Wel mense - hier is ons baba! Omnibus van GGSA

Transcription

Wel mense - hier is ons baba! Omnibus van GGSA
Omnibus van GGSA Vaaldriehoek
Uitgawe 1
Die Grafte Praat
Hennie Steyn
Settlers' Heritage
Trevor Dickerson
Eie bodem
Erna Buber-de Villiers
(gebore Schutte)
Die Ortons se Storie
Sampie Orton
Verslaafdes
Gys en Kobie Ströh
So ontstaan 'n boek
Johan Naudé
Die twee Veldman
probleemkinders
1
4
9
12
13
14
18
Renier Feldtman
Die Marais van Lady Grey
Nadie Marais
En toe is ek 'n Mulder
Nico Müller
Geraamtes, ontploffings en
storms ter see
26
27
28
Engela Spaleck
Stamboom
Fanie Blignaut
'n Dag van onthou
Hentie Liebenberg
30
36
Jaargang 1
Wel mense - hier is ons baba!
Dit was 'n genot om julle bydraes aanmekaar te sit. Ek is geïnspireerd en het
baie geleer. Ek dink ons kan trots wees op ons poging. Onthou julle nog die
opdrag wat ons aan die skryf gekry het? Dit was:
‘n Bydrae van een tot vier A4 bladsye oor

Jouself, as navorser: jou werksmetodes, jou belangstellings, jou grootste vreugdes
en leed in jou genealogiese reis en/of

Jou mees kosbare stamboom/familiegeskiedenis ontdekking/s tot op datum en/of

Die navorsingsgoed waarop jy trots is en/of

Die goed wat jou frustreer en waarmee jy sukkel en/of

Enigiets anders.
Die doel van hierdie eerste publikasie is ‘n soort ken-mekaar. Ons woon
maand na maand vergaderings by, en ons weet bittermin-na-niks van
elkander. Daardie ding het vir my drasties verander met die aanmekaarsit van
hierdie nuwe “omnibus” - julle voel nou sommer na familie! Ek hoop julle gaan
dieselfde oor mekaar voel.
Die bydraes is geplaas in orde van ontvangs in my mailbox. Party mense het
sommer dadelik gereageer, ander mense moes ek 'n bietjie aanspoor. Ons
briefhoof en ook ons naam is te danke aan Hennie Steyn. Hy het vir my die
oorspronklike kleurfoto van die ou wa gestuur, wat ek toe verwerk het... baie
verwerk het. Moenie dink so 'n briefhoof gebeur sommer een-twee-drie nie.
Ons briefhoof en sy titel het 'n mooi betekenis. Die wa met ons stories kom 'n
ver pad, hy val al amper uitmekaar, en is nie meer van enige nut nie. Maar - as
gevolg van ons bloed en sweet en min slap en passie en moeite en
deursettingsvermoë - dáár blom nou weer stories vir ander mense, die wat ná
ons kom, om te geniet.
In ons tak is daar gesoute navorsers met databasisse wat skrik vir niks, en ook
absolute beginners, met baie om te leer, soos ek. Die bydraes reflekteer ons
verskeidenheid: Renier se indrukwekkende speurwerk; Fanie Blignaut (en
Hikkie) se pragtige uithaler-uiteensetting van 'n stamboom, met foto's en
bronne; Johan se duidelike tabelle; en die lekkerlees-stories van Trevor,
Engela, Hennie, Sampie en Hentie. Ek was beïndruk met wat Nico en Gys en
Kobie al alles reggkry het - beginners, watwo! Nadie se liefde vir Lady Grey het
my ontroer. Attie Nel se bullet points het my laat voel ek moet ook leer om
my gedagtes so bondig uit te druk.
'n Tema wat vir my verweef is deur al die bydraes is dat ons almal van ander
se hulp afhanklik is. Op eie houtjie is die taak onmoontlik. Tweedens het ek
bewus geraak van hoe baie belangrik dit is om mense uit te vra terwyl hulle
nog saam met ons op hierdie aarde is.
Baie dankie, almal, vir julle samewerking! Lekker lees.
Erna
Hennie Steyn - Die Grafte Praat
Ek onthou die dae toe die oumense die kinders uit hulle geselskap verwilder het met die
woorde: "Groet die kuiermense en gaan speel, of wil julle ons tande tel?" Die gevolg hiervan is
dat ek oningelig die wêreld ingestuur is, en min geweet het van die voorgeslagte se herkoms en
waar hulle begrawe is.
Ek het grootgeword op die plaas Beginsel in die distrik Standerton. In die eetkamer teen die
muur was ‘n aantal familieportrette uitgestal, onder andere twee besonder groot geraamde
foto's, een van die van my ouma aan moederskant se ouers, en die ander die van haar man, my
oupa, se ouers. Dan was daar ook ‘n geraamde geslagregister van ouma se mense.
Gedurende 1994 kuier my moeder by my aan huis. Sy was toe die laas-oorlewende van die voorgeslag aan haar ma se kant. Sy
bring toe ‘n verjaardagboekie tevoorskyn, en dis net hier wat die gogga my byt. Ek begin toe ‘n familieregister saamstel met
moeder se hulp en kennis. Sy het oor ‘n besondere vermoë beskik en kon familie uitlê soos min.
Hier is my moeder se ouma en oupa: Johanna Aletta JACOBS *26 Mrt
1849 †27 Nov 1897 en haar man David Stephanus VAN DER
WESTHUIZEN *22 Okt 1846 †12 Feb 1902. Hulle het saam vyf kinders
gehad, twee seuns en drie dogters. Hul een dogter, Johanna Aletta
Dina VAN DER WESTHUIZEN, was my ouma Hannie.
My oupa en ouma, Pieter Daniel JANSE VAN RENSBURG *15 Jul 1873
†24 Jun 1937 en Johanna Aletta VAN DER WESTHUIZEN *27 Jun 1884
†8 Jul 1975. Albei is begrawe op Klipfontein, Leslie. Die twee was ook
neef en niggie. Hul moeders was susters.
Ouma Hannie was van haar dertiende jaar blind. Na haar man se dood
het sy vruggebruik van die plaas Klipfontein in distrik Leslie behou, en
haar seun, my pa, het die plaas bewerk en vir haar geboer.
My moeder is in Oktober 2000 oorlede, en die kanse vir verdere inligting van haar af is vir altyd verlore. Dit het tot gevolg dat ek
die dooies moet vra vir inligting. Van toe af sou ek die voorgeslag se grafte, sterftekennise en dalk argiewe moet gaan besoek...
en begraafplase.
1
So begin my ontdekkingsreis. Met die hulp van my vriend David van der Merwe besoek ek ongeveer 25 begrafplaase in die
omgewing Nigel, Heidelberg en distrik Vereeniging tot by die Barrage. David is self ‘n boer, lid van die boerevereniging, ken die
meeste boere van vendusies en dies meer, en kon vir my voorspraak doen. Boere laat nie sommer mense op hul grond toe nie,
as gevolg van die storie met grondeise.
Ontdekking van ‘n Voortrekker-kerkhof. Op 13 Desember 2008 neem David my na ‘n kerkhof naby Goeiehoekstasie, net buite
Vereeniging, geleë op die plaas Goedverwagting. Dit het ‘n klipomheinig en ‘n wawiel-tipe hek.
Die grafte van Kommandant Pieter Daniel JACOBS en sy vrou Maria VAN WYK is daar te sien. Pieter Jacobs het voorheen op
Slangefontein, Nuweveld Beaufort gewoon het. Hy was die leier van ‘n trek uit Beaufort. Aanvanklik het hy Natal toe getrek,
maar nie lank vertoef nie. Die plaas Doringkop aan die Mooirivier, Potchefstroom, is op 3 Junie 1839 op sy naam geregistreer. Hy
en sy gesin vestig hulle later aan die Suikerbosrand, waar minstens drie plase vir hom aangeteken is.
In dieselfde begraafplaas is ook die grafte van Nicolaas Jacobus Gerhardus VAN DER WESTUIZEN en sy vrou Johanna Alettha
JACOBS. My navorsing toon dat Komdt Pieter Jacobs Alettha Jacobs se vader was, en ook my oupagroot David Stephannes van
der Westhuizen se oom. David se vader was Albert VAN DER WESTHUIZEN *14 April 1818, getroud met Louisa Susanna FOURIE.
Albei is begrawe te Gansfontein, distrik Bloemfontein. Hulle het agt kinders gehad. Die Nicolaas Gerhardus vd Westhuizen hier
op Goedverwagting begrawe en Albert, my oupagroot se pa, was broers.
David vd Merwe stel my voor aan Oom Willem Nicolaas van Eeden en sy vrou, tant Susanna Josina van der Westhuizen, wat
vandag nog op die plaas Grootverwagting boer. Sy is die kleindogter van Nicolaas Jacobus Gerhardus VD WESTHUIZEN. Haar pa
was Nicolaas Cristoffel Johannes VAN DER WESTHUIZEN *18 Sept 1895 †26 Sept 1945, haar ma Gesina Cornelia VENTER *30 Okt
1896 †8 Jan 1981. Gesina se pa was die bekende Jan Adriaan VENTER, die voorvader van die meeste Venter nasate in daardie
omgewing.
2
Oom Willie en tant Sannie het my goedgunstelik toegelaat om
hierdie portrette af te neem. Dis die twee mense wat daar in
die Voortrekkerkerkhof begrawe is, Nicolaas Jacobus
Gerhardus VAN DER WESTUIZEN en sy vrou Johanna Alettha
JACOBS.
Oom Willie en tant Sannie het my vertel hoe ‘n groot hartseer
dit vir hulle familie was toe die staat die plaas Brakfontein
ontein het vir die oprigting van radiotorings. Die plek staan
nou bekend as Bloemendal, geleë op die pad tussen
Vereeniging en Heidelberg .
Feit is dat die aarde vanaf Greylingstad, tot by die Barrage (Waar Kaalvoet Org en Johann van der Westuizen vandag nog boer)
op ‘n stadium aan die Jacobse, Venters en van der Westuizens behoort het. Op die plaas Spieskloof naby Nigel is ‘n groot kerkhof
waar die meeste vanne wat mens aantref die is van die Jacobs-mense is.
‘n Tweede ontdekking. David van der Merwe verneem van nog ‘n van der Westhuizen tannie wat onlangs op die plaas
Schickfontein begrawe is. Die plaas behoort aan Mnr Charles Ras. Ons lê daar besoek af en verstom ons aan wat ons aantref. ‘n
Rare plek met drie-en-dertig grafte. Die grootste hiervan is semet “slabs “ met geen kopstukke vir identifikasie nie. ‘n
Springbokkie kom aangehardloop, en wil net by die toegangshek in. Later vind ons uit dat dit Mnr Ras se mak bokkie is. Hy wil
soos elke plaashond kom kyk wat ons daar maak.
Darem is daar ook grafte met kopstukke. Die een behoort aan Jacob VD WESTHUIZEN *6 Aug 1842 †3 Jan 1891. 'n Ander is van
sy vrou, Cornelia Francina Magdalena STRYDOM *20 Mrt 1845 †30 Des 1887. Albei is geskenk deur die Hervormde Kerk,
Heidelberg. Etlike ander kopstukke is onleesbaar verweer. Die plek in sy geheel is goed versorg, die heining netjies geverf.
By my tuiskoms skakel ek die Hervormde Kerk se predikant. Ek vra hoe hulle uit al die sementgrafte geweet het waar Jacob en sy
vrou nou eintlik rus, en of hulle weet wie die ander mense was. Hy vertel my dat die perseel waar Heidelberg se Hervormde kerk
staan deur Jacob geskenk is. Die dag wat die perseel nie meer vir ‘n kerk gebruik word nie, gaan die eiendom terug na die
familie. Hy kan nie sê wie die ander persone is nie, maar verwys my na Mnr Shortie de Beer, kurator van die ou tronkmuseum.
Mnr de Beer verwys my weer na Mnr Johann Strauss van Suikerbos Makelaars. Johann is verantwoordelik vir die bewaring van
weermaggoedere, geskiedenis, medaljes en ander inligting. Ek maak 'n afspraak en gaan sien die man.
My grootste ondekking. Johann kan niks verder van die begraafplaas vertel nie maar belowe om te probeer uitvind wat daar
gebeur het. Hy wil by my weet waarom ek in die begraafplaas belangstel. Ek vertel hom toe dat ek na die graf van my oupagroot
David Stephanus VAN DER WESTHUIZEN soek. Johann slaan ‘n boek oop, en lees daar dat die ou man ‘n veltkornet was. Dis die
eerste woord wat ek in my lewe daarvan hoor! Hy vra my toe waar die ou man se medaljes is. Nooit gesien nie, merk ek op.
Johann haal nog ‘n boek te voorskyn en lees vir my daaruit dat David van der Westhuizen in aksie gesterf het, naby Kliprivier op
12 Februarie 1902. Die Engelse stuur ongeveer 100 berede Australiese soldate om die boere komando’s van veltkornette
Kamfer, Org Meyer en David vd Westhuizen aan te val. In die veldslag wat plaasvind sterf onder andere David vd Westhuizen en
sy swaer Hans Jacobs. Die twee word ter ruste gelê binne die ringmuur wat om David se woning was op die plaas Schoongesigt
by Suikerbosrand. Johann skakel daar en dan met Ian Uys en bestel vir my ‘n boek: Heidelbergers of the Boer War deur Ian Uys.
Die boek word toe vir my 'n bron van verdere inligting.
Toe ek die woord Schoongesigt hoor, onthou ek meteens hoe ouma Hannie my vertel het dat die Keyters hulle naaste bure was
toe sy ‘n kind was. Die oord Kareekloof was vroëer bekend as Keyterskloof, en dit is grens aan Schoongesigt. Die aktekantoor
bevesteg dat David van der Westhuizen inderdaad dele een tot vyf van Schoongesigt besit het, maar dat hy teen sy dood net
eienaar van deel een was. Met die inligting is die area van my soektog kleiner, maar feit is dat dit nog moeiliker raak omdat
deel een later opgedeel is in plotte.
Ek het met toestemming drie begaafplase binne die Wildtuingebied besoek, die Keyters se rusplek gesien, en die van tannie
Annie Spamers (Sy leef nog , maar is ontein, en woon nou net buite die wildtuin). En dan nog twee grafte maar hulle stene is
verweer en onleesbaar.
Ek en David ontdek nog ‘n plek met 76 grafte. Op Chris Strydom se plaas Tamboekiesfontein, Blesboklaagte vind ons ‘n kerkhof,
en spreek met Chris af dat hy die plek sal laat skoffel en reël dat oom Carel Nolte (derde geslag van die Noltes) teenwoordig sal
3
wees as ons ‘n opname kom maak. ‘n Saterdag of wat later is ons daar met ‘n span mense, en ontmoet oom Carel. Baie grafte is
maar gewone klipstappels sonder kopstene Oom Carel vertel dat daar heelparty mense gewoon het wat na die sluit van die
konsetrasiekampe sonder heenkome was. Sy oorlede oupa het die mense gehuisves omdat die spruit genoeg water gehad het
vir almal se gebruik. Daar is ‘n NG predikant begrawe, wat altyd tydens huisbesoek die wens uitgespreek het om daar ter ruste
gelê te word weens die kalmte op die plaas.
Op die plaas regoor Chris woon Mnr Brain Mutch. Op sy plaas vind ons ‘n enkele graf van Elizabeth Susanna van der Westhuizen
gebore PRETORIUS *5 Mei 1847 †15 Feb 1911. Maar daar is geen ander tekens van nog grafte nie, en my soektog duur voort.

Trevor Dickerson - Settlers' Heritage
I began my quest to discover my roots around 1998. I wanted to pass on to my descendants
something of my very special heritage, which I feel is in danger of being neglected and indeed
forgotten. We cannot leave the preservation of our heritage only to museums, archives and so
on. Those in charge of such institutions are unlikely to share our own particular interests. My
research is intended as a small contribution to preserve and honour the memory of, especially,
my 1820 Settler ancestors, and to give some background information, which I hope will stimulate
interest and further detailed research and reading on this subject.
I have built up a database of more than 10 000 people who are my direct family. I started by gathering information and speaking
to members of my family. Initially I recorded the data on a Word programme because I did not even know that genealogical
programmes exist. My activities led to meeting numerous people to whom I am related. One of them, Vernon Whittal, turned
out to be a genealogist, also an 1820 settler descendant, a second cousin once removed, and also a fourth cousin. We shared
information and solved each other’s problems. On one occasion I decided to share my information with Hugo Slater in the
Eastern Cape. I also encouraged others to do the same. This led to a database being compiled of 72 thousand 1820 settler
descendants.
I always knew I had 1820 Settler ancestors because my mother (all sixteen of her GGGParents1 were original Settlers) had told
me so, and although she and indeed her whole family were aware of their origins they had very few details of their lineage.
Through extensive research much of what was lost has now been recovered. It was an exciting venture to discover my own very
special ancestors that should never be forgotten.
My 1820 Settler ancestors were very ordinary God-fearing
people, with much courage and resolution, who decided to
leave their familiar surroundings and make a long and
dangerous sea voyage to an unknown and untamed region
to start a new life for themselves. Though they and their
children came from a country at the start of the industrial
revolution, they brought to the Cape Colony the old way of
life in Britain. They knew how to make a living as skilled
craftsmen producing all the necessities of life by the skill of
their own hands.
Alongside, a Settler plough.
At the time of arrival of the four thousand 1820 Settlers, the population of Dutch extraction at the Cape numbered 43 000. Yet
this smaller English community made the biggest impact. They caused the colonial landscape to be changed with features of
English life, such as newspapers, debating societies, horseracing, cricket, rugby and English medium schools throughout the
1
GGGParents: great great grandparents
4
colony. The economy of the areas they developed outstripped that of Cape Town in a very short time. Besides wagon building
(Grahamstadters) where wheelwrights and smiths made a huge contribution, Bradshaw built a wool mill where he produced
blankets at Bathurst. Stephen Gradwell built corn mills at Trappe’s Valley and at Grahamstown.
Mill
Saddlemaker's house, 6 Lawrence Street, Grahamstown
A Settler wheelbarrow
Southwell Church, Grahamstown
In spite of all their trials and tribulations, they overcame the bitterest hardships and eventually turned the virgin wilderness into
a flourishing area of which their descendants can be very proud. The importation of English schoolmasters in 1823 gave
education in the Colony a huge boost. Previously only one school existed in the entire Colony, in Cape Town. Ports were built at
Port Elizabeth and at Port Francis. Lighthouses were erected, roads were built, and wool farming was established and flourished.
Wool farming became and is still a major contributor to the entire South African agricultural sector. The settlers completely
changed the character of the Eastern Province and founded many towns and villages.
In 1830, four young settler men of my family, the Cawoods, went on a trading expedition to Zululand and met with Dingaan.
They crossed the Drakensberg Mountains following the routes made by elephants over the centuries. The Voortrekkers were
later to follow this same route and were surprised to find some broken “jukke” (yokes) and “skeie” (yoke pegs) far from where
5
such things were used. These were likely to have been left there by the Cawood’. The Cawoods and others were later to arrange
hunting expeditions into the interior, which extended far beyond the Vaal River.
Here are stories about some of my direct 1820 Settler ancestors:
David CAWOOD *1775 †1832
David Cawood was among the
1820 Settlers who sailed from
Liverpool on the vessel "John".
The painting alongside, an artist's
impression of the event, is titled
The British Settlers of 1820 Landing
in Algoa Bay. It was painted in
1853 by Thomas Baines and is
housed at the Albany Museum,
Grahamstown.
The Cawoods were part of the Hayhurst Party, arriving around mid 1820. David and his wife Mary left their ancestral home, Way
Bank Hall, in Yorkshire. Because David did not write down where Way Bank Hall could be found, no trace now exists of the place.
It must have been out of the ordinary in view of the crested silver, the dinner service, the rare vases, pictures and furniture
David and Mary brought over with them. These heirlooms are scattered all over South Africa today.
Records dating back a thousand years that show the Cawoods of the town of Cawood, Yorkshire, have been gleaned from such
works as Sherburn & Cawood, The Ancient Kingdom of Elmet. This information may be of interest to descendants of the family
which emigrated to South Africa with the 1820 Settlers. After the destruction of the Castle, no record of the Cawood family has
come down to us until 1820 when David Cawood applied to the British Government to be included among the immigrants being
sent to South Africa. David Cawood, owned a flourishing cotton mill near Bradford and Keighley and in traditional frock coat and
top hat, regularly attended the cotton auctions at Bradford, Leeds and Keighley. It is said that David pioneered the switchover
from hand-operated cotton looms to power-driven looms early in the 19th century. The workers regarded the advent of power
looms as a threat to their livelihood. It was feared that one machine, able to do the work of many men, would replace them in
due course. Superstition and fear took possession of these simple folk and they burned David Cawood's cotton mill to the
ground. In addition to this disaster a cotton famine resulting from crop failures hit the industry causing many other cotton mills
in Britain to shut down, and possibly these were the reasons that David wished to emigrate. Yet, unbeknown to the settlers, the
locations they were to occupy were to constitute a buffer zone between the marauding Xhosas and the Eastern Cape farmers.
The emigration scheme was heartily taken up and 90 000 applications were received from which the 4000 were selected. In due
course they embarked for the Cape in 21 ships.
The ships averaged about 400 tons and the journey of 6500 miles took some four months. Despite several deaths, near
shipwrecks, collisions and the outbreak of smallpox on two of the ships, the journey, though cramped and comfortless, was
comparatively uneventful. The vessels arrived during the months of April and May 1820 and the settlers and their belongings
landed without mishap. Enough tents to accommodate up to 1500 persons at any one time were erected in parallel rows. They
completely transformed Port Elizabeth which, in those days, consisted of three small stone buildings, some wooden houses, and
a large storehouse for supplies and so on for the settlers.
Parties left for their destinations by ox wagon as new arrivals landed, and as good rains had fallen the settlers were overjoyed at
the verdant country they were about to colonise. But in the troubled times that followed, the settlers suffered untold hardship.
Before their wattle and daub houses were ready, heavy rains fell. Their wheat was spoiled by rust. In the next year, 1821, they
found themselves drought stricken, and all but ruined. Following the drought, a great flood overtook them, in 1823, causing
havoc and destruction in all directions.
The Xhosas again descended upon them in 1827. The settlers and their sons were called up and in 1828 defeated the marauders
near the source of the Umtata River.
6
As young men Samuel, James, Joshua and David Cawood were famous as big game hunters and ivory traders, and in 1830 they
went through Xhosaland to Natal on a trading expedition. In those days, this was a perilous undertaking, for the tyrant Dingaan
was then in full power and showed little mercy on those who penetrated into his dominion. They stayed ten days at the Chief’s
kraal. Although he treated them well while they were there, after they had left he treacherously sent an impi to overtake and kill
them. Fortunately for them, they took the route along the beach, while the impi took the inland route, and as a heavy rain had
obliterated their spoor, the Cawood brothers escaped and were spared to take leading parts in the future history of South
Africa.
The most distinguished of the sons were Samuel and Joseph, who were
Members of the Legislative Council and so carried the title of Honourable,
while Joshua was M.L.A. for Port Elizabeth in 1860.
James, William, Samuel and Joseph for many years carried on a large
mercantile business in Grahamstown, which also had several country
branches. For some years they were also contractors to the Imperial
Forces. The Hon. Samuel Cawood *1808 †1887 M.L.A. and M.L.C. was the
best known of the Cawood family. With Godlonton and Wood they were
considered the fathers of the Settlement. Samuel owned farms in the
Bathurst area, where he endeavoured to promote cotton growing,
distributing free seed at considerable expense to himself. He was familiarly
known as King Cotton.
He was prominent in building the Settler Memorial, shown alongside, and
later the Town Hall, in Grahamstown. In 1872 he entertained the Governor
Sir Henry Barkly and 200 leading citizens at a banquet in Grahamstown. He
was mayor in 1880, M.L.A. for Grahamstown 1855-62 and M.L.C. 1869-73.
Edward John HULLEY *1820 †1875
Edward John Hulley was the 5th child of Richard William Hulley. This 1820 Settler patriarch was probably born on Caxton Farm,
Trappe’s Valley in the Albany District of the Cape Province.
During the later Frontier wars he was Commandant of the Grahamstown Burghers. He had his own flag which was found among
the possessions of the late William Gradwell Hulley of Highlands Farm, near Senekal in the Orange Free State and sent to the
Grahamstown Museum.
He was a farmer and moved from district to district; at one time he was in Somerset East, at another back in Albany where he
owned the farm “Governor’s Kop” (near the hamlet of Collingham). The kop stood well out and was visible from the
Grahamstown - Breakfast Vlei - King Williamstown road which formed the southern boundary of the farm.
On Governor’s Kop worked a Hottentot youth, Willem Mkuba, who grew up with Edward’s sons. One of the sons, Thomas
Benjamin, taught Willem to read and write. Many years later this tuition lead to Willem’s downfall. In 1895 Thomas was a Native
Commissioner in Umtali, Southern Rhodesia. Willem entered the district with a “get rich quick” idea. This was to collect Hut Tax
from the unsophisticated indigenous natives after the example of the Native Commissioner. When the rightful official went his
usual rounds to collect tax he was met by astonished looks and was told his representative had already been round and was
shown bogus receipts. Willem armed himself with a rifle and revolver to resist arrest. This availed him nothing. Thomas was
given a troop of 50 European policemen under an Inspector and instructed to capture Willem. Early one morning Willem was
rudely awakened by Thomas pointing a revolver at him and saying he was wanted. His loaded rifle was against his hut wall and
his loaded revolver beside him under his blankets. Willem was sentenced to fifteen years on the Cape Town Breakwater, where
long-term prisoners were kept in those days. When Bubonic Plague broke out in Cape Town in 1901 Willem was among those
prisoners not infected and did such good nursing service to his suffering fellow prisoners that he was reprieved.
Edward John was attracted to the Kimberly diamond fields where he pegged claims and worked them. Legend has it that
£22 000 worth of Edward’s diamonds was deposited in some Bank in Kimberley. On the death of Edward the executor's sons
called for the diamonds but they could not be found and to this day have never been traced.
7
Some miles outside Grahamstown stands Collingwood Tower on Governor’s Kop, relic of a chain of watch-towers built in 1842 to
guard against cattle thefts and Xhosa incursions but found to be comparatively useless as the mist obscured the vision of the
watchers and few below could see the fires that they lit as signals. The tower is a stone structure of two rooms, one above the
other. The door is halfway up the wall and is approached by projecting ladder stones, and the windows are narrow loopholes.
Richard Brangan HULLEY *1810 †1888
Richard Brangan HULLEY was engaged in the month June 1837, by Francis Owen, a missionary, to accompany him to Zululand as
interpreter and artisan. It was later learned that Richard did indeed speak Zulu, which he learned from the Fingos who worked
on the settler farms. They were Zulu speakers and had been driven from Zululand by Shaka and his armies.
The party started from the Butterworth Mission, in Gealeland and consisted of the Reverend Francis Owen, his wife and a sister
of a young man Wood, Richard Brangan Hulley, his wife Jane, their 4 year old son William, and Miss Jane Williams.
After permission was obtained from Chief Dingaan to settle in his country, the party left Port Natal in August 1837 in three oxwagons, with Mr Richard (Dick) King as their guide. (Dick King is famous for his ride to Grahamstown from Port Natal to seek
British help to relieve Port Natal from the Boers)
Except for one meeting when the Reverend Owen preached to the Zulu, he was not allowed to preach again.
As Richard Brangan Hulley could speak to Dingaan in his own tongue, he was engaged by Dingaan to teach him to read and
write, and to act as his interpreter. However, Dingaan became too occupied with his wars with the Boers to continue his studies.
At about this time, a son was born to Richard and Jane - probably his third child, who was named Richard *Nov. 1837. Richard
Brangan Hulley was the only white man who ever presumed to make a joke with Dingaan. This happened at the time of the birth
of this child. He announced to Dingaan that a white stranger had arrived during the night and was now at the Mission House.
Dingaan had an extraordinary system of espionage: no stranger came into his domain without the information being conveyed
to him, and any neglect to acquaint him of such a stranger’s presence meant certain death to a score of people in the vicinity.
When Richard Brangan Hulley made his statement, the Councillors around Dingaan were seen to squirm with fear. Dingaan was
incredulous; such a thing could never happen without his knowledge. Richard Brangan Hulley affirmed it was as he said it was,
but as the stranger was too weak to walk, he invited Dingaan and his councillors to come and see for themselves. Once at the
Mission House, Richard Brangan Hulley introduced Dingaan to his newborn son who had arrived during the night. Dingaan
enjoyed the joke so thoroughly that he promptly ordered that 10 head of cattle be given to the stranger at once. In delight at the
escape, the councillors gave an impromptu war dance. This is the first and only European child to be born at Dingaan`s ‘Great
Place’.
Early in 1838, Dingaan requested that Reverend Owen write a letter to Captain Gardiner in Durban, and also to John Cane,
requesting the two of them to be present at a meeting with the Boers to be held at the “Great Place”, Gingindhlovu. Richard
Brangan Hulley was sent to deliver these letters. On the morning of the 6th February 1838, after having given breakfast to two
of Piet Retief’s party, Reverend Owen and his party heard the inflamed shouts of the bloodstained warriors as the Boers and
their servants were massacred. The flooded Tugela River delayed Richard Brangan Hulley’s return from Durban, but, on reaching
the ridge overlooking the “Great Place” and in the direction of the execution ground, he observed a large flock of vultures
hovering over the “place of the dead”. About halfway down the ridge, as he travelled, he saw a white shirtsleeve torn from its
garment, laying beside the path, which filled him with fear, lest the Mission Party had been put to death. When he reached the
principal entrance to the kraal, he saw a pile of saddles stacked one upon another. He sent a message to Dingaan reporting his
return, but being anxious about his family, went off to check on the situation. His house was empty, but with the tea things not
cleared away. So he went to Reverend Owen`s house where he found his family all safe and gathered in prayer.
Richard Brangan Hulley reported back to Dingaan, where he learnt that during his absence the Boers (numbering about 60 men
with the same number of after-riders) had arrived and had what was presumed to be a satisfactory meeting with Dingaan.
However, when their horses were brought up and they were preparing to depart, they were requested to enter the enclosure
and to come to Dingaan to drink to his good health. He requested them to leave their arms outside the enclosure. On a sign
from Dingaan, 1000 warriors attacked them. The Boer's necks were broken. Their bodies were taken to the execution ground
and left out there to decay.
Thereafter, the missionaries felt their safety insecure and so asked permission from Dingaan to leave his country. This was
granted. Two men were sent with them to secure safe passage to the Tugela River. The party reached Port Natal (Durban) and
shipped back to Algoa Bay safely. Thus ended the mission to Zululand and Dingaan`s kraal.
8
Dingaan told Richard Brangan Hulley that the Voortrekkers entered his country without his approval, and that Piet Retief did not
deliver the cattle thief, Sekonyella to him as promised. Dingaan’s words to Hulley were” I find fault with the Boers in that they
disobeyed my instructions. The Chief (Sekonyella) that I told them to bring to me, they let go.”

Erna Buber-de Villiers (gebore Schutte) Eie bodem
Toe ek nog skoolgehou het, het ek eendag 'n leerling aangespreek oor sy gedrag. Die tipiese
tiener-niksnuts het agteroorgeleun op sy stoel, sy arm oor die rugleuning gehaak en my met sulke
slaap-oë aangekyk. "Why don't you go back to Europe? We don't need you here," sê hy toe vir my.
Wat my teenwoordigheid in Suid-Afrika te doen gehad het met die feit dat hy nie sy huiswerk
gedoen het nie, of ongenooid gepraat het in die klas, of wat ook al sy gedragsprobleem was, weet
ek nie, maar ek was oombliklik onstoke.
"Amathambo wa madlozi wami have been buried here, in the soil of this country, for more than three hundred years!"
antwoord ek toe blitsvinnig. "I belong here, with the bones of my ancestors." Die seun het niks verder te sê gehad nie, en sy
klasmaats se oë was groot. As daar nou 'n ding is wat hulle verstaan, is dit respek vir die voorouers. Die insident het my bygebly,
en toe ek die dag aftree wou ek daarvan werk maak om al my voorsate wie se beendere in Suid-Afrikaanse bodem lê op te
spoor. Ek wou ook baie graag 'n paar swart slawe-voorsate opspoor - net om te bewys ek is ook van previously disadvantaged
herkoms.
Tussen die papiere wat ek na my ma se dood deurgegaan het, het ek die geslagsregister ontdek wat my pa vir my en my suster
begin opstel het voordat hy in 1962 op 42-jarige ouderdom oorlede is. Dit was 'n goeie hupstoot vir my navorsing. Alhowel sy
geslagsregister baie onvolledig is, wys dit heelwat van die name van vier geslagte voorsate aan biede vaders- en moederskant,
met hoorsê-stories by. Sy navorsing bevat geen bewysstukke nie, en min datums - maar dis 'n leidraad. Verder het ek 'n groot
meevaller gehad. Dr Tiaan Schutte, wat al jare en jarelank die Schuttes van Suid-Afrika navors, het met my in verbinding getree.
By hom het ek 'n groot persent gekry: my pa se lyn volledig uitgewerk tot by die eerste Schutte.
My eerste navorsingspogings het daaruit bestaan om 'n naam en 'n datum op 'n search engine in te tik, en te kyk wat ek kry. Wat
ek gekry het is 'n wonderlike vriendin - Gina Shepherd. Voordat siekte haar platgetrek het, het sy die eGGSA se nuusbrief
versorg, en sy is 'n genealoog van format. Ek het haar kontakbesonderhede op 'n webwerf raakgeloop. Toe ek haar skakel en
vertel van my genealogiese quest, nooi sy my na haar huis in Johannesburg vir wat sy noem Genealogy 101 - 'n blitskursus in
genealogiese basics. By haar hoor ek toe van die GGSA (ek het toe dadelik aangesluit), en van die Legacy rekenaarprogram, wat
ek summier geïnstalleer het. Sy het my ook op die hart gedruk dat enige feite sonder bewysstukke fantasie is; dat mens altyd jou
bronne moet aanteken; en dat jy 'n duidelike navorsingsdoel moet hê (anders gaan jy wegraak op allerhande afdwaalpaadjies en
baie tyd mors). Gina het ook gesê dat my anderskleurige voorsate sommer uit die stamboom sal val "like pawpaws at the first
shake of your family tree" - maar ek het tot dusver maar net 'n paar duidelik VAN DE KAAP stammoeders opgespoor. Een is
Rebekka van de Kaap †23 Junie 1866, die dogter van Moses van Macassar (en moontlik was haar ma Sara van Macassar).
Rebekka was met my Van Graan stamvader, Otto Ernst VAN GRAAN †30 Augustus 1763 te Kaapstad getroud. Die 200-jaar oue
oorlewering (wat ek by my ma gehoor het) dat die Van Graans nie blank is nie, is tot my groot vreugde in die SAG geboekstaaf!
Ek weet ook nou waar my oosterse skrefiesoë heel moontlik vandaan kom. Toe ek in Dubai gewerk het, het mense gedink ek's
Sjinees!
Ek het agtergekom dat familielegendes dikwils hul oorsprong in feite het. My soektog na my Buitendag voorsate het gelei na die
maak va nog 'n genealoog-vriendin, Marie Greyvenstein. Deur haar het ek 'n volledige Buitendagboek in die hande gekry, en
uitgevind dat die stamvader wat só in my pa se geslagsregister aangeteken is:
9
wel uit Berlyn afkomstig is, maar nie Barend Marthinus Gerhardus Buitendag se pa is nie. Die oorspronklike BUITENDAG voorsaat
in Suid-Afrika was nog drie geslagte verder terug. Carl Dietrich Bütendach †1739 het in 1720 as soldaat van die V.O.C. in
Kaapstad aangekom. Sy pa Nikolaus Bütendach was die "Königliche Preussische Hofstaat- und Schatullenschreiber", oftewel
Sekretaris aan die hof van die koning van Pruise, Frederick I, in Berlyn. Wat so 'n hooggeplaaste amptenaar se seun in Suid-Afrika
laat beland het kan mens net oor wonder. Was hy 'n swartskaap? Moes hy vlug oor hy tuis moles gemaak het? Of was hy net
avonturier?
Dis eintlik die mense se stories wat ek so graag wil weet, maar hoe gemaak om hulle uit te vind? Dokumente soos hierdie
boedelbeskrywing kan met 'n bietjie gebruik van verbeelding dalk 'n prentjie skilder:
Den boedel van den overleeden Gerret Knoetsen
agtien anteel beesten twaalf trikbeesten
drie hondert en sestien schaapen
een taafel, twee stoele, een emmer, twee potten
een oude koopere hams keetel, een tee keetel
een doeseijn borden, vier schootels
een halfe doeseijn ferken, twee blike teebusse
twe eerde panne, een eijsere konfoor
een gewer sonder slot, een vuurtong
een ouden waagen die niet gangbaar is
een haamer, een ankerfat
Gerret KNOETSEN en sy gesin was trekboere wat van die eerste mense
was wat hul in die Ooskaap gevestig het. Sy skoonseun, Frederik
Willem BUITENDAG, het saamgetrek. Dis 'n lewe ver, ver verwyderd
van die glans en praal van Frederik Willem se oupa se lewe aan die
koninklike hof van Berlyn! Wat vir my die meeste ontroer is die geweer
sonder slot en die ou wa wat nie meer gangbaar is nie...
'n Ver-ver-verlangse familielid in Australië het vir my 'n afskrif van
hierdie boedel gestuur. Ek self het nognie 'n clue hoe om sulke
dokumente in die hande te kry nie. Dis nog een van die dinge wat ek
hoop om te leer.
Den 19 Janûw 1772
Aan vaderskant is die lys van my direkte voorouers wat in Suid-Afrika begrawe lê al redelik lank - so om-en-by 270 mense - maar
nog baie onvolledig. Elke keer as ek op ons takvergadering se presensielys die vanne waarin ek belangstel moet invul, dink ek "Ai
toggie! Impossible!" maar noudat ons 'n takomnibus uitgee, gaan ek hulle (amper) almal aanteken. Wie weet - miskien is daar
iewers iemand wat hierdie lees wat kan help met stories, dokumentasie en nog name. Veral stories, want dis die menslike liefen-leed waarin ek die meeste belangstel.
Vanne van my direkte voorsate aan vaderskant:
Bergmann
De Beer
Goosen
Beuker/s
De Goede
Greeff
Bezuidenhout
De Jongh
Haak
Boshouwer
De Lange
Hartogh
Botha
De Villiers
Helm
Brits
Du Toit
Jacobs
Bronkhorst
Els
Jourdan
Brons
Engelbrecht
Knoetzen
Buitendag
Fourie
Kock
Cordier
Fourie
Kruger
Coetzer
Gerrits
Labuschagne
Lacock
Leibbrandt
Lubbe
Marschalk
Minnaar
Minnie
Mostert
Mulder van de Kaap
Nel
Oberholzer
Odendaal
Olivier
Potgieter
Roussouw
Roux
Scholtz
Schutte
Smit
Steenkamp
Stevens
Uys
Valk
Van den Berg
Van der Westhuizen
Van Deventer
Van Eeden
Van Graan
Van Jaarsveld
Van Niekerk
Van Rooyen
Van Wyk
Venter
Visser
Die skuins vetgedrukte name dui aan waar ek vassit en nie 'n individu se Suid-Afrikaanse voorsate verder terug kan opspoor nie.
Partykeer kan sien ek dis net 'n geslag of twee wat in die SAG missing is. Ek kry selfs 'n indiwidu met dieselfde familienaam maar geen koppeling tussen my ou en daardie ou nie. Wat nou gemaak? Uit my karige onderwyspensioen kan ek nie bekostig
om die professionele navorser se hulp in te roep nie, en nog minder kan ek reise hiernatoe en daarnatoe onderneem, om self na
argiewe te gaan kyk.
Aan moederskant stam ek van Duitse sendelinge af. Hulle was baie makliker om op te spoor, eerstens omdat daar min van hulle
is, en tweedens omdat Walter Volker van Pretoria hom daarop toegespits het om die nasate van die Lutherse Hermannsburg- en
Bleckmarsendings op te teken, en hy het goedgunstiglik aan my 'n 'ahnentafel' - 'n geslagsregister - gestuur. Google het my ook
oor die geskiedenis help uitvind. Pastoor Louis Harms se "Boere-Sendelinggeootskap" is in 1849 te Hermannsburg in Duitsland
gestig. Die hele Hermannsburg-gemeente was daarby betrokke. Harms se visie was om nie net sendelinge, maar ook
ondersteuningspersoneel uit te stuur: boere, skrynwerkers, onderwysers, en so meer. Sy genootskap het 'n skip aangekoop, die
Kandaze, waarop van my voorsate geseil het. Die skip het tussen 1854 en 1870 al die sending se mense Suid-Afrika toe gebring.
10
My oupagrootjie Carl Heinrich Christoph MEYER se ouers was boere wat
hulle in die Piet Retief area gevestig het. Sy vrou, my oumagrootjie Ella
Johanne Eleonora LESEMANN, het as onderwyseres uit Duitsland gekom.
Sy is 31 Mei 1901 oorlede in die Volksus konsentrasiekamp, nadat twee
van haar vier kindertjies ook daar gesterf het. Sy was maar 34 jaar oud.
My naamgenoot-ouma, Erna, was een van Ella se twee oorlewende
dogtertjies, en sy was pas vyf jaar oud toe sy haar moeder verloor het.
Geen wonder dat sy nooit met haar eie kinders oor haar swaarkry
gepraat het nie. My ouma Erna is die om-en-by twee-jarige peuter wat op
haar ma se skoot sit in hierdie foto. Dis seker net voor of met die uitbreek
van die oorlog geneem.
Ek het die foto langsaan by 'n niggie wat in Duitsland woon gekry, en dis
vir my baie kosbaar! Ek het tot onlangs nie eers geweet wat my
oumagrootjie se naam is nie, laat staan nog dat daar 'n foto van haar
bestaan! Ek het intussen ook uitgevind dat sy 'n suster in Suid-Afrika
gehad het, en die het baie nasate. Wie weet - dalk kry ek eendag nog
meer inligting oor oumagrootjie Ella in die hande.
Toe my ouma Erna Meyer 25 jaar oud was, het sy met my oupa Johannes
Heinrich Gustav SCHNELL getrou nadat sy eerste vrou oorlede is. Hy was
'n Duitse sendeling wat in 1899 in die ou Wes-Transvaal onder die
Batloung kom werk het. Sy opvolger het 'n boekie geskryf oor die
geskiedenis van die Batloung van Putfontein/Botshabelo (distrik
Lichtenburg). Die boekie bevat baie inligting oor my oupa. Ek het dit vir
my eie sowel as die Batloung-nasate in Engels vertaal. Dis my grootste
prestasie tot op datum, voel ek. Dit heet Tlou! Tlou! The ElephantSingers of Botshabelo en is as eboek beskikbaar by
http://www.smashwords.com/books/view/62639.
My eerste man se naam was Harri Udo BUBER. Ons is al geskei toe ek maar 26 jaar oud was, en ek het min van sy herkoms
geweet. Vir ons twee kinders en drie kleinkinders (en wie weet - dalk nog agterkleinkinders?) se onthalwe hoop ek om ook
inligting oor sy familie in te samel - maar dis nou 'n moeilike storie. Harri het as immigrant in die middel-60s Suid-Afrika toe
gekom, dus is al sy gegewens in Duitsland. Daar Harri oorlede is, kan ek niemand vra oor sy familie nie. Maar toe kry my dogter
'n ou brief van haar pa, waarin hy vertel dat sy pa, Heinrich Buber, in 'n plek met die naam van Gelsenkirchen grootgeword het.
Met Google Earth het ek die dorp opgespoor, en met nog 'n bietjie Googling en 'n paar eposse het ek by die regte persoon in die
regte departement uitgekom. Met tipiese Duitse efficiency (vlinkheid, doeltreffendheid?) het hulle daar vir my dokumente
opgespoor, gefotostateer en aangestuur - teen nogal 'n stywe bedraggie! Die dokumente sluit geen geboorte- sterfte- of
huwelikssertifikate in nie, maar wel registers van verblyf. Die vorms is pragtig netjies ingevul in geheel-en-al onleesbare ou
Duitse handskrif, wat ek nog sal moet probeer ontsyfer.
Izak Benjamin DE VILLIERS is my tweede man, die liefde van my lewe, en ons is al amper 'n kwarteeu getroud. By skoonpa Ben
het ek jare gelede 'n de Villiers geslagsregister van my man se direkte manlike voorsate gekry, tot by die de Villiers stamvader,
Jacques * 1661 † 1735. Alhoewel die inligting nie inpas by my eie navorsingsdoelwit nie, het ek dit in Legacy ingetik. En siedaar:
met die relatief klein bietjie inligting wat ek oor manlief Zak het, sê Legacy ons is 6th cousins once removed en 8th cousins twice
removed! By die genealogiese dag in Klerksdorp het Isabel Groesbeek vertel dat enige twee Afrikaners gemiddeld sewe maniere
familie van mekaar is - en sonder om eers te soek het ek al twee verwantskappe tussen my en Zak ontdek. Dis 'n onheilige
ondertrouery, nê? My Engelse skoonseun sê: "You Afrikaners are an inbred lot." Maar ek wed daardie Engelse, saamgehok op 'n
klein eiland vir duisende jare, is nog baie erger ingeteel. Ag wat, ons stam in elk geval almal van Adam en Eva af.
My doelstelling is om 'n properse boek oor wat my genealogiese navorsing aan die lig gebring het vir my kinders, kleinkinders en
ander familielede beskikbaar te maak. Dr Phil van TV-faam sê mos 'n doelstelling sonder 'n sperdatum is net 'n droom - dus het
ek besluit die boek moet klaar vir my 65e verjaarsdag, op 22 Januarie 2014. Daardie datum kruip ongemaklik nader! Volgende
jaar Junie stop die lorrie - wat ek tot dan nie uitgevind het nie, kom nie in die boek nie. Ek gee myself ses maande om te skryf,
persgereed te maak en te druk... Hou vir my duimvas!

11

Sampie Orton Die Ortons se Storie
Ek, Samuel Orton, is op die 12de Januarie 1946 in 'n "Nursing Home" te Ermelo, gebore. My
grootword-wortels lê in Ermelo waar ek my matriek in 1963 aan Ermelo se Hoërskool slaag. Na
skool voltooi ek my nege maande diensplig deur die Suid-Afrikaanse Lugmag in Pretoria.
In 1965 begin ek vir NCD (later Clover) werk in 'n botterfabriek in Ermelo. Ek verander my
werksrigting van Fabriek na 'n meer Rekenkundige-rigting en in 1984 weer na 'n Bestuursrigting.
By NCD word ek herdoop na Sampie aangesien daar ook 'n ouer Samuel werksaam is.
Op die 1ste Maart 1969 tree ek in die eg met Pietie DU PLOOY en twee kinders word uit die huwelik gebore. 'n Seun en 'n
dogter, genaamd James en Sanet. Al vier van ons is betrokke in administratiewe/rekenkundige beroepe.
In 1993 word ek verplaas na Heilbron en raak betrokke by
Clover se Vervoerafdeling. Na agt-en-dertig jaar diens tree ek
in 2003 af.
My liefde vir ou motors het ernstig geword toe ek in 1972 as 'n
stokperdjie my eerste een gekoop het. Ek is tot vandag toe nog
deurmekaar met Veteraanmotors.
Gedurende die 1980's begin ek werk aan 'n stamboom vir die
Ortons op grond van inligting deur my vader verskaf. Pietie en
ek het oor 'n Paasnaweek deur die land se telefoonregisters
gewerk om name en adresse van Orton's te kry aan wie
navraagbriewe uitgestuur is. Baie min reaksie is terug ontvang.
Die eerste probeerslag was 'n klomp name op papier teen die studeerkamer se muur opgeplak. Gou het ek besef hierdie storie
gaan handuit ruk en bekom toe 'n "Brothers"-rekenaarprogram. As gevolg van beperkte tyd beskikbaar word daar nie veel
gevorder nie en verloor ek toe nog boonop al die inligting wat ek bymekaar gemaak het na die rekenaar se hardeskyf die gees
gee.
Gedurende 2003 ontmoet ek ene Fanie Blignaut wat my laat betrokke raak by die GGSA Vaaldriehoektak. Sedertdien is die koeël
deur die kerk en beleef ek tans die genot om ons voorsate en hulle geskiedenis op te spoor. My pa wou graag vir my wys wie my
voorsate was, maar ons kon nooit regtig vorder nie. Na sy afsterwe het dit my taak geword om vir ons kinders hulle voorgeslagte
op skrif te stel. Met die absolute ondersteuning van lede van die GGSA Vaaldriehoektak het ek sover gevorder dat ek slegs drie
"bene" kort om aan my kinders te wys wie hulle voorgeslagte is.
My navorsing strek tans net tot die persone wat na Suid-Afrika toe gekom het. Ons kinders sal maar self oorsee moet gaan soek
na vorige geslagte, omdat hulle pa nie vlieg nie (bang?) en niemand saam met my in 'n Veteraanmotor sover wil ry nie. Glo bang
vir reisroes! (Jetlag)
Wanneer ons boom klaar is wil ek graag konsentreer op die doen en late en foto's van die mense wat in die stelsel is. Samuel
Orton wie die land binnegekom het, het hom gevestig op Kruisrivier naby Calitzdorp. Ek sal graag daar wil gaan rondkrap en sien
wat opgespoor kan word.
Van die verrassings wat ons raakgeloop het, staan die volgende uit:
 So vyf/ses geslagte terug het ek en my vrou dieselfde voorouers. So, ons woon onwetend saam as niggie en neef!
 My oupa en ouma Orton was saam met hulle kinders in die Engelse Konsentrasiekamp op Barberton. Daar moes hulle
twee van hulle kinders aan die dood afstaan.
 Reaksie is ontvang van 'n persoon aan wie ons agtien jaar gelede 'n navraag gestuur het.
 Opsporing van Pietie se VAN ROOYEN-oupa deur middel van die Begraafplaasprojek.
 Hoendervleis wat jou ribbes laat orent staan as jy 'n bekende grafsteen in 'n begraafplaas opspoor.

12
Gys Ströh en Kobie Ströh Verslaafdes
Hi
Ons is Gysbertus Johannes STRÖH en Jacoba Salomina Ströh gebore
HAARHOFF.
Ons is verslaafdes.
Verslaaf aan ou goed, kennis van ou goed en raaisels uit die verlede.
Die begin. Ons groot belangstelling het gekom deur ‘n ou Ströh familiebegraafplaas op ‘n plaas in Rustenburg, en Gys se
heimwee en kinderherinneringe aan wonderlike tye op die verlore familieplaas.
So ‘n ou klein begraafplasie op Marikana lewer ‘n graf op met die name Levina Catharina Margaretha ROOS. Interessant, want
dit is my ma se name en ouma se name en van. ‘n Paar telefon oproepe verder en die raaisel is opgelos. Ons het so pas ‘n
oumagrootjie se graf ontdek. Nou begin ‘n gogga byt.
Die volgende is ‘n kort lewensgeskiedenis wat opgestel word vir my pa (Joshua Benjamin Haarhoff) se 80ste verjaarsdag. Kan jy
glo? Hierdie sedige oupa was ‘n stoute karnallie. Eindresultaat is ‘n koerantjie vol gebeurtenisse van sy 80 jare. Kleinkinders is
verstom - want word oupas nie maar oud gebore nie?
Koors. Ons het tot die besef gekom dat die verlede vol stories en raaisels is. Elke ou dingetjie en foto bring ‘n gevoel van
nostalgie, en vertel ‘n storie. ‘n Storie wat ons baie keer nooit sal kan leer ken nie, want soos Hennie sê “Ons hoor, maar ons
luister nie.” Elke foto is ‘n tasbare herinnering aan kosbare tye wat verby is. Samesyn vasgevang. Dis gesigte dié van persone met
gevoelens, vreugdes, vrese, leed, probleme, suksesse en drome. Fotos vertel stories van lief en leed, maar meestal bly dit
raaisels.
Frustrasie. Ons sal nooit regtig weet nie. Slegs gis en raai en aanvoel. Kennis is saam graf toe.
Taak. Ons probeer fotos en inligting inwin van elke ouma, oupa, grootoumas en grootoupas en groo-tgrootouers. Wie was hulle?
Hoe was hulle? Wat was hulle drome en motiverings en terugslae? Probeer inligting kry van die enkele oorblywendes:
Ströh / Beket / Kilian
Haarhoff / Nel / Van Deventer / Roos.
Allesis nog in die beginfase, babatreetjies. Tyd en kennis van inligtingsbronne is groot struikelblokke vir beginners. Waar begin
ek? Waar kry ek inligting? Hoe hanteer ek inligting? Alles probleme waarmee gestoei word.
Suksesse. Groot vreugde as ‘n raaisel skielik opgelos word en legkaart skielik in plek val. Twee verlore grafte wat balanseer op
die rand van ‘n reuse uitgrawing. Verwaarloos en op die punt om vir altyd in die dieptes in te stort. Duidelike name en datums.
Verlore skakel is gevind. Net betyds.
Bevrediging. Samesyn in die GGSA groep. Almal se terugvoer en kennis. Gaan soek bietjie op daardie webwerf! Dankie. Ons voel
meestal onkundig en het hulp altyd nodig.
Kan ons ou Vaal Vaaldriehoek so ‘n interssante geskiedenis hê?
Slotsom. Elke generasie het ‘n groot verantwoordelikheid om herinneringe oor te dra na die volgende geslag. Herinneringe aan
kosbare persone uit voorgeslagte moet voortleef. Nie net name en strakke fotos nie. Meer…
Neem uit die verlede wat goed en sleg is en dra oor na die toekoms. So kan ons groei en leer en leef!



13
Johan Naudé So ontstaan 'n boek
Ek is gebore en getooi op Brits, Noord Transvaal, is dus ‘n stoere Blou Bul-ondersteuner en staan en
val by my span. Begin skool op Sasolburg, word hier groot en en skryf matriek. Ek bly die afgelope
58 jaar op dieselfde dorp.
Doen 1 jaar militêre opleiding en begin in 1970 werk by Sasol, skuif dieselfde jaar oor na Natref
Olieraffinadery, waar ek werk vir 39 jaar. Ek was Inbedryfstellingsbestuurder (Commissioning
Manager) toe ek aftree. Doen tans gereeld konsultasiewerk vir Natref.
Trou in 1976 met Elsa ROOS van Brandfort. Vir 36 jaar word
ek lekker deur my vrou bederf, kry elke oggend ontbyt in
die bed, wed niemand het so ‘n goeie vrou nie. In ruil doen
ek darem al die instandhouding en herstelwerkies in en om
die huis en doen darem self so af en toe ‘n bietjie bederf.
Die Naudés van Sasolburg, 2002
Johan, Pieter, Anél en Elsa
Ons het twee kinders, beide getroud. Dogter Anél, ‘n mediese dokter in Ierland, haar man Christiaan Schoombee werk vir Oracle.
Seun Pieter het ‘n oogkundepraktyk in Pretoria. Sy vrou, ook Anél, is ook ‘n oogkundige en het haar eie praktyk. Ek slaap nognie
langs ‘n ouma nie, maar sien uit na die eerste kleinkind. Weet nog nie of dit ooit sal realiseer nie. Ek, vroulief en die kinders is
almal buitelewe-mense, en hou van natuur- en wildlewe-vakansies, van toer, nuwe plekke te besoek en ons horisonne te
verbreed.
Nou ja... kom ons kom by die kern: genealogie. Wat ek doen om ‘n
bydrae te lewer? In die min tyd wat tussen vakansies, stokperdjies
en werk oorbly, stel ek ‘n boek saam. Dit gaan oor David Roelof
NAUDÉ *1817 †1892 en sy nasate, van die plaas Naudésfontein in
die distrik Aliwal Noord. David het sedert sy troue in 1846 op
Naudésfontein gebly. Dit was destyds huurpaggrond. In 1851 is die
plaas vir die eerste keer geregistreer, op David se naam.
Dawid Roelof Naudé *1817 en Johanna Elizabeth du Plooy *1839
14
Naudésfontein-huis in die
vroeë 1900’s
Die boek het sy ontstaan gehad in 2007 toe my dogter vir my die Legacy-program as ‘n verjaarsdaggeskenk gekoop het, met die
opdrag dat ek nou daadwerklik ‘n plan moet maak om ons stam van die Naudés te boekstaaf. So 20 jaar vantevore het al ek
inligting by ‘n niggie van my pa, Tannie Adel Steyn van Bloemfontein, bekom. Daardie feite het ek reeds teen die einde van 2007
in Legacy begin invoer.
'n Dosyn van die 19 Naudésfontein kinders, omtrent 1892
In April 2008 het ek en my vrou vir twee weke na Aliwal Noord, Lady Grey, Rhodes, Zastron, Smithfield en Rouxville gereis en alle
Naudé grafte in die dorpe se begraafplase afgeneem. (Dit was bykans 450 fotos, wat nog verwerk moet word en aan Fanie
oorhandig moet word vir die begraafplaasprojek.) Met die geleentheid het ek ook by my groot-oupagrootjie se plaas
Naudésfontein, toe onbewoon, en my Oupa se plaas Strydpoort aangedoen. Met die toer het ek heelwat kennisse en familie
ontmoet en so die eerste inligting bekom. ‘n Waardevolle bron van inligting was Oom Piet de Wet, toe reeds 85 jaar oud, van die
plaas Vlaktefontein, distrik Lady Grey. Ek het hom toevallig ontmoet toe ons verdwaal het en ek by hom aanwysings na
Naudésfontein gaan vra het. Sy ma was ‘n afstammeling van die Naudés van Naudésfontein. Nog ‘n bron van kosbare inligting
15
was Daleen Oertel van die Lady Grey Hotel en museum, wat vir my haar databasis met doop- en huweliksregister van die Lady
Grey NG Kerk gegee het.
Gedurende die laaste helfte van 2008 en 2009 is die graffotos, doop- en huwelikregister-inligting by die bestaande Legacy
inligting gevoeg. ‘n Drukstuk van die Legacy databasis is aan die einde van 2009 vir die eerste keer gemaak om te bepaal wáár ek
tekortskiet.
In Mei 2009 het ek besluit om op pensioen te gaan, maar vanaf 2009 tot middel 2010 het ek min aandag aan die stamregister
gegee. Gedurende 2009 het ek ook kontak gemaak met Faan Naudé van die Universiteit van Pretoria se biblioteek. Hy het toe
net ‘n boek oor die Naudés van Naudésnek uitgegee. Omdat daar ‘n verwantskap tussen die Naudésnek Naudés en die
Naudésfontein Naudés was, koop ek toe ‘n boek by hom. Tot op hierdie stadium was die gedagte om net my eie stam, dié van PJ
NAUDÉ *1851, na te vors. Met die Naudésnekboek as inspirasie, begin ek in 2010 te droom van ‘n boek met fotos oor my eie tak
se Naudé-afstammelinge.
Sulke tabelle soos hierdie een help mens om die verhoudings te verstaan. Hulle kan mens se kop laat draai!
DERDE
HUWELIK
TWEEDE
HUWELIK
Jacob NAUDÉ
29 Aug 1696 – 01 Mrt
1740
x Susanna TAILLEFORT
Trou 07 Mei 1722 Kaap
1685 – 13 Feb 1724
Piere CORNIER
(Cronjé)
1671 – 02 Sep 1718
x Susanna TAILLEFORT
Trou ± 1709 Kaap
1685 – 13 Feb 1724
EERSTE HUWELIK
Jean GARDE
1681 – 1704
x Susanna TAILLEFORT
Trou ± 1700 Kaap
1685 – 13 Feb 1724
kinders uit tweede huwelik
Jacob NAUDÉ
1723 – 1774
x Anna Susanna DU
TOIT
1727 – 1767
xx Maria Elizabeth
BLOM
1729 – 1808
GEEN KINDERS
Jacob NAUDÉ
1745 – 1813 s
x Anna Maria MARAIS
1755 – 1813 ????s
xx Maria RETIEF
1745 - 1818
Jacob Johannes
NAUDÉ
1773 – 1857 s
x Johanna Ethresia
KLOPPER
1775 - 1857 s
David Roelof NAUDÉ
1817 – 1892 SG
x Susanna Maria LOOTS
1829 – 1854 SG
xx Johanna Elizabeth
DU PLOOY
1840 - 1916 SG
Jan LOOTS
1700– ?????
x Maria JOUBERT
Trou ????
1701 - ????
Jan LOOTS
1730 – 17 Jan
1882
x Elizabeth
CORDIER
Trou 09 Okt 1757
1740 - ????
Mathys
GREEFF
???? – ????
x Susanna VD
HEEVER
Trou ????
???? - ????
1. Maria
CORNIER
01 Jun
1710 - ????
Francois JOUBERT
???? – ????
x Gesina VAN
DEVENTER
2. xx Elizabeth CORNIER
Trou 18 Feb 1731
08 Nov 1711-????
3. Pierre CORNIER
24 Sept 1713- ???
4. Anna CORNIER
27 Jan 1715- ????
5. Izaak CORNIER
31 Mei 1716- ???
6. Magdalena CORNIER
20 Feb1718 - ????
Jurgens
Hendrik
GREEFF
–
x Maria
Magdalena
JOUBERT
Trou 14 Okt 1787
1748 –
Pieter LOOTS
x Susanna Maria
GREEF
Trou 14 Okt 1787
1740 – ?
Die Naudé, Greeff & Loots
verwantskap
met die Tailleferts
Petrus
Johannes
LOOTS
1804 –
x Elizabeth
GREEFF
16
Na my boek se eerste proefkopie in Sept 2010 het ek besluit om my navorsing verder uit te brei, en om al David Roelof Naudé
*1817 se 19 kinders ook te boekstaaf. Dawid Roelof Naudé was die eerste geregistreerde eienaar van die plaas Naudésfontein.
Hieronder die 19 Naudésfontein Naudé-kinders:
David Roelof NAUDÉ 1849-1923 G
x Cecilia Johanna SCHLEBUSCH 1852-1936 G oorlog
David Roelof NAUDÉ
Pieter Johannes NAUDÉ 1851-1942 SG
1817 – 1892 SG
x Aletta Jacoba Catharina BOTHA 1853-1930 G
x Susanna Maria LOOTS
1829 – 1854 SG
x Magdalena DELPORT 1853-? oorlog
Jacob Johannes NAUDÉ 1852 – ????
x
xx Johanna Elizabeth DU PLOOY
Susanna Maria NAUDÉ ca 1854 – ????
x
Maria Jacoba NAUDÉ 1856-1934 SG
x George Frederik J BOTHA 1852-1932 SG oorlog
Johanna Etresia NAUDÉ 1858-1934 G
x Hendrik F NAUDÉ 1856-1934
Cornelis Johannes Frederick NAUDÉ 1860 – 1924 G
x Martina M J DU PLOOY 1862 – 1972 G oorlog
Susanna Maria NAUDÉ 1862 –???? D
x Jacobus N P BOTHA ???? - ????
Jacob Johannes NAUDÉ 1864 –???? D
x
Johannes Mattheus NAUDÉ 1865 – 1908 DSG
x Catharina C W Wagenaar 1867 – 1894 SG
xx Nicolasina J Wagenaar 1876 - 1949 SG oorlog
Cristiaan Petrus NAUDÉ 1868- 1935 SD
x Hester S J Coetzee ???? - ???? S
Johanna Elizabeth NAUDÉ 1870 – ???? D
x Ferdinand W Robberts ???? - ????
Francois Paules NAUDÉ 1872 – ???? SD
x Sophia J Dry 1878 - 1937 SG
Charel Hendrik NAUDÉ 1874 – ???? D
x Elizabeth C Henning ???? - ???? G
Judith Christina NAUDÉ
1877 – ???? D
x
Willem Frederick NAUDÉ 1879- ???? D
x Ellen S Viljoen ???? - ???? oorlog
Petronella Christina NAUDÉ 1880 – ???? D
x Jan J Nel ???? - ????
Geertruyda Martha NAUDÉ 1882 – ???? D
x Johannes JG Landman ???? - ????
Roelof David NAUDÉ 1886 – 1959 DG
x Nicolasiena J Wagenaar 1876 - 1949 SG
17
Ons toervakansie Kaap toe, Januarie tot Maart 2011, word toe sommer ook ‘n Naudénavorsings-ekspedisie. Ek en my vrou
vertoef ‘n paar dae elk in Bloemfontein, Aliwal Noord, Lady Grey, Graaff Reinet, Swellendam, Franschoek en Kaapstad.
Gedurende die twee-en-'n-half maande besoek ons alle kennisse en familielede wat ons gedurende die voorafgaande 2 jaar leer
ken het, en waardevolle inligting word so versamel. Besoeke aan die Vrouemonument in Bloemfontein, die Hugenote
Monument in Franschoek en ‘n besoek aan Oudewagensdrif, die plaas van Willie Naudé in die distrik Worcester, was baie
waardevol. Die hoogtepunt was beslis ‘n twee-weke besoek aan die Kaapse Argief en Aktekantore waar ek baie waardevolle
inligting opgespoor het.
Na die 2011 toer word al die versamelde inligting in die boek bygewerk, so tussendeur al die huis-take en nog verlof-uitstappies.
Die boek is nou sowat 75% volledig. Al die afstammelinge van die 19 kinders is nognie nagevors nie.
Huidiglik beslaan die boek omtrent 340 bladsye, bevat 700 direkte Naudé name, meer as 'n 1000 name as die aangetroude
familie se name bykom, en omtrent 400 fotos.

Renier Feldtman Die twee Veldman probleemkinders
oftewel:
Wie was Petrus Christoffel Veldman
en Frederik Johannes Veldman
en waar kom hulle vandaan?
Agtergrond
Gedurende 1751 het ‘n jong man as soldaat in diens van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) getree. Sy naam was
oorspronklik Johann Heinrich Feldmann, maar amptenare van die VOC het sy naam verander na Johan Hendrik Veldman. Na
sowat 19 jaar diens in die VOC het hy gedurende 1770 ‘n vryburger geword. Nie baie lank daarna is hy met die weduwee, Judith
van Eeden, getroud. Uit hierdie huwelik is daar slegs een seun gebore wat ook Johan Hendrik gedoop is. Die moeder is
vermoedelik kort na die kind se geboorte oorlede.
Besonderhede van hierdie gesin is in verskeie publikasies te vinde, te wete dié van de Villiers en Pama (Geslagregisters van Ou
Kaapse Families), Dr DF du T Malherbe (Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk) asook dié van Dr J Hoge (Personalia of the
Germans at the Cape, 1652-1806). Dr JA Heese het ook sekere notas gemaak rakende sy navorsing oor die families Veldman en
Veldsman wat deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) bewaar word.
In bogenoemde publikasies en notas verskyn daar vir die tydperk voor ongeveer 1880 onder die familiename FELDMANN of
VELDMAN, slegs die name van twee manne, naamlik dié van Johann Heinrich en Johann Gottlieb.
In De Villiers en Pama se Geslagregisters van Ou Kaapse Families verskyn op p1006 die volgende inligting:
Johan Hendrik Veldman of Johann Heinrich Feldmann, v. Rinteln, s.v. Johann Christoph Friedrich Feldmann
en Anna Louisa Culeman. Soldaat 1751, later opsigter te Rietvalley. Burger 1770. x 24.11.1771 Judith
van Eeden, wed. v. Hendrik Swanepoel.
b1
Johan Hendrik, ≈15.12.1772, x Anna Margaretha Erencroon, wed. v. Johan Michiel Roos
c1
Johannes Jacobus Christoffel, *4.4.1795
c2
Jacobus Petrus, *25.1.1796
c3
Anna Catharina Elisabeth, ≈23.10.1798
c4
Judith Hendrica, ≈2.2.1800
c5
Johan Hendrik, ≈28.5.1801
c6
Frederick Christoffel, ≈13.4.1803
c7
Anna Christina, ≈14.10.1804
c8
Gerrit Herman, ≈23.9.1805
c9
Anna Margaretha, ≈15.10.1810
18
In dieselfde publikasie van De Villiers en Pama verskyn op p1006 ook die volgende inligting:
Johan Gottlieb Veldmann, ook Veldsman genoem, v. “Peterskroon”, x Zwartland 10.11.1765 Martha, K.
b1
Matthys Christoph, *1776, x 23.12.1798 Johanna Maria de Kooker, wed. v. Abraham Tinnerholm, v.
Stralsund
c1
Johannes Godlieb, ≈28.5.1799, x Swellendam 8.7.1821 Susanna Catharina Jordaan
c2
Martha Maria Petronella, ≈Stellenbosch 15.2.1801
c3
Hester Anna, ≈Stellenbosch 10.4.1803
c4
Matthys Christoffel, *Swellendam 12.9.1804, x 30.8.1829 Christina Johanna Jordaan
c5
Pieter Johannes Hendrik, *Swellendam 26.12.1808, x 29.8.1830 Christina Zacharia Geertruyda
Kuun
c6
Johanna Maria Willemina Elisabeth, *7.2.1813
c7
Frederik Johannes, x Hester Carolina Koch
c8
Petrus Christoffel, x Elisabeth Jacomina van Rooyen
b2 Helena Elisabeth, *1767, x 30.9.1792 David Matthys de Kooker
In Dr Hoge se publikasie Personalia of the Germans at the Cape, 1652-1806, verskyn die volgende teks op p95:
FELDMANN, JOHANN HEINRICH (S Veldman in CJ 883: 67). Son of Johann Christoph Friedrich F. and Anna
Louisa Culemann (W. Schmidt, p. 145).-Rinteln. So. 1751-67, superintendent at Rietvalley 1768-69, b.
1770. ~24.11.1771 Judith van Eeden, wid. Hendrik Swanepoel (Mar. Reg. of Paarl). One son. + 1773.
(GMR 1751-69; Rq. 1768-70: 77; G.R. nr. 991; Bdlr. 8:28.) His son, Johan Hendrik, was married to Anna
Margaretha v. Erencroon, d. of Johann Anton v. Erencroon (q.v). Children: Johannes Jacobus Christoffel
(* 4.4.1795), Jacobus Petrus (* 25.1.1796), Anna Catharina Elisabeth (23.10.1798), Judith Hendrica
(2.2.1800), Johan Hendrik (28.5.1801), Fredrik Christoffel (13.4.1803), Anna Christina (14.10.1804),
Gerrit Herman (22.9.1805), Anna Margaretha (30.10.1810). The first two children baptised 6.6.1797 at
Paarl, the others at Swellendam.
In Dr Hoge se publikasie verskyn op p434 die volgende:
VELDMANN, JOHANN GOTTLIEB (also called VELTSMAN). “Peterskroon”. Wagon-driver 1754, farmhand
1756-75, b. 1775. x10.11.1765 Martha of the C. (Marr. Reg. of Zwartland). Children: Matthys Christoph
(*1776) x23.12.1798 Johanna Maria de Kooker, wid. Abraham Tinnerholm (q.v.); Helena Elisabeth
(*1767) x30.9.1792 David Matthys de Kooker (G.R. nr 486). ÷1778. (G.R. 1754; CJ 1145:46; CJ 1146:56;
CJ 1148:72; Rq. 1775:88; Inv. O.C. 17:7.) Children of Matthys Christoph Veldmann: Johannes Godlieb
(28.1.1799) x8.7.1821 Susanna Catharina Jordaan; Matthys Christoffel (*12.9.1804) x30.8.1829 Christina
Johanna Jordaan; Pieter Johannes Hendrik (*26.12.1808) x29.8.1830 Christina Zacharia Geertruyda
Kuun; Johanna Maria Helena Elisabeth (*7.2.1813) (Bapt. and Marr. Reg. of Swellendam). The following
were probably also his children: Fredrik Johannes x Hester Carolina Koch (Test. O.C. 117:97) and Petrus
Christoffel x Elisabeth Jacomina van Rooyen (Test. O.C. 119:39)
Dr Malherbe maak die volgende stellings op p302 in sy boek Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk (3de Uitgebreide
Uitgawe):
FELDMANN (VELDMAN), Johann Heinrich (oorl. 1773), ar. 1751 v Rinteln in Hesse-Schaumburg, D., tr. in
Paarl 24/11/71 Judith v. EEDEN: 1 s Johan Hendrik (1773), tr. Anna Marg. EERENCROON: 9 k.
b.1. Johs. Jac. Christof. (4/4/1795).
b.2. Jacobus Petrus (25/1/96).
b.3. Anna Christina Elis. (23/10/98).
b.4. Judith Hendrika (2/2/1800).
b.5. Johan Hendrik (28/5/1801).
b.6. Frederik Christof. (13/4/1803).
b.7. Anna Chris. (14/10/1804).
b.8. Gerrit Herman (22/9/1805).
b.9. Anna Marg. (30/10/1810).
[b.1-2 ged. Paarl, b.3-9 te Swellendam]
Hoge I. 95.
Op p1111 verskyn die volgende in Malherbe se boek:
VELDMAN (VELTSMAN, VELDTMAN), Johann Gottlieb (oorl. 1778), ar. 1754 v “Peterskroon” D., tr. in
Swartland 10/11/65 Martha (K);
b.1. Matthys Christof. (1766), tr. 23/12/1798 Joh. Maria de KOOKER
c.1. Johs. Godlief (28/5/1799), tr. 8/7/1821 Sus. Cath. JORDAAN
19
b.2.
c.2. Matthys Christof. (12/9/1804), tr. 30/8/1829 Christina Joh. JORDAAN
c.3. Pieter Johs. Hendrik (26/12/1808), tr. 29/8/1830 Christina Zacharia Geert. KUUN
c.4. Joh. Maria H. Elis. (7/2/1813)
c.5. Fred. Johs., tr. Hester Car. KOCH
c.6. Petrus Christof., tr. Elis. Jacomina v. ROOYEN
Helena Elisabeth (1767), tr. 30/9/1792 David Matthys de KOOKER
Hoge III. 212.
Dr Heese het in sy navorsing tot die slotsom gekom dat ‘n sekere Frederik Johannes tot die Veldmans van George-Knysna
behoort, maar dat daar nie ‘n inskrywing met hierdie name in die doopregisters gevind kon word nie. Die aantekening in sy
notas lui as volg:
'n FREDERIK JOHANNES VELDMAN pas in by die Veldmans van die George-Knysna gebied, maar sy doopregistrasie is nie
opgespoor nie, en sy naam kom nie voor op ANNA MARGARETHA EERENKROON se sterftekennis nie.
Verder dui Heese die seun Petrus Christoffel aan as die sesde kind van Johan Hendrik en Anna Margaretha. (SAG14, p15)
Uit bogenoemde aanhalings uit die onderskeie bronne, sien ons dat Johann Heinrich se familienaam deur Hoge as FELDMANN
aangegee word. Daar is ook ‘n aantekening dat ‘n handtekening van hom bestaan wat as VELDMAN aangedui word. (Hierdie
handtekening kon egter nie in die argief in Kaapstad opgespoor word nie.) Malherbe dui sy familienaam ook as FELDMANN aan,
maar gee die familienaam VELDMAN as alternatief tussen hakies. De Villiers en Pama dui sy name aan as Johan Hendrik
VELDMAN of Johann Heinrich FELDMANN.
Wat Johann Godlieb betref, sy familienaam word deur genoemde navorsers as VELDMAN of VELTSMAN of VELDTMAN aangedui.
Hy is die stamvader van die VELDSMAN familie.
Uit bogenoemde inligting kan dit dus aanvaar word dat daar voor 1880 geen ander persone met hierdie familiename aan die
Kaap aangekom en hul alhier gevestig het nie. Die enigstes in die land gedurende hierdie tyd was dus slegs dié wat in die land
gebore is; die nageslagte van Johan Hendrik en Johan Gottlieb.
Stamvader: Johann Heinrich Feldmann oftewel Johan Hendrik Veldman
Johan Hendrik was tussen 1751 en 1770 in diens van die VOC. Vanaf 1751 tot met 1756 het hy by verskeie buiteposte van die
VOC diens gedoen. Sedert 1756 was hy by die buitepos Rietvalleij aan de Buffeljachtsrivier gestasioneer. Gedurende 1770 het hy
‘n Vryburger geword. Hierna is hy gedurende 1771 met die weduwee, Judith van Eeden, getroud. Voordat Judith in 1772 oorlede
is, is een seun uit hierdie huwelik gebore. Sy doopname was ook Johan Hendrik.
Wat van die vader, Johan Hendrik, geword het, is nie duidelik nie. Bogenoemde navorsers beweer dat hy gedurende 1773
oorlede is. Hierdie feit word egter in twyfel getrek, want dokumente bestaan waarin Jan Hendrik gedurende Mei 1773 ‘n kontrak
aangegaan het om as ‘Bouwknegt’ vir Jan Geert Bandjies te gaan werk (KAB CJ 2906 #38).
Jan Hendrik se eggenote, Judith van Eeden, is wel gedurende 1772 oorlede. Die ‘Generaale Boedelreekening van wijlen Judith
van Eeden en haar nagelaten man Jan Hendrik Veldman’ is in die Kaapse argief te sien (KAB MOOC 13/1/8 #28. Hierdie is
dieselfde verwysing waarna Hoge as Bdlr. 8:28 verwys).
Die seun, Johan Hendrik Veldman
Gedurende 1796 is Johan en Judith se seun, Johan Hendrik, met die weduwee Anna Margaretha von Erenkroon getroud. Hulle
het teen 1803 reeds ses kinders gehad. Die eerste twee kinders, Johannes Jacobus Christoffel en Jacobus Petrus, is volgens Hoge
op 6 Junie 1797 in die Paarl gedoop. (Hierdie doopdatum kon nog nie bevestig word nie.) Die ander vier kinders, Anna Catharina
Elizabeth, Judith Hendrica, Johan Hendrik en Frederik Christoffel se name is in die doopregister van Swellendam gevind. Die
laaste een van hierdie kinders is volgens die doopregister op 13 April 1803 aldaar gedoop. Dit is egter nie duidelik uit die
inskrywing in die doopregister of die datum na die doopdatum verwys, of na die geboortedatum nie. Daar is tot en met die
vroeë 1800’s net die een datum in doopregisters aangeteken.
Probleemkinders
In hierdie derde geslag Veldmans het daar twee “probleemkinders” op die toneel verskyn. Die name van Petrus Christoffel
Veldman en Frederik Johannes Veldman maak onderskeidelik gedurende die jare 1823 en 1825 hul eerste verskyning in die
huweliksregister van George. Voor hierdie tyd kom hierdie name gladnie in die doopregisters van Paarl, Stellenbosch of
Swellendam voor nie. Die vraag ontstaan dus waar hul vandaan gekom het? Wie was hul ouers?
In die uittreksels uit die publikasies hierbo aangehaal, kan gesien word dat die navorsers nie eenstemmig was waar hierdie
kinders moet inpas nie. De Villiers en Pama plaas hulle onomwonde as die sewende en agtste kinders van Johann Gottlieb
Veltsman se seun, Matthys Christoph Veltsman. Hoge, daarenteen was nie so seker van sy saak nie. Hy het vermoed dat hul
20
moontlik kinders van dieselfde Matthys Christoph Veltsman kon wees en plaas hul as die vyfde en sesde kinders. Malherbe het
dieselfde gedoen, want hy het blykbaar Hoge se bevindings netso gekwoteer.
Dr Heese het egter tot ‘n heel ander gevolgtrekking gekom. Hy plaas die naam van die seun Petrus Christoffel in die posisie wat
Frederik Christoffel in die orde van die kinders van Johan Hendrik en Anna Margaretha beklee. Dis moontlik ‘n fout wat Heese
gemaak het voortspruitend uit sy fout dat Frederik se naam nie op die sterfkennis van Anna Margaretha voorkom nie. Hierdie
opmerking van Heese is egter heeltemaal foutief! Die sterfkennis van Anna Margaretha (KAB MOOC 6/9/32 #7205) meld
spesifiek dat sy at the house of her son Fredrik Veldman oorlede is.
Heese het waarskynlik gereken dat die naam Frederik deur Petrus vervang moet word sodat die Frederik Christoffel (volgens die
doopinskrywing) dan Petrus Christoffel sou word. Wat Frederik Johannes betref het Heese tot die slotsom gekom dat hierdie
persoon wel tot die Veldmans van George-Knysna behoort, maar dat geen doopinskrywing vir hom gevind kon word nie. Hy het
gevolglik nie geweet waar om Frederik Johannes met sy nageslag in te pas nie en hul as ‘ongeklassifiseerd’ aangedui.
Frederik Johannes
Waar kom Frederik Johannes dan vandaan? Sy name verskyn by meer as een geleentheid in die huweliksregister van George.
Frederik is heel eerste met Hester Carolina Kock op 9 Julie 1825 getroud (George Huweliksregister p47). Sy is vermoedelik laat in
1831 of vroeg in 1832 oorlede, kort na die geboorte van haar seun. Daarna is Frederik met Christina Maria Newel op 27 Mei
1832 getroud (George Huweliksregister p69). Sy is op haar beurt slegs 25 dae na die geboorte van haar dogter, Christina Maria
Fredrica, wat op 31 Oktober 1834 gebore is, oorlede (KAB MOOC 7/1/128 #28). Frederik en Christina se testament is op 19
November 1834 opgestel en daarin word vermeld dat Christina ongesteld is (KAB MOOC 7/1/128 #27). Na Christina se dood, is
Frederik met Anna Rosina Petronella Stroebel op 9 Oktober 1835 getroud (George Huweliksregister p77).
Frederik Johannes se naam verskyn ook telkens in die doopregister van George, en in later jare ook in die doopregister van
Knysna, by geleenthede waar hy en sy vrou hul kinders laat doop het.
Op Frederik Johannes se Sterfkennis (TAB MHG 01 O/2445) word sy vader se naam as Hendrik Alexander Veldman aangedui. Die
sterfkennis verskaf egter nie 'n naam vir die moeder nie. Die inligting op hierdie sterfkennis is waarskynlik deur Frederik
Johannes se seun, Jan Salomon, verskaf, want hy het immers die dokument onderteken.
Hierdie seun, Jan Salomon, is gedurende 1845 gebore, sowat twee jaar nadat Anna Margaretha oorlede is. Anna se man, Johan
Hendrik Veldman, is waarskynlik reeds voor 1828 oorlede (volgens aantekeninge in die doopregister van George by geleentheid
waar Anna as doopgetuie opgetree het; George doopregister 1827-1842, onder letter ‘A’, p3). Jan Salomon het dus nooit hierdie
twee persone geken nie.
Die gebruik van naamgewing gedurende die vroeë jare was sodanig dat die oudste seun die naam van die oupa aan vaderskant
kry. Jan Salomon se oudste broer se naam was egter Hendrik Alexander, die name van sy moeder se vader, en nie Johan
Hendrik, soos die normale gebruik was nie. Dit het waarskynlik by Jan Salomon die vermoede gelaat dat sy oupa se naam
Hendrik Alexander was. Dié dat hy dit so op die sterfkennis vermeld het.
Wanneer Frederik Johannes se geboortedatum bereken word uit die gegewens soos vervat in sy sterfkennis, dan kom dit uit as
13 April 1801. Hierdie berekende geboortedatum van Frederik Johannes en die doopdatum van Frederik Christoffel, verskil
presies 2 jaar.
Een van Johan Hendrik en Anna Margaretha se seuns was Gert Hermanus, gebore op 29 Maart 1805 (Swellendam doopregister
1798-1807, p379). Gert het op sy beurt weer 'n dogter gehad met die name Anna Margaretha (George doopregister 1827-1842,
onder letter ‘A’, ongenommerde bladsy).
Frederik Johannes en Anna Rosina Petronella se oudste seun se naam was Petrus Philippus Christoffel (George doopregister
1827-1842, p263). Hierdie seun is met Anna Margaretha getroud, die dogter van Gert Hermanus (George huweliksregister 18131864, p125). Een van húl kinders se name was Johanna Carolina Maria.
Verskeie dokumente in beide Tranvaal en Vrystaat Argiewe (TAB MHG 01 O/212A; VAB MHG 01 V170) vertel 'n droewige verhaal
van hierdie kind wat deur haar ouma, Johanna Carolina Veltman (néé Ungerer), grootgemaak is. Die kind is uiteindelik op 19
jarige ouderdom oorlede. In die dokumente word vermeld dat haar ouers neef en niggie was wat met mekaar getroud was.
Hieruit kan dit dus ongetwyfeld afgelei word dat Gert Hermanus en Frederik Johannes broers was. Die verdere afleiding kan dus
gemaak word dat die persoon wat as Frederik Christoffel in Swellendam as die kind van Johan Hendrik en Anna Margaretha
gedoop is, en die Frederik Johannes wat hier ter sprake is, een en dieselfde persoon is.
Petrus Christoffel
Petrus Christoffel is op 5 Januarie 1823 in George met Elisabeth Jacomina Johanna van Rooyen (van Rooÿen, van Rooijen)
getroud (George huweliksregister 1813-1864; p42). Ongelukkig meld die huweliksertifikaat nie wat sy ouderdom tydens sy
huwelik was nie.
De Villiers en Pama sowel as Hoge dui Petrus Christoffel aan dat hy gebore is na Johanna Maria Helena Elisabeth (*7.2.1813) en
Frederik Johannes, die kinders van Matthys Christoph Veldsman. Die allervroegste wat hy dus gebore kon wees is hier so teen
21
laat 1814 of vroeg 1815. Dit kan beslis nie die geval wees nie, want dan was hy jonger as 10 jaar oud toe hy getroud is! Hy pas
gevolglik nie hier in nie.
Doopgetuies van daardie tyd gee ‘n redelik getroue beeld van hoe die familie inmekaar gesteek het. Wanneer hierna gekyk
word, dan vind ons die onderstaande interessante inligting.
Met die doop van Elisabeth Margaretha Fredrica op 20 Julie 1824, die oudste kind van Petrus Christoffel en Elisabeth Jacomina
Johanna (George doopregister 1813-1827, p251), was die doopgetuies die volgende:








Jan van Rooien
Elizabeth van der Watt
Frederik Johannes Barkhuisen
Margaretha van Rooyen
Cornelius Johannes van Rooyen
Maria Jacoba Kap
Elizabeth ?? (hier kan die van nie ontrafel word nie)
Frederik Veldman
Jan van Rooijen en Elizabeth van der Watt was die oupa en ouma aan moederskant (SAG10, p85). Margaretha van Rooyen was
met Frederik Johannes Barkhuisen getroud. Margaretha was die moeder, Elisabeth, se oudste suster (SAG10, p85). Sy was ook
die oudste kind van Jan en Elizabeth.
Cornelius Johannes van Rooyen was Elisabeth se oudste broer, wat met Maria Jacoba Kap getroud was (SAG10, p85). Cornelius
was Jan en Elizabeth se tweede kind.
Dis onseker wie die Elizabeth was, die getuie wie se familienaam nie ontsyfer kon word nie.
Frederik Veldman was 'n seun van Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von Erenkroon (Swellendam doopregister 17981807, p244). Frederik is meer as 'n jaar later, gedurende 1825, getroud.
Die eerste ses getuies was almal aan die moeder, Elisabeth Jacomina Johanna, verwant. Die vrag ontstaan gevolglik: watter rol
het Frederik as getuie hier vervul?
Met die doop van Petrus en Elisabeth se tweede kind, die seun Jan Hendrik Cornelis, op 11 Februarie 1826 (George doopregister
1813-1827, p275), was die doopgetuies die volgende:






Jan van Rooien
Elisabeth van der Watt
Hendrik Veldman
Margaretha Erekroon
Cornelis Johannes van Rooien
Maria Kap
Die eerste twee getuies was weer die ouers van die moeder wat haar kind laat doop het. So was die laaste twee getuies weer die
moeder se broer en skoonsuster.
Hendrik Veldman en Margaretha Erekroon was man en vrou (Die publikasie van Hoge meld op p95 dat Johan Hendrik Feldmann
[of Veldman] & Anna Margaretha von Erencroon [of Erenkroon] met mekaar getroud was). Dit wil blyk dat Johan Hendrik in die
omgang as Hendrik bekend gestaan het en dat sy vrou ook as Margaretha bekend was. Die volle doopname is vermoedelik net
nie volledigheidshalwe in die doopregister by hierdie geleentheid aangeteken nie. Weer ontstaan die vraag: watter rol het
Hendrik en Margaretha dan tydens die doop gespeel?
Met die doop van Petrus en Elisabeth se derde kind, die dogter Anna Margaretha, op 27 Januarie 1827 (George doopregister
1827-1842, onder letter ‘A’ p3), was die doopgetuies:



Baltus van der Watt - Plettenberg
Margaretha Veldman
Anna Margaretha Erekroon (Wed Veldman)
Dis interessant om daarop te let dat daar spesifiek 'n aantekening gemaak is dat Anna Margaretha Erekroon die weduwee
Veldman is.
Die getuie Margaretha Veldman was na alle waarskynlikheid die jongste dogter, Anna Margaretha, van die weduwee Veldman.
Sy was moontlik op haar tweede naam genoem omrede 'n ouer suster alreeds die naam Anna gehad het. Margaretha was op
hierdie stadium dus so 15 jaar oud.
Weer ontstaan die vraag: watter rol het die twee Veldmans hier gespeel?
22
Met die doop van hul vierde kind, Rachel Cornelia, op 14 Februarie 1830 (George doopregister 1827-1842, p272), was die
getuies:




Nicolaas Cornelis van Huissteen
Martha Catharina Barkhause
Cornelis Johannes van Rooyen
Maria Jacoba Kap
Die laaste twee getuies was weer aan die moeder verwant soos reeds aangetoon. By hierdie geleentheid was daar geen
Veldman as getuie aangeteken nie.
Met die doop van hul vyfde en laaste kind, Petrus Christoffel, op 28 April 1833 (George doopregister 1827-1842, p259), was die
getuies:




Rutgert van Huissteen
Jacomina Hendrina van Huissteen
Alexander Hendrik Kock
Anna Elisabeth Veldman
Die getuie Anna Elisabeth Veldman was die oudste dogter, Anna Catharina Elizabeth, van Johan Hendrik Veldman en Anna
Margaretha Erenkroon, wat met Alexander Hendrik Kock getroud was (Swellendam doopregister 1798-1807, p22; George
huweliksregister 1813-1864, p24).
As al hierdie getuies in oënskou geneem word, dan sien ons dat by die doop van die eerste kind van Petrus Christoffel, was 'n
seun van Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von Erenkroon, Frederik Veldman, teenwoordig as getuie. Tydens die
doop van die tweede kind was Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von Erenkroon self teenwoordig. Tydens die derde
kind se doop was Anna Margaretha von Erenkroon (as weduwee Veldman) teenwoordig, asook haar jongste dogter, Anna
Margaretha. Met die doop van die vierde kind was daar geen verteenwoordiger van die Veldman-gesin as getuies teenwoordig
nie. By die doop van die vyfde kind was die oudste dogter van Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von Erenkroon,
Anna Catharina Elizabeth Veldman, met haar eggenoot Alexander Hendrik Kock, as getuies teenwoordig.
Uit bostaande gegewens is dit slegs enkele gevalle waar die getuies nie aan óf die van Rooyen-gesin óf die Veldman-gesin
verwant was nie. Die van Rooyen-getuies was almal direk aan die moeder, wat laat doop het, verwant. Die vraag is nou: wat het
die Veldman-getuies by hierdie geleenthede gesoek as hulle nie op een of ander manier aan die vader verwant was nie? Hierdie
persone sou nie so gereeld by die geleenthede teenwoordig gewees het as hulle nie familie was nie.
Die logiese afleiding wat uit bostaande gemaak kan word, is dat Petrus Christoffel deel van die Veldman-gesin was en dus 'n
seun van Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von Erenkroon. Maar 'n seun met hierdie naam verskyn nie in die
doopregisters van Paarl of Swellendam nie.
Die eerste twee seuns van Johan Hendrik en Anna Margaretha se name was onderskeidelik Johannes Jacobus Christoffel en
Jacobus Petrus (volgens die gepubliseerde bronne). Eersgenoemde is op 4 April 1795 gebore, terwyl laasgenoemde op 25
Januarie 1796 gebore is.
Die name van hierdie twee manne verskyn nie weer in óf huweliks- óf doopregisters van Swellendam of George nie. Nie een van
die name verskyn ook op die sterfkennis van Anna Margaretha wat gedurende 1842 oorlede is nie.
Die verskil in die geboortedatums van die twee seuns is ook so klein (9 maande en 21 dae) dat die moontlikheid kan bestaan dat
die tweede seun ‘n premature baba kon wees. Dit is dus baie moontlik dat hy op ‘n jong ouderdom oorlede is; dié dat daar geen
ander aantekeninge van welke aard oor hom gevind kan word nie.
Dit word vermoed dat Petrus Christoffel dieselfde persoon as die Johannes Jacobus Christoffel moet wees. Die naam Petrus het
moontlik die eerste twee voorname vervang terwyl die Christoffel behoue gebly het. Hier is dit moontlik weer 'n geval van name
wat verander het nadat die kind gedoop is, soos blyk uit die geval van Frederik Johannes wat hierbo bespreek is. Indien dit wel
die geval is, dan sou Petrus sowat 28 jaar oud gewees het toe hy in 1823 in die huwelik getree het. Dit is 'n baie meer
aanvaarbare situasie as wat ander bronne voorstel.
Petrus Christoffel was blykbaar 'n redelik sieklike persoon; sodanig so dat hy vir 'n tyd lank sonder inkomste was en aan die
einde van Maart 1831 om kwytskelding van belasting aansoek gedoen het (KAB CO 3954). Sy kinders is in 1823, 1825, 1827,
1829 en die laaste een in Februarie 1832 gebore. Voordat hierdie laaste kind gedurende 1833 gedoop is, is Petrus oorlede.
Hierdie feit word in die doopregister van George by die betrokke doopinskrywing vermeld (George doopregister 1827-1842,
p259). Dit verklaar moontlik dan ook die rede hoekom sy naam nie op sy moeder se sterfkennis verskyn toe sy gedurende 1843
oorlede is nie. Terloops, ook die name van Jacobus Petrus verskyn nie op die sterfkennis nie, wat dus ook ‘n aanduiding kan
wees dat hy op daardie stadium reeds oorlede was.
23
Gevolgtrekking
Uit bogenoemde beredenering volg dit dus:
1. Beide Petrus Christoffel en Frederik Johannes was kinders van Johan Hendrik Veldman en Anna Margaretha von
Erenkroon.
2. Petrus Christoffel was ouer as Frederik Johannes en hul orde moet dus omgeruil wees teenoor dit wat deur de Villiers
en Pama en ook deur Hoge voorgestel is.
Nota van JA Heese waarin hy meld dat geen doopinskrywing vir FREDERIK JOHANNES gevind
kon word nie, maar dat hy inpas by die VELDMANs van die George-Knysna gebied.
24
Sterfkennis van ANNA MARGARETHA VELDMAN (néé ERENKROON) waarin vermeld word dat sy oorlede is at the house of her
son Frederik Veldman. Frederik het ook die Sterfkennis onderteken.
Die name van die twee kinders uit Anna Margaretha se vorige huwelik met Johan Michiel Roos word vermeld asook die name
van sewe van die nege kinders uit die huwelik met Johan Hendrik Veldman. Die name van haar en Johan se eerste twee kinders
word nie vermeld nie. Een van hulle is vermoedelik jonk oorlede en indien Petrus Christoffel ook hul kind was, dan was hy reeds
geruime tyd oorlede op die datum waarop ANNA oorlede is.

25
Nadie Marais Die Marais van Lady Grey 1850 - 2012
Met dié skrywe wil ek sê Lady Grey is my huis. Al het ek nie baie jare daar gebly nie, is ek 'n
afstammeling van die Marais van Lady Grey. Volgens die geslagsregisters was daar Marais-mense
sedert 1850 in Lady Grey woonagtig. Dawid Erasmus Stephanus Marais *1824 was een van hulle,
asook Daniel Rudolf du Toit Marais *1877.
Dawid Erasmus Stephanus Marais was eers getroud met Anna NEL, toe sy oorlede is met Hendrina COETZEE, en toe ook sy
sterwe, is hy 'n derde keer getroud met Willemina DU TOIT. Uit die drie huwelike is 17 kinders gebore. Twee van dié kinders was
Daniel Cristoffel Jacobus Marais en Daniel Rudolf Du Toit Marais.
Grootvader Daniel was getroud met Nellie POTGIETER. Hulle het ses kinders gehad. Oupa Daniel was hulle vyfde kind. Nog twee
was Daniel Rudolf Du Toit Marais, en Wybrand Andries Marais. Hy was werksaam in die Koöperasie te Lady Grey.
My Oupa Salomo Ignatius Marais, seun van Daniel Christoffel Jacobus Marais is in Lady Grey gebore in 1890, daar oorlede in
1960 en daar begrawe. Oupa Salomo was getroud met Diekie Cecilia Carolina VAN DER WALT, *1894 †1918 met die groot griep.
Uit die huwelik is my vader Daniel Christoffel Jacobus Marais gebore, in 1916.
Oupa Salomo se tweede huwelik was met Martha Catherina Magdalena KUGER, 'n weduwee met 'n dogter. Haar naam was
Susanna Johanna Kruger, en sy is getroud met Gert VAN DYK, seun van beroemde koster Gert van Dyk. Uit hule huwelik is twee
seuns gebore, Francois en Gert. Albei is oorlede in 2011.
Oupa Salomo is vir die derde keer getroud met Helena Sophia VISSER, voorheen SCHLEBUSCH. Sy het reeds twee kinders gehad.
Haar seun Alwyn Schlebusch was laterjare burgemeester van Lady Grey. Hy was getroud met Margret en het twee kinders
gehad. Alwyn se suster Elsie se man was P. ROGERS, en hulle het drie kinders gehad.
Oupa Salomo het gewoon op die hoek van George- en Murraystraat. Hy was diaken en ook ouderling in Lady Grey. Hy was 'n
slagter van beroep. Die slaghuis is nog te sien in Greystraat, en word tans gebruik as 'n woning.
My vader Daniel Christoffel Jacobus, seun van Salomo Marais, is gebore op 16 Augustus 1916. Hy is in 1838 getroud met
Johanna Maria VAN BILJON. Vyf van hulle kinders, drie dogters en twee seuns, is gebore in Lady Grey, en hul jongste dogter is in
Sasolburg gebore. Ek, Salomo Ignatius (Nadie), is die oudste naamgenoot van Oupa Salomo Ignatius Marais. Ons het gewoon in
Stephensonstraat waar Comfrey Cottage vandag is. My pa het op Sterleys Garage gewerk as vakleerling. Hy het sy opleiding in
Port Elizabeth as motorwerktuigkundige voltooi. My pa was later jare mede-eienaar van die Lady Grey Garage. Die gebou was
waar die Koöperasie tans is. Die garage het in 1954 afgebrand.
Einde 1954 het ons verhuis na Sasolburg. My ma is oorlede op 8 Junie 1992, my pa op 23 Maart 2001. My ma Johanna Maria
Marais gebore van Biljon se ouers was Ernst Hendrik Barnardus van Biljon, getroud met Susanna Johanna van Biljon (née NEL)
van die distrik Lady Grey. Hulle huis was op die hoek van Murray en Georgestraat, waar die dokter tans woon.
Ouma van Biljon se broer Berend Nel is met Annie van Biljon getroud. Die Nels wat op Bossieslaagte gewoon het, sowel die wat
daar begrawe is, is direkte familie van my.
Daniel Rudolf du Toit Marais *1877 was die grootvader van Niel Marais. Hy is getroud met Maretha Magdalena DU PREEZ †30
April 2010. Uit die huwelik is drie kinders gebore, naamlik David, Francois en Renth. Hulle woon nog steeds op die Marais se
familieplaas.
Daar is natuurlikbaie familie in Lady Grey en omliggende plase waar moontlik nog familie by die Marais inskakel: naamlik die
Nels, Naudés, Bothas, Vorsters, Venters, Krugers, Potgieters, van der Walts, van Biljons en Schlebusch.
Nou kan ek sê: Die mense van Lady Grey is familie van mekaar.
Ek, Nadie Marais, kleinseun van Salomo Marais, kan vandag met trots seê: Lady Grey is my huis en tuiste.

26
Nico Müller En toe is ek 'n Mulder
My navorsing het begin toe ek my oudste seun aan die dood afgestaan het. Ek het op 'n skooltaak
afgekom waarmee hy besig was. Die taak moes 'n Müller stamboom word. Hy het alles geskryf wat
ons hom kon gee. Toe ek met nuwe oë daarna kyk het ek besef ek weet net mooi niks van my
voorouers af nie.
Ek het my voorgeneem om meer te leer, en het begin deur my pa, sy broer en sy suster te nader.
Ek het nie veel wyser geraak nie, maar alles neergeskryf wat hulle my vertel het.
Op 'n dag moes ek by my dokter uitkom, en ons het begin gesels oor stambome. Hy het my na Celia verwys en ek het dadelik
met haar in verbinding getree, en vir hulp gevra. Ek wou weet wat ek moet doen en hoe ek te werke moet gaan. Soos dit moes
wees was dit 'n Woensdag. Celia het haar hulp aangebied, maar ek moes die vergadering bywoon. Tot nou toe het ek nog nie
één van ons takvergaderings gemis nie.
Met die hulp van die mense van die Vaaldriehoek se GGSA-tak het ek op N.A.A.I.R.S dokumente afgekom. Ek het die
Johannesburg LDS en Pretoria se argiewe besoek. By daardie plekke het ek inligting begin kry. Ek het toe ook na die S.A.G.
registers gekyk. Die soektog was om vas te stel aan watter Müller-stam ek behoort.
Ek is eendag verwys na navorsers in Pretoria wat die stam van hulle stamvader, Migheal Antonie Müller doen, en hulle was baie
behulpsaam. Al wat my pa geweet het, was sy ouers se name. Die Pretoria mense het op hul databasis gesoek na my oupa en my
ouma, maar hulle was toe nie op die stelsel nie. Ek was teleurgesteld, en kan nie sê of dit 'n goeie of 'n slegte ding was nie, maar
toe begin my navorsing eers.
My pa onthou toe dat toe hy ses jaar oud was, hulle sy oom, my oupa se broer, begrawe het - so een-en-sewentig jaar terug. Pa
het selfs die naam van die plaas onthou: Thlaring, tussen Kuruman and Vryburg. Dis tans al vir jare 'n Bophututswana
trustgebied.
Pa bied toe aan om in Desember 2011 die grafte te gaan opspoor. Ek was ten tye met vakansie oorsee, maar my hart was elders.
Ek het so gehoop hy spoor iets op! Toe ek tuiskom kon ek skaars wag om by my pa uit te kom - ek het hom sommer van die
lughawe af gebel net na ons geland het. Hy het goeie nuus gehad om te vertel. Hy het definitief die grafte opgespoor, met groot
moeite.
Hy gee toe vir my die name en datums wat hy op die grafstene gekry het. Hy en sy broer en suster was onder die indruk dat
hulle oom se name Petrus Benjamin was, maar toe is dit al die tyd Barend Matteus. My eerste stap was om op die S.A.G. register
te gaan kyk en toe kry ek die naam daar. Tot my groot verbasing was dit onder Mulder en nie Müller nie! Volgens die S.A.G.
registers het sommige Mulders van die Hopetown-distrik in die vroeër agtien-honderds hulle van verander na Müller toe. Ek
wonder hoekom.
My navorsing het toe uiteindelik regtig begin. Ek kom agter dat my groot-oom Barend Matteus se pa Diederik Nicholaas was. Dis
my oupa-grootjie se name en my name ook. Die beste van alles is: my oupa is toe nie onder sy vyf kinders gelys nie! Die jongste
kind in die S.A.G opgeteken is in 1874 gebore en my oupa is in 1875 gebore. Hoe nou?
'n Week later gaan ek, my pa en my jongste broer na die grafte toe. Ek het 'n petrolsaag en gereedskap saamgevat om die grafte
skoon te maak. Ons het teen so twaalfuur middag daar aangekom. Die vier grafte staan temidde van 'n klomp bome, wat gesorg
het dat niemand daar bly nie, dus is hulle darem bewaar. Alles was toegegroei onder woeste doringbosse. Ons kon niks sien nie.
Vyf ure later was ons klaar. Ek het tienuur daardie aand stokflou by die huis aangekom, maar ek het goed gevoel. Dit het vir ons
baie beteken.
In Januarie 2012, het ek na LDS toe gegaan, hierdie keer bewapen met my Mulders navorsing. Toe kon ek my oupa, sy broers en
susters se doopregisters opspoor, en baie ander doopregisters ook.
Daardie dag het ek 'n dame ontmoet wat dringend dokumente gesoek het. 'n Vrou wat op sterwe lê het hulle nodig gehad. Sy
verwys my toe na n webtuiste (Family Search). Sy wys my toe hoe om dit te gebruik en van toe af was ek nog nie weer LDS toe
nie. Ek doen al my navorsing by die huis en is baie suksesvol. So het ek toe beide mooi en hartseer inligting gekry, tot by my
Mulder stamvader.
27
Ek het nou ook begin navors oor ma se pa, 'n Renken. Ek het in verbinding gekom met Lucas Renken, en ons het toe vasgestel
dat ons gekoppel is. Hy is my oupa Andries David Renken se “second cousin once removed”. Daar is nou baie data wat ek vir
Lucas moet gee oor my oupa se broers en suster en hulle kinders tot vandag.
My navorsing is ver van klaar.
My grootste begeerte is om 'n boek te bind, voor my pa-hulle nie meer daar is nie. Ek is baie bly dat ek het hierdie saak
aangepak het, en wil baie dankie sê aan die tak vir al die hulp. Glo my, ek sou dit nooit op my eie kon uitvoer nie.

Engela Spaleck Geraamtes, ontploffings en storms ter see
Ek is Engela Wilhelmina Spaleck née Martinaglia. Ek kom van Boksburg, Transvaal.
Na my skoolopleiding het ek Algemene Verpleegkunde by die Boksburg-Benoni Hospital voltooi en
daama Verloskunde by die Frere Hospitaal in Oos-London K.P.
My belangstelling in genealogie het begin toe my ma my interessante stories oor die mense in die
familiefotos vertel het. Sy het gelukkig van die name en datums by die fotos geskryf.
My ouers was James (Giacobo) MARTINAGLIA *10.10.1899 †10-06-1966 en Engela Jacoba MALAN, *14.04.1912 (die dag wat die
Titanic gesink het) †29-06-1995. Sy was die dogter van Engela Jacoba VAN DER WATT *21.5.1882 †30.7.1944 en Wynand Charl
MALAN dood 1945. Hulle is 13.1.1909 te Winburg of Marquard getroud.
Op 26 Oktober 1996 het Prof. Philip Tobias van die Paleo-antropologiese
navorsingseenheid van die Universiteit Witwatersrand ‘n familiebyeenkoms by die
Sterkfontein grotte gereel. Die uitnodiging was namens sy Eksellensie die
Ambassadeur van Italië gerig aan die afstammeling van G. Martinaglia *14-08-1856 in
Piedmont, Italië †5-01-1929, Krugersdorp, Transvaal. Prof. Tobias was betrokke as
gevolg van die beroemde "Mev Ples" se skedel. Die ambassadeur was betrokke
omdat hy 'n Italianer was, soos my oupa. Die familie was betrokke oor dit net mooi
een honderd jaar gelede was dat my oupa Guglielmo Martinaglia in 1896 die
Sterkfonteingrotte ontdek het. ‘n Koper muurplaat is tydens die fees onthul.
Oupa was ‘n prospekteerder en geoloog. Sy werk was om kalksteenformasies oop te
skiet toe goud in die Witwatersrandgebied ontdek is. Met een so 'n ontploffing het
hy die grotte blootgelê. 700 fossiele is al daar ontdek. Die Sterkfontein grotte is
verkaar tot ‘n Wêrelderfenisgebied en staan bekend as die Wieg van die Mensdom,
die Cradle of Mankind.
Oupa Guglielmo Martinaglia en sy vrou,
Maria Magdalena DU PLOOY *1866 Fauresmith †27.10.1895
Hulle is 15.8.1887 te Paardekraal getroud
My Italiaanse oupa-grootjie, Guglielmo se pa, was Giovanni Martinaglia. Hy het help bou aan die Simplontonnel tussen
Switserland en Italië wat in 1906 voltooi is.
Ons oupa- en oumagrootjie aan Ma se kant was Jacobus Stephanus VAN DER WATT en Engela Martha FERREIRA. J. S van der
Watt was betrokke by die stigting van die dorp Marquard, OVS. Die hoofstraat is na hom vernoem. Dié families het ek tot by die
stamvaders nagevors.
Ignatius Ferreira het met die skip Chandos van Lissabon, Portugal in die Kaapse hawe aangekom op 17 Junie 1722. Voordat die
passasiers aan land kon gaan, was daar daardie nag ‘n hewige storm op see. Die skip bet vergaan. Gelukkig is stamvader Ferreira
as drenkeling gered, en het hy werk gekry by die H.O.I.K., anders het die nege geslagte afstammelinge nooit bestaan nie.
28
My man, Wolfgang Spaleck, het in 1951 met sy ouers en twee susters vanaf Göttingen, Duitsland, na Suid-Afrika ge-emigreer. Sy
pa Karl het 'n keuse gehad tussen Indië, Amerika en Suid-Afrika. Hulle het Suid-Afrika gekies omdat hulle gereken het hulle, as
Duitssprekendes, sou dalk makliker met Afrikaans sou regkom. Werksgeleënthede was hier destyds beter as wat hulle nou is.
Gesin Spaleck, 1951. Vati Karl met Doris op sy skoot, Mutti Martha met Margot en Wolfgang aan weerskante
Gelukkig het Ma Martha al hul dokumentasie veilig bewaar en uit Duitsland saamgebring, wat dit moontlik gemaak het om die
familie se stamboom uiteen te sit. Sy het ook baie inligting, name, datums feite en fotos verskaf. Gedurende die Tweede
Wêreldoorlog het baie dokumente in Duitsland verlore geraak of is verbrand, wat dit dikwils moeilik maak om familiegeskiedenis
verder terug na te vors.
Frustasies in my lewe as navorser is die soeke na die verlore of onbekende skakels, en inligting wat verlore gegaan het met die
afsterwe van kontakte.
Ek is trots op my skoonseun Dawie de Villiers. Die gogga het hom gebyt, en hy is ook besig met navorsing oor sy familie. Hy was
al Franschhoek-toe om daar nog te wete te kom oor sy familiegeskiedenis. Hy besoek ook begraafplase om inligting in te samel
en sy kennis uit te brei.
Te danke aan my betrokkenheid by die GGSA se Vaaldriehoektak, die hulp van die LDS-sentrum, besoeke aan
navorsingsinstansies, en kennisse het ek baie geleer oor hoe om my familienavorsing op ’n wetenskaplike manier aan te pak.

29
Fanie en Hikkie Blignaut Stamboom
My belangstelling in familienavorsing kom al 'n lang pad. Eers het ek stelselmatig al die bekende
naby-familie se inligting neergeskryf en daarna by almal gesoebat om inligting.
Die BLIGNAUT-navorsing het nogal goed gevorder. Met die hulp van Philip Blignaut en sy webblad
het ek baie van die voorgeslagte bekom waarmee niemand my mee kon help nie. Ek het ook
familie opgespoor wat ek gaan besoek het nadat ek en Philip bevriend geraak het. Stories
rondom die Blignaut-familie is maar baie skaars, aangesien dié wat dalk nog kon help nie meer
met ons is nie.
Ek sou oorspronklik net my familie nagevors het en my een swaer sou die Bouwer-familie doen, maar hy is oorlede voordat hy
daarmee kon begin. Daarom het ek maar ingespring en die BOUWER-navorsing aangepak. Ons het by 'n niggie van my skoonpa in
Warmbad, Oupa-groot se Bybel gekry. Daarin het ons die kinders se name gekry, ook dié wat al oorlede is. Oorspronklik was aan
my gesê dat daar net nege Bouwer-kinders was, maar met die waardevolle inligting in die Bybel het ons ontdek dat daar dertien
kinders was. By 'n dogter van Hikkie se niggie het ons haar oupa se Bybel gekry met die name van sy vier kinders.
Ek het in ongeveer 2001/2 gehoor van 'n Genealogiese tak in die Vaaldriehoek waar mense bymekaar kom om oor Genealogie te
gesels en daarby aangesluit. Ook het ek by verskillende genealogiese gespreksgroepe aangesluit soos GenForum. Nadat hulle
doodgeloop het is ek nou by die huidige SAGen en Buitenposten. As Begrafniskoördineerder van die Vaaldrie-hoektak het ek in
samewerking met ons taklede verskeie begraafplase gedokumenteer, ook heelwat op my eie. Toe ons begin het om
Begrafnisbriewe te dokumenteer van, het ek ook daarmee betrokke geraak. Ek kry van verskeie mense begrafnisbriefies, selfs
sover as die Kaap en Natal, wat ek verwerk en op die internet plaas d.m.v. Hobbie Stoffberg en Alta Griffiths.
Op die oomblik kry ons nie veel tyd vir navorsing nie, aangesien ons Lewensliggies voltydse aandag verg. Dit is 'n sentrum vir
volwasse gestremdes wat ná skool nie 'n plek gehad het om heen te gaan nie. Maar die familienavorsing bly interessant en soos
wat ek inligting bekom, voeg ek dit by my data.
BLIGNAUT:
Omdat mense in die sewentiende eeu nog baie meer op die gehoor af geskryf het as vandag, vind 'n mens hierdie naam op baie
verskillende maniere gespel in die kerkboeke en regstukke van Monthelon: BLIGNOT (soos Hugot, met diminutief-uitgang op -ot),
BLIGNAULT (soos Thibault), BLIGNEAU (soos Rameau), BLIGNIAUT, BLAIGNOUX, en selfs heeltemal foneties: BLIGNOO!
Die eintlike stamboom van ons Suid-Afrikaanse Blignauts begin met Estienne Blignaut, inwoner van Monthelon, en waarskynlik
wynboer (vigneron). Hy was getroud met 'n juffrou Hugot wie se voornaam ons nie ken nie, maar van wie ons wel weet dat sy 'n
suster was van die broers André, Daniël, Jacques en Jacob Hugot van Monthelon. Van hul geboorte- en sterfdatums weet ons
niks, maar ons kan sê dat hulle huwelik omtrent die jaar 1650 moes plaasgevind het. Só oud was dus die konneksie tussen die
twee families. Of daar vandag nog Blignauts in Monthelon en omgewing woon, weet ons nie.
aaa (I) Estienne BLIGNAUT,
x Juffrou HUGOT/HUGUOT, suster van stamvader Daniel Hugo.
aa Hulle seun (II) Pierre BLIGNAUT, hoefsmit te Monthelon, Frankryk,
x Chaltrait 1674, Elizabeth DES BORDES, is die ouers van ons Kaapse stamvader:
a (III) Jean BLIGNAUT, * Amsterdam, ongeveer 1700. Jean het in Amsterdam 'n deeglike skoolopvoeding ontvang, in Frans én
Nederlands, wat hom later hier aan die Kaap goed te staan gekom het as onderwyser vir die kinders van Daniël Hugot en as
kassier van die gemeente Drakenstein. Jean kom in 1723 aan as Adelbors op die skip Huis ten Assenburg. Hy doen in 1726
aansoek om burgerskap. Vanweë sy huwelik word hy plaas-eienaar.
x Paarl, 7.11.1725, Anna ROSSOUW, weduwee van Daniel Hugo.
"Anna Rossouw obit 1753 den 28 February; Daniel Hugod na gissing 1725; Jan Blignaud 1753 den 2 Maart." Dit word vermeld dat
Anna Rossouw en haar tweede man Jan Blignaut dus "binnen een week, man en vrouw beide" oorlede is.
b2 Jan, ≈ 20.6.1728, burger Drakenstein, † Paarl 30.1.1786,
x 23.3.1749, Rachel GROVE.
c4 Jan, ≈ 9.11.1755, † Paarl 15.8.1825,
x 18.2.1778, Martha Magdalena MARAIS.
d10 Jan Hendrik, ≈ 18.4.1798,
x George 5.2.1815, Emerentia SNYMAN, † Wit Keirivier 15.6.1836 (50j 7m 13d),
d.v. Esaias Snyman en Emerentia Meyer.
30
xx Cradock 12.3.1837, Aletta Johanna ROSSOUW, * 21.5.1812, † 30.5.1898,
d.v. Pieter en Aletta Rossouw.
Oupa Groot-Groot:
e2 Esaias Reynier, * 17.5.1816, ≈ George 18.8.1816, † 18.8.1902,
x Graaff-Reinet 2.8.1835, Isabella Margaretha GROBLER / GROBBELAAR;
xx Gerbrecht Margaretha PHILJEE / VILJEE, * 1840, † 1878. (TAB MHG O/19406 old);
Oupa Groot:
f? Paul Johannes, * 25.5.1851, † 3.9.1922, (TAB MHG 49775);
x Christina Gezina LAUBSCHER, * 2.7.1848, † 25.1.1918, (TAB MHG 34391);
Oupa:
g? Stefanus Johannes, * 26.8.1893, † 9.12.1983;
x Elizabeth Susanna Magdalena ELS, * 26.1.1895, † 18.11.1961; (TAB MHG 803/62);
xx Catharina Petronella JANSE VAN RENSBURG, * 4.8.1899, † 6.4.1986;
[van hierdie ouma het ek geen inligting nie].
Vader:
h? Paul Johannes, 7.5.1918, † 1.8.1978; x
Magdalena Joziena Maria KRUGER, * 18.6.1925;
Fanie Self:
i? Stefanus Johannes, (Fanie / Blikkies) * 11.10.1943; x Vanderbijlpark, 11.03.1967, Johanna Cathrina
Bouwer (Hikkie) * 24.03.1948;
Bronne: 'n Artikel oor die Blignauts geskryf deur André M. Hugo, Familia, Jaargang X,
Volume 2,3,4. "Die Franse Voorgeslagte van ons Families Hugo en Blignaut".
SAG Vol. 1, A-C, p.301;
Oom Japie Blignaut van Heilbron en Philip Blignaut.
ELS:
Stamvader: Johannes Martin Els van Stendal in Duitsland,
x c. 1763, Anna Maria PIETERSE, ≈ Stellenbosch 17.12.1747, d.v. Willem Hendrikse en Elsje Gerrits (beide van onbekende afkoms);
Elsje Gerrits is later getroud met Hermanus Jansz Pietersen) SAF Vol 2 D-G, p289
Oupa Groot Groot:
Paul Johannes, * 13.6.1831, † 27.8.1904; (TAB MHG 5682);
x Anna Maria ERASMUS, * 4.6.1830, † ? ; (VAB MHG E871, 1907?);
31
Oupa Groot:
Daniël Elhardus, * 4.7.1857, † 28.11.1938; (TAB CJC Vol.1488, Ref.271, 1902, Heilbron)
x Gerbrecht Margaretha BLIGNAUT, * 25.7.1862, † 5.10.1942; (d.v. Esaias Renier Blignaut, * 17.5.1816, †
18.8.1902);
xx Gerbrecht Margaretha PHILJEE / VILJEE, * 1840, † 1878, (inligting omtrent hierdie ouma het ek verkry van
Philip Blignaut en Tobie Swart).
Ouma Els:
Elizabeth Susanna Magdalena, * 26.1.1895, † 18.11.1961; [sien foto bo]
x Stefanus Johannes BLIGNAUT, * 26.8.1893, † 9.12.1983; [sien foto bo]
Vader:
Paul Johannes BLIGNAUT, 7.5.1918, † 1.8.1978; [sien foto bo]
x Magdalena Joziena Maria KRUGER, * 18.6.1925;
Bronne: SAF Vol 2 D-G, p289;
Ouma Els se familie-inligting - Quarta Pretorius van Heilbron.
PRETORIUS:
Stamvader Johannes, * c.1614, ≈ Nederduits Hervormde Kerk Oude Kerk, geleë op die eiland Goeree-Overflakkee, Nederland
16.10.1642; s.v. ds. Wessel Schout wat sy familie-naam Willem Schout na die Latynse vorm Wesselius Praetorius (later Pretorius)
verander het tydens sy jare as teologiese student aan die Universiteit van Leiden, Nederland; Aankoms op 1.4.1666 in die Kaap
as adelbors, maar vertrek kort daarna as sieketrooster en later sekunde na Mauritius; Hy keer permanent terug na die Kaap op
9.12.1669 en word die familie se stamvader in Suid-Afrika; In 1674 word hy sekretaris van die Weeskamer; † Kaapstad
30.4.1694;
x Kaapstad 18.11.1673, Geertruyda MEYNTJES / MEYNTINGS / MENTHING, van Hasselt, Holland (vandag België). (Sy was die weduwee
van Dirk Bosch);
xx Kaapstad 28.2.1677, Johanna VICTOR, van Amsterdam (sy xx Kaapstad 28.10.1696 met Johannes Sterrenberg van Amsterdam).
b5 Lodewyk, ≈ Kaapstad 5.9.1688, Landbouer by Tulbagh, † distrik Stellenbosch 1718;
x 13.12.1711, Maria ROSSOUW * c.1693; d.v. Pierre Rossouw en Anne Retief (sy xx Charl Marais);
c3 Johannes Lodewik(c)us, ≈ Paarl 22.8.1717, Landbouer en Veeboer, † Camdeboo 22.8.1779;
x 18.9.1740, Anna Sophia BOTHA ≈ 10.10.1723; d.v. Johannes Botha en Anna v.d. Merwe;
d7 Carel, ≈ 19.5.1754;
x Tulbagh 1.1.1779, Dorothea COMBRINK, † Caroluspoort, distrik Bo-Seekoeirivier 10.11.1838;
e3 Willem, ≈ Tulbagh 8.1.1786; Trekboer na Renosterpoort, distrik Soutpansberg;
x Kaapstad 1.4.1804, Petronella Christina BOTHA, ≈ Tulbagh 22.4.1787, d.v. Hercules Botha en Petronella Christina de Jager;
xx Potchefstroom 14.5.1851, Anna Adriana DU PLOOY
Oupa Groot Groot:
f10 Pieter Daniel, * Soutpansberg 4.11.1853, † Nylstroom, distrik Waterberg 29.11.1896;
x NHK Potchefstroom 21.1.1871, Anna Petronella Alida BADENHORST;
Oupa Groot:
g1 Willem, 12.10.1873, † 23.1.1955; (Oupa stam uit die 5de seun van die Stamvader)
x Emma BLOEM * 13.3.1881, † ?.9.1957; (van Ouma Bloem kry ek nie veel inligting nie)
Ouma Pretorius:
h? Anna Alida Petronella PRETORIUS, * 11.12.1899, † 9.7.1992;
x Pieter Hermanus KRUGER * 6.7.1884, † 1.8.1967;
Moeder, néé Kruger:
Magdalena Joziena Marie, * 18.6.1925;
x Paul Johannes BLIGNAUT * 7.5.1918, † 1.8.1978;
Bronne: SAG Volume 8, Pi - Q, pp 357, 424, 434, 436
Pretorius-inligting wat onbekend was het ek van Colin Pretorius gekry.
KRUGER / CRUGER:
Stamvader: Jacob Kruger, * Sandenbeck by Prignitz, naby Berlyn 28.7.1690, ≈ 1.8.1690; s.v. Frantz Kröger (Krüger) en Elisabeth
Pemöller, † 24.12.1747; aankoms in 1713 as soldaat op die Middelwout; hy was 'n kneg by Willem ten Damme en Ernst Mostert;
word burger op 11.1.1718; word lidmaat v.d. NG Kerk, Kaapstad op 13.2.1716; boer in die Sandveld; † 29.10.1749;
32
x Kaapstad 1.5.1718, Jannetjie KEMP (moontlik d.v. Nikolaas Kemp en Cecilia Swerisse), * 1691, † 27.10.1778;
b8 Pieter Ernst, ≈ 18.8.1726, † Februarie 1783;
x 27.12.1747, Zacharya PUTTER, † Roggeveld, voor 26.10.1794;
c3 Jacob Johannes, ≈ 14.3.1756, † voor 1821;
x 14.2.1779, Anna Dorothea GRIESEL ≈ 15.7.1764; d.v. Johannes David Griesel en Anna Maria Jacoba Pelzer;
d10 Johannes Lodewyk, ≈ ?
x Graaff-Reinet, 3.11.1822, Anna Maria Jacoba GRIESEL;
xx Huwelikshof, Colesberg 17.12.1837, Maria Susanna Elizabeth Johanna VORSTER;
Oupa Groot Groot:
e5 Johannes Lodewikus, * 13.11.1831, ≈ Graaff-Reinet 8.10.1832; † 1914;
(TAB MHG 24923);
x Potchefstroom 5.11.1851, Aletta Elizabeth DE LANGE * 1833, † 1886; (TAB MHG O/3154);
Oupa Groot:
f? Johannes Lodewikus Jacobus, * 20.10.1848, † 8.9.1902, 54jr (TAB MHG 1353);
x Magdalena Josina /Josua Maria STEYN * ?, † 1913; (TAB MHG 22307)
(Magdalena xx Christiaan Lourens);
Oupa:
g? Pieter Hermanus, * 6.7.1884, † 1.8.1967;
x Anna Alida Petronella PRETORIUS * 11.12.1899, † 9.7.1992;
Moeder:
h? Magdalena Joziena Marie, * 18.6.1925;
x Paul Johannes BLIGNAUT, * 7.5.1918, † 1.8.1978.
Bronne: SAG Volume 4, J-K, pp 482, 502, 504;
Van die Kruger-inligting het ek by Barry Kruger gekry.
Stamboom - Hikkie Blignaut
BOUWER / BAUER:
Stamvader Johann Ludwig Bauer, sy handtekening is in 'n Duitse skrif by sy testament wat opgestel is te Swellendam op
4.1.1767. Aankoms 1724 vanaf Kassel op die skip Hogersmilde as matroos, op 11.11.1724. Hy was in diens van Jan M. Cruywagen
en verkry burgerregte in 1729. Oorlede voor 2.6.1784.
x 19.2.1736, Cornelia BURGER.
Oupa Groot Groot:
Anton Michael, * 25.3.1850, † ?;
x Hester Philippina MEYER, * 5.11.1858, † ? [kry nie inligting omtrent haar nie]
Oupa Groot:
Anton Michael, * 20.5.1881, † 1.2.1971;
x Frederica Grace WILD, * 9.3.1888, † 1941 [TAB MHG 3698/41]
Vader:
Anton Michael, * 4.11.1919, † 9.5.2001;
x Johanna Cathrina PRETORIUS, * 15.7.1925, † 11.9.2007.
Hikkie self:
Johanna Cathrina * 24.03.1948 x Vanderbijlpark, 11.03.1967, Stefanus Johannes Blignaut * 11.10.1943;
Bronne: SAG Volume 1, A-C, p.393
Barend Leach, Genealogiese Navorser en verskeie familie lede.
'N BEWOË OOM JAN BOUWER:
33
My skoonouers was op soek na 'n neef van my skoonpa met name Jan Bouwer, wat moontlik in die ou Rhodesië gaan woon het.
Dit is al inligting wat aan my vertel kon word deur die Bouwer-familie. Ek het op 'n stadium, ongeveer 2007, vir Barend Leach die
inligting wat ek het gestuur en gevra of hy dalk kan help. Op 17 Julie 2012 kontak Barend my en sê dat hy moontlik inligting
bekom het. Nadat ek hom geskakel het, vertel hy my dat hy hierdie Jan Bouwer opgespoor het in Nelspruit. Na 'n oor en weer
geselsery blyk dit dat dit die regte persoon is en dat hy hierdie jaar tagtig jaar oud word. Nou het ek meer inligting as wat ons
gehad het. Barend het vir my besonderhede vanaf die stamvader tot onlangs gestuur. Ek het oom Jan geskakel en hy was baie
bewoë om ook van sy familie op te spoor. Hierdie inligting het 'n grooooot gat in ons soeke toegemaak.
Fanie Blignaut, Augustus 2012
PRETORIUS:
Stamvader Johannes, * c.1614, ≈ Nederduits Hervormde Kerk Oude Kerk, geleë op die eiland Goeree-Overflakkee, Nederland
16.10.1642;
s.v. ds. Wessel Schout wat sy familienaam Willem Schout na die Latynse vorm Wesselius Praetorius (later Pretorius) verander
het tydens sy jare as teologiese student aan die Universiteit van Leiden, Nederland; aankoms op 1.4.1666 in die Kaap as
adelbors, maar vertrek kort daarna as sieketrooster en later sekunde na Mauritius; hy keer permanent terug na die Kaap op
9.12.1669 en word die familie se stamvader in Suid-Afrika; in 1674 word hy sekretaris van die Weeskamer; † Kaapstad
30.4.1694;
x Kaapstad 18.11.1673, Geertruyda MEYNTJES / MEYNTINGS / MENTHING, van Hasselt, Holland (vandag België). (sy was die weduwee
van Dirk Bosch);
xx Kaapstad 28.2.1677, Johanna VICTOR, van Amsterdam (sy xx Kaapstad 28.10.1696 met Johannes Sterrenberg van Amsterdam).
b3 Johannes, ≈ 22.9.1680, † c.1732;
x Helena VOSLOO * c.1698, † c.1731; d.v. Johannes Vosloo en Helena van Malabar;
Oupa Groot:
Willem Johannes Lodewikus, * 30.8.1862, † 7.3.1902; [TAB MHG 2093]
x Cornelia Petronella VAN DER MERWE, * ?, † ?
Oupa:
Jacobus Christiaan, * 23.8.1894, † 15.9.1962; (Oupa stam uit die 3de seun van die stamvader)
x Johanna Cathrina POTGIETER, * 26.8.1902, † 8.8.1989;
Moeder:
Johanna Cathrina, * 15.7.1925, † 11.9.2007;
x Anton Michael BOUWER, * 4.11.1919, † 9.5.2001.
Bronne: SAG VOL 8 Pi - Q, p357
Die Pretorius-inligting wat onbekende was aan my en Hikkie se kant het ek van
Colin Pretorius gekry. Ander inligting kom van verskeie families af.
POTGIETER:
Stamvader, Harmen Jansz Potgieter, seun van Jan Potgieter van Nordhom en Schweme Lodden van Frensdorf, Duitsland, * c.
1635, van Nordhom, Wesfale, Duitsland, word Vryburger in 1663, maar tree weer in diens van die Kompanjie om in 1674 weer
uit die diens te tree, waarna hy Vryburger gebly het, word smid teen 1679 as een van die eerste inwoners langs die Eersterivier
te Stellenbosch, word lid van die Heemraad in 1685 en "Wagmeester" van die Artillerie, † tussen 1.9.1705 en 1708; x Kaapstad,
8.5.1672, Isabella (of Beeltjie) Fredericks van Amsterdam, Nederland, weduwee van Nicolaus Vechtmann van Merano, SuidTirool) Isabella trou xx 6.11.1708, Lourens Verbrugge van Ieperen).
b1 Johannes (Jan Harmensz), (p.216), ≈ Swellendam 23/6.9.1674, † c. 1730/3;
x 24.7.1712, Clara HERBST, ≈ 1687, † voor 18.2.1714, d.v. stamvader Johann Herbst van Bremen en Lijsbeth Sanders van die Kaap.
xx Stellenbosch 18.2.1714, Maria Catharina VAN EEDEN, ≈ 31.1.1696 / 92?; d.v. stamvader Jan Janse van Eeden en Maria Rousseau
(sy xx na 1730 met Theunis Botha).
c6 Johannes, (p.216), ≈ 1.3.1722, burger Swellendam;
x 14.3.1751, Aletta of Jacomina VAN ROOYEN, ≈ 27.8.1724, d.v. Cornelis van Rooyen en Jacomina van Deventer, (sy xx 20.12.1772
Johan Christoffel Heymers).
d5 Hermanus Lambertus, (p.221), ≈ Swellendam 12.4.1761, burger Stellenbosch, woon 1815 aan die Olifantsrivier, † c. 1867;
x Swellendam 25.3.1787, Sara Dorothea MARITZ, ≈ 27.3.1768, d.v. Johannes Stephanus Maritz en Maria Martha Pienaar.
e4 Frederik Evert, (p.225), ≈ Swellendam 15.11.1795, † Alexandria 18.7.1871;
34
x Uitenhage 7.11.1819, Jacomina Christina LANDMAN.
Oupa Groot Groot:
f7 Jacobus Lourens (p.225), * 17.12.1831, ≈ Uitenhage 8.4.1832, † 12.8.1865;
(SK KAB MOOC Vol. 6/9/119 Ref. 3531,1867 of Vol. 6/9/112 Ref. 2063, 1865);
x Rachel Elizabeth CROUSE (SK MOOC Vol. 7/1/281 Ref. 9, 1865)
Oupa Groot:
g ? Hendrik Johannes, * 7.1.1859, † 29.3.1928, (SK TAB MHG 65996);
x Susara Johanna BARKHUIZEN, * 10.4.1876.
Ouma Potgieter:
h ? Johanna Catharina, * 26.8.1902, † 8.8.1989;
x Jacobus Christiaan PRETORIUS, * 23.8.1894, † 15.9.1962.
Moeder:
i ? Johanna Cathrina, * 15.7.1925, † 11.9.2007;
x Anton Michael BOUWER, * 4.11.1919, † 9.5.2001.
Bronne: Inligting van Stamvader tot by f7 uit SAG Volume 8, Pi-Q, pp.216, 221, 225;
Mara Potgieter en van verskeie ander families.
BARKHUIZEN / BARKHUYSEN / BARCKHUYSEN:
Stamvader Jan Nicolaas Willem Barkhuysen van Horn in Lippe, Duitsland, aankoms per Kievitsheuvel in 1765 as soldaat,
boerekneg, in 1768 in diens van Nicolaas Janse van Rensburg, sy latere skoonvader. Lidmaatsertifikaat vanaf Schwalenberg,
Duitsland te Tulbagh ingehandig 1771, burger 1776,
x Paarl 8.11.1771, Jacomina Janse van Rensburg, ≈ 1756.
b4 Simon Hendrik, ≈ 2.10.1779, burger Swellendam,
x Kaapstad 20.3.1803, Sara Johanna VAN VUUREN, weduwee Cornelis Scheepers.
c3 Johannes Gerhardus, 1.8.1808,
x Uitenhage, 6.10.1829, Susanna Maria SCHEEPERS;
xx Uitenhage, 2.9.1850, Johanna Catharina POTGIETER, weduwee Adriaan Louw.
Oupa Groot Groot:
d1 Simon Hendrik (Ou Omie), * 10.2.1831, ≈ Uitenhage, 17.7.1831,
x Uitenhage, 28.4.1862, Jacoba Adriana LOUW, † 29.5.1914
(Omie is gebore uit die eerste huwelik met SM Scheepers)
Ouma Groot:
e5 Susara Johanna, * 10.4.1873 / 1876?, ≈ Uitenhage, 6.7.1876;
x Hendrik Johannes POTGIETER, * 7.1.1859, † 29.3.1928
Ouma Potgieter:
Johanna Cathrina, * 26.8.1902, † 8.8.1989;
x Jacobus Christiaan PRETORIUS, * 23.8.1894, † 15.9.1962
Moeder, néé Pretorius:
Johanna Cathrina, * 15.7.1925, † 11.9.2007;
x Anton Michael BOUWER, * 4.11.1919, † 9.5.2001.
Bronne: Stamvader tot by d1 uit SAG Volume 1, A-C, p.132, 134;
Frances en Johan Barkhuizen en van verskeie ander families.
Hikkie Blignaut , Augustus 2012


35
Hentie Liebenberg 'n Dag van onthou
Ek is 9 September 1950 op Scwheizer-Reneke gebore, Hendrik Johannes Liebenberg gedoop.
Skoolloopbaan te Sannieshof, matriek geskryf in 1969. Begin my vakleerlingskap as elektrisiën op
Yskor Vanderbijlpark in 1970, kwalifiseer in 1975, en trou dieselfde jaar met Annette VAN
NIEKERK. Ons dogter, Adelle, is aptekers-assistant in Vanderbijlpark. Na tien jaar as elektrisiën,
word ek inspekteur by Yskor se hoof onderdele-magasyn. Yskor gee my 'n paket in 1999, na 27
jaar diens. Ek bly drie jaar tuis, begin toe weer werk in Johannesburg by Gauteng Regering se
Dept. van Finansies. Na nege jaar daar as kodifiseerder, word ek oorgeplaas, en begin op 1
Oktober 2012 werk by Johan Heyns Kliniek, Sedibeng District Health Services. Op 65 moet mens
op pensioen gaan, so sê die wet. Ek sal nog sien wat maak ek oor drie jaar, as ek aftree.
Dit was omtrent 7:30 die Saterdagoggend wat ek in my motor klim en die soektog na my oorlede oupa en ouma se grafte begin.
Ek en my vrou Anette het vir 'n paar dae by haar suster en swaer op Ulco ('n sementfabriek) in die Noord-Kaap gaan kuier. Dit
was toe dat ek besluit om my grootouers se grafte te gaan soek. Ek wou graag foto's neem van die grafte om dit later te gebruik
by my stamboomnavorsing.
Ek het geweet waar die grafte was (of so het ek gehoop en gedink). Ek besluit om eers na ouma Hester se graf te ry. Sy is op
Reivilo begrawe. Dit weet ek, want ek onthou die storie: toe hulle die oggend haar graf oopmaak om haar te begrawe, kry hulle
dit tot 'n meter van bo af vol water. Daardie wêreld is baie ryk aan water en fonteine loop jarelank sonder ophou. Daar moes
dringend 'n ander plan gemaak word, en daar is besluit om haar op Reivilo te gaan begrawe.
Ek het die padkaart geraadpleeg en Reivilo-toe gery. Nadat ek ouma Hester se graf afgeneem het, vat ons die pad Blikfonteintoe. Dis 'n klein nedersetting, net 'n paar kilometer van waar oupa se plaas was. Ek stop daar by die algemene handelaar op die
hoek om rigting en pad te vra, want nou wis ek nie verder nie. Die man daar vertel toe dat hy my oorlede oupa geken het, en
ook my pa en suster en broer. Hulle was saam met hom in die skooltjie gewees. Wat 'n wonderlike toeval om met iemand te
praat wat hulle geken het!
Hy het my beduie hoe om verder te ry om by die plaas te kom. Langs die pad, omtrent waar ek reken die plaas moet wees, kry
ons 'n boer se padstal. Ek stop en vra weer, net om seker te maak dat ek nog reg ry. Die boer vra my uit oor wie ek is en vertel
toe dat die grafte wat ek soek net so 200 meter van sy huis af is. Daar is nie 'n pad soontoe nie. Ek moes stap, en ook deur 'n
paar drade klim om by die grafte te kom.
My oupa Hennie is daar begrawe. Ouma Hester se eerste man, 'n Lampbrecht, is ook daar begrawe, saam met een van sy seuns
en sy vader. Ek moes eers die katbosse afsny voor ek foto's van al die grafte kon neem. Oupa Lampbrecht se kopsteen het
omgeval en skuins teen 'n boom gelê. Dit was te swaar om op te tel en weer regop te sit. Ek kon darem al die inligting neerskryf.
Terug by my motor, kom vra 'n jong swartman waar ek vandaan kom, en hy vertel dat sy vader nog op die familieplaas bly. Hy
het my beduie hoe om soontoe te ry. Ek het die plek maklik gekry en stop toe voor die hek. Van die oorspronklike plaashuis is
nog net die fondasie oor. Dáár was die dam met die koelkamer waar die melk koud gehou is voor die melklorrie dit kom oplaai
het vir die kaasfabriek op Reivilo. Die herrineringe begin te vloei, lekker herinneringe... hoe ek leer slingervel gooi; hoe ek en my
pa gaan skape haal; hoe ek moet kyk of daar lammertjies in die water geval het waar ons die skape oor die bruggie jaag.
'n Stem skuins agter my ruk my skielik uit my herinneringe. "Kan ek die kleinbaas help?" vra 'n bejaarde man. Toe ek hom vertel
wie ek is, kry hy trane in sy oë. Ek vra hom wie hy is. "Ek is ou Chrisjan," antwoord hy, en vertel dat my pa, sy broer en sy suster
almal saam voor hom grootgeword het. Hy vra toe waar hulle deesdae is. Ek moes hom meedeel dat my pa oorlede is, en sy
broer Faan ook, en sy vrou Martha. Darem het my pa se suster Hettie en Bertus, haar man, 'n verekeringsmakelaar, toe nog op
Luckhoff gebly. Ek wou nog gesels en uitvra, maar het gesien dat die tyd aanstap. Ek moes ongelukkig groet en ry.
Die naweek was 'n verrassing. Ek het nie verwag om mense te kry wat my pa-hulle geken het nie.

Fluit-fluit, ons storiewa span uit. Dankie, mense!
36