Selfstandige naamwoord - E

Transcription

Selfstandige naamwoord - E
GRAAD 6
Naam:
Bespreek:
Selfstandige naamwoorde gee name aan dinge, voorwerpe, emosies, diere, plekke
en mense.
Afrikaans het baie verkleinwoorde. Kom ons leer op watter maniere selfstandige
naamwoorde verklein kan word.
Voeg –ie by die stam: boekie, fietsie, dorpie, jassie, hempie
Voeg –pie by die stam: boompie, droompie,
vormpie, stroompie (woorde wat op ʼn “m” eindig)
Voeg –jie by die stam: katjie, badjie, perdjie
(woorde wat op ʼn “t” of ʼn “d” eindig, kry altyd ʼn –jie
aan die einde)
Voeg –tjie by die stam: babatjie, vroutjie, seuntjie,
peertjie, beertjie
Voeg –etjie by die stam: blommetjie, tangetjie,
tongetjie
Voeg –kie by die stam:
In Afrikaans staan ʼn “g” en ʼn “k” nooit ooit
langs mekaar nie. Ons kan sê die “k” hou
nie van “g” nie. Sodra hulle langs mekaar
moet staan, skop die “k” die “g” weg.
Let op hoe die volgende woorde verklein word.
Stam
koning
piesang
horing
doring
heining
© e-classroom 2015
Verkleining
koninkie
piesankie
horinkie
dorinkie
heininkie
Sin:
Die koninkie hou van piesangs.
Die koninkie eet ʼn piesankie.
Die bokkie se horinkie het aan die draad vasgehaak.
Die dogtertjie het in ʼn dorinkie getrap.
Die hondjie hardloop al langs die heininkie.
www.e-classroom.co.za
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Selfstandige naamwoord
GRAAD 6
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Oe fening 1:
Verander die onderstreepte woorde na verkleinwoorde:
1. Die seun gooi die bal oor die muur.
2. ʼn Doring het in die meisie se voet gesteek.
3. Die vrou lees vir haar baba ʼn boek.
Oe fening 2:
Verander die onderstreepte woorde na
verkleinwoorde.
1. Die koning het vir die kinders elkeen ʼn
piesang gegee.
2. Langs die heining groei ʼn mooi boom.
3. In die drom is daar baie blomme.
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za
GRAAD 6
Verkleinwoorde: Kies die woord wat reg gespel is tussen hakies.
1. Die seun speel met sy emmertjie en (graffie,
grawie grafie, grawie).
mannetjiemaanetjie, mannetjie) stap vinnig in
2. Die (manetjie,
die paadjie af.
tafelie tafeljie, tafelie) lê ʼn boekie.
3. Op die (tafeltjie,
4. In die veld wei ʼn klomp (koeijies,
koeitjies koeiie, koeitjies).
5. Die katjie sit op die (matie,
matjie mattie, matjie).
6. Die (glassie,
glasie glastjie, glasie) het gebreek.
Bespreek:
Selfstandige naamwoorde gee name aan dinge, voorwerpe, emosies, diere, plekke
en mense.
Selfstandige naamwoorde kry ook meervoude.
1. Voeg –e by die stam: boeke, fietse, dorpe, jasse, krale, balle
2. Voeg –s by die stam: vorms, seuns, neefs, arms
3. Voeg –te of –de by die stam: ligte, kaste, beeste, gesigte,
grafte, hoofde
Reël om te onthou:
In die meervoud verander die “f” gewoonlik na ʼn “w”, bv.
stoof – stowe;
druif – druiwe; graaf – grawe. (Uitsonderings: neef/
neefs; nimf/nimfe)
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Oe fening 3:
Enkelvoud
kind
lam
pad
skilpad
vrou
vlag
dag
maag
plaas
Meervoud
kinders
lammers
paaie
skilpaaie
vrouens
vlae
dae
mae
plae
GRAAD 6
Enkelvoud
nag
vrag
drie
knie
vlieg
oorlog
voël
saag
hoof
Meervoud
nagte
vragte
drieë
knieë
vlieë
oorloë
voëls
sae
hoofde
Oe fening 1:
Verander die onderstreepte woorde na meervoude:
1. Die kind gooi die bal oor die muur.
2. ʼn Doring het in die meisie se voet gesteek.
3. Die vrou lees vir hul baba ʼn boek.
• Onthou: Wanneer ons woorde in die meervoud skryf, val die ʼn vooraan weg.
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Leer die volgende moeiliker meervoude:
GRAAD 6
Oe fening 2:
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Verander die onderstreepte woorde na meervoude.
1. Die koning het vir die kind ʼn piesang gegee.
2. Langs die heining groei ʼn mooi boom.
3. In die drom is daar baie blom.
Oe fening 3:
Meervoude: Kies die woord wat reg gespel is tussen hakies.
1. Die seun speel met sy emmer en (graafe,
grawwegrawe, grawwe).
mans mante, mans) stap vinnig in die paadjie af.
2. Die (mane,
3. Op die (tafels,
tafele tafele) lê baie (boeks,
boek boeke).
4. In die veld wei ʼn klomp (koeie,
koeis koeis).
5. Die vrou kyk na al die (mate,
matte mats, matte) in die winkel.
6. Die (glasse,
glase glase) het gebreek.
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za
GRAAD 6
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Antwoorde
Oefening 1:
Verander die onderstreepte woorde na verkleinwoorde:
1. Die seuntjie gooi die balletjie oor die muurtjie.
2. ʼn Dorinkie het in die meisietjie se voetjie gesteek.
3. Die vroutjie lees vir haar babatjie ʼn boekie.
Oefening 2:
Verander die onderstreepte woorde na verkleinwoorde.
1. Die koninkie het vir die kindertjies elkeen ʼn piesankie gegee.
2. Langs die heininkie groei ʼn mooi boompie.
3. In die drommetjie is daar baie blommetjies.
Oefening 3:
Verkleinwoorde: Kies die woord wat reg gespel is tussen hakies.
1. Die seun speel met sy emmertjie en (grafie).
2. Die (mannetjie) stap vinnig in die paadjie af.
3. Op die (tafeltjie) lê ʼn boekie.
4. In die veld wei ʼn klomp (koeitjies).
5. Die katjie sit op die (matjie).
6. Die (glasie) het gebreek.
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za
GRAAD 6
Graad 6 Kwartaal 3 Week 1-2: Taalstrukture en –konvensies: Selfstandige naamwoord
Oefening 1:
Verander die onderstreepte woorde na meervoude:
1. Die kinders gooi die balle oor die mure.
2. Dorings het in die meisies se voete gesteek.
3. Die vrouens lees vir hul babas boeke.
Oefening 2:
Verander die onderstreepte woorde na meervoude.
1. Die koning het vir die kinders piesangs gegee.
2. Langs die heinings groei mooi bome.
3. In die dromme is daar baie blomme.
Oefening 3:
Meervoude: Kies die woord wat reg gespel is tussen hakies.
1. Die seun speel met sy emmer en (grawe).
2. Die (mans) stap vinnig in die paadjie af.
3. Op die (tafels) lê baie (boeke).
4. In die veld wei ʼn klomp (koeie).
5. Die vrou kyk na al die (matte) in die winkel.
6. Die (glase) het gebreek.
© e-classroom 2015
www.e-classroom.co.za