Junie - senwes

Transcription

Junie - senwes
Junie 2012
SEN WE S
scenario
BINNE
SÓ KAN JY DROOGTES
PROAKTIEF DIE HOOF BIED
WNG BOERDERY
Alle goeie dinge
kom in 3's
DIEREVOEDING-UITGAWE
•••
inhoud
REDAKTEURSBRIEF
2 As jy die koers kwytraak
HOOFSTORIE
4 ’n Proaktiewe droogtestrategie is nét
die ding vir 2012 se winter
KOLLIG OP WNG BOERDERY
8 Sukses kom in 3’s
NUUS
16 Agri NW én Vrystaat Landbou kroon
hul Jongboer van die Jaar
17 Senwes dra by tot landelike veiligheid
18 Monsanto sê hul sê oor beskerming van
biotegnologie
20 Rooivleisprodusente staan op teen veediefstal
21 Senwes dra by tot krieketontwikkeling
22 NAMPO 2012: Sukses op sukses vir Senwes
24 Yes! Die spuit is myne!
25 NVK en Senwes span saam vir Groendag sukses
26 Bothaville Village – ’n Splinternuwe sikspens
SENWES VILLAGE
28 Fokus op dierevoeding
34 Aangeplante weiding as deel van
wisselbouproduksie
44 Meganisasie verkry dieper fokus met Equip
45 Hoopstad-Suid Boerevereniging beveilig
gemeenskap in nuwe bakkie
45 Wesselsbron Village slaan ’n nuwe blaadjie om
46 Welsyn baat ook by R1 miljoen trekking
TOEKOMSBLIK
48 Senwes en John Deere vat presisieboerdery
’n stap verder
SENWES GRAINLINK
40 Veevoerbedryf gee die pas aan
50 Nuwe wetgewing hou ernstige gevolge in
53 Graangradeerders slaggereed vir die
oesseisoen
53 Ontmoet Senwes se Streekbestuurders
56 ’n Droë winterseisoen waarskynlik op hande
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Junie 2012
ALGEMEEN
3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit
Ouma se medisynekas en meer
66 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en
Feather Hill Spa.
RUBRIEKE
54 AGRI-WENKE: Droë seisoen sorg vir lae
grondvogreserwes
62 VIR DIE SIEL: Hoe laat jý mense voel
68 IN MY VISIER: Onbewaakte oomblikke
DEVELOPING AGRICULTURE
60 Take care of your grazing; take care of your
livestock
KOMPETISIE
66 Slaap warm met Senwes Scenario
o
PROMOSIE-ARTIKELS
5
AF %
KO SLA
OP EPO G
BL N
.2
8
15 MTN: SerVision offsite monitoringg
– anywhere, anytime
33 Biomin: Plantekstrakte bied natuurlike
alternatief vir antibiotiese middels in
dierevoeding
39 Nutri Feeds: Is lekaanvulling sommer net
lekaanvulling?
42 FeedPro – jou vennoot in die
dierevoedingsbedryf
58 Efekto: Besnoei só in die winter met Efekto
64 KRP Manufacturing: Fight fires effectively
this winter
O DIE VOORBLAD
OP
Willie, Nico en Gerhard Venter
W
vvan WNG Boerdery in die
Petrusburg-distrik. Op bladsy 8
P
gesels hulle oor diversifikasie in
g
die boerdery. Die voorbladfoto
d
iis geneem deur Wayne Viljoen.
Dui Senwes Scenarioo-artikels aaan wat beskikbaar is op Senwes se
webwerf by www.senwes.co.za
<< SENWES Scenario >>
1
22
••• R E DAK TE U R S B R I EF
eS
Elm
ar
i
eman
cho
As jy die koers kwytraak
Ek het ’n uitsonderlike verdwaalvernuf. Ek sal lag-lag op ’n reguit pad deur die Karoo
verdwaal en as ’n deurmekaar dorp soos Kimberley
my eers insluk, sal julle my oor ’n maand kry waar ek
maar ’n werkie by die Spur gaan bedel het omdat ek
nie weer die pad uit kon kry nie.
Tydens ’n besoek aan die Noord-Kaap is ek ook
nie hierdie “spesiale gawe” van my gespaar nie.
’n Nchaba, vir dié wat nie weet nie, is ’n tipe wilde
“aartappel” wat in sekere dele van die Kalahari groei
en so onder die grond wegkruip soos ’n skoolkind vir
’n tandartsafspraak. Dit proe soos ’n sampioen en
is blykbaar baie lekker, maar na ’n dag van Nchabas
soek, kon ek net nooit weer vat kry aan die lekkerny
nie.
Ek is losgelaat met ’n Checkers sakkie en my
oog is ingestel om enige krakie op die grond te
ondersoek vir ’n moontlike Nchaba wat dalk daar
kan uitloer. Toe ek weer opkyk is ek verlore! Met
ander woorde, ek het nie meer geweet waar ek is
nie en ná twee ure se sirkellopery het ek maar my
leë sakkie in ’n boom opgehang en op ’n klip gaan
sit en myself voorberei op ’n lang nag in die veld
saam met jakkalse en veediewe. Ek weet nie waar
die son moet sit of in watter rigting om te loop nie,
ek is ’n stadsmeisie, magtig!
Net daar tref ’n nuwe moed my: Ek gaan reguit loop
en ek sal iewers by ’n draad uitkom wat my weer
na ’n pad sal lei en hopelik is dit nie Botswana
se grensdraad nie. Ná nog twee ure is ek toe
uiteindelik waar ek moes wees, al was dit met leë
hande.
Vanjaar se min reën sal baie van ons lesers laat
voel of hulle hierdie winter met leë hande ingaan.
Die weiding is min en menige veeprodusent is
moontlik bekommerd en weet nie in watter rigting
om te loop nie. Lees gerus die hoofstorie op bladsy
4 vir ’n proaktiewe droogtestrategie en hoe om
weiding te bestuur.
Ons fokus op dierevoeding vir hierdie uitgawe
en bladsy 28 en 29 handel oor produkte wat jou
hierdie winter handig te pas kan kom. Lees ook op
bladsy 20 oor die Sports Prestige-aand wat ten bate
van plaasveiligheid gehou is.
As jy verlore of verdwaal voel, besluit op ’n rigting
en slaan koers in, jy sal wel iewers uitkom – en as
alles ten goede meewerk, soos dit moet, mag jy op
die regte plek eindig.
Elmarie
SENWES SCENARIO
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.
<< SENWES Scenario >>
www.senwes.co.za • Junie 2012
Pieter & Tsepo
A L L ES EN N O G WAT • T HIS A N D T HAT •••
3
>> SAYS WHO?
Experience is one
thing you can't get
for nothing.
– OSCAR WILDE –
>> SÊ WIE?
Wie die wind bly
dophou, saai nie,
wie na die wolke bly
kyk, oes nie.
– PREDIKER 11:4 –
Boerdery is waarskynlik dié bedryf wat die meeste deur klimaat- en weerpatrone beïnvloed word. Met ’n droë winter op hande sal produsente hul vee en weiding doeltreffend
moet bestuur. Lees op bl. 4 oor ’n proaktiewe droogtestrategie wat weiding betref.
The 2012 Summer Olympic Games will be held in
London from 27 July to 12 August 2012, followed
by the 2012 Paralympic Games from
29 August to 9 September.
'n Koei lewer
ongeveer
200 000
glase melk in
haar leeftyd.
Olympics Facts
• The early Olympic Games were celebrated as a religious
festival from 776 B.C. until 393 A.D., when the games were
banned for being a pagan festival (the Olympics celebrated
the Greek god Zeus). In 1894, a French educator Baron
Pierre de Coubertin, proposed a revival of the ancient tradition and thus the modern-day Olympic Summer Games were
born.
• No country in the Southern Hemisphere has ever hosted a
Winter Games.
• Three continents – Africa, South America and Antarctica –
have never hosted an Olympics. Rio will change this fact in
2016 when they will host the Summer Olympics. S
>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS
Seer keel: Gorrel met
salie. Voeg 2 tot 3 teelepels salie
in ’n koppie kookwater. Laat dit afkoel
vir 5 tot 7 minute en gorrel dan tot die
koppie leeg is. Doen dit gereeld deur
die dag. S
Bron: http://www.myhomeremedies.net/
205 nations will take
THE OLYMPIC CREED
Pierre de Coubertin got the idea for an Olympic creed from a speech given
by Bishop Ethelbert Talbot at a service for Olympic champions during the
1908 Olympic Games. The Olympic Creed reads: "The most important thing
in the Olympic Games is not to win but to take part, just as the most important thing in life is not the triumph but the struggle. The essential thing is
not to have conquered but to have fought well." S
Junie 2012 • www.senwes.co.za
’n Ekonoom: die
enigste professionele mens wat
sien iets werk in
die praktyk en dan
bekommerd wonder
of dit in teorie werk.
– RONALD REAGAN –
part in 300 events at
the Olympic Games in
2012. 147 nations will
take part in the
Paralympic Games.
S
Source: http://www.london2012.com/
<< SENWES Scenario >>
4
••• HO O F STO R I E
’n Proaktiewe
droogtestrategie
is nét die ding vir 2012 se winter
DIE OUDSTES ONDER ONS SAL NOG
DIE DROOGTES VAN DIE JARE SESTIGS
ONTHOU EN DIE MINDER OUERES
DIÉ VAN DIE TAGTIGS EN VROEË
NEGENTIGS. DIE JONGES HET DIT NOG
NET LEKKER GEHAD...TOT VANJAAR.
ONS BELEEF TANS SEKER EEN VAN
DIE MEES WYD VERSPREIDE EN
DROOGSTE DROOGTES IN BAIE JARE.
> TEKS: IZAK DU PLESSIS EN BOET VAN ZYL
Boerdery is waarskynlik dié
bedryf van die mens wat die meeste deur klimaaten weerpatrone beïnvloed word. Die voorkoms
van periodieke droogtes, noop die produsent om
voortydig voorsorg te tref. P.E. Lombard en H.M.
Greef het nie verniet reeds in 1964 opgemerk nie:
“Die verstandige boer bou reserwes op gedurende
die volop tyd. Dan sal die “sewe maer jare” hom
nie onverhoeds vang nie.” Steeds word verskeie van
ons voortdurend met die spreekwoordelike broek
op die knieë gevang wanneer ’n droë jaar skielik
opdaag, om nie eens te praat van die “sewe maer
jare” nie. Vir die oorlewing van ’n veeprodusent, is
dit kardinaal om ’n droogte oorbruggingstrategie te
hê. Alhoewel die fokus meer op die onmiddellike
korttermyndroogte sal val, sal daar tog ook na ’n
meer omvangryke droogte oorbruggingstrategie
verwys word.
WANNEER BEGIN ’N DROOGTE?
In teenstelling met meeste se opvatting, begin ’n
droogte nie eers wanneer die weiding klaar is nie.
<< SENWES Scenario >>
Dit begin reeds met die eerste reën wat laat kom,
dan word dit uitgebrei deur die swak opvolgpatroon
van die reënbuie en die min reën wat uiteindelik
ontvang word. Johan van den Berg van Santam
Landbou maan dat reënvalscenario’s op ’n gereelde
basis deur die reënseisoen gedoen moet word
en nie slegs aan die begin nie. Met die korrekte
bestuurder- en moniteringsprogram in plek is dit
meestal reeds in Februarie moontlik om die eerste
tekens van ’n naderende droogte te identifiseer.
Gebeurlikheidsplanne moet dan reeds in plek gestel
word. Hoe vroeër aanpassings vir ’n droogte gemaak
word, hoe kleiner is die impak van die droogte
op die veevertakking. Hoe vroeër uitskotdiere van
die plaas af gaan, hoe meer teeldiere kan deur
die winter geneem word. Die grootste vyand van
suksesvolle droogtebestuur, is die hoop of geloof
dat dit wel volgende week sal reën. Hierdie hoop
veroorsaak dat aksieplanne uitgestel word tot op ’n
punt waar drastiese optredes nodig is om deur die
droogte te kom.
HOE TAKEL MENS ’N DROOGTE?
Om ’n droogte die hoof te bied, is geensins goedkoop nie. Maklike kortpaaie bestaan nie. Daarom is
dit belangrik om so vroeg moontlik die waarskynlikheid van ’n droogte te identifiseer en proaktief op te
tree. Vroegtydige, proaktiewe optrede sal die koste
om deur die droogte te kom, verminder, aangesien
drastiese maatreëls eers later gevolg hoef te word.
Proaktiewe vermindering van vee ly daartoe dat diere
voor die groot stormloop verkoop word, gevolglik kan
hoër pryse gerealiseer word.
Eerstens is tollie- en osproduksiestelsels beter
gerat om die kernteelkudde teen droogtes te beskerm. Heelwat GVE kan van die veld af verwyder
word deur slegs osse, tollies en speenkalwers te
verkoop. Indien dit slegs een droë jaar is, sal dit en
www.senwes.co.za • Junie 2012
HO O F ST O R IE •••
Foto 1: Voorbeeld van ’n koei met ’n 2
kondisietelling.
die vroeë verkoop van uitskotkoeie voldoende wees.
Die kernkudde kan dan weer vinnig opgebou word.
Met ’n speenkalfstelsel moet meer koeie verkoop
word, omdat die enigste vermindering van GVE
die verkoop van speenkalwers is wat in elk geval
verkoop sou word. Om dus vir droogtetoestande
voorsiening te maak, is dit nodig om produserende
teelkoeie te verkoop. Dit neem dus langer om ná die
droogte weer die kernteelkudde te herstel.
Die grootste probleme begin egter wanneer die
weiding min raak. Al die smaaklike weiding met
voedingswaarde is dan weg. Al wat oor is, is die
onsmaaklike grasse. Die uitdaging is dan om die
diere aan die lewe te hou. Sodra hierdie situasie
ontstaan, moet ’n oorlewingstrategie gevolg word.
Die belangrikste oorweging is dan om diere aan die
lewe te hou en nie noodwendig produserend nie.
Indien diere aan die lewe gehou kan word totdat
daar weer voldoende voer beskikbaar is, is daar
darem weer diere beskikbaar om mee te produseer.
Ruvoerbeskikbaarheid is die belangrikste faktor
– selfs baie swak kwaliteit ruvoer is beter as geen
ruvoer. Die voedingswaarde van swak ruvoer kan
aangevul word, al is dit teen ’n koste. Sonder
ruvoer is daar egter nie salf te smeer nie, want ’n
bees kan nie op mielies alleen lewe nie. Afgesien
van ruvoerbronne, soos veldhooi en oesreste,
kan mieliestronkmeel, grondbonedoppe en
sonneblomkoppe ook gebruik word.
Sover moontlik moet diere op die veld gehou
word en die normale oorwinteringstrategie met lekke
moet eers gevolg word. Wanneer die smaaklike
grasse uitgewei is, moet oorgeslaan word na ’n 50%
winterlek wat die benutting van die onsmaaklike en
minder verteerbare grasse sal bevorder.
Hou die diere se kondisie fyn dop en skakel oor
na die oorlewingstrategie sodra die diere se kondisie
na ’n kondisiepunt van 2 gedaal het (Foto 1).
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Moenie dat diere te maer word nie en gebruik dan
dié van die onderstaande oorlewingsresep(te) wat
jou toestande die beste sal pas.
Diere wat in verskillende produksiestadia is, moet
ook verskillend behandel word tydens die droogteoorlewingsproses. Dit word aangeneem dat slegs
reproduserende diere deur ’n droogte aangehou
word. Alle ander diere is verkoop. Koeie/ooie
met kalwers/lammers se kondisie moet veral fyn
dopgehou word. Sodra die kondisie begin afneem,
moet die kalwers/lammers gespeen word, al
beteken dit dat hulle vroeg gespeen word. Hierdeur
word die reproduserende dier gespaar vir wanneer
die nuwe reënseisoen aanbreek.
Dragtige diere moet steeds goed versorg word.
Die koeie/ooie gaan in elk geval kalf/lam, voer hulle
dus om hulle kondisie te behou. Hulle het reserwes
nodig om hulle kalwers/lammers te kan grootmaak.
Indien hulle afgeskeep word, gaan hulle in ’n swak
kondisie wees by geboorte en heelwat probleme
gaan dan ondervind word. Moeilike geboortes
gepaardgaande met moontlike verliese, weggooi
kalwers/lammers wat hans grootgemaak moet word,
swak kalwers/lammers wat sukkel om te oorleef en
so kan ons aangaan.
Ná ’n droogte is jong aanteeldiere baie gesog
en skaars. Indien jong diere en speendiere se
groei ernstig benadeel word, het dit tot gevolg dat
hulle volwasse massa en liggaamsgrootte nadelig
beïnvloed word en in die geval van skape word die
wolproduksie ook benadeel. Dit is dus lonend om
spesiale aandag aan hierdie groep diere te gee
tydens ’n droogte. Jong diere het ook die voordeel
dat hulle onderhoudsbehoeftes laer is as volwasse
diere s’n. Dit is dus goedkoper om hulle te onderhou
as volwasse diere.
Ander maatreëls ten opsigte van die vee waaraan
oorweging geskenk moet word, is:
 Voorsien skoon drinkwater.
 Beperk beweging en dus energieverkwisting deur
die diere in klein kampies te hou.
 Klassifiseer die diere volgens kondisie en
ouderdom.
 Beperk voerverliese deur doeltreffende hooirakke
en krippe te gebruik.
 Gemaalde ruvoer word tot 30% beter benut as
lang hooi.
 Verskaf beskutting teen koue winde. Tot ’n derde
van die wintergewigsverlies wat by diere voorkom,
is as gevolg van koue winde.
 Bestry inwendige sowel as uitwendige parasiete.
vervolg op bladsy 6
<< SENWES Scenario >>
5
6
••• HO O F STO R I E
VASTE
S
KOSTE
OS E
’n Proaktiewe droogtestrategie
is nét die ding vir 2012 se winter
11%
vervolg van bladsy 5
WINTERLEK
14%
1% 1%
VASTE KOSTE
RENTE
BEMARKING
5%
8%
5%
7%
8%
5%
45%
BULKOSTE
VOERTUIGKOSTE
ANDER KOSTE
DIPSTOF
12%
LONE
23%
OMHEINING
ENTING
DOSERING
SOMERLEK
Figuur 1: Samestelling van die uitgawes van ’n speenkalfstelsel (85% speenpersentasie).
 Spuit Vitamiene A.
 Beperk uitgawes;
• Vaste koste maak ongeveer 45% van die uitgawes van ’n veevertakking uit (sien Figuur 1).
• Min kan aan die loonrekening gedoen word,
maar beperk uitgawes aan bulle/ramme,
heinings en voertuie.
DROOGTEVOERRESEPTE VIR DIE
OORLEWING VAN DIERE
1. Mengsel vir swak ruvoer
25 kg ureum
25 kg melasse kannetjie of kalorie 3 000
100 liter water
Meng een deel van hierdie mengsel met 10 dele
hooi. Die mengsel kan ook op weiding gespuit word,
maar moenie ’n groter oppervlakte bespuit as wat
in twee dae benut gaan word nie. Spuit die mengsel
slegs op goeie, ruie veld.
Die koste beloop ongeveer R225/500 m2 strook,
R0,90 tot R1,11/skaap/dag, R7,20 tot R8,50/
bees/dag.
2. Oorlewing van ooie
600 g hooi/ooi/dag
200 - 300 sjokoladegraan/ooi/dag
Die koste daarvan om ooie op bogenoemde rantsoen
te laat oorleef, beloop omtrent R1,05 tot R1,20/ooi/
dag (afhangend van die koste van die hooi).
3. Oorlewing van koeie
8 kg hooi/koei/dag
1 tot 1,5 kg produksielek/koei/dag
<< SENWES Scenario >>
Die koste daarvan om koeie op bogenoemde rantsoen te laat oorleef, beloop omtrent R7,50 tot
R8,85/koei/dag. Die koste sal afhang van die koste
van die hooi.
3. Wanneer desperaatheid intree
800 kg hooi
50 kg Lickmix 87 (Dundee lekkonsentraat)
150 kg melassemeel/graan
Hierdie rantsoen moet as volvoer gemeng en gevoer
word. Die voerkoste is ongeveer R1,37/skaap/dag
en R10,95/bees/dag. Onthou dat daar ureum in
hierdie rantsoen is en die bestuur moet baie goed
wees, veral by skape.
4. Wanneer jy erge desperaatheid bereik
300 kg hoendermis
500 kg hooi
200 kg melassemeel/graan
Onthou dis altyd raadsaam om gesteriliseerde
hoendermis te gebruik en om diere teen lamsiekte
te ent alvorens enige hoendermis gevoer word. Die
koste van hierdie rantsoen beloop ongeveer R1,27/
skaap/dag en R10,50/bees/dag. Skape is egter nie
baie lief vir die hoendermis nie en hoë vlakke van
koper kan opbou.
WAT DOEN EK WANNEER DIE
REËN WEER KOM?
Sodra die eerste druppels van die nuwe reënseisoen
val, is ons almal so opgewonde soos kinders oor
presente! Ongelukkig reën dit nie gras nie. Diere kan
dus nie onmiddelik ná die eerste bui reën weer op
die weidings losgelaat word nie, veral nie skape nie.
www.senwes.co.za • Junie 2012
HO O F ST O R IE •••
Aangesien daar geen droë gras van die vorige
seisoen gaan oor wees om die oorskakeling van
droëvoer na groenvoer te vergemaklik nie, sal dit
raadsaam wees om diere eers slegs vir kort tye
op die weidings oop te maak. Hierdie weitye kan
stelselmatig langer gemaak word totdat die diere
weer voltyds op die weidings wei.
ALLES DIE MOEITE WERD
Dit is nie maklik of goedkoop om ’n droogte te
oorbrug nie, maar proaktiewe optrede eerder as
reaktiewe optrede verlaag die koste verbonde aan
’n droogte en verhoog die kanse om die droogte
suksesvol die hoof te bied. Deur die korrekte
droogtestrategie te volg, stel dit die produsent
in staat om vinnig ná die droogte weer op volle
kapasiteit te produseer. S
• Lees meer oor weidingbestuur op bl. 34.
>>
Izak du Plessis is ’n Senior Diereproduksie-spesialis by
Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae
by (056) 212-2291 of 084 504 6892. ’n E-pos kan gestuur
word na [email protected]. Boet van Zyl is ’n Senior
Landbou-ekonoom by Senwes Landboudienste. Skakel hom
gerus vir enige navrae by (051) 411-0101 of 072 260 2202 of
stuur ’n e-pos na [email protected].
Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese
iese
ie
esee
eeel
eel
produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel
wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings
dag
agin
ings
in
gs
soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste wa
waardes.
aar
arde
des.
s.
Jy kan op Monsanto vertrou ...
vir jóú sukses.
Meer oor Monsanto Maatskappy
Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings
sings
ngs en
e
landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto
anto is
daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond
ro
ond te
kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar.
Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].
nsanto.com.
m.
Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter
ter® by
www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.
uppe marketing A06632SS
Skape moet vroegtydig teen bloednier geënt word
om vrektes as gevolg van die skielike verandering in
hul dieet te voorkom. Wanneer diere op jong, groen
weidings laat wei word, veral nadat hulle vir lank
slegs droë ruvoer gevreet het, kan “grass stagger
disease” voorkom. Dit word veroorsaak deur ’n
magnesiumtekort as gevolg van hoë stikstofvlakke
in die plante. Indien vermoed word dat diere “grass
staggers” het, kontak dadelik ’n voedingskundige
vir raad in verband met jou spesifieke behoeftes en
omstandighede.
Onthou ook dat die weiding tien teen een beskadig is in jou pogings om die diere aan die lewe te
hou. Die weiding het nou ook rus nodig om te kan
herstel. Omdat weidings slegs rus wanneer dit groei,
kan jy nie redeneer dat die weiding nou reeds vir
drie of vier maande nie vee opgehad het nie en dus
voldoende gerus het nie. Hoe langer diere van die
weiding af gehou kan word, hoe beter sal die weiding herstel. Indien die kort, groen grassies dadelik
bewei word, gaan die herstelproses langer neem. ’n
Praktyk wat gevolg kan word, is om die kampe wat
die druk kan hanteer soos vleie te benut en te sorg
dat die ander kampe dan ten volle rus, voor hulle
benut word.
7
8
••• K O LLI G OP W NG B O E R DE R Y
Alles het daarop gedui dat die
pekanneutvertakking ’n sukses
sal wees, en dit is. Hulle begin
nou, ná tien jaar, die vrugte
daarvan pluk.
DIVERSIFIKASIE – DÍT IS
WNG BOERDERY IN DIE
PETRUSBURG-DISTRIK
SE LEUSE, ’N BOERDERYTEGNIEK WAT HULLE
AL DIKWELS UIT DIE
MODDDER UIT GEHELP
HET. SOOS NICO
VENTER, EEN VAN DIE
DRIE BROERS AAN DIE
STUUR VAN DIE BOERDERY, SÊ: “JY MOENIE
AL JOU EIERS IN
DIESELFDE MANDJIE
HÊ NIE. AS IETS
MET DIE EEN DING
VERKEERD LOOP, IS
DAAR DAREM WEER
DIE ANDER ASPEKTE
OM OP TERUG TE
VAL.” DIE UITDAGING
IS OM AFDELINGS IN
JOU BOERDERY TE
IDENTIFISEER WAT
NIE MEER FINANSIEEL
LONEND IS NIE EN
SULKE AFDELINGS
UIT TE FASEER.
<< SENWES Scenario >>
S ukses
kom in
3’s
> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN
> FOTO’S: WAYNE VILJOEN
www.senwes.co.za • Junie 2012
KO L L IG O P W N G B O E RD E R Y •••
“Omring jou met kundige persone,
veral chemiese raadgewers wat
giwwe en kunsmis aanbetref, asook
grondontleders. Hulle is daar,
gebruik hulle.”
PETRUSBURG
Hierdie drie broers,
Willie, Nico en
Gerhard, het van kindsbeen af reeds ’n liefde
vir boerdery ont wikkel toe hulle in 1964 na die
plaas, Attleborough, getrek het waar hulle oupa
geboer het. Ná skool het al drie uiteindelik na die
plaas getrek en by die boerdery, wat daardie tyd
uit droëlandmielies, -koring en vee bestaan het,
aangesluit.
Op Attleborough plant hulle tans aartappels,
knoffel, uie, sonneblom, pekanneute onder
besproeiing, mielies en sonneblom, wat hulle
onlangs in die plek van koring ingebring het, op
droëland. Volgens Gerhard het hulle besluit om die
verbouing van koring te staak as gevolg van die
swak prys, wat dit nie meer winsgewend gemaak
het nie. “Die feit dat ons nou sonneblom en mielies
saam plant maak dit ’n baie moeilik bestuurbare
boerdery, maar dit is noodsaaklik, sê hulle. Hulle het
ook ’n veevertakking van ongeveer 300 beeste.
Vier jaar gelede het hulle die plaas Gruisrant
in die Luckhoff-distrik naby die Vanderkloof Dam,
Nie alle bakkies is dieselfde nie...
L/3215/B1_A
Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com
neer.com
vervolg op bladsy 10
9
10
••• K O LLI G OP W NG B O E R DE R Y
Sukses kom in 3's
vervolg van bladsy 9
gekoop as deel van hulle diversifikasiestrategie. Nico
bestuur dié plaas, waar hulle mielies, koring, ertjies
en sojabone, alles onder besproeiing, verbou.
BESPROEIING IN DIE DISTRIK
In 1981 het hulle een van die eerste spilpunte in
die omgewing opgesit. Hulle glo jy moet jou water
bestuur en maak van besproeiingskedulering gebruik
om nie water te mors nie. Die grootte van die
spilpunt is ook belangrik: “Moenie ’n groter spilpunt
opsit as waarvoor jy water het nie, gebruik jou water
oordeelkundig,” se hulle.
Die drie is van mening dat besproeiing jou van ’n
vaste inkomste verseker. “Jy het beheer daaroor. Op
droëland is jy aan die natuur uitgelewer. Jy kan ook
groente, soos aartappels, onder besproeiing verbou
Nico, Gerhard en Willie Venter glo in diversifikasie
en om afdelings in jou boerdery wat nie finansieel
lonend is nie, uit te faseer.
<< SENWES Scenario >>
www.senwes.co.za • Junie 2012
K O L L IG O P W N G B O E R D E RY •••
wat jy nie op droëland kan doen nie. Besproeiing
bied ’n kommoditeit waarmee ons ’n hoë inkomste
kan genereer.”
Werkskepping is ook een van die voordele van
groenteproduksie omdat dit meer arbeidintensief is.
WNG maak tans van 35 permanente werknemers
gebruik en wanneer die aartappels, knoffel en
uie geoes word, word daar vir 160 werkers oor ’n
tydperk van twee maande werk geskep.
DIVERSIFISEER
’n Produsent in hulle distrik, Heinrich Weideman,
het ongeveer 12 jaar gelede navorsing oor pekanneute begin doen en die drie broers se
belangstelling geprikkel. “Alles het daarop gedui dat
dit ’n sukses sal wees en dit is. Ons het pekanneute
wanneer Amerika nie het nie en die Chinese koop
baie pekanneute as geskenke. Die bome het wel ’n
lang wagtydperk van ses jaar ná vestiging, maar ons
begin nou die vrugte daarvan pluk,” sê hulle.
Die aartappels het ook ’n groot verskil in die
boerdery gemaak. Omdat hulle op die plaas baie
water en goeie grond het, beide ’n vereiste vir
aartappelproduksie, is dit die ideale gewas vir ’n
hupstoot wat die boerdery se finansies aanbetref.
Al probleem wat hulle tans ondervind is die insetkostes wat baie hoog raak en die feit dat ’n voedselmaatskappy bevrore skyfies van oorsee af
invoer. Volgens hulle is daar gedurende verlede
seisoen ook baie knoffel van China af ingevoer,
wat ’n beduidende invloed op die Suid-Afrikaanse
mark het.
WNG boerdery pas ’n wisselboustelsel op
Gruisrant toe waar hulle sojabone en ertjies met
koring en mielies afwissel. Op Attleborough word
sonneblom met mielies afgewissel. Op die droëland
werk hulle net op ’n rustende land sisteem omdat
dit ’n lae reënval area is en die kans vir ’n misoes
minimaliseer. “Ons maak eers grondvog bymekaar
en dan plant ons.”
PETRUSBURG IS ’N LAE REËNVAL-DISTRIK
Van 1983 tot 1987 het die distrik ’n knellende
droogte ervaar wat die boerdery geknou het. Hulle
het besluit om grond te verkoop om hul besproeiing
vervolg op bladsy 13
So ook nie alle lande nie...
Phb 32Y85
P 2653 WB
L/3216/B2_A
Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com
neer.com
11
K O L L IG O P W N G B O E R D E RY •••
Sukses kom in 3's
vervolg van bladsy 11
NICO VENTER
WILLIE VENTER
GERHARD VENTER
Nico het twee seuns en
een dogter
Twee dinge waarsonder hy
nie kan klaarkom nie:
• My vrou
• Die Here
Vir ontspanning vang hy
graag vis en jag.
Willie het vier seuns.
Beste raad wat hy
al ontvang het:
Om niks half doen nie, maak
klaar wat jy begin het.
Gunsteling dis: Kerrie en rys
Gerhard het drie dogters.
Drie dinge waarsonder hy
nie kan klaarkom nie:
• Ons Hemelse Vader
• Selfoon
• Familie
• Gunsteling seisoen:
Winter, omdat dit jagtyd is.
• Gunsteling dis: Steak
te finansier. Volgens Gerhard is Petrusburg-mense,
lekker mense. “Tydens die droogte het die boere
in die distrik baie swaar gekry en na aan mekaar
gekom. Die ouens het nou nog ’n oop hand in
Petrusburg en dit is ’n heerlike gemeenskap om in
te boer,” sê hy.
Alhoewel hulle voorstanders van presisieboerdery
is, is hulle van mening dat die opbrengs in
Petrusburg te laag is om dié praktyk te regverdig.
Hulle maak veral van kundiges gebruik om hul
boerdery te ontleed en hulle te adviseer. “Omring
jou met kundige persone, veral chemiese
raadgewers wat giwwe en kunsmis aanbetref, asook
grondontleders. Hulle is daar, gebruik hulle,” sê
Gerhard. Gerhard is verantwoordelik vir die finansies
en administrasie van die besigheid. WNG maak
van Senwes se silo’s gebruik, verkoop van hulle
graan aan Senwes en doen hulle bemarking en
finansiering deur Senwes. “Ons koop ook meer as
die helfte van ons produksiemiddele by Senwes. Die
feit dat Senwes winkels op die klein dorpies het, is
ook baie voordelig,” sê hulle.
Die drie broers se wens vir die toekoms van SuidAfrikaanse landbou, is dat daar ’n beter verhouding
tussen die regering en die produsente sal wees. “Op
dié stadium voel dit amper vir die produsente asof
hulle teen ’n muur baklei,” sê hulle. S
>>
Elmarie Schoeman is die Redakteur van Senwes Scenario.
Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n
e-pos na [email protected].
L/3217/B3_A
Ontwikkel vir die regte doel
Kies die regte saad vir die regte land
Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com
13
PR O MO T IO N A L A R T ICL E : MT N •••
SerVision offsite
monitoring – anywhere, anytime
SerVision’s versatile DVR portfolio
has been used for a large range of applications in
the governmental, security, commercial and transportation sectors. Its systems have been installed in
or on public busses, security vehicles, construction
zones, public utility and commercial sites, international borders, governmental buildings, warehouses,
financial institutions and private residences.
All SerVision security systems feature:
• Exceptionally low bandwidth usage for high-quality video transmission.
• Video transmission over the TCP/IP network.
• Remote viewing of live and recorded video via
SerVision client applications running on PCs,
PDAs and cellular phones.
• Integration of input sensors and output activation
sensors.
Fixed and mobile remote monitoring DVRs
• Operating over GPRS, Edge, 3G, ADSL.
• 4fps@1kByte/sec.
• Event detection via Video Motion Detection
(VMD), input sensor or internal video-lost sensor.
• Event notifications via email, SMS, or pop-up
alarm.
• Remote Pan-Tilt-Zoom (PTZ) control, even from
PDAs and mobile phones.
• Full integration of audio and video.
• Minimal disk usage for recorded video.
• Large-capacity hard drive for local storage of
recorded video (most models).
• Downloading of video for storage on remote PCs.
CENTRAL CONTROL ROOM
By integrating your cameras with
a centralised control room, your
alarms and activity can be monitored remotely integrating a response service in your region.
S
For more information, please go to www.senwes.co.za.
By installing a SerVision CCTV system you can monitor your cameras
both on site and remotely. You can
view live CCTV of your farmhouse,
outbuildings, livestock, vehicles
and warehouses from your phone,
tablet or computer.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
<< SENWES Scenario >>
15
16
••• N U U S
“Die sleutel tot sukses
in die lewe is om van
jouself te hou.”
Japie Fransman (Senwes:
Korporatiewe Bemarking)
Gideon van Zyl (Agri NW
Jongboer van die Jaar) en
Johan du Toit (Senwes:
Landboudienste).
Agri NW én Vrystaat Landbou
kroon hul Jongboer van die Jaar
DIE AGRI NW JONGBOERVERENIGING,
IN SAMEWERKING MET SENWES AS
HOOFBORG, HET OP 20 APRIL ’N BAIE
SUKSESVOLLE JONGBOERKONFERENSIE BY FEATHER HILL IN POTCHEFSTROOM AANGEBIED.
> TEKS: ANSONÉ VENTER
Clayton Butler, die Jongboervereniging
Voorsitter, het jongboere, die media asook die
onderskeie borge van die Jongboerkonferensie
verwelkom by die geleentheid en het genoem dat
die jongboere se goeie bywoning verblydend is.
Die sprekers wat onder andere ervare kundiges
van Senwes Landboudienste ingesluit het, se onderwerpe het by die konferensietema: “Volhoubaarheid
deur Diversifikasie en Presisieboerdery”, aangesluit.
Johan du Toit (Bestuurder: Landboudienste) het
meer oor Senwes Landboudienste vertel en die
jongboere uitgenooi om van Landboudienste se
kundigheid gebruik te maak.
Gerrit Oosthuizen (Senior Agronoom: Landboudienste) het jongboere gewaarsku dat “daar nie plek
is vir kort paaie nie, dinge moet altyd op die regte
manier gedoen word.” Hy het ook klem daarop gelê
dat jy as produsent jou boerdery se beperkende
faktore moet identifiseer en aandag daaraan skenk.
“Die sleutel tot sukses in die lewe is om van jou-
<< SENWES Scenario >>
self te hou,” meen dr Arnold Mol, wat die motiveringspreker by die konferensie was. Hy het die jongboere
gemaan om hul arbeiders op te bou eerder as om af
te breek, om sodoende die beste uit hul na vore te
bring.
Gideon van Zyl, van Salpeterpan Boerevereniging,
is tydens ’n glansdinee dieselfde aand as Agri NW
Jongboervereniging se Jongboer van die Jaar aangewys. Gideon boer vir die afgelope ses jaar op sy
eie plaas, Buckshee, in die Vryburg-omgewing. Hy
is van mening dat landbou die grondslag van ’n land
se ekonomie vorm.
Vrystaat Landbou het op 12 April, tydens ’n
funksie gehou by Monte Bello Estate, Bloemfontein,
Hendri Jansen van Rensburg gekroon as hul
Jongboer van die Jaar. Hendri boer op die plaas
Stoffelsrust, naby Warden.
Met ’n verskeidenheid interessante sprekers,
waaronder ook Lindie Stroebel (Bestuurder: Ekonomiese Intelligensie van die Landboubesigheidskamer) en prof Jonathan Jansen (Visekanselier en
Rektor van die Universiteit van die Vrystaat), was
diegene wat die geleentheid bygewoon het, op die
punte van hul stoele.
’n Algehele Jongboer van die Jaar-wenner sal
later vanjaar tydens die Agri SA Kongres
aangekondig word. S
>>
Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario.
Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n
e-pos na [email protected].
www.senwes.co.za • Junie 2012
N U U S •••
17
PROTEÏENLEK 40
PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE
PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE
Thys Visagie van Senwes Grainlink, saam met David
Campese en die sport-memorabilia wat Senwes vir
R12 500 tydens die veiling gekoop het.
Senwes dra by tot
landelike veiligheid
> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN
Die geveg teen plaasmoorde
MOLATEK PROTEÏENLEK 40 BEVAT:
• hoë kwaliteit proteïenaanvulling;
• voldoende hoë kwaliteit fosfaat; en
• spoorelemente om tekorte aan te vul.
Boonop stimuleer dit die inname en vertering van droëmateriaal
en beperk sodoende massaverlies in die winter.
Proteienlek 40 – uitstekend vir jou diere
en jou sak.
>>
Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.
Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur
’n e-pos na [email protected].
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095
E-pos: [email protected] • www.molatek.co.za
Proteïenlek 40 Reg. Nr. V16048 (Wet 36 van 1947) (Namibië NFF 1408)
uppe marketing A06937
het op 16 Mei vanjaar weer ’n hupstoot gekry
danksy die Senwes OFM Prestige Sportaand gehou
by die Rio Casino in Klerksdorp, waar ’n tjek van
R100 000 aan Agri Securitas oorhandig is.
Die aand wat deur Senwes en OFM, in
samewerking met Engen ten bate van Agri
Securitas aangebied is, het rugbylegende, David
Campese, as gasspreker gehad. Tot 2006 het
David die wêreldrekord gehou vir die meeste drieë
gedruk in toetswedstryde. Hy is een van slegs vyf
spelers ter wêreld wat al meer as 100 wedstryde
vir hul land gespeel het en hy is deel van die
Rugby Hall of Fame.
Johannes Moller van die Agri Securitas Trust
Fund het klem gelê op die gebrek aan respek vir
lewe in Suid-Afrika wat ’n negatiewe impak op
gemeenskapsveiligheid en die ontwikkeling van
die landelike omgewing het. Die doel van Agri
Securitas is die verskaffing van finansiële bystand
aan die landelike gemeenskappe om hulle eie
veiligheid te verseker en bystand aan meer as
100 projekte is verleen met die aankoop van
veiligheidstoerusting. “Ek is oortuig daarvan dat
nog honderde lewens op die platteland hierdeur
gered gaan word,” het Moller gesê. S
18
••• N U U S
Monsanto sê hul
sê oor beskerming
van biotegnologie
BIOTEGNOLOGIE GAAN PRODUSENTE
IN STAAT STEL OM VOEDSEL
VOLHOUBAAR OP ’N GEGEWE
OPPERVLAKTE TE PRODUSEER OM
AAN DIE GROEIENDE WÊRELDSE
BEVOLKING SE BEHOEFTES AAN
VOEDSEL, ENERGIE EN TEKSTIEL
TE VOLDOEN.
> TEKS: RUTH SCHULTZ
Dít was Bennie Bester
(Kommersiële
Bestuurder: Monsanto SA) se boodskap aan produsente tydens Monsanto se Centre of Excellence
boeredag naby Bothaville op 12 April vanjaar.
“Daar is sekere produsente wat baie onverantwoordelik omgaan met die gebruik van biotegnologie,” het Bennie gesê. Hy verwys spesifiek na die
plant van toevlugsareas.
Biotegnologie het ’n baie groot bydrae gelewer
as ’n mens kyk na waar opbrengste vandag staan.
“In 2001 was 5,9% van alle mielies wat in 2001 in
Suid-Afrika geplant is, geneties gemodifiseerde (GM)
aanplantings. Tien jaar later, in die 2011-seisoen,
is 78,7% van alle mielies in Suid-Afrika, GMaanplantings.”
Volgens Michelle Vosges (Hoof van Rentmeesterskap: Monsanto SA) is daar sekere areas waar
YieldGard I nie meer so effektief werk soos in die
verlede nie. “Dié aanplantings moet dus onder
sekere omstandighede gespuit word, sodat produsente nie verliese ly in terme van opbrengste as
gevolg van die stronkboorder wat weerstand opbou
nie en tweedens wil Monsanto daardie populasies
wat verhoogde toleransie teen die Bt-proteïen bied,
so gou moontlik uit die omgewing kry.”
Monsanto het dus produsente se hulp nodig.
“Produsente moet weekliks vasstel of hul mielies
meer as 10% stronkboorderskade het. Indien daar
<< SENWES Scenario >>
Leonard Oberholzer (Bestuurder: Tegniese Ontwikkeling, Monsanto SA) wys hier hoe opbrengste (ton/ha)
toegeneem het soos tegnologie oor die jare gevorder
het (oopbestuifde mielies, dubbelkruis, enkelkruis en
biotegnologie). Produsente het sekere punte op die
lande besoek waar Monsanto en ander rolspelers in
die bedryf oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe gesels het.
meer as 10% skade is, moet dit op Monsanto se
sisteem gerapporteer word, sodat inspeksies gehou
kan word en besluit kan word oor moontlik bespuitings,” het Michelle bygevoeg.
Een van die belangrike redes wat in die literatuur aangedui is hoekom YieldGard I aanplantings
in sekere gevalle nie meer effektief is nie, is die
afwesigheid van toevlugsareas. “In 2008 het
Monsanto ’n aktiewe moniteringsprogram in plek
gestel, waartydens ’n derde party ’n produsent
se plaas besoek om ondersoek in te stel of sy
toevlugsareas reg geplant is in terme van persentasie en of dit reg geposisioneer is in terme van
Bt-aanplantings,” het sy gesê.
YieldGard I is egter steeds effektief op ongeveer
98% van mielie-aanplantings in Suid-Afrika, maar
gereelde monitering en vinniger rapportering kan
steeds help dat produsente ’n goeie opbrengs op
YieldGard I kry. “Verhoogde monitering gaan gedoen
word op YieldGard II aanplantings, omdat Monsanto
nie dieselfde roete wil loop as met YieldGard I nie,”
aldus Michelle. YieldGard II is die nuwe geen wat
Monsanto verlede jaar bekend gestel het.
Volgens Michelle gaan Monsanto streng moet
optree teenoor dié produsente wat nie effektiewe
toevlugsareas aanplant nie. “Om biotegnologie
te beskerm moet produsente toevlugsareas plant
en dit reg plant om weerstandsontwikkeling te
voorkom. Indien produsente dit nie doen nie,
beteken dit dat Monsanto nie sy permitvoorwaardes,
wat kommersiële aanplantings van YieldGard I en
YieldGard II in Suid-Afrika moontlik maak, nakom nie
en kan die staat die permit terugtrek en produsente
nie meer toegang tot Bt-mielies hê nie.” S
>>
Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario.
Vir meer inligting kontak haar by (011) 869-4465 of stuur ’n
e-pos na [email protected].
www.senwes.co.za • Junie 2012
Dis mos die
keuse!
Ons mielies
i li lyk
l k goed op papier
en nóg beter op die land.
As dit by opbrengs kom, maak dit sin om te kyk na vorige seisoene se resultate. By DEKALB®
sal ons jou graag help om dit te doen. Ons mieliebasters kraai jaar na jaar koning. Ons bied
nie net resultate nie, ons bied ook die tipe kliëntediens en ondersteuning wat ‘n verskil maak.
Met Monsanto het jy toegang tot die beste gewastegnologie beskikbaar. Ons geelmielies
soos die DKC73-reeks, DKC66-60BR en DKC80-40BR GEN sowel as ons witmielies soos die
DKC78-reeks, DKC77-61B en DKC77-85B GEN lewer uitsonderlike opbrengste. Boonop
bied die keuse van YieldGard®, Genuity® YieldGard® II of Genuity® Roundup Ready®
Corn 2-tegnologie in ons saad jou beter beskerming teen stronkboorder en onkruid.
DEKALB® gee jou net soveel meer – in die laboratorium, op die land en in die bank.
uppe marketing A06309/SS
Hoë opbrengspotensiaal
Stabiliteit
Goeie staanvermoë
Besproeiing
Geelmielies
Nuut
Nuut
Nuut
Nuut
Nuut
DKC80-40BR GEN
DKC66-60BR
DKC73-70B GEN
DKC73-72
DKC73-74BR GEN
DKC73-76R
Witmielies
Nuut
DKC77-61B
DKC78-15B
DKC78-45BR GEN
DKC77-85B GEN
Skakel Monsanto vandag en vind meer uit.
DEKALB® – Dis mos mielies!™
Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za
Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].
®
Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”,
jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.
BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk ƒ Sestiendestraat 852, Midrand ƒ Tel: +27 11 203 2400 ƒ Faks: +27 11 203 2461 ƒ Epos: [email protected].
Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.
Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.
van BASF
20
••• N U U S
Rooivleisprodusente
staan op teen veediefstal
VANJAAR SE ROOIVLEISPRODUSENTEORGANISASIE VAN NOORDWES
(NWRPO) SE KONGRES, WAT OP 21
EN 22 MEI NABY HARTBEESFONTEIN
GEHOU IS, HET TWEE UITDAGINGS
IN DIE ROOIVLEISBEDRYF, NAAMLIK
VEEDIEFSTAL EN DIEREGESONDHEID
AANGESPREEK.
> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN
Dr Martin Ferreira (Veearts:
Potchefstroom) het die voorkoms, ekonomiese
impak en beheer van lewerslak by beeste bespreek.
Volgens hom het ontledings in die Vryburg-, Ottosdal- en Potchefstroom-areas, aangedui dat 75%
van die kuddes wat getoets is, positief getoets
het vir lewerslak en tot 80% van die diere in die
kuddes positief getoets het. Ferreira sê dat die
besmetting hoog is in die herfs en lente as gevolg
van temperatuurveranderinge en die oorlewingsdruk
op die parasiete.
Veediefstalforum-voorsitter, Jacques Swanepoel, het hom uitgespreek oor veediefstal in die
Amanda Thoe
e
bestudeer ’n
n
paar mieliepitte.
Noordwes Provinsie.
“Naas predasie, is veediefstal een van die
grootste enkele faktore wat die Rooivleisbedryf
negatief beïnvloed,” sê hy. Volgens hom is daar
tans sewe Veediefstaleenhede in die Noordwes
Provinsie ontplooi. “Die onlangse afkondiging deur
die Minister van Polisie dat veediefstal in die OosKaap en Vrystaat as prioriteitsmisdade verklaar is,
is myns insiens ’n stap in die regte rigting. Ek sou
egter wou sien dat dit uitgebrei word na die ander
oorblywende provinsies ook. Volgens nasionale
statistieke rakende die top tien veediefstal hotspots,
verskyn ons provinsie nou vir die eerste keer in baie
jare ook op die lys,” sê hy.
Loffie Brandt (Bestuurder: Landbou-inligting,
Absa-Agribesigheidsbank) het die vooruitsigte van
rooivleispryse teen die agtergrond van die huidige
ekonomiese omstandighede bespreek en dr Pieter
Vervoort (Voorsitter: Dieregesondheidsforum) het
openbare en private vennootskappe om veeartsenydienste en voldoening aan dieregesondheidsvereistes te verbeter, bespreek. S
>>
Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.
Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n
e-pos na [email protected].
S enwes wys M innesota hoe
Mornay Potgieter (Assistent Silobestuurder: Viljoenskroon silo) verduidelik hoe ’n silo werk.
<< SENWES Scenario >>
Dr Pieter
Vervoort
spreek
kongresgangers toe
oor hoe om
veeartsenydienste te
verbeter.
Nege studente van Minnesota kon op 17 Mei 2012,
danksy Senwes, ’n ordentlike gevoel van Suid-Afrikaanse landbou kry en hoe graan in ons land verwerk word, tydens ’n besoek aan Viljoenskroon silo.
Dié studente, almal van die University van Minnesota, het as deel van ’n toer deur Suid-Afrika, wat
deur die Noordwes-Universiteit gereël is, meer geleer
oor mielieproduksie, graangradering en die pad wat
graan loop wanneer dit by ’n silo afgelaai word.
Grainlink personeel het die studente ontvang
waarna hul op ’n toer deur die silo geneem is. Die
studente sê hulle was veral beïndruk met die tegnologie en die kwaliteit van graan in Suid-Afrika. Die
groep het ook ’n draai by NAMPO gemaak en die
Senwes-stalletjie besoek. S
www.senwes.co.za • Junie 2012
N UUS •••
Japie Fransman (Korporatiewe Bemarking
– Senwes) en Ismail
Minty (NWK: Algemene
Bestuurder – Landelike
krieket) met die wenspan
van Laerskool Manana.
Senwes dra by tot krieketontwikkeling
Humansvlakte en Manana se
krieketspanne het Saterdag, 5 Mei, op Senwes Park
gewedywer om as die wenner van die sesde Senwes
Spinners-toernooi, wat vanaf 30 Maart tot 3 April
vanjaar plaasgevind het, gekroon te word. Laerskool
Humansvlakte het vir die afgelope twee jaar die
toernooi gewen en sou nie maklik weer tweede in
die ry staan nie.
In ’n naelbytwedstryd het die span van Laerskool
Manana op die ou end die knoop deurgehaak en
met agt lopies as wenners uit die stryd getree. Die
titel gaan gepaard met ’n kontantprys van R5 000 en
Humansvlakte het as naaswenners R1 000 ontvang.
Senwes en Noordwes Krieket bied jaarliks die
Senwes Spinners-program aan met die doel om
krieketontwikkeling onder die jeug in landelike
gebiede te bevorder. Tien skole word by die program
betrek, waartydens beide die kinders en die afrigters
opleiding ontvang met die oog op volhoubaarheid en
ook kriekettoerusting en-klere ontvang.
’n Gedeelte van die Rugby Wêreldbeker-fondsinsameling, wat in 2011 deur Senwes en Noordwes
Krieket gedryf is, se winste is in dieselfde jaar aan
Agri Securitas oorhandig en ’n gedeelte daarvan
is ook geoormerk vir landelike krieketontwikkeling.
Hierdie fondse is aangewend om onder andere ’n
sintetiese krieketblad vir Laerskool Manana te skenk
en ’n boulmasjien vir Humansvlakte. S
Monsanto klink ’n glasie op
Dekalb se 100-jaar mylpaal
Dekalb se verbintenis tot innovasie in die landbou
het in 1912 sy ontstaan gehad met die stigting
van die Dekalb® County Soil Improvement Association. Sedertdien is die Dekalb-handelsmerk
sinoniem met die geskiedenis van landbou – ’n
geskiedenis ryk aan tradisie. Monsanto se
verbintenis tot Dekalb het in 1998 begin toe
Dekalb by die Monsanto-familie aangesluit
het. In die lig van Dekalb se 100-jaar viering,
het Monsanto Suid-Afrika op 19 April vanjaar
’n spogfunksie in Pretoria gehou vir die media,
produsente en ander rolspelers in die bedryf.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Kobus Steenekamp (Besigheidsbestuurder: Monsanto
Suid-Afrika), Kobus Lindeque (Besturende Direkteur:
Monsanto Afrika), Bennie Bester (Kommersiële
Bestuurder: Monsanto Suid-Afrika) en Gert Heyns
(Bemarkingsbestuurder: Saad en Biotegnologie,
Monsanto) klink ’n glasie op Dekalb se 100ste
bestaansjaar – ’n belangrike mylpaal in landbou. S
<< SENWES Scenario >>
21
22
••• N U U S
NAMPO 2012:
Sukses op sukses
vir Senwes
VANJAAR SE NAMPO OESDAG
HET BESLIS NIE AFGESTEEK TEEN
DIE VORIGE JARE NIE; NUWE
TEGNOLOGIE WAS AAN DIE ORDE
VAN DIE DAG EN DIE OESDAG IS
GEKENMERK DEUR ONDER ANDERE
DIE VERTONING VAN ’N TREKKER
WAT DEUR WATERSTOF AANGEDRYF
WORD, DIE BEKENDSTELLING VAN ’N
PLOEGKOMPETISIE EN ’N OESDAGRADIOSTASIE, NAAMLIK GRAAN SA
RADIO.
> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN
Die bywoningsyfer van 71 723
is ’n goeie verbetering op dié van 2010, wat die
vorige beste syfer in die 46-jaar geskiedenis van die
Oesdag is, uitgesluit verlede jaar se rekordbywoning
weens ’n openbare vakansiedag.
Kompetisies wat deur Senwes geloods is, het
besoekers na dié stalletjie gelok. Die jaguitstalling
Besoekers in die Senwes-stalletjie
<< SENWES Scenario >>
was veral ’n groot trekpleister. Die daaglikse bokkoorstrekking is deur Wentzel Jonker (Voorraadbeplanningsbestuurder: Senwes Village) en sy span
gehou en menige besoekers het gedurende die vier
dae ’n wapenprys ryker by NAMPO weggestap.
Die John Deere-stalletjie was verseker ’n
hoogtepunt by die Oesdag. Senwes Village se
Meganisasie-afdeling was vanjaar weer betrokke
by die John Deere klere- en speelgoedwinkel. Die
stalletjie word gedurende die duur van NAMPO
soos ’n volwaardige Senwes winkel bedryf. “Dit
was vanjaar weer ’n ongelooflike ervaring om te
sien hoe die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap
meegesleur word deur die gewildheid van die John
Deere handelsmerk. Mense val oor mekaar om
van die John Deere klere en speelgoed te koop,”
sê Pieter Redelinghuys (Produkbestuurder: Village
Meganisasie Onderdele). Die rekordomset van
ongeveer R2,7 miljoen vir 2012 getuig hiervan. S
>>
Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.
Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n
e-pos na [email protected].
Eddie Morrison (Bothaville Village) en Frans du Plessis
(Hoofbestuurder: Senwes Village) by die wapenuitstalling.
www.senwes.co.za • Junie 2012
N UUS •••
Merwe Liebenberg (links) het ’n Vanguard verkyker ter
waarde van R2 000 gewen. Japie Fransman (Senwes:
Korporatiewe Bemarking) oorhandig sy prys.
Arthur Strey,
van Benoni, het
’n herlaaibare
flits ter waarde
van sowat
R800 in die
Bokkoorstrekking
gewen. Hier
oorhandig
Wentzel Jonker
(regs) sy prys
aan hom.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Hierdie windbuks ter waarde van R2 000 is Polla
Steenkamp (regs) s’n met komplimente van Senwes
Village (Hartswater). Marius van Wyk (Bestuurder:
Bothaville Village) oorhandig sy prys.
Japie
Fransman
(Senwes:
Korporatiewe
Bemarking)
oorhandig
Valerie
Buckland se
Vanguard
shooting
stick aan
haar.
<< SENWES Scenario >>
23
24
••• N U U S
Wimpie Swanepoel kon nie ophou glimlag nie. Sy gelukkige
nommer 5 het hom die wensleutel besorg.
Joggie Pretorius is uit sy vel van opgewondenheid toe
sy sleutel een van twee sleutels was wat die John
Deere 4630 spuit kon aanskakel. Jaco Voges (nasionale verkoopsbestuurder: BASF Gewasbeskerming,
Suid-Afrika) het hom geluk gewens.
!
s
Ye Die spuit is myne!
DIE GEBRUL VAN ’N 4630 SELFAANGEDREWE JOHN DEERE SPUIT
(HIGHBOY SPUIT) EN DAARNA ’N
TOEJUIGING, KAMERAFLITSE EN
DIE GEKLINK VAN SJAMPANJEGLASE. WIMPIE SWANEPOEL VAN
DAS RAM BOERDERY (EDMS) BPK
(JACOBSDAL) EN JOGGIE PRINSLOO
VAN PRISMA BOERDERY (EDMS) BPK
(HARRISMITH) KON HUL ORE NIE GLO
TOE DIE SLEUTELS WAT HULLE GETREK
HET IN DIE BASF ABACUS® HIGHBOY
KOMPETISIE DIE ENJIN VAN EEN VAN
DIE SPUITE AANSKAKEL NIE.
> TEKS: RUTH SCHULTZ
> FOTO’S: JAN BOTHA
20 finaliste het tydens ’n
glansgeleentheid in Pretoria op 2 Mei vanjaar, ’n nommer
tussen een en tien getrek (twee trekkings is gedurende die aand se verrigtinge gedoen). Slegs een
van die tien nommers was die wensleutel s’n. Die
trekking van die finaliste is eerlik en deursigtig deur
<< SENWES Scenario >>
’n onafhanklike prokureursfirma, Botha en De Klerk
Prokureurs, hanteer.
Die kompetisie het in die 2011/2012-produksieseisoen oor twee verskillende tydperke geloop. ’n
Produsent moes ’n minimum van 200 liter Abacus
koop om in aanmerking vir die kompetisie te kom.
ONS VIER ONS SUKSES!
Rupert Anelich (bemarkingsbestuurder: BASF Gewasbeskerming, Suid-Afrika) het die finaliste en ander
gaste tydens die aand toegespreek.
“Boerdery bly ’n uitdaging! Skommelings in die
weer, ekonomie en die wetgewing duik voortdurend
op, maar dit is egter die voorlopers en innoveerders
wat tegnologie aangryp en voortgaan om suksesvol
te boer,” het Anelich gesê.
Hy sê dit is hierdie voorlopers en innoveerders
wat gekies het om BASF se belofte “Verwag meer
met AgCelence™”, gerugsteun deur die produk
Abacus, op te neem en die voordele wat dit bied
aan te wend.
Met AgCelence sal jou gewasse floreer en hulle
volle potensiaal bereik. Abacus is spesifiek ontwikkel
vir mielies, sojabone en gars. Dit word ook vir
suikerriet aangewend en lewer reeds die afgelope
drie jaar uitstekende resultate in dié gewasse. S
>>
Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario.
Vir meer inligting, kontak haar by (011) 869-4465 of stuur
’n e-pos na [email protected].
www.senwes.co.za • Junie 2012
N UUS •••
NVK en
Senwes span
saam vir
Groendag
sukses
VANJAAR SE NVK (NOORD-VRYSTAAT
SE KOOPGROEP) GROENDAG HET ’N
TITSELTJIE MEER GROEN AS ANDER
JARE GEHAD, DANKSY SENWES EN
JOHN DEERE SE BETROKKENHEID.
SENWES HET AS HOOFBORG VIR DIE
GROENDAG OPGETREE.
> TEKS: ANSONÉ VENTER
Dié dag, gehou op Barry Coetzee se
plaas buite Vredefort, was ’n groot sukses volgens al
die partye betrokke. Op dié plaas, waar Barry, sy pa
en broer saam boer, word daar 65% mielies, 20%
sonneblom en 15% soja verbou. Die mielies, van
verskillende kultivars, is almal op 7 Desember 2011
geplant en het almal op dieselfde dag opgekom.
Dit was ook die tweede jaar wat soja op dié plaas
aangeplant is.
Tydens die Groendag het die betrokke saadmaatskappye meer gedeel oor hul kultivars wat
in Desember verlede jaar as deel van die proewe
aangeplant is. Diegene wat die dag meegemaak
het, het ook die lande gaan besoek en kon vir
Johan Botha (Insetbemarker: Senwes) asook
Dirk Steenkamp en
Revan du Preez
(Sleutelrekeningbestuurders:
Senwes) bespreek
die gebeure van
die dag. Volgens
Dirk was dié dag
goed georganiseer, die
inligting genoegsaam en
kon almal iets nuuts wys word
uit die inligting wat die sprekers deurgegee het.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Voor: Rika, Letitia en Alida Coetzee. Agter: Bokkie,
Barry, en Gideon Coetzee.
hulself sien hoe die kultivars by mekaar kers vashou.
Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink) het
ook oor die verskeie moontlike verwerkingsprosesse
waardeur gestroopte grane, soos mielies en sojabone, gaan nadat dit gestroop is, gesels.
Hoewel die dag baie suksesvol was, het Barry
gevoel dat die tydsberekening nie heeltemal reg was
nie, aangesien van die produsente reeds besig was
om te stroop en dus nie die dag kon bywoon nie.
“Die Groendag sal volgende jaar vroeër gehou word
om sodoende buite strooptyd te val.”
Vir diegene wat nie die dag kon meemaak nie,
gaan besoek gerus Senwes se YouTube-kanaal by
www.youtube.com/senwesTV, om uittreksels van die
Groendag te sien. S
Agter: Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink),
Ramondé Odendaal (Landbou-ekonoom: Senwes),
Barry Coetzee (NVK), Margie Wagner (NVK), Gerrit
Oosthuizen (Akkerboukundige: Senwes), Johan du Toit
(Bestuurder Landboudienste: Senwes), JanDirk Engelbrecht (Digitale platform spesialis: Senwes). Middel:
Thys Grobbelaar (Graananalis: Senwes Grainlink),
Hennie du Plooy (Noordelike streeksbestuurder:
Produsente Graanbemarking). Voor: Alta Pretorius
(Graanverkryger: Parys)
>>
Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario.
Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n
e-pos na [email protected].
<< SENWES Scenario >>
25
26
••• N U U S
Vir meer foto’s, kan Senwes
se Facebook bladsy besoek word. Volg
hierdie kitsskakel na die album:
http://senwes.co/ssbothaville12.
VOOR
Bothaville Village voor die opgraderings.
NA
Bothaville Village soos dit nou daar uitsien.
Bothaville Village
– ’n S plinternuwe sikspens
BOTHAVILLE VILLAGE IS ONLANGS
OPGEKIKKER MET OPGRADERINGS IN
DIE WINKEL WAT ONGEVEER R2 MILJOEN BELOOP HET. BOTHAVILLE IS
’N BELANGRIKE EN STRATEGIESE
WINKEL VIR VILLAGE EN SPESIFIEK
VIR MEGANISASIE.
Die grootte van implemente het
oor die laaste vyf jaar toegeneem en om Senwes in
staat te stel om dienslewering te verbeter en meer
kapasiteit te skep, was dit nodig om die werkswinkel
te vergroot. Dit het meegebring dat die onderdeleafdeling moes verklein en die vloei van die winkel
herontwerp moes word.
Die onderdele-dienspunt het altyd as ’n aparte
deel van die bedryfspunt gefunksioneer en het ook
’n aparte ingang gehad. Die onderdele toonbank is
met die opgradering na die binnekant van die winkel
verskuif wat klante nou die geleentheid gee om ’n
eenstopdiens te ervaar. Die werkswinkelbestuur en
administrasie is ook gemaklik langs die onderdeletoonbank ingerig om klante vanuit die winkel te diens.
<< SENWES Scenario >>
WAT IS GEDOEN?
• Die werkswinkel is vergroot.
• Die onderdeledienspunt is verskuif.
• Gerieflike toegang tot die werkswinkeladministrasie is bewerkstellig.
• Die hele winkel se IT- en telefoonbekabeling
is oorgedoen en nuwe rekenaartoerusting is
geïnstalleer.
• Nuwe toonbanke en beligting is ingesit.
• Rakke en vloere is herstel.
• Die winkel is binne en buite geverf.
• Nuwe lugverkoelingstelsel is geïnstalleer.
• Nuwe logo’s, uithangborde en
handelsmerktentoonstellings is binne en
buite aangebring.
• Nuwe goedere-ontvangs vir die winkel en
onderdele is ingerig.
• Die stoorkantoor is oorgedoen en is meer
klantevriendelik ingerig.
• Die wapenafdeling is nuut oorgedoen.
• ’n Nuwe alarmstelsel is ingesit.
• Al die kantore is opgegradeer.
• ’n Nuwe administrasiekantoor is ingerig.
• Die vloei en rakversorging van die winkel is
verander. S
www.senwes.co.za • Junie 2012
28
••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G
Help jou diere
deur ’n droë winter
met V oermol en M olatek
MET ’N DROË WINTERSEISOEN OP
HANDE SAL JY AS VEEPRODUSENT
MOET AG SLAAN OP DIEREVOEDING
EN DIE PRODUKTE WAT JOU VEE DEUR
DIE WINTERMAANDE SAL TREK. MAAK
’N DRAAI BY JOU NAASTE SENWES
VILLAGE EN ONTHOU DIE KOEPON VIR
5% AFSLAG OP ENIGE VAN HIERDIE
VYF PRODUKTE.
VOERMOL PREMIX 450
Klas: Proteïenaanvulling vir beeste
• Is ’n koste-doeltreffende onderhoudslek vir
beeste.
• Is ’n klaargemengde lek wat vertering van
droë ruvoer aanhelp aangesien dit proteïen
en spoorelemente verskaf wat die mikroorganismes in die grootpens stimuleer.
• Help om “droëgalsiekte”
galsiekte te voorkom,
aangesien melasse
asse matig lakserend is.
• Verskaf spoorelemente
eme
ente
wat noodsaaklikk is vir
v
’n goeie eetlus.
• Is ’n gekonsentreerde
reerd
de
bron van proteïen
en wat
w
aanleiding gee tot ’n
n
laer koste per eenhe
eenheid
eid
proteïen.
• Kan met mieliemeel,
mee
el,
hominy chop off enig
enige
ge
graan gemeng word
d
om ’n produksielek
elek
te gee.
VOERMOL PROTEÏENBLOK
Klas: Proteïen- en Mineraalaanvulling vir
herkouers
Hierdie blok verskaf proteïen, minerale en
vitamiene A en is spesifiek vir beeste en skape
wat op proteïengebrekkige weidings wei of
ruvoer gevoer word.
• Is maklik hanteerbaar en gereed vir gebruik.
• Is melasse gebaseer wat smaaklikheid
verbeter en inname stimuleer.
• Stimuleer groei van rumen mikro-organismes
wat droë materiaal-inname bevorder.
• Bevat benewens ureum, ook goeie kwaliteit
natuurlike proteïen.
• Geskik vir antilope wild.
Senwes Scenario bied jou...
5% AFSLAG
KOEPON
OP ENIGE VAN DIÉ
VYF PRODUKTE!
Bring hierdie koepon na enige Senwes
Village en kry 5% af op Voermol Premix 450,
Voermol Proteïenblok, Molatek Proteïenlek,
Molatek Trophy Block, Molatek Winter Block 40.
Terme en voorwaardes geld. Geldig tot 30 Junie 2012
<< SENWES Scenario >>

www.senwes.co.za • Junie 2012
F O KUS O P D IE R E V O E D IN G •••
MOLATEK PROTEÏENLEK
MOLATEK
TROPHY BLOCK
Hierdie is ’n uitstekende hoëkwaliteit
hoëkwalite proteïenen energieblok wat by uitstek geskik is vir beide
herkouer en nie-herkouer wildspesies. Dit bevat
proteïene, energie, minerale en spoorminerale
wat bydra om die wild se liggaamsgewig,
konsepsie en horinggroei in stand te hou.
Hierdie is ’n aanvulling en nie ’n voer per se
nie. Hou lekbakke vol en voorkom dat honger
diere hulself oorvreet. Gereelde,
daaglikse inname kan vergiftiging
help voorkom. Genoegsame
weiding en/of ruvoer moet
beskikbaar wees. Voordat ’n NPNbevattende lek gevoer word, moet
’n gewone sout-/fosfaatlek vir
minstens sewe dae gevoer word.
WAARSKUWING: Hierdie
dierevoedsel bevat ’n NPN-bron.
Meng en voer streng volgens voorskrifte.
MOLATEK WINTER BLOCK 40
MO
M
Hierdie
Hier
Hi
erd
die is makd
li hanteerbaar
lik
ha
ant
en word
aangewend
word aa
aan
ng
n
tydens
laag
tyde
ens die
die periode wanneer weidingskwaliteit
weidingsk
skw
w
is.
van
is. Dit
Dit verseker
ve
erssek
e er optimale
opt
ptim
imal
ale
e massa
mass
ma
ssa
a en kondisie
kon
beeste tydens droë weidingstoestande sowel as
maksimuminname van oesreste en winterweiding.
NPN WAARSKUWING: Hierdie dierevoedsel bevat
ureum en ander NPN en moet daarom streng
Junie 2012 • www.senwes.co.za
volgens die gebruiksaanwysings vermeng en gevoer
word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPNvergiftiging. Meng met gelyke hoeveelhede water en
doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en
2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).
Beskerm hierdie veevoedsel teen reën. NPN is
oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan
vergiftig word. Moenie die veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsel
gebruik nie, raadpleeg eerder ’n veekundige. S
<< SENWES Scenario >>
29
30
••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G
Hoe gemaak met
lekke hierdie winter?
MET ’N DROË WINTER IN DIE VOORUITSIG MOET VEEPRODUSENTE
HOË AG SLAAN OP GOEIE KWALITEIT
BYVOEDING. OORGANGSLEKKE EN
PROTEÏENLEKKE KAN JOU DALK NET
HIERDIE SEISOEN UIT DIE MODDER
HELP.
OORGANGSLEKKE
Vir volgehoue diereprestasie moet beide fosfor en
proteïen in die vorm van ’n oorgangslek gedurende
die herfsmaande voorsien word. Die oorbrugging van
die groen na die droë seisoen met ’n oorgangslek,
bevorder produksie en reproduksie omdat dit
die massa- en kondisieverlies beperk weens die
voorsiening van ekstra proteïen.
’n Oorgangslek bewerkstellig ’n geleidelike
oorgang van fosforaanvulling in die somer na
ureumbevattende winterlekke. Dit bevat minder
ureum as winterlekke, wat die gevaar van
ureumvergiftiging verminder wanneer die diere na
winterlek oorgeskakel word, omdat hulle dan reeds
ten volle op ureum aangepas is.
Gee oorgangslekke sodra ’n drastiese styging in
fosfaatlekinnames plaasvind en/of sodra die gras
volwassenheid bereik deur saad te begin vorm.
PROTEÏENLEKKE
Die aanvulling van rumenstimulerende proteïenlekke, bevorder die vertering en inname van droë
weiding wat massa- en kondisieverlies beperk
waardeur produksie en reproduksie verhoog word.
<< SENWES Scenario >>
’n Onsuksesvolle oorwintering se nadele knou
wintermarges omdat dit ernstige reproduksie(lae kalfpersentasie) en produksieverliese (lae
speenmassa) tot gevolg het. Voorvereistes vir die
suksesvolle oorwintering van vleisbeeste, is die
beskikbaarheid van ’n voldoende hoeveelheid ruvoer
in die vorm van gespaarde grasveld en die aanvulling
van kritieke voedingstowwe (byvoorbeeld proteïen,
minerale, spoorelemente en vitamiene) deur die
verskaffing van rumenstimulerende onderhoudslek
(ook bekend as proteïen- of winterlek) om die
tekorte in die droë winterveld aan te vul.
Droë grasveld het ’n ernstige proteïentekort as dit
minder as 6% proteïen bevat en het tot gevolg dat
die mikro-organismes, wat die ensieme afskei wat
verantwoordelik is vir die vertering van die droë gras,
begin afsterf en gevolglik word daar al hoe minder
voedingstowwe vir die beeste beskikbaar gestel. Dit
het kondisie-en massaverlies tot gevolg.
Wanneer diere ’n proteïentekort ondervind is
hulle minder geneig om te wei, al is daar volop
droë weiding beskikbaar en meer geneig om by die
waterbak te lê en water te drink. Die mis van sulke
diere begin min, droog, hard en swart word; hulle
begin kondisie verloor; hulle hare begin regop staan
en hulle kan selfs droëgalsiekte kry en vrek omdat
hulle pense ophou funksioneer en dan verstop.
Die aangewese tyd om na proteïenlekke oor te
skakel, is ná die eerste swaar ryp in die winter. S
>>
Inhoud vir die artikel is verskaf deur Voermol. Vir meer inligting, raadpleeg jou naaste Voermol-agent of stuur ’n e-pos
aan [email protected].
www.senwes.co.za • Junie 2012
Biomin P.E.P.
®
Volhoubare groei verbetering!
16 Maart
Voeg die krag van ‘n unieke
kombinasie van essensiële olies
en prebiotika tot jou dieet.
2 Maart
ÊÏÊ
¿»
»È·Æ
Ê
»
ºËÁÉ
Å
È
Ʒ
Æ
½
É
ȾÅÅ
ͿĽ
»
½
Ʒ »
ÅÃ
È··½
Ʒ » É¿»É
»Ã¿É
BIOMINË¿ºƖ¼È¿Á·,
Klerksdorp, Suid-Afrika 2571
Tel. +27 (0)18 468 1455,
»ƖÆÅÉƓÅů¹»Ɣзʤ¸¿ÅÿÄƔÄ»Ê
pep.biomin.net
Naturally ahead
PRO MO SIE -A R T IKE L : B IO MIN •••
Plantekstrakte bied natuurlike alternatief
vir antibiotiese middels in dierevoeding
Die soektog na voedsame antibiotiese alternatiewe in EU-lande en die toenemende
bewustheid en kommer onder verbruikers, dien as
aansporing vir presiese navorsing oor die moontlikheid
van die gebruik van plant-ekstrakte in dierevoeding.
Die internasionaal erkende deskundige op die
gebied van natuurlike dierevoeding, Biomin, roem
daarop dat hy aan die plaaslike voermark toegevoegde waarde en groter volhoubaarheid bied deur
die volkome weglating van antibiotiese middels uit
sy reeks voeraanvullings en die vervanging daarvan
met natuurlike kruie, speserye en plant-ekstrakte.
Biomin het al meer as 25 jaar lank volhoubare
dierevoedingsprodukte verskaf, soos voeraanvullings
en volledige voere wat ’n natuurlike groeibevorderende konsep insluit wat die voedingsbehoeftes van
varke, pluimvee, beeste en akwakultuur aanspreek.
Die vernaamste oogmerk met die teel van diere
– om plaasdiere goed te laat presteer en goeie
diereprodukte te verkry – kan slegs bereik word deur
diere doelgerig gesond te hou. Wat dít betref, is
natuurlike bestanddele, soos kruie en speserye nie
slegs eetlus- en spysverteringstimulante nie, maar
kan hulle met hul uitwerking op ander fisiologiese
funksies, ook help om goeie gesondheid en die
welstand van diere te bevorder, wat hul prestasie
positief kan beïnvloed.
Gevorderde produkte bevat mikro-organismes
sowel as kruiebestanddele wat ’n nuwe generasie
van uiters doeltreffende, natuurlike gesondheidsbevorderaars verteenwoordig. Wanneer hierdie
natuurlike bestanddele volgens die aanbevole
vlakke toegedien word, help hulle om die totale
gesondheid van diere te bevorder, die groei van
gunstige bakterieë ondersteun, spanning help verlig,
die immuniteitstelsel ondersteun en die vrystelling
en vertering van voedingstowwe aanhelp.
NATUURLIKE GROEISTIMULERENDE
AANVULLINGS
Met die toenemende meningsverskille wat antibiotiese middels betref, het prebiotiese middels of
mikrobiese voedingsaanvullings in die algemeen
verbasende aandag en belangrikheid begin geniet,
danksy hul duidelik positiewe uitwerking op produktiwiteit sowel as dieregesondheid. Prebiotiese middels
Junie 2012 • www.senwes.co.za
bestaan uit lewensvatbare mikro-organismes wat die
balans van die mikroflora in die verteringsproses verbeter. Die gunstige dermflora word bevoordeel en die
vermenigvuldiging van bakterieë wat siektes veroorsaak, word grootliks voorkom. Prebiotiese middels
of ander natuurlike gesondheidsbevorderende voeraanvullings kan hulle vervang sonder om prestasie te
benadeel.
Die gebruik van verskeie tipes natuurlike groeiaanvullings kan aansienlike voordele vir die groter
omgewing en welstand van die vee inhou.
• Die omgewing: Die gebruik van voedings- en
talle soötegniese aanvullings maak dit vir die
formuleerder van dierevoedsel moontlik om baie
presies aan die voedingstofbehoeftes van ’n
dier te voldoen, wat uiteindelik lei tot diëte wat
vermorsing kan minimaliseer.
• Welstand: Baie soötegniese, voedings- en
tegnologiese aanvullings word gebruik om die
voedingstatus en gevolglik die gesondheid- en
welstandstatus van die betrokke dier te bevorder.
’n Vermindering van ammoniaproduksie uit
dieremis verbeter nie alleen die omgewing in
die geheel en, in die besonder, in die geval van
huisdiere nie, maar dit verbeter ook luggehalte
en dus die welstandstatus van diere wat daardeur
geraak word.
Gedurende die afgelope dekade is die gebruik van
aanvullings van natuurlike oorsprong in diere- en
mensevoedsel aangemoedig en hoewel kruie en
speserye duisende jare gelede al vir hul spesifieke
aroma en verskillende medisinale eienskappe
gebruik is, word hulle nou by dierevoer gevoeg as
gedroogde plante of dele van plante, ekstrakte
sowel as essensiële olies.
Natuurlike gesondheidstimuleerders is hoofsaaklik gebaseer op plantbestanddele wat gesondheidstoestande gunstig beïnvloed of natuurlike
immuniteitsfunksies bevorder. Terwyl die toediening
van kruiemedikasie honderde jare beoefen is en
grondige kennis daaroor ingewin is, het moderne
voedingsnavorsing eers onlangs die fokus begin
plaas op natuurlike immuniteit en die plantbestanddele wat ’n invloed daarop het. S
<< SENWES Scenario >>
33
34
••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G
DIE TERM WISSELBOU KAN GEDEFINIEER WORD AS ’N STELSEL VAN
GEWASVERBOUING WAARVOLGENS
DIE BETROKKE GEWASSE PLANMATIG
OP DIESELFDE STUK GROND AFGEWISSEL WORD. DIT VERSKIL DUS
VAN BLOOT TOEVALLIGE OPEENVOLGING VAN GEWASSE SONDER
VOORAFBEPLANNING OF VAN
MONOKULTUUR WAAR DIESELFDE
GEWAS JAAR NA JAAR OP DIESELFDE
STUK GROND VERBOU WORD.
WISSELBOU IS EGTER NIE NET TOT
GRAANGEWASSE BEPERK NIE.
> TEKS: GERRIT OOSTHUIZEN EN
IZAK DU PLESSIS
Die keuse van ’n
wisselboustelsel vir ’n
spesifieke plaas is afhanklik van die gewasse wat
aangepas is by ’n spesifieke grond, klimaat en
ekonomiese toestand. Daarbenewens kan siektes,
insekte en onkruide die gewaskeuse vir ’n spesifieke
stuk grond beïnvloed.
<< SENWES Scenario >>
Monokultuurverbouing van mielies en graansorghum word steeds algemeen op groot skaal in
die somerreëngebiede as praktyk toegepas. In
gebiede waar koring saam met somergewasse
(mielies, sonneblom en droëbone) verbou word,
is produsente uit die aard van die saak verplig om
wisselbou toe te pas.
Die voordele van ’n wisselboustelsel, veral as ’n
peulgewas deel van die stelsel vorm, is welbekend en
hoef nie weer in detail bespreek te word nie. Mense
is egter geneig om, wanneer daar van wisselbou
gepraat word, slegs te dink aan graangewasse, en
die rol wat ’n weidingsgewas kan speel, mis te kyk.
Voordele van weidingsgewasse in ’n wisselboustelsel
is, byvoorbeeld die verbetering in die grondfisiese
toestand, verhoging in organiese materiaalinhoud van
die grond, beter siekte- en plaagbeheer ensovoorts.
WEIDINGSGEWASSE AS DEEL
VAN WISSELBOU
Wanneer ’n saaiboer die moontlike inskakeling van
aangeplante weiding oorweeg, is die eerste stap om
berekenings te maak om te bepaal of die weiding
beter marges as, byvoorbeeld mielies, sonneblom,
koring en so meer op die kort termyn gaan realiseer.
As die antwoord negatief is, wil hy/sy dit nie
oorweeg nie. Die graan- en veeproduksie moet as
’n eenheid (boerderystelsel) beskou word en die
winsgewendheid, en heel waarskynlik die stabiliteit
www.senwes.co.za • Junie 2012
F O KUS O P D IE R E V O E D IN G •••
TABEL 1: DIE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE VAN DIE VOORGESTELDE WEIDINGSGEWASSE.
AANBEVOLE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE
GEWAS
Bloubuffel
Witbuffel
MJ sorghum
Oulandsgras
Groenvoer
J radyse
EJ raaigras
Akkerbone
EJ sorghum
Tef
Jan
PX
PX
X
X
Feb
PX
PX
X
PX
Mrt
X
X
X
PX
Apr
X
X
X
Mei
P
P
P
PX
P
X
X
X
X
X
X
X
X
X
X
Jun
Jul
Aug
Sep
Okt
X
PX
X
X
X
X
X
X
Nov
X
X
PX
X
Des
X
X
X
X
X
P
X
X
P
P = Plantdatum, X = benuttingsperiode, MJ = meerjarig, EJ = eenjarig
van die boerdery in geheel, moet oor ’n langer
termyn (ongeveer 10 jaar) bereken word.
Onder besproeiing is daar produsente wat
eenjarige weidingsgewasse deel van hul stelsels
maak, waar hawer, eenjarige raaigras en/of tef
ingeskakel word. Daar moet net onthou word
dat met ’n intensiewe hooiproduksiesisteem, die
bogrondse materiaal verwyder word en dat dit ’n
impak op grondvoedingstatus kan hê. Die hooi
kan self benut word of kan aan ander produsente
verkoop word. Groenvoer, wat as groepsnaam vir ’n
verskeidenheid wintergewasse gebruik word, is ’n
algemene praktyk oor ’n wye reeks veeproduserende
gebiede. Die goeie diereprestasie wat vanaf hierdie
weidings behaal word, is alombekend en die waarde
daarvan vir afronding en lammerooie maak dit ’n
gesogte praktyk by produsente.
Die inskakeling van weidingsgewasse is egter
nie net tot besproeiing beperk nie. Dit kan ook deel
vorm van ’n droëlandstelsel waar weidingsgewasse,
soos akkerbone, voersorghums en ook meerjarige
aangeplante weidings, aangeplant word. Die
meerjarige weidings word op van die lande gevestig,
terwyl ’n gedeelte dan jaarliks teruggeskakel word
na, byvoorbeeld mielies. Om die hoeveelheid
weiding konstant te hou, word ander gedeeltes dan
weer omgeskakel na meerjarige weidings. Indien
daar besluit word op ’n omskakeling, moet dit nie
te vinnig geskied en ingefaseer te word nie. Daar
kan vir ’n begin, afgeskop word met ongeveer 10%
van die bewerkbare oppervlakte. Die potensiaal
van die hulpbronne sal ook bepaal of veranderings
ekonomies geregverdig kan word. In gebiede met ’n
laer potensiaal vir graanproduksie, kan die infasering
van weidingsgewasse dalk meer geregverdig wees.
Dit is verder belangrik om die grondvogstatus in
ag te neem voordat ’n kontantgewas geplant kan
word op lande waar weidings was.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Die voervloeibehoefte speel ’n kritieke rol in die
keuse van ’n weidingsgewas. Die tyd/tye van die
jaar wanneer ’n moontlike voertekort ondervind kan
word, sal die gewas, kultivar en plantdatum bepaal.
Neem ook die gewasse/weidings se groeisiklus
in ag sodat grondvoorbereiding tydig vir die
opvolggewas/-weiding gedoen kan word. Die
vermorsing van enige weiding kom neer op die
verspilling van koste, aangesien die vestiging van
die weiding ’n koste-implikasie het. Onbenutte
weidings kan natuurlik ook gesny en gebaal
word en sodoende vir onmiddelike/latere gebruik
geberg word. Hierdie praktyk sal verliese aan
weidingsmateriaal verhoed of ten minste beperk.
WEIDINGSGEWASSE GESKIK VIR
WISSELBOU
Meerjarige weidingsgewasse wat oorweeg kan
word, is bloubuffels- of witbuffelsgras en meerjarige
voersorghum. Aangesien Smutsvingergras soms
langer as een jaar neem om behoorlik gevestig te
raak, word dit nie as wisselbougewas aanbeveel nie.
Meerjarige voersorghum is ’n swak meerjarige gewas
en sal dus beter inskakel by ’n wisselboustelsel
waar die weiding ná drie of vier jaar weer deur ’n
graangewas vervang word. Die buffelsgrasse het
lang produksieleeftye en kan vir langer as tien jaar
produseer indien dit goed versorg word. Deur hierdie
weidings ná slegs drie of vier jaar uit te ploeg,
verhoog dit die koste van die droë materiaal wat
geproduseer is.
Eenjarige gewasse is baie meer geskik as wisselbougewasse. Anders as met meerjarige gewasse,
kan daar na gelang van die voervloeibehoefte tussen
winter groenvoer (hawer/rog/korog); Japanese radyse; en onder besproeiing, eenjarige raaigras en
eenjarige somergroeiende weidingsgewasse (akkervervolg op bladsy 36
<< SENWES Scenario >>
35
36
••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G
Aangeplante weiding as deel
van wisselbouproduksie
vervolg van bladsy 35
TABEL 2: DIE OPBRENGS, KOSTE/HA EN KOSTE/TON DROË MATERIAAL VIR DIE VOORGESTELDE
WEIDINGSGEWASSE.
GEWAS
OPBRENGS (TON/HA)
KOSTE (R/HA)
KOSTE (R/TON)
Bloubuffel
Witbuffel
Meerjarige sorghum
Oulandsgras
3
3
7
4
R2 252
R1 285
R1 926
R1 765
R476
R478
R289
R485
Groenvoer
Japanese radys
Eenjarige raaigras
Akkerbone
Eenjarige sorghum
Tef
1,2
10
3
3
11
3
R1 312
R2 041
R1 779
R1 721
R8 717
R2 252
R1 093
R205
R732
R392
R490
R751
bone en eenjarige voersorghum), gekies word.
Vir hooimaakdoeleindes kan tef en oulandsgras
as wisselbougewasse oorweeg word. Oulandsgras
het dié voordeel dat dit in die lente gewei kan word
en dat die somergroei dan later gebaal kan word.
Alhoewel dit onder gunstige klimaatstoestande
moontlik is om twee snysels van tef wat in Desember gevestig is, te verkry, moet tef verkieslik voor
15 November gevestig word om ’n tweede snysel
moontlik te maak.
Meeste weidings word gedurende Januarie en
Februarie gevestig. Met herfsaanplantings is daar
minder kompetisie vanaf onkruide, met die gevolg
dat die weidingsgewasse makliker vestig. Die
aanbevole plantdatum en produksieperiode van
elke weidingsoort word in Tabel 1 aangetoon, terwyl
Tabel 2 die opbrengs waarop berekeninge gegrond
is, koste/ha en koste/ton, aantoon.
In die geval van groenvoer sal die benuttingstydperk afhang van die plantdatum en ook die kultivar.
Vir die meerjarige gewasse is die eerste jaar se
produksiepatroon nie aangetoon nie, maar wel die
jaarlikse produksiepatroon indien dit reeds gevestig
is. Die koste/ton droë materiaal van meerjarige
weidings is bereken oor ’n leeftyd van drie jaar.
Die verskillende weidings kan ook gekombineer
word om tekorte in die voervloei aan te spreek.
Raaigras en Japanese radyse kombineer baie
goed. Japanese radyse verskaf voer wanneer die
raaigras dormant raak gedurende die middel-winter.
Netso kan die meerjarige gewasse as staande
hooi gebruik word as wintervoer of om tekorte in
die lente aan te spreek. Meerjarige gewasse en
tef kan as kontantgewasse gebruik word indien die
voervoorsiening voldoende is.
<< SENWES Scenario >>
WISSELBOU NIE BEPERK TOT GRAAN
Wisselbou hou verskeie voordele, veral in terme van
siekte- en plaagbeheer asook grondvrugbaarheid, in.
Wisselbou is egter nie net beperk tot graangewasse
nie. Weidings kan ’n belangrike rol vervul, veral ter
aanvulling van die voervloeibehoeftes. Wanneer
weidingsgewasse as wisselbougewasse geplant
word, is die keuse nie beperk tot een weidingsgewas
nie. Kombinasies van weidingsgewasse kan leemtes
in die voerbehoeftes op verskillende tye van die jaar
aanspreek. Sodoende kan die stabiliteit van die
veevertakking en ook die boerdery verbeter word. S
Verwysings
• SA Graan, Oktober 2011: Maak dit sin om vee
deel van ’n mieliestelsel te maak?
• http://www.sabiofarm.co.za
• http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/
weiding/tef/tef-en-hawer-wisselbou
• http://intranet.senwes.co.za
• Senwester, 1 Februarie 2007. Die waarde van
groenvoer vir jou vee.
• Farmers weekly. 16 April 2010. Getting over the
winter slump with planted pastures.
• Weidingshandboek, 2007. Kejafa Knowledge
Works.
>>
Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes
Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (018)
293-1968 of 084 506 8791. ’n E-pos kan gestuur word na
[email protected]. Izak du Plessis is ’n Senior
Diereproduksie-spesialis by Senwes Landboudienste. Skakel
hom gerus vir enige navrae by (056) 212-2291 of 084 504
6892. ’n E-pos kan gestuur word na izak.duplessis@senwes.
co.za.
www.senwes.co.za • Junie 2012
P R O MO SIE -A RT IK E L : N UT R I F E E D S •••
Is lekaanvulling
sommer net lekaanvulling?
Soveel hoofde, soveel sinne,
lui die gesegde. By lekaanvulling sal dit lui: Soveel
produsente, soveel resepte. Die vrae wat gevra
moet word, is: “Gee die lek die voedingstowwe aan
die dier wat in tekort is?”, “Is die lek ekonomies
en trek beide die dier en die produsent voordeel
daaruit?”
So baie produsente gee net lek omdat hulle dink
dit is die regte ding om te doen. Om maksimum
voordeel uit lekke te trek, moet dit korrek gedoen
word met die doel voor oë om sodoende te bepaal
watter produk om te gee. Meting is ’n integrale
deel van lekbestuur: Om te meet is om te weet! As
produsente lekke aanvul net om lek te gee, vul hulle
dikwels nutriënte aan wat nie eers in tekort is nie –
hulle gooi dus geld in die water.
Nutri Feeds het die afgelope jare die feit holrug
gery dat winterlekke voldoende fosfaat moet
verskaf (ten minste 6 g/bees/dag of 1 g/skaap/
dag). Produsente wat dié praktyk gevolg het, het
die resultate van beter kalf- en lampersentasies
gesmaak. ’n Winterlekaanvulling beteken egter nie
net ’n proteïenlek met genoeg fosfaat in nie; die
tipe proteïene in die lek is ook van kardinale belang.
Daar is op Koster gevind dat ’n 450 kg bees 391 g
rumen degradeerbare proteïene (RDP) per dag
benodig om maksimale hooi in te neem. Gras kan
gewoonlik in die winter sowat 170 g RDP verskaf,
wat dui op ’n tekort van 221 g RDP per dag wat
deur lekke aangevul moet word. Met die duimreël
van 150 g proteïene wat ’n bees per dag benodig,
is daar dus steeds ’n tekort van 71 g. ’n Belangrike
gevolgtrekking kan hieruit gemaak word – duur,
ware proteïene, byvoorbeeld oliekoeke, kan dus
met goedkoper NPN-bronne vervang word om die
mikrobes te voed in onderhoudslekke.
Die doel van lekaanvulling vir onderhoud is om
die mikrobes wat vesel verteer te voed. Hierdie
veselverterende mikrobes gebruik ammoniak
om op te voed. Ammoniak is die eindproduk van
ureum-afbrekings in die rumen. Dieselfde studie
het getoon dat tot 75% van die verlangde RDP, van
ureum afkomstig mag wees (meer as 75% verlaag
die verteerbaarheid van die hooi). Ons kan dus sê
Junie 2012 • www.senwes.co.za
dat ’n 450 kg bees tot 70 g
ureum per dag kan vreet en
dat net 40 g - 60 g van haar
RDP-behoefte van natuurlike
proteïene af hoef te kom.
Onthou dat 1 g ureum, 46% N bevat, wat gelyk is
aan 2,87 g “proteïen”.
Ons het nou bewys dat die korrekte tipe proteïen
baie belangrik is, maar mikrobes kan nie ureumomskakeling doen as hulle nie genoeg energie het
nie! Die korrekte energie wat beskikbaar is, moet
in die lek wees. Soos in Figuur 1 gesien kan word,
is eenvoudige suikers se fermentasietempo die
hoogste, gevolg deur stysel. Hierdie suikers moet
dus die energie aan die mikrobes verskaf om die
RDP te kan omskakel na ammoniak om sodoende
die droë veld te kan benut.
Met korrekte lekaanvullingsprosedures, verplaas die
lekaanvulling nie die grasinname nie, maar stimuleer
dit die inname en verteerbaarheid van goedkoop
energie (gras). Dit gee dus meer ekonomiese
produksie uit laer kwaliteit weidings.
Nutri Feeds se Nutri Lick- en Nutritub-reekse
is geformuleer om in die dier en die mikrobes se
behoeftes te voorsien, perfek saamgestel. Elke lek is
’n mondvol nutriëntryke aanvulling.
So, as jou buurman weer ’n selfmeng “wenresep”
het, vra hom bietjie met die tong in die kies of dit
voldoen aan die mikrobes se behoeftes en hoeveel
RDP daarin is. S
<< SENWES Scenario >>
39
40
••• F O K U S O P DI ER E V O EDI N G
Veevoerbedryf
gee die pas aan
vir veevoer gebruik. Die onderstaande grafiek wys
die uiteensetting van bestanddele vir veevoer (per
maand oor die laaste vyf jaar):
DIE PRODUKSIE VAN VEEVOER IN
SUID-AFRIKA HET MEER AS VERDUBBEL GEDURENDE DIE AFGELOPE
TIEN JAAR. DAAR WORD NOU REEDS
ONGEVEER 10,7 MILJOEN TON SE
VEEVOER PER JAAR VERBRUIK. DIE
GROS DAARVAN BESTAAN NOG UIT
MIELIES. MIELIES, MIELIEPRODUKTE
EN MIELIESEMELS (CHOP) MAAK
ONGEVEER 53% VAN VEEVOERE UIT.
> TEKS: THEO VENTER
Volvet sojabone en soja-oliekoek
is tweede in die ry op ongeveer 15%. Sonneblom
word meestal vir olieproduksie verbou, maar die
oorblywende oliekoek speel ook ’n beduidende rol
in veevoere. Koring en koringprodukte se aandeel
in die veevoermark is klein, maar indien pryse dit
regverdig, vloei daar wel met intervalle ’n paar ton
na die veevoermark. Vroeg vanjaar was koring aan
die kus goedkoper as mielies en is meer daarvan
Die vraag na mielies
vir menslike verbruik
kan redelik konstant bly,
terwyl die vraag na
veevoer vinnig uitbrei.
<< SENWES Scenario >>
Geelmielies
Witmielies
Mielieprodukte en chop
Soja-oliekoek (Ingevoer)
Soja-oliekoek (Plaaslik)
Sojabone (Volvet)
Sonneblomsaad en oliekoek
Koring en koringprodukte
Molasse
Voerkalk
Ander
Figuur 1: Rouprodukte na die veevoermark.
(Bron: AFMA, Sagis, SAPA)
Hoewel mielies se aandeel redelik konstant bly,
word daar afgewissel tussen wit- en geelmielies.
Geelmielies word verkies bo witmielies, maar as
pryse dit regverdig wen witmielies veld. Mieliesemels
speel ’n belangrike rol in veral voerkrale. Gedurende
die nat-maalproses van mielies word daar
byprodukte vervaardig, soos byvoorbeeld glutenmeel
en kiemmeel (germ meal). Hierdie byprodukte vloei
ook na die veevoermark.
Die samestelling van sojabone vir veevoer kan in
die nabye toekoms vinnig verander. Verlede jaar is
daar ongeveer 1 miljoen ton se soja-oliekoek ingevoer. Plaaslik is daar ’n raps minder as 200 000 ton
soja-oliekoek geproduseer. Plaaslike verwerkingskapasiteit is egter besig om vinnig uit te brei. Volgens
die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) sal
verbruik van rondom 1,2 miljoen ton na 1,7 miljoen
ton teen 2020 uitbrei. Plaaslike produksie kan egter
spoed vang en tot 893 000 ton kan teen die einde
van die dekade geproduseer word. Plaaslike sojaoliekoek kan dus meer as 50% markaandeel wen.
Die pluimveebedryf is die grootste verbruiker van
www.senwes.co.za • Junie 2012
F OKUS O P D I E R E V O EDI N G •••
41
Figuur 2: Die verbruikers van veevoer.
Figuur 3: Die groei in die vleis- en eierbedryf.
(Bron: BFAP)
veevoer en 41% van alle veevoer is vir dié bedryf
bestem (30% vir braaikuikens en 11% vir lê-henne).
Die bees- en skaapbedryf verbruik rondom 30%.
Groei in die pluimveebedryf gee die pas aan,
en volgens BFAP kan die verbruik van hoenders
met ’n indrukwekkende 41% toeneem gedurende
die volgende tien jaar. Ander afdelings in die vleisen eierbedryf toon ook ywerige groei, maar die
hoenderindustrie kraai koning. Die vraag na sojaoliekoek vir hoendervoer sal dus ook ’n inspuiting
kry. Die vraag na mielies vir menslike verbruik kan
redelik konstant bly, terwyl die vraag na veevoer
vinnig uitbrei.
Geelmielieproduksie kan dus witmielieproduksie
ewenaar of selfs verbysteek oor die lang termyn.
Mielieverbruik vir veevoer het reeds van 3,16
miljoen ton na 4,54 miljoen ton gestyg oor die
afgelope tien jaar. BFAP meen verbruik vir veevoer
kan soveel as 6,4 miljoen ton teen 2020 bereik.
Die woema in die veevoerbedryf sal die vraag na
rouprodukte ook saamsleep. Graanproduksie sal dus
in die sleurstroom van die veevoerbedryf meegevoer
word. S
>>
Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir
meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n
e-pos na [email protected].
Junie 2012 • www.senwes.co.za
42
••• P R OM O SI E -A R T I K E L : FEE DP R O
FeedPro
– jou vennoot in die
dierevoedingsbedryf
FeedPro Animal Nutrition
se
passie is die kundige vermenging van hoë kwaliteit
grondstowwe vir die vervaardiging en bemarking
van hoogs effektiewe dierevoedingsprodukte. Hul
streef met ywer, trots en waagmoed daarna om die
voorkeurverskaffer van kwaliteit-veevoere in gekose
markte in die dierevoedingsektor van Suider-Afrika
te wees.
Dié suksesvolle veevoervervaardiger, wat op
Vryburg in die Noordwes Provinsie geleë is, het
voorheen as Vryburg Veevoere en later as N-Wes
Fosfaat bekend gestaan. Profert Beherend (Edms)
Bpk het egter die potensiaal van dié ontluikende
onderneming raakgesien, ’n beherende aandeel
bekom, later ten volle ingekoop waarna verskeie
opgraderings en uitbreidings teweeggebring is,
kundige personeel bekom is en ’n totale diens,
produk en kultuur verandering geïmplementeer is.
As ’n 100% filiaal van Profert Beherend (Edms)
Bpk, vervaardig FeedPro Animal Nutrition reeds
meer as 4 000 ton dierevoer per maand. Profert
Beherend (Edms) Bpk se betrokkenheid en
finansiële bestuursvernuf, stelsels en prosedures
asook hul hulp met die befondsing van alle
operasionele en kapitaalvereistes, stel FeedPro
Animal Nutrition daartoe in staat om produktiwiteit
nog verder te verhoog en hul sigbaarheid en
markaandeel in Afrika te vergroot.
Entoesiastiese en kundige personeel verseker
deurgaans buitengewone diensleweringsvlakke, wat
klantetevredenheid daarstel, terwyl die bestuurspan
oor al die nodige vaardighede en kennis, wat van só
’n uitnemende maatskappy verwag word, beskik.
Deur gebruik te maak van kundige konsultante,
wat in ’n spesifieke studieveld spesialiseer, is
FeedPro Animal Nutrition se toegang tot tegniese
kennis en ondervinding bykans onbeperk. Die
omvattende produkreeks, wat tans uit meer as
70 verskillende dierevoedingsprodukte bestaan,
word juis só geformuleer om die veeboer
<< SENWES Scenario >>
ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en
effektiewe omset van koste te verseker.
Die samestelling van verskillende parameters
van voer en roumateriale word op ’n deurgaanse
basis gemeet om kwaliteit en geskiktheid
te verseker. FeedPro Animal Nutrition se
spektrofotometer is spesifiek só gekalibreer om
die Nuwe Lusernkwaliteitsindeks-analise (NLKIanalise), wat deur die Nasionale Lusern-organisasie
(NLO) daargestel is, na te kom. FeedPro Animal
Nutrition voldoen ook aan AFMA se kriteria vir die
vervaardiging van dierevoeding en is onlangs ook
deur Afri Compliance gesertifiseer.
Een van FeedPro Animal Nutrition se nuwe
uitbreidings is die hondekosaanleg. Dié aanleg
is met ’n unieke uitpersmasjien toegerus, wat
hondekos, katkos en viskos vervaardig. Alle
grondstowwe wat in dié verband ontvang word, word
aan streng kontrolemaatreëls blootgestel om aan
kwaliteitstandaarde te voldoen.
FeedPro Animal Nutrition se omvattende produkreekse is by verskeie landbou-afsetpunte, soos
Senwes, GWK, Suidwes, VKB, OVK, KLK, Kaap
Agri, Agra (Namibië), BKB en KLD beskikbaar,
terwyl direkte aflewering – aanleg tot klante – in
sakke of losmaat gedoen word. In areas waar die
bogenoemde verspreidingskanale nie in die vraag
na voere kan voorsien nie, word FeedPro Animal
Nutrition-depots tans geïmplementeer.
As jou dierevoedingsvennoot het FeedPro Animal
Nutrition genoeg kapasiteit om ’n uitgebreide reeks
gehalte produkte en hondekos te vervaardig, maar
hulle is terselfdertyd klein genoeg om aan die
unieke behoeftes van individuele produsente te
voldoen. Kies FeedPro Animal Nutrition-produkte vir
jou diere en kry die winsgewende voordeel. FeedPro
– Soveel beter. S
www.senwes.co.za • Junie 2012
Uit die hart van die beeswêreld
“Bekend maak bemind” bly nou maar eenmaal ‘n waar sêding. FeedPro, ‘n suksesvolle veevoervervaardiger wat op Vryburg
geleë is, is geen nuweling in die beeswêreld van Suid-Afrika nie. Inderdaad is ons jou vennoot in dierevoeding úít jou omgewing,
vír die eiesoortige behoefte van jou omgewing.
Deur FeedPro te gebruik, kry die veeboer ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste. Ons
omvattende produkreeks bestaan uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte en bied verskeie winsgewende voordele.
Kontak ons span in die veld om jou te besoek...of kom loer gerus in vir soveel meer en beter.
Industriaweg 10 Industria Road • Posbus/PO Box 927 • Vryburg • 8600
Tel: +27 (53) 927 5406 • Faks/Fax: +27 (53) 927 5509
E-pos/Email: [email protected] • www.feedpro.co.za
44
••• SE N W E S V I L L A G E
M eganisasie verkry
dieper fokus met E quip
NÁ DEEGLIKE OORWEGING IS DAAR
BESLUIT OM EQUIP AS BEDRYFSTELSEL TE IMPLEMENTEER VIR
SENWES VILLAGE SE MEGANISASIEAFDELING NADAT DAAR REEDS VIR
BAIE JARE ’N INHUIS-ONTWIKKELDE
BEDRYFSTELSEL GEBRUIK IS.
Senwes se Meganisasie-afdeling
is ’n gefokusde besigheidseenheid en Village het
besef dat dit nodig geraak het om ’n bedryfstelsel
te bekom wat pasgemaak is vir ’n meganisasiebesigheid wat bestuur kan ondersteun om diensvlakke te
verhoog.
Meganisasie is steeds ’n geïntegreerde besigheidseenheid van die Village besigheidsmodel.
Daarom was dit nodig om baie tyd en geld aan die
integrasie van die nuwe stelsel na die bestaande
stelsel te spandeer om die nodige beheer en
kontroles te behou. SAP is egter steeds die stelsel
waaruit die finansiële verslagdoening vir Senwes
gedoen word.
Bepaalde funksionaliteite kan verkry word met die
nuwe stelsel wat vir beide die klante en Village tot
<< SENWES Scenario >>
voordeel is. Daar kan ook direk met die John Deere
handelaarsnetwerk geïntegreer word.
Equip is ’n volledige bedryfstelsel, spesifiek
ontwerp vir handelaarsnetwerke, wat
wêreldwyd gebruik word in veral die motor- en
meganisasiebedryf. Dié stelsel help met die
integrasie van onderdele, werkswinkels en
heelwerktuie modules. Integrasie na SAP sal
deurlopend plaasvind om steeds korporatiewe en
finansiële beheer te verseker.
’n Derde party is gekontrakteer om Village te
help met die ontwikkeling en implementering van
Equip waarvan die ontwikkelingsfase reeds volstoom
aan die gang is. Die eerste bedryfspunt wat sal
oorskakel, is Senwes Village Bothaville.
Dit is vir Senwes Village belangrik om op ’n
deurlopende basis met sy klante te kommunikeer.
Ons sal soos vordering plaasvind, ons klante
op hoogte hou van verwikkelinge. Sekere
besigheidsprosesse sal verander, waaroor ons jou
sal inlig omdat dit jou as klant ook sal raak, maar
die onmiddellike en toekomstige voordele wat ons
verwag sal hierdie aanpassing die moeite werd
maak en klantediens sal tot op die hoogste vlak
verbeter. Vir meer inligting, skakel Fouché Steyn by
(018) 464-7234. S
www.senwes.co.za • Junie 2012
SE N W E S V IL L A G E •••
Meer
foto's
p://se
beskik
nwes.
baar
co/SS
Hoop
stad
by htt
Bakkie
.
Hoopstad-Suid Boerevereniging se bestuur het die bakkie van Senwes
ontvang. Agter van links: Karin de Bruyn, Neel Rust (Bestuurder: Senwes
Algemene Handel), Hennie Roos, Abraham Barnard (Voorsitter: HoopstadSuid Boerevereniging), Dirk Theron en Johan Terblanche (Bestuurder:
Senwes Village Hoopstad). Voor van links: Hentie Helm, Fanie van Vuuren,
Attie de Necker, Piet Wolfaardt en Charles van Schalkwyk.




H oopstad-Suid B oerevereniging
beveilig gemeenskap in nuwe bakkie
GRAINLINK SKUIWE
Senwes Village het op 5 Junie 2012, ’n splinternuwe Toyota Hilux Raider 2.5 dubbelkajuit-bakkie aan die HoopstadSuid Boerevereniging geskenk om te gebruik vir die beveiliging van die
gemeenskap. Die bakkie is oorhandig na aanleiding van ’n lojaliteitsooreenkoms wat tussen Senwes Village en Hoopstad-Suid Boerevereniging gesluit is. “Dit is om dankie te sê vir die lojaliteit wat die boere van
die omgewing teenoor Senwes Village geopenbaar het oor die afgelope
jare,” sê Neel Rust (Bestuurder: Algemene Handel). S
Hierdie is ’n voorlopige kunstenaarsvoorstelling van die Senwes Village
op Wesselsbron wat in 2013 voltooi sal wees.
WESSELSBRON VILLAGE SLAAN ’N NUWE BLAADJIE OM
Senwes beoog om die Village
winkel op Wesselsbron ’n
gedaanteverwisseling te laat
ondergaan met die oordoen van
die winkel en die verskuiwing
van onder meer die werkswinkel,
onderdele en stoor.
Die projek is in die beplanJunie 2012 • www.senwes.co.za
ningstadium en volgens Wimpie
Muller (Bestuurder: Strategiese
Projekte, Senwes Village)
sal die nuwe winkel in 2013
voltooi wees. Die werkswinkel,
onderdele en vulstasie sal op
een perseel wees en die stoor
op ’n aangrensende perseel. S
 Martin Janse van Rensburg is
bevorder tot Silobestuurder op
Vredefort.
 Pieter van Wyk (Silobestuurder) is verplaas vanaf Koppies
na Wesselsbron silo 234.
 Pieter Theron word verplaas
vanaf Assistent Silobestuurder
op Arlington na Aflos Assistent
Silobestuurder van Streek 2
(Viljoenskroon-area).
 Thinus Mostert is ’n Aflos
Assistent Silobestuurder wat
vanaf Streek 4 (Bloemfonteinarea) na Streek 3 (Bothavillearea) verplaas is.
VILLAGE SKUIWE
• Riaan van Eeden is as die
Villagebestuurder op Ottosdal
aangestel.
• Ferdi du Toit is aangestel
as die Villagebestuurder op
Heilbron.
• Die nuwe Villagebestuurder op
Parys is Johan Greyling.
• Reuntjie du Plessis is as
die Villagebestuurder op
Petrusburg aangestel. S
<< SENWES Scenario >>
45
4
46
••• SE N W E S C R E DI T
Welsyn baat ook by
R1 miljoen trekking
VANJAAR SE SENWES R1 MILJOEN
TREKKING HET BAIE VREUGDE
GEBRING, NIE NET VIR DIE
VYF FINALISTE WAT ELK ’N GEDEELTE
VAN DIE R1 MILJOEN TEEN SY
SOMERPRODUKSIEREKENING KAN
AFSKRYF NIE, MAAR OOK VIR DIE
WELSYNSORGANISASIES WAT ELK
’N SKENKING VAN R60 000 VAN
SENWES ONTVANG HET.
Tydens dié praggeleentheid,
gehou op 31 Mei by die Goldfields Casino in Welkom,
het elke finalis ’n nommer getrek wat die volgorde
bepaal het waarvolgens hul koeverte, met die waarde
van hul pryse in, getrek is.
Die uitslae van die trekking het as volg verloop:
R 5 00 0 0
CH
ARL
(VA IE PE
ALH ARS
AR
TS) ON
> TEKS: ANSONÉ VENTER
Van links: Gerrit van Zyl (Hoofbestuurder: Senwes
Credit) en Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village) het van die pryse tydens die geleentheid oorhandig.
Besoek
B
Be
eso
oe
ekk www
w
ww
www.youtube.com/
ww.
w.yo
.yo
y ut
utub
ube
be.co
e.com/
co
om//
senwesTV
se
enw
nwes
essTV
V vvir
ir vvideo-profiele
id
deo
eo-p
pro
rofififiel
e e va
el
van
n di
die fina
die
fiffinaliste,
ina
nalililist
istte,
e,
sowel
die
welsynsorganisasies.
sowe
so
we
el as
as d
ie
ew
elsyyns
el
nso
orga
orga
or
gani
nisa
ni
sasi
sa
sies
si
es.
es
In 1992 het
Charlie begin boer
nadat hy sy ambag in
Pretoria voltooi het. Sy
boerdery op Vaalharts, bestaan hoofsaaklik uit
mielies, koring en lusern wat onder besproeiing
is. Charlie het ook ’n beesplaas in die Toscadistrik waar hy met kommersiële koeie en Bonsmara-bulle boer.
Sy welsynsorganisasie
Die R60 000 word aan die Juanita Taljaard Fonds
geskenk. Juanita is van die Vaalharts-omgewing
en benodig die geld vir ’n hartoperasie. Haar
ouers het die trekking bygewoon.
>>
Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of
stuur ’n e-pos na [email protected].
<< SENWES Scenario >>
www.senwes.co.za • Junie 2012
SE N W E S CRE D I T •••
R 7 5 00
R
0 00
25
UYS
(OD VAN
EN HEE
DA
ALS RDEN
RU
S)
GE
L AN
DE ILLE)
D
EN
SV
BAR EALE
(D
Barend het in
1992 voltyds begin
boer. Sy boerdery
bestaan hoofsaaklik uit ’n veevertakking en
hy verbou mielies, koring en sonneblom op
ongeveer 2 500 hektaar.
Sy welsynsorganisasie
Barend het die Dealesville NG Kerk aangewys
as die organisasie om by die Senwes skenking
van R60 000 te baat. Hulle hooffokusareas is
bestaande projekte wat onder meer kleuterskole
en die Vredeshof Ouetehuis insluit.
R1
Uys boer reeds
vanaf 1957
voltyds en het in
1996 baas van sy eie
plaas geword. Sy liefde vir die plaaslewe het hom
uit die onderwys, tot op ’n trekker laat beland.
Sy boerdery bestaan hoofsaaklik uit een derde
mielies en twee derdes vee.
Sy welsynsorganisasie
Die organisasie wat Uys aangewys het om die
skenking te ontvang, is die Mevrou President
Steyn Tehuis. Die skenking sal handig te pas
kom aangesien hulle die kamers wil opknap en
ook ander instandhoudingsprojekte by die tehuis
wil aanpak.
0
25 0
R 5 0 00
BEN
(KO VOSL
PPI OO
ES)
TER
TRU N)
GE ONTEI
R
GEO EMF
O
(BL
George het op ’n
vroeë ouderdom
eers saam met sy
broer op Wellington geboer. In 1979 het hy ’n
plaas in die Bloemfontein-distrik gekoop, waar
hy tans koring, mielies en sonneblom verbou.
Sy grootste inkomste is egter afkomstig vanaf sy
veevertakking.
Ben bedryf
’n suksesvolle
gemengde boerdery
in die Koppies-distrik.
Besproeiing sorg vir goeie gesaaides en dan is
daar ook skape wat die vee-gedeelte uitmaak.
Die plaas waarop hy en sy seun boer, is reeds
vanaf 1861 in familie besit.
Sy welsynsorganisasie
Sy welsynsorganisasie
Met behulp van Senwes, het George en sy
vrou, Esmarie, uitgereik na die President Kruger
Kinderhuis op Reddersburg. Die fondse sal
gebruik word om kruideniers te koop en ander
bedryfstekorte te delg.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
Die NG Kerk Weltevreden op Koppies,
verwelkom die skenking vanaf Senwes wat
deur die organisasie vir reeds bestaande
gemeenteprojekte, soos by skole en ouetehuise,
aangewend gaan word. S
<< SENWES Scenario >>
47
48
••• TOE K OM S B L I K
Senwes en
John Deere
vat presisieboerdery
’n stap verder
SEDERT DIE DRAAI VAN DIE EEU
HET JOHN DEERE VERSKEIE
NAVIGASIESTELSELS VAN
HOOGSTAANDE GEHALTE EN
OPSIES BESKIKBAAR GESTEL TER
BEVORDERING VAN EFFEKTIEWE
BEWERKINGSMETODES.
> TEKS: WILLIE DIETRECHSEN
Met produkte soos Parallel
SENWES EN DIE RTK-NETWERK
Trac™, Auto Trac™ SF1, Auto Trac™ SF2 en
Universal AutoTrac™, het klante meer effektief en
produktief hul bewerkingsaksies afgehandel, wat
gelei het tot groot kostebesparings.
Nou met RTK – die nuutste beskikbare tegnologie
– bied John Deere jou:
• Ongeveer 25 mm akkuraatheid op ’n “repeatability pass to pass” basis.
• Betroubare, gevestigde netwerkbeskikbaarheid
teen ’n baie lae koste per jaar.
• Basisstasies wat deur Senwes, jou John Deere
handelaar, opgerig, onderhou en opgegradeer
word.
Senwes se presisieboerdery-afdeling het reeds begin
met die implementering van die eerste toerusting,
ter vestiging van die eksklusiewe RTK-netwerk in die
Wesselsbron-, Bothaville- en Bultfontein-area.
In die komende maande, sal die aksie uitgerol
word tot ’n volledige netwerk wat vir nie net die
eienaars van John Deere produkte nie, maar ook
die eienaars van konkurrente produkte voordele kan
bied.
Indien jy meer inligting verlang, kan jy die
Senwes Heelwerktuigbemarker in jou area kontak
of die volgende nommer skakel by Senwes se
presisieboerdery-afdeling (018) 464-7671.
Saam breek ons nuwe grond. S
Senwes Village het die besluit geneem om miljoene
rande te investeer om die klante van Meganisasie te
ondersteun ter bevordering van die effektiwiteit van
produsente se werktuie.
>>
<< SENWES Scenario >>
Willie Dietrechsen is Bestuurder: Meganisasie by Senwes
Village. Skakel hom by (018) 464–7553 of stuur 'n e-pos na
[email protected].
www.senwes.co.za • Junie 2012
50
••• SE N W E S G R A I N L I NK
Nuwe wetgewing hou
ernstige gevolge in
VOEDSELVEILIGHEID IS ’N OPENBARE
GESONDHEIDSKWESSIE VAN
TOENEMENDE BELANGRIKHEID. DIE
NUWE VERBRUIKERSBESKERMINGSWETGEWING KAN LEI TOT VERHOOGDE
AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE
ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.
> TEKS: MARIANA PURNELL
Mense het die reg om te verwag
dat die kos wat hulle eet veilig is en geskik is vir
verbruik. Voedselgedraagde siektes en besering
is ten beste onaangenaam en kan ook noodlottig
wees. Daar is egter ook ander gevolge. Die uitbreek
van voedselgedraagde siektes kan groot skade
berokken aan handel en toerisme en dit lei tot die
verlies van inkomste, werkloosheid en litigasie.
Voedselbederf is verkwistend, duur en kan ’n nadelige invloed op handels- en verbruikersvertroue hê.
Die Wet op Verbruikersbeskerming maak
voorsiening vir verskeie regte van verbruikers,
soos byvoorbeeld:
• anti-diskriminasie
• inspeksie van goedere
• tydige en korrekte lewering van goedere
• eenvoudige taalgebruik in dokumente
• handelsbeskrywings
• bepalings teen wanvoorstelling en misleiding
• kontraktuele bepalings wat billik, regverdig
en redelik is
• pryse wat billik, regverdig en redelik is
• waarborge
• die terugneem van produkte
WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?
Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n
uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting
om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit te
lewer wat voldoen aan voedselveiligheidstandaarde.
Belangrike uitdagings in die graanbedryf is
mikrobiese voedselgedraagde siektes en algemene
<< SENWES Scenario >>
voedselveiligheidsaspekte.
Verbruikers is kwaliteitsbewus en die meerderheid doen hul voedselaankope
by maatskappye wat hoë gehalte handhaaf en die
nodige versekering kan gee dat die voedselprodukte
aan die hoogste standaarde en voedselveiligheidsvereistes voldoen.
Die gebruik van chemiese middels en beperkings
daarop op die graan wat gelewer sal word, soos
vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde
(1990), is veral ter sprake. Produsente moet hulle
vergewis van die wetlike vereistes en voldoen aan die
standaarde soos daarin neergelê. Wetlike voorskrifte
bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders
en verskeie ander landboukundige chemikalieë en
die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die
kommoditeit teenwoordig kan wees.
GMO-vry kommoditeite (produkte wat nie geneties gemanipuleerde organismes bevat nie) is ook
onder die kollig van die nuwe verbruikerswetgewing.
Daar is ’n groeiende vraag na GMO-vry produkte en
die nuwe verbruikerswetgewing stel streng riglyne
ten opsigte van toepaslike toetse en dokumentasie
om die GMO-status van produkte te bewys tydens
bemarking.
Sodanige tendense kan daartoe lei dat
die verbruiker die produsent se keuse van
variëteit, landboupraktyke en selfs die hantering
en bemarking van die kommoditeit ten
sterkste beïnvloed. ’n Identiteitpreserveringbemarkingsproses sal dus van kardinale belang
wees om naspeurbaarheid te verseker en aan
verbruikers die gemoedsrus te gee dat sekere
prosedures tydens produksie, hantering, vervoer,
verwerking en verpakking streng volgens protokol
uitgevoer is. S
>>
Vir verdere navrae, kontak Mariana Purnell (Bestuurder:
Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by (018) 464-7271 of
082 336 8534.
www.senwes.co.za • Junie 2012
SE N W E S G R A IN L IN K •••
Ontmoet Senwes se Streekbestuurders
Senwes Grainlink het
’n regstelling deurgegee ten opsigte van die
artikel Ontmoet Senwes
se Streekbestuurders
op bladsy 51 in die
April 2012-uitgawe
van Senwes Scenario.
Die korrekte Streekbestuurders en hulle
foto’s is:
Fanie Kruger
(Streek 1)
Graham Lottering
(Streek 2)
Carel Scheepers
(Streek 3)
Theuns Saayman
(Streek 4) S
Graangradeerders slaggereed vir die oesseisoen
Alle graanontvangspunte van
Senwes is vanaf 10 April 2012 tot 4 Mei 2012
deur Hendrik van Aswegen van die Grain Training
Institute besoek. Van Aswegen is hiertydens
telkens deur ’n senior personeellid van Grainlink
Bedryf vergesel.
Alle opgeleide graangradeerders se teoretiese
en praktiese graderingsvaardighede is tydens
die besoeke geëvalueer. Die evaluering was op
kandidate se kennis en praktiese toepassing van
Junie 2012 • www.senwes.co.za
w es.co.zz a
graderingsregulasies gebaseer, soos in die staatskoerant van Mei 2009 afgekondig.
Elke monster wat gegradeer is, is volledig met die
kandidaat bespreek en probleme wat geïdentifiseer
is, is uitgewys en reggestel.
Volgens Marietjie Grobler (Personeelbestuurder:
Senwes Grainlink) was die oefening baie geslaagd
en is Senwes se graangradeerders gereed vir die
ontvangseisoen en gepaardgaande uitdagings wat
voorlê. S
SENWES
ENWE
NW
WE
ES
E
S Sc
S
Scenario
e n a rio >>
enario
en
<<
<
< SSEN
>>
53
54
••• AGR I - W E N K E
4.
5.
Droë seisoen sorg vir
lae grondvogreserwes
1.
3.
AS GEVOLG VAN DIE DROË NA-JAAR,
HET DIE OESPROSES VAN MIELIES
EN SONNEBLOM IN SEKERE GEBIEDE
VROEËR BEGIN AS BEPLAN EN
BEHOORT DIE STROPERS NOU VOLUIT
TE LOOP EN IN SEKERE GEVALLE DALK
EINDE SE KANT TOE TE STAAN.
Dié dele wat bevredigende
opbrengste het, behoort tesame met die graanpryse, positiewe marges te realiseer. Benut hierdie
inkomstes oordeelkundig, want ons weet nie wat die
komende seisoen inhou nie. In dié dele waar daar
erge droogteskade was en die opbrengste gevolglik
onbevredigend is, moet daar van kundiges gebruik
gemaak word om die komende seisoen te beplan.
Senwes Landboudienste het landbou-ekonome
en akkerboukundiges wat jou daarmee kan help –
moenie benoude spronge maak nie.
Die veld is oor die algemeen in ’n swak toestand
en noukeurige bestuur is dus uiters noodsaaklik. Dis
hier waar die benutting van mieliereste waardevol
kan wees. Lande wat geneig is tot waai, moenie
oorbewei word nie.
GRONDKUNDE
Grondvogreserwes is oor die algemeen laag. Op
die nie-watertafelgronde, wat algemeen in die
Noordwes Provinsie voorkom, asook in die Vrystaat,
is daar feitlik geen oorgedraagde grondvog nie. Dit
gaan ’n invloed hê op winterbewerkings en daar sal
gewag moet word op goeie lentereën om primêre
bewerkings te kan doen.
’n Lae grondvogstatus verhoog ook die risiko vir
koringaanplantings. Laat die grondvogstatus bepaal
(Senwes Landboudienste kan dit vir jou behartig indien beplan word om nog koring te plant. Raadpleeg
die saadmaatskappye se kultivarinligtingsgidse
betreffende kultivarkeuse indien laat in Junie of
vroeg in Julie geplant gaan word. Dit geld ook vir
<< SENWES Scenario >>
2.
1. Johan du Toit
2. Castuff Sekgala
3. Jacques Odendaal
4. Izak du Plessis
5. Gerrit Oosthuizen
die komende somerseisoen se beplanning
(opbrengsmikpunte).
VAALHARTS-BESPROEIINGSKEMA
Pekanneute se oesproses is een van die dae voluit
aan die gang. Let daarop dat die grond nie te droog
raak met die naderende koue nie, veral by die
jonger aanplantings.
Stamme van die jong bome kan ook geverf word
om te help teen stambars as gevolg van drastiese
lae temperature. Na-oes kan bome gelaat word om
te rus, maar moenie die grond te droog laat word
nie. Daarna kan daar in Augustus begin word om die
bome te snoei.
Gars en koring se produkpryse lyk tans nie baie
rooskleurig nie, maar as gevolg van kontantvloei
kan die gewasse nie sommer net uit die wisselbousisteem gelaat word nie. Dit is egter baie belangrik
om optimale opbrengste te verkry ten einde winste
te toon. Die aanbeveling is dat die beste gronde
aangeplant word en alles moontlik gedoen word om
optimale opbrengste te verseker. Die alternatief om
gronde te laat oorlê en vroeë mielies, grondbone en
katoen te verbou, maak wel groter winste, maar min
produsente se kontantvloei laat dit toe om eers in
Maart weer ’n inkomste te verkry.
BOERDERYBESTUUR
’n Suksesvolle strategie behoort die volgende vier
kritieke elemente te bevat, naamlik:
• Gerig op duidelike langtermyndoelwitte
• Gebaseer op insig en begrip van die eksterne
(makro) besigheidsomgewing
• In-diepte kennis van die onderneming se interne
vermoë en hulpbronne
• Effektiewe implementering en koördinering van
www.senwes.co.za • Junie 2012
A G R I-W E N K E •••
BEPAAL NOU JOU GRONDPOTENSIAAL
die gesamentlike vermoë van alle betrokkenes
daartoe verbind
Fatale foute wat tydens die strategiese bestuursproses ten alle koste vermy behoort te word, is die
volgende:
• ’n Strategie kan nie suksesvol geïmplementeer
word indien dit nie volledig aan werknemers
gekommunikeer en verduidelik is nie.
• ’n Strategie kan nie in isolasie opgestel word nie.
• Die opstel van ’n strategie kan nie aan ’n
besigheidskonsultant uitgekontrakteer/oorgelaat
word nie – so iemand kan wel die proses
fasiliteer.
• Die daarstel van betekenislose visie- en missiestellings.
• Die verwarring van strategieformulering met
operasionele beplanning.
• Geen krisis – Geen strategie!
• Risiko’s/implikasie(s) van voorgenome strategie
word nie tydig geïdentifiseer nie.
Indien jy dit nog nie gedoen het nie, is dit nou
die tyd om te begin met die voorbereiding van
lande, veral ten opsigte van grondmonsternemings
vir bemestingbeplanning en grondkartering vir
opbrengspotensiaalbepaling.
Grondpotensiaalbepaling en grondontledings is
baie belangrike besluitnemingshulpmiddels. Kry jou
bemestingbeplanning volgens die grondpotensiaal
in plek. Dié gronde wat vinniger geneig is tot
versuring kan nou bekalk word. Bekalk die lande
ook so spoedig moontlik om seker te maak dat die
persentasie suurversadiging teen planttyd reg is.
Nou is ’n goeie tyd om grondontledings op sonneblomlande te doen (en mielielande, sodra dit
klaar gestroop is), sodat die regte bemestingsprogram bepaal kan word en bekalking vroegtydig
gedoen kan word.
Senwes se grondtegnoloë kan jou van diens wees
indien ruitpatroon-monsterneming oorweeg word.
Kontakbesonderhede van die grondtegnoloë:
Jacques Odendaal (Bultfontein) – 083 458 1296,
Pieter Snyman (Kroonstad) – 083 302 3992 en
Almero Olwagen (Klerksdorp) – 083 320 0599. S
Die strategiese bestuursproses kan hoofsaaklik in
die volgende vyf agtereenvolgende bestuurstake
opgedeel word:
DIE VYF BASIESE STRATEGIESE BESTUURSTAKE
TAAK
TA AK 1
TAAK
TA AK 2
TAAK
TA AK 3
TAAK
TA AK 4
TAAK
TA AK 5
Ontwikkel van
strategiese
visie en
boerdery
missie
Stel van
langtermyndoelwitte
Ontwikkel
strategie
gemik op
behaling van
doelwitte
Implementeer
en uitvoer
van strategie
Evalueer
prestasie
asook nuwe
verwikkelinge,
maak
aanpassing
Hersien
soos nodig
Hersien
soos nodig
Verbeter/
verander
soos nodig
Verbeter/
verander
soos nodig
Verwys na
take 1; 2;
3; 4 soos
nodig
DIÉ PROSES IS NOOIT FINAAL NIE!
In die volgende uitgawes sal die onderskeie take in
meer detail bespreek word.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
>>
Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthuizen, Izak du Plessis, Castuff Sekgala en Jacques Odendaal
(Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir
meer inligting.
<< SENWES Scenario >>
55
56
••• D R U P P E LS O P DI E DA K
’n Droë winterseisoen
waarskynlik op hande
Die ryp het gewissel
van geen sigbare
skade tot plante wat
doodgeryp het.
ONVERWAGSE RYP HET VROEG
HIERDIE SEISOEN IN DIE SENWES
GEBIED VOORGEKOM. DIE VROEGSTE
INTREEDATUM VAN RYP IN DIE
BOTHAVILLE-GEBIED IS 8 APRIL.
GEDURENDE HIERDIE SEISOEN HET
DIT OOK REEDS DAARDIE TYD OOR
DIE GROOTSTE GEDEELTE VAN DIE
SENWES-GEBIED GERYP. DIE RYP HET
GEWISSEL VAN GEEN SIGBARE SKADE
TOT PLANTE WAT DOODGERYP HET.
> TEKS: THYS GROBBELAAR
Ons moet onthou dat ’n groot
gedeelte van die mielie-aanplanting laat in
Desember gedoen is en dus kon strawwe ryp nog
groot skade veroorsaak het. Dit is opmerklik dat
sekere kolle, veral in die Hoopstad- en Bultfonteingebiede geen sigbare rypskade toon nie. Met die
skryf van die artikel het die jonger mielies nog heel
<< SENWES Scenario >>
groen in die betrokke gebiede vertoon.
Die verwagting is dat die vroeë ryp slegs ’n
geringe effek op die opbrengs gaan hê. Hierdie ryp
kan die verwagte stroopdatum in sekere gebiede
egter effens vervroeg. Daar kan wel graad voorkom
by jong witmielies wat heeltemal doodgeryp het. Die
omvang van die verwagte probleem is egter klein in
die totale gebied. Die gemiddelde intreedatum van
ryp in die grootste gedeelte van die Senwes-gebied
is 4 Mei.
April het minder reën opgelewer as wat
oorspronklik voorspel is. Dit is net die noordoostelike gedeelte van die tradisionele Senwesgebied wat meer reën ontvang het as die
langtermyngemiddeld. Die meer suid-westelike
gedeelte van die gebied wat tradisioneel meer
koring aanplant, het heelwat minder reën ontvang
as die langtermyngemiddeld.
As ons ook in ag neem dat reënval aansienlik
laer as die langtermyngemiddeld is, lyk die
situasie die komende seisoen nie so rooskleurig vir
droëlandkoring nie. Die bogrond is in die meeste
gevalle so droog dat daar nie suksesvol koring
aangeplant kan word nie.
Die onderstaande figuur dui Januarie tot einde
www.senwes.co.za • Junie 2012
D RUPPE L S O P D IE DA K •••
April se kumulatiewe reënval in vergelyking met die
langtermynreënval aan. Die opgegaarde vog waarop
koring moet oorleef totdat die lentereën kom, word
gewoonlik in hierdie periode opgegaar. Die sentrale
gedeelte van die Senwes-gebied het tussen 95 mm
en 175 mm minder reën vir hierdie periode ontvang
as die langtermyngemiddeld. Dit is duidelik dat
droëlandkoring waarskynlik nie aangeplant kan word
nie of ’n groot risiko loop om die grootste deel van
die seisoen onder erge stremming te verkeer. Wat
tans wel die geval is, is dat die SOI-indeks besig is
om te daal. Op hierdie stadium is die SOI-indeks
reeds -6. Die daling kan waarskynlik op ’n El Niñotipe seisoen uitloop. ’n El Niño-tipe seisoen gaan
gewoonlik gepaard met goeie lentereën.
Daar moet egter nie aanvaar word dat daar
vroeë lentereën gaan wees nie. Die besluit of jy
koring gaan plant moet geneem word op grond
van die opgegaarde vog wat in die grond is en nie
op verwagte reën gedurende die lente nie. Baie
produsente het al hulle vingers so verbrand. Die
SOI-indeks en seetemperature wat gebruik was om
’n seisoen as ’n La Niña- of El Niño-tipe seisoen te
klassifiseer, wat die afgelope paar jaar gebruik was
om seisoenreënvalvoorspellings mee te doen, het
geblyk nie baie akkuraat te wees nie. Tans is daar
werklik nie ’n akkurate meganisme wat gebruik kan
word om ’n seisoenvoorspelling mee te doen nie.
Grafiek 1: Reënval: Werklike reënval vir April 2012
versus die langtermyngemiddeld vir April 2000 tot
April 2011.
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING
Die seisoen sluit af met ondergemiddelde reënval vir
die verloop van die somerseisoen. Die voorjaar van
die wintergewasse se reënval is ook ondergemiddeld
wat ’n risiko vir koringproduksie kan inhou. Produsente word aangeraai om slegs droëlandkoring
te plant indien die opgegaarde vog in die grond
voldoende is. Raadpleeg ’n landboukundige in
die verband, sou jy onseker wees. Dit het al
in die verlede, soos die vorige seisoen, baie
goed gedurende die najaar gereën. Dit kan die
vooruitsigte vir koringproduksie baie verbeter. S
Grafiek 2: Reënval: Werklike reënval vir Januarie
2012 tot April 2012 versus die langtermyngemiddeld
vir Januarie tot April 2000 - 2011.
>>
Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar
(Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen
(Senior Gis-tegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir meer
inligting skakel Thys by (018) 464-7385.
57
58
••• P R OM O SI E -A R T I K E L : E FE K T O
B esnoei só in die winter met
Grondsuur wys in jou
winste...
Hier is ‘n
voorkeur-teenmiddel!
Grasland se geregistreerde landboukalk is ‘n bewese
grondsuurneutraliseerder wat oortuigende resultate in
jou winste sal lewer. Gesonde grond verseker verbeterde
oesopbrengste van voortreflike gehalte.
Navorsing en ontwikkeling is ‘n integrale deel van ons
bekalkingsprodukte en verseker die nodige kwaliteit wat
‘n deurslaggewende rol tot ‘n spog-oes kan speel.
Bewys dit self. Graslandprodukte en raadgewende dienste
is so naby soos jou naaste kunsmisverteenwoordiger. Jy
kan ook direk met ons skakel.
Grasland plaas jou op die winskoers.
Reg. Nr. 67/12386/07
Posbus 948, Lichtenburg 2740, Tel: (018) 632 6046, Tolvry Nr: 0800-113011, Faks: (018) 632 3772, E-pos: [email protected]
PR O MO SIE -A RT IK E L : E F E KT O •••
Efekto
Winter is daardie tyd van die
jaar wat ons almal opgewonde maak oor besnoeiing.
Daar lê ’n mate van tradisie hierin omdat die
meeste van die plante in die winter gesnoei moet
word, maar ook omdat koue weer met fisiese
aktiwiteit verband hou. Besnoeiing is harde werk.
Onthou om altyd Efekto™ Steriseal aan die plant
te wend nadat dit besnoei is om dit teen infeksie te
beskerm.
Besnoei roosplante met omtrent ’n derde in
die middel van die winter. Verwyder enige dooie of
siek hout en maak gebruik van die geleentheid om
Efekto™ Lime Sulphur of Efekto™ Kumulus™ WG
regoor die plant te spuit nadat dit besnoei is, om
skildluis en swamme te verwyder.
Die meerderheid bladwisselende vrugtebome
word in die winter gesnoei. Die doel van vrugteboombesnoeiing is om die boom oop te maak
sodat al die dele genoeg sonlig kry. Alle bladwisselende vrugtebome baat by ’n Efekto™ Lime Sulphur
of Efekto™ Kumulus WG behandeling in hulle
dormante stadium.
Die ander belangrike plantegroepe wat in die
winter besnoei word, is dié wat in die somer blom,
soos hibiskus, fuchsias en impatiëns. In warmer
dele word hierdie plante later in die winter besnoei
en Wonder™ Vita-Boost gevoer om groei te
bevorder.
Alle produkte is geregistreer onder Wet Nr. 36
van 1947 – Steriseal L4231 «Busan 1009» 10 g/kg
en 8-Hydroxyquinoline sulphate 10 g/kg – HARMFUL,
Lime Sulphur L4230 Polysulphide Sulphur 320 g/liter
– CAUTION, Kumulus™ WG L2404 sulphur 800 g/kg,
Vita-Boost B3405.
Volg altyd die etiket wanneer produkte aangewend word. Gebruik produkte verantwoordelik. S
STERISEAL
‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op
rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.
KUMULUS®WG
‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer
van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.
Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) [email protected]
Agro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07
Posbus 652147, Benmore, 2010
www.efekto.co.za
Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg)
Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.
59
60
••• D E VE LOPI N G A G R I C U LT U R E
Take care of your grazing;
take care of your livestock
IT IS OF ECONOMIC IMPORTANCE FOR
THE LIVESTOCK PRODUCER TO KNOW
THE GRAZING CAPACITY OF THE FARM
FOR A SUSTAINABLE LIVESTOCK ENTERPRISE.
tain livestock over an extended number of years
without deterioration to vegetation or soil. Thus, the
grazing capacity dictates the stocking rate.
Grazing capacity consists of numerous factors
which are interrelated and these are: roughage
availability, effective rainfall, fodder flow plan as well
as veld management practices (rotational grazing).
> TEXT: CASTUFF SEKGALA
ROUGHAGE AVAILABILITY
The general saying goes: a person
needs to be a grass producer before he/she becomes a livestock producer.
GRAZING CAPACITY DEFINED
The productivity of the grazable portion of the veld is
expressed as an area of the land required to main-
The availability and quality of natural grass depends
mainly on rainfall patterns. In summer, the availability and quality of grass is high and this tends to decline and become relatively low in the winter months
(as illustrated in Figure 1).
On average a cow eats about one third of its
body weight per day, of which 90% should be roughage. Natural veld is the cheapest source of roughage. 10% of the daily feed intake should ideally be
supplements, i.e. phosphate in summer, protein in
early winter and protein and energy in late winter.
ROTATIONAL GRAZING
JAN
FEB
MAR
APR
MAY
JUN
JUL
AUG
SEPT
OCT
Figure 1: Illustration of an annual roughage
availability.
<< SENWES Scenario >>
NOV
DEC
It is advisable to maintain a high level of roughage
throughout the year and this can only be achieved
through rotational grazing. Rotational grazing is
practiced on a “take half, leave half”-principle – implying that animals graze up to 50% of grass height
and leave the remaining 50% for regrowth and
conservation of palatable grass species for the next
season or year. Thus, without a rest, there will be a
gradual decline of quality of the natural veld. This
will force the producer to reduce livestock numbers,
resulting in financial losses.
www.senwes.co.za • Junie 2012
It is advisable to maintain
a high level of roughage
throughout the year and
this can only be achieved
through rotational grazing.
D E V E L O PIN G A G R ICULT URE •••
STOCKING RATE
Stocking rate is the area of the land that the
e producer has allotted to a LSU in the grazing system,
stem,
expressed in length of the grazable period off the
year (Ha/LSU). It is the management factor with a
large influence on:
• Biological yield of animal products;
• Economic yield of the producer; and
• Long term condition of the grazing camps.
FODDER FLOW PLAN
This is one of the most important plans the livestock
producer should have for his/her unique farming
situation. A fodder flow plan considers the combination of both annual roughage availability and livestock requirements as dictated by the stocking rate.
ECONOMIC IMPORTANCE OF GRAZING
MANAGEMENT
Consider the following example to illustrate the economic importance of grazing management.
According to Senwes production norms (when no
additional roughage is purchased), feed costs per
cow and sheep and margin above feed cost are calculated in the table below:
CATTLE
SHEEP
Lick cost/ Margin above Feed cost/ Margin above
ewe
feed cost
cow
lick cost
R454
R3 400
R245
R642
Let us assume: The Margin above feed costs
(whereby hay bales are purchased to supplement
Junie 2012 • www.senwes.co.za
the natural veld in winter, presumably by 10%).
On average hay costs R1 000/ton. For cattle
this implies a hay cost of R1/cow/day for six winter
months plus 20% wastage = R216 per cow. Feed
cost per cow will therefore increase to R670 per
cow. As a result, Margin above Feed cost will be
reduced by R216 per cow (i.e. R21 600 for a 100
cow herd).
For small stock this may imply a hay cost of
R0,25 per small stock per day for six winter months
plus wastage = R54 per small stock and the feed
cost will therefore increase to R299 per ewe. As a
result, margin above feed cost will be reduced by
R54 per small stock (i.e. R5 400 for 100 small
stock units).
Therefore the economic situation will be worse if
a natural veld is supplemented by more hay bales,
e.g. at least 20%.
Concluding remark:
It is advisable for livestock producers to farm in harmony with nature and supplement with necessary
licks to meet the livestock requirements. S
• Read more about grazing on page 34
>>
Castuff Sekgala is a livestock specialist at Senwes Agricultural Services. Contact him at (018) 464-7480 or send an email
to [email protected] for more information.
<< SENWES Scenario >>
61
th
a
••• VI R D I E SI E L
Ds Willie Bo
62
Lees Joh 13
Maya Angelou het gesê: “Ek
het geleer dat mense sal vergeet wat jy gesê het,
hulle sal vergeet wat jy gedoen het, maar nooit
sal vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Dit is
woorde wat mens diep laat nadink, omdat ons in ’n
samelewing leef wat veral op “sê” en “doen” fokus.
Dit is interessant om te kyk hoe Jesus in hierdie
opsig gevaar het. Hy het mense anders benader
as die norm van sy tyd. Tydens die Bergrede (Matt
5 - 7) kry ons ’n goeie idee hoe Jesus mense in sy
teenwoordigheid laat voel het. Aan die einde van
>> DINK HIEROOR NA
• Maak tyd om na te dink hoe jy mense in
jou teenwoordigheid laat voel. Hoe en waar
moet jy veranderinge aanbring?
• Mense het iets in Jesus se teenwoordigheid
beleef wat vir hulle nuut en vars was.
• God is deur sy Gees by ons teenwoordig.
Hoe voel jý in die teenwoordigheid van
God?
• Gaan gerus op jou eie deur die vier
Evangelies en stel jou voor hoe verskillende
mense in uiteenlopende scenario’s in Sy
teenwoordigheid kon voel.
Hoe laat jý mense voel
hoofstuk 7 is die skare verbaas oor sy onderrig,
want Hy het hulle geleer soos ’n man met gesag,
en nie soos die Skrifgeleerdes nie. Mense het in Sy
teenwoordigheid anders gevoel omdat Hy anders en
met ’n ander agenda gewerk het. Dit gaan nie oor
persoonlike mag of aansien nie, maar die klem val
op sagmoedigheid, geregtigheid, barmhartigheid,
reinheid en vrede. Sy hoorders word geleer om
waarde tot die lewe te voeg, soos wat sout die
smaak van kos verbeter en lig die donker verdryf.
Skielik word daar nie meer op kinders neergesien
nie, maar word hulle verhef as voorbeelde van hoe
volwassenes van God afhanklik behoort te wees. Die
wat eerste is sal laaste wees en die laastes eerste.
Vergelding maak plek vir vergifnis.
Hoe het Jesus se dissipels gevoel toe Jesus
sy bo-kleed uittrek, ’n handdoek om sy middel
vasmaak en hulle voete begin was? Probeer jouself
die emosie van die blinde buite Jerigo indink toe die
Seun van God by hom kom stilstaan en vra: “Wat
wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Of die weduwee van
Naïn toe sy haar seun uit die dood terugkry? Hoe
het Petrus gevoel toe Jesus ná sy opstanding vir
hom sê: “Laat my lammers wei.”
Eintlik moet elkeen vir homself ’n antwoord gee
oor hoe Jesus mense om Hom laat voel het. Maar
dalk is daar een ding wat uitstaan: By Jesus het die
mense veilig gevoel. Hulle kon Hom vertrou omdat
Hy die Seun van God is.
Hoe laat jy die mense in jou teenwoordigheid
voel? Jou vrou, jou man, jou gesin? Wat is die
mense wat vir jou werk of vir wie jy werk se ervaring
van jou teenwoordigheid? Dalk is daar iets wat
ons by Jesus kan leer oor hoe Hy mense in sy
teenwoordigheid laat voel het. Langenhoven het
dit ook raak gesê: “Behandel jou meerdere met
beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat
dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg
is.” S
>>
Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Gemeente op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n
e-pos aan [email protected].
<< SENWES Scenario >>
www.senwes.co.za • Junie 2012
64
••• P R OM O TI O NA L A R T I C L E : K R P M A N UF A CT UR IN G
Fight fires
EFFECTIVELY
this winter
KRP MANUFACTURING IS A MAJORITY OWNED SUBSIDIARY OF THE FFA
GROUP WITH THE COMMERCIAL FOCUS BEING MANUFACTURE, SALES
AND SERVICE.
We hold the firm belief that your
product is only as good as the after-sales service
that you provide and by having this as a key focus,
we are building long-term relationships and partnerships with our clients and business partners.
Africa is fraught with stories of “hit and run”
transactions from ruthless suppliers. KRP Manufacturing is an African based manufacturer that
<< SENWES Scenario >>
understands the unique challenges of our continent
as well as the operational limitations and therefore we design our products with this in mind. KRP
Manufacturing started operations some 16 years
ago by manufacturing basic fire fighting skid units
and fire fighting trailers. Today we have more than
10 000 skid units and more than 3 000 trailer units
in operation all over Southern Africa. In 1999, we
got involved in basic fire truck manufacture for the
forestry industry and the rest as they say, is history.
In 2010, the founding members of FFA approached KRP Manufacturing and the result was
an agreement to create a new company with a new
focus and drive called, KRP Manufacturing. KRP
Manufacturing forms part of the complete value
chain offered by the FFA Group. We offer the following products and services:
www.senwes.co.za • Junie 2012
P R O M O T I O NA L A R T ICL E : KR P MA N UF A CT URIN G •••
• Always realise that our clients are the reason we
are able to provide food on our tables.
• Treat our clients with their due respect and consideration.
• We will ensure that our staff is treated in the
same manner by management, because they are
the company’s most important asset.
• By adhering to these principles, we will instil
passion into our business and this will ensure our
success.
• Portable pumps.
• Firefighting equipment, such as forestry type
hand tools, backpack sprayers, drip torches,
hoses, nozzles, all the way through to municipal
equipment, such as PPE, ladders, axes, torches
and Hazmat equipment.
• Disaster management equipment – food ration
packs, emergency shelter tents, generators.
• Skid units – from 250 litre to 5 000 litre tank
capacities.
• Trailer units from 1 000 litre to 2 500 litre capacities.
• Full range of firefighting pumps.
• Official dealer for Wildfire Environmental Inc. of
Canada.
• Supply of firefighting foam concentrates and
foam application equipment.
• Manufacture of floating pumps.
• Fire trucks – full range to meet client requirements, engineering done by professional engineers using CAD.
• Risk assessments and consultations.
• Leasing of vehicles and financial solutions to suit
client needs.
• Servicing of fire trucks – maintenance contracts.
• Refurbishing of fire trucks.
The vision for KRP Manufacturing is to be a commercially viable entity of the FFA Group by ensuring
acceptable return on investments to the shareholders and at the same time supplying customers with
customised solutions to their own specific fire risks.
We will at all times ensure that we adhere to the
following principles:
Junie 2012 • www.senwes.co.za
KRP Manufacturing's manufacturing facility is based
in Potchefstroom, in the North West Province of
South Africa. Our current facility occupies 900 m²,
where we are currently able to produce one fire
truck per week. We do our own cutting, bending,
welding, shot blasting and powder coating on-site.
Our service division and workshop is based in
Nelspruit, Mpumalanga, in South Africa. This division provides technical backup to the FFA Group
fleet, as well as to our own clients. We offer full
maintenance contracts on our vehicles and also
enter into service level agreements with local authorities. Service is provided at our workshops and
we also offer in-field servicing of vehicles. We are
in the process of employing a National Technical
Manager who will be tasked to further expand our
servicing division; the first one being at our Potchefstroom factory. Within the next 18 to 24 months we
will be establishing further workshops throughout
South Africa.
Sales are handled from our Johannesburg offices as this is the business hub of South Africa and
Africa. The sales division not only sells into the local
and African market, but also acts as the sales conduit for FFA’s Working on Fire International business
units globally. Our function is to not only co-ordinate
sales efforts, we also secure agencies and dealerships; consult with our own local clients and co-ordinate projects with the manufacturing division. S
We look forward to engage with you on a
one-on-one basis in the near future!
<< SENWES Scenario >>
65
66
Vodacom Satellite Connect
If you need
reach, we’ve
got coverage…
We can give you reliable, fast and
guaranteed connectivity almost
anywhere under SA’s sunny skies and
it won’t leave you “platsak”. Rent,
lease to buy, or buy Satellite Connect
equipment from us, and you’ll be able to
choose the speed that suits your needs.
Want to know more? Email: [email protected]
or call Antonio or Warren on 082 271 1400.
••• KO MPE T ISIE
Slaap warm met
Senwes Scenario
OM IN DIE WINTER IN ’N YSKOUE
BED TE KLIM IS DAREM BITTER
SLEG! ’N ELEKTRIESE KOMBERS
IS NET DIE DING VIR ’N WARM
KOOI. WEN TWEE PURE PLEASURE
ELEKTRIESE KOMBERSE. DIE
QUEEN-GROOTTE IS VAN SKAAPWOL
GEMAAK EN PAS SOOS ’N
PASLAKEN OM JOU BED. DIT HET
’N SKAKELAAR AAN BEIDE KANTE,
VIR WANNEER PA DALK WARMER
AS MA KRY. DIE PRYS SLUIT OOK ‘N
VASKNOOP ELEKTRIESE KOMBERS
VIR ’N DUBBELBED MET EEN
KONTROLE, IN. NOU HET NIEMAND
MEER ’N VERSKONING OM NIE IN
HULLE EIE BED TE SLAAP NIE!
HOE SKRYF JY IN?
SMS die woord Senwes + Scenario +
jou naam + jou e-posadres na 31022
en staan ’n kans om hierdie elektriese
kombersstel te wen. Standaard SMS-tariewe
geld. Sluitingsdatum: 16 Julie 2012 S
Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag
nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar
naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys
sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word
• Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur
Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig.
WENNER APRIL 2012: Ina van Rensburg van
Klerksdorp het die warmplaat gewen. Baie geluk!
vodacom.co.za/business
www.senwes.co.za • Junie 2012
LE E F ST YL : F E AT HE R HIL L SPA
•••
Man
ne,
dis j
ulle
beu
rt!
Kom
genie
Feath
t ’n w
er Hill
Spa n
e lve r
oggen
á die
d vol
di
stroop
sielsk
oggen
seisoe ende ru
os. Tie
d van
n. Dis
skans
n
m
1
ans s
7 Aug
van S
tyd vir
al die
ustus
enwes
by
’n bed
,
g
,
e
n
’
leenth
á ’n v
genie
erf en
erwelk
t en n n reeks beh
eid kr
’
n
a ’n g
y om
oming
andeli
asspr
die
nge e
v
a
n
eker t
Johan
n ’n h
Die be
e luist
Groble
eerlik
er.
derf h
e mid
r
o
daget
u
Me-Em
nie hie
e te
produ
r
op nie
kte on
, tien
tvang
mans
wat sp
Konta
sal elk
esiaal
k vir J
’n ges
vir die
anelle
kenk
info@
man o
Groble
van
feathe
ntwikk
r by 0
rhillsp
by ww
1
e
l
8
a
is
.
w.feat
285 1
com v
.
herhil
050 /
lspa.c ir meer inli
073 7
gting
om S
76 77
of bes
56
oek d
ie web of
tuiste
WENNERS APRIL 2012
Francis van Dyk – Bloemfontein
Elsabe Maartens – Bloemfontein
Meisie Grobbelaar – Bloemfontein
Gene van Sittert – Hartbeesfontein
Joy Strydom – Harrismith
Gerrie Julyan – Palmietfontein
Jacques Jacobsz – Hennenman
Hulle het elkeen ’n ME-EM
Moedersdag-geskenkpak gewen.
Baie geluk!
>> SKRYF SÓ IN
SMS Senwes + Spa + jou
naam en van + e-posadres na
31022.
Standaard SMS-tariewe geld.
Sluitingsdatum:
16 Julie 2012
www.featherhillspa.com
(018) 285-1050
073 776 7756
Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam
sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan
nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig.
Junie 2012 • www.senwes.co.za
<< SENWES Scenario >>
67
68
••• I N M Y VI S I ER
s Barnard
Koo
Onbewaakte oomblikke
Dit was laatmiddag. Donker
skadu’s het in die ruie onderbos begin opdam en
plek-plek reeds teen stamme en takke uitgebeur
na waar flentertjies son nog aan boomtoppe bly
hang het.
Ek was moeg, dors en ’n bietjie moedeloos
want my dag het vroeg begin, maar ten spyte van
my beste pogings het dit gelyk asof ek weer eens
leëhand by my kamp sou aankom. Stap net een
laaste draai, sommer daar onder die riffie waar die
tamboties en sekelbos dig op die gelykte bondel,
het ek myself aangemoedig. ’n Mens weet nooit…
soms wys die bos juis sy geheime wanneer jy dit die
minste verwag.
Voor my het die tamboties gewink, hul herfskleure rooi soos bloed in die laaste spatsels son.
Ek is suutjies en bitter stadig met die tweespoorpad
langs. Elke nou en dan het ek vasgesteek, gekyk
en geluister, dan weer gekyk. My oë het skadu vir
skadu ontleed, soekend na die groot, grys lywe wat
ek weet moeilik in die vaal lig sigbaar sou wees.
Die koedoes het my die hele dag lank al ontwyk en
met die swakker wordende lig het ek geweet dat
my kans om hulle op te spoor steeds skraler word.
Soek vir hul gelerige sokkies (die onderbene) en
beweging, het ek myself gemaan.
Rondom my het die veld stil geraak. Dis mos asof
die bos vir ’n rukkie asem ophou voordat die deur
finaal oopswaai sodat die nag met al sy geluide kan
inglip daar waar die dag sy lêplek loop maak het.
Voor my, iewers reg langs die pad het die geklap van
’n tak wat breek die stilte versteur. Vir ’n oomblik
het ek glad nie kon raai wat die oorsaak daarvan
was nie en toe tref dit my…koedoes! Dit kon net ’n
bul wees wat ’n tambotie- of sekelbostak gebreek
het om ’n peuseldingetjie by te kom.
Ek het op my hurke neergesak en my oë het
vinnig gesoek. Weer het ’n tak geklap en toe sien ek
die beweging. Skaars 100 treë voor my en minder
as tien treë regs van die pad het twee vaalgrys diere
beweeg. My verkyker het gewys dis twee koeie;
presies waar die bul was kon ek nie sien nie, want
die bos was te ruig. Agter sy bloed was ek nie, maar
<< SENWES Scenario >>
die koeie s’n wel, want ek het kookvleis gesoek, nie
’n trofee of biltong nie. “Kyk maar of jy ’n droë koei
kan skiet,” het vriend Willem Basson gesê toe ek
drie dae tevore my bakkie op sy werf staanmaak.
Die verkyker het gewys daar is drie koeie en ’n
sterk verskalf, een wat beslis al gespeen was. Van
die bul kon ek later net ’n stukkie lyf en horingpunte
sien. Die koedoes was onbewus van my, totaal
geabsorbeer in die taak om delikaat die blare van
bosse te stroop. Ek het op my hurke gebly en
sowat 40 treë nader beweeg. Skielik het een koei
weggebreek van die bos waaraan sy gevreet het en
skuins oor die tweespoorpad na links gestap.
Ek het vinnig plat op my boude gaan sit en die
.375H&H wat ek reeds tevore oorgehaal het aan
my skouer gebring. Die tweede koei het die eerste
se voorbeeld gevolg en ek moes haar stop voor sy
die pad verlaat. Willem het die vorige dag gespot
dat ek dalk sy honde sou nodig hê om my bok te
gaan soek indien ek dit kwes. Daarom wou ek seker
maak van ’n eenskoot-doodskoot.
Net toe die koedoe die middelman oorsteek, het
ek sag maar duidelik hoorbaar na haar geroep, “Hey
koedoe.” Sy het vierspoor vasgesteek en my amper
dadelik in die pad sien sit, maar vir haar was dit te
laat. Toe die kruishaar laag op haar bors vassteek,
het ek die sneller gedruk.
Skaars 50 treë vanwaar sy die koeël ontvang het,
het ek by haar gaan kniel en toe daaraan gedink dat
’n onbewaakte oomblik die koedoe haar lewe gekos
het. Die groepie het toegelaat dat die sinlike genot
van etery, hul waaksaamheid verslap het. En op
plekke waar gevaar immer skuil, is dít fataal.
Die wet van die bos bepaal dat diegene wat
daar wil oorleef elke oomblik moet waak. Dieselfde
geld vir ons – in ons persoonlike lewens en veral
in ons omgang met ons medemens. Jy of iemand
anders verloor dalk nie jul lewens nie, maar wat
jy in onbewaakte oomblikke sê of doen, kan dalk
modderspore trap waar dit nie hoort nie. S
>>
Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.
www.senwes.co.za • Junie 2012
TJDR52288
Watch your business grow with more value.
We understand that a large part of a small business’s success is who you nurture it with. That’s why
with MTN Business, your business can now network in all the right places with a whole lot more
value-added services such as:
•
•
•
•
Free access to MTN BizAssist, which is a 24 hour hotline that you can use to source and book
almost anything while networking with other businesses.
Discounted membership to the National Small Business Chamber with exclusive invites to
conferences and events.
Free Fax2Email for everyone in your company where you get all the convenience of email
while retaining the advantages of conventional faxing.
Free R500 Google Adwords voucher.
To sow the seeds of success, simply visit www.mtnbusiness.co.za/sme.