Afrikaans Tweede Addisionele Taal

Transcription

Afrikaans Tweede Addisionele Taal
Afrikaans Tweede Addisionele
Taal
Graad 11
Lesse vir leerders
Derde Kwartaal
2013
1
Erkenning word hiermee aan die samestellers
van hierdie lesse verleen.
Marina Barnard, Alet Enslin, Kobus Genis,
Liz Hancke, Belinda Prinsloo, Issie Vorster
Mpumalanga Departement van Onderwys
Departement van Basiese Onderwys
Strubenstraat 222
Privaatsak X895
Pretoria 0001
Suid-Afrika
Tel: +27 12 357 3000
Faks: +27 12 323 0601
Pleinstraat 120 Privaatsak X9023
Kaapstad 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 465 1701
Faks: +27 21 461 8110
Webtuiste: http://www.education.gov.za
© 2013 Departement van Basiese Onderwys
*****
INHOUDSOPGAWE
Hoofstuk 10
Hoofstuk 11
Musiek
Omgewing
Bladsy
2
26
2
HOOFSTUK 10: MUSIEK
In hierdie hoofstuk gaan jy:
Luister en praat
•
•
•
•
Lees en kyk
•
•
Skryf en aanbied
Taalstrukture en
-konvensies
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
oor musiek praat.
oor die belangrikheid van goeie musiek praat.
oor verskillende tipes musiek praat.
na verskillende opinies oor verskillende tipes musiek luister en
jou eie opinie gee.
voorbereide hardoplees (gee aandag aan tempo, uitspraak en
toon) doen.
vir waardering lees, jou woordeskat uitbrei en begripsvrae
beantwoord.
leer om ʼn formele brief volgens korrekte formaat te skryf.
aandag aan korrekte (formele) taalgebruik gee.
op prosesskryf fokus.
leer om te redigeer.
woordeboeke vir betekenis van woorde gebruik
begrippe asook afkortings en akronieme oefen.
van spelreëls en -patrone leer.
woordvorming (samestellende afleidings, verbindingsklanke)
doen.
sinstrukture en woordorde korrek gebruik.
byvoeglike naamwoorde skryf.
voornaamwoorde korrek gebruik.
ontkenning (negatief) gebruik.
taalfoute (in formele brief) verbeter.
Luister en praat
Wat is musiek?
Musiek is die kuns om aangename verbindings van klanke te maak waardeur in skone vorm
aan gevoelens uiting gegee word. (HAT)
Musiek is 'n vorm van kuns wat georganiseerde klanke en stiltes bevat. Dit word uitgedruk in
terme van toonhoogte, ritme en die kwaliteit van klank (byvoorbeeld artikulasie en tekstuur).
Musiek kan gebruik word vir die kunssinnige of die estetiese, kommunikasie, vermaak of
seremoniese doeleindes. (Wikipedia)
3
Notering van musiek:
[Uit: https://www.google.co.za/#q=clave+de+sol]
Musiekinstrumente:
[Uit: Google Images]
4
Volkslied van Suid-Afrika (5 tale kom in ons volkslied voor)
Nkosi Sikelel' iAfrika
(God Bless Africa)
Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
(Raise high Her glory)
Yizwa imithandazo yethu,
(Hear our Prayers)
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo
(God bless us, we her children)
isiXhosa en isiZulu
Morena boloka setjhaba sa heso,
(God protect our nation)
O fedise dintwa le matshwenyeho,
(End all wars and tribulations)
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
(Protect us, protect our nation)
Setjhaba sa South Afrika - South Afrika.
(Our nation South Africa - South Africa)
Sesotho
Uit die blou van onse hemel,
(Ringing out from our blue heavens)
Uit die diepte van ons see,
(From the depth of our seas)
Oor ons ewige gebergtes,
(Over our everlasting mountains)
Waar die kranse antwoord gee,
(Where the echoing crags resound)
Afrikaans
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.
Engels
Musiek bring mense saam. Musiek praat met alle mense van enige kleur, taal, geslag,
ouderdom en kontinent. As musiek praat soos dit moet praat, is daar regdeur die wêreld
altyd ‘n gehoor wat sal luister. Oral is musiek die sleutel tot mense se harte. Musiek is
sinoniem met emosies, daarom is musiek universeel. Daar is musiek wat jou aanspreek as
jy hartseer is, gelukkig, verlief, rebels, opgewonde of as jy sommer net vir ontspanning wil
luister. Daar is mense wat glo dat Barok-musiek jou help om te ontspan. Klassieke musiek
help jou om te konsentreer. Daar word wêreldwyd na die legendariese Frank Sinatra (‘n
jazz-sanger), Elvis Presley (die rockster), Michael Jackson (popster) en die kontroversiële
Lady Gaga geluister sonder dat mense baklei watter musiektipe die beste is.
Praat: Klasbespreking
Tipes musiek:
5
Pop
Popmusiek is 'n afkorting vir
'populêre musiek'. Dit is
eietydse musiek - musiek
waarna mense gereeld
luister, wat hulle aankoop,
nomineer vir spesiale
geleenthede en op
treffersparades speel.
Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad
Andrew en Brian Chaplin
Rock
Musiek met 'n prominente
vokale melodie met kitaar-,
drom- en baskitaarklanke.
Sekere style gebruik ook
klawerbordinstrumente soos
die orrel en klavier.
Klopjag
Jazz
Jazz is 'n gewilde
musiekgenre met 'n
prominente vokale melodie
vergesel deur kitaar-, tromen baskitaarklanke. Jazz is
aan die blues verwant.
Hugh Masakela
Klassiek
Verwys na musiek wat
geskep is volgens die
tradisies van Europese
kuns, kerk- en
konsertmusiek, wat 'n lang
tydperk insluit - ongeveer
van die jaar 1000 tot
vandag. Klassieke musiek
is bedoel om geniet te word.
Wolfgang Amadeus Mozart
6
Volksmusiek
Volksmusiek verwys na
tradisionele melodieë,
woorde en liedjies van die
gewone mense wat dikwels
oorgedra word van een
generasie na die volgende.
David kramer
Kletsrym (rap)
Kletsrym of rap is 'n
musiekstyl wat deel is van
die hip-hop-kultuur. Kletsrym
verskil van die gesproke
woord deurdat dit op musiek
opgevoer word.
Die kletsrymer vertel 'n
storie of dra 'n gedig op
ritmiese wyse voor.
Van die bekendste
kletsrymers in Suid-Afrika is
Die Antwoord en
Jack Parow.
Jack Parow
Kwaito
Kwaito is 'n samesmelting van
kwai (woede) en to (die
afkorting van township) - is
sedert die negentigerjare die
gewildste styl van die SuidAfrikaanse populêre musiek,
veral onder die jeug van die
townships. Opvallend is dat die
taal wat gebruik word vir die
teks nooit Engels is nie. Die
Afrikatale word liewer gebruik,
maar ook Tsotsitaal, wat op
Afrikaans gebaseer is.
7
Verskillende opinies oor Jack Parow
Juanita is vir die ou
mense wat geen smaak
het nie. Jack Parrow het
julle nie nodig nie. Hy
het klaar fans wat sy
musiek geniet.
rouxenator
Dit gaan nie oor hy
vloek nie, dis omdat
hy laster. Enige
iemand met iets
tussen sy ore sal dit
nie goedkeur nie.
rianatheunissen
Jack Parow is sommer
common. Net iemand
met ‘n halwe brein en
geen beginsels kan na
hom luister.
“jig!”
Hou tog net op kla! Jack se
musiek is iets nuuts en bring
bietjie iets opwindends in
julle ou suurknolle se
lewens! Moenie so outyds
wees nie. Begin die lewe
geniet, dan sal jy nie ‘n ou
bitterbek wees nie!
proJack
Praat oor die volgende:
1.1
1.2
1.3
1.4
Ek is bly Jack Parrow
het nie op Skouspel
gesing nie. Ek verkies
Juanita. Haar liedjies
bestaan nie uit
vloekwoorde nie. Jack
se musiek is walglik!
blackhuff
Hoekom is musiek vir jou belangrik?
Van watter tipes musiek musiek hou jy die meeste?
Van watter tipes musiek hou jy nie en hoekom nie?
Dink jy dat musiek negatief op ʼn mens kan inwerk?
Lees en kyk
Voorbereide Hardoplees
8
Pre-lees
Ons het nou gepraat oor verskillende musiektipes en die positiewe en negatiewe uitwerking
daarvan op ‘n mens.
Woordeskat:
uitgewer
verduidelik
aangedui
kunstenaars
versoek
verhoog
publisher
explain
indicated
artists
request
stage
verantwoordelik
uitnodiging
onttrek
vertonings
onnodig
responsible
invitation
withdraw
shows
unnecessary
Tydens lees
Formele Assesseringstaak 8: Voorbereide Hardoplees
Luister na die onderwyser se gebruik van tempo, uitspraak en toon.
Leer nuwe woordeskat aan.
Berei nou die leesstuk voor vir formele taak 8 vir voorbereide lees.
Onthou om aandag aan tempo, uitspraak en toon te gee.
Kom ons lees nou die artikel oor die kontroversiële Jack Parow wat musiekgehore,
landwyd, aan die praat (stry) het!
HUIS
genoot
SKOUSPEL
Musiek vir die hele gesin
Kaapstad - Willem Breytenbach, uitgewer van Media24
Gesinstydskrifte, wat verantwoordelik is vir Huisgenoot
Skouspel het verduidelik waarom Jack Parow se
uitnodiging om by Skouspel op te tree, teruggetrek is.
Dít kom nadat Parow die afgelope naweek uitgevaar het teenoor Juanita du Plessis
omdat sy glo vroeër aangedui het sy sou nie gemaklik gevoel het daarmee om die
verhoog by Huisgenoot se Skouspel met hom te deel nie.
Juanita en Jack is genooi om by Skouspel op te tree. Maar Jack is later deur die
Skouspel-organiseerders aan die program onttrek.
Hy het Juanita ook onder andere “judgemental” op sy twitterblad genoem, maar later
om verskoning vir sy uitlatings gevra.
9
Volgens Breytenbach is kunstenaars by Skouspel te sien op uitnodiging van
Huisgenoot.
"Hoewel ons aanvanklik Jack Parow uitgenooi het, moes ons die uitnodiging
terugtrek na dit aan die lig gekom het dat Jack reeds bespreek was vir vertonings by
Aardklop wat met Skouspel se vertonings sou bots. Huisgenoot is benewens die
aanbied van Huisgenoot Skouspel ook daartoe verbind om seker te maak dat ons
die kunstenaarsaanbod by Aardklop so sterk as moontlik sal wees en om nie
onnodig kunstenaars wat reeds daar bespreek is, uit die poel te haal nie.
“Die ondersteuning van Aardklop is vir ons so belangrik dat ons vanjaar weereens ‘n
groot Huisgenoot Musiekplaas op die Aardklop hoofterrein bedryf met meer as 100
kunstenaars. Ons het talle van die groot sterre wat by Skouspel is, soos Juanita du
Plessis, Jay en Bobby van Jaarsveld, vir die eerste aand van Aardklop op ons
verhoog bespreek voor Skouspel se repetisies begin.
"Op die Donderdagaand huur ons ook ’n vliegtuig om tussen die repetisies
kunstenaars soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Romanz en ander direk
vanaf SunCity na Potchefstroom en terug te vlieg om daar in die Treffer-na-Treffer
konsert in die Huisgenoot Musiekplaas op te tree.
“Geen versoek van Juanita du Plessis of haar agente oor wie ander kunstenaars by
Skouspel is, is ooit aan my gerig nie, en ook nooit op ons Skouspel-forum bespreek
nie.”
Post-lees
Oefening 1
Beantwoord die volgende vrae oor die leesstuk:
1. Wie is Willem Breytenbach?
2. Verduidelik, in jou eie woorde, wat die volgende woorde beteken:
2.1 uitgewer (reël1)
2.2 teruggetrek (reël 4)
3. Waarom is Jack Parow se uitnodiging na Skouspel teruggetrek? (paragraaf 3)
4. Hoe het hy hierop reageer?
5. Jack voel steeds (still) negatief oor Juanita du Plessis.
5.1 Is die bostaande stelling WAAR of ONWAAR?
5.2 Motiveer jou antwoord met ‘n frase (gedeelte van ‘n sin) uit die teks.
6. Dink jy enige kunstenaar kan deel word van Skouspel? Motiveer jou antwoord.
7. Wat was volgens Breytenbach die rede vir die terugtrek van Jack se uitnodiging?
8. Noem twee musiekfeeste waarby Huisgenoot betrokke is volgens paragraaf 6.
9. Noem drie ander kunstenaars wat ook by Aardklop gaan optree.
10. Hoe is dit moontlik dat die drie kunstenaars dan by beide feeste kan optree?
11. Tussen watter twee plekke gaan kunstenaars vervoer word om by die feeste
op te tree?
12. Van watter tipe vervoer gaan hulle gebruik maak om die kunstenaars te
vervoer?
(1)
(2)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(2)
(3)
(1)
(2)
(1)
10
13. Wat is die verskil in die wyses waarop Juanita en Jack op sy terugtrekking in die
openbaar (media) gereageer het?
(2)
[20]
Skryf en aanbied
ʼn Advertensie en ʼn formele brief
Advertensie
Is jy ʼn tiener, musikaal, iemand wat soos Jack Parow kan sing en die wip
in woorde sit? Iemand wat ANDERS is? Iemand wat ʼn gehoor kan
betower? Hier is jou kans.
So skryf jy in:
Skryf jou eie Jack Parow-geïnspireerde liedjie. Jy moet jou liedjie self sing, so berei voor vir
die dag wat jy die liedjie opneem. Doen aansoek om deel te neem aan die kompetisie deur
ʼn brief te skryf aan: Die organiseerder, Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie, Posbus 1802,
Kaapstad 8000. Skryf Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie as opskrif. Sluit jou naam,
telefoonnommer en adres in. Alle inskrywings moet ons teen Vrydag 12 Oktober om 17:00
bereik. Sluit ʼn CD in met die liedjie wat jy self geskryf het en sing.
Wie wen?
Die beste Jack Parow-geïnspireerde musikant.
Wat kan jy wen?
R15 000 kontantprys, ʼn musiekkontrak met Beste Musiek sowel as ʼn kontrak om
saam met Jack Parow op te tree in 2014.
(Uit: Huisgenoot, 01 April 2013)
11
Onthou:
ʼn Advertensie is ʼn kommunikasiewyse waarop bemarkers en vervaardigers hul
teikenmark probeer oortuig om hul produkte te koop of om van hul dienste gebruik te
maak. Die volgende vrae moet in die advertensie beantwoord word:
• Wat?
• Waar?
• Wat alles?
• Vir wie?
Oefening 2: Redigeer die advertensie om te sien of dit aan al die vereistes voldoen
deur die volgende KONTROLELYS te voltooi.
JA
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Die advertensie oortuig jongmense om deel te neem aan die kompetisie.
Die advertensie is vir jongmense bedoel.
Die advertensie is eenvoudig en maklik verstaanbaar.
Dit trek onmiddellik die leser se aandag.
Die advertensie gebruik nie te veel woorde nie.
Die uitleg is opwindend.
Al die inligting oor die kompetisie word gegee.
Die vrae wat?, waar?, wat alles? en vir wie? word in die advertensie
beantwoord.
Dink jy dit is ʼn geslaagde advertensie?
Is daar enigiets wat jy sou verander om die advertensie te verbeter?
Kommentaar:
NEE
12
Dolf wil baie graag aan die kompetisie deelneem. Hier is sy formele brief waarin hy
aansoek doen om aan die kompetisie deel te neem.
Jakarandastraat 4
Witrivier
1240
13-10-2013
Die Organiseerder
Huisgenoot-Jack Parow-kompetisie
Posbus 1802
Kaapstad
2000
Geagte Meneer
HUISGENOOT-JACK PAROW-KOMPETISIE
Hiermee wil ek graag inskryf vir die kompetisie soos in die Huisgenoot van 1
April 2013 geadverteer.
Ek is nie eintlik ʼn Jack Parow-geïnspireerde nie, maar ek het my eie liedjie
geskryf en gesing. Ek sal bly wees as u na die video luister wat ek ingesluit
het.
Ek is veertig jaar oud en sing nie soos Jack Parow nie. Ek skryf baie goeie
liedjies en kan wip in woorde sit. Ek is beslis anders. Ek het ʼn sprankelende
persoonlikheid en betower die gehoor altyd wanneer ek sing.
Ek is beslis die toekomstige Jack Parow. Wees verseker dat ek altyd my beste
sal gee met die musiekkontrak en die optredes saam met Jack Parow as ek
wen. Ek hoop om gou van jou te hoor.
Groete
Dolf
Oefening 3
Voltooi die KONTROLELYS om te sien of die formele brief aan al die vereistes voldoen.
JA NEE
1.
Die formaat van die brief is korrek: adres van sender, datum, adres van
ontvanger, aanhef, opskrif, paragrawe, afsluiting
2.
Die adres van die sender is regs boaan in blokvorm.
3.
Die datum is voluit geskryf.
4.
Daar is nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
5.
Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm geskryf.
6.
Geen leestekens is in die adresse gebruik nie.
7.
ʼn Reël is tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat.
8.
ʼn Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
13
9.
10.
11.
12.
13.
brief oopgelaat.
Die opskrif van die brief is in hoofletters geskryf.
Die naam van die tydskrif word onderstreep.
Afsluiting: Geen leestekens is na “Die uwe” gebruik nie.
Die skrywer het die brief onderteken.
Voldoen die formele brief aan al die vereistes?
Kommentaar: (Noem die foute waarop jy sou verbeter)
Skryf nou ʼn formele brief van 80-100 woorde. Doen aansoek om aan die Huisgenoot-Jack
Parow-kompetisie deel te neem. Onthou om die vereistes (qualifications) soos in die
advertensie genoem, in jou brief te meld.
Onthou:
Doen beplanning
• Gebruik ʼn kopkaart om jou brief te beplan.
• Skryf die woorde neer wat jy kan gebruik.
• Formele taalgebruik!
• Meld die inligting wat vereis word in die advertensie.
Skryf ʼn konsep
• Gebruik die teenwoordige tyd.
• Onthou S T (V1) O M P (V2) I
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees die brief weer.
• Gebruik die bostaande kontrolelys om seker te maak dat die brief voldoen aan al die
vereistes van ʼn formele brief.
• Skryf dit netjies oor.
Oefening 4: Lees weer die formele brief en skryf die Afrikaanse betekenis van die
volgende woorde neer:
4.1
4.3
4.5
4.7
musical
fascinate
application
entries
4.2
4.4
4.6
4.8
audience
opportunity
organiser
inspired
14
Taalstrukture en -konvensies
Ek’s Afrikaans. Ek het in
Belville grootgeword. Braai is
ingebou in my DNA. Die lewe
is ‘ʼn lied!
ʼn Afkorting is die verkorte vorm van
ʼn woord/woordgroep.
•
•
Tradisioneel word punte by afkortings
gebruik
As ʼn woordgroep afgekort word, kry dit ʼn
punt na elke woord, bv. i.p.v. (in plaas
van)
ʼn Akroniem is ‘n afkorting wat soos ʼn
woord uitgespreek kan word.
•
Geen punte word gebruik nie
Oefening 5
Afkortings
Pas die beskrywing in KOLOM B by die akroniem in KOLOM A.
KOLOM A
5.1 DNA
5.2 ATKV
5.3 BBP
5.4 CV
5.5 ID
5.6 TV
5.7 CD
KOLOM B
A. Kompakskyf
B. Identiteitsdokument
C. DNS: deoksiribonukleïensuur (die nukleïensuur wat die suiker
deoksiribose bevat, wat die stof vorm waaruit chromosome en gene
bestaan, Engels: DNA)
D. Baie belangrike persoon
E. Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging
F. Televisie
G. Lewensprofiel (curriculum vitae)
Skryf die volgende afkortings in woorde:
5.8 Afr.
5.9 adr.
5.10 str.
5.11 me
5.15
5.16
5.17
5.18
nr.
anon.
instr.
mus.
15
5.12 mej.
5.13 mev.
5.14 mnr.
5.19 uitg.
5.20 wdb.
Skryftekens
Dit is merke op vokaalletters en in sommige woorde om korrekte uitspraak aan te dui.
Onthou: Dit is ʼn spelfout om ʼn skryfteken weg te laat.
Om nuwe lettergreep aan te dui
Deelteken ( " )
le/ër, be/ïnvloed
Koppelteken ( - )
By opeenhoping van vokale
see-eend
Om lees te vergemaklik
Mpumalanga-inwoner
As weglaatteken
oggend- en aandklasse
Woorde met syfers, simbole en letters vooraan graad 11-klas, x-strale, B-span
Woorde met afkortings
SMS-boodskap
In breuke (fractions)
twee-derdes
In die plek van “tot”
2011 – 2014, 120 – 180 woorde
In woorde wat herhaal word
nou-nou, lag-lag
In samestellings met “hulle”
Pieter-hulle, ma-hulle
Plekname waarin windrigtings voorkom
Somerset-Oos, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Oefening 6
In die volgende paragraaf is daar tien (10) skryfteken-foute. Soek en korrigeer die foute.
Skryf die hele paragraaf oor en onderstreep die foute wat jy reggemaak het.
Jack Parow het in die Weskaap, SuidAfrika, grootgeword. Hy hou van die baie reen wat
hulle daar kry. Sy ma hulle het ʼn huis in Belville gekoop. Drie kwart van sy dag bestee hy
aan liedjies skryf. Hy gaan selde voor drie uur in die oggend slaap. Vir hom is ontbyt die
belangrikste ete van die dag en gee nie om as hy middag en aandete mis nie. Hy is ʼn
Belville inwoner en maak kort kort ‘n draai in Kaapstad. Jack verkies om eposse te stuur in
plaas van briewe te skryf en pos.
Woordvorming
Samestellings
Afleidings
(NB! Afleidings het net EEN
stam!)
Samestellende afleidings
wanneer twee/meer basisse
saamgevoeg word; daar kan
ook verbindingsklank wees
stam + voorvoegsel /
agtervoegsel / albei affikse
boek+sak,
eet+kamer+tafel+laai,
kind+er+kamer
ver+huis
huis+ie
ver+huis+ing
meer as een stam +
een/meer affikse en soms
verbindingsklank
vier+slaap+kamer+huis+e
fabriek+s+werkers
16
voegsel
verbindingsklank
voegsel
motorverkoopsmanne
stam
stam
stam
Kyk na die onderstaande advertensie en beantwoord die taalvrae wat daarop volg.
Bederf jou vriende met ‘n LENTEPARTYTJIE …
saam met Jak de Priester en vriende!
Datum: 24 Julie 2013
Tyd : 19:00
Plek : Gemeenskapsaal
Nelspruit
Toegang: R100 per persoon
(sluit in: ʼn vrugtesappie en
heerlike vleispasteitjie)
Ander musiekkunstenaars:
Tuindwergies, Glaskas,
Straatligkinders, Wasserval
Oefening 7
Kaartjiebespreking en navrae: Diane (013 741 1064)
Oefening 7
Vorm samestellings van die volgende woorde en onderstreep die verbindingsklanke:
7.1 klavier+speler
7.2 seun+koor
Skryf die stamme van elk van die volgende woorde neer:
7.3 gemeenskapsaal
7.4 vrugtesappie
Onderstreep die voor- en/of agtervoegsels in die onderstaande woorde:
7.5 vleispasteitjie
7.6 tuindwergies
Voltooi die volgende tabel deur ʼn regmerkie (√) onder die korrekte opskrif te maak.
17
bv. bladmusiek
7.7 kinderkoor
7.8 opgetree
7.9 liedjie
7.10 musiekkunstenaars
Samestelling
√
Afleiding
Samestellende afleiding
(10)
Woordorde:
S
subject (onderwerp)
V1
verb or helping verb (werkwoord)
T
time (tyd)
O
object (voorwerp)
M
manner (manier/wyse)
P
place (plek)
V2
verb - if there is helping verb (werkwoord)
I
Infinitive (infinitief: om ... te)
*net NIE kan na infinitief staan!
*Nie alle sinne het al die dele nie!
Persoon/ding wat iets doen
Wat hulle doen
Wanneer
Aan wie dit gedoen word
Hoe
Waar
Wat hulle doen
Oefening 8
Woordorde
Skryf die volgende sinne in die korrekte woordorde:
8.1
8.2
8.3
8.4
8.5
in Nelspruit, Ons gaan, bywoon, volgende week, ‘n lentepartytjie.
Al my vriende, die partytjie, by te woon, is genooi.
partytjies, mag, Niemand, nie, in die week, bywoon.
Al die tieners, in Nelspruit, die jaarlikse lentepartytjie, geniet.
plaasvind, Die jaar, sal, se partytjie, in Julie.
Leer die
reëls!
Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe)
Beskryf die selfstandige naamwoord
Kan na die s.nw. staan
Kan voor die s.nw. staan
Kort klank
Lang klank
Kort klank + f
Lang klank + f
Dubbel konsonant
Dubbel konsonant + f
Kort klank + g
Lang klank / dubbel
vokaal + g
Lang klank + d
Attributief
Dit is gladde seep.
Dit is ʼn wrede man.
Dit is growwe skuurpapier.
Dit is ʼn dowe ou oom.
Daar lê ʼn harde klip.
Hy het skurwe hande.
Dit is ʼn ligte veertjie.
Dis ʼn hoë berg.
Die moeë man wil slaap.
Ek drink ʼn koue koeldrank.
Die wye straat.
Die dooie hond word weggedra.
Daar hardloop ʼn goeie atleet.
Predikatief
Die seep is glad.
Die man is wreed.
Die skuurpapier is grof.
Die oom is doof.
Die klip is hard.
Die seun se hande is skurf.
Die veertjie is lig.
Die berg is hoog.
Die man is moeg.
Die koeldrank is koud.
Die straat is wyd.
Die hond is dood.
Die atleet is goed.
18
Dis ʼn smaaklike ete.
Die ete is smaaklik.
Ek dra ʼn pragtige rok.
Die rok is pragtig.
Dis kokende water.
Die water kook.
Die sinkende skip.
Die skip sink.
Die singende meisie.
Die meisie sing.
Lank en jonk
Dis ʼn lang seun.
Die seun is lank.
Dis ʼn jong seun.
Die seun is jonk.
nuut
Ek het nuwe skoene.
Die skoene is nuut.
Woorde wat emosie
Die bittere afskeid.
Die afskeid was bitter.
uitdruk
Die liefdelose huwelik.
Die huwelik is liefdeloos.
Woorde wat nie verander nie!
bitter
vuil
skoon
Die kleure (behalwe goud)
dapper
siek
bang
dik
suur
- Die kar is rooi. - Dit is ‘n rooi kar.
laat
swaar
- Die laken is wit. - Dit is ‘n wit laken.
lekker
vet
- Die ring is goud. - Dit is ‘n goue ring.
mooi
warm
Dit is dieselfde as by trappe van vergelyking se vergrotende trap, maar moet net nie
die “r” bysit nie!
Eindig op -lik
Eindig op -ig
B.nwe. wat in Eng.
eindig op -ing
Nog reëls om
Trappe van vergelyking
te leer!
 meeste woorde
-er en –ste word gewoonlik by die stellende
trap gevoeg, bv. mooier, mooiste
 woorde wat met –r eindig
-der; -ste → bv. duurder
 woorde met kort lettergreep wat op –
g eindig
-ter; -ste → bv. ligter
 woorde met lang lettergreep wat op g eindig
Let op die spelling, bv.:
 woorde wat eindig met -f
grof → growwer → grofste
hoog
laag
leeg
droog
moeg
→
→
→
→
→
hoër
laer
leër
droër
moeër
→
→
→
→
→
hoogste
laagste
leegste
droogste
moegste
19
Oefening 9
Trappe van vergelyking
Voltooi die kolomme:
Stellende trap
Vergrotende trap
… as / hoe … (-er)
Oortreffende trap
die … (-ste)
Losste
los
9.1
kwaaier
Kwaaiste
9.2
Kwaadste
kwaad
9.3
Lafste
laf
9.4
goed
9.5
9.6
baie
9.7
9.8
Interessantste
interessant
9.9
varser
vars
9.10
verlate
meer verlate
mees verlate
opgewonde
9.11
9.12
ervare
9.13
9.14
 byvoeglike naamwoorde wat absolute toestande uitdruk, het nie trappe van
vergelyking nie, bv. dood, niks.
Intensiewe vorm
Intensiewe vorm
(versterkte vorm)
Creative way of saying something is “very ...”
* EEN WOORD !!!
morsaf
af
off
stoksielalleen / vingeralleen
alleen
alone
brandarm
arm
poor
doodbang
bang
afraid
*bekend
alom bekend / welbekend
well known
wêreldberoemd
beroemd
famous
galbitter
bitter
bitter
stokblind
blind
blind
potblou
blou
blue
hemelsbreed
breed
broad/wide
pik- / stik- / nagdonker
donker
dark
morsdood
dood
dead
stokdoof
doof
deaf
smoordronk
dronk
drunk
kurkdroog
droog
dry
plankdun
dun
thin
peperduur
duur
expensive
doodeerlik
eerlik
honest
doodernstig
ernstig
serious
perdfris
fris
healthy
haarfyn / piekfyn / ragfyn
fyn
fine
doodgaar
gaar
cooked
goudgeel
geel
yellow
Vergelykings
soos/net soos/nes
So arm soos ʼn kerkmuis
So bang soos ʼn haas vir ʼn hond
So bitter soos gal/als/ aalwyn
So blind soos ʼn mol
So blou soos die hemel / berge
So donker soos die nag
So dood soos ʼn mossie
So doof soos ʼn kwartel
So dronk soos ʼn matroos
So droog soos strooi / kurk
So dun soos ʼn plank / papier
So eerlik soos die dag / goud
So fris soos ʼn vis in die water
So geel soos goud / borrie
20
gek
gelukkig
gevaarlik
glad
goedkoop
graag
groen
hard
helder
honger
hoog
jonk/jong
kalm
klein
koud
krom
kwaad
lam
lank
leeg
lekker
lelik
lewendig
lig
lui
maer
mak
maklik
min
moeg
mooi
nat
nodig
nugter
nuut
ongelukkig
onskuldig
*oop
ou(d)
mad/crazy
happy
dangerous
smooth
cheap
readily
green
hard
clear
hungry
high
young
calm
small
cold
crooked
angry
tired/lame
tall
empty
nice
ugly
lively
light
lazy
thin
tame
easy
few
tired
pretty
wet
necessary
sober
new
unhappy
innocent
open
old
stapelgek
doodgelukkig
lewensgevaarlik
seepglad / spieëlglad
spotgoedkoop
dolgraag
grasgroen
kliphard
kristalhelder / glashelder
doodhonger
hemelhoog
bloedjonk / bloedjong
doodkalm
piepklein
yskoud
hoepelkrom
smoorkwaad
boeglam
lewenslank
dolleeg
smullekker / doodlekker
skreeulelik / hondlelik
springlewendig
veerlig
vreklui
brandmaer
hondmak
doodmaklik
bittermin / bloedmin
doodmoeg
wonder-/pop-/prentjiemooi
sopnat / papnat / waternat /
broodnodig
doodnugter
splinternuut
doodongelukkig
doodonskuldig
wawyd oop
stokou(d) / horingoud
reg
reguit
rond
rooi
ryk
ryp
sag
seker
siek
skaam
skeef
skerp
skoon
snaaks
soet
correct
straight
round
red
rich
ripe
soft
certain
sick / ill
shy
skew
sharp
clean
funny
sweet/good
doodreg
penreguit / pylreguit
koeëlrond
bloedrooi / vuurrooi
skatryk / stinkryk
papryp
papsag/ sysag / fluweelsag/
doodseker
doodsiek
doodskaam
windskeef
vlymskerp
silwerskoon / beeldskoon
skreeusnaaks
suikersoet / stroopsoet
sout
salty
pekelsout
So glad soos seep / ʼn paling
So groen soos gras
So hard soos klip / staal
So helder soos kristal
So honger soos ʼn wolf / bees
So hoog soos die hemel / berge
So koud soos ys
So krom soos ʼnhoepel / sekel
So leeg soos ʼn eierdop
So lelik soos die nag
So lewendig soos ʼn vis in die water
So lig soos ʼn veer
So lui soos ʼn donkie / aasvoël
So maer soos ʼn kraai /
So mak soos ʼn lam
So maklik soos hand omkeer
So min soos die swart van jou nael
So moeg soos ʼn hond
So nat soos ʼn hoender
So onskuldig soos ʼn lam
So oud soos die berge / Noag se
ark
So reg soos ‘n roer
So rond soos ʼn koeël
So rooi soos bloed
So sag soos wol / sy / satyn
So seker as ek leef
So siek soos ‘n hond
So skerp soos ʼnmes/ skeermes
So soet soos suiker
/heuning
So sout soos ʼn bokkom
/
stroop
21
stadig
sterk
stil
styf
suinig
suur
swaar
swak
swart
tevrede
toe
vaal
vars
veilig
verlief
vet
vinnig
vol
vreemd
*wakker
warm
wit
slow
strong
quiet
stiff
stingy
sour
heavy
weak
black
closed
grey
fresh
safe
in love
vat
fast
full
strange
awake
hot/warm
white
slakstadig
leeusterk / ystersterk
doodstil
stokstyf
vreksuinig
asynsuur
loodswaar
kuikenswak / doodswak
pikswart / gitswart
doodtevrede
bottoe
asvaal
kraakvars / neutvars
doodveilig
smoorverlief / dolverlief
spekvet
blitsvinnig
propvol / stampvol
wildvreemd
wawyd wakker
vuurwarm / rooiwarm
spierwit / sneeuwit / skitterwit
So sterk soos ʼn bees / leeu
So stil soos ʼn muis / die graf
So styf soos ʼn paal
So suur soos asyn
So swaar soos lood
So swak soos ʼn lammetjie
So swart soos die nag / ʼn kraai
So veilig soos die bank
So vet soos ʼn vark
So vinnig soos blits
Leer elke dag tien (10)!
Vorm assosiasies om dit
So wit soos sneeu / melk
makliker te onthou.
Jy gaan definitief intensiewe
vorme in die eksamen kry!
22
Oefening 10
Intensiewe vorm
Voltooi die blokkiesraaisel:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
13
12
14
15
16
17
3.
5.
6.
7.
9.
13.
14.
15.
16.
17.
DWARS
baie styf
baie swart
baie warm
baie geel
baie reguit
baie droog
baie stil
baie groen
baie koud
baie glad
1.
2.
4.
6.
8.
10.
11.
12.
AF
baie goedkoop
baie wyd
baie regop
baie lig
baie warm is snikbaie maer
baie arm
baie sag
23
Voornaamwoorde
Enkelvoud
Eerste
persoon
Tweede
persoon
informeel
Tweede
persoon
formeel
Derde
persoon
manlik
Derde
persoon
vroulik
Onderwerpsvorm
ek
Jy
U
Hy
sy
Voorwerpsvorm
my
Jou
U
Hom
haar
Jack Parow in Witrivier!
Die voornaamwoord as onderwerp:
Bv. Ek ry per taxi teater toe.
Jy moet jou toegangskaartjie wys.
U het nog nie gesê waar die teater is nie.
Hy het sy kaartjie vergeet.
Sy kom nie meer konsert toe nie.
Die voornaamwoord as voorwerp:
Jan skuld my twintig rand.
Lindiwe sal jou bel.
Ek weet dat u opgewonde is.
Ma gaan hom by die teater haal.
Pa vra haar om saam konsert toe te gaan.
Datum: 11 Aug. 2013
Tyd : 18H30
Plek : Hoërskool Rob
Toegang: R100 p.p.
Kontak: 013-751 6361
vir meer inligting.
Moenie Jack mis nie –
jy sal spyt wees!
Meervoud
Eerste
persoon
Tweede persoon
informele
aanspreekvorm
Tweede persoon
formele
aanspreekvorm
Derde persoon
Onderwerpsvorm
ons
julle
u
hulle
voorwerpsvorm
ons
julle
u
hulle
Die voornaamwoord as onderwerp:
Bv. Ons gaan teater toe.
Julle moet ook teater toe gaan.
U moet vroeg kom.
Hulle is oppad teater toe.
Die voornaamwoord as voorwerp:
Die maats sal ons by die teater ontmoet.
My ma sal julle ook teater toe vat.
24
Die mense wonder waar u is.
Ek wil hulle by die teater sien.
1.
2.
TIPE VOORNAAMWOORDE
Die persoonlike voornaamwoord
Die persoonlike voornaamwoord word gebruik om na mense, diere en dinge
te verwys soos: hy, sy, julle, hulle,dit, ons, ens.
Dit is 'n kitaar.
Besitlike voornaamwoord
Die besitlike voornaamwoord word gebruik om die besitter aan te dui.
Jack speel op sy kitaar. Ek speel ook op my kitaar, maar myne is duurder as
syne.
Ek wonder of jy ook ʼn kitaar het en of joune dalk ook duurder as syne is, of
dalk net so duur soos myne is.
Onthou: Ons gebruik voornaamwoorde in die plek van mense se name. Dit is
die persoonlike voornaamwoorde. Hulle kan ook aandui aan wie iets
behoort.
Dit is die besitlike voornaamwoorde.
Persoonlike voornaamwoorde
Ek speel kitaar.
Jy speel kitaar.
Hy speel kitaar.
Sy speel kitaar.
Ons speel kitaar.
Julle speel kitaar.
Hulle speel kitaar.
Besitlike voornaamwoorde
Dit is my kitaar.
Die kitaar is myne.
Dis jou kitaar.
Die kitaar is joune.
Dis sy kitaar.
Die kitaar is syne.
Dis haar kitaar.
Die kitaar is hare.
Dis ons kitare.
Dis kitare is ons s'n.
Dis julle kitare.
Die kitare is julle s'n.
Dis hulle kitare.
Die kitare is hulle s'n.
Oefening 11
Persoonlike en besitlike voornaamwoorde
Gebruik voornaamwoorde in die plek van die vetgedrukte woorde:
11.1 Andy sing ʼn liedjie. (Andy) __________ sing lekker.
11.2 Ma kry ʼn CD van Jack. Die CD is (Ma s’n) __________.
11.3 Penny dans lekker. (Penny) __________ hou daarvan om te dans.
11.4 Thabo kry ʼn gratis CD. Die CD is (Thabo s’n) __________.
11.5 Jy luister na (jy) __________ CD.
11.6 Ons luister na die CD, want __________ het dit gekoop. Dit is _________.
11.7 Julle kry ʼn gratis CD en daarom is dit _________.
11.8 Hulle luister lekker na __________ CD.
(10)
ʼn Mens - jy/jou/jouself
As jy in ʼn sin praat van “'n mens” word dit altyd later in die sin gevolg deur
“jy” of “jou”.
Bv. ʼn Mens moet _______ eie liedjies skryf.
ʼn Mens moet jou eie liedjies skryf.
25
3.
ʼn Mens moet altyd vir ______ ’n kaartjie koop vir die konsert.
ʼn Mens moet altyd vir jouself ’n kaartjie koop vir die konsert.
Die betreklike voornaamwoord
Die betreklike voornaamwoord het betrekking op die selfstandige
naamwoord in die sin, bv.
Die man wat daar loop, het ’n CD gewen.
Die CD wat hy gewen het, is baie populêr.
Die geld waarmee hy die kaartjie koop, is sakgeld.
Oefening 12
12.1 Die teater (wat + in) die konsert plaasvind, is groot.
12.2 Die sanger (wie + van) sy hou, is Jack Parow.
12.3 Die bottel (wat + uit) Jack drink, is blou.
12.4 Jack is ʼn man (wat + vir) ’n mens kan lag.
12.5 Die mense (met + wat) ons konsert toe gaan, is opgewonde.
12.6 Die vrou (wie + met) hy praat, hou baie van Jack Parow.
12.7 Die boek (wat + van) ek jou vertel het, is ’n biografie van Jack.
12.8 Die deur (wat + deur) hy stap, is beman.
12.9 Die ry (wat + in) hy staan, is baie baie lank.
12.10 Jack se grappie (wat + oor) hulle lag, is snaaks.
(10)
26
HOOFSTUK 11: OMGEWING
Groen is die gonswoord van die nuwe generasie!!!!
27
In hierdie hoofstuk gaan jy:
Luister en praat
•
•
•
oor die omgewing praat.
aan ʼn klasbespreking deelneem.
ʼn praatjie lewer oor die herwinning van afval.
Lees en kyk
•
Skryf en aanbied
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
jou woordeskat uitbrei en begripsvrae beantwoord.
leer hoe om instruksies te skryf.
ʼn plakkaat maak.
ʼn e-posboodskap stuur.
aandag aan korrekte (formele) taalgebruik gee.
woordeboeke vir betekenis van woorde gebruik.
van spelreëls en -patrone leer.
woordvorming (kern en bepaler) doen.
telwoorde korrek gebruik.
fokus op sinsoorte (stel- en bevelsin).
teenwoordige, verlede en toekomende tyd korrek
gebruik.
ontkenning (negatief) gebruik.
Taalstrukture en
-konvensies
•
Luister en praat
Leef groen en wen
Ons kan almal ʼn rol speel in die bewaring van ons omgewing. As ʼn mens eers begin om op
‘n omgewingsvriendelike manier te probeer lewe, vind jy gou dat dit ʼn groot invloed in jou
lewe het. Een van die eerste dinge wat jy opmerk, is dat die hoeveelheid rommel in jou
huishouding verminder.
Tydens praat: Klasbespreking
Praat oor die volgende:
1. Leef groen
1.1
Wat beteken die simbool hier bo?
1.2
Gee een woord vir iemand wat rommel strooi.
1.3
Wat noem ʼn mens die groot houers waarin rommel gegooi word?
1.4
Gebruik SES TOT AGT WOORDE om ʼn slagspreuk vir ʼn plakkaat te skryf om mense
aan te moedig om betrokke te raak by herwinning.
Hier is ʼnpaar wenke van hoe om groen te leef by die huis:
• Neem jou eie inkopiesakke saam as jy winkels toe gaan.
• Moenie glasbottels weggooi nie, herwin dit.
28
•
•
•
•
1.5
Koop eiers in kartonhouers; anders as polistireenhouers, kan die karton weer gebruik
word.
Gebruik kombuisafval soos oorskietkos en groenteskille om kompos te maak.
Sorteer die rommel by die huis en by die skool. Gooi papiere in een blik, plastiek in ‘n
ander en blikkies in nog een.
Skakel die munisipaliteit vir inligting oor waarheen om hierdie herwinbare produkte te
vat.
Jy en ʼn groep maats wil ʼn groen klub by die skool begin. Maak ʼn lys van wenke wat
julle by die skool kan gebruik om groen te wees.
Praataktiwiteit
Julle het in die klas gepraat oor wenke van hoe om groen by die skool te wees. Lewer ʼn kort
praatjie waarin jy wenke gee oor hoe om afval te herwin.
Lees en kyk
Lees die onderstaande leesstuk sorgvuldig deur. Die woordelys onderaan behoort jou
te help.
Kom ons leef groen!
Besoedeling is ʼn menslike aktiwiteit wat die omgewing nadelig beïnvloed. Dit is ook die
mens se onkunde wat die grootste oorsaak van hierdie probleem is.
Die mens is van die vroegste tye af ʼn rommelmaker wat van die omgewing ʼn vullishoop
maak.
Oral hoop die rommel op, sien mens glas, plastiek, papier en blikke nutteloos rondlê. Baie
vullis beland wel nog op storthope, maar hierdie plekke is besig om oorvol te raak.
Wat gaan ons doen om vullis minder te maak? HERWINNING is die beste oplossing.
Herwinning is om nuttelose afval tot bruikbare produkte te omskep.
Die dae is verby toe jy trots op jouself kon voel as jy jou leë koeldrankblikkie in die
vullisdrom gegooi het. Vandag moet dit herwin word. Byna al die produkte wat ons gebruik,
kan herwin word. Om produkte te maak uit herwinde materiaal, word energie, dus
elektrisiteit, gespaar.
Papier
As jy ʼn pak koerante van een meter hoog herwin, spaar jy ʼn hele boom. Alle papier,
behalwe papier bedek met plastiek, foelie, gom of was, kan herwin word.
29
Plastiek
Elke huishouding is propvol plastiekprodukte. Plastiekafval vat baie plek op ashope en
neem duisende jare om te ontbind. Plastiese houers soos koeldrankbottels, koshouers,
skoonmaakmiddelbottels, sjampoebottels, plastieksakke, plastiekspeelgoed en
polistireenprodukte word herwin. Hierdie produkte word by ‘n versamelaanleg gesorteer
volgens kleur en soort. Dan word dit opgekerf in klein deeltjies. Daarna word dit gewas en
gesmelt. Hiermee word nuwe plastiekprodukte vervaardig. Tupperware en kleefplastiek
word nie herwin nie.
Glas
Glas kan weer en weer gebruik word sonder dat die gehalte van die produk afneem. Glas
word ingesamel en na ʼn herwinningsfabriek geneem waar dit volgens kleur
gesorteer en dan gewas word. Die glas word fyngedruk in klein deeltjies wat as breekglas of
cullet bekend staan. Die mengsel word in ʼn oond gesmelt en dan in vorms gegiet om nuwe
houers (soos koeldrankbottels) te maak.
Blikkies
Blikkies is 100 % herwinbaar en kan op hul eie gesmelt word, of dit kan met ander
metaalafvalstukkies gemeng word. Die verf buite aan die blikkie brand weg en die
aluminium onderaan dra by tot die metaalsmeltingsproses.
So word vandag se koerante môre se ontbytgraanbokse. Vandag se koeldrankbottel word
die stopsel in môre se slaapsak. Herwinning help nie net om besoedeling te bestry nie,
maar dra ook by tot die bewaring van natuurlike hulpbronne. Dit kan op die koop toe tot
groot besparings vir die verbruiker lei omdat sulke produkte meestal goedkoper is.
Wat gaan JY doen om vullis minder te maak?
WOORDESKAT
besoedel (pollution)
vervaardig (manufacture/ make)
nutteloos (useless)
afval (waste/ garbage)
herwin (recycle)
rommel (rubbish/ litter/ waste)
bruikbaar (usable)
bewaar (safe / protect)
ashope (rubbish dumps/ rubbish heaps)
hulpbronne (resources)
bespaar (save expenses / economise)
Oefening 1: Beantwoord die vrae oor die leesbegripsteks.
1.1
Wat beïnvloed die omgewing nadelig? Gee EEN woord.
(1)
1.2
Noem TWEE soorte rommel wat nutteloos rondlê.
(2)
1.3
Watter probleem ontstaan wanneer daar te veel vullis op storthope gegooi word?
Beantwoord hierdie vraag deur die volgende sin te voltooi.
“Baie vullis beland op storthope, maar …”
(1)
1.4
Kies die korrekte antwoord. Die probleem met die meeste plastiek is dat …
a.
alle plastiek herwin kan word.
b.
dit vinnig verrot.
c.
dit lank neem om te vergaan.
d.
dit min plek op ashope opneem.
(1)
1.5
Watter verskil is daar tussen die herwinning van papier en die herwinning
30
1.6
1.7
1.8
1.9
van glas?
(2)
Papier, hout en plastiek kan herwin word. Noem nog TWEE ander materiale wat ons
volgens hierdie teks herwin kan word.
(2)
Verduidelik die vier stappe in die herwinningsproses van glas.
(4)
Besoedeling beïnvloed die natuur nadelig. Is dit ʼn feit om ʼnmening?
(1)
Dink jy dat jy ʼn verskil kan maak as jy by ʼn herwinningsproses betrokke raak?
Motiveer jou antwoord.
(1)
[15]
Skryf en aanbied
Voordat jy skryf
Die volgende WENKE is op die webblad van jou skool geplaas.
• Gebruik verskillende houers om papier, glas en organiese materiaal by die skool te skei.
• Gebruik ʼn plastiekhouer om jou toebroodjie skool toe te neem, eerder as ʼn
weggooisakkie.
• Skenk die karton van leë toiletpapierrolle en papierhanddoekrolle aan ʼn kleuterskool.
• Gebruik afvalmateriaal vir tegnologieprojekte.
Tydens skryf
Die skool het ‘n kompetisie vir die leerder wat die beste herwinningsprojek voorstel.
Kies EEN van die volgende om deel te neem.
1) Vervaardig ʼn artikel van afvalmateriaal. Neem ‘n foto of maak ʼn skets van jou
artikel. Gee die INSTRUKSIES oor hoe die artikel of produk gemaak is.
OF
2) Jy moet die herwinningsprojek by die skool organiseer. Maak ʼn plakkaat met ʼn
slagspreuk en wenke om leerders te motiveer om deel te wees van die
herwinningsprojek.
E-pos inskrywing aan: [email protected].
Gebruik die onderstaande vorm om jou inskrywing te stuur.
Aan:
Onderwerp:
Boodskap:
31
Taalstrukture en -konvensies
Oefening 2: Woordeboekgebruik
Groen is die gonswoord van die nuwe herwinningsgenerasie. Kyk hoeveel groen-woorde jy
in die letterraaisel kan kry. (Daar is 15 woorde) Hulle kan van links na regs, bo na onder,
regs na links, onder na bo en skuins voorkom.
R
B
H
B
O
L
M
A
E
W
V
B
N
O
E
K
E
O
E
G
H
R
S
W
E
R
A
O
V
B
R
S
N
U
D
E
N
A
T
U
U
R
A
E
W
S
O
P
B
N
U
A
K
B
A
G
R
S
I
E
R
E
T
A
T
F
T
A
S
E
A
P
N
P
W
Y
D
P
T
V
I
U
G
V
A
A
H
A
A
J
A
E
E
A
L
L
U
O
W
A
A
R
S
G
E
T
L
L
E
A
R
R
E
R
E
I
D
I
R
A
O
B
M
E
K
I
B
I
L
E
P
F
A
L
O
R
M
R
E
V
K
P
O
W
L
T
S
A
S
H
O
P
E
I
T
W
B
R
U
I
K
B
A
A
R
O
R
E
Y
F
V
E
R
G
I
F
T
I
G
S
V
R
W
A
A
S
H
U
L
P
B
R
O
N
N
E
Oefening 3
3.1
3.2
Rangskik die woorde wat jy by oefening 1 gekry het, alfabeties.
(15)
Kies VYF woorde en maak sinne daarmee sodat die betekenis van die woord
duidelik daaruit blyk.
(5)
Woordvorming
Kern/stam/basisvorm
Dit is die deel van ʼn woord wat die betekenis aan die woord gee. Die basisvorm van die
volgende woorde is die vetgedrukte deel:
32
nut
- benut (utilize) / benutting (utilization) / nuttig (useful)
sien
- hersien (revise) / gesien (saw) / versien (fix)
waarde - waardes (values) / waardeloos (worthless) / waardering (appreciation)
handel
- handeling (action) / verhandel (sell)
Ongesond, onkunde, bestry, bespaar, nutteloos, boomloos, navorsing, opruiming
Vorm nuwe woorde
Nuwe woorde word gevorm voorvoegsels (premorfeme) en agtervoegsels (postmorfeme)
by een woord of basisorm te las, byvoorbeeld:
Voorvoegsels:
Ongesond, onkunde, bestry, bespaar
Agtervoegsels
nutteloos, boomloos, navorsing, opruiming
Kern
Voorvoegsels
be- (vol van – full of)
her- (weer – again)
on- (nie – not)
ont- (weg te neem)
ver-
nut (useful)
sien (see)
waarde (value)
leef (live)
moed (guts)
handel (do)
neem (take)
Agtervoegsels
-loos (sonder – without)
-ing (vorm s. nw.)
-ig (vorm die b. nw.)
-heid (vorm s. nw.)
-e/s (vorm meervoud)
-ie (vorm verkleinwoord)
Oefening 4:
Vorm nou jou eie nuwe woorde met die volgende stamme / basisse (kern)
4.1
koop
_______________________ en ______________________
4.2
lees
_______________________ en ______________________
33
4.3
4.4
4.5
4.6
4.7
4.8
sien
gaan
knop
leer
speel
slaap
_______________________ en ______________________
_______________________ en ______________________
_______________________ en ______________________
_______________________ en ______________________
_______________________ en ______________________
_______________________ en ______________________
(16)
Oefening 5: Telwoorde
Hooftelwoorde:
een, sewentien, drie-en-twintig, eenduisend
Telwoorde
Rangtelwoorde:
eerste, derde, honderdste, duisendste
Van 1-19 is dit altyd -de behalwe eerste, agtste
Van 20 en hoër altyd -ste
Doen die volgende oefening oor TELWOORDE. Skryf die getalle voluit.
5.1
Die herwinningskompetisie duur (31) … dae.
5.2
Van die (1) … dag af was die hele klas vuur en vlam.
5.3
Op die (2) … dag het die leerders reeds herwinningsprodukte begin bring. (1)
5.4
Dit het die klas (17) …uur geneem om die rommel te sorteer.
5.5
Die kompetisie laat net (100) … inskrywings toe.
(1)
(1)
(1)
(1)
(5)
Oefening 6: Sinsoorte
Onthou:
Daar is VIER soorte sinne:
1) Stelsin (statement)
2) Vraagsin (question)
3) bevelsin (command) en
34
4) uitroepsin (exclamation).
Die leestekens help om die sinne uit te ken.
Die stelsin word gebruik om ʼn stelling te maak, byvoorbeeld:
Besoedeling is ʼn wêreldwye probleem.
’n Bevelsin word gebruik as ʼn opdrag/ bevel gegee word. Die sin begin met ʼn werkwoord .
Sommige bevelsinne kan met ‘n uitroepteken eindig, byvoorbeeld:
Hou op rommel strooi!
Dui met ’n regmerkie aan watter soort sin elk van die sinne in die tabel is.
Stelsin
Bevelsin
√
Voorbeeld: Moenie rommel strooi nie.
6.1 Plastiekafval vat baie plek op ashope.
6.2 Gebruik afvalmateriaal weer.
6.3 Herwinning help mens geld spaar.
6.4 Moenie glasbottels weggooi nie.
6.5 Sorteer die rommel.
Verander die volgende sinne soos gevra:
6.6
Moet ons die natuur bewaar?
6.6.1 Vorm ʼn stelsin
6.6.2 Vorm ʼn bevelsin
6.7
Gooi jou rommel in die vullisblik. Vorm ʼn stelsin. Begin met: Jy …
6.8
Papier moet herwin word. Vorm ʼn bevelsin.
(1)
(1)
(1)
(1)
(4)
Oefening 7: Tye in Afrikaans
Verlede tyd (past tense)
Ons gebruik die verlede tyd om te vertel van iets wat reeds gebeur / klaar gebeur het.
ʼn Sin word soos volg in die verlede tyd geskryf:
Onderwerp
Werkwoord
Voorwerp (Object)
(subject)
(Verb)
+
Die leerders
Strooi
+
Rommel
35
UITSONDERINGS:
kan - kon
mag - mog
wil
- wou
sal
- sou
moet - moes
is
- was
Hulpwerkwoorde
kry nie HET en GEnie. Die
hulpwerkwoord
verander, maar bly
op dieselfde plek (V1)
Onderwep (subject)
Die leerders
Werkwoord
+
(Verb)
Voorwerp (Object)
+
Rommel
Werkwoord
+
ge+strooi
strooi
het
Onderwep (subject)
Die leerders
Woorde wat nie ge- kry nie:
be- (begin, bepaal)
ge- (gesels, ge…)
her- (herken, herhaal)
er- (erken, ervaar)
ver- (vergeet, vervang)
ont- (onthou, ontvang)
mis- (misken, mis…)
pro- (probeer, pro…)
Werkwoord
+
(Verb)
Voorwerp (Object)
+
Wil
Onderwep (subject)
Die leerders
(Verb)
+
Werkwoord
(Verb)
Wou
+
rommel
Voorwerp (Object)
rommel
Werkwoord
+
(Verb)
strooi
Werkwoord
(Verb)
+
Teenwoordige tyd (present tense)
Ons gebruik die teenwoordige tyd om te vertel van iets wat nou gebeur.
ʼn Sin word soos volg in die teenwoordige tyd geskryf:
Onderwep (subject)
Werkwoord
Voorwerp (Object)
(Verb)
+
+
Die leerders
rommel
strooi
strooi
36
Toekomende tyd (future tense)
Ons gebruik die toekomende tyd om te vertel van iets wat gaan gebeur.
ʼn Sin word soos volg in die toekomende tyd geskryf:
Onderwep (subject)
Werkwoord
Voorwerp (Object)
(Verb)
+
+
Die leerders
Rommel
Strooi
Onderwep (subject)
Die leerders
Werkwoord
+
(Verb)
+
Voorwerp (Object)
Rommel
Strooi
Werkwoord
+
(Verb)
strooi
sal
Onthou die tydwoorde wat die verskillende TYE aandui:
VERLEDE TYD
TEENWOORDIGE TYD
TOEKOMENDE TYD
Gister …
Vandag …
Môre …
Verlede week/ maand/ jaar/ Elke dag …
Volgende week / maand /
Saterdag …
Deesdae …
jaar / Saterdag …
Vroeër …
Tans …
Later …
In die verlede …
Op die oomblik …
In die toekoms …
Onlangs …
Nou …
Binnekort …
Eergister …
Volgende …
S (V1) T O M P (V2) I
S (V1) T O M P I
S (V1) T O M P (V2) I
T + V1 + S O M P + ge-V2
T + V1 + S O M P I
T + V1 + S O M P + V2
Gister het ek rommel netjies in die
herwinningsdrom gegooi.
Vandag gooi ek rommel netjies
in die herwinningsdrom.
Môre sal ek rommel netjies in die
herwinningsdrom gooi.
Voltooi nou die volgende tabel:
VERLEDE TYD
TEENWOORDIGE TYD
7.1.1 Gister …
7.1.2 Die leerders leef groen.
7.2.1 Verlede week …
7.2.2 Vandag …
7.3.1 Daar was baie
rommel.
7.4.1 Vroeër …
7.5.1 In die verlede …
7.3.2 Nou …
7.4.2 Die rommel hoop op.
7.5.2 Tans …
TOEKOMENDE TYD
7.1.3 Môre …
7.2.3 Hulle sal rommel
versamel.
7.3.3 Later …
7.4.3 In die toekoms …
7.5.3 Môre sal alles herwin
moet word.
Oefening 8: Ontkenning
Die belangrikste reëls vir die ontkenning / negatief
NEE
=
NO
Nee, ek wil nie mors nie
37
NIE
=
NOT
GEEN
MOENIE
=
=
NO
DON’T
Ek het geen idee hoe om papiere te herwin nie!
Moenie papiere rondstrooi nie
Onthou: In Afrikaans gebruik ons ʼn dubbele negatief.
S v1 NIE T O M P v2 NIE
(Skryf die eerste nie na die eerste werkwoord)
Piet wil nie papiere optel nie.
OF
S v1 NIE T O M P v2 I NIE
(Skryf die eerste nie na die eerste werkwoord, en die laaste nie na die infinitief)
Piet weet nie hoe om groen te leef nie.
‘n Paar vangplekke
If there is no object or adverb (T M P) in the
sentence and the sentence ends on the verb
TYD, WYSE, PLEK = bywoorde (adverbs)
▪
Ek sien.
Ek sien nie.
▪
Ek mors.
Nee, ek mors nie.
▪ Ek sien nou(bywoord) Ek sien nie nou nie
▪ Ek sien dit.
nie.
Nee, ek sien dit
If verb 1 is followed by a pronoun or a proper
noun ( a person’s name) the NIE goes directly
AFTER the noun
▪ Ek sien hom.
nie.
Nee, ek sien hom
▪ Ek sien Johan.
nie.
Nee, ek sien Johan
▪ COMMANDS ( Bevele)
▪ Slaap nou!
nie!
Start with MOENIE, verb goes to the end of
the sentence and NIE follows
Nee, MOENIE nou slaap
▪ Maak die venster toe! Nee, moenie die
venster toemaak
nie!
▪ REQUESTS ( Versoeke)
▪ Tel asseblief die papiere op!
Start with MOET ASSEBLIEF NIE, verb goes
to the end of the sentence and NIE follows
Nee, MOET ASSEBLIEF NIE die papiere
optel nie
▪ Help jy die mense wat papier herwin?
Nee, ek help nie die mense wat papier
herwin nie
▪ Weet julle wat julle aan die aarde
doen?
Nee, ons weet nie wat ons aan die aarde
doen nie
▪ QUESTIONS ( Vrae )
To answer the negative question, change the
following pronouns in the sentence
Jy
ek
Julle
ons
38
▪ TWO NEGATIVE WORDS IN A
SENTENCE
Only change the first one
▪ Jy kan nie sê: Nee, ek het nog nie niks
gedoen nie
▪ Was iemand al ooit op die maan?
Nee, niemand was al ooit op die maan
nie
Voltooi die volgende sinne in die ontkenning
8.1
8.2
8.3
8.4
8.5
Het jy al ooit aan ʼn herwinningsprojek deelgeneem?
Nee, …
Alle polistireenhouers kan herwin word. Nee,...
Gooi rommel in die rivier.
Besoedeling vind nog steeds plaas.
Is daar iets wat ons aan besoedeling kan doen?