OVIE-AKSENT NR.1 VAN 2015 16 Januarie 2015 Beste Ouers

Transcription

OVIE-AKSENT NR.1 VAN 2015 16 Januarie 2015 Beste Ouers
OVIE-AKSENT NR.1 VAN 2015
16 Januarie 2015
Beste Ouers
Welkom in 2015!
“Excellence is not a skill. It is an attitude.”
Ralph Marston
“Excellence is NEVER an accident!”
Vince Lombardi
“Excellence is an art won by training and habitation. We do not act rightly because we
have virtue or excellence, but we rather have those because we have acted rightly.
We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act but a habit.”
Aristotle
Om 2015 op ‘n hoogtepunt af te skop is voorwaar ‘n kosbare voorreg en ons gee aan God,
ons Vader, al die eer! Baie geluk aan ons 2014-matrieks, hulle ouers en onderwysers – ons
is saam met u dankbaar!
Uitnemendheid is een van die Ovie-waardes en ook ons hooffokus vir 2015. God kan nie
middelmatigheid seën nie. Hy is ‘n God van uitnemendheid en dit word deur Sy skepping
uitgejubel en gevier! Daarom is dit ons strewe om alles wat ons doen, só te doen dat God vir
ons kan glimlag.
Ek is daarvan oortuig dat God die goeie werk wat Hy hier begin het ook sal laat voortleef en
dit nog tot hoër hoogtes sal uitbou. Ons weet nie wat die toekoms – 2015, inhou nie, maar
ons weet wie die toekoms in Sy hande hou. Met ons oë op die toekoms gevestig en met die
vaste vertroue dat ons deur geloof alles kan vermag, hardloop ons 2015 vol vertroue en met
‘n oorwinningsverwagting tegemoet.
Laat hier uit harte onderling
ook Overkruin sy offers bring
en ons as jeug die pad oopsper
met eenheidsideaal:
“KYK VER!”
1.
2014 MATRIEKS PRESTEER UITNEMEND!
Baie geluk met puik uitslae. Uit ʼn groep van 228 leerders is 315 onderskeidings en
ʼn 100% slaagsyfer behaal. Universiteitstoelating is deur 79% van die leerders
verwerf.
Drie van ons leerders word tydens die prysuitdelingsfunksie van die Gauteng Minister
van Onderwys vereer:



Liza Roos
Teneal Harding
Anri Odendaal
Tweede beste prestasie in Gauteng
Derde beste prestasie in Gauteng
Toppresteerder in Engels Eerste
Addisionele taal
94,4% gemiddeld
93,6% gemiddeld
93%
2
Ons toppresteerders:
8 onderskeidings
Michelle Fuhri
86,1%
7 onderskeidings
Liza Roos
Teneal Harding
Anri Odendaal
Clarise Viljoen
Danelle Hanekom
Monique Duvenhage
Quan Coetzee
Kelly Smith
Melissa Petzer
6 onderskeidings
94,4%
93,6%
91,7%
90,1%
87,3%
86,9%
86,3%
85,6%
85,4%
Renate Schoeman
Mignon Smith
Hendrik Venter
Ruan Fourie
Gerhard Mare
Angelique Booyens
Christiaan Dreyer
85,6%
84,1%
84,1%
83,9%
82,7%
81,9%
81,1%
11 Leerders behaal 5 A’s en 9 leerders behaal 4 A’s.
!!!JULLE IS ONS OVIE-TROTS!!!
2.
PERSONEELAANGELEENTHEDE
Baie welkom aan die volgende personeel:
 Mev. Anja Ackermann – NW en Fisiese Wetenskappe
 Mev. Riansa Barnes – Skakelbeampte/Bemarker
 Mnr. Heinrich Enslin – Gimnasiumbestuurder, LO
 Mev. Maretha Fourie – Rekenmeester
 Mej. Melise Swanepoel – Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid
3.
LEED
Meegevoel word betuig aan die volgende personeel:
 Mev. Noekie Oosthuizen se moeder is op 6 Desember oorlede.
 Mev. Alida Munnik se broer is op 28 Desember oorlede.
4.
LIEF
 Mev. Adri Odendaal se dogter Anri behaal 7 A’s met ʼn gemiddeld van 91,7% en is
toppresteerder in Gauteng vir Engels EAT. Mev. Odendaal se ander dogter Lize
verwerf ‘n B.Com Rek-graad.
 Mev. Helen Haasbroek se seun Henri-David behaal 5 A’s met ʼn gemiddeld van
79,3% en haar dogter Adri verwerf ʼn B.Com Rek-graad Cum Laude.
 Mev. Den Hond se dogter Maryke verwerf ‘n BA-graad.
 Mej. Eldorette Loots verwerf haar honneursgraad.
 Mej. Ilse Nel verwerf haar onderwysdiploma.
 Mnr. Johan de Lange verwerf sy onderwysdiploma met drie onderskeidings.
 Mej. Marida Pretorius is verloof – baie geluk!
5.
SKOOLGELD
Indien u uitstaande skoolgeld vir 2014 het, versoek ons u om die uitstaande bedrag
voor 31 Januarie te vereffen of dringend ‘n reëling te tref. Alle uitstaande rekeninge
3
van 2014, sonder dat nuwe reëlings getref is, word onverwyld gedurende Februarie
2015 aan Prosperitas oorhandig. Let daarop dat u self vir die rentes en kostes
verantwoordelik sal wees.
Ons versoek vriendelik dat u asseblief die korrekte verwysingsnommer sal gebruik
wanneer u internetbetalings maak. Gebruik u familiekode (6 syfer) as verwysing om
te verseker dat u inbetaling korrek teen u rekening reflekteer.
Leerders het reeds skoolgeldbriewe/vorms ontvang. U word vriendelik versoek dat
hierdie brief/vorm volledig voltooi moet word en voor of op 19 Januarie aan die
voogde terugbesorg word.
Alle Debietordervorms moet word voor of op 19 Januarie 2015 by u kind se voog
ingehandig word.
Indien u vir skoolgeldkwytskelding kwalifiseer, moet die nodige aansoek en
dokumentasie voor 31 Maart by die Debiteureklerk, mev. A. Vorster in die algemene
kantoor ingehandig word. Aansoekvorms is ook hier beskikbaar.
Neem kennis dat skoolgeld as ‘n statutêre skuld geklassifiseer word, en is voor die
7de van elke maand vooruitbetaalbaar. Skoolgeldrekeninge sal maandeliks saam
met u kind en ook per e-pos gestuur word. Ten einde ons skool funksioneel te
bestuur, is dit van groot belang dat skoolgeld stiptelik betaal sal word en u
samewerking in die verband word hoog op prys gestel.
6.
DUITS UITRUILSKEMA
Drie huidige graad 11 Duitsleerders was in hul graad 10 jaar vanaf Oktober 2014 tot
Januarie 2015 vir drie maande in Duitsland en kan nou vlot Duits praat: Mishka
Botes, Jorinda Marais en Carlin Pietersen. Gedurende Desember 2014 het ‘n
verdere vyf Duitsleerders Duitsland as deel van die uitruilskema besoek: Kiara
Brandt, Nadine Evans, Aldridt Költzow, Wiaan Nienaber en Armand Riley. Vir al agt
leerders was dit ‘n onvergeetlike en wonderlike ervaring om ‘n tipiese wit Europese
Kersfees te kon beleef. Deutsch macht Spaß! (Duits is pret!)
7.
7.1
KULTUUR
KOOR
Die koorkamp het vanaf 9 tot 11 Januarie by die Oppiebergkampterrein anderkant
Buffelspoort plaasgevind. Tydens hierdie kamp het 89 koorlede die jaar se
repertorium ingeoefen. Die koor het van 08:00 soggens tot 22:00 saans geoefen.
Daar is ook tyd ingeruim vir prettige spanbou-aktiwiteite soos ‘n waatlemoengeveg en
waterballon-vlugbal. Daar is heerlik in die swembad afgekoel. Die kampkonsert het
Saterdagaand plaasgevind en die basse het met hul vertolking van die liedjie
“Heeltemal niks” as wenners uit die stryd getree.
Baie dankie aan die volgende persone: Mnr. Attie Rossouw (koorleier), dr. Marlene le
Roux (koororganiseerder), mev. Janneke Lemke (koororganiseerder), mevv. Santie
Jooste en Ingrid Houtzager (spyseniers), die stemafrigters Roelien Holland-Muter
(soprane), Riandi Geldenhuys (alte), Ferdi Geyer (basse) en Zander Fick (tenore) en
die kampouers: Lizelle en Martin Kozisek, Karen en Thomas Scott, Lizette en Gerrie
Venter, Celeste en Albert Truter.
Ons is baie trots op die goeie gedrag van die koorlede tydens die kamp en die
entoesiasme waarmee die uitdagende musiek aangepak en bemeester is. Ons sien
met verwagting uit na pragtige en hoogstaande gehalte koorsang in 2015.
4
Die koor oefen elke Donderdagaand. Die oefentye vir die eerste kwartaal is as volg:
 15 Januarie: 18:30 – 21:00
 22 Januarie: GEEN kooroefening NIE a.g.v. die graad 8-groentjiekonsert
 29 Januarie: Soprane en Alte 18:00 – 19:30; Basse en Tenore 19:30 – 21:00
 5, 12, 19, 26 Februarie: Soprane en Alte 18:00 – 19:30; Basse en Tenore
19:30 – 21:00
 5, 12, 19 Maart: Soprane en Alte 18:00 – 19:30; Basse en Tenore 19:30 – 21:00
 25 Maart: Paasdiens saaloptrede 07:00
7.2
OVERKRUIN DRAMA AKADEMIE
Nuwe leerders kan nou by die Drama Akademie inskryf. Alle nuwe Gr. 8-leerders
skryf Dinsdagaand 20 Januarie, vanaf 17:00 tot 18:30, in die skoolsaal in. Alle
klasse begin op 19 Januarie in die Lapa, 20 Januarie in die saal en 21 Januarie in die
Lapa.
Gr.8 en 9:
17:00 – 18:30
Gr 10 tot 12: 18:30 – 20:00
Vir navrae skakel Gerda Wessels by 012 567 5374 of 083 316 0015
8.
8.1
SPORT
INTERHUISATLETIEK
Ons nooi alle Ovie-ouers om die dag saam met ons deur te bring.
Datum: 20 Januarie
Tyd:
14:30 – 23:00
Toegang:
R5-00 per toeskouer
Parkering:
R10-00 per voertuig (ingang Pambatistraat)
9.
9.1
ALGEMEEN
UITBLINKER VAN DIE MAAND: JANUARIE 2015
Baie geluk aan Liza Roos wat as die Gr.12-toppresteerder aangewys is met ʼn
gemiddeld van 94,4%!!! Liza is ook as die tweede beste presteerder in Gauteng
aangewys.
Vriendelike groete
MNR. P.J. NEL
HOOF
OVIE ACCENT NO 1 OF 2015
16 January 2015
Dear Parents
Welcome to 2015!
“Excellence is not a skill. It is an attitude.”
Ralph Marston
“Excellence is NEVER an accident!”
Vince Lombardi
“Excellence is an art won by training and habitation. We do not act rightly because we
have virtue or excellence, but we rather have those because we have acted rightly.
We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act but a habit.”
Aristotle
To kick off 2015 on a high note is truly a precious blessing and we give God, our Father, all
the honour! Congratulations to our 2014 matrics, their parents and teachers. We are
grateful with you!
Excellence is one of the Ovie values and also our main focus for 2015. God cannot bless
the average. He is a God of excellence and it is exulted and celebrated throughout His
creation. That is why it is our goal to do everything that we do in such a way that God can
smile at us.
I am convinced that God will let the good work that He started here live on and will heighten it
even further. We do not know what the future – 2015 – have in store for us, but we do know
who holds the future in His hands. With our eyes set on the future and with solid assurance
that we can do anything through faith, we shall seize 2015 with confidence and expected
victory.
Laat hier uit harte onderling
ook Overkruin sy offers bring
en ons as jeug die pad oopsper
met eenheidsideaal:
“KYK VER!”
1.
2014 MATRICS ACHIEVE EXCELLENTLY!
Congratulations with outstanding results. Out of a group of 228 leaners, 315
distinctions and a 100% pass rate was achieved. 79% of the learners obtained
university exception.
Three of our learners are honoured during the accolade of the Gauteng Minister of
Education:



Liza Roos
Teneal Harding
Anri Odendaal
Second best achievement in Gauteng
Third best achievement in Gauteng
Top achiever in English First Additional
Language
94,4% average
93,6% average
93%
2
Our top achievers:
8 distinctions
Michelle Fuhri
86,1%
7 distinctions
Liza Roos
Teneal Harding
Anri Odendaal
Clarise Viljoen
Danelle Hanekom
Monique Duvenhage
Quan Coetzee
Kelly Smith
Melissa Petzer
6 distinctions
94,4%
93,6%
91,7%
90,1%
87,3%
86,9%
86,3%
Renate Schoeman
Mignon Smith
Hendrik Venter
Ruan Fourie
Gerhard Mare
Angelique Booyens
Christiaan Dreyer
85,6%
84,1%
84,1%
83,9%
82,7%
81,9%
81,1%
85,6%
85,4%
11 Learners obtain 5 As and 9 learners obtain 4 As.
!!!YOU ARE OUR OVIE PRIDE!!!
2.
STAFF MATTERS
A warm welcome to the following staff:
 Mrs Anja Ackermann – NS and Physical Science
 Mrs Riansa Barnes – Liaison Officer / Marketer
 Mr Heinrich Enslin – Gym Manager, LO
 Mrs Maretha Fourie – Accountant
 Miss Melise Swanepoel – Mathematics and Mathematical Literacy
3.
CONDOLENCES
Condolences are expressed to the following staff:
 Mrs Noekie Oosthuizen’s mother passed away on 6 December.
 Mrs Alida Munnik’s brother passed away on 28 December.
4.
CONGRATULATIONS
 Mrs Adri Odendaal’s daughter obtained 7 As with an average of 91,7% and is the
top achiever in Gauteng for English FAL. Mrs Odendaal’s other daughter Lize
obtained a B.Com Accounting degree.
 Mrs Helen Haasbroek’s son Henri-David obtained 5 As with an average of 79,3%.
Her daughter Adri also obtained a B.Com Accounting degree Cum Laude.
 Mrs Den Hond’s daughter Maryke obtained a BA degree.
 Miss Eldorette Loots obtained her Honours degree.
 Miss Ilse Nel obtained her teaching diploma.
 Mr Johan de Lange obtained his teaching diploma with three distinctions.
 Miss Marida Pretorius got engaged – congratulations!
5.
SCHOOL FEES
If you have outstanding school fees for 2014, we request that you settle the
outstanding amount before 31 January or urgently make an arrangement. All
outstanding accounts of 2014 without new arrangements will forthwith be given over
3
to Prosperitas during February 2015. Take note that you will be held accountable for
the costs and interest.
We kindly request that you please use the correct reference number when you make
internet payments. Use your family code (6 digits) as reference in order to ensure
that your payment reflects correctly against your account.
Learners have already received school fees letters/forms. You are kindly requested
to complete these forms thoroughly and should be submitted to the register teacher
before or on 19 January. All debit order forms must be handed in at the register
teachers before or on 19 January.
Should you qualify for exemption of school fees, all necessary documentation and
applications must be submitted at Mrs A. Vorster (Debtors Clerk) before 31 March.
Application forms are also available at Mrs A. Vorster.
Take note that school fees are classified as statuary fees and are payable before the
7th of each month. School fees accounts will be sent home with your child and also
via e-mail on a monthly basis. In order to run a school effectively, your co-operation
in paying your school fees punctually would be highly appreciated.
6.
GERMAN EXCHANGE PROGRAMME
Three of our current Grade 11 German learners were in Germany for three months
during their Grade 10 year, from October 2014 to January, and can now speak
German fluently: Mishka Botes, Jorinda Marais and Carlin Pietersen. During
December 2014 a further five German learners visited Germany as part of the
exchange programme: Kiara Brandt, Nadine Evans, Aldridt Költzow, Wiaan
Nienaber and Armand Riley. For all eight learners it was an unforgettable and
wonderful experience to have experienced a typical white European Christmas.
Deutsch macht Spaß! (German is fun!)
7.
7.1
CULTURE
CHOIR
The choir camp took place at the Oppieberg camping area on the other side of
Buffelspoort from 9 tot 11 January. The 89 choir members practised this year’s
repertoire during this camp. The choir practised from 08:00 in the morning until 22:00
in the evening. Time was also made for fun team-building activities like watermelon
fights and water balloon volleyball, and they cooled down in the swimming pool. The
camp concert took place on Saturday where the basses came out as winners with
their rendition of the song “Heeltemal niks”.
Thank you very much to the following people: Mr Attie Rossouw (choir leader), Dr.
Marlene le Roux (choir organiser), Mrs Janneke Lemke (choir organiser), Mrs Santie
Jooste and Ingrid Houtzager (caterers), the voice coaches Roelien Holland-Muter
(sopranos), Riandi Geldenhuys (altos), Ferdi Geyer (basses) and Zander Fick
(tenors) and the camp parents Lizelle and Martin Kozisek, Karen and Thomas Scott,
Lizette and Gerrie Venter, Celeste and Albert Truter.
We are very proud of the good behaviour of the choir members during the camp and
the enthusiasm with which the challenging music was undertaken and mastered. We
are looking forward to beautiful and outstanding quality of choir singing in 2015.
The choir will practise every Thursday evening. The practise times for the first term
4
are as follows:
 15 January: 18:30 – 21:00
 22 January: No choir practise because of the grade 8 concert
 29 January: Sopranos and Altos 18:00 – 19:30; Basses and Tenors
19:30 – 21:00
 5, 12, 19, 26 February: Sopranos and Altos 18:00 – 19:30; Basses and Tenors
19:30 – 21:00
 5, 12, 19 March: Sopranos and Altos 18:00 – 19:30; Basses and Tenors
19:30 – 21:00
 25 March: Easter service assembly performance 07:00
7.2
OVERKRUIN DRAMA ACADEMY
New learners may now enter at the Drama Academy. All new Gr.8 learners can enter
on Tuesday evening 20 January from 17:00 to 18:30 in the assembly hall. All classes
will start on 19 January in the Lapa, 20 January in the hall and 21 January in the
Lapa.
Gr.8 and 9:
17:00 – 18:30
Gr 10 to 12: 18:30 – 20:00
For enquiries contact Gerda Wessels at 012 567 5374 or 083 316 0015
8.
8.1
SPORT
INTER HOUSE ATHLETICS
We invite all Ovie parents to enjoy the day with us.
Date:
20 January
Time:
14:30 – 23:00
Entrance:
R5-00 per supporter
Parking:
R10-00 per vehicle (entrance Pambati Street)
9.
9.1
GENERAL
ACHIEVER OF THE MONTH: JANUARY 2015
Congratulations to Liza Roos who has been selected as the top Gr.12 achiever with
an average of 94,4%!!! Liza is also selected as the second best achiever in Gauteng.
Kind regards
MR P.J. NEL
PRINICIPAL