Oktober 2013 - Gereformeerde Kerk Welkom Noord
Transcription
Oktober 2013 - Gereformeerde Kerk Welkom Noord
slingervel oktober 2013 1 in hierdie uitgawe ... SSlingervel, li l Jaargang J 55 Nommer 951, Oktober 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: [email protected] Tipografie en uitleg Joey Fourie e-pos: [email protected] MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter 2 3 Die redakteur skryf 4 Verjaardaghoekie 6 Bybelleesrooster vir November 8 Oordenkings vir laerskoolkinders 10 Spreuke vir die tiener verklaar 11 Blokkiesraaisel 452 12 Die kromsteelpyp Wetenskap-Artikels Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories 13 Wie sou dit kon raai ... 14 Vier vriendinne (2) 16 Met die maan gepla (2) 17 Voël Kopkrapper 18 Boekeblad 22 Oordenkings vir tieners 24 Pluto kry 'n planeetmaat? Intekengeld R191,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Artikelskrywers dié uitgawe Dr. Nico van der Merwe Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522 Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572 Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 55 Nommer 951, Oktober 2013 ISSN 0037 685 X slingervel oktober 2013 Die redakteur skryf ... Die Kerkhervorming en die jaar 2013 V ir die Protestantse kerke is Oktobermaand herinneringsmaand met die oog op die Kerkhervorming. Ek is oortuig daarvan dat julle tieners al in die katkisasie in die lesse oor die kerkgeskiedenis van die Hervorming geleer het. Uit die lesse onthou julle sekerlik die name van Johannes Calvyn, Martin Luther, Huldrich Zwingli, John Knox. Hulle was almal manne wat aktief besig was in die tydperk van die Kerkhervorming. Die Kerkhervorming het gesorg vir die volgende vyf uitgangspunte: • • • • Die Hervorming het wel honderde jare gelede plaasgevind, maar dit het daagliks steeds vir ons groot betekenis. Die Kerkhervorming het plaasgevind nadat die kerk van die Middeleeue oor eeue heen al verder en verder van die Woord van God afgedwaal het. Daar is al meer en meer gekonsentreer op die mens en wat hy doen. Eer wat God toegekom het, is aan mense gegee. Teen hierdie afdwaling van die Bybel af het die hervormers in opstand gekom. slingervel oktober 2013 • Aan God alleen die eer! Alle eer kom God alleen toe. Die eer kom geen mens toe nie – ’n volk of ’n kerk of ’n universiteit of die beginsels en ideale van die mens nie. Ons ewige en almagtige God is die enigste aan Wie die eer gegee kan word. Alleen op grond van die Heilige Skrif! Hiermee word bely dat die Woord van God die rigsnoer vir die mens se hele lewe is, nie tradisies of mensgemaakte reëls en riglyne nie. Nét God se Woord alleen! Alleen uit genade is die verlossing! Die mens kan niks bydra tot sy verlossing nie. Die mens kan nie die verlossing by God koop nie. Hy gee dit uit louter genade. Die mens kan dit nie verdien nie. Alleen deur die geloof! God bind Homself aan die mens, en die band is sy genade. En daardeur word die mens aan God gebind, en die band is die geloof. Christus alleen betaal die sondeskuld! Word ons dan nie deur die geloof gered nie? Ja! Maar dit nie deurdat ons glo nie. Ons word gered deur die inhoud van ons geloof, dit is Christus. Ons word dus gered deur wat ons glo. Dit is nie dat ons glo wat ons red nie, maar wat ons glo – en dit is Jesus Christus alleen! SV 3 verjaardag hoekie Die volgende Velliemaats verjaar gedurende OKTOBER 2013. Veels geluk en mag die nuwe jaar net vreugde en liefde bring. Geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752; of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana 1 Alexander Turner (Randburg), Alwin Kruger (Alberton-Wes), Charni Strydom (Bloemfontein-Suid), Damian Hartslief (Boksburg-Suid), Edwin Opperman (Potchefstroom-Oos) Frits Brough (Rustenburg), Jackie Roos (Magol), Kayla de Jager (Rustenburg), Lynn Oosthuizen (Krugersdorp), Suné Hermann (Laeveld). 2 Adrico Els (Lydenburg), André Daniël Erasmus (Kathu), Bernard van Eeden (Lindley), Ceané de Klerk (Boksburg-Suid), Deon du Plessis (Bloemfontein-Suid), Divan van Jaarsveld (Potchefstroom-Oos), Inge Kotze (Bethal), Kayle Els (Lydenburg), Pieter-Coen van Schalkwyk (Boksburg). (Brackenhof), Mignon Kruger (Magol), TJ Minnie (Secunda). 7 Daniel van der Walt (Middelburg Mpumalanga), Donovan van Staden (Magol), HP Jansen (Lydenburg), Kalinka Vermaak (Port Elizabeth), Keabetswe Kobedi (Randburg), Lohann van der Westhuizen (Hermanus), Suria Denkema (Oudtshoorn). 8 Dian Mynhardt (Laeveld), Jeamé Stone (VereenigingOos), Louwan Horn (Kuruman), Mia Fouché (Port Elizabeth), Michael Janse van Rensburg (Krugersdorp), Neill Janse van Vuuren (Krugersdorp), Schalk du Preez (Potchefstroom-Oos). 3 9 4 10 Anke Serfontein (Port Elizabeth), Gean Olivier (De Aar), Johnny Muller (Frankfort), Julia van Rooyen (Randburg), Lara Fourie (Port Elizabeth), Marieta Jooste (Reddersburg), Nicolene van den Berg (BloemfonteinSuid), Sune Reinecke (Ermelo), Vayda Coetzer (Ermelo). Hannes Venter (Kuruman), Ida Bekker (Lindley), Marizaan Venter (Kuruman), Philip-Johan van Schaik (Randburg). 5 Alrich Immelman (Port Elizabeth), Elrika Erasmus (Secunda), Karlitza Blignaut (Brackenhof), Kris n Labuschagne (Port Elizabeth), Lisa van der Wa (Magol), Menishia Heyneke (Magol), Mia Grobler (Randburg), Okkie Geldenhuys (Vanderbijlpark-Trinitas), Quean Bonnema (Waterkloofrand), Tobias Kruger (Randburg). 6 4 Chris an Heydenrych (Brackenhof), Hanlie de Vaal (Middelburg Mpumalanga), Johnré Heydenrych Annemarie Booysen (Gobabis), Arina Collins (Alberton-Wes), Gawie Oelofse (Secunda), Isaac Theron (Kuruman), Johandre Kruger (Burgersdorp), Marrissa Vermeer (Alberton-Wes), Monique Erasmus (Krugersdorp), Nico Snyman (Magol). Aiden Smith (Welkom-Noord), Bianca Calitz (Port Elizabeth), Caroline Cornelissen (Bergbron), Danel Calitz (Port Elizabeth), Karla Weideman (Krugersdorp), Mecayla Ha ngh (Reddersburg), Pre y Mokgosi (Randburg), Siegfried Frauendorf (Randburg), Simoné Viljoen (Boksburg-Suid), Thinus van Rooyen (Magol), Tina Kleynhans (Secunda). 11 Jana Enslin (Welkom-Noord), Lenieke de Beer (Vaalpark), Peet du Plessis (Nylstroom), Ricu Geyer (Magol), Suané Meiring (Randburg), Velize de Bruyn (Potchefstroom-Oos), Waldo de Beer (Duineveld). slingervel oktober 2013 12 Chris aan Smith (Zeerust), Marcus Robinson (Rustenburg), Rikus Floor (Randburg), Wimpie Nienaber (Bethal). 13 14 Marco Labuschagne (Boksburg-Suid), Sonja van der Schyff (Vanderbijlpark-Trinitas). Alché Smit (Randburg), Anelle van der Merwe (Potchefstroom-Die Bult), Anika Laage (Vanderbijlpark-Trinitas), Emma Burger (Kleinmond), Mar n Etsebeth (Randburg), Onica Thage (Randburg), Theunis du Preez (Zeerust). 23 Adéle Havenga (Brackenhof), Carlo Snyman (Randburg), Chris an Terblanche (Potchefstroom-Oos), Danie van den Berg (Boksburg), Hailey Wilcocks (Randburg), Jolani van Heerden (Wolmaransstad). 24 Bartho Saayman (Secunda), Dareau du Plessis (Randburg), Gerhardus van der Linde (Warmbad), Henze du Preez (Welkom-Noord), Johan van Tonder (Krugersdorp), Olaf Burger (Kleinmond), Wilhelm Kruger (Vereeniging-Oos). 15 25 26 16 27 Carla van der Merwe (Potchefstroom-Oos), Edward van der Westhuizen (Ermelo), Le cha Venter (Magol), Lourens Myburgh (Waterkloofrand), Marize e Strömbeck (Secunda), Stephan Terblanche (Potchefstroom-Die Bult), S an Griffen (Secunda), Tenielle Bouwer (Vereeniging-Oos). Chantelize Slabbert (Vereeniging-Oos), Cindy Els (Brackenhof), Clarissa Stander (Lydenburg), Gerdes Steenekamp (S lbaai), Jacqueline Pohl (Ly elton), Ruben Bester (Kaapstad), Twane Barnard (Heilbron). 17 Asher Murambadoro (Potchefstroom-Die Bult), Delia Weideman (Vanderbijlpark-Trinitas), Hilmer Backer (Randburg), Imke van Wageningen (Hermanus), Luzaane Bezuidenhout (Zeerust), Manie van der Linde (Bloemfontein-Suid), Nathan von Ronge (Randburg). 18 Armand du Toit (Kleinmond), Bea-Landi Lourens (Vanderbijlpark-Trinitas), Chris aan van der Walt (Paarl), Hardus Hermann (Laeveld), Juane Oberholzer (Wolmaransstad), Paul Buys (Potchefstroom-Die Bult). 19 Eleana van der Merwe (Randburg), Marco Pretorius (Secunda), Mikayla Versfeld (Brackenhof), Vene Roodt (Welkom-Noord). 20 21 A e Coetzee(Zeerust), Emma Erasmus (Wolmaransstad), E enne van der Merwe (Randburg). Leonize Wagener (Magol), Liné Liebenberg (Alberton-Wes), Mar-Louizs Pretorius (Kathu), Ruben Kruger (Bergbron), Schammarié van Heerden (Vereeniging-Oos). 22 Angelique Pretorius (Boksburg-Suid), Claudine van Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas), Julie e Kayayan (Potchefstroom-Die Bult), Louri van Deventer (Randburg), Tanya Meere (Secunda), Tian van Heerden (Rustenburg). slingervel oktober 2013 Franciska de Beer (Magol), Moshe Morake (Randburg), Nina du Plessis (Benoni). Anel Venter (Lydenburg), Arnel Swart (Randburg), Elizma Erasmus (Magol), Gizane Pringle (Randburg), Harry van Rooy (Vanderbijlpark-Trinitas), JanHendrik Snyman (Krugersdorp), Kian Ferreira (Randburg), Marli Buys (Ly elton), Nadia du Preez (Port Elizabeth), Roelof Fouché (Port Elizabeth). Aimeé Lynn Botha (George), Bianca Claasen (Magol), Clarisa Breedt (Messina), Jandre du Plessis (Bergbron), Sumari Pretorius (Magol), Tanya Claasen (Magol), Wian de Klerk (Bethal), Wimpie Jansen van Vuuren (Buffeldoorns). 28 Anais Thoms (Krugersdorp), Donovan Swanepoel (Secunda), Erik van der Steen (Upington), Nico du Plessis (Lydenburg), Shanté Heunis (Rustenburg), Whelmé Jacobsz (Gobabis). 29 Cobus van den Heever (Buffeldoorns), Esme Kruger (Randburg), Georgia Greeff (Vanderbijlpark-Trinitas), Jandre van Niekerk (Wolmaransstad), Jean-Mare Venter (Upington), Lizelle Snyman (Zeerust), Mikhe du Plessis (Kathu), Mila Botha (Randburg), Sanja Steenekamp (S lbaai), Wilmari Wiggill (Potchefstroom-Oos). 30 Anje Uys (Randburg), Braam Oosthuizen (Randburg), Chris-Marie Erasmus (Kathu), Hernus Aucamp (Boksburg-Suid), Jason Donovan du Plessis (Kathu), Lambert Vorster (Botswana), Magdeli Steenekamp (Potchefstroom-Die Bult), Meyer Olivier (PotchefstroomOos). 31 André van der Merwe (Middelburg KP), Carnelle Ha ngh (Bloemfontein-Suid), Charlize van Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas), Gerhard (jr) Turkstra (Potchefstroom-Oos), Luciano McKenzie (Warmbad), Marië e van Jaarsveld (Brackenhof), Nico Hermann (Rustenburg), René Weideman (Krugersdorp), Rynard van Heerden (Boksburg), S aan Marx (Secunda). 5 Bybelleesrooster vir November Dr. Nico van der Merwe Josef en sy broers Vrydag 1 November – Lees: Genesis 50:15-21 God stuur die lewe volgens sy wil (vs. 19-20). Saterdag 2 November – Lees: Genesis 29:16-30 en 30:22-24 (vs. 20) Liefde verduur die tyd wat langsaam verbygaan. Sondag 3 November – Lees: Genesis 37:1-11 (vs. 3 & 11) Jou rykdom en jou drome is belangrik. Maandag 4 November – Lees: Genesis 37:12-28 (vs. 24) God span sy veiligheidsnet om Josef. Dinsdag 5 November – Lees: Genesis 37:29-36 (vs. 35) Die hartseer gevolge van die sonde. Woensdag 6 November – Lees: Matteus 21:33-42 (vs. 38) Josef en Jesus se lewensloop kom ooreen. Donderdag 7 November – Lees: Genesis 39:1-6a (vs. 2) Die rede waarom dit met Josef baie goed gaan. Maandag 11 November – Lees: Genesis 40:1 – 41:1 (vs. 23) Mens vergeet maklik die goeie optrede van iemand anders. Dinsdag 12 November – Lees: Genesis 41:1-8 (vs. 8) God begin Josef se vrylating uit die tronk voorberei. Woensdag 13 November – Lees: Genesis 41:9-32 (vs. 16, 25, 32) God is aan die werk vir Josef se vrylating uit die tronk. Donderdag 14 November – Lees: Genesis 41:33-45 (vs. 41) Soos God optree in die lewe, is die allerbeste. Vrydag 15 November – Lees: Genesis 41:46-57 (vs. 51) God laat jou die swaarkry en ellende vergeet. Saterdag 16 November – Lees: Genesis 42:1-24 (vs. 7 en 9) Jou sondes haal jou een of ander tyd in. Vrydag 8 November – Lees: Genesis 39:6-12 (vs. 8) Dit is nie maklik om vir die sonde nee te sê nie. Sondag 17 November – Lees: Genesis 42:25-36 (vs. 35) Josef toets sy broers se liefde vir mekaar. Saterdag 9 November – Lees: Genesis 39:13-20 (vs. 20) Betaal dit ’n mens om goed te doen? Kyk wat gebeur met Josef. Maandag 18 November – Lees: Genesis 42:35 – 43:10 (vs. 36) Jakob is negatief en depressief vanweë die swaarkry. Sondag 10 November – Lees: Genesis 39:20-23 (vs. 22) Sonder God is ‘n goeie tyd moontlik in ‘n aaklige plek. Dinsdag 19 November – Lees: Genesis 43:11-15 (vs. 11-12) Jakob se hoop hang aan dun draadjies. 6 slingervel oktober 2013 Woensdag 20 November – Lees: Genesis 43:16-34 (vs. 34) Josef se liefde blyk uit die feesmaal. Maandag 25 November – Lees: Genesis 45:4-13 (vs. 7) Josef gaan terug na die toekoms toe. Donderdag 21 November – Lees: Genesis 44:1-17 (vs. 16) Josef se broers is uitgevang oor hulle optrede teenoor Josef. Dinsdag 26 November – Lees: Genesis 45:16-24 (vs. 20) Daar sal vir Josef se pa en broers gesorg word. Vrydag 22 November – Lees: Genesis 44:18-34 (vs. 30-31) Juda dink aan die verskriklike hartseer van sy pa Jakob. Saterdag 23 November – Lees: Genesis 45:1-3 & 2 Korintiërs 5:10 Josef se broers word tot in hulle diepste geskok. Sondag 24 November – Lees: Genesis 45:1-4 en 1415 (vs. 2) Trane van verligting en blydskap. slingervel oktober 2013 Woensdag 27 November – Lees: Genesis 45:25-28 (vs. 28) Jakob belewe die hemel voor hy sterf. Donderdag 28 November – Lees: Genesis 46:1-7 en 26-27 (vs. 2) God praat met Jakob op weg na Egipteland. Vrydag 29 November – Lees: Genesis 46:28-30 (vs. 29) Alles is goed wat goed eindig. Saterdag 30 November – Lees: Genesis 46:31 – 47:12 en 27 (vs. 10) Die farao ontmoet vir Jakob by sy aankoms. 7 dr. nico van der merwe 109. Hou vas wat God vir jou gee 110. Die mens se eie, gemaakte reëls M A Lees in jou Bybel Markus 7:1-8 (vs 8) ense het verskriklik baie reëls en voorskrifte waarvolgens gelewe moet word. Dink net aan al die reëls in jou huis, by jou skool, in die sport waaraan jy deelneem, en in die dorp waar jy woon. Reëls is nodig, want dit keer dat mense nie verwilder nie. Die belangrikste reëls vir die Christen is God se reëls. In Markus 7:2 lees ons dat die Fariseërs vir Jesus kwaad was omdat sy dissipels nie hulle hande was voordat hulle eet nie. Dan sê Jesus vir hulle dat hulle baie nougeset is ten opsigte van reëls wat mense gemaak het, maar die wet van God ignoreer hulle. Jesus leer ons ’n baie belangrike waarheid. Die reëls van mense kan verander volgens die mens se smaak, maar God se reëls verander nie. Daarom moet jy getrou en gehoorsaam wees aan dit wat God vir jou in die Bybel sê, want dit is die allerbelangrikste. l is jy nog ’n kind op laerskool, is daar ten opsigte van jou godsdiens ’n groot gevaar waarvoor jy versigtig moet wees. Dit is die gevaar dat jy luister en gehoorsaam is aan reëls wat mense maak, maar dat jy baie maklik God se reëls vergeet. Dit kan gebeur dat jy al die verkeersreëls nakom as jy met jou fiets ry – natuurlik moet jy dit nakom!! Maar aan die ander kant steur jy jou nie aan die reëls wat God vir jou gee vir die lewe nie. Die reëls van hoe die Christen moet lewe, staan in die Bybel opgeskryf. Daaroor preek die dominee elke Sondag. Wat die reëls is en hoe jy dit moet verstaan, leer jy in die katkisasie. Ook as jou ma of pa met jou uit die Bybel gesels, vertel hulle vir jou wat die Here van jou verwag. Die reëls vir die lewe wat God gee, mag jy nie vergeet nie en jy mag dit ook nie ignoreer nie – jy moet daarvolgens lewe. 111. Jy moet hoor en verstaan 112. Skuld en angs pak die mens Lees in jou Bybel Markus 7:14-16 D Lees in jou Bybel Markus 7:17-23 J aar was op ’n dag ’n groot klomp mense by Jesus om na Hom te luister. Net soos ons luister as daar uit die Bybel gelees word of as die Bybel in die katkisasie met ons behandel word. In hierdie verband sê Jesus iets baie belangriks: “Luister julle almal hier na My en verstaan dit goed” (vs 14). Hoor jy wat Jesus sê? Hy praat van luister en verstaan, hoor en begryp. Wat jy uit die Bybel hoor, moet jy ook verstaan, want as jy dit nie verstaan nie, nie begryp nie, sal jy nie aan God gehoorsaam wees nie. Wat moet jy doen as jy iets in die Bybel lees wat jy nie verstaan nie? Gaan vra eerste vir jou ma en pa. Of vra in die katkisasieklas wat dit beteken. Jy kan ook vir jou dominee vra om dit vir jou te verduidelik. Jy kan ook in boeke wat oor die Bybel en godsdiens handel, na antwoorde soek. esus sê in hierdie paar verse twee dinge: [1] Niks wat van buite af in jou liggaam ingaan, kan jou onrein maak nie, want dit het nie te doen met jou verhouding met die Here nie. [2] Dit is dinge wat uit die hart van die mens uitkom wat hom onrein maak. Om ’n groot klomp reëls te hê oor aardse sake help niks in jou verhouding met die Here nie. Al sou jy al daardie uiterlike reëls getrou nakom, kan jy in jou hart, in jou verhouding met die Here steeds onrein wees. In jou verhouding met die Here moet jy nie op uiterlike reëls konsentreer nie. Die reëls wat belangrik is, is die reëls wat God in die Bybel vir jou gee. God se reëls het te doen met jou verhouding met Hom. As jou verhouding met die Here reg is, sal jy gereeld Bybel lees, bid, die eredienste en die katkisasie bywoon en doen wat reg is volgens God se wil. 113. Noodsaaklikheid van die geloof 114. Alles wat God doen, is goed D D Lees in jou Bybel Markus 7:24-30 ie Here Jesus doen wonderlike dinge in die lewe van dié mense wat in Hom glo. In Markus 7:24-30 is Jesus in Fenisië, ’n gebied van die heidene, waar Jesus ’n bietjie wou rus. Die mense het egter agtergekom dat Hy daar is en na Hom toe gekom. ’n Griekse vrou kom na Jesus en vra dat Hy tog haar dogtertjie wat deur ’n onrein gees beset is, sal verlos. Die vrou weet dat sy nie ’n Jood is of ’n burger van Israel nie. Tog vra sy dat Jesus haar en haar dogtertjie moet help. Hy is haar laaste hoop. Dan doen Jesus ’n wonderteken deur die dogtertjie van die onrein gees te verlos. Dat sy in Jesus geglo het, was vir Jesus genoeg om haar dogtertjie te verlos. Jy kan geen verhouding met God hê as jy nie in Hom glo nie. Die Here vra altyd na ’n mens se geloof. Die Heilige Gees maak geloof in jou hart deur die Bybel. 8 Lees in jou Bybel Markus 7:9-13 Lees in jou Bybel Markus 7:31-37 aar is mense wat vertel dat God nie net goed doen nie, maar ook die slegte. Dan wys hulle na al die ongelukke, swaarkry, ellende en smart op aarde. Hulle sê hoe kan God goed wees as Hy toelaat dat kinders gesteel en slawe gemaak word. Hoe kan God toelaat dat klein dogtertjies verkrag word? Hoe kan God toelaat dat ’n ma of ’n pa kanker kry en doodgaan? Hoe kan God toelaat dat daar soveel pyn en hartseer is in die lewe van mense wat vigs kry? Ons moet onthou dat dit nie God is wat hierdie dinge doen nie. Al die hartseer dinge van pyn en smart kom oor die mens vanweë die sonde waarin die mens leef. God het vir ons sy Seun, Jesus Christus, gestuur om ons van die sondeskuld en sondestraf te verlos. Elkeen wat in God glo, ontvang redding en verlossing, want alles wat God doen, is goed (vs 37). slingervel oktober 2013 115. God sorg vir die daaglikse behoef- 116. Die mense vra ’n teken Lees in jou Bybel Markus 8:11-13 tes Lees in jou Bybel Markus 8:1-10 V ink jy ooit daaraan dat jy elke dag genoeg het om te eet en te drink? Dit is so maklik om te dink dat jou mamma en pappa werk vir geld, en dit is die vernaamste rede waarom ons kos en lekkernye kan koop. Dan vergeet jy dat dit God is wat aan jou ouers die vermoë gee om te kan werk en hulle ook in hulle werk seën. Onthou, dit is God wat ons versorg en alles gee om van te lewe, soos Christus die skare mense daardie dag kos gegee het. Jesus leer ons in sy die bed, Ons Vader, om vir Hom te vra: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” (Matt. 6:11). God weet dat die mense op aarde moet eet sodat hulle krag kan kry om hulle werk te kan doen. Omdat dit God is wat ons versorg, moet ons voor ete vra dat die Here die voedsel sal seën, en na die ete moet ons vir God dankie sê vir dit wat ons kon eet. oel dit soms vir jou dat jy nie alles kan glo wat in die Bybel geskryf staan nie? Dalk hoor jy hoe grootmense met mekaar praat en sê dat hulle twyfel of alles wat in die Bybel staan, waar is. In die tyd wat Jesus Christus as mens op aarde was, was daar ook mense wat nie geglo het dat Hy die Seun van God, die Verlosser van sondes is nie. Hulle het vir Jesus gevra om ’n wonderteken te doen, sodat hulle kan glo. Hulle wil hê dat Jesus met ’n wonderteken sal bewys dat Hy die Seun van God is, dan eers sal hulle glo. Jesus doen dit nie, want ’n mens kan nie ten opsigte van die godsdiens dinge bewys soos in die wetenskapklas by die skool nie. As dit kom by godsdiens, moet jy glo. Jy moet ophou twyfelvrae vra oor die waarheid en die werklikheid in die Bybel. Glo alles wat God in die Bybel opgeskryf het. 117. Die suurdeeg van die bose 118. God genees geloofsblindheid E J D Lees in jou Bybel Markus 8:14-21 k wonder of jy weet wat suurdeeg is. Suurdeeg word in brooddeeg gebruik sodat die brood kan uitrys (vra vir jou mamma om jou te vertel hoe werk suurdeeg). Nou sê Jesus dat die mense wat nie in hom glo nie (die Fariseërs) net soos suurdeeg is. Net soos ’n klein bietjie suurdeeg die hele brood laat uitrys, net so was die ongeloof en boosheid van die Fariseërs genoeg om die hele gemeenskap van mense teen Jesus op te sweep en hulle teen Hom te laat draai. As jy dus met maats en vriende te doen het wat die Bybel kritiseer of vir jou sê dat ’n mens nie kan glo wat in die Bybel staan nie, moet jy nie hulle praatjies aanvaar nie. Hulle houding teenoor die Here en die Bybel werk in die harte van klomp mense soos suurdeeg in die deeg. Moenie na hulle luister nie en lees jou Bybel en bid elke dag tot God. Lees in jou Bybel Markus 8:22-26 ou oë waarmee jy kyk en sien, is vanself ’n wonder van God. As jy op skool van die oog leer of dit self in ’n ensiklopedie lees, besef jy watter wonderlike liggaamsdeel God in die oog vir die mens gegee het. As ’n mens met godsdiens te doen het, moet jy ook oë hê om te kan sien. Maar dit is nie soos jou gewone oë nie, dit is geloofsoë waarmee jy in jou hart die dinge van God kan raaksien. Omdat ons in die tyd van die sonde leef, wil Satan jou geloofsoë blind maak. Hy wil nie hê jy moet die waarheid in verband met God en sy wonderdade sien en glo nie. Maar elkeen wat in Jesus Christus glo, is mense wat deur Christus van hulle geloofsblindheid genees is. Jy moet elke dag tot God bid dat Hy jou geloofsoë sal genees, soos Christus die oë van die blinde man in Betsaida gesond gemaak het. 119. Wat is jou belydenis van God? 120. Jesus Christus is jou Verlosser M A Lees in jou Bybel Markus 8:27-30 ense het baie opinies oor die Bybel en God. Jy hoor dit ook seker as jy na die geselsery van jou vriende en maats luister, en ook as jy te hore kom wat grootmense oor hierdie saak te sê het. Mense dink nie daaraan as hulle hul eie opinie oor God en die Bybel uitspreek, dat dit in werklikheid ’n geloofsbelydenis is nie. Dit is ook die vraag wat Jesus Christus vir die dissipels gevra het: “Wie sê die mense, is Ek?” Party mense het gesê dat Jesus Johannes die Doper is. Ander mense het weer gesê dat Jesus Elia is en nog ander het gesê dat Hy een van die profete is. Dan vra Jesus vir die dissipels: “Maar julle, wie sê julle, is Ek?” Dan antwoord Petrus die vraag: “U is die Christus”. Hoe sal jy, al is jy nog ’n kind, antwoord? Wat jy sê, gaan jou geloofsbelydenis wees. Wees dus versigtig hoe jy antwoord. slingervel oktober 2013 Lees in jou Bybel Markus 8:31-33 s jy die vraag moet beantwoord: Hoe word jy van jou sonde verlos? – wat sal jy antwoord? Van kleins af is jy geleer dat die Here Jesus Christus ons sondes wegneem. Hý is jou Verlosser. Maar Jesus moes iets doen sodat God die Vader jou sondes kan wegneem. In Markus 8:31-33 sê Jesus wat Hy moes doen. Hy moes ly. Hy moes aan die kruis sterwe en Hy moes drie dae daarna uit die graf opstaan. Dit is wat Jesus vir die dissipels vertel. Dit is wat met Hom gebeur het. Omdat die mens sonde gedoen het, staan die mens skuldig voor God. Die mens is te swak om die skuld van die sonde te betaal, daarom het God sy Seun, Jesus Christus, gestuur om in jou plek te ly, aan die kruis te sterf en op te staan uit die dood. Elke keer as jy bid, moet jy vir die Here dankie sê dat Hy dit vir jou gedoen het. 9 dr. nico van der merwe Spreuke vir die tiener verklaar Koning Salomo skryf die Spreuke Spreuke 10:1a I n Spreuke 10 begin ’n volgende afdeling van die spreuke van Salomo. Dit is altyd goed om as jy Bybel lees of Bybelstudie doen, van die geheel van die gedeelte waarmee jy besig is, kennis te neem. Waar ons nou Spreuke 10 gaan saam lees, moet ons let op die onderafdeling waarvan hierdie hoofstuk ’n deel is. Hoofstuk 10-15:29 handel oor die teenstelling tussen ’n regverdige mens en ’n boosdoener, iemand wat slegte dinge doen. Hoofstuk 10 handel onder andere dan oor die volgende sake: • • • • • • • • • Vers 1a – Die opskrif van hierdie afdeling van spreuke. Vers 1b – ’n Inleidende spreuk vir die afdeling van spreuke. Vers 2-5 – Hierdie spreuke handel oor wysheid en welvaart. Vers 6-16 – Hierdie is spreuke wat handel oor kommunikasie. Vers 17 – Die effek van gehoorsaamheid. Vers 18-21 – Verstandige en onverstandige taalgebruik Vers 22-26 – Pyn en plesier. Vers 27-30 – Sekerheid en onsekerheid. Vers 31-32 – Mond en lippe. Vers 1a meld dat ons in hierdie gedeelte die spreuke lees wat Salomo geskryf het. Salomo was die seun van koning Dawid en Batseba, en sy naam beteken vrede. Hy het ná sy pa koning van Israel geword. By die dorpie Gideon het God een nag aan Salomo in ’n droom verskyn (1 Kon. 3:5). God vra vir Salomo wat Hy vir hom as koning kan gee. Wat het Salomo gevra? Rykdom? Eer? Status? Nee! Hy vra: “Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk regeer!” (1 Kon. 3:9). God antwoord Salomo: “Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of na jou sal hê nie. Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: rykdom en aansien, sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees solank jy leef nie” (1 Kon. 3:12-13). Sy wysheid om die spreuke te skryf, het Salomo dus van God ontvang. Ons is baie bevoorreg vandag om hierdie spreuke in ons eie taal, Afrikaans, te kan lees. Ons gaan met oorgegewe aandag elke spreuk deurlees en ook met mekaar oordink wat God daarin laat skrywe het. SV 10 slingervel oktober 2013 TERSIA Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572 DWARS 1. Hy is sterk en het met ’n harde stem uitgeroep (Openb. 5:2). 3. Hy is met pynlike swere getref (Job 2:7). 5. Jakob het gesê hy sal dit bly doen oor sy seun (Gen. 37:35). 7. Die Here belowe Abraham hy sal ’n nageslag hê so baie soos die ______ van die see (Gen. 22:17). 8. Dié diertjies kom volop daarin voor (Lev. 11:29). 10. Jesus sê Hy is die Begin en die _________ (Openb. 22:13). 12. Elke _______ moet vol wyn gemaak word (Jer. 13:12). 13. Paulus-hulle het in hierdie stad die Woord verkondig (Hand. 14:25). slingervel oktober 2013 AF 1. 2. 4. 5. 6. 7. 9. 11. Hulle is almal sulke mense van Dawid (2 Sam. 5:1) Juda is dít (Gen. 49:9). Die doringbos het aangehou om dit te doen (Eks. 3:2). Die vuur het daarin verdeel (Hand. 2:3). Moses se ma het hom tussen dít in die rivier gesit (Eks. 2:3). Agimaäs se pa (2 Sam. 18:19). Só ’n vrou is baie meer werd as edelstene (Spr. 31:10). Rut moes dit op die land van Boas gaan optel (Rut 2:8). 11 Tannie Rika du Plessis Die kromsteelpyp Oupa Hans is al oud. Sy lang baard is spierwit-grys, en sy kop is kaal. Hy werk nie meer nie, en bly by sy dogter en haar man in die huis. Bedags na ontbyt gaan sit Oupa altyd op die stoep in die son, en wanneer dit te warm word, gaan sit hy op die gras in die koelte van ‛n groot akkerboom. D ie ding wat Oupa altyd by hom het, is sy kromsteelpyp. Selfs al rook hy nie, hang die ou kromsteel in sy mond. Sy kinders het al baie geraas oor die ou pyp wat Oupa so rook, maar hy wil darem nie nou op sy oudag van sy ou kromsteel ontslae raak nie. Dientjie hoor hoe haar ma en pa oor haar oupa se gesondheid praat. Hulle is bekommerd omdat Oupa nie wil ophou rook nie. Hy hoes juis soms so aanmekaar dat hy skoon kortasem raak. Dientjie raak nou benoud. Sê nou maar Oupa kan eendag glad nie asem kry na so ’n hoesery nie? Sy wil nie hê haar oupa moet doodgaan nie. Wie sal dan vir haar sulke lekker stories vertel, en bowendien is sy lief vir haar oupa. Sy moet ’n plan maak om Oupa van daai pyp te laat afsien. Maar hoe? Sy dink en dink tot sy al skoon moedeloos gedink is. Die volgende dag sit sy op die gras langs die tuinstoel waarin Oupa onder die boom sit. Hy sit en suig al weer aan die ou pyp, sien sy. Langs sy stoel op ’n tafeltjie lê sy sakkie tabak en skielik dink Dientjie aan ’n plan. Sy staan op en sien Oupa se oë is toe. Hy slaap dikwels sommer ’n bietjie so regop in sy stoel. Nou is haar kans, en sy gryp die sakkie met die bietjie tabak in en draf om die huis se hoek. Sy stap na haar ma se kruietuin toe en gaan pluk blaartjies van die krui waarvan haar oupa niks hou nie. Hy sê altyd hy word sommer naar as hy die goed proe. Sy kap die blaartjies baie fyn en meng dit met die tabak in die pyp voor sy die sakkie weer gaan neersit. “Oupa moenie so in die stoel sit en slaap nie. Oupa gaan omval of uitval en ek kan Oupa nie ophelp nie,” sê sy hard toe sy weer langs hom gaan sit. Oupa kyk na haar toe en lag net sy gewone ou roggellaggie. Hy vat die sakkie tabak en begin sy pyp vol stop met die tabak. Daarna sit hy die pyp in sy mond en steek die tabak aan die brand. Sommer na die eerste suig aan die pyp spoeg Oupa dat dit daar ver trek en bekyk die pyp vies. “Nou vir wat smaak my ou kromsteel dan vandag so sleg? Dis net so sleg soos daai kruie van jou ma.” Hy kap die pyp se inhoud teen sy skoen se hak uit en maak die pyp skoon met ’n pypskoonmaker wat hy uit sy sak haal. Daarna stop hy die pyp van vooraf. Maar weer het Oupa skaars die eerste trek aan die pyp gegee, en dié keer gooi hy sommer die pyp dat 12 hy doer trek en spuug vies in die gras. “Nee, kyk, as ou kromsteel nou glad vir my begin smaak soos daai kruiegoed, is dit seker tyd dat ek moet ophou rook, of wat sê jy my klein Dientjie?” vra Oupa en vryf oor haar kop. “Ek dink ook so, Oupa, dis sommer ’n baie goeie besluit. Wil Oupa ’n lekkertjie hê? vra Dientjie en hou gretig haar pakkie lekkers na Oupa toe uit. Hy kan veel liewer van haar lekkers eet as om aan ’n ou stink pyp te suig wat glad nie goed vir hom is nie. “Dankie, Dientjie, die lekkertjie sal lekker smaak. Wil jy dan nie vir Oupa ’n glas yskoue water gaan haal nie? My mond smaak darem nou alte sleg van binne.” “Natuurlik, Oupa, ek is nou terug,” antwoord sy en hardloop huis toe waar sy vinnig vir haar mamma vertel wat sy gedoen het en wat Oupa se besluit is. “Haai, Dientjie, jy moenie so met Oupa maak nie, maar ai, as dit gehelp het dat hy daai ou pyp gaan los, is dit maar oukei so. Hier, neem sy water vir hom,” antwoord haar mamma. Buite het Oupa sy sakkie tabak gevat en dit in sy hand uitgegooi. Al is sy ou oë al swak, het hy tog die fyn stukkies groen tussen die bruin tabak raak gesien. Hy glimlag nou sag. Hy weet sommer dis Dientjie se werk, en hy weet sy wil net so graag soos sy kinders hê hy moet ophou rook. Miskien moet hy regtig maar nie weer die ou pyp aansteek nie. Dit wys vir hom sy kinders en kleinkindjie is vir hom lief, en wil hom by hulle hou so lank as wat hulle kan. Hy glimlag dus wyd toe Dientjie die glas water vir hom gee. “Dankie, my poplappie, die water gaan nou lekker smaak, en daarna jou lekkertjie. Jy moet dan daai ou pyp gaan optel en gooi hom in die dam, hoor.” “Ek doen dit sommer nou dadelik, Oupa,” sê Dientjie gretig. Netnou verander haar oupa van besluit, dink sy toe sy die ou pyp oomblikke later met ’n boog in die dam gooi en terughardloop na haar oupa toe. “Kan ek nou ’n mooi storie hoor, Oupa?” vra sy en gaan klouter op sy skoot. Sy ou eelterige hand hou haar styf vas en hy begin vir haar ’n mooi storie van Jakkals en Wolf vertel. SV slingervel oktober 2013 Liewe Slingervelmaatjies V andag wil ek vir al die Slingervelmaatjies van die afgelope 20 jaar baie dankie sê dat ek saam met julle die kinderwêreld van feetjies, kabouters, diertjies, dinge en klein kinders kon deel. Sedert 1993 loop ek al die paadjie saam met die ou kleintjies van Slingervel soos hulle gekom en gegaan het. Ek wil hê julle moet weet hoe baie ek dit geniet het om saam met julle tussen al die karaktertjies rond te kuier. En nee, ek sê nie hiermee tatta vir altyd nie. Ek sal by julle bly vir solank as wat ek kan of vir so lank as wat ek nodig hier is. My hart lê by julle kleingoed, en sal altyd daar wees. En weet julle wat, al is ek vandag al 'n ou tannie, is dit steeds vir my heerlik om so saam met julle in kabouterlande vir 'n rukkie lang weg te raak en te speel. Baie dankie ook vir die outjies wat oor die jare heen so dan en wan vir my 'n ou briefie gestuur het, en selfs onlangs 'n e-possie gestuur het. Sy mamma het vir my gevra wat is my e-posadres, want hy wil dan so graag vir sy tannie Rika 'n briefie “oppie” lug stuur. Is dit nou nie dierbaar nie? Julle briefies is almal veilig weggebêre. En as daar nog outjies is wat wil weet, hier is my e-posadres, en julle briefies is vir my belangrik: [email protected] Ook baie dankie aan dominee Nico en sy span wat sorg dat die Slingervel by ons maatjies uitkom. Dit is baie werk, maar elke maand is julle boekie daar. Maatjies, julle moet mooi bly, ek is lief vir julle almal, al ken ek julle nie persoonlik nie. Tannie Rika Wie sou dit kon raai dat daar in die Bybelse tyd ook diewe en rowers was? • • • • • • • • • Ragel het haar pa se afgodsbeeldjies gesteel (Gen. 31:19). Akan het klere, silwer en goud uit die bangoed by Ai gesteel (Jos. 7:11-21). Die inwoners van Sigem het hinderlae in die berge opgestel en almal wat met daardie pad verbygekom het beroof (Rigt. 9:25). Miga steel 13 kilogram silwer van sy Maandag (Rigt. 17:2). 600 mans van die stam Dan het Miga se godsbeeld, afgodsbeeldjies en efodbeeld gesteel (Rigt. 18:16-18). Die mense van die stam Juda het God beroof van die tiendes en die offergawes (Mal. 3:8). Saam met Jesus Christus is twee rowers ook gekruisig (Matt. 27:38). Judas Iskariot, een van Jesus se dissipels, het van die bydraes gesteel wat die mense vir die dissipels gegee het (Joh. 12:4-6). Barabbas, wat uit die tronk vrygelaat is toe Jesus veroordeel is, was 'n rower (Joh. 18:40). slingervel oktober 2013 13 Tannie Marjorie Whatley Vier vriendinne (2) J o en Caitlin is altwee sowat tien minute vroeg en kom dieselfde tyd by Lisa se huis aan. Met uitbundige opgewondenheid druk hulle die sekuriteitsklokkie. Hulle kan nie wag om ingelaat te word nie, en trippel soos twee hiperaktiewe kleuters voor die hek rond. “Haai julle,” groet Lisa vanaf die voorstoep. “Kom sit solank julle oornagsakke en lekkergoed vir ons middernagfees in my kamer neer. Ek hoop darem een van julle het sjokolade gebring. Ek het koeldrank en springmielies gekoop.” “Hier is die kaneel, dis mos wat ek moes bring. Caitlin het jy die suiker onthou?” vra Jo, en hou haar hand uit na die pakkie suiker wat Caitlin aangee. Alhoewel dit nie nodig is nie, het die meisies besluit om hierdie oorslaapaande uit hulle eie sakgeld te betaal. Dit laat hulle verantwoordelik voel. “Kom ons gaan sit dit gou in die kombuis, dan gaan sê julle sommer vir my ma en pa hello … hulle is hieragter in die tuin. Nina sal seker nou-nou hier wees,” sê Lisa oor haar skouer, op pad kombuis toe. 14 Daar heers ’n ongemaklike stilte met die noem van Nina se naam. “Wat’s dit met julle? Natuurlik kom sy! Nina verbreek nooit ’n belofte sonder om ons te laat weet nie. Sy sal nou-nou hier wees.” Lisa is heeltemal gerus dat Nina wel sal kom. Sy het met aandete, terwyl haar pa die seën gevra het, ’n spesiale gebedjie opgesê om vir Liewe Jesus te vra om vir Nina te help met wat ook haar probleem mag wees, en dit vir haar moontlik te maak om vanaand hier by haar drie vriendinne wat baie lief vir haar is, te wees. Brrr! Brrrrrrr! Die sekuriteitsklokkie lui. “Dis Nina, dis Nina!” Die drie stamp mekaar amper om, om eerste die deur te gaan oopmaak. “Hello, julle! Sjoe, my sak is swaar.” Nina laat sak die swaar kruidenierswaresak en gee haar oornagsak vir Lisa aan. “Wat op aarde is in daai swaar sak?” vra Jo terwyl sy daarin loer voordat sy dit indra. Caitlin loer ook nuuskierig in die sak en bars hard uit van die lag. Lisa wil ook nou sien wat die twee, wat nou amper histeries is van die lag, so snaaks vind. “Wat’s so snaaks?” wil Nina weet. “Julle het mos gesê ek moet die meel bring. En suurlemoene.” “Maar nie so ’n groot sak meel nie, jou aap. En hier is amper ’n hele boom se suurlemoene ook,” proes Caitlin. “Aag, hou nou op julle, ek het julle mos gewaarsku ek weet niks van bak of kook af nie. Hoe moes ek nou weet? Julle het nie gesê hoeveel meel nie, so liewer te veel as te min.” Nina grinnik ook maar saam. “Kom ons gaan eers na my kamer toe en maak vir ons beddens op die vloer.” “Ja, kom ek wil julle my nuwe pajamas wys, sê Jo. “Dis so oulik, met ’n smurf voor op die bors.” “Al weer nuwes? Skaam jou Jo, hoe het jy hierdie keer weer jou ouma se arm gedraai?” berispe Lisa haar. “Flippen bederf!” voeg Caitlin by. Jo paradeer soos ’n wafferse model in die kamer rond met die nuwe pajamas voor haar gedrapeer. “Baie oulik, moet ek sê. Ek het sommer my oues gebring,” sê Nina terwyl sy haar oornagsak uitpak. “Selfde hier, sê die ander twee. Ons slingervel oktober 2013 het nie ’n ouma wat vir ons streke val, soos Jo nie,” pruil hulle. Die vier beste maats luister na hulle gunstelingmusiek, terwyl hulle hul slaapplek op die grond maak. Die kamerdeur gaan oop en mevrou Snyman loer in. “Die kombuis is nou reg vir julle, meisies,” sê sy vriendelik. “Dankie, Tannie,” lag Jo en Caitlin. “Operasie pannekoek! Operasie pannekoek! Hier kom ons!” so sing en dans hulle gang-af na die kombuis toe. “Dink julle nie Nina moet die beslag aanmaak aangesien sy nog nooit pannekoek gebak het nie?” vra Lisa. “Goeie plan … ons meet eers alles af en gee die nodige vir haar aan,” stem Jo saam. “Nou gee aan daai yslike sak meel dat ons een kilogram kan afweeg,” vra Caitlin terwyl sy kamstig sukkel om die sak op te tel. “Ons sal seker vir jou ma en pa ook elk ’n paar bak, of hoe, Lisa?” “Ja, ons verdubbel die resep. Dan sal daar oorgenoeg pannekoek beslag wees. Dit wat oorbly, kan Willie, my broer, self vir hom bak as hy laataand van sy meisie af kom,” sê Lisa. Gou is alles afgemeet en die vier spring aan die werk met operasie pannekoek. “Goed gedaan, Nina! Die beslag is lekker dun en nou vir die belangrikste. Die pan word net lig gesmeer en moet die regte hitte wees.” Jo voel baie belangrik dat sy vir die slim Nina iets kan leer. “Ek het nou genoeg gedoen, julle kan eerste bak, ek sal mooi kyk … en leer,” sê Nina soos ’n kamstige soet skoolkind. Eintlik is sy erg bang vir daai flip van die pannekoek. Jo en Lisa flip sommer gou-gou vier pannekoeke elk. Caitlin wat heelwat kleiner en korter as haar maats is, sukkel ’n bietjie, maar kry ook vier pannekoeke geflip. “Kom Nina, dis nou jou beurt. Jy het mos gesien hoe ons dit doen. Wag slingervel oktober 2013 tot die pannekoek borrels begin maak. Skud dan die pan so effe, flip in die lug en walla, daar lê hy, in die middel van die pan,” bemoedig Lisa haar. “Ooo, ek weet nie so mooi nie, julle. Maar ok, hier gaan die eerste een.” Nina flip die pannekoek, maar ooo wee, te hoog en sy vang mis. Nou is sy senuweeagtig en die volgende twee misluk ook. “Ontspan nou eers. Skud die pan so effe en dan flip jy met jou gewrig. Dis jou laaste kans, jy kan dit doen,” por hulle haar aan. Vier paar oë is vasgenael op die pannekoek in die pan. Nina skud, flip, en sowaar … flop! land die pannekoek reg in die middel van die pan. “Flip flop in die middel van die pan! Flip flop in die middel van die pan!” sing die vierstuks terwyl hulle hul nuwe dans, Die Pannekoekskoffel, so pas uitgedink, al om die tafel uitvoer, terwyl elkeen ’n denkbeeldige pannekoek in die lug flip. Die gelag is so aansteeklik dat meneer en mevrou Snyman kom inloer. “Haai, julle,” sê mevrou Snyman. “Waar’s ons s’n? Onthou ons hou van baie suurlemoen … daar is mos baaaaaie suurlemoene,” glimlag sy na Nina se kant toe. Nina lag uitbundig en vir Lisa is dit wonderlik om haar maat so ontspanne en gelukkig te sien. Die meisies wys vir Nina hoe om ’n pannekoek met suiker en kaneel te bestrooi en ook ’n paar druppels suurlemoen by te voeg. “Opgerol, nog so ’n bietjie suiker en kaneel bo-op en ons is klaar!” juig Jo. Die pannekoeke word nou op ’n bord gerangskik. Nina se een is die kroon-pannekoek en lê heel bo met ’n kersie versier. Na die meisies opgeruim het en vir meneer en mevrou Snyman hulle pannekoeke gegee het, dra hulle die pannekoeke kamer toe en nou begin die fees. “Kyk wat het ek gebring.” Nina haal iets uit haar haar slaapsak. “Dis Hoofmeisie, die dvd,” waai sy dit in die lug. “Hoofmeisie! Nina jou doring, dis net wat ons wil sien!” gil die ander drie uitbundig. Hmm! Hmmm! Hmm! smul hulle aan die pannekoeke. Al die lekkergoed word verdeel en elkeen maak haarself gemaklik op die vloer. Tussendeur die eet, lag, en dvd kyk, word daar darem ook van die oulike ouens in die skool gepraat. Selfs Lisa en Nina noem ook ’n paar ouens wat darem ’n meisie se hart aan die bons kan laat gaan. Jo en Caitlin het albei al weer met hulle ouens uitgemaak. “Gmf, seuns! Is vir die voëls, sê ek julle. Hulle weet niks van ware liefde nie. Verkul mens net en breek jou hart. Bly weg, waarsku ek julle, bly weg!” kla Jo met haar oordrewe dramatiese gebare. “Slegte nuus, ja slegte nuus! Vra maar vir my en Jo,” beaam Caitlin Jo se woorde. Dis ná eenuur in die oggend en dit word al stiller daar in die kamer. Mevrou Snyman loer in, want die televisie blêr nog kliphard. Die vier meisies is vas aan die slaap … arms en bene oor mekaar. “Ai!” sê sy, “dis darem maar wonderlik om jonk te wees!” Die volgende oggend toe die meisies wakker word, is daar geen teken van Nina nie. Mevrou Snyman verduidelik Nina het vroegoggend ’n sms van haar pa gekry. Sy het stilstil gepak en net gesê dat hulle vroeg vertrek … Kaapstad toe. Glo na haar ouma toe en dat sy heelwaarskynlik nie Maandag en Dinsdag skool toe kom nie. Die skool sluit in elk geval Woensdag. Die drie meisies kyk vraend na mekaar. (Slot volg. Sal Nina se probleme uitgesorteer word en sal die vier vriendinne uiteindelik na daai groot dubbelverdieping huis vir ’n oorslaap genooi word?) SV 15 Oom Attie Venter Met die maan gepla (2) Daar is iets in die maan wat mense na die pen laat gryp om te dig en om liefdesliedjies te komponeer en dit te sing. Maar daar is ook iets in die maan wat wetenskaplikes teleskope en vuurpyle laat maak om te gaan kyk wat daar aangaan, en of dit regtig van kaas gemaak is! Dit bly in elk geval ’n skeppingswonder dat daar so ’n groot hemelliggaam sommer op ons agterstoep bestaan sonder om op die aarde neer te stort of in die ruimte vir ewig te verdwyn. Hoeveel armer sou ons dan nie gewees het nie! V an groot hemelliggame gepraat – die maan se deursnee is 3 475 km, en dis die vyfde grootste in die sonnestelsel. Die vier grootste mane is: Ganymede – grootste (Jupiter), dan Titan (Saturnus), Callisto (Jupiter) en Io (Jupiter). Die eerste maanlanding is van 16-24 Julie 1969 deur Neil Armstrong en Edwin E Aldrin uitgevoer (Apollo 11), gevolg deur Charles Conrad van 1424 November (Apollo 12). Hier voor my is nog sewe name van “ruimtehelde” wat hulle lewens op die spel geplaas het. Almal hoogs gekwalifiseerd en uiters fiks. Helde Ons kan hierdie manne met reg helde noem, want daar was – en is nog steeds – baie 16 gevare aan so ’n onderneming verbonde. Eerstens is daar geen atmosfeer op die maan nie. Dis vir ons moeilik om ons in ’n toestand in te dink waar daar geen lug is nie, net so moeilik as wat dit vir ’n vis is om aan ’n see te dink waarin daar geen water is nie. Dit bring mee dat – → die ruimteman sy eie suurstof moet saamkarwei sodat hy darem ten minste kan asemhaal; → hy aan meteore en allerhande bestraling (onder andere ultrtavioleten kosmiese strale) blootgestel word. Sy ruimtepak moet dus so ontwerp wees dat dit die skadelike strale blokkeer. Aan die impak van meteore kan hy ongelukkig nie veel doen nie; → hy aan uiterste hitte en koue blootgestel word. Die een oomblik moet hy ’n temperatuur van 105o C verduur (waarvoor sy ruimtepak ook voorsiening moet maak), wat binne ’n kort tydjie na -155oC oorslaan wanneer die son agter die horison verdwyn. Op aarde dien die atmosfeer as ’n soort “kombers” wat die hitte, koue en bestraling in so ’n mate temper dat toestande darem leefbaar is. → Van braaivleisvure is daar natuurlik nie sprake nie. Kan julle dink waarom nie? → Die voetspore van al die maanwandelaars sal vir miljoene jare net so bly, aangesien daar geen lug, water of vulkane is om hulle te versteur nie. Gravitasie Nog ’n probleem (uitdaging!) waarmee die ruimteman te doen het, slingervel oktober 2013 is dié van swaartekrag. Op die maanoppervlak weeg ’n voorwerp maar omtrent 12% van wat hy op die aarde sou geweeg het. As ons ruimtewandelaar normaalweg 170 kg weeg, sal hy, as my sommetjie reg is, maar 20,40 kg op die maan weeg, al bly sy massa dieselfde. Onthou jy nog wat die verskil is? Die gevolg van sy geringe swaartekrag is dat die maanwandelaar – • • • maar fyn sal moet trap en nie groot treë gee nie, om sy balans te behou; hy redelik stadig moet beweeg om hom nie teen die baie rotse te beseer nie; hy nie langer as ’n paar dae daar moet vertoef nie, anders kan sy spiere weens die geringe gravitasiekrag daar verswak (tensy hy natuurlik spesiale oefeninge doen). Van oefeninge gepraat – kan julle dink hoe opwindend ’n atletiekbyeenkoms op die maan sal wees? Veral die ver- en hoogspringitems sal die toeskouers na hulle asems laat snak. Die hoogspringlat sal byvoorbeeld hoër as ’n huis se dak moet wees. Werpskywe en spiese sal knaend agter die omringende rantjies beland, of in die een of ander krater. Maanloos Wat sal gebeur as die maan eendag skielik verdwyn? Hier is ’n paar moontlike gevolge (dalk kan julle nog ’n paar byvoeg): → Die sterre sal elke nag helderder skyn as hier op die aarde in die donkerste nag, met geen maanlig om die sterreglans te verflou nie. → Geen springgety of dooiegety nie. As die maan aan dieselfde of teenoorgestelde kant van die son is, ontstaan springgety, met ander woorde buitengewone hoog- en laagwater. As die son-aardemaan ’n hoek van 90 grade vorm, ontstaan dooiegety. Dus: geen maan, geen dooiegety. → Baie seediere se voortplantinggewoontes en lewenslope is gesinkroniseerd met die getye. As die getye tot ’n einde kom, sal hierdie diere so stadigaan uitsterf. SV RINA In hierdie kopkrapper skuil 15 voëlname wat in die Bybel voorkom. Gebruik die onderstaande teksverse vir hulp: Psalm 84:4, Jesaja 38:14, Levitikus 11:16, Jesaja 34:11, Jeremia 17:11, Levitikus 11:18-19 slingervel oktober 2013 17 tannie susan Wat kan ek lees? Van Genechten, Guido. 2012. Dirkie en die eekhoring. Uit Nederlands vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-186919-753-7. D irkie en sy maatjie, Annie, het ’n eekhorinkie in die bos gevind, en omdat die eekhorinkie vir hulle siek gelyk het, het hulle hom huis toe geneem. Mamma Hasie het gesê dat hy dood was en vir die kinders verduidelik wat dit beteken. Pappa Hasie het hulle gehelp om die eekhorinkie te begrawe om daardeur van hom afskeid te neem. Die pragtige, eenvoudige volkleurillustrasies ondersteun die verhaal pragtig. Die taal is eenvoudig en beginnerlesertjies sal dit maklik kan lees. Die storie hanteer die tema van dood nugter, maar met deernis. Dit skep ’n ideale geleentheid vir ouers om met hulle kleuters en jong kinders oor hierdie onderwerp te gesels. Daar is ook ander stories in hierdie reeks waarna die 18 lesertjies kan uitsien. Willberg, Hans Peter. 2012. Die vervlakste, vertakte, verwikkelde storie van die vet klein hondjie. Illustrasies deur Peter Beckhous en uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-745-2. D ie vet klein hondjie slaap graag in sy hondehok, maar as hy wakker is, hou hy van speel en hy kuier ook graag by ander honde of ander vroue – by wie hy bene bedel. Hy hou baie daarvan om bene te kou. Om te verseker dat hy altyd een het, versamel hy die bene en steek dit sorgvuldig oral weg. Ongelukkig het dit gebeur dat hy soms vergeet waar hy dit weggesteek het, en die wegsteekplekke was ook nie altyd so veilig nie, want ander honde het dit ontdek. Hierdie kostelike boek se teks vertak in die eerste sin en uiteindelik kan drie verskillende stories gelees word – elkeen anders en uniek. Jong kinders sal van hierdie leesavontuur hou en gretig self wil lees of die illustrasie volg om elke storie daardeur te kan lees. Die kleurillustrasies is eenvoudig, maar treffend om die humor en die storielyn te ondersteun en aan te vul. Hierdie boek is ’n móét op jong kinders se boekrakke. Donnio, Sylviane. 2012. Ek sou graag ’n kind wil opvreet. Illustrasies deur Dorotheé de Monfreid en uit Frans vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-186919-743-8. K lein Kareltjie Krokodil het elke oggend mooi soet en gehoorsaam die piesangs geëet wat sy mamma vir hom vir ontbyt gebring het. Een oggend het hy egter geweier om enigiets te eet, want hy wou liewer ’n kind opvreet! Hoe sy ma en pa ook al met lekkernye geprobeer het om hom van die lawwe slingervel oktober 2013 idee te laat afsien, dit het net mooi niks gehelp nie. Toe het Kareltjie ’n onversigtige klein meisie by die rivier gevind en gedink dat hy uiteindelik sy begeerte om ’n kind op te vreet, kon bevredig. Maar watter avontuur het hy daar beleef dat hy tog maar besluit het om eerder sy piesangs te eet om groter te word? Hierdie humoristiese kinderboek met sy treffende illustrasies sal kleuters en jong kinders gespanne laat luister/lees en dan heerlik laat skaterlag. Die vertaling is puik in goeie moderne Afrikaans gedoen. Larsen, Carolyn. 2012. Jesus se woorde vir seuns; en Jesus se woorde vir dogters. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. Prys: R119,95. ISBN: 978-1-4316-0322-0 (seuns); 978-14316-0321-3 (dogters). H ierdie 366 dagstukkies wat in elkeen van hierdie dagstukkieboeke opgeneem is, is spesiaal vir kinders (8-12 jaar) bedoel. Dit fokus op temas of gebeure waarmee hulle in hulle ouderdomsgroep daagliks gekonfronteer word. Die dagstukkies se temas en inhoud is vir albei boeke dieselfde, maar in die aanbieding spesifiek op dogters en seuns respektiewelik gerig. Elke dagstukkie bevat ’n teksvers (uit die 1983-vertaling) wat kortliks bespreek word sodat die boodskap/opdrag daaruit duidelik blyk. Daarna volg ’n praktiese voorbeeld uit seuns (en dogters) se lewe waarin die tema van die betrokke dagstukkie prakties toegepas word. Die dagstukkies is in eenvoudige en maklik verstaanbare taal, sonder om ooit voorskriftelik of prekerig voor te doen. slingervel oktober 2013 Kinders sal werklik baat kan vind by hierdie dagstukkies – spesiaal ontwerp vir dogters se aandag en ook met ’n spesiaal aanvaarbare voorkoms om in seuns se kraal te pas. Daar word gekonsentreer om Jesus se woorde as uitgangspunt te gebruik om kinders te lei waar hulle daagliks oor verskillende en soms uiteenlopende waardes en idees moet besluit. Die dagstukkies handel oor verskeie onderwerpe soos hoe om tot eer van God te lewe, om jou geloof te bely en prakties uit te leef en standvastig te wees te midde van aanslae op jou geloof, en nog vele ander sake. In die land van Kammalielie. 2012. Pretoria: LAPA Uitgewers (CD). Prys: R80,00. ISBN: 978 0 7993 5978 7. H ierdie CD bevat 21 heerlike en prettige saamsingliedjies. Daar is prettige en uitbundige liedjies soos “Spat in die bad” en “Handeklap”, maar ook meer rustige en bedaarde liedjies soos “Slaap Sibongile” en “Teddie se wiegelied”. Die liedjies wat op aftelrympies gebaseer is, soos onder andere “Tien pikkewyne”, sorg ook vir heerlike pret. Die liedjies word gesing deur Anna Davel saam met die Jakarandakinderkoor. Die lirieke is geskryf deur Jaco Jacobs en kom hoosaaklik uit sy bundels kinderverse. Die musiek is ook deur Anna Davel geskryf. “Daar is baie humor, bewegings en aksies in die liedjies wat kinders se verbeelding kan aangryp”, aldus die CD se persverklaring. Hierdie CD is ’n prettige luisterervaring en saamsinggenot vir peuters, kleuters, jong kinders en elkeen wat deur vrolike musiek met interessante lirieke meegevoer word. 19 Ahlers, Nerine. 2012. Onkant. Pretoria: LAPA Uitgewers. 144 p. Prys: R100,00. ISBN: 978 0 7993 5801 8. K ayla is die kaptein van die Eerste Hokkiespan en ’n uitmuntende speler. Sy het egter nie meer kans gesien om verder hokkie te speel nie, want die onwelkome attensies van Coach het haar ongemaklik laat voel. Sy moes dit eintlik aan Miss Brown gaan rapporteer, maar sy was huiwerig. Was dit regtig wat aan die gang is, of was dit haar verbeelding of verkeerde interpretasie van die gebeure? Dit was in elk geval haar woord teenoor dié van Coach. Dan was daar ook nog die kwessie van haar pa wat sy werk verloor het en hulle gevolglike finansiële krisis met die gepaardgaande skinderstories wat haar lewe versuur het. Haar lojale en standvastige boesemvriendinne, Jessica en Nathalie, het haar egter met raad en daad bygestaan en so ook dierbare Zack. Wat was Emile se rol? Onkant is ’n boeiende, spanningsvolle jeugroman wat die leser se belangstelling enduit gevange hou. Die taalgebruik is in moderne tieneridioom en tienerlesers sal maklik met die verskillende karakters en situasies kan identifiseer. Rühmann, Karl. 2012. En wie is jy? Illustrasies deur Susanne Smajié. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-770-4. ling. Sy naam is Frikkie, maar hy weet self nie watter soort dier hy is nie. Kokkie het hom probeer help om sy identiteit te bepaal en Frikkie het ywerig saamgehelp. Telkens wanneer Kokkie besluit het dat hy dalk ’n spesifieke soort dier is, het Frikkie dan soos daardie dier opgetree – maar sonder sukses. Uiteindelik het hulle twee ’n verrassende ontdekking oor Frikkie se identiteit gemaak! Die vrolike kleurillustrasies dra by tot die genot van die verhaaltjie. Kleuters en jong kinders sal die humor geniet en skaterlag of grinnik oor die verskillende gebeure in die boek. ’n Prettige boek vir heerlike ontspanning. Waechter, Philip et al. 2012. Die krabbelboek. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R140,00. ISBN: 978-1-86919-552-6. H ierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 80 illustrasies wat kinders kan voltooi, inkleur, of waarby hulle prentjies kan teken. Hierdeur word hulle kreatiwiteit aangemoedig en die verbeelding gestimuleer. Hulle moet eers hulle eie storie uitdink voordat hulle die masjienprentjie kan voltooi, of die skatkaart, die Indiane se geveg kan voltooi, of die ontdekking van Atlantis, of die ruimteskip en al die ander temas kan teken en inkleur. Krabbelboek waarborg ure se pret en plesier. Dit is geskik vir enige ouderdom en moedig skeppende en fantaseeraktiwiteite aan. ’n Heerlike geskenk vir konstruktiewe besigwees en ontspan! SV K okkie die papegaai ken almal in die oerwoud, behalwe die nuwe aankome- 20 slingervel oktober 2013 slingervel oktober 2013 21 dr. nico van der merwe 145. Die vermoëns wat God jou gee Lees: Eksodus 28:1-14 Teks: Eksodus 28:3 M ense het nie almal dieselfde vermoëns nie. Dink maar aan die kinders in jou skool. Daar is kinders wat akademies baie goed is, daar is ander wat in een of ander sportsoort uitblink. By julle is ook kinders wat in een of ander kunsvorm uitmunt, en sommige is baie vaardig met hulle hande om iets te maak. So is die mense saamgestel. Dit gee ’n groot verskeidenheid van gawes waarmee mense die gemeenskap kan dien. Dit is nie die mens self wat verantwoordelik is vir die vermoëns wat hy het nie. Eksodus 28:3 sê dat dit God is wat die gawes, die talente aan mense gee. Die mens is egter verantwoordelik vir die toepassing van die vermoëns. Waarmee het God jou lewe verryk? Dink na oor die besondere gawes wat die Here aan jou gegee het, gebruik dit dan tot eer van God se Naam en dank Hom daarvoor. 147. Ontwikkel jou gawes en talente Lees: Eksodus 35:4-35 Teks: Eksodus 35:10 O 146. Die regte gesindheid met jou gawes Lees: Lukas 12:35-48 Teks: Lukas 12:48 J y weet nou ’n baie belangrike ding – jou gawes jou vermoëns, jou talente het jy van God ontvang (Eks. 28:3). Elke mens het sy eie talente van God gekry. As ’n Christentiener het jy die opdrag van God om jou talente tot eer van God en tot diens van jou medemense uit te leef. Jy moet die regte gesindheid ten opsigte van die gawes hê wat God aan jou gegee het. Christus het geleer hoe die gelowiges moet lewe tot met sy wederkoms. Jy moet elke dag jou pligte en verantwoordelikhede nakom en in jou hart verlang na die koms van Christus. Met jou eie gawes kry jy verantwoordelikhede en geleenthede wat jy moet benut. “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word” (vs 48). Oordink hierdie teks met eerlikheid. 148. Stel jou Godgegewe talente vas Lees: Lukas 19:11-26 Teks: Lukas 19:26 W m die tabernakel van God te bou, was daar baie mense nodig met gespesialiseerde kennis en bekwaamheid. ’n Hele klomp vakmanne, kunsvaardige mense het help bou (Eks. 36:4). Daar was kleremakers (Eks. 28:3), ontwerpers (Eks. 31:3), weefsters en spinsters (Eks. 35:25-26), borduursters (Eks. 35:35) asook goud-, silwer-, yster-, brons- en kopersmede en skrynwerkers (Eks. 31:4; 35:32-33). Hierdie mense het hulle vaardigheid en wysheid van God gekry, en jy ook! Daarom het jy die verpligting teenoor God om die gawes wat Hy aan jou gegee het, prakties te beoefen. Jy moet jou gawes ook slyp en daarin verbeter sodat jy dit tot eer van God se Naam kan toepas. Jy moet dus ophou om ander se gawes te begeer en jou toespits op die gawes wat God aan jou alleen gegee het. aarom was die koning so hardvogtig met die derde man in hierdie gelykenis (vs 20)? Hy straf die man op grond van drie dinge: (1) Hy het nie sy eienaar se belange in die koninkryk gedeel nie. (2) Hy het ook nie sy eienaar se bedoelings vertrou nie. (3) Sy enigste lojaliteit was teenoor homself. Net soos die koning in hierdie gelykenis het God aan elke gelowige die nodige vermoëns gegee, sy talente. Die vermoëns wat jy van God ontvang het, moet jy gebruik in God se koninkryk – dit is die daaglikse lewe waarin jy is. Gee jy iets om vir God se Koninkryk? Wil jy sien dat God se Koninkryk uitbrei? Of dink jy net aan jouself: jou eie eer, jou eie prestasies? Op hierdie vrae moet jy eerlik antwoord! Dit sal vir jou die aanduiding wees of jy jou gawes tot eer van God en vir sy Koninkryk aanwend. 149. 150. Maak met jou gawes ’n bydrae Lees: Deuteronomium 32:48 – 33:29 Teks: Deut. 33:1 K Bevredig die behoeftes met jou gawes Lees: Handelinge 6:1-7 Teks: Handelinge 6:3 N ort voordat Moses gesterf en die Israeliete Kanaän ingeneem het, het God hulle eers geseën. In opdrag van God moes Moses God se seën oor elkeen van die 12 stamme uitspreek. God se seën oor elke stam is dit wat God aan daardie stam gee wat hulle blyplek in Kanaän betref en die karaktereienskappe wat die lede van elke stam sal vertoon. Die gawes het God nie verniet aan hulle gegee nie. Met dit wat elkeen van God ontvang het, moes hulle ’n bydrae lewer in die koninkryk van God. Gelowiges hoef nie die gawes wat hulle elkeen persoonlik van God ontvang het met mekaar te vergelyk en op te weeg nie. Die gawes en bekwaamhede wat God aan die gelowiges gee, het gesamentlik die doel om God se wil en plan te volvoer. Hou jaloers wag oor ander se Godgegewe gawes en stel jou eie gawes vir God beskikbaar. amate die eerste Christelike kerk kort na die uitstorting van die Heilige Gees uitgebrei het, het daar meer en meer behoeftes by lidmate ontstaan. Die apostels het al hulle kragte ingespan om die evangelie van verlossing te preek. Daarom is daar ander gelowiges in die gemeente gekies om na die behoeftes van die lidmate om te sien. Elke lidmaat het ’n sekere rol in die gemeente gespeel (1 Kor. 12). So is sewe manne gekies om as diakens in die gemeente te sorg vir dié wat hulpbehoewend, arm en lydend was. Behalwe diakens, ouderlinge en predikante gee God in elke gemeente genoeg gawes aan lidmate sodat aan al die behoeftes in die gemeente voldoen kan word. Wat is jou besondere gawes wat God vir jou gegee het? As Christentiener moet jy na behoeftes soek waaraan jy kan voldoen. 151. 152. G Menslike bekwaamheid Lees: Eksodus 31:1-11 Teks: Eksodus 31:2-5 od gee bekwaamhede aan mense waarmee ’n vakman sy werk moet doen (Eks. 31). ’n Klomp vakmanne en -vroue het die tabernakel gebou (Eks. 36:4): kleremakers (Eks. 28:3), ontwerpers (Eks. 31:3), weefsters en spinsters (Eks. 35:25-26), borduursters (Eks. 35:35), goud-, silwer-, yster-, brons- en kopersmede en skrynwerkers (Eks. 31:4; 35:32-33). Hierdie mense het hulle vaardigheid en wysheid van God gekry (Eks. 28:3; 31:3-5; 35:31-35). God gee ook seemanswysheid (Ps. 107:27), koopmanswysheid (Eseg. 28:4c, 12), regeerderswysheid (Gen. 41:39). Hierdie waarhede is ook van toepassing in ons tyd. Jy moet vasstel watter bekwaamhede God aan jou as Christentiener gegee het en dan moet jy daardie gawes van jou elke dag toepas in jou diens aan die Here. 22 Jy mag jou gawes nie aanbid nie Lees: Jeremia 31:1-10 Teks: Jeremia 10:8 W at het die mense gedoen waarvan sprake is in Jeremia 10? Hulle het hulle ambagsbekwaamhede gebruik om afgodsbeelde te maak, wat hulle dan aanbid het (vs 3-5). Die heidene het hulle vertroue en sekerheid in afgodsbeelde gesoek; afgodsbeelde wat hulle kunsvaardig gemaak en versier het. Dit beteken dat hulle dus die ambagsgawes wat God aan hulle gegee het, misbruik het om afgode te maak. Daar is mense wat die gawe ontvang het om medisyne te maak, wat dit misbruik om dwelmmiddels te vervaardig. Daar is mense wat die gawe ontvang het van fotografie en dan misbruik hulle dit en skep pornografie. Ander ontvang regeerderswysheid en misbruik dit deur ’n diktator te word. God se gawes wat aan jou geskenk is, moet jy gebruik om die Naam van die Here te vereer en nie om jou te verryk nie. slingervel oktober 2013 153. God se gawes is vir alle mense Lees: Spreuke 31:10-31 Teks: Spreuke 31:31 G 154. Verantwoordelikheid en mislukkings Lees: 1 Kronieke 21:1-8 Teks: 1 Kronieke 21:8 ’n od se gawes en bekwaamhede is nie gereserveer net vir sekere mense nie. God se talente is nie bedoel net vir blankes alleen of net vir swartes alleen nie. Die bekwaamhede wat mense ontvang, is ook nie net bedoel vir enkele spesifieke volke in sekere lande nie. Bedrewenheid ten opsigte van alle fasette van die mens se lewe is nie net bedoel van mans of net bedoel vir vrouens nie. Die vermoë om op verskillende vlakke van die lewe vakmansvermoëns te besit, is ook nie net beperk tot sekere ouderdomsgroepe nie. Daarom deel jy as Christentiener ook in die gawes wat die Here gee. In Spreuke 31 vestig God die aandag daarop dat vrouens net soos mans bevoeg is om verskillende talente in die praktyk toe te pas. Soek jou eie gawes sonder om jaloers te wees op die talente van ander. Verantwoordelike mens het vier kenmerke: (1) Hy ken sy verkeerde dade. (2) Hy is getrou met dit wat aan hom gegee is. (3) Hy beplan vir die toekoms. (4) Hy ken sy vermoëns én sy tekortkominge. Dat ’n verantwoordelike mens sy verkeerde dade ken, word duidelik uit die lewe van koning Dawid (1 Kron. 21:8). Hy weet dat dit verkeerd van hom was om die volk te tel, want daardeur wou hy maar net bewys hoe ’n goeie en gewilde koning hy is. Hy het op daardie stadium nie aan God gedink en die feit dat God die Beskikker is van alles nie. Jy kan nie wil aanspraak maak op die verlossing in Christus as jy nie jou sonde bely en daaroor berou het nie. Eers as jy die diepte van jou sonde besef, dit wat jy teen God verkeerd gedoen het, dan kan jy tot berou kom en smeek om verlossing. 155. 156. Vrugbare gebruik van jou gawes Lees: Matteus 25:14-46 Teks: Matteus 25:14 ’n Verantwoordelike mens ken sy verkeerde dade en bely dit berouvol voor God. ’n Verantwoordelike mens is verder getrou met wat aan hom gegee is. Die man, in die gelykenis wat Christus vertel het, het sy geld onder sy slawe verdeel, volgens elkeen se vermoë. Nie een het meer ontvang as wat hy kan hanteer nie, en ook nie minder as dit nie. Niemand kan sê die verantwoordelikheid was vir hom te veel nie. As hy nie slaag in sy opdrag nie, dan is dit as gevolg van luiheid of ontrouheid. Die goue muntstukke wys op die gawes wat God vandag aan sy kinders gee, ook aan jou as Christentiener. God gee aan jou tyd en geleenthede om jou gawes positief te gebruik. Dit gaan nie om hoeveel gawes jy het nie, maar of jy dit wat jy het, vrugbaar gebruik. 157. Ken jou vermoë en jou tekortkominge Lees: Handelinge 6:1-7 Teks: Handelinge 6:3-4 I Die onkruid van verslawing Lees: Lukas 19:11-27 Teks: Lukas 19:16-18 E erstens ken ’n verantwoordelike mens sy verkeerde dade. Tweedens is hy is getrou met dit wat aan hom gegee is. Derdens beplan die verantwoordelike mens vir die toekoms. In die gelykenis van die goue muntstukke word die gevolge van die slawe se optrede uitgelig. Die twee slawe wat met goeie beplanning handel gedryf het met die munte en dit vermeerder het, is as getrou beskou en beloon. Die slaaf wat ongeërg was en nie veel omgegee het nie, is gestraf. Ons het reeds vasgestel dat elke Christentiener sy gawes wat hy van God ontvang het, tot eer van God moet gebruik en ook tot opbou van God se Koninkryk. Op dieselfde wyse sal jy in jou lewe ook moet beplan en vooruit bereken op watter manier jy jou gawes ten beste kan aanwend in diens van die Here. Daarin moet jy absoluut eerlik wees. 158. Rekenskap word van jou gevra Lees: Romeine 14:1-23 Teks: Romeine 14:12 A n die eerste plek ken ’n verantwoordelike mens sy sonde. In die tweede plek gebruik ’n verantwoordelike mens getrou sy gawes. In die derde plek beplan die verantwoordelike mens vir die toekoms. In die vierde plek ken die verantwoordelike mens sy vermoëns én sy tekortkominge. Jy moet jou Godgegewe gawes ken. Dit is die positiewe aspek van jou lewe. Vanweë die sonde waarin die mens leef, het jy ook ’n klomp tekortkominge. Dit beteken dat jy nie in staat is om alles suksesvol te doen nie. Die gawes wat jy besit, is sekere gawes op sekere terreine van die lewe. Kennis van jou tekortkominge dwing jou om van die hulp van ander mense gebruik te maak. Die apostels moes in die Nuwe Testament gebruik maak van die hulp van diakens. So kan jy jou tekortkominge oorbrug met hulp van ander mense. s leerder by jou skool is jy gewoond daaraan om rekenskap te gee van dit wat jy doen. In elke vak kry jy huiswerk en jy skryf toetse waarin jy rekenskap gee van jou voorbereiding en jou kennis. By die huis gee jou ma en pa vir jou opdragte en dan moet jy rekenskap gee van hoe jy dit afgehandel het. In Romeine 14:12 lees jy dat jy aan God ook rekenskap moet gee vir jou optrede as sy verloste kind. Ten opsigte van Bybel lees, bid, eredienste bywoon, katkisasievoorbereiding, lewe volgens God se Woord is jy nie aan mense rekenskap verskuldig nie, maar aan God! Jy kan nie jou lewe bou en beplan op jou eie gedagtes en jou eie wil nie. Jy moet jou lewe bou volgens God se wil, volgens wat God in die Bybel aan jou opdra. “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee” (Rom. 14:12). 159. 160. Jou lewe beïnvloed ander mense Lees: Josua 7:1-15 E Teks: Josua 7:11 en ding het die lewe jou as Christentiener seker al geleer, dat as jy deel is van ’n groep en jy maak skande of oortree iewers, dan beïnvloed dit die hele groep waarvan jy deel is. As een of twee leerders van jou skool hulle êrens wangedra en skokkend optree, dan word die naam van die skool deur die modder gesleep. Dit gebeur ook met Israel toe Akan aan die Here ongehoorsaam is en sonde doen. Toe ly die hele volk onder Akan se oortreding en verloor die oorlog teen Ai. God is nie tevrede as jy net af en toe iets doen wat goed is nie. God verwag van jou om oral en altyd op te tree soos Hy jou in die Bybel die riglyne gee. Die skande en jou optrede waarin jy jou wangedra, het dus ook te doen met die gelowiges saam met wie jy lewe. God vra van jou rekenskap oor jou dade. slingervel oktober 2013 Rekenskap vir groepswangedrag Lees: Rigters 6:1-16 Teks: Rigters 6:13 R igters 6:13 leer jou dat jy ook toerekenbaar is vir die skande wat die groep begaan waarvan jy ’n lid is. Dit is die vraag waarmee Gideon worstel. Dit voel soms vir hom of die Here hulle in die steek gelaat het (vs 13). Gideon sug oor die swaarkry waaronder die volk gebuk gaan. Hy vra vir God: “Waarom kom al hierdie dinge oor ons?” (vs 13). Die feit is dat die Israeliete hierdie dinge oor hulleself gebring het, want “die Israeliete het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here” (vs 1). Toe sommige van die volk van God afdwaal en saam met die heidene tot hulle afgode offer en bid, tref die gevolge van hulle sonde die hele volk. Hoe maklik is dit nie om jou persoonlike verantwoordelikheid ten opsigte van swaarkry van jou af te skuif en die vinger na ander mense te wys. Kom tot geloof en bekering!! 23 TELLIE SKOOP Pluto kry 'n planeet-maat? Pluto die verste planeet in die sonnestelsel ie sonnestelsel waarvan die aarde deel is, bestaan uit ’n son en nege planete. Dié planete in ons sonnestelsel is: Mercurius, die planeet naaste aan die son. Dan volg Venus, die Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto. Van hierdie getal planete is dit net Venus, Mars, Jupiter en Saturnus wat jy suksesvol met die blote oog kan sien in die aand. Die ander planete is net eenvoudig te dof om met die blote oog in die hemelruim op te spoor. Pluto is in Februarie 1930 deur Clyde W Tombaugh ontdek. Van die nege planete is Pluto die kleinste en ook die verste van die son af. Pluto is gemiddeld 5 900 miljoen km van die son af. Pluto wentel in ’n elliptiese baan om die son eenkeer elke 247,7 jaar. Op sy verste punt is Pluto 7 375 miljoen km van die son af en op sy naaste punt 4 425 miljoen km van die son af. Pluto roteer een keer om sy as in 6 dae, 9 uur, 17 minute. Pluto is 2 324 km in deursnee, wat dit die kleinste planeet in ons sonnestelsel maak. Pluto is die enigste planeet in ons sonnestelsel wat nog nie deur ’n ruimtetuig besoek is nie. D Pluto se maan Charon kry nog twee maats Sover die astronome in die verlede kon vasstel, het Pluto net een maan, Charon. Hierdie maan is in 1978 deur sterrekundiges ontdek, en dit is Charon genoem. Vanweë die afstand wat Pluto van die aarde is (± 5 700 miljoen km), is dit baie moeilik om van dié planeet ’n studie te maak. In Mei 2005 het astronome egter verdere studie van Pluto en sy omgewing gemaak. Met die hulp van die Hubbleruimteteleskoop is nóg twee manevan Pluto ontdek. Hulle word Hydra en Nix genoem. In 2011 en 2012 is nog twee mane om Pluto ontdek, maar hulle het nog nie name gekry nie en word P4 en P5 genoem. Daar is voorgestel dat die twee mane Vulcan en Kerberos genoem word. Pluto kry ’n planeet-maat Dit is nou bekend gemaak dat NASA-wetenskaplikes ’n tiende planeet van ons sonnestelsel ontdek het, wat ná Pluto kom. Omdat X die Latynse syfer is vir 10, is die nuwe planeet, aanvanklik Planeet X genoem of ook 2003 UB313. Voorlopige ondersoeke het getoon dat Planeet X 97 maal verder van die son is as die aarde. Dit is dus die verste voorwerp in ons sonnestelsel. Dit neem die planeet 580 jaar om eenmaal om die son te wentel. Wetenskaplikes is van mening dat die nuwe planeet groter is as Pluto. Die oppervlakte van die nuwe planeet is dieselfde as dié van Pluto, dit bestaan uit bevrore metaan. Die kern van die planeet is ’n mengsel van rots en ys. Die temperatuur op die planeer is 405o onder vriespunt. Die wentelbane om die son van die planeet Pluto en die nuutgevonde planeet 2003 UB313. SV (Bronne: Astronomy, Junie 2006; Atlas of the Universe, 1994; Sterrekunde Woordeboek, JH de Klerk, 1990; http://space.about.com/b/a/256720. htm; http://space.about.com/cs/pluto/a/plutoplanet.htm; http://space.about.com/od/astronomynews/a/planetx. htm; http://www.gps.caltech.edu/-mbrown/planetlila/; Astronomy for Dummies, 2005) 24 slingervel oktober 2013