. Hoekom vlieg die Septembervakansie vir Vaseline verby?
[Die tyd gaan gou verby aangesien Vaseline-hulle so hard studeer vir die komende
eksamen.]
25. Hoekom staan daar op bladsy 223 oor Texan: “Natuurlik klim hy heel laaste af”?
[Dit is dalk omdat hy die grootste breker is en daarom heel agter in die bus kon sit.]
26. Hoe het Texan verander vandat hy terug is?
[Hy het baie afgekoel en is amper teruggetrokke.]
27. Vaseline dink Texan daag by haar eenheid op om haar te kom sien. Wat is die
eintlike rede vir sy besoek?
[Hy het heel waarskynlik beskuit by die meisies of sigarette by Meredith Pike kom
bedel.]
28. Hoekom gee Albie haar pop, Kakka, vir Vaseline?
[Sy sê Vaseline moet hom vir Cyril gee omdat sy nie meer popspeel nie, want sy en
Bart is nou gekys.]
29. Die kinders weet almal al weke wie saam met wie matriekafskeid toe gaan.
Hoekom hoop Vaseline steeds Texan sal haar vra om saam met hom te gaan?
[Vaseline weet hy het nog nie een van die kinderhuismeisies saamgevra nie.]
30. Saam met wie gaan Pizzaface matriekafskeid toe?
[Sy gaan saam met Colin Claerhout.]
31. Wat is die matriekafskeid se tema?
[Die tema is sprokies.]
32. (a) Wie vergesel Texan na die matriekafskeid?
[Esmé Hefner gaan saam met hom.]
(b) Wat is Vaseline se reaksie toe sy dit sien?
[Sy gooi buite op en sukkel om asem te haal.]
33. Hoekom slaan Loeloe vir Nazrene?
[Nazrene het vir Vaseline uitgetart oor Texan wat haar gelos het.]
34. Watter drie “onwettige” dinge doen Vaseline saam met Meredith Pike?
[Sy mag nie in die huismoeder se privaatwoonstel wees nie en sy rook en drink
saam met Meredith Pike.]
35. Watter gevoel koester Vaseline nou jeens Texan?
[Sy het nou net ’n dooie gevoel jeens hom: dit is asof hy nie bestaan nie.]
36. Op bladsy 230 staan daar: “Nie een van haar vriendinne sê iets nie. Hulle het
Vaseline nog nooit so gesien nie”. Haal een woord op dieselfde bladsy aan wat
gebruik word om Vaseline te beskryf soos sy nou optree.
[“zombie”]
37. Op watter twee maniere sê Killer reageer die kinders op verlies?
[Hulle begin hulle vroegtydig van die persoon wat weggaan afsny óf hulle raak
klewerig.]
38. (a) Op watter verskillende maniere volgens Killer, hanteer seuns en meisies hulle
frustrasies en pyn?
[Seuns leef hul frustrasies na buite toe deur goed te breek of iemand te slaan:
hulle maak seer omdat hulle seer is. Meisies, daarenteen, maak hulleself seer
78
01316_Vaselinetjie.indd 78
2/20/07 5:34:22 PM
Hoofstuk 10 (bladsye 235–246)
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
deur losbandig te wees, te ooreet, te drink, aan dwelms verslaaf te raak of met
’n boelie te trou.]
(b) Beskou jy Killer se siening as ’n feit of ’n mening? Sê hoekom jy so dink.
[Die leerders gee hul eie opinies, maar moontlik kan gefokus word op hoe
geldig die waarnemings is. In Vaselinetjie is daar baie getuienis wat hierdie
waarneming ondersteun.]
(c) Killer se siening is ’n veralgemening. Verduidelik wat die volgende beteken:
alle veralgemenings is halwe waarhede; soos hierdie een.
[Veralgemenings kan nie absolute waarhede weergee nie en hierdie stelling
is ook ’n veralgemening: daar is daar dus wel moontlik veralgemenings wat
heeltemal waar kan wees.]
39. Hoe neem Texan afskeid van Vaseline?
[Hy kom in die reën na haar venster toe en sit sy hand op die buitekant van die
glas. Nadat Vaseline haar hand aan die ander kant van die glas gesit het, verdwyn
Texan.]
40. Watter stemming en effek word geskep deur die herhaling “en dit reën en dit reën
vir ewig” op bladsy 232?
[Dit skep ’n mistroostige stemming. Die effek wat die herhaling het, is dat dit klink
asof die oomblik en die emosie wat Vaseline ervaar, voortsleep in ’n kontinuum van
ewige reën.]
s
er
ew
In ’n neutedop
Pizzaface is nie meer daar nie omdat sy haar skoolloopbaan voltooi het. Mevrou Claerhout
het bedank, want haar seun, Colin, het vir Marietjie swanger gemaak en dié is nou in ’n
verbeteringskool. Meneer Hefner en sy vrou het huweliksprobleme (vermoedelik weens
Meredith Pike) en hy het in Esmé se woonstel ingetrek. Killer is hoofmeisie en Vaseline
onderhoofmeisie van die kinderhuis. Merdith Pike wil nou gereeld saam met Vaseline
rook en drink. Dit lyk of Jaap Voordewind ook by Meredith Pike betrokke is en later
trek meneer Hefner terug na sy vrou toe. Die Hefners probeer nou vir Meredith in die
moeiliheid kry. Vaseline ontvang ’n brief van Texan ’n week na die Julie-vakansie waarin
hy verskeie dinge skryf: Hy vra vir Vaseline om verskoning omdat hy so oorreageer
het toe hy uitgevind het van haar ouma-hulle. Juice is doodgeskiet en hy en sy ma wil
wegtrek uit die Kaap.
Maud en Puck kom haal vir Cyril. Puck lyk sleg en dit is duidelik sy is nou aan
dwelms verslaaf. Haar voorkoms laat Vaseline dink dat sy as prostituut werk.
Vaseline gaan saam met Brutus Ithuba na haar matriekafskeid. Sy gaan terug na haar
ouma en oupa toe. Haar oupa vertel haar vandaan kom: Hy het na die asgate gegaan om
skrootmetaal en draad vir die hoenderhokke te soek. Daar het hy ’n babatjie (Vaseline)
gekry en haar gesiggie was oortrek van miere en stukkend gebyt. Sy was in ’n handdoek
toegedraai, maar die deel van haar lyfie wat uitgesteek het, is blase deur die son gebrand.
Hulle het die baba as ’n teken van die Here gesien. Die polisie het haar oupa weggejaag
79
01316_Vaselinetjie.indd 79
2/20/07 5:34:22 PM
en gesê hy moenie hulle tyd met ’n “hotnotsbaby” mors nie en hy moet die baba na die
Welsyn neem. Hulle het die koerante vir ’n maand lank dopgehou om te sien of daar
nie iets oor ’n vermiste baba in was nie. Hulle het toe besluit om die twee grafte van die
kinders wat hulle verloor het, agter te laat en elders oor te begin.
Hulle het aangeneem die baba was bruin omdat hulle haar baie naby aan die lokasie
gevind het. Vir die eerste jaar van haar lewe het hulle die baba aanhoudend met vaseline,
olies en veldmedisyne gesmeer. Vandaar die naam Vaselinetjie.
Vaseline kry ’n brief van Killer wat sê sy en Wessel Griesel gaan trou. Vaseline se
oupa sê vir haar hy het vir Texan en sy ma vir ete genooi. Haar oupa het vir Texan werk
op Upinton gekry. Vaseline is dolgelukkig.
Aktiwiteit 3.12 Hoofstuk 10
Die leerders werk vir hierdie aktiwiteit meestal op hul eie en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer. Jy kan, afhangende van beskikbare tyd, vir die leerders vra om sekere
van die vrae as huiswerk te doen of om die vrae in klein groepies te bespreek en die
antwoorde waarop hulle ooreenkom, in hul werkboeke te skryf.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
1
1. Waar het Vaseline en Killer die nuwe gordyne vir hulle kamer gekry?
[Ouma Kitta het vir hulle op Vaseline se aanwysings nuwe gordyne gemaak.]
2. Waar is Pizzaface nou?
[Sy is nou uit die kinderhuis omdat sy die vorige jaar in matriek was.]
3. Wat het met Marietjie en Colin gebeur?
[Mevrou Claerhout het hulle twee saam in die bed betrap en die swanger Marietjie
is na ’n verbeteringskool gestuur.]
4. Hoekom het mevrou Claerhout bedank?
[Killer reken die petalje met Marietjie was vir mevrou Claerhout die laaste strooi,
en nou gaan sy boonop nog die ouma van ’n kinderhuismeisie se kind wees.]
5. Wie bly nou in die woonstel waarin Esmé gebly het?
[Meneer Hefner het daar ingetrek.]
6. Watter ampte beklee Killer en Vaseline in hul matriekjaar?
[Killer is hoofmeisie en Vaseline onderhoofmeisie.]
7. Wie is, volgens gerugte, ook skuldig aan die Hefners se huweliksprobleme?
[Die kinders dink hy het ’n verhouding met Meredith Pike.]
8. Hoekom is Vaseline nou spyt oor wat sy die vorige jaar op die aand van die
matriekafskeid gedoen het?
[Meredith Pike wil nou gereeld saam met haar rook en drink.]
9. Vir wie sien Vaseline rondsluip in die nag?
[Sy sien vir Jaap Voordewind.]
10. Hoekom, dink jy, het meneer Hefner teruggetrek na sy vrou toe?
[Dit is dalk omdat Jaap Voordewind ook ’n verhouding met Meredith Pike
aangeknoop het: hy het in meneer Hefner se buite-egtelike slaai gekrap.]
80
01316_Vaselinetjie.indd 80
2/20/07 5:34:23 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
11. Waarom besoek die Hefners nou Vaseline-hulle se eenheid gereeld?
[Hulle probeer vir Meredith Pike in die moeilikheid bring.]
12. Op watter manier is meneer Hefner uitgeslape (bladsy 238)?
[Hy bring al die dinge waarvan hy van Meredith Pike se eerste dag af bewus was,
teen haar in sodat hy van haar ontslae kan raak.]
13. Hoekom wil Killer vir Meredith Pike help?
[Sy is bang Meredith sal vou voor die einde van hulle matriekjaar en dan sal ’n
nuwe huisma alles kom deurmekaar krap.]
14. Wanneer bereik die brief van Texan vir Vaseline?
[Dit kom ’n week na die Julievakansie.]
15. Verwys na Texan se brief op bladsye 239–240.
(a) Hoekom het Texan so oorreageer toe hy uitvind van Vaseline se ouma en oupa?
[Hy sê dit is omdat Vaseline hom nie gewaarsku het nie en hy wou nie hê sy
maats moes dink hy gaan met ’n “bruin of bastermeisie” uit nie.]
(b) Waarom het Texan vir Esmé matriekafskeid toe geneem?
[Hy wou meneer Hefner “spite”.]
(c) Wat het met Juice gebeur?
[Hy is doodgeskiet deur een van sy eie makkers.]
(d) Waar is Rashad?
[Hy is vir ’n jaar tronk toe gestuur vir gewapende roof.]
(e) Waarom wil Texan en sy ma trek?
[Dit is nie veilig daar waar hulle woon nie.]
16. Hoe lyk Puck nou?
[Sy het ’n amper deursigtige rokkie met spaghetti-bandjies, hoëhakstewels, ’n groot
sonbril en diep pers lipstiffie aan. Sy is baie maer, het lang swart hare met blonde
ligstrepe in en het blou kneusmerke aan haar maer arms.]
17. Waarom het Maud en Puck kinderhuis toe gekom?
[Hulle het vir Cyril kom haal.]
18. Hoe behandel Puck vir Vaseline?
[Sy praat uitdrukkingloos met Vaseline en is baie terughoudend.]
19. Wat is vir Vaseline ’n bitter pil om te sluk?
[Dit is vir Vaseline moeilik om te aanvaar haar destydse beste maat wil haar nie
meer ken nie; sy wonder ook wat nou met Cyril gaan gebeur.]
20. Wat is, volgens Killer, ’n “tragedie” op bladsy 242?
[Puck is nou ’n dwelmverslaafde en ’n prostituut.]
2
21. Wie het foto’s van die kinders geneem en vir hulle gegee?
[Tannie Hilde het die foto’s geneem.]
22. Saam met wie het Vaseline matriekafskeid toe gegaan?
[Sy het saam met Brutus gegaan.]
23. Hoe het Vaseline se rok gelyk?
[Dit was van materiaal waarin turkoois, blou en groen saamgesmelt het. Vaseline
meen die rok lyk soos die see en sy het soos ’n meermin daarin gevoel.]
81
01316_Vaselinetjie.indd 81
2/20/07 5:34:24 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
24. Hoekom sê Vaseline se oupa: “Lyk my Oupa se darling het alte baie vrinne daar
annerkant gemaak ... ” (bladsy 243).
[Hy sê so omdat sy skaars by die huis is en daar is weer vir haar pos.]
25. Hoekom reken Vaseline is sy nou groot genoeg om te weet waar sy vandaan kom?
[Sy is nou groot genoeg, want sy is nou klaar met skool en het matriek geslaag.]
26. Hoekom het Vaseline se oupa daardie dag asgate toe gegaan?
[Hy het, soos sy gewoonte was, daar na skrootmetaal en draad vir die
hoenderhokke gaan soek.]
27. Hoe het die baba gelyk wat hy daar gevind het?
[Die baba se gesiggie was oortrek van miere en stukkend gebyt. Sy was in ’n
handdoek toegedraai, maar die deel van haar lyfie wat uitgesteek het, is blase deur
die son gebrand.]
28. Hoekom het Simon Bosman die baba as ’n teken van die Here gesien?
[Sy van bevat die woord “bos” en in die Bybel het die Here Hom in ’n brandende
bos openbaar. Die baba was baie gebrand deur die son en tussen die “bos” van
Bosman en die gebrande baba het hy ’n verband en teken gesien.]
29. Wat het die polisie gesê toe hy die baba na hulle toe vat?
[Hulle het hom weggejaag en gesê hy moenie hulle tyd met ’n “hotnotsbaby” mors
nie en hy moet die baba na die Welsyn neem.]
30. Hoe lank het die Bosmans in die koerante gekyk of daar iets is oor ’n vermiste
baba?
[Hulle het die koerante vir ’n maand lank dopgehou.]
31. Wat het hulle saam met hulle ou lewe agtergelaat om ’n nuwe lewe elders te begin?
[Hulle laat die twee grafte van die kinders wat hulle verloor het agter.]
32. Hoekom het die Bosmans aangeneem die baba was bruin?
[Hulle het die baba baie naby aan die lokasie gevind.]
33. Hoe het hulle die baba se vel behandel vir die eerste jaar van haar lewe?
[Hulle het dit aanhoudend met vaseline, olies en veldmedisyne gesmeer.]
34. Watter vier dinge noem Vaseline se oupa haar op bladsy 245?
[Hy noem haar: “ons veldbosengeltjie”, “weglêkindjie”, “Stukkie” en “Oupa se
darling”.]
35. Watter nuus is daar in die brief wat Vaseline van Killer gekry het?
[Killer en Wessel Griesel gaan trou.]
36. Vir wie het Vaseline se oupa genooi om by hulle te kom eet?
[Hy het vir Texan en sy ma genooi.]
37. Watter ooreenkoms is daar tussen Vaseline en Texan se toekomsplanne?
[Hulle wil albei verder gaan studeer.]
38. Waar het Vaseline se oupa vir Texan werk gekry?
[Hy het vir Texan werk in Upington gekry.]
39. Hoekom voel Vaseline spesifiek nou God is “die Groot Beplanner” (bladsy 246)?
[Sy voel God het haar lewe so beplan. Sy glo sy en Texan sal uiteindelik weer
gelukkig saam wees.]
82
01316_Vaselinetjie.indd 82
2/20/07 5:34:25 PM
40. Op die bladsy na bladsy 246 staan daar: “Nie die einde nie, maar ’n begin”.
(a) Waarvan is daardie bladsy wel ’n “einde”?
[Dit is die einde van die vertelling oor Vaseline se lewe.]
(b) Waarvan is dit ’n “begin”?
[Dit is die begin van Vaseline en haar mense se toekoms; ook die begin van
haar en Texan se volwasse lewe saam.]
(c) Hoekom is daar nie ’n punt aan die einde van die sin nie?
[Die afwesigheid van die afsluitingspunktuasie onderstreep die gedagte dat
Vaseline se storie nog nie klaar is nie, maar aangaan.]
(d) Hoekom, dink jy, is daar so baie wit spasie rondom die woorde?
[Dit skep die indruk dat daar rondom die woorde nog baie woorde is waarmee
die “begin” vertel kan word.]
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
83
01316_Vaselinetjie.indd 83
2/20/07 5:34:25 PM
Deel 4: Na die lees
Kennis
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• weet hoe om ’n verskeidenheid tekste te skryf en aan te bied deur konvensies en
formate gepas vir verskillende kontekste te gebruik (Aktiwiteite 4.2, 4.3 en 4.13)
• weet dat daar ’n onderskeid is tussen feite en menings (Aktiwiteite 4.1 en 4.14)
• weet wat die aard van partydigheid, vooroordeel en diskriminasie is (Aktiwiteite
4.2–4.3)
• weet hoe om literêre teorie op ’n spesifieke teks van toepassing te maak (Aktiwiteite
4.1–4.14).
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Vaardighede
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• in staat wees om te luister en te praat vir verskillende doeleindes en teikengroepe in
’n verskeidenheid kontekste (Aktiwiteit 4.1, 4.14 en 4.15)
• in staat wees om vir ’n wye verskeidenheid doeleindes en teikengroepe te skryf en
aan te bied deur konvensies en formate gepas vir verskillende kontekste te gebruik
(Aktiwiteite 4.2, 4.3 en 4.13)
• vrae kan stel ten einde voorspellings te kan maak (Aktiwiteit 4.1)
• die skrywer se afleidings en gevolgtrekkings kan verduidelik en dit met eie afleidings
en gevolgtrekkings vergelyk (Aktiwiteit 4.1)
• tussen feite en menings kan onderskei en ’n eie respons gee (Aktiwiteite 4.1 en 4.14)
• persoonlike response op tekste gee en motiveer (Aktiwiteite 4.1, 4.2, 4.13–4.14)
• die sosiokulturele en politieke waardes, houdings en oortuigings in ’n teks kan
identifiseer en verduidelik (Aktiwiteite 4.2–4.3)
• die aard van partydigheid, vooroordeel en diskriminasie kan verduidelik
(Aktiwiteite 4.2–4.3)
• ’n teks weer herlees en hersien om begrip te bevorder (Aktiwiteite 4.2–4.3)
• toepaslike inligting en besonderhede in tekste vind (Aktiwiteite 4.1–4.14)
• die ontwikkeling van intrige, subintrige, konflik en karakter en die rol van die verteller
beskryf (Aktiwiteite 4.4–4.6 en 4.13)
• die skrywer /verteller/karakter se standpunt/perspektief verduidelik en bewyse uit die
teks lewer (Aktiwiteite 4.6 en 4.13)
• die impak van ’n verskeidenheid figuurlike en retoriese taal- en literêre stylmiddels op
die betekenis van ’n teks ontleed (Aktiwiteite 4.4–4.13)
• in staat wees om die boodskappe en temas in ’n teks te identifseer (Aktiwiteit 4.12)
• kan verduidelik hoe agtergrond en milieu (ruimte) verband hou met die tema van
die verhaal (Aktiwiteit 4.13)
• stemming, tydsverloop en afloop kan beskryf en identifiseer (Aktiwiteit 4.13).
84
01316_Vaselinetjie.indd 84
2/20/07 5:34:26 PM
Houdings en waardes
Aan die einde van hierdie afdeling, sal die leerders
• besef dat verskillende konvensies vir verskillende teksformate geld
(Aktiwiteite 4.2, 4.3 en 4.13)
• besef dat die skrywer se afleidings en gevolgtrekkings moontlik nie met die leser
s’n ooreenstem nie (Aktiwiteit 4.1)
• kan onderskei tussen feite en menings en ’n eie respons gee (Aktiwiteite 4.1 en 4.14).
Inleiding tot hierdie afdeling
In hierdie afdeling is daar aktiwiteite oor Vaselinetjie om die teks verder te ontgin. Die
leerders se response op die teks word ondersoek en hulle oorweeg die voorspellings
wat hulle gemaak het voor die lees van die teks en hul uiteindelike respons op die boek
nadat hulle daardeur gewerk het. Die literêre teorie wat in Deel 2 aan die leerders bekend
gestel is en in Deel 3 oorsigtelik aangespreek is, word uitvoerig op die letterkundeteks
toegepas in hierdie gedeelte. Baie van die aktwiteite in hierdie Deel kan by die leerders
se portefeuljes ingesluit word.
(c
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
Nota aan die onderwyser: ’n Interessante oefening hier kan wees dat jy vir die
leerders vra om in hulle eie tyd na rolprente oor weeskinders te kyk (byvoorbeeld
die Oliver Twist rolprent – gebaseer op Dickens se verhaal – wat in 2006 uitgereik
is). Hulle kan moontlik die dvd (of ander toepaslike dvd’s) uitneem en in groepies by
sommige van hulle huise daarna kyk. Hulle moet dan let op ooreenkomste en verskille
tussen dié verhale en Vaselinetjie. Elke groep moet ’n verslag oor hulle bevindinge
aan die res van die klas lewer.
s
Leerders se response op Vaselinetjie
Aktiwiteit 4.1 Klasbespreking
Hou ’n klasbespreking oor die vrae hieronder. Hierdie aktiwiteit sluit aan by Aktiwiteit 1.2
in Deel 1.
1. Met watter karakter(s) kon julle identifiseer en hoekom?
2. Watter insigte het julle ontwikkel oor kinders wat in kinderhuise woon?
3. Hoe verskil kinderhuiskinders se lewens van julle lewens?
4. Met watter karakter(s) het julle die meeste en minste simpatie gehad? Hoekom?
5. Is die storie wat in Vaselinetjie vertel word geloofwaardig? Hoekom?
6. Watter van die kinderhuiskinders se sienings oor geslag, klas, ras en
magsverhoudings deel julle?
7. Verduidelik watter sienings of waardes wat julle voorheen gehuldig het, deur die
lees van die roman verander is.
8. Wat het jy oor jouself en jou eie motivering geleer?
9. Wat dink julle oor die einde van die roman?
10. Wat dink julle het verder met die karakters gebeur?
85
01316_Vaselinetjie.indd 85
2/20/07 5:34:26 PM
Aktiwiteit 4.2 Skryf ’n brief
Die leerders skryf ’n brief waarin hulle hul persoonlike respons op Vaselinetjie uitdruk.
Hulle werk op hul eie en voer die opdrag hieronder uit.
• Verbeel jou jy is ’n leerder wat saam met Vaseline in haar matriekjaar in die
kinderhuis was.
• Skryf ’n brief aan Vaseline waarin jy vir haar vertel hoe haar lewe joune beïnvloed het.
• Jy moenie net Vaseline se lewe oorvertel in die brief nie, maar fokus op wat jy by
haar geleer het en hoe haar lewe joune verander het.
• Kies vir jouself ’n interessante karakternaam/bynaam. Jy kan selfs ’n verband trek
met jou bynaam en iets wat met Vaseline verband hou.
• Jou brief moet 180–200 woorde lank wees.
Nota aan die onderwyser: Die leerders moet ’n koerantberig skryf vir die volgende
aktiwiteit. Hersien weer die inligting oor die skryf van ’n koerantberig (in Deel 2)
voordat die leerders hierdie taak aanpak.
(c
)T
Aktiwiteit 4.3 Skryf ’n koerantberig
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Die leerders werk op hul eie en voer die opdrag hieronder uit.
Skryf ’n voorbladberig vir die plaaslike koerant in Muizenberg oor die ontberinge wat
Vaseline en Texan deurgegaan het. Baseer jou berig op inligting wat op bladsy 133 begin
en op bladsy 151 eindig. Jy moet die hele voorblad ontwerp en dit moet die volgende
elemente bevat:
• die naam van die koerant wat jy uitdink
• ’n hoofopskrif en die artikel
• ’n foto of skets wat by die berig pas
• ’n onderskrif by die foto
• die berig self.
Jou werk moet op ’n A4-grootte bladsy wees.
Die totale aantal woorde moet tussen 200–220 wees.
Die literêre kenmerke van Vaselinetjie
Die leerders moet die opdragte hieronder uitvoer deur telkens die definisies van literêre
terme en uittreksels te bestudeer en dan daarop te reageer. Hersien die algemene gedeelte
oor Letterkundeteorie in Deel 2 voordat die leerders hierdie aktiwiteite doen. Jy kan
moontlik die teks in Deel 2 vir hulle fotostateer vir verwysing tydens die uitvoer van die
aktwiteite hieronder.
Aktiwiteit 4.4 Intrige en subintrige
Die leerders werk in groepe. Elke groep moet aantekeninge oor hul bespreking maak en
hul gevolgtrekkings dan met die klas deel.
86
01316_Vaselinetjie.indd 86
2/20/07 5:34:27 PM
1. Wat is die hoofintrige in die boek?
[Vaseline word kinderhuis toe gestuur. Hier moet sy oorleef en aanpas, want sy wil
weer by haar oupa en ouma gaan bly.]
2. Beskryf kortliks hoe hierdie intrige in die roman onwikkel.
[Die kinders by Vaselinetjie se skool knou haar af omdat sy wit lyk, maar van ’n
bruin familie af kom. Dit word so erg dat die skool maatskaplike dienste inroep
’n besluit word geneem om haar na ’n kinderhuis te vat. By die kinderhuis moet
sy aanpas by ’n stelsel waar liefde van grootmense en kos skaars is. Sy sien en
ervaar baie konflik en die lelike sy van die lewe. Sy verloor haar onskuld en begin
net so sinies soos die ander kinderhuiskinders raak. Sy maak vriende en leer hoe
om by die kinderhuis te oorleef, maar sy hunker nog na haar ouma en oupa. Sy
raak betrokke in ’n liefdesverhouding met Texan Kirby, maar dit verbrokkel toe hy
uitvind van haar bruin ouma en oupa. Vaseline bly tot aan die einde van matriek by
die kinderhuis, maar gaan daarna weer terug na haar ouma en oupa toe.]
3. Noem ’n paar subintrige(s) in die boek.
[Al die ondergeskikte storielyne, byvoorbeeld Puck en haar familie, die verskeie
liefdesverhoudings, die koshuismoeders se onderskeie probleme, Texan en sy
familie, ensovoorts.]
)T
(c
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Aktiwiteit 4.5 Konflik
Die leerders werk in pare. Hulle skryf hul antwoorde neer en ruil dit uit met ander pare
vir portuurassessering.
1. Noem ten minste drie voorbeelde van konflik in Vaselinetjie.
2. Sê watter groepe of individue by die konflik betrokke is.
[Vaselinetjie word teen haar sin van haar ouma en oupa weggeneem. Dit dui op
’n stryd tussen die karakter Vaselinetjie en die omstandighede waarin sy haarself
bevind. Die meisies wat Vaselinetjie aan die begin van die roman terroriseer, dui
op ’n styd tussen die karakter Vaselinetjie en ’n groep meisies. Die bosing tussen
die karakters meneer Hefner en Texan is ’n voorbeeld van konflik tussen twee
karakters.]
Aktiwiteit 4.6 Verteller
Die leerders werk op hul eie en skryf hul antwoorde in hul werkboeke neer.
1. Watter soort verteller tree op in Vaselinetjie? Motiveer jou antwoord en gee
aanhalings om dit te staaf.
[’n Derdepersoonsverteller tree op want die verteller is nie self by die verhaal
betrokke nie. Die verteller is nie self ’n karakter in die verhaal nie en gebruik
derdepersoonsvoorname soos “hy”, “sy”, “hulle” en “dit”. ’n Voorbeeld om dit te
illustreer is op bladsy 2: “Vaselinetjie kan nie hoor wat haar ouma antwoord nie,
maar toe sy die skinkbord wankelrig die sitkamer binnedra, sien sy haar ouma ’n
traan wegpink”.]
2. Bestudeer die uittreksels en beantwoord die vrae oor die standpunt/perspektief van
die verteller in die gedeelte:
87
01316_Vaselinetjie.indd 87
2/20/07 5:34:30 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
“Die koshuisvrou maak die deur na die gang oop en stoot die traliehek weg
sodat Vaselinetjie kan ingaan. Sy hoor ’n gefluister in die donker gang.
‘Ligte uit, ligte uit!’ roep die vrou soos hulle in die gang af loop terwyl
Vaselinetjie met moeite haar tas agterna sleep. Die vrou het hare op haar
bolip en nek, te grillerig. Vaselinetjie sien dat haar voete skeef trap in ’n
paar houseslippers en dat haar hakke skurf en gebars is. Sy is besig om ’n
toastbroodjie te eet en lek haar vingers af tewyl sy Vaselinetjie se vorm onder
haar blad vasknyp.”
“By die vierde kamer beduie sy vir Vaselinetjie om in te gaan, maar bly skaars
vir ’n oomblik in die deur staan om te sien of sy darem ’n oop bed kry.
‘Ek’t mos gesê ligte uit,’ skel sy by Vaselinetjie verby op die nuuskierige
agies wat orals onder beddegoed uitloer.” (Bladsye 20–21.)
(a) Dink jy die verterteller probeer die “koshuisvrou” in ’n postiewe lig stel?
Verduidelik hoekom jy so sê, deur na die manier hoe sy uitgebeeld word, te
verwys.
[Nee, die verteller beeld die vrou as ongevoelig, platvloers, kortaf en
fisiek grillerig uit. Die verteller verwys aan die begin van die aanhaling
na die karakter as “koshuisvrou”. Hierdie benaming reduseer haar tot ’n
indentiteitlose, generiese persoon wat net deur haar funksie/werk en geslag
geïndentifiseer word. Wanneer sy in dié gedeelte praat is die woorde kortaf,
onbeleefde bevele en vermanings. Verder word haar woorde met aggressiewe
werkwoorde soos “roep” en “skel” beskryf. Die vrou se slegte maniere
word uitgewys deurdat die leser hoor hoe sy haar vingers aflek. Daar word
gefokus op dinge wat as afstootlik aan ’n vrou se voorkoms beskou kan word:
gesighare, skurwe, gebarste hakke en voete wat skeeftrap in “houseslippers”.
Oor die vrou se gesighare maak die verteller selfs die uitspraak: “te grillerig”.
Die vrou blyk ook nie belang te stel in die kind – wat in haar sorg geplaas is
– se welstand nie: sy bly deurgaans skellerig en maak nie seker of Vaselinetjie
darem ’n bed het om in te slaap nie.]
(b) Hoe wek die verteller simpatie vir Vaselinetjie in die uittreksel?
[Vaselinetjie, ’n dogtertjie, sukkel met haar tas en niemand help haar daarmee
nie. Sy word in hierdie nuwe, onbekende, donker ruimte rondgewys deur ’n
vrou, wat lyk of sy meer in haar toebroodjie belangstel as in Vaseline. Die
vrou lyk ook of sy net wil hê dat die kinders moet slaap.]
(c) Vaselinetjie is die fokalisator in dié gedeelte. Sê of jy met dié stelling
saamstem en verduidelik jou antwoord.
[Vaselinetjie is die fokalisator aangesien haar waarnemings die leser se
aandag rig en al die aksies het of direk met haar te doen of vind in haar
nabyheid plaas. In die uittreksel “hoor” sy ’n gefluister en “sien” sy die
koshuisvrou se voete trap skeef. Die dialoog handel hoofsaaklik oor inligting
oor die kinderhuis wat die vrou aan Vaselinetjie verskaf. Selfs as die vrou die
eerste keer met die ander kinders praat, is die fokus gelyktydig op Vaselinetjie
en hoe sy sukkel met haar tas. Wanneer die vrou die tweede keer met die
kinders praat, “skel sy by Vaselinetjie verby”.]
88
01316_Vaselinetjie.indd 88
2/20/07 5:34:31 PM
(i)
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Hoekom sal mens kan sê die verteller vertel uit Vaselinetjie se
perspektief wanneer die verteller sê: “te grillerig”.
[In die hele stuk rig Vaselinetjie se waarnemings (wat sy hoor en sien)
die vertelling. Wanneer daar vertel word van die “koshuisvrou” se
gesighare kan aangeneem word Vaselinetjie sien dit ook. Die aanlas
van “te grillerig” na die beskrywing klink soos ’n onmiddellike,
ongesensorde waarneming van ’n kind (Vaselinetjie). Die skynbaar
kinderlike woord, “grillerig” klink ook eerder of dit ’n woord is wat
Vaselinetjie sou gebruik eerder as ’n neutrale, volwasse waarnemer.]
(ii) Soek na nog voorbeelde in die roman waar die verteller vanuit
Vaselinetjie se perspektief vertel.
[Enige ander voorbeelde waar Vaselinetjie die fokalisator is. Daar is baie
voorbeelde hiervan. Lei die klas in ’n bespreking wat tot die slotsom
kom dat die verteller omtrent die hele verhaal vanuit Vaselinetjie se
perspektief vertel, baie “in haar kop” is en omtrent alles so vertel dat die
leser se simpatie by haar lê.]
(iii) Wie, dink jy, is die verteller se gunsteling huismoeder? Sê waarom jy so
dink.
[Tannie Hilde, want dit word gereeld onder die leser se aandag gebring
sy is ’n gunsteling onder die kinderhuiskinders (“sy’s die beste-beste
huismoeder van die lot” – bladsy 120). Tannie Hilde se optrede teenoor
die kinders laat blyk sy gee vir hulle om (“Tannie Hilde sit skielik
haar arm om Vaseline se skouers en kyk saam met haar oor die see uit”
– bladsy124). Sy neem foto’s van die kinders, verstaan die kinders, maar
dwing steeds die nodige respek af.]
s
Aktiwiteit 4.7 Metafoor en vergelyking
Die leerders werk op hul eie en skryf hul antwoorde in hul werkboeke neer.
Betudeer telkens die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg:
“Hulle soen tot die maan ’n glimlag word en die kinderhuisliggies in die
sterrehemel wegsmelt. Tot niemand anders bestaan nie.” (Bladsy 181.)
1. Watter twee dinge word direk aan mekaar gelykgestel?
[Die maan en ’n glimlag.]
2. Watter letterlike verband kan daar tussen die twee dinge wees?
[Die maan kan ’n sekelmaan wees wat dieselfde vorm as ’n glimlag vertoon.]
3. Wat is die funksie en impak van dié metafoor?
[Dit kommunikeer die geluk wat Vaseline en Texan ervaar deur dit op ’n
dramatiese, amper kosmiese vlak te eggo.]
4. Soek na nog metafore in Vaselinetjie en verduidelik watter impak hulle op die
betekenis van die teks het.
[Enige ander metafoor uit die boek en geloofwaardige interpretasie van die impak
daarvan.]
89
01316_Vaselinetjie.indd 89
2/20/07 5:34:32 PM
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
5. Lees die uittreksel en verduidelik dan wat die letterlike betekenis is daarvan dat
Pizzaface met ’n soutpilaar vergelyk word.
“Killer.
Vaseline sien haar wit hande wat slap langs haar sye swaai voor sy die res van
haar liggaam sien.
‘Neeeee!’ Sy stamp vir Pizzaface weg wat soos ’n soutpilaar in die deur bly
staan.”
Killer het haarself aan ’n stortkop opgehang. Met ’n skooldas.” (Bladsy 166.)
[Sy staan doodstil asof sy nie kan beweeg nie.]
6. Watter ander, meer figuurlike, impak het hierdie vergelyking op die betekenis van
die teks?
[Pizzaface word ook indirek met Lot se vrou van die Bybel vergelyk. Lot se vrou
is deur God gestraf omdat sy in weerwil van Sy opdrag teruggekyk het na die
tuiste wat hulle moes verlaat. Sy was ongehoorsaam, maar wou ook moontlik uit
nuuskierigheid vir ’n laaste keer na die stad kyk. Pizzaface is ’n baie nuuskierige
karakter wat altyd alles wil weet en skinderpraatjies daaroor maak. Die vergelyking
impliseer sy verdien dalk ook straf omdat haar nuuskierigheid baie keer tot
ander se verdriet lei. Die vergelyking beklemtoon ook hoe skokkend Killer se
selfmoordpoging is.]
7. Soek na nog vergelykings in Vaselinetjie en verduidelik watter impak dit op die
betekenis van die teks het.
[Enige ander vergelykings uit die boek en geloofwaardige interpretasie van die
impak daarvan.]
s
er
ew
Aktiwiteit 4.8 Simboliek
Die leerders werk in groepe en skryf hul groepantwoorde in hul werkboeke neer.
1. Lees telkens die uittreksels uit Vaselinetjie en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“Sy’t gehoop alles sou oor wees teen die tyd dat dit lig word.
Sy’t gehoop die maan sou vol wees, sodat sy beter kon sien waarheen.
Sy’t gehoop sy gaan dood voor die nuwe dag. Vroegaand al begin voel die tyd
kom nader.” (Bladsy 5.)
“Iewers in die oggend het sy ophou kreun en net gelê terwyl die son die bloed
op haar klere en teen haar bene af taai bak.” (Bladsy 6.)
“Vaseline voel hoe die son se helder lig haar hele lyf volmaak, asof die Groot
Beplanner so pas tot in haar hart geglimlag het.” (Bladsy 246.)
(a) Wat simboliseer die son op bladsy 5?
[Dit simboliseer die hoop op die koms van verligting vir die meisie.]
(b) Wat simboliseer die son op bladsy 6?
[Dit simboliseer die harde werklikheid wat die tragiese gebeure belig en die
getuienis daarvan nog onaangenamer maak.]
(c) Wat simboliseer die son op bladsy 246?
[Dit simboliseer blydskap, geluk, vervuldheid en selfs die Heilige Gees.]
2. Lees die uittreksel op bladsy 91 en noem dan twee simboliese waardes wat die
poppe in die verhaal kan hê.
90
01316_Vaselinetjie.indd 90
2/20/07 5:34:33 PM
“Of hy laat die huistannies die kleintjies se poppe afvat en dan moet hulle die
bene en arms uittrek en in die spens opsluit. Daar staan ’n hele boks vol sulke
bene en arms in tannie Snorre se spens, het Vaselinetjie al gesien. Sy weet nie
hoekom nie, maar as sy vir die ander vra, dan giggel hulle net en sê sy moenie
so vieslik wees nie.” (Bladsy 48.)
[Die poppe wat so uitmekaargetrek is, kan die kinderhuiskinders se gebroke lewens
en siele simboliseer. Die poppe kan ook die verwronge ontwikkeling en persepsie
van seksualiteit van baie van die kinderhuiskinders simboliseer.]
3. Soek na nog simbole in Vaselinetjie en sê wat hulle simboliseer.
[Enige simbole uit die roman en ’n gepaste verduideliking van simboliese
waarde.]
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 4.9 Literêre stylmiddels
Die leerders werk saam as ’n klas. Hulle bespreek die vrae en skryf hul antwoorde in hul
werkboeke neer.
1. Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“Juice kap met sy kneukel op Texan se kop. ‘One true houtkop. Het hy dan
nie vir jou gesê nie, sweetheart? Onse ma is ’n kleurling. ’n Genuine be-diende. ’n Meid wat haar hande aan haar apron moet afvee voor sy die merrim se
tee mag skink. Maar toe het sy en die baas te veel affirmative action gehad en
daar pop onse whitey uit!’” (Bladsy 144.)
(a) Gebruik Juice die woord “sweetheart” sarkasties of ironies? Verduidelik
hoekom jy so sê.
[Hy is sarkasties. Alhoewel hy die teenoorgestelde sê van wat hy bedoel, is
sy bedoeling in die eerste plek om smalend en minagtend teenoor Vaseline te
wees.]
(b) Wat impliseer Juice oor wat sy ma se werkgewer van haar (en huishulpe en
bruin mense in die algemeen) dink?
[Sy ma is vuil.]
(c) Verduidelik die woordspeling op “affirmative action”.
[Die woord beteken gewoonlik “regstellende aksie”, m.a.w. ’n beleid/praktyk
wat probeer om voorheen benadeelde mense ’n hupstoot te gee om veral
ekonomies bemagtig te word. Meeste mense dink aan regstellende aksie in
terme van ras. In die aanhaling is daar persone van verskillende rasse betrokke,
maar die “aksie” waarvan gepraat word kry die betekenis van die seksdaad.]
2. Lees die uittreksel hieronder en verduidelik dan watter ironiese tragiek in Killer se
woorde opgesluit is.
“‘Kyk hoe smile Pizzaface,’ mompel Killer onderlangs vir Vaseline. ‘Selfs
skel is vir haar lekker, solank sy net aandag kry.’” (Bladsy 94.)
[’n Mens verwag nie enigiemand sal daarvan hou as iemand op hulle skel nie. Dit
maak egter vir Pizzaface gelukkig as iemand op haar skel omdat sy so desperaat vir
aandag is – selfs negatiewe aandag sal haar gelukkig maak.]
3. Beskryf kortliks watter ironiese verloop daar met betrekking tot ras in Vaseline en
Texan se verhouding is.
91
01316_Vaselinetjie.indd 91
2/20/07 5:34:35 PM
[Hulle altwee is van “gemengde” herkoms en hulle steek dit altwee vir mekaar
weg. Mens sou verwag hierdie gedeelde werklikheid moet hulle saamsnoer, maar
ironies lei dit tot die opbreek van hulle verhouding.]
4. Lees die uittreksel hieronder en verduidelik dan hoekom Vaseline se woorde aan
Texan ’n voorbeeld van geestigheid is en nie van sarkasme nie.
“‘Natuurlik worry ons. Julle is mos ons Peppies, of ons julle kan verdra of
nie!’ Sy stamp hom speels teen die skouer en hulle wieg saam teen mekaar.”
(Bladsy 162.)
[Vaseline se bedoeling is nie smalend of snydend nie en is dus nie sarkasties nie.
Sy spot hom op ’n lighartige manier oor die feit dat die seuns (Peppies) soms maar
moeilik kan wees om mee saam te lewe.]
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 4.10 Antiklimaks en kontras
Die leerders werk op hul eie en skryf hul antwoorde in hul werkboeke neer. Jy kan by
hierdie aktiwiteit oorweeg om ’n visuele element in te bring, waar leerders ’n plakkaat kan
maak om visueel uit te beeld hoe kontras en antiklimaks in Vaselinetjie vir hulle “lyk”.
1. Hoekom is die eerste keer wat Vaseline vir ’n vakansie na haar ouma en oupa gaan
’n antiklimaks?
[Sy het vir baie lank uitgesien om met haar ouma en oupa herenig te word. Toe dit
gebeur, is dit ’n groot teleurstelling, want sy voel soos ’n vreemdeling by hulle.
Haar verwagting was om hemel op aarde te ervaar en uiteindelik weer gelukkig te
voel. Die teenoorgestelde van dié verwagting gebeur en dit is ’n groot antiklimaks
vir Vaseline en vir die leser.]
2. Hoe staan Vaselinetjie in kontras met die ander kinders aan die begin van haar
verblyf in die kinderhuis?
[Sy is baie naïef en onskuldig in vergelyking met hulle.]
3. Watter effek het hierdie kontras op die leser se siening van Vaselinetjie?
[Die leser ontwikkel simpatie vir haar omdat sy swaarkry weens hierdie eienskappe
(onskuld en naïewiteit) en gedompel is in ’n wêreld waar dit moontlik vernietig sal
word. Baie mense reken hierdie eienskappe moet so lank as moontlik in ’n kind
gekoester word.]
Aktiwiteit 4.11 Onderbeklemtoning, karikatuur/spot en hiperbool
Die leerders beantwoord die vrae hieronder tydens ’n klasbespreking en skryf dan hul
antwoorde in hul werkboeke neer.
1. Albie se pop se naam is “Kakka”. Verwys na bladsye 58–59 en sê hoekom die
naam ’n voorbeeld is van onderbeklemtoning.
[Die naam klink onskuldig en self kinderlik. Wanneer ’n mens op bladsy 59 lees
die pop het die naam gekry het omdat “Albie se ma altyd gesê het die pop is net so
besmeer soos haar dogter” is dit duidelik dat die naam, met die eerste oogopslag,
nie die ernstigheid daarvan weerspieël nie.]
2. Hoekom is die bynaam, Bart, ’n voorbeeld van ’n karikatuur? (Verwys na bladsy 98.)
92
01316_Vaselinetjie.indd 92
2/20/07 5:34:37 PM
[Die kinders het hom dié bynaam gegee n.a.v. sy fisiese ooreenkoms met die
strokieskarakter Bart Simpson. Hy het ’n lang kop en klossies hare bo-op. Deur
hierdie bynaam te gee en te gebruik, fokus die kinders op sy voorkoms en reduseer
hom tot ’n karikatuur.]
3. Hoe dryf Diesel die spot met meneer Voordewind op bladsy 191?
[Hy verwys na hom as “Pappa Kaaskop” en gebruik dus die spottende benaming
vir Hollanders.]
4. Sê of jy saamstem met die stelling: “Killer is ’n hiperbool op twee bene”? (Verwys
na bladsy 131 in jou antwoord.)
[Ja, sy oordryf gereeld in die stories wat sy vertel en haar reaksie op dinge. Op
bladsy 131 word daar vertel hoe sy “snikkend op die sitkamerbank gaan neerval
het” en Loeloe noem haar “Miss Drama Queen Deluxe”.]
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Aktiwiteit 4.12 Tema
Die leerders werk op hul eie en skryf hul antwoorde in hul werkboeke neer.
1. Hoekom, dink jy, sal Vaseline moontlik baie betrokke wees by die voorkoms en
ontwikkeling van die tema? Gee twee redes.
[Sy is die hoofkarakter en grootliks die fokalisator in die roman.]
2. Hier volg moontlike omskrywings van die tema in Vaselinetjie. Skryf nog twee
moontlike omskrywings neer wat jy self formuleer.
(a) Moeilike omstandighede toets jou en dwing jou om te besluit of jy jou
waardes oorboord gaan gooi of nie.
(b) Indien ’n mens se eerste vier vlakke van behoeftes nie bevredig word nie, is
selfverwesenliking ’n behoefte wat moeilik is om te bevredig.
[’n Mens moet altyd eerlik oor jou herkoms wees. ’n Mens moet jouself goed
leer ken om werklik gelukkig te wees. ’n Mens is onherroeplik verbind aan
jou verlede en herkoms. Tieners gaan deur ’n proses waar hulle op soek is na
hulle indentiteit.]
3. Verduidelik kortliks hoe Omskrywing (a) in Vaselinetjie voorkom en ontwikkel
word. Fokus in jou verduideliking op Vaseline.
[Vaselinetjie word van haar ouma en oupa weggevat en in ’n kinderhuis geplaas.
Sy word uit ’n liefdevolle gesinslewe verplaas na die onvriendelike, gewelddadige
kinderhuiswêreld. Aanvanklik probeer sy haar bes om die waardes wat sy by haar
ouma en oupa geleer het, uit te leef.
Soos sy met die kinders in die kinderhuis vriende maak en deur die mense
in gesagsposies sleg behandel word, word sy meer soos die kinderhuiskinders. Sy
verkeer gereeld in ’n tweestryd: sy wil nie haar ouma en oupa teleurstel nie, maar
die wrede werklikheid van haar nuwe lewe dwing haar om die “goeie”, onskuldige
meisie, wat sy eers was, opsy te skuif. Die lewe raak geleidelik vir haar nog
moeiliker omdat sy al hoe meer van haar ouma en oupa wegdryf en voel asof sy
daardie anker verloor.
Sy besluit later sy gee nie meer om nie en begin dinge doen soos rook en
wegloop; dinge wat sy nooit voorheen sou doen nie. Al raak sy baie radeloos, raak
93
01316_Vaselinetjie.indd 93
2/20/07 5:34:40 PM
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
sy nooit so erg soos die meeste van die ander kinderhuiskinders nie; heel moontlik
weens die waardes wat sy by haar ouma en oupa geleer het.
Haar verhouding met God ondergaan ’n verdieping – veral tydens die seevakansie – en haar geloof dra haar ook deur die ontberings met die skollies.
Wanneer Texan hulle verhouding verbreek, verkeer sy in ’n emosionele krisis, maar
kom daardeur en rig haar op positiewe dinge: verantwoordelikheid, vriende en
haar ouma en oupa. Aan die einde van die verhaal het sy weer ’n goeie verhouding
met haar ouma en oupa en met God. Vaseline is deur ’n moeilike paar jaar, maar
eindelik deel sy weer haar ouma en oupa se waardes.]
4. Verduidelik kortliks hoe Omskrywing (b) in Vaselinetjie voorkom en ontwikkel
word. Fokus in jou verduideliking op Texan en baseer dit op Maslow se hiërargie
van behoeftes.
[Texan se basiese behoeftes (Vlak 1) – net soos die ander kinderhuiskinders
s’n – word nie op ’n gereelde basis bevredig nie; veral die behoefte aan genoeg
kos. Weens sy huislike omstandighede in die Kaap, diskriminasie van die
dorpsgemeenskap en die kinderhuislewe met al sy sosiale probleme, het hy
voortdurend ’n stryd om sy veiligheidsbehoefte (Vlak 2) te bevredig. Hy ervaar ’n
mate van behoort en liefde (Vlak 3) in die kinderhuis, maar sy broer en vriende in
die Kaap verwerp hom. Texan bou sy selfbeeld (Vlak 4) op negatiewe dinge soos
bakleierye, wat aan hom status verleen.
Texan se verhoudig met Vaseline is ’n keerpunt in sy lewe. Die behoort en
liefde wat hy by haar ervaar is so sterk, dit dryf hom om sy selfbeeld op positiewe
dinge te bou. Hy begin selfs toekomsplanne maak en beweeg al hoe meer na Vlak
5: die behoefte na selfverwesenliking. Toe dié verhouding eindig, verdwyn die
Vlak 4 en 5 behoeftes omtrent heeltemal en hy begin weer baklei en gee nie meer
om oor die verantwoordelikheid wat met sy hoofseunskap saamgaan nie.
Wat hieruit blyk is hoe die bevrediging van ’n middelvlakbehoefte ’n mens
kan motiveer om hoërvlakbehoeftes na te streef. Hierdie strewe kan egter maklik
wegval, indien die middelvlakbehoefte nie meer bevredig word nie én daar nie ’n
groot mate van bevrediging van die laervlakbehoeftes is nie.]
Aktiwiteit 4.13 Literêre opstel
Die leerders skryf die opstel op hul eie, aan die hand van die opdrag en instruksies
hieronder.
Opsie 1: Karakterontwikkeling
1. Skryf ’n literêre opstel waarin jy op een van die volgende fokus: Vaselinetjie, Texan
of een van die ander kinders in die kinderhuis.
2. Jou opstel moet die elemente uiteengesit in (a)–(d) insluit.
(a) ’n Beskrywing van die karakter se persoonlikheid: watter karaktereienskappe
openbaar die karakter? (50 woorde)
(b) ’n Verduideliking van hoe die karakter se persoonlikheid gevorm is: hoe het
ander karakters en omstandighede bygedra om die karakter se persoonlikheid
te vorm? (100 woorde)
94
01316_Vaselinetjie.indd 94
2/20/07 5:34:42 PM
(c) Verduidelik hoe die verteller die karakter karakteriseer: van watter dade
en woorde laat die verteller die leser weet, wat sê ander karakters oor dié
karakter, wat sê die karatker oor hom-/haarself? (100 woorde)
(d) Wat kan die leser uit die karakter se lewe en optrede leer: wat doen die
karakter reg en wat doen hy/sy verkeerd en watter les is daar te leer?
(50 woorde)
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Opsie 2: Ruimte en tyd
1. Skryf ’n literêre opstel waarin jy verduidelik hoe die agtergrond en milieu (ruimte)
in Vaselinetjie verband hou met die tema van die boek. Verwys in jou opstel na die
stemming, tydsverloop en afloop in die verhaal.
2. Jou opstel moet die elemente uiteengesit in (a)–(b) insluit.
(a) ’n Beskrywing van die ruimte in die verhaal. Verwys na die tyd en plek
waar die gebeure in die verhaal afspeel. Verduidelik hoe die milieu onthul
word deur beskrywing (van die weer, plekke, vertrekke, meubels, kleredrag
en gebruike). Gee voorbeelde van hoe die skrywer beeldspraak gebruik om
die leser se vyf sintuie by hierdie beskrywings te betrek (sig, reuk, gehoor,
aanraking en smaak). (150 woorde)
(b) Verduidelik hoe tydsverloop in Vaselinetjie tot die stemming van die verhaal
bydra. Fokus op die volgende:
• Word die verhaal chronologies vertel?
• Verduidelik leestyd, verteltyd en vertelde tyd soos wat dit op Vaselinetjie
betrekking het.
• Noem voorbeelde van tegnieke soos (terugflitse en vooruitskouings) wat
gebruik word om gebeure, gedrag en situasies in Vaselinetjie toe te lig.
(150 woorde)
s
Onthou
Gee telkens voorbeelde uit die boek om jou opinies te staaf. Hierdie voorbeelde is egter
net ondersteunend en moenie die grootste gedeelte van jou opstel uitmaak nie.
Kritiek op Vaselinetjie
Nota aan die onderwyser: Lees die volgende resensie hardop voor. Noem vooraf vir
die leerders dat hulle ’n luisterbegripstoets daaroor gaan voltooi.
Lesersresensie, Oktober 2005
Deur Trisa Hugo
Hierdie is een van daardie boeke wat ek nie kon besluit of ek dit lees vir die letterkundige waarde, vir die storie, of omdat dit my aan my maag gegryp het nie. Dan is daar
ook altyd die dankbaarheid dat mens van so iets léés, dat dit nie deel van jou eie realiteit
is nie. Die kinderhuis, en die raak-raak aan iets soos kinderprostitusie, het my my naels
laat afkou.
95
01316_Vaselinetjie.indd 95
2/20/07 5:34:43 PM
Die skryfster slaag myns insiens uitstekend daarin om die lewe van die kinders in die
kinderhuis uit te beeld, soos wat ek [my] nog altyd kinders in ’n kinderhuis voorgestel
het. Dis baie duidelik dat sy van haar eerstehandse ervarings as kinderhuiswerker gebruik
gemaak het by die skryf van hierdie boek. Daar was egter sekere aspekte wat my gepla
het van die boek: Dit is nie duidelik in watter jare die storie afspeel nie. Die kinders
praat van hulleself as Madiba se kinders, en daar is kinders van verskillende rasse in die
kinderhuis. Dit is dus duidelik dat dit gedurende die afgelope paar jaar afspeel. Dan maak
dit nie eintlik sin dat Vaselinetjie wat blank is, van haar bruin grootouers weggeneem
word nie. Waarom sou ras dan ’n faktor wees? Die gedeelte waar die kinders op vakansie
see toe gaan, en Vaselinetjie saam met Texan ontvoer word, was myns insiens uit pas
met die res van die boek. Die einde van die boek het my laat dink dat die skryfster moeg
geskryf was, en verveeld begin raak het met die storie, en dit bloot wou klaarkry.
Maar dit bly steeds ’n boek wat ek vir enige persoon, oud of jonk, sou aanbeveel!
(Bron: www.boekwurm.co.za)
)T
(c
Aktiwiteit 4.14 Luisterbegripstoets
Die leerders moet die vrae hieronder in hul werkboeke beantwoord.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
1. Die skryfster van die resensie kon eers nie besluit waarom sy dit lees nie. Sy noem
drie moontlike redes waarvan een vir die letterkundige waarde is. Wat is die ander
twee?
[Vir die storie en dit het haar aan die maag gegryp.]
2
2. Waaroor is die skryfster dankbaar?
[Sy lees net van die dinge in die boek en dit is nie deel van haar regte lewe nie.] 1
3. Wat het die skryfster haar naels laat afkou?
[Die kinderhuis en die verwysings na kinderprostitusie.]
1
4. Waarvan het Anoeschka von Meck gebruik gemaak om Vaselinetjie te skryf?
[Eerstehandse ervaring as kinderhuiswerker.]
1
5. Wat is vir die skryfster onduidelik oor die tydsruimte van Vaselinetjie?
[Sy is onseker in watter jare die storie afspeel.]
1
6. Hoekom maak dit nie sin dat Vaselinetjie van haar grootouers weggeneem is nie?
[Daar is baie aanduidings dat die roman afspeel in ’n nierassige Suid-Afrika.]
1
7. Hoe voel die skryfster oor die gedeelte waar die kinders met vakansie by die
see is?
[Dit is uit pas met die res van die boek.]
1
8. Wat is die kritiek oor die einde van die boek?
[Die skryfster was moeg en wou net klaarmaak.]
1
9. Hoe weerspreek die resensent haarself eintlik aan die einde van die
resensie?
[Haar negatiewe is baie meer as haar positiewe kommentaar, maar tog beveel
sy dit vir almal aan.]
1
Totaal 10
96
01316_Vaselinetjie.indd 96
2/20/07 5:34:43 PM
Aktiwiteit 4.15 Klasbespreking oor Trisa Hugo se resensie
Hou ’n klasbespreking oor die resensie.
1. Word Vaselinetjie verwyder van haar ouma-hulle se sorg oor landswette?
2. Wat van die strandvakansie is “uit pas” met die res van die storie? Is daar enige
geldigheid aan dié opinie?
3. Hoekom reken sy was Von Meck “moeg geskryf” en wou die storie net “klaarkry”?
Is daar enige geldigheid aan dié opinie?
4. Waarom is die negatiewe kritiek nie deur joernaliste uitgespreek nie?
’n Resensie vanaf die Internet
Die volgende resensie het ook op die Boekwurm-webblad verskyn.
el
af
)T
(c
Wie’s die skrywer?
Die kultusskepper van Annerkant die longdrop (1998), ’n boek oor dwelms en jong
mense se soeke. Haar broer is aan ’n dwelm-oordosis dood. Haar bloedpa is Vloog
Theron. Sy self het ’n bietjie langer as ’n jaar by ’n kinderhuis op Robertson gewerk en
ook gestremdes in Bloemfontein opgepas. Later in Windhoek by ’n koerant gewerk en ’n
draaiboekprys gewen. Haar persoonlike ervarings verwerk sy in dié jeugverhaal.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
Wat laat die storie werk?
’n Totaal outentieke vertelling van ’n wit kind wat deur ’n ou bruin egpaar in die lokasie
grootgemaak word. Wanneer sy deur die Welsyn na ’n “wit” weeshuis gestuur word,
kry sy vir die eerste keer met verstoting, skreiende eensaamheid en wreedheid te doen
– en dit meestal tussen die kinders self. Vaselinetjie is terselfdertyd naïef en sinies, wat
dikwels sorg vir humor met ’n traan.
Wat nie?
Soms neig die verteller na prekerige godsdienstigheid wat hinder juis omdat die boek
andersins so eerlik geskryf is.
Die moeite werd?
As ’n jeugboek staan dit beslis uit. Dis ’n ander, wrede wêreld wat hier uitgebeeld word,
dikwels in siniese straatkindtaal.
(Bron: www.Boekwurm.co.za)
97
01316_Vaselinetjie.indd 97
2/20/07 5:34:45 PM
’n Resensie in die koerant
Hierdie resensie het in ’n Bylaag van Die Burger verskyn.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
98
01316_Vaselinetjie.indd 98
2/20/07 5:34:46 PM
Aktiwiteit 4.16 Het die resensies jou mening verander?
Bespreek die vrae hieronder tydens ’n klasbespreking met die leerders.
1. Hoe het hierdie resensie jou mening oor die boek verander? Verduidelik hoekom.
2. Wat dink jy nou oor jou antwoorde in Aktiwiteit 4.1? Verwys spesifiek na Vrae 5 en 9.
Aktiwiteit 4.17 Ondersoektaak
Gee die volgende opdrag vir die ondersoektaak aan die leerders. Hulle moet die taak
individueel voltooi.
Volg hierdie stappe
• Raadpleeg ’n verskeidenheid bronne. Bronne kan die volgende insluit: tydskrifte,
koerante, vakboeke, ensiklopedieë, die Internet, rolprente en TV-programme.
• Ondersoek die bronne.
• Verwerk die inligting uit die bronne.
• Maak ’n gevolgtrekking na aanleiding van die ondersoek en jou verwerking van die
inligting.
• Bied jou werk logies en netjies aan.
(c
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
Jou ondersoektaak moet die volgende insluit
• Navorsingsfeite en -teorieë oor een van die onderwerpe hieronder (300 woorde).
– Die invloed wat kindermishandeling op ’n kind se gedrag het.
– Die geskiedenis van Lolita.
– Die gee van byname.
– Die positiewe invloed wat volwassenes op kinders kan hê.
• Gepaste sketse of foto’s met die nodige byskrifte.
• ’n Bespreking van een van die karakters in Vaselinetjie waar jy ’n verband wys
tussen die navorsing wat jy gedoen het en die karakter. (100 woorde)
• ’n Volledige bronnelys.
Wenke
• Raadpleeg ’n verskeidenheid bronne.
• Moenie net uit jou bronne oorskryf nie: gebruik relevante inligting en skryf dit oor
in jou eie woorde.
• Struktureer jou taak sistematies en logies.
• Gaan kreatief te werk en verseker ’n netjiese en interessante aanbieding.
• Jou taak gaan met behulp van ’n rubriek bepunt word.
99
01316_Vaselinetjie.indd 99
2/20/07 5:34:49 PM
Woordelys
In hierdie afdeling word ’n alfabetiese woordelys verskaf. Die woorde wat hierin vervat
is, kom alles uit die letterkundeteks Vaselinetjie. Die leerders kan ’n fotostaat van hierdie
woordelys kry en deur die loop van die leesproses deurgaans na die lys verwys indien
hulle onseker is oor ’n woord se betekenis. Jy kan ’n deurlopende projek hiervan maak,
waar ’n afskrif van die woordelys in die klas beskikbaar is en waar leerders wat “moeilike”
woorde identifiseer wat nie op die lys verskyn nie, die woordbetekenis naslaan en dié
woord en omskrywing ook by die lys voeg.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
skomgatte:
taties:
)T
prinsipaal:
recce:
hartkramp
slengtaal vir vomeer (oorsprong Engels)
slengtaal vir iemand wat baie slim is (oorsprong Engels)
slengtaal vir grillerig of afgryslik (oorsprong Engels)
seksueel oordraagbare infeksie
dronkenskap/waansin/groot woede/geweldige skrik
jong man/seun
slengtaal vir “verstaan jy my?” (oorsprong Italiaans)
jong vrou/meisie
oorweeg/in aanmerking neem
’n voor waaruit water gelei word
gevoelvol/digterlik
slengtaal vir onderklere
helse lawaai/verwarring
afgelei van “papperasie” – ’n papperige, deurweekte massa
wat die dorpskinders die kinderhuiskinders noem (omdat hulle,
volgens die dorpskinders, hul klere by Pep Stores koop)
skoolhoof
’n soldaat wat in die vorige bedeling in ’n spesiale weermageenheid
gewerk het, hier beteken dit rof, sterk, wanaangepas
skollies, bakleiers, rowwe seuns
slengtaal vir “vertraag” (uit die Engelse “retarded” afgelei)
(c
angina:
barf:
boffin:
gross:
hoersiek:
horries:
jongetjie:
kapisch:
klimmeid:
konsiderasie:
leivoor:
liries:
ondies:
pandemonium:
papperel:
Peppies:
100
01316_Vaselinetjie.indd 100
2/20/07 5:34:52 PM
Assesseringsbylaag: Graad 10–12 Huistaal
Kritieke en Ontwikkelingsuitkomste
Hierdie boek is gebaseer op die leeruitkomste (LU’s) en Assesseringstandaarde (AS’e)
vir letterkunde, soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10–12
(Algemeen) Tale: Afrikaans Huistaal. Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) word
onderskryf deur ’n aantal Kritieke Uitkomste (KU’s) en Ontwikkelingsuitkomste (OU’s)
wat deur die Grondwet geïnspireer is. Hierdie uitkomste beskryf die tipe landsburger wat
ons onderwysstelsel moet poog om te ontwikkel. Dit is baie belangrik dat jy moet kennis
neem van hierdie uitkomste en dit tydens die beplanning en uitvoering van jou werk in
gedagte moet hou.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Die KU’s vereis dat leerders in staat is om die volgende te doen:
• identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke
• werk doeltreffend saam met ander as lede van ’n span, groep, organisasie en
gemeenskap
• organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend
• versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities
• kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en/of
taalvaardighede in verskillende vorme
• gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid
teenoor die omgewing en die gesondheid van andere te toon
• begryp dat die wêreld ’n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie
opgelos word nie.
Die OU’s stel leerders in staat om die volgende te doen:
• dink na oor en ondersoek ’n verskeidenheid strategieë om meer doeltreffend te leer
• neem as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en
wêreldgemeenskap deel
• is kultureel en esteties sensitief in verskeie sosiale kontekste
• ondersoek onderwys- en beroepsmoontlikhede
• ontwikkel entrepreneursgeleenthede.
Leeruitkomste en Assesseringstandaarde
Hierdie gids bied ’n reeks aktiwiteite wat op die Departement van Onderwys se LU’s en
AS’e vir Huistaal, Graad 10–12 gebaseer is. Die Departement van Onderwys definieer
die terme LU en AS as volg:
’n LU is ’n verklaring van die bedoelde eindresultaat van leer en onderrig. Dit beskryf
kennis, vaardighede en waardes wat leerders aan die einde van die Verdere-Onderwysen-Opleidingsband behoort te verwerf. Die AS’e is kriteria wat gesamentlik beskryf wat
101
01316_Vaselinetjie.indd 101
2/20/07 5:34:52 PM
’n leerder behoort te weet en in staat is om te kan doen om die bereiking van die LU op
die vlak van ’n spesifieke graad te toon. AS’e beskryf die kennis, vaardighede en waardes
wat leerders moet verwerf om die LU’s te bereik. Vir elke LU toon die AS’e gesamentlik
die wyse aan waarop konseptuele progressie van graad tot graad plaasvind.
Jy sal sien dat daar aan die begin van elke afdeling in hierdie boek, ’n lysie verskyn
waarin die kennis, vaardighede, houdings en waardes waarop die bepaalde afdeling
fokus, gelys word.
)T
(c
Die LU’s vir Afrikaans Huistaal, Graad 10–12
• LU1 Luister en Praat: Die leerder is in staat om te luister en te praat vir verskillende
doeleindes en teikengroepe in 'n verskeidenheid kontekste.
• LU2 Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities
te evalueer en om op 'n wye verskeidenheid tekste response te lewer.
• LU3 Skryf en Aanbied: Die leerder is in staat om vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes en teikengroepe te skryf en aan te bied deur konvensies en formate gepas
vir verskillende kontekste te gebruik.
• LU4 Taal: Die leerder is in staat om taalstrukture en -konvensies gepas en
doeltreffend te gebruik.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
Fokus en integrasie
Neem asseblief kennis dat sekere gedeeltes in hierdie gids sal fokus op spesifieke
letterkunde AS’e. Dit beteken egter nie dat dié AS slegs op een plek aangespreek word
nie. Al die literêre AS’e vir Graad 10–12 word deurlopend in die aktiwiteite geïntegreer,
alhoewel daar in sommige afdelings meer klem op spesifieke AS’e sal wees.
Die res van die LU’s vir Graad 10–12 word ook deurgaans met die spesifiek
letterkundige LU en AS’e, geïntegreer. Hierdie integrasiemoontlikhede word in die teks
met ’n ikoon aangedui by elke aktiwiteit ten einde vir jou ’n aanduiding te gee of die
aktiwiteit luister, praat, lees, kyk, skryf of aanbieding (of enige kombinasie hiervan) sal
behels. ’n Lysie van die ikone is in die inleiding tot hierdie gids gedruk.
Verwys asseblief na die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10–12 (Algemeen)
Tale: Afrikaans Huistaal vir ’n volledige lys van al die LU’s en AS’e vir Afrikaans
Huistaal.
Die fokus van hierdie gids is LU2 AS2 met spesifieke klem op die volgende aspekte.
2.1 Toon verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en waardering.
2.2 Verduidelik/evalueer die betekenis van ’n wye verskeidenheid geskrewe, visuele,
oudio- en oudiovisuele tekste.
2.3 Verduidelik/herken hoe taal en beelde waardes en houdings kan weerspieël en
vorm in tekste.
2.4 Verken die hoofkenmerke van tekste en verduidelik hoe betekenis deur die leser se
interaksie met tekste geskep word.
102
01316_Vaselinetjie.indd 102
2/20/07 5:34:53 PM
Die LU’s vir Graad 10–12 is eenders. Daar is minimale verskille tussen die AS’e.
Die verwagte prestasievlakke neem egter in moeilikheidsgraad en omvang toe.
(Verwys asseblief na die gedeelte oor “Progressie” hieronder.) Die verskille wat daar
in die omskrywing van hierdie AS voorkom tussen Graad 10–12 (veral wat betref
sleutelwoorde), word hieronder met grys gemerk vir jou aandag. Hierdie verskille moet
asseblief deurgaans in ag geneem word met jou benadering tot en behandeling van die
aktiwiteite in hierdie boek.
LU2: Lees en Kyk
Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities te evalueer en om op ’n wye verskeidenheid tekste
response te lewer. Dit is duidelik wanneer die leerder in staat is om die volgende te doen.
AS2.1 toon verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en waardering:
Fokus in hierdie
gids
Graad 10
Graad 11
Graad 12
10.2.1.1 vra vrae ten einde
voorspellings te kan maak
11.2.1.1 vra vrae ten einde
voorspellings te kan maak
12.2.1.1 vra vrae ten einde
voorspellings te kan maak
Deel 2
Deel 3
10.2.1.6 lei die betekenis af van
onbekende woorde of beelde in
geselekteerde kontekste deur kennis van grammatika, woordaanpakvaardighede, kontekstuele
leidrade, klank, kleur, ontwerp,
plasing en deur sintuie te gebruik
11.2.1.6 lei die betekenis af van
onbekende woorde of beelde in
’n wye verskeidenheid kontekste
deur kennis van grammatika,
woordaanpakvaardighede, kontekstuele leidrade, klank, kleur,
ontwerp, plasing en deur sintuie
te gebruik
12.2.1.6 lei die betekenis af van
onbekende woorde of beelde in
’n wye verkeidenheid kontekste
deur kennis van grammatika,
woordaanpakvaardighede, kontekstuele leidrade, klank, kleur,
ontwerp, plasing en deur sintuie
te gebruik
Deel 3
Deel 4
10.2.1.7 herlees/kyk weer na
en hersien tekste om begrip te
bevorder.
11.2.1.7 herlees/kyk weer na
en hersien tekste om begrip te
bevorder.
12.2.1.7 herlees/kyk weer na
en hersien tekste om begrip te
bevorder.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Deel 1
Deel 2
er
ew
AS2.2 verduidelik/evalueer die betekenis van ’n wye verskeidenheid geskrewe, visuele, oudio- en oudiovisuele tekste:
Graad 10
Graad 11
Graad 12
s
Fokus in hierdie
gids
Deel 3
Deel 4
10.2.2.1 vind toepaslike inligting
en besonderhede in tekste
11.2.2.1 vind toepaslike inligting
en besonderhede in tekste
12.2.2.1 vind toepaslike inligting
en besonderhede in tekste
Deel 3
Deel 4
10.2.2.3 onderskei tussen feite en
menings en gee eie respons
11.2.2.3 onderskei tussen feite
en menings en verduidelik eie
respons
12.2.2.3 onderskei tussen feite en
menings en motiveer eie respons
Deel 3
Deel 4
10.2.2.4 herken die verskil
tussen direkte en geïmpliseerde
(verskuilde) betekenis
11.2.2.4 verduidelik die verskil
tussen direkte en geïmpliseerde
(verskuilde) betekenis
12.2.2.4 verduidelik die verskil
tussen direkte en geïmpliseerde
(verskuilde) betekenis
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.2.5 verduidelik die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief en gee enkele bewyse
uit die teks
11.2.2.5 verduidelik die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief en gee bewyse uit
die teks
12.2.2.5 verduidelik die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief en gee oortuigende
bewyse uit die teks
Deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.2.6 verduidelik die
sosiopolitieke en kulturele
agtergrond van tekste
11.2.2.6 ontleed en verduidelik
die sosiopolitieke en kulturele
agtergrond van tekste en toon aan
hoe dit betekenis beïnvloed
12.2.2.6 ontleed en verduidelik
die sosiopolitieke en kulturele
agtergrond van tekste en toon aan
hoe dit betekenis beïnvloed
103
01316_Vaselinetjie.indd 103
2/20/07 5:34:53 PM
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.2.7 ontleed die impak van
’n verskeidenheid figuurlike
en retoriese taal- en literêre
stylmiddels op die betekenis van
’n teks soos metafoor, simbool,
woordspeling, onderbeklemtoning,
geestigheid, hiperbool,
vergelyking, kontras, sarkasme,
karikatuur/spot, ironie, paradoks,
antitese en antiklimaks
11.2.2.7 ontleed die impak op
die betekenis van ’n teks van
’n verskeidenheid figuurlike
en retoriese taal- en literêre
stylmiddels soos metafoor,
simbool, woordspeling,
onderbeklemtoning, geestigheid,
hiperbool, vergelyking, kontras,
sarkasme, karikatuur/spot, ironie,
paradoks, antitese en antiklimaks
12.2.2.7 ontleed die impak
op die betekenis van ’n teks
van ’n wye verskeidenheid
figuurlike en retoriese taalen literêre stylmiddels soos
metafoor, simbool, woordspeling,
onderbeklemtoning, geestigheid,
hiperbool, vergelyking, kontras,
sarkasme, karikatuur/spot, ironie,
paradoks, antitese en antiklimaks
Deel 3
Deel 4
10.2.2.8 verduidelik die skrywer
se afleidings en gevolgtrekkings
en vergelyk met eie
11.2.2.8 evalueer die skrywer se
afleidings en gevolgtrekkings en
vergelyk met eie
12.2.2.8 evalueer die skrywer se
afleidings en gevolgtrekkings en
vergelyk met eie
Deel 1
Deel 3
Deel 4
10.2.2.10 gee en motiveer
persoonlike response op tekste.
11.2.2.10 gee en motiveer, met
oortuiging, persoonlike response
op tekste.
12.2.2.10 gee en motiveer, met
oortuiging, persoonlike response
op tekste.
AS2.3 verduidelik/herken hoe taal en beelde waardes en houdings kan weerspieël en vorm in tekste:
Fokus in hierdie
gids
Graad 11
Graad 12
Deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.3.1 identifiseer en verduidelik
die sosiokulturele en politieke
waardes, houdings en oortuigings
soos sienings oor geslag, klas,
ouderdom, magsverhoudings,
menseregte, inklusiwiteit en
omgewingskwessies
11.2.3.1 evalueer die
sosiokulturele en politieke
waardes, houdings en oortuigings
soos houdings oor geslag, klas,
ouderdom, magsverhoudings,
menseregte, inklusiwiteit en
omgewingskwessies
12.2.3.1 evalueer die
sosiokulturele en politieke
waardes, houdings en oortuigings
soos houdings oor geslag, klas,
ouderdom, magsverhoudings,
menseregte, inklusiwiteit en
omgewingskwessies
Deel 1
Deel 3
Deel 4
10.2.3.2 verduidelik die aard
van partydigheid, vooroordeel en
diskriminasie.
11.2.3.2 ontleed die aard van
partydigheid, vooroordeel en
diskriminasie.
12.2.3.2 ontleed die aard van
partydigheid, vooroordeel en
diskriminasie.
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Graad 10
er
ew
AS2.4 verken die hoofkenmerke van tekste en verduidelik hoe betekenis deur
die leser se interaksie met tekste geskep word:
2.4.2: Literêre tekste:
s
Fokus in hierdie
gids
Graad 10
Graad 11
Graad 12
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.4.2.1 beskryf die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller waar
toepaslik
11.2.4.2.1 ontleed die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller waar
toepaslik
12.2.4.2.1 ontleed die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller waar
toepaslik
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.4.2.2 identifiseer en
verduidelik die boodskappe en
temas en toon die verband met
geselekteerde uittreksels
11.2.4.2.2 interpreteer en
evalueer die boodskappe en
temas en toon die verband met
geselekteerde uittreksels
12.2.4.2.2 interpreteer en
evalueer die boodskappe en
temas en toon die verband met
geselekteerde uittreksels en die
teks as geheel
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.4.2.3 verduidelik hoe
agtergrond en milieu (ruimte)
verband hou met die karakter
en/of tema
11.2.4.2.3 evalueer hoe
agtergrond en milieu (ruimte)
verband hou met die karakter
en/of tema
12.2.4.2.3 evalueer hoe
agtergrond en milieu (ruimte)
verband hou met die karakter
en/of tema
Deel 2
Deel 3
Deel 4
10.2.4.2.4 identifiseer en beskryf
stemming, tydsverloop en afloop.
11.2.4.2.4 verduidelik stemming,
tydsverloop, ironiese wendings
en afloop.
12.2.4.2.4 interpreteer stemming,
tydsverloop, ironiese wendings
en afloop.
104
01316_Vaselinetjie.indd 104
2/20/07 5:34:54 PM
Progressie
Progressie verwys na die proses waartydens meer gevorderde en komplekse kennis en
vaardighede ontwikkel word. Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10–12
(Algemeen) Tale: Afrikaans Huistaal toon progressie van Graad 10–12 vir Afrikaans
Huistaal aan.
In hierdie Bylaag tot die Onderwysersgids vir Vaselinetjie bied ons vir jou gerief
riglyne vir die assessering van die aktiwiteite vir onderskeidelik Graad 10, 11 en 12.
Die gids kan gebruik word vir die onderrig van die letterkundekomponent vir Afrikaans
Huistaal in óf Graad 10, óf Graad 11, óf Graad 12. Die riglyne wat ons hier aanbied, is
gebaseer op inligting vervat in die volgende twee Departementele dokumente:
• Curriculum Statement Grades 10–12 (General): Subject Assessment Guidelines for
languages (January 2007)
• Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad 10–12 (Algemeen) Tale: Afrikaans
Huistaal.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Afgesien van die riglyne wat ons hier bied, is dit egter baie belangrik dat jy jouself ook
deeglik moet vergewis van die vlakke van progressie soos uiteengesit in die bogenoemde
twee dokumente.
Jy moet, afhangende van die graad waarvoor jy die teks gebruik, deurlopend die
amptelike Departementele dokument raadpleeg om seker te maak dat jy die werk op die
korrekte vlak aanbied. Die Kurrikulumverklaring toon ná elke LU aan wat die verwagte
prestasievlak vir die bereiking van die uitkoms behels. Die AS’e is só geformuleer dat dit
vir elke graad aandui hoe die verwagte prestasievlakke in moeilikheidsgraad en omvang
toeneem. In die Departementele dokumente sal jy ook inligting vind oor inhoud en
kontekste, waar progressie van eenvoudig tot kompleks toeneem namate leerders van
graad tot graad vorder.
Assessering
Algemene inligting oor assessering
Waarom moet ons assesseer?
Assessering help die leerders om die waarde van hul eie leerervaring te meet. Dit voorsien
hulle van inligting oor hul eie vordering en stel hulle in staat om beheer te neem van
en besluite te neem oor hul eie leerproses. Verskeie partye het ’n belang by hoe veral
die leerders in Graad 10–12 presteer. Dit sluit in die leerders, hul ouers of voogde,
borge, provinsiale onderwysdepartemente, die Minister van Onderwys, werkgewers en
hoëronderwys- en opleidingsinstansies.
Tipes assessering
• Aanvangsassessering is belangrik aan die begin van ’n graad maar kan op enige
tydstip in die leersiklus plaasvind. Dit word gebruik om vas te stel wat leerders
reeds weet en kan doen. Jy kan byvoorbeeld – voordat jy hierdie teks met die
105
01316_Vaselinetjie.indd 105
2/20/07 5:34:54 PM
•
•
•
leerders behandel – individuele leerders vra om ’n gedeelte hardop te lees sodat jy
’n indruk van sy/haar leesvaardigheid kan kry.
Diagnostiese assessering kan gedoen word deur enige tipe assessering in te span
om die oorsaak of oorsake van ’n leerhindernis vas te stel. Dit help jou om geskikte
ondersteuningstrategieë te selekteer of om die nodigheid vir professionele hulp of
remediële lesse te identifiseer. Jy kan byvoorbeeld vir ’n leerder vra om ’n teks in
kleindruk te lees as jy vermoed dat ’n sig-gebrek sy/haar leesvaardighede strem.
Formatiewe assessering is enige tipe assessering wat gebruik word om vir die
leerder terugvoering te gee. Dit is ’n noodsaaklike element van onderrig en leer
aangesien dit die leerproses monitor en ondersteun. Jy kan byvoorbeeld opmerkings
by ’n skriftelike opdrag soos ’n opstel skryf.
Formele (sommerende) assessering word gebruik om ’n oordeel oor die leerder
se bekwaamheid of prestasie aan te teken. Dit bied ’n beeld van ’n leerder se
bekwaamheid of vordering op ’n gegewe oomblik. Jy kan die leerders byvoorbeeld
’n klastoets laat skryf oor hul begrip van die verhaal tot waar hulle gelees het.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Assesseringsmetodes
Aangesien elke assessering nie op sigself heeltemal geldig of betroubaar kan wees nie,
moet besluite oor ’n leerder se vordering op meer as een assessering gebaseer wees. Dít
is die beginsel agter deurlopende assessering. Deurlopende assessering is ’n strategie wat
besluite oor leer baseer op ’n verskeidenheid assesseringsaktiwiteite en gebeure wat op
verskillende tye gedurende die leerproses plaasvind.
Die besluit oor watter assesseringsmetodes om te gebruik, is subjektief, eie aan
elke onderwyser, graad en skool en onderhewig aan jou professionele oordeel. Die
beskikbaarheid van ruimte en hulpbronne beïnvloed hierdie besluit, maar selfs waar daar
soortgelyke hulpbronne is, neem onderwysers nogtans verskillende besluite.
Die metodes wat ons vir assesseringsaktiwiteite aan die hand doen, is geskik vir die
betrokke AS’e wat geassesseer word. Maak seker dat al die leerders die doel van die
assessering deeglik verstaan. Bekwaamheid kan op verskillende maniere gedemonstreer
word. ’n Verskeidenheid metodes is dus nodig om hul vermoëns meer volledig te
openbaar.
•
•
•
Self-assessering: Leerders kan hul werk self assesseer voordat jy die finale
assessering doen. Nadenke oor ’n mens se eie leerervaring is ’n noodsaaklike
komponent van die leerproses.
Portuur-assessering: Portuur-assessering help sowel die leerders wie se werk
geassesseer word as die leerders wat die assessering doen, en bemagtig leerders om
hul eie en mekaar se prestasie te evalueer.
Groep-assessering: Die assessering van groepwerk behels dat daar gesoek word
vir bewyse dat die groep leerders saamwerk, mekaar help, werk verdeel en die
individuele bydraes in een assesseerbare produk kan kombineer.
106
01316_Vaselinetjie.indd 106
2/20/07 5:34:55 PM
Die Departement van Onderwys se Riglyne vir Vakassessering
Die Departement van Onderwys het Riglyne vir Vakassessering saamgestel, wat saam
met die Vakverklarings gebruik moet word. Dit is belangrik dat jy ’n eksemplaar moet
bekom van hierdie dokument (Curriculum Statement Grades 10–12 (General): Subject
Assessment Guidelines for languages – January 2007). Die Departement van Onderwys
vereis dat onderwysers ’n formele jaarlange Assesseringsprogram (AP) moet beplan en
volg om leerders se vordering deur die loop van die jaar te monitor.
Assessering is ’n belangrike deel van die NKV. Dit moet deurlopend gedoen word
en deel vorm van elke les. Hierdie deurlopende, informele assessering – tesame met
die formele AP – moet gebruik word om leerders se kennis, vaardighede en waardes
te ontwikkel, om hul sterk- en swakpunte te evalueer en om, waar nodig, bykomende
ondersteuning aan leerders te bied en hulle aan te moedig en te motiveer.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Daaglikse assessering
Die dag tot dag assessering wat in die klas plaasvind, is gerig daarop om leerders se
vordering op ’n informele vlak te monitor. Dit kan op verskeie maniere gedoen word,
byvoorbeeld deur vraag- en antwoordsessies, kort take wat tydens klastyd gedoen
word, of as huiswerk. Die leerders kan individueel, in pare, groepe of as klasgroep aan
hierdie aktiwiteite werk. Baie van die aktiwiteite in hierdie boek sal deel vorm van jou
daaglikse assessering. Dié aktiwiteite kan geassesseer word met die hulp van eenvoudige
kontrolelysies of rubrieke en jy kan dit self assesseer, of die leerders toelaat om hul eie
werk en hul klasmaats se werk te assesseer. Die feit dat daar in hierdie gids antwoorde
op al die vrae verskaf word, behoort jou daaglikse assesseringstaak aansienlik te
vergemaklik!
Dit is nie nodig om die uitslae van hierdie assesseringstake aan te teken vir
rekordhoudingsdoeleindes nie. Jy kan dit egter wel aanwend om terugvoering te gee
aan leerders, hul ouers of voogde en die skoolbestuurspan. Hierdie deurlopende
informele assessering sal jou help om gapings in die leerders se kennis en vaardighede te
identifiseer en dit betyds aan te spreek. Die resultate van hierdie assessering sal egter nie
vir bevorderingsdoeleindes aangewend kan word nie.
Die formele Assesseringsprogram (AP)
Graad 10 en 11
Die Departement van Onderwys vereis dat onderwysers ’n jaarlange formele AP saamstel
vir elke vak en graad. Die AP vir Huistaal, Graad 10 en 11, behels 15 take wat deur die
loop van die jaar voltooi word (25 % van die totale punt), sowel as ’n 16de taak: ’n
eksamen aan die einde van die jaar (75 % van die totale punt, insluitend mondelinge take
wat deur die loop van die jaar voltooi is).
Van die 15 take wat deur die loop van die jaar voltooi word, moet een ’n formele,
skriftelike esksamen wees – in die middel van die jaar. Drie verdere take moet die vorm
van formele, skriftelike toetse aanneem. Die res van die take moet nie in ’n toets- of
eksamenomgewing gedoen word nie en moet aan leerders die geleentheid bied om
107
01316_Vaselinetjie.indd 107
2/20/07 5:34:55 PM
interessante navorsing oor en ontginning van hul vak te doen. Voorbeelde hiervan is
debatte, optredes, navorsingsprojekte en opstelle. Dit kan met die hulp van ’n gedetailleerde
rubriek of memorandum geassesseer word.
Graad 12
Vir Graad 12 behels assessering 14 AP-take wat deur die loop van die jaar voltooi word
(25 % van die totale punt), sowel as assesseringstake wat deur eksterne eksaminatore
saamgestel word (75 % van die totale punt, insluitend mondelinge take wat deur die loop
van jaar voltooi is).
Twee van die 14 AP-take take sal die vorm van formele, geskrewe eksamens aanneem
– aan die einde van die tweede termyn en weer in September. Drie verdere take moet
die vorm van formele, geskrewe toetse aanneem. Die res van die take moet nie in ’n
toets- of eksamenomgewing gedoen word nie en moet aan leerders die geleentheid bied
om interessante navorsing oor en ontginning van hul vak te doen. Voorbeelde hiervan
is debatte, optredes, navorsingsprojekte, en opstelle. Dit kan met die hulp van ’n
gedetailleerde rubriek of memorandum geassesseer word. Aan die einde van Graad 12
moet die leerders ’n formele, eksterne eksamen aflê, wat 75 % van hul jaarpunt sal tel.
(c
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
Eksamens
Die letterkundevraestel vir die twee interne eksamens (midjaar en November vir Graad
10–11 en midjaar en September vir Graad 12) tel in elke geval 80 punte, waarvan 25
punte op die roman as genre fokus. Die ander 55 punte vir die letterkundevraestel dek
poësie en drama. Die eksamenvraag wat die roman dek, kan die vorm van ’n opstel of ’n
kontekstuele vraag aanneem.
s
Rekordhouding en rapportering ten opsigte van die AP
Daar is verskillende metodes vir rekordhouding, oftewel die aantekening van bewyse.
Dis dikwels moeilik om te onderskei tussen aantekeningsmetodes en metodes vir die
evaluering van leerders se prestasies.
Die Departement van Onderwys vereis dat elke onderwyser ’n onderwysersportefeulje
moet hê, waarin rekord gehou word van die AP. Hierdie portefeulje moet die volgende
insluit:
• ’n inhoudsopgawe
• ’n uiteensetting van die formele AP
• die vereistes vir elkeen van die assesseringstake
• die hulpmiddels wat vir elke taak se assessering gebruik word
• rekordblaaie vir elke klas.
Die Departement beveel verder aan dat leerders ook ’n portefeulje moet saamstel,
bestaande uit die assesseringsopdragte wat deel van die AP uitmaak. Hierdie portefeulje
moet die volgende inlsuit:
108
01316_Vaselinetjie.indd 108
2/20/07 5:34:56 PM
•
•
•
•
’n inhoudsopgawe
al die assesseringsopdragte waaruit die AP vir elke graad bestaan (met inbegrip van
toetse en eksamens)
die hulpmiddels wat vir die assessering van elke opdrag gebruik word
’n rekord van die punte wat vir elke opdrag behaal is.
Die graderingskaal vir assessering, Graad 10–12
Graderingskode
Gradering
Punte %
7
Uitmuntende prestasie
80–100
6
Verdienstelike prestasie
70–79
5
Bevredigende prestasie
60–69
4
Voldoende prestasie
50–59
3
Gemiddelde prestasie
40–49
2
Basiese prestasie
30–39
1
Ontoereikende prestasie
0–29
el
af
)T
(c
Leerders moet ten minste ’n kode van 3 (gemiddelde prestasie) behaal om aan die einde van
Grade 10 en 11 bevordering te kry en aan die einde van Graad 12 ’n sertifikaat te ontvang.
s
er
ew
itg
-U
rg
be
Metodes vir die insameling van bewyse
• Waarneming: Waarneming van leerders vind betreklik ongestruktureerd plaas.
Die waarneming moet doelbewus wees en moet met behulp van ’n geskikte
waarnemingsinstrument plaasvind.
• Toetse: Toetse is meer gestruktureerd en dit stel jou in staat om dieselfde bewyse
vir al die leerders op dieselfde manier en op dieselfde tyd in te samel. Hierdie tipe
assessering bring bewyse van leer tot stand wat deur ’n spesifieke telling geverifieer
word.
• Take: Jy kan leerders vra om take uit te voer of sekere handelinge uit te voer sodat
jy kan sien of hulle die vaardighede en kennis wat hulle geleer het, in onbekende
kontekste of kontekste buite die klas, kan toepas. Dit maak dit vir jou moontlik om
te bepaal hoe die leerders teorie in praktyk verander.
Voorbeelde van instrumente vir rekordhouding
• Taaklyste of merklyste is diskrete stellings wat die verwagte prestasie in ’n bepaalde
taak beskryf. Wanneer daar waargeneem kan word dat ’n leerder gedurende ’n taak
aan ’n bepaalde stelling (kriterium) op die merklys voldoen het, word die stelling
afgemerk.
• Rubrieke is ’n kombinasie van merkkodes en beskrywing van standaarde. Rubrieke
bestaan uit ’n hiërargie van standaarde met maatstawwe wat die omvang van
aanvaarbare prestasie in elke kodeband beskryf. Rubrieke vereis dat die onderwyser
moet weet presies wat deur die uitkoms vereis word. Dit is noodsaaklik dat die
109
01316_Vaselinetjie.indd 109
2/20/07 5:34:56 PM
leerders die rubriek of rubrieke sien voordat hulle met die gegewe taak begin. Die
rubriek verduidelik waarop sowel die leerproses as die prestasie behoort te fokus.
Ons verskaf heelwat voorbeelde van rubrieke in hierdie bylaag, maar beveel aan
dat jy ook jou eie rubrieke ontwikkel vir daaglikse assessering, sowel as die AP. Die
Departementele Riglyne vir Leerprogramme verskaf uitvoerige besonderhede oor
hoe om rubrieke saam te stel.
Ongeag watter assesseringskode jy gebruik, sal jou terugvoering meer doeltreffend wees
as dit met opmerkings gepaard gaan. Dis meer waarskynlik dat leerders beter sal presteer
as hulle geskrewe terugvoering in plaas van net ’n puntetelling kry. Hoewel punte en
persentasies die rekordhouding vergemaklik, is dit nie so nuttig vir terugvoering en
rapportering nie.
Rubrieke en merklyste wat vir daaglikse assessering
gebruik kan word
s
er
ew
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
Jy kan al die aktiwiteite in hierdie gids op ’n dag tot dag basis informeel assesseer. Ons stel
voor dat drie van die aktiwiteite in hierdie boek oorweeg word as assesseringsaktiwiteite
vir die formele AP. Hierdie aktiwiteite word in die volgende afdeling bespreek.
Die daaglikse assessering van aktiwiteite kan op ’n verskeidenheid maniere gedoen
word, byvoorbeeld deur vraag- en antwoordsessies, die aktiwiteite wat tydens klastyd
gedoen word, asook die aktiwiteite wat jy vir die leerders gee om by die huis te voltooi.
Elke aktiwiteit in hierdie boek dui aan of die aktiwiteit bespreking, aanbieding, skriftelike
werk, mondelinge werk, leeswerk of ’n kombinasie van die voorafgaande behels. Daar
word ook by elke aktiwiteit aangedui of die leerders die werk individueel moet voltooi of
as deel van ’n paargroep, groep of klasgroep moet werk. Dié aktiwiteite kan geassesseer
word met die hulp van eenvoudige kontrolelysies of rubrieke. Jy kan dit self assesseer, of
die leerders toelaat om hul eie werk en hul klasmaats se werk te assesseer.
Dit is nie nodig om die uitslae van hierdie assesseringstake aan te teken vir
rekordhoudingsdoeleindes nie. Gebruik dit egter om vir die leerders, hul ouers of voogde
en die skoolbestuurspan terugvoering te gee. Hierdie deurlopende informele assessering
sal jou help om gapings in die leerders se kennis en vaardighede te identifiseer en aan te
spreek.
Hieronder is ’n paar voorbeelde van instrumente wat jy kan gebruik vir daaglikse
assessering. Jy kan hierdie rubrieke en merklyste aanpas om by jou en jou klas se
behoeftes aan te pas. Jy moet ook in gedagte hou op watter vlak jou onderrig gerig is
(Graad 10, of Graad 11, of Graad 12) en die NKV-dokumente bestudeer om te verseker
dat jy die werk op die toepaslike vlak aanbied en assesseer.
110
01316_Vaselinetjie.indd 110
2/20/07 5:34:57 PM
’n Algemene assesseringstabel vir skriftelike werk, byvoorbeeld begripstoetse en die
beantwoording van inhoudelike vrae (onderwyser-assessering, self-assessering of
portuur-assessering)
7
Uitmuntende
prestasie
80–100 %
6
5
Verdienstelike Bevredigende
prestasie
prestasie
70–79 %
60–69 %
4
Voldoende
prestasie
50–59 %
3
Gemiddelde
prestasie
40–49 %
2
Basiese
prestasie
30–39 %
1
Ontoereikende
prestasie
0–29 %
Inhoud
Reikwydte
Dekking
Toepaslikheid
Vaardighede
en waardes
Tegnies
Vakterme
Taal
Formaat
Onderwyser-assessering van gekompliseerde skryfwerk, byvoorbeeld opstelle, briewe,
navorsingstake en koerantberigte
(c
el
af
)T
LU3: Die leerder is in staat om vir ’n wye verskeidenheid doeleindes en teikengroepe te skryf en aan te bied deur
konvensies en formate gepas vir verskillende kontekste te gebruik.
Die leerder is in staat om die volgende te doen
7
6
5
4
3
2
1
be
AS3.1 beplan die skryfproses volgens ’n spesifieke doel, teikengroep en konteks:
itg
-U
rg
• besluit op en gebruik die gepaste styl, perspektief/standpunt en formaat van tekste
• doen navorsing oor onderwerpe in ’n verskeidenheid bronne en teken bevindings aan
• vind, ontsluit, selekteer, organiseer en integreer toepaslike inligting van ’n
verskeidenheid bronne
• gebruik ’n seleksie visuele beelde en ontwerpelemente gepas.
er
ew
• ontwikkel en organiseer samehangende idees
s
AS3.2 toon die gebruik van skryfstrategieë en -tegnieke vir eerste weergawes:
• gebruik hoof- en ondersteunende idees vir die beplanningsproses
• identifiseer en gebruik ’n seleksie styl- en retoriese middels gepas soos figuurlike
taal, woordkeuse, lewendige beskrywing, eie vertolking en styl, toon, simbool, kleur,
plasing en klank
• gebruik ’n verskeidenheid sinsoorte, sinslengtes en -strukture akkuraat
• gebruik paragraafkonvensies akkuraat om samehang (koherensie) te verseker
deur kernsinne, inleiding en afsluiting, logiese progressie, oorsaak en gevolg, en
vergelyking en kontras te gebruik
• gebruik voegwoorde, voornaamwoorde en bywoorde om kohesie te verseker.
AS3.3 dink na oor, ontleed en evalueer, met inagneming van ander se sienings,
eie werk en bied die finale produk aan:
• gebruik vasgestelde kriteria vir oorsigtelike evaluering van eie en ander se skryfwerk
en om dit te verbeter
• verbeter samehang (koherensie) en kohesie binne die algehele struktuur
• dink na oor die gepastheid van inhoud, styl, register en effekte volgens doel,
teikengroep en konteks en verander waar nodig
• toon ’n volgehoue eie perspektief/standpunt en ondersteunende argumente
111
01316_Vaselinetjie.indd 111
2/20/07 5:34:57 PM
• verfyn woordkeuse en sin- en paragraafstrukture en skakel dubbelsinnigheid,
omslagtigheid, woordoortolligheid, onvanpaste groeptaal, aanstootlike taal, sleng en
taalflaters uit
• toon, tydens hersiening en verbetering, sensitiwiteit vir menseregte en vir sosiale,
kulturele, etiese en omgewingskwessies
• berei tekste voor vir finale weergawe deur te proeflees en te redigeer
• bied die finale produk aan en gee aandag aan ’n gepaste aanbiedingswyse soos ’n
netjiese, afgeronde teks of ’n indrukwekkende, kleurvolle plakkaat.
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
’n Merklys vir self-assessering
Ek kan die volgende doen:
Ja
Nee
Kommentaar
voorspellings maak oor wat volgende in die verhaal gaan gebeur
sosiokulturele en politieke waardes, gesindhede en oortuigings identifiseer en
verduidelik
die ontwikkeling van intrige, konflik en karakter verduidelik.
Portuur-assessering van groepwerk
(c
Ja
)T
Ons groep:
Meestal
Nee
het mekaar ondersteun
itg
-U
rg
be
het mekaar aangemoedig en geprys
el
af
bestaan uit lede met ’n wye verskeidenheid vermoëns en vaardighede
het toewyding getoon in die bereiking van ons doelwit (al die groeplede)
het individuele behoeftes opgeoffer om ons gesamentlike doelwit te bereik
er
ew
het ’n balans gehandhaaf tussen die bevrediging van die groep se behoeftes en
individue se behoeftes
s
het behoorlike beplanning en prioritisering van take gedoen voordat ons met die
taak begin het
het take doeltreffend onder onsself verdeel sonder om te baklei of te stry oor wie
wat moet doen
het verantwoordelikheid gedeel vir die groepproses en die uitkomstes wat die
groep in gedagte gehad het
kon met nuwe idees vorendag kom en oplossings voorstel toe ons ’n probleem
ervaar het
het ’n positiewe houding demonstreer terwyl ons ons uitdagings die hoof gebied
het
het ons doelwit suksesvol bereik binne die gegewe tydsraamwerk.
112
01316_Vaselinetjie.indd 112
2/20/07 5:34:58 PM
Onderwyser-assessering van klasbesprekings
Die leerder:
7
6
5
4
3
2
1
2
1
stel vrae en reageer op vrae
lewer ’n bydrae tot besprekings
praat duidelik en hoorbaar
formuleer logies
verstaan die onderwerp en reageer met toepaslike insig daarop
toon belangstelling in ’n verskeidenheid onderwerpe
neem ander leerders se standpunt in ag en luister met respek na hul klasmaats.
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
Assessering van navorsing (onderwyser-assessering of portuur-assessering)
Die eindresultaat toon dat die leerder:
7
6
5
4
3
behoorlike navorsing gedoen het
’n verskeidenheid bronne geraadpleeg het en dit weergee in ’n bronnelys
)T
(c
in staat was om die inligting logies te integreer
el
af
in staat was om die inligting koherent aan te bied (skriftelik of verbaal).
be
itg
-U
rg
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
Onderwyser-assessering van houdings en waardes
er
ew
Die leerder:
kan begrip toon vir ander mense se gevoelens en standpunte
Ja
Meestal
Nee
s
luister na ander mense se standpunte en dink daaroor na
kan eie sienings aanpas nadat hy/sy die standpunte van ander mense oorweeg het
erken en respekteer ander kulture en omgewings
is bewus van kulturele kwessies
kan tussen feite en menings onderskei en ’n eie respons gee
besef wat partydigheid, vooroordeel en diskriminasie is en waarom dit vermy moet
word
het goed-ontwikkelde waardes betreffende sosiokulturele en politieke sake,
byvoorbeeld sienings oor geslag, klas, ouderdom, magsverhoudings, menseregte,
inklusiwiteit en omgewingskwessies
het goed-ontwikkelde kommunikasievaardighede.
113
01316_Vaselinetjie.indd 113
2/20/07 5:34:59 PM
Rubrieke wat vir die AP gebruik kan word
Die formele AP en hoe die Departement van Onderwys aanbeveel dit saamgestel word,
word hierbo bespreek. Jy kan ten minste een volledige klastoets oor die werk in hierdie
boek saamstel. Jou toets kan kort vrae en ’n begripstoets insluit, maar moet ook ’n
afdeling met kontekstuele vrae en ten minste een opstelvraag insluit. Dit sal die leerders
help met hul voorbereiding vir die eksamen en sal jou in staat stel om leemtes in hul
kennis, vaardighede en waardes te identifiseer en betyds aan te spreek.
’n Verskeidenheid van die aktiwiteite in hierdie Onderwysersgids vir Vaselinetjie
kan deel van die formele AP vorm en dienooreenkomstig geassesseer word. As jy dit so
verkies, kan jy ook ’n groep aktiwiteite saam assesseer as een “taak” wat deel van die
AP vorm. Jy kan byvoorbeeld al die vrae wat die leerders in Deel 3 beantwoord, saam
gradeer en as een AP-taak assesseer.
Ons verskaf hieronder assesseringsrubrieke vir sekere van die take en aktiwiteite in
die boek. Jy kan egter besluit om nie dié aktiwiteite by jou AP in te sluit nie. In so ’n
geval kan jy self kies watter van die aktiwiteite in die gids jy vir AP-doeleindes wil
gebruik en jou eie assesseringsmetodes ontwikkel vir die formele assessering van jou
gekose aktiwiteite.
(c
itg
-U
rg
be
el
af
)T
Assesseringsrubriek vir die koerantberig (Aktiwiteit 4.3)
Hieronder volg ’n assesseringsrubriek wat gebruik kan word om die koerantberig te
assesseer. Jy kan ook die “Onderwyser-assessering van gekompliseerde skryfwerk” wat
hierbo verskaf word, vir die assessering van die berig gebruik.
Algemene assesseringsrubriek: die koerantberig
Prestasievlak
3
Gemiddelde
prestasie
40–49 %
4
Voldoende
prestasie
50–59 %
5
Bevredigende
prestasie
60–69 %
s
2
Basiese
prestasie
30–39 %
er
ew
1
Ontoereikende
prestasie
0–29 %
6
Verdienstelike
prestasie
70–79 %
7
Uitmuntende
prestasie
80–100 %
Taalgebruik
Swak
Beperk
Voldoende
Redelik
Goed
Baie goed
Uitstekend
Formaat
Geen bronne
Beperkte
bronne
Redelike verskeidenheid
bronne
Voldoende
bronne
gebruik
Redelike verskeidenheid
bronne
Verskeie
bronne
Groot verskeidenheid
bronne
Organisering
van inligting
Swak; onGrootliks onsamehangend bevredigend;
soms deurmekaar
Nie altyd
bevredigend
nie; nie altyd
logies nie
Bevredigend;
soms breuke
in logika
Goed; ontwik- Baie goed; lo- Duidelik;
kel logies
giese ontwik- logiese samekeling
hang
Aanbieding
Swak; bykans
geen struktuur; onsamehangend
Struktuur
Redelike
bestaan, maar struktuur;
toon gebreke; soms kreatief
gewoon
Duidelik; goed
gestruktureerd; interessant
Duidelik; goed
gestruktureerd; baie
interessant
Akkuraatheid
van inligting
Onakkuraat en Meestal onirrelevant
akkuraat en
irrelevant
Beperkte
akkuraatheid
en relevansie
Redelike mate
van akkuraatheid; nie altyd
relevant nie
Hoë mate van
akkuraatheid;
hoofsaaklik
relevant
Baie akkuraat; Vlak van akrelevant
kuraatheid
baie goed; baie
relevant
Punt uit 20
1–5
6–7
8–9
10–11
12–13
14–15
16–20
Punt uit 40
1–11
12–15
16–19
20–23
24–27
28–31
32–40
Helderheid
en struktuur ontbreek;
vervelig
Duidelik; baie
goed gestruktureerd; boeiend
114
01316_Vaselinetjie.indd 114
2/20/07 5:35:00 PM
Assesseringsrubrieke vir die literêre opstel (Aktiwiteit 4.13)
Hieronder volg twee assesseringsrubrieke wat gebruik kan word (gesamentlik) om
die opstel te assesseer. Jy kan ook die “Onderwyser-assessering van gekompliseerde
skryfwerk” wat hierbo verskaf word, vir die assessering van die opstel gebruik.
Assessering van kennis, vaardighede, houdings en waardes: literêre opstel
LU2 Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities te evalueer en om op ’n wye
verskeidenheid tekste response te lewer.
AS vir Graad 10
Punt
uit 7
AS vir Graad 11
Punt
uit 7
AS vir Graad 12
Punt
uit 7
Die leerder:
AS11.2.1.7 is in staat om die
teks te herlees/weer daarna te
kyk en dit te hersien om begrip
te bevorder
AS12.2.1.7 is in staat om die
teks te herlees/weer daarna te
kyk en dit te hersien om begrip
te bevorder.
AS10.2.2.1 kan toepaslike
inligting en besonderhede in
die teks vind
AS11.2.2.1 kan toepaslike
inligting en besonderhede in die
teks vind
AS12.2.2.1 kan toepaslike
inligting en besonderhede in die
teks vind
AS10.2.2.5 kan die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief verduidelik en
enkele bewyse uit die teks gee
AS11.2.2.5 kan die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief verduidelik en
bewyse uit die teks gee
AS12.2.2.5 kan die skrywer/
verteller/karakter se standpunt/
perspektief verduidelik en
oortuigende bewyse uit die
teks gee
be
el
af
)T
(c
AS10.2.1.7 is in staat om die
teks te herlees/weer daarna te
kyk en dit te hersien ten einde
begrip te bevorder
AS11.2.2.8 kan die skrywer se
afleidings en gevolgtrekkings
evalueer en vergelyk met eie
AS12.2.2.8 kan die skrywer se
afleidings en gevolgtrekkings
evalueer en vergelyk met eie
AS10.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste gee en
motiveer
AS11.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste – met
oortuiging – gee en motiveer
AS12.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste – met
oortuiging – gee en motiveer
AS10.2.4.2.1 kan die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller
waar toepaslik beskryf
AS11.2.4.2.1 kan die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller waar
toepaslik ontleed
AS10.2.4.2.3 kan verduidelik
hoe agtergrond en milieu
(ruimte) verband hou met die
karakter en/of tema
AS11.2.4.2.3 kan evalueer hoe
agtergrond en milieu (ruimte)
verband hou met die karakter
en/of tema
AS12.2.4.2.3 kan evalueer hoe
agtergrond en milieu (ruimte)
verband hou met die karakter
en/of tema
AS10.2.4.2.4 kan stemming,
tydsverloop en afloop
identifiseer en beskryf.
AS11.2.4.2.4 kan stemming,
tydsverloop, ironiese wendings
en afloop verduidelik.
AS12.2.4.2.4 kan stemming,
tydsverloop, ironiese wendings
en afloop interpreteer.
AS12.2.4.2.1 kan die
ontwikkeling van intrige,
subintrige, konflik en karakter
en die rol van die verteller
waar toepaslik ontleed
s
er
ew
itg
-U
rg
AS10.2.2.8 kan die skrywer se
afleidings en gevolgtrekkings
verduidelik en vergelyk met eie
Totaal*
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
* Tel die punte uit 7 vir elke AS op en deel deur 8 om ’n gemiddelde prestasievlak te bepaal.
115
01316_Vaselinetjie.indd 115
2/20/07 5:35:00 PM
Algemene assesseringsrubriek: literêre opstel
Prestasievlak
1
Ontoereikende
prestasie
0–29 %
2
Basiese
prestasie
30–39 %
3
Gemiddelde
prestasie
40–49 %
Taalgebruik
Swak
Organisering en
relevansie van
inligting
Swak; onGrootliks
samehangend onbevredigend; soms
deurmekaar
Beperk
Akkuraatheid
van analise en
voorbeelde
Onakkuraat
en irrelevant
Punt uit 20
1–5
4
Voldoende
prestasie
50–59 %
5
Bevredigende
prestasie
60–69 %
6
Verdienstelike prestasie
70–79 %
7
Uitmuntende
prestasie
80–100 %
Voldoende
Redelik
Goed
Baie goed
Uitstekend
Nie altyd
bevredigend
nie; nie altyd
logies nie
Bevredigend;
soms breuke
in logika
Goed;
ontwikkel
logies
Baie goed;
logiese
ontwikkeling
Duidelik;
logiese
samehang
Meestal
Beperkte akonakkuraat en kuraatheid en
irrelevant
relevansie
Redelike mate
van akkuraatheid; nie altyd
relevant nie
Hoë mate van
akkuraatheid;
hoofsaaklik
relevant
Baie akkuraat;
relevant
Vlak van
akkuraatheid
baie goed;
baie relevant
6–7
10–11
12–13
14–15
16–20
8–9
el
af
)T
(c
Assesseringsrubrieke vir die ondersoektaak (Aktiwiteit 4.17)
Hieronder volg twee assesseringsrubrieke wat gebruik kan word (gesamentlik) om die
taak te assesseer. Jy kan ook die “Onderwyser-assessering van gekompliseerde skryfwerk”
wat hierbo verskaf word, vir die assessering van die ondersoektaak gebruik.
Assessering van kennis, vaardighede, houdings en waardes: ondersoektaak
be
AS vir Graad 10
Punt
uit 7
itg
-U
rg
LU2 Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities te evalueer en
om op ’n wye verskeidenheid tekste response te lewer.
AS vir Graad 11
AS vir Graad 12
Punt
uit 7
er
ew
Die leerder:
Punt
uit 7
AS10.2.1.7 is in staat om die teks
te herlees/weer daarna te kyk en
dit te hersien ten einde begrip te
bevorder
AS11.2.1.7 is in staat om die
teks te herlees/weer daarna te
kyk en dit te hersien om begrip te
bevorder
AS10.2.2.1 kan toepaslike inligting
en besonderhede in die teks vind
AS11.2.2.1 kan toepaslike inligting
en besonderhede in die teks vind
AS12.2.2.1 kan toepaslike
inligting en besonderhede in die
teks vind
AS10.2.2.3 kan onderskei tussen
feite en menings en ’n eie
respons gee
AS11.2.2.3 kan onderskei tussen
feite en menings en ’n eie
respons verduidelik
AS12.2.2.3 kan onderskei tussen
feite en menings en ’n eie
respons motiveer
AS10.2.2.6 kan die sosiopolitieke
en kulturele agtergrond van
tekste verduidelik
AS11.2.2.6 kan die sosiopolitieke
en kulturele agtergrond van
tekste ontleed en verduidelik
en aantoon hoe dit betekenis
beïnvloed
AS12.2.2.6 kan die sosiopolitieke
en kulturele agtergrond van
tekste ontleed en verduidelik
en aantoon hoe dit betekenis
beïnvloed
AS10.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste gee en
motiveer
AS11.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste met
oortuiging gee en motiveer
AS12.2.2.10 kan persoonlike
response op tekste met
oortuiging gee en motiveer
s
AS12.2.1.7 is in staat om die
teks te herlees/weer daarna te
kyk en dit te hersien om begrip
te bevorder
(vervolg op bladsy 117)
116
01316_Vaselinetjie.indd 116
2/20/07 5:35:01 PM
AS10.2.3.1 kan die sosiokulturele
en politieke waardes, houdings
en oortuigings in ’n teks
identifiseer en verduidelik
AS11.2.3.1 kan die sosiokulturele
en politieke waardes, houdings
en oortuigings in ’n teks evalueer
AS12.2.3.1 kan die sosiokulturele
en politieke waardes, houdings
en oortuigings in ’n teks evalueer
AS10.2.4.2.2 kan die boodskappe
en temas in ’n teks identifiseer en
verduidelik en die verband met
geselekteerde uittreksels aantoon.
AS11.2.4.2.2 kan die boodskappe
en temas interpreteer en evalueer
en die verband met geselekteerde
uittreksels aantoon.
AS12.2.4.2.2 kan die boodskappe
en temas interpreteer en evalueer
en die verband met geselekteerde
uittreksels en die teks as geheel
aantoon.
Totaal*
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
* Tel die punte uit 7 vir elke AS op en deel deur 7 om ’n gemiddelde prestasievlak te bepaal.
Algemene asseseringsrubriek: ondersoektaak
6
Het vier of
meer bronne
gebruik om
onafhanklike
navorsing te
doen.
5
4
3
2
1
Het ten minste
drie bronne
gebruik om
onafhanklike
navorsing te
doen.
Het minder as
drie bronne
gebruik om
onafhanklike
navorsing te
doen.
Kon bykomende
inligting vind,
met ’n bietjie
hulp.
Het baie hulp
benodig om
inligting te
vind, het hoofsaaklik die
inligting in die
Onderwysersgids gebruik.
Kon geen
inligting vind
nie, selfs
nie onder
toesig nie.
Beskikbare
inligting is nie
doeltreffend
gebruik nie.
Het inligting
met hulp
ontleed. Toon
’n mate van
begrip.
Het dit moeilik
gevind om
inligting
te ontleed.
Ontleding is
oppervlakkig
en swak georganiseer.
Was nie in
staat om
inligting te
ontleed nie.
Netjiese
produk,
grafiese elemente ingesluit, maar
kleur is nie
doeltreffend
gebruik nie.
Het bietjie
hulp nodig
gehad met die
ontwerp van
die taak.
Het hulp
benodig vir die
ontwerp en
uitleg van die
produk. Het
dit moeitlik
gevind om die
doeltreffende
gebruik van
ontwerpelemente te
snap, selfs
met hulp.
Onvoldoende,
verwarrende
en vervelige
produk.
Geen begrip
hoegenaamd
van ontwerpelemente wat
gebruik moet
word om ’n
aantreklike
produk te
skep nie.
be
el
af
)T
(c
Het ten minste
vyf bronne
gebruik om
navorsing
te doen en
grafika te
bekom.
s
7
Navorsing
Het inligting
krities en
met gemak
ontleed.
Het inligting
Het inligting
krities ontleed. met beperkte
tekortkominge
ontleed. Toon
begrip.
Ontwerp en
voorkoms
van die taak
Pragtige,
netjiese en
kleurryke
produk met
ten minste
vyf grafiese
elemente en
skeppende
lettergebruik.
Netjiese en
kleurryke
produk met
ten minste
vier grafiese
elemente.
er
ew
Pragtige,
netjiese en
kleurryke
produk met
meer as
ses grafiese
elemente en
skeppende
lettergebruik.
itg
-U
rg
Ontleding van Het inligting
inligting
krities en
met gemak
ontleed.
Uitstekende
konsepsuele
ontleding,
gefokusde
werk.
Netjiese
produk met
drie grafiesele
elemente.
Doeltreffende
gebruik van
kleur. Het
bietjie hulp
benodig met
die ontwerp
van die taak.
(vervolg op bladsy 118)
117
01316_Vaselinetjie.indd 117
2/20/07 5:40:48 PM
Inhoud van
die taak
Het alle
toepaslike
inligting
ingesluit en
interessante
bykomende
inligting
bygevoeg. Het
skeppende
en taalkundig
korrekte
taal gebruik.
Die teks is
uitstekend geposisioneer in
verhouding tot
die grafika.
Het alle
toepaslike
inligting
ingesluit. Het
taalkundig
korrekte
taal gebruik.
Die teks is
uitstekend geposisioneer in
verhouding tot
die grafika.
Fokus
Het deurentyd
op die gegewe
take gekonsentreer. Het
instruksies
gevolg en
meer as wat
nodig was,
gedoen.
Het deurentyd Het op die
op die gegewe gegewe take
take gekongekonsentreer.
sentreer. Het
instruksies
gevolg.
Tyds-bestuur
Het die taak
uitstekend
voltooi, voordat die spertyd om was.
Het die taak
doeltreffend
voltooi, voordat die spertyd om was.
Het alle
toepaslike
inligting
ingesluit. Het
taalkundig
korrekte taal
gebruik.
Het die
meeste
toepaslike
inligting ingesluit. Die taal
was meestal
korrek.
Het gedeeltelike inligting
ingesluit. Het
bietjie hulp
benodig vir die
skryfproses.
Kon nie die
taak skryf nie.
Gepoogde
skryfwerk op
’n baie lae
standaard in
terme van
fokus en
grammatika.
Kon nie die
taak voltooi
nie, selfs met
hulpgewing.
Het meestal
Het instrukop die gegewe sies met hulp
take gekongevolg.
sentreer.
Het soms
afgedwaal en
moes aangemoedig word.
Het dikwels
afgedwaal.
Geen duidelike
organisering of visie
nie. Moes
deurlopend
aangemoedig
word.
Het die taak
binne die
gegewe tyd
voltooi, met ’n
paar tekortkominge.
Het baie hulp
nodig gehad
om die taak
in die gegewe
tyd te voltooi.
Het die taak
nie in die
gegewe tyd
voltooi nie.
el
af
)T
(c
Het baie hulp
nodig gehad
vir die skryfproses en die
insluiting van
toepaslike
inligting.
Het die taak
met ’n bietjie
hulp in die
gegewe tyd
voltooi.
er
ew
itg
-U
rg
be
Het die taak
onafhanklik
voltooi binne
die gegewe
tyd.
Vlakke: 7 Uitmuntende prestasie, 6 Verdienstelike prestasie, 5 Bevredigende prestasie, 4 Voldoende prestasie,
3 Gemiddelde prestasie, 2 Basiese prestasie, 1 Ontoereikende prestasie
s
118
01316_Vaselinetjie.indd 118
2/20/07 5:35:03 PM
Bronne
Anoniem. 2005. “Bekroonde Vaselinetjie dalk eersdaags rolprent”. Die Burger,
17 Junie 2005.
Chapman, A. 2005. “Maslow’s hierarchy of needs” www.abraham maslow’s hierarchy
of needs.htm
De Kock, G. 1998. “Longdrop’-boek kry lof”. Rapport, 22 November 1998.
Departement van Onderwys. 2007. Curriculum Statement Grades 10–12 (General):
Subject Assessment Guidelines for languages (January 2007). www.thutong.org.za
Departement van Onderwys. 2003. Nasionale kurrikulumverklaring vir Graad 10–12
(Algemeen), Tale: Afrikaans Huistaal. www.thutong.org.za
Greyling, F. 2005. “Vaselinetjie (Anoeschka von Meck) – ’n bespreking”.
www.storiewerf.co.za
Hollander, H. 2005. “Barrie en boeke”. www.roekeloos.co.za
)T
(c
Hugo, T. 2005. “Lesersresensie”. www.boekwurm.co.za
be
el
af
Jacobs, J. 2004. “Sy laat haar deur stories lei. ‘Die karakters mors met my’”. Die Burger,
5 Julie 2004.
Kleinboer. 2005. “Perspektief”. Rapport, 19 Junie 2005.
itg
-U
rg
Loots, S. 2004. “Die SNOEK loop weer”. Rapport, 7 November 2004.
Malan, L. 1999. “’n Boek wat jou laat tap dance”. Rapport, 17 Januarie 2004.
er
ew
Marais, A. 2002. “Vér anderkant die longdrop”. Insig, Julie 2002.
s
Olivier, F. 2005. “Lesers oud én jonk verdien meer respek”. Beeld, 24 Januarie 2005.
Parker, E. 2004. “Vir Vaselinetjie”. Sarie, Julie 2004.
Steinmar, D. 2005. “‘Real life is hartseer en skokkend’ – Anoeschka von Meck in die
spervuur …” www.litnet.co.za
Tucker, N. & Eccleshare, J. 2003. The rough guide to books for teenagers. Rough Guides
Ltd. Londen
Van Zyl, A. 2004. “Gouelokkies en die drie soutsnoeke”. www.informante.web.na
Von Meck, A. 1998. Annerkant die longdrop. Queillerie, Kaapstad.
Von Meck, A. 2004. Vaselinetjie. Tafelberg, Kaapstad.
Wasserman, H. 1998. “Ginkelsnoek vat jou op ’n dolle vaart met debuut”. Die Burger,
23 Desember 1998.
119
01316_Vaselinetjie.indd 119
2/20/07 5:35:03 PM
Die skrywer van die gids
itg
-U
rg
be
el
af
)T
(c
s
er
ew
Danie Steenkamp, die skrywer van hierdie gids, het ’n BA-graad en HOD-diploma aan
die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hy het daar in die redaksies van Die Matie,
Akkerjol en Die Stellenbosse Student gedien. Hy is vir die afgelope elf jaar deel van
die gedugte span Afrikaans-opvoeders by Hoërskool The Settlers in Bellville, Kaapstad.
Hy het jare lange ondervinding van die onderrig van Afrikaans Huistaal en Eerste
Addisionele Taal. By Settlers behartig hy die laaste paar jaar die skool se jaarblad en hy
is ook ’n opsteller van gestandaardiseerde vraestelle vir die Metropool-Noord.
In 1994 het hy en Marieta Nel ’n klasgids vir Tafelberg-uitgewers oor Barrie Hough
se roman, Skilpoppe geskryf. In 1995 skryf hy ’n klasgids vir Kowie Rossouw se Wie se
hart kan dit dan hou? vir dieselfde uitgewer.
120
01316_Vaselinetjie.indd 120
2/20/07 5:35:04 PM