Kursus 3 - Kanaan Ministries

Transcription

Kursus 3 - Kanaan Ministries
Kanaan Bedieninge
Amanda Buys se Geestelike Dekking
Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende
bediening onder die dekking van:
• El Shaddai Christelike Kerk, Durbanville
Pastoor Ken Turner
• River of Life Family Church, Vanderbijlpark
Pastoor Edward Gibbens
Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen gedeelte van
hierdie materiaal mag egter gereproduseer en/of aangebied word vir
persoonlike gewin nie. Alle regte van hierdie materiaal word
voorbehou om die Koninkryk van die Here Jesus Christus ALLEENLIK
te bevorder.
Gepubliseer deur:
Kanaan Bedieninge
Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling, kontak ons asb. by:
Posbus 15253
John Vorsterrylaan 27
Panorama
Plattekloof Uitbr. 1
7506
Panorama 7500
Kaapstad
Kaapstad
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Tel.: (+27) (021) 930 7577
Faks: (+27) (021) 930 7070
E-mail: [email protected]
Webblad: www.kanaanministries.org
Kantoorure: Maandae tot Vrydae, 9vm – 3nm.
2
BIOGRAFIE (2005)
My naam is Amanda Buys en ek woon sedert l994 in Kaapstad. Ek is reeds 30
jaar getroud met Roland en ons het drie kinders: René - (28), getroud met
Herman, Corné (27) en Debbi - (25). My bediening het 20 jaar gelede 'n
aanvang geneem uit my huis waar ek baie ure bestee het aan berading.
Ek het geen formele opleiding aan 'n teologiese instelling ondergaan nie en dit
was verstommend om te ervaaar dat die Here my by Sy Universiteit ingeskryf
het om opgelei te word deur 'dosente' wat Hy self gekies het as instrumente in
Sy hande, spesifiek vir my vorming.
Terwyl die Here my ontwikkel en onderrig het, het die bediening geleidelik
gegroei en ek is versoek om wat ek geleer het gaandeweg in te span om aan
die versoeke vir opleiding en onderrig te probeer voldoen. Talle leermeesters
wat ek nie eers geken het nie, verdien krediet vir die inset in my lewe gelewer,
so veel van hulle was selfs nie bewus van my bestaan nie, MAAR GOD WAS!!
Ek het notas en inligting begin saamvoeg en orden - stukkies en brokkies - uit
alle oorde, hierby het ek my persoonlike ervarings gevoeg en aldus het 'n
basiese 'Soul Care School' ontwikkel.
Hierna het 'n kursus in 'Inner Healing' gevolg - weereens notas uit alle oorde bandjies waarna ek geluister het en boeke gelees.
Die behoefte om raadgewers het ontstaan en so is 'n verdere kursus ontwikkel:
'The Practical Application of Soul Care'.
Ek het 'n kursus deur John en Paula Sandford bygewoon nadat ek al hulle
boeke gelees het. Hulle het 'n besondere impak op my lewe gemaak en dit
was 'n seën om waar te neem hoe hulle kinders gedy onder die dubbelporsie
salwing.
Dereck Prince is nog 'n gesalfde leermeester in my lewe van wie ek soveel
geleer het en baie veilig gevoel het terwyl hy die Woord oopbreek met soveel
insig en wysheid.
Fiona Desfontein het ook 'n bydrae gelewer om my 'n beter begrip te gee oor
sake in my eie lewe waarmee ek geworstel het. Ek het ure bestee om na haar
bandjies te luister.
Ek het soveel kennis en insig bekom van Dr. Rebecca Brown en ek glo dat sy
'n baie manhaftige persoon is deur te volhard met haar taak. Sy het enorme
vevolging verduur en 'n groot gedeelte van ons huidige kennis aangaande die
okkulte is bekom aangesien sy bereid was om die prys te betaal en haar lewe
af te lê vir die Koningryk. Ek beveel al haar boeke aan.
Selwyn Hughes (Living with Jesus Everyday) het ook 'n impak op my lewe
gemaak vanweë sy baie spesifieke, unieke benadering tot berading.
3
Deur die genade van God en onverdiende guns, het Hy die bediening en
roeping op my lewe ontwikkel en vergroot van 'n beskeie huisvrou/hoërdkool
onderwyser met 'n BSc graad tot 'n uitgebreide bediening in Suid Afrika, asook
in Duitsland, Oostenryk, Portugal en onlangs Taiwan.
Ek het van meet af nie kopiereg op notas, boeke ens. voorbehou nie
aangesien ek duidelik van God gehoor het. God is die bron, Hy kies die
persoon as 'n instrument en niks meer nie. Alle gebaafdhede/openbaringe kom
in ieder geval van Hom.
My motief is om slegs my koste, wat so laag as moontlik gehou word, te dek
met die oog op die swak wisselkoers van ons geldeenheid. My fokus is gerig
op die minderbevoorregte armes, gevangenisse, die gebroke persone. Ek saai
talle boeke in hierdie gebiede sowel as in die res van Afrika.
Iemand het 'n gratis webtuiste tot my beskikking gestel. Enige persoon kan dus
nou inligting gratis onttrek na vrye wil.
'n Pastoor/leraar het onlangs by 'n internasionale Unuversiteit krediet ontvang
vir alle kursusse deur hom geslaag en word in aanmerking geneem vir
voltooiing van sy graadkursus.
In die lig van hierdie agtergrond, is dit noodsaaklik dat ek erkenning gee aan
die persone/instansies wat dit verdien. Dit is nie moontlik vir my om presies
aan te dui wat die bron of oorsprong van elke sin of paragraaf is nie. In die
beginjare het ek bloot geskryf soos die Here my gelei het. Dit was onmoontlik
om indertyd te visualiseer dat die bediening die huidige hoogtes sou bereik.
Ek kan basies die name van die boeke op my boekrak bewonder en die
outeurs uitsonder en aan hulle sê: Baie, Baie dankie dat julle gehoorsaam was
aan die oproep van God op julle lewens, vir die prys om tetrou te bly, vir die
prys en opoffering van die gesinne betrokke deur jou toe te laat om deur God
gebruik te word.
Mag God elkeen van julle ryklik seën en beloon vir die voorreg wat ek kon
benut om te deel in die gewaardeerde vrug van julle arbeid.
Ek bring hulde aan en eer elkeen van julle as medewerkers in Jesus Christus.
My bede is dat julle sal volhou om die liggaaan van Christus te verryk met julle
talente en genadegawes en dat julle volhard totdat Hy kom.
4
Bronne:
1.
Ø
Ø
Ø
Ø
Ø
Ø
Ø
Boeke deur die Sandford gesin:
The Transformation of the Inner Man
Healing of the Wounded Spirit
Restoring the Christian Family
Healing victims of Sexual Abuse
Deliverance and Inner Healing
Renewal of the Mind
Healing woman’s Emotions
2. They shall Expel Demons – Derek Prince.
3. Schemes of satan – Mike Warnke
4. Healing through Deliverance – Peter Horrobin
5. Secrets of Your Family Tree – Dave Carder MA; Dr. Earl Henslin; Dr. John Townsend; Dr.
Henry Cloud.
6. The Beautiful Side of Evil – Johanna Michaelson.
7. Free Indeed – Tom Marshall
8. Healing from the Inside out – Tom Marshall
9. No Longer a Victim – Burton Stokes and Lynn Lucas
10. How to Conduct Spiritual Warfare – Mary Garrison
11. Beauty for Ashes – Joyce Meyer
12. The Wounded Heart – Dr. Larry Crabb
13. How to cast out Demons – Dorris Wagner
14. Possessing the Gates of the Enemy – Cindy Jacobs
15. Deep Wounds, Deep Healing – Charles H. Craft
16. Tired of Trying to Measure up – Jeff van Vonderen
17. Dealing with the Rejection and the Praise of Man – Bob Sorge.
18. Books by Watchman Nee:
Ø The Latent Power of the Soul
Ø The Spiritual Man
19. Boeke deur Dr. Rebecca Brown
Ø He came to set the Captives Free
Ø Prepare for War
Ø Becoming a Vessel of Honour
Ø Unbroken Curses
20. Boeke deur William Schnoebelen:
Ø Wicca, satan’s little white lie
Ø Masonry beyond the Light
Ø Blood on the Doorposts
21. Seductions Exposed – Gary L Greenwald
22. Living from the Heart Jesus Gave you – James G. Friesen, Ph.D; E. James Wilder, Ph.D;
Anne M.Bierling, M.A.; Rick Koepcke, M.A.; Maribeth Poole, M.A.
23. Boeke deur Gary Chapman:
Ø The Five Love Languages
Ø Five Signs of a Loving Family
Ø The other side of Love
Kursusse:
Ø Elijah House – Basic School for the Ministry of Counseling
Ø Fiona Desfontein – Posess the Land
Ø Selwyn Hughes – Carer and Counselors Course
5
INHOUD
KURSUS 3 – Hoe om bevryding te bedien
Praktiese Riglyne vir Gebedsbedienaars
7
‘n Woord aan Beraders
8
1.
Bevryding
10
2.
Riglyn Beginsels
16
3.
Hoe om 'n demoon van oppressie te onderskei en
hoe om dit uit te dryf
22
4.
Praktiese Voorstelle vir die bevrydings bediening
33
5.
Bevryding van Kinders
39
6.
Bevryding van Homoseksuele
44
7.
Verslawings
50
8.
Depressie
61
9.
Voorgeboortelike Wonde en Sonde
69
10.
Seksuele Misbruik
75
11.
Die Sluimerende Geesmens
81
12.
Die Gevange Geesmens
87
13.
Ouerlike omkering en Plaasvervanger Maat
94
14.
Verbintenisse en Oordragings
103
15.
Geestelike Egbreuk en Empatiese Besoedeling
109
16.
Berading
116
17.
Praktiese Voorstelle vir Spesifieke gevalle
166
18.
Stappe na Vryheid uit Vorige Wonde en Sondige Leefwyse
193
Bylae A: Die Beginsels van Christelike Doktrine
205
6
PRAKTIESE RIGLYNE VIR
GEBEDSBEDIENAARS
As gevolg van die aard van die materiaal wat gedurende hierdie kursus aangebied
word, is dit noodsaaklik dat diegene wie dit bywoon, dit doen onderworpe aan die
volgende voorwaardes:
1. Dat jy die toestemming van die pastoor van die plaaslike kerk waaraan jy
behoort, kry. Vra asseblief vir jou pastoor om in die aangeduide plek
onderaan hierdie vorm te teken. Jy moet 'n aktiewe lid van jou plaaslike kerk
wees.
2. Dat jy alreeds Sielesorg Skool I en die Innerlike Genesing Kursus II
afgehandel het.
3. Dat jy Kanaan Bedieninge vrywaar van enige verantwoordelikheid of
aanspreeklikheid voortvloeiend uit die gebruik van hierdie materiaal. Hierdie
vrystelling word benodig omdat: Elke individu se eie agtergrond, ervaring
en waardestelsel sal bydra tot 'n unieke perspektief wat 'n impak sal hê
op die gebruik van die materiaal.
• Die vlak van die berader se ervaring sal die effektiwiteit van die gebruik
van die materiaal beinvloed.
• Dit is noodsaaklik dat ALLE partye in 'n beradings sessie die Bybelse
beginsel sal aanvaar dat Jesus Christus van Nasaret, die Seun van God
is wat in die vlees aarde toe gekom het. Hy is die enigste WEG, die
WAARHEID en die LEWE.
• Dit is noodsaaklik dat die berader onderworpe aan en onder die dekking
van 'n plaaslike gemeente is, dat die leierskap die gawes van genoemde
berader erken en hom/haar daardeur as berader erken. (Spr. 18:16)
• Dit is noodsaaklik dat die leierskap van daardie spesifieke plaaslike
gemeente die materiaal goedkeur.
GETEKEN: _______________________ (Aansoeker vir Gebedsbediening)
GETEKEN: _______________________ (Pastoor van Plaaslike kerk)
NAAM VAN GEMEENTE:
_______________________________________________
7
'N WOORD AAN BERADERS
JULLE WORD TOT GETUIE GEROEP
God leer ons dat ons in Sy rus moet ingaan. Wanneer ons besef watter vryheid ons
in Hom vind deur Hom te dien, sal ons as werkers in Sy Koninkryk waarlik effektief
wees.
Ons moenie probeer “presteer” óf voorgee nie (bv. deur vrees gemotiveer), maar
ons moet toelaat dat God se liefde ons pogings motiveer.
Tot ‘n mate bestaan daar 'n diep gewortelde siening dat ons prestasies bepaal wie
ons is, bv. 'n pastoor wat 'n redelike groot kerk lei met al sy programme wat glad
verloop, sal as suksesvol beskou word.
Of, indien jy 'n goeie inkomste genereer om in al die materiële behoeftes van jou
gesin te voorsien, sal jy in die oë van die wêreld as 'n sukses beskou word.
Uiteindelik sal jy jouself midde in 'n nimmer eindigende lys dinge bevind waartoe jy
verplig voel om te “kwalifiseer” - deur jou huis foutloos aan die kant te hou, elke dag
10 km te draf of daagliks vir 10 ure lank te bid, ens. ... .
As dit is hoe mens die lewe sien, kan jy in 'n patroon van voortdurende kompetisie
vasgevang raak, om almal van belang te probeer behaag, bv., Ma, Pa, die Baas,
my Pastoor, God, óf myself.
Wanneer ons getuig, vertel ons altyd wat “ons” vir God gedoen het, sonder om te
besef dat ons in werklikheid besig is om onsself te regverdig in plaas daarvan om
God te verheerlik.
Liewe mede pelgrim, dit verteenwoordig 'n wanopvatting aangaande die Christelike
wandel, omdat dit gebaseer is op, en gemotiveer word deur ons eie godsdienstige
hoogmoed (eie prestasie), sowel as deur vrees vir verwerping i ndien ons nie daarin
sou slaag om te “presteer” nie.
Dit is nie die vryheid waartoe God ons geroep het nie.
Jou waarde word nie deur wat jy vir God kan doen bepaal nie. Ons is wat Hy, in Sy
groot Genade en Meegevoel, gekies het om deur Jesus in ons te doen. Ons is die
lewende bewys van die feit dat Jesus leef en as Koning van die Heelal heers.
Jesus, Wie die goeie werk in ons begin het, sal dit ook voltooi. (Fil. 1:6)
Vanaf verlore, verworpe en vreesgevulde mense, sal Hy ons na die heerlike posisie
van verlosde seuns en dogters van die Lewende God – nuwe skeppings in
Christus, verander.
Die getuienis van Jesus is die werk wat Hy reeds, en nog steeds, in ons doen. Deur
die krag van Sy liefde word ons daagliks na die beeld van Christus verander..In
Jesus Christus is die liefde se begin en einde deur hierdie selfopgelegde taak Ons
moet egter in Hom bly en Hy in ons, omdat net soos die loot geen vrug kan dra as
dit nie in die wynstok is nie, kan ons ook nie vrug dra as ons nie in Hom bly nie.
Die Woord van God sê dat ons niks sonder Jesus kan doen nie. Indien ons dit glo,
kan ons Hom waarlik in Gees en Waarheid aanbid.
8
Wanneer ons dit verstaan, kan ons as medewerkers in die Koninkryk van God én
as vennote in die verkondiging van die Evangelie en mede-erfgename met
Christus, saamwerk.
Terwyl ons tot volmaaktheid na die beeld van Christus deur die vernuwing van ons
gemoed groei, sal Hy deur ons en in ons vrugte produseer, terwyl die heerlikheid
en eer Hom alleen toekom, sodat ons aan Hom al die Aanbidding en Eer kan gee.
Wanneer ons hierdie waarheid snap, begin ons, as medewerkers van Christus,
deur Sy krag en deur Sy liefde en blydskap gemotiveer, in God se wingerd te werk.
Ons probeer nie langer om God deur ons eie pogings te behaag nie.
Jesus stel nie belang in wat jy kan doen nie. Hy is besig om 'n werk in jou te doen.
Hy is die Een wat ons vooruitgegaan het sodat ons na Sy beeld vernuwe kan word.
Jesus Self, aangespoor deur die liefde en behae van die Vader, berei 'n bruid voor
wat aan God as trofee, vir die liefde en genade van die Vader, oorhandig sal word.
.
Hy roep jou om saam met Hom te werk terwyl Hy ook in jou werk sodat ander deur
jou na Sy Beeld, tot die heerlikheid van die Vader, verander kan word.
Jy is Sy getuie! Aan God al die eer!!!
9
Lesing 1
BEVRYDING
10
1. BEVRYDING
Die krag van die vyand word deur bevryding verbreek. Die patroon van
sonde word verbreek deur die wandel in die Gees te wandel.
WAT IS BEVRYDING?
Daar is nie iets soos 'n “Bevrydings Bediening” nie. Hierdie bediening word aan
die hele Liggaam van Jesus Christus toegesê. Ons vind dat ‘n spesiale
salwing op sekere mense vir 'n spesifieke bediening rus, by voorbeeld vir
genesing, bevryding, gebed vir die Doping in die Heilige Gees, ens.
Jy sal hierdie salwing uitken deur kennis te neem van die mense wat oor jou
pad kom. Jou gawe maak vir jou plek. Is hul behoefte hoofsaaklik genesing of
bevryding? Die Here sal mense volgens die salwing op jou lewe na jou stuur
en so sal jy méér op 'n sekere gebied, as op ander gebiede, funksioneer.
DIE LEWE VAN JESUS
Hand. 10:38 - “...met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf
het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed
gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God
met Hom was.”
Wanneer die Evangelie met krag bedien word, sal dit altyd op 'n konfrontasie
met die koninkryk van duisternis uitloop.
Luk. 4:14 - “14EN Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa
teruggekeer...”
Die salwing verwar, en maak demone anstig sodat hulle hulself identifiseer.
(Mark. 1:23-27). Nadat die eerste demoon uit die Kerk verjaag is, het die
vervolging begin. Bevryding is vir die kinders van God, nie vir die wêreld nie.
DIE KERK
Mark. 3:14,15 - “En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon
wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek
15
en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.”
Hierdie twaalf dissipels het presies dieselfde bediening gehad as wat Jesus op
die aarde gehad het, naamlik om die Evangelie te preek en duiwels uit te dryf.
Luk. 9:1,2 - “EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en
gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2
En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die
siekes gesond te maak”
Om die Koninkryk van Jesus te verkondig en demone uit te werp, gaan
hand aan hand en kan nie van mekaar geskei word nie.
11
Luk. 10:1,2 - “EN ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander
aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar
Hy sou kom.
2
Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die
Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.”
Sewentig word met dieselfde opdrag uitgestuur. Luk. 10:17-21: Demone word
gekonfronteer en moet hulle aan die prediking van die Woord onderwerp.
DIE OPDRAG
Mark. 16:17,18 - “17En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my
Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
18
slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen
kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
Die Kerk het bang geword om demone uit te dryf. Sommige probeer 'n klein
'bevrydings hoekie' te hê, want nie almal wil hul hande vuil maak nie! Die
Kerk moet in hierdie bediening begin vloei, veral vandag waar die
betrokkenheid van okkultisme vinnig toeneem. Ons sal andersins nie in staat
wees om die mense wat gered is, te behou nie.
Hierdie mense sal nie in staat wees om in oorwinning te lewe nie en sal
geestelike blokkasies ervaar wat hul geestelike groei sal verhinder.
Belofte aan die Kerk:
Mat. 16:18 - “18En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek My
gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”
Waarskuwing: Moenie só spesialiseer in hierdie bediening tot die punt waar
elke oomblik van elke dag daaraan gewy word om demone uit te dryf nie – 'n
wanbalans sal intree. Jy moet ook op ander gebiede funksioneer. Onthou dat
lofprysing en aanbidding baie belangrik is.
Waarom ontvang sekere mense genesing wanneer daar vir hulle gebid
word en ander nie? Die persoon wat bid verteenwoordig die Liggaam van
Christus. Baie mense in die Liggaam van Christus lewe nie skoon en heilige
lewens nie – daarom is daar korporatiewe sonde en dit bied aan die duiwel die
reg tot petisie en word genesing teëgehou.
12
DIE BEVRYDINGSBEDIENING IS TWEEVOUDIG
1. Die ongeredde (gedurende evangelisasie); baie neem Jesus aan, maar baie
min kan op die pad bly.
2. Kinders van God in die Kerk – diegene wat steeds gebind is.
3. Ons moet leer om die persoon in die geheel te bedien – nie net 'n
sondaarsgebed te bid nie.
BEVRYDING IN DIE KERK
Spr. 21:22 - “22Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting
neer waar dit op vertrou.”
Nadat 'n persoon gered is, moet hy voortdurend bediening ontvang sodat
hy in homself sterk kan word en op sy beurt ook kan reproduseer.
Huis selle kan baie goed hierin funksioneer. Vestings in mense se lewens
moet hanteer word. Vandag produseer die Kerk voortdurend Christene met
probleme wat antwoorde soek in plaas daarvan dat hulle vir die wêreld 'n
antwoord het. Die Kerk moet dissipels maak.
Die vyand het daarin geslaag om die Kerk met VREES te bind; vrees vir die
duiwel, demone, bevryding. Mense is bang om betrokke te raak en wil nie
daaroor praat nie. Dit is werklik onkunde!
Jesus het self met demone afgereken. Ons is nie meer geestelik as Hy
nie.
Mat. 16:18 sê dat God jou vir hierdie bediening bekwaam het – GLO DIT!!
Mense glo die leuen dat jy eers ervaring nodig het voordat jy kan bid. Ons bid
nie vir mense omdat ons wil nie – dit is 'n opdrag om te bid!!
WAT HET DIE GELOWIGE NODIG?
• GELOOF: Kry die Woord in jou hart – nie slegs in jou kop nie. (Die vyand
werk vanaf 'n platform van leuens en vrees). Satan SAL probeer om jou te
verhinder – wees bewus daarvan en wees daarop voorbereid.
• Ken JOU OUTORITEIT oor die werke van duisternis. (Luk. 10:19 – gesag
en mag oor ALLE demone). Outoriteit is in die Naam van Jesus. “In die
Naam van Jesus” is nie 'n towerspreuk nie – ons is waarlik IN Christus! Ken
ook die KRAG van die Heilige Gees. Stel jou in op die Heilige Gees.
• BESKERMING: Die BLOED VAN JESUS –is 'n lewende teken van ons
Verbond met God die Vader.
13
VYF ALGEMENE PROBLEEM AREAS IN DIE KERK MET DIE BEDIENING
VAN BEVRYDING
1. Mense wat bevryding verlang wanneer dit 'n vleeslike probleem is, bv.
Wellus, woede, vraatsugtigheid, ens. Hierdie probleme kan geestelike
oorspronge hê, maar soms het dit vleeslike wortels, bv. Geen
selfbeheersing nie. Die berader moet in hierdie gevalle kan onderskei.
2. Mense wat kits bevryding vir al hulle probleme verlang. Hulle was al dikwels
by verskeie beraders en probeer iemand soek wat “genoeg krag het om
hulle te bevry”. Daar is geen kitsoplossing nie. Die persoon moet die Woord
bestudeer en daaroor mediteer, bid, aanbid, ens. Ons moet daaraan werk
om die grondgebied by satan terug te neem.
3. Mense wat passief is en wil hê dat jy alles vir hulle moet doen. Hulle wil
nie Jak. 4:7 toepas nie.
Jak. 4:7 - “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van
julle wegvlug.”
4. Mense wat bevryding wil hê terwyl hulle in werklikheid lering nodig het.
5. Mense wat vir ‘n derde party bevryding verlang , bv. Huweliksprobleme “Bevry tog net my man / vrou, dan sal al my probleme opgelos wees.”
14
WANNEER IS BEVRYDING NODIG?
ALGEMENE AREAS
1) Wanneer daar 'n geestelike blokkasie a.g.v. 'n okkultiese wortel of 'n vloek
is. (Deut. 29:18), bv. iemand wat gedurig in die kerk slaap.
2) Wanneer daar 'n verslawing is. Dit begin in die vlees, bv. Sosiale drankies,
pornografie, ens.
3) Wanneer daar probleme by die oorsprong is, bv. woede – die
bron/vesting is rebellie.
4) Sommige siektes is 'n gevolg van bindinge en dan is bevryding nodig. Luk.
13:10-13, 16.
5) Wanneer mense met veroordeling worstel, bv. Katolisisme (moet betaal vir
jou sonde). Iemand met sterk wortels in hierdie geloof, moet van die wortel
en die oppressie wat uit hierdie lering voortvloei, losgesny word.
Voortdurende veroordeling kan veroorsaak dat jy teruggly. (Sien
Verloëningsgebede: Babiloniese Wortels).
15
LESING 2
RIGLYN BEGINSELS
16
2. RIGLYN BEGINSELS
REGVERDIGING
HEILIGMAKING
BEVRYDING
(Sonde uit die
verlede) –
hergeboorte –
Wedergebore
(Huidige sonde –
HEILIGHEID)
(Lasarus) – jy maak die
grafdoeke los; gaan
verder as blote
belydenis van sonde –
mense word vrygemaak
van bindinge; handel
met die werke van die
duiwel
•
Rom. 3:24
•
Efes. 1:13; 2:8-10
Die loon van die sonde
word verwyder die
oomblik wanneer ons
tot wedergeboorte kom.
Ons posisie voor God –
ons word gered deur
GELOOF; geregverdig,
wonder- werke deur Sy
GENADE. Ons verlede
word uitgevee en ons
staan voor God,
onskuldig van enige
oortreding.
[Indien dit AL is wat ‘n
kerk sy gemeente leer,
sal geen geestelike
groei plaasvind nie
(geredde sondaars!)]
VERGIFNIS
•
Rom. 6:1-7 (krag van
sonde – nie ‘n lys
van moet’s en
moenie’s)
•
Kol. 2:14-15
•
1 Joh. 3:5,8
Omdat ons in hierdie
wêreld gebore is, is ons
outomaties onder die
wet van sonde en dood.
Ons moet sterf om van
hierdie wet te ontkom
(gekruisig met Christus).
Die doop is ‘n begrafnis.
Hergeboorte is ‘n werk
van die Heilige Gees.
Jou hart verander, jou
begeertes word soos
God se begeertes –
heiligmaking. Dit vind
dwarsdeur jou lewe
plaas en is ‘n restourasie
van die siel. [Bevryding
verander nie jou hart of
jou houding nie]
Jesus het vir ons gesterf
sodat ons aan Sy
geregtigheid deel kon hê.
Hy het verder gegaan en
met die magte van
duisternis afgereken sodat
verlossing vanuit die
wettige kontrakte wat ons
met die vyand aangegaan
het, bewerk kon word.
Tekens:
RESTOURASIE
BEVRYDING
• Fisies, bv. Siektes, of
a.g.v. onversoenlikheid
• Verstand – gefolter
• Emosies – word
onderdruk
• Wil – in slawerny
DIE VERSKIL TUSSEN HEILIGMAKING EN BEVRYDING
Bevryding is nie 'n plaasvervanger vir:
•
BEROUVOLLE BEKERING NIE (hart van Dawid, nie Saul)
Dit beteken nie slegs 'n verandering in die gedagtegang nie, maar 'n 180°
wegkeer van sonde af. 'n Alkoholis moet van sy kroeg ontslae raak. Wees
versigtig vir mense wat van die een berader na 'n ander gaan. Daar is moontlik
'n geheime sonde waaraan hulle vasklou. Dit behels ook dat ons sonde sal
haat – hoe dieper jou berou, hoe groter jou bevryding.
17
•
SELF-DISSIPLINE
1 Kor. 9:27 - “27Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie
miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.”
Sonder selfdissipline word 'n persoon passief en kom in 'n
chaotiese toestand. Leer die persoon om orde in sy eie lewe te
skep. Hy/sy moet leer om die Bybel te lees, te bid, rekeninge te
betaal, ens. Die persoon moet besef dat hyself verantwoordelik
is om sy verstand te vernuwe en die vyand te weerstaan.
•
KRUISIG DIE VLEES
('n Demoon kan nie gekruisig word en die vlees kan nie uitgedryf word nie!)
Vleeslike begeertes bevredig die sintuie. Hier speel die wil 'n baie belangrike
rol. Neem 'n besluit en bewys dit deur jou dade, bv. indien alkohol of sigarette
jou probleem is, raak daarvan ontslae. Spyker dit aan die Kruis! Moenie met 'n
skuldige gewete saamleef nie – anders leef jy in 'n leuen!
•
VERGIFNIS
Mat. 18:34,35 - “34En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers
totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
35
So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder
van harte sy oortredinge vergewe nie.”
Onversoenlikheid bied aan die vyand 'n wettige reg om 'n
Christen te bind. Haat kom voor in mense wat nie ander wil
vergewe nie. Dit is nie haat of 'n demoon wat uitgedryf moet
word nie. Die ingesteldheid van jou hart moet verander!!
Die persoon wat onvergewensgesindheid
saamdra is die een wat ly. Moenie 'n
persoon beraad wat nie wil vergewe nie.
Hy/sy moet met hart en siel vergewe, maak
nie saak hoe moeilik dit is nie.
AREAS WAT AAN DIE VYAND WETTIGE REG BIED
Efes. 4:26, 27 “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie
ondergaan oor julle toorn nie; 27en gee aan die duiwel geen plek nie .”
1 Joh. 5: 18, 19 - “Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie;
maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op
hom nie. Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die
Bose lê.”
18
Spr 21:22 - “Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer
waar dit op vertrou.”
Vind uit waar die deur oopgemaak is; waar die duiwel grondgebied verkry het;
waar vestings of wortels is. Handel met die grondgebied wat aan satan
gegee is: Neem dit terug, maar moenie beraad indien die vyand steeds wettige
grondgebied het nie. Die persoon moet eers bely sodat jy 'n platform kan hê
waaarvandaan jy kan werk.
1. OKKULTE WORTELS
Okkultiese wortels kan op verskillende wyses bindinge veroorsaak, bv. siektes
soos asma, ens. Daar is drie stappe om met hierdie wortels te handel:
(a) Die bloedlyn moet afgesny word (sondes van die vaders tot in die derde
en vierde geslagte).
Bid in GELOOF - pasop vir ‘n prosedure. (Baie van wat tydens bevryding
gedoen word is vir die oog onsigbaar.) Bid elke gebed in geloof. Konsentreer
op elke woord; moenie toelaat dat dit ‘n ritueel word nie. Toe Jesus die
vyeboom vervloek het, is die wortels afgesny, maar dit was eers die volgende
dag sigbaar.
Gee lering voor jy bid - verduidelik wat jy doen en hoekom jy dit doen –
verduidelik wát en waarom jy dit doen. Werk deur belydenis en verloëning van
alle sondes wat geïdentifiseer word terwyl daar deur die lys in die Sielesorg
Handleiding gewerk word.
PA
MA
Verloën ook enige vloeke, uitgesproke vloeke, bose wense, oorgeërfde
siektes, verwarring, oppressies, ens. wat deur die bloedlyn oorgedra word.
Wees sensitief vir die gawe van 'n woord van kennis waar die Heilige Gees
dinge in die bloedlyn aan jou openbaar wat afgesny moet word. (Sien
volledige Bloedlyn gebede op bl. 139.)
19
Daarna, ent jy hierdie afgesnyde punte in die bloedlyn van die Ware Wynstok –
Jesus Christus – waar al die voordele van Golgota ons eiendom word - liefde,
selfbeheersing, krag, gesondheid, ens.
(b) Vloeke
Voorbeelde:
1. Egskeidings in familie.
2. Armoede ongeag die hoeveelheid geld wat verdien word.
Staan op die Woord wanneer vloeke verbreek word.
Spr. 26:2 - “Soos die voëltjie wegvladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is
‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.”
(c) Verloëning
Wees versigtig vir okkultiese kosbaarhede:
Deut. 7: 25, 26 - “Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur
verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir
jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die Here
jou God ‘n gruwel. En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie
net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en
dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.”
Hand. 19:19 - “…en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die
boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde
daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was.”
Vernietig alle okkultiese voorwerpe, bv. beeldjies, boeke ens.
Mense moet met hulle eie monde belydenis en verloëning doen sodat die
grondgebied teruggeneem, en elke kontrak met die vyand deur die Bloed van
Jesus gekanselleer kan word. Hiermee maak jy alle deure toe wat jy
oopgemaak het.
2. VERGIFNIS
•
•
•
Wie het jou in die verlede seergemaak?
Wou jy al ooit iemand seermaak?
Het jy iemand al ooit verwens?
3. REBELLIE
• Waarom?
• Teenoor die Here?
20
4. VREES VIR MENSE
Baie mense het bevryding nodig, maar is gebind deur ander mense se opinies,
bv. sosiale drankies - jy is te bang om standpunt in te neem.
Tydens lofprysing en aanbidding vind daar dikwels bevryding plaas maar baie
bly onbetrokke. Hulle dink:'wat sal die mense daarvan sê?'
Spr. 29:25 - "Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die Here
vertrou, sal beskut word."
HOE OM DIE PERSOON TE KRY OM MET JOU SAAM TE WERK
Die grootste deel van bevryding bestaan uit lering.
1. Maak seker dat die persoon verstaan wat jy doen.
2. Die waarheid is die basis van bevryding. - Joh. 8:32. Onderrig en
verduidelik aan die persoon sodat hy/sy met jou kan saamwerk en daar
sodoende baie minder manifestasies, indien enige, hoef te wees.
Manifestasies kan vir die persoon angswekkend wees omdat hy homself met
die demoon se aksies identifiseer - hy voel skaam en verleë.
3. Wanneer die persoon dinge moet verloën, laat hom self bid - moenie die
gebed lei nie. Dit laat die persoon konsentreer op wat hy/sy doen – ‘n
wilsbesluit word gemaak. Dit maak nie saak hoe lank hulle neem nie - wees
geduldig! NB: Bid die "Verloëningsgebede" deur..
4. Fokus net op dít wat hulle kan verstaan en ontvang - sommige gevalle is so
ingewikkeld dat daar meer as een sessie nodig sal wees. Moenie alles op een
slag probeer oplos nie.
5. Hulle moet die verantwoordelikheid van hul eie keuses dra - jy is nie hul
steunpilaar nie! Jy kan nie die vyand namens iemand anders weerstaan nie hy moet dit sélf doen. Hulle móét en kán die Bybel lees.
6. Die vernuwing van die verstand - is die versterking van die wil. Slegs dan
kan die persoon weerstand bied. Die wil word versterk namate die verstand die
waarheid ontvang - dán kan jy die vyand weerstaan. As die wil nie sterk is nie,
kan geloof nie funksioneer nie. Hou deur GELOOF aan God se Woord vas.
7. Onderrig die persoon om sy / haar eie petisies op te te stel. Hierdie vorm
van gebed is baie kragtig en help die peersoon om die verantwoordelikheid
van sy eie stryd op te neem. (Sien lering oor Petisies, verkrygbaar by Kanaan
Bedieninge).
Lees ook "Voortdurende Lewe van Oorwinning is moontlik" verkrygbaar by Kanaan
Bedieninge. Dit is die opvolg lering van die Sielesorg Skool.
21
Lesing 3
HOE OM
TUSSEN ‘N DEMOON EN
OPPRESSIE TE
ONDERSKEI EN HOE
OM DAARVAN ONTSLAE
TE RAAK
22
3. HOE OM TUSSEN ‘N DEMOON EN
OPPRESSIE TE ONDERSKEI EN HOE OM
DAARVAN ONTSLAE TE RAAK
DINGE WAT TYDENS BERADING ONDERSKEI MOET WORD
1) WAAR het die persoon grondgebied aan die vyand afgestaan?
God het die mens die vermoë gegee om weerstand te bied. Die
mens moet self toestemming vir sonde gee. (Sielesorg Skool –
Lesing 7 – Die Wil).
2. HOEVEEL grondgebied is aan die vyand afgestaan, bv.
Vele jare waarin geen weerstand gebied is nie; onbybelse
leefstyl; onbybelse standaarde in die huwelik; verkeerde
gewoontes, ens. Baie lering is hier nodig.
As die vyand wettige reg het om daar te wees, sal dit moeilik
wees om hom uit te dryf.
3. Is die persoon OOP om te ontvang? Bv., indien die persoon pas gered is,
bedien eers op die grondgebied van die okkulte,bloedlyn vloeke, okkultiese
voorwerpe, ens.
Opregte belydenis is belangrik. Handel ook met die bevryding van dwelms,
alkohol, seksuele wellus, ens. Saamwoon voor die huwelik bv., - verduidelik
huwelik, ens.
4. Hoeveel bevryding kan die persoon BEHOU? Bv. In ‘n huwelik met verkeerde
fondasies, jaloesie, selfsug en verkeerde optrede is bevryding op sy eie nie
voldoende nie. Indien die persoon haat en woede in hom ronddra, sal hy nie
sy bevryding behou nie. Hy moet eers bevry word ten einde terug na daardie
verhouding te gaanen in vergifnis wandel. Baie onderrig word benodig –
moenie net demone jaag nie!
Verbreek ou, verkeerde en negatiewe gedragspatrone van die verlede, bv. om na
alkohol te gryp elke keer wanneer daar ‘n krisis is. Moenie weer in sonde verval óf
probeer ontsnap wanneer jy kwaad word nie! (Alkohol kan ‘n ontsnappingsroete
word). Onderrig die persoon met betrekking tot oop deure, bv. rook, drink, ens.
Mense wil hê dat jy vir hulle sal bid sodat hulle hul gedagte patrone sal verander
ten einde ‘n sondige gewoonte te beëindig. Onthou dat die mens sy eie Wil het!
Wees bedag op geheime sondes wat die persoon nie wil bely en staak nie, bv. die
persoon bely die rook van sigarette, maar nie die gebruik van dagga nie. Geheime
sondes is ‘n binding wat die persoon weer in sonde terugtrek.
23
BALANS IN DIE BEVRYDINGS BEDIENING
DIE INDIVIDU SE VERANTWOORDELIKHEID
EN
DIE STRATEGIE VAN DIE VYAND TEEN DIE INDIVIDU
(Gedragspatrone wat die persoon beheer)
1. BEROUVOLLE BEKERING (Dawid vs Saul)
Neem die verantwoordelikheid vir wat jy is en vir wat jy gedoen het, bv. Jou vrou
geslaan, alkoholis, ens.
Waar het jy die deur oopgemaak?
Deur opregte belydenis te doen, word die hart van die mens voorberei om
bediening te kan ontvang. Deur sonde te verloën en deur opregte belydenis
word die deure toegemaak.
Saul (selfverwyt)
Dawid (berou)
Wens hy het beter opgetree
Aanvaar die waarheid wanneer
gekonfronteer word
Voel jammer vir dit wat hy
gedoen het.
Fokus op God en die gewonde een.
Het ‘n “goeie rede” om
ongehoorsaam te wees.
Maak geen verskonings – aanvaar
volle verantwoordelikheid
Wil pynlike gevolge vermy
Gewillig om gevolge van sonde
te dra
Slegs gehoorsaam wanneer
gerieflik
Gewillig om 180º omkering te maak
Manipulasie vir eie gewin
Onwillig om toe te gee;
Hou by God se opdragte
2. SELFDISSIPLINE moet aangeleer word.
3. KRUISIGING VAN DIE VLEES
Om vry te kom, moet jy sonde haat.
4. VERGIFNIS
Verhoudings moet herstel word.
24
PRAKTIESE BEVRYDING
1. Beraadslaag met die persoon en onderrig hom. Laat Lig en Waarheid na vore
kom. Die strategie van die vyand moet onderskei word. (inligting kom uit Sielesorg
Skool).
Joh. 8:32 – “32En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Baie word, deur slegs die waarheid te hoor, bevry.
2. Bid nou saam met die persoon. Weet dat jy toegerus is. Vertrou net die
Heilige Gees vir onderskeiding, salwing en krag – jy moet slegs gewillig wees. Hy
wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld is! Moenie vlug wanneer die
manifestasies begin nie!
3. Maak seker dat die persoon deel van ‘n gemeente is sodat hy gevestig en
bemoedig kan word. Huisselle, Bybelstudies, ens., is baie belangrik. Net ná
bevryding is ‘n persoon baie kwetsbaar, byna soos ‘n eierdop wat leeggeblaas
is. Nou moet dit deur die Woord opgevolg word. Moenie op die aanvalle van
buite, jou gevoelens, emosies, ens. konsentreer nie. Stel jouself net daarop
in om die Woord in te neem.
DIE VERSKIL TUSSEN OPPRESSIE EN DEMONIESE BESETENHEID
Volgens Jak. 4:7 het elkeen van ons die vermoë om weerstand te bied, maar baie
doen dit nie en weet ook nie hoe nie. Die mens is bang – vrees is die werk van die
vyand. Geloof bring God se krag in werking.
Jak. 4:7 – “7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van
julle wegvlug.”
HOE BIED EK WEERSTAND?
Spreek die Woord – veg terug! Elke keer wanneer ‘n aanval kom, MOET jy
weerstand bied, bv. Vrees in ‘n vliegtuig, woede-uitbarstings, onrein gedagtes wat
tot masturbasie lei, ens. Weier dit en gebruik die Woord van God as ‘n swaard.
Wanneer die aanval oor en oor kom en jy nie op daardie spesifieke gebied
weerstand bied nie, gaan dit oor tot ‘n oppressie.
OPPRESSIE:
Die meeste Christene wat na jou vir bevryding kom, ervaar op sekere gebiede
oppressie. Hulle kan nie weerstand bied nie. Jy moet vir hulle bid om van
daardie oppressie los te kom. JY MOET REIN WEES!!
25
In werklikheid bied jy namens hulle weerstand. Jy tree tussen die persoon en die
duiwel in en neem gesag oor die werke van die vyand. Dit voel asof ‘n trein oor jou
gaan! Jy bind en bestraf die bose gees en beveel dit om sy greep op daardie
persoon te laat los. Dit is soos ‘n swaar, neerdrukkende wolk rondom die persoon
wat hom/haar nie slegs beinvloed nie, maar ook die vermoë het om hom/haar te
noodsaak en aan te dryf. Die persoon MOET bely en verloën sodat die berader ‘n
platform kan hê waarvandaan hy kan werk.
Bind en weerstaan hierdie ‘wolk’ en beveel dat sy houvas verbreek moet word en
dat dit moet gaan. Nadat jy gebind en weerstaan het, moet die positiewe dinge
van die Here losgemaak word, bv. Waar daar vrees was, verklaar 2 Tim. 1:7 –
liefde, krag en ‘n gesonde verstand.
Daar kan ook manifestasies wees, omdat die oppressie op die persoon, selfs al
kom dit van buite af, so swaar op hom rus, dat hy verplig voel om te doen wat die
bose gees hom beveel. Wanneer daar vir ‘n geruime tyd geen weerstand
gebied was nie, sal die oppressie van die bosemag beheer neem. As berader,
moet jy jou outoriteit en krag in Jesus Christus ken en alle manifestasies in die
Naam van Jesus moet jy stuit. Moenie die demoon toelaat om die persoon rond te
gooi nie. God is ‘n God van orde – Hy sal nie Sy kinders verkleineer nie. (Sien:
parameters o m te stel wanneer met die demoniese gehandel word).
Aan die begin van jou bediening sal jy vind dat daar baie weerstand van die vyand
se kant kom – hy toets jou outoriteit en daag jou uit. Indien jy standvastig in Jesus
Christus bly staan, sal toekomstige bevrydings makliker verloop. Bv., die storm op
die see van Galilea toe Jesus na die oorkant gevaar het, was die demonies besete
man van Gadara daar. Satan het probeer om Jesus daarvan te weerhou om die
man te bevry en het die watergeeste en geeste in die lug aangehits en ‘n storm
veroorsaak. Satan sal probeer om jou deur vervolging, tale, leuens, jou werkgewer,
ens. te verhinder.
26
OPPRESSIE
27
DEMONIESE BESETENHEID
Indien die vyand voortdurend aanval én geen weerstand gebied word nie, sal hy
jou grondgebied betree en sy vestings dáár oprig. Vrees, byvoorbeld, wat nie
weerstaan word nie, sal in verskillende fobies ontaard. Wanneer dit gebeur, is 'n
gees van vrees in daardie persoon aanwesig. Jy kan nie slegs bid vir verlossing
nie. Die gees moet uitgedryf word.
Wanneer ‘n bose gees manifesteer, is dit as gevolg van die salwing van die Heilige
Gees. Kyk na die lewe van Jesus. ‘n Manifestasie vind plaas wanneer die vyand
sy aanwesigheid bekend maak. Hy word deur die salwing gedwing om na die Lig
te kom en homself te identifiseer. Die salwing laat hom van vrees sidder. Onthou,
hy wil in die duisternis bly en sy werk in duisternis voortsit.
DEMONIESE BESETENHEID
28
WAT SIEN JY GEDURENDE ‘N DEMONIESE MANIFESTASIE?
WEES VERSIGTIG VIR FORMULES / RESEPTE
1. Dit sal beangs skreeu – onbeheersd – nie ‘n menslike skreeu nie. Wees op jou
hoede vir die vlees!
2. Oë – wyd oopgesper en wild; baie wit rondom die iris van die oog. Daar is iets
anders in die oë wat vir jou kyk.
3. Soms is daar ‘n gesindheid van agressie – dit lyk asof die vyand jou wil aanval.
Moet nooit jou oë toe maak nie! Die vyand kan nie ‘n gelowige aanraak wat
onder die beskerming van God wandel nie. 'n Muur word, as gevolg van jou
geloof in God, om jou gebou.
4. ‘n Persoon wat demonies beheer word, kan die gelowige nie in die oë kyk nie.
Dit is vir hom soos twee sterk ligstrale wat uit die gelowige se oë skyn en in sy
eie oë inbrand. Die gelowige se gesig is helder verlig, en dit verblind die
demoon. Die krag van die demoon neem af terwyl hy in jou gesig kyk. Hy sal
probeer om sy oë toe te maak, maar dwing hom om dit oop te hou. Pas ook op
vir psigiese krag.
5. Skuim om die mond; vertrekte gesig en liggaam; lyk soos epileptiese aanvalle.
6. ‘n Demoon kan veroorsaakdat die persoon van jou weghardloop. Agtervolg
die persoon! Die demoon kan met jou praat – moet nooit antwoord nie.
7. Die demoon kan voorgee dat hy weg is óf om te verhinder dat daar vir die
persoon gebid word, sal dit voorkom asof die persoon in die Gees geval het.
Wees voorbereid!
8. Onbeheersde krete met gelag. Die demoon probeer om jou soos 'n dwaas te
laat voel sodat jy moet onttrek. Hy wil hê dat jy vertroue in jouself en die Here
moet verloor; hy wil hê dat jy iemand anders se hulp moet inroep. NB: Indien jy
hierdie een verloor, sal ie volgende een nóg moeiliker wees en sal jy te bang
wees om weer te bid. Staan van en gaan voort om in die naam van jesus die
demoon te weerstaan. Jy sal oorwin!
9. Net voordat die demoon uitgaan, begin dit hartverskeurend huil. Daarná
verlaat dit die persoon.
LET ASSEBLIEF OP: Bogenoemde is moontlike manifestasies – daar is geen
patroon nie.
29
WAT MOET DIE BERADER DOEN?
1. Maak seker dat dit ‘n demoon is en nie 'n skynvertoon van die vlees nie.
2. Moenie met die demoon worstel deur in ‘n fisiese stoeigeveg met die
persoon gewikkel te raak nie. Gebruik Jesus as jou voorbeeld – Hy het demone
met Sy Woord uitgedryf. Moenie hande oplê tensy God jou toelaat nie. Wanneer
twee of meer persone die bevryding uitvoer, moet slegs EEN bevele gee
terwyl die ander ondersteuning bied. Maak beurte om die leiding te neem. (Dit
werk soos in die leër. Daar is slegs een in bevel en die ander ondersteun).
3. Gebruik jou oë én stem met gesag. Praat ferm en duidelik maar moenie
skreeu nie.
4. Jy moet die vyand verbied om chaos te veroorsaak. Belet enige
manifestasies en marteling. Dikwels sal die vyand probeer om ‘n persoon te
wurg. Onthou dat God die persoon liefhet. Jy is besig om in Sy Naam, in Sy
Krag, met Sy Woord en onder Sy Bloed, te bedien. Jy moet namens die persoon
beheer uitoefen, net soos Jesus dit sou gedoen het. Moet nooit met toe oë bid
nie.
5. Jy moet tussen die persoon en die vyand, wat jy weerstaan, onderskei. Jy moet
bevele met 'n ferm stemtoon gee wanneer jy met die vyand praat. Gebruik 'n sagter
stemtoon wanneer met die persoon gepraat word. Kry die persoon om met jou
saam te werk wanneer jy die demoon beveel om uit te gaan. Die persoon se wil
kom dan in lyn met God se wil.
6. Praat bevelend met die vyand.
7. Beveel stilte en verbied die vyand om die persoon te beseer óf te beheer.
8. Dit is onnodig om die demoon op sy naam aan te spreek tensy God dit duidelik
aan jou stel. Andersins moet jy die onrein gees bestraf. Jesus het slegs met
onrein geeste gepraat wanneer Hy hulle beveel het om te gaan.
9. Vra God om jou deur Sy engele te versterk.
30
GRENSE WAT BEPAAL WORD WANNEER MET DIE DEMONIESE GEHANDEL
WORD:
Hiermee beveel ek dat alle demoniese geeste hier teenwoordig, die volgende
opdragte, wat in die Naam en gesag van die ware Here Jesus Christus gegee
word, sal gehoorsaam.
1.
Julle sal geensins manifesteer buiten wat die Here Jesus Christus jul toelaat
nie.
2.
Julle sal in geen vorm of voorkoms, anders as jul ware vorm, manifesteer nie
nie.
3.
Julle sal op geen wyse deur hierdie persoon se fisiese liggaam manifesteer
nie, en julle sal ook geen fisiese pyn teweeg bring nie.
4.
Julle sal op geen wyse, gedurende hierdie bedieningsproses die werk deur
duisternis of verwarring verhinder nie.
5.
Julle sal nie met enige dele (innerlike persone) praat nie, en julle sal ook nie
keer dat enige ander dele die ware Here Jesus sien of hoor nie.
6.
Julle sal nie herinneringe wegsteek of die vloei van geheue op enige wyse
verhinder nie.
7.
Julle sal nie met my praat behalwe wanneer ek jul beveel nie óf indien die
Here Jesus jul aansê om met my te praat nie.
8.
Wanneer julle wel met my praat, sal julle slegs sê wat die Here Jesus julle
beveel – niks meer en niks minder nie, en julle sal met respek met my praat.
9.
Julle word nie toegelaat om enige vrae te vra nie.
10. Julle sal nie vuil taal gebruik óf leuens vertel nie, maar sal altyd die waarheid
praat.
11. Julle sal nie as Jesus manifesteer nie – nie in voorkoms of spraak nie.
Hierdie opdragte sal van vandag af vir altydvan krag bly. Indien enige van julle
enige van hierdie opdragte ongehoorsaam is, het julle bewustelik en gewilliglik
verkies om die outoriteit van die Ware Here Jesus Christus te verontagsaam en sal
Hy met julle afreken.
• Moenie probeer om insig in geestelike sake te kry deur demone daarvoor
te gebruik nie. Om lang gesprekke met demone te hê is gevaarlik en kan vir
die kliënt traumaties wees. Die demone wil dikwels self hê dat jy met hulle in
gesprek tree, omdat hulle meesters in misleiding, intimidasie en manipulasie is.
• Fokus slegs op die demoniese indien hulle tot so ‘n mate inmeng dat jy nie
effektief met die bediening kan voortgaan nie – andersins moet hulle
ignoreer word en moet jy op die genesings bediening fokus. Wanneer
demone voortgaan om in te meng en jou te keer om by die herinneringe of
wortels uit te kom, vra dan die Here Jesus om hulle te sê wat om te doen en
waar om te gaan, bv. “Here Jesus, sal U asseblief hierdie demone aansê wat om
te doen en waar om te gaan”. Indien manifestasies voortduur, beveel ek elke
demoon wat hierdie opdragte verontagsaam het, om nou saam gegroepeer te
word as een. Almal van julle sal nou uitkom sonder manifestasie en julle sal
gaan na waar Jesus julle stuur!”
31
• Indien manifestasies steeds voortgaan, is dit óf ‘n ander demoon of groep
demone, of dit is moontlik nie demonies van aard nie. Dit kan ‘n gedissosiëerde
deel wees. Demone kan slegs uitgewerp word indien die kliënt met jou
ooreenkom, veral in sy onderbewussyn. Vra sy/haar toestemming daarvoor.
• Demone kan liggaamlike pyn toedien. Hoofpyne is baie algemeen. Dikwels is
hierdie liggaamlike pyn afkomstig uit die geheue, bv. van ‘n fisiese pyn wat die
persoon tydens ‘n vorige traumatiese gebeurtenis toegedien is.
• Demone kan herinneringe of brokkies van herinneringe versteek. Hulle kan nie
hierdie gedeeltes met hulle saam neem wanneer hulle uitgewerp word nie.
• Moet nooit ‘n demoon se vrae beantwoord nie, moet ook nie in gesprek rondom
‘n demoon se opmerkings of stellings beland nie. Laat demone slegs toe om te
praat indien Jesus Christus hulle aansê om iets aan jou te openbaar.
• Onthou altyd dat demone nie die bron van die kliënt se probleme is nie. Ons
fokus daarop om by die kern van die oorspronklike voorvalle te kom, nie om
demone uit te werp nie. In jou soektog om by die beginpunt van die
herinneringe uit te kom, sal jy wel met demone moet handel.
• Demone is die slawe van Christus.
• Demone sal op verskillende wyses manifesteer.
• Demone kan ook deur die ouers se sonde, vloeke, bloedbande en sielsbande,
oop deure verkry.
• Praat altyd sag en hoflik met demone, omdat jy dalk te doen mag hê met ‘n
gedissosieërde deel (innerlike persoonlikheid). Demone sal op die outoriteit van
Jesus Christus reageer en nié op jou eie charisma of aggressie nie.
32
Lesing 4
PRAKTIESE
VOORSTELLE
VIR DIE
BEVRYDINGSBEDIENING
33
4. PRAKTIESE VOORSTELLE VIR DIE
BEVRYDINGSBEDIENING
Die bediening van bevryding moet deel van die vyfvoudige bediening uitmaak.
Moenie daarin spesialiseer nie – dit is eensydig! Indien jy gefassineer is met
demoniese manifestasies, vir sensasie soek, nuuskierig is of opwinding ens. soek, PASOP!!
HOE WEET JY DAT JY GEROEP IS?
1. Het jy empatie met die onderdrukte en begeer jy om hulle vrygemaak te sien?
Lliefde moet jou motivering wees.
2. Ervaar jy gereelde kontak met diegene wat deur die vyand gebind is? Jy het
nie nodig om te adverteer of vir hulle te gaan soek nie – God sal hulle oor jou
pad stuur.
BALANS
1. Die opdrag soos in Mat. 28 en Mark. 16 uiteengesit word, is om op alle gebiede
diensbaar te wees. Moenie in bevryding spesialiseer nie. Luk. 24.
2. Jy moet hulle onderrig. Gebruik die Woord van God en verduidelik hoe hulle
in daardie toestand beland het, hoe die vyand te werk gaan, die beginsels van
bevryding en hoe om in vryheid te volhard. (Sielesorg Skool en Kursus 2:
Innerlike Genesing bevat hierdie inligting).
3. Wees versigtig om so “demoon bewus” te word dat die bevryding nooit ophou
nie. Laat die persoon liewer op ‘n later tydstip terugkom vir verdere
bevryding.
4. Elke persoon moet in die Woord gevestig word en aan sy eie wedloop
deelneem; anders bly hy bloot ‘n baba Christen. (Vir elke probleem wat hulle
teëkom, wil hulle ‘n demoon laat uitdryf!)
5. Om slegs een keer vir iemand te bid en te glo dat alles dan sommer reg sal
wees, is ook ‘n fout. Die persoon moet kerk toe gaan en deel word van ‘n
selgroep of ‘n Bybelstudie groep. Die berader moet die persoon leer en hom
opbou in die Woord tot hy in staat is om op sy eie te staan.
HOE OM BEHEER IN HIERDIE BEDIENING UIT TE OEFEN
Moenie toelaat dat die behoeftes van ander jou beheer nie.
34
BEHOU BALANS
A. WEES STRENG MET JOU EIE, SOWEL AS JOU GESINSTYD
Mense met desperate behoeftes gee nie vir jou om nie. Hulle sal jou uitput indien
jy dit toelaat. Dit is vir jou om voet by stuk te hou anders word jy uitgeput.
1. TYD
Weier om jou te laat dwing om te bedien. Elke geval is
dringend! Slegs jy weet wat jy kan hanteer. Emosionele
skuldgevoel word so groot dat jy sal probeer om elkeen te
bedien.
Weier om meer te doen as wat jy kan hanteer. Stel jou eie
riglyne en wees realisties.
Beperk die ure en dae waarop jy bedien.
Luk. 10:19 - 19”Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap,
en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
Hierdie bediening stel fisiese, verstandelike, emosionele en geestelike
vereistes op jou. Jy is gedurig in ‘n oorlog. Wees versigtig vir uitbranding. Die
mense met wie jy werk is passief; die demone weerstaan jou en hulle word nooit
moeg nie. Hulle is aangestel om te dreineer (vampier-geeste).
2. MENSE
Is die persoon gereed vir bevryding of verlang hy slegs tydelike verligting?
Sleutel: Opregte berou – hulle moet desperaat wees; ‘n gretigheid om los te
kom van dit wat hulle steur – haat vir sonde. Pasop vir diegene wat bloot soek na
‘n “geestelike Disprin” - wat slegs verligting bring maar hulle is nie bereid om hul
lewensstyle te verander nie. Jy mors jou tyd met so ‘n geval. Gewoonlik is sulke
mense nie gewillig om kerk toe te gaan of hul aan outoriteit te onderwerp nie.
Verlang die persoon slegs hê dat hy bediening om aandag te kry, óf wil hy ‘n
ware, permanente bevryding hê? Bid slegs waartoe jy gelei voel!
Besit die persoon genoeg waarheid om sy bevryding te behou? Baie keer bring
‘n derde party iemand vir bevryding sonder dat die betrokke persoon self weet wat
dit beteken.
35
3. SELF
PRIORITEITE
1.
2.
3.
4.
Die Here
Gesin
Jou eie tyd vir rus en ontspanning of oefening
Bediening
Probeer om nie in jou eie huis te bedien nie – beskerm
jou gesinslewe. Moenie mense toelaat om by jou in te
trek en daar te woon nie. Moenie skuldig voel om tyd met
jou gesin te bestee nie.
Wees versigtig dat mense jou nie op ‘n voetstuk plaas nie. Jy moet hulle na
volwassenheid in die Here lei. Ler hulle om op die Woord van God, en nie op jou
nie, te vertrou. Hulle moet hul toevlug na gebed neem en nie na jou nie. Jy handel
slegs met hul wortels van verwerping, rebellie, ens.
Jou persoonlike lewe vereis dissipline:
•
Gebed, vas, die Woord.
Om te vas, bly jy in die gestes dimensie op jou hoede. Die Woord
hou jou in voortdurende kontak met God.
• Jy moet rein (heilig) wees – outoriteit en krag kom as gevolg van ‘n suiwer
lewe voor God.
Michael Harper (gedurende oorlogvoering): “Die een wat vry is om
ongehinderd in vyandige gebied te beweeg, is die een wat ‘n
passievolle haat vir boosheid het, en ‘n passievolle liefde vir
geregtigheid.”
• Jy moet ‘n persoon van jou woord wees. Bedoel wat jy sê. Jou eie woord moet
betroubaar wees. (2 Kor. 7:1) (suiwer hart);
1 Kor. 9:27 – “27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie
miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.”
(Selfbeheersing - kom jou afsprake na; betaal jou rekeninge; satan weet
wanneer jy nie jou woord hou nie – anders beteken outoriteit niks.)
36
B. MEEDGELYE EN EMPATIE
Jy moet die liefde en medelye van God hê. Dit kom
spontaan van God wanneer jy eers in hierdie bediening
vloei. Moenie geskok of afgestoot word deur die dinge
wat mense gedoen het nie. Hanteer elke gesprek met
uiterste vertroulikheid.
Mense sal, weens die salwing oop jou lewe, hul vertroue
in jou plaas en sake waaroor hulle nog nooit gepraat het
nie, met jou bespreek.
Laat hulle verstaan dat jy in hulle glo. Dit moedig hulle aan om graag te probeer.
God het alles wat Hy gehad het in elke persoon belê om dit vir elkeen moontlik te
maak om in oorwinning te lewe, ongeag van hoé hulle lyk wanneer hulle om hulp
na jou kom. Vetrou God om hulle deur te dra. Jou getuienis kan mense bemoedig.
Moenie toelaat dat die persoon op jou steun nie; leer hulle om op Jesus te vertrou.
HOE BEHOORT JY TE BEDIEN?
1. Bedien saam met iemand anders; laat iemand naby wees (vertrek
langsaan). Waak teen seksuele beskuldigings, finansies, ens. Bv.: “Jy het
gesê dat ek moet skei”.
2. Laat die Heilige Gees jou lei. Geen twee gevalle is dieselfde nie. Wees
sensitief – beweeg stadig – wag op die Here. Wees versigtig vir
vooropgestelde idees. Daar is geen resep nie!
3. Bid vir ‘n Woord van kennis en Onderskeiding van geeste (sal deur spontane
gedagtes kom).
4. Vra God om die wortels aan jou te openbaar.
5. Moenie nuuskierig wees nie, veral wat betref seksuele sonde.
6. Moenie verder gaan as wat jy verstaan nie. Indien dit ‘n moeilike geval is, erken
dit en vra die persoon of jy die afspraak kan verleng.
7. Moenie aan die persoon raak wanneer jy vir hom bid nie, tensy God dit vir jou
sê. Oordraging van geeste kan so plaasvind. Soms sal die berader ‘n swaar
gevoel, irritasie, verlies aan vreugde, ens., na so ‘n beradings sessie, ervaar.
JY MOET JOUSELF, VAN ELKE PERSOON WAT JY BEDIEN HET, LOS SNY!!
8. Moenie aan okkulte voorwerpe raak nie – oordraging vind so plaas.
Okkulte voorwerpe dra demone. (In teenstelling daarmee - Paulus – sakdoeke
/ handdoeke / voorskote het weer die salwing gedra).
9. Bly altyd in beheer. (Dit is natuurlik nadat jy jouself algeheel aan die Heilige
37
Gees onderwerp het!!)
DIE SALWING
Glo dat God jou gesalf het. Aanvanklik sal jy bang en onseker voel. Jy sal die
salwing deur vryheid, vrymoedigheid en begrip ervaar en dit sal jou vir diens
kwalifiseer.
Soos jy jouself vir God se werk beskikbaar stel, sal twee dinge toeneem:
•
•
Jou salwing
Jou outoriteit
Na elke bevrydings sessie sal jou salwing en
outoriteit toeneem.
MOET’S EN MOENIE’S
1. Moenie boeke, oor hoe om bevryding te bedien, lees nie. Elke geval is
uniek. Daar is nie iets soos ‘n handboek daarvoor nie.
2. Moenie lyste van demone, groeperings, vestings, ens. memoriseer nie
3. Glo dat God jou onderskeiding sal gee – bedien in die Heilige Gees.
4. Moenie van manifestasies afhanklik wees nie.
5. Moenie oorhaastig hande oplê nie.
6. Jy moet outoriteit neem – moenie toelaat dat satan beheer neem nie.
38
Lesing 5
BEVRYDING
VAN
KINDERS
39
5. BEVRYDING VAN KINDERS
NB: Waar daar pyn is, is daar ook woede.
Dit is makliker om klein kindertjies as tieners en volwassenes te
bevry.
Hierdie lering word gerig op kinders vanaf bevrugting tot 13/14
jarige ouderdom.
Ouer tieners sal soos volwassenes bedien word. Hier het jy ook
met rebellie, onafhanklikheid, erge verleentheid, ens. te doen.
Omdat hul ouers wil hê dat hulle bediening moet ontvang, het hul
ego's seer gekry. Jy mag dalk sukkel om hul samewerking te
kry.
WANNEER IS BEVRYDING NODIG?
1. Patrone van mislukking en oppressie kan alreeds in die kinderjare ontstaan.
Dit raak gevestig en diep gewortel. “Jy is nie so slim soos jou broer / suster
nie.” Die vyand lê die verkeerde fondasies, bv. Minderwaardigheid, verwerping,
vrees, ens.
2. Probleme kan van ouer na kind oorgedra word (oorgeërfde sondes), bv.
Abraham was God se vriend, maar hy het 'n probleem met leuens gehad.
Hierdie patroon is later i n sy kinders, Isak, later Jakob, herhaal.
Ouers se swakhede word op hul kinders oorgedra. Behalwe die neiging tot
sonde, kan daar ook ‘n bose gees gekoppel wees, bv. wellus. Kinders wat in
wellus bevrug word, sal met ‘n probleem van wellus worstel wat reeds op ‘n vroeë
ouderdom kan manifesteer.
Ander voorbeelde van oordraging van ouer na kind is:
1. Verwerping
2. Rebellie
3. Leuens
4. Wellus
5. Vrees
6. Moeders kan ook voor geboorte al dinge aan babas oordra:
o Verwerping
o Vrees
o Depressie
o Waansin
Indien die moeder ‘n baie moeilike swangerskap gehad het, kan sy depressief raak.
Saam met depressie kom verwerping. Wanneer die kind gebore word, neig hy tot
depressie.
40
Hy wil homself nie onderwerp aan outoriteit nie en toon ‘n gesindheid van
selfbejammering: “Hierdie hele wêreld is teen my.” Die kind sal ook neig tot
bui-veranderings, ens. Daar moet vir die kind gebid word en hy moet van die
gees van die vader en moeder losgesny word. (mensgees).
In werklikheid word die kind van al die nadele van die ouers se swakhede en
karaktertrekke losgesny. Die kind word aan sy Hemelse Vader en jesus Christus
gekoppel en al die voordele van die Kruis, soos vrede, liefde, vreugde ens., word
oor hom losgemaak.
AANGENOME KINDERS (vier bloedlyne: biologiese ouers en aanneem ouers).
Die meeste van hierdie kinders het bediening nodig. As gevolg van die skeiding
van die biologiese moeder, kom verwerping baie sterk voor. In die geval van ‘n
ongetroude moeder, sal die druk wat sy gedurende haar swangerskap ervaar het,
aan die kind oorgedra word. Sny kinders los van natuurlike ouers se
swakhede, sondes, ens. en vra die Here om die kind te voeg by die harte van
die aanneem ouers – ‘n geestelike eenheid wat gewoonlik tussen natuurlike ouers
en kinders bestaan. (Sien boekie: Nuwe Lewe vir jou Aangenome Kind –
verkrygbaar by Kanaan Bedieninge).
3. DOOD, EGSKEIDING, TRAUMATIESE GEBEURE
Probleme is dalk nie onmiddellik sigbaar nie, maar op ‘n
sekere stadium sal die kind moontlik begin bed natmaak,
woede uitbarstings hê, vasklou aan die ouer, onseker
wees, baie aandag vereis, aggressief wees, ens. Moenie
slegs bid vir die probleem of simptome nie, maar vra God ook
om aan jou die wortel van die probleem te wys. Gaan terug na
die tyd toe die vader die huis verlaat het en verbreek alle
oppressies wat gedurende daardie tyd die lewe van die kind
binnegekom het.
4. OKKULTIESE WORTELS (Verwys na Sielesorg Skool, Lesing 8)
Volgens Levitikus 20 is daar geen versoening vir afgodery en onsedelikheid nie.
Dit bedroef die Heilige Gees en Hy onttrek.
Spesifieke simptome:
• Leerprobleme – verwarrende gedagtes, disleksie (woorde word
omgedraai; kan nie konsentreer of verstaan nie; kan nie onthou en
gedagtes bêre nie; kan homself nie duidelik uitdruk nie)
• Vrees en nagmerries (gees van vrees)
• Rebellie
• Wellus – klein kindertjies met ‘n abnormale seksuele
belangstelling; klein kindjie wat chronies masturbeer (perverse
gees)
• Anti-sosiale gedrag en sosiale steurnisse.
41
5. VLOEKE (Deut. 28)
Baie word genoem. Hier is ‘n paar voorbeelde:
• Verbreking van verhoudings tussen ouers en kinders. Hulle kan net nie
saamstem nie.
• Heksery – huishulp gaan na toordokter om iemand siek te maak, bring vrees,
nagmerries; plant dinge in potplante, tuine, by hekke of ingange, ens.
• Pendulum – terwyl die moeder swanger is – om die baba se geslag te bepaal.
• Enige okkultise “seën” wat oor die baba uitgespreek is, toewyding aan satan,
‘n heilige sint, sterretekens, ens.
• Bloedverbond – kinders doen dit as ‘n speletjie (bende?)
• Vrymesselary – daar is ‘n verbond tussen die “broeders” a.g.v. die verskillende
ede wat hulle gesweer het. Die gesinne word gewoonlik gebind deur siekte; ‘n
patroon van egskeiding sal ook gedurig in daardie families voorkom.
6. WORTEL VAN VERWERPING
Verwerping sal in die ouer en kind voorkom. Bedien beide om die siklus van
verwerping te verbreek. Die wortel van verwerping moet gesny worden wanneer jy
‘n gees van verwerping opmerk, weerstaan dit.
7. WORTEL VAN REBELLIE
Rebellie in die ouer en kind kan ook ‘n siklus wees wat gesny moet word. Die vrug
sal woede, vyandigheid, verwerping van onderdanigheid, ens. wees.
Onthou: Wanneer wortels, oppressies of bindinge gesny of mee gehandel
word, sal daar nie baie waargeneem óf “gevoel” kan word nie. Die resultate
word eers later in hul lewens waargeneem. (Jesus en die vyeboom). Werklike
verligting vind plaas na ‘n bevryding van besetting.
Nadat jy die wortel gesny het, moet jy al die “vrugte” wat uit hierdie wortel gegroei
het, vervloek en weerstaan. Bv., uit die wortel van verwerping sal selfbejammering,
die onvermoë om te kommunikeer, terughoudendheid, ens. voorkom. (Sien aan
die einde van Hoofstuk 17 – ‘n lys van die vrugte van rebellie en verwerping).
8. SEKSUELE MISBRUIK
Hier moet die kinders losgesny word van die gees van die persoon wat hulle
misbruik het, sowel as van die bose geeste van wellus en perversiteit. Bedien
ook op ander areas soos vrees, haat, veroordeling, skuld, skaamte, ens. Hierdie
kinders word emosioneel vermink en net Jesus kan hulle genees. Leer die kind om
te vergewe. Statistieke het gewys dat ‘n kinder misbruiker ongeveer 60 tot 70
kinders gedurende sy leeftyd sal misbruik.
42
9. VREES EN ONSEKERHEID
Die atmosfeer in die huis waar die kind groot geword het,
beinvloed hom / haar. Kinders kan vrees aanvoel.
• Ouers kan vrees oordra.
• Oupas en oumas kan ook vrees oordra. Vrees kan
gekommunikeer word en deur kontak oorgedra word.
Ouers wat dikwels baklei kan ‘n vrees vir egskeiding
veroorsaak.
• Finansiële vrese – vrees vir armoede en bankrotskap.
• Slegte ervarings, bv. ‘n onderwyser by die skool wat
wrede behandeling toepas.
• Geografiese verskuiwing – wanneer getrek word, word
alles wat bekend is weggeneem.
• Speelgoed, films, stories, videos, ens.
HOE OM TE BEDIEN
1. Indien moontlik, moet die ouer teenwoordig wees. Indien ouers ongered of
afwesig is, bedien steeds die kind met die toestemming van ten minste een van
die ouers.
2. Laat die ouers aan die kind raak of laat die kind op die ouer se skoot sit.
Anders kan jy self die kind vashou – dit bied sekuriteit.
3. Indien moontlik, kry alle besonderhede van die kind in privaatheid by die
ouer. Terwyl jy bedien, praat met die kind om kommunikasie te bou.
4. Wanneer jy bid, wees sag en vol vrede. Moenie aggressief bid of skree en
daardeur op die kind laat nie.
5. Moenie woorde gebruik soos satan, duiwel, demone, ens. wat die kind kan
bangmaak nie. Gebruik woorde soos wortels, werke van duisternis, bindinge,
ens.
6. Wees eenvoudig, reguit en kort in jou gebed.
7. Geredde ouers kan terwyl hy slaap, oor die kind bid. Ouers moet bely waar
hulle misluk het, salf die kind en vra die Here om aan die binnekant te genees.
43
Lesing 6
BEVRYDING
VAN
HOMOSEKSUELE MENSE
44
6. BEVRYDING VAN HOMOSEKSUELE MENSE
(Bykomende inligting i.v.m. DIE bediening van homoseksuele mense by Kanaan
Bedieninge beskikbaar).
Daar is twee vorms van homoseksualiteit:
1. Die neiging kom reeds sedert kinderjare voor.
2. Diegene wie later in hul lewens daarin deur verkragting, tronk / weermag
ervaring, bi-seksuele kontak, ens., betrek word.
Die kerk sal hierdie probleem toenemend teëkom, omdat die wêreld hierdie
lewensstyl goedpraat. Dit is humanisties, omdat daar geen absolute konsep is nie:
Daar is m.a.w. geen verkeerd of reg nie.
In die VSA is die “Gay Rights Movement” ‘n baie sterk politiese mag. In Dallas is
die Metroplitan Community Church wat sê dat hulle wedergebore is, Jesus kan dien
en terselfdertyd homoseksueel kan wees!
HIERDIE BEDIENING VEREIS TWEE GESINDHEDE
Homoseksuele mense het verwronge gedagtes. Hulle probeer almal oortuig dat
hulle reg is. Hulle wil ander dwing om soos hulle te dink.
1. DIE GESINDHEID VAN ‘N PROFEET
• Jy moet die waarheid volgens die Woord van God, praat.
• Jy moet uit die Skrif bewys wat God se standaard van geregtigheid is.
Deur God se Woord te hoor, moet hulle oortuig word dat homoseksualiteit sonde is.
Sonder hierdie oortuiging is daar geen bevryding nie.
2. DIE GESINDHEID VAN ‘N DOKTER
• Jy moet genesing en bevryding bedien.
• Herstel moet plaasvind.
• Gee baie liefde, empatie en geduld totdat die persoon
in staat is om weer ‘n normale lewe te lei.
• Lev. 18:22.
• Deut. 22:5.
• Deut. 23:17,18.
Lev. 20:13 – “13En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens
met ’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood
word. Hulle bloedskuld is op hulle.”
45
1 Kor. 6:9,10 – “10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of
egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of
kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”
Rom. 1:24-27 – “24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte
oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer —
25
hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en
gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
26
Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het
die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27
en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in
hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid
bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.”
BYBELSE BENADERING TOT SEKS
1. God het man en vrou gemaak (Gen. 1:27).
2. Hy het hulle geskape om een vlees te kan wees (Gen. 1:28;
2:24).
3. Homoseksualiteit is ‘n gevolg van rebellie teen God (Rom. 1:21-27). Die mens
het gekies om ‘n leuen te leef en God het hulle oorgegee aan hul perverse
wellus. Dit was Sy oordeel oor die mensdom. Homoseksualiteit verlaag /
degradeer die mens. God het die natuurlike mens geskape – manlik / vroulik.
4. Homoseksualiteit is ‘n rebellie teen dit wat natuurlik is; om aan die onnatuurlike
oor te gee, is perversiteit.
In hierdie praktyk vind anale en orale seks plaas. Die mond is nie geskep as ‘n
seksorgaan nie! Tydens die bevryding van homoseksuele mense, het jy te doen
met ‘n gees van perversiteit. (Gen. 19; Rigters 19).
Om aan homoseksualiteit verbonde te wees, is ontsettende geweld en minagting
vir die mens se lewe. (gedegradeer). Die vlees moet bevredig word.
ALGEMENE VERSKONINGS WAT AANGEBIED WORD
Die persoon wil Jesus aanneem, maar wil nie sy “homoseksuele lewensstyl” opgee
nie. Wat nou?
1. Ek kan nie help dat ek so gemaak is nie – God het my so gemaak.
Antwoord: God het nog nooit iemand so gemaak nie – jy het so geword. DNA
binne elke persoon bepaal alles aangaande jou liggaam (rekenaar drukstuk).
Hierdie DNA reflekteer presies jou geslag (manlik / vroulik), wat weer ooreenstem
met jou seksuele organe. God maak nooit ‘n fout nie!!
46
2. Ek het die reg om my seksuele behoeftes te bevredig.
Antwoord: Die “homoseksuele” persoon wat homself werklik aan slegs een
persoon toewy, is baie skaars.
Die Woord leer ons dat ons seksuele behoeftes slegs binne die huwe lik vervul mag
word. Die huweliksbed moet onbesoedel wees. Veelvuldige seksuele maats het
Vigs tot gevolg. Daar is baie seksmaats, en dit is nie liefde nie, maar wellus . Hulle
dink dit is liefde, omdat hulle met verwerping worstel.
3. Ek sal ‘n geslagsverandering ondergaan en my liggaam verander.
Antwoord: Jy kan jou liggaam verander, maar dit kan nie jou hart verander nie.
Sonde is nie in die liggaam geleë nie, maar in die hart. Dit is daar waar jy met
sonde moet handel. ‘n Geslagsverandering is ‘n lewe van leuens. Die DNA van
jou liggaam bly net soos dit geskape is.
4. Ek kan God dien al is ek homoseksueel. God aanvaar my soos ek is.
Antwoord: Dit is misleiding. Die persoon moet God se karakter ken. Hy moet op
God se standaarde gewys word. God het jou lief, maar Hy aanvaar nie jou sonde
nie. Hy is ‘n regverdige God en veroordeel sonde. Dit is nie hoé God gedien word
nie. Jou vlees word só gedien.
DIE PERSOON SOEK BEVRYDING – POSITIEWE BENADERING
Hierdie mense weet dat wat hulle doen, verkeerd is. Hulle mag dit haat, maar hulle
weet nie hoe om vry te kom nie. Hulle voel vasgevang. Jy as berader moet hulle
bemoedig en aan hulle uitwys dat God hulle kan en wil bevry. Homoseksualiteit
is ‘n keuse. Dit word deur ouers, gesinslede, omstandighede, ens. beïnvloed.
ALGEMENE VERSKYNSEL TUSSEN HOMOSEKSUELE WAT SEDERT HUL
OORSPRONG KINDERJARE Só IS.
Jer. 6:13 – “13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige
wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.”
Wanneer behoeftes nie vervul word nie, draai mense hul na ander vleeslike
begeertes, (seks, dwelms, kos, ens.)
1. Geen vader verhouding (geen kommunikasie, vrees, afwesige vader, ens.)
2. Probleme met seksuele identiteit, bv. Die moeder wou ‘n dogtertjie gehad het
en trek die seuntjie aan soos ‘n dogtertjie met linte in sy hare, ens. Gesinslede terg
die seun – mamma se seuntjie, sussie, ens. OF die vader wou ‘n seun gehad het;
die dogter probeer alles om soos ‘n seun te wees om haar pa se liefde te we n.
47
DIE WORTELS VAN HOMOSEKSUALITEIT
1. VERWERPING, REBELLIE, HAAT EN DIE OKKULTE
A.g.v. ‘n gebrek aan liefde en aanvaarding, is daar 'n onvervulde behoefte. Hierdie
mense soek liefde en aanvaarding weens die verwerping waaruit hulle kom.
2. SELF VERWERPING
Meeste van hulle verwerp hulself en wil iemand anders wees. Hulle verwerp hul
eie seksrolle en geslag.
3. VREES
Hulle het ‘n geweldige vrees vir 'n normale verhouding. Hulle weet nie hoe om
te reageer nie. Hulle het ook ‘n ontsettende vrees vir verdere verwerping. In elke
verhouding wat hulle het, vrees hulle verwerping. Wanneer ‘n seun sy vader
vrees, vrees hy ook manlikheid.
4. LEUENGEES
Hulle sal eerder ‘n leuen vertel sodat jy hulle moet aanvaar, omdat hulle so bang vir
verwerping is.
Met hierdie le wensstyl van misleiding verloor hulle hul integriteit. Hulle sal ook
ander mense, sonder enige skuldgevoelens mislei (selfs beraders). Wees sensitief
vir die Heilige Gees se leiding. Integriteit moet oor hierdie mense geprofeteer word.
5. GEES VAN PERVERSITEIT
Jy het ook met ‘n onrein gees te doen, nl. ‘n gees van perversiteit.
6. Gewoonlik is daar is ook gewoonlik ‘n sterk gees van
SELFBEJAMMERING teenwoordig.
48
PRAKTIESE BEDIENING
1. Kyk of daar wortels van rebellie is – kinderjare, gesindheid teenoor ouers,
skool, ens. Hoe het dit gemanifesteer?
2. Gebroke verhoudings in die huismoet herstel. Hulle moet bereid wees om
met mekaar versoen te raak.
3. Die gebiede van verwerping en vrees vir verwerping, moet bedien word.
4. Hulle moet gehelp word om hul nuwe geslagsrol heeltemal te aanvaar: Die
"Self" in die geslagsrol moet ten volle aanvaar word. Nuwe selfbeeld. Hulle moet
hulself, soos God hulle gemaak het, aanvaar. [Daar is altyd woede jeens God –
hoekom is ek so?] Restourasie is progressief.
5. Die verstand moet vernuwe word. Sonde moet gestaak word en dit moet
gehaat word.Vernuwe die verstand en maak klaar met sonde. Haat sonde.
6. Lewensstyl, asook die kleredrag, moet verander word..
ONTHOU
Moet nooit hierdie mense verwerp of veroordeel nie, maar begryp waarom hulle so
geword het. Wandel in liefde en empatie.
49
Lesing 7
VERSLAWINGS
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit “Basic School for the Ministry of
Christian Counseling” – Elijah House. Persoonlike toevoegsels ook
ingesluit).
50
7. VERSLAWINGS
Verslawings is daardie dinge wat ons doen om ons pyn te probeer verdoof, lyding
te vermy en onsself mee te troos. Ongelukkig is dit so dat verslawings ons nooit
genees, vul óf vertroos nie, maar in plaas daarvan sal dit ons lewens besoedel en
beheer. Die persoonlike, familiêre en sosiale vernietiging wat gesaai is, sal ons
onvermydelik maai. dit sal sonder God se genadige genesing wees.
2 Kor. 1:3-4(a) – “3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus,
die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,
4
wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is,
kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.”
Alhoewel meeste van ons onmiddellik aan dwelms en alkohol dink wanneer ons
die woord “verslawing” hoor, is ons 'n spesie wat tot verskeie plaasvervangers vir
liefde, troos en genesing soek. In hierdie les word die breër van verslawing
vanuit 'n innerlike genesings oogpunt ondersoek en bied begrip vir die wortels wat
aanleiding gee tot elke verslawing.
VERSLAWENDE GEDRAG
•
‘n Patologiese verhouding met bui-veranderende ervarings wat
lewensbedreiginge tot gevolg het.
•
‘n Landswye siening van die "dood" wat op gevoelens van gebrek aan
waarde gebasseer is - dit word deur diegene wat glo dat hulle eers moet
presteer en iets in die lewe moet bereik, vóór hulle aanvaar sal word, geleef.
•
‘n Manier om lewe te vermy.
•
‘n Pynstillende plaasvervanger vir wettige (en onwettige) lyding.
•
Om wettiglik te ly, moet ons net só sleg voel as wat dinge sleg gaan.
•
Om té veel bekommernisse te hê, laste op te neem wat die Here nie verwag nie
en die spanning wat met prestasie -oriëntasie en ouerlike omkering gepaard
gaan, bring onwettige lyding mee.
WATTER SOORTE GEDRAG LYK ASOF DIT ONS PYN KAN STIL?
•
•
•
•
•
•
•
•
Alkoholisme
Dwelm verslawing
Kos verslawing
Seksuele verslawing
Verhouding verslawing
Oefening verslawing
Dobbel verslawing
Adrenalien verslawing
51
•
•
•
•
•
•
Werkolisme
Verslawing aan inkopies doen
Verslawing aan geld uitgee
Televisie
Verslawing aan godsdiens (i.p.v. God te aanbid)
Verslawing aan ellende.
Al hierdie dinge help ons om nie die omstandighede van ons
lewens in die oë te kyk nie – m.a.w. – WEGKRUIPPLEKKE!
VIER VAN DIE VERNAAMSTE TEKENS VAN VERSLAWING
1. Obsessie
- Jy kan nie ophou om daaraan te dink nie.
- Dit neem baie tyd, energie en aandag in beslag.
- Dit word ‘n “noodsaaklikheid”
2. Negatiewe gevolge
- Jou gedrag sal teen jou draai; vir slegs 'n oomblik is daar onmiddelike plesier en
verligting. Pyn, hartser en meer probleme sal op die lang duur baie areas van jou
lewe beïnvloed
- Verhoudings: Onttrek van familie en vriende; afkeer van intimiteit; behou
afstand; wantroue
- Werk: Verloor produktiwiteit; laer kwaliteit
- Finansies: Minder geld vir noodsaaklikhede
- Psigologiese gesondheid: Irritasie; op die verdediging; verlies aan eiewaarde
en selfvertroue; skuld en skaamte.
- Oordeel en gedrag: Dwaas, selfsugtig en selfgesentreerd
- Fisiese gesondheid: Toenemende spanning; maagsere; hoë bloeddruk;
verlies aan slaap, moegheid; anoreksia; bulimia; uiterste fisiese probleme
wanneer middels betrokke is.
3. Gebrek aan beheer
- Kan, ten spyte van goeie voornemens, nie swak gedraag beëindig nie.
- WILSKRAG IS NIE GENOEG NIE
4. Ontkenning
- Dat die gedrag buite beheer is.
- Dat die negatiewe gevolge op enige wyse aan die gedrag gekoppel is.
VOORBEELDE VAN ONTKENNING
1. Algehele ontkenning – “Nee, ek het nie ‘n probleem nie!”
2. Verklein dit – “Dit is nie só sleg nie!”
3. Vermy dit – “Ek weet nie waarvan jy praat nie!” OF “Ek wil nie daaroor praat
nie!”
52
4. Pak die skuld op ander – “As hulle nie .... sou ek nie ...”
5. Rasionalisering of intellektualisering – “Dit is darem nie so sleg soos ....” OF
“Wees bly dat ek nie .....”
DIE KRAG VAN ONTKENNING
• ‘n Verslaafde se rasionalisasie kan só oortuigend wees dat ons ons eie
waarnemings begin bevraagteken.
• Ontkenning maak dat ‘n verslaafde “reg” en in beheer voel – wanneer realiteit
toetree, onttrek hy.
VERSLAWING IS SOOS SOMMIGE ONTWIKKELENDE VERHOUDINGS
•
Vlak een: Verblinding/Versotheid
- Die dwelm of gedrag laat ‘n positiewe indruk.
- Dit voorsien ‘n welkome uitwerking.
•
Vlak twee: Wittebrood
- Onder spanning soek ons troos en verligting in 'n ervaring, soos ons dit kan
onthou.
•
Vlak drie: Verraad
- Die gedrag bied nie meer langer dieselfde ekstase as tevore nie.
•
Vlak vier: “Verbrokkeling”
- Die bewyse word ignoreer, en ons probeer om die wittebrood terug te kry
deur betrokkenheid te vermeerder.
•
Vlak vyf: Vasgevang
- Ons probeer weerstand bied, maar die greep verstewig.
Rom. 6:12 – “12Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan
sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.”
RISIKO FAKTORE VAN VERSLAWING
•
Valse geloofsstelsels wat verslawend is.
-
“Beeld” is meer belangrik as wie ons is.
Ons behoort volmaak te wees (prestasie oriëntasie)
Ons is nie goed genoeg net soos ons is nie.
Daar is tower oplossings vir die lewe se probleme – kitsoplossings.
53
•
Die Verslaafde Persoonlikheid:
-
Perfeksionisme
Emosionele afstomping
Soeke na goedkeuring
Oorsensitief vir kritiek
Vrees vir verwerping
Skaamte, woede
Gevoel van magteloosheid
Beheer
Afsondering
•
Afwesigheid van goeie hanterings-vermoëns:
- Min rolmodelle.
- Verdraagsame gemeenskappe en samelewings.
•
Onbeantwoorde emosionele, sosiale en geestelike behoeftes:
- Onvoorwaardelike aanvaarding of liefde
- Intimiteit
- Samehorigheid
•
Gebrek aan ondersteuning:
- Gebroke en disfunksionele gesinne.
WAT DOEN VERSLAWINGS VIR ONS?
Hulle bied ons:
•
•
•
•
•
•
•
‘n Gevoel van verligting uit isolasie en ‘n gevoel dat ons tuis hoort.
Afleiding van ons negatiewe gevoelens – isoleer ons van wanhoop, terwyl
dit in werklikheid meer wanhoop skep.
‘n Illusie van beheer – mag.
Voortdurende krisis – vertel ons dat ons lewe.
Voorspelbaarheid – dinge lyk eenvoudiger, terwyl ons eintlik ons lewens
kompliseer.
Verbeter beeld – ons voel meer aanvaarbaar.
Uitgestelde animasie – ons is in tyd vasgevang, en hoef ons dus nie te
bekommer nie.
DEUR ONS VERSLAWINGS IS ONS OP SOEK NA:
Beloftes:
‘n Gevoel dat ons tuis hoort/intimiteit.
Mark. 9:41 – “41 Want elkeen wat vir julle in my Naam ’n beker water gee om te
drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon
sekerlik nie verloor nie.”
54
Doel en betekenis
Efes. 2:10 – “10Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke
wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”
Pret en kreatiewe speelbaarheid (vreugde)
Joh. 15:11 – “11Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle
blydskap volkome kan word.”
Mag en beheer
Joh. 14:12 – “12Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat
Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my
Vader gaan.”
Lewenskrag en lewe
Joh. 3:16 – “16Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun
gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige
lewe kan hê.”
Volgehoue beginselvastheid.
Pred. 3:11 – “11Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle
hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan
uitvind.”
Aanvaarding en waarde
Efes. 1:3-6 – “3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat
ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
4
soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig
en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
5
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur
Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
6
tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die
Geliefde.”
Dit wat Jesus deur Sy genade begeer om aan ons te gee, probeer ons deur
ons verslawings kry!!
55
WONDE EN FRAKTURE WAT ALGEMEEN BY VERSLAAFDES GEVIND
WORD.
Ouers dra verslawings-waardes oor
-
Die beeld wat jy voorhou is belangriker as egtheid.
Misleiding is verkieslik bo realiteit.
Mag is belangriker as eenheid, samehorigheid.
Vinnige oplossings is beter as probleem oplossing.
LET WEL: Een deskundige noem hierdie proses “sielemoord” Die kind se ware self
in Jesus Christus word versmoor. Hierdie waardes laat die gees verwelk.
Die boodskappe wat kinders van hul ouers kry om hulle (die ouers) te vrede
te stel, word met 'n keer wal óf 'n studam vergelyk.
-
“Moenie kwaad wees nie!”
“Moenie selfsugtig wees nie!”
“Tree mooi op!”
“Moenie huil nie!”
Die onderliggende boodskap is, “Moenie jouself wees nie. Wees iemand
wat my sal laat beter voel, anders aanvaar ek jou nie.”
Die kind leer om ware emosies en persepsies te onderdruk en rig ‘n valse selfbeeld
op, tesame met pyn, woede, gramskap en, uiteindelik oordeel.
Ouers bied min vertroeteling en dissipline
-
Nie genoeg minsaamheid, of aanraking nie.
Gebrek aan grense en volgehoue dissipline.
Gebrek aan lering en modellering
-
Kinders word soos hul ouers.
2 Kor. 12:14 – “14Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal
julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie
die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.”
Generasie-disfunksies (sonde)
VERSLAWING BRING VERSLAWING VOORT
•
•
Baie mense het meer as een verslawing – verskeie gaan hand aan hand.
- Seksuele verslawing en middele wat misbruik word
- Anoreksia/bulimia en kompulsiewe oefening
- Verslawing aan die uitgee van geld en werkolisme
- Dobbelary en ooretery
Wanneer een verslawing oorwin word, sal 'n ander verslawing dikwels volg.
56
•
Deur die gedrag te verander, word 'n verslawing nie genees nie.
•
Deur die bron óf wortel te genees, sal die verslaafde genees word.
•
Faktore in die hart wat nie genees nie, sal voortdurend en aanhoudend sondige
begeertes en praktyke opwek wat op uitdrukking aandring.
Die bron van die verslawing is soos 'n ongemak wat binne in ons lê.
Dit is “DIS-EASE” (Siekte).
GENESING VIR DIE VERSLAAFDE
•
Erkenning
-
-
Help die persoon om deur die patrone van ontkenning te breek en te erken
dat daar werklik ‘n probleem is – dit vereis liefdevolle konfrontasie om
vrug te sien.
Soek vir wortels: Ondersoek wonde, geloofsisteme en oordeel.
WORTELS:
Heb. 12:15 – “15...en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat
geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word
nie.”
FONDASIE:
Luk. 6:46, 48 – “46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
48
Hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die
fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen
daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots
was.”
•
Vergifnis, belydenis, inkeer
-
Vergewe diegene wat verslawende gesinswaardes oorgedra het.
Om die seëninge te kan ontvang wat Jesus on uit genade gee, moet ons die
sonde van wellustigheid bely.
Maak 'n keuse om werklike gedragsveranderinge te maak.
Rom. 12:9 – “9LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die
goeie aan...”
57
•
Gebed
-
Enige demoniese invloede wat by die deur van sondige, verslawende
gedrag ingekom het, moet in die Nam van Jesus, gebind en uitgewerp word.
Dit word sag of hardop gedoen soos die Gees lei.
Mat. 18:18 – “18 Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die
hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel
ontbonde wees.”
•
Dissipline om ‘n nuwe wegin te slaan
Let Wel: Gedurende die genesingsproses sal 'n chemiese verslawing die oplossing
van die probleem vertraag. Vanweë ontkenning en die afbrekende gevolge van
chemiese middels deur die misbruiker, is dit belangrik om vanuit die innerlike
genesings-standpunt berading uit te stel totdat die persoon 'n behandelingsprogram
suksesvol voltooi het. 'n Tydperk waarin die persoon sonder chemiese middels kon
leef, kan saam oor besluit word, voordat berading hervat word.
‘N GEBED VIR VERSLAAFDES
(Hiermee word aanvaar dat die kliënt reeds deur behandeling is en eerlik is oor die
feit dat hy/sy nie meer _______________ gebruik nie.)
Here, ek vra U om _______________ te ontmoet in hierdie verslawing. Hy/sy het
hom/haar daaraan toegewy om die wonde te vind wat hom/haar vatbaar gemaak
het vir hierdie verslawing, en ek vra dat U by hom/haar sal inhaak en verreweg die
oorwegende deel van hierdie las sal dra. Ek vra spesifiek dat U enige drang sal
beheer; of dit die emosionele drang of die fisiese drang is. Here, staan tussenin, sodat beide nie toegelaat sal word om gelyktydig te kom nie.
Versterk sy gees om die moeilike werk van genesing, nl. die identifikasie van
strukture en patrone wat tot hierdie punt gelei het, te kan doen. Help hom om te
vergewe dié wat vergewe moet word en die vergifnis te kan ontvang wat hy nodig
het. Lei ons, wie sy vriende is, sodat ons sal ondersteun sonder om afhanklikheid
aan te moedig. Help ons om die kerk vir hom te wees en om familie en vriende te
kan wees deur wie U hom sal help tot die volle Gestalte van Christus – sodat die
lewe wat U vir hom beplan het, kan leef.
58
Gee aan hom/haar die wysheid om te weet wanneer om vir hulp te vra en
wanneer hy nie werklik hulp nodig het nie. Ek vra dat U hom in syvrees,
eensaamheid en onsekerheid sal bedien. Ek vra, dat wanneer hy swak voel, U
die waarheid in sy gees sal spreek. Laaat U heilige engele saam met hom gaan.
Laat elke stap van vordering beskerm en beveilig word. Dankie dat U deur die
Vallei van die Doodskaduwee saam met _______________stap.
Help hom/haar om nuwe strukture en praktyke te bou wat U sal verheerlik.
BELANGRIK: Hierdie gebede is voorbeelde, nie formules nie; Dit bied eerder
gedagtes en rigting aan. Laat jou deur die Heilige Gees leien gebruik die inhoud
van hierdie gebede om jo u te lei. Sien ook asseblief hierdie gebede as voorbeeld
van 'n relaas waarin geslags-eksklusiewe verwysings gebruik word asof in ‘n
werklike situasie. Gebruik die toepaslike een soos die situasie dit vereis.
VERSLAWINGS:
Jer. 6:13 – “13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige
wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.”
Wanneer behoeftes nie vervul word nie, draai mense hul na vleeslike begeertes,
(seks, dwelms, voedsel, ens.)
WARE BEHOEFTE – VALSE ‘VERVULLING’
Aanvaarding
Doel
Sekuriteit
Vertroeteling
Vreugde
Prestasie, slawe mentaliteit
Prestasie
Seksuele sondes; voedsel; beheer
Eerste Fase van Ontwikkeling:
Seksuele sondes; masturbasie;
voedsel; alkohol; rook.
Dwelms; voedsel; ‘bederfies’;
Alkohol
Vader, Jesus, Heilige Gees, laat ELKE behoefte vervul word.
59
VERSLAWINGS
LIGGAAM
Reseptore wat
stimulasie van
spesifieke
chemikalië / neurotransmitters vereis.
SIEL
- Valse
vertroosting
- “Triggers” en
Gedagtes
- LEUENS
GEES
Oorverslawing deur
demone (Vereis
aanhoudende
aanbidding.)
Vrese:
kan ek daarsonder
bestaan? Wat sal van
my word as ek hierdie
sou verloor/verlaat?
Leuens! (Valse
vertroosting)
BEHANDELING
LIGGAAM
Gebanseerde
diëet
Oefening
Vitamienes en
voedingaanvullers
SIEL
Petisie vir die
stadiums van
ontwikkeling
"behoefte" moet
bevredig word!
Verander gedagte
patrone. (Die
“trigger” word
geïdentifiseer.)
GEES
•
•
•
•
•
Bevryding (vernietig
die altare van
aanbidding, ede,
geloftes).
Leuens word
blootgelê, vervang
met die waarheid.
Spreek die gees van
vrees aan.
Vervang bande van
vrees met
liefdesbande.
Vader + Jesus +
Heilige Gees =
Trooster.
60
Lesing 8
DEPRESSIE
(Lesing 7-15 – Uittreksels geneem uit Basiese Skool vir die Bediening
van Christen Berading – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook
gemaak).
61
8. DEPRESSIE
Ongelukkig, in ‘n opregte begeerte om te genees,
het Christene met goeie bedoelings, onwetend dinge
gedoen wat depressiewe mense meer leed
aangedoen was, as gehelp het. Die Liggaam van
Christus moet leer wat om nie te doen in hul
pogings om waarlik diegene te help wat aan
depressie ly nie, sowel as wat wel gedoen kan
word.
Spr. 25:20 – “20Soos een wat ’n kleed uittrek op ’n koue dag, soos asyn op loog, so
is een wat ’n bedroefde hart met liedere verwelkom.”
Om mense wat aan depressie ly, te kan help, moet 'n mens weet waartoe hulle in
staat is en waartoe nie. Baie Christene glo dat depressie sondig is omdat
sulke mense die hoop en vreugde van die Here uit hul lewens uitsluit.
Depressiewe mense is egter nie aandadig aan hul toestand nie; hulle kan hulself
werklik nie help nie.
In hierdie les sal ons leer wat om nie te doen nie, sowel as wat om te doen om
diegene in depressie te kan help. Omdat hulle nie die krag het om vir hulself te
glo nie, moet ons namens hulle hoop hê. Voordat innerlike genesing kan begin,
moet ons help om die depressiewe persoon weer na die lewe terug te bring.
DEPRESSIE: ‘N DEFINISIE
‘n Toestand waarin die persoonlike gees aan die kapasiteit om te funksioneer
gesterf het. Hy het nie langer die vermoë om lewensenergie te verskaf nie. Dit is
soos ‘n uitgedoofde waarskuwingsliggie – waarvan ons die knoppies draai maar
daar gebeur niks nie. Hul innerlike opgaartenk is leeg; hulle is emosioneel bankrot.
Hulle is soos ‘n pasiënt wat ‘n operasie-teater binnegestoot word: Alle vertroue
word in die dokter geplaas; self kan hulle nie regkom nie.
DEPRESSIE IS NIE:
•
•
•
•
“n Teken van swakheid.
'n Gebrek aan geloof nie.
Iets wat ons skuld is/ waar ons gefouteer het.
Die gevolg van negatiewe denke nie.
62
NEERSLAGTIGHEID VS DEPRESSIE
Ons almal ervaar neerslagtigheid, maar dis nie dieselfde as ware depressie nie.
Die neerslagtige persoon:
•
•
•
•
Weet daar is dinge wat sal help, soos musiek, oefening, vriende.
Hoop vir beter tye.
Het steeds selfvertroue – “Môre sal ek dit kan doen”.
Word slegs emosioneel en sielk undig aangetas.
Die depressiewe persoon:
•
•
•
•
Weet dat niks sal help nie (berader: luister na selfmoord
dreigemente!)
Weet dat more net so donker soos vandag gaan wees – het
alle hoop verloor.
Weet hy kan dit nie regmaak nie.
Word chemies, fisies, sowel as sielkundig aangetas. Daar is
altyd chemiese wanbalans, dus moet beraders nooit
voorgeskrewe medikasie afskryf nie.
HOE OM DEPRESSIE TE HERKEN
•
•
•
Wanneer ‘n kliënt jou vertel dat hy/sy depressief is, glo dit.
Gedrag – wees op die uitkyk vir onttrekking, algemene lusteloosheid,
onvermoë om ‘n tergery , druk, uitdagings, kritiek of werklading te hanteer.
Voorkoms – oë het hul vonkel verloor, skouers hang, hare en vel is dof.
HOE DIE DEPRESSIEWE PERSOON NIE BEDIEN MOET WORD NIE
Baie dinge wat jy gewoonlik vir ‘n neerslagtige persoon kan sê om hom/haar op te
beur, moet jy ten alle koste vermy wanneer daar met ‘n depressiewe persoon te
werk gegaan word.
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Moenie vir hulle sê “ag komaan, wees vrolik!” nie.
Moenie hulle na partytjies of vieringe nooi nie.
Moenie preek of hulle probeer leer nie – hulle kan nie konsentreer nie.
Moenie raad probeer gee nie (selfhelp boeke, diëte, oefeninge, tydsbestuur
wenke, ens.)
Moenie bevryding doen nie.
Moet hulle nie na gebeds byeenkomste of aanbiddingsdienste, ens. neem nie.
Moet hulle nie na komedies neem nie.
Moet hulle nie saamneem op veeleisende uitstappies soos staproetes, swem,
ens. nie.
Moet hulle nie vra om private toewydings te open nie.
Moet hulle nie saamneem na plekke soos balspel, teaters, ballet nie.
Moenie herinneringe genees nie.
63
VERMANING – WANNEER EEN TOT EEN BEDIENING MET DEPRESSIEWE
MENSE GEDOEN WORD
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Moenie vir lang tye besoek aflê nie.
Moenie die heeltyd glimlag nie.
Moenie staan terwyl die ander persoon sit nie.
Moenie hul persoonlike ruimte binnedring nie.
Moenie groeps bediening probeer nie.
Moenie in geslote kwartiere beraad nie.
Moenie onseker wees oor jou vermoë om te help nie.
Moenie te veel verduidelik of te lank praat nie.
Moenie toelaat dat hulle sukses of mislukking meet deur tekens of gevoelens
nie.
Moenie bid, “as dit U wil is” nie – genesing is Sy wil.
Moenie lank bid of die sessie afsluit met gebed nie.
Moenie sê “jy kan” of “ek kan jou vertel hoe” nie.
Moenie jou hande op die persoon se kop lê nie.
Moenie die persoon vra om besluite te neem rondom die volgende afspraak
nie.
WAT KAN ONS DOEN?
•
Ons moet medelye hê – huil saam met hulle. Moenie sê, “Ek weet hoe jy
voel” nie, want jy weet nie.
“....donker ... geen energie ... kan nie mense verdra .... skuldig .... almal sê ruk
jou reg ... jy weet dit is onmoontlik ... jy weet more sal net soos vandag, donker
wees.”
Rom. 12:15 – “15...wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween”
•
Toon selfvertroue – vertel hulle dat jy presies weet wat om te doen:
- “Jy gaan genees word.”
- “Jy hoef nie geloof te hê nie.” (Luk. 5:17-20 waar die man se vriende hom
deur die dak laat sak het – hulle het VIR hom geglo.)
- “Ek weet jy gaan begin beter voel”.
Luk. 5:17, 20 – “7 EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en
wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem,
het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
20
En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.”
•
•
•
Bid eenvoudig, duidelik – blaas weer liggies op die “waarskuwings liggie” van
hul gees.
Spreek jou begeerte uit om hulle te “kies” – “Ek wil jou graag weer sien”.
Maak spesifieke afsprake – moenie van hulle verwag om na jou toe te kom
nie.
- Laai hulle op indien nodig.
- Kom afsprake na.
64
•
Stem in om hulle deur die proses te dra
- Moet hulle nie te gou laat gaan nie.
- Vra ander om jou te help bid (nie die persoon self nie) – geen “weeklaers”
nie.
- Help met daaglikse parktiese sake – help om stokperdjies te herontdek, wek
‘n nuwe belangstelling in die lewe aan.
•
Let op veranderinge, bevestig, komplimenteer
- Moedig hulle aan om dinge te begin doen waarvan hulle hou.
•
Behou verhouding
- Indien verplasing voorkom, moet hulle nie afsny nie.
- Moenie volgens praatjies oordeel nie.
LET WEL: Nadat ‘n depressiewe persoon weer ‘n greep op die lewe begin kry, is
dit tyd om by die wortel van die oorsake te begin – daardie oorsake wat hulle in die
eerste plek na depressie gelei het. Innerlike genesingshulp vir bediening van
hierdie wonde kan in ander lesings gevind word.
OORSAKE VAN DEPRESSIE
DIE OORSAKE VAN DEPRESSIE
•
Prestasie gedrewe = ‘n gesindheid – onvermoë om liefde te wen, of daar nou
“reg” presteer is of nie , lei tot ontmoediging en uiteindelik tot depressie.
- Aanvaarding van leuens: “Ek moet dit regkry, dan sal hulle my liefhê”.
- Streef daarna om aanvaarding te kry.
- Doen die regte dinge, maar vir die verkeerde redes.
VRUG
- Moet slaag.
- Moet gekomplimenteer word.
- Kan nie kritiek hanteer nie.
- Kompulsief defensief.
- Beherend.
- Eensaam.
•
Geheime vrese, skuldgevoelens.
•
Onvermoë om self en ander te vergewe.
•
Wonde uit kinderjare, onderdruk of vergete:
- Ervaar geen liefde.
- Verlies op 'n vroeë leeftyd: egskeiding, verwydering, deur ouers weggegooi.
- Aanneming.
- Dood.
65
•
Oordele, woede – word moeg, omdat baie energie nodig is om
al die gemors binne te hou – die hart/gedagtes word ‘n asblik.
•
Voorgeboortelike en trauma tydens geboorte,
volgende kind na ‘n miskraam).
- Om ‘n “plaasvervanger” kind te wees.
•
Verlies van werk, aftrede, drastiese veranderinge.
•
Dood van geliefde, of egskeiding
- Depressie ná skeiding – jy het ‘n deel van jouself verloor.
•
Fisieke/psigiese trauma
- Post partum ervaring.
- Verlies van ledemaat, histerektomie (jy het ‘n deel van jouself verloor).
•
Voortdurende rondreisery
- Jy voel altyd asof jy wil huis toe gaan. Die fisiese huis ondersteun die gees.
•
Chemiese wanbalans
- Medikasie kan help – dit laat hulle die lewe ervaar soos wat fikse, gesondes
dit ervaar.
(‘n
'n GEBED IN TYE VAN DEPRESSIE
[BERADER: Wanneer jy bid, moenie die persoon in God se Hande plaas nie – die
persoon sal verworpe voel omdat hy/sy geen geloof/hoop vir hom-/haarself het nie.]
Vader, ek vra U om in die duisternis te kom wat op die oomblik in ___________
se lewe is. Al sy/haar energie, geestelik, emosioneel en fisies, is opgebruik.
Vader, ________________ het na U geroep en kon niks hoor nie. Niks het
verander nie. Alles het nou tot ‘n stilstand gekom; daar is geen wil meer oor om
te probeer nie. Daar is geen hoop, geen doel in die lewe nie. Ek vra U, Here,
om te kom en die liggie van _________________ se gees weer te kom aanblaas.
Bietjie vir bietjie en teen ‘n tempo wat hy/sy kan hanteer, vra ek dat U U lig
vermeerder en sy/haar gees laat lewend word. Jesus, kom en laat die warmte van
U teenwoordigheid vanuit die kern van sy/haar wese na buite uitvloei. Hy/sy mag
dalk nie die onmiddellike verskil voel nie, maar dis goed so. Ek weet, Here, met tyd
sal die goeie gevoelens kom.
Vader, ek vra u om ______________ te seën wanneer hy/sy slaap sodat ware rus
tot diep binne die vermoeienis van sy/haar gebeente kan ingaan. Begin hierdie
vernuwings proses, Here. Ek vra U dit in geloof en vertroue dat U dit vir
_____________ sal doen.
66
SKRIFGEDEELTES:
OU TESTAMENT
Psalm 88: 2-9 - Here, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
Laat my gebed voor U aangesig kom, neig U oor tot my smeking. Want my siel is
sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. Ek word gereken by dié wat
in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag, vrygelaat onder die
dooies, soos dié wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en
wat afgesny is van U hand. U het my gesit in die kuil diep daaronder, in
duisternisse, in dieptes. U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u
golwe. U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir
hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
Psalm 88:16 - Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra U
verskrikkinge, ek is radeloos.
Psalm 88:19 - U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is
duisternis.
Spreuke 25:20 - Soos een wat ‘n kleed uittrek op ‘n koue dag, soos asyn op loog,
so is een wat ‘n bedroefde hart met liedere verwelkom.
Klaagliedere 3: 6-9 - Hy het my in donker plekke laat sit soos dié wat lankal dood
is. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar
gemaak. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.
Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.
NUWE TESTAMENT
Lukas 5:17-20 - En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en
wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem,
het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees. En daar het
manne ‘n mens wat verlam was, op ‘n bed gebring, en hulle het probeer om hom in
te bring, en voor Hom neer te sit. En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om
hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die
panne tussen die mense in en voor Jesus. En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir
hom: “Mens, jou sondes is jou vergewe.”
Romeine 12:15 - Wees bly met dié wat bly is, en ween met dié wat ween.
'N PAAR SLOTGEDAGTES
Enigiemand wat met depressiewe mense werk, moet leer om mediese advies en
voorskrifte te respekteer en in ag te neem. Depressie is beide emosioneel en
geestelike van aard. Die feit dat ons die geestelike sy van die toestand wil
aanraak beteken nie dat mediese behandeling onnodig of onwenslik is nie. In ons
benadering tot depressie wil ons geensins enige mediese model vir behandeling
ongeldig verklaar nie. Inteendeel, hierdie twee benaderings werk effektief saam om
'n depressiewe persoon se greep op die lewe te herstel, aangesien sowel die
liggaamlike as geestelike behoeftes aandag geniet.
67
DEPRESSIE
LIGGAAM
Swak immuun
stelsel agv
onderdrukte
herinneringe
(> Endorfien
vlakke en lae
seretonin vlakke)
SIEL
- Roete na
vreugdekamp
gesluit
- Onvermoë om
waarheid maklik te
ontvang.
- Verkeerde
gedagtepatrone wat
filtreerder versper.
GEES
In gevangenis van:
wanhoop,
hopeloosheid, vrees
LEUENS – gekoppel
aan demone.
Isolasie en
verlatenheid
BEHANDELING
LIGGAAM
• Aanvanklik 'n antidepressant indien
depressie baie
ernstig is en funksies
afgeneem het.
• Vitamines (Prime
1) B-kompleks
• Gebalanseerde
dieet
• Oefening
SIEL
• Verbinding met
herinneringe (emosies
losgelaat; leuens
blootgestel)
• Nuwe gedagte
patrone
1. Identifiseer wat
daartoe aanleiding
gegee het (“triggers”).
2. Herken die roete
3. Soek doelbewus 'n
VERDRIET
nuwe roete (Die
Woord)
GEES
• Bevryding van
leuens (plek van
gevangenis).
• Vergifnis
HUILEND / WEEN / SNIKKEND:
Jou sisteem word ontgif, huil opgekropte trane - daardeur word chemiese
afskeimiddels wat stres veroorsaak, vrygestel en weggewas.
68
LESING 9
VOORGEBOORTE
WONDE
EN
SONDE
(Lesing 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counselling – Elijah House. Persoonlike byvoegings ook gemaak).
69
9. VOORGEBOORTE WONDE EN SONDE
Kom ons veronderstel dat ons in die hemel bestaan voordat ons gebore is ....
Eendag vra Jesus vir vrywilligers om aarde toe te gaan.
Hoe sou jy reageer?
Indien jy jou keuse sou uitoefen, sou jy die volgende kies:
• Hierdie eeu?
• Die plek en datum van jou geboorte?
• Jou eie vader en moeder?
• Jou eie geslag?
• Jou eie liggaam, gesig, verstand, persoonlikheid?
Sou jy, indien God aan jou die keuse gebied het, reguit hemel
toe wou gaan of eers die pad deur die lewe wou stap?
Negatiewe antwoorde identifiseer:
• Gebrek aan vryheid om jouself te kan wees
• Diep wonde en skuldgevoelens
• Rebellie en woede teen God
PS. 22: 10, 11 - “Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my
veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan u is ek oorgegee van die geboorte
af; van die skoot van my moeder af is U my God.”
Soos wat ons volwasse word, interpreteer ons ervaringe van ons verlede met die
verstand , maar ons moet onthou dat ons, selfs nog voordat ons ‘n intellek ontwikkel
het of ‘n redenasie vermoë gehad het, ons ook ‘n geesmens gehad het.
Ons was vir die wêreld om ons baie sensitief terwyl ons in die baarmoeder gevorm
is en daarom is dit moontlik dat ons toe reeds 'n sondige reaksie op daardie wonde
kon hê.
Ps. 58:3
Jes. 48:8
Ps. 51: 5, 6
Luk. 1: 41, 44
Die Skrif leer ons dat swanger vroue gedurende die eerste drie maande van
swangerskap baie rustig deurgebring het. Hulle het gebid, gemediteer en psalms
tot die Here gesing.
Luk. 1: 24, 56 - “Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf
maande lank afgesonder. Sy het gesê: “Die Here het dit vir my gedoen. Nou het
Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.
Maria
het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.”
70
Babatjies is baie sensitief vir die reaksies, emosies,
ervarings, ens., van hul ouers (soos bv. vrees, verkragting,
verwerping, bakleiery, ens.) Klanke het ook ‘n groot invloed op
die ongebore baba (oordromme ontwikkel eerste).
Geboortetrauma, brugbabas, blou babas, induksie,
keisersneë, ens., het ‘n geweldige uitwerking op die baba.
Dit is deel van die genesings proses om name aan babas
te gee wat weens miskrame of aborsies gesterf het en om
‘n begrafnis te hou. Dit is nodig om deur die rouproses te
gaan.
Dit kan van die kinderjare af tot in die volwasse leeftyd, in vreemde drome of
gedragspatrone manifesteer.
Kinder- en tiener selfmoord pogings kan terug herlei word na die moeder wat
aborsie probeer pleeg het.
VIER BAIE ALGEMENE VOORGEBOORTELIKE ONDERVINDINGS
1.
Buite-egtelikheid.
2.
Vir die gesin op die verkeerde tyd gebore.
3.
“Verkeerde” geslag.
4.
Aangenome kind.
SEKSUELE WONDE
Voorgeboortelik
•
•
•
•
Seks, wanneer dit sondig, wellustig of geweldadig gedurende swangerskap
beoefen word, kan 'n baie negatiewe invloed op die baba hê.
‘n Abnormale vrees vir die manlike orgaan of voorwerpe met soortgelyke
vorms.
“Seks is onrein.”
‘n Gees van wellus kan oorgedra word.
Baba
•
•
•
•
Geslagsdele word ontdek en oorreageer daarop.
Glo die liggaam is vuil.
Seksuele dinge word terselfdertyd gefassineer en
gewalg; slegs die negatiewe word gevoel.
Ouers:: Moenie die baba ru of met irritasie hanteer
nie – hy/sy mag dink dat die seksuele dele onrein is en
kan ook pyn verwag.
71
1.
Die buite-egtelike kind
Emosies van skaamte, vrees, onsekuriteit, ens.word ervaar. Die simptome
daarvan is:
a)
‘n Doodswens
Die kind voel dat hy/sy nie daar behoort te wees nie. Dit lei tot:
• ‘n Geneigdheid tot ongelukke.
• Baie kindersiektes.
• Aanhoudende gevoelens van eerder dood te wees.
b)
Prestasiegerigtheid (Bepaling van prestasies)
“Ek moet werk om liefde te verdien en vir die reg om hier te mag wees.”
• Voel hy/sy moet wen.
• Benodig komplimente.
• Verdedigend.
• Onseker.
c)
Woede
Teenoor ouers vir hulle sonde en omdat hulle só hard moet werk om die lewe te
moet verdien.
d)
Skaamte (dit is soos ‘n mantel wat ‘n mens dra)
Ervaar vader en moeder se skande en skuld, plus hulle eie omdat hulle “die
probleem” is.
2.
Die kind gebore op ‘n verkeerde tyd
Die gesin ondergaan moeilike tye soos:
• Ekonomiese depressie, verlies aan inkomste.
• Swak gesondheid, veral die moeder.
• Vader afwesig.
• Ouers het onlangs ‘n kind verloor; miskrame (die baarmoeder word ‘n
begraafplaas – die vloek moet verbreek word); - die kind wat oor/agterbly na
die dood van boeties / sussies, ervaar ‘n baie diep droefheid asook ‘n gevoel
van “tweede beste” / “ek neem iemand anders se plek in”).
Vrug / Simptome
a) Doodswens.
b) Prestasiegerigtheid saam met gevoelens van uiterste waardeloosheid.
c) Skuld - veral as swangerskap die moeder se gesondheid in gevaar gestel het.
Ook finansiële las.
72
d) ‘n Gevoel dat daar net nooit genoeg sal wees van:
1. Geld - vrees om geld te spandeer (veral op self).
2. Liefde - veral wanneer in groot gesinne gebore word.
e) Voel onwelkom - kruip altyd weg OF word aggressief en dwing sy regte af.
f)
Oormatige woede - “'n plaasvervanger kind”.
3. Wanneer die kind die “verkeerde geslag” is
Vrug / Simptome
a) Doodswens.
b) Prestasiegerigtheid - “Ek kan nooit tevrede stel nie”.
c) Rebellie - “Hoekom moet ek selfs eers probeer?”
d) Verwarring - veral met betrekking tot eie geslag - “tomboys” (“geslagspole”
geslagspole is omgeruil).
e) Skaamte - oor die geslag wat hulle is - “Ek was ‘n fout”.
f)
Afsydig, uiters privaat, geslote - vrees vir mense, vir oop ruimtes, ens.
4. Die aangenome kind
Vrug / Simptome
a) Doodswens, prestasiegerigtheid, woede.
b) Vrees vir verwerping - baba wil óf te veel liefde hê óf
verwerp dit totaal.
c) Patologiese leuens – daar is vir hulle gejok en hulle het
hul ouers veroordeel.
d) Kleptomania - Daar is van hulle geroof.
e) Identiteitskrisis - “Wie is ek?”
73
VOORBEELD VAN ‘N GEBED
Here Jesus, ons vra U om met ____________________ te identifiseer waar sy/hy
as 'n klein baba in die moederskoot gevorm is. Praat met sy/haar gees en
kommunikeer aan hierdie kleinding dat U van hom/haar en al die omstandighede
waarin hy/sy gebore is, geweet het. U het hom/haar beplan, Heer, en U was
opgewonde by sy/haar geboorte. Laat _______________ weet dat hy/sy nie ‘n
fout, ‘n las of ‘n ongeluk is nie, maar ‘n gawe en ‘n vreugde.
Here, ons vra dat U haar/hom bekragtig sodat sy kan vergewe. In ons eie krag kan
ons nie. [Vergewe ouers, bely woede, vra om vergifnis vir oordele.]
Here, ons vra U om die skande van buite-egtelikheid weg te neem.
Ons vra dat U die skande van die "verkeerde geslag" sal verwyder .
Lig die skuldlas van die ‘ontydige geboorte’, omdat hy/sy die oorsaak van sy/haar
moeder se gesondheidsprobleme was en omdat hy/sy ‘n finansiële las was.
Here, neem asseblief hierdie negatiewe gevoelens weg, Here, en bedien die areas
van wonde en woede, onwelkom-gevoelens wees, en die vrees dat daar nie
genoeg tyd, geld of kos sal wees nie. Ons vra dat U die doodswens sal kanselleer,
asook die neiging tot ongelukke en prestasiegerigtheid wat uit die behoefte om
aanvaarding te verdien, ontwikkel het.
Verwyder enige verwarring aangaande geslagtelikheid - die geheimhouding,
misleiding en isolasie wat dit veroorsaak het.
Vader, bedien in die area van verwerping a.g.v. aanneming, die verraad van
ouerlike vertroue, die wonde wat veroorsaak is deur leuens en ook dít waarvan
sy/hy beroof is.
Here, was _______________ se hart skoon van onbewuste of versteekte wrokke.
Gee aan _______________ die wete dat U aan hom/haar ‘n spesiale plek in U
familie gegee het.
Jesus, verwyder die gedagtes van waardeloosheid. Kommunikeer aan sy/haar
gees dat U trots op hom/haar is. Restoureer en bring na vore sy manlikheid / haar
vroulikheid. Laat _______________ weet dat U jubel oor sy manlikheid / haar
vroulikheid. Sonder sy manlikheid / haar vroulikheid kan hy/sy nie waarlik die lewe
leef op die wyse wat U vir hom/haar bedoel het nie.
Giet U genesende balsem in die wonde wat deur kritiek en tergende woorde
veroorsaak is. Bedien ook die wonde veroorsaak deur die leuens wat hy/sy moes
glo, sowel as die wonde wat deur berowing veroorsaak is..
Restoreer die geboorte-reg en erfenis wat U van die begin af vir hom/haar beplan
het. Kanselleer die leuens wat hy/sy omtrent hom/haarself geglo het en bou in
hom/haar die waarheid van sy/haar identiteit in U.
Dankie Vader!
74
Lesing 10
SEKSUELE MISBRUIK
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
75
10. SEKSUELE MISBRUIK
Ps.143:3,4 – “3Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond;
hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.
4
En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.”
[Sien K ursus 2 vir “Profiel van ‘n Misbruiker”]
Mal. 2:16 – “16Want Ek haat egskeiding, sê die HERE , die God van Israel, en dat ’n
mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem
julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.”
Slagoffers van seksuele misbruik leef gewoonlik met herinneringe saam wat hulle
vir jare lank aan die wonde en pyn van molestasie ebind kan hou. Mans word
geleer, “’n Man is nie ‘n slagoffer nie”, daarom is dit veral vir hulle moeilik om te
praat.
Dit neem tyd en deursettingsvermoë vir so ‘n slagoffer se hart om genesing te kry,
omdat vertroue vernietig is.
Intersessie is ‘n noodsaaklike deel van berading ten einde die hart van so iemand
voor te berei om die genesing en seën van die Here te kan ontvang.
Min beraders besef die vernietigende uitwerking wat slegs een enkele so ‘n
insident op ‘n persoon kan hê, selfs jare ná dit gebeur het.
Ps 142:5 – “Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die
toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.”
HOE VOEL SO ‘N IEMAND?
1. Deur ander verraai – hy/sy verwag dat hy/sy deur sy/haar ouers of deur God
beskerm sal word, maar dit het nie gebeur nie.
2. Onvermoë om te vertrou – (gesagsfigure en God).
• Hy/sy verwag om geglo te word en dit gebeur nie.
• Hy/sy kon selfs gestraf gewees het omdat hy/sy ‘n ‘leuen’ vertel het of kan
selfs vir alles geblameer word.
• Niemand was teer, liefdevol, beskermend nie.
• Vir hom/haar is God vals.
• Hy/sy kan nie die heiligheid van sy/haar gees deur haar liggaam aan
sy/haar huweliksmaat toevertrou nie – hy/sy is
by die bron verpletter en verontreinig.
3. Alleen/afgesonder in sy/haar pyn - oorweldig
deur die pyn.
76
4. Geen ewigheids waarhede waarin hy/sy kan ontspan/rus nie.
•
•
Alle Christelike waarhede word bevraagteken.
Gesag bied nie meer veiligheid, hoop of betroubare inligting nie.
5. Gefolter deur sy/haar huidige pyn.
•
•
Geen vermoë om sy/haar huidige omstandighede te bowe te kom nie.
Vrees oorheers alle positiewe herinneringe of gedagtes, en sluit hoop uit.
Die persoon begin om slegs op sy/haar eie verstand en hart staat te maak, en
maak ‘n afgod van sy/haar gevoelens.
•
“Dit gaan goed met my - Ek kan na myself omsien”.
•
Selfs wanneer hy/sy wél om hulp roep:
- Kan hy/sy nie ontvang nie.
- Sal hy/sy kompulsief fout vind met die mense wie se liefde sy/haar hart
begin sag maak.
•
Hy/Sy skep fantasiebeelde van liefde en is vatbaar vir verhoudinge wat
kwetsend is. Wanneer hierdie verhoudings misluk, versterk dit sy/haar
gesindheid van “Ek het niemand nodig nie”.
- Sy is voortdurend behep met seks.
•
Hulpeloosheid en vrees
- is die gevolg van al die bogenoemde omstandighede.
- selfs wanneer die misbruiker nie meer ‘n bedreiging is nie.
Sy/Haar reaksie teenoor sy/haar gesin en ander
•
Woede teenoor moeder en almal wat soos sy is.
“Waar was sy?”
“Sy moes geweet het...”
•
Woede teenoor God.
“Hoe kon Hy dit toelaat?!”
LET WEL: Woede kan onderdruk wees; die slagoffer kon ‘n eed geneem het om
nie kwaad te word nie. Geen emosie kan vir té lank ongesproke bly nie.
•
Dubbelsinnigheid wat betref die vader/misbruiker.
- Ontkenning - pyn - ontkenning – pyn.
- Wat hy/sy op daardie oomblik voel is vir hom/haar die waarheid.
- Verwarring wat betref identiteit.
[Seks is ons manier om aan mekaar te vertel wie ons werklik is. Sy/Haar
pa/oupa/broer/oom/misbruiker het die verkeerde boodskappe aan haar oorgedra.]
77
HOE SIEN HY/SY HOM-/HAARSELF?
•
As ‘n niemand/niks
- Daar is teen hom/haar oortree, sonder respek gehandel, gebruik,
verontreinig, vasgevang, gemanipuleer, beroof van eer en waardigheid,
waardeloos, niemand kan hom/haar liefhê nie.
•
Skuldig (woede teenoor self) God het ons geskape met ‘n sensitiwiteit vir
seks. Daardie gevoelens van plesier is nou vermeng met aakligheid en
weersin en skuldgevoelens.
- “Hoekom het ek nie vertel nie?”
- “Hoekom het ek nie weerstand gebied nie?”
- “Ek was seker die een wat dit veroorsaak het.”
- “Ek moes dit nie geniet het toe dit gebeur het nie.”
•
Verantwoordelik
- Skuld deur die misbruiker oorgedra. Hy/Sy probeer van die skuldgevoelens
ontsnap.
- Irrasionele weghardloop, onttrekking, prestasie gerigtheid - gedrag om hom/haarself te beskerm/toe te maak.
- Selfmoordpogings.
- Alkohol en dwelms.
- Wil hom-/haarself seermaak (kop stamp, sny, ens.)
- Kan nie vir lank konsentreer nie; kan nie aan skool en kursusse, ens.
toegewyd wees nie.
SY/HAAR VERHOUDINGS MET MAATS
•
•
Hy/Sy word na diégene aangetrek wat ook ‘n kreupel selfrespek uitbeeld.
- “Ek is ‘n ‘niemand’ wat nie deur ander aanvaar sal word as hulle sou ‘weet’
nie”.
Wend hom-/haarself na maniere van selfbeskerming en hou mense op ‘n
afstand.
- Oormatige gewigstoename.
- Swak higiëne (was nie hare nie, geen grimering, ens.).
•
Vorige maats, kerk/jeugaande, ens. word vermy.
•
Losbandige gedrag.
- Sy/Haar behoefte aan liefde word verkeerdelik vertolk.
- Hy/Sy het geen konsep van sekondêre maagdelikheid nie, so waarom sal
hy/sy nie voortgaan en hom-/haarself verder te besoedel nie?
- Het ‘n behoefte om hom/haarself, sowel as ander, te straf.
- Glo dat sy/haar enigste waarde in seks lê.
- Hy/Sy sal reageer op enige nie-bedreigende persoon wat belowe om vir
hom/haar om te gee.
•
Lesbiese liefde, homoseksualiteit - soek na ‘n ouerlike rolmodel.
78
ONTVLUGTINGS-MEGANISMES WAT ALGEMEEN BY DIE SEKSUEEL
MISBRUIKTE PERSOON VOORKOM
•
Fantasie - word gereeld gebruik om die werklike ondervinding van die misbruik,
baas te raak. Later in die huwelik word dit ‘n groot probleem. (Fantaseer dat jy
nie werklik daar is nie).
•
Onderdrukking - persoon verloor die bewustelike herinneringe van die trauma.
•
Seksuele koudheid – a.g.v. onderdrukte innerlike geloftes om nooit weer
kwesbaar te wees nie, is die slagoffer nie in staat om met die huweliksmaat in
‘n bevredigende seksuele verhouding te verkeer nie.
•
Regressie - die terugkeer na die kinderlike toestand om sodoende die pyn van
misbruik te vermy, of die persoon sal spontaan die kindertrauma herleef.
GENESING
•
•
•
•
Moenie haastig wees nie.
Moenie die persoon aanraak tensy jy duidelik “genooi” word nie.
Wees beskikbaar – en bid!
Die persoon kan selfs die aanraking van Vader God vrees.
IN GEBED
•
•
•
•
•
•
•
Herhaal oor en oor, “Jy is nie skuldig nie. Jy het die reg om kwaad te wees.”
LUISTER.
Herbou ‘n sin vir REGVERDIGHEID: VERTROOSTING.
Leer hom/haar wat vergifnis is. Vergifnis hang nie van nuwe gevoelens af nie.
Dit is ‘n werk van die Kruis. Die misbruiker se verantwoordelikheid word nie
weggeneem nie.
Bid dat die Lewende Waters (nie bloed nie), die persoon sal reinig.
Dood moet oor die leuens aangaande hom-/haarself, oor ou gewoontes en oor
innerlike geloftes, gespreek word.
Die liggaam, siel en gees moet van die misbruiker afgeskei word.
VOORBEELD VAN ‘N GEBED
Liewe Here Jesus, daar is teen _______________ gesondig. Ek vra U om aan
sy/haar hart te kommunikeer dat dit NIE SY/HAAR SKULD WAS NIE.
‘n Slegte ding het gebeur, maar hy/sy is nie self sleg nie. Hy/Sy was nie die
oorsaak dat die misbruiker hom/haar seergemaak het nie. Die misbruiker het dit op
sy/haar eie gedoen.
79
Jesus, spreek die waarheid in sy/haar hart; help hom/haar dat hy/sy sal weet dat U
hom/haar werklik met ‘n skoon, nie-mishandelende liefde, lief het. U het hom/haar
nooit verwerp of verlaat nie. Laat die skoon, helder lewende water van U
teenwoordigheid nou oor sy/haar hele wese spoel. Dankie Jesus, dat U presies
weet hoe naby U aan hom/haar kan kom sonder dat sy/hy bang sal wees..
Ek dank U dat U nie sy/haar persoonlike grense oorskry nie! Maak haar deur en
deur rein.>aat die golwe van U liefde haar onreinheid weg was. Was die reuke, die
klanke, die gevoel-sensasies, weg.
Beklee hom/haar met U waarheid en geregtigheid. Verfris ook nou sy/haar gewete .
Skei sy/haar gees, Heer, van die een wat hom/haar misbruik het.
Vader, hierdie ondervinding het sy/haar vertroue geheel en al verpletter en dit is
nou vir hom/haar geweldig moeilik om weer te kan vertrou of om weer enigiemand
te glo. Saam vra ons U nou om die proses te begin om daardie gebroke vertroue
weer op te bou en te herstel.
Die gewoontepatrone wat deur die jare gevorm is wat nie na die Lewe lei nie, bring
ons nou na U toe, Heer. Hierdie verkeerde weë het hom/haar en ander baie
seergemaak, en daarom vra ons U om met hulle te handel, o Heer.
Bedien die areas van vrees, eensaamheid, uitputting, verwarring en woede. Lig al
hierdie dinge uit, Jesus, en vervang dit met U vertroosting wat elke gedeelte van
sy/haar wese nodig het. Ons gee aan U al die woede teenoor ______________
omdat hulle hom/haar nie beskerm het nie (omdat hulle hom/haar nie wou glo nie,
ens.). Vervang dit met U vrede en die waarheid van hoe U hom/haar werklik sien..
Mag hy/sy sy/haar identiteit as U kosbare kind leer ken. Laat die oë van sy/haar
geesmens U sien; hoe trots U op hom/haar is omdat hy/sy na U toe gekom het, en
hoe U jubel oor sy/haar teenwoordigheid!
Wys hom/haar die mense in sy/haar lewe wat sy/haar vertroue waardig is. Bring
vertroosting aan die gekneusde en gebroke plekke. Herstel sy/haar verhouding
met U en met _______________ (pa, ma, broers, ens.)
Saam vergewe ons hom/haar omdat hy/sy fisies gereageer het Vergewe hom/haar
ook vir die oordele wat hy/sy gemaak het, alle veroordeling, ook hoe hy/sy
neergesien het op sy/haar liggaam. Here, U het ons gemaak om te reageer. Help
sy/haar geesmens om te weet dat U hom/haar nie veroordeel nie. Dit is nie sy/haar
liggaam se skuld nie – hy/sy is so geskape. Dit was ‘n natuurlike reaksie.
Daar is nie na sy/haar “NEE” geluister nie. Sy/Haar persoon en grenslyne is nie
gerespekteer nie. Lig alle skuldgevoelens nou af, Heer.
Mag U heerlikheid hom/haar voortdurend genees; mag dit hom/haar beskerm en
versteek
Dankie Jesus, dat U omgee!!
80
Lesing 11
DIE SLUIMERENDE
GEESMENS
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
81
11. DIE SLUIMERENDE GEESMENS
Rom. 13:11 - “…die uur is reeds daar om uit die slaap wakker te word; want
die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.”
Jes. 52: 1, 2
Open. 16:15
Mark. 13: 35, 36
1 Thes. 5: 4-6
Hierdie les gaan jou help om die
funksie van jou eie persoonlike
geesmens te verstaan. Jy gaan leer
wat diedie oorsaak is dat die
mensgees sluimer; hoe om die
simptome daarvan te identifiseer;
hoe om tussen ons siel en ons
gees te onderskei.
Indien jou geesmens slaap, sal jy nie in staat wees om op al die gebiede van
jou lewe te funksioneer nie.
Die Here het alreeds daarvoor voorsiening gemaak – niemand hoef aan die
slaap te bly nie. Definitiewe stappe kan geneem word om ‘n sluimerende
geesmens wakker te maak.
Kennis oor die slapende geesmens is een van die kragtigste sleutels wat aan
die Liggaam van Christus gegee is. Dit ontbloot een van die vernaamste redes
waarom daar vandag in die Liggaam van Christus soveel sonde en
kragteloosheid is.
WAT IS 'N SLAPENDE GEESMENS?
‘n Toestand waarin die persoonlike gees nie ten volle ontwaak het nie, sodat
sekere fasette van 'n persoon se lewe bloot sluimerend / in onbruik lê.
WANNEER BEHOORT JY HIERDIE TOESTAND TE ONDERSOEK?
Wanneer jy alles binne jou vermoë gedoen het, en daar is nog steeds nie ‘n
deurbraak nie, en daar in bepaalde areas geen sterkte van karakter is nie.
Mense met ‘n slapende geesmens kan Geesvervulde kinders van die Here
wees, wat werklik poog om in liefde te wandel en ander te bedien.
82
HET EK 'N SLAPENDE GEESMENS?
1.
Iemand met 'n wakker geesmens
ervaar en vertoef in die salwing en die
teenwoordigheid van God.
Die sluimerende geesmens kan slegs
GLO dat God teenwoordig is, en
wanneer hulle wel enigiets ervaar, is dit
gewoonlik slegs baie gering.
2.
Stiltetyd - Wakker mense kom maklik in Sy teenwoordigheid in en ervaar
Sy liefde.
Mense met 'n slapende gees ervaar 'n droë stiltetyd. As hulle poog om
die Bybel te lees, dan praat niks met hulle nie; die Woord van God is vir
hulle droog. Hulle raak dus gou ontmoedig.
3.
Wakker geesmense het geestelike drome, sien nou en dan visioene, en
hoor God met hulle praat.
Omdat Hy Gees tot gees met ons praat, hoor die slapende geesmens
Hom nie, en dink baiekeer dat dié wat Hom wel hoor, hulself bluf.
4.
Wakker geesmense is kreatief.
Geesmense wat slaap is ongeïnspireerd en boots dit wat goed lyk, na.
5.
Wakker mense het hoop.
Iemand met 'n slapende geesmens, leef slegs vir die oomblik en wil hê
dat die pyn dadelik moet weggaan.
6.
Wakker mense "lees" ander baie goed en kan agterkom wat ander
werklik bedoel of wie hulle werklik is. Hulle kan goeie verhoudinge bou.
Iemand met 'n slapende geesmens sê baie keer onsensitiewe dinge wat
ander baie seermaak.
Hulle kan dus nie diep verhoudinge handhaaf nie en slaag nie daarin om
in ander se behoeftes te voorsien nie. Dit kan eindig in frustrasie en
eensaamheid, en in die huwelik eindig dit baiekeer in 'n egskeiding.
7.
Wakker geesmense ontmoet mekaar seksueel op al drie vlakke: gees,
siel en liggaam.
Iemand met 'n slapende gees ervaar seks baie keer net op 'n fisieke vlak.
Hulle ervaar selde of ooit die heerlikheid wat God vir die huweliksdaad
bedoel het.
83
HOE GEBEUR DIT DAT 'N PERSOON 'N SLAPENDE GEESMENS HET?
Dit gebeur gewoonlik omdat iemand nie tot die lewe geroep is deur:
•
Ÿ
•
vertroeteling
liefdevolle aanraking
voorligting van ouers.
[Die mens is die enigste wese wat word soos wat hy opgevoed is.]
DIE FUNKSIES VAN OUERS IS DUS OM…
Ÿ
Die kinders te vertroetel en op te voed met die kapasiteit
om menslik te wees, m.a.w., 'n wakker gees, dat hy
met ander kan identifiseer, hulle waardeer en
koester en hoër te ag as homself.
Ÿ
Liefde te wys deur volop liefdevolle aanraking.
•
Om die gees van die kind na vore te roep/om hom
uit te lei na die lewe.
Ÿ
Grenslyne te stel en te dissiplineer.
Ÿ
‘n Sterk karakter te bou.
•
Om opleiding te voorsien om die kind te ontwikkel in die rigting waartoe
God hom/haar roep.
•
Die gewete van die kind se persoonlike gees in te oefen en dit te leer
hoe om reg te funksioneer.
GOD PRAAT MET DIE VADERS
EFES. 6:4 - “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat
hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en
vermaning soos die Here wil.”
MAL. 4:6 - “Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie
hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.”
Vaders is primêr daarvoor verantwoordelik om die kind se gees wakker te
maak en op te voed. Babas en klein kinders het nodig dat hulle pappas hulle
vashou. Daarsonder sal hulle geesmens, soos 'n huisplant wat in die woestyn
geplaas is sonder water of grond , baie gou verlep en sterf, spesifiek in sy
vermoë om as ‘n persoon te funksioneer.
84
Ons geskiedenis toon resultate van pappas wat, weens die industriële
revolusie, weg beweeg het van hulle gesinne. Dit het meegebring dat ons
pappas minder en minder by hulle gesinne betrokke was en die mammas
moes oorneem.
DIE RESULTATE WORD IN 2 TIM. 3: 1-5 VOORSPEL
•
Stygende misdaad - afwesige vaders het baie slapende geesmense
voortgebring wat ook sonder gewetes voortleef.
Ÿ
Stygende egskeidings - 'n slapende geesmens kan nie verhoudinge
handhaaf nie. Hulle gewete is ook nie baie sensitief nie, so hulle is
meer geneig om egbreuk te pleeg.
•
Werk word belangriker as gesinne.
Ÿ
Meer Christene verval in vormgodsdiens en kan nie 'n verhouding met
God bou en handhaaf nie. Hulle hou hulle besig met teologie omtrent
Hom, vorme van aanbidding, en die saligheidsplan, maar hulle ken nie
vir Jesus Persoonlik nie.
HOE OM GENESING TE LAAT PLAASVIND
•
Erken die probleem.
Ÿ
Bepaal die kwaliteit vertroeteling wat deur die ouers voorsien is, veral
van die vader.
•
Bid hardop en vergewe ouers, veral die vader.
Ÿ
Bid God se lewe in hulle in, fokus veral op die geaffekteerde areas.
Ÿ
Spreek direk tot die geesmens wat óf nooit wakker gemaak is nie, óf
weer aan die slaap geraak het as gevolg van pyn of die verdowende
effek van sonde.
•
Bid om die geesmens te troos en te genees in die areas waar hy/sy
vertroeteling nodig het.
DIE BEHOEFTE VAN DIE PERSOON WAT GESOND WIL WORD
•
Die familie van die Here is baie beanery, dit is waar onvoorwaardelike
liefde ontvang word.
Ÿ
Hierdie persoon het baie drukkies en liefdevolle aanrakings nodig.
85
PERSOONLIKE DISSIPLINE VIR SO 'N PERSOON
•
Bid daagliks, en nooi die Here uit om die geesmens wakker te maak.
Ÿ
Kies elke dag die lewe.
•
Soek daaglikse vertroeteling by jou geliefdes.
Ÿ
Lees baie skrifte oor lewe.
Ÿ
Neem deel aan kleingroepies en bou verhoudings. Dit is baie belangrik,
maar dit kan ook baie moeilik wees. Wanneer so iemand begin om te
lewe, wil hy gereeld weens vrees weghardloop.
Ons is meer bang vir die goeie as vir die slegte. Ons vlug wanneer goedheid
ons aanraak, omdat dit ons kwesbaar maak, en ons sal veel eerder slaap as
om kwesbaar te wees! Ons moet leer om die seer van die lewe in die gesig te
staar, en die persoon help om nie net weer om te draai en aan die slaap te
raak as seer oor sy pad kom nie.
ONTHOU: Die sleutel is VERHOUDING
86
Lesing 12
DIE GEES IN
GEVANGENESKAP
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
87
12. DIE GEES IN GEVANGENESKAP
Die Woord leer ons dat satan nie net bedoel om ons dood te maak en te
vernietig nie, maar dat hy ook van ons wil steel. Wat is dit wat hy wil hê?
Jes. 42: 20-22
Sag. 9: 11, 12
As gelowiges kan ons verlossing nie van ons gesteel word nie: ons is
losgekoop. Maar wanneer ons weier om te waag om te LEWE, wanneer ons
van die lewe wegvlug of omdraai, tree Satan in om ons geesmens gevange te
neem, en dit beroof ons van ons kapasiteit om te funksioneer in die volheid
van LEWE.
Joh. 10:10 - “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het
gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Die gees in gevangeneskap is ‘n toestand wat verband hou met,
maar veel ernstiger is as dié van 'n slapende gees. 'n Gevange
gees kan nie net wakker gemaak word om weer die lewe in die oë
te kyk nie; dit moet inderwaarheid vrygemaak word van die magte
van die duisternis. Onderskeiding vereis die in werking stelling van
die gawes van kennis en insig, sowel as sorgvuldige
waarneming van die simptome waardeur die individu gekwel
word. In hierdie les kyk ons na hierdie simptome en bespreek
maniere om die persoon met 'n gevange gees na genesing te
lei.
DIE GEESMENS IN DIE VESTING
•
'n Toestand wat vroeg in 'n mens se lewe begin. Wonde maak dat 'n
persoon wegvlug of wegdraai van die lewe - met ander woorde:
Rebellie.
Ÿ
Ons sluit onsself toe in vleeslike vestings, en kan nie funksioneer nie.
Demone buit dikwels hierdie toestand uit. (Joh. 10:10)
- Die individu kan besef dat iets verkeerd is of skort, net soos 'n
gevangene wat by sy tralievenster uitkyk en die lewe daar buite
waarneem.
- Sy geesmens kan ook aan die slaap raak.
88
GEVANGENES vs SLUIMERAARS
Daar is baie simptome wat met mekaar gemeen het tussen die gevangenes en
sluimeraars. 'n Paar belangrike verskille egter:
•
Ÿ
•
Die graad van erns of onvermoë om te funksioneer.
Die gevare van gevangenskap: die gees kan geteister, getraumatiseer,
uitgemergel of gefolter word.
Daar is 'n genesingsproses nodig.
HOE OM 'N GEVANGE GEES TE EIEN
Die volgende vrae sal jou help om die toestand te eien:
•
Voel jy hol en leeg, asof jy iets kortkom? Jy wil
net op ‘n hopie sit en doodgaan?
Klaagl. 3: 6-9 - “Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood
is. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar
gemaak. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed
onverhoord. Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie
onbegaanbaar gemaak.”
Ÿ
Voel jy eensaam en alleen en afgesonder selfs al is jy tussen mense?
Ps. 88:19 – “U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is
duisternis.”
•
Voel jy ooit vervolg, geteister of gefolter, selfs al is daar niemand wat jou
pla of seermaak nie?
Ps.88:16 – “ 16Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u
verskrikkinge, ek is radeloos.”
Ÿ
Voel jy dat jy talente, kragte en vermoëns binne -in jou het wat jy nie kan
bereik nie, so asof dit vir jou toegesluit is?
PS.88:2-9 - “Here, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
Laat my gebed voor U aangesig kom, neig U oor tot my smeking. Want my
siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. Ek word gereken
by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie
U nie meer dink nie, en wat afgesny is van U hand. U het my gesit in die kuil
diep daaronder, in duisternisse, in dieptes. U grimmigheid rus op my, en U
druk my neer met al U golwe. U het my bekendes ver van my verwyder, my
iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.”
Ÿ
Is die huweliksdaad wonderlik en vreugdevol, of is dit slegs iets wat jy
moet doen?
89
•
Ervaar jy ooit 'n innerlik woede, selfs al is daar oënskynlik geen rede
daarvoor nie? Gevangenes haal hul woede uit op die tralies wat hulle
binne hou.
•
Ervaar jy 'n sluier of 'n mistigheid oor jou lewe? Is dit asof alles vir jou
dof, gedemp of versluier is, bv. kleure, klanke, ens.
Ÿ
Vind jy dat jy, wanneer daar ‘n gesalfde aanbidding of lering is,
oorrompel word deur 'n vaakgees wat jy geensins kan weerstaan nie?
(Narkolepsie)
Ÿ
Het jy ooit aan disleksie gely? 'n Algemene probleem by mense wat in
gevangeneskap is. Sowel disleksie as gevangeneskap kan teruggevoer
word na geestelike onttrekking en rebellie.
NEEM WAAR TERWYL JY LUISTER
Die berader kry sy inligting nie net uit die antwoorde op bogenoemde vrae nie,
maar ook deur te let op:
•
Ÿ
•
Liggaamstaal.
Stemtoon.
Gesigsuitdrukking.
TOON EMPATIE
'n Goeie manier om die eerlikheid van antwoorde te bepaal, is om te let op die
lengte van stiltes voordat die antwoord verstrek word.
DIE GENESING VAN DIE PROSES WAT TOT GEVANGENSKAP GELEI
HET
'n Klein kindjie se manier om dinge te hanteer:
•
Ouer kinders het maniere om dinge te hanteer sonder dat dit vir hulle
nodig is om hulle aan die lewe te onttrek. Hulle kan hulle gevoelens
verbaal uitdruk, grense stel, "NEE" sê, hulle mening lug, selfs terug
baklei. Die enigste manier waarop 'n klein kindjie egter op misbruik of
verwaarlosing kan reageer, is om te weier om hom met die skuldige te
verbind of om hom te onttrek of te "ontkoppel".
Ÿ
Onttrekking (dissosiasie) kan later 'n geoefende manier word waarop
dinge hanteer word. In die geval van volgehoue misbruik,
verwaarlosing of wanfunksie, sal die kind aanhou om hom te onttrek.
Daar kan ook innerlike geloftes wees, naamlik: om nie te voel nie, om
niemand nodig te hê nie, om nie jouself uit te druk nie, om nie te
bestaan nie.
90
•
Gewoonlik sal die persoon in sy vroeë kinderjare 'n gevangene word;
soms kan dit ook in sy latere kinderjare gebeur, en by uitsondering in sy
volwasse lewe - as 'n “laaste strooi” geval.
Ÿ
Volkome genesing kan eers plaasvind na 'n reeks "herkonneksies",
waar die gevangene bely dat hy hierdie "diskonneksies" van die lewe
gemaak het.
GENESING VAN DIE GEVANGENESKAP
Herkenning - Dit verg tyd en toewyding.
• Vra God om die toestand van die persoon se gees en die plek
van gevangeneskap te openbaar.
Ÿ Vra vrae om bevestiging van die toestand te verkry.
• Help die persoon om te verstaan wat die omstandighede was
wat die onttrekking en rebellie tot gevolg gehad het.
Belydenis en Berou
• Bely onttrekking van die lewe asook alle rebellie. Die persoon
moet verklaar dat hy/sy vry wil wees.
Ÿ Woede teenoor God - dit is nie Hy wat die persoon in
gevangenskap geplaas het nie.
Vergifnis
•
Help die persoon om om vergifnis te vra en om self vergifnis
te kan ontvang.
Ÿ
Vra God om die area van gevangenskap binne te dring en die
persoon se gees vry te stel.
Vra God om die tronk te vernietig.
Bid “wegsteek gebede” vir die gevange persoon (Ps. 91), en
stuur enige "tronkwagte" ("gate-keepers") weg.
Vra God om die persoon te bedien in sy geestestoestand:
uitmergeling, sluimering, ens. Bid vir krag en die gewilligheid
om die lewe te kies.
Vra God om weer die persoon se gawes, talente en vermoëns
tot lewe te wek en sy geboortereg en erfdeel te herstel.
Gebed
•
Ÿ
Ÿ
•
Ondersteuning
Help die persoon om die lewe te kies.
• Hy moet bereid wees om die prys van pyn te betaal.
Ÿ Hy moet bereid wees om te waag.
91
GEBED VIR GEVANGENES:
Vader, ons dank U vir die gawe van ons geesmens wat U in ons ingeblaas het
die dag toe ons verwek is.
Ons vra U nou om ons te lei na die plek waar ______________ se gees is.
[Wag op die Here, en deel wat hy aan jou openbaar.]
Vader, ons vra dat U nou saam met ______________ in hierdie plek inbeweeg
en hom daar uitlei. Dra hom as dit vir hom te moeilik is om self te loop.
Here, ons vra U om die verwonde gees en verskrompelde "ledemate" aan te
raak. Masseer hierdie dele sodat die bloed weer kan deurvloei. Vul dit met U
krag. Giet die olie van U Gees oor die wonde om verligting te bring.
Draai ________________ toe in U kleed van geregtigheid.
Laat U genesing deur liggaam, siel en gees stroom.
Ek vra dat U vir die vyand grense sal vasstel waardeur hy nie sal kan breek
nie. Laat U heerlikheid en heiligheid __________________ so omstraal dat
dit die vyand sal verblind sodat hy hom nie sal kan sien nie.
Wis alle voetspore uit sodat die vyand hom nie kan agtervolg nie. Vader, stap
saam met ________________ sodat hy op U sal kan leun wanneer sy bene
ingee en sy wil swak is. Gee hom tyd om sy liggaamlike en geesteskrag te
herwin sodat hy die lewe sal kan kies.
Ek vra ook dat u, teen 'n pas wat reg is vir ________________, die gawes,
talente en vermoëns wat U hom as erfdeel gegee het, sal opwek sodat hy 'n
oorvloedslewe sal kan smaak. Ons vra dat u nou sy geboortereg wat van hom
gesteel is, sal herstel.
Vader, saam ontslaan ons nou die vyand, in die Naam van Jesus Christus.
Ons vra dat U nou U engele opdrag sal gee om met die magte van die
duisternis af te reken soos wat U dit goed mag vind. Ons vra dat U engele
wagte opdrag sal gee aangaande _________________ om hom te beskerm.
Ons vra dat U deur U genade die tronk sal verseël of vernietig (wees spesifiek)
en blaas ook nou alle bewyse weg deur die magtige wind van U Heilige Gees.
SKRIFGEDEELTES
OU TESTAMENT
Psalm 28:1 - “Ek roep U aan o Here! My rots, draai nie stilswygend van my af
weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil
neerdaal nie.”
Psalm 30:3-4 Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my
gesond gemaak. Here, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my
lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.”
92
Psalm 40:2-3 Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe
neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van
vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy
het my gange vasgemaak.
Ps. 88:2-9 – “Here, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
Laat my gebed voor U aangesig kom, neig U oor tot my smeking. Want my
siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. Ek word gereken
by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie
U nie meer dink nie, en wat afgesny is van U hand. U het my gesit in die kuil
diep daaronder, in duisternisse, in dieptes. U grimmigheid rus op my, en U
druk my neer met al U golwe. U het my bekendes ver van my verwyder, my
iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.”
Psalm 88:16 -“Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra U
verskrikkinge, ek is radeloos.”
Psalm 88:19 - “U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes
is duisternis.”
Jesaja 42:20-22 -“Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee
nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. Dit het die Here behaag ter wille van
Sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak. En tog is dit ‘n
beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers,
verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red,
‘n plundering sonder dat iemand sê: “Gee terug!”
Klaagl. 3:6-9 – “6 Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal
dood is.
7
Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie
swaar gemaak.
8
Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.
9
Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar
gemaak.”
NUWE TESTAMENT
Joh. 10:10 – “10Die dief kom net om te steel en te slag en
te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed
kan hê.”
2 Kor. 4:4 - “Naamlik die ongelowiges in wie die god
van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die
verligting van die evangelie van die heerlikheid van
Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn
nie.”
93
Lesing 13
OUERLIKE OMKERING
EN PLAASVERVANGER
MAAT
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
94
13. OUERLIKE OMKERING EN PLAASVERVANGER MAAT
Omgekeerde ouerrolle is nie so 'n maklike sonde om te haat nie . Die
probleem is dat dit vir baie mense die mees eerbare definisie van lewe
geword het; die opoffering en diensbaarheid wat dit verg kan maklik uit die
Woord geregverdig word. Maar God vra van ons om ons lewe vir ander neer
te lê om SY ontwil, en nie uit die onsuiwere motiewe van ons eie verwonde
harte nie.
2 Kor. 12:14 – “ Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek
sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want
dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die
kinders.”
Die terme omgekeerde ouerrolle en plaasvervanger maat, beskryf die
identiteit wat 'n kind aanneem wanneer 'n ouer onwillig of nie in staat is
om sy/haar rol as ouer te vervul nie.
So 'n kind sal die las en verantwoordelikheid, wat veronderstel is om deur die
vader of moeder gedra te word, op hom neem. Hierdie wonde sal hom deur sy
kinderjare aandryf tot in die volwasse lewe waar dit 'n vernietigende oes in
die lewe van die enkeling, sowel as in sy verhoudings met ander, sal
voortbring.
Die rol van plaasvervanger maat is 'n baie ernstiger vorm van
omgekeerde ouerrolle. Beide hierdie identiteite moet aan die kruis te sterwe
kom en daar moet nuwe opvattings in die karakter gevestig word.
DEFINISIE VAN OMGEKEERDE OUERROLLE
Identiteite wat deur kinders aangeneem word wat in huise groot word waar een
of albei ouers afwesig is, of oneffektief is as gevolg van dood, egskeiding,
sonde of onvolwassenheid. Die kind probeer die verantwoordelikheid
op hom neem, om die leemte te vul, en om die ouerlike rol onwettig
in besit neem.
LET WEL: Hierdie terminologie is nuttig vir
identifikasiedoeleindes, maar kan skadelik wees indien dit
gebruik word om mense te etiketteer. Wanneer u so 'n
persoon bedien, verwys eerder na die gedrag as na die
terminologie.
WAT Sê DIE WOORD?
Die Bybel spreek hom baie duidelik uit oor behoorlike ouerlike verpligtinge.
•
Ouers moet volle verantwoordelikheid vir hul kinders aanvaar, en
hul laste dra (2 Kor. 12:14).
95
Ÿ
Ouers moet gepaste grenslyne stel en dissipline toepas.
1 Tim. 3:4 - “Een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle
waardigheid in onderdanigheid hou.”
•
Ouers moet in die behoeftes van die gesin voorsien.
1 Tim. 5:8 - “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie
sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.”
Ÿ
Ouers moet die spesiale gawes van die kind na vore bring en die
eie-ek kruisig.
Spr. 22:6 - “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy
oud word, daar nie van afwyk nie.”
•
Ouers moet 'n goddelike lewenstyl uitbeeld.
Jes. 38:19(b) - “Die vader maak aan die kinders u trou bekend.”
DIE KIND SE REAKSIE
God het 'n sekere orde daargestel vir ouers. Wanneer dit nie funksioneer nie,
kan dit lei tot vestiging van omgekeerde oue rrolle of 'n plaasvervanger maat.
Baie keer word ‘n kind by die sterfbed van ‘n ouer daartoe gedwing om ‘n
onmoontlike belofte te maak - om daardie ouer se plek in te neem.
Ÿ
Ÿ
•
•
Die kind betree nou vrees - "Wie gaan vir dinge sorg?"
Die kind begin om werke na te streef. Hy probeer die ouer se rol
vervul - 'n onmoontlike rol vir 'n kind.
Die kind word trots op sy "volwasse" rol. Dit word in hom ingebou deur
die ouer wat hom "nodig" het - "Op jou kan ek staatmaak!" Die kind wil
‘n held wees.
Die kind voel dat dinge nou "van hom afhang" - hy verloor sy
kinderlewe. Dit gebeur gewoonlik met die oudste kind.
SELFBEELD
As volwassenes sien hierdie mense hulself as • Sterk mense wat swakker mense help.
Ÿ Oppassers, beskermers.
• Oplossers van probleme.
Ÿ Gee lewe aan a nder.
96
OMGEKEERDE OUERROLLE: SIMPTOME IN VOLWASSE LEWE
•
Onvermoë om tot rus te kom - terselfdertyd tot die dood toe moeg.
Ÿ
Het nodig om situasies en verhoudings te beheer. “Ek sal goed
wees”.
•
Het nodig om alle dinge te laat werk - "Dinge sal beter gedoen word
as ek dit self doen." (Kompulsiewe vredemakers).
- Beroof sy maat van die geleentheid om die inisiatief te neem of sy
gawes te gebruik.
- Spring sy maat telkens voor. “Ek wil hê dat die lewe ‘n geskenk
moet
wees, maar ek sal dit gee.” Die huweliksmaat moet ook
deelneem aan die besluitneming.
•
Vind dit moeilik om ander te vertrou.
- Foute, onvolmaakthede sit 'n drang, om in te gryp en oor te neem,
aan die gang.
Ÿ
Vind dit moeilik om God te vertrou.
- Sien God as "swak"; Hy het ons hulp nodig. “Die wêreld gaan
uitmekaar val”.
- Onvermoë om te erken "ek kan nie".
•
'n Gevoel van trots - "eerbare martelare".
- “Ek maak net seker dat jy dit reg doen.”
Ÿ
Ontsettende vrees.
- "As ek ophou met waarmee ek besig is, sal my hele familie/gesin,
my lewe, die wêreld, uitmekaar val. Dit sal alles my skuld wees."
- Vernaamste motiveringsfaktor agter die behoefte om in in beheer
te wees. (Sien “slotgedagtes” gedeelte).
Ÿ
Probleme om verwarring of wanorde te kan hanteer.
•
Ontkenning – Probleme om te erken as hy:
- Te hard probeer, oefen druk uit.
- Nie toelaat dat sy maat mag funksioneer nie. "Dit is my plig om na
dinge om te sien!"
•
Onvermoë om emosie te ervaar.
- Wanneer probleme aandag verg, skakel hy alle emosie af en dink
net logies.
- Hy het baie raad vir almal, maar praat nie die "taal van die hart"
nie.
97
Ÿ
Onvermoë om intiem saam met maat en kinders te verkeer.
- Vrugte van omgekeerde ouerrolle en plaasvervanger maat kom
meer en meer na vore in ons verhoudinge met diegene die naaste
aan ons.
GENESING VIR OMGEKEERDE OUERROLLE
•
Herkenning
Help die persoon om self sy gedragspatrone en motiewe te onderskei. Die
waarheid maak ons vry. Moedig die persoon aan om sy huweliksmaat /
vriende te vra om hom daarop te wys wanneer hy simptome openbaar, en om
teenoor hulle rekenskap te gee.
Ÿ
Gebed
Lei die persoon:
Ÿ
Om God te vra om die woorde van vergifnis aan te hoor ten opsigte
van wat sy ouers gedoen of nie gedoen het nie.
•
Om oordele teenoor ouers te bely.
•
Om ware berou te toon en vergiffenis te ontvang.
- Omdat hy sy ouers geoordeel het.
- Omdat hy God as swak beskou het.
•
Ondersteuning
Maak voorstelle en moedig hom aan om nuwe gewoontes aan te kweek:
Ÿ Om ouers te bel (indien moontlik) en te sê: "Ek is lief vir jou!"
• Hou op om jou ouers, geliefdes, huweliksmaat, medewerkers, ens. te
probeer beheer.
Ÿ Hy moet pogings om beheer uit te oefen, erken wanneer hy daarmee
gekonfronteer word.
MA EN SEUN
Wanneer een ouer onsuksesvol is of weg van die huis, sal een
kind (gewoonlik die oudste van die teenoorgestelde geslag)
instaan om die plek te neem. Die seun kan die broodwinner
word, die ma se vertroueling, ‘n steunpilaar vir haar. Hy kan ook
probeer om die jonger kinders te dissiplineer. Hy neem, in alle
opsigte (behalwe die slaapkamer) die posisie van die vader
in.
Daar is miskien geen fisiese seksuele verhouding nie, maar dit
is in die onderbewussyn. Hierdie seun kan later ‘n modelman vir
sy vrou wees, maar op die seksuele gebied, mag hy dalk koud
wees. Dáár sal hy moontlik afgeskakel wees.
98
PLAASVERVANGER MAAT: 'n ERNSTIGER VORM VAN OMGEKEERDE
OUERROLLE
In hierdie situasie steun 'n ouer op onvanpaste wyse op 'n kind van die
teenoorgestelde geslag:
•
Vir emosionele vertroosting.
Ÿ
As vertroueling.
- Ondermyn ander maat.
- Deel dinge met die kind wat hy nie behoort te dra nie - "Jy weet,
jou pa kan nie die gesin onderhou nie."
•
In erge gevalle, vir fisieke bevrediging.
- Slaap by die kind.
- Uitermate klouerigheid, sterk behoefte om vasgehou te word.
- Bloedskande.
SIMPTOME VAN ‘N PLAASVERVANGER MAAT
Ÿ
Al die simptome van omgekeerde ouerrolle.
Ÿ
Soek na verkwikking buite die gesin (skep vatbaarheid vir egbreuk).
•
Seksuele wanfunksie.
- Vroeë seksuele stimulasie weens die onregmatige oorname van
die ouer se rol.
- Electra- of Oedipus-komplekse.
- Seksuele probleme in die huwelik weens misplaaste gevoelens,
skuldgevoelens.
•
'n Intense maar verborge haat en woede teenoor die ouer van die
teenoorgestelde geslag. Die kind kan dalk die kant van die een ouer
kies (dieselfde geslag) teen die ander ouer (teenoorgestelde geslag).
OMGEKEERDE OUERROLLE EN PLAASVERVANGER MAATS:
NATUURLIKE GEVOLGE VAN ENKEL BEOUERING
Ÿ
Enkelouers moet versigtig wees om nie hierdie las op hul kinders te
plaas nie.
Ÿ
Die kerk behoort die leemte in hierdie gesinne te vul.
‘N PROBLEEM VAN MOTIEF
Onthou, die feit dat jy dien is nie die sonde nie, maar die motief waarom jy dit
doen. “Ek moet iets doen, anders word daar niks gedoen nie.”
99
GENESING IN DIE GEVAL VAN ’N PLAASVERVANGER MAAT
•
Herkenning - identifiseer die wortel
- 'n Onrealistiese gewilligheid om oor te neem.
- Word gebou op 'n basis van vrees. Die kind gee toe onder druk van
die ouer.
- Oorsprong: Gebrek aan begrip, ouerlike leiding.
Ÿ
Vergifnis - 'n daaglikse dissipline totdat die saak volledig in die hart
deur gewerk is.
•
Belydenis - vir die sonde van onwettige oorname.
Ÿ
Ware berou en verandering - help die persoon om 'n nuwe rigting in te
slaan. Moenie preek nie; Maak voorstelle vir nuwe gedrag.
LET WEL: Hou in gedagte dat die meeste mense nie in die onmiddellike
omgewing van hul ouers woon nie. Die meeste "vrugte" van omgekeerde ouerrolle en 'n plaasvervanger maat sal dus manifesteer in hul verhoudings met
diegene wat die naaste aan hulle is. Verandering sal vergemaklik word as die
ouers eers vergewe word. Dit verwyder die dryfveer agter dié soort gedrag.
SKRIFGEDEELTES
OU TESTAMENT
Spreuke 22:6 – “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook
as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”
Jesaja 38:19b - “…die vaders maak aan die kinders U trou bekend.”
NUWE TESTAMENT
2 Kor. 12:14 – “Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek
sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want
dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die
kinders.”
1 Tim. 3:4 – “…een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle
waardigheid in onderdanigheid hou.”
1 Tim. 5:8 – “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie
sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.”
100
GEBED VIR OMGEKEERDE OUERROLLE
Vader, ek dank U dat U genoeg vir my omgee om my te agtervolg, om my te
help sien dat die ouerlike rolle in my gesin omgekeer was. Ek sien dat ek vir
daardie leemte ingestaan het en, ongeag hoe nodig of eerbaar dit was, besef
ek nou dat ek verkeerd was.
Deurdat ek my ________________ se rol onwettig oorgeneem het, het ek my
eie kinderjare verloën. U het nie my kinderskouers geskape om so 'n swaar
las te dra nie.
Here, ek vergewe my ouers vir _____________________ (wat hulle gedoen of
nie gedoen het nie).
Ek bely dat ek hulle geoordeel het vir die feit dat
hulle__________________________ (wees spesifiek).
Ek vra dat U my sal vergewe vir daardie oordele en die bitterheid wat dit in my
hart veroorsaak het. Ek bely ook dat ek U, Heer, geoordeel het as 'n
swakkeling, 'n God wat my hulp nodig gehad het. Ek het gedink dat ek dit vir U
moes doen. Vergewe my waar ek U ook seergemaak het.
Ek het intimiteit en saamwees vermy. Vader, vergewe my vir die wyse waarop
ek myself van emosie afgesny het. Ek weet ek het dit as kind gedoen sodat ek
kon voortgaan, maar nou is dit 'n beskermingsmeganisme in my lewe en het ek
al so baie mense seergemaak met my ongevoeligheid. Vergewe my waar ek
probeer het om by U oor te neem en om so ook my huweliksmaat en my hele
leefwêreld te beheer. Nou "bedank" ek, Here. Ek is nie meer in beheer nie.
Vader, dit maak my bang om vir U te vra om beheer oor my te neem asook oor
diegene vir wie ek liefhet en vir hulle met wie ek saam werk. Maar ek is moeg.
Laat my vrees en hoogmoed tot sterwe kom. Ek wil op U vertrou en in U rus.
Ek vra U om vrede in my innerlike wese te spreek; kalmeer al my strewe soos
U ook die see gekalmeer het.
'n GEBED VIR 'N SUBSTITUUT-MAAT
Vader, Ek vra dat U my sal help om my _____________ te vergewe wat my in
die rol van eggenoot ingetrek het. Ek kon nie, en ek het nie "NEE" gesê nie.
Ek het soveel gemengde gevoelens ervaar: trots omdat ek uitgekies is;
woede omdat die ander ouer nie sy/haar rol vervul en my nie beskerm het nie;
en verwarring omdat ek in 'n rol was wat ek nie kon verstaan of vervul nie.
Vader, ek kies om myself te vergewe omdat ek ingestem het tot hierdie rol wat
op 'n subtiele manier op my afgedwing is. Ek vergewe my ouers vir
________________ (we es spesifiek oor wat elkeen gedoen of nie gedoen het
nie). Ek bely en vra vergifnis vir hierdie onverklaarbare woede in my. Nou
weet ek dat dit teenoor my pa en ma en ook teenoor U was, Here. Vergewe
my.
101
Dit maak my baie seer om te sien hoe hierdie probleem my eie huwelik en my
maat geaffekteer het, Vader. Ek sien die skade wat dit berokken het en wil
nou 'n einde daaraan maak. Ek nooi U om dit te beëindig. Bring genesing en
herstel die jare wat deur die treksprinkane verwoes is. Herstel my
verhoudinge, veral ook my verhouding met my Hemelse Vader.
‘N PAAR SLOTGEDAGTES
Dit is belangrik om die verskil tussen prestasiegerigtheid en omgekeerde
ouerrolle te onderskei, omdat baie van hierdie simptome oorvleuel.
Prestasiegerigte mense glo dat hulle die reg om te bestaan moet verdien.
Hulle besorgdheid is eintlik selfgesentreerd; hulle aksies gee hulle ‘n sin van
waarde in die wêreld.
Persone in omgekeerde ouerrolle het ‘n ander bekommernis: hulle wil dinge
in hulle gesin en wêreld beter maak. In hierdie sin is hulle waarlik
“ander”-gesentreerd: hulle neem verantwoordelikheid vir ander se geluk.
Sonder om hulle eie motiewe te verstaan, kan persone in omgekeerde
ouerrolle dit nie duld om te hoor dat hulle eintlik seermaak i.p.v. help, en
versmoor i.p.v. lewe gee nie.
Ons moet hulle nie beskuldig van selfsugtigheid nie, want dit sal onregverdig
wees. Ons moet sagkens die waarheid aan hierdie gebroke harte bring, wat
so hard probeer om die wêreld om hulle, “reg te maak”.
102
Lesing 14
VERBINTENISSE
EN
OORDRAAGINGS
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
103
14. ONGESONDE VERBINTENISSE EN OORDRAGINGS
Van beraders word verwag om agapé-liefde te betoon teenoor diegene wie
bedien word. Soms gebeur dit egter dat hulle die lewe begin ervaar bloot in
terme van die opbou en koestering wat hulle van ons as beraders
ontvang. Hoewel hulle van Jesus praat, is hulle verhouding met Hom
grotendeels gegrond op hulle ervaring van die vlees-en-bloed persoon op
wie hulle staatmaak vir begrip, vertroosting en genesing.
Gal. 6: 1-2 - “Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval
word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van
sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra
mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.”
In hierdie les word daar gekyk na die verhouding tussen die verwonde persoon
en diegene wat hulle op die pad na genesing begelei. Aangesien daar
onvermydelik 'n intieme verhouding tussen die berader en die persoon
wat hy bedien, ontstaan, is dit nodig om indringend te kyk na party van die
algemene probleme wat mag opduik. Daar word in besonderheid na
onbehoorlike verbintenisse, afhanklikheidsvorming en die verwarring wat
verplaasde verhoudings meebring, gekyk - sowel as na insigte ten opsigte van
die rol wat die berader speel om hierdie situasie te beheer en op 'n goddelike
wyse te hanteer.
DIE TAAK VAN DIE CHRISTENBERADER
Terwyl sekulêre beraders geleer word om onbetrokke te bly, is Christen
beraders daartoe geroep om mense, van hart tot hart te ontmoet, intellek tot
intellek en gees tot gees.
HIERDIE VERHOUDING SKEP DIKWELS “VERBINTENISSE”
Sommige mense het 'n behoefte aan liefde met ‘n vel om, daarom verbind
hulle met ons, eerder as met Jesus. Dit behoort net tydelik te wees. Ons moet
deursigtig wees sodat mense verby ons na God kan kyk.
TIPES VERBINTENISSE
•
Verbintenisse wat gevorm word vir bloedbroer
verbonds verhoudings of vriendskapsverhouding.
- 'n Tipe bloedverbond wat heenwys na Jesus.
Gevaar: Hierdie tipe geestelike intimiteit kan oorgaan in
geestelike owerspel, onwenslike dra van ander se laste,
en/of verafgoding. (Gen. 15; 17:1-7).
104
•
Gevorm vir lering.
- Dit is 'n seëning sodat ons in geloof en kennis kan toeneem, maar...
Gevaar: Dit kan lei tot verafgoding.
Deut. 13 :1-5; I Joh. 4:1; 2 Tim. 3: 6-7.
•
Gevorm vir genesing.
- Ons is gawes vir die genesing van ander.
Gevaar: Berader kan beskou word as die "enigste een" wat kan help.
Spr. 13: 15(a) - “’n Goeie verstand verskaf guns, ...”
•
Gevorm vir bevestiging van familie- of gesinsverband, 'n gevoel dat
jy behoort.
Gevaar: Isolasie, eksklusiwiteit.
Efes. 3: 14-15 - “Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse
Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy
naam ontvang.”
•
Gevorm vir seksuele intimiteit, voortspruitende uit die “chemie”.
Gevaar: Daar steek niks goeds in hierdie soort verbintenis nie - dit is
geen basis vir 'n huwelik nie.
VERPLASING: 'N DEFINISIE
Wanneer die persoon wat bedien word verskeie onopgeloste verhoudings met sy ma, pa, broers en susters, ou liefdes, ens. - op die berader (pastoor,
ens.) projekteer en probeer om deur hom 'n oplossing vir daardie probleme
probeer vind.
VOORBEELDE VAN VERPLAASDE VERHOUDINGS
•
'n Persoon wat probleme in 'n hegte vriendskapsverhouding ondervind
het, kan die berader as sy/haar enigste ware vriend beskou.
•
Iemand met swak gesinsbande beskou die berader as vader of
moeder.
•
Indien 'n persoon 'n onbevredigende seksuele verhouding met sy
huweliksmaat het, kan hy seksuele begeertes teenoor die berader
koester. Die persoon kan ook seksuele drome oor die berader hê.
•
Enige kombinasie van bogenoemde, of enige ander onopgeloste
verhoudings. Sulke persone hang die berader aan vir sy/haar redding.
105
SIMPTOME VAN VERPLASINGS
Die persoon wat berading ontvang...
•
•
•
•
•
het oënskynlik 'n té hoë dunk van die berader.
verwag of versoek 'n "spesiale verhouding".
begin probleme fabriseer.
nooi die berader saam na sosiale geleenthede. [Sê op ‘n baie mooi
manier “nee”].
toon tipiese tekens van verliefdheid, bv. Verlangende kyke,
aanrakings, flankeerdery, dubbelsinnighede. (sê dinge wat ‘n dubbele
betekenis het).
HOE OM VERPLASING TE HANTEER
•
Wees bewus daarvan - wysheid bied beskerming vir dié wat dit besit.
Pred. 7:12 – “Want wysheid is ‘n beskutting, geld is ‘n beskutting; maar die
voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.”
•
Onthou dat verplasing nie 'n sonde is nie; dit is eerder die gevolg
van verwarring.
•
Indien enigsins moontlik, praat daaroor.
Sodoende word die verwarring opgeklaar en die persoon gerusgestel.
•
Moenie die persoon verwerp nie.
•
Moenie die gevoel beantwoord nie - behou 'n afstand.
•
Bly koelkop en bewaar jou hart.
•
Lig jou huweliksmaat in wanneer iemand 'n verhouding op jou
verplaas - praat soveel as moontlik daaroor sonder om vertroulikheid in
te boet.
LET WEL: 'n Verplaasde verhouding geskied altyd van 'n swakker na 'n
sterker persoon. Hierdie soort verhoudings is nooit stabiel nie; dit is die
verantwoordelikheid van die berader om die situasie te monitor en die grense
vas te stel.
TEKENS WAT DAAROP DUI DAT DIE VERPLASING DEURGEWERK IS
•
Wanneer die persoon selfstandigheid begin toon.
Hy kan dalk 'n heftige uitval met die berader hê.
•
Wanneer die persoon daarin slaag om dinge te hanteer wat vroeër vir
hom/haar onmoontlik was.
106
•
Wanneer die persoon dinge begin sê soos, "Ek het jou nie meer nodig
nie, het ek?"
DIE PROBLEEM MET WEDERSYDSE VERPLASING
Wanneer die berader die behoefte aan afhanklikheid van die persoon wat hy
bedien, beantwoord.
•
Hierdie soort verhouding is geheel en al gegrond op projeksie.
•
Wanneer dit gebeur, is daar geen manier om die berader-kliët
verhouding te red nie - dit moet summier beëindig word!
HOE OM WEDERSYDSE VERPLASING TE ONDERSKEI
Wanneer die berader .....
•
•
•
•
•
•
Begin glo hy/sy is die enigste een wat die persoon kan help.
Begin meer tyd maak om die persoon te bedien.
Redes vind om die persoon buite die kantoor te besoek; soek private
plekke op.
Droom en dagdroom oor die persoon.
Probleme met gebedslewe en sekslewe met huweliksmaat by die
huis, word ondervind.
Nie ag slaan op waarskuwings nie.
HOE OM WEDERSYDSE VERPLASING TE HANTEER
•
•
•
Deel met en bely teenoor huweliksmaat of vertroueling - praat dit uit.
Plaas persoon oor na 'n ander berader.
Verbreek die verhouding geheel en al.
LET WEL: Verplasing kan tussen lede van dieselfde geslag plaasvind, bv.
waar 'n vrou in haar berader na 'n moederfiguur soek.
'N GEBED VIR ONGESONDE VERBINTENISSE EN VERPLAASDE
VERHOUDINGS
Vader, ek vra U om hulle wat hulself aan my verbind het, tegemoet te kom.
Maak hulle sagkens, dog ferm los van my en verbind hulle aan Uself, die ware
Lewensbron. Neem hulle van wie ek bewus is, sowel as dié van wie ek nie
weet nie, maar wat dalk stil-stil, sonder dat ek dit agtergekom het, aan my gees
verkleef geraak het. Mag hulle voortaan hul lewenskrag uit U put. Help my,
Vader, en hou my naby U hart, sodat ek waarlik U beeld kan uitdra aan hulle
wat 'n "vlees-en-bloed Jesus" nodig het. Help my asseblief dadelik reg
wanneer ek fouteer, sodat ek altyd 'n suiwer stroom kan wees waar ander hul
dors kan kom les.
107
Leer my asseblief voortdurend waar die grense is - vir hulle sowel as vir my!
Help my om te weet waar die veilige grense is. Skenk my die wysheid en
vermoë om te kan hoor wanneer U of my getroue vriende vir my sê om 'n
streep te trek sodat ek of ander nie struikel nie.. Kruisig asseblief enige
behoefte in my om te weet dat ander my sal nodig hê of dat ek 'n spesiale
plekkie in iemand se lewe sal beklee. (Noem en verloën enige ander behoeftes
wat God aan jou openbaar wat moontlik die beradingsverhouding kan
vertroebel en tot ongesonde verbintenisse of verplasingsverhoudings kan lei.)
Skenk my die genade om die verplasings wat oor my pad mag kom, te
hanteer. Skenk my die wysheid om te kan onderskei wanneer dit gebeur sodat
hierdie periode 'n veilige "fase" in die genesingsproses kan bly. Help my om
nie daardeur betrek te word of kwetsend daarop te reageer nie. Skenk my U
liefde en geduld om, wanneer verplasing wel plaasvind, dit so te stuur dat dit
tot die helingsproses sal bydra. Verlos my van enige gedagte dat ek al die
wonderlike dinge is wat ander mense van my sê of wat hulle van my verwag
om te wees. Skenk my en elkeen wat U oor my pad stuur, die vermoë om
onsself te sien soos wat U ons sien.
'N PAAR SLOTGEDAGTES
Verbintenisse en verplasings moet ons nie verras nie, aangesien dit oor die
algemeen 'n deel uitmaak van die genesingsproses. Ons moet elke aspek
van ons verhouding met diegene vir wie ons help, beskou as heilig en deur
God aan ons toevertrou, en vra dat Hy ons sensitief sal maak om hierdie
kwessies te kan herken en hanteer wanneer hulle opduik.
Ons as beraders moet ons voortdurend tot God, ons vriende en familie wend
vir die ondersteuning en bemoediging wat ons nodig het. As ons verhoudings
met ons huweliksmaats aandag nodig het, moet ons dit regstel, want ons
lewensmaats is God se gawe aan ons om ons harte te beskerm. As ons
ongetroud is, moet ons onsself aan hegte vriende onderwerp sodat hulle vir
ons kan bid dat ons op die regte pad sal bly.
Of ons nou getroud of ongetroud is, ons moet voortdurend bid dat God in
ons eie lewens sal werk en areas waar daar nog onsekerhede is sal
genees, sodat ons nie kwesbaar sal wees vir die versoeking en
misleiding van ongesonde verbintenisse en verplaasde verhoudings nie.
108
Lesing 15
GEESTELIKE OWERSPEL
EN
EMPATIESE
BESOEDELING
(Lesings 7-15 – Uittreksels geneem uit Basic School for the Ministry of Christian
Counseling – Elijah House. Persoonlike toevoegings ook gemaak).
109
15. GEESTELIKE OWERSPEL EN EMPATIESE
BESOEDELING
Om jou hart teenoor iemand anders uit te praat, is nie opsigself owerspel nie.
Ons wat in Christus is, moet in 'n toenemende mate leer om ons harte vir
mekaar oop te maak soos wat ons in Christus opgroei en volwasse word.
Wanneer ons egter in die proses aan iemand anders as ons eie
huweliksmaat die posisie van vertrooster en verkwikker gee wat in die
eerste plek en soms alleenlik aan ons huweliksmaat behoort, pleeg ons
geestelike owerspel.
Gen. 2:18 - “...Ook het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens
alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas."
In hierdie les bespreek ons die wortels van geestelike owerspel, die simptome
daarvan, en die gevare wat dit vir sowel die huwelik as God se bediening inhou
as dit toegelaat sou word om ongehinderd voort te gaan. Ons fokus ook op wat
gedoen kan word wanneer geestelike owerspel binne 'n beradingsverhouding
ontstaan, en kyk na die gepaste wyse waarop die huweliksmaat en die Kerk
kan reageer.
Indien daar aan geestelike owerspel toegegee word, lei dit onvermydelik
tot fisieke owerspel.
‘N DEFINISIE VAN GEESTELIKE OWERSPEL
Om aan 'n ander persoon die posisie te gee van vertrooster en verkwikker
wat alleenlik aan jou huweliksmaat behoort.
Kan jy tuis vertroosting vind by jou maat? Soek jy vir ‘n moeder, minnaar,
aandag of vleiery buite die huwelik?
Hierdie dinge moet onmiddellik doodgemaak word!
GEESTELIKE OWERSPEL IS NIE DIESELFDE AS DIE GEMEENSKAP VAN
GELOWIGES NIE
•
God wil hê die Liggaam moet leer hoe om op 'n veilige en intieme
manier as gemeenskap van gelowiges met mekaar om te gaan.
•
Die gemeenskap van gelowiges laat ons wegbeweeg van individualisme
en isolasie na interafhanklikheid - van 'n "ek"-denkwyse na 'n "ons"denkwyse.
•
Gemeenskap van gelowiges is NIE 'n wedersydse afhank likheid wat ons
swakhede voed nie, maar 'n eenheid van hart wat ons toelaat om
mekaar in Christus op te bou.
110
ANATOMIE VAN GEESTELIKE OWERSPEL: 'n SCENARIO
•
'n Begaafde pastoor, leraar of evangelis wat werklik 'n salwing op sy
bediening het, begin meer doen as wat God van hom verwag.
•
Hy begin om sonder ophou te bedien en offer selfs sy rusdae op "vir
God".
•
Daar kom 'n verwydering tussen hom en sy vrou; uit vrees dat hy
vertrouensbreuk sal pleeg, deel hy nie meer met haar nie. Mettertyd
praat hy glad nie meer met haar nie.
•
Omdat hulle nie meer met mekaar praat nie, is hulle sekslewe nie so
geseënd as wat dit moet wees nie.
•
Hy raak op emosionele vlak, honger en dors.
•
Hy verlang na aanraking.
•
Hy begin praat met 'n kerklike werker, 'n sekretaresse, of iemand wat vir
berading na hom kom.
•
Deurdat hy sy hart teenoor haar oopmaak, word hy emosioneel
opgewek, maar sy gees kwyn - hy het die rol van sy vrou aan 'n ander
oorgegee.
•
Mense waarsku hom oor die gevaar van hierdie verhouding, maar hy
luister nie en word geheel en al mislei.
•
Hy dink hy het "ware liefde" gevind en gaan oor tot fisieke owerspel.
LET WEL: As geestelike owerspel nie gestaak word nie, lei dit onvermydelik
tot volledige fisieke owerspel.
•
Hy weet hy het oortree, maar hy voel goed - dit verwar hom.
•
Sy "salwing" neem toe - dit is uiters verwarrend - (God probeer hom
terugwen).
•
Hy leef nou in vrees dat hy uitgevang gaan word.
•
Terselfdertyd wens hy dat hy uitgevang word en begin dinge doen wat
onbewustelik daarop gemik is dat hy betrap moet word.
111
'N TIPIESE REAKSIE
•
As sy vrou 'n Christen is, sal sy hom vergewe en bystaan.
•
Hy maak sy hart teenoor haar oop en hulle praat dinge uit.
•
As gevolg van sy bekentenis en die kommunikasie tussen hulle wat
herstel is, glo albei dat hy sy les geleer het en nou 'n nuwe mens is.
•
In werklikheid het hy heel waarskynlik bloot spyt en hartseer
ervaar, en nie berou en genesing nie.
WAT BEHOORT DIE KERK TE DOEN?
•
Dring daarop aan dat hy belydenis doen teenoor die ouderlinge van die
gemeente.
•
Laat hy vir 'n tydperk verlof neem en sy amp ontruim.
•
Gee vir hom nederige takies om te doen.
•
Dring aan op berading, sodat enigiets wat hom kwesbaar vir versoeking
gemaak het, aan die lig kan kom.
•
Dring daarop aan dat die owerspelige verhouding summier verbreek
word.
MAATREËLS OM DIE BERADER TEEN GEESTELIK OWERSPEL TE
BESKERM
Bid dat God die volgende dinge in jou lewe aan die kruis sal vasspyker:
•
Enige behoefte om vir iemand 'n vader of moeder te wees.
•
Enigiets in jou wat ander na hierdie rolle toe aantrek.
•
Enige behoefte dat ander jou as aantreklik, kragtig, wys, ens. sal
beskou.
•
Enige begeerte om die teenoorgestelde geslag te onteer.
•
Staak berading as jou huwelik wankelrig is en jy en jou huweliksmaat
nie eensgesind is nie.
•
As jy 'n alleenloper is, vind vertroulinge met wie jy op 'n gereelde
grondslag kan deel.
- Nie een vriend nie, maar baie.
- Mense wat jou kan bedien en jou kan opbou.
112
•
Indien dit enigsins moontlik is, doen berading in spanne.
- As dit nie moontlik is nie, kry gebedsdekking en ondersteuning vir jou
bediening.
- Vra die persoon met wie jy werk se toestemming om sekere
gebedsbehoeftes met jou huweliksmaat of vriende te deel.
•
Vind 'n geskikte plek vir berading sodat jy nooit alleen met die persoon
is nie.
- Hou die deur oop terwyl jy bedien.
- Maak seker dat daar ander mense in die omtrek is.
•
Bou 'n innerlike waarskuwingstelsel.
- Doen gereeld geestelike selfondersoek.
- Wees bedag op waarskuwingstekens dat jy kwesbaar is.
•
Moenie 'n boesemvriend word van die persoon met wie jy werk nie;
wees 'n beradervriend.
- Geen middagete-ontmoetings of ete -afsprake nie.
WANNEER DAAR GEESTELIKE OWERSPEL IN DIE
BERADERSKANTOOR IS
•
Moenie geskok of verbaas wees as daar wel geestelike owerspel in die
beraderskantoor plaasvind nie.
•
Besef dat dit nie so hoef voort te gaan nie - daar kan iets aan gedoen
word.
•
Weet dat dit soms vir ons nodig is om "vlees-en-bloed" liefde te betoon
teenoor hulle wat dit op geen ander manier kan ontvang nie.
•
Help die persoon om nie in die berader vas te kyk nie, maar om na God
te kyk - die sleutel tot deursigtigheid is om die eie ek te kruisig.
•
Raak die ander persoon aan met die soort liefde wat hom aanmoedig
om teenoor sy huweliksmaat oop te maak.
•
Help hom om sy verhouding met sy huweliksmaat te herstel.
•
Gee gehoor aan waarskuwings van jou huweliksmaat en vriende.
'N WOORD VAN WAARSKUWING
As jy vir 'n tyd lank iemand se lewensanker was, moet jy nie daardie
verhouding summier beëindig nie. Party mense kan dit nie hanteer om nog 'n
keer verwerp te word nie.
113
Slagoffers van seksuele misbruik is veral baie sensitief. Bid dat jy teen
besoedeling beskerm sal word, en hou vol om, waar moontlik, te bedien.
Wees veilig: sê vir jou huweliksmaat as jy vermoed iemand probeer jou
besoedel.
VERDERE HULP
•
Wanneer jy werk met iemand wat betrokke is by geestelike owerspel
met 'n derde persoon,
- Vra die persoon om op te hou om vir daardie persoon te bid.
Kry iemand anders om daardie rol oor te neem.
- Stel voor dat hy vir die gesin sal bid in plaas van om vir die
persoon te bid.
•
As jy agterkom dat jy aangetrokke voel tot iemand wat jy bedien, vra
jou huweliksmaat om vir daardie persoon en sy/haar familie te bid.
•
As jy as berader bemerk dat daar 'n element van geestelike owerspel in
jou verhouding met 'n persoon is, moet jy jouself daaraan herinner dat
dit onder andere deel van jou werk is om te sorg dat jy jou werk afgee.
Dit stel die probleem in perspektief.
•
Onthou dat vroue meer kwesbaar is vir geestelike owerspel as mans.
- Mans het meer skanse en kommunikeer oor die algemeen nie so
maklik nie.
- Vroue het 'n behoefte aan saamwees en floreer op
kommunikasie.
'n GEBED VIR DIE SKEIDING VAN DIE GEES
BERADER: Vader, saam met ________________ wil ek vra dat U sy gees sal
losmaak van __________________. U het ons gees so geskape dat dit met
mekaar verkleef kan raak en mekaar so kan seën en koester. Hierdie eenheid
is nie van U nie, dit strek nie tot U eer nie en dit is nie tot seën van sy
huweliksmaat nie. Ons vra dat U nou daardie deel van ________________ se
gees wat soek om die verkeerde persoon te seën en beskerm, in beslag sal
neem. U weet dat daardie soeke moegheid en verwarring veroorsaak sodat hy
hom nie meer in sy huweliksmaat kan verlustig nie.
PERSOON IN BERADING: Vader, ek vra vergifnis vir die manier waarop ek
dit wat aan my huweliksmaat behoort, aan 'n ander gegee het. Ek besef nou
dat dit 'n sonde was en vra U om my te vergewe. ____________________ (rig
aan die huweliksmaat indien teenwoordig), ek vra jou ook om my te vergewe.
Ek verloën nou hierdie geestesband(e) en vra dat U my sal lossny en vrymaak
om weer myself, my huweliksmaat en U in die oë te kan kyk. Vader, vergewe
my omdat ek nie geluister het na die waarskuwings van hulle wat U oor my pad
gestuur het om die waarheid te spreek.
114
BERADER: Vader, met U swaard van Waarheid bring ons nou skeiding
tussen die dele van _________________ se gees wat verpletter was. Vader,
soek daardie gedeelte en hou dit in U hand. Was dit skoon van enige
onreinheid en herstel dit vlekkeloos en nuut tot sy regmatige plek. Maak weer
_________________ se gees heel. Laat U hand sy gees aanraak sodat daar
geen letsel sal oorbly nie. Laat die vyand geen gronde vind om hom verder aan
te val of te verwar nie. Versterk u nou ________________ se gees sodat hy
sal kan begin met die moeilike taak om weer sy huweliksmaat se vertroue te
wen. Skenk hom die genade om die pynlike wete van die skade wat sy sonde
veroorsaak het, te kan verduur. Help hom om hom nou geheel en al aan die
opbou en koestering van sy wederhelf toe te wy, en om op sy beurt deur U en
sy huweliksmaat, ________________, versterk te word. Seën daardie
verbondsverhouding. Ons vra dit tot U eer.
'N PAAR SLOTGEDAGTES
Die beste beskerming teen geestelike owerspel is om gereeld ons harte
vir ons huweliksmaats oop te maak. Daar is egter ietwat van 'n dilemma ten
opsigte van berading as beroep: die kwessie van vertroulikheid.
Hoe weet ons wanneer om te deel en wanneer om die persone met wie ons
werk se reg op privaatheid te respekteer? As ons die probleem probeer oplos
deur hoegenaamd niks met ons huweliksmaats te deel nie, kan kommunikasie
geheel en al verbrokkel, aangesien ons ook die vermoë verloor om oor ander
dinge in ons lewe te kommunikeer. Sonder dat ons dit besef, begin ons
harte kwyn; ons behoefte aan intimiteit maak ons kwesbaar vir geestelike
owerspel.
Mense is dikwels maar te bly en dankbaar as ons hulle toestemming vra om
sekere van hulle gebedsbehoeftes met ons huweliksmaats te deel. Dit is 'n
maklike en effektiewe manier om ons huwelikseenheid uit te dra terwyl ons
werk aan die genesing van ander. Sodoende word ons ook versterk teen die
aanslae van die versoekings. Ons kan natuurlik ook met ons huweliksmaats
deel hoe ons dag was sonder om vertroue te skend - "Ek het 'n moeilike dag
agter die rug. Party van die mense het regtig kwaai probleme." Dit is genoeg
om jou huweliksmaat te verseker dat jy nie alleen werk nie, maar dat julle
saam 'n span is.
115
Lesing 16
BERADING
116
16. BERADING
BENODIGDHEDE
1.
2.
3.
4.
5.
Papier en skryfgoed.
Olie om te salf.
Sneusdoekies.
Klein asblikkie.
Nagmaalelemente as die Here so lei (veral waar bloed gedrink is, ens).
[ONTHOU: Seël altyd die vertrek af teen enige kontak / versterking van buite.
Ps. 91 (Wegkruipplek in die gees)].
1. AFSEëLINGS GEBED
Hemelse Vader, ons kom na U in die Naam van Jesus Christus van
Nasaret.Ons dank U dat U God Almagtig is, en ook die Groot EK IS.
Ons dank U dat U aan ons die Heilige Gees gegee het as Berader, Helper,
Advokaat, Leermeester en Verlosser.
Ons dank U vir U Teenwoordigheid en U bevrydings-salwing. Dit sal die
salwing wees wat die juk verbreek.
Kom en vul ons met U Gees, medelye, liefde, onderskeiding, woord van
kennis, wysheid, vertolking en insig.
Ons as U kinders, kies om die vlees te kruisig sodat niks van onsself hier
oorgedra wo rd nie. Ons beklee onsself met U priesterlike klere om die
roeping wat U op ons lewens het, te vervul. Here, maak asseblief ons
geestelike oë en ore oop.
Dankie Vader, dat U aan ons al die mag oor die vyand gegee het, en dat
niks ons kan skade aandoen nie. (Lukas 10:19).
Ons verbied in Jesus Naam, enige inmenging met die werking van die
Heilige Gees.
Vader, ons kom te staan teen enige kommunikasie-lyne ( Efes. 6:12)
tussen die magte, wêreldheersers, owerhede, geestelike magte en
demoniese magte in die lug, op die aarde, in die hemelse sfere en onder
die aarde . Ons maak alle in- en uitgange toe, in die Naam van Jesus
Christus. Ons vra dat alle geestelike kameras en opnemers vernietig sal
word in Jesus Naam.
Ons kom te staan teen enige hekse, toordokters, towenaars en goëlaars in
die Naam van Jesus Christus. Ons sny alle kommunikasie met satan self en
maak die deure toe in die Naam van Jesus.
117
Ons verbied enige gees wat buite is om hierdie plek binne te kom vir watter
rede ookal, en ons verbied enige bose gees om na enige ander plek of
persoon gestuur te word as gevolg van wat hier gebeur.
Ons verbied nou enige versterkings komende van satan, in die Naam van
Jesus Christus. Here, ons vra dat U verwarring sal skep in die vyand se
kamp.
Vader, ons vra U om U oorlogs Engele op te stel in hierdie vertrek en enige
mensgees, gestorwe mensgees, geestesleier, of familiêre gees te
arresteer en hulle te verwyder tot onder die voetbank van Jesus Christus ons
Here.
Ons bind elke bose gees in hierdie plek en verbied enige geweld,
manifestasies en pynigings , in die Naam van Jesus Christus.
Ons weier enige meditasie-sirkels, en isoleer enige mag van demoniese
kragte van mekaar, in die Naam van Jesus Christus.
Ons verbied en bind enige hipnose en self-hipnose, meditasie en psigiese
kragte, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ons isoleer die magte
van mekaar, in Jesus Naam.
Ons reinig die 4 elemente, water, aarde, lug en vuur, met die Bloed van
Jesus. Ons vra U, Here, om alle spieëls te bedek met U Bloed en alle
toegange af te seël in Jesus Naam.
Ons kom te staan teen enige vloeke, rituele, oproepinge, towerspreuke,
offerandes of altare wat teen ons en die persoon opgerig staan, in Jesus
Naam.
Dankie dat U nou alle kerse, wat teen ons is in rituele aangesteek is, in Jesus
Naam uitblaas. Dankie dat U alle vloeke omdraai in seëninge.
Here, ons vra dat U hierdie vertrek afseël met U kosbare Bloed, en dat U ons
sal wegsteek in die Gees en verklaar hierdie vertrek as Heilige Grond.
Here, ons vra dat U dienende Engele sal stuur om ons in Jesus Naam,
volgens Hebreërs 1:14, te bedien.
Ons gee oor aan U, Heilige Gees van God, omdat ons weet dat dit nie deur
krag of geweld hoef te wees nie, maar deur U Gees, sê die Here (Sagaria
4:6).
Ons vra dat U ons geliefdes bedek en plaas alle omstandighede onder U
beheer en beskerming (ons finansies, huwelike, verhoudings, bedieninge).
Ons bind nou satan se koninkryk hier op aarde, net soos dit gebind is in die
hemel.
118
Ons vra U, Vader, om die hemelse hofsaal voor te berei en dat al die
demone en familiêre geeste sal kom en hul plekke inneem.
Ons vra U, Vader, om die Regter te wees, Jesus die Advokaat en die Heilige
Gees die Getuie.
Dankie vir U Woord in Openbaring 12:11 wat sê dat ons die vyand oorwin
het deur die Bloed van die Lam en die Woord van ons getuienis.
In Jesus Naam,
AMEN.
AREAS WAT ONDERSOEK MOET WORD
Bloedlyn
Vergifnis
Okkulte
Seksuele sondes
In die Ou Testament was daar geen versoening vir twee tipes sondes nie,
nl.:
• Enige seksuele kontak buite die huwelik.
Ÿ Enige okkultiese betrokkenheid.
Beide tipes sondes is GEESTELIK. Indien hulle skuldig was aan die pleeg van
hierdie twee soorte sonde, is hulle tot die dood gestenig. In die Nuwe
Testament het die Bloed van Jesus ‘n weg gebaan waar daar geen weg was
nie.
1 Tess. 5:23 – “23En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig
maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik
bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”
2 Kor. 7:1 – “TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons
van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die
heiligmaking in die vrees van God volbring.”
Dus, die geesmens is berispelik en kan verontreinig word.
Demoniese hake word in jou geesmens geplaas en weerhou jou daarvan om in
die Here te kan groei.
ONTHOU: depressie, woorde, geweldadige humeur, rebellie, haat, ens. is net
simptome. Soek altyd die wortel.
WORD WORTEL-BEHEP, NIE VRUG-BEHEP NIE!!
119
BLOEDLYN VLOEKE / BLOEDLYN
Struktuur van Binding
GEES
GEES
Hart
met
klippe
SIEL
Verstand, wil
& emosies
SIEL
LIGGAAM
5 sintuie
LIGGAAM
God werk van
binne na buite
5 sintuie
satan werk van
buite na binne
POORTE –
BLOEDLYN SONDES
Wettige regte – Skep
voortdurend nuwe klippe
2 Kor. 7:1 – ““TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons
van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die
heiligmaking in die vrees van God volbring.”
1 Tess. 5:23 – “23En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig
maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik
bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”
Mal. 2:16 – “16Want Ek haat egskeiding, sê die HERE , die God van Israel, en
dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare.
Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.”
120
1. Binding kan op 3 vlakke plaasvind:
Liggaam, siel en gees.
2. Poortwagters
Die demoon wat die liggaam, siel of gees
beset, het die pos van ‘n huiskneg of
hoofbediende. – Sy werk is om die deur
oop en toe te maak.
Baie keer tydens bevryding raak ons
ontslae van die demoon en maak die opening toe, maar ons los die “huiskneg”
of deurwag met die sleutels net daar om weer die deur oop te sluit!
Die Sterkman wat oor iemand heers – die “Meester” van die huis het iemand
aangestel. Sy spesifieke funksie is om die deur vir die Meester oop en toe te
maak. Sy aanstellings regte moet vernietig word – hy moet in die pad gesteek
word!
3. Oppressie
Wit
Kontinuum
-----------------------------------à
Grys
Besetting
Swart
OPPRESSIE:
Demone word aangestel om te onderdruk (oppressie). Die wettige reg kan
wees a.g.v.:
• Persoonlike sonde
Ÿ Bloedlyn
• Sondes van broer/suster in Christus teen jou (sielsgebede, skinder,
charismatiese heksery, ens.)
Dit is waarom ons ‘n lewe van gebed moet leef om ons te beskerm.
Oppressie kan plaasvind op drie vlakke: gees, siel en liggaam.
ONDERDRUK: om te onderwerp met geweld / wreedheid, teister / folter.
1.MIKRO (persoonlik)
a) Belas, onderdruk, ontmoedig, teister, lê/weeg swaar op, bedroef, die hart
uitneem, martel, pla.
b) Mishandel, vergruis, pynig, bekommer, oorweldig, oorheers, vervolg.
2. MAKRO (Area, dorp, stad, land)
Om met ‘n ysterhand te regeer, onderwerp, onderdruk, trap op, tirannie.
121
BESETTING:
Kan plaasvind op al drie vlakke – Liggaam, siel en gees. Indien daar beheer is
or ‘n gekose gebied, word dit genoem gelokaliseerde besetting .
1.
MIKRO
2.
MAKRO
– op persoonlike vlak (d.i. net oor verstand, of net oor
emosies, ens.)
– gebied, streek, stad, volk.
MIKRO:
LOKALISEER: om in te perk / beperk tot ‘n sekere gebied
/ deel.
MAKRO:
toegesê aan ‘n sekere streek of struktuur soos ‘n
spesifieke gebou, Kerk, skool.
MIKRO:
INWONER:
woon/bly op ‘n plek ten einde ‘n plig
uit te voer à loseerder, inwoner /
huurder, woon in.
WONING:
die feit dat daar in ‘n plek gewoon
word
om ‘n eiendom in besit te hê,
om beheer te verkry of om te
domineer
Om seksuele gemeenskap te hê met
Om ‘n sekere toestand / stand te
handhaaf
BESET:
Daar is periodieke besetting en periodieke oppressie, sowel as aanhoudende
besetting. (Onthou Vader Tyd en seisoene).
VLOEK
:
:
:
Iets wat skade aanrig / moeilikheid veroorsaak
Skade komende van aanspraak op bonatuurlike mag.
Toor, vervloeking, teistering, las, moeilikheid, ongeluk, pla,
verdrukking, pes, kasty, treiter.
Die gevolg van aanbidding van ‘n afgod, is ‘n leefstyl van slawerny – daardie
slawerny word ‘n vloek.
GEBIND
:
:
:
in bande / kettings, gebind soos met ‘n tou
om beperkings te plaas op
gedwing, weerhou, verpand, vereis.
BINDING:
:
:
slawerny / knegskap
onderwerp aan een of ander invloed
STENE
:
(Bloedlyn materiaal waarme satan werk)
à MURE
à
TRONKE
(Teenoorgestelde: Ons is lewense stene in God se
Koninkryk.)
122
Gevangene is geketting
- ons moet die tronkdeur oopmaak, die binding sny.
- die kettings val af.
- die gevangene kom uit.
[Ons eie sondes – sement tussen die stene].
BINDING
- weerhou, hou gevange, ‘n geskrewe of gesproke
ooreenkoms belowe enige van verskeie rangskikkings van
stene / klippe in ‘n muur waarin hulle oorvleuel om dit sterk
te maak.
- ketting, koord, blokke, boeie, gesamentlike ooreenkoms,
kontrak, verbond, belofte.
Haal stene uit deur belydenis, sodat die mure kan verkrummel.
Jesus is die Hoeksteen – breek die oue af om die nuwe te bou.
GEBIED:
-
MAKRO MIKRO -
1. Tydelik
2. Kunsmatig 3. Randgebied -
oor nasies, stede, ens.
Bloedlyn demone – slegs onderdrukkend
nie permanent, verbygaande, kortstondig
betrek slegs die oppervlak
buitenste grens van ‘n gebied
Soorte
besetting
BINDING
123
OORLOGSGODE –
THOR
SEKSUELE
ONGEREGTIGHEID
– DIANA /
CLEOPATRA
ALTAAR
TERRITORIëLE
GEESTE AANBID IN
DIE BLOEDLYN
BIND STERKMAN EN
MAAK AL DIE
DEMONIESE GETUIES
STIL
124
Dit verwys na die buite grens (randgebied demonse) rondom die persoon en
dit dwing oppressie op die persoon af.
Hierdie soort bloedlyn binding op ‘n persoon kan dus:
Tydelik,
Kunsmatig, of
Randgebied (buite grens) wees.
STRUKTUUR VAN BINDING
AANBIDDING VAN NIMROD
THOR Hekwagter
SWEEP Wa = Bloedlyn
Leisels = Persoonlike sonde
Juk = Gevolg van sonde
TOEKOMSTIGE
DEMONE
Wraak
Twiste
Aborsie
Verlede
Las
HUIDIGLIK
Slegte humeur
Moord
VISUELE PRENTJIE
Satan het ‘n voertuig nodig sodat sy planne gevestig kan word. Ons is daardie
voertuie.
Indien ons aan satan /sterkmanne verbind is, word ons draers van sy
koninkryk. (Die teenoorgesteldes dra weer die Koninkryk van God se
heerlikheid).
Die koninkryk is soos ‘n wa – ‘n juk (teenoorgestelde van Jesus se juk wat lig
en sag is).
Die salwing is in staat om jukke te verbreek en te vernietig.
Indien God noem dat daar ‘n las en ‘n juk is, moet ons aandag skenk aan
daardie feit. Ons moet deur gebed die las verwyder en die juk vernietig,
anders is die werk nie klaar nie.
125
Die sterkman is die drywer en hy hou die leisels. Daardie leisels is vloeke
(soos Jesébel met 5 leisels).
Die juk is die vrug – die siekte, pyn, depressie, verminking, finansiële verlies,
ens.
Indien ons ‘n drywer het wat die leisels vashou, stuur hy in die rigting waarin
die osse en die las (wa) gaan. Dit is hoe ‘n mens op die weë van satan gelei
word – ongeregtigheid en sonde.
Die vlieë wat pla en teister, is die laer rangorde demone. Hulle is al rondom
die osse. Die drywer het ‘n sweep en hy slaan die osse, dit veroorsaak wonde
en bloed wat weereens die vlieë lok (demone). Dit word al erger. Hoe meer
hulle verwond word, hoe minder is hul waarde. Die loon van sonde is die
dood.
Wanneer ons bid, moet ons die juk verwyder – die swaar las – dit is die
oorspronklike sonde. Dan moet ons die drywer onttroon. Ons moet dan die
leisels sny, dit is die vloeke, en dan die juk van binding vernietig. Die
salwing vernietig die juk – dit beteken dat dit in ‘n fyn stof ontplof.
NB: - Kanselleer altyd die verlede, hede en toekomstige planne van satan
oor die persoon. Verwyder toekomstige merkers / snellers (‘triggers’) wat
opgestel is om op ‘n later stadium in die lewe aan te skakel, bv. ‘n sekere
verjaardag. Verpletter satan se tydklokke.
126
BLOEDLYN TREIN – VERLEDE, HEDE EN
TOEKOMS
GESLAGTE:
EERSTE
TWEEDE
DERDE
VIERDE
Die sondes van die voorvaders bepaal die spore (rigting) waarin die nageslag
sal wandel. Wanneer die voorvaders sondige keuses gemaak het, sal die
kinders die gevolge van hul keuses moet dra (ongeregtighede).
127
GOD SE PLAN
Het geen verlede deur Christus Jesus nie.
God skep met Woorde (Profesie).
Hy het die Wêreld en die hele Skepping met Woorde geskep. (Dit is God
se modus operandi).
God het dinge tot ‘n bestaan geroep deur profesie – Jesus en die plan
van Verlossing.
Dieselfde beginsel is persoonlik van toepassing op ons en ons lewens
(dit is waarom ons proklamasies doen).
PLAN
VAN GOD
VADER
SEUN
KLEINSEUN
Brandstof
• God se Plan
Ÿ Profesie
• Beloftes van God
128
BV. INDIEN DIE SONDE IN DIE BLOEDLYN ‘N OORLOG WAS
Die seuns sal die bloed van hul vaders wreek – vloek van verdoemenis,
selfhaat, self verwerping. Vloek van die vaderlose een / weeskind hart / hart
van klip.
Ingesluit:
Moord, aborsies
Wrede dade : vroue, kinders, diere
Verkragting
Buite egtelike kinders
Plundering
Konsentrasie kampe
Uitwissing van ‘n volk, bv. Jode, swart mense, Engelse, Boere
Klein kindertjies word vermoor
Eiendom verbrand, ens.
Vernietiging deur VUUR (selfs atoombom / kinders speel met vuur en
vuurhoutjies / kinders wat met warm vloeistowwe en vuur verbrand).
Sterkman
Molech
Marduk
Odin
Thor
-
Draak
Nimrod
Mars
Koki
Athena
HIERDIE GODE VEREIS
BLOED OFFERANDES
MUSIEK WAARTOE HULLE AANGETROKKE SAL VOEL:
‘Head banging’
Heavy metals
‘Moshing’
Death Metals
‘Thrashing’
Wagner (Hitler)
MANIFESTASIES:
• Wraaksugtigheid
• Gewelddadige humeur
• Weerwraak
• Laster
• Outokratiese beheer
• Wreedheid – diere, ander kinders, ens.
• Psigologiese disorders – kinders stamp hul koppe teen mure
• Selfmoord
• Moedeloosheid
• Isolasie
• Depressie
• Put van die hel en verdoemenis
• Onderwêreld / realms van die dood
129
DRAAK VERBIND MET DIE
OOSTE
Karate
Ninja
Judo
Joga
Alternatiewe Medisyne
RIDDERSKAP
Koning Arthur
Dungeons & dragons
Kastele
VOORBEELD VAN GESLAGS WORTELS
Vader Tyd boots God se aard na van verlede, hede en toekoms.
God is nie aan tyd onderworpe nie.
Bloedlyn
Wortels
Medium
Fortuinvertellery
Verlede
Opereer as ‘n medium,
Psigiese gawes en
Vermoëns, ens.
Hede
Vloek van okkulte
Familiêre gees / geestesleier
aan kinders toegesê.
Leerprobleme
Rebellie
Mistisisme, ens.
Toekomstige nageslag
130
INWONENDE DEMONIESE MANIFESTASIES
Bloedlyn
Praktiese Voorbeelde – van vrug na wortel
Aanbidding van Jesébel
(Astarte – Koningin van die see)
MEGA STERKMAN + HEKWAGTER
Hoer van Babilon
+ Antichris
(sy ry op die dier)
(1)
Mindere mega
Sterkman
(2)
Mindere mega
sterkman
Prostitusie
+ hekwagter:
Seksuele fantasie
Heksery
+ hekwagter:
Rebellie
a) Wellus
b) Egbreuk
c) Masturbasie
a) Waarsêery
b) Heldersiendheid
c) Wit magie
5 LEISELS VAN JESéBEL
1. Seksuele Onreinheid
2. Valse Profeet
3. Kompromie
4. Manipulasie / Intimidasie / Dominering
5. Okkulte en Heksery
OORSPRONG VAN ALLE HEIDENSE GODE
Reeds vanaf die tyd van ons oer-ouers, het satan maniere gevind om die mens
te laat wegdraai vanaf ware aanbidding van God, na die aanbidding van die
skepping, i.p.v die Skepper. Die gees van satan, anders as die Gees van God,
is altyd in stryd met die Evangelie van Christus – so is ook Christus se
volgelinge in stryd – “nie teen vlees en bloed nie, maar met owerhede, teen
magte, teen die heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen geestelike
boosheid in hoë plekke”. (Efes. 6:12)
Net soos die Gees van Christus in die wêreld is (Fil. 1:19), so is die gees van
die antichris (1 Joh. 4:1-4) ook daar. Daar is ‘n Misterie van Goddelikheid
(1 Tim. 3:16) en ‘n misterie van ongeregtigheid (2 Tess. 2:7). Die Misterie
van Goddelikheid is van die tyd van Christus se oorlog met satan in die Hemel,
tot Sy Tweede Koms. Die simbool wat vir Sy Kerk gebruik word, is dié van ‘n
rein vrou.
131
Die Hoer van Openbaring in die sewentiende hoofstuk, verteenwoordig satan
se yslike stelsel van vals aanbidding, en sy beweging in die wêreld. Sy is die
“moeder” van alle heidense godsdienste in die wêreld.
Open. 17:5 – “5 ....en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe:
Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die
gruwels van die aarde .”
Die geskiedenis toon dat die grootste invloed op die mens buite die Bybel, dié
van son aanbidding was.
Data van bekende studente en erkende outoriteite het inligting bymekaar
gebring wat aantoon dat dit uit Babilon was waar alle afgodery ontspring het
en hoe al die ander gode van die Assiriërs, Egiptenare, Hindoes, Grieke,
Romeine en Meksikane, soos die Babiloniërs, uit astrologie verkry is.
Die Skrif bevestig in Gen. 10:10-12 dat die Toring van Babel
onder toesig van Nimrod, en in rebellie teen God, gebou is.
Sy vrou is Semiramis genoem. Heidense filosofie vertel dat
toe sy gesterf het, haar gees onsterflik geword én na die
maan gevlieg en dit in besit geneem het. Sy het die maan
godin geword, die “moeder van gode”, die koningin van die
hemele.
Toe haar gode-kind Tammuz gesterf het, het die heidene vertel dat sy gees
ook onsterflik geword en besit geneem het van die Ooster ster (Venus), wat
gedurende die lente (Nuwe Jaars’ Fees) saam met die son en maan verskyn.
Nimrod, volgens heidense filosofie, wie as die seun van Semiramis aanbid
is, sowel as haar man, het gemaak dat die hele wêreld die son, maan en
Ooster ster (Venus) aanbid het. Hulle was die oorspronklike heidense trio
van die groot Afgods Babiloniese stelsel van Baal aanbidding.
Die Oorspronklike Heidense Trio
Omdat Heidense godsdienste toe (en nog steeds) op seks gebaseer is, was
die vader-moeder-kind drie-eenheid vir hulle algemeen. Die vier seisoene is
vertolk as die manifestering van ‘n groot kosmiese siklus vanaf bevrugting
(lente) tot geboorte (winter, tydens sonstilstand).
Die mag of beheer oor die massas was in die hande van die paar wat “ingelyf ”
was in die geheimenisse, en hulle kon sê wanneer om te plant, wanneer om
te oes en wanneer om hul kinders aan die godhede te offer. “Godheid”
kom van die woord “diva” en is die oorsprong van die woorde: “goddelik,
deïsme en dag”. Dit beteken om te skyn.
132
NIMROD
TAMMUZ
SEMIRAMIS
Die songod
Die seun van die son
Die koningin van die
hemele
Baal
Die heidense messias
Astarte
1 Kon. 16:30-33
Eseg. 8:14
Rigt. 2:13
Die antieke Babiloniërs het vertel dat die lot van alles, van die lug afhanklik
was. Babiloniërs, net soos meeste van die antieke volkere, het geglo dat elke
gestorwene soos die gode was en sy eie ster in die lug gehad het. Dit sal ons
help om die kosmiese godsdiens van Astrologie te verstaan en hoe
Astrologie verbind is met Son aanbidding. Dit is ook die rede waarom
Johannes in die boek van Openbaring die getal 666 van Astrologie gehoor het,
om die dier in Openbaring 13:1-18 te identifiseer.
In die Babiloniese astrologiese stelsel, is al die gode van die
hemele (die sterre), beskou as nasate of uitstralings van die
Son God. Nou beweer astrologie dat hulle die wil van die
ster gode vertolk – dié gode wat die lot van die mens beheer
deur die posisie van die hoof ster gode in die zodiac stelsel.
Die hoof gode van die zodiac was 7 planete wat hul
weg deur die nou band van die zodiac kronkel. Jy
sien, volgens astrologie, is die zodiac band verdeel
in 12 huise, een vir elke maand van die jaar en elke
huis is verdeel in drie kamers wat 36 kamers al
tesaam vorm, een vir elke 10 grade van diew zodiac
sirkel. Die hele oorblywende lug buite die zodiac
band, is ook verdeel in 36 konstellasies, 15 aan die
suide kant, en 21 aan die noorde kant, en ‘n god van
elke konstellasie is aangewys om te heers oor
elkeen van die 36 kamers van die zodiac.
Dus sien ons dat elke ster in die lug beskou is as ‘n god en die gebied van
gestorwe geeste is ingesluit in ‘n konstellasie oor wie ‘n god aangestel is wat
oor ‘n zodiac kamer moes heers. Elke zodiac huisgod het dus 3 kamergode
onder hom gehad. Die 12 huisgode (zodiac tekens), het elk oor ‘n maand van
die jaar geheers en die 7 planetêre gode wat hul weg deur die zodiac band
gekronkel het, nl. Son, Maan, Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus,
het volgens astrologie, die sake van die mense, deur hul relatiewe posisies in
die verskeie kamers van die zodiac, hulle almal beheer. Die son god het
geheers. Die Songod was beskou as die sentrale vuur waaruit elkeen
ontstaan het, omdat al die gode van die lug uitstralings van die een god, nl.
Die Son, was.
133
Die oorsprong van hierdie getal 666 is ook verkry uit astrologie. Soos ons kon
sien, het astrologie die getal 36 gebruik om die sterre te verdeel. Indien mens
die getalle 1 -36 optel, sal dit kom tot 666. Geen antieke of moderne dag heks
kan ‘n towerspel plaas, geen towenaar kan ‘n kuns uitoefen, geen fortuin
verteller kan die toekoms voorspel sonder die hulp van astrologie nie.
Astrologie is die basiese fondament van alle wetenskappe van die
okkulte en die oorsprong van alle heidense godsdiens stelsels.
Die hoof godheid was die SON, en is aanbid vir sy lewegewende hitte. (“Goeie
son” – goeie oeste; “Slegte son” – misoeste – geen voedsel). Die Babiloniërs
het toe hul eie stelsel van godsdiens geproduseer, gebaseer op SEKS.
Die veranderinge in die seisoene is deur die antieke heidense begrip op ‘n
seksuele manier “vertolk ”. Hulle het die MOEDER AARDE ISHTAR /
ASTARTE gesien as “bevrug ” in die lente naby die voorjaars nag-ewening
(Venus). Daarna, nege mane later, is geglo dat die Son tydens die winter
sonstilstand, “weer gebore“ word. Semiramis was moontlik die eerste “heks” –
‘n persoon in besit van geheime kennis en magte om die natuurlike wêreld te
kon manipuleer.
Vir die Grieke, was Zeus die son, en sy moeder/vrou was
Hera. Die Egiptenare beeld Isis uit wat vir Horus vashou,
wat op die een of ander manier ook Osiris is, en wat presies
soos die Madonna en Kind-kuns wat in die Christendom te
siene is, lyk.
Die Fenisiërs het Semiramis ISHTAR genoem. Die Hebreërs het haar naam
opgeteken as ASHERAH. Sy is oor die wêreld heen onder baie ander name
bekend: Oster, Easter, Astoreth, Artemis, Aphrodite, Tanit, Diana, Nana, Maia,
Gaia, Devaki, Ceres, Isis, Cybele, Venus, Frigga, Frey, Biblia, Aurora, Austra,
Stella, Aster, Nut, ens.
Gesnede beelde van haar, geassosieër met “gewyde pale ” het talle heidene
laat optrek na die seisoenale vieringe, omdat dit die tye was wanneer hul
heidense godsdienste vereis het dat groot seksuele “dienste ” uitgevoer moes
word. Baie van hierdie mense was “tempel prostitute ”, beide manlik en vroulik,
soos ons in Gen. 38:21 lees.
Die hele heidense stelsel is op SEKS gebaseer. “Sy” word in die lente bevrug
en gee geboorte tydens die winter sonstilstand, en die jare is gebaseer op
wanneer die SON weergebore word.
God se waarskuwing:
God het Israel teen die aanbidding van die sterre of die uitspansel, gewaarsku.
Ons behoort die Here Wie daardie sterre geskep het, te aanbid, en nie die
sterre nie! Dit is nog ‘n manier waarop satan die mense se gedagtes van God
af na die geskape dinge toe, gelei het.
134
Jer. 10:2 – “So sê die HERE : Maak julle nie gewend aan die weg van die
heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene
daarvoor skrik nie.”
Jes. 47:13,14 – “13Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat
hulle tog optree en jou red—die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat
elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
14
Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan
hulself nie red uit die mag van die vlam n ie—dit is geen kool om by warm te
word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!”
Die sterrekykers het hierdie 12 huisgode geneem en hulle in vier kategorieë
verdeel, en die Vier Elemente, nl.: LUG, WATER, VUUR, AARDE, genoem.
DIE VIER VLAKKE VAN DIE GEESTES WêRELD
Eks. 20:3-5 – “3Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in
die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters
onder die aarde is nie.
5
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie ; want Ek, die
HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan
die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;”
Soos jy kan sien, praat die Bybel van gode wat in die hemele daarbo, op die
aarde hier onder, en in die water onder die aarde, aanbid kan word.
Toe satan en ‘n derde van die gevalle engele uit die Hemel gewerp is en
volgens Luk. 10:18 geval het, het hulle op hierdie vier plekke beland en daar
heerskappy geneem.
1. Die HEMELE, d.i. die tweede hemel waar ons die geeste van die LUG kry
(Efes. 2:2).
2. Die AARDE, waar ons dieregeeste, geeste van die berge, valleie, bome,
woude, ens. Vind.
3. Die WATER, waar ons watergeeste, nl. Meerminne, Neptune, koningin van
die kus, ens. Vind.
4. ONDER DIE AARDE, waar ons die ryk van die dood, voorvader geeste,
satanisme, spiritisme, vampiere, ens. kry.
Die “heidense treio” van Nimrod, Semiramis en Tammuz, staan onder
verskillende name in verskillende kulture bekend. Volgens al die mites en
fables deur die eeue heen, is hierdie gode in hierdie plekke geplaas. Dit is ook
in ooreenstemming met die Vier Elemente geplaas.
135
Drie-eenhede uit die verlede:
NIMROD
DIE HEER VAN
HEMELE
TAMMUZ
DIE HEIDENSE
MESSIAS
SEMIRAMIS
DIE KONINGIN
VAN HEMELE
ISRAELIETE
Baal
Tammuz
Astarte
CHALDEA
Baal
Mithras
Astarte
PERSIë
Shamash
Ishtar
Sin
MASEDONIë/AS
Ië
Dagon (vis
afgod)
Deoius / Janus
Cybele / Ceres
MITHRA
Mithras
Vohu Manah
Rashnu
FENISIë /
KANAAN
El
Bacchus
Astarte
BABILON
Belus
Tammuz
Ishtar / Asherah
KELTIES
Baal / Woden
Thor
Ceridwen/Frigga
ASSIRIë
Ninus
Hercules
Beltis
GRIEKELAND
Zeus/Apollo
Dionesius
Afrodite/Athena
ROME
Jupiter/Sol
Attis/Kupido
Cybele/Diana
EGIPTE
Amon-Ra
Osiris/Horus
Isis/Hathor
INDIë
Brahma
Krishna / Vishnu
Isi/Devaki/Shiva
CHINA
Pan-Ku
Yi
Heng-O, Ma
Tsoopo
MEKSIKO
Teotl
Quetzalcoatl
Coatlicue
SKANDINAWIë
Odin
Balder
Frigg, Freyia
In Japan het die Shinto godsdiens die frase, “San Pao Fuh”, wat
beteken “een godheid, drie vorme”. Die Iere gebruik een van hul
antieke Druidiese simbole, die trifolium klawerblaar, as ‘n simbool
van hul Keltiese trots, maar ook as ‘n geheime simbool van hul Drieeenheid.
Die manlike en vroulike simbole wat in Biologie gebruik word, is
die geheime Babiloniese tekens van Nimrod (Orion, Sagittarius – die
magtige Boogskutter), en sy vrou/ander Semiramis (Groot Moeder,
Magna Mater). Al hierdie dinge en baie meer, is die misteriese
“vertolkings” van die Heidense godsdienste, onder toesig van
Towenaars, duiwelskunstenaars, hekse, shamans en priester-towenaars
wat die massas uitgebuit het. (Die “Magi” van Babilon was priesters van
Ahura Mazda (Mithras), die songod. Hulle het tevoorskyn gekom toe die
Messias ongeveer twee jaar oud was, en die geskenke wat hulle gebring het,
het die gesin van Josef, Maria en die klein Messias in staat gestel om in Egipte
‘n bestaan te maak totdat Herodus gesterf het).
136
PETISIE VIR BERADER
Hemelse Vader, ek …………………….. (beradings-kliënt), kom na U in die
Naam van die Here Jesus Christus van Nasaret, die enigste ware Seun van
God.
Ek vra Vader, dat ……………………. (berader) toestemming gegee word om
oorlogvoering te doen vir my, …………………… en enige dele (bekend of
onbekend) in ons afwesigheid.
Verder petisie ek teen alle en enige terugslag op ……………..(berader) en
sy/haar gesin. Vader, ek vra U om ………………..(berader) te beskerm, asook
sy/haar gesin teen alle:
• HEKSERY (om onder towerspel te plaas)
• TOORDERY (optrede, voorwerp of woord met magiese krag)
• KOSMIESE MAGTE (universele energie)
• TOEWYDINGS (om skenkings te maak aan en af te sonder vir
boosheid)
• BETOWERINGS (om onder towerspel te plaas)
• BOSE VLOEKE (aanroeping van iets om boosheid of skade te bring)
• TOWERY (‘n magiese spel of vloek)
• VLOEK (bringer van ongeluk)
• BESWERINGS (woorde gebruik in die uitspreek van ‘n towerspel)
• ONHE ILBRINGERS (persoon of voorwerp gebruik om ongeluk te bring)
• MAGIE – WIT, SWART OF ROOI (gebruik van bonatuurlike krag om
beheer te verkry oor)
• VERDRAE (ongoddelike ooreenkoms of verdrag)
• PSIGIESE KRAGTE (ekstra-sensoriese okkultiese krag teen die siel of
verstand)
• RITUELE EN RITES (prosedure van bose seremonies)
• TOWERY (magie met bose geeste betrokke)
• BETOWERINGS (woorde met krag gebruik om in verrukking te bring of
te verstrik)
• TREITERINGS (magie gebruik om te pla, irriteer en die verstand te pla)
• VOODOO (heksery wat magiese rites insluit)
• HEKSERY EN TOWERY (gebruik van magie om krag te verkry oor)
…..wat op hulle geplaas kon gewees het deur enige ander persoon of persone,
of vanuit enige okkultiese, kultiese, sataniese, psigiese of kosmiese bron.
Beskerm hulle Here, teen alle vloeke, towerspele en inkantasies wat teen hulle
van ander mense kan kom wat teen hulle bid of skryf of vloeke teen hulle
uitspreek. Ek vra U om hulle te beskerm teen alle Sataniese skilde, seëls,
toestelle of meganismes wat gebruik kan word om sy/haar gesin te beseer, te
teister, te manipuleer of te beheer. Beskerm ……………. (berader) en sy/haar
gesin Here, van enige en alle terugslae wat Satan wil bring teen …………….
(berader), of sy/haar gesin terwyl hy/sy vir my oorlogvoering doen.
137
Ek pleit die Bloed van Jesus oor hom/haar en sy/haar gesin, vir hul
beskerming. Ek verklaar dat Jesus Christus die Here in hul huis is en dat dit
heilige grond is.
Ek petisie teen die gees van die dood, die gees van krankheid en die gees van
kranksinnigheid. Ek petisie vir ‘n helder verstand, omdat U hulle ‘n gees van
krag en liefde en ‘n gees van kalmte en ‘n helder, goed gebalanseerde
verstand gegee het. U het hulle ook ‘n gees van dissipline en selfbeheer
gegee.
Ek vra dat U ………………..(berader) , asook sy/haar gesin sal bewaak en dat
U hulle in perfekte vrede in U, sal bewaar; dat hulle nie verontrus, bang,
ontsteld, versteur, vreesagtig, geintimideer of onbestendig sal raak nie; dat
hulle moed sal skep, gerus, seker en onbevrees sal wees; en dat geen
verdrukkings, beproewinge, angs of frustrasies a.g.v. hul verbintenis met my
naby hulle sal kom nie.
Ek bid vir wysheid, openbarings-kennis en begrip vir ……………..(berader), en
dat die oë van sy/haar hart verlig sal word met U lig; dat hy/sy sal weet en
verstaan wat die hoop is waartoe U hom/haar geroep het. Ek vra U om
hom/haar ‘n gees van raad en mag en die vrees van die Here te gee.
Ek vra dat ………………(berader) gevul sal word met die voller, dieper en
helderder kennis van U wil en ‘n begrip en insig van geestelike dinge
aangaande my huis. Geen hom/haar insig, Here.
Vader, ek vra U om ……………………(berader) te vul met U teenwoordigheid
op hierdie oomblik. Vul hom/haar en rus hom/haar toe om vir hierdie huis te
kan oorlog voer. Voer hom/haar U woorde, omdat dit oorvloedige lewe bevat.
Niks wat hy/sy moet doen sal by U onmoontlik wees nie, Here, omdat niks by
U onmoontlik is nie. Here God Almagtig, open sy/haar ore en die opgaartenk
van sy/haar hart om van U te kan ontvang. Here, laat sy/haar gawes na vore
kom; diepte roep na diepte. Laat U riviere van lewende water vanuit hom/haar
vloei. Stort U salwing op hom/haar uit sodat hy/sy elke saak op U hart het in
hierdie situasie, mag uitspreek.
Verwyder elke wolk van duisternis wat op hom/haar wil afsak. Vul elke plek
waar sy/haar voet mag trap, met U lig.
Dankie vir sy/haar geloof. Dankie dat U alle dinge onder beheer het. Dankie
dat U aan hom/haar die pad in alle dinge al aandui.
Vader, nou, in die Naam van Jesus, vra ek dat U aan hom/haar U guns en
moed sal gee. Vul hom/haar met selfs meer moed en selfs meer vertroue in U.
Here, sak op hierdie oomblik af op hom/haar. Verskaf aan hom/haar staal in
die plekke waar dit swak of te beweeglik is. Skenk aan hom/haar
standvastigheid in U.
In Jesus Naam bid ek dit. AMEN
GETEKEN: …………………………..
DATUM: ……………………………..
GETEKEN: …………………………..
138
BLOEDLYN GEBED
(Identifiseer die sterkman)
Vader, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, die Gesalfde Een, kom ek
met Sy salwing na U en namens myself en my voorgeslagte, bely ek dat ek
dat ek aan die sonde van afgodery skuldig is. Ek vra U om, in Jesus
Naam,elke demoniese seël te verbreek wat oor my en my familie geplaas is.
Ek vra in Jesus Naam, U om die verkeerde fondasies wat in ons lewens gelê
is, te skud.
DIE OKKULTIESE WORTEL
ASHERAH EN BAAL
Ek bely deelname aan die raad van die duiwel, konsultasies met mediums,
fortuinvertellers, alle dade van waarsêery (pendulum, ens.), towery,
heksery, wit magie, alle geloof in bygelowe, insnydings deur toordokters,
moeti, mengsels, alle vorme van wicca, spiritisme, waterwysery, spieëlmagie,
rook magie, toordoktery (aanbidding van vuur, wind, water en aarde),
astrologie (aanbidding van son, maan, sterre, planete), numerologie,
aanbidding van die maand: Asherah, Serapha, ens.
Astarte / Lilith / Jesébel
Ek bely deelname aan alle vorme van aanbidding van die bok god Baphomet,
Pan, Dionisius, sowel as Druidiese aanbidding, swart magie, rooi magie,
voedoe, nekromansie (realms van die dood), Apollion, Abaddon, Hades, al die
gode van die onderwêreld, Hectate en die drie fases van Hectate, Medusa,
die doodsengel, die honde van die hel, vampiere, weerwolwe, zombies, die
aanbidding van die wolf, grafgrawers, lyksbesorgers, balsemkundiges en enige
kontak met dooie liggame.
Ek verloën en gee elke gawe, vermoë, rang en roeping terug wat aan my
deur satan GEGEE IS en ek weerstaan en verloën elke vorm van
verstandsbeheer.
In DIE Naam van Jesus Christus van Nasaret, verloën ek enige inisiasie- en
toewydingsrituele aan satan waaraan ek en my voorvaders deelgeneem het.
DIE VERSTAND
Vader, ek bely die sonde van die oorgee van my verstand aan demoniese
mag, die leegmaak van my verstand, die soeke na, én die gebruik van
psigiese krag, die oopmaak van die derde oog en alle vorme van slang
aanbidding, soeke na die “mantelkap van die kobra” deur verskillende
tegnieke, bv. Hipnose, self-hipnose, meditasie, astrale projeksie, alle
vorme van verstandsbeheer tegnieke, die oopmaak van die chakras, enige
sameswering met Medusa, okkulte kennis en wysheid.
139
Ek verloën die verstand van Lucifer en alle okkultiese wysheid en kennis.
Ek verloën die feit dat ek met die helm gebore is, en ek verloën ook alle
psigiese gawes en vermoëns wat daarmee saam gekom het.
Ek bely dat ek toegelaat het dat my verstand passief geword het en dat
negatiewe gedagtes beheer geneem het. Ek bely alle fantasieë,
verbeeldings, wellus en perversies in my verstand. Ek bely as ek ooit
mites, fabels en fantasie verhale gelees het en daardeur toegelaat het dat
my verstand na plekke in daardie verhale kon reis. In die Naam van Jesus
Christus van Nasaret, kies ek om daardie plekke in die gees te vernietig. (Dit
was miskien ‘n wyse om die realities te ontsnap. Ek kies om volgens 2 Tim.
1:7 ‘n helder verstand te hê.
Vader God, ek bely die sonde van elke riskante boek wat ek gelees het, elke
slegte video waarna ek gekyk het, elke negatiewe kasset / CD waarna ek
geluister het, óf enige ander bron van inligting (noem spesifiek) waaraan ek
wetend of onwetend, my verstand aan blootgestel het en wat my op ‘n
ongoddelike manier kon beinvloed het. Ek bely dat deur hierdie inligting, ek
my verstand toegelaat het om na plekke in die gees te reis. Ek verloën alle
geestes leiers waaraan ek verbind is en wat my na daardie plekke geneem
het, in Jesus Naam.
Ek vra vergifnis, Vader God, dat ek my verstand oopgemaak het vir demoniese
invloede deur die gebruik van dwelms en alkohol. Ek vra U om enige
sielsbande met demone óf mense op alle vlakke van die gees waarmee ek te
doen gehad het terwyl ek onder die invloed van dwelms of alkohol was, in die
Naam van Jesus Christus van Nasaret, te sny.
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, vra ek U, Vader, om alle skok te
verbreek wat deur trauma ‘n binding op my verstand kon gebring het.
Vader, ek bely dat deur alle okkultiese betrokkenheid, ek op okkulte roepings
geantwoord het. Ek verloën en verwerp hierdie roepings.
BLOEDVERGIETING EN OORLOG (Molech / die draak)
Ek bely alle dade van oorlog, moord, plundering, verkragting, marteling,
selfmoord, weerwraak, rassisme, bendes, offerandes, die moord op kinders,
sowel as aborsies en misgeboortes. Ek verloën die aanbidding wat al die
oorlogsgode ontvang het, nl. Molech, Marduk, die draak, Nimrod, Thor, Odin,
Koki, Grendle (trol), Ysreuse, Morrigen, Athena, Mars, Valhalla, ens.
Ek verloën alle ede van oorlog- en insweringsrituele (Vikings, ens.)
Ek bely deelname in dade van sluipmoord en teregstelling en werk as
laksmanne of huursoldate. Ek bely enige opleiding in Oosterse
Gevegskunste, bv. Karate, Judo, Kung Fu, ens., en verloën alle rangordes
wat ek ontvang het deur die gekleurde gordels en vlakke, in Jesus Naam.
140
Ek verloën alle aanbidding van die Antichris en die Dier, lastering teen God,
alle lojaliteit en alliansie met Hitler, die Derde Ryk, die SS, Broederbond (Suid
Afrika), Apartheid, Ossewa Brandwag (Suid Afrika).
Ek bely alle dade van menslike en diere-offers, deelname aan
bloedverbonde, dade van kannibalisme, koop en verkoop van mense en die
handeldrywe met siele.
Ek vra U, Vader, om enige bloed stil te maak wat om wraak roep en vra U
om my hande van bloedskuld te reinig.
Ek verloën alle jag-edes. Ek verloën die inisiasie rituele, drink van bloed,
smeer van bloed aan die liggaam, die eet van die rou lewer van die eerste dier
wat jy geskiet het, ens. Vergewe my Here. In die Naam van Jesus Christus
van Nasaret, verloën ek verloën die geeste van die dood, vernietiging en
van slawerny.
GEHEIME ORGANISASIES (Lucifer)
Ek bely alle betrokkenheid in geheime organisasies, bloedverbonde en ede
afgelê, alle moontlike betrokkenheid in Vrymesselary en die vroulike
weergawes daarvan (bv. Daughters of the Nile, Sisters of Light, ens.),
Rosekruisers, die ‘Brotherhood of the Knights’, ‘Knights Templar’,
aanbidding van Lucifer, Illuminati, demoniese ordes van die Rooms
Katolieke Kerk, bv. Jesuïte priesters, die Ordes van Alchemie, die ‘Golden
Dawn’, Broederbond, Ossewa Brandwag, alle Neo-Nazi organisasies, die
‘White Brotherhood’, Ku Klux Klan en Tempel van Set.
Ek verloën alle rituele wat uitgevoer is en ek vra U, Here, om in die Naam van
Jesus Christus van Nasaret, alle getuies wat teen my in die gees getuig, stil
te maak.
Ek verloën die geeste van trots en misleiding.
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, beveel ek dat alle dinge wat in
die duisternis gedoen is, om na die Lig te kom. Ek vra U, Vader, om die
ede van geheimhouding te verbreek. Ek verloën die verbond wat met die
gees van die dood gesluit is (Jes. 28:18). Ek vra U, Here, om alle siektes af
te sny wat spruit uit geheime organisasies, nl. asemhalings probleme, asma,
allergieë, hartprobleme, ens.
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verloën ek alle ede wat by
hierdie altare afgelê is.
141
SEKSUELE ONGEREGTIGHEDE (Isis)
Ek bely dat ek skuldig is aan die aanbidding van Asherah, die Ordes van
Diana, Cleopatra en Isis, seksuele onreinhede en hoerery, insluitende
nekrofilie (seks met lyke), sodomie, verkragting, bloedskande, bestialiteit
(dierlikheid), buite egtelikheid, lesbianisme, seks met demone (incubus &
succubus), egbreuk en ontug, prostitusie, alle dade van wellus en perversie,
masturbasie, pornografie, fantasie, molestasie, transvestiete, transseksualiteit, homoseksualiteit, fetishisme (enige voorwerp of aktiwiteit
waaraan jy buitengewoon toegewyd is), sadisme, pedofilie, afloerdery
(voyeurisme), alle adder en slang-aanbidding, tempel prostitusie , buik
danse (belly dancing/ kundalini), tantriese joga (seks magie), die aanbidding
van Venus, Aphrodite, Eros en Kupido.
In Jesus Naam verklaar ek ‘n egskeiding van enige gees wat op my, as
huweliksmaat, aanspraak maak en ek sny myself los van hierdie ongoddelike
sielsband. Ek vra vergifnis dat ek toegelaat het dat my gees besoedel
geraak het en dat ek my liggaam as ‘n tempel vir Satan gebruik het.
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, vra ek U, Here, om my los te sny
van die seks koninkryk en elke watergees waaraan ek gebind is. Ek vra dat
U alle sperma/saad wat teen my in die gees getuig, sal stilmaak. Here, reinig
asseblief my finansies wat op boeke, videos, tydskrifte, sekswinkels, seks
spellbound ens. Spandeer is en só besoedel is. Ek vra U, Here, in die Naam
van Jesus om alle vloeke op huwelike en verhoudings in my familie, te
verbreek.
OOSTERSE GELOWE (Boeddha)
Ek bely alle betrokkenheid in valse genesings en die praktisering van
geestelike kunste van verligting, alle vorme van astrale reise, meditasie,
hipnose, self-hipnose, die konsultasie van geestes’leiers’ en betrokkenheid
by oosterse godsdiens-ordes.
MISTISISME (Amerikaanse inboorlinge, Afrika, Khoi)
Ek bely alle betrokkenheid in die aanbidding van dieregeeste en totems, die
praktisering van magiese- en kruie medisyne wat deur hierdie geeste
aangewys word, alle vorme van shamanisme en transmutasie (verandering
in ‘n weerwolf of astrale reise in die liggaam van ‘n dier), oproep tot leierskap
van diere totems, alle vorme van voorvader aanbidding, (noem diere en
voorouers indien bekend), liefdes-magie, rook-magie, huweliks seremonies,
puberteits- rituele, besnydenis rituele, vrugbaarheids rituele (reënmakery),
tatoeërings, insnydings, gelukbringers en fetishes, medisyne-wiel en die vier
elemente (aarde, lug, vuur, water), die vier windrigtings (noord, suid, oos,
wes), tromslanery, geestesverrukking (trance), gewyde plekke, geeste van die
woude en bome, ens.
Ek verloën alle magte en vermoëns wat ek van diere ontvang het.
142
Ek bely alle betrokkenheid in die aanbidding van watergeeste, koningin van
die see, die Reëngodin, Kali en Shiva, riviergode, die aanbidding van
Neptunus en Poseidon en alle bande met die mistieke stad van Atlantis en
met Egipte (Leviatan), leiersgeeste van nimfe (waterfeetjies), verleidsters en
meerminne, meermanne en simbole van die dolfyn (water vampiere is
verleidende geeste).
GODSDIENS
Ek bely geloof in bygelowe, aanbidding van die kerk i.p.v. God, en dat ek
mense en tradisie bo God geplaas het. Ek bely deelname aan rituele en
godsdienstige seremonies (aansteek van kerse, wierook, ens.) en dat ek
geglo het dat hierdie dinge tot my redding kon bydra en my in God se
teenwoordigheid kon bring. Ek bely dat ek op die vlees vertrou het i.p.v. op
God, die besoek van tempels van afgode en my geloof in die oordeel van die
mens (bv. betaal vir sondes).
Ek vra vergifnis dat ek in ‘n Jesébel of Agab gees opgetree het en toegelaat
het dat rebellie in my lewe heers.
Ek verloën ongoddelike toewydings van babas. (In ‘n Katolieke hospitaal
gebore – sny los van enige toewydings aan die Koningin van die Hemele deur
die hospitaal personeel).
Ek verloën enige alliansie met die koningin van die hemele en Lilith /
Jesébel. Ek verbreek alle vloeke van ‘n selibate staat, in Jesus Naam.
VERSLAWINGS
Ek bely alle betrokkenheid by verslawing: Alkohol, dwelms, sigarette,
masturbasie, dobbelary, vraatsugtigheid, bulimia, anoreksia, pornografie en
‘heavy metal’ musiek (sny hartklop los van die ritme), tromslanery, hartkloppe,
ens.
FINANSIES
Ek bely die weerhouding van tiendes en offerandes, liefde vir geld, rowery &
buitery (nl. Portugese), familie-rusies a.g.v. erfgoed, dobbelary, omkopery
en korrupsie, bedrog en alle vorme van diefstal. Ek bely alle aanbidding
gegee aan Baal en Mammon. Ek verbreek die vloeke wat dit op my gebring
het. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, vra ek U, Here om alle
finansies los te sny van die geluksgodin. (Sien PETISIES boek vir petisie oor
finansies).
SIEKTE
Vader, in die Naam van Jesus, en in ooreenstemming met U Woord soos in
1 Pet. 2:24, vra ek U om asseblief elke gees van krankheid wat op my deur
die bloedlyn oorgedra is.(noem die siektes), te verwyder.
143
VERGIFNIS
Ek kies nou om my voorgeslagte te vergewe, asook my ouers vir enige en alle
sondes wat hulle gepleeg het en wat my lewe vandag beinvloed.
Ek vergewe ook elke persoon wat vloeke teen my voorgeslagte of myself
gespreek het.
Vader God, ek vra dat U my sal vergewe dat ek die sondige praktyke van my
voorgeslagte gevolg het en dat ek toegegee het aan die vloeke wat my
geaffekteer het. Ek kies nou om weg te draai van enige en alle sondes van my
vaders, sowel as my eie persoonlike sondes.
Ek verloën enige en alle maniere waarop Satan eienaarskap oor my mag eis.
Ook verloën ek enige verdere betrokkenheid of verdraagsaamheid van sondes
en vloeke in enige area van my lewe.
Ek vra U om met die bloed van Jesus, my geestelike naelstring te reinig wat
my verbind het met my vader en moeder (ook aanneem-ouers, indien van
toepassing), sowel as geestelike vaders en moeders. Ek vra U in die Naam
van Jesus, om my geestelike naelstring te reinig van enige ongoddelike
sielsbande deur astrale projeksie, demoniese besoekings en drome.
In Jesus Naam vra ek U, Here, om al my potensiaal, my gawes, vermoëns en
talente wat gesteel en deur satan op al vier vlakke van die gees weggesluit is,
te ontsluit.
In die Naam van Jesus vra ek U Here, om enige programmer op my DNA (dit
wat ek orangeade dood en depressie oorgeërf het) te her programmeer.
Ek vra U om alle poorte na die vier vlakke van die gees (aarde, hemele,
water, onderwêreld) toe te maak, om die hekwagte te ontslaan en om die
poorte af te seël met die Bloed van Jesus.
Ek vra U, Here, om enige oordeel komende van satan, (omdat ek my bloedlyn
verloën het), in Jesus Naam, te kanselleer. Ek vra dat die demoniese skale in
Jesus Naam vernietig word.
AMEN.
Teen alles hierbo genoem, moet die berader oorlog voer.
Verbreek alle vloeke, vestings, verkeerde fondasies, en altare van die vyand.
144
BEVRYDINGS GEBED (Berader)
LET WEL: Hierdie gebed moenie as ‘n resep/metode gebruik word nie.
VERKLARING:
Mat. 12:37 – “37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde
sal jy veroordeel word.”
Verklaar: ..... sondes vergewe (Joh. 20:23), want U Woord sê .....
1 Joh. 1:9 – “9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die
sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
Lev. 26:40 – “40Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid
van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle
hul teen My versit het...”
OKKULTIESE WORTEL
Ons kom teen die gees Amastor, wat aangestel is om die ongoddelike
bloedlyn van families in plek te hou.
Alle geeste in die hemele, Baal, Asherah, Astarte, van elke planeet waar die
persoon sedert geboorte vasgemaak was, (geboortedatum - Zodiac teken en
Chinese astrologie) word in Jesus’ Naam, losgesny.
Vra dat die Bloed van Jesus sal kom en elke siklus en paadjie waarmee
hierdie lewe verbind was, sal reinig. Sny katrolle en verbintenisse. Verwyder
elke program wat in die son, maan of planete versteek is en vernietig dit.
Verbreek alle vloeke oor menstruele siklusse. Sny die persoon los van die
siklusse van die maan, die vier fases van die maan, die getye van die see,
koningin van die hemele en die koningin van die see. Sny alle bande met die
son, die sterre, die planete en sterrestelsels.
Maak alle eise, verbonde en programme stil en beveel hulle om op te hou
praat.
Sny die persoon los van aanbidding van Baphomet, Pan, Dionysis, Druïdiese
aanbidding, Apollyon, Abaddon en al die gode van die onderwêreld.
Vernietig enige hok, ketting, sak of tronksel waar satan sy/haar hart, siel en
verstand gevange hou, en vra die Heilige Gees om al die magte van die
demone wat teen sy/haar hart, siel en verstand wagstaan, te vernietig.
Verbreek vloeke van isolasie, verlatenheid en eensaamheid.
Verbreek die mag van Hades en Sheol oor sy/haar lewe en onthef die honde
van die hel van hul werk. Vra God om hul bloedlus in sy/haar lewe te stil.
145
Verbreek die vloek van die dood en bind en verwerp elke gees van die
dood, offerhande, moord en selfmoord wat ‘n aktiewe uitwerking i n die
bloedlyn het en beveel hulle om te gaan.
Verwyder sy/haar naam vanuit die doderyk en vanaf die register van
satan. Bind die gees van die luislang en sny los daarvan.
1 Vernietig die eiers en baba slangetjies met die vuur van God.
2 Verwyder die effek van die luislang wat die lewe uit die persoon wurg.
Sny hom/haar van enige ongoddelike toewydings as baba losen vra dat elke
sekonde van sy/haar lewe vanaf die oomblik van bevrugting deur die Bloed
van Jesus Christus van Nasaret, herwin sal word.
Diskonnekteer en verbreek die tydklok van Satan oor sy/haar lewe.
In Jesus Naam, bind alle magte van hekse, towenaars, halfgode, familiêre
geeste, watergeeste, alle hoof bose geeste, geeste van swakheid en elke
ander bose gees wat teen sy/haar lewe en vooruitgang werk.
Vernietig enige van sy/haar eiendom in die geesteswêreld. Enige plek waar
sy/haar foto’s, klere, geld, naam of enige liggaamsdele, vingernaels of hare is,
in die lug, op die aarde, onder die aarde of in die waters bo of onder die aarde.
Vra die Heilige Gees om die items van Satan wat hy gebruik om teen
hom/haar te werk en wat teen hom/haar getuig, te vernietig.
Verwyder die oordeel van Satan oor sy/haar lewe en vernietig die demoniese
gewigs balans. Sny hom/haar los van die gees wat die skale hou.
(“Regverdigheid”)
Ontslaan elke hekwag wat die okkultiese poorte op hierdie bloedlyn waak.
Stroop hulle van hul opdragte, range en doelwitte, en beveel hulle om te gaan.
Sluit elke poort en vra Vader dat Hy dit met die Bloed van Jesus Christus van
Nasaret, sal verseël.
VERSTAND
Verbreek die okkulte band van oppressie, depressie en selfmoord oor die
verstand. Sny alle psigiese kragte, vermoëns en rangordes af. Maak die
derde oog toe. Sny die persoon van die seekat en sy agt bene, elk met sy eie
brein (verstandsbeheer) los. Bid teen alle hoofpyne, skeelhoofpyne,
teistering, waansin, demoniese drome en nagmerries. Maak die poorte
van ivoor en horing toe. Skei en werp demone van hipnose, self-hipnose,
meditasie en astrale projeksie uit. Sny die brug tussen die siel en die gees.
Bind die demone van skok en vrees. Maak ‘n helder verstand los. Verbreek
alle vloeke van waansin. Verbreek die demoniese siklus tussen negatiewe
gedagtes en emosionele probleme, nl. Selfmoord, haat, rebellie, bitterheid,
moord, wanhoop, verwerping, minderwaardigheid, ens. Trek die vestings neer
in die Naam van Jesus Christus van Nasaret.
146
Bind alle Doofstom GEESTE. Verbreek die krag van elke leerprobleem;
linker en regterbrein funksies (verwyder die demoniese blokkasie tussen die
regter en linker breinhelftes, hand- en oog koordinasie en disleksie). Bid teen
verwarring, konsentrasie, leerprobleme en spraak blokkasies. Sny die
persoon los van oppressie veroorsaak deur dwelms en alkohol. Sny die
persoon los van die verstand van Lucifer. Verbrand alle okkultiese
boekekennis in die verstand van die persoon.
BLOEDVERGIETING EN OORLOG (Molech / die draak)
Sny hom/haar los van alle aanbidding op hierdie bloedlyn gegee aan die
oorlogsgode, die Antichris, die Dier, Satan, Lucifer en die draak. Sny
hom/haar los van Molech, Marduk, Thor, Oden, Koki, Ysreuse, & Valhalla.
Verwyder die persoon se naam uit satan se boek van oorlog.
Vra Vader om enige bloed wat gedurende offer Andes verspil is,
selfmoorde, aborsies, wreedhede of oorlog, op hierdie bloedlyn sal stilmaak
– alles wat om wraak roep en ek vra dat U dit met die Bloed van Jesus sal
seël. Ons wy elke baba aan Jesus Christus van Nasaret, toe.
Bind en verwerp die oorlogsgod, Sintar (halfmens, halfperd met pyl en boog)
en Amasoniese vrou en laat nie toe dat hul pyle geestelike dood veroorsaak
nie.
In die Naam van Jesus, van Nasaret, bind en verwerp die geeste van moord,
selfvernietiging, rebellie, geweld, woede, haat en onmin en sny hom/haar
daarvan los.
Bind die geeste van dood en vernietiging. Verbreek die vloek van die hart
van klip. Sny die persoon los van die vloek van Kain , die vloek van
verloëning en verraad, die vloek van die swerwer, én die mantel van skuld en
skaamte. Bind die jaggeeste in Jesus Naam e n verbreek die boog van
Nimrod.
Sny hom/haar in die Naam van Jesus los van die vloeke van onregverdige
oordele en die verbreking van beloftes in die Naam van Jesus.
Ontslaan die hekwagte wat die poorte op hierdie bloedlyn vir oorlog en
bloedvergieting, bewaak en stroop hulle van hul opdragte, range en doel.
Maak hierdie poorte toe en seël hulle met die Bloed van Jesus Christus van
Nasaret.
GEHEIME ORGANISASIES
Sny hom/haar los van elke geheime organisasie en verwyder sy/haar naam
vanaf enige van hul registers en vanuit enige huweliks seremonie of
ongoddelike verbond wat is namens hom/haar augean is.
Vernietig elke akte van ooreenkoms in hierdie ongoddelike verbonde.
147
Verklaar hulle van nul en gener waarde en spyker hulle aan die Kruis van
Jesus Christus.
Verklaar dat die enigste bindende verbond in sy/haar lewe, die verbond met
Yahweh, God van Israel is wat deur die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun,
gevorm is.
Sny hom/haar los van enige vloeke oor hom/haar gespreek deur hierdie
geheime organisasies en bind en verwerp alle demone toegesê aan hierdie
vloeke en beveel hulle om te gaan. Beveel alle geheime om aan die lig te
kom. Sny hom/haar los van demoniese tempels en die priesterskap.
Sny hom/haar los van die gees van Leviathan en trek die sluier van
misleiding af wat oor hom/haar hang, en vra die Heilige Gees om dit met Sy
vuur te vernietig. Sny die persoon los van familiêre geeste van die dood en
sny die naelstring wat hulle aan die orde van satan verbind hou.
Ontslaan elke hekwag wat in bevel van die poorte van hierdie geheime
organisasies op hierdie bloedlyn is, en stroop hulle van hul opdragte en
range. Maak elke opening toe en seël dit met die Bloed van Jesus Christus
van Nasaret. Blaas die kers uit en vernietig ringe, voorskoot, septer,
mantels, ens.
SEKSUELE ONGEREGTIGHEDE
Sny hom/haar los van alle slang aanbidding, die aanbidding van Venus,
Aphrodite, Eros, Kupido en van die oeroue slang. Bind en verwerp die gees
van verleiding en beveel dit om te gaan.
Verwyder hom/haar vanaf elke altaar waar hy/sy in die gees geplaas is, en vra
dat die Vuur van God sal kom en daardie altare sal vernietig.
Verbreek elke vloek in die bloedlyn wat a.g.v. buite-egtelikheid of seksuele
ongeregtighede oor sy/haar lewe heers en beveel die demone wat oor hierdie
vloeke aangestel is, om te gaan. Plaas suigkrag in die gees op alle
watergeeste in die liggaam, siel en gees en verwyder hulle.
Sny elke ongoddelike sielsband met mense, dooie mensgeeste en
demoniese geeste wat deur seksuele dade gevorm is waarin hy/sy of enige
persoon in sy/haar bloedlyn betrokke was en vra Vader God om te kom en
deur die bloed van Jesus Christus van Nasaret sy/haar gees te reinig van alle
besoedeling.
Sny sielsbande met incubus en succubus. Verklaar ‘n egskeiding met enige
geestelike ‘huweliks’maats. Verbreek vloeke op huwelike, verhoudings en
vloeke van egskeiding. Vra Vader God om enige geld wat verspil is en saad
wat op seksuele ongeregtighede in hierdie bloedlynvermors is, vir Sy
Koninkryk terug te wen. Vernietig enige altaar in Atlantis. Sny die persoon
los van Neptune, Poseidon, meerminne, meermanne, waterfeë, koningin van
die see, Leviatan, seeslang, verleidsters, ens.
148
Ontslaan elke hekwag van seksuele ongeregtighede en stroop hulle van hul
opdragte, range en doele. Maak hierdie poorte toe en seël hulle met die Bloed
van Jesus Christus van Nasaret.
MISTISISME EN OOSTERSE GELOWE (Boeddha)
Sny hom/haar los van alle wette van Karma en verbreek die valse eenheid
tussen die Yin en die Yang. Sny die persoon los van elke kosmiese krag en
van al sewe ongoddelike vlakke in die gees. Sny alle sielsbande wat op
daardie vlakke gesmee is. Maak alle shakra openinge toe en ontwortel die
kundalini.
Verwyder elke ongoddelike aura rondom hom/haar en verklaar dat slegs die
Lig en Teenwoordigheid van die Almagtige God, Yahweh van Israel, hom/haar
sal omring.
Vader, ek vra dat U met die Swaard van die Gees sal kom en dat U enige
ongoddelike verbintenis tussen sy/haar siel en gees sal lossny.
In Jesus Naam, vernietig en verklaar ek enige towerspreuke, vloeke,
betowerings, formules, beswerings, verbonde, inswerings en manipulasies
van afgode, hekse, towenaars, priesters, watergeeste, aborsies van enige
heksevergadering, geestelike tempel en mistieke wonings in die lug, die land
en die see, kragteloos.
In die Naam van Jesus verwerp en bind die demone wat oor hierdie vloeke,
aangestel is beveel hulle om te gaan en die voetstoel van Jesus te word.
Sny alle bande tussen hom/haar en Atlantis; tussen hom/haar en Egipte, die
piramides, die Nyl, die krokodil (Leviatan), die feniks (phoenix), die kobra en
die maskers van Cleopatra, die arend, die Dondervoël, totems en totempale.
Ontslaan die hekwagte wat die poorte na mistisisme bewaak, en stroop hulle
van hul doel en funksie en beveel hulle om te gaan. Maak alle poorte toe en
seël hulle met die Bloed van Jesus Christus ons Redder!
GODSDIENS (Jesebel / Lilith, Rooms Katolieke, Anti-Semitisme)
Sny die persoon los van alle aanbidding wat aan die kerk gegee is, waar
mense vereer is. Sny hulle ook van tradisie los.
Sny die persoon los van godsdienstige seremonies en rituele en sy/haar
geloof in hierdie dinge,sodat hy/sy tot redding sal kom.
149
Die valse drie-eenheid moet afgesny word.
• Rooms Katolieke kerk
• Moeder aanbidding
• Passiwiteit
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, bind die werke van die gees van
Jesebel en haar vyf koorde in sy/haar lewe en sny hom/haar van hierdie
gees los. Kom te staan teen die gees van Lilith en sny die persoon los.
Verklaar ‘n egskeiding in die hemele met die Koningin van die Hemele.
Ontslaan die hekwagte wat hierdie poorte bewaak; stroop hulle van hul
opdragte en maak die poorte toe. Vra Vader God om hulle af te seël met die
Bloed van Jesus Christus.
VERSLAWINGS
Sny hom/haar in die Magtige Naam van Jesus Christus van Nasaret, los van
elke verslawing wat deur sy/haar bloedlyn afkom
In die Naam van Jesus verbreek elke ketting en beveel die tronkmure om te
val en deur die vuur van God, vernietig te word.
Ontwortel elke wortel van verwerping in die bloedlyn en vra die vuur van God
om elke tak en vrug wat dit voortgebring het in sy/haar lewe, uit te brand en te
vernietig.
Sny hom/haar los van alle mislukkings en misleidings (vloeke van
mislukking, armoede, bankrotskappe) Enige vestings in die verstand van die
persoon, moet vernietig word.
Ontslaan die hekwagte wat die poorte na verslawings in sy/haar bloedlyn
bewaak. Stroop hulle van hul opdragte, range en doel en sluit die poorte in
sy/haar lewe en seël hulle met die Bloed van Jesus Christus van Nasaret. Sny
die persoon los van die Rastafariër koninkryk
ALGEMEEN
Beveel nou in die Naam van Jesus, elke afgod wat op hierdie bloedlyn
aanbidding ontvang het, om te val soos Dagon geval het en vra Vader God
om hulle met Sy vuur te verteer en om alle getuies wat teen hom/haar.
Al satan se lêers in sy argiewe, moet vernietig word.
In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, verwyder elke gawe, vermoë,
rangorde, roeping, wapen, septer, ring, mantel, ens., van satan uit sy/haar
lewe, sowel as enige siektes of demone wat deur sy/haar bloedlyn oorgedra
is.
150
Verwyder elke demoniese seël op sy/haar lewe wat op die bloedlyn afkom, in
die magtige Naam van Jesus Christus van Nasaret.
Sny elke ongoddelike sielsband tussen hom/haar en sy/haar moeder en
vader.
Vernietig in die Naam van Jesus elke ongoddelike altaar op hierdie bloedlyn
met die vuur van God en onttroon elke prinsmag wat heers op hierdie
bloedlyn in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Kanselleer alle getuies
teen hulle.
Trek elke banier af wat Satan opgehef het oor sy/haar lewe (depressie,
ens.) en bevestig die banier van Yahweh Nissi oor hom/haar en die altaar van
God in sy/haar lewe in die Naam van Jesus Christus van Nasaret.
Vra Vader God om elke vernietigende etiket wat op hom/haar deur enige
persoon geplaas is, te verwyder, en om alle ongoddelike woorde wat
uitgespreek is en sielsgebede wat oor hom/haar gebid is en wat in die
geestesryk bestaan, te verwyder.
Verbreek die vloek van die vaderlose een; die vloek van mislukking.
Maak elke opening wat satan gebruik om teen hom/haar te petisie, toe.
Beveel elke tronkdeur om oop te gaan en vra Vader God om sy/haar naam
in opstandingskrag uit te roep.
Vra dat God alle trauma en skok vanuit sy/haar lewe sal verwysder– alles
wat sy/hy ontvang het vanaf bevrugting en geboorte; dat die Here genesing
vir sy/haar wonde sal bring en hom/haar sal herstel om sy/haar deel
liefde in ontvangs te neem. Vra Vader God om sy/haar liggaam, siel en
gees te herstel.
Petisie dat God aan hom/haar alles sal teruggee wat van hom/haar op elke
gebied van sy/haar lewe genteel is.
Kanselleer elke toekomsplan van satan oor die persoon se lewe. Verander
die demoniese seisoen oor die persoon se lewe (Vader Tyd en sy seisoene
en oeste); vernietig demoniese patrone en siklusse; vernietig demoniese
tydklokke; draai die horlosie téén daardie tyd terug – sekonde wyser,
minuutwyser en uurwyser. Bind die grimmige maaier en verbreek sy sekel.
Wy die persoon se oes aan God toe.
Draai elke ritueel om en verander elke vloek in ‘n seën.
Vra die Here om Sy stem te laat donder deur die hemelsale oor families,
bedieninge, huwelike, kinders, ongeredde geliefdes, finansies, ens. Neem
omvattende versekering uit oor die persoon en sy/haar familie en alles wat
aan hom/haar behoort. Verklaar JESUS AS HEER oor alles.
151
Verklaar dat die Bloedverbond van Jesus die finale sê het en dat dit alle
ander verbonde kanselleer wat deur voorgeslagte of die persoon self gemaak
is. Jesus is die Alfa en die Omega!
Vra die Here om hierdie bediening te bevestig met tekens, wonders en
wonderwerke!
Kondig die Jubel jaar van die Here oor sy/haar lewe aan; dat hy/sy die
volgende sal hê:
•
•
Vreugde olie i.p.v. rou
Die kleed van lofprysing i.p.v. ‘n gees van swaarmoedigheid.
Verklaar dat hierdie bediening nou geseël met die Bloed van Jesus geseël is.
Vra die Here dat hy/sy sal weet dat alhoewel die berge sal wyk en heuwels
wankel, Sy goedertierenheid nooit van hom/haar sal wyk nie en Sy
vredesverbond nie sal wankel nie … (sê die Here Wie jou liefhet ...Jes.
54:10).
Wapenrusting van God: Sit die helm van verlossing op, die borsharnas van
geregtigheid, die gordel van waarheid, die skoene van vrede en plaas die
Swaard van die Gees en die Skild van Geloof in sy/haar hand.
Petisie dat die Here elke Goddelike fontein in hierdie bloedlyn sal oopmaak
wat deur die vyand toegehou is; dat die Here sal toesien dat die fonteine in
sy/haar lewe sal uitbars sodat strome van lewende waters vanuit sy/haar gees
sal uitvloei!
Dankie Jesus vir U wonderlike werk van verlossing en die vryheid wat U
sterwe aan die Kruis vir ons gebring het. Ons gee U al die lof en seën U
Naam!
AMEN
152
BYKOMENDE INLIGTING WAT BETREF DIE BLOEDLYN:
Jesus het gesê dat ons die sterkman moet bind:
Mat. 12:29 – “29 Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy
goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis
beroof.”
Die huis beteken – oikos – dit praat van geslagte (bloedlyn).
Wie is die sterkmanne in ons ‘huise’ – vaders – dus kom die vyand en bind
hulle vas, omdat hulle nie hul posisies opneem nie. In baie gesinne/families
waar daar op ‘n gereëlde basis seksuele misbruik plaasvind – word die spiere
van die sterkman groter – meer krag – ons moet dus onthou om die aanbidding
wat gegee is, te kanselleer.
•
Familie wapens kan baie interessante inligting weergee.
FAMILIE WAPENS EN ANDER OORGEëRFDE MATERIAAL
Buiten ons vanne, erf ons ook familie wapens. Die gebruik van
familie wapens kom uit die Middel Eeue, toe die ridders simbole op
hul wapenrusting aangebring het om hulself in die stryd te
identifiseer, sowel as gedurende die kruistogte. Hierdie simbole
is gebruik om ‘n karaktertrek van die draer daarvan uit te beeld.
By die ou Germaanse stamme, was dit gebruiklik dat die vader of leier van die
stam ‘n jong seun sou toerus met wapenrusting wanneer hy sy manlikheid
betree het, en dit het gewoonlik plaasgevind in sy laat tienerjare of vroeë
twintiger jare. Dit het gelei tot die ontwikkeling van familie wapens.Oorgeërfde
siektes is nog iets wat ons van ons voorgeslagte gekry het. Volgens die S.A.
Vereniging vir Oorgeërfde Toestande, word een uit elke 40 babas in Suid
Afrika gebore met een of ander soort oorgeërfde siekte. Spina Bifida, wat ‘n
oorgeërfde misvorming van die ruggraat is, is een van die mees algemene
oorgeërfde toestande. Een uit elke 500 tot 1000 babas in Suid Afrika ly aan
hierdie toestand, wat deur die interaksie van die ouer se genetiese materiaal
en sekere omgewings toestande veroorsaak word.
Vaiegate Porphyria, ook bekend as Suid Afrikaanse genetiese porfirie, is nog
‘n toestand wat deur die Dept. Van Gesondheid geklassifiseer is as ‘n
genetiese afwyking. Hierdie is ‘n baie algemene toestand in Suid Afrika.
Volgens navorsing wat deur Dr Geoffry Dean gedoen is, kan feitlik almal in
Suid Afrika wat aan Vaiegate Porphyria ly, teruggespoor word na ‘n Hollandse
paartjie wat in 1688 in die Kaap getroud is. Hulle het 8 kinders gehad, van wie
verskeie die siekte geërf het en dit ook na hul nageslag oorgedra het. Vandag
is daar tussen 10 000 en 20 000 mense in Suid Afrika wat hieraan ly.
(Hierdie inligting is verkry uit ‘n artikel, Familietrots deur die eeue, wat in die
Rapport Tydskrif van 22 September 1998 verskyn het).
153
154
•
Wanneer mense van slange droom; nl. Geel / swart
luislang – bid teen die oeroue slang – dit is lui, maar
baie giftig. Mense kan baie soort en kleure slange en
drake sien. Wees spesifiek wanneer jy bid en vra die
Heilige Gees om aan jou die betekenis van die kleure te
openbaar, bv. geel draak kan beteken geel gordel in
Karate.
•
Hipnotisme – sny die persoon los van die hipnotis, die musiek of klank.
•
“Curse Pins” - vra die Heilige Gees om dit te verbrand – verseël die
opening met die Bloed van Jesus – vra vir die Genesende Balsem van
Gilead om genesing te bring. Moet nooit met jou hande aan ‘n
vervloekte voorwerp raak nie. Bind die demone wat verbind is aan die
naalde. (Sien Beraders Inligting Handboek vir meer inligting in verband
met hierdie naalde).
•
Nuwe Era – Sny los van kosmiese kragte – moeder aarde – die wiel
van die lewe. Kanselleer die wette van karma – skei die yin en yang
van mekaar. Kom te staan teen vals genesing – ontwortel die Kundalini.
(Sien Verloëningsgebed “Nuwe Era”)
•
Akupunktuur – tatoeërings – kom teen familiêre voorwerp (naald).
Bind demone wat daaraan verbind is, en verwyder. Sny die persoon los
van die praktiseerder daarvan. Vra die Here om al daardie poorte te
genees en toe te maak.
•
Mense word soms gedurende die nag verkrag. Hulle worstel in hul
huwelik – koud – Incubus (manlike demoon) of Succubus (vroulike
demoon).
Hulle vorm ‘n drie-eenheid tussen mensgees, dooie
mensgees en die demoon. Sny ongoddelike sielsbande van al drie
geeste. Kanselleer die drievoudige huweliks kontrak in die gees. Dit
vind soms plaas a.g.v. die sonde van bloedskande en perversie op die
bloedlyn. Sny ook die huweliks kontrak met Lucifer of die harige bok
figuur (Baphomet). Indien dit skubbe het (Leviatan – reptiel) – sny los
van die dier satan self.
Onthou altyd die hekwag!
(Sien
Verloëningsgebed “Lilith”)
•
Naelstring om die nek. Onthou die gees van die dood.
•
Verslawing – pornografie – Bind die demoon aangestel oor die oë en
ontslaan hom. Dwelms – mond, neus; seksuele liggaamsdele – bind
die demoon oor daardie dele.
•
Kinderloosheid – Ontsluit die moeder se baarmoeder. God het aan
ons sleutels gegee – ontslaan die hekwag oor die baarmoeder.
Verbreek die vloek van onvrugbaarheid.
155
•
Soutverbonde – Verbreek soutverbonde wanneer jy ‘n maaltyd saam
met enigiemand gehad het. Die vyand sien ‘n maaltyd saam met jou as
die reg om ‘n verbond met jou te vorm.
(Sien inligting in
Verloëningsgebede –Algemeen).
•
Verbreek die seël van die baba doop – Babilon, watergeeste, son
aanbidding. (Sien Babiloniese Wortels in Verloëningsgebede –
Godsdienste).
•
Doop – pasop vir snaakse metodes, bv. naakte doop.
•
Aanraak van dooie liggame – sny los van dooie mensgees, enige
familiêre geeste – enige oordraging – reinig jouself, nl. Siekte, dood,
depressie, ens.
•
Baie bloeding in die familie (tydens geboorte, bloeiers, neusbloedings,
misgeboortes, ens.) kan wees a.g.v. ‘n demoon in die bloedlyn wat
bloed offers vereis. Sy reg om dit te eis kan wees a.g.v. moord, aborsie,
onskuldige bloedvergieting gedurende oorloë, selfmoord,
bloedverbonde, ens.
•
Bloed oortapping:
1. Lewe is in die bloed
2. Bloed moet verlos word
3. Alle onreinheid moet in die Naam van Jesus verwyder word
4. Bind enige demone wat gedurende bloedoortapping oorgedra kan
word.
•
Versiering van vertrek/kamer: bv. ‘dream catcher’:
- “vang” goeie drome
- Gelukbringer
- Filter slegte drome uit
- Amerikaans – Rooi Indiaanse magie
(Shamanisme)
•
Geboortemerke (groot en lelik) – soms merk die vyand
jou – bedek dit met die Bloed van Jesus. Verwyder alle geestelike
merke in Jesus Naam.
•
Seksmagie (Sien Verloëningsgebede – Oosters) – Jy sal drome
ondervind (seksueel). Bid oor die saad. Lilith – Bid Verloëningsgebed,
Verbreek sielsbande, ens.
156
•
Baie okkulte in die bloedlyn: Die persoon self het sterk psigiese kragte;
onthou om die “okkulte roeping” te kanselleer. (Net soos God ‘n roeping
het op iemand se lewe, so verkry satan wettige reg om ‘n plan/roeping
te plaas op iemand se lewe; die persoon word as ‘n medium gebruik).
Ÿ
Onthou: die berader moet ingelig word – daar moet navorsing gedoen
word.
NB: Seël altyd enige gebed af met die Bloed van Jesus om die voëls van
die lug te verhinder om die woorde te steel.
ALGEMENE VRUGTE
•
Ierse bloedlyn: Folklore, afgodsaanbidding,
Katolieke/Protestante, woede.
•
Franse: Franse revolusie, isolasie,
verlatenheid, hartseer, Katolieke/Protestante.
•
Duitsers: Hitler, haat, rebellie, geweld, woede. (Sien
Verloëningsgebed – Nazisme).
Ÿ
Hollanders: hoogmoed, rebellie, arrogansie,
watergeeste.
Ÿ
Afrikane: Egiptiese gode.
•
En nog baie meer.
SEKSUELE SONDES
Dit is nie nodig om alle detail, veral op die gebied van seksuele sondes van die
persoon, te kry nie. Waak teen wellus! Identifiseer die area van betrokkenheid
en kry die name van die spesifieke mense wie betrokke was sodat elke
seksuele kontak individueel bely kan word.
BINDINGE OOR DIE VERSTAND
•
Bepaal die passiwiteit van die persoon.
•
Mense wat ly onder depressie, selfmoord neigings, ens., het gewoonlik
‘n baie lui en passiewe verstand. Mense wat betrokke was in die
okkulte, is gewoond daaraan om hul denke te ledig, en dit bied aan
demone algehele beheer oor hul gedagtes en liggame.
157
•
Vir ‘n geslaagde bevryding, moet hierdie mense leer om weer beheer
oor hul gedagtes te verkry én ook om die demone na bevryding uit te
hou.
•
Oorreed die persoon om aktief met jou saam te werk wanneer die
demone weerstaan word – leer hom/haar om self oorlogvoering te doen!
SONDES WAT DIE TEMPEL VERONTREINIG
Sondes word een vir een gepleeg en sovér moontlik, moet dit een vir een bely
word – Jak. 5:16.
Soos die persoon sondes bely en die Here om vergifnis e n reiniging vra word
die wettige grondgebied van die vyand teruggeneem.
Beveel die demone, wat deur die spesifieke sondes binnegedring het, om uit
te kom – jy hoef nie altyd die name van die demone te noem of hulle een vir
een uit te dryf nie (Jesus en die besetene van Gadara).
WANNEER IS DIT NODIG OM SPESIFIEKE NAME VAN DEMONE TE KEN?
Wanneer familiêre geeste betrokke is, moet elkeen individueel gebind, bestraf
en by die naam verdryf / beveel word om te gaan. Moenie toelaat dat die
demoon manifesteer o f deur die persoon praat nie. Die persoon moet die
demoon beheer en beveel om te gaan. As die Here spesifieke name deurgee,
spreek hulle aan en beveel hulle om te gaan.
Die areas waarin bevryding plaasvind, volg op mekaar: gees, siel en liggaam nie demoon vir demoon nie!
NA DIE BLOEDLYN GEBED:
ALGEMENE SKOONMAAK
Nadat al die deure toegemaak is, doen ons 'n Algemene Skoonmaak van elke
area van die mens naamlik:
•
•
•
•
•
Gees: Sny af tussen siel en gees. 2 Kor. 7:1; I Thes. 5:23;
Mal. 2:16.
Verstand.
Wil.
Emosies.
Fisiese liggaam.
158
1. GEES
(demoniese seëls om wedergeboorte te voorkom – sien lering oor Demoniese
seëls in die “Verpletter elke Teenkanting” boek)
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus, vra ek dat U my sal vergewe waar ek
my gees op 'n sondige wyse gebruik het en ek vra dat U my gees volkome sal
reinig van enige demone wat nog teenwoordig is. Ek vra dat U my gees sal
verseël sodat niemand (behalwe U) dit ooit weer sal kan beheer nie. Ek
dankie U daarvoor in Jesus se Naam.
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus my Heer, beveel ek elke
demoon wat nog teenwoordig is of wat my gees teister, om my dadelik te
verlaat!
Nooit weer sal my gees deur satan óf deur demone gebruik word nie.
2. SEKSUELE ONREINHEID
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus vra ek U om my volkome te reinig van
die baie sondes wat ek tydens vele seksuele kontakte, gepleeg het. Ek erken
nou dat dit in U oë ‘n gruwel was en met berou bely ek daardie sondes.
Dankie vir U reiniging. [Probeer soveel moontlik name onthou en noem dit voor
die Here.]
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus, my Here, beveel ek elke
demoon wat deur die vele seksuele kontakte in my gekom het, om my nou te
verlaat!
3. SNY AF TUSSEN SIEL EN GEES
(astrale projeksie / vlieëry)
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus, vra ek dat U my vermoë om met die
geesteswêreld op enige wyse te kommunikeer, volkome sal verwyder, behalwe
dít wat van die Heilige Gees af kom.
Daarom vra ek U om nou ‘n ewige skeiding tussen my siel en my gees te bring
soos in Heb. 4:12, en om alle demone te verwyder wat aan my die vermoë
skenk om my gees te beheer en met die geesteswêreld te kommunikeer.
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus beveel ek alle demone wat
my siel en my gees verbind en wat my in staat stel om met die geesteswêreld
te kommunikeer en astraal te projekteer, om my onmiddellik te verlaat!
159
4. VERSTAND
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus Christus vra ek U om my verstand
volkome te reinig, te genees en te hernieu. Ek vra om vergifnis vir elke keer
wat ek doelbewus beheer van my verstand oorgegee het. Ek wil my verstand
gebruik om u te dien en te eer. Help my asseblief om weer beheer oor my
verstand te kry. In Jesus se Naam, dank ek U daarvoor.
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus, beveel ek elke demoon wat
nog in my verstand is of wat my verstand teister, om my dadelik te verlaat!
5. WIL
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus Christus, vra ek dat U my sal vergewe
waar ek my wil gebruik het om aan so baie sondes deel te neem. Ek vra ook
dat U my sal vergewe waar ek toegelaat het dat my wil so passief geraak het
dat demone my beheer het.
Reinig asseblief my wil en stuur U Heilige Gees om in my wil te werk om my te
help om U wil na U welbehae te doen. (Fil. 2:13)
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus, beveel ek elke demoon in my
wil, of wat my wil teister, om my dadelik te verlaat!
6. EMOSIES
GEBED: Vader, in die Naam van Jesus, vra ek U om my te vergewe vir al my
haat en bitterheid en wellus en elke ander sondige emosie. Vergewe my
assebief waar ek net gelewe het om my eie emosies te bevredig. Reinig
asseblief my emosies en genees hulle, sodat hulle U kan behaag.
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus, beveel ek elke demoon in my
emosies óf wat my emosies teister, om my dadelik te verlaat!
7. FISIESE LIGGAAM
GEBED: Hemelse Vader, ek bely met 'n opregte en nederige hart al die
goddelose dinge wat ek met my liggaam gedoen het en hoe ek teen U
gesondig het.
In die Naam van Jesus vra ek U om my liggaam volkome te reinig en te
genees. Here, help my asseblief om my fisiese liggaam te gebruik om U te eer
en te verheerlik in alles wat ek doen. In Jesus se Naam, sê ek dankie.
VERLOëNING: In die Naam van Jesus Christus, beveel ek elke demoon wat
nog in my fisiese liggaam is om my dadelik te verlaat!
HIERDIE STAPPE WERK SOOS ‘N “BESEM” OM ENIGE OORBLYWENDE
DEMONE IN DIE VERSKILLENDE AREAS VAN DIE MENS: GEES, SIEL EN
LIGGAAM, UIT TE VEE.
160
AFSLUITING NA BEVRYDING
(Vir die Berader)
Hemelse Vader,
Dankie vir die werk wat vandag hier gedoen is. Ons bid teen enige sweepslag,
terugslag en oordeel van die vyand, in Jesus Naam.
Ons vra Here, dat U enige ongoddelike sielsbande wat in die gees kon gevorm
het a.g.v. die bevryding wat plaasgevind het, ook enige oordraging wat kon
plaas vind tussen hul gees, siel en liggaam na my gees, siel en liggaam, sal
sny. Ons plant die Kruis van Jesus Christus tussen myself en die persoon wat
beraad is. Dankie dat geen oordraging sal plaasvind nie. Ons neem nou
omvattende versekering uit oor ons gesinne, verhoudings en besittings.
Ons vra dat U hierdie eiendom met die bloed van Jesus Christus van Nasaret
sal reining en skoonmaak en hierdie vertrek met U Heilige Vuur,sal aanraak
sodat geen demoon homself aan enige voorwerp sal kan anker nie. Ek vra dat
alle menslike en gestorwe mensgeeste deur U engele na die voetbank van
Jesus Christus verwyder sal word. Ek vra dat alle besoedeling verwyder sal
word en met U besem van vernietiging, in Jesus Naam, weggevee sal word.
Vader, ons vra dat U daardie waghond en merker demone ook sal verwyder –
hulle wat deur die koninkryk van duisternis aangestel is om hierdie eiendom in
die gees af te merk vir ‘n teenaanval deur astrale projeksie – plaas dit onder
die voete van Jesus Christus.
Ons wil ook die Heerskappy van Jesus Christus van Nasaret oor hierdie plek
verklaar en dat alle openinge met U Bloed geseël word. (Openinge: Telefoon,
faks, rekenaar, water, riool, elektrisiteit).
AMEN!!
Let wel: Onthou om voor die Here te gaan en jouself te stort met die Water
van die Woord en lofprysing en aanbidding te doen om sodoende weer jouself
te vul.
161
Verloëningsgebede:
Baie meer detail is uitgewerk vir elke individuele gebed. Ons stel voor dat jy
die persoon deur daardie spesifieke gebede neem wat jy volgens die lys wat
hy/sy voltooi het, geïdentifiseer het nadat die Sielesorg Skool voltooi is.
Sien ook asseblief Verloëningsgebede: nodig vir bevryding:
Algemeen – Verklaring – God se beskerming, Wenke vir Bevryding, Afseëlings
gebed; Uitvoerende Kunste en Sport; Vertraagde Huweliks-verwante Vloeke en
verbonde; Algemeen, Persoonlike en Familie vloeke en demoniese Verbonde;
Verbonds name, Herinneringe; Ongoddelike Sielsbande; Territoriale geeste,
Gevaarlike gebede; sataniese altare (tempels) / hoë plekke van jou Stad / omgewing;
watergeeste van jou stad – marine altare; sataniese agente van jou stad / omgewing;
sataniese poorte van jou stad / omgewing; ontkoppeling en verlossing van fisiese
eiendomme.
Oosters – Joga, reinkarnasie, meditasie, karate, ninjutsu, taijutsu, seksmagie, ens.
Geheime organisasies – Vrymesselary, Ossewa Brandwag, Nazisme, Afrikaner
Broederbond.
Antieke wortels – Germaanse wortels, anti-Semitisme, Nazisme, Egiptiese gode en
Geskiedenis, Khoi, Jesebel, Sterretekens en astrologie, Shamanisme, Kaballah en
geskiedenis, satanisme, slawerny, Lilith.
Godsdienste – Mormone, Jehova’s, Zoroasterisme, Ou/Nuwe Apostolies, Babiloniese
wortels van Konstantyn, Scientology, Rosekruisers, World Wide Church of God (ou
orde), Hindoeisme, Islam, Hare Krishna, Boeddhisme, Nuwe Era, Rastafariërs,
Babiloniese wortels.
Ook verkrygbaar, is die lering van Die Vier Elemente.
ALGEMENE PROBLEME WAT ONDERVIND WORD NA BEVRYDING
1.
VREES DAT DIE DEMONE TERUGGEKOM HET
Hierdie is die mees algemene probleem. Demone kan slegs op twee wyses
terugkeer:
a) Doelbewuste sondes - (bitterheid en onvergewensgesindheid ingesluit).
b) As die persoon demone vra om terug te kom.
ONTHOU: Demone kan dieselfde fisiese simptome van buite af veroorsaak as
wat hulle binnekant veroorsaak het.
Fisiese simptome of gedagtes is egter nie noodwendig 'n bewys dat die
demone terug is nie.
Die persoon moet in geloof vasstaan en glo dat hulle weg is. Pasop vir
gevoelens!
162
2.
EISE VIR EMOSIONELE BELONING
Ons wandel in GELOOF met die Here. Ons moet leer om te gehoorsaam
ongeag hoe ons voel. Demone gee emosionele beloning om die persoon aan
hulle te bind. Mense wat vir ‘n lang tyd demonies beset was, raak verslaaf aan
die emosionele beloning wat die demone gee. Mense "voel" nie lus om hulle
Bybel te lees of om te bid nie. Selfdissipline is nodig om in gehoorsaamheid
en in geloof in God te wandel sonder enige emosionele beloning wat ons
begeer.
3.
PASSIEWE VERSTAND
Die verstand is soos 'n spier – as jy hom nie gebruik nie, word
hy swak en hulpeloos. Dit is baie moeilik om die verstand weer
"ge-oefen" te kry. Memorisering van skrif (asook die leer van
tafels!) is die beste manier om 'n passiewe verstand te herbou.
Die mens is basies lui en dit vereis verstandelike dissipline om
getalle te maal, te deel, te plus, af te trek – ‘n sakrekenaar is mos
baie makliker!
4.
ONWILLIGHEID OM DIE DEMONIESE AANSLAE WAT DEEL IS VAN
DIE "MAAI"-TYDPERK, TE WEERSTAAN.
Jesus het gesê dat 'n demoon, nadat dit uitgedryf is, hy sewe ander sterker as
hy, gaan haal en probeer om weer in te kom (Luk. 11: 24-26). Die geveg ná
die bevryding, is dus sewe keer feller!
Baie mense is onwillig om enigsins ongemak te verduur. Hulle eis dat hulle
probleme dadelik afgehandel word. Gal. 6: 7-8 leer vir ons dat ons sal maai
wat ons gesaai het.
Demoniese ‘marteling’ wanneer die demone probeer terugkeer, is deel van die
maaiproses.
Fisiese simptome is algemeen, bv. 'n geraas in die ore.
Mense moet geleer word om vas te staan en nie vir oorlog
moeg te word nie. Tot 'n duisend keer per dag (indien
nodig!) moet die demone bestraf word.
Demone word nooit moeg vir herhaling nie. Die persoon moet
demone bestraf en dadelik op die Woord konsentreer (jou skrif vir die
dag) en die demone ignoreer.
Gedagtes van "jy is nie bevry nie - die demone is nog steeds binne" is
algemeen.
163
5.
DISSIPLINE VAN DIE VLEES / SONDIGE NATUUR
Mense moet leer om sonde uit hulle lewens te verban. Kennis van die Woord
om te weet wat God vereis, is uiters belangrik.
Gebed, Bybelstudie, vas, ens. sal help om die vlees te kruisig.
WAAROM ONTVANG SOMMIGE MENSE NIE BEVRYDING NIE?
1. Die mees algemene rede: hulle bely nie. Bevryding is vir die desperate
persoon. Jy moet iets doen om te bewys dat jy ernstig en opreg is; jy
moet die duiwel haat.
2. Daar word nie met die okkulte gebreek nie (Sien 1 Kon. 18:21).
3. Hulle moet ontslae raak van kontak voorwerpe: ‘n vervloekte voorwerp in
jou huis wat jou vervloek! Vervloekte voorwerpe in jou huis is ‘n struikelblok
na voorspoed. (Deut. 7:25 – 26)
4. Hulle vergewe nie. Vergifnis is ‘n wilsbesluit en het niks met gevoelens te
doen nie. Hoe meer deeglik die vergifnis, hoe deegliker is die bevryding.
Miskien benodig jy ‘n getuie tot vergifnis. Vergifnis behels dat die ander
persoon vrygelaat word.
5. Verkeerde motiewe: (Jak. 4:3) – Jou motief moet wees om bevry te word
sodat die Here gedien kan word – nie slegs om ontslae te raak van al die
probleme nie!
6. Sommige mense wil nie werklik bevry word nie. Hulle geniet die aandag.
7. Gebrek aan desperaatheid. Die duiwel moet met aggressie uitgeskop
word.
8. Teologiese wanopvattings. (bv. dat christene nie demone kan hê nie).
9. Sommige mense is oorlogsgebiede – daar bestaan ‘n groot worsteling
tussen die magte van LIG en DUISTERNIS. Sulke gevalle benodig
geestelike oorlogvoering om hulle te bevry. Laat die Here jou hul
agtergrond wys.
HOE WORD MENSE BEVRY – TOESTANDE NODIG VIR BEVRYDING
1. Maak Jesus die HERE oor ELKE GEBIED van jou lewe (Mat. 12:43-45). Jy
moet begeer om op elke gebied van jou lewe aan Jesus Christus
onderworpe te wees.
2. Trek die kleed van lofprysing aan (Jes. 61:3) en daarby ...
3. Trek die volle wapenrusting van God aan (Efes. 6) en beklee jouself met
die LIEFDE van Christus (Gal. 3:27; Rom. 13:14).
164
4. Leef elke dag volgens God se WOORD (Mat. 4:3).
5. Onderwerp jou aan God en weerstaan die duiwel, dan sal hy van jou af
wegvlug. (Jak. 4). Let op na die prioriteit. Die duiwel sal beslis probeer
om terug te kom – jy moet hom WEERSTAAN.
6. Kweek die regte gemeenskap. Vermy dit om met ongelowiges te
assosieër, veral godsdienstige ongelowiges. Wandel in die lig. (1 Joh.
1:7). Onthou die Bloed van Jesus reinig nie in die duisternis nie.
Luister na die regte mense. Moenie na ongelowige christene luister nie –
moenie soos hulle praat nie.
7. Kom onder dissipline. (Self dissipline; vrou moet man gehoorsaam; kerk
dissipline – Heb. 3:7; 17).
8. Sorg dat Jesus die sentrale plek van jou lewe inneem – Jesus is die Alfa en
Omega. (Joh. 12:31-32). Wanneer satan uitgewerp word, is daar ‘n
vakuum. Vul dit met Jesus. Fokus op Jesus, moenie demoom bewus
wees nie.
9. Sien Jesus voortdurend as jou Verlosser en Bevryder!
'n LAASTE WOORD AAN DIE BERADER
Liewe Berader,
Een ding moet jy altyd onthou: Hierdie is 'n LIEFDESBEDIENING.
Jy werk met die kroon van God se skepping. Elke keer as jy bid, vra die Here
om jou hart met Sy Goddelike LIEFDE, INSIG en MEEGEVOEL vir Sy mense
wat so seer en stukkend is, te besny.
Moet nooit 'n ‘resep’ of metode gebruik nie. Elke mens is uniek en baie
spesiaal.
Sag. 4:6 Nie deur krag of deur geweld, maar deur My Gees so spreek die
Heer.
Dankie dat jy ook aangemeld het by God se Weermag om die Bruid van Jesus
Christus te help om gereinig te word deur die kennis van Sy Woord!
Baie liefde en sterkte
Amanda.
165
Lesing 17
PRAKTIESE
VOORSTELLE VIR
SPESIFIEKE GEVALLE
166
17. PRAKTIESE VOORSTELLE VIR SPESIFIEKE GEVALLE
Wanneer sataniste beraad word, moet jy ‘n paar dinge onthou:
•
•
•
Dit is ‘n gespesialiseerde veld.
Daar is geen kits oplossings nie. Jy het te doen met dinge soos
vloeknaalde (curse pins), SRM (sataniese rituele misbruik), saai en
maai, ens.
Die okkultiese roeping kom deur die sterkmanne wat op die familie
bloedlyn aanbid is. Demone ontvang krag om te regeer wanneer hulle
aanbid word. Die aanbidding van demone moet dus gekanselleer word.
WAARSKUWING: Indien die kliënt vryelik ongevraagde inligting ongevraagde
inligting orangeade hul aktiwiteite in Satanism gee, moet jy op jou hoede
wees!!
‘n Persoon wat werklik van Satanisme wil vrykom, sal met sy lewe daarvoor
moet veg en sal teen doods dreigemente, demoniese verkragting, verkragting
deur mensgeeste, geweldige teistering, ens. beskerm moet word.
Diegene wat vir die vernietiging van die Kerk ingestuur word, werk op die
geestelike beginsel dat i ndien een demoon uitgedryf word, dit later sal
terugkeer met 7 demone, baie erger as die vorige.
Mat. 12:44-45 – “44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek
uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
45
Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom
saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word
erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.”
Dit is die rede waarom die Woord ons leer om nie net demone uit te dryf
sonder om éérs mense te onderrig en al die deure toe te maak nie. Só word
voorkom dat die bogenoemde Skrif in werking tree. Beraadaers moet aan die
Here verantwoording doen vir elke sessie van bevryding.
YIN EN YANG
(die eenheid van die teenoorgesteldes)
Bv.
positief
man
goed
:
:
:
negatief
vrou
sleg
Die Yin & Yang het sy oorsprong uit die ou C hinese Taoistiese godsdiens. Die
doel is om mistieke harmonie met die heelal te verkry.
1.
2.
3.
Valse eenheid - Breek die Yin en die Yang uitmekaar.
Isoleer die demoniese magte van mekaar.
Vernietig die energiemagte van die teenoorgesteldes.
167
MANIFESTASIES
•
•
•
•
•
•
Godin aanbidding
Demone van wellus
Seksuele slawerny.
Wisselende buie.
Skisofrenie - gesplete persoonlikheid en veelvoudige persoonlikhede.
Siektes: rugpyn, pyn in bene dwarsdeur die liggaam.
ENERGIEVLAKKE
(lees ‘The Beautiful Side of Evil’ deur Joanna Michaelson)
Die Nuwe Era leer dat daar sewe vlakke (met 7 kleure van die reënboog) in
die geestes dimensie bestaan wat deur meditasie, astrale projeksie,
verstandsbeheer (mind control), visualisasie, vals visuele drome, ens. Bereik
kan word.
Toegang tot die geestes dimensie word normaalweg verkry deur 'n
deuropening (“gateway”/“doorway”), gewoonlik die derde oog. Die Derde Oog
bied die vermoë om geeste te kan sien/kontak. Hierdie vermoë is ook bekend
as "psigiese vermoëns". New Age noem dit "centering".
Spieëls, kerse, simbole, blommotiewe, mantra (vinnige herhaling van woorde),
ens. word gebruik as konsentrasie punte.
Deur kanale te gebruik beweeg hulle na die verskillende vlakke van die
geestes-dimensie. Dit verbind hulle aan:
•
•
•
Kosmiese kragte (demone).
Vibrasies van die heelal (sluit in kragte in wat vanaf planete, sterre,
aarde, maan, en die son af kom).
Vibrasies van Moeder Aarde (Semiramis) (sluit in magnetiese kragte,
plantlewe, diere, water, vuur, wind, aarde).
Die basiese proses van kanalisering (“channeling”) sluit hipnose, selfhipnose
en meditasie in. Hierdie magte moet van mekaar geïsoleer word.
Hierdie drie magte vorm 'n verbinding om "energie" (psigiese krag/‘mind
power‘) vry te stel en deur visualisering kom daar 'n eenheid tussen die
latente krag van die siel en die geestelike gids/("spirit guide"/“power
demon”).
Hulle konnekteer weer met die "gawe" van astrale projeksie, 'n demoon, wat
die mens se gees in staat stel om sy liggaam deur die opening (gateway /
doorway) te verlaat. Die persoon kan bogenoemde stappe toepas, of die
"gawes" om in die geesdimensie te beweeg oorerf, bv. wanneer iemand met
die helm gebore is.
168
Kontak word nou gemaak. Hier ontvang hulle spesiale openbaringe, wysheid
en kennis. Geestelike wesens, entiteite, "spirit guides", "guardian spirits" en
mens geeste (human spirits) word op hierdie vlakke ontmoet.
Sielsverbintenisse word gevorm. Hierdie ontmoetings kan tot seksuele kontak
op geestelike vlakke lei. (incubus - manlik; succubus - vroulik).
NB:
SIELSBANDE MOET GESNY WORD
Hierdie kontak met die geestes-dimensie maak ‘n deur na die onderbewussyn
van die persoon oop wat hom dan in sy slaap willoos kan beheer. Dit kan ook
oorgeërf word.
NB:
Sny die persoon van sy/haar bewuste verstand los asook van die semibewussyn en onderbewussyn (drome).
Sny die persoon los van die spesifieke vlakke wat bereik is. Elke vlak bepaal
die gawes en vlak van geestelikheid sowel as die goddelike wysheid wat
ontvang is. Gee gawes aan satan terug.(Lees The Prophet van Frank
Peretti). Daar is ook sekere gode op die verskillende vlakke aangestel.
NB: ‘n Huweliks kontrak word met hierdie demoon gesluit.
Die vlakke is in 'n piramiedevorm:
Indiese gode aangestel
oor spesifieke vlakke:
Kali, Shiva,
Hanuman (aap),
Ganesh (olifant), ens.
Vrymesselary, satanisme, ens.
NUWE ERA TERMINOLOGIE
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Energie
Vibrasies
Elektromagnetiese vibrasies
“The Force”
Hoër Kragte
Entiteit
Innerlike mens
“Counsellor”
“Alpha or Theta ” vlak - Silva Verstands beheer
Hoër graad van bewustheid
169
DIE WETTE VAN KARMA
(oorsaak en gevolge)
Dit werk soos 'n baie kragtige gelofte waaraan jy jouself onderwerp. Elke
gedagte, optrede én woord het ‘n gevolg. Omdat die gevolge hiervan nie alles
in een leeftyd beleef kan word nie, moet die persoon dus herhaaldelik
reïnkarneer wordom die uitwerking van sy optredes in sy vorige lewens uit te
leef.
Dit word 'n nimmer eindigende proses waaraan jy nie kan ontsnap nie (Die
Wiel van die Lewe).
In karma is daar geen vergif nis nie. ‘n Mens sal vir sy dade betaal. Sonde
word ook nie erken nie. Brahman sluit alles in - goed en kwaad. Hulle glo dat
joga jou d.m.v. meditasie kan help om te ontsnap. (‘n Toestand van
verstandeloosheid!).
MEDITASIE
Psigiese gawes, naamlik: verstandsbeheer, telepatie,
telekinesis, pirokinese (om goed aan die brand te laat
slaan), ens.kom tot stand deur meditasie.
Deur die vinnige herhaling van woorde óf klanke (mantra)
of deur 'n spesifieke frase (“Onse Vader” word soms
gebruik!) óf deur 'n sin agteruit op te sê,
(Towerspreuk/ “incantation”) word 'n toestand van ’n
geestes verrukking bereik (trance). Terselfdertyd word die verstand uitgedoof.
Die woorde wat gebesig word, is nie van belang nie. Die betowering lê in die
herhaling daarvan. Dit word ook in Rock-musiek gebruik.
Die siel word versprei en verbintenisse word met kosmiese kragte (demone)
gevorm.
In heksery (meditasie sirkels), kan die persoon in hierdie toestand die krag
van hierdie magte (eintlik demone) teen iemand anders gebruik. Dit
veroorsaak siektes, koors, duiseligheid, erge hoofpyne, moegheid, tamheid,
ens.
Meditasie word bereik deur sekere kontakte en wenke wat ook in hipnose
gebruik word. Dit kan die volgende insluit: reuk, kleur, spesiale bandjies, 'n
woord, wierrook, prente, kerse, joga posisie, nommer/getal, blommotief, ens.
Hulle is almal so gerangskik om konsentrasie te verhoog. Meditasie kom ook
in verstandsbeheer tegnieke voor, bv. In sekere kursusse, TM (Transendentale
Meditasie), SMC (Silva Mind control), ens.
170
VERBREEK DIE KOPPELING TUSSEN:
1. Die demoon van meditasie (demoon wat ingekom het tydens
meditasie).
2. Deur ‘n familiêre voorwerp gebruik ( ditkan 'n prentjie in jou
gedagtes wees - visualisering).
3. Die demoon van fantasie en verbeelding.
4. Die bewussyn, semi-bewussyn, onderbewussyn.
(Sataniste word gekoppel aan die maan - veral volmaan is ’n familiêre
voorwerp)
NB: Die verslawing aan die afgod van meditasie (mag en plesier) mag en
plesier moet verb reek word.
Meditasie is 'n metode om van pyn en die werklikheid te ontvlug.
Dit plaas mense in 'n demoniese beswyming soortgelyk aan dié van dwelms,
kokaïne, of ander soortgelyke middels.
Meditasie is, as gevolg van die plesier wat dit verskaf, hoogs verslawend. Krag
word aan die gebruiker daarvan, beskikbaar gestel. Net soos die dwelmverslaafde, sal die persoon na meditasie hunker omdat hy vleeslike genot
daaruit put.
Daar kan 'n spesifieke plek in die gees wees waar so ‘n persoon heen kan
ontvlug. Sy siel kan hy, deur tegnieke van visualisasie te gebruik, gevange
hou. Daarmee saam kan hy vir hom ‘n plek, deur fantasering, skep. ‘n Plek van
veiligheid word deur die Nuwe Era (met sinsbeheer) voorsien.
Só ‘n plek van ontvlugting (óf ‘n gewoonte patroon) kan die Here se kinders
beoefen wanneer hulle van hul frustrasies ontslae wil raak. In plaas daarvan
om hul toevlug na die Here te neem, sal hulle makietie gaan hou deur
byvoorbeeld hul geld op dinge wat hul vlees bevredig, te spandeer.
171
OPSOMMING
1. Prinsdemoon oor alle Oosterse godsdienste - Boeddha - (Baal songod). Sny die persoon los en verbreek die mag van Boeddha oor
die persoon.
2. Eva met slang vy die boom van kennis tussen goed en
kwaad. (Oeroue Slang):
• Moses met die slang op die paal vir genesing - Satan
is 'n nabootser;
• In Efese is die slang aanbid - god van valse genesing
(Askleopious) (Joga - kundaline).
3. Die kosmiese kragte, vibrasies van die heelal (planete, sterre, aarde,
maan) en moeder Aarde - (Semiramis), moet van die persoon losgesny
word en die skakel moet gebreek word. Hy moet sy genesing uit ’n
ander bron van energie kry.
4. Die wette van Karma moet oor die persoon gebreek word. Die vloek
van die dood en die vrees vir pyniging/marteling/straf, moet verb reek
word. Die persoon moet ook van die Wiel van die Lewe (Wheel of life)
los gesny word. Simptome: Veroordeling, anoreksie, selfpyniging,
selfvernietiging/ verminking, martelaar, erge depressie, wanhoop,
rugpyn, pyne in skelet, erge hoofpyne, bindinge oor verstand,
hulpeloosheid, erge skuldgevoelens.
5. Breek die Yin en Yang, die valse eenheid, uitmekaar. Isoleer die
demoniese magte van mekaar. Vernietig die energiemagte van die
teenoorgesteldes. Akupunktuur, homeopatie, refleksologie, ens. werk
ook op hierdie beginsel, nl. balans met die kosmiese kragte en 'n
eenwording met die heelal; Meridians - onsigbare kanale wat energie
deur die liggaam dra. Akupunktuur - naalde ingedruk in meridians om
energie in- of uit te tap! (Energie – “CHI” / lewens energie). Salf plekke
en maak openi nge toe waar demone gepenetreer het - (poorte).
Familiêre voorwerp - naald. Sny sielsverbintenis met die praktiseerder
van alternatiewe medikasie af. Die naam van die persoon moet spesifiek
genoem word. Bioritme word aan die siklusse van die maan gekoppel.
Sny persoon van Semiramis – “Queen of Heaven”, los.
6. MEDITASIE - Kursusse oor verstandsbeheer tegnieke,
ontspanningstegnieke, ens., word hierby ingesluit. Sny die persoon los
van kosmiese kragte, vibrasies van heelal en aanbidding van moeder
Aarde. Magte, hipnose, self-hipnose, en meditasie moet van mekaar
geïsoleer word. Die skakel wat met die bekende voorwerp (familiar
object) gebruik word, moet gebreek word. Só ook die demoon van
fantasie en verbeelding. Die skakels tussen die bewussyn, semibewussyn en onder-bewussyn, moet ook gebreek word.
172
7. HIPNOSE - Die beheer van hipnotiseur oor die persoon, moet verb reek
word. Die sielsverbintenis met hypnotize moet gesny word. Die mag van
die kontakpunt wat gebruik is (woord, klank, musiek, stemfrekwensie,
ens.) moet verb reek word. Beveel elke demoon wat binnegedring het,
om die persoon te verlaat. Sny enigiets af wat kon plaasgevind het
tewyl persoon onder hipnose was. Sny bewussyn, semi-bewussyn en
onderbewussyn los. Bid vir genesing van die trauma en skok wat
moontlik sonder die beskerming van die Heilige Gees ge-open-air is.
8. Onthou om altyd die derde oog toe te maak en om die psigiese kragte
te verbreek nadat persoon bereid is om dit prys te gee en aan satan
terug te gee!
9. KANALISERING - Hipnose, selfhipnose, meditasie, fantasie en
verbeelding (visualisasie), en astrale projeksie moet geïsoleer word.
Sielsverbintenisse met enige beraders, geestesleiers, mensgeeste, ens.
wat in die geestes dimensie op die sewe vlakke ontmoet is, moet
afgesny word. Daar kan ‘n geestes lyer (spirit guide) op elke vlak wees.
Dit sal van die mate van betokened, oefening en gawes afhang. Maak
die deure / poorte toe. Bewussyn, semi- en onderbewussyn moet
losgesny word.
10. Die siel is moontlik oor al sewe die vlakke versprei. Die siel word in die
Naam van Jesus van die sewende, sesde, vyfde ... tot by die eerste vlak
terug geroep. Die siel kan ook met die sewe kleure op die sewe vlakke
tydens ontspanningstegnieke versprei wees.
173
KANALE VIR MANIFESTASIES VAN HELDERSIENDHEID
Helders
iende
(Met
die
helm
gebore
Waarsêer
(Familiêre
gees)
Fortuinvertellery
Medium
Spiritualis
Wit (“goeie”)
hekse
Bose hekse
(sataniste)
Voorge
voel
Telepatie
Lees van
teekoppie
én van
Handpalm l
Towenaars
goëlaars
Kristalle, ens.
(Geen
familiêre
voorwerp)
Woord van
kennis, ens.
Heldersieners,
sieners, sangomas,
toordokters,
tradisionele
kruiedokters,
homeopate,
meditasie d.m.v.
joga, psigiese
geneeshere.
Swart magie
Voedoe
Towenaars
“Alchemists”
Gebruik bose
geeste en
verstandsbeheer
4 Elemente
Gebruik wit magie:
poeiers, muti,
toorgoed, kristalbal,
kaarte, water, en
verskeie ander
metodes, ens.
1.
SPIRITISME (GLASIE-GLASIE, SEANCES, OUIJA-BORD SPEEL)
Bely dat hulle die vyand as rangier gekonsulteer het. Betrokkenheid by die
spesifieke praktyk moet bely en verloën word. Hulle moet die rug op satan
draai.
Verbreek sielsbande met die medium / forteinverteller / waarsêer (noem naam
van persoon).
Verbreek ook alle skakels van die verstand / psigiese verbindinge en
sielsbande met almal wat in die groep betrokke was. Om ‘n eenheid te vorm,
hou hulle hul hande vas. Hul hande word ook op die glasie geplaas. Indien
moontlik, moet die name van geeste wat opgeroep is, verkry word. Die
sielsband tussen elke gees moet afgesny word.
Geloof in demone moet bely word al het hulle dit as onsin afgemaak. Verbreek
die vloeke wat uitgespreek is.
Alle familiêre geeste, geestesleiers, beskerm-engele, ens. Moet gebind, bestraf
en verdryf word.
174
2.
TOORDOKTERS, TOWER VOORWERPE (TOORGOED),
WAARSêERS, FORTEINVERTELLERS, PSIGIESE LYNE,
(Telefoondrade) ENS. (Sielsbande - manipulasie en psigiese
kragte)
Konsultasie met die vyand moet bely word. Sielsverbintenis met die
toordokter/waarsêer, ens. moet afgesny word.
Bely dat jy die woorde wat hulle gesê het, geglo het - al was
ligsinnig daaroor. Vloeke moet gebreek en kragteloos
gestel word.
jy
Alle familiêre voorwerpe wat gebruik was, bv. dolosse,
“heilige water”, poeier in vuur, armbande, krale, foto’s,
sigarette, ens., moet in die geestes dimensie
gekanselleer word. Alle praktyke , bv. sakdoek knoop,
sout / as strooi, kerse aansteek, spieëls, ens. Wat
uitgevoer is moet eers bely word en dan in die
geesdimensie gekanselleer / ontbind word. Draai
die vloeke in seëninge om, blaas bv. die kerse dood.
Deur enige muti te drink, óf die muti aan te wend óf te besprinkel, ens. gee
aan demone wettige reg en werk soos spoorelemente in die gees (liefdes
brousels /druppels, ens.). Bely betrokkenheid en kanselleer die krag van die
muti (ook as dit aan iemand anders gedoen is, bv. man om huwelik te red).
Bind, bestraf en verdryf alle bose geeste wat aan die persoon toegeskryf is.
Toorgoed wat geplant is, moet, as die plek bekend is, operate word. Kyk by die
vier hoeke van die eiendom en by die ingange.
ONTHOU: MOENIE MET DIE HANDE DAARAAN RAAK NIE! Kragte kan
oorgedra word.
Deut. 7:25 – 26 – “25 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur
verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou
neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie ; want dit is vir die HERE jou
God ’n gruwel.
26
En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder
die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel
en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.”
Die magte / vloeke moet eers KRAGTELOOS gestel word. Daarná kan dit
verbrand/vernietig word.
Gebruik Nagmaal as die Here so lei en doen verlossing /
bevryding.
Kanselleer enige handoplegging / handvashou / kontak - geeste kan oorgedra
word! Bind, bestraf en beveel geeste om te gaan.
175
3. PSIGIESE VAMPIERE
Tydens die bevryding van mense wat met krag demone besmet is - mense by
karate, joga, meditasie, vals genesing, ens. Betrokke is, gebeur dit dat hierdie
demone jou gees sal aanval (oorlogvoering) en jy dan 'n dreinering /
moegheid / vaak of selfs hoofpyne, drukking voor, tydens of na die
berading, ervaar. Onthou om altyd die vertrek af te seël om kontak of
versterking van buite te vermy.
Vra die persoon om selfdaardie demone te bind sodat hulle nie sal manifesteer
en jou uitput nie. Die persoon moet saamwerk - baie keer is die persoon nie
eens bewus van hierdie geveg nie.
Onthou ook: alle onderskeiding in die geestes dimensie is uitputtend. Na 'n
berading en bevrydingsessie kan dit voel asof 'n trein jou getrap het! Onthou, jy
is in ‘n oorlog betrokke!
4.
SKOKSITUASIES EN TRAUMATIESE ERVARINGS
Die persoon kan nie konsentreer, onthou, óf leer nie. Daar is ‘n binding oor sy
verstand.
Verbreek die skok en verdryf enige demoon wat tydens hierdie ervaring
binnegedring het. So iemand is vasgevang in die verlede - dit kan 'n afgod
word - selfbejammering speel 'n groot rol. Die emosies is aan die gebeurtenis
verbind. Ps. 105: 17, 18.
SKOKTERAPIE
Die herinneringe en pyn word bloot onderdruk – die persoon kan dit nie langer
onthou nie.
Die persoon moet…
…gewillig wees om met die wortels van die traumatiese ervaring te handel.
…sy/haar wil onder die Heerskappy van Jesus Christus plaas.
…volkome onder die Bloed van Jesus wees vir die beskerming dvan die
Heilige Gees.
…belydenis doen dat die toestemming tot skokterapie gegee is en dat beskou
word as ‘n oplossing vir die probleem.
Die berader neem outoriteit oor die blokkasie in bewussyn, semi- en
onderbewussyn wat deur die skokterapie veroorsaak is. Vra die Heilige Gees
om stap vir stap terug te gaan en innerlike genesing te doen.
176
ALGEMEEN
Aanvalle deur mensgeeste (“human spirits”). Ons het nie die outoriteit oor
mensgeeste nie en hulle kan hulle nie gebind word soos bose geeste nie. Jy
moet die HERE vra om hulle te verwyder. Bring aan hulle die Evangelie onthou dit is 'n siel!
IUD apparate (Copper T, multi-load, ens.) moet verwyder word en dan moet
die deur toegemaak word. Deure / poorte het hekwagters – hulle moet
ontslaan word.
Onthou: alle doelbewuste aborsies is offers aan satan. Die persoon moet die
HERE om vergifnis vra, vir reiniging bid én beveel dat alle demone, wat deur
die apparaat binnegedring en aborsies laat plaasvind het, in Jesus se Naam,
dadelik gaan. Breek die vloek oor die baarmoeder. Spreek spesifiek die gees
van die dood en die gees van offerande aan.
ROOK:
Vrugte in persoon
HOE WERK BEVRYDING?
se lewe
3
DAK:
Demoniese oppressie en
besetenheid
2
NB: Die persoon bid oor 1 en 2
MURE EN VERTREK:
∗
∗
∗
∗
NB: Die berader bid oor 3 nadat
1 en 2 bely is.
Die berader help en staan by.
∗
1
Sielsbande
Doelbewuste sonde
Erfenis
Bitterheid en onvergifnis
Rebellie en verwerping
FONDASIE - Bloedlyn
LET WEL: Die sterkman hardloop gewoonlik in die skoorsteen af en kruip in
die kamers weg wanneer bevyding begin!
177
VRUGTE VAN REBELLIE EN VERWERPING
VERWERPING
REBELLIE
Selfverwerping
Vrees vir verwerping
Onsekerheid
Verskeie vrese
Sensitiwiteit
Minderwaardigheid
Selfbejammering
Selfbewus - skaam
Jaloesie
Afgunstig
Vrees vir teregwysing
Bedruktheid - Depressie
Ongeduldig
Onverdraagsaam
Praatsiek
Spanning
Senuagtig
Eensaamheid
Selfmoord
Selfveroordeling
Gedwonge belydenis
Wellus
Perversiteit
Hoerery
Perfeksionisties (trots)
Vals jammerte
Vals verantwoordelikheid
Dagdromery (Fantasie)
Frustrasie
Egoïsties
Eie Wil
Selfsugtig
Koppig
Selfbedrog
Onvergewensgesind
Haat - moord
Helder
Verdink almal
Weerwraak
Besitlik
Agterdogtig
Beskuldig ander - projeksie
Woede - geweld
Arrogansie
Onleerbaar
Wrok
Vrees konfrontasie
Veroordelend
Beheer ander
Self misleiding
178
FISIESE DEMONIESE AANVALLE
Die onderstaande is uit Rebecca Brown se artikel “Becoming a vessel of
honour” geneem:
Die mees algemeenste wond wat in hierdie katagorie voorkom lyk asof dit
slegs ‘n ongeluk was maar dit is eintlik deur ‘n demoon veroorsaak.
Voorbeeld: ‘n Paar jaar gelede was ek haastig besig om gereed te maak om
na ‘n troue toe te gaan. Ek het my rok klaar gestryk en oorgeleun om die
strykyster se prop uit die muur te trek. Skielik was my arm in so ‘n
ongemaklike posisie, dat dit teen die strykyster gedruk het. My natuurlike
reaksie was nie genoeg om my arm te kon wegtrek van die warm strykyster
nie. Ek moes my ander hand gebruik om te help. Ek het as gevolg hiervan ‘n
diep brandwond aan die kant van my linkerarm gehad.
Omdat my natuurlike refleks nie genoeg was om my arm te kon wegtrek van
die warm strykyster nie, moes ek dadelik besef het dat die ongeluk én die
fisiese brandwond ‘n demoniese oorsprong gehad het. Dit was méér as net ‘n
ongeluk. Ek was baie haastig, en die demone het hul bes gedoen om my
verstand te blokkeer sodat ek nie moes besef dat hulle by hierdie ongeluk
betrokke was nie. Ek het vinnig ‘n verband oor die brandwond geplaas en na
die troue vertrek. Daardie aand en ook die volgende dag het ek ‘n afspraak as
spreker gehad. My arm was uiters pynlik, maar ek het nie stil gestaan om lank
genoeg daaroor te dink en die demoniese komponent van die besering te
herken nie.
Uiteindelik, twee dae later, toe ek ‘n kans kry om tot verhaal te kom, het ek oor
die brandwond begin dink. Ek het “Aloe Vera” salf aangewend wat
normaalweg die pyn van so ‘n brandwond verlig. In hierdie geval, het dit die
pyn vererger! So ook elke ander salf wat ek probeer het. Ek het gesien dat
die area van die brandwond groter geword het, en dit was teen hierdie tyd so
pynlik dat ek dit skaars kon verduur. Dit is nie normaal vir ‘n tweedegraadse
brandwond nie. Die pyn moes volgens normale omstandighede teen die derde
dag afgeneem het maar dit was nie ‘n gewone brandwond nie. Terwyl ek
daarna gekyk het en daaroor begin bid het, het die Heilige Gees die
omstandighede van die “ongeluk ” in my gedagtes teruggebring. Weens die
feit dat my natuurlike refleks nie genoeg was om my arm van die yster weg te
trek nie het ek onmiddellik besef dat dit ‘n demoniese besering was.
Ek het my bottel salfolie uitgehaal en dit letterlik uitgegooi oor die hele
brandwond en gesê, “In die Naam van Jesus Christus beveel ek nou elke
demoon geassosieër met hierdie brandwond om my onmiddellik te verlaat. Ek
beveel jou om op te hou om hierdie wond te teister en uit te brei, en in die
Naam van Jesus beveel ek pyn om NOU te gaan! Vader, in die Naam van
Jesus vra ek U om genesing en pynverligting te bring op hierdie wond.
In die Naam van Jesus, dank ek U daarvoor. Die pyn het onmiddellik
verminder en wat die wond betref, het die normale genesingsproses ‘n
aanvang geneem.
179
Maar, omdat ek dit vir so lank laat aangaan het, het dit teen hierdie tyd twee
maal so groot geword as wat dit aanvanklik was, en amper drie weke geneem
om gesond te word, en steeds ‘n letsel gelaat. Ek twyfel geensins, dat indien
ek gestop en onmiddellik die wond gesalf het, ek nie so ‘n erge gevolg daarvan
sou gehad het nie.
Ek het gevind dat suiwer olyfolie nie skadelik is vir oop wonde o f brandwonde
nie. Ek het dit al herhaaldelik in sulke gevalle gebruik. In die gelykenis van die
goeie Samaritaan, was die alkohol in die wyn gebruik om die wond skoon te
maak, en die olie is gebruik vir genesing.
Ek sal altyd eers met olie salf, dan die wond met een of ander antiseptiese
middel skoonmaak, en dan ‘n genesende salf wat beskikbaar is, aanwend en
met verbande bedel.
Hier is nog ‘n voorbeeld. Sam (nie sy regte naam nie), was ‘n Oosterse
gevegskundige voordat hy Christus as Verlosser ingénue het. Nadat hy na
Christus gekom het, was hy een middag besig om op die grasperk by sy
pastoor se huis te werk. Die demoon wat voorheen sy geestesleier was het
aan hom verskyn en gedreig om hom dood te maak indien hy nie vir Christus
sou verloën en teruggaan om satan te dien nie.
Sam, ‘n baie jong Christen, het, het in plaas daarvan om die demoon teë te
staan en hom te beveel om in die Naam van Jesus te gaan, het iets gesê soos,
“Nie ‘n manier nie, gee pad!” Die demoon het vir Sam op sy kop gekrap, drie
diep, lang hale oor sy hele skedel gekrap, en tot op die been oop gevlek. Sam
het bewusteloos op die grond geval. Die Heilige Gees het die pastoor daarop
attent gemaak dat Sam in die moeilikheid was. Hy het gaan kyk en hom
bewusteloos, in ‘n plas bloed aangetref.
Die pastoor het Sam opgetel en hom na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar
drie snye in sy kopvel toegewerk is. Die pyn het nie verminder nie. In plaas
daarvan, het dit oor die volgende twee dae vererger. Dit is toe dat Sam na my
begin kom het. Die pastoor het hom met olie gesalf, maar beide hy en die
pastoor was bang om as gevolg van die steke, die olie op die wonde te plaas.
Sam se pyn was baie erg toe hy by my aankom. Daar was geen teken van
inflammasie rondom die steke nie, alhoewel die wond nie die stadium van
genesing getoon het wat na drie dae normaal nie. Ek het olyfolie geneem en
die wonde heeltemal daarmee bedek.
Terselfdertyd het ek die demone teengestaan en soos in die voorbeeld hierbo
met my eie brandwond gebid. Binne ‘n paar sekondes was die pyn weg. Ons
het bloot skoon gaas gebruik om die olie te klad en die wonde net so oopgelos
soos die hospitaal ook gedoen het. Die wonde het daarna normaal genees.
180
Daar is nog ‘n algemene soort direkte fisiese besering wat veroorsaak kan
word deur wat “BORSEL-SUUR“ genoem word. Diegene wat in astrale
projeksie bedrewe is,sal hierdie bereiding ekstensief gebruik. Dit is bloot ‘n
mengsel van hidrochloried suur (soms word ‘n ander suur gebruik), met agar
gemeng. Hidrochloried-suur b rand die vel, soortgelyk soos wat ‘n vlam sou
doen.
Dit kan maklik by enige huishoudelike apteek verkry word. Agar is ‘n
bindmiddel wat as ‘n basiese bestanddeel vir mediums gebruik word. Bakterieë
word ook by laboratoriums daarin gekweek. Dit is goedkoop en maklik
verkrygbaar. Agar verdik enige oplossing, baie soos gelatien. Die agar-suur
mengsel se samestelling lyk ongeveer soos lopende jellie. Dit is helder en
maklik om op enige oppervlak aan te wend. Enigiemand wat daarteen skuur of
daaraan raak, kan ‘n ernstige brandwond, deur suur veroorsaak, opdoen.
Sataniste doen astrale projeksie en sit hierdie borsel suur op dinge soos
motorknippe, deurknoppe van huise, werksoppervlaktes, ens. Diegene
bedrewe in astrale projeksie kan die borsel-suur saamdra en dit direk aan
iemand op fisiese terrein aanwend ó aanborsel.
Die fisiese persoon kan nie sien as die gees die suur dra nie, en die suur kan
nie ‘n gees brand nie. (Ek weet dit klink regtig baie vergesog vir diegene wat
nog nooit in hierdie sluheid betrokke was nie, maar diegene wie satan gedien
het, weet dat dit waar is).
Mense gebruik dit natuurlik ook op fisiese gebied. Ons het dit al heel dikwels
aan die deurhandvatsels en knippe van ons motors gevind. Dit kan maklik met
water afgespoel word, maar jy DIT MOET NIE jou vel AANRAAK nie. Ons
spoel gewoonlik die area met baie water en was dit dan met seep en water en
daarna salf ons dit met olie. Indien jy ‘n wond sou ontvang uit so ‘n oord, moet
die aangetaste deel onmiddellik behoorlik met baie water afgewas word en dan
met olie gesalf word soos ek dit beskryf het. Brandwonde word daarna op
dieselfde wyse as ‘n gewone brandwond behandel.
‘n Gevallestudie het getoon dat tandepasta met suur ingespuit was.
Wees ook versigtig vir enige ongewone insekbyte. Demone kan
spinnekoppe en dergelike insekte gebruik, maar dis die uitsondering. Indien jy,
nádat ‘n insek jou gebyt het, demoniese betrokkenheid vermoed, bedek die
bytplek met olyfolie en beveel die demone om te gaan. Demoniese insekbyte
sal altyd ‘n baie meer radikale reaksie en inflammasie veroorsaak as ‘n
gewone insekbyt.
Demoniese byte is ook ‘n werklikheid. Dit verskyn op die vel soos ‘n regte
bytplek óf soms is dit sirkelvormig. Hierdie plekke kan ook behandel word deur
dit met olie te salf.
181
‘n Verdere voorbeeld van ’n demoniese wond wat baie algemeen is, is ‘n
fisiese besering waarvan die oorsprong daarvan onbekend is. Dit is nogal
algemeen dat een van ons baie swak of siek begin voel. Wanneer dit gebeur,
begin ons dadelik na een of ander besering aan ons liggaam soek. Dikwels
vind ons ‘n beduidende sny iewers aan een van ons. Ons sal glad nie kan
onthou wanneer dit plaasgevind het nie. Normaalweg sal ‘n besering van
hierdie soort genoeg pyn veroorsaak sodat mens deeglik daarvan bewus sal
wees. Hierdie moet ook met olie gesalf word.
VERGIFTIGING
Byna van die vroegste tye af, was vergiftiging ‘n baie gewilde metode wat
gebruik is om skade aan ‘n vyand toe te dien. Dit is sekerlik ook waar van die
listiges in die groep. Hul gifstowwe is met demone en demoniese magte
gemeng. Daar is dus twee dinge, nl. fisiese gif én die demone, waarmee
gehandel moet word. Die fisiese gif en die demone. Sommige algemene
stowwe wat in feitlik enige okkultiese boekwinkel beskikbaar is, is op hul eie
nie baie giftig nie. Wanneer dit egter met spesiale towerspreuke en formules
gekombineer word, kan dit dodelik wees. Ander is baie giftig en moet “onderdie-toonbank deur” van okkultiese boekwinkels of deur okkultiese
voorsienings-‘huise’, bestel word.
Sommige van die algemene stowwe gebruik in gifmengsels, is:
Ova ursi olie
Verbena olie (Vervain)
Mandragora (mandrake)
Kwiksilwer (mercury)
Wurmwortel
Giftige kerwel (Hemlock)
Ginsengwortel
Koorswortel (Valerian)
Muckwortel
Bloedwortel
Tanniswortel
Sianied
Kurare
Double-cross poeier (sianied)
Ongelukkig, soos moderne wetenskaplike tegnologie vorder, trek heksery
voordeel daaruit. Een van die vernaamste voordele vir hulle, is die gebruik van
DMSO. DMSO staan vir Dimetielsulfoksied bekend. Dit is ‘n chemikalie wat
oorspronklik vir die gebruik by perde, ontwikkel is. Dit is ‘n uitstekende antiinflammatoriese middel. Dit word aan verrekte ligamente en gewrigte met
inflammasie, gesmeer. In 1988 is dit finaal deur die FDA vir menslike gebruik
goedgekeur. DMSO het veral een eienskap wat dit vir die okkultiese werker en
dwelm verbruiker waardevol maak. Dit word binne 20 sekondes in die
bloedstroom ogeneem.
Feitlik enige iets wat met DMSO gemeng word, word ook binne 20 sekondes
deur die bloedstroom opgeneem. Die okkultiese werkers meng graag hul
verskeie gifstowwe met DMSO. Die ongelukkige persoon wat dan die mengsel
op sy/haar vel kry, is baie vinnig in die moeilikheid. DMSO is maklik
verkrygbaar by feitlik enige verskaffer van veeartseny produkte.
Dikwels word die giwwe en DMSO met Arabiese gom gemengom dit taaier te
maak en dus moeiliker is om van die vel af te kry.
182
Wees versigtig! Indien jy vermoed dat ‘n gif iewers binne jou bereik geplaas is,
gebruik rubberhandskoene om hierdie artikel te hanteer en was die middel af.
Indien jy aan iets geraak het wat DMSO bevat, was die area SAGGIES met ‘n
groot hoeveelhede water en daarna met seep en water. Indien jy jou vel te
hard met DMSO daaraan vryf, sal blase gevorm word en die spoed van
opname sal verhoog word.
Jy kan op jou hoede wees vir die feit dat jy met DMSO in aanraking was omdat
dit deur jou vel in jou bloedstroom opgeneem word, jy ‘n vreemde reuk, soos
dié van oesters of vis sal kry, omdat die DMSO deur jou neus in jou
bloedstroom opgeneem is. Jy sal ook selfs die smaak van vis kan proe.
Sommige gifstowwe is ook in poeiervorm en kan op papier of op taai plakkers
of etikette geplaas word. Die gifstowwe kan deur jou vel geabsorbeer word óf
dit kan in jou liggaam deur papier opgeneem word bv. wanneer plakkers gelek
word, ens. Daar is gevalle waar kinders met LSD vergiftig is nadat hulle
gegomde plakkers of sterretjies op hul skoolwerk moes plak. Selfs deur seëls
nat te lek, is gif op hierdie manier ingekry.
Diegene van ons wat in so ‘n bediening soos hierdie is, moet ALTYD baie
oplettend wees vir leiding van die Heilige Gees. Slegs HY kan ons op hierdie
gevare attent maak. ‘n Kenmerk van alle okkultiese gifstowwe is dat die
simptome van siektes dikwels elke dag op dieselfde tyd as wat die vergiftiging
plaasgevind het, voorkom. Hoofpyne, spierpyne, koors, swakheid, ens, word
byvoolbeeld intens ervaar. Ook sal dit dikwels teen sononder erger word,
omdat die demone gedurende daardie tyd, selfs meer aktief is as deur die nag.
Sommige van die mees kragtigste beswerings kom van skrywers wat
“Grimories“ genoem word. Hierdie is baie ou boeke wat deur die alchemiste
gedurende die middel eeue in Europa geskryf is. Hulle was die
“wetenskaplikes” wat probeer het om algemene stowwe in goud te verander,
en lewe uit lewelose stowwe voort te bring. In werklikheid, was hulle baie
kragtige towenaars. Hierdie volumes is vandag steeds beskikbaar maar teen
‘n prys. Dit is artikels wat streng “onder-die-toonbank- deur ” verkoop word. Ek
het gehoor dat drie van die algemene demone wat in die verskillende
beswerings uit die Grimories is, is:
1. Valefor, koning van alle okkultiese medisyne en van die dood. Valefor kan
nie sonder ‘n menslike offerandeopgeroep word nie.
2. Alloces, koning van marteling.
3. Andres, heer van vinnige vernietiging – veral verstandelik.
Okkultiese vergiftigings wat meestal volkome demonies is, het beperkte
tussenposes waarin hulle kan werk. Dit word deur die astrologiese tekens en
astronomie beheer. Meeste gif-beswerings word tydens die opgang van ‘n
sekere planeet soos Saturnus, gedoen, en dit verstryk weer wanneer die
planeet afgaan. Dit is gewoonlik ‘n periode van een tot drie maande. Indien dit
‘n slegte tyd van die jaar vir die sterre is, sal hulle ‘n meer dodelike fisieke gif
gebruik.
183
Die demoniese deel van ‘n vergiftiging kan deur gebed en ‘n eenvoudige
salwing met olie weerstaan en uitgedryf word.
Die effekte van die fisieke gifstowwe kan blywend wees. Ek sal NOOIT eers
soveel as ‘n slukkie water in my mond neem sonder om eers te bid en die Here
te vra om dit volgens 1 Tim. 4:5 en Mark. 16:17,18. te heilig en te reining nie.
In suiwer demoniese vergiftigings, kan die persoon dikwels ‘n brandende of
tintelende sensasie teen sy/haar arm voel opgaan onmiddellik nadat hulle
vingers aan die gif geraak het, of wanneer ‘n splinter of iets dergliks in hul hand
gesteek het. Salf ONMIDDELLIK met olie om die verspreiding van demoniese
mag na die res van die liggaam te keer. Wend die olie soos ‘n klem-verband
bokant die vlak van die verspreiding van demoniese mag aan, en dryf dan die
demone af en uit by die eindpunt. (Figuur 6-1)
Figuur 6-1
Indien die persoon alleen is en nie iemand het om te help nie, behoort hulle die
“olie klem-verband” éérs aan te wend en daarná die area deeglik af te was om
enige fisiese gif te verwyder. Indien dit ’n splinter of ander voorwerp is wat
opgeneem is, dryf dan die demone by die eindpunt af en uit deur olie, soos in
die illustrasie, te gebruik.
Bly altyd op jou hoede. Indien jy in ‘n bediening, net soos myne betrokke is,
sal die okkultiese groep hul mense as werknemers in al die restaurante in jou
omgewing plaas. Moet NOOIT ‘n roetine ontwikkel nie! Die veiligste
restaurante om by te eet, is waar buffet-etes aangebied word. Dit is vir die
okkultiese werkers onmoontlik om al die kos op ‘n buffet-tafel, of by ‘n
slaaibank, te vergiftig.
184
INPLANTINGS OF ‘VLOEKNAALDE’
Inplantings is feitlik enigiets wat, met ‘n demoon daaraan gekoppel, onder die
vel of in die liggaam gesteek kan word. Soms word fisiese gifstowwe ook
daaraan vasgemaakl (Die algemeenste is sianied of kwiksilwer).
Dit is nie slegs onmoontlik om ‘n persoon heeltemal van demone skoon te kry
terwyl hierdie inplantings steeds in plek is nie maar die demone, gekoppel aan
die inplantings, veroorsaak dikwels geheueverlies. Die persoon sal soms glad
nie kan onthou van al die inplantings wat hulle gehad het nie, en/of van
belangrike rituele waaraan hulle deelgeneem het nie.
As mens na ander kulture oor die wêreld kyk, , sal jy vind dat die gebruik van
inplantings oraloor bestaan. Bv., Hindoe vroue in Indië dra dikwels ‘n
spesifieke steen of edelsteen wat in die vel in die middel van die voorkop
interplant is. Dit is in die posisie van die “derde oog”. Dit koppel hulle aan hul
god en is veronderstel om aan hulle spesiale visie in die geesteswêreld te gee.
Verskeie Afrika stamme is bekend vir die stukkies been wat in hul neuse, ore
of lippe gesteek is.
Ek dink dit is glad nie toevallig dat die homoseksuele beweging die oorring vir
die man gewild gemaak het nie. Watter effek het die plasing van sulke
oorringe op ‘n nie-homoseksuele jong man? Ek sou baie besorg hieroor
gewees het as ek ‘n jong man was. Ek sê nie dat alle juweliersware demonies
is nie. Sommige is wel. Ons as Christene, moet baie bid oor alles wat ons
doen.
Daar is minsens sewe kategorieë van inplantings:
> Druknaalde
> Vloeknaalde
> Nael-naalde
> Satan se web
> Kristalle
> Demoniese IUD’s
> Tand-inplantings
> Splinters
185
Spyker-naalde is basies dieselfde as Druknaalde. Hulle word in die naelbed
van die vingernaels of toonnaels ingesteek. Gewoonlik die vingernaels. Hulle
besit dieselfde funksies as die druknaalde.
Satan se web is ‘n stuk fyn, syagtige materiaal, ongeveer 2 x 3 duim in
grootte. Dit word tydens ‘n ritueel ingesluk. Die web word as ‘n soort tydbom
geplant wat binne die persoon afgaan indien hy/sy ooit teen satan sou draai.
Dit veroorsaak ‘n intense suur in die maag en sal uiteindelik die maag
heeltemal vernietig. Dit veroorsaak allerhande soorte erge maagpyn en selfs
bloeding, maar tydens fisiese ondersoek kan feitlik nooit iets gevind word nie,
omdat die proses geheel en al demonies is. Die satan se web moet spesifiek
verloën word en die persoon moet die Here vra om dit totaal te verwyder.
Daarna sal die simptome vinnig opklaar.
186
Kristalle
Kristalle is baie klein en is eintlik demoniese parasiete. Alhoewel hulle
kristalagtig van aard is, is dit lewendige parasiete. Hulle word gewoonlik agter
die oordrom, in die bloedstroom, of bloot onder die vel interplant. Hulle is
ongeveer die grootte van een tot drie soutkorrels. Sommige is rooi, ander wit.
In die kultus word die rooi kristalle dikwels die “rooi duiwel kristalle” genoem.
Indien ‘n vrou aan ‘n baba op ‘n sataniese altaar of in die teenwoordigheid van
ander sataniste geboorte geskenk, word hierdie kristalle dikwels in die slagaar
en are van die naelstring van die baba geplaas wanneer dit gesny word. Beide
die baba en die moeder word demonies deur die kristalle geaffekteer. Dit is
nie moontlik om iemand heeltemal skoon te kry van demone, totdat hierdie
kristalle spesifiek verloën word en die Here gevra word om hulle te verwyder
nie. Indien moontlik, behoort dit fisies verwyder te word. Hulle is in staat om
verskriklike siekte, selfs dood binne vier tot ses maande na plasing te
veroorsaak.
Demoniese IUD’s word dikwels deur verskeie procedures ingeplaas. Hulle kan
van metaal gemaak wees, maar het altyd ‘n demoniese komponent. Beide die
metaal en die demone moet verwyder word. Om die waarheid te sê, ek is deur
verskeie hoë rangse sataniste wat Jesus aangeneem het, vertel dat die hele
konsep van die intra-uterine toestelle oorspronklik deur geslepe dokters
ontwerp is. (Een van my informante was ‘n dokter wat aan uitgebreide
navorsing in verskeie sataniese mediese procedures deelgeneem het. Hy het
my ook vertel dat baie navorsing wat huidiglik gedoen word, wat in Hitler se
konsentrasiekampe gebeur het, soos niks sal laat lyk nie). ‘n IUD voorkom nie
bevrugting nie. Dit voorkom die inplanting van die vroeë fetus in die
baarmoeder, Eintlik veroorsaak dit ‘n aborsie. Die listige dokters het hierdie
IUD-veroorsaakte aborsies as offerandes aan satan beskou. Die IUD het
grootliks veld gewen, maar baie gou het heelwat vroue groot probleme
daarmee ondervind. Hewige bloedings, kanker, ens. Uiteindelik het die
regering sy goedkeuring hieraan a.g.v. hierdie probleme opgehef. Hoekom so
baie probleme? Was dit slegs a.g.v. die fisiese aanwesigheid van die IUD? Ek
twyfel. Ek dink dit kon a.g.v. die demoniese komponent daarby, gewees het.
Hoe baie onskuldige vroue het ‘n IUD ontvang bloot vir geboortebeperking, en
nooit die oorspronklike doel waarvoor dit ontwerp is, besef nie.
Let asseblief wel: Ek sê NIE dat die maatskappye wat die IUD’s vervaardig het
vir satan gewerk het nie. Hulle het heel waarskynlik ook geen idee gehad van
die oorspronklike doel van hul produk nie. Onthou, satan sal ALTYD deur
misleiding werk.
Enige Christenvrou met ‘n IUD, behoort dit fisies te laat verwyder en dan die
geestelike poort toe te maak. Onthou, alle aborsies is menslike offerandes aan
satan. Indien jy ‘n IUD gehad het, behoort jy die Here om vergifnis en reiniging
te vra, en dan alle demone wat in jou deur die IUD kon gekom het en die
aborsies wat hulle veroorsaak het, te beveel om jou onmiddellik in Jesus Naam
te verlaat. Spreek die gees van offerande, die gees van moord en die gees
van die dood aan. Verbreek die vloek oor die baarmoeder, omdat die
baarmoeder ‘n grafkelder geword het.
187
Tand-inplantings, onder die hoër vlak sataniste is algemeen. Dit is gewoonlik
rekenaarskyfies wat letterlik per satelliet opgespoor kan word. Dus, tensy dit
verwyder word, kan die persoon enige plek ter wêreld opgespoor word. Hul
posisies is te alle tye bekend. ‘n Verskeidenheid van hierdie rekenaarskyfies
word huidiglik aan die algemene bevolking van die VSA en ander lande
bekend gestel. Dit is nou al verskeie jare in diere gebruik. In die winter van
1989 en 1990, het die kultus begin om die inplanti ng van rekenaar mikroskyfies
in kinders te promoveer, of onder die vel van die regterhand of in hul
voorkoppe. Hul verduideliking hiervoor is om die baie ontvoerings van kinders
in die VSA te voorkom. Die mikroskyfie bevat inligting oor die kind se identiteit
en mediese geskiedenis. Die kind se posisie, in die geval van ontvoering, kan
dan vinnig per satelliet opgespoor word. Die verskeie “Kinder-opsporings”
organisasies begin dit alreeds sterk in sommige state na vore druk.
Ek het ook van sommige hoë vlak kultuslede wat net onlangs hul harte vir
Jesus gegee het, gehoor dat hierdie rekenaarskyfies in die nabye toekoms in
bestuurderslisensies en kredietkaarte geplaas gaan word. Dus sal die persoon
wat die lisensiekaart of kredietkaard dra, te alle tye opgespoor kan word. Ek
het gehoor dat die enigste ding wat hierdie skyfies kan bedek teen opsporing
deur die verskeie skandeerders, lood is. Lood is ook effektief in verskansing
teen die infrarooi skanderings wat enige lewende skepsel deur die hitte wat sy
liggaam afgee kan opspoor. Kan dit die rede wees waarom daar onlangs so ‘n
beweging begin het om alle lood ‘terug te roep’ en om die gebruik van lood in
ons land onwettig te maak?
Is hierdie rekenaarskyfies die “merk van die dier?” Ek dink dit is heeltemal
moontlik. ‘n Persoon met so ‘n rekenaarskyfie in plek, kan as gevolg van die
satelliet toegang nêrens in hierdie wêreld wegkruip nie. Wetenskaplike
tegnologie is só gevorderd dat die wêreld per satalliet met ‘n resolusie van
duime of minder, gefotografeer en afgeteken kan word.
Met die vinnige verskuiwing na ‘n algeheel kontantlose samelewing, wat sal
meer logies wees as die inplanting van so ‘n rekord-houdende en
identiteitsmerk? Per slot van rekening kan kredietkaarte maklik verloor of
gesteel word. Vanaf 1990, is Nieu Zeeland besig om vinnig na ‘n kontantlose
samelewing te beweeg. Elkeen sal ‘n bankkaart of kredietkaart gebruik.
Niemand sal meer kontant gebruik nie. Sekulêre koerante in beide Australië
en Nieu Zeeland het huidiglik artikels en tekenprente wat die oorskakeling van
die kredietkaart na een of ander merk op die persoon se hand of voorkop
aantoon. Die Skrif word INDERDAAD vervul gedurende ons tyd vervul:
Open. 13:1-17 “EN ek het ’n dier uit die see .....
5
En ’n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe
uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te
doen.....
7
Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te
oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
188
8
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie
van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam
wat geslag is, geskrywe is nie.....16 En hy maak dat aan almal, klein en groot,
en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk hulle
regterhand en op hulle voorhoofde gegee word.....17 sodat niemand kan koop of
verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van
sy naam het.
Let asseblief, die Skrif sê dat die merk ontvang sal word IN die hand of
voorkop, nie OP nie. Kan dit wees omdat die Here geweet het ‘n insetsel sou
gebruik word i.p.v. ‘n eenvoudige oppervlakte merk? Ek veronderstel dat mens
sou kon sê dat die “merk van die dier” die uiterste sataniese insetsel is.
Baie verskillende demoniese goed is al in mense deur “rituele seks”
ingeplant. Gedurende rituele seks, word ‘n vrou gewoonlik op ‘n altaar
geplaas en/of word gebruik as ‘n altaar. Hierdie persoon word dan seksueel
gebruik deur mense, demone of diere. Ek het gevind dat algehele bevryding
nie voltooi is totdat episodes van rituele seks verloën word en elke demoon wat
in die persoon geplaas is gedurende hierdie rituele uitgewerp word nie. Baie
keer word druknaalde in verskeie dele van die voortplantings-streek gedurende
hierdie rituele geplaas. Dit is algemeen dat kinders wat in sataniese rituele
gebruik is, beskryf hoedat “warm naalde” in verskeie dele van hul geslags- en
voortplantingsdele geplaas is. Dit is inplantings waarvan hulle praat.
Die eenvoudigste manier om hiermee te handel, is om die Here te vra om
hierdie naalde of inplantings te verbrand of te verwyder, en deur elke demoon
gekoppel aan hierdie inplantings te beveel om in die Naam van Jesus Christus
te gaan. Ek weet dat die herinneringe aan sulke rituele uiters pynlik vir die
persoon is wat daaraan deelgeneem het.
Ek verduidelik gewoonlik aan die persoon dat hulle die pyn van herinnering
lank genoeg moet verdra sodat ons met die probleem kan afreken.
Daarná, as elke episode van rituele seks bely en die demone is uitgewerp is,
bid ek altyd en vra die Here om daardie herinnering heeltemal uit die
persoon te geheue te verwyder. Ons Here is so wonderlik genadig, Hy was
nog altyd getrou om my gebede op hierdie gebiede te beantwoord.
Kinders wat ritualisties misbruik is, word altyd aan een of ander vorm van
rituele seks onderwerp. Inplantings word algemeen in hierdie kinders geplaas.
Druknaalde word dikwels in die voortplantings- en urinêre dele geplaas.
Dit is moeilik om dit d.m.v. X-strale op te spoor omdat dit ‘n demoniese
komponent bevat. Demone kan, dinge op X-strale wegsteek en hulle doen dit
ook. . Dit is baie algemeen dat die bron van die probleme, in kinders wat
misbruik was, misgekyk word. Ek het weereens gevind dat die Here baie
wonderlik en genadig is en die naalde Self sal verwyder. Ons Here het ‘n
spesiale liefde vir kinders. Hierdie kinderthies word baie teer en sag deur Hom
behandel.
189
Dit is ‘n algemene praktyk om houtsplinters of metaalsplinters te gebruik.
Demone is meesters in die hantering hiervan. Die wond lyk weereens “net na
‘n ongelukkie”. Die gevolge kan egter baie ernstig wees.
In die geval van inplantings, KAN die demone NIE van die persoon verwyder
word voordat die fisiese voorwerp wat onder die vel geplaas is, eers verwyder
word nie.
DEMONIESE SIEKTES
Daar is fisiese siektes wat deur demone veroorsaak word. Soms sit die
demone ‘n fisiese probleem aan die gang wat dan op sy eie voortgaan. Soms
sal hulle nog aanbly en self die probleem laat voortduur. In eersgenoemde, sal
die weerstaan en uitdryf van die demoon NIE die fisiese siekte beëindig nie. “n
Algemene metode wat demone gebruik om hul volgelinge mee te dissiplineer,
is om vir hulle nierstene te laat kry.. Demone kan baie maklik nierstene skep.
Dit is baie pynlik om te passeer. As die niersteen eers geskep is, sal die
verwydering van die demoon nie enige effek op die verloop van die probleem
hê nie. Die steen sal steeds gepasseer moet word, behalwe as die Here direk
tussenbeide tree en op bonatuurlike wyse die steen oplos.
Ek het dikwels mense gesien wat, a.g.v. ‘n towerspreuk wat oor hulle
uitgespreek was, waterblasies in die vorm van ‘n onderste -bo kruis, op hul vel
gehad het. Die plek waar die onderste-bo kruis was, het gewoonlik een of
ander siekte probleem in ‘n orgaan aangedui, bv. by die niere of die maag.
Sulke plekke moet altyd HEELTEMAL met olie bedek word en die demone
moet beveel word om in die Naam van Jesus uit t gaan. Ek beveel ook altyd
dat alle towerformules in die Naam van Jesus verb reek word.
ONTHOU, demone kan siektes veroorsaak en hulle doen dit ook. NIE ALLE
siektes is demonies nie. Ons moet onthou dat fisiese sowel as geestelike
dood die gevolg van Adam se sondeval was. Die verandering in ons fisiese
liggame deur sonde veroorsaak, maak ons vir ‘n verskeidenheid van fisiese
siektes kwesbaar. Ons moet altyd na ‘n suiwer fisiese oorsaak van enige
siekte soek. Vra die Heilige Gees om ons deur onderskeiding te wys indien
daar ook ‘n demoniese komponent is.
Deur die jare het ek gevind dat een van die eerste dinge wat demone sal doen
is om selle te beïnbloed om baie vinnig te vermeerder. Dit word in sulke
plekke soos die beenmurg en die wande van die ingewandstelsel aangetref.
Dit is baie algemeen dat mense wat deur ‘n demonies siekte swaar beproef
word met demoniese siekte, geheel en al nie in staat is om komplekse
proteine of vette af te breek of te absorbeer nie. Dit is omdat demone so
geredelik die selle wat die maag- en ingewande-voerings vorm, kan affekteer
en beskadig. Dit is interessant om daarop te let dat enigeen wat in geestelike
oorlogvoering betrokke is, gewoonlik Rennies of Eno’s gebruik – medisynes
wat help om oormatige suur en maagsere te verminder.
190
Dit is ‘n algemene verskynsel weens die demone se besondere vermoë om in
hierdie area toe te slaan.
Alle demoniese siektes skep ‘n geweldige proteïn dreinering. Die liggaam se
natuurlike verdedigingswerk word vinnig deur proteïn tekorte geaffekteer.
Wanneer ‘n proteïn te kort aanwesig is, hou die witbloedselle, wat infeksie
beveg, vinnig op om, soos onder normale omstandighede die geval is, te
funksioneer. Ek het twee items gevind wat baie effektief is om hierdie soort
probleem te hanteer. ‘n Voorskrif van ‘n dokter word vereis maar ek hoop dat
Christen dokters ag sal slaan op my ervaring. Daar is twee produkte wat as
Vivonex HN en MC-T olie bekend staan.
Vivonex is ‘n preparaat van suiwer aminosure, die boublokke van protein. Dit
word direk deur die gastriese- en duodenale slymvlies geabsorbeer sonder dat
dit eers verteer moet word. Dit kom in ‘n orale preparaat voor MAAR dit smaak
baie sleg! ‘n Manier om dit drinkbaar te maak, is om dit met jellie en
onversoete Kool-Aid, as geurmiddel, te meng. Die MCT olie word dikwels vir
vroeggebore babas gebruik. MCT is Trigleseried (“Triglyceride“) met
middelmatige ketting. (Sekere olies, bv. Medisinale visolie, word
geklassifiseer as: “kort ketting” of “lang ketting“). Trigliseried is ‘n
essensiële vet. Dit word ook direk sonder vertering geassimileer.
.
Ek het ook gevind dat demone daarvan hou om baie pynlike ‘Paresthesias’ te
skep. Paresthesias is skerp brandpyne op verskeie plekke van die vel, soms
gaan dit met intense gejeuk gepaard. Gewoonlik is daar niks abnormaal i.v.m.
die voorkoms van die vel nie, maar dit is baie teer en baie pynlik wanneer die
vel aangeraak word. Ek het gevind dat groot dosisse inspuitbare Vitamiene B
12 oor ’n tydperk van 7 - 10 dae, help indien salwing met olie nie die pyn laat
ophou nie. Die hoeveelheid wat ingespuit was, was gewoonlik 1000 mcg. per
dag. (Een van die baie min gebruike waarvoor ek ooit B12 aangewend het).
Wanneer met olie gesalf word, is dit belangrik dat die hele pynlike area, met
olie bedek word.
Gordelroos is ook ‘n algemene siekte tydens demoniese teistering. Wanneer
iemand herhaaldelike aanvalle van gordelroos kry, behoort hulle onmiddellik na
die Here te gaan om te hoor of die bron daarvan demonies is.
Pynlike gewrigte is nog ‘n gewone demoniese probleem. Soms sal die
gewrig geswel wees of dit sal lyk of daar inflammasie in is, maar gewoonlik sal
dit heeltemal normaal lyk. Weereens, gewoonlik is al wat nodig is, om die hele
gewrig met olie te bedek en die demone te beveel om te gaan. Maar, indien dit
nie die probleem laat verdwyn nie en ‘n fisiese probleem soos ‘n infeksie,
kraakbeen probleem, ens., is nie aanwesig nie, is ‘n mengsel van DMSO met
10% Hidrokortisoon baie effektief. DMSO is finaal deur die FDA in 1988
goedgekeur. Dit is met ‘n voorskrif verkrygbaar. Gebruik ‘n watteballetjie om
die oplossing drie of vier keer per dag liggies aan te wend. Gewoonlik sal die
pyn en/of inflammasie na een of twee dae afneem. Die oplossing moet nie vir
langer as een week gebruik word nie.
191
Een laaste woord aan dokters. Ons moet besef dat demone meesters is in die
hantering van virusse en bakterieë. Hierdie infeksies is moeilik behandelbaar.
Die mees algemene behandelingsfout wat ek teëgekom het terwyl ek in
praktyk was, was die gebruik van ‘n té klein dosis a ntibiotikum. Praat met jou
pasiënte en bid saam met hulle. Indien jy voel dat ‘n pasiënt deur toordery
geteister word, behandel die infeksie op ‘n aggressiewe wyse. Enigiets minder
as 500 mg per dosis van feitlik enige orale antibiotikum vir volwassenes, is in
hierdie gevalle té lig. Ek het dikwels ‘n gram per dosis vir die eerste 24 tot 48
uur gebruik. Ek het deur praktiese ondervinding gesien dat dit die verskil maak
tussen die vinnige en effektiewe hantering van ‘n infeksie of om te moet
afreken met ‘n verlengde en gekompliseerde kursus of ‘n lae-vlak, smeulende
infeksie wat baie lastig is.
Maak ALTYD SEKER om met olie te salf en beveel die steurende demone in
die Naam van Jesus om te gaan. Demone is meesters in die verhindering van
die liggaam se pogings om infeksie te beveg. Indien ‘n persoon gewoonlik ’n
swakheid of geneigdheid tot ‘n sekere siekte het, sal die demone altyd in
daardie gebied toeslaan. Byvoorbeeld, indien ‘n persoon geneig is om
stuiptrekkings te kry, sal die demone probeer om die persoon meer aanvalle te
laat kry. Indien hulle nierstene gehad het, is dit waar die demone sal toeslaan.
Dit is makliker vir demone om siekte te skep waar daar voorheen siekte was.
Dieselfde is waar vir diegene wat uit ‘n kultus kom. Gewoonlik sal die demone
toeslaan op dieselfde manier as toe gedissiplineer het terwyl die persoon in die
kultus was. Ons moet versigtig wees en vir spesiale dekking in sulke areas
bid.
Een laaste area wat aangespreek moet word, is die probleem van kanker.
Demone is meesters daarin om kanker te veroorsaak. Ek het ook al té veel
mense geweldig teleurgesteld gesien wanneer hulle genesing van kanker deur
bevryding belowe is. Dit is NIE so nie. Ek wil weer beklemtoon dat wanneer
demone ‘n fisiese proses begin soos kanker, sal die uitwerp van die demoon
NIE ‘n einde aan die kanker bring nie. Die proses is alreeds aan die gang
gesit. Die enigste manier waarop die kanker genees kan word, is wanneer dit
heeltemal verwyder kan word – chirurgies, behandeling deur bestraling of
chemoterapie (alhoewel min kursusse chemoterapie werklik vir genesing
effektief is), of indien die Here kies om ‘n wonderwerk te doen en die persoon
direk te genees. Bid teen die gees van hel en verdoemenis.
192
Lesing 18
STAPPE NA VRYHEID UIT
VORIGE WONDE EN
SONDIGE LEEFWYSE
193
18. STAPPE NA VRYHEID VAN WONDE EN SONDES VAN DIE
VERLEDE
Jy kies eers om te gehoorsaam, dan kan God Sy krag in jou vrystel sodat jy
genees kan word.
Gehoorsaamheid neem nie die pyn en verlange weg nie. Baie mense wil hê
dat God hulle eers moet genees voordat hulle gehoorsaam sal wees.
Verlossing is die begin van die proses.
Onderwerp jou aan God sodat Hy sy genesingswerk in jou kan begin.
WAT HERSTEL NIÉ IS NIE:
1.
'N WONDERKUUR (dit sou beteken dat die kwessie opgelos is).
Ons is almal besig om van die sondeval te herstel. Ons sal nooit ons gevalle
natuur afskud nie. Ons leer om dit in bedwang te hou deur ons aan Sy
Koningskap te onderwerp.
In geloof glo ons dat ons eendag geheel en al vry sal wees, maar terwyl ons
nog 'n vleeslike liggaam het, is ons in die herstelfase. Ons is daagliks in 'n
stryd met ons gevalle natuur gewikkel. Daar is altyd 'n risiko dat ons kan
terugval. Ons kan te eniger tyd terugval. Selfs al sou jy oor veertig jaar van
vandag af 'n doktor in die teologie wees, sou jy nog steeds in gevaar staan om
moreel, eties en op verhoudingsvlak te misluk.
Nie een van ons sal ooit die risiko vryspring nie. Ons moet leer om die risiko's
te bestuur en te verminder.
Ons moet daagliks op die krag en genade van God vertrou.
2.
'N KITS OPLOSSING
As dit is hoe ons daaroor dink, begryp ons nie hoe die siel
inmekaar steek nie.
3.
GEHEUEVERLIES
Die Bloed van Jesus is daar om ons sondes weg te was, nie om
geheueverlies te veroorsaak nie.
4.
IMMUNITEIT
God het nie die risiko of ons eie vermoë om te kan kies, uitgeskakel nie. Ons
het inherente swakhede en ons leef in 'n besoedelde wêreld. As ons fondasie
nie op Christus gebou en gereeld in stand gehou word nie, sal ons werke
inmekaar tuimel en sal ons terugval.
194
5.
'N LEWE WAT VOORTGAAN ASOF NIKS OOIT GEBEUR HET NIE
Ongebalanseerde lering: om te beweer dat ons altyd net positief moet spreek:
"Ek is 'n nuwe skepsel; Ek is die kop en nie die stert nie", ens. Dit is waar,
maar ons het ook 'n gevalle natuur en die verlede het sy merk op ons gelaat.
HERSTEL BETEKEN:
1.
OM WEER SELFBEHEERSING OP GEDRAG EN ONDERLIGGENDE
GEDAGTES TE KAN TOEPAS.
Wat ons doen en dink.
Gedagtelewe = innerlike gedrag.
2.
OM OOR DIE SWAKHEDE WAARMEE JY NOG WORSTEL, BEHEER
UIT TE OEFEN.
Ons stryd met ons vlees herinner ons aan Wie ons Bron is, nie net ten opsigte
van ons geregtigheid nie, maar ook ten opsigte van genade en krag om ons
swakhede te kan oorkom. As jy ooit reg wil wandel, moet jy dit met behulp van
'n kruk doen. Daarsonder sou jy in die modder rondploeter. Eers as ons
eendag in die hemel kom sal ons ons krukke kan weggooi.
3.
OM JOU BEHOEFTES OP 'N GESONDE WYSE TE BEVREDIG
Jy ontgroei nooit jou behoeftes nie:
• Om veilig te voel;
• Om bemin te word, ens.
• Voel eensaam (nou kan daar nie na ‘n kroeg gehardloop word om ‘n
seksuele vervulling te kry nie).
4.
OM IN SO 'N MATE GESOND TE WORD DAT JY AS 'N GEHEEL
KAN FUNKSIONEER
Jy kan nou funksioneer ten spyte van die skade wat 'n sondige lewenswyse in
die verlede aangerig het.
5.
OM VERBY DIE GEBEURE VAN DIE VERLEDE TE GROEI
Hoewel jy nie gekies het om 'n slagoffer te WEES nie, het jy 'n keuse om
nie 'n slagoffer te BLY nie.
Herstel is 'n proses. God vereer die proses, nie net die eindproduk nie. Dit is
nie net die wonderwerke wat vereer word nie.
Ons moet die geestelike bevryding van die emosionele genesing skei.
195
WAAROM NEEM DIT SO LANK?
Ons moet die geestelike bevryding van die emosionele genesing skei.
Pred. 8:5-6 - “Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en
die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe. Want vir
elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk
swaar op hom.”
1.
GOD MOET HEEL EERS GEHOORSAAM WORD (vers 5 ).
2.
VERTROU OP GOD.
God is oor jou besorgd en ken jou swaarkry en lyding, maar vir elke ding is
daar 'n prosedure en 'n seisoen.
Ons beskuldig God daarvan dat Hy ons nie help nie, ons laat swaarkry, ens.
Net soos satan, kla ons Hom aan. Ons vertrou Hom nie, daarom groei ons nie.
Ons neem dinge in ons eie hande: ons gehoorsaam Hom nie, en dra die
gevolge daarvan.
Fisiek: As jy in 'n ongeluk betrokke was, moet jy in die hospitaal vir veelvuldige
operasies en terapie aanbly. Jy moet jou aan die herstelproses onderwerp.
Alles kan nie in een operasie reggestel word nie. Dit vereis dikwels baie tyd,
geld, moeite, moed, ens.
Dieselfde geld vir wonde wat ons in ons sielsarea opgedoen het. Daar is geen
kitskuur nie. God sê dat ons aan Hom georama moet wees.
Beraders/predikers is alte dikwels baie streng met mense: "Komaan! Vas! Bid!
Ruk jou reg!" Mense het egter tyd nodig. As dit waar is in die geval van die
fisieke liggaam, waarom dink ons dat dit in die sielsarea anders sal wees?
Tot tyd en wyl alles uitgestryk is, kies jy om My in elk geval te gehoorsaam?
Eks. 23:29-30 - “Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die
land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie. Ek sal
hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die
land beërwe .”
In die Nuwe Testament is óns die grond wat deur God se Gees in besit
geneem word. Die feit is egter ook dat dit nie aan God behoort het nie - oor die
jare het koninkryke van gesindhede, gedrag en geloofsoortuigings in ons tot
stand gekom.
God verwyder dit nie sommer eensklaps nie. Soos ons hom gehoorsaam en
elke koninkryk en vesting stap vir stap aanpak, maak ons Hom uiteindelik in
alles die Heerser. As God dit net alles sou wegvee, sou ons skielik nie weet
wie of wat ons is nie. Daardie dinge het só diep gewortel geraak in ons
persoonlikhede - ons kan dit nie bloot ter wille van ons eie gerief eensklaps
uitruk nie. Die "land" sou inderdaad leeg en kwesbaar gelaat word.
196
DIE HERSTELPROSES IS AMPER SOOS OM:
3a)
DRAADJIES AAN DIE TANDE TE Hê
As jy bv. 'n skewe tand het, word al die ander tande daardeur geraak. Jou
tande word daagliks stadig maar seker reguit getrek.
Net so moet ons siel stadig maar seker na Sy beeld herskep word.
God verwag nie dat ons perfek sal wees nie. Hy vra dat ons slegs gewillig
en gehoorsaam sal wees.
b)
'N GEBREEKTE ARM
'n Dokter las die stukke weer bymekaar. Dit sal nie help om
net 'n paar godsdienstige dinge te doen nie.
Net so sal dit nie help as iemand met 'n gebroke siel kerk
toe gaan en al die "regte dinge" doen nie.
Ons moet die Heilige Gees toelaat om al die stukkies en
brokkies bymekaar te bring. Wanneer dit gebeur, kan die
genesing begin vloei. Genesing vind plaas wanneer ons ons tot God en tot
mekaar verbind.
HOE OM WONDE VAN DIE VERLEDE EN ‘N SONDIGE LEEFWYSE TE
BOWE TE KOM
WAT IS DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE KLIëNT?
Die pad na herstel is nie maklik nie. Dit is 'n uitdaging wat teen die menslike
natuur gaan en baie moed en deursettingsvermoë verg.
WAT HELP?
1. Dwingende, volhardende motivering.
2. Die ondersteuning van ander mense.
BLOKKASIES WAT BELY MOET WORD:
1.
Selfbejammering: "Dit is te moeilik; Hoekom ek?; Dis onregverdig! (Die
lewe word beleef as 'n vloek en nie 'n seën nie.)
2.
Onvergewensgesindheid.
197
WAAROM VIND MENSE DIT SO MOEILIK OM ANDER TE VERGEWE?
Hulle wil nie die pyn konfronteer nie. Dit is 'n masker waaragter hulle van
hul woede wegkruip en dit wat gebeur het. As hulle vergewe, moet hulle die
pyn en die besonderhede van wat gebeur het, in die oë kyk. Dit is makliker om
te sê: "Jy skuld my iets." Jesus sê dat ons mense van die verwagtinge wat ons
van hulle koester moet vryspreek.
Hulle wil nie die kans waag om weer seer te kry nie. Liefde + groei +
vertroue - almal behels 'n RISIKO. Dit is waaroor die lewe gaan.
Hulle wil wraak neem. Mense praat kwaad en kwets met die tong. Neem die
swaard van weerwraak en oorhandig dit aan God.
Hulle wil hê dat geregtigheid moet seëvier. "Ek wil hê mense moet weet dat
dit gebeur het. Ek wil hê dat dit wat gebeur het, vir iemand saak maak." As dit
nie gebeur nie, voel die persoon veronreg.
Wanneer mense ervaar dat dit wat met hulle gebeur het, nie raakgesien word
nie, bekla hulle die res van hulle lewe hul lot by ander; almal moet weet wat
gebeur het. Hulle beswadder ander mense.
BERADERS: Ons kan niks verander aan wat gebeur het nie, maar wanneer
ons mense wat veronreg is vertroos, kan ons help om die sweer van bitterheid
as gevolg van 'n behoefte aan wraak, te help skoonmaak.
Ps. 10:14 – “U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat ‘n
mens dit in U hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was ‘n
helper van die wees.”
3.
Afgodery (wanneer iets/iemand anders jou bron van lewe en sekuriteit
is).
Jona 2:8 – “Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle
goedertieren is.”
Jer. 17:5-8 – “So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en
vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk. En hy sal wees soos ‘n
kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor
plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land. Geseënd is
die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal
wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die
stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar
van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.”
'n Persoon wat aan iemand anders vasklou is emosioneel onvolwasse en soek
'n plaasvervanger vir sy ma en/of pa.
Geen ander mens kan ooit ons bron wees nie.
198
Jou ma en pa is bloot 'n brug wat na die enigste ware Bron heen wys. Soveel
mense steek nooit daardie brug oor nie.
Omdat hulle ouers hulle geen sekuriteit gebied het nie, soek hulle nou iemand
anders wat hulle sekuriteit kan gee. Dit kom op afgodery neer.
Dit maak nie saak wie of wat jou bron van geluk en sekuriteit is nie, as dit nie
God is nie, is dit vir jou 'n afgod.
Mense moenie van 'n pastoor/berader/sielkundige, ens. Afha nklik wees om
hulle probleme vir hulle op te los nie. Ons kan egter wel met mekaar saamstem
terwyl ons saam die einddoel nastrewe.
Die verantwoordelikheid berus by die kliënt, aangesien die berader hom nie
kan "regkry" nie. Hy kan hom slegs ondersteun en bemoedig, sy insigte met
hom deel, wys dat hy omgee en vir hom bid.
ONTHOU: Die berader is ook self net 'n swak mens met beperkte vermoëns,
aangesien hyself nog in die herstelproses is en sy eie gevalle natuur te bowe
moet kom.
God kies egter om die berader as instrument van genesing te gebruik - dit is
Sy krag wat die genesingswerk verrig.
Dit is God se keuse of hy my op daardie bepaalde dag wil gebruik om iemand
anders se probleem te help hanteer.
4.
Rebellie (dit is dieselfde as heksery).
Daar is talle vertakkinge van die okkulte, elk met sy eie, verskillende praktyke,
MAAR hulle het almal dieselfde doel voor oë.
"Ek sal die saak in eie hande neem en gebruik maak van enige beskikbare
krag, sonder om my aan God te onderwerp." Met ander woorde, jy soek liefde
op jou eie manier en weier om jou aan God te onderwerp. "Ek wil self in
beheer wees. Ek weet die beste."
5.
Wantroue in die karakter van God.
Hoekom is dit so dat Christene nie groei nie, ten spyte daarvan dat hulle
die beste lering en Bybelkennis tot hulle beskikking het?
Vertroue is die grond waarin 'n verhouding kan groei. As jy God nie vertrou nie,
sal jy nie groei nie.
Satan kla God se karakter aan. Dit is hoe hy Adam en Eva oorgehaal het om
sonde te doen. Seksualiteit gaan oor verhoudings.
“Geloof is om eenvoudig in die karakter van God te vertrou, selfs wanneer die
lewe jou geen rede gee om dit te doen nie”.
Corrie Ten Boom
199
Die lewe sal jou wel genoeg rede gee om dit nie te doen nie!
VERNUWE JOU REAKSIES
•
•
'n Volwasse mens maak die regte keuses ten spyte van hoe hy voel.
Jy gaan alleen, mismoedig, kwaad, treurig, seksueel, gefrustreerd ens.,
voel
'n Onvolwasse mens lewe volgens sy gevoelens.
VOLWASSENHEID VS ONVOLWASSENHEID
1. Selfbeheersing in gedagtes
selfbevrediging;
& dade; geduldig.
Geen selfbeheersing,
ongeduldig.
2. Doen regte keuses ten spyte
van gevoelens en drange.
Neem besluite op grond
gevoelens.
3. Erken eie sondes, swakhede
gebreke.
Probeer eie sondes,
swakhede en gebreke
wegsteek.
4. Aanvaar verantwoordelikheid
vir die verlede, hede en
toekomstige veranderinge.
Soek verskonings en
blameer ander
5. Verstaan die nodigheid om binne
grense, perke en reëls te bly.
Wil geen reëls of
beperkings hê nie
en beskou homself
dikwels as ‘n
uitsondering .
6. Onderwerp verwagtinge aan God
se plan, is inskiklik en het die vermoë
om te volhard.
Het onbuigsame en
onrealistiese
verwagtinge;
kry woedebuie,
weier om deur te druk
7. Vertrou op God; aanvaar dat hy
teenoor Hom aanspreeklik is sodat
hy sonde kan oorwin.
Vertrou.
Wil nie aanspreeklikheid
aanvaar nie. Maak
staat op eie planne.
Vertrou niemand nie.
8. Toegewyd en doelgerig.
Die deur na die opsie om weer in
seksuele sonde te val, is gesluit.
Dubbelhartig. Dien twee
here. Die deur na die
opsie van seksuele
sonde staan op ‘n
skrefie oop.
200
HOE OM GESONDE VERHOUDINGE TE HANDHAAF
ISOLASIE (vrees & risiko)
BALANS
OOR AFHANKLIKHEID
(Seksuele sonde /
Oordrewe romanties)
GESONDE LIEFDE IS:
•
•
•
Aanvaarding
Aanspreeklikheid
Bekragtiging
]
]
]
Jou lewe maak vir my saak.
God moet jou bron wees. Die reeks woestyn-ervarings is 'n proses wat jou
leer om na God, as jou enigste Bron, uit te reik. Ons moet Egipte laat staan en
God elke dag vir al ons behoeftes vertrou.
Die mense wat ons nodig het - bykomend. Ons ontgroei nooit daardie
behoefte nie. Ons sal altyd 'n behoefte aan geborgenheid, bekragtiging,
aanvaarding, aanspreeklikheid, ens. Hê. NB: Mense is NIE jou bron nie. As jy
wil ontvang , moet jy bereid wees om te gee.
Spr. 11:25 – “Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook
gelaaf.”
Mense wat 'n behoefte het. Soos jy gee, sal dit na jou terugkom. Dit help jou
om van jou eie belange, bv. selfbejammering, ens. weg te kom.
201
VERNUWE JOU GEDAGTES
Die mens het 80 tot 100 biljoen breinselle. Hulle
produseer elektrisiteits-patrone wat elke sekonde 30
000 nuwe konneksies maak, en dieselfde een word
nooit herhaal nie.
Daar is ‘n vloeistof tussen die selle, nl. A.C.H. Dit
help daardie konneksie vormende proses – dit is ‘n
goeie geleier.
Ons mense kan teen ‘n spoed van 1250 w.p.m. dink.
Maar ons kan slegs teen ‘n spoed van 200-250
w.p.m. praat.
KNOPPIE
Verwerping >> seksuele masturbasie
& pornografie.
NB: Hierdie is chemiese paadjies. Die
Bloed van Jesus maak NIE dat dit weggaan
nie. Die gedagtes moet vernuwe word.
GEDRAG
202
NUWE GEDAGTE PATROON
KNOPPIE
Van koers af = maar dit neem drie
weke tot drie maande om te vestig.
Wanneer dit eers gevestig is, word ‘n
nuwe chemikalie, nl. GABA
vrygestel.
GABA
Gamma
Amino
Butyric
Acid
ontmoedig
elektriese impulse
op ou paadjies
NUWE GEDRAG
“KNOPPIE”
In die proses van die
vorming van nuwe gedagte
patrone, kan daar
padblokkasies wees wat ‘n
ompad op die nuwe paadjie
verklaar.
OU GEDRAG
NUWE GEDRAG
203
ONE-WAY TICKET
PREVIOUS COUNTRY
NEW
BRIDGE
Never forget: When
you move, burn the
bridge.
You must renounce
Egypt.
Renounce the “good
old ways” that fed the
flesh.
Renounce the
language and
customs.
You now need to learn
the new language and
customs.
The first three years are
critical (think of
missionaries).
Settle down and take
root to draw new
strength.
204
BYLAE A:
DIE FONDASIES VAN CHRISTELIKE
LEESTELLINGS
LEERSTELLING VAN SATAN EN DEMONOLOGIE
HOOFSTUK RAAMWERK
I.
DIE KONINKRYK VAN DUISTERNIS
A. Die realiteit daarvan
B. Die gebied / terrein
II.
SATAN – DIE KONING
A. Sy Oorsprong
B. Sy val
C. Sy aard
D. Sy aktiwiteit
E. Sy namaaksel
F. Sy oordeel
III.
BOSE GEESTE – SATAN SE DIENAARS
A. Gevalle engele
B. Demoniese geeste
C. Hul aard
D. Hul aktiwiteit
E. Hul oordeel
IV.
DIE OKKULTE
F. Praktyke va n die okkulte
G. Waarskuwings teen die Okkulte
V.
CHRISTUS SE OORWINNING
H. In Sy Volmaakte Lewe
I. In Sy Plaasvervangende Dood
J. In Sy Opstanding en Hemelvaart
VI.
DIE BEDIENING VAN DIE KERK
VII.
DIE GELOWIGE EN DIE KONINKRYK VAN DUISTERNIS
K. Die gelowige se posisie – Wettiglik
L. Die gelowige se verantwoordelikheid – Ervarings gewys
M. Die gelowige se Oorlogsveld – Persoonlik
N. Die gelowige se Geestelike wapenrusting - Prakties
205
I.
DIE KONINKRYK VAN DUISTERNIS
A. DIE REALITEIT DAARVAN
Die Skrif is baie duidelik omtrent besonderhede orangeade die heelal en veral
m.b.t. die aarde, naamlik dat ‘n koninkryk van duisternis dit omring. Dit is in
presiese teenstelling met die Koninkryk van God, wat ‘n Koninkryk van Lig is.
Hierdie koninkryk is in Satan se beheer. Hy het veelvuldige gevalle engele en
demoniese geeste onder sy beheer. Die kontras tussen die twee koninkryke
word soos volg geïllustreer:
SATAN SE KONINKRYK
a) ‘n Koninkryk van Duisternis
b) ‘n Koninkryk van Sonde en
Ongeregtigheid
c) ‘n Koninkryk van Siekte en
Kwale
d) ‘n Koninkryk van Misleiding
e) ‘n Koninkryk van Hartseer en
dood
GOD SE KONINKRYK
a) ‘n Koninkryk van Lig
b) ‘n Koninkryk van Heiligheid en
Geregtigheid
c) ‘n Koninkryk van Genesing en
Gesondheid
d) ‘n Koninkryk van Waarheid
e) ‘n Koninkryk van vreugde en Lewe
Daar is vandag onder alle volke in die koninkryk van die duisternis in die
wêreld, ‘n nostalgic toename van sy aktiwiteite. Die styging in die okkulte,
spiritisme en satanisme is bewyse hiervan. In 1 Tim. 4:1-3 waarsku Paulus
ons dat mense in die laaste dae die geloof sal versaak en aan verleidende
geeste sal toegee en die leerstellinge van duiwels sal aanhang. (Judas 3).
Gelowiges is dikwels geneig om óf satan se bestaan en krag te ignoreer, óf om
dit oor te beklemtoon. Dit is in hierdie laaste dae baie nodig om ‘n Bybelse
balans te handhaaf. Dit is slegs in die Skrifte dat daar ‘n behoorlike begrip van
hierdie onderwerp verkry kan word.
B. DIE TERREIN
Die woord “terrein” óf “gebied” verwys na die “heerskappy, regering en gebied
waaroor ‘n koning heers”. Die gebied van die koninkryk van duisternis is waar
satan sy heerskappy beoefen. Die volgende verwysings beskryf hierdie
gebied.
1. Dit word satan se koninkryk genoem (Mat. 12:25-26; Luk. 11:14-19).
2. Dit is ‘n koninkryk van duisternis (Kol. 1:13-14; Open. 16:10).
3. Dit beinvloed die koninkryke van hierdie wêreld stelsel
(Luk. 4:5-6; Open. 11:15; Mat. 4:8-10).
4. Die wêreldse koninkryke word vanuit die atmosferiese hemele of die
“hemelse plekke” brindled. Efes. 2:2; 3:10; 6:12; Open. 12:3, 7-12).
5. Dit is direk in teenstelling met die Koninkryk van God in aard, karakter en
plan.
Dit is belangrik om te besef dat die mate van satan se gebied deur God bepaal
word. Hy kan geen o utoriteit beoefen waar God dit nie toelaat nie.
206
II.
SATAN – DIE KONING
A. Sy Oorsprong
Dit is noodsaaklik om te weet wat die Bybel ons i.v.m. die persoon van satan
leer. Net soos alles wat in die Koninkryk van Lig is, volgens sy Koning gevorm
is, só is alles in die koninkryk van die duisternis, volgens sy koning, (dié van
satan) gevorm. Elke koninkryk sal die aard en karakter van sy hoof vertoon.
Die koning word deur sy koninkryk verteenwoordig en die koninkryk is soos sy
koning.
Daar word baie min direkte inligting in die Skrifte aangaande satan en sy
leërmagte se oorsprong én val, gegee. – dit is egter duidelik dat dit in die tye
vóór die skepping van die mens plaasgevind het.
Gen. 3:14-15; Mat. 16:23 is gebasseer op die Wet van Dubbele Verwysing
(nl. Wanneer van óf met een persoon gepraat word is daar ‘n verwysing na ‘n
ander persoon voor of agter hulle. Twee hoof gedeeltes in die Skrif wat satan
se oorsprong en sy val beskryf is Eseg. 28:1-19 en Jes. 14:4-23. Die taal wat
in hierdie beskrywings va n die Koning van Tirus en die Koning van Babilon
gebruik word, strek vir seker verder as wat op enige aardse heersers toegepas
kan word en dui op die koning, agter die konings, van hierdie wêreld -orde.
Daniël se profesie bevestig die feit dat daar prinse van satan se koninkryk
agter die prinse van die wêreld koninkryke is. (Dan. 8:20-21; 10:10-13; 2021).
Eseg. 28:1-19; Jes. 14:4-23 behoort met sorg deurgelees te word. Dit is
hoofsaaklik vanuit hierdie gedeeltes dat die volgende beskrywing van sata n,
vóór sy val, gegee word.
1. Satan is ‘n werklike persoonlikheid. Hy is die verpersoonliking van
boosheid en sekere karaktertrekke word aan hom toegeskryf. Satan is nie ‘n
onpersoonlike invloed of krag nie. Persoonlike voornaamwoorde, intelligensie,
kennis, wil en aksie word aan hom toegeskryf. (Job. 1:8; 2:1-2; Sag. 3:1; 2
Kor. 2:11; Mat. 4:6; Open. 12:12; 2 Tim. 2:26; Mat. 25:41; Jes. 14:12-13).
2. Satan is ‘n geestelike wese. Selfs soos engele geestelike wesens is, en
net soos God ‘n geestelike Wese is, so ook satan.
3. Hy is ‘n geskape wese, en dus van God vir sy bestaan afhanklik. (Eseg.
28:13,15).
4. Hy was Lucifer genoem, wat “dag ster, seun van die oggend, of ligdraer”
beteken. (Jes. 14:12 met 2 Kor. 11:14).
5. Hy was ‘n gesalfde engel in die hemelse heiligdom, net soos die Ou
Testamentiese profete, priesters en konings vir diens gesalf was. (Eseg.
28:14, 16, 18).
207
6. Hy was die bedekkende engel wat deur God daar geplaas is om die
troon te bedek. Vergelyk dit met die Cherubs op die ark van die verbond in
die Tabernakel van Moses – hulle wat die versoendeksel bedek. (Eks. 37:9
en Eseg. 28:14-16).
7. Hy was in Eden, die Tuin van God (Eseg. 28:13).
8. Hy was in die heilige berg (of koninkryk) van God, aan die Noorde
kant.e (Eseg. 28:14,16 met Psalm 48:1).
9. Hy was volmaak geskape.(Eseg. 28:15).
10. In skoonheid, was hy volmaak. (Eseg. 28:12 met Jak. 3:15-16).
11. Hy was in skoonheid volmaak.(Eseg. 28:12).
12. Hy was met kosbare stene in goud, geset. (baie dieselfde as die stene
in die Borsplaat van Aaron, Israel se Hoëpriester). (Eseg. 28:13 met Eks.
28:15-21).
13. Hy was in sy wese, met musiek geskape, klaarblyklik die leier van
hemelse aanbidding. (Eseg. 13).
14. Eens was hy in die waarheid. (Joh. 8:44).
Sulke taal kan nie ten volle op aardse konings van toepassing gemaak word
nie, maar strek vérder na die koning agter hulle. Hierdie beskrywing dui
daarop dat Lucifer ‘n magtige wese was en dat hy ‘n hoë posisie naby die troon
van God beklee het; ‘n gesalfde bediening om die hemelse engele in die
aanbidding van die drie-enige God te lei.
B. Sy val
Hierdie gedeeltes, tesame met ander nuttige verwysings, toon die oorsaak van
satan se val aan asook dié van die engele wat saam met hom geval het.
1.
2.
3.
Hy het hom in hoogmoed oor sy God-gegewe wysheid, salwing en
skoonheid verhef. (Eseg. 28:17; Spr. 16:18; 18:12; 1 Tim. 3:6).
Hy het homself verhef en onder veroordeling gekom. (Jes. 14:13-14 met
1 Tim. 3:6).
Hy het sy eie wil teen God se wil gerig (Jes. 14:13-15). Let hier op die
vyf “Ek sal” verwysings van Lucifer se ambisie.
a) Ek sal na die hemel opvaar. Eie wil.
b) Ek sal my troon bó die sterre van God verhef. Self verheerliking.
c) Ek sal ook op die berg van die samekoms aan die noordekante sit.
Troonsbestyging.
d) Ek sal bokant die hoogtes van die wolke uitstyg. Self- opvaring.
e) Ek sal soos die Allerhoogste wees. Self vergoddeliking.
208
4.
Hy het a.g.v. hoogmoed en eie wil, die hoof bestanddeel van sonde, tot ’n
val gekom. (Jes. 14:12 met Spr. 16:18 en Luk. 10:18). Hy wou van
God onafhanklik wees. Hy het teen God gerebelleer.
5.
Hy is soos weerlig neergevel (Luk. 10:18 met 2 Kor. 11:14).
6.
Hy is ook deur God in hierdie self vergoddeliking neergevel. (Eseg.
28:16:17).
7.
Hy was die oorspronklike sondaar en ongeregtigheid (wetteloosheid) is in
hom gevind. (Eseg. 28:15, 16, 18; 1 Joh. 3:8).
8.
Hy het nie in die waarheid gewandel nie. Hy het himself mislei. (Joh.
8:44).
9.
Hy het ‘n leuenaar en moordenaar geword (Joh. 8:44).
10. Hy is die bron van alle sonde en in hom word “Die Verborgenheid van
Ongeregtigheid” verpersoonlik. Hy is die oorspronklike antichris (2 Tess.
2:7 met Gen. 3:1-6). Hy was die eerste afvallige en het ook veroorsaak
dat ander engele in die Hemel gesondig het.
11. Hy is toegelaat om sy Godgegewe wysheid, wat verdorwe geword het, te
behou en daardeur word die mens vandag mislei. (Eseg. 28:17, 18; Jak.
3:15).
12. Hy sal uiteindelik met vuur vernietig word. (Eseg. 28:18; Mat. 25:41).
Baie verklaarders glo dat sy val voor die skepping van die mens
plaasgevind het, dat hy uit die onmiddellike teenwoordigheid van God
gewerp is en dat hy na die aarde geval het om die chaotiese toestand
soos gesien in Gen. 1:1-2 (Jes. 45:18; Jer. 4:23-26) te weeg te bring.
C. Sy Aard
In die Skrif is die naam van iemand gewoonlik bedoel om ‘n aard,
ervaring of funksie aan te dui. Dit is waar van die baie name
van God, of die name van persone en ook van die baie name
van satan. Die volgende Skriftuurlike name en titels van satan
toon die aard, karakter en werk van hierdie gevalle aartsengel.
Die naam met sy betekenis word tesame met gepaste
Skriftuurlike verwysings gegee.
1. Satan – Teëstander, Hater, Opponent, Vyand. Word ongeveer 52 keer
in die Bybel gebruik. (1 Kron. 21:1; Job 1:6-12; 2:1-7; Sag. 3:1-7; 1
Kon. 11:1, 23-25; 2 Kor. 2:11).
2. Duiwel – Beskuldiger, lasteraar, fluisteraar, belaster God by die mens
en die mens by God. Word ongeveer 35 keer in die Bybel gebruik.
(Mat. 4:1; 13:39; 25:41; Joh. 8:44; Efes. 4:27; Heb.
2:14;
Efes. 6:11; Jak. 4:7; Open. 12:10).
209
3. Slang – Verleier, misleier, spreker van subtiliteit en wysheid wat
verdraai is om boosheid te bewerk. (Mat. 10:16; 2 Kor. 11:3; Jak.
3:15; Gen. 3:1-14; Open. 12:9; 14-15; 20:2; Jes. 27:1).
4. Draak – Groot verleidende slang. Praat van die wrede, dierlike aard en
woede van satan. (Jes. 51:9; Eseg. 29:3; 3:22; Open. 12:3-17;
13:2,4,11; 16:13; 20:2).
5. Beëlsebub – Prins van duiwels. Verkry van Beëlsebub
of Heer van die vlieë, god van die mishoop. Dit was
‘n heidense god wat gesien is as die heerser van
alle bose geeste. (2 Kon. 12; Mat. 10:25;
12:24,27; Mark. 3:22; Luk. 11:15-19).
6. God van hierdie era – (Luk. 4:6; 1 Joh.
5:19: 2 Kor. 4:4; Gal. 1:4; 2 Tess. 2:34).
7. Prins van hierdie wêreld – prins van die wêreld
stelsel. (Joh. 12:31; 14:30; 16:11).
8. Prins van die Mag van die Lug – (Efes. 2:2 met 6:12).
9. Lucifer – Dagster, More ster, ligdraer, skynende een (Jes. 14:12).
10. Belial – Waardeloos, pervers, wetteloos (1 Sam. 30:22; 2 Kor. 6:15; 1
Sam. 10:27; 2 Sam. 23:6).
11. Die vyand – Hater, vyandigheid (Mat. 13:39).
12. Die Verleier – Verlokker (Mat. 4:3; 1 Tess. 3:5; 1 Kron. 21:1; 1 Kor.
7:5).
13. Die Bose een – (Mat. 13:19, 38-39; 1 Joh. 5:18-19; 3:12).
14. Engel van lig – (Luk. 10:18; 2 Kor. 11:13-15).
15. Aanklaer van die broeders – Een daarteen, een maak beskuldiging.
(Open. 12:10; met Job 1:6-7; 2:1-2, Sag. 3:1).
16. Antichris – Die een wat oor is en teen Christus is. Gees van die
antichris (1 Joh. 2:18-22; 4:1-4; 2 Joh. 7).
17. Teëstander – Die vyand, die teëstander ( 1 Pet. 5:8).
18. Moordenaar – Doodmaker, vernietiger van lewe (Joh. 8:44).
19. Leunaar – (Joh. 8:44).
20. Sondaar – (1 Joh. 3:8).
21. Abaddon of Appollion – Vernietiger. (Open. 9:11).
22. Brullende leeu – (1 Pet. 5:8).
23. Wolf (Joh. 10:12).
24. Dief – Een wat subtiel steel (Joh. 10:10; Luk. 8:12).
25. Bose een – Maak seer, bose een (Mat. 13:19).
26. Voëlvanger – Iemand daarop uit om te vang en te
verstrik (Ps. 91:3).
27. Koning van ‘n koninkryk (Mat. 12:26-29; Hand. 26:18;
Kol. 1:13).
28. Engel van die bodemlose put (Open. 9:11).
29. Leviatan – Groot waterdier (Jes. 27:1).
30. Seun van verderf – (2 Tess. 2:1-12).
210
D. Sy aktiwiteit
Nadat al die verwysings na satan se aktiwiteite in die Skrif nagegaan is, word
dit duidelik dat die meerderheid daarvan verwys na sy krag en werk wat
rondom misleiding sentreer. Dit moet verstaan word dat satan se aktiwiteite
deur God beperk word. Veral wat betref God se kinders. Dit word duidelik
gesien in die ervaring van Job en hoedat satan teen sy persoon, huishouding
en besittings aanvalle geloods het. (Job 1-2 met Luk. 22:31; 1 Kor. 5:5; 1
Tim. 1:20). Alhoewel satan magtig is, is hy nie almagtig nie; alhoewel hy slim
is en baie weet, is hy nie oral oor nie, alhoewel hy baie krag het, is dit beperk.
Hy is ook nie alomteenwoordig nie; hy is aan God se ketting en kan slegs
sover gaan as wat God hom toelaat om die mens aan te tas
Die aktiwiteite van satan kan in sewe hoofgroepe geplaas word:
1. Versoeking
Hierdie Skrifte toon hoedat Christus, gelowiges en die mensdom oor die
algemeen, versoek is. Hy is die verleier. (Mat. 4:1-11; Mark. 1:13;
Luk. 4:1-13; 1 Kor. 7:5; Joh. 14:30; 1 Joh. 5:18).
2. Sonde.
Hy het die rebellie teen Goddelike outoriteit begin (1 Joh. 3:8; Efes.
2:2).
3. Misleiding
Die grootste mag van satan is misleading. Sy eerste wapen in die Tuin
van Eden misleiding. Dit is ook die wapen, wat hy in hierdie laaste dae
teen die nasies van die aarde gebruik om hulle te mislei.(Gen. 3:1-4,
13; 2 Kor. 11:3; 1 Tim. 2:14; 2 Kor. 11:13-15; Joh. 8:44; 2 Tess.
2:9-10; Open. 13:14; Hand. 13:10; Open. 12:9; 20:2-10; 2 Kor.
2:11; Efes. 6:11; Hand. 5:3; 1 Tim. 5:15; 1 Joh. 2:22; 4:1-6; 2
Joh. 7; 1 Tim. 3:7; 2 Tim. 2:26; Open. 2:9, 24; 3:9).
4. Beskuldiging
Satan slinger gedurig sy beskuldigings teen die heiliges, maar die
gelowige kan God dank dat hy n Advokaat, Jesus Christus het wat
namens hom intree (Open. 12:10; Job 1:2; Sag. 3:1-2).
5. Teistering
Hy teister fisies en verstandelik (1 Kor. 5:5; Luk. 13:16; 2 Kor. 12:7).
6. Teenkanting
Satan en sy magte is gewikkel in ‘n groot geestelike oorlog teen God en
Sy Koninkryk. (1 Kron. 21:1; Hand. 10:38; Open. 2:10; 12:13,17; 1
Tess. 2:18; 1 Pet. 5:8; Open. 12:4; 2 Tim. 2:25-26).
7. Dood
Dood is die grootste mag wat deur satan gemanifesteer word, maar
Jesus het die dood oorwin tydens Sy Opstanding. (Heb. 2:14; Judas
9; 1 Joh. 3:12; Joh. 8:44).
211
E. Sy namaaksel
Die mens is van nature godsdienstig. Hy is geskape om te aanbid. Indien hy
nie die Ware en Lewende God deur die krag van die Heilige Gees aanbid nie,
wend hy hom dikwels na die namaaksel. Hy aanvaar ‘n ander vorm van
godsdiens en aanbid die god van hierdie wêreld met behulp van bose geeste.
Vir hierdie doel het satan ‘n volledige nagemaakte godsdiens. Toe satan gesê
het “Ek sal soos God wees” (Jes. 14:12-14), het hy nie bedoel dat hy soos
God in karakter en heiligheid sou wees nie, maar hy wou soos God, in die sin
van onafhanklikheid, wees. Hy wou God wees en wou soos God, aanbid word.
Hy het dus ‘n mededingende godsdiens daargestel, ‘n algehele
namaaksel van alles wat God is en doen. Die wyse waarop hy God
nagemaak het, kan in die volgende lys waargeneem word:
1. Satan het ‘n troon (Open. 2:13).
2. Satan het groot dieptes van leerstellings. (Open. 2:24; 1 Tim. 4:1; 1
Kor. 2:10).
3. Satan het ‘n sinagoge (Open. 2:9; 3:9).
4. Satan het ‘n tafel van gemeenskap (1 Kor. 10:21).
5. Satan het mense wat by sy altaar offer (Deut. 32:17; 1 Kor. 10:20)
6. Satan het ‘n nagemaakte beker (1 Kor. 10:21).
7. Satan gee sy leerstellings aan mense wat dit moet toepas. (1 Tim. 4:1)
8. Satan self is soos ‘n engel van lig (2 Kor. 11:14).
9. Satan het sy boodskappers, demone en mense. (2 Kor. 11:13).
10. Satan het ‘n koninkryk (Mat. 12:26).
11. Satan doen nagemaakte wonderwerke, tekens en wonders (Open.
16:14; Eks. 7:11-12).
12. Satan het vals apostels, profete en leraars (2 Kor. 11:13-14; 2 Pet. 2:1;
Mark 13:22; Mat. 13:28).
13. Satan het ‘n stad, Geheime Babilon, om teen die stad van God, die
Nuwe Jerusalem, te staan (Open. 17:5).
14. Satan het ook ‘n hoer-kerk om die Bruid van Christus na te maak
(Open. 17:5).
15. Satan en sy demone wil aanbid word (Lev. 17:7; Deut. 32:17; 2
Kron. 11:15; Ps. 106:37; 1 Kor. 10:20; Open. 9:20; Mat. 4:8-10).
16. Satan het sy vals christus, die mededinger van God se Christus
(1 Joh. 2:18-22).
17. Satan maak die openbaring van die Godheid, in sy sataniese
drie,( in Open. 13) na: die Dier (Anti Vader); die antichris (anti
Seun) en die vals profeet (anti Gees). (Open. 16:13-14; Joh.
5:43).
18. Satan se “verborgenheid van ongeregtigheid” is die namaaksel van
God se “Misterie van Goddelikheid” (2 Tess. 2:7met 1 Tim. 3:16).
19. Satan wil menslike liggame gebruik as tempels vir sy demoniese
geeste, net soos God in menslike liggame wil woon deur Sy Gees
(Joh. 13:27 met 1 Kor. 6:19).
20. Satan seël sy volgelinge met ‘n naam op die voorkop, wat die
namaaksel is van God se Naam op die voorhoofde van Sy Volk.
(Open. 13:16 met 7:1-3).
212
F. Sy oordeel
God kon vir satan en die sondige engele vernietig het die oomblik toe hulle
gerebelleer het. In Sy unending wysheid, het Hy topgallant dat die sonde, as
getuie van al sy afbrekende vrug te, sy afskuwelike verloop neem. Dit is
duidelik dat God , in Sy groter plan, Satan op ‘n progressiewe wyse behandel.
Daar is sewe stappe waarin die oordeel van satan voltrek word:
1. Die oomblik toe hy gesondig het, is hy vanuit die Paradys, m.a.w. uit die
derde hemel, waar die onmiddellike teenwoordigheid van God is, gewerp
word. (Jes. 14:15; Eseg. 28:16; Luk. 10:18).
2. Hy is in Eden se aardse Paradys veroordeel toe hy vir Adam en Eva laat
sondig het. (Gen. 3:14-15). Hy het onder die onherroeplike en ewige vloek
van God gekom.
3. Hy is deur Christus aan die Kruis van Golgota oorwin. (Joh. 12:31; 16:11;
Heb. 2:14; 1 Joh. 3:8).
4. Ná die mate wat die Kerk die menslike raspberry wat as satan se
gevangenes aangehou word, word hy en sy menigtes verslaan. (Mark.
16:15-20; Hand. 26:18; Rom. 16:20).
5. Tydens die overdrinking aan die einde van die tye, sal satan en sy engele
uit die hemele na die aarde energizer word. ’n Oorlog onder die engele in
die hemele sal to die uitwerping lei. (Eseg. 28:17; Efes. 2:2; 6:12;
Open. 12:4-13).
6. Tydens die tweede koms van Christus sal satan vir ‘n duisend jaar van die
aarde in die bodemlose put gewerp word.(Open. 20:2-3).
7. Vir ‘n kort tydjie sal hy uit die bodemlose put bevry word. Daarna sal hy in
die meer van vuur en swael gewerp word. Dáár sal hy tot in alle weighed
bly. . (Open. 20:10; Jes. 14:15; 27:1; Mat. 25:41). Die ewige oordeel op
satan sal ook dieselfde vir sy leërmagte e n alle mense wie gekies het om
hom gedurende hul lewe op aarde te dien, wees.
III. BOSE GEESTE – SATAN SE DIENAARS
Daaar is ‘n groot leermag van bose geeste waat onder satan se beheer staan.
In die Skrif word hulle engele, outoriteite, owerhede, magte, heersers van
duisternis, bose geeste en demone genoem. (1 Pet. 3:22; Efes. 6:12; 1:21;
3:10; Rom. 8:38; Titus 3:1; Kol. 2:5,10; Dan. 10:13, 20-21; Luk. 22:53;
Kol. 1:13). Hierdie titels praat van verskillende range en vlakke van
outoriteit in satan se koninkryk. Die Skrif onderskei tussen gevalle engele
en demoniese magte maar Bybelstudente meen dat al die titels na dieselfde
wesens verwys.
213
A. Gevalle engele
Daar is engele in die koninkryk van duisternis wat as satan se boodskappers
funsioneer. (Ps. 79:49; Open. 12:7-9; Rom. 8:38). Dit is duidelik dat met
satan val, ‘n groot hoeveelheid engele saam met hom geval het – hulle wat
satan se wil bó die wil van God verkies het. In die Skrif word na hulle as
gevalle engele, verwys. In Open. 12:4 lees ons dat een derde van die engele
saam met satan uitgewerp is.
Petrus vertel aan ons dat God nie sekere engele wat gesondig het, gespaar
het nie, maar hulle die hel neer gewerp is. (Grieks “Tartarus”). (2 Pet. 2:4).
Judas vertel ons ook van engele wat hul oorspronklike woonplek verlaat het en
nou op verskeie plekke op die aarde in kettings gebind is, terwyl ander engele
los is. (Open. 9:14-15; 2 Pet. 2:4), en dat hulle in staat is om hulself as
engele van die lig voor te doen. (2 Kor. 11:14-15). Satan en sy engele sal
uiteindelik deur Migael en sy engele uit die hemel gewerp word.(Open. 12:79). Die heiliges sal ook die engele oordeel (1 Kor. 6:3). Laastens sal die
duiwel en sy engele in die Meer van Vuur gewerp word (Mat. 25:41; 2 Pet.
2:4; Judas 6).
LET WEL: Bybel navorsers is oor die spesifieke sonde van die engele
verdeeld soos dit in Petrus en Judas genoem word. Die navorsers is ook oor
die tyd, wanneer dit plaasgevind het, verdeeld.
1. Dat hierdie engele saam met satan in die ewige verlede geval het en nie
tevrede was om in hul Godgegewe posisies en verantwoordelikhede
aan te bly nie. Aangevuur deur hoogmoed, het hulle satan in sy rebellie
gevolg. Vir hierdie sonde is hulle in Tartarus neergewerp en wag nou vir
die Dag van Oordeel waarna hulle in die ewige Meer van Vuur saam
met hul leier, gewerp sal word. (2 Pet. 2:4; Judas 6; Mat. 25:41).
2. Dat hierdie engele die “seuns van God” was wat saam met die
“dogtervan die mense” gewoon het. ‘n Onnatuurlike naggeslag van
reuse het gevolg (die Hebreeuse woord vir reuse is “nephilim” wat
“gevallenes”, beteken.
Gen. 6:1-4; Num. 13:1-33). Dit word gesê dat dit die “vreemde vlees” was
waarvan in 2 Pet. 2:4 en Judas 6 gepraat word. Die engele sou hul
woonplek in die hemel verlaat het en op aarde menslike liggame vir hierdie
afstootlike sondes, ingénue het.
Die hoof besware teen laasgenoemde teorie, is dat Jesus gesê het dat
engele nie mag trou of in die huwelik uitgegee sal word nie (Luk. 20:35-36;
Mat. 22:30; Mark. 12:25). Diegene wat die eersgenoemde teorie
aanhang, verduidelik ter verdediging van teorie no. 2, dat “die Seuns van
God” die seuns van Set was, die goddelike lyn, wat met “die dogters van
mense” of die ongoddelike lyn van Kain, ondertrou het. Die student word
na daardie werke wat meer volledig met beide teorieë handel, verwys.
214
Na aanleiding van hierdie teksvers, is dit voldoende om te weet dat sekere
engele nie gesondig het nie. Wat ookal plaasgevind het, hierdie engele is
gebind en word in Tartarus, vir die Groot Wit Troon oordeel, aangehou.
Ander engele is los en gaan steeds op die aarde voort met hul werk.
B. Demoniese geeste
Aangaande die oorsprong van demoniese geeste, is die drie primêre sienings
as volg:
1. Dat hulle engele is wat saam met satan geval het, sommige is gebind,
andere weer, is ongebind. (Ps. 78:49).
2. Dat hulle almal geeste uit ‘n pre-Adamiese geslag, sonder liggame is, óf
hulle kon van ‘n ander soortgelyke skepping wees wat ook soos satan en sy
engele, geval het.
3. Dat hulle in Noag se dae, vóór die sondvloed, die geeste is van die
onnatuurlike nageslag van engele (die seuns an God) wat met die vroue
verkeer het. (Gen. 6:1-6).
Alhoewel die Bybel nêrens hul oorsprong spesifiek aandui nie, wys dit tog dat
hulle werklike persoonlikhede is wat in staat is om te dink, doen en te praat, en
veral begeer om aan hulself d.m.v. die mens uitdrukking te gee. Die verskil
tussen demone en gevalle engele blyk te wees dat gevalle engele nie daarna
soek om ‘n menslike liggaam te betrek nie, terwyl demoniese geeste dit wel
doen. Dit is selfs vir hulle moontlik om in diere se liggame te woon om hul
afbrekende aard te laat manifesteer. (Mark. 5:1-20; Mat. 8:29; Joh. 13:27).
Die twee woorde wat die meeste in die Nuwe Testament gebruik word, is
“dowels” en “geeste” en dit word gebruik om na demone te verwys. Die
Griekse woord “daimon” of “daimonion” word ook as “duiwe l” of “duiwels ”
vertaal.(Mark. 1:34; 16:17; Luk. 9:1; 10:17; Jak. 2:19; 1 Kor. 10:20-21;
Mat. 9:33-34). Die Griekse woord “pneuma” word as “gees” vertaal en word
vir die Heilige Gees, die mensgees óf bose geeste, gebruik. Dit moet onthou
word dat daar slegs een duiwel is, maar talle demoniese geeste van eenderse
aard en karakter. Hierdie bose geeste is almal onder beheer van satan.
Die Skrf dui op die volgende dinge aangaande demoniese geeste:
1. Hulle is wesentlike persoonlikhede
Demoniese geeste besit al die karaktertrekke van werklike persoonlikhede.
Hulle besit beide ‘n wil én ‘n intelligensie en tree volgens hul bose aard op.
(Mat. 8:29-31; Luk. 4:35, 41; Jak. 2:19).
2. Hulle is geestelike wesens
Net soos God ‘n geestelike wese is en satan en sy engele ook geestelike
wesens is, só is demone ook. Hulle is dus onsigbaar, onstoflik, alhoewel hul
aard en karakter dikwels deur mense gemanifesteer word (Mat. 8:16; Luk.
10:17, 20; Mat. 17:18; Luk. 9:38-42).
215
3. Hulle is satan se dienaars
Toe hulle besluit het om saam met satan te rebelleer, het hulle sy slawe
geword. Hulle was verplig om sy wil te doen. Eintlik was dit satan se keuse
maar deur hul eie gewilligheid, het hulle sy slawe geword. (Mat. 12:22-30).
4. Hulle is talryk
By een geleentheid het ‘n demoon aan Jesus erken dat sy naam Legio was,
want “ons is baie” (Mark. 5:9; Luk. 8:30; Mat. 12:26-27). Soos God legioene
van goeie engele het wat Sy bevel gehoorsaam, so het satan legioene van
demoniese geeste wat op sy bevele reageer.
5. Hulle word gesimboliseer
Soos God en Sy Koninkryk aan baie simbole geken word, word satan en sy
magte ook deur verskeie dinge gesimboliseer.. Elke simbool bring een of
ander aspek van hul natuur na vore.
a.
b.
c.
d.
e.
f.
Soos voëls van die lug (Mat. 13:4, 19).
Soos onrein voëls in ‘n hok (Open. 18:1-3).
Soos onrein paddas (Open. 16:13-14).
Soos sprinkane uit die bodemlose put (Open. 9:1-10).
Soos ‘n weermag van perde en ruiters, maar met leeukoppe en
slangsterte, waarmee hulle mense teister. (Open. 9:16-19).
Soos slange en adders (Luk. 3:7).
C. Hul aard
Daar is ’n groot verskeidenheid van demoniese geeste onder satan se beheer.
Hul name dui op hul bose werk, wat soos dié van hul leier, dieselfde is.
Demone is geheel en al, sowél as op morele gebied, in hul karakter afgetakel.
Dit wil voorkom asof daar verskillende grade van boosheid in hulle is.
(Mat. 12:22-30).
1. Duiwels – bose geeste of dienaars van die duiwel (Lev. 17; Deut. 32:17;
Mark. 1:34; 16:17).
2. Bose geeste (Rigt. 9:23; 1 Sam. 16:14, 23; Luk. 7:21; 8:2; Hand.
19:1213; Mat. 15:22; Hand. 5:16; Deut. 32:17).
3. Onrein geeste – hierdie benaming word o ngeveer 21 keer gebruik om hul
onrein natuur te beskryf. (Sag. 13:2; Mat. 10:1; 12:43; Mark. 1:23-27;
Hand. 8:7; Open. 16:13).
4. Stom geeste (Luk. 11:14; Mark. 9:17; Mat. 9:32-34).
5. Blinde en stom geeste (Mat. 12:22).
6. Doofstom geeste (Mark. 9:25).
7. Vuil geeste (Open. 18:2; Mark. 9:25).
8. Leuengeeste (1 Kon. 22:22,23; 2 Tess. 2:9-12).
9. Gees van krankheid (Luk. 13:11).
10. Gees van Waarsêery – Gees van Luislang of fortuinvertellery
(Hand. 16:16; 8:9).
11. Verleidende geeste –Godsdienstige geeste wat vals doktrines
bring, doktrine van duiwels (1 Tim. 4:1).
216
12. Geestelike gekrenktheid/ Gees van kranksinnigheid - Epileptiese en
selfmoord geeste (Mat. 17:15-18; Mark. 9:14-29).
13. Antichris geeste (1 Joh. 4:3).
14. Gees van Hoerery (Hos. 4:12).
15. Gees van die wêreld (1 Kor. 2:12).
16. Gees van dwaling (1 Joh. 4:6).
17. Gees van vrees (2 Tim. 1:7).
18. Perverse gees (Jes. 19:14).
19. Familiêre gees (1 Sam. 28:7-8).
D. Hul aktiwiteite
Die aktiwiteite van demoniese geeste as satan se dienaars, word die beste in
Joh. 10:10 opgesom – “Die dief kom om te steel, slag en verwoes”. Hierdie
geeste val die mens geestelik, moreel, verstandelik, fisies en emosioneel aan.
Die volgende is ‘n lys van die dinge wat demone, onder beheer van satan,
doen:
1. Hulle weerstaan God se dienaars (Mat. 13:19; 2 Kor. 4:4).
2. Hulle verdraai die Woord van God en probeer om die werking en
verspreiding van die Evangelie te verhinder.(1 Tess. 2:18).
3. Hulle hou hul gevangenes vas. (2 Tim. 2:26; 1 Tim. 3:7).
4. Die gedagtes van ongelowiges verblind hulle.(2 Kor. 4:4).
5. Onkruid word tussen die graan gesaai. (Mat. 13:39).
6. Mense word deur hulle verlei. Die Griekse woord “planos” wat as “verlei”
vertaal word, beteken “rondswerf “(soos boemelaars) Hulle is eintlik indringers
en misleiers. Hulle probeer om ander van die pad af te trek; probeer om
verkeerd te lei, te verlei, te versoek en te verrot. ’n Misleidende gees
veroorsaak dat mense ’n obsessie met ’n valse begrip óf ’n onewewigtige leerstelling ontwikkel. (1 Tim. 4:1; Mark. 13:22; 1 Joh. 2:26
7. Allerlei probleme word deur hulle aan mense besorg. (1 Sam. 16:14). Die
Hebreeuse woord vir “moeilikheid” beteken: “om bang, bevrees of verskrik te
maak”. Dit beteken verstandelike teistering wat verwarring, ongemak en
molestasie, insluit. (1 Kron. 10:13,14).
8. Hulle onderdruk mense (Hand. 10:38). Die Griekse woord
“katadunasteuo ” beteken “om heerskappy oor iemand uit te oefen, om liggaan
en verstand swaar te belas.”
217
9. Hulle treiter mense. Die Griekse woord “pascho” behels dat iemand
sensasies of indrukke (gewoonlik pynlik), gevoelens, passies en lyding ervaar.
Die woord “treiter” beteken ook om “te omsingel, molesteer, aan te val” of “om
aan die hand van iemand anders te ly, om pyn te ly of te ervaar”.
(Mat. 15:22; 17:15; Luk. 6:18; Hand. 5:16).
10. Hulle bind mense (Luk. 13:16). Die Griekse woord “deo” beteken “om
vas te maak, te beperk, (veral deur toue om te bind)”. Die vrou in Luk. 13 was
gebind met artritis en moes in haar fisiese liggaam losgemaak word. (Dit
behoort herken te word dat alhoewel fisiese siektes wel deur demone
veroorsaak kan word, dit nie die reël is nie).
11. Hulle mislei mense. (Open. 12:9; Mat. 24:4,5, 11:24).
12. Hulle kom in besit van mense. Die Griekse woord “daimonizomai”
beteken “om deur ‘n demoon beheer te word (deur hom getreiter of besit te
word)”. Dit beteken dat ‘n bose gees as die eienaar, ‘n persoon kan besit, óf
hy kan in die mens se liggaam inwoon. Dit is inwonende beheer. Wanneer ‘n
mens deur ‘n demoon besit word, het die mens onder sy mag en beheer
gekom. Die demoon sal sy liggaam bewoon en sal die fakulteite van die mens
volgens sy wil beheer. In sulke gevalle word waansin, verlamming,
doofstomheid en blindheid veroorsaak en die mens word in staat gestel om
fortuin te vertel. Demone soek mense óf diere se liggame om, indien moontlik,
te bewoon. Hulle haat dit om onge”klede” of ontliggaamde wesens te wees.
(Mat. 4:24; 8:16, 28-34; Mark. 5:1-20; Luk. 8:26-40; Mat. 9:32,33; 12:22;
15:21-28; Mark. 7:24-30; Mark. 1:32; 9:14-29; Luk. 4:33-35; Hand. 8:7;
16:16). Geen ware wedergeborene kan deur demone besit wees nie, omdat
die Heilige Gees in die gelowige se gees woon.
13. Hulle teister mense. (Open. 9:1-11; 16:13-14). Hul
teistering is soos die pynigende steek van ‘n sprinkaan.
14. Hulle slaan, stamp en stoot mense. (2 Kor. 12:7). Dit
beteken “om te slaan met hou na hou; te boks, te klap en om
teen te veg“.
15. Hulle weerstaan mense. (Sag. 3:1-3). Dit beteken: ”teëstaan“, in opstand
kom én as as ‘n vyand teenoor iemand anders optree.
E. Hul Oordeel
Die Skrif openbaar dat bose geeste dieselfde oordeel as dié van satan sal hê.
Dit neem, net soos syne, toe en só word die hoogtepunt ter selfdertyd bereik.
Deel van hul oordeel is dat hulle oorwin en uitgeklee sal word (Kol. 2:15); aan
Christus onderwerp sal wees (1 Pet. 3:22); nie gespaar sal word nie maar na
die hel neergewerp sal word; in kettings van duisternis oorhandig sal word om
vir die oordeel te wag(2 Pet. 2:4); in ewigdurende kettings in duisternis gehou
sal word tot die groot oordeelsdag (Judas 6); saam met satan uitgewerp sal
word (Open. 12:9); én in die ewigdurende vuur gewerp gaan word (Mat.
25:41).
218
IV.
DIE OKKULTE
A. Praktyke van die Okkulte
Die mens word soms bewus van baie demoniese aktiwiteite in die geestesryk.
Onder gewone omstandighede egter, sit hulle hul lewe voort sonder om juis ag
daarop te slaan. Die mens het ná die sondeval en gevolglike skeiding van God
beger om weer met die geestesryk in verbinding te tree. Satan het vir daardie
behoefte voorsiening gemaak deur vir veelvuldige weë na die wêreld van
spiritisme én die okkulte, te skep. Alle okkulte praktyke is satan se nagemaakte
middele van kommunikasie. In hierdie laaste dae, net soos daar toenemende
aktiwiteite van die Gees van God is, is dit ook so dat satan sy aktiwiteite van
demoniese geeste laat toeneem. Hy boots die werkinge van die Heilige Gees
na en en weerstaan dit ook. Die volgende lys van okkulte aktiwiteite word in
twee dele verdeel: dié wat spesifiek in die Bybel genoem word en ander wat in
hierdie moderne tyd plaasvind.
1. Towenaars (Gen. 41:8; Eks. 7:11). Sterrewiggelaars
(trek tower lyne of sirkels), bekoorders, waarsêers,
astroloë.
2. Wyse manne (Eks. 7:11). Maak aanspraak op
bonatuurlike wysheid vanuit die onsigbare realm.
3. Waarsêers (Deut. 18:10; Hand. 16:16). Om waar te
sê of iets vas te stel d.m.v. lootjie of towerrol.
4. Waarnemer van tye (Deut. 19:10). Om te broei oor,
agteraf te wees, beoefen towery, beoefen waarsêery volgens die
voorkoms van die wolke.
5. Gaan deur die vuur (Deut. 18:10; Lev. 18:21). Kinders toegewy aan
Molech deur ‘n vuurdood.
6. Bekoorder (Deut. 18:10). ‘n Sisser, fluisteraar, mompelaar van
towerspreuke en towerspele.
7. Heks (Deut. 18:10). Heksery (Gal. 5:20; Eks. 22:18; Lev.
22:18;
Lev. 20:27; 2 Kron. 33:6). Om ‘n towerspreuk te fluister,
towery te beoefen.
8. Toorder (Deut. 18:10). Om te fassineer, ‘n towerspel te plaas.
9. Raadpleër van familiêre geeste.
Raadpleër van demone (Deut. 18:10). Waarsêery (Lev. 20:27; Deut.
18:11; 1 Kron. 10:13; Jes. 8:19-20; Jes. 19:3; 29:4). Iemand wat
direk met demone gemeenskap en kommunikasie het – hulle
verpersoonlik geeste wat met ‘n gestorwe persoon se lewe bekend is en
die agterblywendes word sodoende mislei.
219
10. Towenaar (Deut. 18:11). ‘n Goëlaar, voorspeller. Kan inligting verskaf
d.m.v. die geeste wat gekontak word (Lev. 19:31; 20:6, 27; 1 Sam.
28:3,9; 2 Kon. 21:6; 23:24).
11. Geestesbesweerder (Deut. 18:11). Oproeper van die dooies,
raadpleeg die dooies vir raad en inligting.
12. Astroloë, sterrekykers, maandelikse voorspellers (Jes. 47:13).
Sterrewiggelaars, bestudeer die sterre om gebeure op die aarde te
voorspel.
13. Waarsêers (Jes. 2:6; Dan. 2:27). Vertel van toekomstige gebeure
deur die voorkoms van die wolke.
14. Toordokters
1) Ou Testament (Eks. 7:11; Dan. 2:2). Beoefenaar van verborge
kunste, towenaar. Om ‘n towerspreuk te fluister, bekoorder.
2) Nuwe Testament (Grieks “pharmakeus” waarvandaan ons die woord
‘pharmacy’ kry). Open. 9:21; 18:23; 22:15; 21:8. Bekoorder met
dwelms. Die vervaardiger en gebruiker van dwelms.
Ons moderne dag Okkulte Lys
Die woord “okkulte” is ‘n woord wat beteken – “om weg te steek, versteek of
verborge dinge”. Net soos Jes. 2:6 praat van Israel wat vanuit die Ooste
aangevul is met Oosterse godsdiens filosofieë en okkulte praktyke, so kan ons
vandag dieselfde sien gebeur.
1. Astrale projeksie – gedeeltelike of algehele skeiding van die siel en
sielsreise.
2. Wiggelary – fortuinvertellery d.m.v. die uitlê van voorbodes, ens.
3. Geestes verskyning – verskyning van ‘n ontliggaamde gees of spook.
4. Talisman (gelukbringer) – ‘n voorwerp met klaarblyklike towerkrag.
5. Astrologie – fortuinvertellery gebaseer op ‘n waarskynlike invloed van
die posisie van die son, maan, sterre en plante.
6. Apport – die verskyning en/of verdwyning van fisiese voorwerpe.
7. Outomatiese skrif – woorde wat geskryf word sonder ‘n deurdenkte of
bewuste poging.
8. Bloed eed – ‘n kontrak geteken met satan in die persoon se eie bloed.
9. Swart Mis – gevier ter ere van die duiwel.
10. Betowering of Towery – die gebruik van towery, pogings om geestes
krag te gebruik.
(a) Helderhorendheid – Spiritualistiese fakulteit in die hoor van
stemme wat normaalweg nie gehoor kan word nie.
(b) Heldervoelende – Spiritualistiese diagnose van siektes sonder
die wetenskap.
(c) Heldersiendheid – Onderskeiding van dinge wat nie
normaalweg teenwoordig is in die sintuie nie.
11. Heksevergadering – ‘n Gemeenskap van hekse: 6 mans, 6 vroue, 1
hoëpriester.
220
12. Kristalbal – Fortuinvertel deur na ’n bal, spieël of kristal te staar.
13. Kosmologie – Studie van die orde van die heelal.
14. Kaartlêery – Fortuinvertel d.m.v. kaarte, verwant aan Tarot.
15. Handlesery – Word ook palmlesery genoem.
16. Besweer – Soos in geestes oproeping.
17. Waarsêery – ‘n ander naam vir fortuinvertellery.
18. Geestes uitdrywing – die uitwerp van geeste.
19. Epistemologie – Studie van kennis.
20. Ektoplasma – onbekende stof wat uit die liggaam van ‘n medium sypel.
21. ESP – Ekstra Sensoriese Persepsie – ‘n sintuig of sintuie meer as die
normale 5 (smaak, aanraak, reuk, sig, gehoor), wat kennis deurgee.
22. Fetisj – Geestelike beliggaming in ‘n natuurlike voorwerp, bv. klip,
boom, pop, ens.
23. Gnostikus – Persoon / groep wat glo dat slegs hulle oor die regte en
akkurate kennis / data beskik.
24. Agnosties – Nie vir of teen geloof in God nie; die mens kan nooit die
bestaan van God vir seker weet, bewys of nie bewys nie.
25. Hipnose – Suggestie in hipnotiese toestand of beswyming.
26. Horoskoop – Verwys na Waarnemer van Tye. Astrologie, studie van
ster tydens geboorte, waardeur hulle gebeure in ‘n persoon se lewe kan
voorspel.
27. Waterlesery – Waarsêery deur na beelde in water te kyk.
28. Hepatoskopie – Ondersoek van die lewer van sekere offerdiere en die
vertolking daaruit word gebruik as leiding.
29. Towerspreuk – ‘n Towerspreuk of gelukbringer gebruik in of as ‘n deel
van tower ritueel.
30. Incubus – ‘n Manlike demoon wat seksuele omgang met mense het.
31. Succubus – ‘n Demoon wat ‘n vroulike vorm aanneem met die doel om
seksuele dade te pleeg.
32. Kabbalah – Mistieke liggaam van wet, gebaseer op okkulte vertolking
van die Ou Testament.
33. Levitasie – Die opstyging van fisiese liggame, tafels wat sweef;
bonatuurlike krag wat swaartekrag oorkom.
34. Magi – Magi, Towery, Towenaar. Priesterklas van Mede en Perse, het
offerandes gebring, drome en voorbodes uitgelê, en bekend met alle
moderne en antieke kunste van spiritisme.
35. Towery – die gebruik van towerspreuke, beswerings, heksery.
36. Manifestasie – manifestasie is ‘n openbaarmaking van ‘n demoon.
37. Meditasie – (Boos) – ‘n Passiewe toestand van die verstand, oop vir
geestelike magte, namaaksel, latente “ego” van binne en maak ‘n selfredder.
38. Mesmerisme – (Hipnotisme) – Genees hoofsaaklik siektes d.m.v.
towerspreuke of rituele.
39. Verstands bewustheid (Dinamika) – Nuwe en hoër vlakke van
bewustheid in passiwiteit.
40. Medium - ‘n Okkulte werker wat liggaamlike huisvesting aan
geestebied.
41. Metafisika – Studie van kennis en orde van die geestes wêreld; magte
meer as ons normale 5 sintuie.
42. Numerologie – ‘n Okkulte praktyk wat getalle uitlê vir fortuinvertellery.
221
43. Ouija Bord – ‘n Bordspel met letters van die alfabet daarop – ‘n
instrument ontwerp om met geeste van gestorwenes te kommunikeer.
44. Voorbode – ‘n Waarneembare gebeurtenis of aksie aangaande die
toekoms.
45. Orakel – “Plek van spraak” – ‘n Medium wat ‘n openbaring of boodskap
vanuit die bonatuurlike bring.
46. Ontologie (wesensleer) – Studie van magte wat verder as die vyf
sintuie strek.
47. Parapsigologie (PSI) – Veral die studie van demoniese aktiwiteit.
48. Psigografie – Die gebruik van hartvormige bord met die ouija bord vir
geestelike boodskappe.
49. Pendulum – Stok of fortuinvertellery om voorwerpe wat onsigbaar is, te
kan sien.
50. Handpalmlees – Waarsêery d.m.v. analise van lyne, vorms, ens. op die
menslike hand.
51. Piramidologie – Mistieke kragte verbind met modelle van die Piramide.
52. Psigo analise, Psigies – Outomatiese handskrifte, self-hipnose,
visioene, drome, beswymings, ens.
53. Psigo kinesis – Beweeg voorwerpe d.m.v. die gedagtes en verstand;
“Mind over matter”. Psigies: van die verstand.
54. Skedelleer – Waarsêery / analise gebaseer op die oneweredighede
(knoppe en duike) en bou van die skedel.
55. Para psigologie – Tak van psigologie wat handel met ondersoek van
psigiese verskynsel, bv. heldersiendheid, ESP, telepatie, ens.
56. Voorkennis – Voorkennis van die plaasvind van gebeure wat nie met
bestaande kennis vasgestel kan word nie.
57. Verskynsel – ‘n Gebeurtenis of geleentheid wat gewoonlik beskou word
as van buitengewone aard.
58. Reinkarnasie – Die oortuiging dat lewende wesens wat oor onsterflike
siele of geeste beskik, hergebore word in die vorm van ‘n ander
lewende wese. Die oortuiging dat die siel, wanneer die liggaam sterf,
terugkom na die aarde in ‘n ander liggaam.
59. Wateraanwysing – Gooi stokke in die lug – vertolk dan voorbodes uit
die manier waarop dit geval en bly lê het.
60. Stigmata – Wonde wat bloei of nie bloei nie.
61. Seance – ‘n Ontmoeting van spiritiste of spiritualiste.
62. Satanisme – Aanbidding van, of godsdienstige alliansie met satan.
Sataniese kerke.
63. Toordoktery – Vorm van toordery wat probeer om geeste te beheer of
te stuur.
(a) Spiritisme – oortuiging dat mediumistiese verskynsels deur
geeste veroorsaak word.
(b) Spiritualisme – Spiritisme in ‘n godsdienstige konteks.
64. Stigomansie – Fortuinvertellery d.m.v. toevallige verwysing na boeke of
die Bybel.
65. Transmigrasie – Hindoe doktrine gelykstaande aan reinkarnasie, maar
glo dat die gestorwene se siel na die aarde kan terugkeer in die liggaam
van ‘n slak, krap, mier, mens, ens.
222
66. Telepatie – Vorm van ESP: Grieks, “indrukke vanaf ‘n afstand”.
Gedagte lesery, kommunikasie. Kommunikeer met ander op ‘n afstand,
behels verstandlesery.
67. Beswyming – Vorm van ESP: Grieks “’n toestand waarin bewustheid
en alle natuurlike sintuie weerhou word” – die siel word ontvanklik slegs
vir ‘n spesifieke visioen.
68. Oordraging – Proses van ‘n inwonende gees wat een liggaam verlaat
en ‘n ander betrek.
69. Talismans – Waarsêery d.m.v. gelukbringers.
70. Towenaar – Iemand toegewy aan swart magie of toordery.
71. Heks – ‘n Man of vrou wat okkulte magte gebruik vir wat hulle as goeie
of bose doele beskou.
72. Manlike heks – ‘n Heks aan wie swart magie gegee is in ruil vir ‘n
verbond met die duiwel.
73. Joga – fisiese oefeninge ontwerp om iemand in staat te stel om beheer
oor liggaamlike prosesse te verkry.
74. Zodiac – ‘n Denkbeeldige gordel van die hemele wat insluit die paaie
van die son, maan en planete met 12 konstellasies.
Hierdie en ander is almal gebiede va n demoniese aktiwiteite. Die metodes
mag verskil, maar dieselfde einddoele word voor oë gehou. Met ander
woorde, kommunikasie met die geestesryk deur middel van bonatuurlike
vermoëns. Al hierdie dinge bied skynbare vermeerdering van kennis aan die
mens – kennis wat nie deur bloot natuurlike bronne nie beskikbaar is nie.
B. Waarskuwings teen die Okkulte
Die Bybel is baie duidelik in sy waarskuwings en oordele teen almal wat in die
okkulte wêreld betrokke raak. Wanneer die mens nie op die Heilige Gees
regeer Wie hom in kontak met God kan bring nie, reageer hy dikwels op bose
geeste deur wie hy die god van hierdie wêreld, nl. satan, kan kontak. Hierdie
kontakte met die bose word deur die Woord van God verbode verklaar en kom
onder goddelike oordeel (Lev. 19:31; 20:6; Deut. 18:10). Baie van die
elemente van die okkulte is sataniese namaaksels van die werking en
manifestasies van die Heilige Gees. Soos God deur Sy Gees in die
bonatuurlike ryk beweeg, só is satan ‘n na-aper wat deur sy bose geeste
opereer. Die doel agter satan se namaaksel is misleiding en verslawing.
Wonderwerke wat deur die Gees van God bewerk word, is bedoel om mense
te laat glo. Wonderwerke van satan is bedoel om mense te mislei . (Eks.
7:8-25; 8:1-19).
‘n Gelowige hoef nie mislei te word nie. God het vir ons sekere dinge gegee
waardeur die bron van ‘n bonatuurlike manifestasie getoets kan word. Die
Skrif vertel ons baie duidelik om nie elke gees te glo nie, maar om dit te toets
en op die proef te stel (1 Joh. 4:1).
223
Die volgende is die goddelike manier om geeste te toets:
1. Die geeste moet getoets word deur die Woord van God. 20 ”Tot die wet en
tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ’n volk
wat geen dageraad het nie.” (Jes. 8:19-20).
2. Die gees se woorde moet in die vervulling daarvan bewys word.
(Deut. 18:21-22).
3. Die gees moet deur die Waarheid van Christus se koms in die vlees getoets
word, beide deur Sy vleeswording én in die Kerk, wat Sy Liggaam is.
(1 Joh. 4:2-3).
4. Die geeste kan getoets word deur die vrug wat hulle voortbring.
(Mat. 7:19-23).
5. Die geeste kan onderskei word deur die gawe van die Heilige Gees in die
onderskeiding van geeste, wat aan die lig sal bring watter gees aan die werk
is. (1 Kor. 12:7-10; Hand. 16:16-18).
God beskryf okkulte bedrywighede as: “vreemde vure wat gebrand
word“. (Lev. 10:1); “om vreemde reukoffers” te bring (Eks. 30:13); en om van
“vreemde gode” te aanbid (Ps. 81:9). Die Here veroordeel die najaging van
demoniese magte omdat Hy weet dat die gevolge van okkulte betrokkendheid
die pad vir demoniese besetting oopmaak.
Enigiemand wat in die okkulte betrokke was/is, moet hierdie sonde van harte
en opreg bely, deur die Bloed van Jesus Christus gereinig word en sy okkulte
betokened verbaal verloën. Hy moet leer om op die Woord en Gees van God
te vertrou. Indien hy deur ‘n demoon besit word, sal die uitwerping van
demone by sy bevryding ingesluit word. Indien iemand nie hierdie aaklige
sonde bely en in volkome bevryding van demoniese magte staan nie, sal hulle
tot in alle ewigheid in die Meer van Vuur aangehou word. Die duiwel en die
bose geeste wat hulle hul lewe lank gedien het, sal saam met hulle aangehou
word. (Mat. 25:4; Open. 21:8; 22:15).
V. CHRISTUS SE OORWINNING
Die Here Jesus Christus, toe Hy satan en sy magte oorwin het, het algehele
oorwinning tot die beskikking van elke gelowige geplaas. Hy is Heer oor alle
owerhede en magte. Hy is die “Sterk Man” wat oorwin het. Satan is van sy
outoriteit gestroop en nou word die buit deur Christus aan Sy Kerk uitgedeel.
(Luk. 11:20-22; Ps. 19:5; Jes. 53:12).
Die oorwinning van Christus word in drie dele, nl.: in Sy lewe, sterwe en
upstanding, gesien.
224
A. In Sy Volmaakte Lewe
Een van die grootste leerstellings van die Christelike geloof is die feit dat die
Here Jesus Christus satan en sy bose magte op twee hoof gebiede, verslaan
en oorwin het. Hy het satan op persoonlike vlak, in die drie hoof versoekings
in die woestyn oorwin en vir ons op Golgota in Sy sterwe, begrafnis,
opstanding en hemelvaart verteenwoordig.
Jesus is in die woestyn versoek op die drie gebiede van die menslike wese, nl.
gees, siel en liggaam versoek. Hy is ook op die drie areas van sonde, nl. die
wellus van die vlees, die wellus van die oë en die hoogmoed van die lewe,
versoek. (Mat. 4:1-11; Luk. 4:1-13; 1 Tess. 5:23; 1 Joh. 2:15,16).
Satan het die eerste Adam in die Paradys op dieselfde vlakke versoek.
(Gen. 3:1-6) Die eerste Adam, tesame met almal wat nog gebore moes word,
het geval. Hulle is onder sataniese beheer geplaas en aan die koninkryk van
sonde, siekte en dood oorgedra. Die duiwel wou ook in die woestyn oor die
laaste Adam heerskappy verkry. Soos die laaste Adam en die tweede mens,
was Hy aan die aanval en versoekings van satan onderworpe en het Hy Sy
algehele bemeestering oor die vyand bewys.
Hy was versoek in:
1. Liggaam – die wellus van die vlees (Luk. 4:2-4).
2. Siel – die wellus van die oë (Luk. 4:5-8).
3. Gees – die hoogmoed van die lewe (Luk. 4:9-12).
Dus was Hy op alle gebiede, net soos ons versoek maar sonder sonde.
(Heb. 2:18; 4:15). Hoewel die Eerste Adam verslaan is, was die Laaste Adam
in oorwinning. Hy het deur die Woord van God oorwin. Dit was nodig dat
Christus éérs Sy persoonlike oorwinning oor satan behaal voordat Hy ‘n
verteenwoordigende oorwinning namens alle gelowiges kon behaal. Tydens
Christus se aardse bediening is Sy krag oor sonde, siekte, dood en demone op
hierdie drie-voudige oorwinning oor versoeking, gefundeer.
As Hoof van die nuwe skeppingsras, het Christus persoonlik gedurende Sy
aardse lewe, satan oorwin. Nadat Hy die duiwel vir Homself oorwin het, kon
Hy hom ook vir Sy volk oorwin. Geen demoniese gees kon Sy volmaakte lewe
en krag teenstaan nie.
B. In Sy Plaasvervangende Dood
Die hoodwinking oor die verso eking in die woestyn, het Christus vir Homself
behaal. Die oorwinning aan die kruis van Golgota was vir ons. Hierdie
oorwinning het in Getsemane begin (Luk. 22:53) en is aan die Kruis voltrek.
(Kol. 2:14-15; Joh. 12:31; 16:11). Deur aan die Kruis te sterf, het Hy die
owerhede en magte verslaan en ‘n openbare vertoning van hulle gemaak deur
dat hy oor hulle getriomfeer het.
225
Kol. 2:14-15 – 15 “ ...nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die
openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.”
Weymouth vertaling – “And the hostile princes and rulers He stripped off
from Himself, and bodily displayed them as His conquests, when, by
cross, He had triumphed over them”.
Christus het dus al satan se magte totaal oorwin en hulle as verslane vyande
ten toon gestel, gevangenes oor wie Hy in heerlikheid in Sy dood op Golgota,
getriomfeer het. Nadat Jesus gesterf en opgestaan he t, het Hy satan op vyf
gebiede verslaan:
1. Hy het hom as die outeur van sonde oorwin. (1 Joh. 3:8; 2 Kor. 5:1921)
2. Hy het hom as die outeur van siekte oorwin.
(Jes. 53:4; Mat. 8:16-17; 1 Kor. 6:19-20; Hand. 10:38).
3. Hy het hom as die outeur van die dood oorwin.
(Heb. 2:13-14; Open. 1:18).
4. Hy het hom as die heerser oor die koninkryke van hierdie wêreld
oorwin. (Mat. 4:8-10; Open. 11:15).
5. Hy het hom in die hemelryk, oor owerhede en magte in die hemel en
op aarde, oorwin. (Efes. 4:8-10; Fil. 2:9-11; Efes. 1:19-23).
Die oorwinning van die Here Jesus Christus aan die kruis het Jesus
heerskappy oor alles gegee. (1 Pet. 3:22) Alle dinge is nou onder Sy voete
(Efes. 1:22-23). Hy is inderdaad die “Sterk Man” en het satan se paleis oorwin
en hom van sy wapens gestroop. Hy verdeel nou die buit van Sy oorwinning
met Sy Kerk, wat Sy Liggaam is.
C. In Sy Opstanding en Hemelvaart
Christus se oorwinning oor satan in die woestyn as Sy persoonlike oorwinning
én Sy verteenwoordigende oorwinning aan die kruis, het ook die oorwinning
wat in die hemelryk gemanifesteer word, ingesluit. (Luk. 10:18; Job 1:6-12;
2:1-7; Open. 12:9-12; Kol. 2:10; Efes. 1:19-23; Heb. 4:12-14).
Satan het sy beskuldigings teen die heiliges in hemelseplekke geslinger. Met
die Here Jesus Christus se upstanding, hemelvart én verhoging aan die
regterhand van die Majesteit in die Hoogte, is Hy verheerlik. Hy is die ordinary
oor Satan en sy demoniese magte en in die hemel is Hy ons
Verteenwoordiger.
226
Die Skrif verklaar dat alle owerhede, magte en outoriteite aan Sy beheer
onderworpe is.(1 Pet. 3:22: Efes. 1:21-23; 3:9-10; Mat. 28:19-20) Hy het
nou alle mag, beide in die hemel en op die aarde. Die gelowige kan hom in
Christus se volmaakte en algehele oorwinning oor satan se hele koninkryk van
duisternis verheug. Alles is oorwin. Alles is verslaan. Alles is aan Hom
onderwerp. God het Christus as die Hoof oor alle dinge deur die Kerk verklaar.
Die Kerk moet heers totdat alle vyande onder Sy voete is. (Ps. 110:1-2; 1
Kor. 15:25-26). Christus het op Golgota vir God en vir Sy Kerk die oorwinning
behaal.
VI. DIE BEDIENING VAN DIE KERK
In Ef. 3:10-11 word ook gepraat van die voortgesette doel van God vir die
Kerk: 10 ”...sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die
hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
11
volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse
Here...”. In Rom. 16:20 het Paulus aan die Romeinse kerk gesê: “God van
vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.”
God wil die Kerk , Christus se Liggaam, gebruik om satan te oorwin.
Christus het Sy outoriteit aan die Kerk delegeer.
1. Hy het Sy outoriteit na die twaalf Apostels delegeer (Mat. 10:1-8; Luk.
9:1; Mark. 3:15; 6:7, 13).
2. Hy het die outoriteit na die sewentig dissipels gedelegeer.(Luk. 10:18-19)
3. Hy het outoriteit na die korporatiewe Kerk en aan gelowiges afsonderlik,
gedelegeer.(Mark. 9:38; Hand. 19:13-18; Mat. 24:14; Luk. 22:26-30)
Om die evangelie van die Koninkryk te verkondig, is om die Woord te preek,
die siekes gesond te maak en duiwels uit te dryf. Die Groot Opdrag het die
prediking van die Evangelie en gepaardgaande tekens, ingesluit.
Dit was die Here wat aan die Kerkdie opdrag gegee het. Die Kerk is Sy
Liggaam. Die Kerk moet Sy bediening hier op aarde voortsit (Hand. 1:1; Luk.
4:18-20; Hand. 26:18; Mat. 28:19-20; Luk. 24:47-49). Die krag van hierdie
Evangelie word deur die boek van Handelinge gedemonstreer. Dit word op die
grondslag van Christus se voltooide oorwinning oor al die krag van die vyand
verkondig.
Aangesien Christus vir satan beide persoonlik en verteenwoordigend oorwin
het, het Hy Sy outoriteit na die Kerk gedelegeer. Die Kerk het die volmag
ontvang, die reg om Sy Naam te gebruik en om die bediening van
Christus op die aarde voort te sit. Die bediening van die Kerk kan in die
Here se opdrag aan die Apostel Paulus in Hand. 26:18 opgesom word–
“...om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan
bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof
in My vergifnis van sondes en ’n erfdeel onder die geheiligdes kan
ontvang.”
227
VII. DIE GELOWIGE EN DIE KONINKRYK VAN DIE DUISTERNIS
Die gelowige moet sy posisie begryp, ook sy verantwoordelikheid, sy
oorlogsveld en die geestelike wapenrusting wat God vir algehele
oorwinning oor die magte van boosheid, voorsien het. Hy behoort nie
vreesagtig (2 Tim.1:7), of onkundig van satan se planne te wees nie, maar
hy moet homself toe rus met die geestelike wapenrusting en wapens wat
deur Christus se oorwinning voorsien is. (2 Kor. 2:11; 10:4-5)
Die gelowige word deur die Nuwe Testament van sy posisie in Christus vertel.
Dit is op die grondslag van alles wat Christus vir ons inhou. Net soos wat
Israel ‘n stryd moes stry om die land wat aan hulle gegee is, te ontvang,
só moet die gelowige geestelike oorlogvoering doen om die beloftes van
God in besit te neem. (Jos. 1:2,3; Deut. 1:8) Jesus, ons Hemelse Joshua,
het alreeds ons vyand verslaan sodat ons in ‘n oorwinning kan staan wat
Hy klaar vir ons bewerk het. Dit kan slegs deur ervaring bekend raak, soos
ons ons volkome met Christus te identifiseer.
A. Die Gelowige se Posisie – Wettiglik
1. Ons is in Christus (Efes. 1:3-7). In Christus het ons deelname aan Sy
Goddelike Natuur (2 Pet. 1:4).
2. Ons is nuwe skepsels (2 Kor. 5:17; Gal. 6:15).
3. Ons is in die Koninkryk van Lig (Kol. 1:13-14; Rom. 8:38; Hand. 26:18).
4. Ons sit in Hemelse plekke saam met Christus (Efes. 1:3; 2:2-8; 6:12).
B. Die Gelowige se Verantwoordelikheid – Ervaringsgewys
1. Die gelowige moet in oorwinning leef oor die sondes van die vlees, en vir
satan geen grond gee om op te staan nie (Joh. 16:31; Rom. 6:7-8; Efes.
4:27; Gal. 5:22-23).
2. Die gelowige moet homself in die liefde van God bewaar sodat die bose
een nie in staat sal wees om hom by te kom nie (1 Joh. 4:17-18; 5:18).
3. Die gelowige moet hom aan God onderwerp en dan die duiwel weerstaan
(Jak. 4:7; 2 Kor. 2:11).
C. Die Gelowige se Oorlogsveld – Persoonlik
Satan sal die gelowige op drie areas van sy wese aanval. Hy val die liggaam
en die siel aan om die gees te bereik (1 Pet. 2:11). Dit is ‘n geestelike
stryd. Wanneer die gelowige sy posisie in Christus erken en sy
verantwoordelikheid nakom, is daar geen grondgebied waarop satan kan werk
nie (1 Tess. 5:23; Joh. 16:31).
Die volgende is ’n veronderstelling van hoe satan met die drie areas van die
mens se wese in verband staan.
228
1. Gees
Omdat die gelowige die tempel van God is, is sy gees die “allerheiligste” of die
“mees heilige plek”. Dit is God se innerlike heiligdom. Die wedergebore
gelowige se gees is vernuwe en geregverdig. Dit word deur die Heilige Gees
bewoon. Dit is één met die Heilige Gees.
(1 Kor. 6:17; Rom. 8:16; Joh. 3:1-5). Geen ware wedergebore gelowige kan
met demoniese geeste besete wees nie. Die Heilige Gees kom na die
gelowige se gees om sy gees in algehele eenheid met dié van God deur
Christus te bring, en daar is geen plek vir ‘n demoon nie.
2. Siel
Die Heilige Plek van die Tempel van God word deur die siel verteenwoordig.
Die verstand, wil en emosies, word daarby ingesluit. Die siel moet deur die
Woord van God vernuwe word. In Rom. 12:1-2 word daarna verwys Ons vind
dat die gelowige deur die vernuwing van sy vestand verander moet word. Die
verstand, wil en emosies moet in volle harmonie met die Gees en Woord van
God gebring word.
Dit is in die areavan die siel waar die gelowige die “vurige pyle” van die vyand
ervaar. Hy ervaar ook oppressie, depressie, vrees, ongeloof, bose gedagtes,
emosionele en verstandelike teistering, sataniese beskuldigings en misleiding.
Dit is sommige van die “vurige pyle ” wat deur die geestelike wapens van God
herken, weerstaan en geblus moet word. Die stryd wat in die verstand heers,
is die hoofgebied van konflik. (2 Kor. 10:3-5; Mat. 15:19-20; Spr. 23:7)
Dit is belangrik om die drie bronne van alle gedagtes te herken.
In Mat. 16:15-23 het ons ‘n duidelike illustrasie van hierdie bronne; gedagtes
van iemand anders of jouself (verse 13-14), gedagtes van God (verse 15-17)
en gedagtes van satan of bose geeste (verse 21-23). Die gelowige moet leer
om die bron van sy gedagtes te eien, hy moet leer om nie gedagtes wat in
teenstelling met die Woord en Gees van God is, toe te laat nie. Niemand kan
hierdie “vurige pyle ” wat na hulle afgeskiet word, stop nie, maar hy kan dit met
die Woord van God blus. Hy kan die helm van verlossing opsit – dit is die
verstand se beskerming.
Sonde het die verstand binnegekom toe die slang vir Eva versoek het.
(2 Kor. 11:3). Petrus het toegelaat dat gedagtes van satan sy verstand
binnedring (Mat. 16:22-23). Judas het gedagtes aanvaar om Jesus te verloën
– dit het van die duiwel gekom (Joh. 13:2,27). Die verstand moet dus vernuwe
word (Rom. 12:1-2); en die gelowige moet toelaat dat die gedagtes van
Christus in hom bly (Fil. 2:5-8). Hy moet sy verstand dissiplineer om aan
goddelike dinge te dink. (Fil. 4:8-9). Die vleeslike en sondige verstand moet
gekruisig word. (Kol. 2:18; 1:21; Rom. 8:7-9; Efes. 4:17-23)
Elke skans moet verbreek word. Elke gedagte wat himself teen die kennis van
Christus wil verhef, moet gevange geneem word. Dit moet tot gehoorsaamheid
aan Christus neergewerp word. (2 Kor. 10:3-5)
229
3. Liggaam
Die liggaam verteenwoordig die Voorhof van die Tempel van God (1 Kor. 6:1920). Die fakulteite daarvan is die vyf sintuie van gehoor, sig, smaak, gevoel en
reuk. Die liggaam is die fisiese deel van die mens waardeur hy met die
natuurlike wêreld rondom hom in verbinding kan tree. Die smake en instinkte
wat God in die mens geplaas het, word deur die vyand aangeval. Ander “vurige
pyle” wat die liggaam aanval, is siektes, kwale en krankhede. Teisterende
geeste kan die gelowige se liggaam aanval, maar weereens moet hy die
Woord van God neem en die geestelike wapens wat God gegee het gebruik
om hulle mee te blus.
D. Die Gelowige se Geestelike Wapenrusting – Prakties
Die Here het aan die Kerk en die gelowige geestelike wapens gegee wat , deur
God, magtig is. Dit is nie vleeslike wapens nie maar geestelik.
(Jer. 50:25; 2 Kor. 10:3-5)
1. Die Woord van God
Dit is belangrik om die Woord van God te ken. (Joh. 8:32-34) Ten einde ons
wettige regte en voorregte uit te oefen, moet ons God se Woord ken. Satan se
mag om te mislei is op grond van ons onkunde en God se kinders gaan
dikwels ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Dit is die woord wat ons
onkunde verdryf. Jesus het die Woord gebruik (“Daar staan geskrywe”) om
satan in sy versoekings te weerstaan (Mat. 4:1-10; Ps. 119:130; Efes. 1:1522; 1 Joh. 2:12-14; Open. 12:11; 2 Kor. 2:11; Efes. 6:17).
2. Die Naam van Jesus
Jesus het aan die gelowige die wettige reg gegee om Sy Naam te gebruik. Sy
Naam verteenwoordig ons mag en outoriteit. Hy staan agter Sy Naam. Daar
is geen hoër outoriteit nie. Die krag is nie in ons nie, maar in Hom Wie se
Naam ons dra (Mat. 10:1,8; Luk. 9:1; Mark. 3:15; 6:7,13; Hand. 16:18; Fil.
2:9-11; Joh. 16:23-24; 14:13-15; Luk. 10:17-20).
3. Christus in jou
By die Nuwe Geboorte neem die Heilige Gees Sy intrek in die gelowige.
Groter is Hy wat in die gelowige is as hy wat in die wêreld is. (1 Joh. 2:14;
Gal. 4:6; Kol. 1:27; Efes. 1:17-23; Joh. 1:12; 1 Joh. 4:17; 1 Kor. 6:17)
4. Die Bloed van Jesus
Die sondelose, onverganklike Bloed van Jesus is die reinigende krag vir die
gelowige, teen sonde (1 Joh. 1:5-6). Die Bloed van Christus is ons
verlossingsgrond. Dit is ons regverdiging en dit hou ons voor God, skoon.
(Rom. 3:25; Open. 12:11)
230
5. Die Krag van die Heilige Gees
Die gelowige wat Geesvervuld is, ontvang toerusting om al die mag van die
vyand te bestry en te weerstaan. Jesus het geeste deur die krag van die
Heilige Gees uitgedryf. As mens, het Hy heeltemal op die Gees gesteun.
(Mat. 12:28) God is die Heilige Gees wat in ons woon. Hy is
alomteenwoordig, almagtig, alwetend en groter as enige ander gees wat in
hierdie wêreld is.
(Hand. 1:5,8; Luk. 24:49)
6. Die Gawes van die Gees
Nog ‘n geestelike wapen is die gawe om geeste te kan
onderskei. Dit is ‘n beskermende gawe, wat die Kerk in
staat stel om te onderskei watter gees gedurende ‘n
bonatuurlike manifestasie aan die werk is.
(1 Kor. 12:9-11; 1 Joh. 4:1-3; Jes. 8:19-20)
7. Die Volle Wapenrusting van God
God het die volle wapenuitrusting wat die gelowige gedurende geestelike
oorlogvoering nodig het, voorsien. Elke stukkie van hierdie wapenuitrusting is
belangrik. (Efes. 6:10-18; Rom. 13:12; 2 Kor. 6:7; Rom. 10:6-17)
Alle gelowiges is in staat om die goeie stryd te stry omdat God die
geestelike wapens aan die Kerk gegee het. Daarom kan die gelowiges
deel van daardie triomferende Kerk wees waarteen die hekke van die hel
nie sal kan standhou nie. (Mat. 16:18-19)
231