CMR Aliwal

Transcription

CMR Aliwal
ALIWAL-NOORD
Wanneer verdwyn U trou o Heer?
En U sorg?
Ken U, U skatkamers leeg?
Kan U aanraking kwyn?
Ek wil jubel tot U eer!
JAARVERSLAG
U Naam is wyd bekend,
U trou so bekend.
Ek wil jubel in die more en ek wil jubel in die aand!
U sorg vir die CMR, is te wyd en te diep om te begrens…..
Dankie Vader vir U trou wat nooit kwyn, U liefde wat nooit kan verdwyn!
U skenk U alles aan ons in oorvloed!
1 April 2009- 31 Maart 2010
CHRISTELIKE MAATSKAPLIKE RAAD
Die Wonderlike belewing van God se goedheid
binne die CMR!
Dit is soos ’n geloofsbelydenis dat die Here se tere aanraking, elkeen se
hart aanraak. Dat die Trooster ons kliënte styfvas hou…Hy is ons
Helper…en dan raak God se goedheid en geduld ook nie op met ons nie.
Die Here het ryklik en mildelik voorsien in elkeen se nood: Emosioneel,
fisies, liggaamlik en geestelik!
En daarom wil ek jubel en bely: Sonder God sou die CMR vir die
afgelope 48 jaar nie kon bestaan nie!!
CMR Groete
Lindi Roberts
CMR Posbus 176, Aliwal-Noord, 9750~
Tel nr: 051-6332658 ~Faks 086 567 4913~Epos:
[email protected]
Bank besonderhede: CMR
ABSA Bank: 1750 23 0020 Takkode: 334-120
Lees Binne
Bestuur
Finansiële bestuur
Programme
MIV/Vigs
Gesinsverryking
Bladsy
3
4
5
6
7
Statutêre Werk
16
Fondsinsameling
17
Vriende van die CMR 18
Voorsittersbrief – Ds AC van der Westhuizen
Die jaarverslag waarmee jy nou in die hand staan, is eintlik maar net soos 'n foto. 'n Foto
vang iets vir 'n spesifieke oomblik vas en as daardie oomblik verby is, dan kan 'n mens al
weer 'n foto neem, want die toneel het verander. So verander die toneel van die CMR se
werk daagliks – nuwe kliënte word aangemeld, party lêers word gesluit, iemand anders kom
klop aan vir hulp … nog 'n donasie word ontvang, iemand kom bied hulp aan …
Al verander die toneel so dikwels, is daar tog ook iets wat elke dag dieselfde bly: Die liefde
en deernis waarmee elke persoon wat kom aanklop ontvang en bedien word. Dit kan ou
bekende gesigte van kliënte oor jare wees. Dit kan vreemde gesigte wees wat dalk maar
een keer kom aanklop.
Dit kan die werkers wees wat eiers kom aflewer … of as die
winterkoue toeslaan, kom koop mense van die gebruikte klere uit die klerebank. Lindi, Janet
en Margaret – julle drie is vir baie mense in ons groter gemeenskap die gesig van ware
omgee, liefde en aanvaarding. En julle kan dit net wees omdat julle toelaat dat die Here wat
ons roep om diensbaar te wees, julle elke dag verander en slyp en gebruik tot SY eer.
In die afgelope jaar was daar baie hande en harte uit die gemeenskap wat die werk van die
CMR makliker gemaak het. Ons het klein en groot donasies ontvang, kos, klere, veilige
blyplek, mense het kom help aanry en wegry, truie is gebrei, funksies gereël, pakkies
opgemaak en ure spandeer om liefdesdiens te verrig. Die gemeenskap is die grootste
vennoot in die werk van die CMR en dra sowat 60% van die finansiële las. Baie dankie vir
elke oomblik van omgee, vir elke tasbare bydrae en vir elke gebed waarmee die werk van
die CMR gedra word. As CM-Raad kan ons nooit ons volle waardering aan die gemeenskap
betoon vir julle onbaatsugtige ondersteuning nie – ontvang ons opregte dank.
"As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As
die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan
te maak." Ps 127:1 en 2
As Raad en personeel kan ons maar net weer bely dat ons elke oomblik van elke dag van
die Here afhanklik is en bly – Hy voorsien die middele én die liefde waarmee ons as CMR
die taak in die gemeenskap kan aanpak. Hy bou die huis … Hy beskerm die stad… en ons
staan maar net in verwondering en kyk na die groot dade van die Here wat getrou bly sorg.
En so kan ons tot seën wees vir hierdie wêreld wat Sy liefde en deernis so nodig het.
Ds Arnold vd Westhuizen (Voorsitter)
CMR Bestuur
Diee Bestuur van die CMR lewer ’n
effektiewe en doelgerigte diens. Die
boustene van die CMR Aliwal-Noord is:
Baie dankie Juf Erasmus vir die volgehoue
uitstekende werk wat u vir die CMR’e
verrig.
CMR Bestuur
Direkteur:
Me C Erasmus
Programbestuurder:
Me I Ferreira
8 Bestuurslede
Die programbestuurder is Me. Ferreira.
Me. Ferreira is verantwoordelik vir supervisie,
kanalisering van hofverslae,
personeelopleiding en emosionele
ondersteuning.
Personeel
Me L Roberts
Me J Peyper
Me M Morabe
The CMR Aliwal North is a welfare
organization in Aliwal North affiliated to the
CMR Eastern Cape and Dutch Reformed
Church. We are part of 11 CMR organizations
in the Eastern Cape. We share one vision and
use the same administrative system. The
Director of CMR Eastern Cape is Ms Corné
Erasmus.
Ons bedank u nie genoeg vir die uitstekende
professionele en omgee-diens wat u aan ons
kantoor verskaf nie.
Dankie vir u geduld en leiding dwarsdeur die
jaar!

Vier bestuursvergaderings is in die afgelope
jaar gehou. Die bestuur bepaal beleid en hou
toesig oor die begroting. Tydens die
jaarvergadering word ’n oorsig van die jaar se
dienste gegee.
Bestuurslid
Diens-area
Ds AC Van der
Westhuizen
Voorsitter
Ds MP Fourie
Onder-Voorsitter
Me. Nel
Fondsinsameling
Me. Rheeder
Fondsinsameling
Me. van Pletzen
Me. Fourie
Me. Peyper
Me. Roberts
“Joy can only be real if people look upon their
life as a service, and have a definite object in
life outside themselves and their personal
happiness” Leo Tolstoy
Adres
Telefoon nr
E-pos
051-6332777
[email protected]
051-6332117
[email protected]
082 3244 271
-
Aliwal-Noord
-
-
Dienste
Jamestown
-
Fondsinsameling
Aliwal-Noord
051-6333209
-
Administratiewe
Assistent
Maatskaplike
werker
Smithstraat 52
Aliwal-Noord
Smithstraat 52
Aliwal-Noord
051-6332658
[email protected]
051-6332658
[email protected]
Smith Straat 53A,
Aliwal-Noord
Louis Bothalaan 9
Aliwal-Noord
Van der Stelstr
Aliwal-Noord
Finansiële bestuur
Die CMR is ’n geregistreerde
Nie-Winsgewende Organisasie
(NPO 003-641). ’n Vennootskap bestaan
tussen die Departement Maatskaplike
Ontwikkeling en die CMR om bepaalde
maatskaplike dienste te lewer. ’n Staatsubsidie
word toegeken. Die subsidie is ’n groot bron
van inkomste (41%). Die res van die inkomste
(59%) word deur die CMR gegenereer word.
Die inkomste word verkry deur gemeente-,
gemeenskapsbydrae en fondsinsameling. Dit
is ’n groot uitdaging om dienste te bemark!
Inkomste verspreiding
Administrasie Dept
13%
Subsidie
41%
Me Janet Peyper is verantwoordelik vir die
adminstratiewe en finansiële diens van die
kantoor. Baie dankie vir die diens wat jy lewer!
CMR inkomste vs Subsidie
Ander
59%
Fondsinsameling
2%
Donateurs 30%
Gemeentes
14%
Staatsubsidie
41%
Die fondse wat verkry word,
word aangewend vir die drie
oorhoofse programme, ingesluit
administrasie-koste ten einde die
uitvoering van die diens. Dit sluit
in salarisse, brandstof, kantoor
akkommodasie, telefone,
skryfbehoeftes, ens. Indien die
donasie spesifiek geallokeer
word vir ’n behoefte soos vir
“adopt a family”,
Kerspakkieprojek of ’n HIV
program, word dit uitsluitlik vir
die daardie doel aangewend.
The CMR’s audit is done annually by Theron and Du Plessis Chartered Accountants (SA). The contact number is
051-6338000. They can confirm the transparency of our organization.
"Adopt a family" - fonds
verspreiding Brood en
Kerspakkieprojek
40%
Kos
3%
melk
projek
11%
Koshuisbehuising
41%
Sport
1%
Medikasie
3%
Klere
1%
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
Die CMR probeer om ’n
holistiese diens te lewer aan
ons kliënte. Elkeen van die
“Adopt a family” projekte
word in meer detail beskryf
onder op bladsy 8. Hierdie
fondse word deur die
donateurs aan die CMR gegee,
spesifiek geallokeer tot ’n doel.
And as we let our own light
shine, we unconsciously give
other people permission to do
the same.
–Nelson Mandela-
4
Programme
VISIE
Die CMR fokus om effektiewe, doelgerigte en ondersteunende dienste
aan gesinne en individue te lewer, sodat hulle die beskerming kan
geniet en indien moontlik hulle lewensgehalte kan verbeter!
The work of the CMR is divided into three
programs:



DIE CMR VERRYK
GESINSLEWE DEUR DIE
LIEFDE VAN CHRISTUS IN
AKSIE TE WEES
The programs are presented in the following
working areas:

HIV and Aids / MIV en Vigs
Family Enrichment / Gesinsverryking
Statutory work / Statutêre werk


Aliwal North: Town, Phola Park and in
the farms district.
Lady Grey: Town area
Jamestown: Town area
A working agreement exists between The Department of Social Development, Child and Family
Welfare, CMR and Badisa. This prevents the duplication of services. Home visits were done in
Jamestown and Lady Grey because no available office accommodation exists. The services are
rendered in respect of individuals, groups and communities in the working areas mentioned.
PERSONE BEREIK
Daar is aan 2546 individue ’n diens gelewer.
Die boekjaar is geopen met 96 aktiewe lêers.
Die CMR lewer intensiewe gevallewerk aan
die kliënte vir wie ons ’n leer open. Dienste val
in een van die drie programme: HIV,
gesinsverryking of Statutêre werk.
495 persone is bereik deur groep-,
gemeenskapswerk en bemarking. In die
onderstaande tabel word ’n uiteensetting
gegee van die persone wat bereik is in die
verskillende programme word.
26 nuwe lêers is geopen en 25 lêers is deur
die jaar gesluit.
Distribution of persons in three main programs
1000
800
600
400
200
0
Children
Women
Men
Elderly
4
79
3
2
Family preservation
627
862
262
147
Statutory Service
122
328
95
15
Aids
Persons reached vs time spent in the program
80%
60%
40%
20%
0%
Aids
Family Preservation
Statutory Service
Time
1%
51%
48%
Persons reached
3%
75%
22%
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
5
Personeel bestuur
Die jaar is verskeie kursusse bygewoon sodat ’n
beter diens in die programme gelewer kan word:
Stanley Lindquist
Selfversorgingskursus – aangebied deur
Me. Ria Egelhoff
Volwasse spelterapie kursus –
aangebied deur Dr Rinda Blom
Keirsey persoonlikheidsvoorkeure –
aangebied deur Me. Antoinette Struwig
Trauma- berading – aangebied deur
“Other people may be there to help us, teach
us, guide us along our path, but the lesson to
be learned is always ours”
“God allows us to experience the low points of
life in order to teach us lessons we could not
learn in any other way. The way we learn those
lessons is not to deny the feelings but to find
the meanings underlying them.”
Me. Isa Ferreira
Children’s Act 38 of 2005 – aangebied
deur Me. Isa Ferreira
MIV/Vigs
I think the biggest disease this world suffers from is people feeling unloved – Princess Di
Our HIV program includes a range of services to
support community based care and give
assistance to people living with HIV/Aids.
Particular attention has been given to orphans
and children living with and affected by
HIV/Aids.
Twee pleegkinders se immuniteit is reeds baie
swak. Veral gedurende die wintertye beleef
hulle meer fisiese terugslae.
Die CMR bied ook materiële hulp aan pasiënte
met CD4 tellings wat te hoog is om te kwalifiseer
vir ongeskiktheidspensioen, maar vir tydperke
te siek is om te werk. 16 MIV pasiënte het
voedsel en komberse ontvang.
Een kind (4jr) en haar ma het berading ontvang
ten opsigte van MIV-toetsing. Die toets was
noodsaaklik omdat sy verkrag was deur haar
stiefvader wat HIV positief is.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
“Living Waters Home Based Care Centre”
70 Vrywilligers, waarvan 12 werksaam is in Phola
Park, is verbonde aan die “Living Waters Home
Based Care Centre”.
Die maatskaplike werker was vir twee maande lan
weekliks betrokke om emosionele
ondersteuening aan hierdie vrywilligers te bied.
Die ondersteuning het in groepwerkverband
plaasgevind.
Die fokus van die diens was:



Emosionele ondersteuning
Voedselvoorsiening vir pasiënte in Phola
Park
Tuisbesoeke saam met vrywilligers
Dit was geweldig positief om in te skakel by Living
Waters. Die vrywilligers het ’n geweldige behoefte
aan leiding, emosionele en finansiële
ondersteuning. Die vrywilligers ken hulle pasiënte
en die nood by die gesinne. Hulle werk daagliks
met hulle. So kon oorvleueling van dienste
voorkom word.
6
Gesinsverryking
Gesinsverryking is CMR Aliwal-Noord se primêre program. Die fokus val op voorkomende dienste wat aan
gesinne gelewer word, ten einde:
gesinne op te bou en te versterk
probleemoplossing vaardighede te bied
ouerskapsvaardighede
om kinders met spesiale behoeftes se welstand en veiligheid te verseker.
voorkoming van kinderverwaarlosing en mishandeling
gesonde huislike omgewing te skep, wat voorkom dat kinders verwyder word.
Die noodsaaklikheid van voorkomende dienste word beklemtoon in die Kinderwet 38 van 2005. Dit is nou
wetgewing en vir die eerste keer ingesluit in die nuwe wet.
Die program, Gesinsverryking, is opgedeel in ’n reeks dienste wat aan kinders, mans, vrouens, ouers en
bejaardes gelewer word! Die dienste word deur gevallewerk, groepwerk of gemeenskapswerk gelewer.
Donateurs, gemeenskapslede, NG Kerke
in Aliwal-Noord en Jamestown,
Gereformeerde Kerk en besighede dra
by tot die projekte! Sonder elkeen se
bydrae sou die materiële projekte nie
kon slaag nie.
Gesinsverryking: Kliënte samestelling
862
627
262
147
Kinders
Vrouens
Mans
Dit beteken dat elkeen wat ’n bydrae
finansieel of materieël gemaak het,
help voorkom het dat ’n kind verwyder
word uit die sorg van ouers!
Bejaardes
Noodhulp
selfs ons kliënte gehad. Die volle effek van die
ressessie is nog nie uitgewerk nie, omdat die gesinne
hulle laaste reserwes gebruik het op
noodsaaklikhede. Die vraag en behoefte aan
kospakkies vir gesinne in nood, het verdubbel.
Noodhulp is die mees basiese diens wat die CMR in
samewerking met die gemeenskap en borge aan
gesinne lewer. Die resessie het ‘n groot impak op
600
487
500
400
Noodhulp: persone bereik
380
305
300
151
200
73
100
2008-2009
137
138
50
2009-2010
0
Kinders
Vrouens
Mans
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
Bejaardes
7
Gesinsverryking
Besighede se betrokkenheid by noodhulp
“Adopt a family and learner”
In die begin van die jaar is 8 tasse en
kleuterskooltasse ingesamel vir die kliënte se
kinders. Hulle het ook basiese
skoolbenodighede ontvang.
Aliwal Drukkers het ’n tas geborg.
Me. Cindy Shaw-Nell het aan elkeen ‘n
potloodsakkie en boeksakkie met hulle naam
op gegee. Dit was ’n baie persoonlike
geskenk.
Die “Men’s Fellow” omgeegroep borg ’n
kind om in die koshuis in te woon, verder
help hulle ook finansieel met voedselpakkies.
Koshuisinwoning is die eerste stap om ‘n kind
in die omgewing en naby sy ouers te hou,
eerder as om drasties op te tree soos die
verwydering na ’n kinderhuis of pleegouers.
Verder gee Me. Sonja en Bianka Stander
kwartaalliks ’n kospakkie vir ’n spesifieke
gesin.
’n Anonieme donateur skenk ook vir ’n
skooldogter toiletware.
Bokomo
Bokomo skenk kwartaalliks vir die CMR
mieliemeel, koekmeel en stampmielies. Die
skenking help dat basiese voedsel beskikbaar
is om aan behoeftiges te kan gee.
Dunns
Dunns het klere en skoene aan die CMR
geskenk.
Groente projek
Vars groente is ook ’n groot voorreg:
Mnr Koos Snyman het mielies geskenk en
Mnr Johan Van der Westhuizen aartappels!
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
Handgebreide truie
Me. Drieka Van Zyl brei truie vir die kinders.
Elke trui is uniek, anders en besonders.
Vele kinders is nou warm geklee.
Helpmekaar Eiers
Helpmekaar eiers skenk weekliks vir die CMR
30 dosyn eiers.
Melk
Vars melk is geskenk deur Me. Jeanette
Pretorius.
Omgee en uitreikbediening
41 Komberse is deur die NG Kerk-lidmate
ingesamel. Die bemarking is deur die Omgee
en Uitreikbediening gedoen.
Wiehan en Karien Jansen van Rensburg het
komberse geskenk.
Me. Lin Stapelberg het ’n warmwatersak
projek begin. 33 Warmwatersakke kon
uitgedeel word.
Protea Kafee
Mnr Coetzee skenk daagliks ’n brood en
pasteie deur die maand.
Tans ontvang 12 huisgesinne 1 brood en
2l melk op ‘n Maandag en Vrydag. Groter
gesinne mag ook op ’n Woensdag brood
gaan haal. Spesifieke vrywilligers vereffen die
rekening. Die gesinne is self verantwoordelik
om die hulle produkte te gaan haal.
Donateurs:
Adéle van der Walt
Mnr Andre Swanepoel
Me. Johanna Stockers
Me. Marie Olivier
Johannes en Adéle Bekker
Me. Onda Nepgen
Riaan en Driekie Rankin
8
Gesinsverryking
Pick en Pay
Me. Karen Prinsloo van Pick ‘n Pay is verantwoordelik vir die babaklere-projek. Sy plaas weekliks ‘n
advertensie in die Aliwal Weekblad om persone te vra vir klere. Dit werk baie goed, omdat Pick ’n
Pay sentraal geleë is binne die besigheidssektor en maklik is om by af te laai.
Pick en Pay Slaghuis
Mnr en Mev Johan en Elsa Geldenhuys en
Lucas Geldenhuys skenk vleis vir ons kliënte.
Dit is ’n groot voorreg, omdat vleis vandag as
’n luukse ervaar word.
Die posduifklub het in die afgelope boekjaar
R4 000 aan die CMR geskenk!
Projek Rhodé
Projek Rhodé –die bedieningsgroep aan ons huiswerkers- het komberse en sop vir die CMR uit die
bydraes van die huiswerkers gekoop. Dit is ’n ongelooflike voorreg wanneer iemand ’n skenking
maak deurdat hulle bemagtig is om uit hulle “armoede” in oorvloed te skenk.
Sop projek
Die sopprojek onder leiding van Me. Rhona
Van der Merwe, strek van Mei tot
September. Sy koördineer die gemeente
om weekliks gevriesde sop in houers te
bring.
Umtali Motel
Wanneer die Umtali konferensies huisves,
bly daar partykeer voedsel oor. Die orige
voedsel bring hulle vir die CMR sodat ons
dit kan uitdeel!
Y-Fashions
Me. Yvonne Pieterse het van die klere in
haar winkel aan die CMR geskenk.
Voorbereide voedsel
Mevv Nellien Nel en Magda Oosthuizen
bring gaar gemaakte voedsel wat net
opgewarm en bedien kan word. Dit is
maklik vir boemelaars en persone wat met
kinders bedel, sodat hulle nie die kos vir
drankgeld kan verkoop nie.
Me. Elize Senekal lewer twee weekliks by ’n
oom en tannie met Alzheimzer voedsel af.
Sy skenk ook sojavleis om uit te deel.
Kerspakkieprojek
Die kerspakkie projek wys vir ons die heel duidelikste hoe die Here met ons saamloop. Tydens
die projek sien ons, hoe Hy, Sy SëEN oor ons uitstort en geniet ons Sy liefde in oorvloed. Die
gemeenskap, Gereformeerde Kerk, NG Kerk Jamestown en Aliwal-Noord, ALMAL dra by tot
hierdie projek.
Bokomo skenk pasta, suiker, rys en meel.
Groentepakkies is deur die Gereformeerde Kerk geborg.
Jannie en Annalize de Villiers, Pick ‘n Pay Slaghuis, Mnr Pierre & Me. Rentia Botha,
Mnr en Mev Van der Westhuizen, het vleis geborg.
Gariep Makelaars het vir twee gesinne volledige kospakkies aangekoop.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
9
Gesinsverryking - Gevallewerk
Die vrouediens van die NG Kerk het ’n uitnodiging aan Bybelstudie groepe gerig om ook
verantwoordelikheid vir ’n pakkie te aanvaar.
Pick ’n Pay het toegelaat dat die voedsel by hulle op grootmaat aangekoop kon word. Deur
die jaar het die betrokke besigheid ons ook baie gehelp. Dit is lekker om te kon terug ploeg.
38 gemeenskapslede het fondse gegee vir die aankope van voedsel.
Mnr en Me. Sakkie van der Merwe het vir elke kind en bejaarde ’n geskenk gegee.
Die boekjaar het 83 gesinne voedselpakkies ontvang. Mnr Piet Odendaal het ons weereens gehelp
om die voedselpakkies in Aliwal-Noord af te lewer. Van die begunstigdes wat eie vervoer het, het
self hulle pakkies kom haal. Jamestown se 6 pakkies is deur Mnr Jannie en Mev Antoinette van
Pletzen afgelewer. Pieter Roberts het gehelp met Lady Grey se drie aflewerings.
Baie dankie vir u ongelooflike bydrae. Dit was tot seën vir baie mense.
SPELTERAPIE
"There's a place inside your body that knows the answer.
Just go inside and see what you can find."
~ Violet Oaklander ~
Deur die boekjaar is 111 spelterapie-sessies met kinders gehou. Elke kind is uniek en hanteer sy eie
belewenis van ’n situasie; bang vir die donker, aanranding of verkragting. Vir elke kind is die situasie
redelik ernstig.
Selfmoord, verkragting, aborsie, kinders wie se ouers geskei is, kinders wat sukkel om emosioneel
aan te pas, selfbeeldontwikkeling was van die aspekte wat die jaar aangespreek was.
Spelterapie fokus op:
Wat maak ek as ek bang is?
Hoe hanteer ek die donker kas, waarin ek wegkruip as my pa my ma slaan?
Hoe sê ek nee vir die oom, wat alewig wil hê ek moet saam ry…hy los my nie uit nie?
HIERDIE JAAR IS VERAL GEFOKUS OP HOE HANTEER EK BAIE, BAIE SLEGTE SITUASIES!!
Leer ’n kind om te bid en asem te haal in die kas…dalk te sing…om vir hom ’n veilige spasie in die kas
te gee. Ons is so besig om die “situasie” op te los, dat ons vergeet dit is en bly ’n realiteit dat
situasies sleg is en kinders klein is, watter hulpmiddels gee ek hulle om die slegte situasie te hanteer.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
10
Gesinsverryking - Gevallewerk
Baie groot seerkry- woorde van kinders in spelterapie
Ek is weer gelukkig..my pa slaan nie meer my ma nie… hy gooi ook nie meer die koppies in die
huis rond nie (12jr).
Wat maak jy as jou pa so kwaai is….ek kruip in die kas weg…ek is ook bang daar is nie kos in die
huis nie (7jr).
My huisie kan warm wees…maar ook winter hê…(’n -7jarige beskryf sy huislike omstandighede)
Soms is ek ook kwaad en soms lag ek….my vyeboom is besig om dood te gaan..
Ek het twee huisies…ek kan altyd na die ander een gaan as ek bang is. My ma drink…haar
boyfriend slaan haar….(12jr)
Seksuele misdryf
Hy druk my kop in die kas….hy doen dit van agteraf…(verstandelik beperk- funksioneer op 3jr vlak)
Oupa se klere is ook by myne in die kas…as ek wakker word is my broekie af…ek huil en sê vir oupa
moenie…Ek vertel vir almal…niemand luister nie. (6jr)
In die afgelope boekjaar is 8 kinders tussen die ouderdom 4-12jaar binne die bedieningsarea
verkrag. Verder word verslae geskryf om aansoek te doen vir ’n tussenganger, sodat die kind in ’n
nie-bedreigende omgewing kan getuig. Gedurende die jaar is die maatskaplike werker ook 6 keer
gevra om op te tree as tussenganger. Elke keer het die beskuldigde egter skuld erken voordat dit
nodig was vir die kind om te getuig.
Deur die loop van die jaar was daar ook 6 volwasse vroue wat gereed was vir berading omdat hulle
nou bereid is om hulle kindermolestering te begin hanteer.
’n Poppekas is gehou by Kekkelbekkies Dagsorg om die kinders te leer dat jou lyfie jou eie een is.
Gesinsgeweld
Die ma word wakker, die pa is weer in die dogter se bed..sy is verstandelik gestremd…sy keer
hom…wat maak jy….jy kan mos sien wat maak ek! Hy wys hulle die byl onder die matras en sê as
iemand praat sal ek almal dood maak. Die ma jaag hom..hy slaan ’n gat in die deur…
My man skiet op my…ek weet nie waar is my kind….ek is bang..
9 Gesinne is geraak deur die harde realiteit van gesinsgeweld. Vroue is vasgevang in ’n emosionele
spel, wat hanteer moet word, maar die een party is reeds emosioneel, finansieel en geestelik
afgebreek. Om uit die sirkel van geweld te breek is baie moeilik.
Tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Gesinsgeweld is daar met 38 vroue gepraat oor gesinsgeweld.
Wat kan jy doen en waar kan jy aanklop vir hulp?
You are never too old to set another goal or to dream a new dream. C.S. Lewis
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
11
Gesinsverryking - Gevallewerk
Alkohol en Dwelmgebruik
Ek rook mandrax en dagga, elke dag….dit laat my sò goed voel! 15jr
Dwelmgebruik het ernstige afmetings geneem in Aliwal-Noord. Mandrax, dagga en tik is van die
middels wat tieners begin gebruik het. Die grootste behoeftes wat uitkom by die kinders is: Waar
hoort ek? Wees lief vir my! Dwelms takel die persoon emosioneel, fisies, finansieel en geestelik af dit kring uit na die familie en raak ook die gemeenskap. Kinders, begin inbreek om goedere te steel
om te kan verkoop om dwelms te bekostig.
Drankmisbruik onder mans sowel as vrouens is ’n ernstige probleem. Insig is nodig vir ’n persoon
om te erken dat hy of sy ’n probleem het. Twee persone was bereid om gestuur te word vir
rehabilitasie.
Kinderverwaarlosing
Die baba is net 4 maande oud…die ma (16 jaar) los hom heelnag alleen in haar toegesluite “shack”
…sy het gaan drink…die bure het die volgende dag die SAPD gebel en gesê van die baba wat nog
alleen is…toegesluit en onbereikbaar….
Kinderverwaarlosing het groot afmetings aangeneem in die boekjaar. 33 Gevalle van verwaarlosing
is aangemeld.
Ouerskapsgroep
Een ouerskapsgroep is gehou. Me. Magda Oosthuizen was die spreker. Ouers het ’n ongelooflike
groot behoefte om te praat.
Tienerswangerskappe
Vyf skoolkinders het berading ontvang rakende die keuses wat hulle het tydens hulle
swangerskap…Twee was bereid om hulle baba te hou…en skool klaar te maak…dit is ’n geweldig
eis…maar tog kry hulle dit baie goed reg met die ondersteuning van hulle ouers of voogde.
2 Meisies het berading ontvang nadat hulle aborsies ondergaan het….Een het eers hulp begin soek,
nadat haar selfmoordpoging misluk het.
EGSKEIDING – Die end van verhoudings….
Rock-a-bye baby, in the treetop,
When the wind blows, the cradle will rock,
When the bough breaks, the cradle will fall,
And down will come baby, cradle and all.
So beskryf Mev Anne-Cawood egskeiding aan die hand van die Engelse wiegeliedjie…
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
12
Gesinsverryking - Gevallewerk
Die CMR speel baie rolle tydens die egskeidingsproses:
Spelterapie vir kinders
Egskeidingsberading vir ouers
Die opstel van ’n ouerplan
Vakansietoesig
Die rolle word dikwels gespeel bloot omdat albei ouers besorg is oor hulle kinders en besef dat hulle
die skeiding op die mins moontlike traumatiese manier wil doen…of dan omdat ouers mekaar so
bykom en tenakom…dat die kinders sonder ondersteuning ongelooflik seerkry deur ’n toutrekkery.
Regte en verantwoordelikhede van buite-egtelike vaders
Die Kinderwet (Wet 38 van 2005) maak voorsiening dat die buite-egtelike vader ouerskapsregte en
verantwoordelikhede (parental responsibilities en rights) kan verwerf!
Twee vaders is deur die boekjaar gehelp.
Wat is nodig vir die pa volgens Art 21 van die Kinderwet?
Hy moet erken dat hy die pa is
Hy moet kan bewys dat hy saam met die ma geleef het in ’n permanente lewensverhouding
Hy moet “damages” betaal aan die tradisionele familie
Hy moet in goeie geloof vir ’n redelike tydperk ’n bydrae gelewer het tot die kind se
versorging.
Skisofrenie
In all chaos there is a cosmos, in all disorder a secret order – Carl Jung
’n Ondersteuningsgroep vir familielede rakende skisofrenie is gehou.
Keirsey Persoonlikheidsanalise
Antoinette Struwig het ons toegerus om die Keirsey Persoonlikheidsanalise te doen.
Wat is my voorkeur manier van optrede:
Waar kry ek my energie? Mense of stilte
Hoe verstaan ek feite? Intuïtief of deur my sintuie (wat ek sien, hoor, voel of ruik)
Hoe neem ek dinge waar? Intellektueel/konkreet of Emosioneel/abstrak
Hoe reageer ek op wat ek waarneem? Werk voor plesier (proses -geöriënteerd) of uitslag
georieënteerd .. Plesier saam met werk…
Die persoonlikheidsanalise word aangewend in huweliksberading, ouer/kind verhoudings,
ouerskapsvaardighede en pleegsorgkeurings.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
13
Gesinsverryking - Gevallewerk
Huweliksverryking
Vyf egpare het ingeskakel vir Huweliksverryking.
Die fokus het geval op wat is liefde?
My kinderjare en die effek wat dit het op
my huwelik.
Kommunikasie
Konflikhantering
Spesiale tyd vir mekaar
Hoe hanteer ek spanning
Ken mekaar se voorkeur van doen –
volgens die Keirsey
Persoonlikheidsanalise
I am no one special; just a common man with common thoughts, and I've led a common life. There are no
monuments dedicated to me and my name will soon be forgotten. But in one respect I have succeeded as
gloriously as anyone who's ever lived: I've loved another with all my heart and soul; and to me, this has
always been enough.~ The notebook
Verstandelike
beperking
Op die Nasionale dag vir gestremdheid is daar koek en
geskenke (potloodsakkies en skryfbehoeftes) aan Vukuzenzile
Disabled Day Care Centre geneem. Die kinders tussen die
ouderdom 3 en 21 jaar het die pakkies geweldig geniet.
Boswell Sirkus
The circus comes to town!!! En toe skenk hulle vir die CMR 50 gratis kaartjies…Hoërskool AliwalNoord het hulle skoolbus beskikbaar gestel, waarmee die kinders in die onderskeie streke opgelaai
en terug besorg is.
Margaret Morabe wat saam gegaan het as toesighouer het vir die eerste keer ‘n olifant gesien…en
kon nie glo hoe groot hy was nie…en die slang….vir ‘n bygelowige tradisionele geslag was dit
skokkend…
Die akrobate het ook die kinders na hul asems laat snak…
Baie dankie ook vir Me. Corrie Nel wat ook opgetree het as toesighouer!
Life is not the way it’s supposed to be. It’s the way it is. The way you deal with it is what makes the
difference. Virginia Satir
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
14
Gesinsverryking – Phola Park
Phola Park: ‘n Arm nedersetting, tog ryk aan geborgenheid!!
Phola Park is ‘n informele nedersetting waar ongeveer 300
huisgesinne woon. Twee tot drie geslagte woon in een “shack” wat
hulself gebou het. Die area is nie ‘n geskikte woongebied nie,
omdat dit geleë in die die treinafval- en stormwatersloot.
Die sinkstrukture word self opgerig
Geen huur of munisipale dienste word betaal nie.
Geen krag, water of sanitêre geriewe in n huisie nie.
Sommige inwoners loop ‘n kilometer om water te gaan haal, by die
enigste kraan wat aan 300 huisgesinne water voorsien.
Die ablusieblok is onveilig en bied geen beskerming, sekuriteit of lig
nie: dit is drie toilette met ‘n afskorting.
Een spreilig dek 1km2.
Die afgelope boekjaar het die munisipaliteit die huise hernommer, aangesien Munisipale behuising nou
vir inwoners van Phola Park beskikbaar gestel word in ander woongebiede.
Die voor- en nadele vir ‘n gesin in Phola Park om te skuif na ‘n woonhuis
Voordele
Nadele
‘n Warm huis en erf
Betaal huur en munisipale dienste
‘n Huis wat kan sluit.
Kan dikwels nie krag bekostig nie
Water in die huis.
Verloor jarelange bure en ‘n
‘n Toilet of buite-toilet
gemeenskapskultuur
Ruimte en lig
Die gebied wat ontwikkel word is
ongeveer 8-10 km uit die dorp. Hulle
moet of ver loop of van vervoerdienste
Party keer weeg die finansiële nadeel so swaar op
(wat duur is) gebruik maak.
dat hulle nie hulle plek in Phola Park opgee nie.
Sodoende verhuur hulle, hulle huis in Distrik 13
om die finansiële las te verlig.
Snaakse “goed” in Phola Park
‘n Splinternuwe BMW, veilig getrek onder ‘n netjies
geboude afdak.
’n DSTV skottel
’n Boerdery
Kerspakkieprojek
Hierdie jaar het ons die kerspakkies uitgedeel in die kerkgebou van
die VGK Khanyeng, digby Phola Park. Die eerste 200 kinders wat die
gebou inkom, kan bly. Ons sluit gewoonlik die deure, want daar is
slegs ‘n sekere hoeveelheid speelgoed en die stormloop is groot.
Aliwal-Noord Tennisklub het tennisballe geskenk.
Me Adèle van der Walt het fondse gegee vir speelgoed en die res is
deur die jaar ingesamel. Elke kind het ‘n geskenk en ‘n ysie gekry.
Mev Corrie Nel en Me Margaret Morabe het gehelp om geskenke
uit te deel. Mnr Manamane het die Kersboodskap gelewer. Klere
wat nie deur die jaar uitgedeel kon word nie, word eenmalig aan
die volwasse persone geskenk.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
Reformed Church - Japan
Die gemeentelede van die
Reformed church in Japan het
hulle gebruikte en nuwe klere
ingesamel in die gemeente en
dit vir die CMR in Suid-Afrika
gepos!!! Dit klere sal in die nuwe
boekjaar uitgedeel word.
15
STATUTêRE WERK
V
oorkomende dienste het ten doel om gesinne se probleme binne gesinsverband op te los.
Indien geen oplossing gevind kan word nie, kan dit lei tot Statutêre ingryping. ‘n Kind mag slegs
verwyder word ingevolge Art 150 van die Kinderwet (Wet 38 van 2005). Slegs ‘n Kinderhof, kan
besluit of ‘n kind sorgbehoewend is en beskerming nodig het. ‘n Uiteensetting van die kinders in die
statutêre proses word in die sirkel diagram weer gegee.
Uiteensetting van Statutêre werk Kinderhuis: 7
Pleegsorg
sorgbehowend:25
Gesinsherenigingsdienste:12
Pleegsorg
weeskinders:
37
Aan elke kind of ouer
word ‘n statutêre
diens gelewer. Aan
die 25 kinders wat in
pleegsorg is, wie se
ouers nogsteeds leef,
word daar gefokus
om terugplasing te
laat realiseer. Die
Kinderwet maak
voorsiening dat ouers
ernstig in die eerste
twee jaar moet werk,
sodat terugplasing
kan geskied, anders
mag ander opsies
oorweeg word om
permanensie by ‘n
kind te verseker.
Geskikte veiligheids- en pleegouers is ontsettend nodig en baie skaars. Die ouers moet beskik oor die
 Kapasiteit om psigies en emosioneel beskikbaar te wees
 Kapasiteit om sensitief te wees met die kind
 Om die kind te aanvaar soos hy/sy is
 Om samewerkende versorging te bied
 Om gesinslidmaatskap aan die kind te bied.
12 Kinders is gedurende die jaar met ‘n
Gedurende die boek jaar is:
dringende hofbevel verwyder.
20 kinders in pleegsorg geplaas.
Vier egpare is die jaar as veiligheidsouers
1 kind is teruggeplaas in sy moeder se
gebruik:
sorg.
 Mnr Pieter en Magda Oosthuizen
6 kinders is oorgeplaas na alternatiewe
 Mnr Koos en Sanmarie Odendaal
sorg; hetsy ‘n kinderhuis of ander
 Me Annalie Odendaal
pleegouers.
 Mnr Abrie en Rachel Oberholzer
4 pleegouergroepe is aangebied.
Desembermaand se groep is deur Sr. Daleen Jacobs aangebied. Sy het ons kliënte se
bloeddruk en bloedsuiker geneem! Die pleegouers het ook vitamiene, sop en ‘n kospakkie
ontvang.
Baie dankie vir u tyd, ruimte, liefde en geduld om vir kort tydjies onseker en gebroke kinders in u
huis toe te laat, ten einde hulle veiligheid, kos en sorg te bied.
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
16
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Kersmark
Die vierde Kersmark is in Oktober 2009 aangebied. Dit was ‘n vrolike suksesvolle geleentheid. Die
mark word gekoördineer deur Me Janet Peyper.
16 Stalletjies is uitgehuur, waar produkte van die hoogste gehalte uitgestal. Daar was onder meer:
 Skilders: Hester Hatting, Jo du Plessis,
Roelf Oelofse, Hettie Erasmus en
studente
 Juwele, handsakke en parfuum:
Essie la Grange, Samantha Wilson,
Hester du Toit
 Handgemaakte produkte: Zanie
Freidberg
 Boeke: Katinka en CMR
 KANSA: Laventel en Roosmarynplantjies
 Kosstalletjies: Gereformeerde Kerk se
pannekoek, koek en “jafels”, Rotariërs
se (ontbyt en middagete)
 Allerlei: Alice Flint + Beskermende
Arbeid van Graaff Reinet
 Juwele - Louise Coetzee
 Holy Cross – Kerse
 Droë vrugte – Drieka van Zyl
 Skaapwol produkte – Suzette Nipper
 Draad geskenke – Lizette Viljoen
Bemarking van dienste
Die VLV van Jamestown en die
Kinderkrans van NG Kerk AliwalNoord het die CMR uitgenooi om te
gesels oor die verskillende dienste
wat gelewer word.
LENTEDANS – AANGEBIED DEUR
JOHAN SE BYBELSTUDIE GROEP
Die Bybelstudie van Johan, Lisha van
Jaarsveld, Chantelle en AC Lombaard,
Lappies en Karen Labuschange, het ‘n
heerlike dans en vinger-ete ten bate
van die CMR aangebied. Dit was ‘n
heerlike funksie. Wyn is ten bate van
die Kerspakkieprojek opgeveil!
Baie dankie vir julle wonderlike
inisiatief en julle lekker aand!
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
17
VRIENDE VAN DIE CMR!
Almal wat klere, kos, komberse, sop, ‘n finansiële bydrae gemaak het, gebid het of sommer kom hoor het
hoe dit gaan. Baie, baie dankie!! Sonder u bereidwillige skenking, donasie of ondersteuning sou ons nie
die dienste kon lewer nie!
Die volgende vriende is gereelde: kwartaalliks tot maandelikse ondersteuners!
Abigail Bybelstudie
Me Thea Fourie
Absa Bank
Me Sonja en Bianca Stander
Adéle van der Walt
Me Trudie Terblanche
Alewyn en Elza de Klerk
Me Vienie la Grange
Aliwal-Noord Tennisklub
Men’s Fellow Bybelstudie
Aliwal Weekblad
Marinda en Melandrie Erasmus
Anonieme Donateurs
Mnr Basie en Me Renette Roelofse
Bokomo
Mnr Deon en Me Elsabé Smit
Bossie van der Walt se Bybelstudie
Mnr Giepie en Me Helena Engelbrecht
Charl Zaayman
Mnr Hennie en Mev Geraldine Erasmus
Cindy Shaw-Nell
Me Elbe Snyman
Deborah Bybelstudie
Me IL de Bruin
Dr en Tobia Crouse
Me Karen Prinsloo
Dr Groenewald
Me Lea Veldsman
Dr Lee
Me M Le Grange
Dr Schoeman
Me Mariette du Toit
Ds Arnold en Elna van der Westhuizen
Mnr Andre Swanepoel
Ds Stephan en Carina van der Watt
Mnr Jakkie en Me Drieka van Zyl
Dunns
Mnr Jannie en Annalize de Villiers
Febe Bybelstudie
Mnr Manie en Me Mavis Van Zyl
Gereformeerde Kerk Aliwal Noord
Mnr Nellis Potgieter
Helpmekaar Eiers
Mnr Piet Odendaal
Hettie de Wet – Bybelstudie
Mnr Pieter en Mev Magda Oosthuizen
Holy Cross Primary School
Mnr Pieter Venske
Jabes Bybelstudie
Mnr Rian en Mev Niranda Koekemoer
JIP vervoer
Mnr Roelf Coetzee
Johannes Bybelstudie
Mnr Sakkie en Me Rhona van der Merwe
Johannes en Adéle Bekker
Naomi Bybelstudie
Lappies en Karen Labuscagnie
Netarie Verwey
Lara Nienaber
NG Kerk Aliwal-Noord
Lea Bybelstudie
NG Kerk Jamestown
Lucas van Zyl
Nicolette Corbett
Madelein Bekker –Van Riet
Pick ‘n Pay
Mara Naude – Bybelstudie
Pick ‘n Pay Slaghuis
Me Adré van Jaarsveld
Pieter Roberts
Me Alcock
Posduifklub Aliwal Noord
Me Annet Stapelberg
Rentia Botha
Me Caren Prinsloo
Rhona Scheun
Me Corrie Nel
Riaan en Driekie Rankin
Me Daantjie Hartkopf
Rotariëres
Me Elize Senekal
VLV Jamestown
Me Hulda van Zyl
Vroue-aksie NG Kerk
Me Joy Pagel
Wiehan en Karien Janse van Rensburg
Me Lin Stapelberg
Willem en Mara Naude
Me Loretta de Bruin
Y-Fashions
Me Mariet van Wyk
Me Marie Olvier
En so word nog ‘n seisoen voltooi!! Baie dankie!
Me Nelien Nel
Me Onda Nepgen
CMR Jaarverslag 1 April 2009 – 31 Maart 2010
18